courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
6 Julie 2016
Uitgawe 377
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• 150 NUWE WERKSGELEENTHEDE GESKEP
Nóg water met nuwe projek • Jaomi Zeeman
“Kinders moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink.” Só lui ‘n volksliedjie wat bykans 100 jaar gelede oor die leiwater aan die voet van Bainskoof geskryf is. Vandag is dit dié einste water wat, danksy ‘n nuwe waterprojek van die Drakenstein Munisipaliteit, deur die hele dorp en omliggende areas gedrink kan word. Wellingtonners sien al vir ‘n geruime tyd die talle vragmotors wat in Generaal Hertzoglaan heen en weer ry en die gewerskaf agter die toegespande heining op die terrein agter Dwergiebos Pre-primêr. Wat min inwoners egter weet, is dat hierdie ‘n innoverende waterprojek deur die Drakenstein Munisispaliteit is wat in die toekoms talle voordele vir die dorp en sy mense sal inhou. Volgens André Kowalewski, Senior Ingenieur: Waterdienste, is die naam van hierdie projek die Uitbreiding van die Welvanpas Watersuiweringswerke in Wellington. Hy verduidelik dat die Drakenstein Munisipaliteit (DM) tans oor drie moontlike bronne beskik waarvandaan water aan Wellington en omliggende dele voorsien kan word. “Water word vanaf die Stad Kaapstad se Wemmershoekdam gekoop en die balans word vanaf DM se eie Spruitrivier (Blouvleitoevoer) en Antoniesvlei (Bainskloof) voorsien,” sê Kowalewski. Volgens hom het die Blouvleitoevoer egter, a.g.v. besoedelingsrisiko en suiweringskoste, sy belangrikheid as huishoudelike waterbron verloor. Water uit Antoniesvlei (Bainskloof) word op sy beurt gekenmerk deur ‘n sterk wintervloei wat gedurende die somermaande drasties afneem. Die koste verbonde aan die aankoop van gesuiwerde water van die Stad Kaapstad, het DM genoodsaak om alternatiewe voorsieningsbronne te ondersoek. Uiteindelik het die ontginningopsie van sy eie bronne, en veral die moontlikhede van water uit Antoniesvlei, die meesterplan vir die opgraderingsprojek tot gevolg gehad. Kowalewski verduidelik dat die Welvanpasdam aanvanklik die rol van ‘n dienstereservoir vervul het waaruit die water, ná chloortoediening, in die verdeelstelsel na verbruikers versprei is. “Die Welvanpasdam was egter ‘n gronddam en ‘n oop dam is onderworpe aan gesondheidsrisiko’s en besoedeling,” sê hy. “Lekkasies in sulke damme veroorsaak ook waterverlies en hoë onderhoudskoste. In die somermaande verdamp daar ook baie water
Die nuwe wateraanleg sal water aan Wellington verskaf. uit ‘n oop dam. Dit het eenvoudig gelei tot die oneffektiewe gebruik van ‘n verouderde bate.” Volgens Kowalewski gaan die nuwe fassiliteite huidige en toekomstige waterbehoeftes aanspreek. “Die sisteem is so ontwerp dat water vanaf die nuwe 3 Ml reservoir gepomp kan word na die bestaande 9 Ml reservoir, vanwaar dit na die grootste gedeelte van die dorp versprei word. Die 9 Ml reservoir kan steeds water van die Stad Kaapstad ontvang en water kan terug graviteer vanaf hierdie reservoir na die Welvanpas reservoir. Dit is dus ‘n tweerigting sisteem,” verduidelik hy. Kowalewski sê die waarde van hierdie waterprojek lê in sy veelsydige voorsieningsvermoë. “Die water kan van die 9 Ml reservoir ook verder graviteer na twee nuwe 11 Ml reservoirs oos van Newton. Dit beteken dus dat water uit Antoniesvlei die gemeenskappe van Newton, Mbkweni sowel as toekomstige uitbreidings kan bedien,” sê hy. “Die hoofdoel van die projek is om maksismum gebruik te maak van ons eie waterbronne (veral in die wintermaande) en die aankoop van water vanaf Stad Kaapstad te beperk tot die somermaande wanneer die Antoniesvlei-bron nie genoeg water kan voorsien nie,” gaan hy voort. Die projek is in verskillende fases verdeel en behels die bou van ‘n geslote 3 Ml betonreservoir, die opgradering van die Welvanpas-pompstasie, ‘n nuwe pomplyn na die 9 Ml reservoir, die konstruksie van watersuiweringswerke en ‘n munisipale depot/stoor en die kapasiteitsverhoging van die
suiweringswerke van 1 Ml per dag na 10 Ml per dag (dit kan nog verder opgegradeer word na 20 Ml per dag). Die bou van nog ‘n addisionele 5 Ml geslote betonreservoir vir ekstra stoorkapasiteit, is deel van die laaste fase van die projek. Hierdie projek hou talle voordele vir die inwoners van Wellington in. Dit sal ‘n deurlopende, betroubare toevoer van gehalte drinkwater aan Wellington verseker en waterverliese verminder. Die projek verminder ook ons munisipaliteit se afhanklikheid t.o.v. water vanaf Stad Kaapstad en verminder sodoende die druk op die Stad Kaapstad se watervoorsieningsnetwerk. Boonop sal dit in die toekoms watervoorsiening aan nuwe uitbreidings in ons omgewing moontlik maak. Benewens al hierdie positiewe implikasies, het die projek ook bykans 150 werksgeleenthede tydens die konstruksiefase en ongeveer 10 permanente werksgeleenthede uit die werking van die watersuiweringswerke geskep. Aangesien die projek water aan die breër gemeenskap sal voorsien en die ontwikkeling van nuwe uitbreidings sal moontlik maak, kon die DM aansoek doen vir Munisipale Infrastruktuur Befondsing vanaf die Plaaslike Regering. Die aansoek was suksesvol en daarvolgens het die Plaaslike Regering 65% van die kostes van die opgradering befonds. Met hierdie innoverende projek bring DM die water van die destydse volksliedjie tot in die krane van elke inwoner van ons dorp.
