Skip to main content

Die courant well 27 jul 2016 380

Page 1

courant

dié

Wellington

Gratis • Free

1

Hugenotestraat 24, Malmesbury

27 Julie 2016

Uitgawe 380

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

• KANS OP 2000 NUWE WERKSGELEENTHEDE

R100 miljoen vir ‘Old Tannery’ • Jaomi Zeeman

Een van Wellington se bekendste bakens, die gebou wat vir jare die ou Mossop’s Western Tannery langs die R44 gehuisves het, is besig om ‘n gedaanteverwisseling te ondergaan. Dié gebou, wat amper sewe jaar leeggestaan het, is verlede jaar deur ontwikkelaars gekoop met die oog op restourasie en ontwikkeling. Volgens Oscar Saunderson, een van die ontwikkelaars, het die projek op 3 Desember 2015 afgeskop. “Ons het aan die einde van verlede jaar met die skoonmaakproses begin. Die plek was in ‘n haglike toestand, omdat dit so lank leeggestaan het. Dit was omtrent heeltemal leeggesteel en gestroop van enige bruikbare items. Daar is selfs staal uit die dak gesteel, wat die struktuur op sekere plekke ‘n bietjie verswak het,” vertel hy. ‘n Gebou wat vir só lank leegstaan, kom met sekere uitdagings vir toekomstige ontwikkelaars. Behalwe vir die skoonmaakproses, moes die terrein ook eers beveilig word. “Ons moes ordentlike heinings reg rondom die eiendom aanbring en het ‘n baie goeie sekuriteitsmaatskappy aangestel wat die veiligheid van die terrein in ‘n japtrap weer herstel het,” vertel Oscar. “Ons het ook tonne rommel van die terrein verwyder. ‘n Mens kan eers met die eintlike restourasie begin wanneer jy al hierdie dinge in plek het,” sê hy. Ten spyte van al die uitdagings, het dit geensins die ontwikkelaars se moed gebreek nie. “Ons raak opgewonde oor geboue soos hierdie – dit maak my verskriklik opgewonde om by sulke geboue, wat niemand meer wil hê nie en vir die meeste mense na ‘n groter las as ‘n bate lyk, in te stap en die potensiaal daarin raak te sien. Dit is soos ‘n skoon doek, ‘n stuk klei – in die regte hande dit kan soveel wonderlike dinge word,” vertel Oscar entoesiasties. Van die grootste uitdagings in die restourasieproses is die feit dat dit ‘n erfenis-gebou is. Die ontwikkelaars wil dit graag respekteer en die gebou tot sy eertydse glorie herstel. Om so ‘n gebou te restoureer, verg meer arbeid en kundigheid. “Daar moet baie herbouings plaasvind en die hele dak moet vervang word. Só ‘n projek is baie kontant-intensief,” verduidelik Oscar.

Regs: Ontwikkelaars Oscar Saunderson en Bert Bezuidenhout is opgewonde oor die moontlikhede wat die “Old Tannery” bied. Volgens hom sal die hele projek tussen R80 miljoen en R100 miljoen beloop. “Ons is tans besig met die eerste fase en beoog om dit teen Desember 2016 bekend te stel. Die tydperk van voltooiing van al die fases van die hele projek, word op drie jaar bereken,” sê Oscar. “Soos ons dele gereed het vir okkupasie, trek van die opwindende nuwe huurders al in en ons het ‘n hele paar besighede wat reeds die Old Tannery hul nuwe tuiste gemaak het,” vertel hy. Daar is reeds verskeie kantoorruimtes wat deur onder andere ontwerpers en ander professionele persone gehuur word. Onder die ongeveer 10 besighede wat reeds permanent hierheen verskuif het, is Wellington Leather Novelties. Die Old Tannery gaan uiteindelik ‘n unieke kombinasie van restaurante, kantore, winkels, kunstenaars, vertoonlokale en funksielokale huisves. “Dit gaan ‘n ongelooflike kombinasie van kos, drank, kuns, musiek en besighede wees. Dit gaan baie familievriendelik wees. "Ons beplan ook ‘n uitgebreide gimnasium en ‘n hoë-kwaliteit varsproduktemark in van die volgende fases. Dit gaan ‘n bietjie soos ‘Spice

Route’ gekruis met ‘Old Biscuit Mill’, alles met ‘n industriële en plattelandse geurtjie wees – iets wat uniek en outentiek is,” verduidelik Oscar. Daar is reeds 30 nuwe werksgeleenthede met die ontwikkeling van die eerste fase geskep en die projek het die potensiaal om teen voltooiing ongeveer 2000 nuwe werksgeleenthede te skep. “Ons gebruik die ou, unieke kenmerke van die gebou as fokuspunte,” sê Oscar. “Die ou oond met sy skoorsteen is mooi gerestoureer en gaan deel van ‘n koffiewinkel wees. "Ook die watervore en die hele waterstelsel wat in die ou looiery gebruik is, gaan ‘n ere-plek hê en ‘n hoofrol in die nuwe ontwikkeling speel,” vertel hy. Met hierdie ontwikkeling kan Wellingtonners uitsien na ‘n groot ekonomiese inspuiting, maar ook na waarde-toevoeging en ‘n estetiese aanwins langs een van die toegangsroetes van dié dorp. Vir meer inligting oor die Old Tanneryontwikkeling en moontlike verhurings of besigtiging, kontak Bert Bezuidenhout by 083 308 6603 of Oscar Saunderson by 072 373 0301. Hulle webtuiste is www.oldtannery.co.za of stuur ‘n e-pos na info@oldtannery.co.za.

