courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
8 Junie 2016
Uitgawe 373
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• poole ‘n blink nuwe akteur
Van Wellingtonse laaitie tot sterloper Hein Poole is die blink nuwe TV-ster wat eens as kind in Wellington se strate gespeel en rondgeloop het. Hierdie oudleerder van Pauw Gedenk Primêr, St. Albans Primêr en New Orleans Sekondêr vertolk tans een van die hoofrolle in die gewilde Kyknet-reeks, Sterlopers. “Met ‘n oupa soos Frank Brink wat die plaaslike Roslins Rugbyklub gestig het, en my ander oupa Henry Poole, wat vir jare die skoenmaker in Wellington se middedorp was, is my wortels diep in Wellington geplant. As ‘n mens vir 27 jaar lank op ‘n plek bly, word die plek en die mense deel van wie jy is,” vertel Hein. Hy sê dat hy as 7-jarige “laaitie” in opvoerings by die kerk en skool begin speel het en dat ‘n gesondheidstoestand hom as kind verhoed het om aan sport deel te neem. Dit het hom as’t ware gedwing om kuns, drama en vermaak as alternatief te verken. Hy het vinnig besef dat hy nie net ‘n natuurlike aanleg daarvoor het nie, maar dat hy ook baie lief is daarvoor. “My ouers en onderwysers het my altyd aangemoedig. Ek sal altyd erkenning gee aan die dorpenaars se inspirerende woorde en ondersteuning in my lewe. Wellington se mense is vriendelik en trots. Hulle sal altyd agter jou staan as hulle weet jy wil iets positiefs bereik. En al die dorp se stories en mense help my om karakters en situasies kleurvol te skets,” sê Hein. Sy pad tot by Sterlopers was egter nie net met ster-
re besaai nie. Hy moes al baie klein rolletjies vertolk om die pot aan die kook te hou. As opkomende akteur kon hy nie kieskeurig wees nie en hy het al enigiets van ‘n skoolkind, ‘n ou man op ‘n stoep, ‘n skollie, ‘n gelukbringer, ‘n “nerd” en selfs ‘n vrou gespeel. Hy was ook al deel van gemeenskaps- en opvoedkundige teater en het in selfoonadvertensies verskyn. Hy voel dat dit hom waardevolle ondervinding laat opdoen het en hom gehelp het om te kom tot waar hy vandag is. Sy ondervinding op die stel van Sterlopers is iets wat hy nie gou sal vergeet nie. “Ek moes vir 3 maande lank tussen die Kaap en Johannesburg pendel, omdat die reeks in Johannesburg geskiet is. Die energie onder die akteurs op die stel was ongelooflik. Almal het mekaar ondersteun en daar was ‘n lekker gekskeerdery agter die skerms – veral as ons moeilike tonele moes skiet.” Hein lag as hy oor sy karakter in Sterlopers praat. “Ek speel Cheslin Cupido in Sterlopers. Toevallig is dit ook my buurman in Wellington se naam! Daar is baie verskille tussen my en die karakter Cheslin, maar daar is ook baie ooreenkomste. Cheslin dans, speel seremoniemeester en skryf gedigte en dit is alles dinge wat ek ook doen. Ek het ook die geleentheid gekry om my eie rymklets/ slam poem in die reeks te doen (Doef ka doef).” Hein sê sy familie is sy anker. “Ek het ‘n massiewe familie. Ek kry net nie
‘‘
‘‘
• Jaomi Zeeman
Wellington se mense is vriendelik en trots."
