courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
20 Julie 2016
Uitgawe 379
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• SUIKERSOET-KLANKE VAN WELLINGTON-GROEP
BlacShuga: Van vriendskap tot 7de Laan
• Jaomi Zeeman
‘n Wellingtonse sanggroep, BlacShuga, het die hele land aan die gons nadat hulle onlangs as gaskunstenaars in die klub van die gewilde sepie, 7de Laan, opgetree het. Die groep bestaan uit Lawrence Adams, Gurshwon Wellman en Randel Syster van Wellington, asook Mark Albanie van die Paarl. Hulle het mekaar as tieners geken en deur hul vriendskap en gemeenskaplike liefde vir musiek, besluit om ‘n sanggroep te stig. Die naam BlacShuga is juis in hulle tienerjare gebore toe daar tydens ‘n eksperiment in die skeikundeklas ‘n vreemde resultaat, wat soos swart suiker gelyk het, ontstaan het. Hulle pad tot op die verhoog van 7de Laan se klub, is egter allesbehalwe ‘n vreemde eksperiment – hulle moes hard werk en vele struikelblokke oorkom. Volgens Gurshwon Wellman, een van die groeplede, het dit vasbyt gekos om te kom tot waar hulle vandag is. “Ons groep bestaan al vir jare, maar as gevolg van al die lede se persoonlike lewens en besluite wat oor die jare geneem moes word, was ons nie almal die hele tyd bymekaar nie. Ek het ‘n paar jaar gelede vir Lawrence genader om weer die wiel aan die rol te kry,” vertel hy. “Ons het toe vir Randel gevra of hy ook weer sal saamsing en ook vir Mark, wat ‘n vriend van Lawrence is.” Sedert hulle weer bymekaar is, het hulle hard gewerk om ‘n naam in die musiekbedryf te probeer maak – soms met gemengde welslae. “Die groep het al aan vele internasionale talentkompetisies deelgeneem, maar dit nooit eers gemaak tot by die rondtes wat op televisie uitgesaai is nie. Dit het ons laat wonder oor ons talent en die musiek wat ons maak. Ons het al baie kere amper tou opgegooi omdat niks net wou werk nie, maar ook besef dat baie van die talentkompetisies eintlik oor show buzz gaan en nie net oor talent nie,” vertel Gurshwon. “Baie mense maak ook vreeslike beloftes wat net nooit realiseer nie. Ander lewer weer graag kritiek,” sê hy. Tog het hulle nooit moed opgegee nie – hulle lede is immers almal mense wat al baie hard in die musiekwêreld gewerk het. Volgens Gurshwon het sommige van die lede al in drie-, vier- en vyfsterhotelle in Dubai en Spanje opgetree. Hulle het ook die afgelope paar jaar gereeld in kerke en by funksies en feeste, soos die Festi-
val of lights, opgtree. Verder is hulle o.a. as gaskunstenaars na die Suidoosterfees en die Global Spotlight Talent Search genooi. Hoe het hulle dan in 7de Laan beland? Volgens Gurshwon het die vervaardigers van 7de Laan in Januarie 2015 ‘n nasionale kompetisie geloods waarin deelnemers ‘n video op die sepie se amptelike Facebook-blad kon plaas. “Ons het besluit om ‘n oorspronklike liedjie, “Liefling”, wat deur Lawrence geskryf is, in te stuur,” vertel hy. “Ons het dadelik positiewe terugvoering gekry. Die mense van 7de Laan het ons gebel en ‘n klomp van die mense van die meer as 8000 views wat ons op Facebook gekry het, het ongelooflike positiewe kommentaar gegee,” sê hy. Die vervaardigers van 7de Laan het BlacShuga amptelik in Februarie vanjaar na hul ateljees genooi vir ‘n opname en verskyning in die sepie. “Dit was ‘n baie opwindende ervaring en dit was so lekker om al die bekendes te ontmoet en in lewende lywe te sien. "Hulle is almal baie vriendelike en gasvrye mense,” vertel Gurshwon.
