Skip to main content

Die courant wellington 25 mei 2016 371

Page 1

Wellington

courant

dié

1

Gratis • Free

25 Mei 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 371

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

• Van moeilike dae tot ... mnr sa?

Heinrich vind sy roeping

Ek het nie ‘n loopbaan nie, ek het ‘n roeping – onderwys. So sê Heinrich Gabler, Wellington se Mnr. Suid-Afrika 2016-finalis. Gabler (26) is ‘n oud-Hugenoter en is vandag ‘n lewensoriënteringonderwyser aan die Laerskool Van Riebeeckstrand Laerskool. “Ek is ongelooflik geseënd om elke dag met kinders te kan werk,” borrel hy oor van vreugde. “Die lekkerste deel van my daaglikse bestaan, is die geluk wat ek in my roeping vind. Onderwys is ‘n alleenpad – jy doen dit vir niemand anders behalwe die kinders met wie jy elke dag werk,” sê hy. Gabler se doelwit in die lewe is om jongmense, veral kinders, te inspireer en te bemagtig sodat hulle bo hul omstandighede kan uitstyg – want hy het. Maanskyn en rose was dit gewis nie altyd nie. Hy is in Somerset-Wes gebore, maar het albei sy ouers op ‘n baie jong ouderdom verloor. Hy het in Huis Andrew Murray (die kinderhuis op Wellington) grootgeword en sy naweke en vakansies by sy “aanneem-ma” spandeer. “Ek het by Dawn Jorgensen, vir wie ek werklik lief is, gaan kuier,” vertel Gabler. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hugenote Hoër voltooi en daarna hom op die onderwys toegespits. Met talle kompetisies agter die rug het hy ook al sy lyf model gehou. “Innerlike skoonheid is vir my baie belangrik,” vertel hy. “Ek glo ek het ‘n storie om met ander te deel. Ek het bo my omstandighede gestyg, ten spyte van my agtergrond. “Ek het aan ‘n skoonheidskompetisie deelgeneem waar die voormalige Mnr Suid-Afrika, Dieter Voigt, ‘n beoordelaar was. Hy het na die tyd na my toe gekom en gesê dat hy graag ‘n pad met my wil stap. “Hy was en is werklik ‘n rolmodel vir my. Hy het baie van sy lewenslesse met my gedeel. Hy het my gemotiveer om eendag in sy voetspore te wil volg. Ek wil graag die Mnr. Suid-Afrika-titel gebruik as ‘n platvorm om dieselfde vir ander te

kan doen en beteken,” sê Gabler. Hy vind ook baie ondersteuning en inspirasie by elf ander manspersoneel van die skool. “Ons het ‘n ongelooflike leier – Pappa D, oftewel Dennis Puchert, wat ons altyd op ons tone hou,” sê hy. Vir Heinrich is die beste deel van sy dag, die tyd wat hy op die sportveld spandeer vanaf 13:30 tot 17:30 wanneer hy sy o.8-, o.11- en o.13-rugbyspanne afrig. In die somer rig hy atletiek af. “Dit is juis dan wanneer ek kwaliteit-tyd met my leerders spandeer,” sê hy. Op die sportveld kry hy beslis oorgenoeg oefening om sy lyf in die beste toestand te hou. “Ek doen my opsitte en opstote saam met my leerders. Ek geniet dit om saam met die spelers te hardloop by die rugbyoefening. "Saans by die huis trek ek die gewigte bietjie nader,” sê hy. Tog is dit nie net blare en wortels vir sy gesonde lyf nie en trap hy soms bietjie buite die lyn. “Ek is swakheid vir boetiekbier. Deon Burger,

die boetiekbier-spesialis, het dit aan my voorgestel. Nou is dit een van my groot gunstelinge,” sê hy. Die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie trek nou by die top-50, waarvan hy nou een is. Elke maand kry die finaliste verskillende uitdagings om te voltooi. “My eerste uitdaging was om myself te bemark en ‘n borg te vind. ‘n Sakeman van Melkbosstrand, Eben de Jongh, was bereid om my te borg. Ná elke uitdaging word ons beoordeel en word dié punte gebruik om die top-25, asook die top-12 te kies wat dan aan die gala-aand gaan deelneem. "Natuurlik tel die publiek se stemme ook in jou guns,” verduidelik Gabler. Vir die modelman is nederigheid ‘n baie belangrike eienskap in alle mense, veral homself. Vir diegene wat dit oorweeg om dieselfde pad as Heinrich aan te durf, het hy ‘n bietjie raad: Weet waar jou geestelike krag vandaan kom en volg ‘n gebalanseerde dieet. Stem nou vir Heinrich Gabler deur MRSA036 na 47439 te SMS.