tyd om by almal uit te kom nie. Die Poole’s, die Brinks en die Gilfellins – ek’s in die skuld by almal. "Ek is getroud en het die pragtigste 15 maande-oue seuntjie. My beroep stel hoë eise aan my familielewe, maar hulle verstaan en ondersteun my ongelooflik baie.” Intussen is dit vir hom nog steeds onwerklik wanneer mense hom op straat herken. “Ja-nee, dis net selfies en uitnodigings wat na my kant toe kom. Ek moes nou selfs al ‘n PA kry. Partykeer skrik ek my boeglam wanneer die mense my oorval. Almal is so ondersteunend en trots. Ek moet sê, dit kompenseer nogal vir die tyd toe daar net vyf tot 100 mense voor my in die gehoor gesit het.” Op die oomblik is Hein druk besig met ‘n hele paar projekte. Hy tree gereeld op as seremoniemeester by funksies, hy werk aan ‘n musical, hy is deel van die komediereeks Nommerpas 1 en 2, hy speel in die drama Broodlyn, hy is betrokke by kinder- en gemeenskapsteater en toer met Miriam Makeba se storie. Hein voel dat hy ook moet terugploeg in die gemeenskap wat hom gevorm het en daarom gee hy dramalesse by die Breytenbachsentrum. Al is sy kop tussen die sterre, is sy voete nog stewig op die grond. “Al die struikelblokke wat ek al moes oorkom het my baie geleer. Elke dag is ‘n nuwe uitdaging. Ek fokus net op wat ek in die lewe wil bereik en vertrou op God,” laat hy filosofies hoor. Dit is wyse woorde van Wellington se blink Sterloper. Leerders wat belangstel in dramalesse kan die Breytenbachsentrum kontak by 021-873 2786.
NUUS • NEWS
8 Junie 2016
NUUS • NEWS
2
8 Junie 2016
• wie sal kroon dra?
Nou spogtyd vir wynmakers Wynmakers, die tyd het aangebreek om die opkomende sterre van die 2016 oes in te skryf vir die jaarlikse SA Jongwynskou. Inskrywings sluit op 22 Junie by die streekswynskouvereningings en op 07 Julie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereninging (SANWSV). Meer as 2 000 wyne ding jaarliks mee vir die top toekennings. Die organiseerders, die SANWSV, verwag vanjaar ‘n verbete stryd vir die gesogte Generaal Smuts en Pietman Hugo trofeë. Die Generaal Smuts trofee is die kompetisie se hoogste eerbewys en word aan die algehele kampioenwyn toegeken,.Die Pietman Hugo trofee beloon die kelder met die hoogste puntetelling vir vyf verskillende wyne. Volgens die 2016 VinPro oesverslag het uitdagende seisoenstoestande vanjaar daartoe gelei dat Suid-Afrikaanse produsente ʼn effe kleiner wyndruifoes gehad het, maar die druiwe was gesond en die kleiner korrels wat tot gekonsentreerde geure bygedra het, hou die belofte vir mooi wyne in. Altesaam 17 SA Kampioen trofeë is ook op die spel vir Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivars, Droë Wit
Versnitte, Effe-droë Witwyne en Edellaatoes. In die rooiwyn klasse word trofeë toegeken vir die beste Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivars en Droë Rooi Versnitte. Beoordelaars sal ook die mees uitstaande Port, Dessertwyn en Muskadel uitsoek. Spesialispanele, wat bestaan uit sewe gekwalifiseerde wynbeoordelaars per paneel, sal die jongwyne van 25 tot 29 Julie by die Nederburg Veilingkompleks takseer. ‘n Agste leerling beoordelaar word by elke paneel gevoeg om opleiding te ontvang. Die wenwyne sal op 19 Augustus bekroon word tydens ‘n toekenningsdinee, geborg deur Agri-Expo. Die SA Jongwynskou, die oudste wynskou ter wêreld, bied sedert 1833 aan wynmakers die kans om verskillende wyne, eksperimentele style en nuwe kultivars teen hul eweknieë te meet. Die 2016 SA Jongwynskou katalogus en inskrywingsvorm is beskikbaar by www.youngwineshow.co.za of stuur ‘n e-pos na info@veritas. co.za. Volg die SA Jongwynskou op Facebook, Twitter en Google+ om op hoogte te bly van die jongste nuus. Gebruik die hutsmerk #sayoungwine en neem deel aan die gesprek.
