courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
21 September 2016
Uitgawe 388
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•EEN VAN SLEGS VIER FINALISTE TER WÊRELD
Dot se renoster vat die koek
•Jaomi Zeeman
Dot Klerck van Wellington, die meesterbrein en kunstenaar van haar onderneming “Eat Cake Party”, is pas as een van slegs vier finaliste ter wêreld in die “Cake Masters Magazine Awards” (CMMA) aangewys. Hierdie eer het haar te beurt geval vir haar lewensgroot renosterkoek wat haar as finalis vir die beste vertoonstuk gekwalifiseer het. Die CMMA word as die “Oscars van die bakkers” beskou en is ‘n internasionale kompetisie waar net die heel beste bakkers, versierders, beeldhouers en koek-kunstenaars ter wêreld vereer word. ‘n Benoeming in enige kategorie van hierdie geleentheid is ‘n geweldige eer en uitsonderlike prestasie. Volgens Dot voel sy uit die veld geslaan oor die benoeming. “’n Mens werk baie hard en jy is passievol oor wat jy doen, maar hierdie tipe toekennings en pryse is iets wat altyd baie ver en onwerklik gevoel – iets waaroor jy miskien droom, maar wat jy dink nooit vir jou sal waar word nie,” sê sy. Nou het hierdie droom egter vir Dot ‘n werklikheid geword en sy is binnekort op pad na Birmingham. Hier sal sy op 5 November saam met al die ander glansmense in die koekbedryf oor die rooi tapyt van die grootste internasionale meester-toekennings loop. Volgens Dot voel die hele ervaring nog onwerklik. “Ek was buite myself van blydskap toe ek die nuus kry. Ek bedoel, ek is ‘n bakker en kunstenaar van Wellington in Suid-Afrika. ‘n Mens weet nooit of die beoordelaars jou werk sal raaksien nie,” sê sy. Haar uitsonderlike koeke maak egter reeds ‘n geruime tyd opslae – plaaslik en in die buiteland. Sy het ‘n unieke metode ontwikkel waarmee sy lewensgetroue beeldhouwerke uit koek kan vorm en versier – iets wat nog nooit vantevore in die koekbedryf gedoen is nie. “Ek het na skool kuns studeer en in beeldhouwerk en ontwerp gespesialiseer. Die basiese beginsels wat ek daar geleer het, is iets wat ek nou in die ontwerp en bou van my koeke kan toepas,” verduidelik Dot. “Ek het ‘n unieke metode ontwikkel waar die hele koek vooraf ontwerp word en elke moontlike hoek van die koek geteken en bereken word sodat alles proporsioneel reg is. Dit word deur fyn berekeninge gedoen en selfs die hoeveelheid mense wat van so ‘n koek kan eet, is by my formules
Dié reuse-koek, gebak en versier deur Dot Klerck, ding mee in die "Cake Masters Magazine Awards". ingesluit,” vertel sy. “Ek teken dan ‘n template Awards” benoem. Die lewensgroot renosterkoek wat haar die vir die ontwerp en alles word daarom gevorm en gemaak. Die koek word daarvolgens gebak, plek as internasionale finalis in die CMMA besorg het, het haar vernuf tot die uiterste beproef. Die gebou en versier,” sê sy. “Daar word ‘n staalraamwerk vir elke koek koek het amper ‘n ton geweeg en was ‘n lewensgebou en dit kos amper ‘n bietjie ingenieursver- getroue replika van ‘n renoster wat in die KIKS nuf om dit presies reg te kry. Die balans moet uitgestal is. Dit is as deel van ‘n bewaringsveldtog absoluut reg wees. Wanneer my koeke klaar is, vir renosters gebak en is uiteindelik opgeëet. Volgens Dot was die hele ervaring rondom die kan dit letterlik onderstebo gekeer word en niks bou van hierdie koek iets wat sy nooit sal vergeet oorkom nie – dit is uiters stewig,” vertel Dot. Die ontwikkeling van hierdie unieke metode nie. “Ek het die koek in my sitkamer gebou, want het haar vinnig in ‘n tipe kultusfiguur in die koek- dit is die enigste vertrek waar die oopskuifdeure -wêreld laat ontpop. Mense het haar uitsonder- groot genoeg was sodat ons die koek sou kon uitlike vertoonstukke en kunswerke gesien en wou vat. Die kop alleen het amper 100kg geweeg. Ons weet hoe sy dit regkry. Die vele navrae wat sy in moes ‘n spesiale vurkhyser kry om die voltooide verband met haar metodes gekry het, het tot die koek uit die huis tot op die vragmotor te kry – dit aanbied van meestersklasse in hierdie spesiali- het ure geneem!” vertel Dot. Hierdie koek het R65 000 gekos om te maak en die vervoerkoste teitsveld gelei. “Ek het begin om klasse in my werksmetode van Wellington na Kaapstad het R11 000 beloop – aan te bied. Dit was so gewild en die aanvraag was kostes wat gelukkig deur borge betaal is. Vir Dot, wat “Eat Cake Party” begin het deur so groot dat dit ‘n lewe van sy eie gekry het,” lag sy. Sy het die afgelope tyd klasse in Mexico City, verjaardag-, trou- en doopkoeke te bak, is haar Atlanta, Miami, Barcelona, Nederland, Zurich, sukses enersyds verrassend, maar andersyds Ierland, Pole, Jakarta en Nieu-Seeland aangebied. bevredigend. “Ek werk al vir nege jaar lank onopSy en haar werk het ook al in talle nasionale en houdelik aan hierdie passie wat my soveel bevreinternasionale tydskrifte verskyn en sy is as ‘n diging verskaf. Hierdie is die beloning waarop finalis vir die internasionale “Edible Artist Global enige kunstenaar in die koekbedryf hoop,” sê sy.
