courant
Gratis • Free
Wellington
dié
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 399
7 Desember 2016
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•SKRYWER VANG ENIGMA VAN KELNERIN VAS
Rust-roman roer •Jaomi Zeeman
Winnie Rust, Wellingtonner en skrywer van verskeie historiese romans, se laaste boek, Katryn, is by die Breytenbach-sentrum bekendgestel. ‘n Paneel van historiese- en literatuur-kenners het die konsep, temas en karakters in “Katryn” by die bekendstelling bespreek en toegelig. Hierdie paneel het uit Olivia le Cordeur, kurator van die Wellington Museum, Christine Siebrits, voorsitter van die Vriende van die Museum en bestuurder van die Ouma Granny Huis-museum, Theresa Papenfus, hoof van Litera-publikasies en Suzette Kotzé-Myburgh, ‘n gesoute kenner in die uitgewersbedryf, bestaan. Volgens Theresa Papenfus van Litera-publikasies is die bekendstelling van hierdie boek, veral omdat dit postuum gebeur, baie besonders. “Kort na Winnie se dood het haar broer, Prof. Chris van der Merwe, die manuskrip van ‘Katryn’ aan my gestuur. "Dit is vir Litera-publikasies ‘n ongelooflike eer om hierdie boek te kan uitgee en aan die werk van iemand soos Winnie Rust verbind te wees,” het sy tydens die bespreking gesê. Olivia le Cordeur het tydens die bespreking hulde aan Winnie gebring. “Haar liefde vir die dorp en sy mense, kennis van die plek se geskiedenis en belangstelling in alles wat hier gebeur het, was net ongelooflik,” het sy gesê. Die paneel het oor die tyd en wêreld van die nuwe boek se hoofkarakters, Katryn, die enigmatiese kroegmeisie van die destydse Masonic Hotel, en Blink Ben Marais van die spogplaas Wolwehoek, gesels. Volgens Suzette Kotzé-Myburgh is die meesterlike wyse waarop Rust hierdie historiese roman benader het, kenmerkend van haar werk. “Winnie se liefde vir geskiedenis en haar liefde vir skryfwerk het haar een van ons voorste historiese romanskrywers gemaak. Sy fokus veral op die ryk geskiedenis van Wellington en haar omgewing en haar karakters is geloofwaardig binne die konteks van hierdie agtergrond,” het sy gesê. “Sy ondersoek temas wat baie relevant is in die historiese ruimte waarbinne die verhaal ontvou, maar eintlik nog net so relevant in 2016 kan wees. "Dinge soos ‘n nuwe tydgees in kerkgeledere, drankwette en die taalkwessie word met die wyngeskiedenis en boerdery verweef en vorm die konteks waarbinne die gedoemde liefdesverhaal tussen die hoofkarakters hom afspeel,” het Suzette verduidelik. Volgens Siebrits en Le Cordeur het Rust reeds
Kersmark:
Die Wellington NG Kerk het Woensdag die Kersseisoen welkom geheet en allerhande geskenke op hul Kersmark ten toon gestel. Diegene wat na 'n gepaste geskenk vir 'n geliefde soek, het hier kom snuffel tussen die interessanthede. Suné en Daniël Coetzee het ook hier na iets uniek kom soek.
‘n hele paar jaar gelede met die navorsing vir “Katryn” begin. “Etlike jare gelede het Winnie verwys na ‘n artikel wat Imker Hoogenhout destyds vir die ‘Landstem’ geskryf het. Dit was in 1970 toe die pragtige ou Masonic Hotel afgebreek is om plek te maak vir die Bergrivier Apteek. Die opskrif was: ‘Hotel getuig van Boland se Wilde Weste – smokkelary, bakleiery – dit was woes, woester, Wellington’. Winnie was toé reeds op soek na foto’s van die Masonic – waarskynlik vir hierdie boek,” het Christine vertel. “Historiese inligting oor die stasie en die markplein verskyn ook in ‘Katryn’,” het Olivia bygevoeg. “Winnie het ‘n lêer met inligting oor die stasie-geskiedenis by die museum geleen en toe ons dit terugkry, was haar navorsingsnotas steeds in die kantlyne vasgeplak,” het Olivia
gesê. Suzette Kotzé-Myburgh het met ‘n voorlesing uit die boek afgesluit. “Hierdie is ‘n vonds van ‘n boek. Winnie Rust het in 2015 tydens ‘n onderhoud die volgende verduideliking oor haar skryfwerk se herhaalde verbintenis met Wellington gegee: “Ek wil hier aansluit by ’n uitspraak van Boerneef: dat hy waarskynlik nooit sou geskryf het as hy nie op Boplaas grootgeword het nie, as hy nie so diep in daardie wêreld geanker was nie. "Ek kan dieselfde sê van die omgewing waar my wortels lê. Ek put my stof uit my omgewing, maar hoop om daarmee ook ’n universele klank in te skryf.” “Katryn” is hiervan haar laaste getuienis. * “Katryn" sal by boekwinkels, maar ook by die Wellington Museum en Breytenbach-sentrum te koop wees.
