courant
1 Wellington
dié
11 Januarie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 402
11 Januarie 2017
•LEERDERS VAAR GOED IN TALE EN WISKUNDE
Matrieks vier fees
Wellington staan saam teen brand Inwoners van dié dorp het soos een man saamgestaan om die brande om die dorp te keer en die brandbestryders by te staan. Hulle het die brandslaners van kos, water, medisyne en meer voorsien. Drie helikopters het onverpoosd water uit plaasdamme geskep en om die beurt op die vuur gaan gooi. Individue, instansies en besighede het almal hul hande, harte en beursies oopgemaak en ruim skenkings gemaak om die brandbestryders en mense wat deur die brande geraak is, te ondersteun en by te staan.
Die jaarlikse matriekuitslae is op Donderdag 5 Januarie bekendgemaak en Wellington se matrikulante het hulself goed van hul taak gekwyt. Die matrieks van 2016 en hul ouers het reeds sedert elfuur in afwagting by die onderskeie plaaslike hoërskole gestaan om hul uitslae, wat om presies twaalfuur aan die leerders beskikbaar gestel is, te ontvang. Sommige leerders was opgewonde en nuuskierig oor hul uitslae, terwyl ander ‘n bietjie meer benoud voorgekom het. “’n Mens leer hard en dan skryf jy maar so-so. Jy weet nooit wat die nasieners van jou antwoorde gaan dink nie. "Ek sal maar onseker voel totdat ek my uitslae netnou in my hande het. Ek hoop hard, maar is maar bang dat ek miskien teleurgesteld sal wees,” het een van die leerders by Bergrivier Sekondêre Skool laat hoor. Om twaalfuur was alle onsekerheid, nuuskierigheid en die lang wag uiteindelik verby. Die onderskeie skoolhoofde van die plaaslike hoërskole het dit aan die leerders uitgedeel. Alhoewel daar enkele teleurgestelde leerders was, was die oorweldigende emosie onder die matrieks van 2016 een van verligting, blydskap en trots. “Vanaand vier ons fees! Ons is bitterlik trots op ons seun wat met universiteitsvrystelling geslaag het!” het een pa gesê. “Ek het baie hard gewerk, maar het gesukkel om gedurende my matriekjaar ‘n A-gemiddelde simbool te behaal. Nou het ek dit in die eindeksamen reggekry! Ek is baie bly dat my harde werk uiteindelik beloon is,” het een van die leerders by Hugenote Hoërskool oorstelp laat hoor. Vir die leerders wat nie die paal gehaal het nie of groot teleurstellings gehad het, was daar by die meeste skole berading beskikbaar. Die onderwysers by Bergrivier Sekondêr voel baie tevrede met hul matrieks se uitslae. Dié skool se slaagsyfer is hoër as 80% en verskeie A-simbole is in die onderskeie leerareas behaal. Die leerareas waarin hul leerders die beste presteer het, is Wiskunde Geletterdheid, Engels Eerste Addisionele Taal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal en Besigheidstudies. Hulle het ‘n groot aantal A-simbole in hierdie leerareas behaal. Hugenote Hoërskool is ook baie trots op hul matriekklas se prestasies gedurende 2016 se eindeksamen. Uit die 151 matrieks het 150 geslaag en hulle het 19 A-gemiddeldes behaal. 76% van die matrieks slaag met volle universiteitsvrystelling en die klas spog met 180 vak A-simbole en 251 vak B-simbole. Francesca Strydom is die Dux-leerder met 8 A-simbole en ‘n gemiddeld van 93,7%. Al hierdie akademiese presteerders sal tydens ‘n Akademiese Prysuitdeling op Woensdagaand, 11 Januarie, by die skool vereer word.