NUUS • NEWS

27 Julie 2016


NUUS • NEWS

2

27 Julie 2016

• KLEIN BEGIN MET BAIE GROEI

Huismark nou 'n baken op kalender Die Wellington Huismark is ‘n jaarlikse instelling op dié dorp se kalender wat groot plaaslike aanhang geniet, maar ook talle besoekers van ander dorpe lok. Nelia Bester (foto) het in 2012 die eerste Wellington Huismark gehou. Volgens haar het sy met hierdie eerste huismark gedink om self ‘n paar handwerk-items te maak en nog so vyf ander uitstallers te betrek wat hul produkte in haar huis kan kom uitstal. “Ek het uitstallers begin soek en toe ek weer sien, het ek 20 uitstallers. Die belangstelling het ingestroom. Voor ek my oë kon uitvee, het ek 50 uitstallers gehad. Ek het besef dat dit heeltemal te groot vir die huis sou wees en ons het die mark in die wynkelder op die plaas gehou,” vertel sy. Die eerste Huismark het ongeveer 300 mense gelok. “Ek het elke liewe item wat verkoop is met die hand opgeskryf. Ek het elke aand na die mark nog vir twee ure gesit en elke uitstaller se verkope uitgewerk. My advertensies aan die begin was maar briefies in mense se posbusse,” sê Nelia. Intussen het die Wellington Huismark gegroei tot een van die grootste markte in die omgewing. Daar is tans oor die 120 streng gekeurde uitstallers, talle kosstalletjies en kinderaktiwiteite. Dit het boonop sedert 2013 van die Napier Wynkelder na die wynkelder op Schalk Burger se Welbedacht-plaas verskuif om die groter opset te akkommodeer. “’n Mens leer baie met ‘n inisiatief wat so vinnig groei,” sê Nelia. “Die tegnologie is wonderlik en ek gebruik nou ‘n kode-stelsel om die voorraad en verkope te kontroleer. Ek het ook wonderlike familie en vriende wat almal inspring en help wanneer dit mark-tyd is.”

Die Wellington Huismark het voorwaar ‘n belangrike baken op die jaarlikse kalender geword. Ten spyte van die mark se vinnige groei, het dit nooit sy unieke, intieme kuier-atmosfeer verloor nie. Die lewendige musiek, heerlike kos en drinkgoed en die ontspanne atmosfeer maak dat meer en meer mense elke jaar hierdie mark besoek. Oor die toekoms van die mark is Nelia beslis. “Ek wil die kwaliteit van die mark behou. Ek wil nie nog groter raak nie, want dan verloor ‘n mens die persoonlike kontak wat jy met die mense het – en dit is juis dít wat dit so lekker en spesiaal maak.” Die Wellington Huismark is van 28 tot 31 Julie by Welbedacht plaas buite Wellington.

Blouvlei Akademie vind baat by Mandeladag

Bo: Olivia Le Cordeur, Shandré Morris en Cindy Baadjies (almal van die Wellington Museum) saam met Linda le Roux en Marilize de Beer van Seeff Eiendomme en Generieve Bailey, ook van die museum. Links: Herbert Sills van die ATKV en Cindy Baadjies van die museum deel heerlike sop en broodjies aan die leerders uit. In die gees van Mandela-maand het verskeie mense en instansies in die gemeenskap saamgespan om ‘n nuttige skenking aan Blouvlei Akademie te maak. Die kinders by hierdie skool moet lang afstande te voet aflê om elke dag by die skool te kom. Gevolglik sit hulle gedurende die nat wintermaande met sopnat voete en skoene in die klasse – iets wat vele gesondheidsrisiko’s inhou. Gelukkig het die dorp se museum van hierdie

probleem kennis geneem en besluit om ‘n “pantoffel”-inisiatief te loods. Mense en instansies in die dorp kon pantoffels koop of bydraes lewer om vir elke kind by Blouvlei Akademie ‘n paar pantoffels te skenk wat hulle in die klasse kan dra. Talle mense het skenkings gemaak en instansies soos Seeff Eiendomme en die ATKV het ruim bygedra om ‘n paar “skoolpantoffels” vir elke kind te verseker. Nadat die pantoffels uitgedeel is, is die kinders met heerlike sop en broodjies bederf.