NUUS • NEWS
7 Desember 2016
NUUS • NEWS
2
Sukses vir ATKV in 2016
Wellington se ATKV-tak het hul bedrywighede vir 2016 tydens ‘n heerlike braai- en kuiergeleentheid afgesluit. Alle lede kon op Saterdag 26 November by die Wellington Wyne se Stokeryweg-perseel bymekaarkom om vir oulaas in 2016 saam te kuier en die ATKV se suksesvolle jaar te vier. Oud en jonk het om die braaivleisvure gesels, gebraai en stories oor die jaar se gebeurlikhede gedeel. Daar is selfs ‘n paar entoesiastiese draaie op die dansbaan gemaak. Volgens Herbert Sills was 2016 ‘n jaar om te onthou. “Ons het hierdie jaar van krag tot krag gegaan by Wellington se ATKV-tak. "Ons het groot en klein projekte met sukses afgehandel en waarlik ‘n positiewe bydrae op
baie terreine van ons breë plaaslike gemeenskap gelewer. "Ons fokus was op die gemeenskap en dit het vrugte afgewerp,” het hy gesê. Die positiewe gesindheid en energie van al die lede, selfs aan die einde van die jaar, is moontlik ‘n aanduiding van al die goeie dinge wat vir hierdie instelling in 2017 wag. “Ons beoog om in 2017 voort te bou op alles wat ons hierdie jaar vermag het. Ons neem alles wat ons geleer het met ons saam en beplan om in die nuwe jaar net sterker en beter te wees. "Ons visie en missie is om die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit ‘n onmisbare deel van nasiebou, versoening en ʼn suksesvolle Suid-Afrika te maak. Hou ons dop in 2017,” het Herbert gesê.
Die immergewilde Adagio van Wellington, bied hul jaarlikse Kerskonsert aan op Sondag, 18 Desember 2016 te VGK Wellington-Bergrivier gemeente om 18h00. Kaartjies is beskikbaar teen R30 by lede asook by die deur. Hierdie konsert is ten bate van hul jaarlikse gemeenskapsprojek waartydens hulle op Kersdag kospakkies en geskenkies aan die minderbvoorregtes uitdeel. Vir meer besonderhede kontak Emmie Pieters - 083 472 4975.
7 Desember 2016
Wellington Wyne raak straatslim vir jeug Street Smart, ‘n organisasie wat strukture vir die hulp en hervestiging van straatkinders en ander agtergeblewenes ondersteun, het onlangs hulp uit ons plaaslike gemeenskap gekry. Hierdie organisasie, wat deur aartsbiskop Desmond Tutu onderskryf en help stig is, se leuse is “dat jy nog nie gelewe het tensy jy iets vir iemand gedoen het wat jou nooit daarvoor sal kan vergoed nie”. Volgens Xania van der Merwe, bemarker by Wellington Wyne, het hierdie inisiatief dadelik hul aandag getrek. “Die inisiatief behels dat deelnemende besighede of restaurante ‘n klein bedrag van R5 by hul klante se rekening las wat dan as donasie ten bate van Street Smart dien. Ons het dus nou ons wynproe met R5 ‘gelaai’ vir hierdie doel. Wat kan ‘n mens regtig met R5 doen? Maar een R5, saam met baie ander mense se R5’e kan ‘n reuse-verskil in mense se lewens maak,” sê sy. Wellington Wyne het met hulle verbonden-
heid aan hierdie inisiatief die eerste proelokaal in Suid-Afrika geword wat by Street Smart betrokke is. Hulle het selfs ‘n treetjie verder gegaan en besluit om ook al die wyn by die oorhandigingsgeleentheid van die jaarlikse ingesamelde bedrag te skenk. “Dit is ons droom dat ander plaaslike besighede ook by Street Smart betrokke sal raak. Wanneer daar so vier besighede uit een dorp of area by hierdie organisasie aansluit, wend hulle die geld binne-in daardie spesifieke area aan. "As daar dus genoeg besighede in Wellington betrokke raak, sal die geld wat ons so insamel vir ons eie dorp se verdienstelike sake aangewend word – iets wat ‘n positiewe verskil in die huidige maatskaplike klimaat kan maak,” sê Xania. Mense of besighede wat belangstel om by die Street Smart inisiatief betrokke te raak of meer oor die organisasie te wete wil kom, kan hul webtuiste by www.streetsmartsa.org.za besoek.