NUUS • NEWS

25 Mei 2016


NUUS • NEWS

2

25 Mei 2016

Ma's en dogters kuier saam by Hugo Rust

Die Laerskool Hugo Rust op Wellington het vanjaar hul ma-en-dogteraand en vroue-aand gekombineer en die spreker was Leandie du Randt (Binnelanders se Ivanka Gouws). Irene-Louise van Wyk was die gaskunstenaar. Du Randt se tema was Gemaklik in jou eie lyf – Wees die beste jy. Dit is ook die titel van haar boek. By die geleentheid Donderdagaand was agter Barbara Cornelissen, Le-Rie du Preez, Mari Jonker, Karen Basson en Me- Ook by die ma-en-dogteraand was agter Petro Smit, Morgan Kearly, Janneke Stander, Nikki Botha, Jeanmari lissa van Wyk. Voor sit Trudy Janse van Rensburg, Candy-Lee Pansegrauw, Roux, Jana Laubscher, Anneli Joubert en Emma Eksteen. Voor sit Lijané Botha, Maderi Vlok, Anel Truter, Marion Veldtman en Ronel Saayman. Mige du Plessis en Nadia Swanepoel. Foto's: Adele Joubert

Bôrdienghuis begin met reeks storie-aande

Die eerste van ‘n beplande reeks storie-aande word môreaand, 26 Mei, in die Bôrdienghuis Teaterkafee, op Wellington gehou. Bestuurder Theo Kemp sê die idee is “om trots te voel op ons dorp en op dit wat uniek is

aan Wellington. “Ons beplan ’n reeks storie-aande, in samewerking met die Wellington Museum en skop af met stories oor stokkiesdraai – wat sinoniem is met Wellington. “Maak jou reg vir lekkerlag-staaltjies, nostal-

gie en stories uit die wingerde wat mens nie aldag hoor nie. “Kom luister en gesels saam met Rita Andreas en Neil Büchner, wat ook saam met ’n groep plaaswerkers musiek sal maak, asook ander storievertellers uit die kontrei.”

Kaartjies vir die storie-aand om 20:00 is R40 en kan bespreek word by Jeanne-Mari Gerber (073 435 1022) of teater@breytenbachsentrum. co.za. Daar is pizza’s en sop te koop vanaf 17:00. Bevestig met bespreking ook jou kos-voorkeur.

Local is lekker by VLV by Monte Video NG Moederkerk Die Wellington NG Moederkerk hou Saterdag 28 Mei van 09:00 af ‘n Local-is-Lekkerbasaar. Almal word uitgenooi om saam te kuier om heerlike ontbyt, koffie, pannekoek, basaarpoeding, koek, tert, beskuit, kleinkoekies te geniet met hope pret vir die kinders. ‘n Nuutjie by die basaar is die tierlantyntjietafel vol interessanthede en geskenk idees. Vir meer inligting skakel gerus die kerkkantoor by 021 873 1561.

Die Wellington VLV se maandbyeenkoms word môre-oggend by die Monte Video-gastehuis, weens die datum van die vergadering wat geskuif het. Dit is die tak se potpourri-vergadering en begin om 09:30. Na afloop van die sirkelkonferensie vroeër vanjaar is daar vier items van Wellington VLV wat deurgedring het om by die nasionale kongres op 28 en 29 Julie in Port Elizabeth mee te ding. Enigiemand met navrae kan Karen Barnard skakel by 082 448 0690.

Kontak ons by 022 487 3221 met jou nuuswenke of stuur ‘n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ons webtuiste by www.diecourant.co.za om weekliks jou koerant aanlyn te lees!


NUUS • NEWS

3

25 Mei 2016

• draaiboek speel af op wellington

Lowen mik na silwerskerm Sy is alombekend vir blomme. Meer spesifiek die gerbera’s (Barberton daisy) van Lowensvlei, maar min mense weet dat Cilla Lowen eintlik ‘n skrywer is. Een wat pas die New York Socially Relevant Film-toekenning vir die beste draaiboek vir “A mothers legacy”. Hierdie draaiboek speel af in die strate en op die plase van Wellington. Sy is wel die gesig van Lowensvlei, want hier hanteer sy die reklame van haar man se onderneming. Lowen was destyds ‘n kommunikasie-lektor aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie. Weens haar loopbaan as lektor, was daar van haar verwag om gepubliseer te word en het sy haar ook hierop toegespits. Haar eerste gepubliseerde werk het in ‘n menslike hulpbronne-tydskrif verskyn. Dit het gehandel oor die invloed wat taal op die onderwys het. “Kinders word in die vroeë skooljare in hul moedertaal onderrig, maar na graad drie het die voertaal na meestal Afrikaans oorgeslaan. Dit het ‘n reuse-impak op die slaagsyfer en die aantal skoolverlaters gehad,” sê Lowen. Sy het nog altyd ‘n aanleg vir die aanleer van tale gehad en was op universiteit die enigste student van haar jaargroep wat Xhosa as ‘n eerstetaal studeer het. “Dit is makliker as om Afrikaans te leer, maar dit is nie soos fietsry nie. As jy nie gereelde oefening kry nie, verleer jy om die taal te praat,” verduidelik sy. Na haar jare as lektor het Lowen haar eie onderneming gestig, met groot maatskappye soos Transnet en Pick ‘n Pay as kliënte. Sy het onder andere die multimedia-voorstellings van Transnet se Pelopepa-trein hanteer en uitgedink. Hiervoor het sy ag video's geskryf en saamgestel. Die Hoërskool Swartland het ook al in haar werke geskitter en het sy van die skool gebruik gemaak in haar Vigs-dokumentêr “A new war in Africa”.

