courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
14 September 2016
Uitgawe 387
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•DRAMAGROEP BRING TALLE WERKE NA VERHOOG
Kaleidoskoop van digters by fees •Jaomi Zeeman
Onder die nasionaal- en internasionaalbekroonde kunstenaars wat dié naweek by die Tuin van Digters gaan optree, tel ook ‘n plaaslike toneelgroep. Kaleidoskoop is die Breytenbachsentrum se eie drama-groep en hul produksie “Ons komvandaan” gaan vanjaar vir die tweede maal by die Tuin van Digters opgevoer word. Volgens een van die stigterslede, Gaireyah Fredericks, bestaan Kaleidoskoop al sedert 2012. “Kaleidoskoop het eintlik sy ontstaan gehad as deel van die Breytenbachsentrum se inisiatief vir vaardigheidsontwikkeling. Hulle het in 2012 ‘n IDT-program begin waarin hulle plaaslike mense wou bemagtig om met drama en poësie ‘n verskil in die gemeenskap te maak,” vertel sy. “Ons het aanvanklik net ‘n kort drama gedoen wat ons vir Mandeladag by Huis Silwerkruin gaan opvoer het om na die inwoners uit te reik. Aangesien ons as ‘n groep gaan optree het, het ons gevoel ons moet darem ‘n naam hê en omdat ons so ‘n klomp uiteenlopende mense was, het ons op die naam ‘Kaleidoskoop’ besluit,” verduidelik Gaireyah die herkoms van hul groep se naam. Ná hul eerste optrede in 2012 het hulle die krag van drama besef en wou hulle graag verder terugploeg in die gemeenskap. “Ons het betrokke geraak by die kinders op Welvanpas-plaas en ook begin drama-stukke ontwikkel wat ons vir die kinders wat operasies in die Paarl Hospitaal ondergaan het, kon gaan opvoer,” vertel Gaireyah. “Ons fokus en ons dryfkrag was om die kunste en drama na die gemeenskap te bring en om dit inklusief en toeganklik te maak. Baie skole het nie geld om kinders op uitstappies te neem nie, maar met ons opvoerings kan ons as’t ware die uitstappie na die skool neem deur daar ‘n poppekas of drama-vertoning te doen," verduidelik sy. Sedert Kaleidoskoop se nederige beginjare in 2012, het die groep van krag tot krag gegaan. Hulle doen steeds die optredes en vertonings wat deur die Breytenbachsentrum geïnisieer word, maar doen ook soms vertonings buite hierdie hoedanigheid. “Ons het gegroei in ons ervaring en vaardighede, maar ook ten opsigte van die gehore wat ons bedien. Ons gehore oorskry alle grense. Ons tree voor kinders, siekes, gestremdes, alle bevolkingsgroepe en alle vlakke van die samelewing op,” sê Gaireyah.
Foto: Marchelle van Zyl Volgens haar is Kaleidoskoop baie dank verskuldig aan ‘n paar mentors wat hulle deur die jare help vorm het. “Amelda Brand het ons ontsettend baie gehelp met ons ontwikkeling van poppekasstories. Sy het ons bemagtig om ons eie stories te skryf met raamwerke wat dieselfde bly, maar inhoud wat ons kan aanpas na gelang van die tipe gehoor wat ons bedien,” vertel Gaireyah. Sy bestempel ook Christine Truter, die samesteller van hul groot produksie, 'Ons komvandaan', as ‘n belangrike mentor. “Met ‘Ons komvandaan’ het Christine ‘n senuwee raakgeboor wat baie relevant is in vandag se politieke klimaat. Daardie sin van hoort en behoort – sy het ons gehelp om materiaal wat ons self gekies het, in ‘n sinvolle produksie saam te bind,” sê Gaireyah. ‘Ons komvandaan’ is gebaseer op ‘n frase uit een van die digter Diana Ferrus se gedigte en spreek die tema van herkoms aan. Dit word beskryf as “meesleurend, opruiend, oproerig, versoenend, onthutsend en omhelsend”. Die produksie bied ‘n ondersoekende en ontroerende blik op die werk van digters oor ses dekades heen – van PJ Philander en Adam Small tot Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Jitsvinger. Kaleidoskoop het ‘Ons komvandaan’ by die
McGregor Gedigtefees opgevoer en is reeds teruggenooi daarheen vir ‘n opvolgvertoning. Hulle beplan ook ‘n toer in die Wes-Kaap met hierdie produksie. “Ons is net die instrumente vir hierdie storie. Hy wil vertel wees, hy wil reis. Hy wil baie mense bereik en baie harte oopmaak,” sê Gaireyah. Kaleidoskoop het al by talle feeste opgetree en hul lede het al verskeie toekennings ontvang. Buiten optredes in die gemeenskap en by verlede jaar se Tuin van Digters, het hulle al by die KKNK, die McGregor-fees, die Liggiesfees, die 40ste verjaardag van die Taalmonument, die Moedertaaldag by die Afrikaans Taalmuseum, die Woordfees en die Baxter Teater opgetree. Hulle het hierdie jaar ook uit 40 produksies by die Zabalaza-fees van die Baxter Teater drie nominasies gekry. Gaireyah is by hierdie toekennings as die beste ondersteunende aktrise aangewys. Wat is ‘n groep wat al so ‘n lang, suksesvolle pad loop se toekomsdrome? “Ons wil aanhou fokus op die werk wat ons by skole doen en ons hoop dat dit wat ons doen, mense sal aanmoedig om hul eie drome te verken,” sê Gaireyah. Vir besprekings en navrae vir die Tuin van Digters, kontak die Breytenbachsentrum by 021-873 2786, 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za.