ACVV groet jaar feestelik Die ACVV Dienssentrum het op Vrydag 25 November hul jaarlikse aktiwiteite op ‘n feestelike wyse in die kerksaal van die Wellington-Oos gemeente afgesluit. Die saal was pragtig versier en lede van die sentrum kon vir oulaas in 2016 rondom heerlike eetgoed en ‘n koppie tee saamkuier. Ongeveer 55 van die lede het opgedaag om in hierdie feestelikheid te deel. Hulle is met ‘n vertoning deur die bekroonde operasangeres, Adri Louw, bederf en kon die res van die oggend verder met baie dankbaarheid en die geselskap van bekendes en geliefdes omkuier.
NUUS • NEWS
3
7 Desember 2016
•'EERDER OORVERSIGTIG' SÊ KENNER
Brande vasgevat met ‘Stem’ Dit is weer somertyd in die Boland en hierdie somer voorspel selfs droër toestande as in die verlede. Die droë somermaande word dikwels deur veldbrande gekenmerk en die risiko vir veldbrande styg aansienlik in die droë, warm toestande wat so kenmerkend van ons streek se somermaande is. Volgens Tarien Stander, wat deel van die “Stem in die Bos”-span (‘n organisasie wat die owerhede met brandbestryding help) is, word die tydperk vanaf November tot April gewoonlik as die brandseisoen beskou. “Die hoë temperature in ons omgewing speel in hierdie tyd seker die grootste rol in die ontstaan van veldbrande – dit maak die omgewing baie meer vatbaar vir brande,” verduidelik sy. Alhoewel die hoë temperature tot die groter risiko van veldbrande gedurende die somer bydra, is die ontstaan van veldbrande byna altyd aan menslike nalatigheid te wyte. “Die mees algemene oorsake van veldbrande is mense wat in die veld vuurmaak en nie seker maak dat die kole behoorlik dood is voordat hulle vertrek nie. Sommiges los selfs die kole net so of ander maak ‘n vuur en hou nie die hele tyd toesig daaroor nie,” sê Tarien. “Mense wil dit nie altyd glo nie, maar sigarette wat by vensters uitgegooi word of mense wat in die veld stap en hul sigarette net neergooi, is ook ‘n groot bydraende faktor tot veldbrande. Waar daar met masjinerie gewerk word wat moontlik vonke kan maak, bly dit op ‘n warm dag ‘n groot risiko as daar nie behoorlike voorsorg getref word nie,” verduidelik sy verder. Volgens Tarien is daar baie eenvoudige riglyne wat veldbrande kan verhoed en help beperk. “Mense moet net meer versigtig met enige aktiwiteite wees waar daar vuur betrokke is – wees liewer óórversigtig. Maak seker die braai se vure is behoorlik dood en moenie sigaretstompies neergooi nie. Wees versigtig waar daar met masjinerie in die veld gewerk word en tref die nodige voorsorgmaatreëls,” sê sy. “As jy in die veld wil vuurmaak, sorg dat daar altyd behoorlike toesig oor die vuur is. As dit warm is en die veld baie droog is, kan die kleinste vonkie
Dankie:
tot ‘n groot brand lei,” verduidelik sy verder. Tarien vertel dat “Stem in die Bos” juis ontstaan het uit ‘n passie vir die natuur en natuurbewaring. “Barry Stander is al van 1969 af in die bedryf. Hy het eers vir die Departement van Bosbou gewerk en daarna vir Natuurbewaring. In 1995 het hy sy eie besigheid, ‘Stem in die Bos’, begin en vanaf 2002 is sy seun Jaco, wat sy pa se passie vir die natuur en die beskerming van ons inheemse plante deel, ook deel van die span,” vertel sy. Volgens Tarien spesialiseer “Stem in die Bos” in die uithaal van indringer-plante. “Ons glo dat as elkeen ‘n bydrae maak, ons die indringers kan beheer en ons natuurlike fynbos tot sy volle reg kan laat kom – soos dit hoort. Ons snoei en haal gevaarlike en moeilike bome uit, maar dit gebeur op ‘n baie klein skaal. Ons maak ook brandbane om plase en areas teen moontlike brande te beveilig,” vertel sy. “Stem in die Bos” doen ook brandbestryding op kontrak vir die Kaapse Wynland Distrik Munisipaliteit. “Alhoewel die munisipaliteit ons eerste prioriteit is wanneer dit by die bystand tydens veldbrande kom, sal ons nie huiwer om uit te gaan indien een van ons kliënte in nood is of deur ‘n brand bedreig word nie,” sê Tarien. Goeie beplanning maak dat ‘n tipiese dag by “Stem in die Bos” tydens die brandseisoen nog steeds seepglad kan verloop. “Ons spanne word ingedeel op projekte waar ons oral moet werk. Die brande geniet natuurlik eerste prioriteit en wanneer daar ‘n brand uitbreek, lig ons ons kliënte in en dan kom die bestryding van die brand heel eerste,” sê Tarien. “Afhangend van hoeveel spanne benodig word, sal die spanne wat die naaste is, eerste uitgaan en die res sal volg indien nodig. Ons probeer altyd een span ‘terughou’ ingeval daar die volgende dag nog spanne moet ingaan, maar as dit onmoontlik is, stuur ons almal uit. In die vuurseisoen kan ons nooit seker wees van enige roetine nie. Dinge verander op baie kort kennisgewing,” verduidelik sy. Volgens Tarien is hul werk ‘n onmisbare deel van die owerhede se poging tot brandbestry-
Hugo Rust Laerskool het op Donderdag 1 Desember ‘n dankie-sê-funksie gehou. Hulle het al hul donateurs en instansies of persone wat gedurende 2016 ‘n bydrae tot die skool gemaak het, by hierdie geleentheid bedank. Personeellede, gaste en ouers kon heerlik by Linton Park se wynproelokaal rondom heerlik eet- en drinkgoed saamkuier. “Sonder die positiewe gesindhede en vrygewige bydraes van ons hele gemeenskap, kan ons nie ‘n opvoedkundige instansie soos Hugo Rust bou en verbeter nie. Ons sê dankie aan elke rolspeler,” het die skoolhoof, Johann Bruwer, gesê.