NUUS • NEWS
2
11 Januarie 2017
•VOLOP IN WELLINGTON WEENS DROOGTE
NUUS • NEWS
Verhoed só dat sissende slang jou spoeg
Die Boland beleef ‘n ongekende droë somer en hierdie toestande het nie net ‘n invloed op menslike waterverbruik nie, maar ook op die gedrag van die diere in hul natuurlike habitat in ons omgewing. Daar word al hoe meer gevalle waar slange in woonbuurte en rondom woonhuise opgemerk word, aangemeld en almal is nie altyd seker hoe om in sulke omstandighede op te tree nie. Johan Marais, die outeur van verskeie boeke oor reptiele, ‘n gewilde spreker en aanbieder van verskeie kursusse oor slang-bewustheid en giftige slang-hantering, gee nuttige, basiese wenke vir mense wat deur ‘n slang gepik word: Hou die persoon kalm, beperk beweging en vervoer die pasiënt sonder uitstel na ‘n hospitaal Indien die persoon ophou asemhaal, pas mond-tot-mond asemhaling toe. Skakel die gifinligtingsentrum by 0861 555 777 vir verdere advies. Dinge wat hy aanbeveel jy nie moet doen nie, is o.a.: Moenie ‘n toerniket (‘n toestel wat deur middel van ‘n verband, met ‘n skroef, druk op are toepas) gebruik nie. Moet nooit die wond oopsny of die gif probeer uitsuig nie. Moenie ys of warm water op die wond sit nie. Moenie alkohol aan die pasiënt verskaf of elektriese skok toedien nie. Teengif moet nie binnespiers ingespuit word nie en moet (indien nodig) slegs deur ‘n mediese dokter in ‘n hospitaal toegedien word. Volgens die webtuiste van Aspin-Adventures is daar verskillende tipes slanggif en elke tipe gif sal ‘n verskillende uitwerking op die liggaam hê. Slangbytsimptome kan wissel van ‘n prik of ligte pyn by die bytplek tot erge brandpyn, kneusing, swelling en blase by die wond. Ander simptome sluit ‘n lang lys van onder meer skok, hoofpyn, naarheid en benoudheid tot ‘n gebrek aan spierbeheer, verlamming, stuiptrekkings en asemnood in. ‘n Belangrike wenk is om die pasiënt te probeer kalmeer en te verseker dat die regte hulp verkry sal word. Dit is ook belangrik om te probeer vasstel watter tipe slang die pasiënt gebyt
Uitbundig:
‘n Groep uitbundige matrieks van Bergrivier Sekondêr nadat hulle hul uitslae ontvang het. Die matrikulante van Wellington het veral goed in hul tale en wiskunde geletterheid presteer en sien daarna uit om die nuwe fase van hul lewe aan te pak. het om die korrekte behandeling toe te pas of teengif toe te dien. Die heel beste raad is natuurlik om ‘n slangbyt geheel en al te probeer voorkom. Hoe doen ‘n mens dit? Die belangrikste is om te onthou dat ‘n slang eerder sal wegvlug of wegseil na ‘n veilige plek as om jou aan te val. ‘n Slang sal net aanval as hy geen ontsnaproete het nie. Stap dus versigtig weg wanneer jy ‘n slang teëkom. Enige skielike beweging sal ‘n slang senuweeagtig maak en veroorsaak dat hulle hulself sal wil verdedig. Beweeg dus stadig weg, terug en effens sywaarts sodat jy nie die slang se vlugroete versper nie.
Die meeste gevalle van slangbyt kom voor onder mense wat slange probeer hanteer of vang. Bly dus eerder van slange weg en laat ‘n kundige persoon die slang vang. Pasop vir klein of jong slangetjies, hul gif is net so giftig soos ‘n groot slang se gif. Nadat ‘n tweejarige dogtertjie verlede jaar deur ‘n Kaapse kobra in haar bed gepik is, het dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon-gifsentrum gesê dat hierdie soort slang baie aggressief is. Volgens Verdoorn is klein kinders ook baie vatbaar vir die gif van slange. “’n Kind se metabolisme en polsslag is baie vinnig en selfs ‘n klein hoeveelheid gif kan dodelik wees,” het hy gesê. Dr. Verdoorn het ‘n baie nuttige wenk gegee toe hy genoem het dat die produk Snake Repel,
wat by koöperasies en hardewarewinkels te koop is, slange uit die huis hou. “Waar die produk aan deurkosyne aangewend word, hou dit beslis slange buite,” het hy gesê. Die volgende nommers is volgens die “Reptile Rescue List of South Africa” belangrik wanneer jy in ons omgewing ‘n slang teëkom of wanneer iemand deur ‘n slang gepik word: De Vonds Slangpark: 021-869 8309 / 084 662 7595 (hulle is tussen Wellington en die Paarl en verwyder ongewenste slange uit huise en erwe) Justin Collett: 083 799 8396 (verwyder/vang ongewenste slange in die Boland-area) Die slangkenner Johan Marais kan ook by 082 494 2039 gekontak word of besoek die webtuiste van die “African Snakebite Institute” by www.africansnakebiteinstitute.com.
NUUS • NEWS
11 Januarie 2017
• MUSIEKNOTE KLINK OP IN WELLINGTON SE STRATE
Klopse lui nuwe jaar luidkeels in
Volgens prof. Michael le Cordeur se boek, “Die Wellingtonse Klopse – 100 jaar se onvertelde stories”, is Wellington die enigste dorp buite die Kaapse Metropool met ‘n Klopsekultuur wat al vir meer as 100 jaar deur die gemeenskap in stand gehou word. Kerkstraat was dus op Maandag 2 Januarie in ‘n karnaval-atmosfeer gehul toe die plaaslike Klopse hul gebruiklike jaarlikse optog gehou het. Die gewone aktiwiteite en verkeer in die middedorp moes tot stilstand kom en plek maak vir die aansteeklike ritmes, helder kostuums, vermaaklike danspassies en vernuftige orkesspel van ons dorp se herdenking van hierdie wonderlike tradisie. Verskeie plaaslike Klopse-groepe en orkeste het inwoners met hul tradisionele liedjies vermaak, terwyl hulle een na die ander deur Kerkstraat op pad na Boland Stadion gestap het. Die sypaadjies was stampvol met nuuskieriges, toeskouers, aanhangers en dorpenaars wat hierdie feestelikheid gade geslaan het. Sommiges het entoesiasties saamgedans en ritme gehou, terwyl ander hierdie gratis vertoning bewonder en op kamera vasgelê het. Die helder, netjiese uitrustings, kleurvolle bykomstighede, foutlose samespel, goed uitgewerkte danspassies en aansteeklike energie van al die orkeste en groepe het van maande se deeglike voorbereiding en ure se oefening getuig. Die gebruiklike “Tweede Nuwejaar”-vieringe van die Klopse het sy ontstaan in die Kaap se vroeë geskiedenis toe die Nederlanders in die 19de eeu groot fees gevier het op Nuwejaar. Hul slawe sou dan een dag, op 2 Januarie, afkry waartydens hulle toegelaat is om op hul eie manier fees te vier. Slawerny is uiteindelik op 1 Januarie 1834 in die Kaap afgeskaf, wat natuurlik nóg meer feestelike waarde aan die 2de Januarie besorg het. Hierdie tradisie, wat in 2017 steeds voortleef, is dus veel meer as ‘n blote vertoning of makietie – dit is ‘n integrale deel van die geskiedenis en erfenis van ons streek en land.
