Wellington
courant
dié
1
Gratis • Free
18 Mei 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 370
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Verhaal van Skoonlief en die Onder op die planke
Die akteurs van Hugenote Hoërskool vertel tot Vrydagaand die verhaal van "Beauty and the Beast" in dié skool se saal op Wellington. Kaartjies beloop R50 vir volwassenes en R30 vir kinders en is by die skool beskikbaar.
• rust laat diep spore op wellington
Hulde aan ‘n ikoon
Die eerste dame van die dorp, ʼn ikoon. Dis van die woorde wat mens hoor as Wellingtonners van Winnie Rust praat. Dit is steeds ondenkbaar dat sy nie meer met ons is nie. Winnie het diep spore in die gemeenskap en harte van mense getrap. Winnie het uit ’n skrywersfamilie gekom. Sy is in 1939 op Moorreesburg gebore en het in 1946 na Wellington verhuis toe haar pa ʼn pos by die destydse Onderwyskollege in Wellington aanvaar het. Haar pa, C.P. van der Merwe, was die jonger broer van Boerneef en vroeër 'n Afrikaans-onderwyser. Kortverhale uit haar pen word deur die jare in verskillende bloemlesings opgeneem en die Literaprys vir debuutskrywers is twee keer aan haar toegeken. In die jare 2000-2013 was Winnie rubriekskrywer van die plaaslike Paarl Post. Haar eerste roman was Martha – die verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford, wat op die kortlys was vir die Jan Rabie/Rapportprys 2005. In 2011 verskyn Margie van die Seminary en ander verhale en in 2013 verskyn Trek, oor die ontwrigting van gedwonge verskuiwing van bruin mense uit die middedorp van Wellington. Sy was ook die samesteller van ʼn museumpublikasie wat hiermee verband hou, ʼn Lewe Suid van
Markstraat. Nostalgiese herinneringe aan ʼn tyd voor die gedwonge verskuiwings van die 1960’s (2014). Dit was ʼn behoefte van haar om die kloof tussen die mense van Wellington kleiner te maak. Winnie was nie net skrywer nie. Haar groot passie was die dorp en sy mense se geskiedenis. Sy en haar man, dr. Manie, was van die stigters van die Wellington Museum in 1975. Deur die jare was sy altyd aktief betrokke by die museum – as lid van die Vriende van die Museum, later ook as sekretaresse asook by verskeie museumprojekte. Winnie was die stigterslid van
die Wellington Besprekingsgroep in 1965 – nou die Gesprekskring. Sy het ook die Afrikaanse Leeskring begin en aan ʼn poësieklub in Durbanville behoort. Winnie het ʼn groot liefde gehad vir die kunste en musiek. Haar entoesiasme en betrokkenheid by die destydse Musiekvereniging asook die Breytenbach Sentrum getuig daarvan. Winnie het nie net gepraat nie, maar gedoen. Sy sou inspring en begin help met die bemarking van ʼn klassieke musiekreeks, of aanbied om sop en brood te maak vir die kunstenaars. Sy sou dadelik instem vir enige vergadering oor watter projek ook al en voorbereid kom en altyd dadelik vra hoe sy kan help. Winnie het opreg belanggestel in alle mense. Haar fyn aanvoeling en empatie met mense sal ons altyd bybly. Sy kon op ʼn sagte innemende manier mense moed inpraat, komplimenteer en ondersteun. Ons sal haar onthou as ʼn sprankelende, energieke, mooi en begaafde vrou met ʼn jonkheid van gees op wie die ouderdom blykbaar geen invloed gehad het nie. • Uit die pen van Wellingtonner Eugenie Wiggins, 'n dramadosent, taalkenner en baie betrokke lid van die gemeenskap. Sy was ook 'n goeie vriendin van Rust.