ding. “Die Kaapse Wynland Distrik Munisipaliteit en ons werk baie nou met mekaar saam. "Hulle is nie ingerig om in berge in te gaan vir brande nie en dit is dan waar ons en die ander kontrakteurs inkom. "Ons spanne gaan daar waar die vuur is en doen ons bes om dit te keer of dood te maak voor dit afkom en laer skade aanrig,” verduidelik sy. Omdat “Stem in die Bos” nie ‘n nie-winsgewende organisasie is nie, kry hulle nie sommer ondersteuning en skenkings uit die gemeenskap nie. “Dit is egter wonderlik om te sien hoe ‘n krisis ‘n gemeenskap kan saamsnoer en mekaar kan laat help. "Water en kos en enigiets vir energie is altyd welkom vir die vuurslaners – dit is ontsettend warm en die mense raak baie moeg. Dit is hier waar die gemeenskap ‘n baie belangrike rol kan speel om ons te ondersteun – dis iets wat ons altyd baie waardeer,” sê Tarien.
NUUS • NEWS
courant
dié
4
7 Desember 2016
Die pen en die swaard... die ewige stryd
Hulle sê die pen is magtiger as die swaard. Wie die "hulle" is, sal die uwe nie kan sê nie, maar ek is geneig om hiermee saam te stem. Kyk jy na die verhaal van Katryn, geskryf deur die ontslape Winnie Rust, besef 'n mens dit weer. Selfs nou, ná haar skielike dood, het sy steeds 'n groot impak op Wellington, die Boland en lesers reg oor die land. Sy inspireer steeds. Steeds gee sy hoop. Steeds vertel sy verhale en gryp sy lesers se verbeelding aan. Soms word 'n stem gestil, maar dan is daar altyd die nalatenskap van die persoon wat 'n mens by bly. Die vergeet kom nie so maklik nie. Veral met 'n skrywer van formaat soos Rust, is dit net al te meer die geval. Dit is inspirerend om te sien dat dit wat sy gedoen het en waarvoor sy 'n passie gehad het, steeds voortgesit word deur haar vriende, familie, kennisse en mede-Wellingtonners. Hierdie is 'n dorp gevul met groot geeste, hier of reeds weg, maar hulle bly steeds 'n integrale deel van die skelet van hierdie dorp.
It’s Good News
dr. Mark Blackwell Snr
Words of Grace
From Psalm 31 In Thee, O LORD, I place my trust. Be Thou, dear Father, near. Matthew 6:1-8 “But you, when you pray, go into your room, and when you have shut your door, pray to your Father who is in the secret place; and your Father who sees in secret will reward you openly. And when you pray, do not use vain repetitions as the heathen do. For they think that they will be heard for their many words. Therefore do not be like them. For your Father knows the things you have need of before you ask Him.” Jesus Himself set the supreme example. Matthew writes, And when (Jesus) had sent the multitudes away, He went up on the mountain by Himself to pray. Now when evening came, He was alone there.” Matthew 14:23 We must ask ourselves some hard questions, the answers to which require calm reflection and honesty. What do my acts of practical righteousness and my prayer life say about my intimacy with God? Our joy in the Lord reflects our intimacy with Him as we seek to meet the needs of others in His name, as we intercede in prayer before the throne of grace. Our personal spiritual walk with God is inseparable from our consistent devotion to His Word and dependency upon His Spirit. Lord, your marvellous kindness has always appeared when I felt most adrift.
Mark:
Wellington het verlede week heerlik rondgesnuffel tussen die interessanthede by die NG Kerk se Kersmark.
