courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
22 Junie 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 375
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Watervlakke styg
Die vlakke van damme in die Wes-Kaap het ná die afgelope week se reënbuie met sowat 5% gestyg. By Sonkwasdrift het die watervlak ook aansienlik gestyg en het die water tot oor die laagwaterbrug gevloei.
• Bekende landmerk kry nuwe gesig
Fontein nou verfraai Jaomi Zeeman
Wellington se spuitfontein by die samekoms van Blouvleiweg en Piet Retiefstraat is vir dekades al ‘n bekende landmerk op dié dorp en word nou opgeknap. Die voorkoms en toestand van hierdie fontein en die omliggende terrein het die afgelope jare agteruitgegaan. Volgens Mattie Visser, voorsitter van Wellington se Verfraaiingskomitee, is die agteruitgang van die fontein en die omliggende area al vir ‘n hele paar jaar vir hulle ‘n steen des aanstoots. “Die area kort al lankal aandag en dit is al ‘n ou punt op ons agenda. Daar was al baie planne en inisiatiewe, maar dit het ongelukkig nog elke keer in die verlede platgeval as gevolg van omstandighede buite ons beheer. So ‘n projek kos natuurlik ook baie geld,” verduidelik sy. Die Drakenstein Munisipaliteit het nou ‘n inisiatief vir die opgradering van hierdie erfenisgebied goedgekeur en by hulle begroting ingesluit. Ná verskeie rolspelers, waaronder pro-aktiewe individue, die Wellington Forum, die Verfraaiingskomitee, Drakenstein Munisipaliteit en die stadsingenieur verskeie opsies oorweeg het, kan inwoners van die dorp nou uitsien na die vooruitsig van ‘n permanente, werkbare verbetering van hierdie area. Dit sluit ook ‘n plan vir beter verkeersvloei in. “Uiteindelik kan ons planne nou momentum kry. Ons het die ondersteuning van die regte gesagstrukture en al die betrokke partye en rolspelers is opgewonde om ‘n sukses van hierdie projek te maak,” sê Visser. Aangesien dit so ‘n belangrike landmerk is, wil die belanghebbendes alle Wellingtonners by
Mattie Visser, voorsitter van die verfraaiingskomitee, by die spuitfontein. maak deur iets positief vir ons dorp na te laat vir die inisiatief betrek. “Dit is die hele dorp se fontein. Ons het ge- die toekoms,” sê Visser. Álle Wellingtonners word uitgenooi om ontvoel dat ons almal ‘n kans wil gee om moontlike insette te lewer. Daar kan heel moontlik won- werpe en voorstelle vir dié vernuwing in te dien. derlike idees uit die gemeenskap kom,” verdui- Die gemeenskap het dus die voorreg om te help besluit hoe hierdie baken in die dorp in die toedelik Visser hulle planne. Die inisiatief behels dat álmal wat binne die koms daar gaan uitsien. Voorstelvorms met die nodige riglyne en munisipale grense van die dorp woon ‘n kans kry om pro-aktief by die oplossing betrokke te kriteria is by die munisipale kantore in Pentzwees deur self aan werkbare verbeterings te straat, asook by die Cummings Guest House in Cummingstraat, Wellington, beskikbaar. Vorms help dink. “Hierdie projek is nogal uitsonderlik. Ek weet kan ook per e-pos aangevra word by Anneline. nie of so iets al vantevore gebeur het nie. Die Louw@drakenstein.gov.za of by stay@wellingbreë publiek kan hier help om geskiedenis te ton-accommodation.com.
NUUS • NEWS
22 Junie 2016
NUUS • NEWS
2
• Op pad na NASA
Almé se woorde open nuwe deure Almé Engelbrecht van Hugenote Hoërskool is eersdaags as een van slegs twee Suid-Afrikaanse tieners na die VSA op pad. Sy het letterlik haar pad na hierdie ongelooflike geleentheid oopgeskryf en is deur NASA uit duisende jongmense gekies – slegs op grond van ‘n skryfstuk wat sy ingedien het. “Die tema van die NASA-skryfstuk is ‘Man’s mission to Mars’,” verduidelik Almé. Nou het Almé se skryfwerk haar weer ‘n wonderlike nuwe geleentheid gebied. Sy het onlangs die derde plek in ‘n nasionale skryfkompetisie behaal met haar prosa-inskrywing. “Dit was regtig ‘n baie groot verrassing toe ek die nuus kry dat ek algeheel derde geëindig het. Ek het eintlik al vergeet dat ek vir die kompetisie ingeskryf het en ek was so besig met al my reëlings om VSA toe te gaan, dat ek regtig uit die veld geslaan was,” vertel Almé. Alhoewel dit ‘n Engelse skryfstuk is wat haar die geleentheid na die VSA besorg het, het sy hierdie keer met ‘n Afrikaanse prosastuk sukses behaal. “Daar was verskillende temas waaruit ‘n mens kon kies vir die kompetisie. Ek het oor die tema 'Agter die masker' geskryf. "Dit het goed gepas by die tema van ‘n opstel wat ek in die skool moes skryf en ek kon die
opstel as wegspringplek gebruik,” sê Almé. Die kompetisie is deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging aangebied en daar was meer as 935 landswye inskrywings in die prosaafdeling. As deel van haar prys gaan Almé nou in Augustus, pas nadat sy van die VSA teruggekeer het, ‘n skrywerslypskool o.l.v. prof. Joan Hambidge in Bloemfontein bywoon. Almé het al in die verlede die beker vir die beste kreatiewe skryfwerk by die Paarl Vallei Eisteddfod verower. “Ek hou baie van wetenskap en syfers en ek sal seker eendag in só ‘n rigting ingaan. Maar ek sal altyd aanhou skryf. "Dit is my liefde en my uitlaatklep,” laat hoor hierdie innemende tiener wie se woorde haar al na Mars en Bloemfontein geneem het.