3
courant
'n Druppel in die emmer lyk goed as dit leeg is
'n Waterskaarste is 'n al groterwordende realiteit. Een waarvan ons reeds lankal bewus is, maar nie altyd soveel ag op geslaan het nie. Stel jouself 'n dag voor waar jy opstaan, kettiekuif in die lug, strompel gang af, draai die kraan oop en... NIKS. Nie 'n druppel water nie. Gaan dink 'n bietjie mooi oor hoe jy water in jou huishouding en jou alledaagse lewe gebruik. Dis nie net vir stort en tande borsel nie. Kyk net hoeveel water gebruik jy in 'n taak soos kosmaak, wasgoed was, wat nog te sê van die berge skottelgoed wat oor Kerstyd gaan ophoop. Draai maar toe die kraan. Wuif maar jou groen grasperk vaarwel en help eerder om te bespaar. Die gras sal weer groei. Dit sal weer beter gaan, maar nou moet ons saamstaan om 'n verskil te maak.
It’s Good News
NUUS • NEWS
11 Januarie 2017
dié
4
dr. Mark Blackwell Snr
Words of Grace
THIS CHRISTMAS EVE OR CHRISTMAS DAY GATHER YOUR CHILDREN OR GRANDCHILDREN. Begin by singing several favourite Christmas carols like ‘Silent Night” or another favourite. Then, read together ‘out-loud’ Luke 2:1-20. The “worship leader” in your home may want to read it, or assign one of the children this responsibility. Help your child prepare in advance by practicing reading the passage orally. After reading Luke 2:1-20, your family could discuss these questions: Lets “take a trip” to Bethlehem… 1. Let’s talk about some memories of long trips that your family has taken together. What was the greatest thing that happened? What was the worst thing that happened on one of your trips? 2. Why did Mary and Joseph take such a long trip (Trek)? (Luke 2:1-4) 3. Why was Bethlehem a famous town, even though it was a tiny town? (2:4) 4. Why was the trip especially difficult for Mary? (2:5) 5. Which Christmas carol most accurately describes the events of that night? 6. What was happening nearby in the fields of Bethlehem? (2:8) 7. How did the shepherds respond when they saw the angels? (2:9) How would you have responded? What would you have thought if you saw tonight … what they saw then? 8. What did the angels tell the shepherds? (2:10-12). 9. Who did the angels say this newborn baby was? (2:11) 10. What identifying sign did the angels give so the shepherds would know which baby was the special baby? (2:12). In what other ways do you “know Jesus?” … What names do you have for Him?
Pentzstraat-swembad bied weer welkome lafenis teen die somerhitte Die munisipale swembad in Pentzstraat het gedurende die somervakansie ‘n welkome lafenis aan plaaslike inwoners en besoekers gebied. Met die kwik wat gereeld bo 35°C gaan draai het, was dit vir baie mense die ideale plek om ‘n bietjie af te koel. Volgens Whinique Morris, een van die kassiere wat die hele seisoen by die toegangshek van die swembad gewerk het, was dit ‘n besondere besige seisoen. “Ons laat ‘n maksimum van 500 persone op ‘n slag tot die swembad toe. Daar het sommige dae ‘n ry van meer as 100 mense buite die swembad gestaan en wag vir mense van binne om uit te gaan, sodat hulle ook kan gaan swem,” sê sy. Haar kollega, Shane Roman, beaam dit. “Ons het een van die dae voor Kersfees amper 630 mense deur ons hekke gehad. Oor ‘n besige naweek kom hier tot bykans 1000 mense swem,” vertel hy. Volgens die kassiere moet daar ook tydens hierdie besige seisoen ekstra aandag aan die onderhoud van die swembad gegee word. “Ons het ‘n baie goeie onderhoudspan wat presies weet wat die swembad se behoeftes is in sulke besige omstandighede. Hulle verseker dat alles in ‘n werkende toestand en skoon is,” sê hulle. Daar is ook twee permanente lewens-
redders by die swembad wat elke dag tydens die vakansie- en somerseisoen verseker dat al die swemmers veilig bly in en rondom die swembad. Aubernay Nombe en Gerran Beukes is die manne wat hierdie belangrike taak verrig en volgens hulle moes hulle al ‘n hele paar mense uit die water red. “Daar is gereeld mense wat nie behoorlik kan swem nie en dan aan die diepkant in die moeilikheid beland. Sommige mense kry ook ‘black outs’ wanneer hulle van die duikplanke spring en kan dan nie self na die oppervlak kom nie. Party doen beserings in die swembad op wat hulle verhoed om na die rand te swem en dan moet ons hulle gaan help,”
vertel hulle. Hulle raai gewoonlik die kleiner kinders aan om in die vlakker kinderswembad op die terrein te gaan swem en gee meer aandag aan die mense wat aan die diepkant vertoef. Volgens Aubernay help al die personeel om ‘n ogie oor die veiligheid van die swemmers te hou. Daar is ook verskeie veiligheidswagte wat verseker dat die besoekers by die swembad se reëls hou. Met die warm weer wat vir die volgende maand voorspel word, is Pentzstraat se publieke swembad voorwaar ‘n koel, veilige oase vir talle inwoners.
