courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 384
24 Augustus 2016
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Koorfinaliste: Hugenote Laerskool se juniorkoor is aangewys as Wes-Kaap-finaliste in die "Sing in Harmonie" koor-kompetisie. Bo is die koor saam met koorleidster, Leana Engelbrecht.
• REFENTSE MORAKE, MR CAT EN VELE MEER
Tuin bars uit sy nate • Jaomi Zeeman
Die jaarlikse “Tuin van Digters” wat by die Breytenbachsentrum op Wellington aangebied word, beloof om hierdie jaar ‘n hoogtepunt op die kulturele kalender te wees. 2016 se Tuin van Digters sal van 16 tot 18 September op die terrein van die Breytenbachsentrum, maar ook by ‘n paar ander lokale plaasvind. Volgens Theo Kemp, uitvoerende bestuurder van die Breytenbachsentrum en organiseerder van die geleentheid, is dit hierdie jaar die vyfde keer dat hulle hierdie fees aanbied. “Die eerste Digterstuin is in 2012 gehou. Ons het in 2011 besluit om die klein parkeerterrein langs die sentrum in ‘n Digterstuin te omskep. Om hierdie inisiatief in te wy, het ons ‘n paar items gereël waarmee ons digkuns wou vier,” sê hy. “Met ons eerste Tuin van Digters het ons maar so ag items of produksies gehad. Nou kan ons beswaarlik alles binne drie dae inpas. Dit is wonderlik hoe die hele idee ‘n lewe van sy eie gekry en gegroei het,” vertel hy verder. Hierdie geleentheid het inderdaad tot ‘n gerekende gebeurtenis in literatuur-kringe en onder woord- en taalliefhebbers gegroei. Tog het dit die essensie behou van wat die oorspronklike doel daarmee was, nl. om digkuns toeganklik en inklusief te maak en na die mense toe te bring. “Dit is regtig nie ‘n akademiese affêre waar slegs ‘n handjievol mense sal verstaan wat gebeur of die vertonings en gesprekke sal verstaan nie,” sê Theo.
“Die hele program is só aanmekaar gesit dat jy maar kan afdwaal – jy kan in die tuin gaan sit, in die sentrum na die kunsuitstallings gaan kyk, die mooi omgewing gaan verken of net lekker met ‘n koffie of ‘n glas wyn sit en kuier en die mense dophou.” Die 2016 Tuin van Digters gaan gewis die kroon span op die lang pad wat hierdie geleentheid reeds geloop het. In die verlede het die fees aanvanklik eers oor een en later oor twee dae geskied. Hierdie jaar begin die fees reeds die Vrydag en eindig eers die Sondagaand met ‘n klassieke musiekvertoning in die Goodnow-saal. Volgens Theo is dit nie net die lengte van die fees wat gegroei het nie – die verskeidenheid produksies en kunsvorme wat gaste kan geniet, is ook aansienlik meer as in die verlede. “Ons het nog altyd probeer om kontraste te skep. Op dieselfde verhoog waar Jitsvinger sy rymklets gaan doen, sal Johan de Lange ook ernstiger gedigte voorlees. "Daar is van die mooiste liefdesgedigte tot onthutsende items met kommentaar oor politiek en sosiale kwessies. Daar broei elke jaar die wonderlikste idees hier uit wat regoor die land ge-eggo word,” vertel Theo. Die aanbod van visuele kuns wat tydens die Tuin van Digters ten toon gestel gaan word, sal enige kunsliefhebber se belangstelling prikkel. Daar is ook ‘n tentoonstelling van die nuwe “Filmverse 2”, ‘n digkuns-animasieprojek wat deur die ATKV ondersteun word. ‘n Beeldhouwerk van Nanette Ranger waarin sy Breyten Breytenbach se gedig “16 September” uitbeeld, word vir die eerste keer in die Tuin van Digters
onthul en daar is ook ‘n groepuitstalling van gerekende kunstenaars. Hierdie jaar se gespreksreeks, in samewerking met die US Departement Afrikaans en Nederlands, beloof om baie interessant te wees. Bekende digters en skrywers soos o.a. Marlene van Niekerk, Willem Anker, Danie Marais, Diana Ferrus, Daniel Hugo, Alfred Schaffer, Bibi Slippers en Andries Bezuidenhout gaan aan ‘n verskeidenheid gesprekke rondom die digkuns deelneem. Die Nederlandse kunstenaar, liedjieskrywer en akteur, Akwasi, gaan Nederlandse rymkletse laat opklink en die Vlaamse digter en bekvegter, Martijn Nelen, gaan die gehoor met sy gedigte meevoer. Feesgangers kan verder uitsien na “In die omtes van die hart” met Jana Cilliers en “Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte” met Waldi Schultz en Ira Blanckenberg - beide US Woordfees-produksies. Daar is ook musiekvertonings deur o.a. Refentse Morake, Mr Cat & the Jackal, Leslie Javan en Lynelle Kenned, asook ‘n rymkletsvertoning deur Hakkiesdraad Hartman. “Bo en behalwe die onweerstaanbare program, het ons hierdie jaar ook ‘n program waar die kinders speel-speel met voorlesings en ander pret-aktiwiteite vermaak gaan word,” vertel Theo. “Die heerlike kosstalletjies en die boekverkope sal soos gewoonlik ook ‘n groot trekpleister wees,” sê hy. “Ons het ook hierdie jaar ‘n hutsmerk vir al die mense wat op sosiale media doenig is, #digkunsviralmal.” Vir besprekings en meer inligting, kontak Jeanne-Mari Gerber by besprekings@breytenbachsentrum.co.za of 021-873 2786.
NUUS • NEWS
24 Augustus 2016
NUUS • NEWS
2
24 Augustus 2016
• HUGENOTE VIND OOK BAAT
Christo wen groot met klein items
Stap:
Hugo Rust se Graad 7-leerders het onlangs ‘n heerlike staptog in Bainskloof aangepak en asemrowende natuurtonele beleef.
Bambi:
Bambi Pre-primêr het ‘n heerlike aktiwiteitsoggend gehou waar alle speelgroepe en ander voorskoolse instansies op die dorp genooi is om deel te neem. Die kinders kon aan verskillende sportaktiwiteite deelneem en daar is spelenderwys op vaardigheidsontwikkeling gefokus. Almal het groot pret gehad.
