Skip to main content

Die courant well 5 okt 2016 390

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

5 Oktober 2016

Uitgawe 390

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

•MEYER, VAN DER VYVER DIE OORSAAK

Koue koors tref Bolandse dorp

•Jaomi Zeeman Die bekroonde skrywers, Deon Meyer en Marita van der Vyver, het voor ‘n stampvol Bôrdienghuis-teater oor hul onderskeie nuwe boeke gesels. Hierdie merkwaardige duo se gesprek is met die uitsonderlike musiek van Schalk Joubert (Schalk was by die klankbaan van die fliek, “Dis koue kos, skat” betrokke) en Ronan Skillen gekomplimenteer. Gaste kon ook weglê aan ‘n heerlike ete wat deur die sjef Bernice van der Merwe, wat op die fliekstel vir die kos en kosstilering verantwoordelik was, berei is. Met die fokus op Marita se boek, “Dis koue kos, skat”, wat onlangs ook as film uitgereik is en Deon se nuutste boek, “Koors”, het die gesprek interessante draaie geloop. Deon en Marita het groot erkenning vir mekaar se werk en Deon was ook die vervaardiger van “Dis koue kos, skat” se fliekweergawe. Dit is juis hý wat blykbaar uiteindelik Marita se arm gedraai kon kry om ‘n fliek van die boek te maak. Volgens Marita, wat ook die mede-vervaardiger van die fliek is, was die proses om die draaiboek te skryf soms ‘n pynlike een. “As ‘n skrywer was dit vreeslik moeilik om van sekere sinne afskeid te neem. "In ‘n boek is daar baie dialoog, maar in ‘n fliek moet dit desnoods gesny word. Dit is net nie prakties moontlik om al die dialoog in ‘n boek na ‘n fliek oor te dra nie – daar is baie ander faktore wat die ‘storie kan vertel’,” het sy gesê. “Ten spyte van die feit dat ‘n mens baie van ‘n boek in ‘n fliek kan ‘verloor’, het ek gevoel dat hierdie storie baie met die fliek kon ‘wen’, byvoorbeeld met Anna-Mart se uitstekende vertolking en die kosstilering wat ‘n mens se mond laat water. "Dit is dinge wat geen boek kan namaak nie,” het Marita vertel. Oor die akteurs wat die hoofrolle in die fliek vertolk het, is Marita vol lof. “Dit is die A-span van Suid-Afrikaanse akteurs wat aan die fliek gewerk het en ek voel regtig geëerd dat ek met sulke talentvolle mense en kunstenaars kon saamwerk. "Anna-Mart, Elsabé Zietsman en Deon Lotz –

Die bekroonde skrywers, Marita van der Vyver en Deon Meyer, het hul boeke na Wellington gebring en met dié dorp se inwoners gesels oor die inhoud, storielyne en meer. hulle is legendes,” het sy trots gesê. Deon het op sy beurt vertel dat “Koors” vir hom loshande die lekkerste boek was wat hy nog geskryf het. Volgens hom verskil dit baie van sy vorige boeke en was dit vir hom lekker om ‘n bietjie weg te kom van die karakters in sy vorige boeke. “Koors is heeltemal ‘n ander genre – dit speel in ‘n post-apokaliptiese Suid-Afrika af. "Dit is ‘n storie waarmee ek al lankal rondloop

en wat eenvoudig net vertel wou word. Ek het ‘n drang en passie gehad om hierdie boek te skryf,” het hy vertel. Volgens Deon is die storie as die memoires van die karakter Nico Storm geskryf en bevat dit baie minder kru taal as van sy vorige boeke. Gaste kon aan die einde van hierdie aand vol boeke, flieks, warm kos en 'kokende' musiek eksemplare van “Dis koue kos, skat” en “Koors” koop en deur die skrywers laat teken.

NUUS • NEWS

5 Oktober 2016


NUUS • NEWS

2

5 Oktober 2016

•FOTOGRAFIE MET ‘N DOEL TER VERBETERING

Vaalkat wil ‘n verskil maak

Veldskiet:

Suné Kuhn van Hugenote Laerskool het aan die Kaapjag Chaisa veldskiet in Moorreesburg deelgeneem. Sy het weggestap met die eerste plek vir Juniors (9-18 jaar). Seuns en dogters het saam in dié afdeling deelgeneem. Suné het Saterdag 24 September op Riebeek-Kasteel weer aan ‘n veldskiet-kompetisie deelgeneem en die keer derde in die vroue-afdeling geëindig.

Horse riding:

After a great performance at the inter-regionals Skye Austin from Huguenot Primary was chosen to represent the SANESA Western Cape team for 2016. The SANESA National Championship will be held in Pretoria, at Misty Meadows during the October holidays.

