courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
23 November 2016
Uitgawe 397
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•AKTRISE EN SKRYWER VERTEL VERHAAL
Drama borrel en bruis in hul are •Jaomi Zeeman
Die plaaslike skrywer en aktrise, Gaireyah Fredericks, het haar hand onlangs aan ‘n drama-teks gewaag en groot sukses daarmee behaal. Gaireyah, wat ook deel van die Breytenbach-sentrum se Mengelmoes Digters en die Kaleidoskoop-dramagroep is, is as finalis in die Cape Winelands And Overberg Drama Festival benoem. Die finaal van hierdie kompetisie het Saterdag in Worcester plaasgevind, maar is deur talle uitdunrondtes en uitgebreide werkswinkels voorafgegaan. Volgens Gaireyah was dit ‘n verrykende proses waardeur sy baie geleer en haar teks deeglik kon verfyn het. Gaireyah het oorspronklik ‘n kortverhaal, “Broken Angels”, geskryf en besluit om dit vir die kompetisie-doeleindes tot dramateks te verwerk. “Die kortverhaal is al voorheen gepubliseer en ek het gedink dit is ‘n sterk genoeg konsep om mee te werk as ek ‘n dramateks wil skryf,” sê sy. “Ek moes egter ongelooflike veranderinge aanbring en basies die hele storie herskryf om dit vir ‘n drama geskik te maak. ‘n Mens moet die dialoog vir ‘n drama heeltemal anders benader as wanneer jy prosa skryf,” verduidelik Gaireyah. Nadat sy die teks geskryf en vir die kompetisie voorgelê het, het sy ‘n werkswinkel bygewoon waar sy gehelp is om die materiaal te verfyn. Hierna het sy na die semi-finale rondte deurgedring. “Ons het weer ‘n werkswinkel bygewoon waar die teks verder verfyn is en op grond van die werk wat ons daar gedoen het en die produk wat ons daarna kon wys, het ons na die finaal deurgedring,” verduidelik sy.
Bo: Charnell Fortuin in die eenvrouvertoning. Links: Fortuin saam met skrywer Gaireyah Fredericks. Volgens Gaireyah sou haar drama nooit so ver kon vorder sonder die talentvolle aktrise wat die eenvrouvertoning uitbeeld nie. “Charnélle Fortuin was vir my die natuurlike keuse vir die rol. Sy is eenvoudig uitstekend en lewer ‘n kragtige vertoning. "Daar is niemand beter om hierdie storie te vertel nie,” sê sy trots. Die sensitiewe tema van die drama maak dit ‘n groot uitdaging vir enige aktrise en Charnélle vertel dat dit haar elke keer op ‘n emosionele vlak onkant betrap. “Die storie gaan oor mishandeling, oor molestering, oor skaamte, oor wantroue, oor grense tussen die verlede en die hede wat ver-
vaag en oor selftwyfeling. Maar dit gaan ook oor hoop en oor krag,” vertel sy. “Dit speel in die nag af, in die hoofkarakter, Angie, se binnekamer. Ek is elke keer verbaas oor hoe moeg ek is wanneer ek klaar gespeel is – Angie klim onder my vel in en ek onder hare,” sê Charnélle. Volgens Gaireyah wil sy met hierdie drama ‘n bewustheid kweek ten opsigte van die mishandeling van vroue en kinders en ook die kollig plaas op die gevolge daarvan en die realiteit daarvan in ons gemeenskappe. “As daar net een mens sit wat na die stuk kyk en die moed kry om te praat oor die dinge wat ons geleer het om oor te swyg, dan sal ek tevrede voel. "Die skaamte, die blaam, die verwyt en die skande moet verdwyn en plek maak vir respek en eerlikheid rondom dié sensitiewe kwessies,” vertel sy. “Ek beoog om Broken Angels ná die kompetisie as deel van die ’16 days of activism against abuse’ op te voer as ‘n bewusmakingsprojek,” sê sy.
NUUS • NEWS
23 November 2016
NUUS • NEWS
2
•WELLINGTON MUSEUM ONTHOU AFGELOPE 40 JAAR
23 November 2016
Erfenis is altyd daar en wag om ontdek te word - Pienaar
Lorelle Hutton, assistent direkteur by die munisipaliteit se ondersteuningskomitee van die departement van kultuursake en sport en Olivia le Cordeur, kurator van die Wellington Museum.
Dr. Elna von Schlicht, burgemeester van die Kaapse Wynland Munisipaliteit en Herman Bailey, voormalige burgemeester van Wellington.