Wellington-matrieks skitter Bergrivier Sekondêr Adams Donovan-Lee Adams Keanen Albertus Neville Albertus Shirmorne Anderson Heidre Andrew Rhedouwlene Andrews Diana Margaret Appollis Caitlin Appollis Morne Appollis Rineeva Azer Elzane Azer Joween Barends Deswill Barnabas Franklin Bezuidenhout Lyndon Brink Cinde-Lee Classen Lionel Classen Natellie Cloete Celeste Cupido Emile Cupido Ryan Cyster Alvenecia Dampies Jaydene
Davids Jason-Mirco Davids Nicolas De Bruin Defenine De Bruin Faizel De Vries Tazlin Dreyer Marlene Dulman Bevedine Engledoe Logan Felix Xavier Fisher Unephta Fortuin Angelo Franse Vannessa Fransman Christopher Fransman Marquin Fredericks Isaac Geduld Abigail Gosling Maxwell Haarvoor Lerisha Hardnick Ashwill Hartnick Maurecia Hector Jade Hendricks Haezl Jacobs Hildry Jansen Rowaldan Jantjies Jayliah Johnson Charl
Jooste Darren Joseph Kylah Julies Bronwell Julies Chimone Julies Meagan Khanayo Erica Khonjwayo Asaphiwe Koff Roxanne Bianca La Meyer Ueland Lewies Malcolm-Lee Lewis Mischka Lewis Tanya Links Desiree Lottering Abigail Lottering Darion Louw Marilize Lovember Darren Marsh Mishke May Monique Mjo Khaya Morkel Jamie-Lee Morris Lauren Mthini Asaphiwe Neethling Jan Nofemela Roshea Nokapheyi
Siyabonga Philander Lance Pieterse Janine Pieterse Joe-Neill Pietersen Abigail Pietersen Dominique Pietersen Edwin Pietersen Faghri Pietersen Llewellyn Riet Charlene Rudolf Bianca Saroon Clarissa Sekels Bradley September Jason Small Kaylyn Small Tashlee Smith Nemesia Smith Rudi Snyders Taylon Solomons Mckayla Swanepoel Curtley Swartz Adrian Thomas Leon Tiyo Sisonke Van Rooi Devenique
Van Rooyen Amber Van Rooyen Isherine Van Rooyen Lolitha Van Wyk Waykita Van Wyk Zaiden Whatney Keenan Willemse David Willemse Stephanie Williams Auston Williams Brogan Williams Cheresa Williams Jade Williams O’Neal Williams Shante Hugenote Hoërskool Adams Ezra Alkaster Emily Arnoldus Jacquile Arontjies Candice Avenant Jonel Bailey Chanté Basson Anéll Baxter Tamaryn-Lin
Benadé Marlé Bezuidenhout Gabi Boock Jeanette Borman Clio Boshoff Sean Botes Ian Botha Johannes Brink Kaylene Brown Curtley Burger Cecilia Burger Wian Burger Sara-Mari Burger Caroli Cekiso Zama Cupido Gheöff Cupido Clint Cupido Kelly Da Silva Fernandes Manuel (Manny) Dankers Jaydeé Douries Austin Du Plessis Niel Du Toit Juanet Du Toit Francois Du Toit Ashlee Eckstein Samantha Elias Aidan Engelbrecht Charl Engledoe Angehl
NUUS • NEWS Ferreira Tiaan Firmani Riccardo Fortuin Curtley Franken Henry Fransman Renaldo Fredericks Shunelia Fredericks Kelsey Gerber Ewan-Nize Geyer Ferdi Goodwin Demi Gordon Nathan Gous Mieke Green Dawson Groenewald Elzet Haas Ethan Harms Wernich Hayes Anna Haywood Herschelle Hendricks Biano Hofmeyr Dirk Idas Regimé Jacobs Rosé Jacobs Michelle Jacobs Gabriël Jacobs Curtley Jacobs Luke Jooste Fourie Joseph Elmo Joseph Amor Kearns Karishny Kemp Chantel Kiewit Kayden Kiewit Cohen Klerck John (Jack) Kroutz Meghan Langley Marcélene Lategan Chelsey Lategan Elisabet Laubscher Nicol Le Roux Elzaan Loots Juan-Jacq Malan Daniëlle Malherbe Johannes Marais Charlotte (Loucharl) Marthinus Nashwell Mccabe Byron McPherson Donvesha Minnaar Aleacia Mookadam Muhammed Moolow William Moosa Shamiel Morris Shermaine Morris Laurian Mostert Emma Nastenko Vladyslav Naudé Edwin (EJ) Nieuwoudt Chanel Olivier Johannes Oosthuizen Stefan Philander Steven Philander Lorenzo Pienaar Bianca Pieters Joshlin Pretorius Andrea Rabie Estmari Rabie Anchen Ras Juan-Pierre Robain Jody Rossouw FJ Sameuls Phillip Sampson Menushca Sampson Delmaine Samuels Tamlin Samuels Anlo Schultz Ruan September Nicole September Amber September Leighton Small Danielle Smit Charlize
