Die courant wellington 24 aug 2016 384

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 384

24 Augustus 2016

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Koorfinaliste: Hugenote Laerskool se juniorkoor is aangewys as Wes-Kaap-finaliste in die "Sing in Harmonie" koor-kompetisie. Bo is die koor saam met koorleidster, Leana Engelbrecht.

• REFENTSE MORAKE, MR CAT EN VELE MEER

Tuin bars uit sy nate • Jaomi Zeeman

Die jaarlikse “Tuin van Digters” wat by die Breytenbachsentrum op Wellington aangebied word, beloof om hierdie jaar ‘n hoogtepunt op die kulturele kalender te wees. 2016 se Tuin van Digters sal van 16 tot 18 September op die terrein van die Breytenbachsentrum, maar ook by ‘n paar ander lokale plaasvind. Volgens Theo Kemp, uitvoerende bestuurder van die Breytenbachsentrum en organiseerder van die geleentheid, is dit hierdie jaar die vyfde keer dat hulle hierdie fees aanbied. “Die eerste Digterstuin is in 2012 gehou. Ons het in 2011 besluit om die klein parkeerterrein langs die sentrum in ‘n Digterstuin te omskep. Om hierdie inisiatief in te wy, het ons ‘n paar items gereël waarmee ons digkuns wou vier,” sê hy. “Met ons eerste Tuin van Digters het ons maar so ag items of produksies gehad. Nou kan ons beswaarlik alles binne drie dae inpas. Dit is wonderlik hoe die hele idee ‘n lewe van sy eie gekry en gegroei het,” vertel hy verder. Hierdie geleentheid het inderdaad tot ‘n gerekende gebeurtenis in literatuur-kringe en onder woord- en taalliefhebbers gegroei. Tog het dit die essensie behou van wat die oorspronklike doel daarmee was, nl. om digkuns toeganklik en inklusief te maak en na die mense toe te bring. “Dit is regtig nie ‘n akademiese affêre waar slegs ‘n handjievol mense sal verstaan wat gebeur of die vertonings en gesprekke sal verstaan nie,” sê Theo.

“Die hele program is só aanmekaar gesit dat jy maar kan afdwaal – jy kan in die tuin gaan sit, in die sentrum na die kunsuitstallings gaan kyk, die mooi omgewing gaan verken of net lekker met ‘n koffie of ‘n glas wyn sit en kuier en die mense dophou.” Die 2016 Tuin van Digters gaan gewis die kroon span op die lang pad wat hierdie geleentheid reeds geloop het. In die verlede het die fees aanvanklik eers oor een en later oor twee dae geskied. Hierdie jaar begin die fees reeds die Vrydag en eindig eers die Sondagaand met ‘n klassieke musiekvertoning in die Goodnow-saal. Volgens Theo is dit nie net die lengte van die fees wat gegroei het nie – die verskeidenheid produksies en kunsvorme wat gaste kan geniet, is ook aansienlik meer as in die verlede. “Ons het nog altyd probeer om kontraste te skep. Op dieselfde verhoog waar Jitsvinger sy rymklets gaan doen, sal Johan de Lange ook ernstiger gedigte voorlees. "Daar is van die mooiste liefdesgedigte tot onthutsende items met kommentaar oor politiek en sosiale kwessies. Daar broei elke jaar die wonderlikste idees hier uit wat regoor die land ge-eggo word,” vertel Theo. Die aanbod van visuele kuns wat tydens die Tuin van Digters ten toon gestel gaan word, sal enige kunsliefhebber se belangstelling prikkel. Daar is ook ‘n tentoonstelling van die nuwe “Filmverse 2”, ‘n digkuns-animasieprojek wat deur die ATKV ondersteun word. ‘n Beeldhouwerk van Nanette Ranger waarin sy Breyten Breytenbach se gedig “16 September” uitbeeld, word vir die eerste keer in die Tuin van Digters

onthul en daar is ook ‘n groepuitstalling van gerekende kunstenaars. Hierdie jaar se gespreksreeks, in samewerking met die US Departement Afrikaans en Nederlands, beloof om baie interessant te wees. Bekende digters en skrywers soos o.a. Marlene van Niekerk, Willem Anker, Danie Marais, Diana Ferrus, Daniel Hugo, Alfred Schaffer, Bibi Slippers en Andries Bezuidenhout gaan aan ‘n verskeidenheid gesprekke rondom die digkuns deelneem. Die Nederlandse kunstenaar, liedjieskrywer en akteur, Akwasi, gaan Nederlandse rymkletse laat opklink en die Vlaamse digter en bekvegter, Martijn Nelen, gaan die gehoor met sy gedigte meevoer. Feesgangers kan verder uitsien na “In die omtes van die hart” met Jana Cilliers en “Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte” met Waldi Schultz en Ira Blanckenberg - beide US Woordfees-produksies. Daar is ook musiekvertonings deur o.a. Refentse Morake, Mr Cat & the Jackal, Leslie Javan en Lynelle Kenned, asook ‘n rymkletsvertoning deur Hakkiesdraad Hartman. “Bo en behalwe die onweerstaanbare program, het ons hierdie jaar ook ‘n program waar die kinders speel-speel met voorlesings en ander pret-aktiwiteite vermaak gaan word,” vertel Theo. “Die heerlike kosstalletjies en die boekverkope sal soos gewoonlik ook ‘n groot trekpleister wees,” sê hy. “Ons het ook hierdie jaar ‘n hutsmerk vir al die mense wat op sosiale media doenig is, #digkunsviralmal.” Vir besprekings en meer inligting, kontak Jeanne-Mari Gerber by besprekings@breytenbachsentrum.co.za of 021-873 2786.

NUUS • NEWS

24 Augustus 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.