NUUS • NEWS
2 Julie 2016
NUUS • NEWS
2
2 Julie 2016
Lions:
Die Wellingtonse tak van die Lions is deurlopend aktief betrokke by opheffingswerk in die gemeenskap. Hulle het onlangs gehelp om die winter meer draaglik te maak deur reënbaadjies aan die Blouvlei Akademie te skenk. Hulle het ook ‘n rolstoel aan die Newton Dienssentrum vir Bejaardes geskenk. Onder is Amanda Swart van die Lions saam met leerders van die Blouvlei Akademie wat hul reënbaadjies ontvang.
Skrywers: Dié foto van die ontslape professor Adam
Small saam met Breyten Breytenbach is in die Tuin van Digters op Wellington geneem in 2013. Breytenbach se broer, Cloete, was die fotograaf. Links is Small se gedig, Wie's Hy, in dié tuin.
• FONDSE VIR NOODSAAKLIKE
‘Sleep Charity’ in matrasse vir HAM Die Huis Andrew Murray probeer voortdurend om die lewensomstandighede van hul kinders te verbeter. Alhoewel hulle ‘n NWO is en gedeeltelik deur die Departement van Sosiale Ontwikkeling gesubsidieer word, het hulle tog gereeld ‘n tekort aan fondse vir essensiële onderhoud. “Ons wil hierdie jaar baie graag probeer om die matrasse en ou beddegoed van ons kinders te vervang. Baie daarvan is al stokoud en in ‘n gehawende toestand,” sê Karen Petersen, die Bemarkingsbeampte en Skakelpersoon by die kinderhuis. Sy verduidelik dat sy die “Sleep Charity Drive” begin het omdat ‘n goeie nagrus een van die basiese boustene van ‘n stabiele omgewing vir kinders vorm. “Om op ‘n skaflike matras en onder heel, mooi beddegoed te slaap beteken soveel vir
hierdie kinders. Dit is dalk dinge wat ander mense as vanselfsprekend aanvaar, maar in ons kinders se lewens beteken dit ongelooflik baie en vorm dit die boustene om hulle te help groei en ontwikkel. Dit help met hulle algemene welstand en aandagspan en laat hulle veilig en geborge voel – iets wat hulle nie ken nie.” Die “Sleep Charity Drive” se doelwit is om vir elk van die 150 kinders by Huis Andrew Murray ‘n nuwe matras en basiese beddegoed te verskaf. Hulle begroot om die matrasse teen R720 en beddegoed teen R500 per kind te vervang. Enigeen wat belangstel om by hierdie projek betrokke te raak of skenkings te maak, kan Karen kontak by 021-873 3834/5 of karen@andrewmurray.org.za. Vir meer inligting kan belangstellendes ook HAM se webtuiste by www.andrewmurray.org. za besoek.
Bo is Lions Attie Fourie, Hanelie Smit en Lion President Retha Stigant saam met Mnr George van die Newton Dienssentrum.
Pantoffels vir museum Wellington Museum beplan om as deel van die Mandeladag-vieringe op 18 Julie pantoffels aan al die leerders van die Blouvlei Akademie te oorhandig. Die winter is koud en nat en die meeste van die ±60 leerders stap elke dag skool toe. Om die hele dag met nat skoene in die klasse te sit, hou talle gesondheidsrisiko’s in. As die leerders pantoffels
het, sal hulle toegelaat word om dit in die klas te dra. Die Museum doen ‘n beroep op die Well i n gt o n - g e m e e n s ka p om betrokke te raak by hierdie projek. Indien u pantoffels wil bydra, kontak asseblief vir Olivia by Wellington Museum (tel. 021-873 4710). Sy sal die nodige inligting i.v.m. die hoeveelheid en groottes van die pantoffels verskaf.
NUUS • NEWS
3
2 Julie 2016
• KIESERS MAAK 3 AUGUSTUS HUL KRUISIE
Kandidate in verkiesing nou bekend Die aanloop na die 2016 munisipale verkiesing oor 35 dae op 3 Augustus het gister die volgende fase betree toe die Onafhanklike Verkiesingskommissie die kandidaatlyste gepubliseer het. In die Wellington-wyke is daar 15 geregistreerde partye vir die Drakenstein munisipalearea.
