courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
28 September 2016
Uitgawe 389
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•HUGO RUST WOEKER VIR RENOSTERS
Bewaar spesies speel-speel
Heellinks: Die hoofleiers, Nina Moggee en Jurian van Santen, by die draadrenoster vol boodskappies van die leerders. Links: Haidee Muller van RSG voer ‘n onderhoud met Rudolf Jansen van Vuuren, landgoedbestuurder van Linton Park, wat meer oor die bewaring van Renosterveld verduidelik. •Jaomi Zeeman Hugo Rust Laerskool en Linton Park Wynlandgoed het Internasionale Renosterdag met ruim bydraes gevier. Renosterdag, wat elke jaar op 22 September gevier word, het op 20 September ‘n stewige hupstoot uit die gulhartige inisiatiewe van hierdie twee instansies gekry. Hugo Rust se ondersteuning vir hierdie waardige saak strek reeds oor die afgelope paar weke. Hulle het drie speelgoed-renosters “aangeneem” wat op ‘n kompetisie-basis as deel van die foto’s op hul sosiale netwerk-platvorms verskyn het. Hulle het die bewusmakingsprojek selfs verder geneem deur ook ‘n muntlegging as fondsinsameling by die skool te hou. Op 20 September kon die skool ‘n tjek van amper R5 000 aan Dan Fenton van Ngala Lodge by die Kruger Wildtuin oorhandig. Fenton, wat as ambassadeur vir die “Rhinos without Borders”-beweging optree, het die afgelope tyd bykans 1 000km in slegs 31 dae te voet afgelê. Hiermee wou hy self fondse vir renosterbewaring insamel en ook probeer om mense regoor Suid-Afrika daarvan bewus te maak. Hugo Rust se bydrae is tydens ‘n feestelike geleentheid aan Fenton oorhandig. ‘n Skyfievertoning oor renosters en ‘n ten-
toonstelling van foto’s wat al die “reise en wedervaringe” van die speelgoed-renosters uitbeeld, is aan die leerders vertoon. Die skool het ook ‘n reuse-draadrenoster vol boodskappe van hul leerders gehang waarop hulle hul ondersteuning aan renosterbewaring beloof. Na die verrigtinge by die skool is die viering van hierdie belangrike dag op die Linton Park Wynlandgoed buite Wellington voortgesit. Hier het Linton Park ‘n tjek van R50 000 aan Dan Fenton vir die werk van die Rhinos Without Borders-projek oorhandig. Hierdie skenking is moontlik gemaak deurdat verkope van Linton Park se Rhino-wynreeks, waarvan ‘n rand van elke bottel wat verlede jaar verkoop is vir hierdie skenking ingesamel is. Linton Park, wat ‘n stigtingsgeskiedenis het wat sover terug as 1699 dateer, is deel van die Camellia-besigheidsgroep met sy hoofkantoor in Londen. Die landgoed se verbintenis met die Renoster-veldtog spruit uit die unieke Renosterveldplantegroei wat hier aangetref word. Gaste kon tydens die verrigtinge ‘n unieke veldrit deur die renosterveld op die landgoed meemaak. Hier het die landgoedbestuurder, Rudolf Jansen van Vuuren, die sensitiewe ekosisteem waarin renosterveld gedy aan die gaste verduidelik. “Daar is slegs 4% van alle renosterveld oor
en slegs 1.6% hiervan is onder bewaring,” het hy gesê. Hy het Linton Park se planne en verbintenis tot die bewaring en uitbreiding van die renosterveld uiteengesit. Volgens Berenice Barker, Linton Park se bemarkings- en verkopedirekteur, is die renosterveld die rede vir en sleutel tot hul betrokkenheid by renosterbewaring. “Hierdie unieke Suid-Afrikaanse bedreigde veldtipe was die dryfveer om ook wyer na bewaring te kyk en betrokke te raak by die bewaring van renosters wat ook deel uitmaak van SuidAfrika se eiesoortige kultuurerfenis,” sê sy. “Ongelukkig is dit so dat die renoster se voortbestaan op die kontinent van Afrika en in ons land ernstig bedreig word. Linton Park maak gevolglik graag hierdie skenking om die voortbestaan van die renoster te help verseker. Daarmee toon ons ook ons ondersteuning vir die onskatbare werk wat kampvegters soos Dan Fenton en andere in hierdie verband doen,” verduidelik Berenice. Sy het bygevoeg dat die skenking deur die verkope van die landgoed se “Rhino”-wynreeks gedurende die vorige finansiële jaar moontlik gemaak is. “Die publiek het ons ondersteun met die aankope van hierdie wynreeks en ons wil hulle ook bedank vir hul bydrae om die skenking moontlik te maak,” het sy saamgevat.