NUUS • NEWS
21 September 2016
NUUS • NEWS
2
•NUWE BENADERING TOT BEJAARDESORG GEVIER
21 September 2016
Silwerkruin deel van Eden Alternative Op Woensdag 14 September het Silwerkruin die bekendstelling van hul nuwe benadering tot bejaardesorg gevier. Silwerkruin is die heel eerste Tehuis vir bejaardes in Afrika wat hul tot die Eden Alternative benadering verbind het. Hierdie nuwe fase in bejaardesorg is met ‘n heerlike skemerkelkie, waar verskillende rolspelers in die mylpaal kon deel, ingelui. Volgens Melanie Crozier, gemoeid met Silwerkruin se bemarking, behels die Eden Alternative benadering in beginsel ‘n basiese kultuurverandering in bejaardesorg. “Met hierdie benadering swaai ons die organogram ‘n bietjie om. "Ons fokus verskuif. Die mense woon nie in die plek waar ons werk nie – ons werk in die plek waar mense woon,” vertel sy. “Dit beteken dat die bestuur en struktuur binne die tehuis ‘n bietjie meer buigbaar is en dat die inwoners deelnemende vennote daarin is,” sê sy. Rayne Stroebel, die Suid-Afrikaanse koördineerder van Eden Alternative (EA), het die benadering en konsep tydens sy toespraak verduidelik. “EA het reeds 25 jaar gelede in die VSA ontstaan toe ‘n dokter wat met bejaardes gewerk het van hul eensaamheid en weerloosheid bewus geword het. "Hy het besef dat verandering nodig is om hierdie probleme aan te spreek. Oudword gaan oor wat met jou siel gebeur. "Dit is dinge soos hulpeloosheid, verveeldheid, eensaamheid en weerloosheid wat mense se siele laat sterf,” het hy verduidelik. Volgens Stroebel kan dit met die EA-benadering anders wees. Hierdie model is geskoei op positiewe leierskap van personeel – daarom glo hulle ook daarin om in die personeel te belê en geloof te hê in hulle as mense en in hul leierskap. “Wyse leierskap is die lewensaar van hierdie huis in die geveg teen eensaamheid en hulpeloosheid,” sê hy. Hy het verder verduidelik dat EA poog om
verhoudings te verander en te verbeter. “EA laat verhoudings verander. Dit skep ‘n kultuur van omgee omdat menswees hier na vore kom. "Dit gaan oor menswaardigheid, spontaneïteit en ‘n diep omgee. Dan is dit natuurlik ook deel van ‘n wêreldorganisasie wat sê: ‘Ons vier uitnemendheid’,” verduidelik Stroebel. Hy het ook ‘n embleem wat Silwerkruin se verbintenis tot die EA-benadering uitbeeld, onthul. Dit is ‘n kremetartboom wat nie net die ‘boom’ as algemene EA-simbool eggo nie, maar eg SuidAfrikaans is en ‘n simbool is van die feit dat bejaardes ‘n bate en nie ‘n las is nie. Gelukwense is via video-opnames van ander EA-tehuise van regoor die wêreld ontvang. Boodskappe van goeie wense vanaf Nederland, Denemarke, Australië en Engeland is aan die gaste vertoon. Conrad Poole, Drakenstein se nuwe burgemeester, het in sy toespraak daarop gewys dat dit baie belangrik is dat die bejaarde mense in ons gemeenskap geëer word vir hul wysheid. Hy het dit beklemtoon dat vennootskappe in gehaltesorg van onskatbare waarde is en dat die munisipaliteit die inisiatief 100% ondersteun. “Dit dra by tot die visie van uitnemendheid in Drakenstein,” het hy gesê. Shanie Boshoff van die ACVV-hoofkantoor het Silwerkruin ook geluk gewens. “Die ACVV se fokus is persoonsgerigte sorg. Ons harte en koppe is daarop ingestel en EA beklemtoon presies dít,” het sy gesê. Die plaaslike voorsitter van die ACVV-tak, dr. Elna von Schlicht, het dit beaam. “Ons gee erkenning aan die visionêre leierskap van mense soos sr. Anel Smit wat die implimentering van EA moontlik gemaak het. "EA glo mense maak die verskil. Dit gee sin aan mense in die aandfase van hul lewe. Viva Silwerkruin!” het sy afgesluit. Gaste, personeel en ander rolspelers kon na die verrigtinge heerlik rondom die smaaklike eetgoed wat Pick ‘n Pay vir hierdie geleentheid geborg het, saamkuier.
