Wellington
courant
dié
1
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
4 Mei 2016
Uitgawe 368
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• naudé deel sy visie vir hugenote
‘Kinders is vir my soos arende’ Daar is net een manier om Wikus Naudé, skoolhoof van Hugenote Hoërskool op Wellington te beskryf: ‘n onderwyskundige in murg en been. Een van daardie mense wat jy nie regtig in enige ander posisie kan sien nie. Sy liefde en respek vir die jeug, spreek uit alles wat hy doen en sê. “Kinders is vir my soos arende: ons moet hulle die stimulasie en die ruimte gee om hul vlerke so wyd moontlik te sprei,” het hy aan dié courant gesê. “Ons moet vir hulle ‘n veilige omgewing skep waar hulle die moed en vermoë het om die wye wêreld te verken en die pad van hul hart te volg.” Ná 50 jaar in die destydse Transvaal het hierdie plaasseun van Bethal in Mpumalanga, sy wortels uitgetrek en die pad na die Boland aangepak. Die laaste skool waar hy daar betrokke was, was Generaal Hertzog op Witbank. Sy visie: Om Hugenote in die nabye toekoms op ‘n vlak te bring waar hy een van die top-skole in die land is en om 'n skool met ryke tradisies waar kinders tot hul beste ontwikkel word en waar hulle veilig en geborge voel aan die leerders en gemeenskap te bied. “Ek wil hê ons kinders moet hier uitgaan nog beter as wat hulle hier ingekom het – ontwikkel op alle vlakke en goeie lei- ‘Die ers. Dit geld vir leerders en onderwysers.” Naudé glo leerders word bevoordeel in kleiner skole: “Hier is ons kinders nie net nommers nie. Dit beteken ook nie dat hulle enigsins afgeskeep word nie en vertel van die nuwe gimnasium van R250 000 wat pas voltooi is.” Hy glo ook dat leerders onderwysers as volle mense moet leer ken – hulle is nie net onderwysers of net afrigters nie. Kinders moet hulle op alle vlakke van menswees leer ken. “Hierdie is ‘n gemeenskapskool, ons moet kyk na die gemeenskap. Die wen-faktor is baie
Riebeekvallei reg vir Olyffees
rug oor die dag en oor wat suksesvol was of nie. Dan wonder ek wat kon ek anders doen, gestel, verbeter het…” Naudé is reeds jare betrokke by SA Skolebestuur vir rugby. Hy het elektronika en chemie by Pukke studeer en later ook onderwysbestuur en tegniese tekeninge. Op ‘n romantiese noot: Hy het sy vrou, Hannetjie, in graad 2 op Bethal leer ken. Hulle is die ouers van drie pragtige dogters. Naudé is baie lief vir die buitelewe en doen ook graag houtwerk. • Hugenote Hoërskool is ‘n dubbelmedium-staatskool geleë in Wellington in die Boland. In 2013 was die skool se leerdertal 815. Dr. Andrew Murray het in 1870 na Wellington gekom en versoek dat daar ‘n meisieskool gestig moet word. Hugenote Seminarium is toe in 1874 gestig en mej. A.E. Bliss en mej. A.P. Ferguson het in Januarie 1874 die eerste 40 meisies ingeskryf. Die saak of seuns tot die skool toegelaat moet word, het reeds in 1899 aandag gekry en in 1899 is een seun, Leopold Reinecke, as een uitsondering toegelaat. Die latere aansoek van SS Loubser is in 1900 geweier. ‘n Nuwe skoolgebou is in 1902 ingewy, maar dit het in 1907 afgebrand. kinders moet beter hier uitgaan Nadat die versekering uitbetaal het, is die basiese plan van die ou skool gebruik en sekeas wat hulle ingekom het.’ re verbeteringe is op die nuwe planne aangebelangrik vir baie skole: dit kom dikwels van die bring. Die nuwe gebou is op 2 Mei 1908 geopen. ouers af en geniet dikwels te veel aandag. Die skool het later te klein geword en die stad“Wen is nie alles nie: ‘n Mens moet ‘n passie saal het later die skoolsaal geword. hê om te wen, die Here het ons so geskape. Net Amalgamasie tussen die Seminarie en die so belangrik is ‘n dringendheid om unieke dinge Seunskool het weer in 1940 ter sprake gekom, te doen. Dit is ook belangrik om te onthou dat veral as gevolg van die afname in getalle. jong leerders ook moet jol om te ontwikkel!” Op 11 Desember 1953 het die Hugenote MeiDit is duidelik dat God die rigtinggewer van sieskool sy deure gesluit. hierdie man en sy visie is. “Elke aand is dit ek en Na amalgamasie is die ou seunskool vir die my Skepper wat die aand afsluit. Dan kyk ek te- destydse stadsaal verruil.