“Dit was ‘n belewenis om te sien wat agter die skerms gebeur en ook te besef hoe professioneel almal is en hoe hard hulle werk en hoe talentvol hulle is,” sê hy. Intussen is die groep oorval met komplimente, gelukwensings en ongelooflike ondersteuning en positiewe reaksie. “Ons is so dankbaar vir almal, en veral vir ons families en vriende, se ondersteuning. Dit motiveer ons, maar dit motiveer ook ander mense wat dieselfde liefde vir musiek het,” sê Gurshwon. BlacShuga het groot drome vir die toekoms. Hulle beoog om binnekort ‘n cd op te neem en hulle wil ook terugploeg in die gemeenskap deur ander mense te help om hul talent te ontwikkel. Hulle raad aan mense met dieselfde drome as hulle is juis om nooit in jouself te twyfel of moed op te gee nie – alles sal nie altyd goed gaan nie en niks gebeur oornag nie. Vir meer inligting of besprekings kontak Gurshwon Wellman (071 150 9908 / gurshwonwellman909@gmail.com) of hul bestuurder, Gershwin Marthinus by 083 799 9379.
NUUS • NEWS
20 Julie 2016
NUUS • NEWS
2
• VAN ROMMEL OPTEL TOT SOP UITDEEL VIR 67 MINUTE
Wellingtonners maak harte oop op Mandeladag Die breë gemeenskap van Wellington het almal saamgespan om op Mandeladag hoop te bring en die harte van minderbevoorregtes warmer te laat klop. ‘n Wye verskeidenheid besighede, instellings en mense in hulle privaat hoedanigheid het moeite gedoen en vir 67 minute iets opgeoffer om Mandela se nalatenskap te gedenk. Die personeel van Shoprite het 100 brode se toebroodjies gemaak wat hulle aan minderbevoorregte kinders gaan uitdeel het. Perfect Place het besluit om heerlike kolwyntjies en sjokoladeblokkies vir die mense van die G-Voucher-projek te maak. “Die mense wat deur hierdie skema van kos voorsien word, is altyd maar net gewoond aan gewone massa-produksie kos. "Ons wil hulle vandag ‘n bietjie bederf met iets soets,” sê Susan Janse van Rensburg, medeeienaar van dié koffiewinkel. Pep se personeel het pakkies met basiese winterbenodigdhede vir kinders opgemaak wat hulle by ‘n skool aan minderbevoorregte
kinders gaan uitdeel het. Lede van Wellington se Polisiediens het Mandeladag gevier deur hul hulp by ‘n sopkombuis op die Ou Ruigtevleiplaas te gaan aanbied. Wellington Wines het weer op hulle beurt die lede van die Polisiediens en ander stille helde en mense wat agter die skerms ‘n diens lewer gaan bederf met varsgebakte pannekoeke. Die plaaslike Wimpy het gratis koffie aan bejaardes bedien en die personeel van Nedbank en die ppenbare bilblioteek het almal by afsonderlike punte sop aan minderbevoorregtes bedien. Verskeie inwoners het rommel in hul woonbuurte en in die dorp opgetel en die ATKV het, onder leiding van Hentas Kotzé, teen laatmiddag sop aan die pendelaars op die perron by Wellington-stasie bedien. Wellington se mense het op Mandeladag waarlik gestalte gegee aan die essensie van een van Madiba se vele wyshede: “As we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.”
20 Julie 2016
NUUS • NEWS
3
20 Julie 2016
• BREYTENBACH-SENTRUM
Andersheid en tuiskoms ondersoek
Wen naweek se verblyf by Country Show ‘n Naweekpakket vir ‘n gesin na dié courant se Country Show en skaapkopete by Bushmans Cave op Clanwilliam is op die spel. Om hiervoor in aanmerking te kom moet jy die volgende doen: Sms jou naam en van en tuisdorp saam met die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 1 Augustus om 15:00.
Vraag:
Noem een van die sangers wat by dié vertoning sal optree.