Johann von Wielligh, voormalige LPR, me. Edith Hofmeyer, eggenote van wyle Con Hofmeyer (eerste voorsitter van die beheerliggaam) en Boet Malan, die enigste oorlewende lid van die eerste beheerraad van die museum.
Die Wellington-museum het op Donderdag 17 November hul 40ste bestaansjaar tydens ‘n uithang-geleentheid gevier. Talle plaaslike inwoners, eregaste en rolspelers by die museum het opgedaag om hierdie groot mylpaal te herdenk. ‘n Pragtige somersaand het die perfekte agtergrond geskep vir gaste om stories rondom die museum uit te ruil, herinneringe te deel, hulde te bring en sommer net weer die veilige ruimte van die museum te beleef. Chris Pienaar, voorsitter van die museum se trusteeraad, het in sy verwelkomingstoespraak die hartklop van die museum raakgevat deur na ‘n aanhaling van Robbie Robertson te verwys: “You don’t stumble upon your heritage – it’s there, waiting to be explored and shared.” Hy het ook na die museum se visie om die dorp se verlede met die breë gemeenskap te deel verwys en al die betrokke rolspelers wat by die totstandkoming en uitbouing van hierdie baken betrokke was, bedank. Volgens me. Christine Siebrits, voorsitter van die “Vriende van die Museum”, het Wellington ‘n ryke kulturele geskiedenis wat reeds van die pre-historiese steentydperk nagespoor kan word. “Ons is bevoorreg dat hierdie hele geskiedenis en erfenis in ons museum gestalte kan vind – van die pre-historiese geskiedenis tot die moderne geskiedenis en die Andrew Murray-era word hier uitgebeeld,” het sy gesê. Christine het in haar toespraak na die talle rolspelers, interessante stories en verskeie kinkels in die totstandkoming van die museum verwys. Daar is reeds in 1950 in die destyds plaaslike koerant oor die behoefte aan ‘n museum geskryf. Dit was egter eers in 1969 dat dr. Owen le Roux ‘n komitee byeengeroep het om die inisiatief vir die stigting van ‘n museum te dryf. Daar is aanvanklik verskeie moontlikhede
vir die huisvesting van die museum ondersoek. Een moontlikheid was onder andere om die museum by Victoria Park op te rig. Uiteindelik het me. Leonie van Niekerk ‘n huis, Kerkstraat 54, vir die huisvesting van die aanvanklike Museum geskenk. So kon die Wellington-museum op 1 Desember 1976 sy deure vir die eerste keer amptelik vir die publiek open. Hierdie opening is deur Con Hofmeyer, die destydse voorsitter van die beheerliggaam behartig. Alhoewel die aanvanklike huisvesting en opening van die museum ‘n groot mylpaal was, was dit nie ‘n permanente reëling nie en daar is onverpoosd na permanente huisvesting gesoek. Oubaas Malan het hard aan hierdie saak gewerk en uiteindelik ‘n moontlike werkbare oplossing gevind toe Henry Chamberlain, die destydse skoolhoof by Hugenote Hoërskool, genoem het dat die skoolraadskantoor op die huidige terrein leegstaan. Hierna het talle rolspelers, o.a. dr. Manie en Winnie Rust, hard gewerk om die museum provinsiaal ondersteunend te kry. Johann von Wielligh, die destydse LPR, en die LV, Giel Malherbe, het tot by minister Adriaan Vlok gegaan om die saak te bepleit en sodoende is die gebou en terrein uiteindelik deur die minister gratis aan die Stadsraad van Wellington oorgedra. Die ou gebou, wat te klein was, is gesloop en die nuwe, bestaande gebou is daar opgerig. “Vandag huisves ons Museum al die kultuurskatte van die ou Seminarium, alles uit die Andrew Murray-tydperk, klipwerktuie en ook die Sendingversameling. "Dit is ‘n ware uitbeelding van Wellington en sy mense,” het Christine Siebrits gesê. Herman Bailey, voormalige burgemeester, het in sy gelukwensing namens die gemeenskap na die museum se rol as ‘n historiese baken in die transformasieproses verwys.