Hiervoor het sy die SA Televisie Goue-toekenning gewen en was dit ook ‘n Avante-finalis. Dit is ook intussen in ses verskillende tale vertaal. Sy het ook na Israel gereis vir haar kliënt, Pick n Pay. “Ek moes hier die storie vertel van hoe ‘n vrou dit ervaar om alleen deur Israel te reis. Dit is in hul ‘Consumer Watch’-tydskrif gebruik. Hier het ek geleer om vriende oor kultuurgrense heen te maak,” sê sy. Hierdie werke van haar is ook as verwysing gebruik in een van oudpresident Nelson Mandela se skrywes, Tales of Mandela. “Dit het my ongelooflik goed en trots laat voel,” vertel sy met ‘n breë glimlag. Haar reeks oor basiese gesondheid het ook ‘n silwer-toekenning ingepalm. Lowen is passievol oor mense en hul gesondheid en welstand. Dit is duidelik sigbaar uit die manier hoe sy haarself verdiep in die onderwerp. A Mothers Legacy is ‘n historiese drama. Dit handel oor die groot impak wat Fetale Alkohol Sindroom op nie net Suid-Afrika het nie, maar ook die hele wêreld. In die storie probeer ‘n vrou wat ‘n FAS-broer het, wat deur kriminele misbruik en uitgebuit word, haar familie en broer red. “Hierdie kinders ‘n teikens. Hulle het nie goeie geheue nie en word deur kriminele misbruik. Hulle sal nie eens onthou dat hulle misbruik is nie. Of hulle met ‘n R5 of ‘n R50 betaal word, maak nie ‘n verskil nie, want hulle kan nie

die waarde van die geld besef nie,” verduidelik Lowen. “Wat skokkend is, is dat FAS regoor die wêreld voorkom. Van Australië tot Amerika, maar daar word nie so maklik daaroor gepraat soos ander siektes nie. “Verder is Wellington en De Doorns die ‘hotspot’ van FAS,” sê Lowen. “Ek wil die gemeenskappe van al die lande opvoed oor hierdie sindroom. Mense moet kennis neem hiervan en besef hoe dit die wêreld af takel. Op Saldanha is daar ‘n skool waar 6% van die leerders Fetale Alkohol-sindroomlyers is. Waar gaan hierdie kinders eendag in die samelewing inpas as daar nie ingegryp en gehelp word nie?” Haar groot droom is om hierdie draaiboek op die silwerskerm te sien. Die verspreiders van Downton Abbey het reeds kontak met haar gemaak om by die projek betrokke te raak. Lowen raak maklik baie moeilike onderwerpe aan. Doen navorsing daaroor en laat die woorde uit haar skrywerspen vloei. Net so maklik kan sy oorslaan na ‘n komedie. Haar komedie Harry’s Harvest is ‘n mengsel van Boer soek ‘n Vrou en The Batchelor “gone horribly wrong” lag Lowen opgewek. Dit was ook ‘n semi-finalis vir ‘n kompetisie in Miami en het met net ‘n halwe punt nie die finaal gehaal nie. “Ek is mal oor komedies. Alles wat ek skryf het ‘n plaaslewe ondertoon. Dit is waar ek my bevind en dit is waaroor ek skryf,” sê sy. “God het my na die platteland van Malmesbury gestuur met ‘n rede. "Hier moes ek myself kom vind en met die aarde kennis maak,” sê sy.