Bo: Rayne Stroebel (SA-koördineerder van EA), Shanie Smith, Yvonne Booysen (bestuurder van Silwerkruin), Conrad en Jene Poole, Melanie Crozier (Bemarking: Silwerkruin), Elna en Steven von Schlicht.
Die personeel van Silwerkruin het ook in die feesvieringe gedeel.
NUUS • NEWS
3
21 September 2016
•VIERING VAN KULTUUR, HERKOMS, TAAL EN DIVERSITEIT
Afrikaans leef by Tuin van Digters
Bo: Jana Cilliers. Links: Loit Sôls. Onder: Joan Hambidge. Links: Theo Kemp (bestuurder van Breytenbach-sentrum) en burgemeester Conrad Poole in die tuin van digters. Bo: Die Afrikaanse sanger, Refentse, het aan die hartsnare gepluk. Wellington het die afgelope naweek ‘n behoorlike kultuurinspuiting met die Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum gekry. Dit was ‘n viering van ons kultuur, herkoms, taal, diversiteit en eendersheid. Besoekers kon binne ‘n baie gemoedelike atmosfeer met talle plaaslike en internasionale ikone skouers skuur. Diskoerse oor poësie en gesprekke oor die rol van Afrikaans is met vertonings van ‘n verskeidenheid kunstenaars afgewissel. Vrydag kon besoekers hul in ‘n verskeidenheid praatjies en vertonings deur uiteenlopende mense verlustig. Uitgelese akademici soos Marlene van Niekerk, Johann Lodewyk Marais, Alfred Schaffer en Willem Anker tot die plaaslike dramagroep Kaleidoskoop en die kletsrymers Akwasi en Jitsvinger het voor dieselfde gehore opgetree. Die Vlaamse digter Martijn Nelen het die gehoor met sy gedigte beïndruk en ‘n oop gesprek om ‘n lang tafel deur ‘n groep uiteenlopende digters het vir interessante insigte gesorg. Een van die hoogtepunte was die onthulling van ‘n beelhouwerk deur Nanette Ranger.
Hierdie beeld is geskep met Breyten Breytenbach se gedig, 16 September, as inspirasie en is gepas, op 16 September (ook Breyten se verjaardag) gevier en ingewy. Selfs nie die reën kon die warm atmosfeer kelder nie en die aand is jolig op die ritmes van die gewilde musiekgroep Tribal Echo afgesluit. Saterdag se vertonings het met ‘n Woordfees-produksie deur Jana Cilliers afgeskop, waarna besoekers na ‘n bespreking van Izak de Villiers se werk kon luister. Diskoerse oor mentorskap en of die aanbod van poësie vandag nog toeganklik en relevant is, is afgewissel met vertonings deur Refentse Morake en die Kaal Taal Kabaal. Ander hoogtepunte was die aanbieding oor digitale digkuns, die Rymklets Aangedrewe Poësie (RAP) en die Inzync Digterspaartie. Die aand is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe besoekers saam met mense soos Bibi Slippers en Andries Bezuidenhout op die aansteeklike ritmes van Mr. Cat & the Jackal kon voete skuif. ‘n Vertoning deur Waldimar Schultz en sy vrou Ira Blanckenberg, Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, het die laaste dag van die Tuin van
Digters ingelui. Dit is opgevolg deur ‘n bespreking van die werk van P.J. Philander en ‘n onvergeetlike vertoning, Sixty Love, waarmee Joan Hambidge se sestigste verjaardig gevier is. Besoekers kon hul hierna in die tradisionele klanke van die Kaapse Klopse verlustig. Die SAMA-genomineerde Laurie Levine het ‘n meesleurende vertoning gelewer en die verrigtinge by die Breytenbachsentrum is met Leslie Javan se plattelandse hartsmusiek en die Oopmond woord-en-musiek aangeleentheid afgesluit. Die Digtersfees het op ‘n hoë noot in die Goodnow-saal met die produksie Musiek en Woorde tot ‘n einde gekom. Hier kon besoekers vir oulaas na Lynelle Kenned (sopraan), Hannes van Wyk (voorlesing) en Elna van der Merwe (klavier) luister. Hier vind jy soveel kultuur, soveel variëteite van Afrikaans, soveel uiteenlopende kunstenaars en menings, soveel hoop, soveel verskille en soveel ooreenkomste. Afrikaans is nie dood nie – daarvan getuig ‘n ongelooflike inisiatief soos die Tuin van Digters. En dit sommer hier onder ons neuse.