NUUS • NEWS
28 September 2016
NUUS • NEWS
2
Te voet deur Wellington se strate vir Erfenisdag
Wellington se strate was op Erfenisdag ‘n miernes van bedrywighede – nie net omdat baie mense geskarrel het om iets op die kole te gooi vir Braaidag nie, maar ook omdat talle leerders, onderwysers, ouers en ander rolspelers in die gemeenskap aan ‘n Erfenisdag-staptoer deur ons dorp deelgeneem het. Hierdie toer is deur die ATKV en Ouma Granny huismuseum aangebied. Skole is vooraf uitgenooi om aan die staptoer deel te neem en stappers het voor die wegspring elkeen ‘n boekie met omvattende inligting aangaande al die erfenisterreine in die dorp ontvang. Hulle het ook elkeen ‘n boekie met foto’s en opdragte ten opsigte van hierdie terreine en bakens gekry. Hiervolgens moes hulle elke gebou/gedenkteken in die boekie besoek, die naam daarvan neerskryf en ander opdragte daaromtrent uitvoer. Een van die opdragte het behels dat stappers ‘n skets van die gebou maak of ‘n foto/selfie
daarvan neem. Nadat die stappers in groepe verdeel het, het elke groep onder die leiding van ‘n toergids die staptog deur die dorp aangedurf. Onder die deelnemers was Hugenote Laerskool, Hugo Rust Laerskool, verteenwoordigers van Ouma Granny Huis en die ATKV, Soetendal Primêr, Hillcrest Primêr, Bergrivier Primêr en Sekondêr, sowel as verteenwoordigers van die dorp se museum. Die groepe is met ‘n kaart toegerus en elk moes ag erfenis-punte in die dorp besoek. Hierdie staptoer was slegs die eerste been in die inisiatief om die aandag op die erfenisterreine in ons dorp te vestig. Daar sal later ook addisionele aktiwiteite deur die Museum en Voortrekkers aangebied word. Wanneer deelnemers al die aktiwiteite voltooi het, kan hulle hul voltooide boekies by die Museum inhandig en vir ‘n prys, geborg deur Shatterfix, in aanmerking kom.
28 September 2016
•OFFER MIDDAGETE OP
Biologie-studente skud blik vir bome
Die groep studente wat deel van die inisiatief is, is Nadia Fourie, Andrea Fourie, Chané Erasmus, Charlize Vorster, Charné Carstens en Danielle du Toit. ‘n Groep derdejaar Biologie-studente by CPUT het onlangs begin om tydens middagete geld vir ‘n baie goeie doel in te samel. Hulle het besluit om, as deel van ‘n studie-projek, geld in te samel om akker- en ander bome in Wellington te hervestig. Volgens Charné Carstens, een van die groeplede, moet alle derdejaar Biologie-studente aan ‘n inisiatief deelneem wat tot voordeel van die omgewing en die gemeenskap is. “Ons werk in verskillende groepe en elke groep kan op sy eie fokus besluit. Daar is bv. ‘n groep wat op papierherwinning fokus. Ons het besluit om bome as ons fokuspunt te gebruik,” verduidelik sy. Die groep, bestaande uit ses damestudente, wil graag help met die verfraaiing van die dorp deur nuwe akkerbome hier te vestig.
Hulle visie vir die projek strek egter wyer as dit. “Ons wil ook bome in openbare of agtergeblewe gebiede vestig. Daarby het ons ‘n paar instansies geïdentifiseer aan wie ons graag bome wil skenk,” vertel Charné. Hulle het selfs spesiale T-hemde laat maak, sodat motoriste hulle maklik sal uitken. Die groep studente hoop om met hul positiewe houding en opportunisme die motoriste by die robot onder die Moederkerk te inspireer om geld vir hierdie goeie doel te skenk. “Wellingtonners kan solank hul kleingeld in hul motors gereed hou by die robot,” sê hulle. Hulle sal die gemeenskap op die WOW! Wellington se facebook-blad van hul vordering en van die tye wat hulle by die robot sal staan op hoogte hou.