Proporsioneel, is die volgende kandidate nommer een op hul partye se nominasielyste: African Christian Democratic Party - Joseph Matthee; African National Congress - Abraham Bekeer; Alliance For Democratic Freedom Keith Sheldon; Civic Independent - Basil William Arendse; Community Party - Stephen Edmund
Korabie; Congress Of The People - Spasie Nontuthuzelo Kika-Dyson; Democratic Alliance - Conrad James Poole; Economic Freedom Fighters - Moses Thembile Klaas; Federation Of Democratics; Marthinus Jacobus Le Hoe; Independent Civic Organisation Of South Africa - Alvina Wilhelmina Abrahams; Khoisan Revolution - Thomas John
Matthee; Nationalist Coloured Party - Justin Enrico Grain; Patriotic Alliance - Leandra Chamaney Matthee; People’s Democratic Movement - Derrick Solomon Blanckenberg; South African Progressive Civic Organisation - Daniel Andreas Kotze en Vryheidsfront Plus - Willem Pieter Daniel Meyer.
Proporsionele raadslede vir Drakenstein African Christian Democratic Party No. 1 Joseph Matthee No. 2 Fernall Jermaine Benans No. 3 Wilhelmiena Zwane No. 4 Everhardus Johannes Kotzé No. 5 Joseph Pieterse No. 6 Adam De Vries No. 7 Cedric Fredericko Klaasen No. 8 Lana Raylene Philander No. 9 Phumzile Jeffrey Gwegwana No. 10 Victor Pietersen No. 11 Mathilda Elizabeth Du Toit No. 12 Edgar John Petersen No. 13 Hilton James Jansen No. 14 William Philander No.15 Sharon Tania Willemse No. 16 Clint Lester Pedro No. 17 Frederick James Fortuin No. 18 Gerald Edmund Abrahams No. 19 Katrina Adams No. 20 George Charles No. 21 Louis Clive Small No. 22 Martin Williams No. 23 Joseph Carolus Daniels African National Congress No. 1 Abraham Bekeer No. 2 Bongiwe Primrose Duba No. 3 Abdul Moutie Richards No. 4 Mandisa Vika No. 5 Samuel Colin Rens No. 6 Amelda Felicity Afrika No. 7 Thuso Reginald Mpulanyana No. 8 Ludia Sindiswa Sambokwe No. 9 Nkomfa Deon Mkabile No. 10 Zuko Lawrence Gwada No. 11 Claire Olivia Davids No. 12 Ephraim Samaai No. 13 Christina Hartogh No. 14 Elmarie Anneline Julius No. 15 Eric Dampies No. 16 Clara Winnifred Du Plessis No. 17 Cupido Jacobus Johannes Apollis No. 18 Johanna Goosen No. 19 Linette Ann Claasen No. 20 Mpelese Alfred Tshaya No. 21 Angelina Solomon No. 22 Lulama Blonde Bikaur No. 23 Diana Ontong No. 24 Nodoli Peter No. 25 Elizabeth Gayiya No. 26 Jacqueline Maliti No. 27 Jennifer Nomampondomise Mkabile No. 28 Khanyiswa Margaret Khweni No. 29 Mhlangabezi Case Msolo No. 30 Lindean Chrissandra Du Plessis No. 31 Maritza Audrey Peceur No. 32 Mawuzeni Zwinye No. 33 Mbuyiselo Samuel Tayitayi No. 34 Mxolisi Hlaliso No. 35 Nombuyiselo Mtiki
No. 36 Pearl Lewis No. 37 Siyabulela Wilberforce Mandyoli No. 38 Thobile Mtyole No. 39 Vuyokazi Cynthia Mfiki Alliance For Democratic Freedom No. 1 Keith Sheldon No. 2 Johannes Andrews 3No. Edward Van Schoor No. 4 Kaamilah Kamalie No. 5 Angeline Rhoda Rebe No. 6 Ingrid Cecilia Harding No. 7 Johnathan Mango No. 8 Adonis Franklin Ross No. 9 Charles Petrus Jacobs No. 10 Loula Gertse No. 11 Lavis Peter Claasen No. 12 John Richard Roman No. 13 Lena Williams No. 14 Susie Grain No. 15 Chardo Danzil Williams No. 16 Eleanore Jacqueline Basson No. 17 Richard Matthee No. 18 Mercia Booysen No. 19 Les Beukes No. 20 Jan Johannes Sass Civic Independent No. 1 Basil William Arendse No. 2 Flora Goliat No. 3 Moos Skippers Community Party No. 1 Stephen Edmund Korabie No. 2 Caudillo Du Plessis No. 3 Thomas Dennis Abrahams No. 4 Jacquilene Johnson No. 5 Mario Hector Ruthford No. 6 Norecia Joan Albertus No. 7 Christopher Samuels No. 8 Joseph Weideman No. 9 Jonathan Fredericks Congress Of The People No. 1 Spasie Nontuthuzelo Kika-Dyson Democratic Alliance No. 1 Conrad James Poole No. 2 Wendy Felecia Philander No. 3 Linda Landu No. 4 Jacobus Francois Le Roux No. 5 Nonkumbulo Nancy George No. 6 Gert Cornelius Combrink No. 7 Margaretha Aletta Andreas No. 8 Zolani Livingstone Masoka No. 9 Renier Adriaan Koegelenberg No. 10 Minah Nontombi Mdunusie No. 11 Rean Smuts No. 12 Liphaphathi Patricia Mxunyelwa No. 13 Nicolaas Daniël Sauerman No. 14 Anathi Lugqola