“Wat vir my uitstaan omtrent die museum is die feit dat dit getransformeer het om inklusief te wees. Dit het as’t ware as ‘n platform beskikbaar geword as ‘n versoeningsinisiatief. Veral in die tydperk tussen 2008 en 2011 het talle mense uit verskillende dele van ons gemeenskap hier bymekaar gekom en broodnodige gesprekke gevoer. Dit het uiteindelik tot die geboorte van die boek wat deur Winnie Rust oor die dorp geskryf is, tot gevolg gehad,” het hy vertel. “Die museum het ‘n groot rol gespeel om van ons ‘n versoende gemeenskap te maak. "As jy nie weet waarvandaan jy kom nie, kan jy nie ‘n visie hê van waarheen jy op pad is nie,” het hy gesê. Dr. Elna von Schlicht, burgemeester van die Kaapse Wynland Munisipaliteit, het aan al die rolspelers in die totstandkoming en uitbou van die museum hulde gebring. “’n Mens voel veilig hier met die bewyse van jou wortels rondom jou. Dit is soos die fundament van ‘n huis – wanneer dit stewig is, kan daar suksesvol daarop gebou word. Dít is wat die museum in Wellington is. "Ons moet nooit vergeet om ons geskiedenis te eer nie,” het sy gesê. Gaste is verder vermaak deur die plaaslike sanger Jovan-ré Cupido en almal kon lekker saamkuier rondom heerlike eetgoed en plaaslike wyne. Volgens Olivia le Cordeur, kurator van die museum en Lorelle Hutton, assistent-direkteur by die munisipale ondersteuningskomitee van die departement van kultuursake en sport, is dit ‘n besondere mylpaal in ons dorp. “Hierdie plek is ‘n baken van soveel dinge. "Dit wys waar ons vandaan kom, wat ons al vermag het, hoe ver ons al gevorder het en waarheen ons kan gaan. "Dit gee ‘n mens sommer hoop,” het hulle gesê.
NUUS • NEWS
3
23 November 2016
•'NIKS TE GERING OM VERSKIL TE MAAK'
Doppies ingeruil vir wiele
Die Wellington-Oos Gemeente kon onlangs, danksy ‘n doppie-en-broodknippie-inisiatief, ‘n splinternuwe rolstoel aan ‘n inwoner van Silwerkruin oorhandig. Die gemeentelede is reeds vir ‘n geruime tyd besig om al hul plastiekdoppies en broodknippies te versamel met die oog op hul doelwit, naamlik om 150kg se doppies bymekaar te maak wat deur middel van herwinning ‘n nuwe rolstoel kon aankoop. Volgens Anjoh Spamer, een van die dryfvere agter hierdie inisiatief, was dit ‘n absolute spanpoging wat tot die uiteindelik sukses daarvan gelei het. “Ek het net weer besef dat niks kleins wat ons doen te gering is om ‘n verskil te maak nie,” sê sy. Volgens haar is dit ‘n uitgerekte proses waar daar talle vorms ingevul moet word en dinge gereed gekry moet word voordat iemand vir ‘n rolstoel in aanmerking kan kom. “Dr. Peet van der Merwe, ‘n inwoner van Silwerkruin, was die gelukkige persoon wat hierdie keer vir die stoel geïdentifiseer is. Liza McArthur, ‘n student van Kuilsrivier wat reeds sedert 2011 met die projek besig is, is die persoon wat die doppies sorteer en in die regte rigtings kanaliseer,” vertel sy. Behalwe vir almal wat baie getrou doppies voorsien het en die kerk se koster wat gereeld met die praktiese reëlings rondom die doppies behulpsaam was, was tannie Rida Crause, ‘n inwoner by Silwerkruin, ‘n staatmaker wat gesorg het dat geen doppies by Silwerkruin verlore gegaan het nie. Volgens Spamer het sommige gemeentelede selfs hul kleinkinders se woonbuurte elders, bv. in Melkbosstrand, opgekommandeer om doppies te versamel. Die doppies gaan in die toekoms op ‘n ander manier aangewend word, nl. om ‘n bydrae tot die Smile Foundation, ‘n instansie wat kinders wat met gesplete verhemeltes gebore word help, te maak.
Bo: Yvonne Booysen van Silwerkruin, Daan Spamer van die Wellington-Oos Gemeente en Sr. Marieta Smit van Silwerkruin. Voor is Rida Crause van Silwerkruin en Dr. Jan van der Merwe wat die rolstoel ontvang het.
“As ons gaan stilsit en dink watter groot verskil die projekte reeds aan mense se lewens gemaak het, mag ons nie ophou om doppies en knippies te versamel nie,” sê Spamer.