NUUS • NEWS

25 Mei 2016

courant

dié

4

Moenie net altyd alles aanvaar nie

Dis so maklik om in 'n groef te verval. Om tevrede te wees met wat jy het. Hoe ouer jy word, hoe meer en hoe makliker aanvaar jy die hand wat vir jou gedeel is. Dit is egter nie in lood gegiet dat jy hierdie net moet aanvaar nie. Dat jy moet glimlag en waai soos daar van jou verwag word nie. Moenie tevrede wees met niks beter as die beste nie. Jy en jyself het beheer oor jou lewe en jou toekoms. Ja, dit is nie aldag maklik om bo jou omstandighede uit te styg nie, maar dit kan gedoen word. Daar waar 'n wil is, is daar 'n weg. Jy moet net die wil hê om die weg te gaan soek. Kyk nou net na Heinrich Gabler. Hierdie jongman het 'n voorwaar 'n blink toekoms wat op hom wag. Hy het nie in sak en as gaan sit oor hy 'n skewe klap van die lewe op 'n baie jong ouderdom gekry het nie. Hy het die beste gemaak van sy situasie en vandag wil hy terugploeg, sodat ander ook nie net tevrede moet wees met wat hulle kry nie. Gee terug van dit wat jy in die lewe geleer het. Moedig jouself en ander aan om te veg vir dit wat jy wil hê en bereik. Ja, daar is talle uitdagings op elkeen van ons se paaie, maar hoe vervelig sou die lewe sonder hulle gewees het? Doen jou ding en doen dit goed, want môre lê in die toekoms en gister is verby.

It’s Good News

Dr. Mark Blackwell Snr

Words from an old hymn “Could we with ink the ocean fill, And were the skies of parchment made, Were every stalk on earth a quill, And every man a scribe by trade, To write the love of God above, Would drain the ocean dry. Nor could the scroll contain the whole, Though stretched from sky to sky.” From: The Love of God by Frederick M. Lehman If the old Hymn writer’s imagination or unique thoughts somehow became YOUR FANTASTIC REALITY and if you had a “quill” or a mystical liquid “INKPIN” to use to write about the love of God like a “sky writing” air plane writing in the sky above … what would you want to say? ANOTHER QUESTION: How are you showing, sharing or assuring others that God loves them? What are you saying to them? What are you doing to show or to communicate God’s Great Love, to your family and friends? I John 4:7-12 “... He who does not love does not know God, for God is love. In this the love of God was manifested toward us, that God has sent His only begotten Son into the world, that we might live through Him. In this is love, not that we loved God, but that He loved us and sent His Son to be the propitiation for our sins. Beloved, if God so loved us, we also ought to love one another. No one has seen God at any time. If we love one another, God abides in us, and His love has been perfected in us.”

Sandra op verhoog met Oskar Sandra Prinsloo in haar eenvrouvertoning Oskar en die Pienk Tannie besoek Hugenote Laerskool aanstaande Saterdag. Dié tragies-komiese, maar roerende verhaal vertel die storie van die kankerlyertjie Oskar, en Ouma Rosa, wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse in sy laaste dae begelei. Tannie Rosa, voorheen ‘n stoeier en geklee in ‘n pienk

uniform, besoek Oskar in die kindersaal en ontdek sy briewe aan God. Oskar se briewe aan God is snaaks, vermaaklik, eerlik en sjarmant. Dis hartseer sonder om morbied te wees. Oskar en die Pienk Tannie is wêreldwyd gewild en reeds in altesaam 37 tale vertaal. Kaartjies vir die vertoning op 4 Junie om 10:00 vir 11:00 kos R120. Doen navrae by 021 873 1362.

Dramastudente vertel Miko se storie met poppe-teater Vyf afgestudeerde Stellenbosse dramastudente het kragte saamgesnoer om klein Miko se verhaal te vertel en bring dié poppeteater Saterdagoggend 28 Mei na die Bôrdinghuis op Wellington. Met ervaring en honneursgrade in onder andere poppeteater, kabaret en toneelspel tussen hul, doen Mandri Sutherland, Elisha Zeeman, Andrico Goosen, Lana Groenwald en Marelize Viljoen ‘n hedendaagse komiese drama wat perfek gepas is vir die Suid-Afrikaanse feestoneel. Uit ‘n stel en karikatuuragtige poppe wat uit bokse en plastiek bestaan, toor hulle ‘n wêreld op wat feesgangers, beide oud en jonk, se asems gaan wegslaan. Verbeel jou jy kyk na ‘n film soos 'Nightmare Before Christmas' in lewende lywe voor jou op die verhoog – dit

is die onwaarskynlike verhaal van Miko. Die kaartjies vir die vertoning om 11:00 is R50 en beskikbaar by teater@breytenbachsentrum.co.za.