No. 15 Elizabeth Aletta Solomons No. 16 Aletta Johanna Van Santen No. 17 Hendrik Ruben De Goede No. 18 Lutisia Nancy Daries No. 19 Lulama Eunice Ntlemeza No. 20 Ronald Thomas Morris No. 21 Tandiwe Eveline Somgqeza No. 22 Loyiso Felix Sibelekwana No. 23 Johannes Jacobus Visser Economic Freedom Fighters No. 1 Moses Thembile Klaas No. 2 Sweetness Xoliswa Jonas No. 3 Sedick Green No. 4 Pheliswa Matiya No. 5 Mogamat Kamaldien No. 6 Caren Meralda Alexander No. 7 Heinrich Helmuth Stubbs No. 8 Mogammad Nezaam Shaik No. 9 Zizo Tungana No. 10 David Reginald Andrew Snyders No. 11 Suzette Van Den Heever No. 12 Nceba Mpiliswana No. 13 Maria Paulina Samuels No. 14 Maahir Pretorius No. 15 Maritsa Corlia Stubbs No. 16 Frans Swarts No. 17 Janine Alkaster No. 18 André Isaacs No. 19 Nomzamo Zoya No. 20 Adenaan Cassiem No. 21 Nokubonga Majola No. 22 Prudence Ntombomzi Fihlani No. 23 James Stevans No. 24 Robinnette Natasha Karra No. 25 Zonwabele Fanana No. 26 Janay Lee-Tricia Frances No. 27 Juan Paul Truter No. 28 Maria Ontong No. 29 Mlindeli Wiseman Ntunja No. 30 Lenie May Federation Of Democratics No. 1 Marthinus Jacobus Le Hoe No. 2 Farrel Garth Meyer No. 3 Moline Caroline Matthews No. 4 Clement Howard Titus No. 5 Carol Vanella Linee No. 6 Salome Verhoog No. 7 Bongiwe Kwezi No. 8 Gertrude Xoliswa Mooi No. 9 Garreth Godfrey Linee No. 10 Katrina Sias No. 11 Adrey-Hilton Muller No. 12 Katrina Fridene Abrahams No. 13 Clinton Charl Krediet No. 14 Silvin Wayne Fransman No. 15 Sandra Jones No. 16 Menissa Du Toit No. 17 Emirencia Anthea Prins
Independent Civic Organisation Of South Africa No. 1 Alvina Wilhelmina Abrahams No. 2 Carel Heyns No. 3 Grazia Edwina Simmers No. 4 Jennifer Anita Haal No. 5 Elizabeth Magdalena Beyers No. 6 Willem Petrus Johannes Meirings No. 7 Geraldine Resant No. 8 Japie Cupido No. 9 Fransisca Daphedine Dreyer No. 10 Anneline Cherryl Arendse No. 11 Winston Rayl Alkaster No. 12 Freddie Meyer No. 13 Dawid Johnny Abrahams No. 14 Yusree Booysen No. 15 John Olivier Khoisan Revolution No. 1 Thomas John Matthee No. 2 Benjamin Stephanus Collins No. 3 Susan Sheldon No. 4 Nicolas Reganel Johannes Fillis No. 5 Gert Willemse No. 6 Margareth Francina Magdalena Fortuin No. 7 Karl Ernest Kearns Nationalist Coloured Party No. 1 Justin Enrico Grain No. 2 Andre Nolan Jacobs Patriotic Alliance No. 1 Leandra Chamaney Matthee No. 2 Akhona Buti No. 3 Jessie Sharon Festus No. 4 Ulanda Manuel No. 5 Susan Dombas People’s Democratic Movement No. 1 Derrick Solomon Blanckenberg South African Progressive Civic Organisation No. 1 Daniel Andreas Kotze No. 2 Frederick Alfred John Williams No. 3 Willem Hendrik Greeff Fourie No. 4 Buyisile Phekula No. 5 Martin James Davids No. 6 Esmé Roto No. 7 Jaco Manus No. 8 Christina Albertus No. 9 Sarrie Abrahams No. 10 Mary-Ann Jansen No. 11 Theodore Dreyer No. 12 Brundhilde Janay Forbes No. 13 Elizabeth Elvirina Willemse No. 14 Hildegard Phillipine Adonis No. 15 Daniël Andreas Kotze Vryheidsfront Plus No. 1 Willem Pieter Daniel Meyer
NUUS • NEWS
courant
It’s Good News
dié
4
Nog water vir nog mense
Dat die hoeveelheid mense op aarde al meer word, is nou maar 'n feit. Die geboortesyfer is ver hoër as die sterftesyfer. Soos wat die mens vermeerder, vermeerder die natuur nie altyd sy natuurlike hulpbronne nie en plaas ons dit onder geweldige druk. Kyk net na water. Ons leef in 'n seisoen waarin daar baie kopgekrap word oor water en die beskikbaarheid daarvan. Ons maak planne om nog te suiwer, sodat daar drinkwater vir die mensdom kan wees. Dit is verblydend om te sien dat groot instansies soos munisipaliteite dan werklik innoverend dink en moeite doen om hierdie kosbare bron vir hul mense te bewaar en te bied. Die nuwe wateraanleg op Wellington is een van hulle. Die dag as ons die kraan oopdraai en daar niks behalwe wind uitkom nie, is die dag wat die spyt sal kom, maar dan is dit spreekwoordelik te laat. Eerder vandag 'n bietjie spaar, hier 'n bietjie afknyp, daar 'n bietjie sny en sorg dat daar nog 'n môre is. Dis nie net ander se plig om te bespaar of 'n plan te maak nie, dis ons eie plig, want dis tog immers vir onsself.
