courant
dié
Wellington
Gratis âą Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
3 Augustus 2016
Uitgawe 381
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
tel: 022 487 3221
âą DISTILLEERDERY IN HARTJIE VAN WELLINGTON
Plante dryf Jorgensen âą Jaomi Zeeman Min Wellingtonners weet dat daar ân internasionaal bekende en baie gesogte organiese, egSuid-Afrikaanse distilleerdery in die hartjie van hul tuisdorp is. Roger Jorgensen, ân nederige, charismatiese man met Noorweegse wortels, het die kuns van distillering verfyn om vandag ân kenner in hierdie gespesialiseerde veld te wees. DiĂ© man, wat homself as ân aanvanklike âberoepsboer, wynmaker en vervaardiger van brandewynâ beskryf, het sedert 1994 sy hand aan die distillering van jenewer, vodka, spesialiteitbrandewyn en absinthe gewaag. âEk het voorheen my kundigheid onder die mentorskap van brandewynmeesters soos Robert Leaute en Buks Venter geslyp,â vertel Roger. âEk het vinnig besef dat dit meer as ân belangstelling is â dit is ân passie. Die distillering van spesialiteitspiritus is ân kunsvorm wat my baie opgewonde maak,â sĂȘ hy. Roger en sy vrou Dawn woon op die historiese plaas Versailles in die hartjie van Wellington. âEk is ân baie nuuskierige mens,â sĂȘ Roger. âEintlik is ek ân bietjie soos ân kind. Daar is soveel wat die lewe en die aarde ons bied â ons moet net ons oĂ« oopmaak, dit raaksien en dit ontgin.â Die 'Jorgensenâs Distillery'-reeks sluit ân wye verskeidenheid produkte in. Roger vervaardig sy eie unieke vodka, brandewyn, jenewer, absinthe en suurlemoenlikeur. Volgens hom is sy belangstelling in plante die eintlike dryfveer agter al sy suksesvolle produkte. âEk is mal oor plante â dit is seker waarom ek ook ân boer is. Ek kan net nie genoeg van plante en al hul potensiaal kry nie. Ek lees elke boek oor plante waarop ek my hande kan lĂȘ en steeds is daar nog soveel wat ek voel ek nie weet nie,â sĂȘ hy. Die rakke vol boeke oor botanie en plante in sy
Die stookketel waarmee Roger sy eie alkohol vervaardig.
Roger Jorgensen by een van sy stookketels huis, getuig hiervan. Alle prosesse rondom die distillering van sy produkte geskied organies en volhoubaar. Hy het sy eie sonpanele wat krag opwek om die stookketels te verhit. Verder maak hy ook sy eie wyn en bier wat hy nie net vir eie gebruik benut nie, maar ook in ân spesiale proses gebruik om sy eie alkohol te vervaardig. Hierdie selfgemaakte alkohol word dan weer vir die distillering van die vodka en jenewer gebruik. Selfs die patent vir afkoeling tydens die distilleringsproses is ân selfgemaakte stelsel wat deur pype in sy swembad loop. Roger voel baie sterk oor volhoubaarheid. âEk glo vas dat ons alles wat ons nodig het op ân verantwoordelike manier uit die natuur kan kry. Daar is ân wonderlike wisselwerking tussen die mens en natuur wanneer jy daardie fyn balans van wedersydse respek ontdek,â sĂȘ hy. âDaarom is ons nie ingestel op massaproduksie nie. Alles word met die hand gedoen en gemaak: eie plante, eie elektrisiteit, eie wyn, eie bier, eie alkohol om ons eie spesialiteitspiritus te distilleer. Ons gebruik ook die plaaslike kruie en fynbos in ons prosesse â dit is wat dit anders as enige ander jenewer of vodka maak. Jy kry nĂȘrens anders in die wĂȘreld hierdie produkte wat
Die sonpanele, die stookketel en die werkstoor. met Kaapse fynbos gegeur is nie,â vertel hy. Volgens hom is die kuns van distillering baie nou verwant aan die maak van parfuum. âNet soos parfuum het die spiritus ook basisnote en topnote. Jy kan dit ruik en proe. My een helper sit sy mond nie aan alkohol nie, maar hy weet presies wanneer die jenewer reg is, omdat hy dit aan die agterkant van sy hand smeer en daaraan ruik,â vertel Roger. Behalwe vir die antieke instrumente wat hy tydens alle prosesse gebruik en oral op tafels rondstaan, word ân mens omgewe deur ân verskeidenheid eksotiese geure en aardse aromas. Sy werkstafel lyk soos iets uit ân antieke aptekershandboek. Potjies vol gedroogde kruie, interessante geurmiddels, fyn plantjies en sade word op ou skale afgemeet en per hand in ân boek opgeskryf. Daar hang gedroogde tabak (self gekweek) uit die dak en daar is olywe (ook uit sy eie boorde) in verskillende fases van preservering in groot kratte op die vloer. Eenkant staan al die toerusting waarmee hy self olyfolie maak en op ân tafel in die hoek staan ân antieke houtsigaardrukker waarmee hy sy eie sigare rol. Hy maak ook juwele, pyle en boĂ« â sommer vir die pret. Hoe besluit iemand met soveel belangstellings, vaardighede en kundigheid wat hy elke dag gaan doen? âDie distilleerproses neem 6 tot 7 ure. Ek moet myself in daardie tyd met ĂĂ©ts besig hou,â glimlag Roger.
NUUS âą NEWS
3 Augustus 2016