NUUS • NEWS

3

27 Julie 2016

• GROOT SIRKELDAG BEPLAN

Wellington VLV woeker en werk

Emmie Malan, Karen Barnard, June Smith en Suzanne Gilliland by die onlangse VLVvergadering. Die plaaslike tak van die VLV het op 21 Julie hul maandelikse byeenkoms gehou. Die oggend is gekenmerk deur ‘n vrolike atmosfeer, keurig versierde tafels, heerlike varsgebakte brood en heilsame sop. Die marktafel het onder die pragtige handwerk, gebak, vars produkte en ingelegde items gekreun en die formele verrigtinge is op ‘n vars, interessante manier aangebied. Volgens die tak se voorsitter, Karen Barnard, is Wellington se VLV-tak die grootste in hul kring. “Ons kring sluit dorpe soos Malmesbury, Paarl, die Riebeeke en Stellenbosch in. Met ons ongeveer 57 lede is ons die grootste tak,” sê sy. Anders as wat algemeen aanvaar word, is die lede geensins “ou boeretannies” nie. Die ouderdomme van die lede wissel van 26 to 89 jaar en die lede verteenwoordig ‘n wye verskeidenheid vroue uit verskillende beroepe en met uiteenlopende belangstellings, vaardighede en verwysingsraamwerke. Die Wellington-tak is nie net ‘n groot tak nie, maar presteer ook uitsonderlik goed wanneer dit kompetisie-tyd is. “Ons tak het sewe wenners in verskillende afdelings in ons kring hierdie jaar. Ons het met die meeste bekers in die kring weggeloop,” sê Karen. Sy en nog ‘n lid gaan die tak op 28 en 29 Julie in Port Elizabeth by die VLV se Nasionale Kongres verteenwoordig. Tydens die byeenkoms is daar gekuier en gesels, maar ook insiggewende gesprekke

rondom alzheimers, terrariums en outisme gevoer. Emmie Malan het “vroetel-voorskote” gewys wat lede kan maak om die lzheimerpasiënte in Silwerkruin te help. Hierdie voorskote (daar is ook kombersies en kussings) het verskeie items, bv. ritssluiters, Velcro-bande, satyn en fluweelstroke voorop vasgewerk wat die pasiënt se hande kan besig hou en sodoende stimuleer. June Smith en Emmie het ook gedemonstreer hoe ‘n mens ‘n terrarium kan maak. Vervolgens het die gasspreker, Suzanne Gilliland, die lede en gaste toegespreek oor die invloed wat ‘n kind wat op die outisme-spektrum is, in ‘n gesin kan hê. As ouer van so ‘n kind het sy insiggewende raad rondom die kwessie gegee en die diagnose, ervaring en sekere uitkomste belig en verduidelik. In ‘n tyd waar woorde soos “organies”, slow living en “outentiek” nuwe tendense verwoord en handwerk soos hekel en brei weer in die mode is, is die VLV beslis aan die voorpunt - dít is presies wat hulle bevorder, koester en bewaar. Die Wellington-tak beplan ‘n baie spesiale Sirkeldag op 15 September. By hierdie geleentheid sal die bekende Petro van den Heever ‘n eenvrou-vertoning lewer, waarna daar heerlik saam gekuier sal word. Kaartjies hiervoor is R80 elk. Vir meer inligting oor die bedrywighede van die VLV of om kaartjies vir die Sirkeldag te bekom, skakel Karen Barnard by 082 448 0690 of besoek die VLV se webblad by vlv.co.za.


NUUS • NEWS

27 Julie 2016

courant

dié

4

Ou bekende se nuwe baadjie

Die Old Tannery is 'n baken van Wellington. 'n Bekende gesig wat nou al baie jare se verweer toon. Leeggedra, vergete, eenkant en alleen... dis hoe sy nou daar staan. Soveel gesien, soveel ervaar, soveel om te vertel. Dis nou as bakstene, pleister en sement kon praat. Vandag gebeur dit so maklik dat 'n ontwikkelaar 'n dorp binnekom en dan bou en breek na hartelus. Sonder om te dink aan die geskiedenis van geboue en die estetiese waarde daarvan. Dit is juis hierom 'n riem onder die hart om te sien dat die ontwikkelaars van hierdie ou dame wel dit in gedagte hou en respekteer. Die atmosfeer en "gevoel" wat met sulke ou geboue gepaardgaan, is onbeskryflik en iets wat nie weer gemaak of gebou kan word nie. Dit is net. Woensdag is ook 'n belangrike dag op die kalender, aangesien ons dan ons kruisies gaan trek. Doen jou plig en gaan maak jou merk. As jy dit nie doen nie, mag jy nie na die tyd kla oor die uitslae nie... So, gou spring... laat jou stem tel!

