courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 393
26 Oktober 2016
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
tel: 022 487 3221
•KOMEDIANT PRIKKEL LAGSPIERE
‘Skerp’ Schalk laat skare skaterlag •Jaomi Zeeman Die komediant en skerpskertser Schalk Bezuidenhout, het Wellington behoorlik laat skaterlag met sy onlangse besoek aan dié dorp. Hy het sy vertoning, “Lewendig”, by die Breytenbach-sentrum se stampvol Bôrdienhuis-teater opgevoer. As aanbieder van die “Die Kliek” op VIA, sy rol as Danny Beyers in die kykNET-reeks, “Hotel”, en onlangs ook as aanbieder van die satiriese “Jou Nuusminuut” op dieselfde kanaal, is Schalk deesdae ‘n bekende op die kassie. Hy is ook al met die KKNK se Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar in 2015 en die 2015 Comics Choice Award vir Best Intermediate Comedian beloon. Hy het selfs al optredes saam met Trevor Noah gedoen. Schalk, wat deur die televisieprogram Bravo as “Man van die jaar” beskryf is en as die nuwe goue seun van Afrikaanse komedie beskou word, het ‘n baie besige skedule en Wellingtonners was bevoorreg dat hy hier ‘n draai kon kom maak het. Hierdie vreemde mannetjie met sy helderkleurige truie, dun snorretjie en wilde bos hare vertel dat hy ‘n “hectic” jaar beleef het. “Ek was seremoniemeester by die Tempotoekennings, die ATKV-veertjies en die Pendoring-toekennings. "Tussendeur is daar verskriklik baie 'shows' en verskynings en die televisiewerk neem ook nogal baie tyd in beslag. Ek is lekker besig,” sê hy. Hy het pas twee suksesvolle vertonings in die Baxter-teater in Kaapstad agter die rug en tree in November in Johannesburg met sy nuwe vertoning “Jozi” op. Hy het ook in Augustus sy eerste Afrikaanse DVD by die Atterbury-teater opgeneem en hy gaan binnekort sy tasse pak om by die bekende West End-Teater in Londen op te tree. Die beskrywing “Lewendig” is in der waarheid ‘n onderbeklemtoning van hierdie talentvolle 24-jarige se energie, fyn waarnemingsvermoë en insig in die Afrikaner se identiteit. Met sy vertoning hou ‘n spieël op vir die absurditeite van ons nasie en laat hy die gehoor skaterlag, terwyl hy elke denkbare heilige koei bietjie vir bietjie afslag.
Bo: Sandra en Herman Blackie saam met Schalk Bezuidenhout.
“Humor diskrimineer nie” Soos vele ander suksesvolle Suid-Afrikaanse komediante voor hom, kry hy dit reg om elke klip op te lig en elke blikkie wurms uit te gooi sonder om sy gehoor te vervreem of kwaad te maak. Volgens hom kan komediante soms met moord wegkom en dinge kwytraak wat die gewone man op straat in die hof sal laat beland. “Niemand word gespaar in komedie nie. "Dit is juis ons komediante se werk om nie te diskrimineer nie – humor diskrimineer nie. Niemand is verhewe bo humor nie,” sê hy. Die vertoning was deurspek met ‘n gekskeerdery oor volkshelde, gewilde sepies, radioprogramme, bekende karakters, politici, gewilde instellings en natuurlik verkeerde whatsappgroepies.
Schalk se vlymskerp kwinkslae en impromptu interaksie met die gehoor het die vertoning uiters vermaaklik gemaak. Hy het selfs vir een van sy sketse ‘n handvol lede uit die gehoor saam met hom op die verhoog gehad en as “karakters” ingespan. Sy kleurvolle uitrustings is ook deel van sy mondering as komediant. Wanneer hy gepols word oor waar hy aan al sy interessante, eksentrieke uitrustings kom, is sy antwoord eenvoudig: “Charity shops. Jy sal nie glo wat ‘n mens partykeer daar raakloop nie.” Die Bôrdienghuis se heerlike pizzas en die plaaslike wyne was oudergewoonte goeie pasmaats vir ‘n skreeusnaakse, genotvolle aand.
NUUS • NEWS
26 Oktober 2016
NUUS • NEWS
2
Pretorius inspireer met boek oor sy lewe Links: Demore Pretorius teken sy boeke vir ondersteuners en kinders.
26 Oktober 2016
• 'CUTESTE' VERWELKOMING
Nataniël hartlik verwelkom
Onder: Demore Pretorius by van die kinders wat die bekendstelling bygewoon en boeke ontvang het.
Die onlangse bekendstelling van die Wellingtonner Demore Pretorius se nuwe boek, “Believe you can do it”, was ‘n reuse-sukses. Die Stadsaal was stampvol en onder die gerekende eregaste was o.a. die bekende lewensafrigter van Port Elizabeth, Michael Hendricks, motiveringspreker Errol van Schalkwyk en advokaat Willie Small. Verteenwoordigers van die WKOD en Kaapse Wynland Distrik was ook onder die eregaste. Talle kinders uit verskeie skole binne die Drakenstein-omgewing was ook by die bekendstellingsgeleentheid.