Die Wellingtonner Monrico van Wyk is nie net ‘n uitstekende fotograaf nie, hy het ook ‘n goeie hart en ‘n visie vir hoe hy ‘n verskil in mense se lewens wil maak. Monrico, wat fotografie onder die naam “Vaalkat” beoefen, wil nou sy talent gebruik om die nood van weeskinders in Zambië te help verlig. Volgens hom is dit die woorde van ‘n voormalige Suid-Afrikaanse gevangene, Gayton McKenzie, wat hom geïnspireer het om verder as sy eie belange en behoeftes te kyk. “Gayton kom ‘n lang pad – hy was immers al in die tronk, maar het homself opgehef en ‘n beter lewe gesoek. Hy het gesê: ‘Ons het nie meer tronke nodig nie. Ons het ‘n wêreld nodig waar dit die moeite werd sal wees om uit die tronk te probeer bly.’ Hierdie woorde het net ‘n senuwee by my raakgeboor. Ek was self eers ‘n verlore tiener wat na die sin in die lewe gesoek het,” vertel Monrico. “Ek het nie geweet wat of wie ek regtig is nie en het na ‘n positiewe manlike rolmodel gesoek,” sê hy. Volgens Monrico was dit fotografie wat hom ‘n doel in die lewe help vind het en betekenis in die dinge rondom hom help raaksien het. “Ek het gekies dat my negatiewe jeugjare nie my bestemming bepaal nie. Ek het ‘n beroep as ‘n fotograaf begin en het die krag van kreatiwiteit in jong mense se lewens begin raaksien en besef,” vertel hy. Dit het hom ‘n passie vir die opheffing van gemarginaliseerde gemeenskappe gegee en hom laat besef dat jongmense rolmodelle nodig het. “Ek weet dat ek die rolmodel moet wees wat ek self nooit gehad het nie,” sê hy. Hy vertel dat hy mal is daaroor om aan jongmense hoop te gee deur middel van humor, kreatiewe kuns soos musiek en fotografie, asook deur motiveringspraatjies. Monrico was self nog nooit buite die grense van Kaapstad nie, maar het hierdie jaar besluit om sy vlerke te sprei deur ‘n geleentheid aan te gryp om ‘n toer van twee weke na Ndola en Zambië mee te maak. Tydens hierdie reis sal hy sendingwerk doen en as vrywilliger by die St. Anthony’s kinderhuis werk. Hy beplan om hier ‘n hele reeks foto’s van

die lewe en werk in die weeshuis te neem – iets wat hy later tot voordeel van die weeshuis wil aanwend. “Wanneer ek klaar die twee weke in die weeshuis as vrywilliger gewerk en genoeg foto’s geneem het, beplan ek om na Duitsland te vlieg. Hier sal ek nie net met ander fotograwe bande smee en my fotografiekuns verfyn nie, maar ek sal ook die geleentheid kry om in Malsch ‘n visuele voorlegging van my foto’s by die weeshuis in Zambië te doen.,” vertel Monrico. Volgens hom ondersteun die gemeenskap van Malsch die St. Anthony’s weeshuis reeds dekades lank en hulle sien daarna uit om weer op hoogte te kom van hoe dit by die weeshuis gaan en hoe dit daar lyk – veral deur middel van sy visuele voorlegging. “Met die uitstalling en voorlegging van my foto’s in Malsch, kan ek dan weer help om meer fondse vir die kinders te genereer,” sê hy.

Intussen is Monrico druk besig om fondse vir sy reis in te samel deur al sy talente en vaardighede te gebruik. “Ek werk kliphard deur middel van my fotografie, praatjies en humoristiese skerpskertsery om genoeg geld in te samel vir hierdie reis. Ek glo dat ek hierdeur ook ‘n voorbeeld vir ander jongmense kan wees. Ek hoop dat hulle sal kan sien dat ‘n mens deur harde werk en fokus ‘n verskil kan maak en ‘n positiewe bydrae in die wêreld kan lewer,” sê Monrico. Monrico se volgende skreeusnaakse skerpskertsvertoning is op 6 November in die Breedsaal op Wellington. Hierin vervleg hy staaltjies uit sy eie ondervinding en lewensverhaal met humoristiese kwinkslae om die gehoor te vermaak, maar ook om op te voed en hoop te bring. Vir besprekings, navrae of moontlike borge, kontak hom by 078 1656 341 of vaalkatphoto@ gmail.com.


NUUS • NEWS

3

5 Oktober 2016

•FINALIS IN JUNIOR-KOMPETISIE

Andrew mik nou na Mnr SA-titel

Die Wellingtonner, Andrew Wayne Albertus, is op 27 Augustus tydens ‘n spoggeleentheid in Bellville as ‘n finalis vir die Mnr. Junior SA-aangewys. Vir Andrew, wat tans sy prakties as ‘n tweedejaar Bestuursassistent-student by Pauw Gedenk Primêr doen, is dit ‘n onverwagse hoogtepunt. Die 20-jarige Andrew is Wellingtonner in murg en been. “Ek het in Wellington grootgeword en woon nog steeds in Hillcrest,” sê hy. Volgens hom probeer hy om gefokus te lewe en elke geleentheid aan te gryp wat na sy kant toe kom. “Een van die gesegdes wat my altyd motiveer, is: ‘Work until you no longer have to introduce yourself’,” vertel hy. Andrew het eers in 2015 met modelwerk begin toe hy aan die Mnr. Drakenstein kompetisie deelgeneem het. Hier is hy as Mnr. Persoonlikheid gekroon. Hy is deur die plaaslike agentskap MAFS raakgesien en het sedertdien aan talle modeparades, plaaslik en in Kaapstad, deelgeneem. Hy is ook as die gesig van ‘n plaaslike klerereeks gekies. “Die een ding het tot die ander gelei en in 2016 het ek vir die Mr. Runway-kompetisie ingeskryf, waarin ek ook tans ‘n finalis is,” vertel Andrew. “Ek het ook besluit om aan die Pageants SA in die Wes-Kaap deel te neem,” sê hy. Dit is juis by hierdie kompetisie dat hy die titel van Mnr. Pagaent SA Wes-Kaap gewen en as ‘n finalis vir die Mnr. Junior SA aangewys is. Noudat die finaliste vir hierdie gesogte kompetisie bekendgemaak is, kan die publiek hul stemme gebruik om die finaliste van hul keuse ‘n hupstoot in die proses te gee. “Elke finalis is nou outomaties ook deel van die Gesig van SA inisiatief. Mense kan op die webtuiste ‘Face of SA’ die finaliste van hul keuse se foto gaan ‘like’ en sodoende vir daardie finalis stem,” sê Andrew. Die beoordelingsproses vir Mnr. Pagaent SA Wes-Kaap en die beoordeling van finaliste vir die Mnr. Junior SA het parallel geloop. Volgens Andrew was daar twee verskillende panele beoordelaars wat deelnemers aan ‘n verskeidenheid vrae onderwerp en verskillende aspekte getoets het. “Die een paneel het op die beoordeling van die Mr. Pagaent SA Wes-Kaap gefokus en die ander paneel het weer bepaal wie geskikte finaliste vir die Mnr. Junior SA sal wees. "Dit was nogal ‘n uitputtende proses,” verduidelik hy. Die kroningsgeleentheid vir Mnr. Junior SA sal in April 2017 in Johannesburg plaasvind. Intussen moet die finaliste woeker om te bewys

