courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
9 November 2016
Uitgawe 395
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•BOHEEMSE HUIS VERTEL 'N RYKE VERHAAL
‘Alles het ‘n storie’ •Jaomi Zeeman Agter die mure van die opvallende rooi huis in Murraystraat, skuil ‘n magdom interessante stories, ‘n sintuiglike belewenis en ‘n ontploffing van kreatiwiteit en ‘n eiesoortige liefde vir mooi goed. Die eienaar, Marius du Plessis, is ‘n Wellingtonner in murg en been en sy stories is vervleg met dié van ons dorp en ons land se geskiedenis. Marius woon al 57 jaar lank op Wellington. Hy het, ten spyte daarvan dat hy al op baie ander plekke gewerk het, nog altyd eiendom op die dorp gehad en herhaaldelik hierheen teruggekeer. Marius se huis is die getuienis van sy vele ondervindings, sy reise, sy liefde vir kuns, sy ongelooflike kreatiwiteit en sy vaardigheid as kunstenaar en naaldwerk-ghoeroe. “As mense my vra om my huis te beskryf, is daar eintlik net een woord: boheems,” sê hy terwyl hy in sy Barokstyl-sitkamer met die verskillende kleure helder mure sit. “Elke ding wat hier is, het ‘n storie en betekenis. Dit is nie sommer net ‘n spul mooi goed wat bymekaar gegooi is nie. Elke item is verbind aan ‘n persoon of ‘n gebeurtenis of ‘n reis iewers in my lewe,” vertel hy. Marius se kreatiewe aard het alreeds op hoërskool begin lewe kry. “My ma het ‘n vreemde vorm lyf gehad en sy het vreeslik gesukkel om klere te kry wat pas. Tannie SCB Smit, wat nou nog op die dorp woon, het my in standerd 9 gehelp om vir my ma ‘n rok uit ‘n stuk geruite materiaal wat ek by Ackermans gekoop het, te maak. "Die moue het nie so goed uitgekom nie, maar die res van die rok was reg. Die tannie sê toe as ek vir my ma ‘n rok kan maak, kan ek vir al die vet tannies in die dorp begin klere maak,” vertel hy oor sy aanvanklike kreatiewe pogings. Hy het begin klere maak en in matriek maak hy sy eerste bruidsluier. Terwyl hy later onderwys studeer, hou hy aan met klere maak en hy maak tydens sy studentejare sy eerste trourok vir ‘n bruid in Namibië. Hierna was daar geen keer aan hom nie. Hy het talle bruide se trourokke gemaak – selfs ‘n trourok vir ‘n Poolse baronnes. Marius begin ook met koekbak en koekversiering eksperimenteer en leer die fynere kunsies hiervan by ‘n plaaslike tannie. “Die tannie se man het ‘n bietjie diep in die bottel gekyk en sy moes huis en haard bymekaar hou met die troukoeke wat sy gebak het. Ek het alles wat ek van koekversiering weet, by haar geleer,” vertel hy. “Ek het oor die jare baie koeke gebak en versier, maar ek onthou die een verskriklike groot
koek waar ek meer as 3 dosyn perfekte proteas en heide met die hand moes maak om op die koek te sit. Ek het nagte deur gesit met daardie blomme,” sê hy. Terwyl Marius in sy lewe talle trourokke en -koeke opgetower het, het hy eintlik nog ‘n “day job” ook gehad: hy was ‘n onderwyser. “Ek het in my onderwysloopbaan al vir elke graad skoolgehou – van pre-primêr tot matriek,” vertel hy. Hy het ook al op talle interessante plekke skoolgehou. “Ek het in die Kaap, in Koeweit City in die Midde-Ooste, in Rhundu in Namibië en in Langa skoolgehou,” sê hy. Hy is beskeie oor die feit dat hy vir nege jaar lank die skoolhoof van ‘n hoërskool in Langa was. “Daar was 1600 studente in my skool. Dit was in ‘n