Hugenote:
Hugenote Hoërskool se sportspanne het die naweek teen die span van Labori kragte gemeet. Bo beur Keyden Kiewiet van die eerste rugbyspan deur die verdediging. Links is Lee Behne van die o.14A-hokkiespan. Hulle het gelykop gespeel met 0-0.
Onthou hierdie datums van Bôrdienghuis 10 Junie: Shimmy Isaacs – Kô lag saam! Die bekende komediant, Shimmy Isaacs, is op haar stukke in dié standup. 20:00 | R90 18 Junie: Twee Twee, met Herman Kleinhans en Maria Rademan, maak orals opslae nadat hulle in 2015 die wenners van die Afri-visiekompetisie was. 20:00 | R70 22 Junie: Chris Chameleon - Firmament Chris Chameleon se nuwe solo-album word
gevier met hierdie gelyknamige produksie. Twaalf splinternuwe liedjies en die verhale daaragter word gekruie met sy gevoelige spitsvondigheid en eerlike vertolkings om gehore te lei na ’n wêreld van droom, wonder en lag. 20:00 | R125 25 Junie: Lucy Kruger Kom sluit ná die kunsopening van André du Toit en JP Meyer in die galery by ons aan saam met Lucy Kruger, Andre Leo en Werner Von Waltsleben in die teater. Lucy se debuutalbum,
Wen met Shimmy en Twee
Cut those Strings, is in 2013 vrygestel en sedertdien toer sy deur die land en tree op saam met verskeie kunstenaars. Sy neem ook ’n EP op saam met The Lost Boys, waarmee sy haarself vestig in die genre van psychedelic folk. Haar droomagtige lirieke en meesleurende stem skep net die regte atmosfeer vir ’n lui Saterdagmiddag. 14:00 | R50
Vier gelukkige lesers kan elk ‘n kaartjie na die vertonings van Shimm Isaacs en Twee wen. Twee kaartjies na Shimmy Isaacs se Kô Lag Saam en twee kaartjies na Twee se optrede is op die spel! Sms SHIMMY of TWEE, saam met jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor môre 15:00.
Besprekings by 021-8732786 of teater@ breytenbachsentrum.co.za. Vir vertonings wat om 20:00 begin, is die deure vanaf 18:00 oop.
Vraag: Waar word dié vertonings aangebied?
Regop is nie altyd die regte hoek nie...
NUUS • NEWS
3
8 Junie 2016
Skaterlag met Lollos Wellington se kleinspan kan uitsien na ‘n vertoning van die gewilde Lollos op Saterdag 11 Junie. Kinderland Kleuterskool bied hierdie wonderlike geleentheid in Hugenote Laerskool se skoolsaal aan.
“Skaterlag” is Lollos se nuutste en 8ste vertoning in dié gewilde reeks opvoedkundige kindervermaak. Kaartjies is beskikbaar teen R80 by Kinderland se kantoor of kontak Laurianne by 079 243 0335 vir ‘n bespreking.
Horses still checked for AHS Testing is ongoing after an initial outbreak of African Horse Sickness in the Boland area in April this year. Alan Winde, Minister of Economic Opportunities, said 21 horses on eight properties have tested positive since the detection of the first case: “All the horses which have tested positive were within the containment area. Four horses have died of AHS. Vets are continuing surveillance and sampling in the containment area so we are able to respond speedily to any new cases. Private vets have been requested to inform us of any suspected cases. No positive cases outside of the revised containment zone have been reported.” Horse owners were encouraged to stable their horses from two hours before sunset to two hours after dawn to decrease the risk of the vector of the disease having contact with their horses. “We appeal to horse owners to make use of a registered insect repellent on their horses during the vector feeding periods. To further protect stabled horses, owners can cover all stable openings with 80-100% shade cloth.” As of 26 April 2016, the borders of the containment area were revised. Movement restrictions are still in force within this containment area surrounding the case. No movement of horses into, out of, through or within the containment area will be allowed without a movement permit from a state veterinarian.