NUUS • NEWS
14 September 2016
NUUS • NEWS
2
14 September 2016
Waak teen dié slenter, maan munisipaliteit
Dit het onder die munisipaliteit se aandag gekom dat daar ‘n vals brief in die Drakenstein area versprei word. Hierdie brief deel inwoners mee dat hulle begunstigdes is in ‘n suksesvolle aansoek vir ‘n terugbetaling van ‘n staatsonderneming. Hierdie briewe bevat die munisipale logo en lyk presies soos amptelike munisipale kommunikasie. Dit is egter vals en die inligting daarop is onwaar. Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, moedig inwoners aan om waaksaam te wees en die beloftes in hierdie brief te ignoreer. Die persoon/persone wat hierdie briewe versprei, pleeg ‘n misdaad. Die briewe word valslik onder
Bome:
die vaandel van die “Staande Komitee” versprei. Daar is geen komitee met so ‘n naam wat in die Drakenstein Munisipaliteit werksaam is nie. Die briewe is onderteken deur ‘n C.L. Schoeman. Daar is geen persoon met so ‘n naam by die munisipaliteit werksaam nie. Enige persoon met inligting oor die oorsprong van hierdie briewe of die persone verantwoordelik vir die verspreiding daarvan, moet asb. die munisipaliteit kontak. Enige inligting sal vertroulik hanteer word. Kontak die kantoor van Jacques Carstens, munisipale bestuurder, by 021 807 4615. Indien die oortreders vasgetrek word, sal hulle van bedrog aangekla word.
Rita Andreas (Raadslid vir Landelike Bestuur by Drakenstein Munisipaliteit), links agter, saam met leerders en onderwysers van St. Albans, Wellington, by die plant van hul boom. Drakenstein Munisipaliteit in samewerking met Just Trees het gesorg dat Boomplantdag op 1 September 2016 by Newton sportsgronde vir talle Drakenstein skole in ‘n leersame aktiwiteit omskep is. Na ‘n toespraak deur Oliver Ryder van Just Trees, kon elke leerling deelneem in die plant van ‘n boom en wegstap met ‘n pamflet wat die Bome van die Jaar 2016 aandui. Die pamflet verduidelik ook die oorsprong van Boomplantdag asook die belang van bome in die ekologie as geheel, die nut van woude, die beperkinge van water en klimaatveranderinge. Die geleentheid, heel gepas vir Lentedag, is deel van Boomplantweek (National Arbor Week - 1 tot 7 September). Die bome van die jaar is: Ficus thonningii (wildevy / common wild fig), Maerua angolensis (knoppiesboontjie-boom / Bushveld bead-bean tree), en Maerua .sp (witbos / common bush-cherry). Foto: Elsibe McGuffog
•ENTREPRENEURS REIK UIT
ATKV sit huppel in Bergrivier se stap
Die ATKV se entrepreneursprojek onder kinders in plaasskole het ‘n positiewe nadraai gehad toe ‘n borgskap vir skoene vir hierdie kinders ontvang is. Volgens Tharina Schweidler van die plaaslike ATKV-tak is hulle al ‘n geruime tyd by die Bergrivier Primêr betrokke. “Ons het ‘n entrepreneursprojek wat ons hier geïmplimenteer het. Ons leer die kinders die basiese entrepreneursvaardighede en maak hulle sensitief vir die moontlikhede van entrepreneurskap,” verduidelik sy. “Soos wat ons betrokkenheid by hulle gegroei het, het ons sekere behoeftes onder die kinders en gemeenskap raakgesien. Hulle behoefte aan skoene, veral in die koue, nat wintermaande, is iets wat ons wou aanspreek en ons het vir ‘n borg hiervoor begin soek,” vertel Tharina. Danelene Ruiters, die innovasie en tegniese assistent by AMC Fruit en self ‘n oorspronklike boorling van een van die Bergrivierplase, het dadelik positief op ‘n moontlike borgskap vir skoene gereageer. “AMC Fruit se hoofkantoor is in Spanje en ons het ook ‘n nie-winsgewende been, die Munoz Foundation Trust, wat graag skenkings vir sulke verdienstelike sake maak. Ons het dadelik inge-
Dandré Gerber, Tracy Welcome, Natasha Schoeman, AO Hugo van die Polisie se GPF, Danelene Ruiters, skoolhoof Sinthie Swart en Gert Mans met die skoene en produkte wat die kinders ontvang het. stem om skoene vir hierdie kinders te borg,” sê Danelene. Met die hulp van die skoolhoof, Sinthie Swart en haar onderwyseresse is elke kind se skoengrootte bepaal. Op Maandag 5 September het elke kind ‘n splinternuwe paar skoene van AMC Fruit en die ATKV ontvang. Die ATKV het ook vir elke kind ‘n nuwe paar skoolsokkies geborg en die vrugteprodusente en personeel van AMC het heerlike vrugte en sappies aan die kinders voorsien. Die kinders was oorstelp van blydskap en die skoolhoof, Sinthie Swart, het haar dank t.o.v. die inisiatief uitgespreek. “Dit is regtig wonderlik dat die gemeenskap sulke vennootskappe sluit om die kinders te help. Hierdie kinders gaan soms skool onder moeilike en karige omstandighede en vandag voel hulle spesiaal. So iets gee hulle hoop,” verduidelik Sinthie. “Die ATKV probeer om verhoudings te bou. Ons kan nie sulke inisiatiewe sonder die hulp van al die ander rolspelers en weldoeners in die gemeenskap aanpak nie. Hierdie is die produk van die samewerking tussen die ATKV, die skool, die vrugteprodusente, AMC Fruit en selfs die polisie se GPF-afdeling wat altyd help om die kinders te vervoer,” sê Tharina Schweidler.