stormagtige tyd in ons land se geskiedenis en ek was ‘n blanke skoolhoof in die hartjie van Langa. Dit was nie maklik nie, maar ek het soveel oor myself en die mense om my geleer,” vertel Marius. Hy het in sy tyd as skoolhoof soms naweke en tydens skoolvakansies by die destydse “Bakkies se Padstal” gaan uithelp. “Dit was regtig vir my soos ontspanning en ‘n ontsnapping in moeilike tye. "Ek en Bakkies-hulle is groot vriende en dit het nie vir my soos werk gevoel as ek daar gehelp het nie. "Ons het soms 400 melkterte, 150kg puff pastry per week en 20 sjokoladekoeke van ses lae elk per dag gemaak. Dit was fantasties,”
vertel hy. Nadat hy as skoolhoof uitgetree het, het hy voltyds by Bakkies gaan werk. Toe die padstal toemaak, het Marius die sjef by die restaurant op Tafelberg geword, waarna hy ook al die Hillside Manor bestuur het en die bestuurder en sjef van ‘n gastehuis op Wildernis was. Hy het gereeld oorsee gereis en moes ook al ‘n stryd teen kanker stry. “Ek is gelukkig nou al ‘n hele paar jaar ‘skoon’. En ek is nog híér,” sê hy. Vir Marius, wat ‘n afstammeling van die Graaf Richelieu de Moureaux du Plessis is, is dit elke jaar ‘n hoogtepunt om na die Lions, waarvan hy ‘n lid is, se rooitapyt-geleentheid te gaan. “Ek maak elke jaar vir my ‘n wonderlike, uitspattige jas wat ek na hierdie geleentheid toe dra – dit het al ‘n instelling geword,” vertel hy. Volgens hierdie kleurryke man met sy kleurvolle mure, interessante kunswerke, versameling artefakte, meesleurende stories, pragtige meubels en ‘n kamer vol ongelooflike uitrustings, pruike en bykomstighede, leef hy nou rustiger. “Ek vind vreugde in die eenvoudige dinge en kan rustigheid vind binne die mure van my huis en tussen die goed wat ek hier het,” sê hy. Mense kan Marius se huis, talle kunswerke en eksklusiewe ontwerperskledingstukke op afspraak besoek. Jy kan ook sommer aansit vir ‘n ‘high tea’ met eksklusiewe koeke, gateauxs en soutighede. Kontak hom by 072 074 8246 vir navrae of besprekings.
NUUS • NEWS
9 November 2016
NUUS • NEWS
2
Kolonialisme bespreek
Die Breytenbach Sentrum se Kunsgalery het op Saterdag 5 November ‘n interessante gesprek oor kolonialisme en de-kolonialisering aangebied. Die gespreksleiers was ‘n groep gerekende kenners en die inisiatief het uit die uitstalling “Ebony, Ivory & Tea” wat tans by die galery te sien is, voortgespruit. Terwyl die uitstalling se relevante tema definitief ‘n senuwee in die huidige politieke klimaat in ons land raakboor, het dit in ons dorp self méér relevant geword met die onlangse brand van die Goodnow-saal en die ou klavier en orrel daarin. “Ons sou nooit kon voorsien dat hierdie uitstalling se tema só intens in ons dorp gestalte sou kry nie. Die klawers van daardie ou instrumente in die Goodnow is vir altyd verlore – en dit hou direk verband met mense se persepsie van kolonialisme,” het Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, in haar openingstoespraak gesê. Sy het ook, as stof tot nadenke, twee gedigte wat onlangs deur Louis Esterhuizen en Andries Bezuidenhout n.a.v. die brand by die Goodnow geskryf is, voorgehou. Die gespreksleiers het die tema en gebeure verder belig. Die paneel het uit prof. Gehard Maré, Rhoda Kadalie en Cloete Breytenbach bestaan. Prof. Maré, emeritus professor in politieke sosiologie met navorsing in sosiale identiteit aan die Universiteit van Kwazulu-Natal en ook die direkteur van die Sentrum vir Kritieke navorsing van Ras en Identiteit, het na die ingebore en vooropgestelde persepsies van ons leefwêreld verwys. “Daar is sekere dinge wat vir die meeste van ons ononderhandelbaar is tydens ons opvoeding: kerk, taal, party, geslag en ras. Ons verbeel ons dat ons die antwoorde rondom hierdie dinge