Boere moet beskerm word
Marathon in beeld
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
NUUS • NEWS
2
4 Mei 2016
Breytenbachsentrum: Drie
sprekers het Saterdag op Wellington by die Breytenbachsentrum die onderwerp "Klassifikasie, rassisme en nostalgie" bespreek. Links is AnneGhrett Erasmus van die sentrum saam met sprekers, Andries Bezuidenhout, Rhoda Kadalie en Sylvia Vollenhoven.
Professor vereer: Donderdag het die Hugenote Hoërskool hul jaarlikse vererings-
geleentheid gehad vir 'n oud-leerder wat buitengewoon presteer het. André van der Merwe (tweede van links) was onderhoofseun van Hugenote Hoërskool. Hy is vereer vir sy besonderse bydrae tot die mediese wêreld. Hy het verlede jaar wêreldwyd bekend geword as die dokter/ uroloog wat die eerste geslagsdeeloorplanting gedoen het. Saam met hom is Elmari Klopper en Annami van der Wath vereer.
Bond kry nuwe baadjie Ontmoet vir Bob: Die voormalige Hugenote Hoërskool Oudstudentebond. Onder die vaandel van BOB – Blackie Ondersteuningsbond, sal die bond voortaan meer doelgerig optree. Jy hoef nie ‘n oud-leerder te wees om deel van die Blackie-familie te word nie. Jy moet wel saam met almal opgewonde wees oor die skool se toekoms en oor BOB se algemene visie. BOB bied aan alle ondersteuners ‘n platform om die skool se dag-tot-dag werksaamhede en prestasies te volg.
Dit versterk betrokkenheid deur geleenthede vir ondersteuning te inisieer en te bemark. Die laaste doelstelling is om die skool deur middel van finansiële bydraes op verskillende vlakke te ondersteun. “Deur die doelstellings wil ons ‘n stewige verbintenis bou met almal wat die skool ondersteun en sodoende die Hugenote kultuur van uitnemendheid versterk.” Besoek die bond by bob@hugenoteskool. co.za; www.hugenoteskool.co.za; of kontak Tobi Retief (082 327 3108) of Leana Hardy (082 376 8754).
Die Breytenbach Sentrum is ’n multidissiplinêre kultuursentrum vir opleiding in, en omgang met beeldende kunste, musiek, drama en skryfkuns. Kom deel in gesprekke, idees, opleiding en werkswinkels en kom beleef kuns, musiek en drama. Tel/faks: 021 873 2786.
Op ‘n stasie met fees Die vierde Op ‘n Stasiefees word dié naweek by Wellington Wyne gehou. Wellington Wyne is vanjaar 110 jaar oud en terselfdertyd vier die dorp se bekende Krisantevereniging ‘n eeu van uitsonderlike blomme en toegewyde kwekers. Die feestelikheid begin op Donderdag 5 Mei met ‘n gholfdag. Die afslaan is om 16:00. Die Vrydagaand om 19:00 is daar ‘n Vroue Vrolikheid - Manne Marakas.