NUUS • NEWS
3
14 September 2016
Hugenote Hoër se koor hou eersdaags galakonsert Hugenote Hoërskool se koor bied op 27 September ‘n galakonsert in die NG Kerksaal in Kerkstraat aan. Volgens die koorleier, Johann Enslin, beloof hierdie jaar se konsert om alle verwagtinge te oortref. “Hierdie jaar se galakonsert van Hugenote Hoërskool se koor is ‘n trotse hoogtepunt van ‘n jaar se harde werk en ‘n toonbeeld van die standaard wat die skool op alle terreine stel,” sê hy. “Die koor se wye repertoire bied iets vir almal en sluit komposisies deur bekendes soos o.a. Coenie de Villiers, Marc Hafso, Queen, Louis van Rensburg, Christopher Torr en vele meer in. Uittreksels uit “Beauty and the Beast” sal ook by die konsert uitgevoer word,” vertel Johann. Kaartjies vir die konsert (R40 vir volwassenes en R20 vir kinders) is by die skool te koop. Skakel 021-873 2111 vir navrae of besoek die skool se webtuiste by www.hugenoteskool.co.za.
Mej SA deel in •FEES SLUIT AF MET MUSIEK bewusmaking Plaaslike talent by Die “Reik na Herstel”-organisasie hou op 6 Oktober hul jaarlikse Borskanker Bewusmaking/ Fondsinsamelingsfunksie in die skoolsaal van Hugenote Hoërskool. Volgens Annalien Vollgraaf van Reik na Herstel in die Paarl gaan dit ‘n heerlike oggend met ‘n “brunch” en Wanda Bam as spreker wees. Wanda is die ma van die voormalige mej. Suid-Afrika, Melinda Bam, en ‘n bekende motiveringspreker. Daar sal ook talle gelukkige trekkings wees en interessante stalletjies van ‘n verskeidenheid uitstallers. Annalien vertel dat die Reik na Herstel inisiatief amper 50 jaar gelede na Suid-Afrika gebring is. “Die Internasionale groep, Reach for Recovery, het sy ontstaan in Amerika gehad nadat ‘n borskanker pasiënt, Me Lasire, besluit het om inligting bymekaar te maak en dit met ander te deel. Die Reik na Herstel-groep se doel is om vroue wat met borskanker gediagnoseer is te ondersteun en inligting te verskaf. Vrywilligers word deur die hospitaal of dokter gekontak indien daar iemand is wat ons kan besoek,” verduidelik sy. Volgens Annalien is al die vrywilligers dames wat voorheen met borskanker gediagnoseer is en vir opleiding gegaan het. “By ‘n besoek aan ‘n nuwe kankerpasiënt verskaf ons ‘n sakkie met inligtingsstukke en hulpmiddels wat dit vir hulle makliker maak. Dan probeer ons enige vrae beantwoord wat die pasiënt mag hê. Dis waar die inspirasie-deel van ons funksie inkom. Ons wil aan ander kankerpasiënte wys dat ‘n mens met borskanker ‘n vol en gelukkige lewe kan hê,” sê sy. Tot dusver het hulle reeds borge van JVZKonstruksie en Drakenstein Munisipaliteit vir hul funksie ontvang, maar hoop om nog ‘n paar te betrek. Die fondse wat hulle met die funksie insamel, gaan aan hulle Ditto-projek, hul groepbyeenkomste wat vier keer per jaar plaasvind en vir die saamstel van die sakkies wat hulle aan kankerpasiënte gee. Met hul Ditto Projek streef hul daarna om elke vrou wat ‘n bors verloor het, van ‘n prostese te voorsien. Die projek fokus op staatspasiënte en pasiënte wat nie ‘n mediese fonds het nie. Vir kaartjiebesprekings, navrae of skenkings kan Annalien Vollgraaff by 083 263 3678 gekontak word.
‘Tuin van Digters’ Die Tuin van Digters gaan hierdie naweek op ‘n hoë afsluit met die klassieke musiekvertoning, Musiek & Woorde, in die Goodnowsaal. Die gehoor kan uitsien na vertolkings van gedigte van onder andere Elizabeth Eybers, Antjie Krog, Ingrid Jonker, C. Louis Leipoldt en TT Cloete. Toonsettings sowel as bekende klassieke komposisies en rolprenttemamusiek sal in die program gehoor kan word. Ilse Schürmann, die vervaardiger, sê die inspirasie vir die produksie het begin toe sy die digbundel, Liggaamlose taal, in die ’90’s ontdek het. “Van die musiek gaan letterlik oor gedigte en van die gedigte gaan weer oor musiek.” Onder die kunstenaars wat in hierdie
uitvoering gaan optree, tel twee plaaslike sterre, nl. die Paarliet Lynelle Kenned (sopraan en ook bekende Pasella-aanbieder) en die violis Piet de Beer wat oorspronklik van Wellington kom en ook hier skoolgegaan het. Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk sal die voorlesings doen en Elna van der Merwe is die pianis. Hierdie vertoning is by die Goodnow-saal op Sondagaand, 18 September om 18:00. Kaartjies kos R150. Besprekings kan gedoen word by JeanneMari Gerber: 021 873 2786; 073 435 1022. Besoek www.breytenbachsentrum.co.za vir die volledige program van die Tuin van Digters, 16 tot 18 September.