Smith Anemien Solomon Clarina Solomons Leoni Spamer Emmanuel Springbok Jade Stevens Michaela Strydom Francesca Sulaiman Basheer Theron Johannes Theron Inge Theron Mari Van der Merwe Tariena Van der Schyf Arnold Van Eeden Elzette Van Niekerk Farron Van Niekerk Karel Van Rooyen Ruan Van Schalkwyk Corné Van Schoor Danie Van Staden Alicia Van Turha Gabriëlle Van Zyl Marais Viljoen Tertius Visagie Anthea Visser Benjamin Voigt Ursula Wellman Candice Westcott Jason Weyers Tristan Wiggins Dane Williams Alex Williams Layla Winter Dane Wust Suzanne Wellington Sekondêr Adams Chanel Adams Merviline Adonis Jadelyn Adonis Thandolwethu Agenbach Eunique Akim Mussa Albanie Monique Albertus Rafeeqah Albertus Troy April Macheala April Shade Arendse Brandon Arendse Denalisha Arnold Shuaib Bande Asiphe Bangani Siyamthanda Baron Corne Bastiaan Marlin Bastiaan Tyron Behardien Sade Beukes Kyle Brink Curtis Busakwe Live Bushby Casey-Leigh Carolissen Graysen Claasen Hawah-Sallah Classen John Cloete Shaune Cyster Amelia Dampies Faizel Daniels Jade Daniels Monrico Davids Michaela De Vries Romario De Vries Cheslin Diedericks Esteline Duminy Angelo Felaar Darren Fortuin Michelle
11 Januarie 2017 Fortuin Mikayla Fortuin Kylinn Gojane Amanda Hanse Ari-Lee Isaacs Bianca Jacobs Marlique Jacobs Siyanda Jafta Alfrieda Jones Lee-Shay Jonkers Elandre Joubert Joswin Julies Chante Julies Nataly Jusayi Bulumko Katz Joretha Koso Pena Lenga Lionel Lakaje Phumela Lewis Cindy-Lee Lewis Darren Links Ethane Louw Aniela Lucas Kurt Lusani Masibulele Madikane Nosipho Makara Mihlali Malgas Christille Matthews Johnay Mavusa Petra May Sami Lee Mbobosi Mihlali Mbucane Sibusiso Mbukulwa Ethel Mdonga Uviwe Minnaar Darren Minnaar Enrique Mitchell Gerhard Mnweba Lubabalo Mohamed Rifaat Morries Robin Morris Nirvan Mphoso Lulama Ndolela Sandisa Ndonje Anelisa Ngqabuko Zandile Ningiza Khanyisile Ninzi Undiphile Oransie Cindy Paulse Renechia Perrins Daniston Phillips Jovhan Pietersen Meagan Pietersen Tasneem Plaatjies Reche Rooi Chiraan Sambo Amber Simpson Duncan Sizani Zintle Smith Rozaan Sokaba Anathi Stadhouer Bronwin Stephanus Jesmine Stevens Bianca Swarts Brewen Swartz Daniell Swartz Leshwin Tatana Sihle Thyse Musche Tito Vuyolwethu Van Rooi Jevan Van Wyk Michaila Van Wyk Moegamat Watson Jade Wildschudt Granthom Wildschudt Gwynith Williams Kimlinn Williams Kurtley Williams Tayla Williams Hybrene Williams Judy Williams Garth Williams Anwill
Windvogel Tayla Witbooi Cecelia Zaku Thanduxolo Weltevrede Sekondêr Abels Wilmien Adams Riaan Adonis Jason-Lee Andrews Lee-Ann April Garth Arendse Geraldine Benjamin Reginald Botha Richard Brandt Melvina Briesies Yoman Coetzee Phiroesca Cupido Gerswin Cupido Clinton Cyster Justin Dampies Jamy Dampies Levirnia Dampies Llewellyn Daniels Ricardo Esau Estelle Evertson Emile Farao Lucinda Fortuin Amelia Fortuin Rumilda Fortuin Catherine Hanse Ashly Hektoor Philander Hendricks Ethan Heyns Jacquin Hoon Bronwyn Jaars Denver Jacobs Keith Jacobs Leonie Jones Chante Julies Jay Dee Julies Gradwill Juwele Qhama Kamfer Elton Kock Juanita Koopman Abrion Louw Keanu Louw Randall Manus Damien Manus Jason Martin Jade McCarthy Jeremine Mitchell Cornall Nzuzo Aphila Opperman Mac-Ivan Philander Nolan Pietersen Joh-Will Reitz Franscisca Sameuls Juwayne Samson Melanie Scheepers Rochelle Sefoor Melanie September Layton Simons Chantel Sinxadi Nomasibulele Slamet Denay Snyders Jaimienne Stoffels Jodeci Swarts Caylynn Valentine Nicole Van der Vendt Samonique Van Rooyen Jay-Leen Van Wyk Peter Van Wyk Daniel Van Wyk Norman Visser Lorenzo Wheeler Charne Williams Courtney Williams Jimmy-Lee Williams Edwina Witbooi Eugene
5
6
NUUS • NEWS
11 Januarie 2017
Vinpro hou inligtingsdag vir kelders
Nuut: Die nuwe graad
8-leerders van Weltevrede Sekondêr het gister hul nuwe skool verken saam met hul ouers. Dié groep is behoorlik opgewonde oor die komende jare.