22 Junie 2016
'Boere moet aanpas' Kenners praat by RPO Landbouprodusente moet begin aanpas by klimaatsverandering. Die versoek het by die Rooivleisprodusente (RPO) se algemene jaarvergadering in die Paarl aan die lig gekom. Prof. Stephanie Midgley van die Universiteit van Kaapstad het lede onder meer kom toespreek oor die impak van aardverwarming op volhoubare veeproduksie in die Wes-Kaap. Midgley, ‘n navorser en projekbestuurder in landbou, voedselsekuriteit en klimaatsverandering by die universiteit, meen produsente in die landbou moet aanpassings begin maak wat klimaatsveranderinge betref. Sy studeer en evalueer die impak van klimaatsveranderinge al sedert 1992 op die landbousektor. Volgens haar speel die Wes-Kaap se diverse landboubedryf ‘n groot rol in werkskepping, die ekonomie en sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land. Die provinsie is egter baie kwesbaar vir klimaatsverandering. Dit het gelei tot die behoefte aan dringende aksie om die landboubedryf te help om by die onvermydelike klimaatsveranderinge aan te pas, asook om die vrystelling van kweekhuisgasse te verminder. Vandaar het die SmartAgri-plan in samewerking met die Universiteit van Kaapstad, die plaaslike departemente van landbou en omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning tot stand gekom. Midgley sê sy weet daar kom droogte- siklusse voor, maar meen die droogte wat die land en nou ook die Wes-Kaap ervaar, nie net ‘n siklus is nie. Volgens haar was verlede jaar as die warmste jaar regoor die wêreld gekenmerk en daar word gewaarsku dat die aarde se temperatuur warmer kan raak. Verlede jaar en vanjaar se droogte is die ergste in 30 jaar. “Die droogte word vererger deur klimaatsverandering, dus is dringende aksie nodig om
hierby aan te pas.” Sy sê verder navorsing toon dat daar die afgelope sowat 50 jaar minder reëndae tussen Januarie tot April en Augustus voorkom, maar dat dit meer reën in November en Desember in die westelike deel van die land. Hul navorsing maak gebruik van 20 verskillende klimaatsmodelle wat meestal ooreenstem dat daar minder reënvaldae is en meer warmer dae. Volgens Midgley kan temperature met 1.5°C teen 2050 in die Wes-Kaap toeneem, asook meer warmer dae en minder winterreënval. Die klimaatsverandering se grootste impak op veeproduksie is onder meer vrugbaarheid, ontwikkeling wat groei betref en die kwaliteit van vleis. Midgley voeg egter by dat die impak op veeproduksie van streek tot streek kan verskil. Sy moedig boere aan om die SmartAgri-plan te oorweeg en te hersien. (www.greenagri.org. za) Prof. Schalk Cloete, diereproduksiewetenskaplike van Elsenburg het ook lede kom toespreek oor hoe die vee gaan reageer op klimaatsveranderinge. Volgens hom hou veral melkbeeste nie van hitte nie en sal daar dus minder melk geproduseer word. Vleisbeeste is ook nie ten gunste van hoë temperature nie. Hoenders is nog veilig, maar moet koel gehou word wat weer kan lei tot groter onkosters. “Skape en bokke kan die hitte die beste hanteer,” voeg hy by. Hy het klem gelê op die voordele van skadu en meen produsente kan gerus daarin belê. “ Dit gaan nie koeler word nie. Beeste en skape maak gebruik van skadu en drink minder water, wat voordelig is vir die volhoubaarheid van water.” Hy sê ook die speengewig van lammers trek voordeel uit skadu. Volgens hom vereis dierewelsyn dit.