The eastern border of the containment area follows the border of the AHS surveillance zone from the Jonkershoek area along the Limietberg mountain range to the Voëlvlei dam. The boundary then extends westwards past the southern end of the Voëlvlei dam to the R46, which it follows through Hermon, Riebeeck Kasteel and to Malmesbury. The western border of the containment area follows the R302 southwards until it intersects with the R304, which it follows into Stellenbosch and along Bird St until the intersection with Merriman Ave. The southern border follows Merriman Ave, Martinson Rd and Jonkershoek Rd to the east, through the Jonkershoek Valley and up the escarpment until it meets with the border of the AHS surveillance zone. The roads that make up the borders of the containment area are not included in the movement restrictions, and transport of horses along these roads is permitted. An interactive map of the containment area can be obtained at www. elsenburg.com/vetepi under the Maps tab. Permit applications should be made to authorised veterinarian Dr Camilla Weyer at camillaweyer@gmail.com. Any owner within the AHS surveillance zone detecting illness in horses involving unexplained fever, swelling of the head and neck and difficulty breathing should report the case to their local State Veterinarian as quickly as possible. Contact details of regional state veterinary offices can be found on www.elsenburg.com.
Kontak ons met jou nuus! Skakel gerus met Jaomi Zeeman by 083 482 3889 en deel jou nuus met die gemeenskap! Ons dien met goeie nuus!
• kuier saam rondom tafels
Emile Minnie bring sy Nagmusiek
Die bekende sanger Emile Minnie gaan op 22 Junie in Wellington optree. Terwyl mense gesellig rondom tafels kuier, gaan hierdie begaafde liedjieskrywer en musikant met die soet stemme van Hugenote Laerskool se senior- en juniorkore saamspan vir ‘n besondere aand van musiek en vermaak in die skoolsaal. Minnie is deur Laurika Rauch as een van Suid-Afrika se topliedjieskrywers bestempel. Sy het drie van Minnie se liedjies in een van haar albums opgeneem.
Sy “Nagmusiek”-album is al vir ‘n Sama vir beste alternatiewe Afrikaanse album genomineer en hy was die naaswenner in Huisgenoot Tempo se liedjiekompetisie. Minnie het ook al ‘n nominasie vir ‘n Kanna by die Absa KKNK ontvang en hy was ‘n finalis in die ATKV Crescendokompetisie en die World Song Contest. Kaartjies vir hierdie gesellige musiekaand is by Hugenote Laerskool beskikbaar teen R50 per persoon. (Kontak die kantoor by 021-873 1362 vir besprekings.)
courant
NUUS • NEWS
8 Junie 2016
dié
4
Bybelse tyd:
Wellington is propvol sterre
Die graad 2-leerders van Hugenote Laerskool leer hoe die mense in die Bybelse tyd geleef en geëet het. Die leerders trek dan volgens die verskillende beroepe aan en hulle bring verskillende Bybelse kosse saam om te demonstreer. Almal proe aan alles en ontdek dat daar eintlik baie kossoorte is wat elke dag vars geëet kan word. Hierdie geleentheid is ‘n hoogtepunt in die graad 2's se jaar.