Louis Duvenhage, Cloete Breytenbach, Rhoda Kadalie en Prof. Gerhard Maré na afloop van die gesprek. ken, maar ons vra nie altyd genoeg vrae nie. Dit is eers wanneer ons van die antwoorde vergeet en die regte vrae begin vra dat ons vorentoe kan beweeg,” het hy gesê. Rhoda Kadalie, stigter van die Eenheid vir Geslagsgelykheid, uitvoerende direkteur van die Impumelelo Social Innovations Centre, rubriekskrywer en akademikus het na hedendaagse jongmense se selfversekerde houding verwys. “Ons moet wegbeweeg van ‘n ingesteldheid dat ons alles weet. Ons moet nederig bly en vrae vra. Ons is wat ons is as gevolg van ons vervlegtheid uit ons geskiedenis. Die uitroep dat alles moet ‘val’, is eintlik ‘n ontsporing van ons menslike natuur. Hoe kan dieselfde mense wat teen die Westerse gravitasie-wette rebelleer in elke geval pleit vir enigiets om te ‘val’?” het sy gesê. Die joernalis, fotograaf en skrywer Cloete Breytenbach het op sy beurt laat hoor dat kommunikasie die grootste probleem is. “Ek lê baie van die probleme en die verwronge beelde wat mense van ons samelewing het, voor die deur van die media. Mense word verneuk deurdat agendas belangriker as kommunikasie en feite word. Mense wat mekaar in die oë kyk en gesprekke voer, is iets wat nie meer bestaan nie. Het iemand al gevra wat sal gebeur as alles wél ‘val’ soos wat daar bepleit word?” het hy gevra. Uiteindelik was almal dit eens dat daar weggedoen moet word met kategorisering en dat die ideaal sal wees as almal tot ‘n gesamentlike doel kan meewerk. Dr. Manie Rust het opgemerk dat die “arrogance of ignorance” die grootste uitdaging is. “Wát jy is moet nie belangriker wees as wíé jy is nie,” het hy gesê.
9 November 2016
• GROOT MAKIETIE GEHOU
‘n Eeu se genade
Hier is Valerie Coetzee, Emily van der Heever, Sandra Davids (Kleindogters); Clarence Pietersen (haar versorger by wie sy tans woon); Edwina Samuels (Gemeenskaps Ontwikkeling werker); Maggie Matthews (oudste dogter); Joseph Weideman (Gemeenskapsontwikkeling werker). Voor is Emelia Davids. Die Wellingtonner, tannie Emelia Davids, is op 3 November 1916 gebore. Dit het haar op 3 November 2016 ‘n volle 100 jaar oud gemaak! Talle Wellingtonners het saamgewerk om hierdie viering vir haar iets besonders te maak. Joseph Weideman, ‘n gemeenskapsontwikkelingswerker van die Plaaslike Regering in die Wes-Kaap, het uit sy pad gegaan om op Donderdag 3 November ‘n spesiale geleentheid vir tannie Emelia in die Wellingtonse Stadsaal te reël.
Die groot makietie het om 11:00 afgeskop en al tannie Emelia se familie en vriende was daar om die groot mylpaal met haar te deel. Die dag se verrigtinge is moontlik gemaak deur skenkings van Pick ‘n Pay Wellington, Willy’s Begrafnisdienste, die Friendship Restaurant in Voorstraat, die Party Boutique in Fonteinstraat, die Drakenstein Munisipaliteit en veral deur die kantoorpersoneel van die Drakenstein Munisipaliteit in Wellington.