Die gesprekleiers was Rowan Smith (voormalige Dekaan van die St. George’s Katedraal in Kaapstad), Laurie Gaum (skrywer en voormalige predikant), Mike Botha (kenner van “bruin identiteit”), André du Toit (kunstenaar), J.P. Meyer (kunstenaar) en Jeanine Maske (voorsitter van die Raad van Trustees van die Breytenbach Sentrum). • Jaomi Zeeman Die Breytenbach Sentrum het op Saterdag 16 Julie gasheer gespeel vir ‘n baie interessante gespreksgeleentheid. Die tema van die gesprek, “Die anderste onder ons en hoe hulle tuiskom”, het gesorg vir ‘n bespreking van baie relevante vrae. Wie is die “anderste” of “die ander”? Wat is “tuiskoms” of “uitkoms” vir hierdie minderheidsgroepe? Waar is daar veilige ruimtes in ons samelewing waar mense met ‘n ander geloofsoortuiging, ras of seksuele voorkeur kan “tuiskoms” of “uitkoms” vind? Laurie Gaum het die bespreking gelei. Onder die uitgelese groep paneellede wat ook aan die gesprek deelgeneem het, was die kunstenaars J.P. Meyer en André du Toit, die NG-predikant en skrywer Fourie Rossouw, Mike Botha, wat sy meestersgraad met ‘n studie oor “bruin identiteit” verwerf het en Rowan Smith, die dekaan van die St. George’s Katedraal in Kaapstad. Tydens die gesprek is interessante en insiggewende kwessies rondom identiteitsperspektief uitgelig en bespreek. Laurie Gaum het reeds in sy inleiding tot die gesprek na die verskillende betekenisse en persepsies rondom die konsep van “anderste” of “die ander” verwys. Hy het ook die “tuiskom” of “uitkoms” binne die persoonlike en openbare dimensies van elke mens, maar veral van minderheidsgroepe, bespreek. Volgens Rowan Smith impliseer “uitkoms” of “tuiskoms” dat jy eers op ‘n ander plek vasgevang was. “Die vraag wat elke mens homself moet vra is: waarin is ek vasgevang? Dit bemagtig mense om ‘n sin vir wie hulle werklik is te ontwikkel en te omarm. Dit is egter ‘n proses,” sê hy. Hy voel dat die patriargale stelsel hierdie proses dikwels kortwiek en dat daar soms in die kerk ‘n “prys is om te betaal” wanneer iemand
“uitkoms” of “tuiskoms” verlang. J.P. Meyer se kunswerke word tans by die Breytenbach Sentrum se galery uitgestal en heet “Constellation of certainty”. Volgens hom verbeeld sy kunswerke gewoonlik sy proses van “tuiskoms” of “uitkoms”. “Die vrae waarmee alle kunstenaars worstel is ‘waar kom ons vandaan?’, ‘waarom is ons hier?’ en ‘waarheen is ons op pad?’ "Alle mense het hierdie gemeenskaplike behoefte – eers dán kan jy by ‘uitkoms’ uitkom,” sê hy. In die lig van die talle moorde, aanvalle, intimidasie en verguising van minderheidsgroepe, is dit volgens Laurie Gaum nodig dat daar oor hierdie kwessies gepraat moet word en dat gemeenskappe dit moet probeer stuit. Op ‘n vraag oor hoe die NG-kerk se standpunt t.o.v. gays tot mense se “tuiskoms” of “uitkoms” sal bydra, voel Fourie Rossouw dat daar hoop op uitkoms is. “Die NG-Kerk probeer, hoe lomp ook al, tog die proses aanpak. "Dat hulle, wat uit die eeue-oue tradisie van patriargale sisteme kom tóg probeer, is definitief iets positief,” sê hy. Hy voel ook dat blanke, Afrikaanse mense se “tuiskoms” of “uitkoms” miskien juis daarin lê dat hulle sekere dinge bely en verantwoordelikheid vir sekere dinge sal aanvaar. Volgens Laurie Gaum daag die gay-kwessie die NG-Kerk uit om sekere onsekerhede binne hulle organisasie aan te spreek – iets wat volgens hom positiewe gevolge kan hê. Uiteindelik is die essensie van al hierdie kwessies miskien vervat in Laurie Gaum se woorde: “In die soeke na ‘n verstaan van “die ander” of “anderste” se identiteit, bring dit dikwels vir jou helderheid oor jou eie identiteit.” Rowan Smith het dit net so mooi verwoord: “Ubunthu beteken: ek is omdat jy is. As ek ontken wie jý is, ontken ek ook wie ék is.”