NUUS • NEWS
3
28 September 2016
•VALIDASIE EN VERIFIKASIE VAN WATER
Wettige gebruik ondersoek Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) is tans besig met die Validasie en Verifikasie (V&V) Projek. Hierdie projek is in Maart in die Berg-Olifants-Waterbestuursgebiede in die Wes-Kaap van stapel gestuur. Dit sluit alle watergebruikers vanaf die Kaapse Skiereiland tot anderkant Loeriesfontein en Bitterfontein in. Verskeie vergaderings is reeds gehou om watergebruikers hiermee behulpsaam te wees. So ‘n vergadering is onder andere op Donderdag 22 September by die Wellington-Oos kerksaal gehou. Volgens Ashia Petersen, waarnemende Hoof-Uitvoerende Beampte van die Berg-Olifants Proto-CMA, is dit ‘n landswye projek om die bestaande wettige watergebruik te bepaal. Sedert die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) geïmplementeer is, is alle watergebruikers versoek om hul watergebruik wat gedurende die twee jaar voor die inwerkingtreding van die Wet gebruik is, te registreer om die DWS by te staan ten einde inligting t.o.v. landswye watergebruik te versamel. Die proses alleen kan egter nie die toekoms van gesonde waterbestuur verseker nie – die registrasie van water is slegs die begin hiervan. DWS is tans besig om te verseker dat watergebruikers se kontakinligting korrek is en dat alle watergebruik wettig is. Onwettige watergebruikers bedreig die billike verdeling en volhoubare bestuur van ons waterbronne. Omdat die registrasie van water nie noodwendig ‘n waarborg is dat die registrasie
aanvanklik korrek gedoen is nie, het die DWS alle watergebruikers in die Berg-Olifants waterbestuursgebied gevra om hul inligting t.o.v. die geregistreerde watergebruik te kontroleer en te laat sertifiseer tydens die verifikasie-proses. Volgens Ashia Petersen bestaan die proses uit twee stappe, nl. die tegniese proses van validering van data rondom die hoeveelheid water wat elke gebruiker voor die inwerkingtreding van die Naionale Waterwet gebruik het en die verifikasie proses om die wettige gebruik daarvan te sertifiseer. Huidige watergebruikers word genooi om verskeie opedagvergaderings by te woon waar die proses deeglik verduidelik word. Watergebruikers het voor die opedagvergaderings
Gimnastiek: Die gimnastiekspan van die Suide wat aan die SA's gaan deelneem is
onlangs bekendgemaak. Vanjaar word dié kompetisie in Wynberg op 1 Oktober aangebied. Van Zyl Steyn, Christie Kotze, Marlene Burger en Alex Stewart van Hugenote Laerskool is in dié span opgeneem.
briewe t.o.v. hul watergebruik ontvang, terwyl briewe met die nodige besonderhede ook by die vergaderings beskikbaar gestel is. Hulle kry ook ‘n geleentheid om aanpassings met motiverings te maak en om formeel aansoek te doen vir die bevestiging van hul watergebruik. Die opedagvergaderings word gehou om die inligting te verfyn en om addisionele inligting van watergebruikers te verkry. Verskeie vergaderings sal nog gedurende die volgende maand gehou word. Inligting is beskikbaar op die webwerf www.VandVms.co.za. Deur die beheer oor die onttrekking, opgaring en stroomvloeiverminderingsaktiwiteite in die gebied te verfyn, hoop die DWS om hierdie belangrike waterbronne volhoubaar te bestuur.
NUUS • NEWS
courant
28 September 2016
dié
4
Om kinders op die hande te dra
Kinders is die toekoms. Die sukses daarvan lê in hulle opgesluit. Elke keer wat die uwe na 'n berig of foto van die Huis Andrew Murray kyk, dan raak my oë wasig van trane wat sommer vanself opwel. Kinders. Ja, ons kinders. Stukkies van ons harte wat daar buite rondloop. Kinders wat nie gevra het om in hierdie lewe te wees nie, kinders wat net 'n bietjie liefde wil hê, wat net gekoester wil word en veilig wil voel. Hoe kan jy jou rug op hulle draai? Hoe kan jy wegloop van hierdie lyfies, sonder om diep aangeraak te wees? Die bestuur en ondersteuners van hierdie instelling doen werklik meer as waartoe hulle in staat is. Hulle versit berge. Hulle doen met passie. Hulle dien hierdie kinders. Wat gaan dit van jou neem om net 'n bietjie ook hand uit te steek en te help. Om 'n glimlag op 'n kind se gesiggie te sien, laat al jou bekommernisse sommer soos mis voor die son verdwyn. Dit verbly jou hart en gee jou 'n warm gevoel, hier in jou bors. So, welgedaan aan elke ondersteuner van HAM. Ons salueer julle vir die werk wat julle daagliks doen en die onbaatsugtige diens wat julle lewer. Welgedaan.