Hierdie kinders se vervoer en eetgoed is deur die Kaapse Wynland Distrik geborg in ‘n aksie om aan hulle blootstelling te gee, maar ook ter motivering tot ‘n beter toekoms. Demore het aan 200 van hierdie kinders, as ‘n blyk van aanmoediging en motivering tot hoër hoogtes, van sy boeke oorhandig. “Met hierdie skenking wil ek regtig die boodskap van my boek by die kinders tuisbring. Ek wil hê hulle moet wéét hulle het ‘n doel in die lewe. ‘n Mens kan bo enigiets uitstyg en by jou drome uitkom as jy daarin glo en hard werk. Dit is die boodskap van my boek,” sê hy.
Nataniël het op Donderdag 20 Oktober voor ‘n groot gehoor in Hugenote Laerskool se saal opgetree. Hierdie optrede was ‘n fondsinsamelingsinisiatief van die Kinderland Kleuterskool. Nataniël se uiters vermaaklike verwelkoming deur drie van Kinderland se kinders was in sy eie woorde “die cuteste verwelkoming in die geskiedenis”. Nataniël het, getrou aan sy karakter, met uitspattige uitrustings, interessante stories en
sy uitnemende sang die gehoor in vervoering gehad. Die mense het aan sy lippe gehang terwyl hy die een storie na die ander vertel en met sy aweregse detail ingekleur het. Sy obsessie met liggies en selfoonskerms in die gehoor het natuurlik vir ekstra vermaak gesorg. Agterna kon gehoorlede skouers skuur met hierdie Suid-Afrikaanse ikoon en ook van die produkte uit sy “Kaalkop”-reeks en getekende boeke koop.
Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!
NUUS • NEWS
3
26 Oktober 2016
•TEMA: EBONY, IVORY & TEA
Top-kunswerke nou te sien
Links: Anne-Ghrett Erasmus, Kirby van der Merwe, Kerneels Breytenbach en Cloete Breytenbach tydens die opening van die uitstalling. Bo: Kirby van der Merwe by een van sy kunswerke. •Jaomi Zeeman ‘n Kunsuitstalling deur ‘n handvol gerekende kunstenaars het op Saterdag 22 Oktober by die Breytenbach Sentrum se Kunsgalery geopen. Hierdie uitstalling, genaamd “Ebony, Ivory & Tea”, bestaan uit kunswerke deur Cloete Breytenbach, Clementina van der Walt, Gerrie van Tonder en Kirby van der Merwe. Buiten ‘n foto van Cloete Breytenbach waarop ‘n klavier verskyn, was daar egter geen sprake van klawers of tee by hierdie geleentheid nie. Die uiteenlopende kunstenaars wie se werke van die uitstalling deel vorm, het kragte saamgespan om ‘n uitstalling van kunswerke in verskillende mediums, met verskillende kleure en karakters, maar met ‘n gemene deurlopende draad wat hul aan die tema verbind, te skep. Volgens Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, is die naam van die uitstalling deur ‘n gelyknamige kongres wat haar man, Ampie Coetzee, bygewoon het, geïnspireer. “Ebony, Ivory & Tea het na ‘n lekker tema vir die uitstalling geklink. "Dit val nie net lekker op die oor nie, maar verwoord ook die tema wat die swart en wit, die
lig en donker en die kolonialistiese aspekte en invloede om ons belig,” sê sy. Cloete, ‘n bekroonde fotograaf wat onlangs ‘n boek oor Distrik Ses gepubliseer het, se bydraes tot die uitstalling behels ‘n versameling van sy swart en wit foto’s met hier en daar ‘n paar kleurfoto’s. Hierdie foto’s, wat elkeen ‘n unieke storie het, sluit nie net by die tema aan deurdat dit die swart en wit daarvan verbeeld nie, maar lewer ook sterk kommentaar op die kolonialistiese invloede op ons geskiedenis en hede. Clementina se keramiekware is eweneens ‘n fisiese manifestering van die kleure in die tema, maar ook tasbare konsepsualisering van die onmisbare kolonialistiese gebruiksitems in ons alledaagse bestaan. Hierdie konsep word ook verder deur die kunswerke van Gerrie van Tonder belig en beklemtoon. Gerrie is ‘n kontemporêre impressionis wat in olie werk. Sy werk het ‘n atmosferiese gevoel en amper minimalistiese beskrywingseienskappe en die reaksie daarop word slim deur sy geniale gebruik van lig bewerkstellig. Sy tipies kolonialistiese “teetyd-treffer”-stillewes sluit uitstekend by die tema aan.