Boland banks promotion at SA U-19 IPT Boland edged out Mpumalanga by one single point to snatch the coveted promotion in this year’s B-Section matches of the South African U-19 Inter-Provincial Championship at White River Country Club on Friday. Alwyn Zaayman’s charges had stacked up victories against Northern Cape, North West, Limpopo, Border and Eastern Province in the first three rounds. With 10 points in hand, the log leaders held a slender one point lead over Mpumalanga and needed just to draw the match to win, but Boland knew facing the home favourites in their own back yard would be a tall task. “Mpumalanga has had a lot of local support this week, so we knew we were up against it with a tough team and the crowds,” Zaayman said. “Our mandatory rest day on Thursday definitely impacted positively on the team and eight very determined young gentleman teed off this morning. I told them we’d crossed five hurdles,
so let’s just go out there and get over the last one.” A change in the format inadvertently played to Boland’s strengths. Due to heavy thunder storms and lightning forecast for the afternoon, the final round started with singles followed by foursomes. In their first five matches, Boland banked 34 out of a possible 40 points available in the singles and, despite everything Mpumalanga threw at them, the team emerged with a 5 – 3 lead. Ruan Groenewald scored the first point for Mpumalanga when he defeated Ethan Smith 5 & 4, but Riaan Rooi downed Banele Mavuso 4 & 3 to level the score. Aidon Willemse and Herman Loubser added two more points to Boland’s tally and Dandre Spies, Daniel Cronje, Willem Boshoff and skipper Tyron Davidowitz took their total to five points when the quartet all halved their games. “Starting with the singles definitely gave us a chance to build a cushion, but it was very tight and the result speaks volumes about the guts
and determination of this team,” said Zaayman. “We were up in seven games, but Mpumalanga’s players really stepped it up after the turn. Dandre, Daniel, Willem and Tyron hung tough all the way to the end to give us the cushion. We went into the foursomes needing just one point to draw the match and the guys knew the score. “Tyrone and Willem took on Cameron Borcher and Jacques Brits and bagged us the vital point with a 2 & 1 win. If you want to know who the most valuable player in the team was this week, just look at all eight names. This team batted fantastic from one to eight. They played as a unit and they supported each other right up until the end and that’s why we earned promotion. “They are a gritty group of golfers and they just don’t know how to quit. Every player in the squad can fairly share in this triumph. I am incredibly proud of our team, for their complete commitment to the team, their dedication to each other and showing great strength of character when the going got tough.
Hoe kan kelders die waarde én volume van hul wynverkope laat toeneem? Hoe lyk die Suid-Afrikaanse wynbedryf se huidige ekonomiese realiteite in vergelyking met die groter prentjie? Die Nedbank VinPro Inligtingsdag gaan maniere verken waarop die wynbedryf groter waarde kan ontgin vir volhoubare groei vorentoe. Die Inligtingsdag word 19 Januarie 2017 van 09:00 tot 13:30 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) gehou. ’n Oorsig oor die wynbedryf-landskap sal die volgende insluit: • Internasionale en plaaslike ekonomiese tendense – Nicky Weimar, Nedbank • Lang siklusse in die Suid-Afrikaanse wynbedryf – Prof Nick Vink, US • Wat gebeur in die wingerd? – Francois Viljoen, VinPro 'n Paneelbespreking sal besin oor maniere waarop aspekte soos innovasie en plaaslike en internasionale markontwikkeling ingespan kan word om waarde van die wingerd tot die rak te laat toeneem. Nedbank Besigheidsbanksake is in 2017 vir die 11de agtereenvolgende jaar die hoofborg. Old Mutual en Mutual & Federal is vir die tweede jaar as medeborge betrokke. Daneel Rossouw, Nedbank afdelingsbestuurder van landbou in die Wes-Kaap, sê: “Nedbank het 'n groot waardering vir die wynbedryf se bydrae tot die ekonomie en werkskepping in die Wes-Kaap en Suid-Afrika. “Die borgskap is belyn met ons strategiese fokus daarop om vennootskappe met klein, medium en groot besighede in die landbou- en ander sektore te vestig vir 'n beter Suid-Afrika. Die dag bied waardevolle netwerkgeleenthede vir besigheidseienaars en aspirant entrepreneurs, asook 'n platform waartydens innoverende oplossings vir sommige van die bedryf se uitdagings ook hier gedeel word.