Boeremusiek was soos ons blues - Deon Maas Deon Maas en Schalk van der Merwe het op Saterdag 3 Desember ‘n gesprek oor die evolusie van Afrikaanse musiek in die Breytenbach-galery gelei. Hierdie gesprek is deur Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, geïnisieer en sluit by die tema van die uitstalling wat tans daar te sien is, nl. “Angels, demons & gargoyles”, aan. “Die tema van die uitstalling het my aan Iron Maiden en Guns & Roses laat dink. Dit het my aan musiek, die transformasie daarvan en hoe dit ook in die Afrikaanse konteks gestalte kry, laat dink,” sê sy. Schalk van der Merwe, bekwame baskitaarspeler, musiekvervaardiger en akademikus (hy het grade in die Regte, Argeologie en Politieke Wetenskap, met Honneurs in Argeologie en ‘n Meesters in Kultuurtoerisme en Erfenisstudie en ook ‘n PHD wat oor post-1994 Afrikaanse musiek en identiteit) het saam met Deon Maas die gesprek gelei. Deon, ‘n joernalis, rubriekskrywer, musiekpromotor, Idols-beoordelaar en kommentator het met sy reguit menings en antwoorde ekstra kleur aan die gesprek verleen. Beide sprekers is in der waarheid wandelende ensiklopedieë sover dit kennis oor die geskiedenis van die Afrikaanse musiekbedryf aangaan. Hul uitgebreide historiese kennis in hierdie veld het duidelik uit die insiggewende en baie interessante feite en voorbeelde uit hierdie veld wat hulle met die gehoor gedeel het, geblyk. Volgens Schalk van der Merwe het boeremusiek in der waarheid die grondslag vir ons Afrikaanse musiek gelê. “Boeremusiek was soos ons ‘blues’. Die boeremusiek-musikante uit die verlede was ‘n redelike rowwe klompie wat soms baie berug vir hul misbruik van drank en ander verbode middels was. Hul musikaliteit moet egter nie onderskat word nie – hulle was geniaal wat dit betref. Hierdie musiek-genre het
aanvanklik geen grense met betrekking tot ras, klas of kultuur gehad nie – dit was die musiek van almal in die mynwerkerkampe. Dit het egter deur ‘n proses van ‘verwitting’ gegaan waar ‘n sekere segment van die samelewing dit vir hulself toegeëien en hul eie reëls daar rondom gemaak het,” het hy gesê. Deon Maas het hierby aangesluit deur die volgende opmerking te maak: “Boeremusiek het eintlik ná 1955 sy relevansie verloor – daar het niks nuuts in hierdie genre na 1955 gebeur nie. Die Briels het ongekende gewildheid geniet en ‘n groot rol in Afrikaanse musiekgeskiedenis gespeel. Hulle was amper soos die CNN van Suid-Afrika: wanneer iets in die nuus was, soos ‘n mynramp of sosiale kwessies, het hulle dit met ‘n plaat daaroor aangespreek. Hulle musiek was naïef en natuurlik heeltemal onmusikaal,” het Maas laat hoor. Beide sprekers het die rol van instansies soos die SAUK, ATKV en FAK op die “sanitasie” van Afrikaanse musiek onder die loep geneem. Hulle was dit eens dat hierdie magshebbers dikwels in die verlede ‘n gesegmenteerde mark en ‘n
gestandaardiseerde beeld van “suiwer, skoon” Afrikaanse musiek geskep het – iets wat nie altyd die werklikheid weerspieël het nie. Met meer as 200 000 eenhede wat reeds in 1935 verkoop is, blyk dit dat “Suikerbossie” een van die grootste Afrikaanse treffers van alle tye was. Nico Carstens se “Zambezi” was ook ‘n groot internasionale treffer. Schalk en Deon was dit eens dat vertaalde Europese liedjies en ‘n radio-formaat wat volgens die Amerikaanse standaard saamgestel is, glad nie tot die bevordering van Afrikaanse musiek bydra nie. “Radio is nog die enigste medium wat apartheid bevorder. Dit veroorsaak ‘n gesegmenteerde mark deurdat verskillende stasies net vir sekere dele van die samelewing en mark voorsiening maak en mense slegs luister na dié stasies wat op hulle segment van die samelewing gerig is,” was Deon Maas, ‘n man met die woord “Afrikaner” op sy regtervoorarm getatoeëer, se oorwoë mening. “Gelukkig is ons taal en ons musiek na 1994 bevry,” het hy gesê.