Kinders - en ouers - van alle ouderdomme het fanaties deelgeneem aan Checkers se onlangse “Little Shop” inisiatief. Dit was egter nie net pret om al die oulike klein inkopie-items te versamel nie, dit kon ook baie lonend wees. Checkers het R10 000 aan die eerste leerder van elke plaaslike skool wat die volledige versameling kon bymekaarmaak, beloof. Hiermee saam kon hierdie leerder se skool ook R10 000 kry. Christo Muller, ‘n leerder van Hugenote Laerskool, was die gelukkige wenner wat vir homself én sy skool R10 000 met sy volledige versameling “Little Shop” items verdien het. Volgens hom gaan hy die geld spaar en miskien “krieketgoed” daarmee koop. Hy wil baie graag hê dat sy skoolhoof, Henry Schemper, leesboeke met die R10 000 wat die skool ontvang het, sal koop. “Ek is baie lief vir lees en ek wil graag hê die skool moet nog sommer baie leesboeke kry,” sê Christo. Volgens Schemper sal dit vir die skool ‘n plesier wees om Christo se wens uit te voer. “Lees is onontbeerlik vir kinders. Ons gaan definitief leesboeke koop van die geld. Dit is wonderlik dat Christo so iets vir die skool wil hê,” sê hy. Wat hierdie meevaller nog meer uitsonderlik maak, is die feit dat Christo se ouer suster,
Dané, óók R10 000 vir haarself en haar skool, La Rochelle, met hierdie inisiatief gewen het. Volgens hierdie twee se ma, Michelle, was dit ‘n absolute spanpoging om die volledige versameling items vir beide kinders in die hande te kry. “Die hele familie en almal by die werk het ewe hard gesoek na al die klein items,” lag sy.
NUUS • NEWS
3
24 Augustus 2016
• VOORAAND VAN 60STE JAAR
Nuwe handelsmerk vir CLF gestig Die Christelike Lektuurfonds (CLF) het op 10 Augustus op luisterryke wyse sy nuwe handelsmerk in Wellington bekendgestel. Hierdie instelling het op die vooraand van sy 60ste verjaardag in 2017 ‘n splinternuwe, moderne baadjie aangetrek om tred te hou met die tyd. Die CLF se perseel in De Pontstraat is vir hierdie geleentheid op ‘n kreatiewe wyse in ‘n pragtige onthaalarea en funksielokaal omskep. Gaste is gesellig ontvang en deur ‘n sag beligte “doolhof” van Christelike lektuur deur die stoor na die keurige onthaalarea gelei. Onder die uitgelese gehoor en gaste was verskeie kerkleiers, donateurs, skrywers, kollegas en selfs stigterslede van die CLF. Ds Japie du Plessis, een van die oorspronklike stigterslede van die CLF, was ‘n spesiale eregas en die huidige voorsitter, ds. Willem Botha, het as spreker opgetree. Die aktrise en verhoogpersoonlikheid Vinette Ebrahim het as seremoniemeester opgetree en Heinz Winckler het die gehoor met van sy nuwe
liedjies wat eersdaags op sy eerste geestelike CD sal verskyn, vermaak.
Die Drakenstein Waarnemende Munisipale Bestuurder, Jacques Carstens, het in ‘n verklaring gesê dat inwoners van die munisipaliteit daarop moet let dat warmwatersilinders weer vanaf 1 September daagliks op sekere tye afgeskakel sal word. “Met die temperature wat weer begin styg, verander verbruikers se elektrisiteitspatrone. Daarom pas ESKOM weer die tye aan wanneer warmwatersilinders (geysers), wat deel is van die Energie Aanvraag Projek, afgeskakel gaan word,” sê Carstens. Volgens hom verander die tydgleuf vanaf 1 September 2016 van winter- na somertye. Warmwatersilinders sal dan afgeskakel word van 18:00 tot 20:00 daagliks. Hierdie tydgleuf sal
geldig wees tot die einde van Mei 2017. Daarna sal die tydgleuf weer terugskuif na 17:00 tot 19:00 vir die winter. As deel van die Energie Aanvraag Projek, het die Munisipaliteit tydtoestelle geïnstalleer regoor Drakenstein. Gedurende die tydgleuf wanneer die elektrisiteitsaanvraag hoog is, skakel die tydtoestel die warmwatersilinder af om die druk op die elektrisiteitsnetwerk te verlig. Inwoners word aan die verandering herinner en word versoek om hul gebruik dienooreenkomstig aan te pas. Alhoewel ESKOM geen beurtkrag voorspel nie, is dit belangrik dat elektrisiteit spaarsamig gebruik word om onnodige druk op die netwerk te voorkom.
Volgens ds. Botha het die CLF, wat in 1957 in Bloemfontein gestig is, se doelwit deur al die jare nog dieselfde gebly, nl. om Christelike literatuur deur Suid-Afrika en Afrika in verskillende tale te versprei. “Daar is groot helde in die geskiedenis van die CLF. Ons staan op stewige fondamente weens die goeie werk wat hulle tot stand gebring het. Hierdie is ‘n huldeblyk aan die mense wat ons tot hier gebring het,” het ds. Botha gesê. Hy het ook verduidelik dat die CLF in die nuwe digitale era steeds relevant bly deurdat hulle hul nou ook op elektroniese media, digitale toepassings en ‘n nuwe webtuiste toespits. André Pentz van Pentz Gillespie International het die nuwe embleem van die CLF se handelsmerk aan die uitvoerende beampte, Charmaine Stofberg, oorhandig. Hiermee lui hulle ‘n nuwe era, waarin hulle hoop om op hul vorige welslae te bou, in.
Nuwe tye vir watersilinders
Wildsfees op Wellington Dit het nou al ‘n jaarlikse instelling geword dat daar ‘n baie suksesvolle Wildsfees in Wellington gehou word. Hierdie inisiatief van die Wellington-Oos Gemeente sal hierdie jaar vir die vyfde keer op 26 en 27 Augustus op hul kerkgronde plaasvind. Hulle span saam met Middelburg in die Karoo om wildsvleis in alle vorme aan die mense van die Boland te bied.