dat hulle hierdie titel werd is. “Pagaent SA is in ‘n vennootskap met die ‘Happy Days’-inisiatief waarin vroue bemagtig word. Elke finalis is nou verantwoordelik om verskillende take te verrig en eie inisiatief te neem om hierdie goeie saak te ondersteun,” verduidelik Andrew. Van hierdie inisiatiewe sluit onder andere in om ‘n projek te loods wat skole van sanitêre benodigdhede vir meisies kan voorsien, om maatskappye te oorreed om “desk bags” vir kinders in nood te borg, of om ‘n “Ma-en-dogter-tee” ter ondersteuning van 16 Dae van Aktivisme aan te bied. Andrew het besluit om ‘n “Ma-en-dogter-tee” aan te bied. “My eerste fokus sal die aanbieding van ‘n Ma-en-dogter geleentheid wees waar ek geld gaan insamel om die 16 Dae van Aktivisme te ondersteun. "Ek is tans besig met die reëlings hiervoor. Dit sal op 3 Desember plaasvind en kaartjies sal teen R350 elk te koop wees,” sê hy. Hy is kliphard aan die werk om genoeg borge te kry en fondse te genereer om sy uitgawes te beperk sodat hy die maksimum wins kan maak vir hierdie goeie doel. Volgens Andrew gaan dit nie vir hom net oor sy eie drome nie, maar oor die voorreg om ‘n platvorm te hê waar hy ander mense kan help. “Ek sal betrokke raak by enige organisasie wat van Suid-Afrika ‘n beter plek maak en waar mense se menswaardigheid herstel word,” sê hy. Vir enige navrae, kaartjiebesprekings en verkope of enige borge kan hy gekontak word by 082 599 9325, andrewalbertus309@gmail.com of op sy facebook profiel by facebook/andrewwaynealbertus.co.za.

Pret met Silwerkruin se vieringe vir ouer persone

Die Silwerkruin Huis vir Bejaardes het verlede week baie pret gehad met hul viering van die Nasionale Week vir Ouer Persone. Hierdie jaarlikse feestelikheid was vanjaar ‘n sosiale hoogtepunt met talle interessante en prettige aktiwiteite. Volgens Melanie Crozier wat vir Silwerkruin se bemarking verantwoordelik is, het hulle hierdie jaar se aktiwiteite fyn beplan om die week vir die inwoners ekstra spesiaal te maak. “Ons het ‘n spesiale program saamgestel met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite daagliks. Die weer het ons planne ‘n bietjie geflous toe dit op ons Boeresportdag reën, maar ons het vinnig ‘n ander plan gemaak,” sê sy. Die week, wat op Maandag 26 September met Boeresport sou afskop, het toe met ‘n heerlike fliek en springmielies begin. AVBOB het Dinsdag vir die inwoners ‘n konsert aangebied waar die kunstenaars Chris Coetzer en Greunen vir heerlike vermaak gesorg het en Woensdag het die inwoners en personeel hul eie modevertoning gehou. Donderdag se “Noot vir Noot” spel was pure pret en die pretstap op Vrydag was ‘n absolute hoogtepunt. Wellington se strate was ‘n miernes van joligheid, terwyl die inwoners en personeel in rolstoele of op eie stoom saam met ‘n Kaapse Klopse orkes deur die dorp gestap het. Water-

punte is deur plaaslike instansies soos die ATKV beman. Die week is Sondag op gepaste wyse met ‘n kerkdiens afgesluit.


NUUS • NEWS

courant

5 Oktober 2016

dié

4

Wellington loop deur onder 'koue koors'