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is... Paulus skryf aan die Filippense dat hy breek met sy verlede. Ons gedagtes kan ons lewe verryk of verwoes. Paulus het die gemeente van die Here Jesus vervolg en selfs die moord op Stefanus goedgekeur. Hy het briewe by die hoëpriester gekry om volgelinge van Jesus in Damaskus te vervolg en geboeid na Jesrusalem te bring. Hy was oortuig dat hy vir God ywer. Oppad na Damaskus het ‘n skerplig uit die hemel hom omstraal en ‘n stem het met hom gespreek: Saul, Saul waarom vervolg jy My? Hy het gevra: Wie is U, Here? En Jesus het hom geantwoord, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nadat Saulus (dit is Paulus) met die Here ‘n ontmoeting gehad het, het hy vir die Here Jesus ‘n getuie geword. As hy wil aanbeweeg moet hy fokus op wat voorlê. Daarom die woorde; ek vergeet wat agter is en strek my uit na wat voor is om die hoë roeping in Christus te verkry. Paulus sê wel dat hy dit nog nie verkry het nie, hy jaag daarna, maar hy weet dat hy ook deur Christus Jesus gegryp is. Hy wil Jesus beter leer ken, en die krag van Sy opstanding. Ons moet ook as gelowiges in Christus fokus op wat voorlê, die hemelse dinge. Ons gedagtes moet vernuwe word sodat ons lewe kan verander en ons die doel uitleef waarvoor ons geskep is.

Alpaca:

Lede van die Fyngoud Dienssentrum het ‘n baie genotvolle besoek by Alpaca Loom te Klein Landskroon afgelê.

Head to the country for slow food and wine Time to head out to the country and enjoy the simple pleasures in life at the Robertson Wine Valley Slow food & wine festival. Experience the charm of country life in an intimate setting characterised by each farm’s unique personal touch. One can sample honest, old-fashioned and rural hospitality, while enjoying time-honoured activities, interact with wine-makers and winefarmers in an informal ambience, getting to

know them and their respective families. Indulge in traditional cuisine, using local ingredients, learning more about wine in masterclasses and various food and wine pairings. Relish the slow food and wine that will satiate your senses and revel in the relaxed pace that will rejuvenate your soul. There will be a Family Market on Sunday 7 August. 10:00 – 14:00 offering wine tasting, fresh produce, local treats, live music and family activities.

Talent: Stephan Lombaard, ‘n graad

11-leerling van Hugenote Hoërskool, het gedurende die Junie-vakansie deelgeneem aan die “Talent America”-kompetisie in New York, Amerika. Hy het briljant presteer deur ‘n 3de plek in die Broadway-afdeling, ‘n 2de plek in die Pop-afdeling en ‘n 1ste plek in die Country-afdeling.

Proe en smul aan olywe in kursus met maestro SA Olive en die internasionale olyfolie maestro, Dr Antonio G Lauro, bied binnekort ‘n drie-dae lange tegniese proekursus aan vir professionele persone en liefhebbers van olyfolie. Die kursus vind van 10-12 Augustus plaas by Klein Parys Wingerde in die Paarl. Dr Lauro is ‘n olyfolie konsultant, joernalis en proepaneel leier. Hy evalueer sedert 1995 die gehalte van olyfolies en is die afgelope 13 jaar ‘n paneelleier geakkrediteer deur die International Olive Oil Council (IOC). Die kursus-inhoud dek in-diepte en interaktiewe proesessies, sensoriese evalueringstegnieke, puntetoekenning, fisiese en chemiese eienskappe van olyfolies, positiewe kenmerke en algemene defekte. Aan die einde van die kursus, sal deelnemers sertifikate ontvang ter stawing van hul bywoning en status as ekstra suiwer olyfolie proërs. Diegene wat die kursus suksesvol voltooi, het

die geleentheid om deel te word van SA Olive se proepaneel vir die Commitment to Compliance (CTC) skema. Die kursus kortliks Datum: 10-12 Augustus 2016 Tyd: 09:00-17:00 Plek: Klein Parys Wingerde, Jan van Riebeeckrylaan 8, Paarl Koste: R4 500 per persoon (insl BTW) vir die 3 dae; R2 250 per persoon vir twee of meer persone. Verversings, middagtes en notas is ingesluit. Verblyf is uitgesluit. ‘n Opknappingskursus vir meer ervare olyfolie proërs word op 15 Augustus aangebied. Die kursusfooi is R1 500 per persoon (insl BTW). Registrasie vir beide kursusse sluit op 3 Augustus 2016. Kontak Cathy Cairns by tel 021 870 2900, epos cathy@hortgro.co.za vir meer inligting en registrasievorms of besoek die SA Olive webtuiste by www.saolive.co.za

Horse riding:

Skye Austin has successfully achieved the SANESA Boland team for 2016. She will be representing Boland at our Regional Finals on 6 to 9 August 2016 at Stellenbosch District Riding Club. This competition will be attended by the SWD, WP and Boland Teams. From this championship, the SANESA Western Cape team will be chosen, who will travel to Pretoria in October to compete at SANESA’s National Championships.

Wen naweek na Country Show! 'n Naweekpakket vir 'n gesin na dié courant se Country Show en skaapkopete by Bushmans Cave op Clanwilliam is op die spel. Om hiervoor in aanmerking te kom, moet jy die volgende doen: Sms jou naam en van en tuisdorp saam met die antwoord op die

onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 1 Augustus om 15:00.

Vraag:

Noem een van die sangers wat by dié vertoning sal optree.