2 Julie 2016
Dr. Marc Blackwell Snr
Wat do I do now? Have you ever heard of the "Peanuts" cartoons? The cartoon character "Linus" had a brief conversation with one of the other characters .... Charlie Brown’s sister, "Sally." He asked her, “Wouldn’t you like to have your life to live over if you knew what you know now?” Sally look forward without expression and then turned back to Linus and said, “What do I know - now?” Have you ever pondered that question? Have you wondered which things you might do differently? You might undo a bad thing and hopefully alter a good thing? What do we know now that we didn’t know before? Could we have learned something and not even be aware of it? Could I think I’ve learned something when I really haven’t? Would I know what I know now if I went back and changed the very things that taught me what I now know? Do you ever feel that the more you know the less you might really know? I obviously don’t know what I don’t know, or do I? Thank God, He has revealed His truth to me about the love of the Lord Jesus! Paul warned Timothy, that some are “ever learning but never able to come to the knowledge of the truth”.
Sakpas-styl by Hospice-winkel gevind ‘n Tweedehandse klerewinkel is dikwels ‘n plek waarom die meeste mense wye draaie loop. Daar wag egter ‘n skatkis vol verrassings wanneer jy oor die drumpel van die Hospice se liefdadigheidswinkel in Malherbestraat stap. Melanie Pienaar en Mariëtte Kellerman is die twee entoesiastiese dames wat die winkel bestuur en beman. Wat eers net iets was wat hulle op ‘n vrywillige basis gedoen het, het nou ‘n voltydse werk en ‘n passie geword. “’n Mens word regtig geïnspireer deur die stories waarmee jy elke dag gekonfronteer word. As jy hiér werk, kan jy niks hê om oor te kla nie,” sê Melanie. Die doel van die winkel is uitsluitlik om fondse in te samel vir die werk wat die Hospice doen. Die Drakenstein Hospice is ‘n NRO wat gratis ondersteunende mediese sorg aan terminaal siek kankerlyers bied. Die Departement van Gesondheid het toelae drasties gesny en die Nasionale Lotery se bydraes is ook ingekort. Om hierdie redes moet die Hospice self probeer om fondse vir hul dienste te genereer. Die Hospice-winkels is een bron wat in hierdie behoefte help voorsien. Die winkel is netjies en skoon en alles is
goed georden en gesorteer. "Daar is rakke vol klere, boeke, skoene, speelgoed, kombuisware, modebykomstighede en selfs elektriese ware. Die meeste voorraad bestaan egter uit klere en as jy tussen al die stukke begin snuffel, kom jy gou op ‘n paar wonderlike vondste af. Daar skuil talle be-
kend e handelsname in die etikette van baie van die klere en die meeste is nog in ‘n baie goeie toestand. Die pryse wissel tussen R5 en R25 en die duurste items (manspakke) draai hier net duskant R80. Melanie vertel dat hulle die winkelvoorraad van verskeie bronne bekom.
“Mense wat hul huise regpak of uitgooi kom gereeld met hulle oortollige goed hier aan. "Ook mense wat trek bring vir ons baie goed. Sommige mense of besighede maak eenvoudig skenkings. "Ons het ook ‘n winkel in die Paarl en as hulle groot donasies kry, dan deel hulle dit met ons.” “Ons kyk maar na die kwaliteit van die items wat ons inkry om die pryse te bepaal,” verduidelik Melanie. “Ons hou dit regtig billik, want ons wil hê dit moet verkoop.” Volgens haar bestaan hulle klante uit ‘n wye verskeidenheid mense. “Die meeste mense wat hier inkom, is maar mense uit die laer inkomstegroep. "Die klere is vir hulle ‘n winskoop omdat dit nog in ‘n goeie toestand is, maar iets is wat hulle nooit in die ‘gewone’ winkels sou kon bekostig nie. "Die studente koop ook nogal graag by ons, veral as hulle ‘n funksie het waar hulle volgens ‘n sekere tema moet aantrek en hulle nie te veel geld aan hul uitrusting wil bestee nie,” sê Melanie. Volgens haar is dit egter nie net plaaslike mense wat in die winkel kom rondsnuffel nie. “Ons kry nogal baie mense van die Kaap of omliggende dorpe wat spesifiek na die plattelandse Hospice-winkels toe kom op soek na winskopies. "Die ‘vintage hunters’ is baie lief vir ons winkels. En dan is daar natuurlik ook mense wat ons klere in groot maat kom koop om weer in die townships of landelike gebiede te gaan herverkoop,” vertel Melanie. Die Hospice-winkel is sekerlik die moois-
te bymekaarkomplek van ‘n klomp slegte en hartseer stories. Dit is ‘n plek van tweede kanse, inspirasie, kreatiwiteit, oorspronklike styl en onbeperkte moontlikhede – alles teen ‘n appel en ‘n ei.