Die fees skop die Vrydagaand vanaf 17:00 met die verkoop van wildsprodukte, kosstalletjies en optredes deur gaskunstenaars af. Dit word die volgende oggend voortgesit met die toevoeging van heerlike eetgoed, vermaak vir die kinders, wildspotte en afval en optredes deur “Tannie Poppie” en “Sylvester van die Karoo”. Vir enige navrae, kontak Danie Theart by 084 517 2610.
Op Donderdag 18 Augustus het die Breytenbachsentrum en die Wellington Museum saamgespan om die bejaardes van die Wellington Bejaardesorg Sentrum te bederf. Volgens Jean Le Cordeur, voorsitter van die Sentrum, probeer hulle om die bejaardes wat by die Kroneberg-saal se sentrum bedien word, elke maand met ‘n uitstappie te bederf. “Ons wil regtig probeer om die bejaardes sosiaal aktief te hou en hulle te stimuleer met ‘n maandelikse aktiwiteit of uitstappie,” sê hy. “Ons sal dit egter
nie sonder die ondersteuning van die gemeenskap kan regkry nie. Ons aktiwiteite is gewoonlik plaaslik en dis wonderlik hoe die gemeenskap só betrokke raak by bejaardesorg.” Die Breytenbachsentrum het hul perseel beskikbaar gestel vir ‘n heerlike fliek-geleentheid. “Die oumense het ‘Vir Altyd’ vreeslik geniet,” sê Olivia Ockhuis van die sentrum. Hierna kon hulle heerlike eetgoed wat deur die Museum geborg en verskaf is in die sentrum se tuin geniet.
Bederfie vir bejaardes
NUUS • NEWS
4
dié
courant Kultuursentrum van die
Nuwe digbundel sien die lig
Op Saterdag 20 Augustus het ‘n hele klomp woordliefhebbers by Café Friendship in Wellington bymekaargekom om die vrystelling van ‘n nuwe digbundel te vier. Gaireyah Fredericks het haar nuwe bundel, “Kaaps is Hollands”, by hierdie geleentheid bekendgestel. Die geleentheid het onder die vaandel van “Vriendskap in Ink” geskied en daar is talle voorlesings gedoen en saamgekuier. Mense kon luister na voorlesings deur Gaireyah uit haar nuwe bundel, asook na voorlesings deur onder andere Adriaan W. Williams en Fiona Fertyn uit hul onderskeie digbundels. Die hoogtepunt was ook ‘n voorlesing deur die bekende digter Diana Ferrus. Gaireyah se nuwe bundel is in Kaapse Afrikaans geskryf en word saam met ‘n CD waarop voorlesings van die gedigte is, uitgegee. Sy is deel van die “Mengelmoesdigters” onder mentorskap van Diana Ferrus by die Breytenbach-sentrum. Hierdie groep digters vertrek eersdaags op uitnodiging na Johannesburg om by die “Book Fair” op te tree.
Boland
Kyk, dit is nou maar 'n groot waarheid dat Wellington 'n kultuursentrum van die Boland is. Hier is volop musiek, digkuns, skrywers, kunstenaars en soveel meer. 'n Kreatiewe dorp in murg en been. Dit word net weer bevestig met die komende "Tuin van Digters". Hier sal weer bewys word dat die pen beslis magtiger as die swaard is. Woorde is 'n swaard wat diep sny. Waar swart op wit verewig word met 'n blywende effek, jare in die toekoms. Hier word geskiedenis gemaak. Hier word daar 'n samesyn plaas wat niks anders kan troef nie. Hier word opinies gevorm, getoets en verander. Jy kry 'n ander uitkyk op die lewe as jy hier wegstap. Verryk met 'n nuwe insig. Hier leer jy om verder te dink. Om dinge te bevraagteken. Om nie net alles as vanselfsprekend te aanvaar nie. Toets die water. Toets teorieë, dit maak die lewe interessant en dit verbreed jou horison en denkwyse.
24 Augustus 2016
Wellington hou Wildsfees Dit het nou al ‘n jaarlikse instelling geword dat daar ‘n baie suksesvolle Wildsfees in Wellington gehou word. Hierdie inisiatief van die WellingtonOos Gemeente sal hierdie jaar vir die vyfde keer op 26 en 27 Augustus op hul kerkgronde plaasvind. Hulle span saam met
Middelburg in die Karoo om wildsvleis in alle vorme aan die mense van die Boland te bied. Die fees skop die Vrydagaand vanaf 17:00 met die verkoop van wildsprodukte, kosstalletjies en optredes deur gaskunstenaars af.
Dit word die volgende oggend voortgesit met die toevoeging van heerlike eetgoed, vermaak vir die kinders, wildspotte en afval en optredes deur “Tannie Poppie” en “Sylvester van die Karoo”. Vir enige navrae, kontak Danie Theart by 084 517 2610.
Stemme klink op in koorfees
It’s Good News
Op Donderdag 15 September hou Wellington ‘n Koorfees wat die ryk koortradisie van ons dorp herdenk. Dié Koorfees, wat na Charlotte Cupido, ‘n voormalige benoemde vir “Wellingtonner van die Jaar” en bekende in musiekkringe vernoem is, gaan dorpenaars met koorsang van ons dorp se voorste kore vermaak. Die fees, wat in die dorp se stadsaal
plaasvind, sal om 19:30 afskop en beloof om ‘n belewenis te wees. Toegang is gratis, maar vrywillige donasies sal by die deure gevra word om basiese onkostes te dek. Oorblywende fondse sal vir ‘n Kersete vir minderbevoorregte mense aangewend word. Van die kore wat gaan optree, sluit die kore van VGK Newton en VGK Wagenma-
kersvallei in. Die Herfsvreugde-koor van die NG-Kerk Wellington-Oos, die koor van die VGK Van Wyksvlei, die VGK Wellington se koor, die HJ Legolie AME-kerkkoor, die VGK Wellington Bergrivier Koor en die Nuwe Apostoliese Kerkkoor sal o.a. ook by die geleentheid optree. Alle dorpenaars en musiekliefhebbers word na hierdie wonderlike geleentheid uitgenooi.