Om siek te wees is eenvoudig net nie lekker nie. Dit laat jou jammer voel vir jouself en laat jou sommer verlang na mense wat jy nie ken nie. Terselfdetyd wil jy ook eintlik net met rus en vrede gelaat word om alleen met jou kiem-vriende vergadering te hou. In die winter is dit amper nog makliker, maar in die somer het dit 'n lewe van sy eie. Jy kry warm, ja van die son, maar dan skop daardie ekstra hittetjie nog in, ou vriend koors. Jou kop wil ontplof, jou neus voel of hy teen die spoed van witlig sy eie versneller-pedaal trap en hy loop jou vooruit. Jou lyf pyn op plekke waar jy nie eens geweet het nog plekke is waar spiere moontlik kan wees nie. Iemand het die son te helder gestel. Die Sahara-woestyn in jou keel, tesame met die kaktusse wat daarin groei, is onwelkome gaste en hulle moet uit en weg. Dit als terwyl jy probeer onthou watter pille jy nou eintlik wanneer weer moet drink. Jy strompel van die bed na die badkamer na die kombuis om voor 'n leë yskas te kom staan en te besef jy was redelik lanklaas by die winkel, maar om ander klere aan te trek sodat jy nie soos 'n hawelose lyk en ruik nie, is beslis nie 'n opsie vir jou en jou kiem-brigade nie. Wat dan? Dan klim jy in die bed met 'n boek en laat die koue koors van Deon Meyer en Marita van der Vyfer jou beetkry, om jou krul en jou van al jou skete en pyne laat vergeet.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Wie is ons? As iemand gevra word of hy of sy vir so en so ken, dan antwoord hulle baie keer die persoon doen dit of dat. Hy of sy word geken aan hulle werk, en word so beskrywe. Baie mense verloor hulle werk of raak voltyds betrokke by hulle stokperdjie en verlaat die werk wat hulle gedoen het. Hoe beskrywe jy hulle dan? Ons is nie wat ons doen nie, ons is wat ons glo. Ons identiteit is meer as dit waarmee ons werk of besig is. Psalm 116 is ‘n danklied van ‘n verloste, iemand wat vry gekom het van een of ander juk . Die lied begin met ek het lief, want die Here hoor my smekinge. Die Psalmis was bang, benoud, bekommerd, maar het die Naam van die Here aangeroep: Ag, Here red my siel. En skryf dat die Here ‘n ontfermer is, en vir my gehelp het, Hy het my siel tot bedaring gebring in my. Gelukkig is die persoon wat geniet waarmee hy of sy besig is, want dan kom ons ware talente na vore wat ons van God ontvang het om ander mee te dien.

Demore inspires with book about experiences Well known mental coach and Wellington resident, Demore Pretorius, will be launching his new book, “Believe you can do it”, on 13 October in the Town Hall. Demore, an acclaimed motivational speaker, author, mental coach and seminar leader was born in Paarl and raised in Wellington. He is the eldest of three boys and always had a passion to help individuals, groups and companies to grow to their full potential. According to Demore, he also has a great passion for sport. “My love for sport is something that has been instilled within me from a young age,” he says. “I soon realised that all sports are just as much a mind game as it is a physical game and that all sports have the same type and degree of psychological demands,” he explains. This realization lead him to become a mental coach for sportsmen and sport teams. “In my opinion ninety percent of performance depends on mental aspects and only ten percent on physical aspects. The mental aspects in sport form an integral part of your sports training tool kit,” says Demore, who has nine years of mental coaching experience. “I have been working with the Fiji National 7’s rugby Team, the Nigerian National Soccer Team, the Springbok u/19 Rugby Team, the Boland Cavaliers and with Paarl Gimnasium u/19 rugby team,” he says. He has also worked with the Olympian long jump athlete Rashwill Samaai and the Fiji rugby player Jeremiah Buruto. Demore explains that the community he came from played a major role in his

decision to write a book. “Coming from a disadvantaged community I promised myself that I won’t be a victim of my circumstances. I was fortunate enough to realise the potential within me from an early age. It caused me to wake up from the slumber of being conditioned to accept the status quo,” he says. This made him take the first steps to pursue his dreams and passion. The title of his book, “Believe you can do it”, is also a reflection of his outlook on life. “I was always told that I would never excel due to where I come from. I decided to push through many barriers to achieve what I have today. This journey lead to my choice of a title for the book,” says Demore. “It is because I believed I could do it.” He wrote the book over a one year period and received assistance from Errol van Schalkwyk from Coach Books, Anthony Nanchou from Favour Training Enterprise as well as Tunicia Phillips from Eldo’s Newspaper Caxton Urban. According to Demore readers will be able to use the information in the book as a personal GPS to possibilities. “It will navigate you from frustration to freedom and help you to live your dreams and to reach your goals. It will explain the critical importance of crafting your personal vision and why greater achievement is within your reach. It holds the keys to unleash your personal power and it tells you how to effectively use what you have to get what you want

and more,” he explains. “I want to see better individuals for better futures and a better economy. My dream is to establish my brand internationally.” The book launch of “Believe you can do it” is on 13 October, 18:30 at the Wellington Town Hall. Guest speakers at this occasion include life coach Michael Hendriks, motivational speaker Errol van Schalkwyk and advocate Willie Small. The book price is R130 per copy and the table price is R1 300 (seats 10). For more information or reservations call 061 407 3061 or 078 259 5466. Promosie

Ortopediese kenner nou op Wellington Dr. Hannes Steyn, ‘n mediese ortotis en prostetikus, het op Donderdag 30 September die deure van sy nuwe spreekkamer in Wellington geopen. Dr. Steyn, wat ook ‘n spreekkamer in Malmesbury het, sal soggens sy spreekkamer in Wellington en in die middae sy spreekkamer in Malmesbury beman. Alhoewel dr. Steyn ‘n ortopediese spesialis en prostetikus is, is sy dienste eintlik baie meer algemeen as wat ‘n mens sou verwag. Benewens dienslewering in sy spesialisveld, kan mense ook by sy praktyk vir alledaagse probleme kom aanklop. “Ek behandel daaglikse voetprobleme en voorsien ook binnesole en spataarkouse,” sê hy. Hy verskaf ook sportspalkies vir beserings as voorkomende maatreël en sy praktyk voorsien verskeie gesondheids- en ortopediese skoene. Enige hulpmiddels soos rolstoele en Dr. Hein Portwig, Shumé Bester (ontvangs), dr. Ilne Portwig, dr. Hannes Steyn, krukke sal ook by sy praktyk beskikbaar wees. Netanja Allies (ontvangs) en Hannes se vrou Elouise Steyn. Iets wat min mense weet, is dat hy ook borsprostese en spesiale onderklere vir vroulike borskankerpasiënte geleentheid waar sy familie, vriende, plaaslike dokters en lede van die publiek heerlik ter viering van hierdie nuwe ondernevoorsien. Die opening van dr. Steyn se nuwe praktyk was ‘n gesellige ming kon saamkuier.