It’s Good News
•GEMEENSKAP STAAN SAAM
Nuwe vlag vir Bergrivier Primêr trots gehys
Links: Sinthie Swarts (skoolhoof), Selwyn Williams (ATKV), Tharina Schweidler (ATKV), Herman en Carol Bailey (Vahnenfleck SA). Bergrivier Primêr spog sedert Woensdag 21 September vir die eerste keer met hul eie vlag. Dit is te danke aan die inisiatief van die ATKV en die samewerking van die privaatsektor en individue in die gemeenskap. Volgens Tharina Schweidler van die Wellington ATKV-tak het die inisiatief ontstaan toe hul Bergrivier Primêr na die Erfenis-stap op Erfenisdag genooi het. “Die idee was dat elke skool met sy skoolvlag die staptog deur die dorp sal meemaak. Ons het agtergekom dat Bergrivier Primêr glad nie hul eie vlag het nie en dadelik begin planne maak om hulle daarmee te help,” sê sy. Dit was nie vir die ATKV nodig om ver te soek vir hulp met hierdie goeie inisiatief nie. Herman Bailey, voormalige burgemeester, aktiewe gemeenskapslid en 17 jaar al ‘n nasionale direkteur van die ATKV, het aangebied dat sy onderneming “Vahnenfleck SA” die vlag sal vervaardig en skenk. Volgens Bailey was dit ‘n voor-die-hand-liggende gebaar. “Ek het ‘n baie nou en jarelange verbintenis met Bergrivier
Primêr en die skool en plaasgemeenskap lê my baie na aan die hart,” sê hy. “My pa was in die sestigerjare ‘n ouderling in die wyk waarin die skool geleë is en hy het via die kerkraad van die VGK-kerk met die Onderwysdepartement onderhandel om ‘n skool hier te vestig,” vertel Bailey. Danksy hierdie onderhandelinge het die skool in 1962 tot stand gekom met Deon Adams as eerste hoof. Die gebou waarin die skool gehuisves word is na die boer wat die grond vir hiervoor geskenk het, vernoem en dit heet vandag nog die “Francois Malan”-saal. “Malan het destyds die grond geskenk met die voorwaarde dat dit vir ‘n kerk en ‘n skool gebruik sal word,” sê Bailey. “Dit is wonderlik dat dit vandag nog steeds hierdie doel dien.” Daar is deesdae ook ‘n biblioteek op die terrein en daar word gereeld filmvertonings en konserte in die gebou gehou. “Hierdie is ‘n baken in die plaasgemeenskap en hulle verdien voorwaar ‘n vlag. Daarom het ons nie gehuiwer om vir hulle een te laat maak nie,” sê Bailey.
Dr Marc Blackwell Snr
Did you know that God knows you?
Exodus 33:17-23 “So the LORD said to Moses, ‘I will also do this thing that you have spoken; for you have found grace in My sight, and I know you by name.’ And he said, ‘Please, show me Your glory.’ The glory of God involves the unique and amazing excellence of all that He is! Isaiah explained that God is: “the High and Lofty One Who inhabits eternity, whose name is Holy.” Jeremiah: “Inasmuch as there is none like You, O LORD (You are great, and Your name is great in might), who would not fear You, O King of the nations? For this is Your rightful due. For among all the wise men of the nations, and in all their kingdoms, there is none like You….” Nehemiah “Blessed be Your glorious name, Which is exalted above all blessing and praise! You alone are the LORD; You have made heaven, The heaven of heavens, with all their host, the earth and everything on it, the seas and all that is in them, and You preserve them all. The host of heaven worships You.” Worship the Lord, He is near and listens to your every prayer! If you do not know Him personally - he still knows you! Call upon the Lord and ask for His salvation, forgiveness and blessing. He hears and cares - for YOU!