Dr Marc Blackwell
Four Rules for Speaking Truth
"Let no corrupting talk come out of your mouths, but only such as is good for building up, as fits the occasion, that it may give grace to those who hear." May I encourage you to communicate using "grace words?" Grace words? What are Grace Words? Those words that build up another person ... "give grace" by sharing joy, peace, love and hope. Here are 4 good "rules" Speak the truth in love. Ephesians 4:15 but speaking the truth in love, we are to grow up in all aspects into Him who is the head, even Christ. Keep Current! Ephesians 4:26-27 teaches us to focus our anger on solving the problems of our lives. Yes, you can ... "BE ANGRY, AND yet DO NOT SIN; do not let the sun go down on your anger, and do not give the devil an opportunity." When we use anger to motivate us to deal with today’s problems today, we keep our problems current and they don't have time to build-up. When we "put things off" to later the devil gets a foothold. Do not make excuses (do not sin) by (harbouring anger). Let your problems motivate you to communicate as soon as possible. Attack the problem, not the person, remembering that words that tear down, rip apart or hinder! So we should use Grace words that encourage others and build them up. Act but don't react or respond to the person or to the situation or to someone's harsh words, but rather use self control to act according to sound principles based-on the Truth of the Bible. Ephesians 4:31-32 Let all bitterness and wrath and anger and clamor and slander be put away from you, along with all malice. 32Be kind to one another, tender-hearted, forgiving each other, just as God in Christ also has forgiven you. " “If you abide in My word, you are My disciples indeed. And you shall know the truth, and the truth shall make you free.”
Museum: Hugo Rust se Graad 6’e het ‘n uitstappie deur die dorp onderneem en heerlik by die museum gekuier.
NUUS • NEWS
5
24 Augustus 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
PnP Uncooked Lean Beef Mince Per kg
54
R
54
R
PnP Uncooked Stewing Beef Bone in Per kg
BUY ANY 2 FOR
30
R
PnP Pies Assorted (Excluding Burger Pies)
10
75
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
Blue Ribbon Toaster White Bread 700g
WAS 47.99 NOW R38
38
90
WAS 44.99 NOW 34.90
Rama Spread for Bread 40% Fat Spread 1kg Tub
SMART SHOPPERS GET
R50 OFF
YOUR NEXT SHOP IF YOU SPEND R500 OR MORE.* *Exclusive to Smart Shoppers. Swipe your card to receive your voucher on your till slip. Offer valid from 23 - 28 August 2016. Terms & Conditions apply. Visit www.picknpay.co.za. E&OE
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet
BUY ANY 2 FOR
Danone NutriDay Low Fat Fruit Yoghurt Assorted 1kg
16
90
BUY ANY 2 FOR
Fair Cape Eco-Fresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
BUY ANY 2 FOR
59
90
44
R
25
+
+
PnP Tomatoes Bulk Pack 2kg, Washed Potatoes 2kg, Carrots 1kg, Avocado 2s and Queen Pineapple
100
R
BUY ANY 4 FOR
Cadbury Chocolate Slabs Assorted 80g
BUY ANY 3 FOR
+
BUY ALL FOR
R
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre
+
33
R
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
18
90
Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g
12
R
Bokomo Weet-Bix 900g
WAS 44.89 NOW 34.90
VALUE PACK PRICE PER NAPPY
Size 2 44s Size 3 52s Size 4 50s Size 4+48s Size 5 44s
37
90
Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 10s
– R2.63 – R2.22 – R2.31 – R2.41 – R2.63
Cuddlers Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
WAS 126.90 NOW 115.90
SAVE R87
Equates to 32.70 each
BUY 3 FOR
98
R
Skip Intelligent Auto Washing Powder 2 kg
Richelieu Brandy 750ml
WAS 135.95 NOW R115
Heineken Lager Slimline Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
PRICES VALID 25 - 28 AUGUST 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. MMWWCHS114
WAS R249 NOW R209
NUUS • NEWS
6
24 Augustus 2016
Babylons Peak beïndruk by Swartland Jongwynskou Links: Die span van Riebeek Kelder het die Gert Kotzé Kampioen Shiraz Trofee vir ‘n gehoute Shiraz, die SAIL Kampioen Versterkte Wyn Trofee vir ‘n Cape Ruby en die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar Trofee vir ‘n ongehoute Viognier tydens die Swartland Jongwynskou gewen. Van links staan Eric Mnyango, Tharien Hansen, Alecia Boshoff, Wouter Loubser en Thembile Ntloko met Themba Msitho, Eric Saayman en Ricardo Fortuin heel voor.
Bo: Kobus Basson (regs) en sy seun Stephan, eienaars van Babylon’s Peak Privaat Kelder staan met die trofeë wat hulle tydens vanjaar se Swartland Jongwynskou ingepalm het, naamlik die Kobus Basson Kampioen Pinotage Trofee vir ‘n gehoute Pinotage, die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar Trofee, die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn Trofee en die ABSA Groot Kampioen Trofee.
Darling Kelder het die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee en die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn Trofee ingepalm tydens die Swartland Jongwynskou. Van links staan Bertrum Titus, Henry van Rheenen, Anthony Meduna (wynmaker), Riaan de Waal en Carel Hugo(wynmaker) met Maggie Venter (wynmaker) en Pieter- Niel Rossouw (hoofwynmaker) voor.
Plaaslike wynkelders het weer eens beïndruk tydens vanjaar se Swartland Jongwynskou. Die agt lede wat aan die 2016 Jongwynskou deelgeneem het, spog met sewe goue, 24 silwer en 51 brons medaljes. ‘n Verdere 21 klaswenners is aangewys vanuit die goue en silwer toekennings, en staan as toonbeeld in hul onderskeie kategorieë. Volgens Zakkie Bester, voorsitter van die wynskouvereniging, beteken die Jongwynskou vir ‘n wynmaker meer as net bemarking. Hy sê die jongwynskou is tegnies van aard wat wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen dié van hul eweknieë te meet, en ook die gehalte van nuwe wyne en wynstyle op ‘n groter platform te toets. “Die uitslag dien as ‘n goeie riglyn, veral wanneer nuwe snitte en kultivars probeer word en gee versekering of ons op die regte pad is of met die regte kultivars speel.” In die Swartland-streek kom wyne met silwer- en goue toekennings in aanmerking vir klaswenner-toekennings en die streek se onderskeie trofeë. Die Babylon’s Peak se gehoute Carignan het
die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar Trofee, die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn Trofee, asook die ABSA Groot Kampioen Trofee ingepalm. Die kelder het ook die Kobus Basson Kampioen Pinotage Trofee vir ‘n gehoute Pinotage ingeryg. Hulle is ook as die klaswenner in klas 76: Enige ander rooi enkel kultivar, tydens die Nasionale Jongwynskou gekroon. Darling Cellars se gehoute Chenin Blanc het op sy beurt die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee, asook die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn Trofee gewen. Die gehoute Chenin Blanc het ook twee goue medaljes by die afgelope naweek se nasionale jongwynskou verower, terwyl hul gehoute Pinotage ook een goud losgeslaan het. Die Gert Kotzé Kampioen Shiraz Trofee vir ‘n gehoute Shiraz het vanjaar aan Riebeek Kelder gegaan. Hulle het ook die SAIL Kampioen Versterkte Wyn Trofee vir ‘n Cape Ruby en die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar Trofee vir ‘n ongehoute Viognier huis toe geneem.