Wellington Primêr slaan prys los met waterplakkate Met die water skaarstes en droogtes wat regoor die land hoofopskrifte gehaal het die afgelope somer, het ons as Suid-Afrikaners en as inwoners van Drakenstein ‘n groter bewussyn van die waarde van water ontwikkel. As deel van die jaarlikse Water Week-veldtog is al die skole van Drakenstein uitgenooi om aan ‘n plakkaatkompetisie deel te neem. Die deelnemende skole het tydens Water Week in Maart, hulle plakkate gemaak en ingeskryf vir die kompetisie. Die wenners is deur die Uitvoerende Burgemeester, Gesie van Deventer, aangekondig by ‘n geleentheid op 4 Mei 2016, by die Drakenstein Munisipaliteit Die plakkaat-kompetisie vorm deel van die Munisipaliteit se bewusmaking van water en waterbesparing, asook die nasionale Departement van Water en Sanitasie se bewusmakingsveldtog. Elke jaar word daar ‘n plakkaat-kompetisie gehou vir Graad R tot 3 en Graad 6 leerders regoor die land. Die wenners van elke munisipaliteit dring deur na die provinsiale kompetisie en van daar na die nasionale kompetisie. Die tema vir hierdie jaar se kompetisie was : “ Die was van hande en die verantwoordelike gebruik en versorging van sanitêre fasiliteite vir ‘n gesonde lewe”. Die doel van die tema was om leerders te leer hoe om water hulpbron-

ne te gebruik om algehele gesondheid te bevorder asook hoe om waterbronne te versorg om ‘n gesonde omgewing te bevorder. Die kinders het wonderlike kreatiwiteit aan die dag gelê en die kleurvolle plakkate het sterk boodskappe oorgedra van hoe belangrik water vir ons is. In die Graad 3 kategorie het die volgende skole plekke behaal: 1ste plek: La Rochelle Meisies Primêre Skool – R 4500 2de plek: Amstelhof Primêre Skool – R3500 3de plek: Pauw Gedenk Primêre Skool – R3000 In die Graad 6 kategorie het die volgende skole plekke behaal: 1ste plek: Amstelhof Primêre Skool – R4500 2de plek: Wellington Primêre Skool – R3500 3de plek: Laerskool Gimnasium - R3000 Die pryse word deur die Drakenstein Munisipaliteit geborg. Wellington Primêre Skool gaan hierdie jaar deur na die Provinsiale kompetisie omdat Amstelhof Primêre Skool die Nasionale kompetisie verlede jaar gewen het. Dit is bemoedigend om te sien dat ons jeug die erns en waarde van water besef. As volwassenes kan ons gerus by hulle leer. Water bly ‘n kosbare en skaars hulpbron en dit is ons almal se verantwoordelikheid om hierna om te sien.


NUUS • NEWS

5

25 Mei 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

BIRTHDAY PARTY Also at HYPERMARKETS

PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre

1095

WAS 21.49 NOW

19

50

Blue Ribbon Toaster White Bread 700g

Each

PnP NO NAME Frozen Chicken Braaipack 2kg

TM

39

90

3490

27

90

Kellogg’s All-Bran Flakes 750g

E R O T S N I R S L 22 A I C 37 E P S F O S D E R D N U H H WIT PnP White Sugar 2.5kg

BUY ANY 2 FOR

Humpty Dumpty Large Eggs 30s

Danone Yo-Jelly or NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 6 x100g

90

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

Nescafé Classic 200g Dawn Jar

AS SEEN ON TV

WAS 84.99 NOW

57

90

WAS 43.99 NOW

37

90 Sunlight 2in1 Hand Washing Powder Assorted 2kg or Laundry Liquid Assorted1.5 Litre

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s

WAS 54.99

WAS 47.99

18

28

90

90

Yum Yum Peanut Butter Assorted 400g Each

Sunlight Dishwashing Liquid 1.5 Litre

69

R

41

90

90

Per Pack

Each

Russian Bear Energy Fusion 750ml Gift Box Plus Hype Magazine FREE

PnP Bulk Half Lamb Pack Consists of Roast, Chops, Ribs and Stew Cuts

NOW

32 NOW

99

R

Castle Lite Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml Per Case

184

R

Get Double Points

Per kg

3890

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Come and enjoy Pick n Pay’s LOW-PRICE PARTY. PLUS stand a chance to WIN A FREE GIFT, just for being a Smart Shopper. Simply swipe your card on payment & check the bottom of your till slip. Valid 23 May – 3 July 2016 Terms and conditions apply. View www.picknpay.co.za E&OE

PRICES VALID 26 - 29 MAY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products on this page have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. 1504157_38 X 262


NUUS • NEWS

6

25 Mei 2016

Bo: Hugenote Laerskool se hokkiespelers is in die verskeie Boland-spanne opgeneem. In die Shiraz-streekspan, wat na George sal toer, is Kiara Pillay, Meagan Titus, Vince-Lee Louw en Ethan Voster Onder: Leerders van die Hugenote Laerskool wat in die Boland IPT-span opgeneem is en na Potchefstroom sal toer is Zoë Keyser, Lino Farmer, Blaine Cavernelis en Sian Maart.