NUUS • NEWS
7
11 Januarie 2017
Dagboek • Calender
Hugenote Hoërskool se nuwe graad 8’s moes reeds op Maandagmiddag 9 Januarie by die skool aanmeld vir die begin van hul oriëntering. Hulle is in groepe gedeel en het aan verskeie aktiwiteite, ysbrekers en inligtingsessies deelgeneem om hul te help om in hul nuwe omgewing aan te pas en uiteindelik ware Blackies te word.
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington Rugby Klub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit in bietjie padwerk so bring jou draf skoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Afrikaanse Taal Monument Paarl 13 Januarie, 11 Februarie, 11 Maart: Kom geniet ons Volmaanpieknieks op die bogenoemde datums om 17:00 tot 22:30. Die toegangsgelde beloop - R25/R10 SA Studente, R5 vir kinders en kinders onder 6 jaar is gratis. Eie piekniek-mandjies is welkom. Kaartjies is beskikbaar by Computicket / hek. Enige navrae skakel 021 863 0543 / 4809
Yzerfontein Tourism Crayfish season offically re-opened in Yzerfontein. 14-15 January 2017 as well as 15-17 April. Apply for your permit at a local Post Office OK Minimark / Castle Rugby 7's 29-30 Januarie 2017: Dit is weer die tyd van die jaar vir die OK Minimark / Castle Rugby 7's. R28000 se pryse te wen Piketberg Toerisme 11 Februarie: Kom geniet 'n lekker somermark by museumgronde vanaf 9:00 tot 14:00. Heerlike kontrei vrugte, water-aktiwiteite, tuisgebak, gratis waatlemoen skywe, handwerk stalletjies, gratis vermaak, historiese Piketberg staptoere en veel meer. Huguenote Hoërskool 21 Februarie: Kom wees deel van die kroning van Mnr & Mej Huguenote 2017 om 19:00 by die Huguenote Hoërskool. Die gaskunstenaar is Schalk Bezuidenhout Franschhoek Village Marketa Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar)
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-
-diens - Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Geklassifiseerd • Classifieds BETREKKING VACANCIES
A clothing factory in the Malmesbury area has vacancies available for the following positions: •Qualified machinists If you are interested and have the necessary experience please fax CV to 0865855813 by 31 January 2017. #3324 -----SWEISER EN HANDLANGER - Benodig 'n sweiser en handlanger vir 'n staal bedryf in Veiligheid. Verwysings moet voorgelê word. Salaris sal betaal word volgens kwalifikasies en vaardigheid. Skakel 082 780 0079 of 083 961 9009 #3325 ----------------------------GESOEK WANTED Lady - 43. Looking for a job as childminer, housemaid, office cleaner. Have references. Contact 084 9037076 / 074 634 0641 #3326 ----------------------------TE HUUR TO LET “Een-vertrek (bachelor) woonstel in middedorp van Malmesbury te huur @ R2 150,00 per maand. Beskikbaar 1 Februarie 2017.
Kontak Monique vir aansoekvorm by 022-4821101 #3327 -----SAKEPERSEEL te huur. Baie sentraal in Voortrekkerstraat oorkant Spar. 110m² OnmiddelLik beskikbaar. Kontak 0833574446 #3328 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS SARAH SEPTEMBER 12 Januarie - Baie geluk aan my alles in een Ma. Hoop dus 'n wonderlike dag. Lief vir Ma - Nicky -----Liefste Mammie, baie geluk met u verjaardag. Dankie dat Mammie ons ma is - Chrizaan, Timo, Zenobia, Tristan & Keagan ----Baie geluk my liefste Ouma. Geniet die daggie en lekker verjaar. Erg liefies vir jou my ouma. Van: Leona ---------------------------CLAUDIA PIETERSEN - 14 Januarie. Baie geluk my liefste dogter met jou 18de verjaardag. Geseënde lewensjaar. Lie Baie geluk Koeks. Alles wat mooi is. Lekker verjaar - Nicky ----Baie geluk liefste
Koekie. Jy moet jou daggie geniet - Liefies vir jou van Leona ----------------------------JOHN WILLIAMS - Baie geluk met u verjaardag op 7 Januarie. Mag God u ryklik seen.Geniet dit en kaas dit - Sonia Loubser en gesin #3329 ----------------------------SHARELENE en HENRI, baie geluk met jul verjaarsdag
op 13 Januarie. Mag dit 'n baie mooi en gelukkige dag vir julle twee wees. Liefde - Mamma, Hannes, Twaylan en Dehandri #3330 ----------------------------DEHANDRI - Baie geluk met jou sewende verjaardag op 10 Januarie. Lekker verjaar - Ma Sharelene, Twaylan, Ouma en Hannes #3331
courant
8
NUUS • NEWS
11 Januarie 2017
dié
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
11 Januarie 2017
Tickets up for grabs for Stellenbosch Colour Run
Hillcrest United maak litte los
The Color Run South Africa will be pulling into Stellenbosch, to conclude its magnificent Rainbow Tour. Stellies will be your last opportunity to get your rainbow on before the launch of the new season. When: 18 February 2017 Where: Hoërskool Stellenbosch Time: 08:00 The Color Run is the single largest event series in the world, painting over 40 countries in rainbows. And Stellenbosch will get to experience what over four million participants have enjoyed – a five kilometre un-timed race in which thousands of participants, or “Color Runners”, are doused from head to toe in a different colour at each kilometre. The “Happiest 5k on the Planet” has experienced unprecedented success in South Africa,
thanks in part to the support of headline sponsor, Capitec Bank. Capitec Bank and The Color Run have partnered with Adopt-a-School Foundation and are donating R10.00 from every ticket sold to support education in each city hosting The Color Run. Additionally, charity and school fundraising is a big part of The Color Run. Register your own school or charity on the Fun Raiser programme and raise money for every ticket sold under your unique Fun Raiser code. To give back, contact The Color Run on hello@thecolorrun.co.za. Heart FM is the official media partner to The Color Run in Stellenbosch and DJs will be on the decks welcoming Color Runners with awesome beats as the run gets underway. Tickets are available online from The Color Run website (http://thecolorrun.co.za/tickets/)
Five lucky readers can win double tickets to this event. Sms your name, surname and hometown, together with the answer to the question below to 084 8333 813 before 10 February @ 15:00. Question: Where will this Colour Run be held?