Een ding is nie twee nie en dit is dat Wellington propvol skitterblink sterre is. Op hierdie dorp kom jy amper om elke hoek en draai in kontak met 'n Wellingtonner wat 'n uitsonderlike prestasie behaal het, of iemand wat daarna mik en baie naby al gekom het. Wat sê dit van dié inwoners en gemeenskap? Dat hulle doelgerig is. Dat hulle deursettingsvermoeë het. Dat hulle nie terugstaan vir enige uitdaging nie. Om van die strate van die platteland te gaan tot die silwerskerm, wil gedoen wees, so welgedaan aan ons eie sterloper. Jou ster skitter baie helder. Wat merkwaardig is, is dat hy steeds so diep gewortel is in sy gemeenskap en soveel inspirasie uit die gemeenskap put. Hierdie dorp lewer baie uitblinkers op. Op verskillende terreine. Mense wat uitstyg. Wat die wêreld vierkantig in die oë kyk en hul sukses en roem gaan haal - daar agter die Wellingtonse berge, maar dit altyd weer huistoe bring. 'n Gemeenskap van wenners. 'n Gemeenskap met passie en dryfkrag. Wat meer het jy nodig om aan te steek en ook suksesvol te wees? Laat toe dat diegene wat vandag en gister die strate gewandel het, jou inspireer en tot hoër hoogtes neem.
It’s Good News Dr. Marc Blackwell Snr
Anxiety and worries Just living life itself is hard! Life has so many complex relationships such as marriage, children, finances, jobs, and accepting the injustices of life’s many perplexing situations. In addition, our own wrong choices can add more stress. These added personal pressures often lead to our becoming aggravated and negative - even losing all hope. Many Christians further complicate life by remaining “stuck in the old ruts” of the wrong choices and attitudes of their past. Grow and change by faith in Christ Jesus. Think first and make truly sound Biblical choices. The Bible tells us to live by faith. But honestly, how many believers do that? A useful definition of living by faith is to “think and then trust God with each life choice or instance.” From one act of faith to the next act … we must learn to make our life decisions (mentally and verbally) according to God’s Word. We must choose to rejoice in God’s faithful involvement in our lives: Psalm 37:4 “Delight thyself also in the Lord; and he shall give thee the desires of thine heart.” We must choose to submit our body, our mind and our will to Him. We must choose to serve (or sacrifice) our interests to do His will & live His way. Romans 12:1 “… present your bodies a living sacrifice, holy, acceptable unto God, which is your reasonable service.” Choose to do right by trusting the Lord. Proverbs 16:3 “Commit your works unto the Lord, and your thoughts shall be established.” Jeremiah 17:7, “Blessed is the man that trusts in the Lord and whose hope the Lord is.” Psalm 55:22 “Cast your burden upon the Lord, and he shall sustain you.” Choose life with humble gratitude and commit your fears or anxieties to God through … prayer … with thanksgiving. We must bring our requests or needs to God. “And the peace of God which passes all understanding, shall keep your heart and minds through Christ Jesus.” (Philippians 4:6-7) Choose to avoid being selfish. Hebrews 13:5 “Let your lifestyle be without covetousness; and be content with such things as you have.” Christ “will never leave you or forsake you.” God loves you but you must make right choices!
Wes-Kaap: Talitha Janse van Vuur-
en van Hugenote Hoërskool (o.14) is opgeneem in die Wes-Kaaphokkiespan wat gaan deelneem aan die IPT-toernooi in Durban vanaf 9-16 Julie.
Boland:
Nicole Büsse en Tiffany Ceasar (o.14), albei leerders van Hugenote Hoërskool is opgeneem in die Bolandstreekspan wat van 2 tot 6 Julie in Bloemfontein gaan deelneem aan die streekstoernooi.