NUUS • NEWS
3
22 Junie 2016
• besoek kinderhuis
Gabler vertel sy storie van hoop Fyngoud:
Heinrich Gabler, Mnr. SA-finalis, onderwyser en voormalige inwoner van Huis Andrew Murray (HAM), het op Saterdag 18 Junie die kinders by sy ou tuiste verras. Heinrich het nie net die mense van Wellington en almal by HAM trots gemaak deur as finalis vir die Mnr. SA-kompetisie te kwalifiseer nie – hy het ook verder presteer deur onder die top 5 in dié kompetisie te eindig. Hy wou hierdie uitsonderlike prestasie by sy “huis” en saam met sy “familie” kom vier. Die oorstelpte kinders en trotse inwonende huismoeders en personeel het aan sy lippe gehang terwyl hy ‘n motiveringspraatjie gelewer het. “Ek wens ek kan vandag vir julle kom vertel dat julle nie hoef te worry nie – alles sal okay wees. Maar ek kan nie. Alles sal nie net okay wees nie. Die lewe is hard, maar jy hou dit in jou hande met die besluite wat jy neem en die keuses wat jy maak en dit wat jy insit in jou toekoms.” Só het Gabler met die kinders oor die realiteite van die lewe gepraat. Hy het hulle daarop gewys dat die feit dat hulle in ‘n kinderhuis is, hulle juis goed voorberei vir die uitdagings in die
lewe omdat hulle almal al met meer uitdagings as “gewone mense” gekonfronteer is. Hy het ook sy bewondering vir en dankbaarheid teenoor die huismoeders en personeel van HAM uitgespreek en hulde aan hulle gebring. “As ‘n onderwyser werk ek ontsettend hard – ek wil die beste onderwyser wees wat ek kan. Maar daar is mense hier onder julle wat harder werk as enigeen wat ek ken, en dit is die tannies in julle huise. Hulle is die grootste voorbeeld van diensbaarheid wat daar ooit kan wees. Hulle offer hulleself vir julle. Hulle het miljoenêr-harte.” Gabler het ook as deel van sy besoek die seuns vir ‘n oefensessie en balvaardigheidsoefeninge geneem en agterna gesellig saam met almal gekuier, terwyl hy vir die kinders wors gebraai en met ander eetgoed bederf het. Toe Heinrich ‘n baba wat spontaan na hom toe aangekruip kom optel, sê hy: “As ek na hierdie outjie kyk, sien ek net potensiaal. Daar is soveel potensiaal in elkeen van hierdie kinders. Al wat hulle nodig het, is liefde en iemand wat in hulle glo.” Dit is presies wat hy by HAM gekry het en wat hy nou onvoorwaardelik aan ander kinders wil uitdeel.
Die Fyngoud Dienssentrum het op 11 Junie ‘n besoek aan Huis Horison op Stellenbosch afgelê. Huis Horison is ‘n sentrum wat verstandelik gestremde volwassenes en ‘n paar liggaamlike gestremdes versorg. Die inwoners van hierdie sentrum word gestimuleer deur handwerkvaardighede aan te leer en te beoefen en Wellington se dienssentrum het hulle gebruiklike Markdag gaan ondersteun. Dit was voorwaar ‘n besondere mark met ‘n verskeidenheid stalletjies. Die tafels het gekreun onder vars produkte, daar was ‘n verskeidenheid kosstalletjies en talle handwerkprodukte, snuisterye en selfs boeke. Lede van die dienssentrum het teruggekeer met sakke vol vondste en ‘n bewondering vir die vaardighede van die gestremdes by Huis Horison. Op die foto v.l.n.r : Pieter Myburg, Jasper Cloete, Susanne Haynes,Ansie du Plessis, Rubina Visser, Joey du Plessis, Hetta Cloete, Dorothy Sadie, Elena Jvan Rensburg, Andilucia Behm, Janet Myburg. Sittende is Susan Langenhoven.
Hugenote Laer se Gr.3’s leer speelspeel spel Leer kan baie pret wees. Die graad 3’s het ballonne opgeblaas en spelwoorde waarmee hul sukkel daarop neergeskryf. Die ballon word driekeer in die lug geklap, gevang en die woord wat eerste raakgesien word, word neergeskryf. Agterna moes elkeen ‘n grafiek opstel van die woorde wat hulle só geskryf het.
NUUS • NEWS
22 Junie 2016
courant
‘Veggie Town’ laat kinders groei
dié
4
Wat is 'n dorp en wat is sy bakens?