Wellington Wines:
Die kelder het hul personeel vereer en gelukgewens vir die bydrae wat hulle lewer in die maak van hul wyne – veral die W-reeks, waar die Pinotage, Cabernet Sauvignon, Chenin Blanc, Sauvignon Blanc en Chardonnay goue toekennings by die Vitus Vinefera-kompetisie ontvang het. Hiermee bring hulle hulde aan die werkers wat hierdie pryse moontlik gemaak het.
NUUS • NEWS
5
28 September 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WEEKEND SAVINGS 13% OFF 15% OFF
PnP Half Lamb
R
County Fair Fresh Chicken Braaipack 5s or 10s or Chicken Party Braaipack
79
R
Per kg
BUY 3 FOR
30% OFF
Rama Original Margarine 500g Brick
Dairymaid Country Fresh Ice Cream Assorted 1.5/1.8 Litre
R
49
R
70
39
R
15% OFF
30% OFF Rhodes Baked Beans in Tomato Sauce 410g Each
no name Parboiled Rice 2kg
R
R
6
90
Blue Ribbon Toaster White Bread 700g Each
TM
Per kg
34% OFF
BUY ANY 2 FOR R
38
90
no name Frozen Chicken Braaipack 2kg
TM
16
90
11
30
PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES Get 300 Points
25% OFF
30% OFF Bokomo Weet-Bix 1.35kg Family Pack
R
47
50
Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each
R
14
90
22% OFF
24% OFF
BUY ANY 2 FOR
30% OFF
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre
Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre Each
R
R
25
26
90
90
18% OFF
R
30% OFF Pampers Disposable Nappy Pants Jumbo Pack Assorted Per Pack
R
129
Gordon’s London Dry Gin 750ml
177
R
Castle Lite Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case
90
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
R
42
90
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
PRICES VALID 29 SEPTEMBER - 2 OCTOBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
SAVE R30
R
Get Double Points
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
MMWCHS327
41 184 90
21% OFF
22% OFF Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
R
Sunlight or Surf Auto Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Assorted Each
NUUS • NEWS
6
28 September 2016
Lente in styl by HAM gevier
Links: Regardo Scholtz (HAM se bestuurder), Karen Petersen (HAM: bemarking), Heinrich Gabler (Mnr. SA-finalis en oud-inwoner van HAM), Karen Stemmet (spreker), Roger Adams (seremoniemeester) en Johan Duraan (spreker). Huis Andrew Murray (HAM) het op Saterdag 24 September ‘n heerlike Lentetee by die Pearl Mountain funksielokaal aangebied. Vroue van regoor die Wes-Kaap het rondom keurig gedekte tafels gekuier en sodoende gehelp om die fondse van die Kinderhuis te versterk. Volgens Karen Petersen, HAM se bemarkingsbestuurder, is die Lentetee ‘n jaarlikse instelling en ‘n hoogtepunt op hul kalender. “Dit is regtig elke jaar ‘n oggend van lekker saamkuier, liefde, lag en verryking – en dit alles vir die gemeenskaplike doel van die opheffing van ons kinders. Dit is ‘n groot seën en ons is so dankbaar vir die goeie ondersteuning uit die gemeenskap,” sê sy. Gaste kon met hul aankoms die ongelooflike uitsig vanaf die Pearl Mountain funksielokaal geniet of inkopies doen by die interessante stalletjies op die stoep. Die verrykende program het met ‘n inspirerende praatjie deur Karen Stemmet afgeskop. Sy het die gaste, d.m.v. verwysings na die eienskappe van ‘n pynappel, gemotiveer om hulself tot wasdom te laat kom. Johan Duraan, ‘n passievolle besigheidsafrigter wat besighede help om hul doelwitte in aksieplanne om te skakel, het oor die krag van eenheid gepraat. Hy was voorheen by die Marikana-myn betrokke en het sy ondervinding daar, asook hul gesin se ervaring om as surrogaat vir ‘n familielid op te tree, as voorbeelde en uitgangspunt vir sy visie van eenheid gebruik.
Rugby:
Matthew Levens van Hugenote Laerskool het Bolandkleure in rugby vir die o.12-ouderdomsgroep verwerf.