courant
NUUS • NEWS
23 November 2016
dié
4
Elke druppel in die dam tel
Waterbeperkings. Die gevreesde woord het nou ook vir Wellington 'n realiteit geword. Bespaar, bespaar, bespaar - dis wat nou van almal verwag word. Het jy al gedink hoe dit sal wees om een oggend op te staan, kettiekuif-hare in die lug, sonder 'n druppel water in die kraan om dié kapsel te tem. Dit is 'n al groter wordende realiteit. Hier en daar val 'n druppel, maar nie genoeg om te voorsien in die groot tekort wat daar is nie. Ons deel almal dieselfde waterbron, maak nie saak waar jy woon, wie jy is, wat jou posbeskrywing is, of wat in jou bankrekening staan nie. Water is 'n bron wat ook uitputbaar is. Dit het nou tyd geword om die gordel styf te trek en die kraan baie stewig toe te draai. Die gras sal weer groei, die blomme sal weer blom, daar sal weer groenigheid in jou tuin wees, maar vir nou moet daar eers 'n bietjie "woestyn" heers. Daar is baie nuttige wenke wat jy kan gebruik en deel van jou huishouding maak. Klein veranderinge in jou daaglikse bestaan, kan soveel spaar. Dit mag dalk nou soos 'n druppel in die emmer klink, maar elke druppel tel. Moenie dit vermors nie.
Dis Goeie Nuus
Hugenote se koor sing in harmonie Hugenote Laerskool se Juniorkoor het op 13 November vir die eerste keer op televisie verskyn. Hulle het tydens ‘n episode van die “Sing in Harmonie” televisiereeks op kykNET se kanaal 146 deelgeneem. Hierdie televisiereeks is ‘n landwye kompetisie vir laerskoolkore met bykans 90 deelnemende kore en R111 000 se pryse op die spel. Tydens hierdie episode het Hugenote Laerskool se Juniorkoor na die Grande Finale, wat op 24 November by die Hoërskool Durbanville se ouditorium sal plaasvind, deurgedring. ‘n Gehoor van bykans 1500 word tydens die twee opnames vir die finaal, waar bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Karlien van Jaarsveld ook gaan optree, verwag. Die publiek kon na afloop van die episode per sms vir hul gunstelingkoor stem en Hugenote het op Donderdag 17 November, ‘n dag voordat die stembusse gesluit het, met stemme voorgeloop. “Ons is baie dankbaar vir die publiek se ondersteuning. Alhoewel dit nie bepalend is om die wenners aan te wys nie, gee dit ‘n mens tog hoop. Ons hoop dat almal sal aanhou om te stem totdat die stembusse sluit,” sê mev. Leana Engelbrecht, koorleier van Hugenote se Juniorkoor. Volgens haar was hul deelname aan hierdie kompetisie en die blootstelling op televisie tot dusver ‘n ongelooflike ervaring. “Die kinders was entoesiasties en het hard geoefen. Ons sien
baie uit na die finaal – dit gaan ‘n bietjie senutergend wees, maar ons het goeie, opbouende kritiek gekry waaraan ons hard gaan werk. Ons gaan net ons beste lewer tydens die finaal,” sê sy. Sing in Harmonie se uitvoerende vervaardiger, Anthonie Bougas, is opgewonde oor die talent van skoolkore in ons land. “Ek is verstom oor die talent wat na vore gekom het hierdie jaar op die die verhoog en ek hoop dat die nuus van die wenkore se prestasies ook na hul plaaslike gemeenskappe sal deurspoel,” het hy gesê. “Dit is die eerste kompetisie wat vir laerskoolkore regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale TV hul merk te maak en in die proses hul deel van R111 000 se pryse los te slaan,” het hy verder verduidelik. Op ‘n vraag waarom hy so passievol oor koorsang op skoolvlak is, antwoord Anthonie beslis: “Ek het as kind en tiener in verskeie kore gesing, maar koorsang was ‘n aktiwiteit wat nie altyd erkenning gekry het soos sport nie. Daarom wou ek ‘n geleentheid skep waar hierdie leerders (wat soms uit voel) die kans kry om op nasionale vlak en boonop op TV hul merk te maak.” Intussen oefen Hugenote se juniorkoor baie hard vir hul deelname aan die groot galageleentheid waar hulle tydens die finaal op 24 November gaan deelneem. Miskien sien ons hul binnekort weer op televisie – as nasionale wenners.
Finale stryd om Mnr. SA-titel
Nog ‘n prys vir Duvenhage
Die Wellingtonner Heinrich Gabler, ding môre mee om die titel as Mnr. Suid-Afrika 2016. Gabler, wat tans ‘n onderwyser in Melkbosstrand is, het oor die afgelope paar maande allerhande pligte en take voltooi en so sy opgang na die top-14 in dié kompetisie gemaak. Gabler ding môre teen 13 ander deelnemers deel. Foto: Liezl Photography
Die plaaslike wetenskap-joernalis, Engela Duvenhage, het onlangs die tweede toekenning in twee maande vir haar skryfwerk gewen. Sy het verlede maand met die Suid-Afrikaanse Sagtevrugtebedryf se Izethelo Media-toekenning vir haar artikels in die agri-wetenskap weggestap. Nou is sy deur die SA Landbouskrywers vir die beste tegniese artikel beloon. Met hierdie toekenning is haar skryfwerk, waardeur navorsing en tegniese inligting op ‘n praktiese manier aan die publiek oorgedra word, vereer. “Die spesifieke artikel waarvoor ek hierdie toekenning ontvang het, het op ‘n ‘groen’ leefwyse gefokus. Die artikel, ‘Going green: a necessity, not an option’, het oor groen energie-opsies in die vrugtebedryf gehandel en het in die SA Fruit Journal verskyn,” vertel sy.