NUUS • NEWS

5 Oktober 2016

Pinotage op eie dag gevier Wellington Wyne het, met die oog op hul Pinotagedag vieringe op 8 Oktober, die media op ‘n voorskou van wat alles op hierdie dag gaan gebeur, getrakteer. Verteenwoordigers van verskillende gedrukte en digitale mediaplatforms is genooi om ‘n voorsmakie van al die aktiwiteite rondom Pinotagedag te kry. Die unieke “Pinotage Pilates”-klas wat tydens die fees (en ook gereeld Saterdagoggende by die Bovlei-proelokaal) aangebied sal word, het die gaste op ‘n prettige manier opgewarm vir die opwindende ander aktiwiteite wat tydens hierdie fees op die spyskaart is. Bo en behalwe die sensoriese verrassings wat tydens ‘n baie interessante reuk-paring met die verskillende Pinotage-wyne geskied het, is gaste ook met ‘n pannekoek-paring saam met Wellington Wyne se reeks Pinotage-wyne bederf. “Omdat Pinotage ‘n unieke Suid-Afrikaanse wyn is, is dit net gepas om dit met ‘n ander eg-Suid-Afrikaanse lekkerny, nl. pannekoek, te bedien,” verduidelik Xania van der Merwe, nasionale verkoops- en bemarkingsbestuurder van Wellington Wyne. “Die pannekoeke se vulsels en bedekkings word spesifiek gekies om die verskeidenheid Pinotage-variëteite in die Wellington Wyne se reeks te komplimenteer,” sê sy. Marko Stander, ‘n wingerdboukundige, het die gaste hierna meer oor die spesifieke geskiktheid van die Wellington-area vir die verbouing van Pinotage vertel, waarna hy almal op ‘n staptog deur die wingerde begelei het. Hier het hy die spesiale eienskappe van die grond in hierdie area uitgewys en elke mediaverteenwoordiger touwys gemaak in die kuns van hoe om ‘n wingerd te “suier”. Daar is ‘n wingerdry aan elke verteenwoordiger toegeken en elkeen moes sy staal in hierdie arbeidsintensiewe proses probeer wys. Gaste kon aan die einde van hierdie uiters interessante ervaring vir ‘n keurige ete aansit – ook ‘n voorsmakie van wat op die spyskaart van die Pinotagedag se “Langtafel”-ete te wagte kan wees. Heerlike pampoenkoekies, bobotie “spring rolls” en geurige hoenderpastei is van die geregte waarvoor gaste langs die Langtafel hul lippe kan begin aflek – alles natuurlik met die gepaste glas Pinotage langs jou bord. Daar is nog kaartjies vir die Pinotagedag Fees en vir die Langtafel beskikbaar. Kontak Xania van der Merwe by 082 493 9087 of marketing@wellingtonwines.com vir meer inligting of besprekings.

Brent taking on new responsibilities Brent Janse van Rensburg has resigned as head coach of the Boland Cavaliers, after one season in charge of the Boland Rugby Union’s professional rugby team. Janse van Rensburg, who was appointed by the Union in January of this year, announced his decision on Monday 3 October 2016. “I am thankful for the opportunity afforded to me to be able to contribute to Boland Rugby and feel the team is in a better place than it was in January this year,” said Janse van Rensburg. “I am incredibly proud of this group of players, the efforts they gave and also very thankful to our management team for their time invested into the team. It has been a memorable year that has certainly contributed towards my growth and I wish everyone involved with Boland Rugby the best”. “He (Janse van Rensburg) is one of the best young coaches in the country and he is destined to coach the national team one day. His decision to retire as Boland Cavaliers head coach is one that will definitely be felt by everyone who has worked with him this year. He contributed to one of Boland Rugby’s most successful seasons, especially in light of the professional team’s poor performances in recent seasons”. According to Pekeur, Boland Rugby’s board of Directors are already discussing possible successors for Janse van Rensburg. “On behalf of the Boland Rugby Union, I would like to wish Brent and his wife all the best with their future plans. Boland Rugby’s doors will always be open for him to assist with his knowledge and inputs in order for Boland Rugby to reach even greater heights in the seasons to come.”

5


NUUS • NEWS

6

5 Oktober 2016

Wyne skitter helder by Michelangelo-toekennings Wyne van dié streek het vanjaar weereens bevestig dat hulle vir geen ander wyne ter wêreld terug hoef te staan nie. Plaaslike wyne vanuit die streek het op 26 September geskitter by vanjaar se gesogte Michelangelo Internasionale Wyn- en Spiritualieë-toekenningsgeleentheid. ’n Totaal van 1 665 inskrywings van 364 produsente is ontvang. Die onderstaande wynkelders het uitnemende prestasies behaal:

Linton Park

The Bridge Premium Chardonnay van Linton Park Wynlandgoed het vanjaar met dubbelgoud weggestap. Die Bridge of Hope wynreeks, het sy bestaan te danke aan besigeidsvrou en entrepreneur Rosemary Mosia wat tydens haar meestersgraad in besigheidsleierskap, ‘n navorsingsprojek oor die wynindustrie gedoen het waar die begeerte om haar eie wynhandelsmerk te begin, lewe gekry het. In 2014, het sy ‘n vennootskap met Linton Park Wyne begin en haar eie onderneming gestig. Die handelsmerk streef daarna om gemeenskappe met ‘n gemeenskaplike verantwoordelikheid om werkloosheid onder die jeug op te hef en te bevorder. Linton Park Landgoed se wynmaker JG Auret spog met hul Shiraz 2014 se druiwe wat se oorsprong van ‘n 2.5ha blok afkomstig is en in 1997 op die landgoed aangeplant is. Die wyn het vanjaar Goud los geslaan. Auret is veral dol op die vars en skerp rooivrug ondertone van die presterende wyn. Die wyn is vir 14 maande in Franse, Amerikaanse en Hongaarse eikehpout verouder.