NUUS • NEWS
courant
21 September 2016
dié
4
Kyk net hoe ver het die koek gevorder
Kyk, koek is nou maar lekker. Van kleindag is die verjaarsdagkoek die een groot lekkerte waarna ons almal uitsien. Ons blaas daardie kersie herhaaldelik dood, net om nog 'n bietjie die lekkerte uit te rek vir 'n paar oomblikke. Dot Klerck van Wellington het die kuns van koekbak en versier nou goed bemeester en dit behoorlik onder die knie gekry. Jy moet as jy immers 'n lewensgrootte renosterkoek wil bak. Die kreukels op die knieë, die voue om die agterstewe, die voëltjie by die oor is alles so werklik, so asof hy nou vir jou gaan kyk en wegloop. Dink net hoe verbaas sal 'n stroper wees as hy so een in die bos moet ontmoet. Om 'n bielie van 'n koek van ongeveer een ton te bak, aanmekaar te sit, te versier en nog te vervoer, wil nou gedoen wees. Dit nog alles vir 'n goeie doel. Dis nie sommer enigiemand wat hierdie taak sal aanpak en suksesvol afhandel nie. Hierdie daad van goedheid het nou weer vir Dot beloon. Sy kan nou skouers skuur met van die beste baksters ter wêreld. Om een van vier finaliste in 'n gesogte kompetisie te wees, wil gedoen wees. 'n Goeie daad, beloon weer met nog 'n goeie daad. So draai die wiel van die lewe. Welgedaan Dot, mag daar geen "flops" uit jou oond kom nie! Volgende keer hap ons almal saam aan 'n ton koek vir liefdadigheid!
•HAM BRING HULDE AAN ONDERSTEUNERS
Kinders is die barometer - Poole
Karen Petersen, bemarker, en Danie Theart, voorsitter van HAM beheerraad (links en 2de van links) saam met van die donateurs wat vereer is. Heel regs staan die burgemeester Conrad Poole en langs hom Regardo Scholtz, bestuurder van HAM. Huis Andrew Murray (HAM) het op 14 September hul jaarlikse Donateursfunksie en Algemene Jaarvergadering gehou. By hierdie uithaalgeleentheid is nie net hulde gebring aan die donateurs wat HAM ruimhartig ondersteun nie, maar ook aan die matriekleerders en sportpresteerders waarop HAM baie trots is. Personeel, beheerraadslede, donateurs, leerders en eregaste het ‘n puik georganiseerde aand van dankbaarheid, refleksie en nuwe doelwitte gedeel. ‘n Item deur die kinders in HAM se Sprokiesland Vroeë Kinderontwikkelingsentrum en ‘n DVD-vertoning wat die leerders by HAM self gemaak het, was ‘n akkurate beeld van die wonderlike werk wat by hierdie instansie gedoen word en die hoop wat dit in kinders se lewens bring. Conrad Poole, uitvoerende burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, het in sy toespraak hulde gebring aan die wonderlike werk wat by HAM gedoen word. “Ons beweeg en leef in ‘n vreesaanjaende wêreld – ons moet dit vir ons kinders beter maak,” het hy gesê. “Kinders is die barometer vir die area waarin ons leef: hoe gesonder, gelukkiger en veiliger die kinders, hoe beter gaan dit met ons gemeenskap. Daar is soveel moontlikhede in HAM opgesluit. Dit laat ‘n mens
glo dat wonderwerke nog moontlik is – net as God in beheer is,” het hy voortgegaan. Hy het ook onderneem dat Drakenstein Munisipaliteit hom verbind tot ‘n vennootskap om kinders by te staan en sy ondersteuning beloof. “Ons moet die slegte siklusse breek en geleenthede skep,” het hy gesê. HAM se sportpresteerders en matrikulante is op gepaste wyse vereer en elke matrikulant het aangrypend afskeid geneem van die beheerraad en vertel hoe HAM hul lewe rigting gegee het. Die jaarverslag en finansiële oorsig is voorgehou, waarna die donateurstoekennings oorhandig is. Stephan Spies van die beheerraad het beklemtoon dat die donateurs die wa deur die drif help trek waar HAM se fondse en subsidies te kort skiet. Elke donateur is met ‘n pragtige glastoekenning vereer vir hul bydrae tot die sukses van HAM. Na afloop van die verrigtinge kon die leerders, personeel en gaste gesellig saamkuier rondom ‘n heerlike ete. Vir meer inligting oor donasies/skenkings, kontak Karen Petersen by 021-873 3834/083 234 8875 of karen@andrewmurray.org.za.
VLV speel gasheer vir Kringdag Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Die hele Skrif is deur God gegee Paulus skryf aan die jong Timoteus dat almal wat godvrugtig wil lewe in Christus Jesus sal vervolg word. Goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. Met ander woorde daar gaan mense wees wat daarop uit is om ander te verlei om weg te draai daarvan om Jesus Christus te volg en Sy goeie nuus te versprei. Timoteus word gemaan om te bly in die lering wat hy geleer het, en waarvan hy verseker is, omdat hy weet van wie hy dit geleer het. Timoteus het van kleins af die heilige Skrifte leer ken wat hom wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die geloof kom deur die gehoor van die Woord van God. Paulus wys daarop dat die hele Skrif deur God gegee is en nuttig is tot lering en weerlegging, tot teregwysing en tot onderwysing in die geregtigheid. Sodoende sal die mens van God volkome wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Ons het God se Woord juis vir ‘n tyd soos hierdie om onsekerhede uit te skakel.