NUUS • NEWS
5
8 Junie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
BIRTHDAY PARTY 38 Also at HYPERMARKETS
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s
38
90
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
90
Per kg
Equates to 38.66 for 2kg
WAS 39.99 NOW 25.90
12990
E R O T S N I R S L A I 58 C E P S 19 F O S D E R D N U H H T WI BUY 2 FOR
PnP NO NAME Frozen Chicken Braaipack 1.5kg
TM
Stork Country Spread 50% Fat Spread 1kg
BRM Pork Loin Rib 1kg
BIRT 90
Danone Ultra Mel Flavoured Custard Assorted 1 Litre Each
WAS 46.89 46 89 9 NOW 34.90
Bokomo Weet-Bix 900g
169
90
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
WAS 64.99 NOW 38.90
13
Ariel Auto Washing Powder with/without Downy 2kg, Liquid Detergent with/ without Downy 1.5 Litre or Capsules 14/15s Each
PnP Bulk Oukraal Wors Per kg
49
R
PnP Bulk Tenderised Steak Per kg
49
R
PnP Bulk Pork Braai Chops Per kg
R
Klipdrift Premium Brandy 750ml
Coca-Cola Regular, Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml
64
WAS 194.99
Get Double Points
R
67
PnP Bulk T-bone and Club Steak Mixed Pack Per kg
Simply swipe your card on payment & check the bottom of your till slip. Valid 23 May – 3 July 2016 Terms and conditions apply. View www.picknpay.co.za E&OE
PRICES VALID 9 - 12 JUNE 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
NOW
170
R
Come and enjoy Pick n Pay’s LOW-PRICE PARTY. PLUS stand a chance to WIN A FREE GIFT, just for being a Smart Shopper.
1504954_38 X 262/1
140
R
50
Per Case
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Improved PnP App Now with the easiest way to keep your shopping list
NEW
FEATURES
NUUS • NEWS
6
Hugenote Laer meet kragte teen Courtrai
Links bo: Devonté Adonis stamp die verdediging af. Bo: Tarryn de Wet raap die bal weg. Onder: Lisa Bezuidenhout strek om die bal in besit te neem. Regs: Su–Agen Kuiler laat hom nie plattrek nie.
Vince-Lee Louw storm voort met die bal. Onder: Matthew Minnaar breek deur die verdediging.
8 Junie 2016
NUUS • NEWS
7
8 Junie 2016
Dagboek • Calender
Ceramic Matters 4 Junie om 11h00 - Kom ontmoet en gesels met Anthony Harris en Gerhard Swart en vind uit hoe hulle skeppingsproses werk. Toegang is gratis (wyn teen R10 per glas. Uitstalling duur tot 16 Junie. RSVP : Anne-Ghrett voor 2 Junie 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 galery@breytenbachsentrum.co.za
"Neil Diamond Tribute" 10 Junie - Johan Liebenberg tree op by Upstairsteater, Gouda Hotel, Hoofstraat, Gouda om 20h00 - Kaartjies @ R120 p.p Besprekings : Maurene (023) 232 0212 / 082 576 3874 Lollos 8 Skaterlag 11 Junie - Kinderland Kleuterskool bied aan Lollos 8 Skaterlag by Huguenote Laerskool R80 pp Kaartjies te koop by Kinderland kantoor of 079 243 0335 2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700; Cost: R470. Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket.
Solo Studios Art Weekend
29 - 31 July - Group exhibitions in the Riebeek Valley - Tickets for the weekend will cost R225 (includes access to studios and exhibitions, an opening cocktail party and a Saturday afternoon party)
Further details from Klaus Piprek on 074 209 6838 / klaus@solostudios.co.za
Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse
Betrekkings Vacancies Lutea Glitz We need energetic Sales people to join Lutea Glitz. If you love people, passionate about Perfume and Jewelry, then YOU are the right candidate! Capital outlay – R350.00 Contact Thea 0833088143 / lutea@lantic.net #2477 Dankbetuigings Special Thanks
skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum. co.za. Depressie- en Ondersteuningsgroep in Wellington - Maandelikse spreker wat oor 'n verskeidenheid onderwerpe rakende die siekte kom praat - Almal welkom en aanvaar Kontak Petro Greeff by 021 873 4688 / 072 709 8000 Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@ wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30; 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Die Familie van wyle Elizabeth Faro (Betjie) wil net die volgende persone bedank vir ondersteuning tydens haar siekbed – Antie Katie Boks, Anne Cupido, Lenie Barendse, Miriam en Quinton van Meulen. God’s rykste seen word jule toegewens. #2486 Dienste Services Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/14 Gelukwensing Congrats 07-06-2015 1 JAAR OUD!!!!