Hillcrest United rugbyklub van Wellington bied hul jaarlikse 7’s toernooi aan op Saterdag 21 Januarie 2017 te Pelikaan Park Wellington. Hierdie toernooi word vir die 2de jaar aangebied en beloof om groter te wees met prysgeld van R8000 op die spel. Daar is slegs plek vir 12 spanne waarvan daar slegs twee plekke beskikbaar is. Spanne wat hierdie jaar gaan deelneem is Wesbank, Worcester Villagers, Young Hamiltons, SAFCOL, Newtons, Young Stars (WP), Whistling Wheels (WP), Hillcrest United en omliggende spanne. Hillies het vinnig naam gemaak in 7’s rugby en het drie van die hul vyf deelnemende toernooie gewen verlede seisoen. "Ons nooi graag almal uit om die dag saam te kom geniet," sê Jovan-ré Cupido van die klub. Tariewe beloop R10 per persoon en R10 per voertuig en daar sal ook lekker kos stallertjies, koeldranke en musiek wees. Toeskouers kan ook hul eie gazebo's opslaan Vir meer inligting kontak Edward Abrahams (koördineerder) by 076 235 3429.
Die 10de OK Minimark Castle 7’s-toer is om die draai en plekke is min. ‘n Makro getal van 36 klubs sal weer vanjaar aan dié toernooi deelneem vanaf Vrydag 27 tot Saterdag 28 Januarie 2017 op die Wesbank Sportgronde op Malmesbury. Dit sal die 10de jaar wees wat hierdie toernooi plaasvind en daar gaan ook na afloop ‘n OK MiniMark ‘dream team’ saamgestel word. Daar word ook hard agter die skerms gewerk,
sodat toeskouers met groot pryse kan wegloop gedurende die toernooi. Daar is slegs vier plekke oop in die premierkompetisie van 2017, waar die volgende klubs sal deelneem: Wesbank, Never Despair, Hamlets, H/Hearts, ST Georges, Worcester Villagers, Moorreesburg, Ceres, St Helenabaai, Newtons, Tulbagh, Grabouw, Elsiesrivier United, Notherns, Hillcrest United, Wistling Wheels en Young Peoples.
Indien daar nog klubs is wat wil deelneem, kan Eduann Howburg kontak word by 083 458 9313 of ehowburg@capetown.gov.za Die Swartland-uitdaag groei ook jaarliks en daar sal volgende jaar R5000 op die spel geplaas word vir die deelnemers en presteerders van kompetisie. Die wenners van die Vrydagaand se verskillende afdelings, sal die Saterdag meeding in die semi- en finale rondtes.
Klubs in hierdie afdeling betaal geen inskrywing nie en deelname is gratis. Die volgende spanne sal mekaar die stryd aansê: Wesbank (Renegades); Koringberg; Dassenberg (Young Eagles); Flying Eagles; Korrektiewe Dienste; Nexius Riebeek-Wes; Y/lions Calvinia; Riebeek United; Windmeul United en Goedverwacht. Klubs kan Howburg kontak indien hulle nog wil inskryf vir die Swartland Uitdaag-kompetisie
and Facebook (www.facebook.com/TheColorRunSouthAfrica), and are priced from between R225 and R300. Manual entry points are listed on The Color Run’s website. Stay tuned to Heart FM on your frequency for updates and awesome giveaways. Color Runners will each receive a race pack with includes a Rainbow Tour edition race T-shirt, headband, bag of colour powder, temporary tattoos, and a race number.
Win:
Min plekke oor in sewes-toernooi
Make every RAND count.
Grants Whisky 750ml
R Hunters Dry or Hunters Gold Cans 12 x 440ml Per Pack
R
R
149
Count Pushkin Vodka 750ml
R
95
135
PRICES VALID 12 - 15 JANUARY 2017 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, SABLE SQUARE, BIG BAY AND CERES STORES.
Liquor not for sale on Sundays in Malmesbury and Wellington. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark, Hoedspruit, Stanger, North Beach and Sharon Park. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. FRGTHS3797
139
Red Heart Rum 750ml
Bells Whisky Gift Pack 750ml Plus 2 Glasses
R
185
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Castle Lager NonReturnable Bottles 12 x 340ml Per Pack
R
84
4th Street Sweet Rosé 3 Litre
R
70