NUUS • NEWS
18 Mei 2016
NUUS • NEWS
2
18 Mei 2016
Dagboek • Calender
Group art exhibition 13 May - 6 June – ‘Manuscripts’ is a group exhibition in the Yard, 18 Huguenot Street in Franschhoek. The overall idea originated with the idea of working with the Dewey Decimal System experienced as a scholar in school libraries. For more information visist www.artinthe yard. co.za. Exhibition UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum.org.za. Breytenbach Sentrum Vertonings begin om 20:00 - Heerlike pizzas word vanaf 19:00 bedien en 'n kontantkroeg is beskikbaar 17 Mei - Whisky-proe met Andy Watts - R40 19 Mei - Andre Swiegers met Deja vu - R100 26 Mei - Stokkiesdraai-stories : stories, staaltjies en musiek eie aan Boland - R40 28 Mei - Die Onwaarskynlike verhaal van Miko om 11:00 - R50 Beauty and the Beast 17-19 Mei – Dié gewilde Disney-produksie word in die saal van die Hugenote Hoërskool opgevoer. Dit begin om 19:00. Kaartjies teen R50 vir skoliere (volwassenes R80) by die skool beskikbaar. Laerskool Hugo Rust 19 Mei - 'n Ma-en-Dogteraand wat hierdie jaar ïngekorporeer word met die Vroue-aand. Ons het vir Leandie du Randt (Binnelanders se Ivanka Gouws) met Irene-Louise van Wyk as gaskunstenaar om ons op hierdie spesiale aand te vermaak. Kom en geniet hierdie heerlike aand saam met ons!! Vir meer inligting kontak 083 422 5530 Worldart 21 Mei om 11h00 - Charl Bezuidenhout gaan vertel waarna om te kyk wanneer ons beplan om kuns aan te koop. Toegang R20 (sluit 'n glas
wyn in) RSVP : Anne-Ghrett voor 20 Mei 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 - galery@breytenbachsentrum.co.za Huguenot Primary School 27 May 2016 - Fundraiser event - 90's Mania at the Barnyard Theatre, Willowbridge. Tickets : R150 - Doors open at 18:30 en show starts at 20:00 Swartbergvlei Outride 29 May – Darling. Enquiries: 084 593 2745. Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362. Ceramic Matters 4 Junie om 11h00 - Kom ontmoet en gesels met Anthony Harris en Gerhard Swart en vind uit hoe hulle skeppingsproses werk. Toegang is gratis (wyn teen R10 per glas. Uitstalling duur tot 16 Junie. RSVP : Anne-Ghrett voor 2 Junie 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 galery@breytenbachsentrum.co.za 2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700; Cost: R470. Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket. Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30; 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
Petrolbeamptes: Wellington se petrolpomp-beamptes word nou opgelei deur die Drakenstein Munisipaliteit om sodoende ook deel van die dorp se toerisme te vorm. Opleiding is deur Luzelle Moller (middel voor) behartig en deur Wellington Toerisme geïnisieer.
Landbouwerker van die Jaar nou gesoek Tyd vir die jaarlikse Wes-Kaapse Landbouwerker van die Jaar-kompetisie kruip weer nader. Die Bergrivierstreek se inskrywingsvorm sal eersdaags uitgestuur word en die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag, 25 Julie. Beoordelaars sal die inskrywings wat ontvang is van 15 tot 19 Augustus beoordeel. Die kompetisie was voorheen bekend as die Plaaswerker van die Jaar-kompetisie. Liezl Jonker van die Bergrivier Tafeldruif Pro-
dusentevereniging het aan dié courant gesê die werkers sal weer in die volgende kategorieë deelneem: algemene werker, trekkerdrywer, administratiewe personeel, diereproduksie, tegniese operateur, besproeiingspesialis, sosiale ontwikkeling, landbou-verwerking, voorman/ voorvrou, junior bestuur en middelbestuur. Die streek se wenners en die provinsiale wenners word dan later in die jaar by die onderskeie spoggeleenthede aangewys.
Susan Botha was 'n 'ware gemeenskapsmens' Die ervare joernalis Susan Botha (60), lid van dié courant se redaksie en deurwinterde skrywer, is Vrydag skielik oorlede. Botha, wat die afgelope twee jaar deel van dié publikasie se redaksie was, se heengaan laat 'n groot leemte. Botha het op Sabie saam met haar twee broers en suster grootgeword. As dogter van 'n bosbouer, het sy haar kinderjare op die plantasies deurgebring en van vroeg af 'n liefde vir mense en Afrikaans gehad. In matriek het sy die Sanlam-prys vir die beste leerder in Afrikaans ontvang en daarna aan die Universiteit van Potchefstroom studeer en haar honneursgraad in kommunikasiekunde verwerf. Sy het ook militêre diensplig gedoen en nog altyd 'n droom gehad om valskerm te spring en het haar liefde vir mense by die destydse landelike stigting uitgeleef. Botha was jare deel van die Paarl Post se redaksie. Van hier is sy na die Bolander om weer 'n paar jaar later haar pad te vind na die gemeenskapskoerant, die Swartlander op Malmesbury waar sy redakteur was. Botha het talle kortverhale en digbundels geskryf saam met haar lewensmaat, Leonard Koza, wat in 2010 in 'n motorongeluk oorlede is. Nie net het sy haar slag met die pen gewys en haar hierin uitgeleef nie, maar sy het haar beywer vir sosiale regverdigheid en die opbou van die gemeenskap. Sy het op verskeie rade gedien, soos die Malmesbury GPF en dié van Huis van Heerdekinderhuis op Moorreesburg. "Susan was 'n uitstekende joernalis met soveel ervaring nóú vermeng met haar hart vir die breër gemeenskap.