Bo is Monica Geldenhuys (voormalige VLV-voorsitter, Cara Jane Botha, Karen Barnard (Wellington VLV-voorsitter), Erick Zulch, Jaime Fouler en Petro van den Heever (aktrise). Wellington se VLV-tak het onlangs gasvrou gespeel vir ‘n heerlike Kringdag. VLV-lede van die verskillende takke in die kring of streek is almal genooi na ‘n heerlike kuieroggend wat in die Wellington-Noord kerksaal aangebied is. Die marktafel het oudergewoonte onder al die vars en tuisgemaakte produkte gekreun en die keurig gedekte tafels, mooi versierde saal, heerlike eetgoed en gasvryheid van die plaaslike lede het al die gaste laat welkom voel. Ds. Lettie Buchner het die geleentheid geopen, waarna al
die dames met ‘n vertoning deur Petro van den Heever en haar drama-studente vermaak is. Petro is ‘n bekroonde dramaonderwyseres by Stellenberg Hoërskool wat ook as vryskutaktrise werk. Sy het treffende monoloë uit haar eenvrouvertoning “Seuns” opgevoer. Dit is deur voordrag-, klavier- en sangitems van haar dramastudente afgewissel. Die talle gelukkige trekkings en VLV-gehalte lekkernye wat saam met die tee bedien is, het die kroon gespan op ‘n genotvolle oggend.
NUUS • NEWS
5
21 September 2016
Dagboek • Calender
Groenrivier SA se No 1
Promosie
Onthaalsentrum
Vanjaar se Top-vendor Troutoekennings het op 30 Augustus die land se bestes van die beste in die bedryf uitgesonder. Groenrivier-onthaalsentrum buite RiebeekKasteel was een van hulle. Dié onthaalsentrum teen die hange van Kasteelberg in die agtergrond wat bekend is vir sy gerestoureerde plaasskuur, is vanjaar as die Beste Plattelandse-onthaalsentrum aangewys (Best Country Venue). Dit is die tweede jaar in ‘n ry wat hulle met die gesogde toekenning vereer word. Daar is verder twee unieke onthaalsentrums vir die trouseremonie om van te NG Kerk Porterville 23 - 25 September 2016 - Daniel Konferensie met die Tema : 'n Man na God se hart. Kostes beloop R100 per persoon. Vir enige navrae : Braam by 082 923 9182 / braam. grobbelaar@moreleta.co.za
25 November vanaf 9 vm tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker kersinkope, speelgoed
Heritage Day Trial Run 24 September @ Rhebokskloof Wines Estate. Registration from 06:30 - 08:00, Start at 08:15. 10 km - R120; 5 km - R70. Goodie bags for the 1st 100 runners Contact Liezl Muller @ 084 707 0477
Contact : Martine Bauer 083 263 6997 / Martine. mediavine@gmail.com or Michelle Tricky T 071 869 0628 / michelle@trickyt.co.za
Yzerfontein Sport Recreation Club 1 October - October Fest. From 11:00 until late. Free entrance, family fun and jumping castle for kids Enquiries : 022 451 2819 Robertson Wine Valley 14 - 16 October - Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (Saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free enterance. Tickets at the gate Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com Abbeyfield Vereniging Wellington 28 Oktober - Algemene Jaarvergadering om 10h30 by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) Navrae : mev H Fredericks by 074 706 8386 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 29 Oktober - Marc Lottering. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Rendezvous Werfmark
Bridge House Mile 12 January 2017 at Val de Vie Estate
Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@ wordonline.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wel-
lington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
kies en keur. Groenrivier-onthaalsentrum, waarvan Magdel Brink die eienaar is, bied nie net onthaalgeriewe vir troues aan nie, maar staan gereed vir enige spesiale geleentheid. Met meer as 16 jaar se ondervinding in die bedryf en vriendelike en entoesiastiese personeel, word ‘n unieke ervaring verseker waar daar nou saam met troupaartjies gewerk word om ‘n onvergeetlike troue te hê. Gaste kan boonop eksklusiewe toegang vir die hele dag tot die hele eiendom geniet. Jou troue by Groenrivier sal ‘n fees wees om te onthou.