Lutzville Vineyards

Lutzville Vineyards het Goud en Silwer by vanjaar se gesogte Michelangelo Internasionale Wyntoekennings losgeslaan. Hul Vintales Road Trip Pinotage 2015, Lutzville Pinotage 2015 en Francois le Vaillant Nobel late Harvest het met Goud weggestap, terwyl Francois le Vaillant Pinotage 2014 en Francois le Vaillant Cabernet Sauvignon 2014 Silwer ontvang het. Lutzville se koel klimaat, gekombineer met hul diverse terroir, gee die wynkelder die perfekte fondasie om vrugtevolle en elegante wyne te produseer. Met toegang oor die 100 verskillende wingerde binne die Lutzville valley, is die beste druiwe gepluk om kwaliteit en volhoubaarheid te verseker.

Swartland Wynkelder

Die Swartland Wynkelder se Bush Vine Shiraz 2013 het vanjaar goud by die gesogte Michelangelo Internasionale Wyntoekennings ontvang. Die Bush Vine Shiraz 2013 se druiwe is alles wyn van oorsprong, naamlik die Swartland bosstok en gemiddeld 20 jaar en ouer. Die 2010 Cape Vintage, wat onder die Grand’ Or Medals met ‘n toekenning vereer is, se druiwe is alles bosstok wyn van oorsprong, naamlik Swartland en bestaan uit Touriga Nacional, Tinta Barocca en ‘n klein hoeveelheid Pinotage. Hul Swartland Idelia Cape Blend, asook Swartland Winemakers Collection Blanc de Noir het ook Silwer ontvang.

Babylons Peak

Die 2014 Pinotage wat Goud ontvang het, se oorsprong is droëland bosstok wat teen die skuinstes van die granietkoppies geplant is. As gevolg van die unieke terroir, word die wingerd stadig oor 'n lang periode ryp. Die resultate wys in die donker rooi kleur met ryp pruim en mocha op die neus en 'n smaak van donker vrugte, gevolg deur speserye op die verhemelte. Die Viognier Roussanne 2016 wat ook Goud losgeslaan het, is geplant op goed gedreineerde grond, wat slegs additionele bespreoing ontvang indien dit nodig is.

Het Vlock Casteel

Het Vlock Casteel se Merlot 2014 is met Dubbel Goud by vanjaar se Michelangelo Internasionale Wyn-toekennings vereer. Die Merlot het ‘n intense dinker rooi kleur met ‘n donker sjokolade en subtiele vanilla geur op die neus en ‘n sagte fluweel tannine smaak wat in jou mond sal talm. Hul Cabernet Sauvignon 2014 is met Goud toegeken. Die wyn het ‘n misterieuse donker rooi kleur, swartbessie en subtiele eukaliptus geure op die neus en ryp rooibessie en sagte tannine vir ‘n nasmaak.


NUUS • NEWS

7

5 Oktober 2016

Dagboek • Calender

Pinotage Celebration Day 8 October: Come join us at the Wellington Wines for the Pinotage Celebration from 8:00 till 14:00 For information and bookings contact marketing@wellingtonwines.com

Rendezvous Werfmark 25 November: Kom loer in by die Wellington Wesfmark vanaf 9:00 tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker kersinkope, speelgoed en nog meer.

Pinotage Dag 8 - 9 Oktober: Kom geniet ons Pinotage Dag by Imbuko Wine Farm Vir enige navrae kontak ons by 021 873 7350 / www.imbuko.co.za

Bridge House Mile 12 January 2017 at Val de Vie Estate Contact : Martine Bauer 083 263 6997 / Martine.mediavine@gmail.com or Michelle Tricky T 071 869 0628 / michelle@trickyt.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081.

Buitelug Film 13 Oktober: Kom geniet saam met ons die Buitelug film - Verskietende ster by die Bordienghuis om 18:00 tot 22:00. Toegang is gratis. Besprekings nodig by 083 415 0002 / galery@ breytenbachsentrum.co.za Robertson Wine Valley 14 - 16 October: Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (Saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free enterance. Tickets at the gate Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com Bordienghuis 18 Oktober: Schalk Bezuidenhout tree op om 18:00 tot 22:00 Navrae en bespreking by 083 415 0002 /galery@breytenbachsentrum.co.za Newton Rugbyklub (Bombelas) 21 Oktober: Jaarlikse bekeruitdeling van die Newton Rugbyklub met 'n spoggerige "Black Tie Event" in Wellington Stadsaal. Kaartjies beloop R120 per persoon. Rugbyspelers gaan sertifikate ontvang. Navrae kontak : Kenneth Williams by 083 634 9213 of Lincoln Burns by 063 231 2671

Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za.

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690

Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.

St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.

Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

Wellington Christen Familie Kerkstraat 54. Sondagoggende om 09:00 Navrae : 082 876 7353

Geklassifiseerd • Smalls Memorium In Memoriam

ESTIN WITBOOI Twee jaar het verbygegaan. Ons het jou so skielik verloor. Dit voel soos gister en die seer raak net nie beter nie, maar al die herinneringe sal ons lewendig hou. Ons weet jy is vandag in 'n beter plek. Sal jou nooit ooit vergeet nie. Baie liefde: Pa, Ma, susters, broer en twee kinders #2889 ----------------------------------

Gelukwensing Congrats ERIN ABRAHAMS 9 Oktober 2016 Gelukkige 21ste verjaarsdag. Mag die sleutel van onafhanklikheid die deur na jou drome oopsluit en mag lewensvreugde jou op die pad begroet. Wens jou alles van die beste toe, 'n mylpaal in jou lewe wat deur God moontlik gemaak is. Van: Abrahams & Green Familie #2867 --------------------------------Baie geluk met jou mondigwording op 9 Oktober. Mag jou paaie altyd met rose besaai word. Ps 23 v 6. Bly maar daardie nederige meisie en jy sal altyd uitstyg na hoë hoogtes. Baie lief vir jou. Van: Tannie Fien en familie #2872 --------------------------------BLADEN LE FLEUR 3 jaar oud op 9 Oktober. Baie geluk Ma se seuntjie. Jy is so 'n woelwater in ons lewe en vul dit elke dag met liefde. Lekker verjaar. Van: Jou Darra, Mammie, twee oumas, oupa, Al-Kirsten, Kirsty en almal in die huis #2868 ---------------------------------DEVANDRÉ IS EEN op 9 Oktober 2016. Dankie vir liefde en soentjies. Baie geluk Mammie en Pa is lief vir jou. Annoeska en Sebastiaan #2869 ---------------------------------KYK WIE WORD EEN??. Baie geluk Devandré met jou spesiale dag. Ouma, Rico en Jonty is baie lief vir jou #2870 --------------------------------Geluk XYLAH JADE, onse engelblom met jou eerste verjaarsdag op 4 Oktober 2016. Ons is oneindig lief vir jou. Van: Mammie, Daddy en Eldrin #2873 --------------------------------RAAI WIE WORD SEWE? Geluk Ma se blom met jou verjaarsdag op 8

Oktober. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Bly de voorbeeldige dogtertjie wat jy is. Met baie liefde van Mammie en Reeve #2874 --------------------------------Lekker verjaar Raivier en hou so aan met jou mooi skoolwerk. Ouma is baie trots op jou. Liefde: Ouma Roetie #2875 --------------------------------LESLIE EN FLORENCE CHARLES Veels geluk Ma en Pa met jul 51 ste huweliksherdenking. Mag God julle voorspoedige en gesonde jare saam gee. Liefde: Charlene, Janice en Familie #2876 --------------------------------RAAI WIE VERJAAR VANDAG Baie geluk CLAYTON met jou geboortedag. Mag al jou wense waar word. Al God se seëninge oor jou. Ons is baie lief vir jou. Van: Ouma Iza. Fagmieda, Abieda, Mujaid, Zaytoon, Thakiyah & Laa'iqah #2877 --------------------------------Baie geluk CAMY met jou 16de verjaarsdag. Van: Mammie, Mesie, Nicole, Andrea en E-MJ #2879 --------------------------------Baie geluk met Mammie en Hannelie se verjaarsdag op die 8ste Oktober. Van: Niesa, Miesie, Nicole, Camy, Andrea en E-MJ #2880 ---------------------------------8 Oktober 2016 VIVIAN ARENDSE Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou vele jare spaar. Goeie gesondheid en vrede en vreugde. Ps 23 vers 2. Liefde: Tannie Fien en familie #2881 ---------------------------------MAGGIE HENDRICKS Geluk met Ouma se 90ste verjaardag op 9 Oktober. Met baie liefde van Dappit. Dina, Tiesa, Magdaleen en kleinkinders #2882 ---------------------------------7 Oktober 2016 KYK WIE WORD 1 LIMORH FOSTER Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar en jy moet lekker verjaar en geniet jou dag. Van: Ma Florita, Pa Boekies, ouma Slikkie, Antie, Rolen, Glenda, Tesnick, Dosa, Nashwill Boeta #2884 --------------------------------My engelkind, môre is jy ses jaar oud. Geluk my dogtertjie. Pa is baie lief vir jou. Jy moet 'n lekker dag het. Lief jou - Pa John ---------------------------------Geluk ons prinsessie met jou sesde verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n lekker dag het. Liefde: Oupa Bertus, Elize, Lizolda & A-Jay #2885 ----------------------------------

Geklassifiseerd • Smalls RAAI WIE WORD EEN OP 8 OKTOBER 2016 Baie geluk LOGEN met jou eerste verjaardag. Mag God jou nog vele jare spaar my blompot. Mammie is baie lief vir jou, my skatjie. Jy moet lekker verjaar. Van: Mammie, Daddy, Ouma, Tannie Meagan, uncle Arno & Keano #2886 ---------------------------------KYK WIE WORD 16 op 5 Oktober ASWILL, baie geluk met jou verjaarsdag en mag God jou seën vir die lieflike seun wat jy is. Baie lief vir jou. Van: Huisgesin & Priscilla #2890 -----------------------------LOUISE ARENDSE Ek wil net vir my suster Louise, geluk sê met haar verjaardag. Jy moet lekker verjaar en ons is baie lief vir jou. Van: al die Hesselman familie van Malmesbury #2891

---------------------------------Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Hoe graag wil ons jou 'n drukkie gegee het, maar God het jou nodig. Hy het jou geroep en jy is syne. My hart is vandag so seer, want ek vier my verjaardag alleen. Sal jou nooit vergeet nie. Van jou verlangende suster, vriendin - Lanie en familie #2888