NUUS • NEWS
3
9 November 2016
•HOENDERVLEISMOOI-KLANKE
Joshua betower met musiek
Wellingtonners is met ‘n optrede deur die bekroonde sanger, Joshua na die Reën, by die Breytenbach Sentrum se Bôrdienhuis-teater bederf. Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem het reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, ‘Joshua na die Reën’ ‘n groot impak op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gehad. Hy het ‘n Tempo- en Ghoema-toekenning vir sy eerste album ontvang en vinnig ‘n geliefde onder musiekaanhangers geword. Sy musiek wyk van die deursnee kommersiële aanslag van ander Afrikaanse kunstenaars af en is uniek ten opsigte van lirieke en melodieë. Sy meesleurende klavierspel, introspektiewe lirieke en andersoortige melodieë is ‘n inspirasie en het die volgepakte Bôrdienhuis in vervoering gehad. Ten spyte van die feit dat hy sy kenmerkende lokke afgeknip het en met sy nuwe “seunstyl” aanvanklik amper onherkenbaar was, het die eerste note van sy musiek sy eiesoortige aanslag bevestig en die gehoor dadelik in die palm van sy
hand geplaas. Buiten ou bekende gunstelinge het hy ook ‘n verskeidenheid liedjies van sy nuwe album, “Die wêreld binne my”, gesing. Sy nuwe liedjies stel nie teleur nie en hy bou voort op sy interessante kombinasie van kontemporêre klanke waaraan aanhangers gewoond geraak het. Die resultaat is hoendervleis mooi. ‘n Groot verrassing was sy weergawe en interpretasie van ‘n paar gewilde jazz-nommers wat hy met ongelooflike klavierspel en ‘n perfekte jazz-aanslag uitgevoer het. Die feit dat hy kennelik dol is op die dorp en sy produkte, het die gehoor selfs meer positief gestem. Joshua na die Reën kon nie oor die wonderlike skoene wat hy aangehad en by die plaaslike Redemption Skoenwinkel gekoop het, uitgepraat raak nie en het telkens tydens sy vertoning daarna verwys. Die plaaslike wyne het hom ook beïndruk. Dit was vir Joshua na die Reën ‘n groot voorreg om sy ouers ook in die gehoor te hê.
Hugenote Hoërskool hou eerste kerssangdiens
Hugenote Hoërskool het Woensdagaand die heel eerste Carols by Candlelight in Wellington aangebied. Die geleentheid was ‘n spanpoging tussen ouers, onderwysers, besighede en die verskeie skole op die dorp. Die skool se rugbyveld is reeds vroeg in die week vir hierdie luisterryke geleentheid gereed gekry. Ekstra pawiljoene is aangery en opgestel, ‘n groot trok van Anderson Transport is as verhoog ingespan, stalletjies is opgeslaaan, die klank en beligting is geïnstalleer en die nodige versierings is gedoen. Die Hoërskoolkoor het die laaste afronding aan hul Kersfeesprogram gedoen en die seniorkore van Hugenote en Hugo Rust Laerskool het vir oulaas hul liedjies geoefen. Buiten vir die goeie voorbereidings het die perfekte somersaand op 2 November tot die sukses van hierdie geleentheid bygedra. Besoekers en gaste kon aan die heerlike eetgoed by ‘n verskeidenheid stalletjies weglê en ‘n paar vroeë
Kersinkopies by die geskenketafel doen. Die relevante samestelling van die program het vir ‘n gladde verloop en genotvolle aand gesorg. ‘n Orkes met bekroonde musikante op klavier, trompet, viool en slagwerk het die skoolkore en soliste begelei. Die pragtige tradisionele Kersliedere is met kontemporêre werke en solo-vertonings deur ‘n handvol gesoute soliste afgewissel. Die samesang van geliefde, bekende Kersliedjies het die gehoor by die geleentheid betrek en sommiges het sommer met al die liedjies in die aandlug saamgeneurie. Volgens die organiseerder, Johann Enslin, beplan die Hoërskool om van hierdie geleentheid ‘n jaarlikse instelling te maak. “Hierdie was ons eerste probeerslag. Van hier af kan ons net bou op wat ons geleer het om elke jaar beter te maak,” sê hy. Wellingtonners kan dus daarna uitsien om volgende jaar weer hul geliefde Kersliedere oor die rugbyvelde van Hugenote Hoërskool te hoor eggo.
Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!
courant
dié
4
Stories van lank gelede
Ons almal het 'n storie met verskillende hoofstukke. Almal se storie loop verskillende draai en het beslis nie dieselfde slot nie. Sommige se hoofstukke stop sommer stomp, ander sin is weer deurmekaar en ander het vlekke op die bladsye wat honde-ore het. Maar stories het ons stories. Net so, kan huise en items stories vertel. Die uwe het telke male al kop onderstebo geloop en kyk na die grond. So by myself gewonder: Wie het nie al hier geloop nie. Wat het daardie gebou nie al "gesien" nie. Vreemd ja en ek het al in baie mense, pale, bome en meer vasgeloop, maar tog met 'n lekkerte. Stories is wat ons anders maak. Ons geskiedenis vertel die storie van ons pad. Ons toekoms is die leë papier wat lê en wag. Vreemd hoe ons stories soms vervleg en dan een bundel word. Dit is juis wat die koerantwêreld so lekker maak - die verskillende stories waarmee ons daagliks te doen kry. Joune, myne, almal sin... 'n storie moet vertel word.
Kuier saam by The Garden Shed
The Garden Shed is ‘n splinternuwe koffiewinkel wat op 4 November hul deure vir die publiek geopen het. Hierdie kuierplek is ‘n welkome toevoeging tot ons dorp se sosiale uithangplekke en ‘n lafenis waar die innerlike versterk kan word terwyl gaste tussen die mooiste dekor, oulike snuisterye en die weligheid van ‘n hele kwekery vol plante kan ontspan en kuier. Volgens Janet van der Merwe, eienaar van The Garden Shed, is die koffiewinkel ‘n natuurlike uitvloeisel van wat hulle reeds op die perseel gedoen het. “Ons het ons kwekery, VIP, reeds ‘n jaar gelede na hierdie wonderlike perseel langs die R44 geskuif. Dit is gerieflik langs die toegangsroete, naby genoeg aan die dorp, maar tog verwyder van die besige middedorp – ‘n lekker plek om te ontsnap en te ontspan,” vertel sy. Hulle het ook ‘n gelyknamige gastehuis op die perseel begin. “Ons gastehuis, wat ook The Garden Shed heet, het 7 kamers en is goed op dreef,” sê Janet. “Die oulike stoor langs die kwekery leen hom uitstekend tot ‘n kuierlokaal en iemand anders het dit eers vir hierdie doel gehuur. Nadat ons ooreenkoms met hierdie huurder ten einde geloop het, het dit net sin gemaak om dit as ‘n koffiewinkel, kuierplek en funksielokaal te bedryf,” vertel sy verder. The Garden Shed bied heeldag ontbyte, spesialiteitsgebak, ligte middagetes, soetgoed en dekadente koeke aan hul gaste. Dit is ook ‘n familievriendelike perseel waar selfs ‘n sandput en skopfietse vir klein kinders beskikbaar is. Volgens Janet het sy en die mede-eienaar van The Garden Shed, Anya Rosser, groot planne vir die onderneming. “Ons beplan om binnekort kookkursusse vir jong kinders hier te begin aanbied. Ons wil ook graag partytjies vir jong tieners hier hou. Ons doen reeds verjaardagpartytjies, ooievaarstees, kombuistee-partytjies en klein, intieme troues,” vertel sy entoesiasties. The Garden Shed bied van 9 tot 12 November ‘n Kuiermark by hul perseel aan. “Dit is ‘n klein, intieme mark waar mense heerlik kan kuier. Ons gaan so ongeveer 15 uitstallers hê en Newton en Co. kom Vrydagaand lekker tot 21:00 toe musiek maak,” sê Janet. Besoekers is welkom om die mark op 9 en 10 November van 09:30 – 17:00, op 11 November van 09:30 – 21:00 en op 12 November van 09:00 – 14:00 te besoek. Toegang is gratis. Vir navrae of besprekings by The Garden Shed kan mense Janet by 079 622 7911 of Anya by 082 496 0212 skakel.
NUUS • NEWS
9 November 2016
Ontmoet vriende by Café Friendship
Die deure van ‘n splinternuwe restaurant in Voorstraat het op Saterdag amptelik geopen. Hierdie restaurant, wat al vir ‘n geruime tyd deur Felida Saayman bedryf word, het met die samewerking van twee nuwe vennote ‘n splinternuwe baadjie aangetrek en sy nuwe spyskaart en gedaante aan die gemeenskap ten toon gestel. Volgens Felida was haar fokus nog altyd op heilsame huiskos by haar restaurant. “Die mense vandag is nog net so lief vir ‘n bord goeie huiskos, maar in ons gejaagde lewe het almal nie meer die tyd om lank voor die stoof te staan en kook nie. Daarom het ek hierdie tipe kos begin maak en mense het dan gewoonlik hul aandetes hier by my kom koop en huis toe geneem,” vertel sy.