NUUS • NEWS
5
7 Desember 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
GREAT PRICES FOR THE BEST ONE YET Not just ay for Sund PnP Beef Potjiekos Bone in
PnP Prime Rib Roast Bone in
R
R
56
79
Per kg
Per kg
Equates to R35 Each
SAVE R9.80
BUY 2 FOR
Saldanha Pilchards in Tomato or Hot Chilli Sauce 400g Each
Rama Original 60% Fat Spread 1kg Tub
R
70
R
13
Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre Each
Coca-Cola Regular, Light, Zero or Tab 2 Litre Each
WAS R16.49
50
R
12
WAS R24.99
90
R
22
90
no nameTM Macaroni or Spaghetti 500g
BUY ANY 2 R FOR
16
90
Choose your favourite
Simba Potato Chips Assorted 125g
BUY ANY 3 FOR R
23
BUY ANY 3 FOR
90
SAVE R21.09
SAVE R13.09
Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g
Bakers Snacktime Assorted Crackers 800g + 66g FREE
Bakers Choice Assorted Biscuits 1kg Each
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
R
R
R
R
32
90
Plus earn
PRICE PER NAPPY – – – – –
BONUS STIKEEZ
R1.93 R2.21 R2.55 R2.91 R2.91
when you buy selected products
FREE APP
SAVE R22
SAVE R20.09
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Per Pack
Omo Auto Washing Powder 3kg, Liquid Detergent 900ml or Capsules 21s Each
R
127
90
R
59
90
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 8 - 11 DECEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1019
74
GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND
Equates to R39.95 for 2kg
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
69
90
90
41
90
Download
‘Little Drummer Boy’ by Ladysmith Black Mambazo on iTunes or Apple Music, Deezer or Google Play and a donation will be made to The Children’s Hospital Trust on your behalf.
STIKEEZ ARE RECYCLABLE
Visit www.picknpay.co.za for more details
Find out more at www.picknpay.co.za
NUUS • NEWS
6
Promosie • Promotion
Pulpit Rock vergroot tot 4000 ton
7 Desember 2016
Pulpit Rock het talle veranderinge en uitbreidings aan hul bestaande kelder gebring. Pulpit Rock Wynkelder, geleë aan die voet van Kasteelberg, het pas hul kelder se kapasiteit tot 4000 ton opgradeer. Die Brinks was een van die eerste vroeë boerfamilies wat hulself in die Riebeekvallei kom vestig het, nadat Pieter Cruythoff dié skatkis in die 1600’s ontdek het. Die vernuf en talente om goeie wyn te kan maak, dateer egter terug tot in 1918 toe Ernst Brink se oupa deur Groot Constantia raakgesien en genader is om hul wynmaker te word. Sy oupa het wel daardie aanbod van die hand gewys, maar die hunkering om eendag hul eie wyne te produseer, het gebly. Dit was uiteindelik Ernst wat die bal aan die rol gesit het toe die idee van hul eie wynkelder in 2003 gestalte aanneem. Hul deure is Oktober 2004 vir die eerste keer vir die publiek geopen. Ernst glo daaraan om waarde by sy produk toe te voeg. Volgens hom sou die boerdery nie sommer oorleef het, as dit nie vir die oprig van die kelder was nie. Die kelder het intussen die kapasiteit van ‘n 400 ton tot 4000 ton in 2016 verhoog. Volgens hom hoop hulle om die kapasiteit tot 4500 ton in 2018 uit te brei. Met navraag oor wie die baas van die plaas
is, skerts Ernst dat hy soms dink dit sy blondekop vrou is. Brink en sy twee seuns Haumann en Van der Byl staan egter aan die stuur van sake by Pulpit Rock. Ernst behartig die algemene bestuur en finansies van die wynkelder, terwyl Haumann en Van der Byl die plase bestuur, asook die verbouing van wyndruiwe. Daar is tans sowat 475 hektaar onder wingerd. Die druiwe is afkomstig van twee plase in die Brinks se stal, naamlik De Nuwegift en Panorama in die vallei. Haumann wat ‘n suksesvolle varkboerdery het, het keldertegnologie by Elsenburg studeer en is ook ‘n wynmaker. Van der Byl boer met tafeldruiwe en sy eie wyndruiwe. Die klimaat en grond teen Kasteelberg dra veral by tot die vruggedrewe produk. Só ook die Swartland se nat en koue winters, gevolg deur warm en droë somers, wat sorg vir die druiwe se uitstaande kwaliteit. Die kultivars wat aangeplant is, bestaan uit Chenin en Chardonnay, asook Pinotage, Cabernet Shiraz en Merlot. Die nis-kultivars wat hulle verbou sluit onder meer Rousanna, Tanat, Pinot Gris, Petit Verdoux en Malbec in.
Daar is ook ‘n gevestigde blok Roobernet van 40ha. Die enigste kultivar wat hulle nie aangeplant het nie, is Sauvignon Blanc. Vandag lewer die Brinks altesaam 50% van hul druiwe aan Wellington Wyne en die res word vir hul eie wyn ontgin. Die kelder kompleks beskik oor twee verouderingskelders van 600 ton elk. Hulle verkies Franse en Amerikaanse eikehout. Die kombinasie van die jongste tegnologie en die tradisionele metodes en toerusting dra by tot die produsering van wêreldklas wyne. Dewald Huisamen (bo) is onlangs as die nuwe jong wynmaker aangestel.