Kirby van der Merwe, bekende skrywer, kunstenaar en joernalis, se intelligente bydrae tot hierdie uitstalling is merkwaardig. Sy tweedimensionele uitbeelding van perde in swart en wit word vergesel van ‘n lewensgetroue houtbeeld van ‘n perd met ‘n saal, oftewel “Blinkvosperd” – almal gelade beelde wat die hele tema van die uitstalling omvat. Die uitstalling is deur die bekende skrywer, joernalis en redakteur, Kerneels Breytenbach, geopen. In sy openinstoespraak, wat byna as ‘n credo van die huidige klimaat in ons land beskryf kan word, het hy na kolonialisering én dekoloninialisering verwys. Dit was as’t ware ‘n bestekopname van alles sedert die analise van kolonialisme, met sterk filosofiese uitsprake oor die invloed daarvan op ons huidige omstandighede. Volgens Anne-Ghrett sal hierdie tema tydens ‘n gespreksgeleentheid op 5 November hervat word. Die uitstalling van “Ebony, Ivory & tea” by die Breytenbach Sentrum se Galery duur tot 23 November en is oop vir die publiek. Vir navrae kontak Anne-Ghrett Erasmus by 021-864 2988, 083 415 0002 of galery@breytenbachsentrum.co.za.
Wen kaartjies na Kevin Leo Kevin Leo tree Maandag in Stellenbosch by die Drostdy-teater op en 'n gelukkige lesers gaan 'n dubbelkaartjie na dié vertoning wen. Kevin Leo is bekend as een van ons land se mees geliefde sangers en sy loopbaan strek oor bykans 22 jaar. Nie net het hy vir homself naam gemaak as sanger nie, maar hy hou ook gereeld sy lyf akteur in beide film en televisie. Mees onlangs was Kevin te sien as Boeps du Pisani in die gewilde Getroud met rugby. Buiten dit is hy ook een van SA se bekende sjefs en sy Singing Chef optredes raak by die dag meer gewild. Tydens sy jare in die weermag is hy gekies deur nasionale oudisies as een van die vier sangers van die gewilde David Gospel ensemble groep wat regoor die land getoer het met bykans 120 optredes per jaar. Hy het ook al verskeie TV rolle vertolk in die land se grootste sepies en films soos 7de Laan en die treffer-film Liefling waar hy in die rol van Lucci, die Italiaanse bakker die land se harte gewen het.
Wen: Om in aanmerking te kom vir die dubbelkaar-
tjie, moet jy jou naam en van, tuisdorp en die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor môre 12:00 stuur. Vraag: Oor hoeveel jaar strek Kevin Leo se musiekloopbaan? Die wenner sal teen Vrydagoggend 09:00 telefonies in kennis gestel word.
NUUS • NEWS
courant
26 Oktober 2016
dié
4
'n Giggel per dag sit 'n huppel in jou stap
'n Giggel per dag kan altyd 'n huppel in jou stap sit. Ons as Suid-Afrikaners is lief daarvoor om te lag. Ons maak grappies van soveel dinge, soms op die verkeerdste tye. Kyk maar net hoe vinnig dink ons grappies uit as ons rugbyspanne verloor, of as daar 'n groot fout in die parlement kom. Ons is skreeusnaaks as ons die dag wil wees, maar soms kan ons tog ook so suur wees. Dit is juis dalk die rede vir iemand soos Schalk Bezuidenhout se sukses. Hy prikkel die lagspiere op so 'n manier dat jy mooi moet dink wat daar nou eintlik vir jou gesê word. En as jy te hard lag, dan dink jy weer ander dink dit het van toepassing op jou. Soms lag jy vir jouself omdat jy so laf is! Dit is nou 'n goeie plek om te wees. Een waar jy vir jouself kan lag. Dit moet seker 'n fantastiese manier wees om jou bestaan te voer, deur mense te laat lag. Selfs die lag van ander laat jou lag. Sommige mense het manier van skaterlag wat aansteeklik is. Ander kere snak jy weer na jou asem. Lag 'n slag. Die lewe is ernstig genoeg. Die uwe het weer 'n gewoonte om te lag as ek stres of in moeilike situasies is... Nou nie juis die beste van tye nie... Lag. Dis lekker en goed vir jou gesondheid!
Koorfees bekoor seniors
Bo: Die Bella Vista-koor in aksie. Regs: Al die koorleiers byeen. Die 35ste jaarlikse koorfees vir Seniors is op Woensdag 19 Oktober in WellingtonOos se Kerkgebou gehou. Die plaaslike seniorkoor, die Herfsvreugde-koor onder leiding van Hetta Cloete, het as gasheer vir hierdie geleentheid opgetree. Volgens Cloete, wat ook die geleentheid oorhoofs georganiseer het, is hierdie koorfees ‘n hoogtepunt op die kalender van talle senior persone. “Die mense sien elke jaar vreeslik uit na hierdie geleentheid. Seniorkore vanoor die hele streek neem jaarliks aan hierdie fees deel,” sê sy. Daar het hierdie jaar altesaam sewe kore opgetree. Onder hulle was kore van
Robertson, Brackenfell, Bellville, die Paarl en Yzerfontein. Die bekende operasangeres en gerekende beoordelaar Adri Louw het die kore beoordeel en kommentaar oor die koorsang gelewer. Volgens Cloete was die reëlings rondom die Koorfees ‘n spanpoging. “Kyk, almal moet maar inspring en help. Daar is altyd ‘n hele klomp staatsmakers wat regstaan en bontstaan om van hierdie fees ‘n sukses te maak. Die mense wat help met die versierings en blomme tot die tegniese persone, die seremoniemeester en almal wat behulpsaam is met die verversings en tee vorm deel van die span wat van hierdie jaarlikse gebeurtenis so ‘n groot sukses
It’s Good News
maak,” sê sy. Die kore se repetoires het met ‘n verskeidenheid liedere en genres verras. Gewyde liedere, Afrikaanse gunstelinge, klassieke werke uit musiekblyspele en selfs ‘n Elvis Presley-medley het in die kerk opgeklink. Die vertonings is afgewissel met saamsing-items deur die gehoor. Dit was voorwaar ‘n fees waar grys hare, swak sig, gehoorapparate, looprame en rolstoele geen rol gespeel het in die sukses of vreugde van die okkasie nie. Elke koor het met ‘n lied in hul hart bewys dat musiek die grense van ouderdom laat wegval en mense saambind.