Omdat die restaurant baie van haar tyd geverg het, het sy op ‘n stadium byna handdoek ingegooi. Gelukkig het haar twee nuwe vennote tot haar redding gekom. Cecil Carolissen en Adrian Williams het hulself tot dié gedugte span toegevoeg en gesorg dat die restaurant se aansien en benadering ‘n hupstoot kry. “Ons het elkeen unieke vaardighede wat ons na die onderneming bring,” sê Cecil. “Felida ken van kosmaak, ek is ook al jare lank in die kos- en onthaalbedryf en Adrian is ‘n kenner met die reël van funksies,” verduidelik hy verder. Volgens Felida wil hulle hê dat mense hul restaurant as ‘n kuier- en bymekaarkomplek sal ervaar. “Ons naam is nie verniet ‘Café Friendship’ nie. Ons wil regtig hê dat dit soos jou
Dagboek • Calender
ma se huis moet voel. Mense moet hier aankom vir ‘n koppie koffie en dan sommer die hele dag kuier,” sê sy. “Ons kos sluit hierby aan. Dis heilsame, bekende disse met ‘n hele paar nuwerwetse geregte tussenin. Dit is familievriendelik en dit is regtig ‘n plek waar mense kan inkom en net kan ‘wees’,” voeg Cecil by. “Alles natuurlik teen baie bekostigbare pryse,” sê hul albei. “Hierdie is nie ‘n worsmasjien nie, dit is ‘n kuierplek. By hierdie plek gaan vriendskappe gebou word en ou vriendskappe versterk word. Hier is hoop ten spyte van die swaarkry daar buite,” sê Felida. Café Friendship is weeksdae oop van 08:00 tot 20:00 en naweke van 08:00 tot 15:00. Vir meer inligting, kontak Cecil by 078 900 3609 of Felida by 079 413 8554.
Vind plaas by Die Herberg, Jacobsbaai. Vertoning begin 18:30 vir 19:00. Kostes beloop R250 per persoon wat 'n 3-gang maaltyd insluit. Kaartjies beskikbaar by Sanet 083 633 6262 Die Ontelbare 48 10-12 & 17-19 November: Kom sien die ontelbare 48 met Wessel Pretorius by die Drostdy Teater. Vir meer inligting skakel 087 943 2459 of stuur 'n epos aan: info@drostdyteater.co.za
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Bôrdienghuis Teater 3 November: Joshua na die Reën. Kom luister na die nuwe album getiteld - Die wêreld binne my om 20:00. Kostes beloop R125 p/p. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@ breytenbachsentrum.co.za Abbeyfield Vereninging 3 November: Die Abbeyfield Vereniging hou hul Algemene Jaarvergadering om 10:30 by Milnertstraat 2 A (regoor Wellington-verkeersdepartement). Vir enige navrae, kontak mev H Fredericks by 074 706 8386 Bôrdienghuis Teater 4 November: Kom luister na My woordplaneet saam met Chris van Niekerk na die mooiste gedigte om 18:00. Kostes beloop R100 p/p en R60 vir studente en pensionarisse. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@ breytenbachsentrum.co.za Crystall Gate Outreach Ministries 4-6 November: Come and enjoy the Faith to move mountains Tent Crusade. Friday and Saturday at 19:00 and Sunday at 17:30 in Leon Street, Wellington with the Prophetess Elena Groenewald Sarah Theron