Die groot feesdag is die Saterdag en dit begin om 08:30 met ‘n sterkman-kompetsie. Daar is pret en plesier vir oud en jonk: Harley Davidsons, ou waens, sangers, stalletjies, ‘n wyntuin, uitstallings, treinritte, ‘n pretpark en nog vele meer. Kry jou stamboom en ontmoet Susan Coetzer en Jurgens Schoeman. Vir meer inligtng skakel Herbert by 082 374 3416 of besoek www.op-n-stasiefees.co.za.
NUUS • NEWS
3
4 Mei 2016
• AGRI SA GEE SY MENING
Landbouers moet steeds voorsien Die landbouindustrie moet die bestaande boere beskerm en 'n nuwe generasie van boere bemagtig en laat groei, anders gaan dit ineenstort. Só het dr. Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, by die jaarvergadering van die Malmesbury Landbouvereniging gesê. Hy het die fokus laat val op boere as 'n strategiese Suid-Afrikaanse bron wat opgepas en ontwikkel moet word vir toekomstige geslagte. "Suid-Afrika en die res van die wêreld ervaar nou 'n ongelooflike bevolkingsgroei. "Demograwe dui aan dat die groei in SuidAfrika so ekstreem sal wees, dat ons die kerf van 70 miljoen inwoners teen 2035 sal verbysteek. "Teen 2050 sal daar sowat nege biljoen mense op aarde wees, " het hy bygevoeg. "Die groot vraag is egter: Wie gaan verantwoordelik wees om hierdie mense, waarvan ongeveer 80% in megastede gaan woon, te voed? Die boere natuurlik." Van der Rheede het die toekennings van die Suid-Afrikaanse landbousektor voorgehou in terme van jaarlikse produksie wat by R221 biljoen in 2015 draai. Hy het ook daarop gewys dat primêre landbou in dié jaar sowat 900 000 werkers van werk voorsien het. "Nog 'n uitnemendheid is die feit dat SuidAfrika 41ste op die wêreldranglys is in terme van bekostigbare, beskikbare, kwaliteit en veilige kos. "Ons primêre landbousektor dien ook as 'n
Warm:
belangrike enjin in die groei weens die verskeie skakels tussen die sektore. Dit verskaf werk aan sowat agt miljoen mense." "Daar is naas ongeveer 20 verskillende wetgewings wat die volhoubaarheid en kompeterendheid van die industrie beïnvloed, ook plaasaanvalle, trae grondhervorming asook die tekort aan staatsondersteuning aan opkomende boere. "Hierdie is uitdagings wat beslis daadwerklik aangespreek moet word," sê hy. "Die klein begroting wat daar beskikbaar is vir grondhervorming en die regering wat die staatsondersteunde agri-projekte herkapitaliseer, gee ook aanleiding tot disfunksionele gemeenskaplike eiendom. "Die laaste statistieke deur die direktoraat van gemeenskapsontwikkeling en grondhervorming dui aan dat slegs 284 Verenigings vir Gemeenskaplike Eiendom uit 1144 funksionerend is weens die konflik tussen die verenigings se lede wat sentraal is in die regeringskwessies soos aanspreeklikheid, finansiële wanbestuur, deursigtigheid en die gebrek aan die onderwerping aan die reëls en regulasies van die verenigings se konstitusie," sê hy. Hy het verder beklemtoon dat die landbousektor baie meer moet doen om die boere as 'n strategiese bron te bemark. "Die industrie moet die bestaande boere beskerm en 'n nuwe generasie van boere bemagtig en laat groei. Sonder boere wat voedsel produseer, sal die hele industrie ineenstort," sê hy.
By die afgelope naweek se motorskou op Malmesbury, het hierdie Wellingtonners van die Toy Freaks Car-klub hul vuurwarmwaens gewys asook die talle pryse wat die klub die afgelope ruk ingepalm het. Hier is Brandon Delport, Dean Lewis, Marico Titus, Donovan Jones, Leswin Daniels, Fabian Pietersen (voorsitter), Houston Pietersen, Wilfred Nyman en Yusriy Buys. Voor is Amber Jansen, Lynnlee Groenewald, Shinice Thomas, Jermaine Booysen en Amy Vaughan.