Wat is 'n dorp? Wat is sy bakens? Wat beteken hierdie bakens vir hierdie dorp? Dit hang sekerlik van mens tot mens af, want vir ons almal beteken verskillende dinge, iets anders. 'n Dorp het soveel bakens wat hom anders maak van al die ander dorpe in die land of wêreld. Vir Wellington is een van hierdie bakens die spuitfontein. Die fontein is 'n ou bekende van dié dorp en het al telke male geborrel van die seep wat gedurende interskole-week hierin gegooi word. Nou is hy leeg en vervalle, maar sal hy eersdaags 'n splinternuwe baadjie aantrek. Vir sommige is dit sommer net nog 'n fontein. Vir sommige is dit weer 'n fontein wat iets belangrik in hul lewens aandui. Om iets reg te maak as dit klaar stukkend is, is nie maklik nie. Om dit in stand te hou en die klein werkies te doen, is soveel makliker. Moet ons nie maar saamstaan en help daar waar ons kan en waar ons sien 'n behoefte is nie? Geskiedenis en gister is deel van ons. Dit maak ons wie ons is. Geskiedenis het ook 'n vreemde manier om homself te herhaal, so as jy dit ken, sal jy sekerlik weet wat die toekoms kan inhou, gaan loer maar net in die spuitfontein!
Dis Goeie Nuus Dr. Andrew Bosman
Koning Joshia Koning Josia was agt jaar oud toe hy sy vader Amon as koning oor Juda opgevolg het. Sy vader Amon het afgewyk om die Here te dien en het die volk verlei om afgode te dien. Interessant is dat die konings se moeder se name genoem word, wie hulle was en vanwaar hulle gekom het. Josia se moeder was Jedida. Haar naam beteken geliefde. Al was sy met die goddelose koning Amon getroud het haar opvoeding die verskil in Josia se lewe gemaak. Josia het gedoen wat reg was in die oë van die Here, en geheel gewandel in die weg van sy voorvader Dawid en nie links of regs afgewyk daarvan nie. Die tempel is skoongemaak en alle afgode se verfoeisels is verwyder, en in die proses is die wetboek van die Here gevind. Josia het ‘n verbond met God gesluit en ook die volk van Juda gelei om saam met hom ‘n verbond met God aan te gaan. Hulle het teruggedraai na die Here en Hom voluit gedien. Josia se vader Amon het vir twee jaar geregeer en Josia het vir een en dertig jaar geregeer oor Juda. Die invloed van ons as ouers moet tot eer van God wees teenoor ons kinders, sodat hulle mag deel in die seën van die Here.
“Ons leer só baie by ons plante. Hierdie tuin van ons het ons baie entoesiasties gemaak oor hoe ons verantwoordelik en onafhanklik kan wees.” Só gesels die kinders wat by Huis Andrew Murray (HAM) se innoverende “Veggie Town”-projek betrokke is. Hierdie projek behels ‘n uitgebreide groentetuin op HAM se terrein wat deur hul eie kinders in stand gehou, aangevul en versorg word. “Die projek het eintlik op ‘n klein skaal begin toe een van ons huiseenhede met ‘n groentetuintjie begin het,” verduidelik Karen Petersen, HAM se bemarkings- en skakelbeampte. “Hulle het dit so geniet en was so opgewonde oor die groentetuin, dat ons besluit het om dit uit te brei sodat al die inwoners ‘n kans kon kry om ook deel van hierdie inisiatief te wees.” Met die hulp van Reliance Kompos en Nedbank wat as borge na vore getree het, kon die projek uitgebrei word. “Ons het al die kinders ‘n vraelys laat invul om vas te stel wie geskikte kandidate sal wees om deel van die projek te vorm. Kinders wat byvoorbeeld nie daarvan hou om hulle hande vol grond te kry of geen belangstelling in plante het nie, sal tog nie aard in so ‘n projek nie,” sê Karen. “Ons het op die ou end 17 kinders geïdentifiseer wat deel van die projekspan kan wees.” Die hoofdoel van die “Veggie Town”-projek is om entrepreneurskap by die kinders aan te wakker. Hulle kweek die groente om dit weer aan HAM se eie kombuis te verkoop. Op hierdie manier leer hulle nie net die basiese beginsels van entrepreneurskap nie, maar word hulle ook bemagtig deurdat hulle help met die voedselvoorsiening van HAM se 150 inwoners. “Daar is niks so lekker as wanneer jy sien die groente op almal se borde kom uit die tuin wat jy help versorg nie – hulle eet die spinasie of blomkool wat jyself gister geoes het,” laat een van die lede van die projekspan trots hoor. Die voordele van hierdie projek blyk ook veel verder as die aanvanklike entrepreneurskap-doelwit te strek. Die kinders moet self boekhou van die opbrengste van elke groentesoort en hulle entoesiasme oor hul groente is tasbaar.