NUUS • NEWS
20 Julie 2016
courant
dié
4
Vier die lewe en nalatenskap van ander en leer daaruit
Regoor Suid-Afrika is Madibadag Maandag gevier. Daar is uitgereik na gemeenskappe en hande gevat daar waar dit soms swaar gaan. Toe was dit moontlik om oor al die grense heen saam te werk. Om 'n verenigde front te vorm teen armoede, teen swaarkry, teen al die struwelinge van die lewe. Hoekom juis net dan? Hoekom kan daar nie ander tye ook so saamgewerk word nie? Hoekom moet dit beperk wees tot 'n "spesiale" dag? Hoekom kan ons nie net ons verskille eenkant toe skuif en na die groter prentjie kyk nie? Soms is dit die eie ego. Soms is dit die verwysingsraamwerk wat 'n persoon het. Wat gaan dit neem om almal se grense 'n bietjie te laat sak? Kan ons nie leer uit gister nie? Geskiedenis het 'n manier om homself te herhaal. Om 'n sirkel te vorm en dit oor en oor en oor te voltooi. So, dit wat reeds gebeur het, sal een of ander tyd weer sy kop uitsteek. Het ons dan uit die geskiedenis geleer om dieselfde foute nie twee keer te maak nie? Dit is wonderlik dat iemand se lewe gedenk word. Veral iemand wat so 'n impak op die wêreld gehad het. Moenie dat daardie warm gevoel van goeddoen verdwyn nie. Koester dit en bou daarop. Jou lewe sal soveel ryker wees.
Dis Goeie Nuus Om vir ander ruimte te maak
Oggendtee by Sunfield Home gehou Die Sunfield Home beplan ‘n spesiale oggendtee waarmee hulle Vrouedag wil vier. Die bekende motiveringspreker en skrywer Terblanche Jordaan gaan op Dinsdag 9 Augustus om 10:0012:00 by Sunfield Home ‘n interessante praatjie lewer. “Uit die huis van vrees na die huis van liefde” is die tema van die oggend. Jordaan, wat twee grade in teologie, ‘n meestersgraad in spiritualiteit en ‘n meestersgraad in filosofie het, voel sterk oor die houvas wat vrees op mense se lewens het. “Ons lewe in ‘n wêreld wat deur vrees beheer en oorheers word. Dit beïnvloed elke verhouding waarin ons staan,” sê hy. Sy standpunt is dat die mense by ‘n instelling
soos Sunfield Home ons juis kan leer om van vrees weg te beweeg. Hy sê: “Die wonder van die werk wat by Sunfield gedoen word, is dat daar ‘n persepsie is dat die mense hier niks het om by te dra of te gee nie. "Hulle grootste gawe is egter juis die liefde. Al wat hulle vra is: ‘wees lief vir my’. Ek gaan op Vrouedag ‘n bietjie gesels oor hoe ‘n mens die reis uit die huis van vrees na die huis van liefde kan aanpak.” Kaartjies vir hierdie geleentheid kos R100 elk en is by Sunfield Home beskikbaar. Vir meer inligting en navrae kontak Gerhard van Aardt by 021-873 5038 of gerhardva@sunfieldhome.co.za.