NUUS • NEWS
7
7 Desember 2016
Dagboek • Calender Bôrdienghuis Teater 29 November: U word uitgenooi na die bekendstelling van KATRYN - Winnie Rust se laaste boek om 17:30 vir 18:00 Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418
Adagio 18 Desember: Die immergewilde Adagio hou hul kerskonsert by VGK Wellington-Bergrivier gemeente om 18:00. Die koste beloop R30 per persoon Navrae skakel Emmie Pieters by 083 472 4975
Wamakersvallei beywer hul vir studente se toekoms
Jeremy Adams ontvang die toekenning as die beste student van die jaar van Sr. Joyce Meyer en Elsabé Lintveld.
Die twee skoonheidsorg-studente se diplomas is deur Mej. Kaapse Wynland, Karli Coetzee, oorhandig.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW
Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Al die suksesvolle kindersorg-studente by hul fassiliteerders, Annida Marais en Emmie Malan. Die studente wat tydens die Diploma-plegDie Wamakersvallei Opleidingsentrum het op Donderdag 1 Desember hul studente tydens hul tigheid vereer is, het kursusse in Skoonheidsorg, Kindersorg en Tuisversorging voltooi. Drie ouddiplomaplegtigheid vereer. Hierdie sentrum, wat reeds in 1998 hul -studente, een wat intussen haar BEd kwalifikadeure geopen het, fokus veral op die opleiding sie deur UNISA verwerf het en in ‘n permanente van werklose persone uit gemarginaliseerde departementele betrekking by ‘n skool staan, gemeenskappe. Hul benadering is aksie-geo- een wat tans ‘n Duitse egpaar in Durbanville riënteerd en holisties – iets wat die behoeftes in versorg en een wat onlangs by CPUT vir ‘n graad die gemeenskap aanspreek en deur leierskap in R-kursus aanvaar is, het as motiveringsprekers by die plegtigheid opgetree. die gemeenskap gedryf word. Die diplomas is deur die verskillende fassiDie Opleidingsentrum het hierdie jaar verskeie kursusse in o.a. Kookkuns, Kindersorg, Tuis- liteerders aan die studente oorhandig en die versorging en Skoonheidsorg aangebied. Talle tuisversorging-studente het ook ‘n eed, waarstudente is deur die bekwame fassiliteerders se mee hulle hulself tot etiese dienslewering in hande en het die geakkrediteerde kursusse suk- die mediese veld verbind, afgelê. Die huidige Mej. Kaapse Wynland, Karli Coetzee, het die sesvol voltooi. Volgens Elsabé Lintveld, die sentrumbestuur- skoonheidsorg-studente se diplomas oorhandig. der, is dit elke jaar ‘n besondere geleentheid om Die sentrum het ook hul top-student vir 2016, hierdie studente te vereer. “Hierdie mense en Jeremy Adams, met ‘n spesiale toekenning verwat hulle vermag, ten spyte van baie moeilike eer. Belangstellendes kan die Wamakersvallei omstandighede en negatiewe dinge, is iets wat vir ons elkeen hoop gee en as motivering vir baie Opleidingsentrum by 021-873 5942 of elsabe@ wamakerstraining.org.za kontak. ander kan dien,” het sy gesê.
Geklassifiseerd • Classifie
Gelukwensing Congratulations
TRISTON - Baie geluk met jou tweede verjaarsdag. Liefies jou baie. Van: Oupa, Ouma, Mamma en Jumaine #3297 ----------------------------------CHRISSEÉ – Baie geluk met jou sewende verjaardag op 7 Desember. Alles wat mooi is – Baie liefde - Jou Pa Kevin #3298 ----------------------------------FREDDY ROBERTSON Baie geluk met Pa se verjaardag op 5 Desember. Geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar word u toegewens – Liefde: Zenobia #3299 --------------------------------AMY LE FLEUR - Geluk met jou verjaarsdag 09 Desember 2016. Alle voorspoed en geluk vorentoe. Baie liefies vir jou Snack a TackMammie, Pappie,Gerdwill en Gershwin #3319 ----------------------------------SKYLER TITUS : Geluk ons blompotjie met jou verjaarsdag. Van die Titus en Pietersen familie #3300 ----------------------------------HAYDEN WILSON - Baie geluk met jou derde verjaarsdag. Jy is die lig in my lewe. Tonne liefde jou Mammie #3321 -----------------------------------