“Dit help vir ‘n mens se selfbeeld as jy sien dat iets wat jy geplant het en aan die lewe hou so mooi groei en so nuttig is. Dit het my sommer nou baie meer in plante laat belangstel en dit gee ‘n mens sommer energie. "Ek voel committed tot die plante – ek wil elke dag sien hoe dit met hulle gaan,” verduidelik een van die meisies in die groep. “En dit leer ‘n mens baie geduld. ‘n Mens moet lank wag en baie mooi na die plante kyk voor hulle jou beloon,” laat nog iemand hoor. Die groentetuin bestaan uit verskillende blokke wat ‘n verskeidenheid groente en vrugte huisves. Daar is ook buitebande waarin sekere soorte groente geplant word. Die kinders spog graag met die verskillende soorte groente wat hulle kweek. “Ons het spinasie, ertjies, aartappels, wortels, beet, uie, blomkool en boontjies. En dan het ons ook suurlemoene, naartjies en kiwi’s, maar hulle het nog nie begin dra nie.” Die 17 kinders in die projekspan se ouderdomme wissel tussen 11 en 17 jaar. Hulle werk elke Dinsdag- en Donderdagmiddag op geskeduleerde tye in die groentetuine en almal is gesamentlik verantwoordelik vir alles. “Ons almal help met die onkruid uittrek, ons hark, maak skoon en plant,” verduidelik een van die seuns. “En ons weet ook al van al die peste en plae wat ‘n mens moet keer en onder beheer moet probeer hou. "Ons moes aan die begin self die wurms van die groente afhaal, maar ons het dit nou begin spuit met organise middels wat baie goed werk. Al ons goed is organies.” Die hele span het aan die begin van die projek opleiding by Reliance Kompos gekry en hulle gaan binnekort leer hoe om hul eie organiese pesbestryder of “gif” te maak. Hulle beplan ook om die verkope van hul produkte later na markte uit te brei. Wonder ‘n mens wat hulle met die geld wat hulle verdien gaan maak, laat hulle soos een man hoor: “Ons spaar vir die Spur!” Dit lyk asof “Veggie Town” ‘n lewe van sy eie ontwikkel het en dat daar veel meer as net groente groei.
NUUS • NEWS
5
22 Junie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
BIRTHDAY PARTY Also at HYPERMARKETS
BUY ANY 2 FOR
29
R
BUY ANY 6 FOR
Danone NutriDay Low Fat Yoghurt Assorted 600g
35
BUY 2 FOR
SAVE 8.80
68
R
47
90
Bokomo Weet-Bix 900g
E R O T S N I R S L A I C E P S F O S D E R D N U R H H 33 WIT PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
90
39
WAS 28 28.99 99 NOW 22.90
PnP Fresh Whole Chicken Per kg
Helios Lite 50% Fat Spread 1kg Tub
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet
BIRT WAS 32.99 32 99 NOW 24.90
AS SEEN ON TV
BUY ANY 6 FOR
20
R
Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g
38
3
90
50
AS SEEN ON TV
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
Knorr Packet Soup Assorted 50g Each
PnP Bulk Stewing Beef Bone in Per kg
49
R
169
90
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack
BUY ANY 3 FOR
Five Roses Tagless Teabags 102s
Cadbury Chocolate Slab Assorted 80g g (Excluding Bubbly)
28
90
PnP White Sugar 2.5kg
Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g or Regular 250g Refill (Excluding Decaf) Each
95
R
PnP Bulk Oukraal Wors Per kg
49
R
Wellington VO Brandy 750ml
Coca-Cola Regular, Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
109
R
Carling Black Label Cans 12 x 440ml
42
90
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Come and enjoy Pick n Pay’s LOW-PRICE PARTY. PLUS stand a chance to WIN A FREE GIFT, just for being a Smart Shopper. Simply swipe your card on payment & check the bottom of your till slip. Valid 23 May – 3 July 2016 Terms and conditions apply. View www.picknpay.co.za E&OE
PRICES VALID 21 - 27 JUNE 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Cellphone rates apply. ALWCAL66
12
90
WAS 109.99 NOW 88.90
Improved PnP App Now with the easiest way to keep your shopping list
NEW
FEATURES
NUUS • NEWS
6
22 Junie 2016
Spogkoor van Linden lê besoek af op Wellington Die spog jeugkoor van Hoërskool Linden in Johannesburg besoek die Boland, Swartland en Weskus vanjaar gedurende die Julie-vakansie met optredes van Worcester tot Darling en Piketberg. Lindenkoor bestaan reeds 23 jaar en het in die tyd talle gehore in Suid-Afrika en die buiteland in vervoering gehad. Die koor onderneem elke jaar ‘n toer in die Julie-vakansie en vanjaar sien die koorlede daarna uit om in die pragtige historiese NG kerke op Wellington, Paarl, Riebeek-Kasteel, Piketberg, Malmesbury en in die Presbeteriaanse kerk in Darling op te tree. Saterdag, 25 Junie sal die koor die dag in die Paarl deurbring waar hul by ‘n laat etensuurkonsert in die Toringkerk in die Hoofstraat sal optree. Op Sondag, 26 Junie kan die koor by die 9:00 erediens in die NG Moederkerk in Wellington gehoor word Maandag 27 Junie verken die koor Wellington en omliggende besienswaardighede en sluit die dag om 18:00 af met ‘n skemeruurkonsert in die NGK Wellington-Noord af. Na ‘n dag waarin hul Robertson- en Montagudistrikte verken het, vertrek hulle Woensdag, 29 Junie via Riebeek-Kasteel na Malmesbury. In Riebeek-Kasteel tree hulle om 13:00 in die plaaslike NG Kerk tydens ‘n etensuurkonsert op.