Links: Hugenote Laerskool het twee baie talentvolle indoor-hokkie spelers. William Sudell is gekies vir die Boland Scorpions span en Sian Maart vir die Boland Foxes om in die jullie vakansie aan die Nasionale PSI toernooi deel te neem. By die toernooi is spanne reg oor SuidAfrika, maar ook spanne uit Namibië (Eagels en Hawks) en selfs Zimbabwe (Flames).

Redenaars: Lucean Thevan en Mija Zeeman

Twee van Hugenote Laerskool se onderwysers, Carl Cooper (links agter) en Ryno Gerber (regs agter), is na van Hugenote Laerskool het aan die jaarlikse ATKV‘n streng keuringsproses gekies om vanjaar Boland hokRedenaarskompetisie se eerste ronde deelgeneem en kiespanne af te rig. Gerber is die afrigter van die Boland deurgedring na die semi-finaal. Shiraz-seuns en Cooper is die afrigter van die Boland IPT- meisiespan. Gerber is ook die sameroeper vir die Boland Shiraz-streek en Cooper die ondervoorsitter vir die Boland skolehokkie. Drie van dié skool se onderwyseresse is gekies om as beamptes op te tree by die Netbalinterstreektoernooi wat op 8 en 9 Augustus plaasvind op Riversdal. Karien Hertz (voor links) is Kaapse Wynlande o.12 se skeidsregter, Theani Langner (middel) is die spanbestuurder van die Kaapse Wynlande se o.13- spanne en Amoré Kotze (regs voor) is Kaapse Wynlande se o.11-afrigter,

Karate:

Robin Preüss, Jakes Rheede and André van der Westhuizen from Huguenot Primary recently participated in the Western Cape Gojo Ruy karate championship. Robin received a gold, Jakes a silver and André a bronze medal.

Netbal: Stephani Lewu (o.11) en Zoë Tobais van Hu-

genote Laerskool is vir die Kaapse Wynlandspan gekies in hul onderskeie oudersgroepe. Zoë neem van 20 tot 21 Mei aan die Wes-Kaapproewe by Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier deel.


NUUS • NEWS 25 Mei 2016

7

Dagboek • Calender Roses United se Johnwen Lewis val aan in sy klub se sege Saterdag op sy tuisveld, Pelikaanpark, oor die span van Wellington. Die besoekers se Daylin Edwards kyk toe. Agter is Lewis se spanmaats Ollie Marthinus, Ashley Davids en Kallie Hefca.

Group art exhibition 13 May - 6 June – ‘Manuscripts’ is a group exhibition in the Yard, 18 Huguenot Street in Franschhoek. The overall idea originated with the idea of working with the Dewey Decimal System experienced as a scholar in school libraries. For more information visist www.artinthe yard. co.za.

Darling Brew Extreme 28 May (Darling) - DBX 16 - 68km (bone crusher R275); 45 km (long claw - R250); 25 km (slow beer - R150) Contact 021 286 1099

Exhibition UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum.org.za.

Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362.

Breytenbach Sentrum Vertonings begin om 20:00 - Heerlike pizzas word vanaf 19:00 bedien en 'n kontantkroeg is beskikbaar 17 Mei - Whisky-proe met Andy Watts - R40 19 Mei - Andre Swiegers met Deja vu - R100 26 Mei - Stokkiesdraai-stories : stories, staaltjies en musiek eie aan Boland - R40 28 Mei - Die Onwaarskynlike verhaal van Miko om 11:00 - R50 Beauty and the Beast 17-19 Mei – Dié gewilde Disney-produksie word in die saal van die Hugenote Hoërskool opgevoer. Dit begin om 19:00. Kaartjies teen R50 vir skoliere (volwassenes R80) by die skool beskikbaar. Laerskool Hugo Rust 19 Mei - 'n Ma-en-Dogteraand wat hierdie jaar ïngekorporeer word met die Vroue-aand. Ons het vir Leandie du Randt (Binnelanders se Ivanka Gouws) met Irene-Louise van Wyk as gaskunstenaar om ons op hierdie spesiale aand te vermaak. Kom en geniet hierdie heerlike aand saam met ons!! Vir meer inligting kontak 083 422 5530 Worldart 21 Mei om 11h00 - Charl Bezuidenhout gaan vertel waarna om te kyk wanneer ons beplan om kuns aan te koop. Toegang R20 (sluit 'n glas wyn in) RSVP : Anne-Ghrett voor 20 Mei 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 - galery@breytenbachsentrum.co.za Huguenot Primary School 27 May 2016 - Fundraiser event - 90's Mania at the Barnyard Theatre, Willowbridge. Tickets : R150 - Doors open at 18:30 en show starts at 20:00

Swartbergvlei Outride 29 May – Darling. Enquiries: 084 593 2745.