Dr Andrew Bosman
Paulus word deur die Jode in Jerusalem gevang, in die tempel. Hy was oppad na Jerusalem deur verskeie persone wat profetiese gawes het gewaarsku om nie na Jerusalem te gaan nie want daar wag verdrukking op hom. Hy het aan hulle gesê om nie sy hart week te maak nie, hy is selfs bereid om vir die evangelie van Christus te sterf. Paulus gaan steeds na die tempel dat as dit moontlik is ook van die Jode daar te oortuig dat Jesus die Messias of Gesalfde van God is. Hulle was bly toe hulle hoor dat daar duisende Jode was wat gelowig geword het. Ander Jode van Asië het egter hiervan gehoor en die skare oproerig gemaak en Paulus valslik beskuldig dat hy teen die wet is. Hy was bereid om vir hulle ruimte te maak, hy het later selfs die hele keiserlike lyfwag na die Here gelei.
Uitstappie:
Fyngoud Dienssentrum het die afgelope week ‘n heerlike uitstappie na Kampsbaai onderneem. Hier het hulle ‘n vertoning van die bekroonde “Keyboard Killers” deur Ian von Memerty in die Theatre on the Bay teater gekyk. Lede van die Dienssentrum gaan gereeld op soortgelyke uitstappies. Marietjie Bekker, Ellen Nortier, Susan Bezuidenhout, Edith Stephenson en Rida Crouse het die uitstappie terdeë geniet.
NUUS • NEWS
5
20 Julie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS R
38
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
R
89
PnP Bulk Thick Cut Matured Vacuum-packed Rump or Porterhouse Steak Per kg
PnP Uncooked Bulk Lean Beef Mince Per kg
7
R
95
56
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each
38 90
49
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
BUY ANY 2 FOR
90
R
County Fair Fresh Chicken Breast Fillets 4s Per kg
BUY 2 FOR
R
WAS
17 NOW
WAS
99 29 NOW
23 90
Danone Inkomazi Rich and Creamy Full Cream Maas 2kg
99
13
29 90
49
17 90
PnP NO NAMETM Quick Cooking Oats 1kg
29 90
PnP All Grain Eggs Large 18s
Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each
Liqui-Fruit 100% Fruit Juice Blend 2 Litre Each
23
54
PnP Bulk Oukraal Wors Per kg
Danone NutriDay or Yo-Jelly Smooth Yoghurt Assorted 6 x 100g
Sunshine D Lite Medium Fat Spread 1kg Tub
90
R
29 90
PnP NO NAMETM Corn Flakes 1kg
BUY ANY 4 FOR
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP White Sugar 2.5kg
R
88
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
19 90
27 90 Russian Bear Vodka 750ml
35
90
R
10
10 90
PnP Packet Soup Assorted 50-85g
Sparletta Carbonated Soft Drink Assorted 2 Litre Each
Equates to 39.95 for 2kg
Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case
194
ALBUM
99
WAS
NOW R
R20
170 Get Double Points
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
WAS
99 87 NOW WAS
90 189 NOW
59 90 148 90
Skip Intelligent Washing Powder 3kg or Liquid Detergent 900ml Each
PRICE PER NAPPY
Size 3 72s Size 4 60s Size 4+ 54s Size 5 50s
– – – –
R15
R2.06 R2.48 R2.75 R2.97
Huggies Gold Disposable Nappies for Boys or Girls Jumbo Pack Assorted Per Pack
www.picknpay.co.za/superanimals PRICES VALID 21 - 24 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Super Animals cards are available for online shopping. Super Animals cards not available in Pharmacy, Liquor or Clothing Stores. MMWCHS49
NUUS • NEWS
6
20 Julie 2016
Vervoer van perde weer moontlik ná siektes
Dankie:
Wyksraadslid Aidan Stowman van Wyk 11 van die Drakenstein Munisipaliteit oorhandig hier ‘n tjek aan Ds. James Fredericks, koördineerder van die Newton Holiday Club, die interkerklike uitreikprogram wat jaarliks tydens die Junie-skoolvakansie aangebied word
Turbines verwyder Eskom is tans besig om die Klipheuwel Windplaas teen die Weskus buite diens te stel. Die plaas wat uit drie windturbines bestaan, is aanvanklik as ‘n navorsingsfasiliteit vir windenergie gebruik. Die eerste fase om die windplaas buite diens te stel, het Dinsdag plaasgevind. Die windturbines is in 2002 deur Eskom opgerig. Die doel van die projek was om die potensiaal van windenergie as ‘n opsie vir die verskaffing van elektrisiteit na te vors, asook die ekonomiese lewensvatsbaarheid daarvan. Sedertdien het die windplaas 3MW aan Eskom se nasionale elektrisiteitsnetwerk verskaf. Volgens Eskom het die plaas ‘n groot rol in die besluitneming van ander toekomstige projekte gespeel. Die Klipheuwel Windplaas is egter nie meer nodig nie, nadat die nodige doelwitte bereik is.