Darling kom Vrydag 1 Julie aan die beurt as die koor om 13:00 ‘n etensuurkonsert in die plaaslike Presbeteriaanse kerkie hou. Saterdag, 2 Julie besoek die koor Piketberg en kan daar om 13:00 in die plaaslike NG Kerk gehoor word. Die koor sluit hul optredes af met ‘n optrede in die NG Moedergemeente op Malmersbury op Sondag, 3 Julie om 09:30, tydens hulle erediens. Tans bestaan die koor uit 118 lede, waarvan meer as die helfte seuns is! Hul staan onder die bekwame leiding van Duncan Fourie en word deur Gert Potgieter begelei. Oor die afgelope 23 jaar het die koor vele gesogte nasionale pryse gewen en ook in die buiteland hul staal gewys. Die koor het voor-verlede jaar tot in die finaal van die Nasional Eisteddfod Assosiation gevorder. In 2012 het die koor Italië besoek en in Preveza, Griekeland aan ‘n koorkompetisie deelgeneem waar hul ‘n goud, silwer en bronsmedalje teen universiteits- en volwassekore verower het. In 2007 het die koor ook in Praag ‘n silwermedalje gewen in ‘n internasionale kompetisie. Hul musiektalent was al te sien op televisieprogramme soos Geraas, Villa Rosa en die gewilde joernaalprogram, Pasella. Voorts het die koor reeds 15 CD’s opgeneem.
Jukskei: Die Weermag jukskeispan het
onlangs teen spanne van die WP en Kaapse Wynland gespeel. Thinus Bredenkamp van Hugenote Laerskool het ‘n silwer medalje in die kompetisie gewen.
Soccer: During the June holidays Litha Jacobs from Hugenuet Primary will represent the Western Cape soccer team at a tournament in Durban.
Skiet:
Dalene Koegelenberg van Hugenote Laerskool het aan die Boland Trial 4 in Worcester deelgeneem en ‘n derde plek vir meisies o.13 behaal, wat oor 3km geskiet is.
Gymnastics:
Boland:
Vince-lee Louw wat gekies is in die Boland o.13 XV-Tal rugbyspan vir 2016. Hy gaan aan die Nashua XV-Tal week in Sasolburg op 26-29 Junie deelneem.
Jessi Baxter and Taylor Rheeder competed in the Western Province Rhythmic Gymnastics competition on Friday 10 June. They both competed in Under 7 Level 2 where they had to do a hoop and ball routine. Jessi Baxter won a silver medal and Taylor Rheeder a bronze medal in the individual. They also won a gold medal as well as a trophy for the Under 7 competition.
NUUS • NEWS
7
22 Junie 2016
Betrekkings Vacancies
Dagboek • Calender
Depressie- en Ondersteuningsgroep 22 Junie - Ds Fanie Kriel praat oor emosionele intelligensie - Byeenkoms vind plaas om 19:15 by die Marthasaal, Wellington - Almal welkom en aanvaar Kontak Petro Greeff by 021 873 4688 / 072 709 8000 Sang en Sop aand 23 Junie - ten bate van die Wellington-museum om 18:00 in die Bovlei-gebou. Karin Kay sal die gaste vermaak. Kaartjies is R80 en sluit 'n wynproe in. Kontantkroeg ook beskikbaar
Navrae : marketing@wellingtonwines.com Wellington Museum 23 Junie om 09h30 - Wellington VLV en Karien Schoeman gaan almal inlig oor sandterapie vir kinders en volwassenes - Besoekers welkom Kontak : Juliana 083 264 9834 Breytenbach Galery 25 Jun om 11:00 - Groepuitstalling van JP Meyer, Hennie Meyer en Andre du Toit. Openingspreker : Laurie Gaum
Navrae : Anne-Ghrett 083 415 0002 / 021 864 2988
2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700; Cost: R470. Vulture Productions 29 June - 2 July : Jerry - a metaphor for unconventional heroes at the Artscape Arena Book at Computicket
Gouda Hotel 2 Julie - Saarkie Band om 20h00 @ R50 pp. Navrae : 023 232 0212 Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket.
Solo Studios Art Weekend
29 - 31 July - Group exhibitions in the Riebeek Valley - Tickets for the weekend will cost R225 (includes access to studios and exhibitions, an opening cocktail party and a Saturday afternoon party)
Further details from Klaus Piprek on 074 209 6838 / klaus@solostudios.co.za
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training
Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum. co.za.