NUUS • NEWS
6
21 September 2016
Welgeleë Plein Wellington: Jou eenstop-inkopiesentrum Promosie
Die Welgeleë Plein-winkelsentrum op Wellington is jou eenstop-inkopie-ervaring. Hier sal jy iets van alles onder een dak kry en hoef jy nie verder te soek na dit wat jy benodig nie. Dié sentrum bied 'n rustige atmosfeer gemeng met die vinnige leefstyl van die sakewêreld. Vind onder andere die onderstaande in die Welgeleë Plein-sentrum:
Nuvision Oogkundiges: Hierdie plaaslike spesialis-oogkundiges is al 6 jaar werksaam in Welgeleë Plein. Die publiek kan hier aanklop vir persoonlike diens, kompeterende pryse en kwaliteit produkte. Nuvision fokus ook veral op sportvisie en voorsien die nodige raad en produkte vir hierdie spesialisveld. Hul aaneenlopende, herhalende promosies, nuutste modestyle en ontwerpreekse maak dit ‘n eenstop-bestemming vir alle oogkundige benodigdhede. Hulle is ook toegerus om in alle sagte kontaklens behoeftes te voorsien. Die vriendelike Fritz Basson (oogkundige), Marcel Theunissen (optiese tegnikus) en Jenifer van Niekerk (ontvangs) is ‘n gedugte span wat in elke pasiënt en besoeker se behoeftes sal voorsien. Tel. 021-864 2990
Montagu Dried Fruits: Montagu Food vier hierdie jaar sy eerste ver-
jaardag in Welgeleë Plein. Hulle het verlede jaar in September hul deure vir die publiek in Wellington in hierdie gewilde sentrum geopen. Hul fokus op droëvrugte, neute, sade en gesondheidskos maak hul winkel ‘n gewilde bestemming vir elkeen wat ‘n gesonde leefwyse en eetgewoontes nastreef. Die eienaar, Pierre Lombaard, en verkoopskonsultant, Teena Saulse sorg dat elke kliënt welkom voel en van die regte raad ten opsigte van hul aankope voorsien word. Hulle
bly voortdurend aan die voorpunt van tendense t.o.v. gesondheidskos. Hul leuse “Sonskyn in ‘n pakkie” spoel oor na hul diens en hul winkel – dit is ‘n sonskynwinkel. Tel. 081 844 4116
Dr. Jacobeth Whiting Die tandarts dr. Jacobeth Whiting het die deure van haar praktyk in Desember 2015 vir die publiek oopgegooi. Hierdie familie-vriendelike praktyk is voorwaar die eenstop-plek vir die hele gesin se
tandsorg en mondhigiëne. Dr. Jacobeth is ‘n spesialis in die behandeling van kinders en persone met spesiale behoeftes of fobiese pasiënte. Sy het ‘n meestersgraad in pedriatiese tandheelkunde aan die Universiteit van die Wes-Kaap verwerf. Haar dienste is egter nie beperk tot hierdie groepe nie, almal kan daaraan deel hê. Haar praktyk is ‘n plek waar sy poog om binne alle groepe van die gemeenskap ‘n bewustheid van mondgesondheid te kweek. Tel. 021-864 2012
NUUS • NEWS
21 September 2016 Promosie
Kreatief Skryfbehoeftes Wellingtonners kan sedert Augustus 2015 al hul skryfbehoeftes by die Kreatief Skryfbehoefte winkel in Welgeleë Plein koop. Hul uitgebreide voorraad sluit alle algemene skryfbehoeftes en benodigdhede vir skool, maar ook spesialiteitsprodukte in. Hierdie een-stop-winkel vir enige kreatiewe siel, skolier of student verskaf kunsvoorrade, verpakkingsmateriaal, kunsvlyt-produkte, wol, naaldwerk- en hekelbenodigdhede, asook ‘n wye verskeidenheid geskenke. Kreatief se nuutste toevoeging tot hul breë reeks produkte en dienste is die lasersnywerk wat hul uit hout vir spesiale geleenthede soos troues bied. Die vriendelike verkoopskonsultant, Brigitte Fortuin en die eienaar, Mariëtte Rossouw is ‘n gedugte span wat hul vingers op die pols van die nuutste tendense in die kreatiewe wêreld het en dit na Wellington bring. Tel. 021 020 0264
Lesley’s Duvets Enige Wellingtonner wat op soek is na die perfekte, goeie kwaliteit beddegoed, hoef nie verder as Lesley’s Duvets in Welgeleë Plein te soek nie. Hier vind ‘n mens professionele diens en kundige raad t.o.v. die korrekte beddegoedkeuses. Die produkte in die winkel is van uitstaande gehalte en sluit ‘n verskeidenheid dons-beddegoed in. ‘n Bonus is die feit dat hierdie diens en produkte plaaslik en teen baie billike, kompeterende pryse beskikbaar is. Tel. 072 177 6401
Sotheby's As jy in die mark is vir 'n nuwe huis, is Sotheby's die een wat jou sal help om 'n nuwe tuiste en plek vir jou hart te vind. Met hul groot verskeidenheid huise beskikbaar en jare ondervining, kan jy nie verkeerd gaan nie. Kontak Janine Kohler by 021 870 1011 of 082 774 2525 om 'n afspraak te maak, of stuur 'n epos na janine@sirpaarl.co.za
7
Geklassifiseerd • Smalls Sterfgeval Obituary
Leon ons is stom..woorde is min..dankie dat ons jou kon ken en sal die lekker kuiertjie saam in Velddrif onthou. Jou Boeremusiek en die dansies om die tafel. Jy moet sag rus tot ons weer ontmoet. Liefde Nettie, Ronel & Lizelle Dienste Services