“Die krag van eenheid lê daarin dat ons moet hande vat en saamstaan. As die regering, kerke, besighede en organisasies almal begin saamwerk en as individue begin inskakel by plekke waar hulle ‘n verskil kan maak, kan ons die nood rondom ons begin verlig,” het hy gesê. Hy is ook betrokke by die “Valley of abundance” projek. “Die legkaartstukke vir die groter, beter prentjie lê oral om ons in die vallei rond – ons moet dit net bymekaar begin voeg,” het hy beklemtoon. Saam met die heerlike eetgoed en gesellige geselskap is die gaste met ‘n DVD-vertoning van ‘n insetsel wat self deur die kinders in HAM gemaak is, vermaak. Die kinders van HAM se Sprokiesland Kleuterskool het ook ‘n item gelewer en die matrieks en sportuitblinkers is vereer. Die ruimhartige skenkings van tientalle donateurs het ‘n hele rits gelukkige trekkings moontlik gemaak en die mnr. SA-finalis Heinrich Gabler (‘n oud-inwoner van HAM) het ‘n verrassingsverskyning gemaak. In haar bedankingstoespraak het Karen Petersen hulde gebring al elke donateur en gas wat die Kinderhuis ondersteun. Gaste het spontaan sakke vol toiletbenodigdhede vir die kinders saamgebring. “Dit is die onbaatsugtige vrygewigheid van elke mens daar buite wat help dat HAM hoop in kinders se lewe kan bring. Daar ís krag in eenheid – as ons saamstaan, kan ons ‘n verskil maak Ruben Joubert en Jacobus Smit van Hugenote Laeren nood verlig,” het sy afgesluit. skool het Boland Sentraal vir tennis gekry.
Tennis:
NUUS • NEWS
7
28 September 2016
Dagboek • Calender
Wellington Vereniging van Bejaardes Algemene Jaarvergadering by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) op 8 September 2016 om 10h30 Navrae : Mev H Fredericks - 0747068386 Darling Wild Flower Show 16 tot 18 September - Darling Gholf Club Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Yzerfontein Sport Recreation Club 1 October - October Fest. From 11:00 until late. Free entrance, family fun and jumping castle for kids Enquiries : 022 451 2819 Robertson Wine Valley 14 - 16 October - Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (Saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free enterance. Tickets at the gate Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com Rendezvous Werfmark 25 November vanaf 9 vm tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker kersinkope, speelgoed Bridge House Mile 12 January 2017 at Val de Vie Estate Contact : Martine Bauer 083 263 6997 / Martine.mediavine@gmail.com or Michelle Tricky T 071 869 0628 / michelle@trickyt.co.za
Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za.
Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat,
Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Geklassifiseerd • Smalls Gelukwensing Congrats
YOLENE SEPTEMBER - 40 op 29 September "and still FABULOUS". Baie geluk my vrou met jou verjaardag. Ons is oneindig baie lief vir jou. Lekker verjaar. Liefde: Allistair en kinders #2829 ---------------------------------27 September 2016 - Tweede Huweliksherdenking. Curt en Eldeen Green. Baie geluk met twee jaar van getroude lewe. Alle vreugde, vrede en voorspoed. Van: Abrahams familie #2826 ---------------------------------27 September 2016 'n Dubbele verjaarsdag viering Charles & Eldeen. Baie geluk pa en dogter. Ons deel in jul vreugde want julle is baie spesiaal. Van: Abrahams familie #2827 ---------------------------------27ste van die Negende maand - CHARLES ABRAHAMS - baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën met goeie gesondheid, krag, genade en sterkte. Die wat op die Here wag, kry nuwe krag. Van jou skoonsus: Tannie Fien #2828 --------------------------------RAAI WIE WORD TWEE OP 2 Oktober 2016 MICHELLE MANUEL Geluk Nanna se liefde met jou verjaarsdag. Dankie vir die vreugde en liefde in ons lewe. Mwa. Van: Nanna (Chantelle) en André #2830 Veels geluk SHERNIEL