Waak teen griep-virus Die griep-seisoenis met ons – so begin dit in die laaste week van April en die eerste week van Julie. Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het begin met inentings om die uitwerking van die virus teen te werk. Inentings sal deur die griepseisoen voorsien word en die departement sal verseker dat dit in lyn met die nasionale veldtog toegepas word. Die Wes-Kaapse regering het 100 000 dosisse ontvang om by openbare fasiliteite in die provinsie te versprei. Die Nasionale Instituut vir Aanmeldbare Siektes het reeds sporadiese gevalle gesien.
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
courant
dié
4
Beste leiers lei deur voorbeeld
Wikus Naude is die nuwe skoolhoof van Hugenote Hoërskool. Hy neem oor by Wessel Moolman wat vir jare sy merk in die onderwys gemaak het. Groot skoene om te vul, maar hierdie man is reg vir die uitdaging. Sy passie vir die leerders is duidelik. Sy respek vir hulle net so sigbaar. 'n Leier wat weet waarheen hy sy kudde wil neem en watter hoogtes hulle kan bereik. Dit is wat nodig is in ons leiers. Op skoolvlak, sakevlak en selfs regeringsvlak. Ons het goeie, sterk leiers nodig wat hul plek in die samelewing volstaan. Wat lei deur hul voorbeeld. Maak soos ek sê en nie soos ek doen nie... Lagwekkend, maar ons ervaar dit gereeld. As jou oggend en aandpraatjies nie ooreenstem nie, is daar 'n probleem. Dit is soveel makliker om 'n leier te volg deur net sy voorbeeld te volg. Hier is dit vir ouers ook belangrik om te onthou dat hul kinders soos permanent-aangestelde paparazzi-fotograwe is en hul breine die kamera se geheuestokkie. Opvoeding is nie net iets wat by die skole gebeur nie. Dit word hier voortgesit, maar is jou as ouer se plig. Lei deur jou voorbeeld, so wees versigtig die fotograwe.
Dis Goeie Nuus
Olywe en wyne in die vallei gevier Dié naweek sal daar heerlik gesmul word aan die olywe en wyn van die Riebeekvallei by die jaarlikse Olyffees. Die vallei sal sy winterslaap vir hierdie spesiale geleentheid so bietjie versteur en sy deure wyd oopgooi aan besoekers van heinde en verre. Gee jou smaaksensasie ‘n lekker kielie en maak skoon jou palet, want hier gaan daar aan heerlike olywe, olyfprodukte en wyne uniek aan die vallei geproe word. Sommige van vanjaar se deelnemers is Kloovenburg, Riebeek Cellars, Het Vlock Casteel, Allesverloren, Olive Boutique en Pulpit Rock. Proe aan die verskillende olyfolies en wyne wat die unieke streek bied. Hier weet hulle wat hulle doen, aangesien die vallei oor twee Italiaans-opgeleide olyfolie-gradeerders beskik wat sorg dat die produk altyd die beste graad en kwaliteit is. Om deel te wees van hierdie ervaring, is dit wys om ‘n olyf-paspoort vir die naweek aan te skaf. Dit is beskikbaar by www.webtickets.co.za en beloop R125 per persoon en gee die paspoorthouer toegang tot al agt deelnemende punte.
