Die courant wellington 414

Page 1

courant

1 Wellington

dié

5 April 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

5 April 2017

Uitgawe 414

Vye met fleur gevier Die derde XTN Vyefees het die afgelope naweek op die Uitkijk-familieplaas buite Wellington plaasgevind. Die fees het Saterdagoggend met wedlope oor verskillende afstande, sowel as fietswedrenne op die plaas afgeskop. Oud en jonk kon daarna aan die verskillende aktiwiteite by die fees deelneem en die heerlike vye-produkte geniet. Die kleinspan, Lara, Johan en Lisa Schwabe, het ook saam aan dié genot gesmul.

•JY KAN HINDERNISSE OORKOM - APPOLLIS

‘Breek deur buffers’

•Jaomi Zeeman

Die Wellingtonner Avron Appollis is besig om dwelmmisbruik in die plaaslike gemeenskap die stryd aan te sê. Sy organisasie, Breaking Barriers, is die voertuig waarmee hy hierdie groot taak aanpak en waarmee hy die gemeenskap wil bemagtig om te help om dwelmverslawing en –gebruik te bekamp. Volgens Avron het Breaking Barriers uit sy eie swaar pad met dwelms ontstaan. “Ek was vir 12 jaar in die greep van dwelms vasgevang en ek het besluit om ‘n ander pad te kies en terug te ploeg in die gemeenskap. "Vandag is dit 11 jaar later. Die naam Breaking Barriers verwys ook na die feit dat jy jou lewe kan verander en jou hindernisse kan oorkom,” sê hy. Avron vertel dat Breaking Barriers se hoofdoel die ondersteuning van en diensbaarheid in die breë gemeenskap is. Hulle fokus veral op die oomblik op die jeug waar hulle opbouende programme oor loopbaankeuses en lewensvaardighede aanbied. “Ons doen ook natuurlik dwelm- en alkohol-intervensie en bewusmakingsprogramme. "Ons is tans besig met ‘n ‘The Truth About

Drugs’ veldtog waar ons die jeug, sportklubs en skole teiken en onderrig in die gevare van dwelms,” vertel Avron. Breaking Barriers se werk is nie sonder uitdagings en struikelblokke nie. Behalwe vir die moeilike sosiale en emosionele omstandighede waarmee hulle daagliks gekonfronteer word, is die organisasie nog in hul baba-skoene en benodig hulle, volgens Avron, soms gereeld basiese benodigdhede. “Ons skiet tekort as dit by toerusting, soos bv. ‘n projektor en luidsprekers, kom. "Soms het ons selfs nie vervoer nie. Selfs dit kan ons nie in ons doel stuit nie. "Elke suksesvolle organisasie het mos maar van die grond af begin,” sê hy. Breaking Barriers werk nie in isolasie nie en het bande met baie ander organisasies en instansies wat hul hande sterk. Hulle het ‘n raad wat uit ag gemeenskapsleiers bestaan en werk nou saam met organisasies soos die Breakthru Restoration Church, die Drakenstein Munisipaliteit, verskeie jeuggroepe en ook maatskaplike ontwikkeling. Avron is ‘n geregistreerde hulp-maatskaplike werker en ook ‘n kinder- en jeugwerker. Hy het ook opleiding in dwelm-intervensie en is ‘n kenner van die toepaslike wetgewing wat

hul dwelmprogramme dryf. Verskeie ander geregistreerde maatskaplike werkers, jeugwerkers, oud-onderwysers en geestelike leiers vorm ook deel van Breaking Barriers se span. Alhoewel hulle daagliks met die tragiese omstandighede van dwelmverslawing, drankmisbruik en armoede gekonfronteer word, breek dit nooit hul moed nie en bly hulle gemotiveerd. “Dit is ons passie om met sulke mense te werk – mense wat gebroke is en soms van hulle wat deur die gemeenskap afgeskryf word. "Daar is reeds soveel suksesverhale wat ons met mense kan deel en wat hoop bring,” sê Avron. Volgens Avron het hulle groot toekomsdrome vir Breaking Barriers. “Ons wil oor ‘n paar jaar ‘n vaste adres hê waar ons die gemeenskapsorganisasie wil voortbou. "Ons langtermynplan is om ‘n kleinhoewe te bekom waar ons ‘n veilige huis wil oprig, met ‘n lewensvaardigheidsafdeling waar ons die jeug nie net wil skoon kry nie, maar ook vaardighede en ambagte wil aanleer om hulle te bemagtig om ‘n positiewe rol in die gemeenskap te speel,” vertel Avron. “Ons doen dinge vir God en nie net vir mense nie.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.