NUUS • NEWS
Riebeek Wynkelder vier 75 jaar
24 Augustus 2016
Riebeek Wynkelder vier 75 jaar
Hoogtepunte
Visie en missie
Verskeidenheid
Die grootste hoogtepunt vir die kelder het natuurlik in 2011 sy opwagting gemaak toe Riebeek Kelder die SA Kampioen wyne met ‘n Pinotage en Viognier die lig laat sien het. Die Viognier is ook met die Generaal Smuts trofee vir die Algehele Kampioen Jongwyn van 2011 tydens daardie jaar se Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou bekroon. ‘n Verdere hoogtepunt was die afgelope paar jaar se uitbreiding aan hul kelder-fasaliteite, asook die vestiging van ‘n verskeidenhied nuwe druifkultivars, naamlik Viognier, Grenache Blanc, Marsanne, Mourvedre, Grenache Noir... Dit is almal soorte wat die kelder in staat stel om wyne te maak wat tipies is van die suidelike Rhône-streke in Frankryk.
Die wynkelder is visie is om hulself as SuidAfrika se top leefstyl-wynhandelsmerk te vestig en ‘n volhoubare voetspoor in internasionale markte te groei en bevorder. Hul missie is om kwaliteit-druiwe op ‘n optimale en innoverende wyse te prosesseer ten einde ‘n topgehalte wyn-ervaring te bied wat hul kliënte se verwagtinge oortref, binne ‘n veilige werksomgewing waar produktiewe werknemers verder kan ontwikkel vir die lang-termyn voordeel van alle belanghebbendes.
Riebeek Kelder bied verskeidenheid reeks aan verbruiker. Die Riebeek Kelder-wynreeks bestaan uit ‘n Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Viognier, Pinotage Rosé, Shiraz Cinsaut, Shiraz, Pinotage, Cabernet Sauvignon, Merlot, Cabernet Sauvignon Merlot en die Cape Ruby Port. Hul wynreeks stop egter nie net daar nie. ‘n Groot gunsteling is die Montino-wynreeks. Hulle spog verder met die Kasteelberg, Short Street, Patnership, The Royal en Hutton Ridgewynreekse. Moet ook nie vergeet van die Pieter Cruythoff se Sparkling Brut.
16310
CONGRATULATIONS RIEBEEK CELLARS ON THEIR 75TH ANNIVERSARY It’s through our strong understanding of business and industry that we have been able to partner with Riebeek Cellars. At Nedbank Business Banking we provide you with a business manager, who is supported by a team of specialists, offering you tailored banking solutions and a streamlined service to help you take your business to the next level. For more information on how we can assist you with business needs contact business manager Riaan Janse van Rensburg at riaanja@nedbank.co.za. Nedbank Ltd Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).
7
8
NUUS • NEWS
Riebeek Wynkelder vier 75 jaar
Zakkie Bester, bestuurder van Riebeek Kelder, asook die voorsitter van die Swartland-wynskouvereniging saam met sy vrou Sandra
24 Augustus 2016
Annelene du Toit (links) saam met haar man Pieter du Toit, ei- Hersia en Pieter de jager enaar van Kloovenburg Wyn- en het ook die geleentheid byolyfplaas. gewoon.
Henk Bruwer (bo), eienaar van die plaas De Hoop en produsent, het tydens die kelder se 75ste bestaansjaarvieringe stories saam met Zakkie Bester en Niel du Toit met die gehoor gedeel. Hier stel hy 'n heildronk in. Op die foto heellinks staan Hermien Bruwer saam met Alta Saayman van Riebeek Kelder en Anina Brasington. Op die foto in die middel staan Ian Carnegie en sy vrou Sophie, eienaar van Carnegie House Privaatskool op Riebeek-Kasteel. Links is Hennie Hanekom en sy vrou Marianna van Winkelshoek.
1941: Riebeek Wynboere Koöperatiewe Maatskappy sien die lig
Riebeek-Kelder vier vanjaar hul 75ste bestaansjaar. Die wynkelder is op 12 Augustus 1941, met die Tweede Wêreld-oorlog in die agtergrond deur nege plaaslike wingerdboere vanuit die vallei gestig. Die wynkelder het aanvanklik bekend gestaan as die Riebeek Wynboere Koöperatiewe Maatskappy Beperk met Jakob Stephanus, Naudé Bruwer en later PJ Venter aan die stuur. Die eerste algemene jaarvergadering het op 9 Desember 1942 plaasgevind. Die stoor is in Oktober 1943 na ongeveer 2500 leêrs wyn uitgebrei. Koningin Elizabeth word gedurende die 1950’s as monarg van Engeland gekroon en in die Swartland gaan Riebeek Wynboere ‘n lening van £5000 aan om twee enorme staaltenke van 600 leêr elk aan te koop om produksie te bevorder. In die tydperk word elke vrag druiwe nog met vurke afgelaai. In die 60’s maak Riebeek Wynboere sy merk, nadat dit die eerste koöperatiewe wynkelder in Suid-Afrika word om koelgisting toe te pas met behulp van ‘n splinternuwe snelgister.