Top award awarded to Western Cape cheese produce Dr. Andrew Bosman
Harte wat traag is om te glo
Die twee manne wat oppad was na die dorpie Emmaüs het met mekaar gepraat oor die afgelope gebeure in Jerusalem. Terwyl hulle praat het Jesus by hulle aangesluit en gevra waaroor hulle met mekaar praat, en waarom hulle bedroef is. Hulle het Hom nie herken nie, en vra of Hy dan die enigste vreemdeling in Jerusalem is om niks van die afgelope tyd se gebeure te weet nie. Toe Jesus vra watter gebeure hulle na verwys was, het hulle geantwoord die dinge aangaande Jesus, die Nasarener, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; en hoe die owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstaf en Hom gekruisig het. Hulle vertel dat hulle gehoop het dat dit Hy sou wees wat Israel sou verlos; maar dat dit al die derde dag is na al die gebeure wat plaasgevind het. Wat verder ontstel is dat sekere vroue sê dat hulle by die graf was en ‘n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy opgestaan het en lewe. Toe het Jesus aan hulle gesê : O, Onverstandiges met harte wat traag is om te glo wat deur die profete gespreek is. En Hy het begin van Moses en die Skrifte uitgelê het oor wat op Hom betrekking het.
A Western Cape cheese has been named as South Africa’s best dairy product of the year. Alan Winde, Minister of Economic Opportunities, congratulated Dalewood for clinching the top award at the 2016 SA Dairy Championships. The Dalewood “Fromage Huguenot” was named South African Dairy Product of the Year 2016, at the championships which were held last night. “This award is the latest in a string of accolades for Dalewood. “I would like to congratulate them on this latest achievement. It is our goal to add up to a further 100 000 jobs to the Western Cape’s agri-processing sector. “By becoming recognised as a producer of high-quality products, we will ensure we make it happen,” said Minister Winde. The news came just before the 15th South African Cheese Festival, which took place between 30 April and 2 May at Sandringham, Stellenbosch. Minister Winde officially opened the Cape Made: Taste the Alternatives and Cape Made Kitchen exhibitions at the festival on Saturday. “We are working to ensure our agri entrepreneurs, including small scale cheese makers, have the support they need to boost their market share.
“The SA Cheese Festival provides an excellent platform to increase their consumer base. “Since last year, we have partnered with AgriExpo to promote alternative products at the SA Cheese Festival. “Through the Cape Made: Taste the Alternatives pavilion, 30 exhibitors had the opportunity this year to promote their products to the trade, and 30 000 consumers.” The products on display included pomegranates, honeybush and rooibos teas. Through this platform,the goal is to highlight products which are unique to our region and growing in popularity with key international markets,” said Minister Winde in his press release. The Western Cape Department of Agriculture has collaborated with two chef schools in Stellenbosch to develop a recipe booklet using alternative products - the Stellenbosch Private Hotel School and the Institute of Culinary Arts. These recipes will be put to the test in the Cape Made Kitchen by the young chefs. The public could visit the Kitchen for a 30 minute culinary experience with a difference. All the food made in the Kitchen was sourced from the alternative product exhibitors at the pavilion.
NUUS • NEWS 4 Mei 2016
5
NUUS • NEWS
6
4 Mei 2016
8000 atlete draf 2016 Safari-wedlope kaf Die 29ste Safari Halfmarathon het Maandagoggend weer 'n groot aantal besoekers na Wellington gebring. Daar het sowat 8000 atlete in die onderskeie wedlope oor 21km, 10km en 5km weggespring. Só vertel Kevin Lodge van Top Events, die organiseerders van die wedloop. Nadat die Drakenstein se burgemeester, adv. Gesie van Deventer, hulle afgesit het, het bykans 3900 atlete met eerste lig die 21km aangedurf. Ook die 10km en 5km was weer baie gewild. Die wedloop het sy ontstaan in 1986 by die destydse Junior Rapportryersbeweging met organiseerders Callie Visagie, Danie Haupfleisch en Rian Enslin.
Hul het ten doel gehad om 'n wedloop aan te bied wat Wellington en omgewing se natuurskoon kon bekendstel, geld van buite na die dorp kon lok en om aan al die dorp se organisasies die geleentheid te bied om saam te werk om fondse in te samel. Die eerste wedloop het reeds in 1988 plaasgevind. Vandag is hierdie een van die grootstes en gewildstes op die Wes-Kaap se hardloopkalender en is dit juis die goeie organisasie, gasvryheid en die pragtige natuur waardeur atlete hardloop wat hulle in groot getalle na dié wedloop lok. • Sien nog foto's op dié courant se Facebookblad.