NUUS • NEWS

5

27 Julie 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

R

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Breasts Bone in 3s Per kg

29

90

PnP Bulk Kameelhout Boerewors Per kg

PnP Uncooked Bulk Stewing Beef Bone in Per kg

56

R

58

46

SAVE PnP NO NAMETM Fresh Chicken Thighs and Drumsticks Per kg

39

90

PnP Pork Pack Consists of Leg Roast, Chops and Rashers Per kg

8 Pack

Stork Country Spread 50% Fat Spread 1kg Tub

NutriDay Smooth Medium Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg

R

R

Fair Cape Eco Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

21 90

WAS 19.99 NOW 14.50

38

SAVE R24

BUY 2 FOR

R

54

Humpty Dumpty Large Eggs 30s

38 90

5kg

Ace Super or Quick Cook Maize Meal 5kg Each SAVE R12

Albany Superior Brown Bread 700g

10 95

PnP White Sugar 2.5kg

28

38

90

90

Get Carling Black Label Double Cans 24 x 330ml or Points Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case

R

Coca-Cola Regular 2 Litre

Jungle Oats 1kg

WAS 28.49 NOW 21.90

BUY 2 FOR Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

35 90

177 90

WAS 54.99 NOW 42.90

179

24

Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

SAVE R30

R

Equates to 39.95 for 2kg

R

118

Richelieu Brandy 750ml

R

265

Jameson Irish Whiskey 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each

38 90

PRICES VALID 28 - 31 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

WAS 87.99 NOW 59.90 Skip Intelligent Washing Powder 3kg or Liquid Detergent 900ml Each

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Get to your local Pick n Pay Saturday 30 July from 8am and swop your Super Animals cards with other collectors. See in store for more details.

MMWCHS88


NUUS • NEWS

6

27 Julie 2016

Louw Diggers: Van klein begin tot reuse-sukses

Nuwe dekade begin met nuwe perseel

Daar is drie belangrike aspekte van 'n suksesvolle onderneming. 1. Baie genade. 2. Die ondersteuning van jou kliënte. 3. Jou span lojale en getroue werknemers.

- Tobie Louw

Louw Diggers op Malmesbury se masjinerie besig om uitgrawings te doen en die rommel weg te ry.

Eienaar Tobie Louw begin vroeg soggens met sy beplanning vir die dag wat voorlê. Tien jaar gelede het Tobie Louw 'n stukkende 1992 Case 580K-slootgrawer gekoop. Nie om te gebruik nie, maar om te herstel en weer te verkoop. Die uiteinde hiervan was 'n groeiende onderneming wat so uitgebrei het dat dit 'n nuwe perseel moes kry. Louw het destyds in Engeland vir 'n busmaatskappy gewerk. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy begin om tweedehandse motors en masjinerie te koop, te herstel en weer vir 'n wins te verkoop. Só het dit gekom dat hy die 1992 Case 580K-slootgrawer bekom. "Ek het seker ses maande aan hom gewerk. Mense het my gereeld gevra om vir hulle klein werkies te doen. Iets te skuif of hier en daar 'n gat te grawe. Ek het dit vriendelik van die hand gewys, want ek kon dit nie doen nie. "Ek het nie geweet hoe nie. Ek wou die Case-Digger net regmaak," sê hy. Toe dié uiteindelik herstel is, het hy op 'n dag 'n boomstomp vir iemand verwyder en 'n paar uitgrawings

gedoen. Van hier het die aanvraag net onplof en moes hy bontstaan om hierin te voorsien. "Dit was heel per toeval dat hierdie besigheid begin het. Dit het gegroei en ek het vinnig besef dat ek nie met net een masjien kon voortgaan nie. Ek het toe 'n klein vragmotor aangekoop om die grond ook mee weg te ry. Ek het op my eie gewerk, maar ek moes later 'n drywer, oom Thys Hitge aanstel en hy is steeds werksaam hier. Die onderneming het steeds aanhou groei," vertel hy. Louw Diggers het begin om sand en klip ook te voorsien en om rommel weg te ry. Op sy lessenaar staan 'n klein miniatuur model slootgrawertjie. Die groter weergawes hiervan is agter die nuwe stoor op die N7-pjojek te sien. Vandag het Louw Diggers agt van hierdie slootgrawers wat strek van 8 tot 36 ton waarmee hulle massauitgrawings doen. vervolg op bladsy 8


NUUS • NEWS 27 Julie 2016

7


NUUS • NEWS

8

Louw Diggers: Van klein begin tot reuse-sukses

Hulle beskik ook oor padskrapers, watertrokke, padrollers, digger-loaders en verskeie groottes tip-vrag-motors. Baie vinnig moes hy weer uitbrei en lae-bed-sleepwaens aankoop om van die swaar masjiene te skuif. Vir homself en vir kliënte. "Die besigheid het stelselmatig gegroei soos die vraag verander het. Dit is belangrik om deel te wees van 'n projek tot die end. Soos met enige ander besigheid, is die bestuur opgedeel in verskillende afdelings naamlik admin, algemeen, onderhoud en werkswinkel waarvan Alta Geldenhuys, Julius Prins, Cobus de Goede en Moos Snel in beheer is. "Jy kan nie in vandag se tyd net die gate grawe of die rommel wegry nie. Jy moet die hele pakket kan bied," sê Louw. "Soms werk iets, soms nie. Daarom het ons gediversifiseer, juis sodat ons iets van alles kan bied," vertel hy. Hy het so aangepas by die aanvraag, dat hy nou ook slopingswerk doen en die gebou van KaapAgri in Bokomoweg op Malmesbury is hul nuutste projek. "Ons werk met nuwe tegnologie. Die bakke van ons masjiene kan afgehaal en gewissel word om te voorsien in die verskillende take wat hulle moet verrig," verduidelik Louw. Een van die toevoegings breek stukke beton stukkie vir stukkie af. Volgens Louw is dit baie veiliger en kan hierdie bourommel dan ook weer herwin word en op ander maniere aangewend word.