Ceramic Matters 4 Junie om 11h00 - Kom ontmoet en gesels met Anthony Harris en Gerhard Swart en vind uit hoe hulle skeppingsproses werk. Toegang is gratis (wyn teen R10 per glas. Uitstalling duur tot 16 Junie. RSVP : Anne-Ghrett voor 2 Junie 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 galery@breytenbachsentrum.co.za 2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700; Cost: R470.

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.

Betrekking Vacancy

AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/7

Dienste Services

Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/12

Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum. co.za. Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081.

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.

Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30; 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021.

NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.

Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

hierdie spesiale dag. Bly die goeie mens wat jy is en hou daardie mooi glimlag. Die Here seën jou. Lees Romeine 8 vers 31-39. Van jou vriendin uit Velddrift #2463 ------------------------------Kyk wie word 16 op 29 Mei 2016!

Gelukwensing Congrats

The cutest angel KEZIA ARENDSE is turning 1 on 28 May 2016.

Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket.

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

Geklassifiseerd • Classifieds

Happy Birthday!! May God bless you. Love Mom and Dad #2458 ------------------------------You’re such a special sister. I don’t know who I would tease without you! Happy Birthday Kezia, boeta Imraan loves you. #2459 ------------------------------GRAHAM-LEEN TENN

Op 28 Mei vier jy jou sweet 16!!! My swartoog-gogga – Hoop jy n wonderlike verjaardag. Liefde : Ma, oom Jaco, Davelynne, Tony, Boeta Maxwell, To-Nicky en Taylinn #2462 ------------------------------ROYSTON GOLIATH

Op 27 Mei vier jy jou spesiale 31ste verjaarsdag. Mag ons Hemelse Vader jou seën op

Geluk CLEMENCIA met jou verjaardag. Geniet die dag en bly die lieflike en vriendelike dogter wat jy is. Van : Mammie, Daddie, jou kleinsus, Oupa, Ouma en al jou familie #2464

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/44

Sterfgevalle Obituary

DAVID ERENTZE

Sag heengegaan op 19 Mei 2016. Lieflike oom – Ons gaan jou baie mis. Roudiens – Woensdag, 25 Mei te Anglikaanse Kerk, Malmesbury om 19h00. Begrafnis : Saterdag, 28 Mei 2016 by Anglikaase Kerk – Besigtiging om 8h00 en diens neem aanvang om 9h00 – van al die familie – Rus van Vrede #2460 -------------------------------

Kontak ons by 022 487 3221 om jou advertensie te plaas.

YVONNE GYSENBERG

Sad was the moment we no more heard your voice, sweet was the hour that you’ve rejoiced. Cause you’ve run the race and passed the test. God knows He only chooses the best. Prominent and poised the woman we knew., a kind forgiving heart in the morning dew. We love and miss a mother and wife so dear, but rest assured because you’ve always near - Funeral Service : 08h00 – 12 Japonika Street for viewing and the Service at 10h00 at the Old Apostolic Church, Westbank – Your husband – Derick, children : Glynis, Denver, Jeneake and 5 grandchildren #2465

Te Huur To Let

Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/6 ------------------------------Kantoorspasie ±47 m² – geleë tussen Mr Price en Cardelli’s te Voortrekkerweg, Malmesbury. Kontak mnr Eddie Mostert by 022 482 1101 of Johan Rossouw- 083 234 6614 #2327/4 ------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/32

Te Koop For Sale

American steffie en Shar Pei kruising hondjies te koop, 4 reuntjies en 2 teefies, ingeënt en ontwurm. Skakel 082 616 2781 #2457 ------------------------------Furby Boom toy in excellent condition R500 – NB: You will need your own Apple device onto which the Furby Boom app can be downloaded to fully interact with the toy. Contact 084 422 0221 #2461

------------------------------BESIGHEID te koop - Pizza World (RiebeekWes) – R85 000,00 ohb – Kontak Isak Brink – 073 906 9477 #2437/1 ------------------------------Splinternuwe sitkamer / braaikamer rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse. Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378/7