"Haar dood is 'n groot skok en nog groter verlies waarvan ons die omvang waarskynlik eers hierna sal besef," só het die uitgewer van dié courant, Johan Viljoen, gesê. "My eerste kennismaking met Susan was in die laat tagtigs toe ek as aflos-joernalis vir Eikestadnuus haar by Paarl Post ontmoet het. "Daarna het ons ook saam by Paarl Post gewerk. "Haar soort passie vir die gemeenskap en haar ondervinding is juis dit wat die verskil maak by 'n gemeenskapskoerant. Ons is dankbaar vir die verskil wat sy by ons kon maak." Haar kollegas onthou: "My mentor, my vriendin, my ander ma. Jy het my van soveel meer as net joernalistiek geleer. "Ek is vandag 'n wyser mens as gevolg van jou." - Izélle Garcia "Susan, as ek werk toe ry en teen Langstraat se bult op kyk, besef ek jy is weg vir ewig. Dankie vir wat jy vir my die afgelope dekade beteken het. Gaan jou mis." - Karin Neethling "Jou opgewondenheid oor die nuwe Wellington-projek was aansteeklik. "Jy het jou hart gevolg, jou instinkte vertrou." - Marietjie Nel "Susan was my luister-maatjie. Altyd met raad en daad bygestaan." - Chrizaan Witbooi. " Gaan ons diep en ligte topics mis. Dankie vir al die raad, hulp en bystand." - Schalk Eygelaar. "Susan het altyd 'n ongelooflike liefde vir mense en die gemeenskap gehad. Daarvoor sal ek haar altyd onthou." - Desiré Kriel " Ons het saam nog so baie beplan vir de moZáik. Jou sagte lag sal my altyd bybly. Ek koester elke herinnering." - JB Paterson 'n Gedenkdiens word môre (Donderdag) middag om 15:00 gehou in die Bet-el PPK Gemeente in St Thomasstraat, Malmesbury.
NUUS • NEWS
3
18 Mei 2016
• CD BY BôRDIENGHUIS BEKENDGESTEL
‘Nael, sussie, nael’ met Orwellington
Wellington se eie deeltydse rock ‘n rollers, Orwellington, het pas hul eerste ses-snit CD, ”Nael, sussie, nael” opgeneem en dit Saterdag by die Bôrdienghuis-teater by Wellington se Breytenbach Sentrum bekendgestel. Die bekende sosioloog, musikant en skilder Andries Bezuidenhout was die gaskunstenaar. Orwellington bestaan uit Christie Botha, Louis Duvenage, Andre Loubser en Louis Pienaar. Laasgenoemde is die nuweling van die groep,
terwyl die ander drie manne reeds die afgelope drie jaar saamspeel. Benewens plaaslike optredes en in Tulbagh maak Orwellington ook gereeld musiek by die Tankwa Padstal in die Ceres Karoo tydens onder meer die jaarlikse Donkiekarfees. Die groep se naam sinspeel op die feit dat die groeplede almal in Wellington woon. Dit gee ook erkenning aan die Britse skrywer George Orwell, wat bekend is vir ikoniese boeke soos “Animal
Farm” en “1984”. Nie net is die groeplede almal Wellingtonners nie, maar is die opname en produksie van die CD ook ‘n produk eie aan die dorp. Dit is plaaslik in die Deluxe Black Room Bedroom Studio van Almuir Botha opgeneem en verwerk. Al die musiek en lirieke daarop is oorspronklik. Die groep word beïnvloed deur Stevie Ray Vaughn, Jack White en Radiohead. Orwellington tree weer op Donderdag 19 Mei op, hierdie keer in Worcester
waar hulle sal speel saam met The Pionieers, die Pionierskool vir Siggestremdes se nuwe musiekgroep.
WEN: Een gelukkige leser kan Orwellington
se eerste CD wen. SMS voor Maandag 23 Mei jou naam en ouderdom saam met die naam van een van die orkeslede na 084 8333 813 vir die gelukkige trekking.