27 Julie 2016

Louw Diggers is nou betrokke by die bouwerk van die N7 en sal hulle die ou konstruksiewerke afbreek, soos die pad vorder. Volgens Louw is dit nie altyd maanskyn en rose in die bedryf nie. "Daar is baie kompetisie, maar dit is goed. Gesonde kompetisie hou jou op jou tone," vertel hy. Sowat 70% van hulle werk is landbougedrewe en het hulle ook die effek van die droogte op die landbou gevoel. "Die reën wat nou val maak dit vir ons moeilik om te werk, maar dit is weer vir die totale prentjie baie nodig. Sodra dit in die landbou beter gaan, gaan dit met ons ook beter," verduidelik hy. "Ek het nie 'n presiese sakeplan nie, maar ons probeer gesonde besigheidsbeginsels na streef. "Ons groei na gelang van die aanvraag. My mense werk tans in Vredendal, Saldanha, Saron, Porterville en Darling en is almal vroeg soggens al op die pad. "Dit sal lekker wees om uit te brei in die Wes-Kaap, maar dit sal logistieke beplanning kos." Louw glo die sukses van Louw Diggers is veelvuldig en hy put baie van sy krag uit die ondersteuning van sy vrou, Andia, en seun Alto. "Daar is drie belangrike aspekte van 'n suksesvolle onderneming. Baie genade, die ondersteuning van jou kliënte en jou span lojale en getroue werknemers," sê hy.


NUUS • NEWS

9

27 Julie 2016

Bo: Louw Diggers is nou betrokke by die opgradering van die N7 en sal ook die afbreekwerk van baie van die ou konstruksie behartig. Links is hulle in Bokomoweg op Malmesbury op perseel van die KaapAgri-gebou wat onlangs gesloop is. By Louw Diggers glo eienaar Tobie Louw daarin om ordentlike toerusting te gebruik. "Saterdae is ons dae vir onderhoud. Dan word al die masjinerie deursoek van hoek tot kant en doen ons alle onderhoud nodig," sê hy. Hy is ook 'n eienaar wat daarvan hou om self by die opleiding van sy werknemers betrokke te raak. "As ek 'n operateur op 'n masjien plaas, sal ekself hom leer. Dit help nie jy wil vir iemand iets gee om te doen, as jy dit nie self kan doen nie," sê hy. "Keep on top of it all," lag hy. Die regte bemarking is ook deel van sy suksesverhaal en hy vertel van die nuwe advertensieborde wat hy wil laat aanbring langs die besigheid. Soggens douvoordag is sy beplanning tyd.

"Soms is ek al 04:00 op kantoor. "Dan is dit stil en die telefone lui nie. Dan kan ek al my beplanning doen, sonder dat iets anders my aandag nodig het," sê hy. In die splinternuwe stoor van Louw Diggers is dit vroegoggend al 'n gewoel en gewerskaf. Personeel is besig om 'n plaat van een van die slootgrawers te herstel. Ander is besig om die vloere te vee. Die telefoon lui. Verskillende sandhope buite dui op die enorme vragte wat hier geskuif word. Die masjiene is blink en skoon. Hierdie onderneming wat van "per toeval" die lig gesien het, is een wat in die toekoms nog hoë hoogtes gaan bereik, want dit is duidelik dat dit wat hier gedoen word, met passie aangepak en voltooi word.


NUUS • NEWS

10

Ballet: Roxi Keyser en Izelle Stemmet,

Cecchetti Balletleerders van Bianca’s School of Dance, het die trofee by die Paarl Vallei Ballet Eisteddfod verower vir die beste 11 – 12 jaar Triodans, nl. Jolly Christmas.

27 Julie 2016

Gimnastiek:

Anje Grobbelaar, ‘n leerder van Hugenote Laerskool, het Saterdag 16 Julie aan die Giants Gymnastics Inter-Club kompetisie deelgeneem. Sy het 2de gekom in die Class 2 afdeling vir dogters onder 11 jaar.

Swem:

Jana Lützeler van Hugenote Laerskool het van 15 tot 17 Julie aan die WP-Kortbad Kampioenskappe deelgeneem. Sy het aan 4 items deelgeneem en ‘n brons medalje in die 100m Borsslag vir dogters onder 11 jaar gewen.