Darling Wild Flower Show
16 - 18 Sep - Darling Gholf Klub - Darling Gholf Klub, Jacaranda Street - Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only)
More info: www.darlingwildflower.co.za
Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@ wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/9 --------------------------HEATING AND COOLING SOLUTIONS: VERKOELINGS -& LUGVERSORGINGS TEGNIKUS Ons is 'n welbekende onderneming in Malmesbury en benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde pos te vul. Die kandidaat moet beskik oor die volgende kwalifikasies. * Minstens 2 jaar ondervinding in verkoeling, foutsporing, installasies en instandhouding. * Bereidwillig-heid om bystand-diens op 'n naweek of vakansie dae te verrig teen ekstra vergoeding, sal ook 'n vereiste wees. * Sterk ondervinding ten opsigte van elektries sal in u guns tel. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2514
Dankbetuigings Special Thanks
Die familie van wyle Kaylim Janza: Wil ‘n spesiale dank aan St Thomas Primêr Hoof en personeel, Swartland Hospitaal, Charmain (bompie) Pietersen gee asook vir elke oproep, handdruk, kaartjie en blomme tydens haar afsterwe – Ons as familie waardeer dit opreg – Adams en Janza Familie #2515 --------------------------Ek, Rene (Mamma van Kaylim) wil Mabel bedank vir wat sy vir die 6 jaar vir my dogtertjie beteken het. Ek waardeer dit opreg #2516
Gelukwensing Congrats
Mag die Here jou seën en nog vele jare spaar. Dankie dat jy so baie liefde teenoor ons en jou medemens toon. Geniet jou dag met liefde. S.K.L #2519
Gesoek Wanted HAPPY BIRTHDAY MOM Thank you for your love, your kindness, your sense of humor and your compassion. I would be a lucky girl if I possess half the amounts of these qualities that you have – From the Pietersen Family #2513 ---------------------------
Veels geluk Zanda met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar. Voorspoed, sukses en volharding wens ons jou op jou nuwe lewenspad. Van: Jou man Ashraf en kinders - Daren-Lee, Kaylene en Shadley #2512
22 Junie – MAMA Susie Adams - Geluk mamma, ouma en grootouma met u verjaardag – Ons dank God vir nog ‘n jaar wat Hy by haar lewe kom voeg het. Baie geluk mamma ons is baie lief vir u. Van u 7 kinders 19 kleinkiners 13 agterkleinkiners #2517
RAAI WIE WORD 25!!! 21 Junie 2016 – Baie geluk met jou verjaarsdag.
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/47
Memorium In Memoriam
GERALD EDMUND DAVIDS
1947-06-20 †2016-03-23 Daddy se eerste Vadersdag en verjaarsdag weg van ons. Die begeerte vir feesvieringe was vervang met ‘n leemte, maar die leemte was bekroon met die wil van God. Daddy was die beste eggenoot, vader, mentor, vriend en gebedsmaat. Van: Elsa (eggenote), Jonathan, Bernadette, Trevor, Rosie, Heinrich, Elmarie, kleinkinders en agterkleinkind #2510
Te Huur To Let
Huis te Huur in Malmesbury – 3 slaapkamer, oopplan kombuisleefarea, motorhuis, klein tuin, omhein met elektroniese hek. Naby Laerskool – Beskikbaar vanaf 1 Julie 2016. Kontak Gerda 083 655 2651 #2518 --------------------------Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Onmiddellik Beskikbaar #2340/7 --------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/33 --------------------------Werkswinkel/Stoor te huur – Malmesbury - 60 m² met roldeur, en enkel ph krag. Kontak Derek Kolbe @ 0836310255 #2511
Te Koop For Sale
Telstar – 1994 model met volle diensplan. Prys – R25000,00 – Kontak mev Weideman by 082 828 7216 (Moorreesburg) #2509 --------------------------Splinternuwe sitkamer / braaikamer rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse. Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378/12 ---------------------------
courant
NUUS • NEWS
22 Junie 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
22 Junie 2016
Sportuitslae Sports results Gholf
WELLINGTON (72) Samespel-syferplus: C. Groenewald en V. Pillay +6, N. Minnaar en G. Jardine +3, C. Henn en D. Brits +2.
Rugby KLUBKOMPETISIES (BOLAND) Groot Uitdaagkompetisie Swartweskus : Mamre 36, Saldanha 30 Witsentraal: Tulbagh 31, Wellington 16; Hillcrest United 36, Evergreen Paarl 22; Newtons 24, Hamlet 17
Netbal: Die Hilltigers1 is op Jeugdag as die wenners van die Pret-sportdag aangewys.
Dié span het in die eindwedstryd die span van Hawkers met 34-14 geklop. Bo is Bianca Jacobs, Logan Green, Chandre Pietersen, Shirmorne Albertus, Reona West, Nataline Coetzee (kaptein) en Wheileen Morris.