NUUS • NEWS
courant Die pen, die swaard Pauw Gedenk bring hulde aan leerder 14 September 2016
dié
4
en die skrywer
Hulle sê die pen is magtiger as die swaard. In die bedryf waarin die uwe haarself, word dit telke male weer bewys en ook ondervind. Dit wat neergeskryf en neergepen word, is blywend. As jy die een agter die sleutelbord is, vergeet jy maklik dat daar duisende mense daar buite is wat jou woorde lees. Soms is dit beter so, anders kry jy dalk verhoogvrees en vries jou vingers! Om weekliks woorde bymekaar te sit, sodat dit sin maak vir diegene wat dit lees, is nie 'n maklike taak nie. Om 'n storie te verwoord en te verduidelik sodat die leser kan ervaar wat jy ervaar het in die oomblik, is 'n groot en uitdagende taak. Daarom is dit so lekker as iemand die telefoon optel en dankie sê, of net sê dat hulle 'n berig geniet het. Dit gee jou sommer ekstra woema. Dit is juis hierom so wonderlik dat 'n hele naweek van feestelikheid aan die skrywers en digters van die omgewing afgestaan word. In vanjaar se "Tuin van Digters" word die digkuns weer afgestof en vertroetel. Dit word weer geniet soos dit bedoel was. Die woorde wat jy neerskryf is joune, so deel van jouself en dit ontbloot jou, tog is dit so lekker om dit met ander te deel. Digkuns vang emosie vas. Dit verduidelik 'n hele situasie in 'n strofe. Dit laat die liefde blom, die sterre skyn en die voëltjies sing, maar tog het dit soveel onderliggende en dieper emosies. Geniet elke oomblik van hierdie fees en gaan woord-ryker huis toe.
Een van Pauw Gedenkskool se Graad 3-leerders, Mi-Gayle Cedras (9 jaar), het verlede Sondag skielik in die Rooikruis Hospitaal gesterf, weens 'n gewas op sy brein. Volgens die skoolhoof, Julius Williams, was die skielike sterfte vir die personeel en leerders ‘n groot skok aangesien daar geen aanloop of siekte daartoe was nie. Volgens Williams wil die skool graag hulde bring aan Mi-Gayle, omdat hy ‘n groot indruk op almal rondom hom gemaak het. “Ons het Mi-Gayle geken as ‘n baie stil, nederige en skrander leerder wat dit ver sou bring in die lewe. "Sy skolastiese vordering het getuig van goeie bo-gemiddelde prestasie. "Benewens sy akademiese prestasies was hy ook baie kreatief en kon goed teken. "Vir ‘n negejarige het sy tekeninge gespreek van besonderse fyn detail. Voordat hy sy kiskar gebou het, het hy eers ‘n ontwerpsintese daarvoor gemaak. Sketse wat die verskillende aansigte van die model uitbeeld. "Hy was ‘n besondere kind. Hy was
nog so jonk en het reeds ‘n sterk aanvoeling vir ontwerp en ingenieursgrafika gehad,” sê die skoolhoof. Sy oupa Piet, ‘n spuitverwer, vertel hoe Mi-Gayle hom gehelp het en soms selfs die werk gedoen het. Volgens Williams sou hy sekerlik eendag ‘n verskil in die arbeidsmag maak. “God het dit anders beskik. Sy ma, Monique kan nie genoeg vertel van die groot vreugde wat hy haar as enkelouer verskaf het nie. "Hy het ook ‘n besondere liefde en aanvoeling vir diere gehad. Volgens Monique is dit ooglopend hoe Mi-Gayle se troeteldiere oor hom treur,” sê Williams. “Ons skool, ouergemeenskap, personeel en leerders bring hulde aan Mi-Gayle en ons eer sy nagedagtenis. "Ons kan nie glo dat so ‘n wonderlike kind nou nie meer by ons is nie.”
Hugo Rust se renosters help met bewaring
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Die hele Skrif is deur God gegee Paulus skryf aan die jong Timoteus dat almal wat godvrugtig wil lewe in Christus Jesus sal vervolg word. Goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. Met ander woorde daar gaan mense wees wat daarop uit is om ander te verlei om weg te draai daarvan om Jesus Christus te volg en Sy goeie nuus te versprei. Timoteus word gemaan om te bly in die lering wat hy geleer het, en waarvan hy verseker is, omdat hy weet van wie hy dit geleer het. Timoteus het van kleins af die heilige Skrifte leer ken wat hom wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die geloof kom deur die gehoor van die Woord van God. Paulus wys daarop dat die hele Skrif deur God gegee is en nuttig is tot lering en weerlegging, tot teregwysing en tot onderwysing in die geregtigheid. Sodoende sal die mens van God volkome wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Ons het God se Woord juis vir ‘n tyd soos hierdie om onsekerhede uit te skakel.
Hugo Rust se personeel en leerders is baie opgewonde oor ‘n nuwe inisiatief waarmee hulle die gemeenskap van die bewaring van renosters wil bewus maak. Die skool het drie renosters, Ruffy (rooi), Juba (groen) en Sweet Pea (pienk), wat oor die volgende drie weke op verskillende interessante plekke saam met die kinders en personeel gaan toer. Kreatiewe foto’s word geneem en oral waar hulle gaan, sal die mense vertel word hoe belangrik dit is om die renosters te bewaar. Die skool gaan ook ‘n muntlegging op Renosterdag, 22 September, hou om geld vir die ondersteuning van die bewusmakingsprojek in te samel. Kyk uit vir hulle renosters in die dorp, neem ‘n foto saam met een van hulle en plaas dit op die skool se Facebookblad of Instagram, Ishugorust. Mense wat aan die inisiatief deelneem of die sosiale media platvorms wil gebruik, kan die hutsmerk #hrluvrhinos daarby inspan.