Links: Danie Hauptfleisch, 'n pionier van die marathon vanjaar al in sy 29ste jaar Regs: Sune Coetzee neem deel aan die 21km-wedloop.
Links onder is Hans Kitsing, Magdalena Kitsing en John Janneman.
Regs onder: Burgemeester Gesie van Deventer sit die drawwers af.
Regs is Morny Mentoor, Shane Fortuin en Michael Koopman. Voor sit Elizma, Ronel en Charlotte Augustyn. Links: Owen Smit, Bekker van Niekerk, Stefan Oosthuizen en Johny Elyon.
Onder: Die ervare Jozef de Beer is reeds baie jare ‘n bekende gesig in die wedloop.
Links onder: Jan Williams op 'n drafpas.
NUUS • NEWS
7
4 Mei 2016
Dagboek • Calender
Betrekking Vacancy
AUGUS ONTONG (OKKIE) –
AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/3
Dienste Services
Johan Bakkes 6 Mei – Johan Bakkes, bekende skrywer en storieverteller van die Paarl, kuier by die Du Toitskloofwynkelder om sy nuwe boek, Openbaring, bekend te stel. Hy sal gesels oor die boek, maar ook oor sy lewe as avonturier en skrywer. Die boek kyk na Johan en mede-reisigers se soektog na die koudste en warmste bewoonde plekke op aarde. Die funksie begin om 18:30 vir 19:00 in Melissa’s Restaurant by De kelder. Kaartjies is R100 en sluit ‘n ete in: voorgereg, boontjiebredie. ‘n glas wyn en koffie. Nog wyn en boeke sal te koop wees. Sitplek is beperk – kaartjies is beskikbaar by Elrista, bespreek, e-pos na reception@dutoitskloof.co.z of 023 349 1601. Jongduifskou Malmesbury 7 Mei- Dié skou is van 09:30 tot 15:00 in die Malmesbury stadsaal. Toegang is gratis. Navrae: Cassie Carstens (082 670 2228) of Marlene Carstens (082 952 9506). Olive Festival 7 & 8 May – Riebeek Valley; Saturday 09:30 to 17:00; Sunday 09:44 to 16:00. Riebeek Valley Tourism, 022 448 1545. Group art exhibition 13 May - 6 June – ‘Manuscripts’ is a group exhibition in the Yard, 18 Huguenot Street in Franschhoek. The overall idea originated with the idea of working with the Dewey Decimal System experienced as a scholar in school libraries. For more information visist www.artinthe yard. co.za. Gravel Travel MTB 15 May: Kleinevalleij, Wellington. Distances: 50km; 25km http://www.graveltravel.co.za Exhibition UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum.org.za. Beauty and the Beast 17-19 Mei – Dié gewilde Disney-produksie word in die saal van die Hugenote Hoërskool opgevoer. Dit begin om 19:00. Kaartjies teen R50 vir skoliere (volwassenes R80) by die skool beskikbaar. Swartbergvlei Outride 29 May – Darling. Enquiries: 084 593 2745.
Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362. 2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700; Cost: R470. Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket. Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum. co.za. Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na susan@diecourant.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30; 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393/1 -----------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/9
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/43 -----------------------------HERWINNING – Ruil u papier, karton en alle plastiek vir kontant. Skakel Hendrik by 073 998 2365 #2412
Memoriums Memoriam
Jou eerste verjaarsdag op 4 Mei in die hemel. Ons mis Pa baie – Vrou, kinders en kleinkinders #2413 -----------------------------CHRISTOLENE JURIES 06/05/1969 – 30/6/2015 Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder? Jou eerste verjaarsdag in die hemel – die gemis is groot. Tot ons weer ontmoet – Liefde jou man Chris, kinders en kleinkinders #2414 -----------------------------CHRISTOLENE JURIES 2016/05/06 God het ons mooiste roos uit die tuin kom pluk. Hy het jou verlos van jou stryd en op ‘n beter plek geplaas. Jou eerste verjaarsdag in die hemel. Ons mis jou. Liefde jou ma, susters, broers en Lategan familie #2415 -----------------------------CHRISTIAAN ABRAHAM JOHN GYSENBERG (KITTO)
JACOB CEDRAS FORTUIN 31/08/1957 04/05/2013
Te Huur To Let
2 Slaapkamer woonstel (Malmesbury) ± 80m² - R3 810. 1 Motorhuis – R350. 1 Maand deposito – geen kinders in blok – Skakel 022 482 3993 vir aansoekvorm #2416 -----------------------------Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/5 -----------------------------Kantoorspasie ±47 m² – geleë tussen Mr Price en Cardelli’s te Voortrekkerweg, Malmesbury. Kontak mnr Eddie Mostert by 022 482 1101 of Johan Rossouw083 234 6614 #2327/3 -----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/31 -----------------------------Sakeperseel 43m² - Hoek van Bokomoweg en Albaniestraat – Lugversorger + kombuis + toilet. R3950 (BTW ingesluit) – Skakel 083 658 4996 #2417 -----------------------------Sakeperseel 196m² hoek van Bokomoweg en Albaniestraat. Lugversorger + 2 toilette, kombuis asook veiligheidshekke – R10 400 (BTW ingesluit) – Skakel 083 658 4996 #2418
Te Koop For Sale
Sag heengegaan - jy is nou 3 jaar van ons af weg maar dit voel nog soos gister, dankbaar is ons vir die tyd wat ons gekry het en ons weet jy is by Onse Vader, rus in vrede Japie tot weersiens van jou 4 susters en 2 broers met alle liefde in ons harte #2411 ------------------------------
No farwell words were spoken, no time to say goodbye. You were gone before we knew it, and only God knows why. We know in our hearts that those we love don’t go away, they walk besides us every day – unseen, unheard, but always near. Still loved, still missed and very near – Love you always – Mom and family #2419 ------------------------------
Muller – 079 413 2520 1 Enkelbed matras – R500; Dubbelbed base set – R1300; KIC Fridge/Freezer - R1550; 2 Printed Ottomans – R450 elk; Geelhout en Imbuia jongmanskas – R2300; 6 sitplek sitkamerstel – R1750; 1 Soliede hout 4-laai kassie – R1800 Malmesbury – Rainierstraat 8E, Müller’s 079 413 2520 #2408
-----------------------------Filette (hake) –R55/kg; Visvingers - R35/kg; Viskoekies - R45/kg. Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/28
Voervuie Vehicles
DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/16
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na reception@ diecourant.co.za om jou geklassifiseerde advertensie te plaas.
courant
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
4 Mei 2016
Sportuitslae Sports results Hokkie Malmesbury Hokkieklub Milnerton 3-2 Malmesbury Mandalay 0-5 Malmesbury
Gholf Malmesbury Gholfklub
Woensdag Sundowne - 13 April Enkel Stableford Appie van der Merwe 22; Jacobus Snyders 21; Wikus van der Merwe 21; Llewelyn Lloyd 20; William Matthysen 20. Vrydag Sundowner - 15 April Enkel Stableford Frans Destroo 20; Appie van der Merwe 20; George Prinsloo 19; Lieb Liebenberg 19. NG Swartland Gholfdag - 16 April Beterbal Stableford Ewan Liedeman & Ian Adams 50; Michael Julies & Franklin Beukes 49; Dick Ross & Heinrich Pieters 46; Marthele Neethling & Steyn Neethling 45; Len Kruger & Kobus Myburgh 45; Jaques Smit & Lieb Liebenberg 44; Andre Schillig & Lawrence Barlow 44; Lindsay Meyer & William Matthysen 44 ; Billy Howberg & Edmund Petersen 44.