Wayvyn Alexander en Michael Goodall.
HAM se sportsterre presteer
Twee jongmense van die Huis Andrew Murray (HAM) het provinsiale kleure in hul onderskeie sportsoorte verwerf. Wayvyn Alexander (graad 8) het Bolandkleure in jukskei verwerf en Michael Goodall is in die Boland o.19 Cravenweek-rugbyspan opgeneem. Dit is reeds die derde jaar dat Wayvyn deel van die Boland jukskeispan is. Hy gaan in die vakansie aan die SA Jukskei-toernooi in Durban deelneem. Michael is ook lank reeds ‘n kranige sportman wat in graad 6 Bolandkleure vir hokkie verwerf het, in graad 7 in die Boland o.13 Cravenweek rugbyspan opgeneem is, in graad 7 en 8 Bolandkleure vir atletiek verwerf het en in graad 9 by die SA-Atletiekkampioenskappe as deel van die WP-span deelgeneem het. Michael gaan in die skoolvakansie as deel van die Cravenweekspan in Durban by die SA-Skolerugby-toernooi deelneem. HAM het hul dank uitgespreek vir die ondersteuning wat die gemeenskap aan hierdie leerders gee.
• 2nd edition of pink lady competition
Rain plays along for K1 race After several weeks of concern about the water levels in one of the major canoeing rivers in the Western Cape, the rain gods played ball for the 2nd edition of the Pink Lady Apples/Drakenstein K1 canoe race, held on the 30km section between Gouda Bridge and Bridgetown. 2 weeks ago, on the WP single-day race over the same section of the Berg River, the water levels were running at under 2 cumecs – today, the field of some 120 paddlers started in 30 cumecs of water and ended on some 50 cumecs. With this level under a blue sky and no wind, meant that the paddlers raced in perfect conditions. Another difference from the race a fortnight ago, was that the paddlers set off in batches, the first 20 seeded departing Gouda Bridge at 10h00, followed by the other batches at 5 minute intervals. ‘A’ batch included most of the top performers in recent canoeing races in the Western Cape and it was a pack of 8 K1’s that set the pace until the first major obstacle of the race, when Black Rock Rapid, just 4 km after the start, was reached. Here, Simon van Gysen (Pen), outsprinted the pack into the narrow, one-canoe width twisting
channel through the Palmiet and broke away with 3 other paddlers (Graeme Solomon and Brandon van der Walt – also from Peninsula Canoe Club and Ryan Louw, from the Eastern Cape). Given the tightness of the channel at Black Rock, a single tiny mistake in it causes mayhem and so it was that the Paarl Canoe Club U23 star, Luke Stowman did just that when he blocked the channel, meaning that the momentum of those paddlers behind him was stopped. And so the race up front would consist of these 4 paddlers all the way to the end and right down to the wire as they alternately took up the pull, worked on the old and new channels that were running at this level, dodged through the real and perceived tree blocks that are peculiar to this river, to give the spectators on the bank at Bridgetown a thrilling end result. With all 4 paddlers having won SA Senior Canoeing colours and who have competed on the International stage at the top level, a flat-out sprint by some of the best paddlers in South Africa at the end saw Graeme Solomon edge out from his 3rd place on the slipwave, to paddle over the wave created by the leading two canoes
(van der Walt and van Gysen) and outsprint his younger opponents, for the 40 plus year old Veteran to claim 1st place on Day one of the two day marathon, continuing to show that he remains at the top of the game more than 15 years since he started to win WP canoe races. Solomon’s winning time was 2 hours 3 minutes 7 seconds, with Brandon van der Walt (the defending Champion – 2015 – of this race) coming home in 2:03:09, van Gysen in 2:03:11 and Louw in 2:03:11. In the Senior Women’s race, Bianca Beavitt (Milnerton) had it all her own way, paddling from start to finish as the leading lady, coming home in 2:23:20 ahead of clubmates Keegan Kaiser in 2:32:11 and Robyn Henderson in 2:37:39. • Results of Day 1 – Senior Men Graeme Solomon, PEN, 2:03:07 Brandon van der Walt, PEN, 2:03:09. Greg Louw, EC, 2:03:11 Senior Women Bianca Beavitt, MIL, 2:23:20 Keegan Kaiser, MIL, 2:32:11. Robyn Hendserson, MIL, 2:37:39.
98
119
R
CELEBRATE
Carling Black Label Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml or 24 x 340ml
MORE FOR LESS
179
R
Per Case
4th Street Sweet Rosé or White 5 Litre Each
R
Smirnoff Vodka 1 Litre
85
145
R
R
27
R
Darling Cellars Carbernet Merlot Blend 750ml
95
R
PRICES VALID 23 - 26 JUNE 2016
FRGTHS601
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Viceroy 5-Year Old Brandy 750ml
Captain Morgan Black Jamaican Rum 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Amarula Cream Liqueur 750ml