Waterblommetjies:
Met die hoër reënval as verlede jaar is dit vanjaar ‘n veel beter waterblommetjiejaar. Daar word reeds vir maande gepluk en, afhangende van die weer, het “ons al tot in November waterblommetjies gepluk”. Só gesels Martha Buxmann langs die waterblommetjiedam op die plaas Burgersdrift buite Wellington. Sy sê sy is sedert 1953 op dié plaas. Buxmann vertel waterblommetjies hou van koel water en hoe langer die water se temperatuur laer bly, hoe langer hou die seisoen van dié aponogeton distachyum (botaniese naam vir waterblommetjies).
NUUS • NEWS
5
14 September 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WEEKEND SAVINGS
13% OFF PnP Bulk Country Classic Boerewors
R
66
26% OFF PnP NO NAMETM Fresh Chicken Thighs and Drumsticks
R
Per kg
39
90
Per kg
8 Pack
31% OFF PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each
R
8
45
20% OFF
Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack
R
14
50
BUY 2 FOR
R
27% OFF
33% OFF
BUY ANY 3 AND GET THE CHEAPEST FREE
Sunshine D Lite Medium Fat Spread 1kg Tub
46
PnP Bacon Assorted 200g Each
10kg
33% OFF
BUY 2 FOR
20% OFF
Kellogg’s Corn Flakes 500g
R
39
90
21% OFF
24% OFF
Nescafé Cappuccino or Café Menu Assorted 8/10s Per Pack
PnP Super Maize Meal 10kg
R
R
40
90
78
Sunlight Dishwashing Liquid Assorted 750ml Each
90
R
18
90
Maggi 2-Minute Noodles Assorted 5 x 73g Mega Pack
BUY ANY 2 FOR R
32
50
PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES.
24% OFF 25% OFF
30% OFF
22% OFF
Twinsaver Luxury 2 Ply White Toilet Tissue 9s
Pampers Disposable Pants Jumbo Pack Assorted Per Pack
R
R
42
90
129
90
23% OFF
Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
R
179
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Skip Intelligent Auto Washing Powder 2kg
90
R
45
90
R
90
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
www.picknpay.co.za
PLEASE RECYCLE
Accounts OPEN
16 SEPTEMBER 2016
PRICES VALID 15 - 18 SEPTEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS325
Viceroy 5-Year-Old Brandy 750ml
CUSTOMER CARE TOLL FREE: 0800 11 22 88 (Landline only. Cellphone rates apply)
NUUS • NEWS
6
14 September 2016
Gratis testamente in Pret met Pinotage-dag nasionale testamenteweek
Gedurende September word nasionale testamenteweek gehou wat vanaf 12 tot 16 September duur. Deur ‘n testament te besit word daar verseker dat al jou wense gelys word, en verhoed dat jou erfgename in duur litigasie betrokke raak, in ‘n poging om duidelikheid te verkry oor wat jy sou bedoel het in ‘n spesifieke klousule. Indien jy sou sterf sonder om ‘n opgestelde testament agter te laat, sal daar gesê word dat jy ‘intestaat’ gesterf het en sal die reëls van intestate erfopvolging bepaal wie eienaarskap sal verkry van die eiendom wat jy agterlaat. Deur ‘n testament op te stel kan jy reël vir jou bates om verdeel te word tussen familielede of vriende, pleks daarvan dat die reëls aangaande intestate erfopvolging aanwending vind. Hier is ‘n paar wenke wat jy ingedagte moet hou wanneer jy die opstel van jou testament benader: Dit gebeur soms dat jy ‘n testament het, maar wanneer die boedel beredder moet word, is die
testament weens ‘n tegniese aspek ongeldig. Wanneer ‘n boedel aangemeld word, moet jy die volgende saam met jou bring. ‘n Afskrif van jou en jou gade se ID, asook jul huweliksertifikaat en huweliksvoorwaardekontrak. Die afskrif van die kinders se ID’s of geboortesertifikaat is ook nodig. Volle name, adresse en kontaknommers van al die erfgename is nodig. Onthou jou inkomstebelastingnommer. ‘n Egskeidingsbevel en skikkingsakte is nodig indien julle geskei is. Indien jy ‘n weduwee/wewenaar is, is die oorlede gade se sterftesertifikaat en/of boedelnommer ook nodig. Bring jou pensioen en mediese besonderhede saam, asook, die kontakbesonderhede van jou ouditeur, transportaktes van vaste eiendomme, die besonderhede van verbandhouer en rekeningnommer, poliskontrakte en/of polisnommers en instansies, besonderhede van alle beleggings, tjek-, spaar en ander bankrekeninge, ‘n aandelesertifikaat indien jy daaroor beskik en die oorspronklike registrasiesertifikate van alle voertuie op u naam geregistreer. Wie kan ‘n testament opstel? Die Wet op Testamente 7 van 1953, wat in werking getree het op 1 Januarie 1954, bepaal dat enigeen wat minstens 16 jaar oud is, ‘n testament mag opstel mits hy/sy verstandelik in staat is om die aard en effek van sy/haar handeling te begryp.