Die uitvoer van perde vanuit die Wes-Kaap is sedert verlede week hervat. Dít kom nadat die Afrika Perdesiekte vroeër vanjaar in dié provinsie voorgekom het en genoodsaak was om sekere areas onder kwarentyn te plaas. Volgens Alan Winde, plaaslike minister van ekonomiese geleenthede, sal 82 perde gedurende vandeesmaand na ander provinsies uitgevoer word. Die eerste 29 perde het verlede Maandag Kaapstad Internasionale lughawe verlaat, waarvan die volgende 53 perde aan die einde van die maand sal vertrek. Die proses is deur die uitvoeragente van Hobday Equestrian Enterprises, in samewerking met die plaaslike provinsiale veeartse georganiseer. “Die perde sal vir ‘n drie maande kwarentynperiode in Mauritius bly. "Die meerderheid van die perde is uithouritperde wat na die Verenigde Arabiese Emiraat vervoer sal word waar Suid-Afrikaanse perde
hoog in aanvraag is.” In Maart vanjaar het 35 perde na Mauritius vertrek, wat verlede week in die VAE en Europa gearriveer het. Dít kom nadat Winde afgevaardigdes verlede jaar na Doebai gestuur het om die handel dryf van perde te bevorder. Dit was die eerste uitvoere wat plaasvind sedert gevalle van die siekte in die Boland in April aangemeld is. Gekontrolleerde vervoer van perde binne die area wat deur die virus geaffekteer was, het gedurende Junie tot ‘n einde gekom. Altesaam 21 perde van onder meer agt eienaars is positief vir die virus getoets. Vier perde het weens die siekte gevrek. Winde meen die uitvoer van perde speel ‘n groot rol binne die plaaslike ekonomie. Die industrie dra sowat R200 miljoen by tot die nasionale ekonomie wat potensieel kan groei tot R1 biljoen.
Kanola:
Kanola het begin blom en lyk redelik goed. Só sê Luan van der Walt van Graan SA. Volgens Van der Walt wil dit voorkom of daar vanjaar minder hektare aangeplant is. Die mees onlangse oesskattings toon dat daar in totaal sowat 78 000ha oor die hele land aangeplant is. Van der Walt sê die koue weerstoestande en reën is baie gunstig vir kanolaproduksie. “Die reën wat elke week bietjie val, hou die grondvog gunstig vir die plante,” voeg hy by. Verdere reën in Julie, Augustus, asook vroeg in September sal gunstig wees vir die Swartland, sê hy.
NUUS • NEWS
7
20 Julie 2016
Geklassifiseerd • Classifieds
Dagboek • Calender
Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 23 Julie - Koos van der Merwe. Kaartjies teen R120 beskikbaar by teater@breytenbachsentrum.co.za 30 Julie - Gerald Clark en Luna Paige - The Lovermore Show 11 Aug - Launch of Emily Hobhouse 13 Augustus - Mallies le Roux en die Besigheidsmanne 24 Augustus - Helena Hettema - R130 29 Oktober - Marc Lottering Currie Cup 23 July @ 15:00 Cavaliers vs Golden Lions. High School Grabouw. R30 Adults / R10 scholars / R10 vehicles. Gates open 10:15 Breytenbach Galery 23 Julie - Groep uitstalling - SOP en BROOD. Openingspreker die befaamde sjef, Johan van Schalkwyk om 11:00 RSVP : Ann-Ghrett 021 864 2988 / 083 415 0002 of galery@breytenbachsentrum. co.za Solo Studios Art Weekend 29 - 31 July - Group exhibitions in the Riebeek Valley - Tickets for the weekend will cost R225 (includes access to studios and exhibitions, an opening cocktail party and a Saturday afternoon party) Further details from Klaus Piprek on 074 209 6838 / klaus@solostudios.co.za Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za.
Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars o.a. Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse koor van die universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw & Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 / gwenhoney@telkomsa.net Darling Wild Flower Show 16 - 18 Sep - Darling Gholf Klub - Darling Gholf Klub, Jacaranda Street - Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www. parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts lightclassical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente
deurdra. Ek is baie jammer oor wat ek gedoen het. Vergewe my. NUTSMAN - betrouBaie lief vir Nanna. bare, eerlike, ervare Van : Jayden #2582 nutsman vir herstel, -----------------------------verf, teël en restoura- Baie geluk met my ma siewerk binne/buite se verjaarsdag. Mag huis. Skakel Willie die Onse Vader u nog Human 076 634 9925 baie jare deur dra. (het verwysings) – Baie dankie vir alles gratis kwotasies wat u vir my en my #2589 kind doen. Van : Sussie ----------------------------- #2583 ABC Partytjies: Kinder- -----------------------------partytjies, dekor, tafels 22 Julie en stoele te huur. Elsa Geluk met jou neënde 078 544 2038 verjaarsdag, mag Onse Hemelse Vader jou nog Gelukwensings Congratulations vele jare spaar en mag al jou wense en drome Graag wil ons as waar word. Baie lief familie vir pappa baie vir jou van jou peetma geluk wens met pappa Navolee #2585 se 80ste verjaarsdag. Mag God pappa se jare vervul met alles wat mooi is. Ons is bevoorreg om jou in ons lewe te hê. Baie liefde jou vrou , kinders , kleinkinders en agter -kleinkinders #2581 Aan oupa Klasie, Geluk met jou 80ste verjaarsdag Gods rykste seeninge op u lewe .Van Adelia , Wilnique , Bobby en gesin #2587 ----------------------------Wonderlike Nanna Ma, Baie geluk met Nanna se verjaardag. Mag ons Hemelse Vader u nog baie jare
Dienste Services
Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
courant
NUUS • NEWS
20 Julie 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
20 Julie 2016
• KLUB SE LEDE PRESTEER IN KOMPETISIES
Lid van Boland in SA-gholfspan
Boland Gholf het die afgelope tyd uitstekend presteer deurdat hulle ‘n lid in die SA Junior Gholfspan het, ‘n lid het wat vir die Toyota World Junior Teams Championship gekwalifiseer het, ‘n lid in die mans Protea-gholfspan het en ‘n lid het wat ‘n Amerikaanse toernooi gewen en vir die Amerikaanse Amateur Gholftoernooi gekwalifiseer het. “Ons is baie trots op die prestasies van Boland se spelers, veral die juniors wat hierdie jaar baie goed doen,” sê Eden Thompson, voormalige Direkteur van Boland Gholf en tans verbonde aan SAGA. “Herman Loubscher het Junior Protea kleure
verwerf en was in die SA Juniorspan. Hulle het in Tunisië gekwalifiseer vir die Junior Wêreldkampioenskappe, waaraan hulle in Junie in Japan gaan deelneem het. Die span het daar vierde geëindig – ‘n ongelooflike groot prestasie,” vertel hy verder. Volgens Eden is die Bolandspeler Garrick Higgo se prestasie om vir die Amerikaanse Amateur Gholftoernooi te kwalifiseer nog ‘n uitnemende prestasie. “Dit is verséker dié moeilikste Amateurtoernooi om voor te kwalifiseer. "Garrick moes in die VSA aan een van die kwalifiserende toernooie deelneem waar net die
beste twee spelers uiteindelik vir die Amerikaanse Amateur Toernooi kwalifiseer. Garrick het die toernooi gewen!” Die Boland Gholf-unie se hoofkantoor is in Wellington. Hulle administreer gholf in die Boland - dit sluit die affiliasie van klubs in die Boland aan die Boland Gholf Unie in. Daar is tans 38 klubs in die Boland wat aan dié Unie geaffilieer is. Volgens Elaine Thompson, admininstratiewe beampte by die Boland Gholf Unie, administreer hulle o.a. die Ope spelers, Mid Amateur, Seniors en Super Seniors en ‘n Meriete lys van spelers se