11 November: Sarah Theron is te sien in Storm in 'n D-cup.
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk
Opera in the Winelands 11-13 November: Come enjoy opera in the Winelands at Diemersfontein Wine and Country Estate in Wellington, with your host Marcus Desando. For information contact 0027 067 800 or for bookings at arnold@gautengopera.org AKTV - Wellington 12 November: Die AKTV bied 'n treinrit na Kalkbaai an. Kostes beloop R75 per persoon (kinders is welkom, maar al die sitplekke kos R75). Kaartjies is beskikbaar by Wellington Museum 021 873 4710 of Rone Sills by 062 053 3114 Bôrdienghuis Teater 18 November: Kom geniet groot vermaak saam met Soli Philander om 20:00. Kostes beloop R120 per persoon. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@ breytenbachsentrum.co.za Bôrdienghuis Teater 24 November: Fliekaand onder die sterre getiteld Me before You. Roerende film gegrond op die gelyknamige boek deur Jojo Moyes om 20:00. Vertoning is gratis en besprekings is noodsaaklik. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@ breytenbachsentrum.co.za Rendezvous Werfmark 25 November: Kom loer in by die Wellington- Wes-mark vanaf 9:00 tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker Kersinkope, speelgoed en nog meer. Huis Andrew Murray 25 November: Wees deel van die Huis Andrew Murray se Kersfees skoenboks-projek. Navrae by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za
om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
NUUS โ ข NEWS
5
9 November 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WEEKEND SAVINGS PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in
R
PnP Topside or Silverside Beef Roast
54
R
Per kg
Per kg
PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s
Albany Superior Brown Bread 700g
R
WAS R12.39
49
90
R
Per kg
10
69
95
Fair Cape Eco-Fresh Full Cream or Low Fat Long Life Milk 6 x 1 Litre Per Pack
PnP Flavoured Ice Cream Assorted 2 Litre Each WAS R47.99
R
GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND
37
90
R
59
90
Plus earn
BONUS STIKEEZ
Bokomo Weet-Bix 450g
when you buy selected products
WAS R26.89
R
FREE APP F or
18
90
n tr
th ep a
y Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
R
35
90
Jacobs Krรถnung Instant Coffee Regular or Mild 200g or Regular 250g Refill Each WAS R109.99
R
85
90
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack WAS R56.99
R
43
Equates to R39.93 for 2kg
Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack WAS R229.99
R
187
90
Sunlight 2in1 Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Assorted Each
90
R
199
Johnnie Walker Red Label Blended Scotch Whisky 750ml and 1 Glass Gift Set Per Set
R
38
90
WAS R114.99
R
94
Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml
Get Double Points
Ariel Auto Washing Powder 3kg Assorted or Capsules 21s Each WAS R82.99
R
59
90
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 10 - 13 NOVEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS874
MMWCHS874_WCape_38x264.indd 2
2016/11/04 12:03 PM
NUUS • NEWS
6
9 November 2016
Land Staal vier 40 jaar
Land Staal staan vir kwaliteit staalwerk
Land Staal, met sy hoofkantoor op Malmesbury, vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar. Hulle fokus op die oprig van ‘n wye verskeidenheid staalstrukture. “Alles begin in ons werkswinkel, waar ons die rou staal ontvang en noukeurig verwerk volgens die beplande strukture wat ons moet oprig. "Ons beskik ook oor ons eie oprigters met die nodige opleiding en ondervinding. “Kliënte kan verseker wees daarvan dat ons persoonlik toesig en beheer uitoefen oor elke projek wat ons aanpak,” verklaar Reinhardt.
“Ons streef altyd na kwaliteit-diens en persoonlike aandag aan elkeen van ons strukture en kliënte.” In die verlede het Land Staal groot sukses strukture buite die grense van die Swartland afgehandel. “Ons staalstrukture staan letterlik die land vol,” verduidelik Reinhardt. “Ons het al gewerk in die Langkloof, die OosKaap, en selfs in Oshakati. Hoewel ons gereeld ook in die wyer Wes-Kaap werk, glo ek nie ons sal gou weer buite die landsgrense werk nie”
NUUS • NEWS
7
9 November 2016
in die staalbedryf
Kontak Land Staal
“Indien u beplan om in die toekoms enige geboue op te rig, bied ons graag ons dienste aan om u reeds in die beplanningstadium van raad en hulp te voorsien,” nooi Reinhardt.
Land Staal nooi alle belangstellendes uit om hulle te skakel met navrae by 022 486 4740 of besoek hulle in Abattoirweg 16 op Malmesbury.