Jukskei:

Hugenote Hoërskool se Jukskei-span het by die Nasionale SkoleKampioenskap in Durban saam met 8 ander provinsies deelgeneem,. Goue medaljes is gewen deur die Trips-span (Ruan Palvie, Ivan von Wielligh, Franco Louw), Brons medaljes deur die dubbels-span (Iwan Stroebel en Wayvin-Lee Alexander) en die skool as geheel se span verower die algehele tweede plek.

Kanovaart: Bartho Visser, ‘n graad

9-leerder van Hugenote Hoërskool het op 2 Julie in ‘n 31km K1 wedvaart vanaf Wellington na Hermon eindig Bartho Visser 1ste in die o.16 afdeling en tweede algeheel in junior (o.18) afdeling. Vanaf 13-16 Julie het hy aan die Bergrivier Kanomarathon deelgeneem in ‘n aflosspan bestaande uit drie o.16 roeiers wat daagliks meer as 20 km geroei het. Hul eindig algeheel 49ste.

Voortrekkers:

Ursula Voigt, ‘n leerder van Hugenote Hoërskool, het die Presidentverkenner-toekenning verwerf in die Julie skoolvakansie.


NUUS • NEWS

11

27 Julie 2016

Geklassifiseerd • Classifieds GELUKWENSING CONGRATULATIONS

Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 30 Julie - Peter Mitchell en Luna Paige - R120. Vertoning begin om 20h00. Vir besprekings kontak JeanneMari Gerber by 073 435 1022 / teater@ breytenbachsentrum.co.za 11 Aug - Launch of Emily Hobhouse 13 Augustus - Mallies le Roux en die Besigheidsmanne 24 Augustus - Helena Hettema - R130 29 Oktober - Marc Lottering Solo Studios Art Weekend 29 - 31 July - Group exhibitions in the Riebeek Valley - Tickets for the weekend will cost R225 (includes access to studios and exhibitions, an opening cocktail party and a Saturday afternoon party) Further details from Klaus Piprek on 074 209 6838 / klaus@solostudios.co.za Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za. Slow Food & Fine Festival 5 - 7 Aug at Robertson Wine Valley Contact : Mira Weiner at info@hotoven.co.za

Christelike Lektuurfonds Bied aan : Jy is 'n Vrou met Vinette Ebrahim, Lizz Meiring, Sarah Theron en Heinz Winckler. Op 8 Aug om skemeraand by die Grande Roche Hotel se Amfi-arena. Kom vier vrouwees in Bolandse styl. Kontak : charmaine@clf.co.za

Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars o.a. Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse koor van die universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw & Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 / gwenhoney@telkomsa.net Darling Wild Flower Show 16 - 18 Sep - Darling Gholf Klub - Darling Gholf Klub, Jacaranda Street - Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www. parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@ parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts lightclassical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

DU-MARIE BEUKES Baie geluk met jou 11de verjaarsdag my kind. Hoop jy gaan ‘n wonderlike dag hê en alles wat mooi is vir jou in die toekoms. Liefde mhaw!! Van : Mammie, Dadda en Heinwill #2604 ----------------------------Baie geluk my kleinkind. Dus ‘n voorreg om jou in ouma se lewe te hê. Bly die dogtertjie wat jy is. Ouma is baie liefies vir jou. Lots of love – Ouma Griekie en gesin #2605 ----------------------------RAAI WIE WORD 21!! Geluk met jou mondigwording op die 29ste Julie 2016. Mag jy 'n geseënde dag he met jou familie en vriende. Liefde van jou ma, suster en broers

GESOEK WANTED AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2dehandse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant

Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005/50

TE HUUR TO LET Malmesbury : Klein huis met 3 slaapkamers. R7000/ mnd vanaf 1 Augustus 2016. Skakel : 021 971 1665 saans #2602 ----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/39

TE KOOP FOR SALE Skaaphondjies te koop. R600,00 elk, 6 reuntjies en 2 tefies, ongeregistreer, onmiddellik beskikbaar, Malmesbury , 0834147010 #2603 ------------------------TITUS EIENDOMME Wesbank : R685 000. Ruim 3 slp met sitkamer, eetkamer, kombuis, tv-kamer, badkamer. Onderdak braai area met "splash" swembad. Motorhuis, plavlei met mure om. Goeie area. Kontak 082 780 1380


courant

NUUS • NEWS

27 Julie 2016

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

Early surprise for Sanlam MTB Invitational entrants An exciting initiative will benefit early entries in the Sanlam MTB Invitational with a state-of-theart backpack from presenting sponsors Scicon up for grabs. The early bird incentive for the race, which will take place at Rhebokskloof near Paarl on November 19 and 20, will apply to those who enter before July 29. Race director Darren Herbst, from ASG Events, said riders who beat the deadline would receive a Scicon Solargenome Hydracharge backpack. He said the ergonomic hydration pack was equipped with the latest generation solar panel and other winning features to recharge yourself and your devices. The backpack, he said, was constructed of lightweight materials and had a functional design that made it the ideal companion for any outdoor activities. Herbst said the early bird giveaway model had a seven-litre capacity and provided extra room for food and had integrated pockets for bike and outdoor essentials. Cyclists wanting to enter the Sanlam MTB Invitational, which is co-presented by the City of Drakenstein, can also benefit from Scicon’s involvement in the event in terms of secure cycling transportation. A leading global brand, the Italian-based company promote and facilitate safe and stressfree travel by offering a range of exclusive offers to participants.