dr. Andrew Bosman
Voor die Seun nie van die mens kom ie
Die koms van die Here Jesus Christus na hierdie wêreld word hierdie tyd van die jaar gevier. Of dit die werklike periode van tyd was waarin die Here na hierdie aarde gekom het, is nie nou die onderwerp nie maar Sy koms was voorspel, en Hy het in die volheid van die tyd gekom. Terwyl Jesus op aarde was het Hy aan sy dissipels gesê dat hulle die goeie boodskap van die koninkryk van die hemele het naby gekom, moet gaan verkondig. Die twaalf dissipels het mag van die Here Jesus ontvang oor onreine geeste, om hulle uit te dryf, en om elke siekte en elke kwaal te genees. Hulle moes na verskillende dorpe gaan en die siekes gesond maak en die mense groet. As die huis dit waardig was moes hulle hulle vrede daarop laat kom, maar as dit nie so was nie moes hulle die stof van hulle voete afskud teen daardie plek. Hulle het ook gehoor dat dit met hulle moeilik sal gaan en hulle sal vervolg word, maar hulle moet volhard, en dan hulle na ‘n ander stad gaan, want hulle sal nie klaar kry met die stede van Israel voordat Jesus weer kom nie. Die kom van Jesus, sy wandel, lyde, dood, opstanding, hemelvaart en weerkoms is ‘n geheel, ons vier Sy koms, maar ook Sy wederkoms, is ons gereed om Hom te ontmoet?
NUUS • NEWS
5
23 November 2016
Wen kaartjies na unieke sterrekyk-piekniek
VLV sluit suksesjaar af Die vroue van die Herfsvreugde-koor het vir vermaak gesorg.
Regs: Juanita Loubser, sekretaresse, Karen Barnard, uittredende voorsitter, Sulette Visser wat die sjabloon-demonstrasie gedoen het en Leigh Ann Burger van Body Treats. Die plaaslike tak van die VLV het op Donderdag 17 November hul afsluiting vir 2016 in die Wellington-Noordgemeente se kerksaal gehou. Dit was ‘n feestelike geleentheid met heerlike eetgoed, goeie vermaak en baie interessante demonstrasies. Die VLV-lede en gaste kon langs keurig gedekte tafels met pragtige rangskikkings en versierings kuier en die heerlike oggend het met ‘n vertoning deur die dames van die Herfsvreugde Koor afgeskop. Hierna het Leigh-Ann Burger van die “Body Treats”-winkel in die Welgeleë Sentrum ‘n demonstrasie in seepmaak-kuns gedoen. Sy het ook insiggewende inligting rakende die bestanddele in winkelseep en kommersiële skoonmaakmiddels gedeel en elke gas met ‘n geskenk bederf. Die dames kon hierna terugsit en na ‘n demonstrasie deur Sulette Visser kyk. Sy is ‘n ekspert in sjabloondruk en het haar gewilde produkte al by talle markte en op ander platforms bekendgestel en verkoop.
Sy het haar unieke, maklike sjabloonmetode, wat met skermdruktegnieke ooreenstem, gedemonstreer en die moontlikhede en voordele daarvan verduidelik. Die talle moontlikhede vir tuisgemaakte Kersgeskenke, -versierings en –papier het almal geïnspireer. Sulette se plaaslik vervaardigde reeks sjablone is agterna ook aan die dames beskikbaar gestel. Die enigste slegte nuus tydens die oggend was die aankondiging van die onlangs herkose voorsitter, Karen Barnard, dat sy ongelukkig uit haar amp moet bedank. Sy het elders ‘n betrekking aanvaar wat te veel van haar tyd in beslag gaan neem. Die huidige VLV-bestuur het onderneem om binnekort ‘n nuwe voorsitter te kies en Karen met die beste wense vir haar nuwe werk gegroet. Die dames kon vir oulaas hierdie jaar rondom keurige fyngebak en ‘n koppie tee kuier en het ook elkeen ‘n geskenkie saamgebring wat hulle onder mekaar uitgeruil het.