Die kelder het baie vining begin uitbrei. In Oktober 1960 word 10 gistenke, ses stoortenke, vier wynpompe en ‘n vervoerwurm aangeskaf. Nie lank daarna nie, rig die kelder ‘n bykomende gebou met ‘n afdak, ‘n nuwe weegskaal, ‘n bestuurderswoning en werkskwartiere op. Die wynboere het in die 1970’s behoorlik fees gevier. In 1975 vier Riebeek Wynboere die Fees van die Vaatjie, waartydens Neil du Toit die rol van die wynvaatjie gewen het. Dit is ook in die volgende jaar wat hul wyne ‘n groot aantal medaljes by die Stellenbosch Jongwynskou opraap. Toekennings het vandaar elke jaar begin instroom. Erf 645 word in Januarie 1972 teen R55000 aangeskaf en die kelder open depots in Bainskloof en Bloemfontein as afsetpunte vir binnelandse bemarking en verspreiding. Met Neil en Sias du Toit agter die stuur, wen Riebeek Wynboere ‘n ongelooflike 18 toekennings by die Stellenbosch Jongwynskou. Tussen 1980 en 1984 pars die kelder 20 000 ton. In 1983 word die 200-stoor opgerig. Dit is in 1987 wat die nuwe kantoorkompleks sy deure open.
‘n Jaar later, ondergaan die kelder ‘n naamsverandering en staan vanaf 1988 as die Riebeek Wynkelder Koöperasie Beperk bekend. Met die afskaffing van Apartheid in 1994, kry Riebeek Kelder die geleentheid om hul wyne saam met KWV Internasionaal oorsee na Europa te vervoer. Die kleder begin ook hul eie grootmaatwyn bemark en ontvang reeds in die 90’s ‘n rits pryse by die Stellenbosch Jongwynskou. Dit is ook in die tydperk wat die nuwe 1 liter Cape Table-verpakking bekend gestel word. Eric Saayman wat vandag die senior wynmaker by die kelder is, is toe as wynmaker aangestel. Dit is ook gedurende die tyd wat die stasiegronde aangekoop is wat dit moontlik gemaak het om ‘n skaalkamer, ‘n raadsaal en ‘n vatekelder op te rig. ‘n Reeks innoverende Italiaanse sak-presse is toe ook geïnstalleer om grootmaatwyn-bereiding te bevorder. Met die intrapslag van Zakkie Bester as uitvoerende hoof in die 2000’s, is die Riebeek Valley Wine Partners bemagtigingsplaas gestig. Die kampong is in die dekade in ‘n botteleringstoor omskep, die Riebeek retail Brand (Pty)
Ltd word gestig en die Montino-reeks word by die wynportefeulje gevoeg. Alecia Boshoff word ook as die eerste vrouewynmaker aangestel. Nóg uitbreidings vind plaas, onder andere die koelstoor wat in ‘n stabilisasiestoor omskep word, die konstruksie van ‘n 22 ton-weegbrug. En die kelder maak hul eerste wynwinkel in die middel van die dorp oop. Riebeek Wynkelder spog vandag met ‘n string hoogtepunte op hul kerfstok. Van dit is sekerlik die gesogte Generaal Smuts Trofee wat in 2010 by die Nasionakle Jongwynskou vir hul gehoute Viognier verower is. Hulle het ook die toekenning vir die Kampioen Pinotage ontvang. Nie lank hierna nie, word die Short Street en Kasteelberg-wynreeks tot die wynportefeulje gevoeg. Vandag spog hulle met ‘n totaal van nege wynreekse. Daar is intussen ‘n groter stoor opgerig en splinternuwe rooiwyngistenke geïnstalleer en die kelder word ‘n privaat maatskappy. Riebeek Wynkelder gaan elke jaar vandat hul in 1941 gestig is, van krag tot krag.
NUUS • NEWS
Riebeek Wynkelder vier 75 jaar
24 Augustus 2016
Riebeek Kelder sorg vir liters wyn
Henk Bruwer vertel stories en staaltjies saam met die uitvoerende hoof van die kelder, Zakkie Bester na hul jarelange betrokkenheid by die kelder. Foto's: Jorina Maas
Jolene Janse van Rensburg, bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyfroete het die geleentheid saam met haar man Donovan bygewoon.
Des Brasington en sy vrou Anina wat in die kelder se wynwinkel op Riebeek-Kasteel werk.
Pietman vermaak die gehoor saam met Schalk Maas van Riebeek Kelder.
Riebeek Wynkelder, wat vandag sy 75ste bestaansjaar danksy nege plaaslike wingerdboere vanuit die 1940’s vier, is al ‘n bekende gesig op Riebeek-Kasteel. Die kelder pars jaarliks sowat 17500 ton druiwe. Die hoeveelheid druiwe sorg vir sowat 10 miljoen liter wyn per jaar. Vanjaar is daar egter sowat 15 000 ton gepars weens die baie droë toestande, vertel uitvoerende hoof Zakkie Bester. Die Mediterreense klimaat van droë en warm somers en nat winters speel ‘n groot rol in die kwaliteit van die wynkelder se produk. Volgens Bester het die Kasteelberg ook ‘n groot invloed op die mikro klimaat van die omgewing. Die meeste van hul wingerde lê aan die hange en voetheuwels van die Kasteelberg met ‘n verskeidenheid grondtipes wat dit moontlik maak om verskillende style wyn te berei. Die wynkelder roem daarop dat hulle toegang tot die beste Chenin Blanc-wingerde in die Swartland het. Baie daarvan is ouer wingerde en nog bosstok, vertel Bester.
Kelder kry nuwe etiket Riebeek Kelder het in 2014 besluit om ‘n meer moderne en vars blaadjie om te slaan in die vorm van ‘n splinternuwe etiket. Die doel van die nuwe etiket was om te verseker dat die verbruiker weet die produk kom vanuit die Swartland. Die mense moet dit onmiddellik verbind met Riebeek-Vallei. Vir uitvoerende hoof Zakkie Bester is sukses in ‘n moderne omgewing beslis te danke aan innovasie. Daar moet voortdurend verander word, die verbruiker moet geïntereseerd bly en dit is vir die kelder belangrik om produsente op die plase volhoubaar te hou en boonop ‘n goeie bestaan te maak. Die etiket wat sedert die begin van 2014 op die bottels pronk, beeld die erfeniswaarde uit wat die historiese landskap van die Riebeek-Vallei en dié van die Swartland erken. Die vorige etiket was volgens die kelder styf en statig. Die nuwe etiket is modern en vriendelik met ‘n identiteit. Die nuwe ontwerp is gebaseer op die style van die verskillende wyne. Daar is kleurkodes gebruik om die verskillende wynstyle uit te beeld. Die verandering was ‘n reuse-sukses onder verbruiker.