Aan die begin... Eddie Visser het in 1976 saam met sy neef, Jimmy Thomas, ‘n auto-elektriese onderneming op Malmesbury geopen. In November dieselfde jaar, het hulle ook Malmesbury Staalwerke gekoop, die voorloper van Land Staal soos Swartlanders dit vandag ken. Die twee neefs (Jimmy en Eddie) het hul besigheid gekombineer as J&E Staalwerke en J&E Auto-elektrisiëns en dit vanuit Albaniestraat bedryf. In Maart 1986, 'n dekade later, het die besigheid verdeel en onder verskillende bestuur gekom. Eddie Visser het sy eie kantore in Abattoirweg gebou en Land Staal het só die lig gesien. Eddie se seun, Reinhardt Visser, is sedert 1998 voltyds by Land Staal betrokke en het aan die begin van 2011 die leisels by sy pa oorgeneem, hoewel Eddie nog voltyds betrokke was by die onderneming. Hy het aan die einde van 2015 afgetree. Oor die 40 jaar-kerf in die bedryf, sê Reinhardt: “Land Staal het piektye beleef, maar ook deur sy moeilike tye gegaan. Met die genade van ons Hemelse Vader het ons gekom deur die tagtigerjare en die moeilike 2000’s en uit hierdie oogpunt glo ons dat ons vir ‘n baie lang tyd in die bedryf sal wees.”
courant
dié
8
NUUS • NEWS
9 November 2016
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
9 November 2016
•GESOUTE SPELERS SÊ MEKAAR DIE STRYD AAN
ATKV bou erfenis met jukskei
Uitslae en Gebeure
Results and Events
Wellington Gholf (72) Samespel-stableford: S Oosthuisen en C Theunissen 48; A Broodryk en J Carstens 48; S Muller en I Muller 47 Hillcrest United-bekeruitdeling Hillcrest United hou op 11 November 2016 hul jaarlikse bekeruitdeling in die Wellington-stadsaal. Die geleentheid begin 19:30 en kaartjies beloop R80. Kaartjies is beskikbaar by die bestuur en spelers. Vir meer inligting, kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com Newton Summer Bash Die Newton (Bombela Old Boys) hou op 2 Desember 2016 hul jaarlikse ‘Summer Bash’ by Newton Primêre skool en dit beloof om ‘n genotvolle aand te wees. Kaartjies beloop R60. Kaartjies is beskikbaar by die "Old Boys" asook by die sekretaris (Moula Pietersen) 0786740553, of die kassier (Mervin Petersen) 0767760702.
Bo: Al die deelnemers. Regs: Die Lions se wenspan met hul trofee. Die ATKV-tak op Wellington vir baie pret gesorg met hul jukskei-kompetisie wat vir ‘n verskeidenheid organisasies in die dorp aangebied is. Die kompetisie het by Wellington se jukskeibane plaasgevind en gesoute en minder bedrewe jukskeispelers het mekaar die stryd aangesê.
Atlete:
Die langasems van die Wellington-atletiekklub het die uitputtende Voet van Afrika onlangs voltooi. Gerrie Brink (voor) het die marathon in 4:14 voltooi. Kurt Conradie (middel) het die afstand in 5:10 voltooi en Clint Williams in 3:11. Hy was ook die eerste Wellingtonner oor die eindstreep. Sheulene Claasen het die 10km in 1:31 kafgedraf en Colin Williams het met die 21km klaargespeel in 1:54. Hy het die eerste plek vir die 60+-afdeling ingepalm. Jakobus Visagie het die 42km in 3:40 voltooi en was die tweede meester oor die eindstreep. Owen Smit se tyd was 4:00. Jan Williams (agter) het die afstand in 3:40 afgelê en Frankie Sadie in 4:37.
Volgens Tharina Schweidler van die ATKV is dit al die agste jaar dat hulle hierdie kompetisie aanbied. Hulle nooi ander kultuur- en gemeenskapsorganisasies om saam ons erfenis te vier deur aan hierdie inheemse sport deel te neem.
Lede van die ATKV, die Rapportryers, die plaaslike Lions-tak en die Voortrekkers het aan die kompetisie deelgeneem en die Lions het as die wenners uit die stryd getree. Die kompetisie het in ‘n goeie gees geskied en deelnemers en toeskouers het hope pret gehad.