Sterrekykgeesdriftiges moenie die volgende Sterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg op Saterdag 26 November 2016 misloop nie. Tydens dié pieknieks kan besoekers die sterrehemel verken met die hulp van die Orion Observasie Groep (OOG), ‘n informele sterrrekundeklub van die Boland. Die tema van die aand is “Wat maak Canopus daar?”. Die piekniek begin om 18:00. ‘n Begeleide toer van die Monument word om 18:30 aangebied. Besoekers kan van 20:00 tot 22:30 onder leiding van lede van OOG deur teleskope na die sterre kyk. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een (teen R250 vir twee persone, of R350 met ‘n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Besoekers word aangemoedig om verkykers en warm klere saam te bring. Rook is verbode op die grasperke. Kaartjies kos R35 vir volwassenes en R10 vir kinders en is by Computicket beskikbaar. Kaartjies is ook by die hek beskikbaar, maar bespre-
king is noodsaaklik, sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Bespreek by tel. 021 863 0543/4809. Sterrekykpieknieks sal gekanselleer word indien die weer sleg is. Skakel 072 181 6744 vir weernavrae. Die laaste Sterrekykpiekniek van die jaar vind plaas op Saterdag 17 Desember 2016 (Joeg-hai-da, sterrepret voorwaar). In 2017 vind Sterrekykpieknieks plaas op 21 Januarie (Pollie ons gaan Sterre kyk), 18 Februarie (Orion se drie gawe nooientjies) en 25 Maart (Jupiter klop van vroeg tot laat). Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees!, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument leesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek. Sms die antwoord op die onderstaande vraag, jou naam en van, tuisdorp en die slagwoord: STER na 084 8333 813 voor more 12:00 om in aanmerking te kom vir een van die twee gesinskaartjies. VRAAG: Wat is die naam van die sterrekundeklub wat besoekers sal ondersteun?
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WE APOLOGISE FOR THE PA-RUM-PUM-PUM-PUM PRINTING ERROR IN OUR CHRISTMAS CATALOGUE 22 NOVEMBER – 04 DECEMBER.
R
159
R
95
19
PnP Alcohol-free Fruit Pudding 100g PnP Alcohol-free Fruit Pudding 450g PnP Alcohol-free Fruit Cake 800g PnP Alcohol-free Pudding 900g
PnP Alcohol Free Fruit Cake 300g
PnP Brandy Balls 6s
PnP Luxury Iced Brandy Christmas Cake 1kg
95
R
29
95
PnP Panettone 500g
R
R
24
79
95
PnP Brandy Christmas Pudding 100g
R
49
95
PnP Cherry and Almond Fruit Cake 300g
PnP Rum and Butter Stollen 600g
R
129
95
PnP Iced Brandy Christmas Cake 300g PnP Brandy Christmas Cake 800g PnP Brandy Christmas Pudding 450g PnP Brandy Luxury Christmas Pudding 900g
PnP Brandy Christmas Pudding 900g R39.95 R89.95 R79.95 R159.95
MORE FESTIVE Excluding Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800112288. Cellphone rates apply.
R
119
95
PnP Alcohol Free Iced Fruit Cake 300g
for our Look out & cakes s PnP pud
R
39
95
95
R24.95 R69.95 R79.95 R119.95
6
NUUS • NEWS
23 November 2016
Debutante: Little Stars Kleuterskool se jaarlikse debu-
tante dinee het plaasgevind op Vrydagaand, 11 November 2016 te Hugo Rust Laerskool. Hier is Chloë Brand en haar ma, Chris-Zelda Brand. Middel: Noah Minnaar (wenner) en Ouers, Ivor & Lynn Minnaar. Regs: Evan Louw en ouers, Edward & Candice Louw. Advokaat Clarence Le Cordeur was die gasspreker en het ook die amptelike verrigtinge hanteer.
Wyksverkiesing: Wyk 2 het op 21 November ‘n baie
geslaagde Verkiesingsvergadering, waartydens ‘n nuwe Wykskomitee verkies is, in die Stadsaal gehou. Elke wyk is binne die grense van die Drakenstein Munisipaliteit afgebaken en moet ‘n komitee verkies. Volgens hierdie wyk se raadslid, mnr. Hentas Kotze, word wykskomitees as die voertuig vir goeie bestuur op plaaslike regeringsvlak beskou. “Hierdie komitees het ‘n baie belangrike taak t.o.v. die bevordering van plaaslike bestuur. Hulle is betrokke by die beplanning, begroting, monitoring en evaluering van programme en projekte,” verduidelik hy. Volgens mnr. Kotze bestaan ‘n Wykskomitee uit die wyksraadslid en nie meer as 10 ander persone wat verkies word om organisasies/ sektore of geografiese blokke inwoners binne die grense van die betrokke munisipale wyk te verteenwoordig. Al hierdie komitees se vergaderings moet oop wees vir die publiek. Die komiteeverkiesing het glad verloop en die volgende persone is as lede van die nuwe Wykskomitee vir Wyk 2 verkies: Hennie Engelbrecht, Christine van Wyk, Niel Schoeman, Herman en Marinda Ehlers, Petro Botha, Stephan Landsberg, Marlene Weyers, Sybil Kotze, Sandra Hugo, Hentas Kotze (voorsitter).
