Die courant wellington 23 nov 2016 397

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

23 November 2016

Uitgawe 397

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

•AKTRISE EN SKRYWER VERTEL VERHAAL

Drama borrel en bruis in hul are •Jaomi Zeeman

Die plaaslike skrywer en aktrise, Gaireyah Fredericks, het haar hand onlangs aan ‘n drama-teks gewaag en groot sukses daarmee behaal. Gaireyah, wat ook deel van die Breytenbach-sentrum se Mengelmoes Digters en die Kaleidoskoop-dramagroep is, is as finalis in die Cape Winelands And Overberg Drama Festival benoem. Die finaal van hierdie kompetisie het Saterdag in Worcester plaasgevind, maar is deur talle uitdunrondtes en uitgebreide werkswinkels voorafgegaan. Volgens Gaireyah was dit ‘n verrykende proses waardeur sy baie geleer en haar teks deeglik kon verfyn het. Gaireyah het oorspronklik ‘n kortverhaal, “Broken Angels”, geskryf en besluit om dit vir die kompetisie-doeleindes tot dramateks te verwerk. “Die kortverhaal is al voorheen gepubliseer en ek het gedink dit is ‘n sterk genoeg konsep om mee te werk as ek ‘n dramateks wil skryf,” sê sy. “Ek moes egter ongelooflike veranderinge aanbring en basies die hele storie herskryf om dit vir ‘n drama geskik te maak. ‘n Mens moet die dialoog vir ‘n drama heeltemal anders benader as wanneer jy prosa skryf,” verduidelik Gaireyah. Nadat sy die teks geskryf en vir die kompetisie voorgelê het, het sy ‘n werkswinkel bygewoon waar sy gehelp is om die materiaal te verfyn. Hierna het sy na die semi-finale rondte deurgedring. “Ons het weer ‘n werkswinkel bygewoon waar die teks verder verfyn is en op grond van die werk wat ons daar gedoen het en die produk wat ons daarna kon wys, het ons na die finaal deurgedring,” verduidelik sy.

Bo: Charnell Fortuin in die eenvrouvertoning. Links: Fortuin saam met skrywer Gaireyah Fredericks. Volgens Gaireyah sou haar drama nooit so ver kon vorder sonder die talentvolle aktrise wat die eenvrouvertoning uitbeeld nie. “Charnélle Fortuin was vir my die natuurlike keuse vir die rol. Sy is eenvoudig uitstekend en lewer ‘n kragtige vertoning. "Daar is niemand beter om hierdie storie te vertel nie,” sê sy trots. Die sensitiewe tema van die drama maak dit ‘n groot uitdaging vir enige aktrise en Charnélle vertel dat dit haar elke keer op ‘n emosionele vlak onkant betrap. “Die storie gaan oor mishandeling, oor molestering, oor skaamte, oor wantroue, oor grense tussen die verlede en die hede wat ver-

vaag en oor selftwyfeling. Maar dit gaan ook oor hoop en oor krag,” vertel sy. “Dit speel in die nag af, in die hoofkarakter, Angie, se binnekamer. Ek is elke keer verbaas oor hoe moeg ek is wanneer ek klaar gespeel is – Angie klim onder my vel in en ek onder hare,” sê Charnélle. Volgens Gaireyah wil sy met hierdie drama ‘n bewustheid kweek ten opsigte van die mishandeling van vroue en kinders en ook die kollig plaas op die gevolge daarvan en die realiteit daarvan in ons gemeenskappe. “As daar net een mens sit wat na die stuk kyk en die moed kry om te praat oor die dinge wat ons geleer het om oor te swyg, dan sal ek tevrede voel. "Die skaamte, die blaam, die verwyt en die skande moet verdwyn en plek maak vir respek en eerlikheid rondom dié sensitiewe kwessies,” vertel sy. “Ek beoog om Broken Angels ná die kompetisie as deel van die ’16 days of activism against abuse’ op te voer as ‘n bewusmakingsprojek,” sê sy.

NUUS • NEWS

23 November 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant wellington 23 nov 2016 397 by DieCourant - Issuu