Uitrustings: Die volle uitrustings op al die foto’s is, behalwe vir die skoene, alles vondste uit die Hospice-winkel. Elke voorkoms se klere kos minder as R50 vir die hele uitrusting!
NUUS • NEWS
5
2 Julie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
PnP Bulk Thick Cut Matured Vacuum-packed Rump or Porterhouse Steak Per kg
89
R
38
90
49
County Fair Chicken Party Braaipack Per kg
35
R
49
R
PnP Bulk Farmhouse Wors Per kg
90
12
90
18
90
PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s Per kg
9
90
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
SAVE PnP NO NAMETM Shredded Tuna in Salt Water 170g
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 1.8kg
27
90
WAS 33.99 NOW 24.90
Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g
64
PnP White Sugar 2.5kg
BUY ANY 4 FOR
90
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
Kellogg’s All-Bran Flakes 500g
79
90
Red Heart Caribbean Rum 750ml
148
R
Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g or Regular 250g Refill (Excluding Decaf) Each
19
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
167
90
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
Knorr Packet Soup Assorted 50/54g
WAS 47.99 NOW 34.90 Sunlight 2in1 Hand Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Assorted Each
48
90
14
R
Savanna Light, Dry or Dark Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
WAS R269 NOW R234
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Twinsaver White 1 Ply Toilet Tissue 15s
NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH
MMWCHS46
PRICES VALID 7 - 10 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
NUUS • NEWS
6
2 Julie 2016
Vakansiepret by Breytenbachsentrum groot sukses
Die kinders maak hul eie pizzas.
Fahema Zlomke en Jessica Ruiters help leerders met skermdrukwerk.
Die Wellington Biblioteek en die Breytenbach Sentrum het gedurende die eerste week van die skoolvakansie ‘n opwindende vakansieprogram vir kinders aangebied. Sommige van die aktiwiteite is gratis, en sommiges teen baie billike tariewe aangebied. Die “Storie-feetjies” het stories en rympies
gelees en heerlike speletjies gespeel. Kinders is ook vermaak met ‘n skattejag en die maak van kunswerke uit afvalmateriaal. ‘n Professionele kunstenaar, Marie Prinsloo, het kunslesse aangebied en daar is een middag na afloop van storietyd uitspring-kaartjies gemaak. Fahema Zlomke en Jessica Ruiters het tydens
klasse in syskermdrukwerk die kinders geleer hoe om motiewe op bandanas en t-hemde oor te dra en kinders kon ook vir ‘n hele oggend springmielies eet en op groot kussings lê en fliek kyk. Die week se aktiwiteite is met ‘n poppekasvertoning deur die Kaleidoskoop Dramagroep afgesluit, waarna die kinders elkeen hul eie piz-
za kon maak wat in die Breytenbachsentrum se pizza-oond gebak is. Die belangstelling, geesdrif en oorvloedige kreatiwiteit wat met al die aktiwiteite gepaard gegaan het, het alle verwagtinge oortref en van hierdie week ‘n kreatiewe hoogtepunt vir baie kinders gemaak.
Berg River Canoe Marathon legends, Graeme Solomon and Hank McGregor will again be on the start line of this year’s edition of the 240km journey from Paarl to Velddrif which takes place from 13-16 July and the 43 year-old evergreen competitor is relishing being part of the mouthwatering battle at the front of the field once more. Solomon produced one of the most fascinating men’s top ten clashes in the race’s history and with another star-studded line up gathering again in 2016, the “Godfather of the Berg” is licking his lips at the prospect. “It’s going to be a massively competitive field
again, just like last year. Just to get a top five is going be a huge ask for anyone,” describes Solomon. “There are another six or seven guys at least that, on paper, could all push for a top five as well though. “Simon van Gysen won the Pink Lady race recently while Stu Maclaren has been flying all year. “Brendan Rice from Australia showed glimpses of just how fast he can go and his river skills during his first ever Berg last year and having licked his wounds since then, he will come back this year a lot more competitive.
“You can’t ever write off the likes of Louw van Riet and Edgar Boehm either – both are regular top fivers. “There is going to be incredible some racing this year!” he adds passionately. Solomon has an astounding record of eleven podiums in his seventeen Berg finishes – including seven second and three third place efforts to go with his sole victory in 2001. His podium finishes together with having finished outside of the top ten on just three occasions in his illustrious Berg career; few know the intricacies associated with racing at the front of the demanding event better than Solomon.
“Less trees on the banks has also meant less major tree blocks in the river and so there will be far less opportunistic attacks like there have been around these in the past. “Instead paddlers are going to have to use just great marathon tactics to get ahead of the rest, which is great for the race, especially as it looks to grow its appeal nationally and even internationally. “No longer will the Cape guys have such a massive advantage over the rest, which is a good thing. "It will now just be good, hard, but clean racing.”