Poole nou nuwe burgemeester van Drakenstein Die Drakenstein Munisipaliteit het op ‘n Spesiale Raadsvergadering vandeesweek raadslid Conrad Poole as nuwe uitvoerende burgemeester aangewys nadat sy voorganger, adv. Gesie van Deventer, bedank het. Van Deventer is nou haar party, die DA, se burgemeesterskandidaat vir Stellenbosch vir die komende munisipale verkiesing in Augustus.
Poole, wat tot dusver die onderburgemeester was, is ook onlangs as die DA se burgemeesterskandidaat vir Drakenstein aangewys. Hy is ‘n boorling van die Paarl en oudleerling van L.K. Zeeman Primêr en Paulus Joubert Sekondêr. Poole is tydens ‘n tussenverkiesing in 2007 as ‘n wyksraadslid in Drakenstein verkies vir die
Hugenote Laer teen St Albans: Daniel Venter van Hugenote Laerskool stuur die bal vir sy agterlyn in die o.11A-kragmeting teen St Albans Primêr.
Bo: James Daniels van St Albans Primêr probeer Hugenote opponent Su-agen Kuiler afskud in die 0.11A-kragmeting gister. Agter is Hugenote se Josh Oostendorp. Daniels was sy span se speler van die wedstryd.
Bo: Desné Jagman van St. Albans en Daleen Koegelenberg van die tuisspan, Hugenote, reik saam na die bal in gister se 0.13A-netbalwedstryd tussen dié twee Wellingtonse skole.
Onafhanklike Demokrate (OD) en in die 2011 munisipale verkiesing herkies as raadslid. Hy is hierna as onderburgemeester aangewys en het op die burgemeesterskomitee die portefeulje van landelike ontwikkeling behartig. Poole, ook voorsitter van die Drakensteinvoorsitter van die DA, is getroud met Jené. Hul het drie dogters, Kim, Andrewnicia en Chanty.
• Die nuwe onderburgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit wat dié pos by Poole oorneem, is raadslid Gert Combrink. • Ná sy verkiesing Maandag het Poole vir raadslid Reinhardt van Niewenhuyzen in die burgemeesterskomitee opgeneem om landelike ontwikkeling te hanteer.
NUUS • NEWS
18 Mei 2016
courant
dié
4
Sandkorrels van die lewe
Hierdie week is 'n moeilike een in die kantore van dié courant. Soos elke week, het hierdie ook sy uitdagings. Net meer as gewoonlik. Hierdie week is 'n stoel in die kantoor leeg. 'n Rekenaar bly onaangeraak, 'n beker koffie minder word gemaak, 'n groet minder, 'n gesig minder... Kollega Susan Botha, se sitplek in kantoorvergaderings is leeg. Ja, sy was 'n kollega, maar nie net dit nie. Sy was soveel meer. Dis vreemd hoe 'n mens se onderbewussyn 'n film maak van jou herinneringe aan 'n persoon en dit dan enige tyd, tydig of ontydig, vir jou begin speel. Snaaks hoe sekere gesprekke vandag soveel meer sin maak. Die lewe is kort. Baie kort. Met elke groet besef ons almal dit keer op keer, maar ons onthou daardie gevoel net vir 'n paar dae. Dan stoomroller ons voort met ons lewens... Die gevoel van waardering vir ander weer iets wat vergete is. Spyt kom altyd te laat. Ons vrae altyd: moes ek nie meer gedoen het nie. Moes ek nie meer dankie gesê het vir die klein dingetjies nie? Vraag is, wat kan jy nou daaraan doen? Niks. Net mooi niks. Tyd vlieg verby. Die horlosie staan vir niemand stil nie. Ons almal se sandjies loop maar stelselmatig uit. Sommige het minder sand in die uurglas as ander. Juis omdat ons nie weet hoeveel sand ons het nie, juis hierom moet ons dankbaar wees vir elke korrel.