Veels geluk Jay… God’s rykste seëninge op jou pad en bly die lieflike engel in ons lewe. Mammie oneindig lief vir jou… Happy bornday. Liefde Mammie Lizelle &
Boeta Izaiher #2475 ----------------------------FORTUIN PERSENS 4 Junie 2016 (55)
Baie geluk pappa. Ons wou so graag vir u ‘n baie spesiale geskenk gee...maar daar, is ‘n probleem...Hoe draai mens ‘n gebed toe? Mag die Here jou seën en bewaar omdat jy baie spesiaal is vir ons. Van jou vrou, 3dogters en 4 kleinkinders. #2476 ---------------------------SONIA LOUBSER
Mammie, baie geluk met u verjaardag wat op 5 Junie plaasgevind het. Met liefde van u kinders en kleinkinders #2478 ---------------------------SELWYN HENDRIKS
Baie geluk met jou verjaardag wat op 3 Junie was – Van : Mammie, Celestine, Samantha, Jo-Lin en jou dogter – Jy moet lekker verjaar en kyk na jou #2479 -----------------------------
GUESS WHO’S 21 ON 12 JUNE
AMY-JANE ARENDSE Congrats on your birthday my baby. Many blessing on this special day. Remember to praise the Lord in everything – Ma Sannie, your Boeta Remo, sisters, granny and family #2480 ----------------------------LYLE LATEGAN 21 !!!!
Op 6 Junie: Geseënd is jy onder vele. Mag die Here jou behoed en bewaar. Geluk met jou 21st – Van Lategan en Arendse familie #2481 ------------------------Mag jou paaie met rose besaai wees mag jy die voorbeeldige kind bly – Baie geluk – Van : Uncle Ró & gesin #2482 ------------------------Baie geluk Lyle met jou mondigwording. Mag God jou nog vele mooi jare spaar. Lief jou altyd. Van : Nanna, uncle Lemore, antie Denise en die kinders #2483
--------------------------Baie geluk Lyle – onthou wat die woord in Spreuke sê – “ Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou”. Liefde – Die Adams gesin #2484 ---------------------------10 Junie FRANCISCUS JANZA –
Geluk my man met jou geboortedag mag God jou ryklik seën. Baie dankie vir ‘n wonderlike man en pa wat jy is. Geniet jou daggie - ons is baie lief vir jou :van jou Liefde, Quwin en Lilah #2487 --------------------------Baie geluk Pa met jou verjaarsdag mag God jou nog vele jare uitspaar en mag jy die spontane, graperige Emo vir ons bly lol - Ons is baie lief vir jou : Van jou dogters Admer, Merltine en Lineve #2488 Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/45
Kontak ons by 022 487 3221 om jou wit olifante te adverteer!
courant
NUUS • NEWS
8 Junie 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
8 Junie 2016
Sportuitslae Sports results WELLINGTON (72) Samespel-stableford: Geelbal: G. Kline en H. Goosen 84, J. van Rensburg en G. Strys 78, S. Oosthuizen en L. Theunissen 77, F. Steenkamp en J. du Toit 76, J. Theron en R. van der Schyff 78. Kruger-liga: Wellington 3.5, Paarl 2.5 KLUBKOMPETISIES (BOLAND) Groot Uitdaagkompetisie Witsentraal: Roses United 33, Ceres 22; NewTons 25, Evergreen Paarl 11; Hillcrest United 39, Tulbagh 14; Hamlet 30, Bella Vista 24; Wolseley 28, Wellington 10. SKOLERUGBY
Tweekamp:
By die Boland-tweekamp se jaarvergadering en hul trofee-oorhandigingsfunksie is Lozaan van Schalkwyk van die Hugenote Hoërskool vereer met ‘n Bolandtrofee vir die meisie wat by SA’s die meeste punte gevorder het die afgelope seisoen.