met jou negende verjaarsdag op Vrydag, 30 September. Mag jy altyd die lieflike dogtertjie bly. Met baie liefde van jou Ma, mamma Yolene, Pa, Erin en Amy #2834 --------------------------------Geluk Mimi met jou verjaarsdag. Lekker verjaar. Van: Ouma, Oupa, Ma, Pa en Rubern #2831 --------------------------------Geluk met Pa se verjaardag, mag die dag met seëninge besaai word. Mag die gesondheid met Pa wees. Gods rykste seën op Pa se lewe van Alexander #2841 ---------------------------------Geluk Dessie met jou verjaardag. Mag die Here jou seën en 'n gelukkige dag gee soos jy dit wil hê. Ons tyd op aarde is min, maar dankie dat ons dit nog met jou kan deel met Liefde van Poppie en Juhayden #2842 --------------------------------Happy Birthday uncle Desmond. Hope your day is as special as you want it to be. Have a blessed day today 26/09/16. From: Ashwin, Kiara, Ischke and Jenevia #2843
Geklassifiseerd • Smalls --------------------------------ADELLAIDE APRIL Baie geluk Tikeling met jou geboortedag op 27 September 2016. Mag God jou nog vele jare spaar. Ons hoop jy geniet jou dag. Baie liefde: Ma, Donavan, Stasha, Adonise en Boys. #2855 --------------------------------Baie, baie geluk Adellaide met jou verjaarsdag. Ons hoop dit is 'n geseënde dag en ons hoop vir jou alle voorspoed vorentoe. Jou broers : Hein-Gotties, Boetie, Pan en Oubie #2856 Baie geluk Tikeling met jou verjaarsdag op 27 September. "Just enjoy itLove you lots. Klaas, Nina en Mad-Buddies #2857 Memorium In Memoriam MARTHINUS SAUL 12/01/1938 – 27/09/2012. Dinsdag was dit jou vierde jaar
weg van ons. Liefdevolle herinneringe sal ons altyd bybly. Van: Jane, kinders en kleinkinders #2859 ---------------------------------ABRAHAM (ABE) GOLIATH - Op 30 September is dit jou sewende jaar weg van ons, maar Jesus het anders besluit. Ons mis jou nog baie. Af en toe val daar nog 'n traan. Jy sal altyd in ons harte voortleef. Van jou verlangende vrou, drie kinders, twee kleinkinders en twee skoondogters #2858 ---------------------------------Pieter Smith (Boetie Boel) Op 27 September is jy al nege jaar weg van ons. Ek berus my in die mooi herinneringe wat jy vir ons nagelaat het. Ek mis jou elke dag my man. Van jou vrou Kelly #2860 ----------------------------------
courant SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
28 September 2016
28 September 2016
Tradisie herleef met jukskei Jukskei is een van Suid-Afrika se min inheemse sportsoorte. Daarom was dit heel gepas dat hierdie unieke sportsoort ‘n groot toernooi op Erfenisdag aangebied het. Jukskei-spelers en -spanne vanoor die hele Kaapse Wynland-distrik het aan ‘n skole-ligatoernooi op Wellington se jukskeibane deelgeneem. Verskeie hoër- en laerskoolspelers het aan die wedstryde deelgeneem en keuring vir die provinsiale span wat binnekort in Kroonstad gaan deelneem, het ook by hierdie toernooi plaasgevind. Regs is Fanchelle Behm, AJ Nel en Kyle Vorster Agter: Leeaden April, Deeolen April, Eben Bredenkamp, Dylan van Vuuren en Herman Nel.
JC trap vir fondse JC Muller het onlangs aan die “Karoo 2 Coast” fietswedren deelgeneem en daarmee fondse vir Huis Andrew Murray (HAM) ingesamel. Hy het deur middel van borgskappe ‘n netwerk van skenkers verenig in sy poging om geld vir hierdie waardige saak in te samel.Met hierdie manhaftige poging het JC daarin geslaag om ongeveer R20 000 ten bate van HAM bymekaar te maak. Volgens HAM se bemarker, Karen Petersen, is inisiatiewe soos hierdie by ‘n instansie wat van gebrekkige staatsubsidies afhanklik is, onontbeerlik.
Hugenote:
Dié leerders van die Hugenote Laerskool het die afgelope tyd in hul onderskeie sportsoorte presteer: Stephan Zybrands (links) het aan die SACC KB400 in die 65cc bikes wedrenne by Spanjaard-plaas deelgeneem. Op 27 Augustus het hy ‘n tweede en op 28 Augustus het hy ‘n derde plek behaal. Anje Grobbelaar (regs) het aan die WP Kampioenskappe vir Artistiese Gimnastiek deelgeneem. Sy het gekwalifiseer vir haar Wes Kaap Provinsiale-kleure en is opgeneem in die WP-span wat by die SA-kampioenskappe gaan deelneem tydens die Oktober-vakansie. Sy het ook ‘n algehele tweede plek verower in haar afdeling Class 2 vir dogters 10-11 jaar in die Wes-Kaap. Sy wen ook die volgende medaljes: Algehele silwer vir haar afdeling. Goud in spronge, silwer in vloer, brons in brug en brons in balk.