Hugo Rust laat tonge klap
Dr Marc Blackwell Snr
Your will be done, or... Prayer “should be the most humble expression of submission to the will of the Father in heaven, but too often “it appears to be an attempt to impose our will upon the Almighty.” It is as though we give God our plan and ask Him to place His stamp of approval upon it. We ALL TOO OFTEN focus too much upon our problems and greed for how we wish things were instead of upon praise and glory to God. Our prayer should be “that we may not displease God in any thing we do, nor be displeased at any thing God does.” When His providence or provision or care for us does not line up with our prayers, we can become guilty of the sin of discontentment. This hinders our fellowship with Him as well as our service for Him. Love for God, trust in God and obedience to God bring the peace of God that all things are working together for good - something that affirms are hope in Christ but something that also recognizes that our heavenly Father can and will mold us into the image of Christ. As we pray for His will to be done in our lives - then, at this point we can gladly resign ourselves as bond servants to doing all for His glory and the eternal good of others. Like the prayers of our Saviour, Jesus Christ, we should be found sincerely praying, “Your will be done!” We should be considering the question of how our own desire for God’s glory is above all else. We declare our confidence in God and through humble prayer we find our submission to, His divine providence for today, for times ahead and for eternity.
Kerke:
Die Crystal Gates Outreach Ministries, Wellington, het onlangs hul pastore en apostels geordineer. Hier is agter pastoor Chris Andrews, C Andrews, pastoor Nico Mettler. Mettler het die ordinering hanteer. Voor is pastoor Sammie Jooste, pastoor Merencia Jooste en apostel Zayne Coetzee. Die kerk bestaan reeds twee jaar en is geleë in Bergrivierweg 32, Van Wyksvlei.
Hugo Rust Laerskool op Wellington se jaarlikse Kultuuraand het ‘n “nuwe baadjie aangetrek” en die naam, asook die formaat van die program, het verander. Die leerders se talent is met trots en groot opwinding ten toon gestel by die eerste, amptelike JONGTONG-fees. Tydens dié program het die talentvolle leerders, wat aan die afgelope Paarl Vallei Eisteddfod deelgeneem het, die geleentheid gekry om hul spogwerk aan ouers, mede-leerders en deelnemers te wys. Die tonge het behoorlik geklap en die kreatiwiteit en talent wat tydens elke optrede na vore gekom het, het ‘n stroopsoet smaak in kultuurvrate se monde gelaat.
NUUS • NEWS
5
26 Oktober 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
WEEKEND SAVINGS PnP Pies (Excluding Burger Pies)
BUY ANY 2 FOR
R
PnP Bulk Oukraal Wors
R
BUY 2 FOR
FREE
29
54
Per kg
76
+
R
Dairymaid Country Fresh Ice Cream Assorted 1.5/1.8 Litre
R
R
Buy any 2 Ristorante Pizzas Assorted for R89 and Get 1 Coca-Cola Regular 2 Litre for FREE
SAVE R15
BUY ANY 2 FOR
Rainbow Frozen Chicken 4 Drums + 4 Thighs 1,5kg
75
89
SAVE R9
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each
R
8
BUY 2 FOR
45
GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND
Sunshine D Lite 50% Fat Spread 1kg Tub
R
Parmalat Vanilla Flavoured Custard Assorted 1 Litre
BUY ANY 2 R FOR
49
36
90
Saldanha Pilchards in Tomato or Chilli Sauce 400g Each
Nescafé Ricoffy 750g Tin
R
R
13
50
Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg
Plus earn
BONUS STIKEEZ EZ
WAS R26.99
when you buy selected products
R
FREE APP
18
90
69
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
90
R
35
90
PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES
184
SAVE R30
Castle Lite Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case
10kg
PnP Super Maize Meal 10kg
R
79
90
Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
R
179
90
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
R
44
90
Get Double Points
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 27 - 30 OCTOBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMGTHS1610
R
NUUS • NEWS
6
26 Oktober 2016
Wellington speel gasheer vir VLV-intertak
Hugenote spog met sy Kansvatters: Hugenote Laerskool se leer-
der het deelgeneem aan die eerste Kansvatter!-sprekerskompetisie en die volgende prestasies behaal: Ané Visser (Graad 3 verkry goud en behaal ‘n tweede plek), Erik van der Merwe (Graad 2 verkry goud), Annabelle Neethling (Graad 2, kategorie-wenner), Mialé Bindeman (Graad 2 verkry goud). Middel: Beate van Niekerk (Graad 4 verkry goud en behaal ‘n tweede plek), Wander van Zyl (Graad 5 verkry silwer), Helendé Kemp (Graad 5, kategorie-wenner), Marilu Zeemand (Graad 3, kategorie-wenner), Hazel Marias (Graad 4, kategorie-wenner). Bo: P.G. Vosloo (Graad 6, verkry silwer), Mija Zeeman (Graad 6 verkry goud), René Ehlers (Graad 7 verkry goud) Roosje Grobbelaar (Graad 6, verkry goud en behaal ‘n tweede plek), Jacobus Smit (Graad 6 verkry goud en behaal ‘n tweede plek). Promosie
Tot jou redding
Ons kan dit maar erken, maar ons almal is soms loskop en verlê ons sleutels. Hetsy jou huis- of motorsleutels. Dan word alles omgedop, omgekeer en oral gesoek, want dit moet mos maar hier iewers wees. Ongelukkig is dit nie altyd die geval nie en versteek ons hierdie belangrike items so goed, dan ons dit self nie kan opspoor nie. Dis dan wanneer jy jou kan steun op die personeel van CN AutoTronics. As jy ontevrede is oor agentskappe wat jou ten duurste laat betaal vir 'n nuwe sleutel, kan hierdie vriendelike span jou help. Hulle programmeer sleutels, verskaf spaarsleutels, help jou met jou immobiliseerder se probleme, doen verstellings aan jou petrolverbruik en vele meer. Moenie vrees nie, CN AutoTronics is naby om jou te help. Besoek hlle by Blignautstraat 1, B6 Blignautpark in Wellington, of kontak hulle by 021 564 6654.
Wellington se VLV-tak het op Donderdag 20 Oktober gasvrou gespeel vir die hele VLV-sirkel se dames tydens ‘n Intertak-byeenkoms. VLV-lede van die Paarl Aandtak, Suider-Paarl, Slot van die Paarl, Klein Drakenstein, Stellenbosch, Malmesbury en Riebeek-Kasteel het saam met die Wellingtonners vergader. Die saal was oudergewoonte ‘n lushof wat in keurige versierings getooi is en die dames kon heerlik saamkuier. ‘n Kunswerk deur die plaaslike kunstenaar, Dalene Buckle, is saam met ander items uitgeloot en die vars produte, flesse vol ingemaakte produkte en handwerk op die marktafel het vir heerlike inkopies gesorg. Hester Pretorius van Durbanville, ‘n kenner in die tokrien-kuns, het ‘n demonstrasie gelewer. Een van die opdragte vir items wat deur VLVlede gemaak kan word, plaas juis die fokus op tokrien-kuns. Volgens Hester, wat oorspronklik van Gauteng
is, is tokrien-kuns ‘n taamlike nuutjie in die Kaap. “Hierdie kunsvorm is baie gewild in Gauteng en daar is letterlik duisende mense wat dit beoefen. Mense in die Kaap het baie vrae wanneer hulle die eerste keer van tokrien hoor, maar dit is besig om vinnig gewild te word hier ook,” sê sy. “Tokrien is basies ‘n spesiale soort verhardingsmiddel en verf waarmee jy driedimensionele items in kunswerke kan gebruik. "Dit verhard en preserveer die items en maak dit ook waterdig, so jy kan hierdie kunswerke selfs buite hang of in jou tuin gebruik,” vertel sy. Hester het ook ‘n demonstrasie van hoe ‘n mens reukballe maak, gedoen. Agterna is pryse, wat ruimhartig deur die plaaslike Pick ‘n Pay geskenk is, vir veskeie items wat deur die takke by die geleentheid vir beoordeling voorgelê is, toegeken. Die dames kon, in ware VLV-tradisie, ook gesellig rondom ‘n koppie tee en heerlike eetgoed saamkuier.