Huguenote 15 (8) HTS Drostdy 25 (20): DROSTDY – Drieë: Timothy Allies (senter), Nicolas Wilkenson (agsteman), Bron-Lee Mouries (slot). Doelskoppe: Demitri Moffat (losskakel, 2) Strafdoele: Moffat(2) HUGENOTE – Drieë: Cohen Kiewiet (stut), Michael Goodall (senter). Doelskop: Renaldo Fransman (losskakel). Strafdoel: Fransman.
Potblou: Hillcrest United het die naweek Pelikaan Park-Wellington potblou geverf met
puik vertonings deur al drie spanne van Tulbagh kaf te draf. Die tuis span het goeie hardloop rugby gespeel en die besoekende span kon nie by hou by die vinnige spel van Hilcrest nie. Die 3de span wen 24-14, die 2de span 67-3 en die eerste span 42-14. Hillcrest United pak die naweek Newton Rugbyklub op Newton park. Dylan Maart probreer bo wegkom van Tulbagh se verdediging.
Aussie takes on Berg
Cravenweek:
Vince-Lee Louw, ‘n leerling by Laerskool Hugenote op Wellington, is verkies tot die O.13 Boland XV-Talrugbyspan. Hy sal as skrumskrakel aan die Nashua XV-Tal week op Sasolburg vanaf 26 tot 29 Junie deelneem.
Boland:
Keanu Philander van Laerskool Hugo Rust op Wellington is gekies vir die o.13 Boland XV-Tal rugbyspan. Hy sal as vleuel/heelagter aan die Nashua XV-Tal week op Sasolburg vanaf 26 tot 29 Junie deelneem.
After a baptism of fire at the Berg River Canoe Marathon last year, nuggety Australian marathon paddler Brendan Rice has confirmed his entry for the 2016 edition of the four day classic from Paarl to Velddrif from 13 to 16 July, vowing to return better prepared for the event second time around. Rice was a strong force at the front of the leading bunch for the first two days of the 2015 race before dropping off the front bunch and spending much of the torturous 75km third stage of the race on his own with a valiant fourth stage effort required to salvage tenth place overall. “I’m very excited for this year’s Berg and can’t wait to get back again,” said Rice, the son of well-known ex-pat paddler Shaun Rice. “Having come and seen the race last year, I left really motivated to come back and do better. When the opportunity came up to return this year, I didn’t hesitate!” Rice enjoyed good support from his team mates in the international contingent last year but also tasted the harsh side of the Berg when
he was dropped on Day Three and left to deal with the cold weather, low river and gale force winds alone. “To me just finishing in Velddrif felt like an achievement in itself.” For Rice, the 2015 Berg exposed him to the unique strategic nuances of the race that combines endurance marathon racing with a variety of changing dynamics throughout. “With the combination of mass starts and elapsed time starts, and a time trial to start it off, I remember the Berg as a very tactical race,” says Rice. He has however vowed to return to South Africa next month in better shape for the extreme demands of the four day outing. “After competing in my first Berg, I realised just how under prepared I really was,” says Rice, “I needed to go and race it to appreciate the amount of distance training required to do well in the Berg! “Last year I was fit to race 30 or 40 kilometres, but this year is different. I have put in a lot more hours and I feel like I am much better prepared for the long days of the Berg.”
89
88
R
CELEBRATE
Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles Bottles 24 x 330ml
MORE FOR LESS
170
R
Per Case
Olof Bergh Brandy 750ml
R
Harrier Whisky 750ml
29
49
R
R
140
R
Klipdrift Premuim Brandy 750ml
54
R
PRICES VALID 9 - 12 JUNE 2016
FRGTHS163
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Autumn Harvest Crackling 1.5 Litre White & Rose Each
Hunters Exstreme or Extreme Bold 4 x 440ml Per Pack
Bacardi Breezer Assorted 6x275ml Per Pack
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. FRGTHS163_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/06/06 9:18 AM