STROEBEL LEON 5 APRIL 1963 - 16 SEPTEMBER 2016 Woorde het ek nie..My Groot Teddiebeer na ons paaie 30 jaar terug geskei is, het ons nog steeds spesiale tye saamgehad. Dankie vir alles wat jy vir my en my seuns gedoen het. Sag rus tot ons weer ontmoet. Baie sterkte aan die naasbestaandes. Gaan jou baie mis. Liefde Karin, Dohann en Wahldo. ---------------------------------Leon, dankie vir jou vriendskap van jare. Ons onthou al die mooi daarvan. Liefde Frikkie & Elizna (Velddrif) ---------------------------------Leon, ons het "great" tye saam gehad. Ons as vriende het so baie "fun" gehad. Jy en Ian is nou bymekaar. Ons koester spesiale tye saam op St Marlo. Rus sag my vriend. Liefde Marietjie Bester ---------------------------------God het een van sy mooiste rose kom pluk vir Sy tuin. Jy sal baie gemis word Leon. BAIE STERKTE AAN SY FAMILE. RIP Leon Heletia van Texas ---------------------------------Leon...ou Groot Teddiebeer..jy sal gemis word. 'n Hart van Goud en persoonlikheid van miljoene blink strerre! Jou kitaar en liedjies om die kampvuur is hoe ek jou sal onthou op Velddrif. "Was ek maar 'n Digter en Jaloers Bokkie" sal my altyd aan jou laat dink. Rus in vrede Leon. Jy los 'n groot leemte. Baie liefde Christelle --------------------------------Soos jy baksteentjies gelê het op stofpaaie, het jy vriendskap in baie se harte gelê wat sal onthou word. Liefde Herman,Annalie, Schalk, Minette en Sarike Burger ---------------------------------Leon, sal jou altyd onthou ou grote. Rus sag in vrede. Baie liefde die Dalhouzies ---------------------------------Ou Leeu, ons het so baie dinge saam gedoen. Ek het gesê ek sal nog 'n draai kom maak by jou, en nooit daar uitgekom nie. Maar ek weet jy sal verstaan. Dankie dat jy so 'n goeie vriend was. Mis jou al klaar. Jy verdien die rus, en sê groete vir my Pa en Ma. Tot weersiens Louis Havenga ----------------------------------
ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2781 --------------------------------BOU VAN NUWE HUISE - EPM Pty Ltd. 084 230 1639 ansleyehrenreich@ gmail.com - Gratis kwotasies #2781/2 Gelukwensing Congrats CHINIQUE HUGO Baie geluk met jou vyfde verjaardag op 21 September. Jy moet lekker verjaar. Ek is baie, baie, baie lief vir jou, my engel. Van : Pappie --------------------------------Veels geluk Chinique met jou vyfde verjaarsdag. Lekker verjaar Ouma se groot meisie. Baie lief vir jou. Van Mamma Osie en Oupa Willem --------------------------------Veels geluk Chinique. Jy moet 'n lekker dag hê meisiekind. Van Aunt Sussie, Rishi en seuns ------------------------------JESNAY SAMSON Geluk met jou vyfde verjaardag op 21 September. Dankie vir al die vreugde en liefde wat jy bring. Lekker verjaar Ouma se kleinkind. Van: Ouma Hendrina, oupa Japie, Sunell, Porsche en sussie Shanon -------------------------------RAAI WIE IS EEN op 23 September. Baie geluk Mammie se noi. Liefde van Mammie, Dadda (Dudley), twee sussies, ouma Iza en Abieda --------------------------------Slamat met jou geboortedag. Allah se rykste seën en ek hoop jy geniet jou dag Laa'iqah. Liefde van Uncle Maurice (MO) --------------------------------DITTIE - Baie geluk my beste nig, met jou verjaardag op 17 September. Hoop ons Hemelse Vader spaar jou nog 'n jaar. Mooi dag vir jou en ek is baie lief vir jou. Geniet jou dag - "huggs and kisses" Liza Elizabeth Swartz. Van jou niggie Fransiena & Slos en Manuel gesin ---------------------------------RAAI WIE WORD SEWE OP 15 SEPTEMBER 2016 Gelukkige verjaarsdag Burton. Mag jy 'n geseënde dag hê en mag die
Geklassifiseerd • Smalls Liewe Vader vir jou nog baie jare spaar. Jy moet altyd gehoorsaam wees aan jou ouers. Van jou : Ouma, Oupa, Ma, Suster, Broer, Antie en Oom - Jy moet lekker verjaar onse stoutseun ---------------------------------XAVIER COMBRINK 22 September 2016 To our eldest son. May God bless you with many more years. A big SEVEN. May the favour of our Lord rest upon your life always. Love Mommy and Daddy ---------------------------------To my brother Xavier. Happy Birthday. Love you a lot. From your brother, Brooklyn ---------------------------------Time is flying - Seven years old. Mamma's big boy. Mamma love you. Enjoy your day at school. From Mamma Veronica --------------------------------Memorium In Memoriam TROLLIE OWIES Gebore : 20 September 1962 Oorlede : 25 Maart 2015 Vandag is dit jou tweede verjaarsdag in die hemel. Ons berus ons in die mooi herinneringe wat jy vir ons nagelaat het. Wat God gedoen het, was welgedaan en ons bevraagteken nie Sy werk nie. RIP tot ons weer ontmoet. Van : Jou vrou, drie seuns, twee kleinkinders, ma, broer, ses susters en al die familie en diegene wat met 'n band van liefde en vriendskap verbind was ---------------------------PIETER SWARTS (BOURE) Op 24 September jou eerste verjaardag in die hemel. Dink nog elke dag met liefde en verlange aan ons jongste boetie. Sal altyd in ons harte voortleef, maar berus ons dat jy op 'n beter plek is. Van jou suster Lisa, swaer Kassie en Swarts familie ---------------------------LEON FARAO 25 September Liefste kind nog 'n verjaarsdag.. Jy sou Sondag 40 jaar oud gewees het, maar Jesus het anders besluit. Ek mis jou en het jou nog steeds baie lief. Sal jou altyd onthou. Baie liefde Mammie ---------------------------My liefste broer, sou so graag geluk wou sê op jou 40ste verjaardag, maar Liewe Jesus het jou meer nodig gehad. Nou moet ek maar die soene vir die foto los. Mis jou verskriklik my pandabeer. Koester ons mooi herinneringe saam. Lief jou altyd. Jou sussie Chrizaan, Timo, Zenobia,
Tristan en Keagan --------------------------------LUCAS NELL 24 September Pa 'n jaar is verby en dit voel nog soos gister toe ons so lekker gesels en gelag het. Ek mis Pa baie, sal Pa altyd onthou en lief hê. Baie liefde Sarah, Heman en Johnnic ---------------------------24 September - Dit is reeds 'n jaar wat Pa verhuis het na u ewige woning. Ons harte is nog baie seer en dit is steeds so onwerklik dat Oupa Lukas nie meer daar is nie. Pa was 'n merkwaardige mens en ons sal jou nooit vergeet nie. Baie liefde : Kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders --------------------------------DENISE MICHAELS 15-08-1947 : 20-09-2012 You've been out of our lives for four years now. No farewell words were spoken, no time to say goodbye, You were gone before we knew it and only God can tell us why. But those we love did'nt go away, they walk beside us every day, unseen, unheard, but always near. Still loved, still missed and very dear. James, sisters and brothers ----------------------------
courant SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
21 September 2016
21 September 2016
•KLOP EVERGREENS IN AGTER-PAARL
Hillcrest United dra liga-kroon
"Hillies jou lekker ding!" Dit was wat die skare geskree het na Saterdag se wedstryd tussen Hillcrest en Evergreens in Agter-Paarl. Die manne in blou het die jaar op ‘n goeie noot afgesluit deur al drie wedstryde met 'n bonus-punt te wen, die derde span 25-10, tweede span 55-3 en eerste span 88-17. Met die bonuspunte beteken dit dat Hillcrest se derdespan tweede eindig in hul liga, die tweede span as liga-kampioene gekroon word, en die eerste span 'n tweede plek, met ‘n plek in die top-ag-uitspele. Hillcrest het vanjaar regdeur die jaar baie goeie rugby gespeel. Die derde span het 14 van hul 20 wedstryde gewen, die eerste span het 20 bonus punte ingepalm met 16 uit 20 wedstryde gewen. Maar die span wat weekliks op die lippe van die toeskouers was, is die gevaarlike tweede span, wat 16 van hul 20 wedstryde gewen het, en die minste punte afgestaan het in die hele streek. Baie jong spelers het tot die beste van hul potensiaal gespeel onder die goeie afrigtingspan, en baie kon vinnig opskuif na die eerste span. Dis voorwaar ‘n geskiedkundige jaar vir Hillcrest met drie spanne in die top-twee in die Groot Uitdaag-kompetisie. Voorbereiding vir die sewes-rugby begin vanaf einde Oktober en spelers wat belangstel om aan te sluit by Hillies kan die klub-sekretaris kontak, Jovan-re Cupido, by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com.
Boland in home semi-final
THE Boland U.20 team secured a home semi-final after claiming a 20-53 victory over Griquas U.20 in Kimberley this past Saturday. Boland lead 13-22 at the break. Boland finished second on the overall log with 55 points after 14 matches - four points behind the log-leading Griffons U20 with 59 log points. This means that Boland will face thirdplaced SWD U.20 in a semi-final match at the Boland Stadium in Wellington on Friday 30 September 2016 at 14:00. The other semi-final will be contested by Griffons U.20 vs Limpopo U.20. SCORERS: Boland U.20 Tries – Barry Adonis (2), Colin April (2), Colwyn Manchest (2), Keagan Fortune, Kurt-Lee Arendse Conversions – Hendrik Carstens (3), Keagan Fortune (2) Penalty – Hendrik Carstens Griquas U.20 Tries – Byron Qupa, Coby Willemse, Daniello Huyster Conversions – Pieter Snyman Penalty – Pieter Snyman
Wedren Die Toyota Handelaarswedren het Saterdag die stof en klippe tussen Malmesbury en Wellington laat spat toe dié spoedvrate die plaaspaaie van die omgewing aangedurf het.