NUUS • NEWS
7
26 Oktober 2016
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wykskomitee Vergadering 27 Oktober: Wyk nr 2 (Kerkstraat, Berg-en-Dal, Ranzadale) hou hul wykskomitee vergadering om 19:00 by die Wellington Stadsaal. Kontak vir Nopinky Spogter by 021 807 4773 indien u vervoer verlang na die vergadering. Huis Andrew Murray 28 Oktober: Kom geniet saam met Huis Andrew Murray 'n Gholfdag te Wellington Gholfklub. Navrae by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za Bordienghuis 28 Oktober: Kom gee jou oor aan die Blues saam met Gerald Clark. Navrae en bespreking by 083 415 0002 /galery@breytenbachsentrum.co.za Bordienghuis 29 Oktober: Marc Lottering tree op in sy vertoning Hastag Lottering om 20:00. Geen kinders. Kostes beloop R120 p/p. Navrae en bespreking by 083 415 0002 /galery@breytenbachsentrum.co.za Abbeyfield Vereninging 3 November: Die Abbeyfield Vereniging hou hul Algemene Jaarvergadering om 10:30 by Milnertstraat 2 A (regoor Wellington-verkeersdepartement). Vir enige navrae, kontak mev H Fredericks by 074 706 8386 Crystall Gate Outreach Ministries 4-6 November: Come and enjoy the Faith to move mountains Tent Crusade. Friday and Saturday at 19:00 and Sunday at 17:30 in Leon Street, Wellington with the Prophetess Elena Groenewald
Sarah Theron
11 November: Sarah Theron is te sien in Storm in 'n D-cup. Vind plaas by Die Herberg, Jacobsbaai. Vertoning begin 18:30 vir 19:00. Kostes beloop R250 per persoon wat 'n 3-gang maaltyd insluit. Kaartjies beskikbaar by Sanet 083 633 6262 Die Ontelbare 48 10-12 & 17-19 November: Kom sien die ontelbare 48 met Wessel Pretorius by die Drostdy Teater. Vir meer inligting skakel 087 943 2459 of stuur 'n epos aan: info@drostdyteater.co.za AKTV - Wellington 12 November: Die AKTV bied 'n treinrit na Kalkbaai an. Kostes beloop R75 per persoon (kinders is welkom, maar al die sitplekke kos R75). Kaartjies is beskikbaar by Wellington Museum 021 873 4710 of Rone Sills by 062 053 3114 Rendezvous Werfmark 25 November: Kom loer in by die WellingtonWes-mark vanaf 9:00 tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker Kersinkope, speelgoed en nog meer. Huis Andrew Murray 25 November: Wees deel van die Huis Andrew Murray se Kersfees skoenboks-projek. Navrae by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za Bridge House Mile 12 January 2017 at Val de Vie Estate Contact : Martine Bauer 083 263 6997 / Martine. mediavine@gmail.com or Michelle Tricky T 071 869 0628 / michelle@trickyt.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington.
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens - Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021
873 1561.
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677. Wellington Christen Familie Kerkstraat 54. Sondagoggende om 09:00 Navrae : 082 876 7353
Geklassifiseerd • Smalls GELUKWENSING CONGRATS 70 Jaar op 30 Oktober 2016 - MARY LAWRENCE (NOëL) Dank aan ons Hemelse Vader vir 70 jaar wat Hy Mammie uitgespaar het en ons hoop vir nog vele meer. Liefde van kinders, kleinkinders en agterkleinkind Noah #2978 ----------------------------------Ouma se groot pop. Op 29 Oktober 2016 dan is jy 'n groot twee. Baie geluk met jou verjaardag JACQUELINE. Ons is baie lief vir jou. Van: Ouma Lokkie, Tannies, Carmen, Valencia en Pa #2979 ----------------------------------DEVAN SINCLAIR SOLOMONS Gebore: 27.10.1995 Kyk wie word 21 (The Big). Baie geluk met jou mondigwording. Mag die sleutel van onafhanklikheid die deur na jou drome oopsluit. Wens jou alles van die beste toe en bly die persoon wat jy is. Al God se seëninge oor jou. Van: Jou Ma, Ouma, Anties en Oom #2980 ---------------------------------Baie geluk met jou mondigwording. God se rykste sëëninge op jou pad vorentoe. Stel God eerste in jou lewe en al die ander dinge sal bygevoeg word. Geniet jou dag!! Liefde - Jou Pa Ivan, Wilmarie, Kino, Waylan & Landyn #2981 ----------------------------------Raai wie word maar net drie maande?....CALEB BRADLEY LATEGAN Baie lief vir jou. Van jou Nanna Admer, boeta Aduwaan en Shaskia #2982 ----------------------------------YTCROP... Gelukkige 21ste verjaarsdag. Van: Vangers #2983 ----------------------------------Raai wie verjaar ??? RICARDO SKIPPERS Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare uitspaar alles wat mooi is vir jou, en dat daar net goeie dinge op jou pad sal kom. Baie liefde - Jou meisie, Admer #2984 ----------------------------------Geluk grootseun. Mommy en Daddy is baie lief vir jou. Jy is 'n "blessing" #2985 ---------------------------------Baie geluk JOWANDRÉ. Oupa en Ouma se eerste kleinseun met jou groot Een. Jy verskaf ons baie vreugde. Lief vir jou. Evelyn, Johannes & Juanique #2986 ---------------------------------Geluk Jowandré. Lekker verjaar. Van: Uncle Boet, Tietie Rolene, Aduwaan & Shaskia #2987 ---------------------------------Geluk Jowandré, ons is almal lief vir jou. Van: Uncle Juan, tannie Stacey, Ocktavia, uncle Garth, tannie Bonny en Valantay #2988