rondtes word ook op datum gehou. Golf is Cool is ‘n afrigtingsprogram wat deur Boland Gholf Unie ondersteun word en fokus op die ontwikkeling en afrigting van spelers tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar. Juniors kan kosteloos by die Boland Gholf Unie registreer, waarna hulle gereeld inligting sal ontvang rakende junior-toernooie wat in die streek plaasvind. Spelers wat goed presteer kan ook vir Provinsiale kleure in aanmerking kom. Vir meer inligting rakende Boland Gholf se aktiwiteite, tariewe, ens. kan enigeen Mariette Truter by 021 873 6828 of 0794940900 kontak.
McGregor still undisputed champion of Berg Hank McGregor entrenched his status as the undisputed champion of the Berg River Canoe Marathon by wrapping up a tactically brilliant overall victory while Bianca Beavitt defended her women’s title in a gusty display of determination when the race ended in Velddrif on the West Coast on Saturday. Holding a seven minute advantage going into the final stage McGregor knew that it would take a monumental mistake to derail his pursuit of an eleventh Berg title. The Euro Steel/Kayak Centre ace put in another calculated performance and took a clean sweep of stage wins and an eleventh win in thirteen starts. “I’m not really one for stats and every race that I win has got a special place in my heart
especially with it being my son’s second birthday [on Saturday],” a satisfied McGregor mentioned. “I am really happy with the four days, I won all four stages and all of the bridge prizes which is great. “It’s not every day that you race against guys that you raced against in separate World Championships where they both came second behind me and this year’s race was definitely a prestigious one with a couple world champions and a couple world champs medallists on the start line,” he explained. Despite very rarely being on his own throughout the race, McGregor managed to slowly carve out a lead from the time trial to the finish in Velddrif and without putting a foot
wrong the eleven-time winner re-wrote the record books once again in 2016. “Someone said that it was my 33rd stage win today which is great for the stats book but having my family here to enjoy it with me was far more important. “Having my wife and my son here along with my mum and dad was great!” an appreciative McGregor added. McGregor was joined on the podium by Simon van Gysen who produced a solid all-round performance to take the silver medal despite mentioning that he felt that he was not fit enough before the race started. The strong international contingent fared well in the low river conditions and all finished in the top ten overall with Hungarian World
R R
94
R
Flying Fish Assorted Non-Returnable Bottles 12 x 330ml
FRGTHS1034
PRICES VALID 21 - 24 JULY 2016
49
59
Alto Rouge 750ml
R
Marathon K2 champion Adrian Boros finishing as the best placed in third with Czech star Petr Mojžíšek in sixth and Australians Brendan Rice and Josh Kippin in seventh and eight respectively. “I really enjoyed the four days although I battled in the first two days due to my size and not knowing the river well,” Mojžíšek commented. “I am a big guy so I battled through the trees and all the corners look the same! The last two days were so much better for me because I am a flat water paddler so I felt more comfortable on the river. “The race is fantastic and I hope that I can come back and do it again,” the former Marathon silver medallist said with a smile.
149
Red Heart Jamaican Rum 750ml
R
100
Amarula Cream 750ml
Tafel Lager Cans Non-Returnable Cans 6 x 440ml
R
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks Best Customer 2013 are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. Loyalty Programme 2014 No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. three years in a row 2015
140
Klipdrift Premium Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
R
349
Hennessy Very Special Cognac 750ml