Kontak ons by 022 487 3221 om hier te adverteer. Besoek ook ons Facebookblad by @diecourant!
NUUS • NEWS
7
23 November 2016
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Bôrdienghuis Teater 24 November: Fliekaand onder die sterre getiteld Me before You. Roerende film gegrond op die gelyknamige boek deur Jojo Moyes om 20:00. Vertoning is gratis en besprekings is noodsaaklik. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Rendezvous Werfmark 25 November: Kom loer in by die WellingtonWes-mark vanaf 9:00 tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker Kersinkope,
speelgoed en nog meer. Huis Andrew Murray 25 November: Wees deel van die Huis Andrew Murray se Kersfees skoenboks-projek. Navrae by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za Drakenstein Liggiefees 26 November: Kom geniet die Liggiefees by Wellington Verdere navrae kontak 082 795 4521 of info@ tcevents.co.za Bôrdienghuis Teater 29 November: U word uitgenooi na die bekendstelling van KATRYN - Winnie Rust se laaste boek om 17:30 vir 18:00 Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-
-diens - Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Geklassifiseerd • Smalls BETREKKINGS VACANCIES BAKKERY Hardwerkende, positiewe en pligsgetroue dame word benodig om deel te word van ons produksie span. Faks CV na 086 649 9510 Malmesbury. Aansoeke sluit : 30 November 2016 ( vir aanstelling Januarie 2017) #3178 ----HAARKAPSTER Dringend gesoek. Kontak mev Philander by 083 477 7714 (Malmesbury) #3177 -------------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038of elsa@abcpartytjies.co.za #2393 --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 --------------------------------TE HUUR TO LET Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/54 ------------------------------TE KOOP FOR SALE Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak,aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 ----Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Stokvis @R55/kg asook Snoek. Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871 ----Urgently selling a wendy house - 3m x 9m at R8000. Call 078 295 2432 (Malmesbury) #3176 --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATS DESHAAN, Baie geluk op jou sewende verjaardag. Lief vir jou. Mammie en Mamma #3179 --------------------------------
DAVID VAN WYK – Geluk met jou verjaardag. God se rykste seën. Baie liefde - Jou moeder, Charlotte #3180 --------------------------------CHARLENE & ABRAHAM PIETERSEN 10 Jaar huweliksherdenking. Dankie vir genade en mag die Here julle verewig gebind hou. Liefde – Alberlene, Wesley, Antonio en Petersen familie #3181 --------------------------------MEL-AMBER ARENDSE – Baie geluk met jou 10de verjaarsdag. Mag jou dag baie geseën wees. Lief vir jou. Mammie Mariehet, Cairah en Antie Martha #3182 ---Baie geluk Dimpels. Mag jy vir ewig ons poen-poen kind bly. Liefde - Ouma Kaamilah, tannie Danelle, uncle Shamiegh, Aakidah en Arendse familie #3183 --------------------------------MARTHA ARENDSE – Baie geluk met Atta se verjaardag. Ons steunpilaar en rots. Lief vir Atta. Van: Mariehet, peetkinders Cairah en Arendse familie #3184 --------------------------------SHANNON-LEE DAMONSE, 22 November: Geluk met jou kroonverjaarsdag. Mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe. Ouma Fien en gesin #3186 ----Geluk met jou verjaarsdag. Wees altyd die pragtige dogter. Baie lief vir jou. Pa Josef, Nana, Loren, Jackie en Louden #3187 ----Baie geluk met jou kroonverjaardag. Alles wat mooi is. Baie lief vir jou. Ken die Here altyd. Landie en gesin #3188 --------------------------------Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën en nog vele jare spaar .Jou kollegas: Michelle,Mandy,Lauren en Sophie #3189 --------------------------------SHAUN LEANDER –Geluk met jou verjaardag op 20 November. Mag die Here jou altyd seën met krag, genade en sterkte. Liefde – Tannie Fien en gesin #3190 --------------------------------FERNANDO-JOHN ARENDSE - 25 November. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou altyd hou in die holte van Sy hand. Tannie Fien en familie #3191 ---------------------------------