Raai wie het 21 geword op 24 Oktober, EMILE CLEOPAS. Baie geluk met jou mondigwording. God se rykste sëëninge op jou pad vorentoe. Hoop dat jy altyd so lieflike seun sal wees vir ons. Baie lief vir jou. Van: Ouma & Adam #2989 ---------------------------------Geluk met jou mondigwording. Mag jy al die geluk ontvang wat jou hart kan hanteer.Al die glimlagte wat 'n dag kan bring en al die sëëninge wat 'n leeftyd kan gee. Lekker verjaar. Van jou tannies: Chantal, Candice, jou niggie Shannon- Lee en neef Coledon #2990 ---------------------------------My seun baie geluk met jou mondigwording en alles wat mooi is vir jou met die pad vorentoe en dat daar net goeie dinge op jou pad sal kom. Dankie vir alles wat jy vir my beteken ek waardeer alles. Jy is elke dag dieselfde seun en altyd 'n glimlag op jou gesig. Lief vir jou. Van Mammie, Wilhelm en jou broers Chriswill ,Liam & Elrick #2991 ---------------------------------Geluk met jou mondigwording. Bly die lieflike seun wat jy is. God se rykste sëëninge. Jy moet lekker verjaar en geniet jou dag. Van: Issie, Micaela & Amy #2992 ---------------------------------SOPHIA FREDERIKS Baie geluk met jou 70ste verjaarsdag op die 25ste Oktober 2016. Ons bid dat God jou ryklik sal sëën en nog baie sal spaar. Van: Man, twee dogters en Familie #2993 ---------------------------------Veels geluk met jou verjaarsdag op 22 Oktober 2016. Vrede, vreugde, geluk, wysheid, liefde en rykdom wens ons jou toe. Baie dankie vir wat jy vir ons beteken. God se rykste seën. Liefde altyd!!!! Miranda, Anthea, Sean-Lee, Kay-Lee, Franwin en Mia #2994 ---------------------------------Baie geluk my liefste vriendin (KEHESHA MALICA JOHANNES) wat haar 17de verjaardag vier op 31 Oktober. Met baie liefde van jou vriendin Zenobia #2995 --------------------------------Happy birthday JORDAN, Daddy is baie lief vir jou. Jy moet lekker verjaar. Van: Pappa Lee #2996 ---------------------------------Happy Birthday, Ouma se kind en Oupa se reusie. Jy moet lekker verjaar. Ons is baie lief vir jou JORDAN. Ons is dankbaar dat ons Hemelse Vader vir jou vir ons gegee het. Van: Ouma, Oupa, Atta, Sheena, Shameez en
Geklassifiseerd • Smalls Shareez #2997 --------------------------------Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag. Geniet jou verjaardag. Liefde - Yvenia, uncle Ben, Azharia, Beunay en Benite #2998
Geluk my man met jou verjaarsdag Saterdag (29 Oktober). God se rykste sëën oor jou. Mooi dag, Van: Wilma, Dimitré, Wilmari en Sarah-Lee #2999 -----------------------------------MAURIEECIA BRIGETA MACRHELLE VAN DER SPECK Geluk my engel met jou sewende verjaarsdag. Jy bring vreugde in ons lewe. Ons is baie lief vir jou. Van: Ma, Pa en twee Oumas. #3000 ---------------------------------Geluk Maureecia met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Ons is baie lief vir jou Burnette familie. McQuire familie, Dyason familie en van der Speck familie #3001 ----------------------------------Happy Birthday Reesa (Maureecia). We love you and enjoy your day. From Burnett family. #3002 ---------------------------------GUESS WHO'S TURNING 36 YEARS OLD ON THE 28th OCTOBER My Godmother - JOSLIN McQUIRE. Happy Birthday Tannie. May God bless and keep you for many more years. I love you so, so much. You mean so much to me. Love - Maureecia van der Speck #3003 ---------------------------------Happy Birthday Tannie (Joslin). Thank you for being a great aunty. We love you and we treasure the great things you do for us. From AJ and Jay-Lee #3004 ----------------------------------Joslin, baie geluk met jou verjaarsdag op 28 Oktober. Mag daar nog baie mooi dae vir jou wees en goeie gesondheid. Van Peetma Caroline #3005 -----------------------------------A blessing you are to us. You bring so much joy and craziness. Love you SHANIEPOO. Happy Birthday on you're special day the 28th of October. Many hugs and kisses. Momy, Daddy, Tariq, Ouma, Anestra and children #3006 --------------------------------Raai wie verjaar 28 Oktober 2016 (REGINALD JUNIOR) Reggie Baie geluk met jou Tweede verjaarsdag Mag God jou ryklik seën, jy moet lekker verjaar Van: Ma Lize, Nanna, Riesa, Luhan en Eton -----------------------------------
SHANELL MULLER Baie geluk sussie met jou verjaarsdag op 29 Oktober 2016. Mag God jou sëën. Jy raak vinnig groot, maar bly steeds ons "baby". Van: Mamma, Pappa en boeta Corburn #3009
courant
dié
8
NUUS • NEWS
26 Oktober 2016
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
26 Oktober 2016
Uitslae en Gebeure Results and Events WELLINGTON GHOLF 1ste Rondte van MANS KLUB-KAMPIOENSKAPPE - was geborg deur FERDI VAN DER MERWE. Die tweede en derde rondte word hierdie naweek (29 Oktober) gespeel. Voorlopers na 1ste rondte: Theo Joubert 72, Ferdi van der Merwe 74; Cobus Groenewald 74; Hilton Solomon 75
Jukskei:
Die volgende leerlinge van Hugenote Laerskool is gekies om die Kaapse Wynland te verteenwoordig by die SA-juniorkampioenskappe in Kroonstad van 4 tot 10 Desember. Hulle is agter Vince Lee Louw, Thinus Bredenkamp (kaptein), Anuscha van der Merwe en Elzaan Bredenkamp. Regs is die Ontwikkelingspan wat bestaan uit Eben Bredenkamp, Hugo Visser, Christiaan Truter, Pieter – Ben Truter, Mia Laubscher, Lené Nel en JT Watts.