Late entry received for McGregor in Berg marathon
NUUS • NEWS
Geklassifiseerd • Classifieds
2 Julie 2016
Dagboek • Calender
Algemeen General
Inwonende geselskapdame gesoek vir ouer dame in Malmesbury – Kontak: 082 414 2358 / andriesgroenewald@ hotmail.com #2543
verjaardag die 4de Julie – Jy moet sommer lekker verjaar. Van : Sonia Loubser en gesin #2539 -----------------------------
Betrekking Vacancies
Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket. Rhyno Park Piketberg 9 July - Kavaliers vs WP (Kick off : 15:00) 10:00 - Swartland vs Saldanha Streek; 11:30 Bergrivier vs Cederberg; 13:00 Porterville HS vs Steynville Sekonder R30 Adults and R10 for scholars
Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 7 Julie - Jak de Priester : R120 9 Julie - Elvis Blue 23 Julie - Koos van der Merwe 30 Julie - Gerald Clark en Luna Paige - The Lovermore Show 11 Aug - Lauch of Emily Hobhouse 13 Augustus - Mallies le Roux en die Besigheidsmanne 24 Augustus - Helena Hettema - R130 29 Oktober - Marc Lottering Solo Studios Art Weekend 29 - 31 July - Group exhibitions in the Riebeek Valley Tickets for the weekend will cost R225 (includes access to studios and exhibitions, an opening cocktail party and a Saturday afternoon party) Further details from Klaus Piprek on 074 209 6838 / klaus@solostudios.co.za Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za. Darling Wild Flower Show 16 - 18 Sep - Darling Gholf Klub - Darling Gholf Klub, Jacaranda Street - Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois
Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Paryssportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@ wordonline.co.za.
AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/10 ----------------------------VERKOELINGS-& LUGVERSORGINGSTEGNIKUS Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die volgende is ‘n vereiste: * Minstens 2 jaar ondervinding in verkoeling, foutsporing, installasies en instandhouding * Kode 08 rybewys * Naweek-bystand diens * Sterk elektriese ondervinding sal in u guns tel. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2554 ----------------------------ALGEMENE WERKER Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die pos behels die assistering van ‘n lugversorgings- en verkoelings-tegnikus * Ondervinding in verkoeling sal in u guns tel Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@ hcsolutions.co.za #2555
Gelukwensing Congrats
Eendag lank gelede, so lank as wat ek kan onthou. Was daar ‘n dag my liefie toe ek jou vra om te trou. En eendag lank gelede sal ek altyd wil onthou, want sonder jou my liefie kan die lewe my nie hou en sonder om te loop sal ek dink aan jou, en sonder om te slaap sal ek droom van jou. En eendag as ons oud is, en lank gelede onthou sal ek jou in my arms hou en jy weet jy kan my vertrou, sal ons dink aan lank gelede aan die dag toe ons trou en weet dat sonder jou my liefie kan die lewe my nie hou, en sonder om ‘n oog te knip sal my trane loop vir jou, en sonder om asem te haal sal my hart bly klop vir jou – B. Arendse #2548 ----------------------------12/07-Geluk DEBBIE FORTUIN
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
XAVINEE on your special day, we just want to say how amazing you are, you are the sunshine in our lives. We can’t imagine our lives without you! May you always keep shining with success & happiness in your life. Happy Birthday our princess love you Daddy & Mammie. #2541 ----------------------------Today you should see your own reflection in the mirror and assure yourself that you are a true princess! Happy Birthday our angel, may all your wishes come true and may you always bring that sparkle to our lives. Love Simonay , Carter, Corbin & Maree family #2542 ----------------------------RONNY MYBURGH
NGK Wellington Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Baie geluk met jou verjaarsdag op 9 Julie 2016 – Dit laat my so dink aan die dae toe julle legends in oom Spogter Band vir Purple Raindrops en Transkaroo bring hulle huis toe gesing het- Geniet jou dag!!! – Van jou suster : Sonia, jou broer Steven en al die ander in die huis #2538 ----------------------------RICARDO FREDERICKS Baie geluk op jou
Op 10 Julie vier jy jou 29ste verjaardag. Ons gee alle eer en dank aan God wat jou deurgedra het. Baie lief vir jou – Geniet jou dag – Van Mamma en jou 3 broers – Fernando, Geno en Shelton ----------------------------7 Julie, Herman –
9 jaar het God ons gespaar. Al die eer aan Hom. Dankie dat jy my lief het en dat ons nog bymekaar is – Lief jou baie – Van Vroulief
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/49
Memorium In Memoriam
met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seen, Baie dankie vir die omgee en liefde ons is baie lief vir jou – Sharon en kinders #2549 ----------------------------ZAYRON SLADE -10/07
Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
CARLO PIETERS –
Baie geluk my jongste spruit jy is 18 en nog steeds voel jy soos my baba! Mag jy God se hand vas hou vir leiding en krag vir jou jare vorentoe en onthou ons is baie lief vir jou – Van : Mammie, Nykie en Luke #2550 ----------------------------ZUSELL ALBERTUS –
Kyk wie’s 35 op 4 Julie 2016 – Ons gee alle eer en dank aan God vir 35 jaar wat God jou deurgedra en gespaar het. Baie liefde van jou antie Fransiena, Ruben, Charlene, Jesnay, Llewellyn. Albertus gesin – Geniet jou dag!!!! #2552 ----------------------------WOW!!! Kyk wie is ‘n groot 40!!!