Wellington Wyne sal Internasionale Pinotage Dag op Saterdag 8 Oktober op feestelike wyse vier. Met hierdie viering sal hul aan die enigste inheemse Suid-Afrikaanse druiwe-variëteit hulde bring. Die dag beloof ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk by die Bovlei-proelokaal. Die feestelikheid sal met ‘n skreeusnaakse Pinotage Pilates-klas afskop. Tydens hierdie spesiale klas sal die standaard Pilates-toerusting met ‘n bottel wyn en proeglas vervang word – items wat die deelnemers agterna kan huis toe neem. Die eerste sessie is van 08:00 tot 09:00, met nog sessies later in die dag geskeduleer. ‘n Pinotage kos-en-wyn-paring sal in die proelokaal aangebied word en wynliefhebbers kan hul verlustig in prima Pinotage-wyne en versnitte wat met perfekte kos-pasmaats soos biltong, boereworsfrikkadelle en sjokolade-bruintjies bedien sal word. Spesiale wynproeë sal ook dwarsdeur die dag aangebied word. Besoekers kan ook van Wellington Wyne se spesiale 10% afslag-aanbod gebruik maak – ‘n inisiatief waar jy jou besparing op wynaankope aan die Pink Drive ten bate van borskankerbewusmaking, kan skenk. Die Pinotage produktemark, wat deel van die fees vorm, is die ideale plek om heerlike Pino-
tage-geïnspireerde produkte soos konfyt, blatjang, smere, sowel as ander plaaslike produkte te koop. Die plaaslike rockgroep, The Inside Job, sal vir vermaak sorg en ‘n feestelike atmosfeer verseker. Besoekers kan hul eie piekniekmandjies saambring en die dag saam met Wellington Wyne geniet. Kaartjies vir die Pinotage Fees is teen R150 per persoon by www.quicket.co.za beskikbaar. Die dag sal op ‘n stylvolle noot met die Pinotage Langtafel om 19:00 afgesluit word. Hierdie formele gala-aand sluit ‘n weelderige driegang-spyskaart, perfek gepaar met gepaste wyne, in. Met hul aankoms sal gaste ‘n glasie La Cave Pinot Noir MCC met mini bruschettas, geroosterde tamaties, pesto en ‘n Pinotage reduksie geniet. Die voorgereg van bobotie spring rolls met Pinotage blatjang en die hoofgereg van lamskenkels met romerige blomkoolpuree sal met gepaste wyne uit die W-reeks, sowel as wyne uit die La Cave-reeks bedien word. Die donker sjokoladetert, bedien met Pinotage-geposjeerde pere, sal saam met die bekroonde La Cave Cape Blend, die kroon span op ‘n viering van inheemse voortreflikheid. Kaartjies vir die langtafel kan teen R450 per persoon by marketing@wellingtonwines.com bespreek word.
VLV gee vroetelkombersies vir inwoners van Silwerkruin
Bo: Emmie Malan en Ezla Ritter van die VLV saam met Claudine Manus, aktiwiteitskoördineerder by Silwerkruin. Die vroue van die VLV het besluit om “vroetelkombersies” of -voorskote vir die Alzheimerpasiënte in die ACVV Silwerkruin Huis vir Bejaardes te maak. Volgens Emmie Malan, VLV-lid en skepper van een van die kombersies, het hulle ‘n behoefte in die stimulering van die Alzheimer-lyers by Silwerkruin raakgesien. “Die mense in die Alzheimer-afdeling kan nie meer lees of stories op die televisie volg nie. Daar is min stimulasie vir hulle bedags. Die idee vir die vroetelkombersies is gebaseer op die sensoriese stimulasie wat gewoonlik vir klein kindertjies gegee word,” sê sy. Claudine Manus, aktiwiteitskoördineerder van Silwerkruin, beaam dit. “Dieselfde sensoriese stimulasie wat goed is vir die ontwikkeling in jong kinders kan baie suksesvol ingespan word vir die stimulasie van Alzheimer-pasiënte,” sê sy. “Elke voorskoot of kombersie het ‘n verskeidenheid van sensoriese stimuli waaraan die
mense kan sit en vroetel. Daar is byvoorbeeld growwe en sagte of gladde teksture, ritssluiters, knope, toutjies, spieëltjies en ander items aan die komberse of voorskote vasgewerk wat elkeen ‘n ander gewaarwording by die pasiënt veroorsaak en hul sodoende onwetend stimuleer,” verduidelik Claudine. Die dames van die VLV het ingespring en altesaam 18 vroetelkomberse of –voorskote gemaak wat hul op Donderdag 8 September aan die Alzheimer-afdeling oorhandig het. Een van die VLV-lede, Amelia Jacobs, se ma het 10 kombersies gemaak om hulde te bring aan Amelia se skoonma, ‘n Alzheimer-lyer wat tot haar dood by Silwerkruin versorg is. Claudine Manus het die gebaar van die VLV as merkwaardig bestempel. “So iets maak ‘n groot verskil in die Alzheimer-lyers se daaglikse stimulasie. "Ons is opreg dankbaar vir die meelewende, vrygewige gebaar aan dié mense wat so maklik vergeet word.”