•WILLIAMS IS BESTE SPORTMAN
Newtons spog met bekerwenners In 'n volgepakte Wellington-stadsaal het die Newton-rugbyklub sy spelers vereer vir hul prestasies tydens die 2016 seisoen. Met spesiale gas Alshaun Bock is die gaste getrakteer met 'n indrukwekkende toespraak van die voormalige Newton (Bombela)-held en tans Griekwa-vleuel. Hy het spelers daarop gewys hoe belangrik dit is om gedissiplineerd en gefokus hulle sport moet beoefen. Die volgende was die groot wenners van die
aand: Beste Voorspeler derde span - Gary Williams; Beste Agterspeler - Brewen Swarts; Beste Voorspeler tweedespan - Charlton Minnaar; Beste Agterspeler - Mason Petersen; Beste Voorspeler Eerstespan - Granton Marinus en Beste Agterspeler - Randall April. Die Speler van die Jaar is John Jantjies. Die Sportman van die Jaar is Erwin Williams. Die klub bied op 29 Oktober 2016 sy sewes’s aan en talle top-klubs in Boland en WP is genooi. Toegang is R10 volwassenes en R5 kinders.
Sewes: Dylan Maart (22) boorling van Wellington het die afgelope naweek Boland sewes verteenwoordig in Nelspruit by die Inter-provinsiale sewestoernooi. Hierdie toernooi word jaarliks aangebied deur SARU. Dylan speel die afgelope vier jaar vir Hillcrest United in Wellington en is bekend in die Boland vir sy vinnige sy stappe en spoed. Boland het die beker-finaal gewen.
skool het saam met ander atlete van dié skool op Malmesbury by die Hoërskool Swartland se uitnodigings atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hier is hy in aksie in die 3000m vir o.19-atlete.
Jameson Irish Whisky 750ml
Strongbow Apple Cider Non-returnable Bottles Assorted 6 x 330ml Per Pack
R
54
PRICES VALID 27 - 30 OCTOBER 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, SABLE SQUARE, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays in George or Mossel Bay. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark, Hoedspruit, Stanger, North Beach and Sharon Park. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
GROOTUITDAAG KAMPIOENE 2016: HAWSTON RUGBYKLUB HAWSTON : 32 (17) SALDANHA : 27 (10) Hawston Puntemakers: Drieë: Chad Kleinsmidt (2), Cameron Plaatjies, Neil Coetzee, Marvin Benjamin Doelskoppe: Bradley Brown, Roland Swartz Strafskoppe: Roland Swartz Saldanha Puntemakers: Drieë: Weslie Adams, Winston Albrecht, Daniel Temm- Doelskoppe: Charlton Vraagom (3) - Strafskoppe: Charlton Vraagom (2) VOET VAN AFRIKA RACES 42 km Clint Williams - 3:11:27; Jacobus Visagie (50+ Masters) - 3:40:47; Owen Smit - 4:00:06; G Brink - 4:14:00; Hendrik Broodryk - 4:20:44; Kurt Conradie 5:10:14
Regs: Ulrich Coetzee Hugenote Hoër-
BUY 2 FOR
KLUBKRIEKET Boland - Premier liga Wellington t Vredenburg/Saldanha. Vredenburg/Saldanha 157/7 in 29 bbe. (Siphamandla Dapo 46, Tommie Kannemeyer 41, Darren Papier 2/40. Wellington 108 (Siphamandla Dapo 3/14, Marshall Menas 3/31, Quinton Kannemeyer 2/21) Vredenburg/Saldanha wen met 49 lopies
R
Olof Bergh Brandy 750ml
269
R
Count Puskin Vodka 750ml
95
R
89
Gordon’s London Dry Gin 750ml
R
180
Darling Cellars Blanc de Blanc 750ml
R
75
FRGTHS2801
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Alvis Drift Chenin Blanc, Sauvignon or Chardonnay 750ml Each
R
38