Baie geluk BENNIE met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën!! Van al jou taxi kinders (oud en jonk – Lekker verjaar!!! #2553 -----------------------------
GEDULD COMBRINK 9 May 1955 – 7 July 2006 Ten years ago. You gone so soon. I will never
7
forget you. You will always be in my heart – Till we meet again. Your beloved wife – Veronica #2544 ----------------------------AAN ‘N PA DUISEND – Dankie vir die wonderlike lewe wat ons met Darra kon deel. Dankie vir die wonderlike Pa, Mentor en vriend wat Darra vir ons was. Darra sal altyd in ons gedagtes en drome voortleef. Woorde kan nie beskryf hoe ‘n wonderlike pa Darra was nie – Rus sag – Till we meet again – Rosswin & Corinne #2545 ----------------------------DARRA - Dis 10 jaar terug op 7 Julie wat jy weggeneem was. Dankie vir die wonderlike herinneringe wat jy agtergelaat het. Jy sal altyd in ons drome en gedagtes voortleef. Jy sal altyd ons ware held, Pa en vriend bly. Dankie wat ons vandag is – als te danke aan jou. Jy was ‘n perfekte pa. Ons salueer jou. Dankie dat ek jou kon sien in ons kinders. Liefde : Willmore (Snr), Shahieda #2546 -----------------------------
courant
NUUS • NEWS
2 Julie 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
6 Julie 2016
• TAAI STRYD VERWAG
Span van Boland pak WP op Piketberg Na die Boland Kavaliers se indrukwekkende 35-26 bonuspunt-oorwinning oor die Blou Bulle op Loftus Versfeld die pas-afgelope naweek, lei alle paaie nou na Piketberg vir nóg ‘n titaniese stryd teen die Westelike Provinsie. Met slegs drie wedstryde oor in die Curriebeker kwalifiserende rondtes, het beide Boland en WP steeds ‘n realistiese kans om bo-aan die algehele punteleer te eindig. Die Kavaliers bekleë tans die derde posisie met 45-punte, terwyl WP tweede lê met 47 punte. Beide spanne het elf wedstryde gespeel. Griekwas (eerste met 51 punte na 12 wedstryde) en die Pumas (vierde
met 41 punte na 11 wedstryde) spook ook die naweek sake uit in ‘n Curriebeker-wedstryd, wat ‘n interessante invloed op die puntestand kan hê. As deel van Boland Rugby se poging om provinsiale wedstryde na sy ondersteuners toe te neem, is Piketberg ‘n ideale ligging vir passievolle ondersteuners vanuit die streek om die Kavaliers in aksie te sien. In onlange jare het die Kavaliers altyd goeie ondersteuning geniet tydens gemeenskaps-wedstryde en eerskomende Saterdag behoort geen uitsondering te wees nie. Die program vir die dag is soos volg:
• 10:00 – Swartland Streek vs Saldanha Streek • 11:30 – Bergrivier Streek vs Cederberg / Matsikhama Streek • 13:00 – Porterville Hoërskool vs Steynville Sekondêr • 15:00 – Boland Kavaliers vs Westelike Provinsie Toegang beloop R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere. BOLAND O.20: Die Boland o.20-span is ook die naweek in aksie in die Curriebeker o.20kompetisie, wanneer hulle teen die Valke o.20-span te Kempton Park te staan kom op Saterdag 9 Julie. Dié wedstryd skop af om 12:30.
Rugby en sop: Die eer-
ste-rugbyspan van Weltevrede Senior Sekondêr het gister hul jaarlikse sopkombuis aangebied in die Wellingtonomgewing. Die span het vir die jaar talle gemeenskapsprojekte aangepak in samewerking met die WeeTee Oudstudente vereniging. Hier staan die spanbestuurder A Aanhuizen en afrigter G Sameuls saam met die spelers.
Hillies of Niks! Dis wat die Hillcrest-ondersteuners Saterdag op Pelikaan Park
gejuig het toe Hillcrest vir Hamlet met drie uit drie kafgedraf het. Die tuisspan het gewys dat hul goed voorberei is vir die tweede rondte van die Grootuitdaagbeker-Witsentraalstreek. Bekend vir hul goeie hardloop rugby het die bloutrein weer die besoekers laat bont staan in die eerste helfte met die halftyd telling . Die derde span wen 12-10, die tweede span 17-3 en die eerste span 32-24. Bo is breek Lesley Gertse, senter van Hillcrest, weer deur die verdiging van Hamlet. Foto: Randall Morris
Sportuitslae
Sports results
SWARTWES GROOTUIDAAG (BOLAND)
dale 21, Mamre 36, Hopefield 25; Velddrif 31, Never Despair 20.
Swartweskus: Wesbank 37, Piketberg 5; Saldanha 36, Moorreesburg 13; Vredenburg 31, Darling 22; St Helenabaai 28, Abbots-
Witsentraal: Hillcrest United 32, Hamlet 24: Wellington 24, Evergreen Paarl 23; Newtons 41 Ceres 28; Roses United 39, Bella Vista 24.
25
108
R
CELEBRATE
Hunters Dry, Gold Export or Hard Lemon 6 x 330ml Per Pack
MORE FOR LESS
52
R
Sedgwick’s Old Brown Sherry 750ml
R
Three Ships Whisky 750ml
59
R
65
R
BUY ANY 4 FOR
PRICES VALID 7 - 10 JULY 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. FRGTHS711
Olof Bergh Brandy 750ml
100
R
Per Pack
89
R
Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Alto Rouge 750ml Each
Namaqua Cabernet Sauvignon Blanc, Merlot, Pinotage or Shiraz 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Robortson Slimline Sweet Rose 3 Litre