Herbst said they were looking forward to another exciting test for the cyclists and were already in the process of planning the route. “I’m heading to the Western Cape next week and while we must still identify the exact way we are going to go, we are confident we will be able to provide something all the riders will enjoy.” The event is open to all members of the public, while Herbst said there would again be an emphasis on making it a family-oriented weekend to promote Sanlam’s family culture. “Riders can enter as father and son, mother and son, father and daughter or mother and daughter combinations,” said Herbst. “But the event is open to all members of the public as well.” “We have received entries of 1 000-plus in the last two years and we are confident we will get another big field.” He said the family aspect would extend to the accommodation. “While Paarl has many options for cyclists, we have designed a tented package for the Saturday evening that will make for an ideal family camping opportunity at the race village.” Keeping the focus on providing an incentive for the younger set, there will be a number of prizes in the siblings’ category, sponsored by Sanlam and ASG. These include Rudy Project eyewear and helmets, High 5 supplement hampers and Scicon backpacks. For more info, or to enter, visit www. sanlammtbinvitational.co.za.

A qualifier for the Two Oceans, the PPC Riebeeck Bergmarathon remains a popular date on our local athletics calendar. With just a month to go before the event, Proteas all-rounder JP Duminy has just signed up for the 10km race and has started his training in earnest. International cricketer JP Duminy is the latest local celebrity to sign up for the 31st PPC Riebeeck Bergmarathon. Duminy has committed to going all out on the day when he takes to the field to run the 10km. He will be joined by a team of beneficiary runners from his NPC, the JP21 Project – who will be selected when the learners return from the school holidays. Duminy’s name has been added to a list that also includes former Springbok captain and coach Morné Du Plessis, and Runners’ World editor Lisa Nevitt.

“Maintaining your fitness throughout the year is really important for all cricketers. Finding something to work towards when your next match is a couple of months away can be challenging though – which is the case for many of our young beneficiaries. Preparing for the race has given us a great focus point for when they return to school, with this being the first long distance ‘professional’ event most have been exposed to,” says Duminy. With entries closing at the end of the month, Duminy recommends that those who haven’t registered yet do so: “If you haven’t put in the time you need to sign-up for the 42.2km or the 21.1km half-marathon, why not enter the 10km or 5km instead? You’ll still be able to train throughout this month and get a great race in on the day!”

27 Julie 2016

• OORWINNING VAN 32-20

Hillcrest tap Ceres se sap leeg

Bo: Hillcrest het met Ceres afgereken en met 32-20 geklop. Foto: Heinrich Roberts Links: ‘n Speler van Ceres word vasgevat deur Geoffrey Allies, flank van Hillcrest. Foto: Roswall de Vries

Protea takes on PPC's 31st Bergmarathon

Ceres se rugbyspan het Hillcrest se tuisgrond betree met ‘n nuwe span met baie ster-spelers, maar kon nie die pyp rook op ‘n nat Pelikaan Park nie. Dit was Hillcrest wat die knoop deurgehaak het en die wedstryd met 32-20 gewen het. Die span van Ceres het die tuisspan ontkant betrap en binne drie minute het die besoekende span agter die doellyn gaan kuier vir die eerste drie van die wedstryd. Maar die tuisspan het gou teruggeslaan met twee drieë deur die senter-paar Lesley Gertse en Hugh Reece Claasen. Ceres se agterlyn was die eerste helfte van die wedstryd baie gevaarlik, en het by die tye Hillcrest se verdediging laat bont staan. Baie krediet gaan aan die tuisspan se

R

voorspelers vir goeie samespel en daarom kon die gevaarlike agterlyn ‘n baie goeie aanvallende spel oplewer. Hul gevaar-vleuels Dylan Maart en Emilio Coetzee het talle maal hul opponente laat bont staan. Hillcrest het reeds in die eerste helfte vier van hul ses drieë aangeteken om ‘n bonuspunt te verseker. Hillcrest se drieë is gedruk deur, Emile Booysen (2), Lesley Gertse, Hugh-Reece Claasen, Dylan Maart en Dane Kruger. Hillcrest pak Saterdag die span van DeliciousCeres in ‘n wegwedstryd. Die bus vertrek 10:30 vanaf Mannies. Vir meer besonderhede kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail. com.

BUY 2 FOR

95

R

Wellington VO Brandy 750ml

Windhoek Lager Cans or Nonreturnable Bottles 24 x 330ml

R

189

FRGTHS1103

PRICES VALID 28 - 31 JULY 2016

150

R

E&J Brandy 750ml

89

Olof Bergh Brandy 750ml

BUY ANY 3 FOR

Brutal Fruit Assorted NRB 6 x 275ml

R

149

AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks Best Customer 2013 are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. Loyalty Programme 2014 No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. three years in a row 2015

R

108

3 Ships Select 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

R

129

Captain Morgan Spiced Gold 750ml


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant well 27 jul 2016 380 by DieCourant - Issuu