NUUS • NEWS
7
14 September 2016
Dagboek • Calender
Geklassifiseerd • Smalls Dienste Services
Depressie- en Angsondersteunngsgroep 14 September met Louis Rautenbach wat gesels oor die onderwerp : Gender en Seksualiteit by die Marthasaal (oorkant Landdroskantoor in Wellington) Navrae : Petro Greeff by 021 873 4688 VLV Wellington 15 September - Sirkeldag-byeenkoms - om 09:30 vm - 'n vertoning deur Petro van den Heever. Almal is welkom Navrae : Karen 082 448 0690 GOP-vergadering - Wyk 2 20 September - GOP vergadering in Wellington se stadsaal. Alle belangstellendes is welkom. Heritage Day Trial Run 24 September @ Rhebokskloof Wines Estate. Registration from 06:30 - 08:00, Start at 08:15. 10 km - R120; 5 km - R70. Goodie bags for the 1st 100 runners Contact Liezl Muller @ 084 707 0477 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 16 - 18 Sept - Tuin van Digters Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 29 Oktober - Marc Lottering. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse-koor van die Universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw en Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 of gwenhoney@telkomsa.net Wellington Vereniging van Bejaardes Algemene Jaarvergadering by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) op 8 September 2016 om 10h30 Navrae : Mev H Fredericks - 0747068386 Darling Wild Flower Show 16 tot 18 September - Darling Gholf Club Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Yzerfontein Sport Recreation Club
1 October - October Fest. From 11:00 until late. Free entrance, family fun and jumping castle for kids Enquiries : 022 451 2819 Robertson Wine Valley 14 - 16 October - Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (Saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free enterance. Tickets at the gate Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com Rendezvous Werfmark 25 November vanaf 9 vm tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker kersinkope, speelgoed Bridge House Mile 12 January 2017 at Val de Vie Estate Contact : Martine Bauer 083 263 6997 / Martine. mediavine@gmail.com or Michelle Tricky T 071 869 0628 / michelle@trickyt.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wel-
lington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@abcpartytjies. co.za #2393 ----------------------------BOU VAN NUWE HUISE - EPM Pty Ltd. 084 230 1639 ansleyehrenreich@ gmail.com - Gratis kwotasies #2781/1 ------------------------
Gelukwensing Congrats
Hartlike geluk aan mammie en ouma (Nana), Mary Agnes Daphne Bergman, wat haar 76 verjaarsdag sal vier op 16 September. Ons wens mammie alle sterkte en Gods seënwense toe vir die jare vorentoe. Dankie vir die altyd daar wees Ma! Van Marius,Igmar, Muneera, Alcado, Ursula, Klärschen, Jürgen, Kereshnee, Mushfeeq en Skyler. #2821 ------------------------
KYK WIE WORD 21!! Op 14 September TYRON MARTINS Baie, baie geluk met jou mondigwording. Mag God jou nog vele jare spaar. Met liefde van Christopher, Christolene, Reagan, Crystal, Creswill en Anti Sofie #2796 ---------------------------------RAAI WIE IS 60 Baie geluk met jou 60ste verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Baie dankie vir jou geduld, liefde en omgee. Jou vrou : Josephine #2801 ----------------------------Veels geluk Oupa met die mylpaal wat Oupa behaal het. Mag God jou nog vele mooi jare spaar. Dankie vir al Oupa se liefde en omgee. Dankie vir alles wat Oupa vir my doen. Van jou kleinkind, Hillario #2802
-------------------------------Veels geluk met jou kroon-verjaarsdag. Alles wat mooi is. Ons is baie lief vir jou. Van Anti Pearly #2803 --------------------------------RAAI WIE IS 60 Geluk met Mammie se verjaardag. Dit is 'n eer om 60 te word. Dankie dat jy altyd daar is. As ons 'n ma kon kies, sou ons beslis jou kies, want Mammie is 'n ma duisend. Geniet Mammie se dag. Van: June, Lucy, Georgia en kinders #2804 --------------------------------Geluk Nanna se groot seun met jou 19de verjaardag. Nanna is so trots op jou. Bly die groot man wat jy is. "Don't over do it, but do it over" Van Nanna Lucy, Johan en kinders #2805 --------------------------------Raai wie word vyf op 15 September 2016. JENOWIN, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Onse Vader jou nog baie jare spaar. Geniet jou dag. Lief jou baie. Van: Sheila en Boeta #2806 ---------------------------------RAAI WIE WORD 40 op 14 September. God se rykste seën. Ons is almal lief vir jou. Van : Jou kinders Bronwain en Nathan, jou vrou, skoonouers en Ma #2807 -------------------------------RAAI WIE WORD Twee op 15 September??? Jy is regtig 'n sonstraal in ons lewe, baie lief vir jou. Van : Ouma en Oupa #2808 ------------------------------Aan my Peetkind. Mag daar nog vele jare van sorgvry en liefde vir jou wees. Sonstraal in my lewe. Van : Peetpa. Tannie Vennie en kinders ---------------------------------Baie geluk Mammie se kind met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Ons is baie lief vir jou en geniet jou dag. Van jou boeta Aduwaan en Mammie Admer #2809 ---------------------------Baie geluk aunty Nieve se "peanut" Mag Liewe Jesus jou behoed en bewaar. Mag sy net vreugde en geluk vir jou bring Admer, al is sy so stout. Baie lief vir jou Shaskia - Van Aunty Nieve #2810 ----------------------------Baie geluk Tine se blom. Mag God jou nog vele