9
NUUS • NEWS
10
24 Augustus 2016
Blackies baas in 23 stryde
Hugenote Hoërskool was vanjaar gasheer vir die jaarlikse interskole-kragmeting teen die spanne van Hoërskool Swartland. Die twee skole het mekaar Saterdag in 36 rugby-, netbal- en hokkiewedstryde aangedurf. Die Blackies het 23 van die wedstryde gewen en twee het gelykop geëindig. BO: Ná afloop van die eerste rugbyspanne se kragmeting ('n naelbyt-wipplankstryd) het die span oudergewoonte voor die pawiljoen stelling ingeneem en uit volle bors gesing. LINKS: Die span se jong gelukbringer was slaggereed op sy pos. HEEL LINKS: Dawson Green was een van Hugenote dirigente wat die gepakte pawiljoen laat dreunsing het. Onder: Marie-Louisa Koegelenberg konsentreer om die bal te beheer.
LINKS BO: Juanet du Toit wag vir die bal in die o.18A-netbalkragmeting. ONDER: Die eerste seunshokkiespanne het mekaar veral in die eerste helfte goed opgedreun en gaan water drink met die telling op 0-0. Hier jaag Reinard Reitsma die bal saam me 'n Swartland-opponenet
Regs onder: Die eerste meisiehokkiespan vier hul oorwinning na afloop van die wedstryd.
NUUS • NEWS
11
24 Augustus 2016
Dagboek • Calender
Geklassifiseerd • Smalls Dienste Services BOUPLANNE opgetrek vir goedkeuring. Victoriastraat 983, Chatsworth Skakel : 078 373 3487 of epos: archtdesign580@ gmail.com #2716
Sterfgeval Obituary
Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 24 Augustus - Helena Hettema Kaartjies beloop R130 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za VLV Wellington 25 Augustus - Maand byeenkoms om 9:30 vm by Wellington Noord onthaalsentrum Navrae : Karen 082 448 0690 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 27 Augustus om 13:00 - Gert Vlok Nel met Schalk Joubert. Kaartjies beloop R50 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 27 Augustus om 19:00 - Adagio : Jy is vrou. Kaartjies beloop R100 per persoon. Vir besprekings kontak Olivia Ockhuis by 021 873 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za Windmeul Kelder Waterblommetjie Fees 2016 op 3 September om 08:00 - 16:00 Navrae : 021 869 8100/ liza@windmeul.com VLV Wellington 15 September - Sirkeldag byeenkoms - om 9:30 vm - 'n vertoning deur Petro van den Heever. Almal is welkom Navrae : Karen 082 448 0690 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 16 - 18 Sept - Tuin van Digters Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 29 Oktober - Marc Lottering. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse-koor van die Universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor,
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om
Adri Louw en Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 of gwenhoney@telkomsa.net Wellington Vereniging van Bejaardes Algemene Jaarvergadering by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) op 8 September 2016 om 10h30 Navrae : Mev H Fredericks - 0747068386 Darling Wild Flower Show 16 tot 18 September - Darling Gholf Club Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
JAMES WIGGINS Begrafnisdiens: Maandagoggend 10uur - diens by APK Kerk Wellington en teraardebestelling Dinsdag 11uur by Stikland Begrafplaas. --------------------------Met groot hartseer neem ons afskeid van 'n wonderlike Man, Pa en Oupa. Baie dankie vir al die mooi herinneringe wat agterbly. Die positiewe lewens uitkyk was 'n inspirasie vir ons almal. Die gemis is groot. Baie liefde Ina, Marietjie, Deon, Dane & Stefan. #2708 --------------------------Oom James...gaan oom so mis. My tweede pa in my lewe. Ek sê dankie vir alles wat oom vir my gedoen het in my lewe. Al oom se liefde. Dankie dat ek die voorreg gehad het om my twee seuns vir oom te wys. Rus sag tot ons weer ontmoet. Baie liefde Karin, Dohann en Wahldo Neethling #2709 --------------------------Ons innige simpatie met die heengaan van James Wiggins. Sterkte aan Ina, Marietjie, Deon, Bennie en al die naasbestaandes. Baie liefde Hendri, Marlene Carstens en huisgesin Malmesbury, Annelie Hoogendijk en huisgesin Vredenburg #2714 --------------------------RIP Oom James. My hart is stukkend en bloei vir Tannie Ina, Marietjie en Deon en hul familie. Wens so ek kon almal 'n drukkie gee. Baie sterkte en God se liefde. Liefde en vertroosting van Heletia en familie van Texas #2717 --------------------------Ons diepste meegevoel met heengaan van James. Sterkte aan famillie. Personeel MBC Estates. #2733
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
Gelukwensing Congrats
Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Guess who turns one on 28 August 2016. It’s difficult to make a birthday wish, for a one year old who can’t read or
write. But this wish is special because it is full of love, warmth and a lot of hugs for a little bundle of joy. Wishing you a very happy first birthday, Taylor! With lots of love from Mommy & Daddy #2723 --------------------------CHRISLEIGH, ons klein woelwater jy is al sowaar twee jaar oud. Jy vul ons lewe met lag met jou sonnige geaardheid! Lief vir jou baie. Daddy, Mommy, Ethan, Chrissade en Cee-Jay #2718 ----------------------------Chrisleigh, baie geluk met jou verjaardag. Baie lief vir Mamma se kind wat net so 'n wil van haar eie het. Geniet jou verjaardag! Liefde : Mamma, oupa Herman en Johnnic #2719 ----------------------------Chrisleigh, 'n volle twee op 27 Augustus. Ons liefie-kind en rabbadoe. Lekker verjaar. Liefde Tannie, uncle Timo, Zenobia, Tristan en Keagan #2720 ----------------------------WILLMORE COMBRINK 40 years old on the 25th of August 2016. What a blessing!! Congratulations!!! May God shower you with His love and