Griquas verslaan Kavaliers
Sportdagboek Sports diary
HouwHoek MTB Tour 30 April - 1 May: Hermanus; http://www. mtb-adventures.co.za/mtb-events/houw-hoektour/#overview.
Die Boland Kavaliers het Saterdag op tuisbodem teen die span van die Griquas vasgeval en met 14-30 verloor.
• BIKING taken to the utmost EXTREME
Gravel Travel 7 May: Wellington; http://www.graveltravel.co.za Willowcreek/Computer Mania MTB Challenge 21 May: Wolseley; http://www.pedalpower.org.za/ events/pedal-power-association-77/
Entries rolling in for DBX Entries are rolling in quickly for what has become one of the most anticipated events on the Cape West Coast and on the Western Cape mountain biking calendar. The Darling Brew Extreme (DBX) is taking place on Saturday 28 May for the third year running, and so far the response has been exceptionally positive - as it has been every year since the launch of the event - with entries exceeding expectations. According to Kevin and Philippa Wood, the owners of Darling Brew, which is the main sponsor for the Darling Brew Extreme, the first year that the event took place they had hoped for 250 entries but the numbers exceeded this by nearly 200%. The second year of the event saw 1400 entries and now for 2016 the event has been capped at 1500 entrants. “The success of the Darling Brew Extreme is something of which we are very proud,” says Kevin Wood. “We have a great team who pull this excit-
ing race together and much thought, effort and planning goes into this annual mountain biking - it is very rewarding to see it being received so well by Western Cape mountain biking enthusiasts.” Start and Finish at the Darling Brew Tasteroom & Brewery This year’s event sees a few developments taking place – amongst these are the introduction of some cash prizes, the involvement of several pro-riders, and excitingly, the venue for both the start and finish of the event has been moved to the newly opened, custom-built Darling Brew Tasteroom & Brewery, situated at 48 Caledon Street in Darling.
The routes
As per previous years DBX 2016 offers three different routes. These are the 68km Bone Crusher which departs at 7am and costs R275 per entry; the 45km Long Claw which departs at 8am and cost R250 per entry; and the 25km Slow
AmariderBikehub 100miler/50miler 21 May: Malmesbury; www.dirtopia.co.za
Beer route which departs at 9am and costs R150 per entry. “Every year the exact routes differ slightly depending on the rotation of the crops currently under cultivation on the farmlands through which DBX traverses,” explains Wood. “The routes also follow the natural paths made the resident wildlife and lucky cyclists may be fortunate enough to have a close encounter with one of the areas indigenous fauna.” Bringing visitors to Darling In addition to the well-designed DBX routes which suite all fitness levels and the beautiful scenery that the routes wind their way through, other drawcards to the event is that Darling is within an hour’s drive of Cape Town and the town is well equipped for an influx of visitors with ample accommodation and entertainment on offer. For more information on Darling Brew Extreme 2016 or to book visit http://www.darlingbrew.co.za/mtb/mtb2016.html.
R
CELEBRATE
MORE FOR LESS
Carling Black Label Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml
179
R
Per Case
Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast non-technical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter onlie at www.pedalpower. org.za.
69
Savanna Dry Premium Cider Cans 6 x 440ml
R
Darling Brew Extreme 28 May: Darling; http://www.darlingbrew.co.za/mtb/ mtb.html
R
89
Viceroy Brandy 750ml
29
R
114
Richelieu Brandy 750ml
R
38
R
50
150 5141_100 x 260
PRICES VALID 5 - 8 MAY 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Graça White or Rosé 750ml Each
Nederburg Lyric, Stein, Rosé or Duet 750ml Each
J.C le Roux La Chanson, Le Domaine, La Fleurette or Sauvignon Blanc 750ml Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505141_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/04/28 3:43 PM