Geklassifiseerd • Smalls ANTHONY BENNET Geluk met jou verjaardag op 22 November. Mag daar nog vele jare wees. Van: Lee-Morzay en Liezel #3192 --------------------------------BRANWILL MAJIET Veels geluk Tannie se kind met jou neënde verjaardag. Die Here seën jou op jou geboortedag. Tannie Janine Petersen en kinders #3193 ----Oumagrootjie se kind raak nou mooi groot. Mag jy 'n geseënde daggie hê. Liefde Oumagrootjie Kana en die Majiet familie in Retreat #3194 ---Geluk Ouma se kleinkind met jou negende verjaardag. Liefde Ouma Sandra #3195 --------------------------------AVA ADAMS, baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy gaan jou dag geniet. Liefde: Ma, Pa, Ouma, Oupa, Tannies, Oom en Mensie #3196 --------------------------------JANICE DE KLERK, geluk Mammie se blompot. Mammie hoop jy verjaar lekker. Lief vir jou. Jou mamma Janine #3197 ----Jy moet lekker verjaar. Ons dink aan jou en baie liefde vir jou. Van: jou Tannie, Keanan Joubert, Keisha en Branwill Majiet #3198 --------------------------------CHAHIMA JESNAY SWARTS - Veels geluk met jou eerste verjaarsdag ons dierbare dogtertjie op 25 November - Van : Ma & Pa #3199 --------------------------------ABRAHAM ADONIS (Oom Apie) 68 Jaar - 23 November) - Baie geluk Pappa met u verjaarsdag Dankie dat Pappa altyd daar is vir ons. Geseënde jaar. Liefde Lize, Marlene, Riesa, Curwin, Eton en Luhan #3201
courant
dié
8
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Uitslae en Gebeure Results and Events Krieket Wellington 228/7 (Warren Groeneveld 61, Tiaan Cloete 46, Edward Small 33, Junaid Cassiem 33, Leon le Roux 3/31) Maties 165 (Jean Bredenkamp 69, Gerhard Erasmus 46, Curtley Louw 4/31, Tiaan Cloete 2/16, Edward Small 2/19, Frank Abrahams 2/31. Wellington wen met 63 lopies
NUUS • NEWS
23 November 2016
16 November 2016
•HILLCREST UNITED VEREER SPELERS
Aand met sterre
Gholf Wellington (72) : Enkel Stableford : F Marais 45, E Petersen 42, A Nieuwoudt 42, H Goosen 41, J Lategan 40, J Williams 40, G Visser 40, B Louw 40 Newton Summer Bash Die Newton (Bombela Old Boys) hou op 2 Desember 2016 hul jaarlikse ‘Summer Bash’ by Newton Primêre skool en dit beloof om ‘n genotvolle aand te wees. Kaartjies beloop R60. Kaartjies is beskikbaar by die "Old Boys" asook by die sekretaris (Moula Pietersen) 0786740553, of die kassier (Mervin Petersen) 0767760702. Bo: Al die bekerwenners, borge en bestuur van Hillcrest United. Regs: Fabian Meyer (voorsitter), Emile Booysen (sportman 2016) en Jovan-ré Cupido (sekretaris). Night with the stars - dit was die tema vir vanjaar se bekeruitdelings funksie van Hillcrest United. Talle spelers was vereer in ‘n volgepakte Wellington Stadsaal. In die teenwoordigheid van talle eregaste waaronder die president van Boland Rugbyunie Ivan Pekeur is, was talle spelers vereer. Die volgende was die groot wenners vir die aand:
Beste Voorspeler derde span- Jerome Coetzee; Beste Agterspeler derde span- Vernito Pretorius; Beste Voorspeler tweede span - Zade Jardien; Beste Agterspeler tweede span - Devrulin Abrahams; Beste Voorspeler eerste span- Emile Booysen; Beste Agterspeler eerste span - Hugh-Reece Claassen. Die puntemasjien Wheedon Jooste het 240 punte aangeteken vir die jaar
Voet in die hoek: Elna Dürr, Matie-stu-
dent, en die sanger Kevin Leo het die naweek as die wenners uit die Pioneer-wedren ten bate van die blindes getree. Dürr het as die navigator vir Leo opgetree in dié unieke wedren wat jaarliks gehou word.
wat 17 drieë insluit. Ander toekennings was gegee aan Geoffrey Allies (Boland Amateur) & Dylan Maart (Boland 7’s) , Maart het ook Spelers Speler van die jaar ontvang. Hillcrest se Sportman van die jaar is Emile Booysen. Hy het ook hierdie jaar die tradisionele Sportman-baadjie ontvang.