mercy so that your life will always be blessed. Thanks for being the best husband and dad. Happy birthday. We love you. Your wife, Shahieda and sons Willmore jnr and Warnall #2710 ----------------------------KYK WIE WORD 40. Baie geluk my oudste. Tyd vlieg vinnig. Baie lief vir jou. Jou ma, broer Rosswin, Corinne en kinders #2711 ----------------------------ELSELINE THOMANDE BOOISEN. Geluk met jou 27ste verjaarsdag. God's rykste seën rus op jou lewe. Ek kan nie my lewe sien sonder jou daarin. Ek's lief vir jou. Van: Jou man, Zeta, Mamma en Joven #2704 ------------------------26 AUGUSTUS 2016 Baie geluk TREVONIA met jou 15de verjaarsdag. Jy moet jou dag geniet Mammie se blompot, my bestie, jy is als vir my. Daddy sou self vir jou 'n drukkie wou gee, want jy was ook sy vriendin, maar God het anders besluit. Ken God in al jou weë - Hy sal jou paaie gelykmaak. Geniet dit en dankie vir die respek wat jy het. Van: Mammie, Boeta, Risia, Melgrain, Ashwin en Alviro
#2725
Memorium In Memoriam Die 26ste Augustus word jy 22 jaar oud. Chevon dus jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou verskriklik, die verlange maak ons bedruk. Geluk met jou verjaarsdag, ons weet jy's op 'n beter plek. Jou : Mammie, Daddy, ouma, oupa, jou susters en broers #2707 -----------------------------CHEVON THERON Eerste verjaardag weg van ons. Hoe graag wou ons jou gelukwens met jou verjaardag, maar ons tye is in die hand van die Here. Van : Oupa, Ouma, Mandy, Tanisha en Albert Simons #2703 ----------------------------DELMARIE MYBURGH Die 26ste vier jy jou eerste verjaardag in die hemel. Sal jou nooit vergeet my niggie. Van Nana (Veronica) #2712 ----------------------------23- 08-2016 ANELISA SWARTS Jy sal 28jaar oud geword het. Ek weet hoe baie jy altyd uitgesien het na jou
verjaarsdag, maar God het vandag vir jou iets beter in plek. Ek wens ek kon jou net nog 'n drukkie gee en daai mooi glimlag op jou gesig weer sien. Ek mis jou nog elke dag, maar ons gun jou die rus Van:Linell #2731
courant
dié
12
tel 022 487 3221
SPORT
NUUS • NEWS
24 Augustus 2016
24 Augustus 2016
Hillcrest:
Die afgelope naweek was dit net Hillies op Pelikaan park.Die span van Wellington het Bella Vista 'n rugby les geleer met goeie oorwinnings vir al drie spanne. Hillies het weer baie goeie hardlooprugby gespeel vanaf die derde span tot die eerste span. Die tuis span het vir die dag altesaam 16 drieë gedruk waarvan Wheedon Jooste, eerstespan se losskakel vier gedruk het. Uitslae: derde span - Hillies 12-6 Bella Vista; tweede span - Hillies 33-5 Bella Vista; eerste span- Hillies 48-26 Bella Vista. Hillcrest United pak die naweek Roses United in 'n Derby wedstryd op Pelikaan Park. Dit titaniese stryd te wees met albei spanne wat tans baie goeie hardlooprugby speel. Vir meer besonderhede kontak Jovan-re Cupido - 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com.
• BOLAND PUTS UP BRAVE FACE IN 2ND HALF
Cavaliers bitten by Sharks
A DOMINANT first-half performance by the Cell C Sharks laid the platform for a convincing 41-20 Currie Cup Premier Division win over the Boland Cavaliers at the Boland Stadium in Wellington this past Friday. The Cavaliers put up a brave second half display, scoring three tries in the last 40 minutes against two tries by the Sharks. Unfortunately the damage had already been done in the first half as the Sharks bagged six tries in total to secure a bonus-point victory. SCORERS: Boland 20 (3) Cell C Sharks (41 (29)
Boland tries: Danwel Demas, Ryan Nell, Sergio Torrens Boland conversion: Theuns Kotze Boland penalty: Nico Scheepers Sharks tries: Andre Estrehuizen, Chiliboy Ralepelle, Franco Marais, Hanco Venter, Inny Radebe, Odwa Ndugane Sharks conversions: Curwin Bosch (3), Garth April Sharks penalty: Curwin Bosch NEXT FIXTURE: The Boland Cavaliers will travel to Johannes-
burg this week to face the Golden Lions at Ellis Park on Friday 26 August at 17:00. OTHER RESULTS: U.20: Boland U.20 lost 33-46 against Pumas U.20 in the Witbank Stadium on Friday. The Half-Time score was 14-25 in favour of the Pumas. WOMEN: Boland Women beat the Griffons 36-10 in an Inter Provincial Womens B match on Saturday. The half-time score was 5-24 in favour of Boland.
Take charge in Race Walking championship On Saturday 10 September 2016, the 2016 Boland Race Walking Championships will take place on the Dal Josaphat Stadium in Paarl. The results of the 2016 Boland Race Walking Championships will be used to select a Race Walking Team to represent Boland Athletics at the 2016 ASA Race Walking Championships on
8th October 2016 in Cape Town. Please note that only athletes in possession of a 2016 ASA License, obtained from a club registered with Boland Athletics, will be considered for the Boland Athletics Team to the 2016 ASA Race Walking Championships The competition is organized in accordance
with the rules of Athletics South Africa and Boland Athletics. Athletes can enter up to 30 minutes prior to the start of the item. Entry fee will be R10:00 per person. The entry fee is non-refundable Proof of age is required for all age categories.
Hugenote Interskole-uitslae: Hugenote Hoërskool t Hoërskool Swartland NETBAL: 14D: 12-2; 14C: 16-13; 14B: 20-16; 14A: 18-12; 15D: 18-13; 15C: 26-2; 15B: 24-12; 15A: 22-12; 16D: 2-25; 16C: 19-14; 16B: 18-10; 16A: 20-26; 17C: 15-13; 17B: 14-13; 17A: 14-21; 18C: 6-28; 18B: 10-34; 18A: 12-46 DOGTERSHOKKIE: 14A:1-0; 16C: 0-0; 16B: 2-0; 18B:1-0; 18A: 1-0 SEUNSHOKKIE: 14A: 0-0; 16B: 3-0; 16A: 0-2; 19B: 1-0; 19A: 0-2 RUGBY: 14A: 22-24; 15B: 17-7; 15A: 21-12; 16B: 31-13; 16A: 8-6; 19C: 7-14; 19B: 10-3; 19A: 24-33