Geklassifiseerd • Smalls jare uitspaar en geniet jou dag. Baie lief vir jou Jou Aunty Merltine #2811 -------------------------------Geluk Mammie Merle se blompot ”stay as sweet as you R”. Baie lief vir jou - Mammie Merle, Ciscus, Lilah en Quwin #2812 ---------------------------------Aan 'n wonderlike Ouma. Baie geluk met jou 85ste verjaarsdag op 15 September 2016. Mag God jou ryklik seën en ons is baie lief vir Ouma. Liefde : Glirine, Zino en kinders #2813 ---------------------------------Wat 'n wonderlike voorreg om deel te hê aan Mamma se 85ste verjaarsdag. Ons prys en dank die Here daarvoor dat Mamma so lank vir ons gespaar is. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Liefde: Tries, Thys, Glenay, Harlon, Creshim, Gayno en Glynis #2814 ---------------------------------Baie geluk Merichia Davids met jou geboortedag.Gods rykste seën en ons is baie lief vir jou.Liefde Mammie, Daddy, Shamè en Jenique #2815 ----------------------------Baie geluk Merichia Davids met jou verjaarsdag.Jy's net ons babbelbekkie.Hoop jy geniet jou dag.Van Nina;uncle Vince,Anja,Anneke en Vinteau #2816 ---------------------------------Baie geluk Merichia Davids met jou verjaarsdag.Als wat mooi is vir jou en ons hoop jy geniet jou verjaarsdag Liefde ouma Kelly en ouma Sussie #2817 ----------------------------LEE-DONOVAN APRIL 17 September 2016 Baie geluk Boeta met jou geboortedag. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Lekker verjaar. Ma, susters en seuns #2819
------------------------------ANNE-STASHA APRIL 18 September Baie geluk Sussa met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Geniet jou dag. Liefde : Ma, Donovan, Adellaide, Adonise en seuns #2820 --------------------------------RAAI WIE RAAK VYF?? Geluk met jou verjaarsdag op 19 September 2016. Mag die Here jou seën op die dag. Geniet dit!!! Van : Mammie, Daddy, Allegra, Kezia en Courtney #2822
Gesoek Wanted AANDAG!!!! WELKOM MEUBELS : Op soek na goeie tweede-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 4871547 / 084 7947528 #2005/54
Memorium In Memoriam SARIE DAVIDS - Ma, ouma en oumagrootjie 11 September reeds ses jaar van ons geskei. Ons dink en verlang nog elke dag na Mamma. Jy sal altyd in ons harte voortleef. Van : Anneline, Delvego en Davids familie #2797 ---------------------------SARAH SUSANNE DAVIDS Sondag, 11 September sal dit ses jaar wees dat U van ons weggeneem is. Ons weet dat Mamma veilig by Jesus is. Rus sag. Rus in vrede... tot ons weer ontmoet Van Davids-gesin #2798 -------------------------------BEN WILLIAM DANIELS. Die 13de September was dit 'n dag wat ons as familie nooit sal vergeet nie.
courant
dié
8
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
14 September 2016
SPORT
14 September 2016
Spelers swaai onder die water hokkiestokke Die Winelands Onderwaterhokkieklub se o.15-span het die naweek aan die Weskus Onderwaterhokkietoernooi deelgeneem. Rondomtalies is gespeel teen die verskillende klubs van Worcester, Stellenbosch, die Kaap en Langebaan. Winelands (Paarl/Wellington) se span het briljant gespeel en geen doele is teen hulle aangeteken nie. Hulle wen met tellings soos 10-0, 8-0. 7-0, 5-0. Op die foto is van links agter: Daniel du Plessis (kaptein), Annalene Nel (voorsitter van Winelands UWH klub), Xander Viveiros, Rudolph Miller, Shaun Pestana (onder-kaptein), Van Zyl Brand, Jaq Smit, Henrico Ackerman. Middel: Jack van Blerk (Boland afrigter), Kobus Coetzee, Pieta Erasmus en Nina-Marie Anker. Enigiemand wat belangstel om onderwaterhokkie te speel, by die klub wil aansluit of enige navrae het, kan Hanlie du Plessis, ondervoorsitter van die Winelands Onderwaterhokkieklub by 084 291 4435 kontak.
•SWARTS AS BESTE SPELER AANGEWYS IN DEBUUT
Hillcrest begrawe Bombellas in stryd
Die bloutrein van Hillcrest United het Bombellas, soos Newton-rugbyklub bekend staan, die naweek op Pelikaan Park vertrap en begrawe onder die historiese Vegkoppie-bult. ‘n Stampvol veld met meer as 2000 toeskouers, het Saterdag gesien hoe ‘n 50-7 eindtelling aangeteken word. Die eerste fase van die wedstryd was hard en moeilik vir albei spanne met die telling 3-0 in die tuisspan se guns na 20 minute. Die tuisspan het eerste agter die pale gaan kuier toe die 21-jarige blits-vleuel, Emilio Coetzee, die eerste van sy twee drieë gaan druk het. Kort daarna het Coetzee en flank Geoffrey Allies elk 'n drie gedruk vanaf ‘n briljante agterlyn-beweging. Newton het teruggekap met ‘n drie deur buitesenter Randall April. Dit was die laaste punte vir die besoekers. Die rustyd-telling was 22-7 in die guns van Hillcrest. Na rustyd het Hillcrest baljaar en die manne in blou het die besoekers oorrompel. Jean Swartz, Hillcrest se skrumskakel, wat as man van die wedstryd aangewys is, het sy debuut gemaak in die eerste span en uitgeblink in die wedstryd.
Hy het talle kere die besoekers laat bont staan met sy taktiese skoppe en breukslae om die losgemaal. Hillcrest se gevaar-senterpaar, Lesley Gertse en HR Claasen, het baie goed verdedig in die middelveld en ook talle maal Newton se verdediging verskeur. Newton het later planloos voorgekom en die fikse spelers van Hillcrest het later elke fout begin uitbuit. Die tuisspan het in die tweede helfte nog vier drieë deur Justin Willemse, HR Claasen, Dylan Maart en Alrich Muller aangetekn. Na Saterdag se oorwinning is Hillcrest tans stewig in die tweede plek van die Witsentraalstreek en sal deurdring na die Top 8-uitspele. Die manne in blou en geel het Newton bloedneus huistoe gestuur deur al drie wedstryde van die dag te wen. Die tweede span wat die tweedespan-liga se voorlopers is, het 13-10 gewen in ‘n titaniese stryd en die derde span 10-5. Hillcrest pak dié naweek Evergreens-Agter Paarl, in hul laaste liga-wedstryd van die jaar. Regs: Lesley Gertse senter van Hillcrest word platgetrek deur Theo Marinus. Marchall Afrika en Emile Booysen staan by. Foto: Roswall De Vries