Top-kunstenaars se keramiek by Breytenbach Galery
Links bo: Onder die werke op uitstalling is Voete van Klei. Bo: Holy Faces en Inflatable Teddies. Links: Anne-Ghrett Erasmus van die Bryetenbach Galery saam met die kunstenaars Anthony Harris en Gerhard Swart.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Die groot krag van God
‘n Seker towenaar met die naam van Simon het in Samaria die mense vir ‘n geruime tyd met sy towerye verbyster en hulle het hom aangehang en die groot krag van God genoem. Filippus ‘n diaken het gereis na daardie stad en Jesus Christus aan hulle verkondig. Die skare het daarna geluister toe hulle die woorde van Filippus hoor en die tekens sien wat hy doen. Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het uit hulle uit gegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu. So het ook baie wat lam en kreupel was, gesond geword. Daar was groot blydskap in daardie stad. Toe die mense van daardie stad Filippus geglo het wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus aan hulle verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue. Toe die apostels hoor dat Samaria die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Die het afgekom en vir hulle gebid dat hulle die heilige Gees mag ontvang. Die Heilige Gees het nog nie oor een van hulle gekom nie. Simon het self ook gelowig geword en het die apostels geld aangebied sodat wie hy die hande oplê, die Gees mag ontvang. Petrus het hom bestraf, omdat hy gedink het hy kon die gawe van die Gees deur geld verkry. Simon mag die mense verbyster het met sy towerye, maar dit was in eie krag, die krag wat van God kom is deur geloof in die Seun van God en nie uit onsself nie.
‘n Besondere keramiek-kunsuitstalling deur twee topkunstenaars van Wellington is Saterdag in die Breytenbach Galery op Wellington geopen. Die plaaslike en internasionaal bekroonde Anthony Harris en Gerhard Swart het saam aan die Johannesburg Kunskollege studeer en in 1997 Ceramic Matters saam begin. Ceramic Matters was sedertdien betrokke by verskeie uitstallings in Suid-Afrika en plekke soos London, Parys, New York en Hong Kong. Van hul opdragwerke sluit in African Challenge Sokkertrofee, FCB/Lindsay Smithers-trofee, asook trofeë vir die Gensec-toekennings, Pendoring-toekennings, Sanlamtoekennings, Toyota-toekennings en werke vir Incredible Connection, Vodacom en Vodac. Hulle het ook al in opdrag reuse-kandelare van vyf meter groot vir ‘n casino ontwerp en gemaak met ‘n gietysterafwerking. Onder hul toekennings tel Ontwerper van die
jaar in 2007 en een van Ceramic Matters se werke, “Inflatable Teddy” is in 2010 deur VISI aangewys as een van die 50 beste internasionale ontwerpe in die voorafgaande 12 jaar. Ceramic Matters het ‘n lang lys plaaslike en internasionale kliënte waaronder The Conran Shop, Liberties of London, Globus Stores in Switserland en Afrikana Galery in Australië. Harris het tydens die opening Saterdagoggend verduidelik dat hy en Swart mekaar aanvul in hul werk. Hy het bygevoeg dat al sy werk “elemente is van wat ek al alles geleer het. Dit is in my kop, of ek daarvan hou of nie. Dit moet uitkom en dit is eintlik wat ek wil oordra.” Op ‘n vraag oor die bepaling van die prys van werk, het Harris gesê dat grootte inderdaad ‘n uitdaging bring, maar dat die egtheid/ eerlikheid van die werk ‘n groot rol speel. Die uitstalling by die Breytenbach Galery in die Breytenbach Sentrum duur tot 16 Junie.
Promosie
Borg: Fabian Meyer (Voorsitter) en Jovan-re Cupido (Sekretaris) van die Hillcrest Rugbyklub van Wellington ontvang toerusting van Raadslid Kearns, Wyk 10. Hillcrest se toerusting is verwoes toe die pawiljoen in September 2015 aan die brand geraak het. Raadslid Kearns het toerusting ter waarde van R25 000 aan die klub geskenk.
NUUS • NEWS 18 Mei 2016
5
NUUS • NEWS
6
18 Mei 2016
Beauty and the Beast @ Hugenote Hoërskool
OKLB 113334/27/A
GROOT GEUR. KLEIN PRYS. Kry ’n enkel Jalapeñoof Boerieburger, skyfies en koeldrank vir slegs
R19.90.*
*Aanbod geld vir ’n beperkte tydperk. Solank voorraad hou. Aanbevole prys vir ’n klein ete alleenlik. Coca-Cola® is ’n handelsmerk van die Coca-Cola© -maatskappy 2016.