Voertuie Vehicles

DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/18 -------------------------------


courant

tel 022 487 3221

Paddlers may face low water levels Last year the Berg River Marathon was paddled at a low water level. It is possible that this year will be as well. Paddling at low water levels results in slow completion. In an effort to insure that paddlers don’t paddle in the dark , putting themselves at risk, the technical committee has considered several alternatives ranging from cutoff times at various points along the river to pull people off before dark, to starting the race earlier as well as other alternatives. These are still being discussed and only will be formalised later in the year when the water level becomes more apparent. In any case the cut off times will be in line with historic norms, though maybe allowing a bit extra time because of the low river. This may require starting the race earlier than in the past. It is generally accepted that paddling technical sections of the river in the dark is dangerous and should be avoided. Another issue has been qualifying times. Again with the safety of the paddlers in mind, a proposal was made to require the paddlers to complete two races of more than 20km in 160% of the winning time (the Berg is a four day 240km race) . This proposal was provisionally adopted. Several paddlers have objected and their objections are being carefully considered . Eric Farringer (Chairman, Western Cape Canoe Union)

NUUS • NEWS

25 Mei 2016

SPORT

dié

8

25 Mei 2016

Sportuitslae Sports results Rugby KLUBKOMPETISIES (Boland) Witsentraal: Tulbagh 25, Evergreen Paarl 12; Delicious 21, Ceres 10; Roses United 57, Wellington 15; Hamlet 17, Wolseley 9; Hillcrest United 36, Bella Vista 21. Gholf WELLINGTON (72) Sanlam-kankerdag: Enkel-stableford: Afd. A: G.Visser 39, G.Groenewald 28, L. Martin 37, Afd. B: G.Bosch 39, K.Henderson 37, J. van der Burg 37, G. Arends 36. Afd. C: J. Morris 41, J. Conradie 40, V.Pillay 38. Vroue: Afd. A: C.de Jager 32. Afd. B: E. Albertyn 34. Afd. C: H.Passerini 32, H.Burger 28

Sportdagboek Sports diary

Darling Brew Extreme 28 May: Darling; http://www.darlingbrew. co.za/mtb/mtb.html

Stryd:

Die Wellington Rugbyklub se Ceciro Moremi probeer die hande van Roses United se Manie Adams ontwyk in die twee spanne se derby-kragmeting Saterdag op Pelikaanpark. Agter kom Wellington se Jovan Bradley nader om sy spanmaat te kom ondersteun. Roses het die kragmeting op sy tusiveld oortuigend gewen.

Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast non-technical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter onlie at www.pedalpower.org.za.

• Two tries in last nine minutes

Boland sneak narrow win The Boland Cavaliers scored two tries in the last nine minutes of the match to overturn a 12-point deficit to edge out the Hino Valke 2422 (half-time 10-10) in their provincial tournament match at the Barnard Stadium in Kempton Park on Friday. Boland had looked dead and buried as the Valke held a 22-10 lead after 71 minutes but the visitors displayed wonderful determination as flyhalf Adriaan Carelse went over for a converted try in the 71st minute before, in the last minute of the match, No 8 Zandre Jordaan crashed over for a try that levelled the score. Replacement back Theuns Kotze then slotted the conversion to give Boland the narrowest of wins.

The win was Boland’s fifth in seven games and they maintain their place in second place on the log while the loss saw the Valke slip to their fourth loss in six outings. The Valke fell behind due to a penalty from Boland fullback Nico Scheepers but they fought back well to take a 10-3 lead after 19 minutes thanks to a converted try from lock Shane Kirkwood and a penalty from pivot Karlo Aspeling. However, in something of a precursor to what would happen at the end of the match, Boland levelled the score on the stroke of halftime when outside centre Ryan Neil went over for a converted try. The Valke made a fine start after the restart with scrumhalf Anrich Richter dotting down for

Gravel & Grape MTB stage race 6-8 May: Breederkloof Valley; gravelandgrape. com

a converted try just five minutes after the resumption before replacement fullback Etienne Taljaard grabbed an unconverted try in the 68th minute. But Boland were not to be denied as they roared back in the closing minutes of the match. Scorers Hino Valke – Tries: Shane Kirkwood, Anrich Richter, Etienne Taljaard; Conversions: Karlo Aspeling (2); Penalty: Aspeling Boland Cavaliers – Tries: Ryan Neil, Adriaan Carelse, Zandre Jordaan; Conversions: Nico Scheepers (2), Theuns Kotze; Penalty: Scheepers. - SA Rugby

R

45

55

R

R

28

CELEBRATE

MORE FOR LESS

Heineken Lager Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml

214

R

R

Swartland Winery Sweet Hanepoot 750ml

95

R

120

SunningHill Old Brown 750ml

R

169

Per Case

PRICES VALID 26 - 29 MAY 2016 150 5367_100 x 260

Smirnoff Ice Double Black with Guarana or Green Coffee Spirit Cooler 6 x 330ml Per Pack

AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Olof Bergh Brandy 750ml

Three Ships Whisky 750ml

The Famous Grouse Whiskey 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505367_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1

2016/05/19 9:24 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant wellington 25 mei 2016 371 by DieCourant - Issuu