courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
21 September 2016
Uitgawe 388
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•EEN VAN SLEGS VIER FINALISTE TER WÊRELD
Dot se renoster vat die koek
•Jaomi Zeeman
Dot Klerck van Wellington, die meesterbrein en kunstenaar van haar onderneming “Eat Cake Party”, is pas as een van slegs vier finaliste ter wêreld in die “Cake Masters Magazine Awards” (CMMA) aangewys. Hierdie eer het haar te beurt geval vir haar lewensgroot renosterkoek wat haar as finalis vir die beste vertoonstuk gekwalifiseer het. Die CMMA word as die “Oscars van die bakkers” beskou en is ‘n internasionale kompetisie waar net die heel beste bakkers, versierders, beeldhouers en koek-kunstenaars ter wêreld vereer word. ‘n Benoeming in enige kategorie van hierdie geleentheid is ‘n geweldige eer en uitsonderlike prestasie. Volgens Dot voel sy uit die veld geslaan oor die benoeming. “’n Mens werk baie hard en jy is passievol oor wat jy doen, maar hierdie tipe toekennings en pryse is iets wat altyd baie ver en onwerklik gevoel – iets waaroor jy miskien droom, maar wat jy dink nooit vir jou sal waar word nie,” sê sy. Nou het hierdie droom egter vir Dot ‘n werklikheid geword en sy is binnekort op pad na Birmingham. Hier sal sy op 5 November saam met al die ander glansmense in die koekbedryf oor die rooi tapyt van die grootste internasionale meester-toekennings loop. Volgens Dot voel die hele ervaring nog onwerklik. “Ek was buite myself van blydskap toe ek die nuus kry. Ek bedoel, ek is ‘n bakker en kunstenaar van Wellington in Suid-Afrika. ‘n Mens weet nooit of die beoordelaars jou werk sal raaksien nie,” sê sy. Haar uitsonderlike koeke maak egter reeds ‘n geruime tyd opslae – plaaslik en in die buiteland. Sy het ‘n unieke metode ontwikkel waarmee sy lewensgetroue beeldhouwerke uit koek kan vorm en versier – iets wat nog nooit vantevore in die koekbedryf gedoen is nie. “Ek het na skool kuns studeer en in beeldhouwerk en ontwerp gespesialiseer. Die basiese beginsels wat ek daar geleer het, is iets wat ek nou in die ontwerp en bou van my koeke kan toepas,” verduidelik Dot. “Ek het ‘n unieke metode ontwikkel waar die hele koek vooraf ontwerp word en elke moontlike hoek van die koek geteken en bereken word sodat alles proporsioneel reg is. Dit word deur fyn berekeninge gedoen en selfs die hoeveelheid mense wat van so ‘n koek kan eet, is by my formules
Dié reuse-koek, gebak en versier deur Dot Klerck, ding mee in die "Cake Masters Magazine Awards". ingesluit,” vertel sy. “Ek teken dan ‘n template Awards” benoem. Die lewensgroot renosterkoek wat haar die vir die ontwerp en alles word daarom gevorm en gemaak. Die koek word daarvolgens gebak, plek as internasionale finalis in die CMMA besorg het, het haar vernuf tot die uiterste beproef. Die gebou en versier,” sê sy. “Daar word ‘n staalraamwerk vir elke koek koek het amper ‘n ton geweeg en was ‘n lewensgebou en dit kos amper ‘n bietjie ingenieursver- getroue replika van ‘n renoster wat in die KIKS nuf om dit presies reg te kry. Die balans moet uitgestal is. Dit is as deel van ‘n bewaringsveldtog absoluut reg wees. Wanneer my koeke klaar is, vir renosters gebak en is uiteindelik opgeëet. Volgens Dot was die hele ervaring rondom die kan dit letterlik onderstebo gekeer word en niks bou van hierdie koek iets wat sy nooit sal vergeet oorkom nie – dit is uiters stewig,” vertel Dot. Die ontwikkeling van hierdie unieke metode nie. “Ek het die koek in my sitkamer gebou, want het haar vinnig in ‘n tipe kultusfiguur in die koek- dit is die enigste vertrek waar die oopskuifdeure -wêreld laat ontpop. Mense het haar uitsonder- groot genoeg was sodat ons die koek sou kon uitlike vertoonstukke en kunswerke gesien en wou vat. Die kop alleen het amper 100kg geweeg. Ons weet hoe sy dit regkry. Die vele navrae wat sy in moes ‘n spesiale vurkhyser kry om die voltooide verband met haar metodes gekry het, het tot die koek uit die huis tot op die vragmotor te kry – dit aanbied van meestersklasse in hierdie spesiali- het ure geneem!” vertel Dot. Hierdie koek het R65 000 gekos om te maak en die vervoerkoste teitsveld gelei. “Ek het begin om klasse in my werksmetode van Wellington na Kaapstad het R11 000 beloop – aan te bied. Dit was so gewild en die aanvraag was kostes wat gelukkig deur borge betaal is. Vir Dot, wat “Eat Cake Party” begin het deur so groot dat dit ‘n lewe van sy eie gekry het,” lag sy. Sy het die afgelope tyd klasse in Mexico City, verjaardag-, trou- en doopkoeke te bak, is haar Atlanta, Miami, Barcelona, Nederland, Zurich, sukses enersyds verrassend, maar andersyds Ierland, Pole, Jakarta en Nieu-Seeland aangebied. bevredigend. “Ek werk al vir nege jaar lank onopSy en haar werk het ook al in talle nasionale en houdelik aan hierdie passie wat my soveel bevreinternasionale tydskrifte verskyn en sy is as ‘n diging verskaf. Hierdie is die beloning waarop finalis vir die internasionale “Edible Artist Global enige kunstenaar in die koekbedryf hoop,” sê sy.
NUUS • NEWS
21 September 2016