Memorium In Memoriam

Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/48 ---------------------------------Storage facilities (Malmesbury), all sizes from 20m² - 3000m². Small workshops. Office Suite to let – 290m² or portion available as serviced offices. Call Julian – office – 021 712 3782 – E-mail : accountant@qonfirst. co.za #2389

HISKIA MOSES 6 Oktober 2016 Hoe graag wil ons jou 'n drukkie gee, maar God het dit anders beskik. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Jy is in die huis van vele wonings, waar geen pyn en lyding is nie. Die trane vloei nog vrylik met 'n glimlag. Van jou tweede ma - Tannie Fien en familie #2887

Sterfgeval Obituary CHRISTINA NOVEMBER (Antie Pollie) roosdiens op Woensdag, 5 Oktober om 19:00 by die Anglikaanse Kerk (Malmesbury) en Begrafnisdiens is op Saterdag, 8 Oktober by Anglikaanse Kerk. Besigtiging om 07:30 en die diens neem 'n aanvang om 08:00 #2883 ----------------------------------

Te Huur To Let


courant

dié

8

NUUS • NEWS

5 Oktober 2016

WELLINGTON SPORT

tel 022 487 3221

5 Oktober 2016

•KONDIG UITTREDE UIT PROFESSIONELE RUGBY AAN

Marnus hang tokse finaal op Marnus Hugo, skrumskakel van die Boland Kavaliers, het onlangs sy uittrede uit professionele rugby aangekondig. Na Boland se wedstryd teen WP die afgelope naweek, het hy sy rugbytokse vir oulaas opgehang. Marnus, wat sy professionele rugbyloopbaan in 2006 by die Boland Kavaliers begin het, het sedertdien al talle kere vir die swart-en-goue-span uitgedraf. “Ek het in 2006 tot 2008 vir die Kavaliers uitgedraf en daarna van 2009 tot 2013 vir die Griekwas gaan speel,” sê hy. In 2014 keer hy terug na die Boland en speel sedertdien weer voltyds vir sy geliefde span. Volgens Marnus was sy besluit om uit te tree nie ‘n maklike een nie, maar ‘n logiese een. “Ek is ‘n getroude man met ‘n pragtige eenjarige seuntjie. ‘n Mens se prioriteite verander en my familieverpligtinge is nou vir my baie belangrik,” sê hy. “Ek het nou meer verantwoordelikhede buiten my rugby en voel dat die tyd dat ek elke

tweede naweek moes weggaan, nou ‘n vervaldatum bereik het,” verduidelik Marnus. Volgens hom is dit nou die ideale tyd om aan te beweeg. “Ek het alles bereik wat ek graag wou en voel nie dat daar nog groter dinge in my rugbyloopbaan sou gebeur nie. Ek het reeds 10 Curriebekertoernooie agter die blad en die Kavaliers het ‘n ongelooflike seisoen gehad hierdie jaar. Wat meer kan ‘n mens vra?” sê Marnus. “Vrydagaand se wedstryd teen die WP was ‘n absolute hoogtepunt en die respek wat ons daardeur verdien het, is iets waarop ek baie trots is. Dit is lekker om op so ‘n hoogtepunt te groet,” voeg hy by. Marnus sien uit na die nuwe uitdagings wat die korporatiewe wêreld aan hom gaan bied en na die nuwe seisoen wat nou vir hom aangebreek het. Hy sal steeds ‘n Wellingtonner en ‘n Bolander bly en darem nie te veel na die Kavaliers verlang waar hy net ‘n hanetreetjie van hul tuiste, Boland Stadion, woon nie.

Awards:

Ryan Nell, captain of Boland’s 2016 Currie Cup team, was named Boland Cavaliers Player of the Year during last night’s (Monday 3 October 2016) awards evening, held at the Riebeek Valley Hotel in Riebeek West. Nell, who plays centre for the Cavaliers, lead the team to Premier Division promotion, after the team finished third after the Qualifying stages of the Currie Cup competition. Adriaan Carelse (fly half/fullback) was named Player’s Player of the Year. Zandré Jordaan (eighth man) and Christopher Bosch (centre) was named forward and back of the year respectively. The Young Player of the Year award went to Kenan Cronje (flank) and Most Improved Player of the Year went to Chadley Wenn (hooker).

Boland gasheer vir uitspele Voet in die hoek vir HAM

Die Huis Andrew Murray het ondersteuning vanuit die Swartland gekry toe daar op die dorp by die afgelope knortjor-wedrenne goedere vir die leerders ingesamel is.

Saterdag lei alle paaie na Boland Stadion Wellington waar die Boland Klubrugby se Top 8 spanne in die Groot Uitdaag-beker mekaar die stryd sal aansê vir 'n plek in die helfeindronde. Die Swartwes-kampioen, Saldanha van Malmesbury, skop die dag af met 'n wedstryd teen Caledon om 11:30 op die A-veld. Caledon het ook hierdie jaar gewys dat hy met die groot honde kan gesels deur vriend en vyand te verras met sy hardloop-rugby. Nog 'n wedstryd wat groot belangstelling sal lok is die wedstryd tussen Hawston en Wesbank

om 14:30 op die A-veld. Die span van Robertson ding mee teen Hillcrest om 12:00 op die A-veld en in die hoofwedstryd van die dag speel Worcester Villiagers teen Roses United om 16:00 op die A-veld. Die wenner van die Wedstryd tussen Saldanha en Caledon sal die wenner van Worcester en Roses aandurf op 15 Oktober te Boland Stadion en die wenner tussen Hawston en Wesbank sal die wenner tussen Robertson en Hillcrest aandurf. Die finaal word op 22 Oktober beslis ook op Boland Stadion.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant well 5 okt 2016 390 by DieCourant - Issuu