CHANÉDIA - Veels geluk met jou vierde verjaardag. Al God se seëninge. Baie lief vir jou - Mammie, Pappie, Ouma, Oumagrootjie & Henry #3313 ----------------------------------RAAI WIE WORD 57 op 9 Desember. Baie geluk DENNIS, my man - Van: Vrou, kinders en kleinkinders #3312 ----------------------------------KYK WIE IS 50 op 10 Desember 2016. Baie geluk met jou verjaarsdag. Dankie vir alle liefde. Nikkie, Bronwen, Brody en Lizaan #3315 ---------------------------------Geluk my dogter met jou verjaarsdag op 13 Desember. Ons is baie lief vir jou geniet jou daggie. Liefde Mammie, Daddy en Kayle #3322 -----Happy birthday to my loving fiance EUNICE AUGUST. Lots of love from your fiancee Roswill Balie and our son Ezra #3323 ----------------------------------GRIET AFRIKA - Geluk aan suster, ma, ouma met u verjaardag op 10 Desember. Hoop u geniet die dag. Van: susters, kinders, kleinkinders #3320 ---------------------------------Mammie, baie geluk. Baie dankie vir wat u vir ons doen en beteken. Steunpilaar. Liefde Sameul, Ohlbam, Cassidy en Reagan #3324 -------
Ouma Sysie. Baie dankie dat Oumie so alles vir my doen. Baie lief vir Ouma. Van jou kleinkind Briane Zilke Skippers #3325 -----------------------------Geluk Pappa met jou
70ste verjaarsdag. God se rykste seën, op hierdie dag 10 Desember. Van Mamma en Petersen gesin #3338 -----------------------------------
courant
dié
8
GHOLF WELLINGTON (72)
7 Desember 2016
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Uitslae en Gebeure Results and Events
NUUS • NEWS
Samespel-stableford: V K Muller en S Steyn 53; D van Rensburg en W Erasmus 52; F Badenhorst en P Smit 51; G Fick en J van der Merwe 49; R Schwartz en A Louw 49
7 Desember 2016
KRIEKET CORONATION t WELLINGTON : Wellington 111 (Moshin Khan 28,
Ziyaad Abrahams 3/27, Don Hendricks 3/25) Coronation 106 (Danico Philmon 34, Don Hendricks 25; Byron Fortuin 7/17. Wellington wen met 5 lopies
•DAVIDS NOU ONDERVOORSITTER VAN SA-RUGBY
Roses bring hulde aan hul doring
Roses United-rugbyklub het Donderdagaand hul lid, Francois David, vereer vir sy verkiesing as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie. Links is die bestuur van Roses United. Onder: Mervin Sameuls,Randy Marinus en Pieter Lourens het ook die geleentheid bygewoon.
Spanne ding mee in 10de sewestoernooi Die 10de OK Minimark Castle 7's-toer is om die draai en plekke is min. ‘n Makro getal van 36 klubs sal weer vanjaar aan die toernooi deelneem vanaf Vrydag 27 tot Saterdag 28 Januarie 2017. Dit sal die 10de jaar wees hierdie toernooi plaasvind en daar gaan ook ‘n OK MinMark "dream team" saamgestel word uit al die klubs insluitend die klubs wat die Vrydagaand deelneem vir deelname aan ‘n toernooi twee weke na afloop van die toernooi om aan ‘n toernooi tesame met WP Academy, SA Akademie, en die Duitsland se nasionale sewesspan by Hamiltons
in Kaapstad gaan deelneem. Daar word ook hard agter die skerms gewerk sodat toeskouers met groot pryse kan wegloop gedurende die toernooi. Daar is slegs vier plekke oop in die premierkompetisie van 2017 waar die volgende klubs sal deelneem: Wesbank, Never Despair, Hamlets, H/Hearts, ST Georges, Worcester Villagers, Mooreessburg, Ceres, St Helenabaai, Newtons, Tulbagh, Grabouw, Elsiesrivier United, Notherns, Hillcrest United, Wistling Wheels en Young Peoples. Indien daar nog klubs is wat wil deelneem,
kan hulle Eduann Howburg kontak by 083 458 9313 ehowburg@capetown.gov.za Die Swartland-uitdaag groei ook jaarliks en daar sal ook R5000 op die spel geplaas word vir die kompetisie. Spanne in die Swartland ding vanaf Vrydagaand mee om die Swartland-uitdaag-trofee. Vanjaar sal daar spanne van Calvinia aan die toernooi deelneem. In hierdie afdeling is daar ook slegs drie plekke nog oop en slegs klubs uit die streeksuitdaag, gemeenskapskild, eersteliga, sal aan hierdie toernooi deelneem tesame ander tweede en derde
spanne van Swartland premierliga-klubs. Die wenners van die Vrydagaand se verskillende afdelings sal die Saterdag meeding in die semi- en finale-rondes. Klubs in hierdie afdeling betaal geen inskrywing nie en deelname is gratis. Die volgende spanne sal mekaar die stryd aansê: Wesbank (Renegades); Korringberg; Dassenberg(Young Eagles); Flying Eagles; Korrektiewe Dienste; Nexius Riebeek-Wes; Y/lions Calvinia; Riebeek United; Windmeul United en Goedverwacht. Klubs kan Howburg kontak indien hulle nog wil inskryf vir die Swartland Uitdaag-kompetisie.