NUUS • NEWS
7
18 Mei 2016
Onthou dié datums Die Bôrdienghuis is ‘n intieme venue by die Breytenbach Sentrum in die hartjie van Wellington. Daar word op ‘n gereelde basis vertonings aangebied wat wissel van musiek tot kabaret en drama. Die venue is ook geskik vir troues, verjaardagvieringe, klein konferensies en produkbekendstellings. Verskeie boeke is al hier bekendgestel. Vertonings begin 20:00. Heerlike pizzas word vanaf 19:00 bedien en ’n kontantkroeg is beskikbaar. • 7 Mei - Terug na die kombuis – met Koos Kombuis en Andries Bezuidenhout. R120. Details • 13 Mei - Albert Frost. R100. Details • 14 Mei, 13:00 - Orwellington CD-bekendstelling: Nael, Sussie, Nael. Gratis toegang. Voorafgegaan deur die opening van Ceramic Matters se uitstalling Stof om 11:00 in die Breytenbach Galery. Details • 17 Mei - Whisky-proe met Andy Watts.
R40. Details • 19 Mei - Andre Swiegers met Déjà vu. R100. • 26 Mei - Stokkiesdraai-stories: Stories, staaltjies en musiek eie aan die Boland. R40 • 28 Mei - Die Onwaarskynlike verhaal van Miko om 11:00. R50 • 3 Junie - Storievertelaand met Elias P Nel. • 18 Junie - Twee – met Herman Kleinhans en Maria Rademan • 22 Junie - Chris Chameleon. R125 • 7 Julie - Jak de Priester. R120 • 9 Julie - Elvis Blue • 23 Julie - Koos van der Merwe • 30 Julie - Gerald Clark & Luna Paige - The Lovemore Show • 11 Augustus - Launch of Emily Hobhouse • 13 Augustus - Mallies le Roux en die Besigheidsmanne • 24 Augustus - Helena Hettema. R130 • 29 Oktober - Marc Lottering
Betrekking Vacancy AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/5
Dienste Services
ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393/2 ------------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/11 ------------------------------TOESTELLE HERSTEL – Mikrogolf-oonde, mengers, bore, tuimeldroërs en vele meer – Skakel JP op 082 642 0050 #2439
Gelukwensing Congrats
Guess who turned 18
Yor ousus!!Geluk met jou geboortedag mag God jou ryklik seën en mag jy net ’n goeie ma wees vir jou kinders. Baie, baie lief vir jou Van jou susters – Merltine en Lineve #2446 ------------------------------20 Mei -
Geluk antie Georgina met u verjaardag. Geniet u daggie baie liefde: Janza Familie #2447
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/44
Memoriums Memoriam
MERVYN TORIEN 22-05-1946 : 19-08-2010
Hillcrest:
on 09 May 2016. Happy birthday my lovey daughter.From: Mommy & your sister Amy #2438 ------------------------------Raai wie word 2... 21.05.2016 Carlyle Abrahams
Die Hillcrest United rugbyklub van Wellington het Saterdag teen die span van Wolseley te staan gekom. Regs is Zade Jardien wat ondersteun word deur Ryan Persense.
Lekker verjaar Van: Dadda en Mammie #2443 ------------------------------Geluk met jou verjaarsdag Carlyle. Geniet jou daggie. Van: Mamma, Shaurnell en Sune #2448 ------------------------------23/05 -
Geluk my oudste - Mag God jou ryklik seën met ‘n goeie lewensjaar vorentoe! Geniet jou daggie - ons is baie lief vir jou – Ciscus, Mammie, Quwin en Lilah #2444 ------------------------------Geluk met Mammie se verjaardag - ons is baie lief vir Mammie Aduwaan en Shaskia #2445
A Dad and husband in a million that was you, nothing was too much for you. Your love was infectious as you shared it. It’s your 70th birthday… enjoy it with all the angels. We love and miss you, but you RIP – you earned your rest. From wife, children and grandchildren #2440 ------------------------------ROEMS ADAM 12-02-1935 : 16-05-2014
Vandag is dit 2 jaar wat Pa ons ontval het. Dit voel nog steeds so onwerklik om te glo dat Pa nie meer by ons is nie. Ons Liewe Vader het pa nodiger gehad as ons. Ons koester nog die mooi herinneringe wat Pa ons agtergelaat het en sal Pa nooit vergeet
nie. Pa leef nog elke dag voort in ons harte. Rus sag – Van : Desiree, broers, kleinkinders en agterkleinkinders #2442
Sterfgevalle Obituary
Sag neem ons afskeid van Wyle ELIZABETH DOREEN WARRIES (Anna) op Woensdag, 11 Mei 2016. Troosdiens is Woensdag, 18 Mei 2016 in St Thomas Anglikaanse Kerk om 19h00. Begrafnis is Saterdag, 21 Mei – 08h00 besigtiging by Kerk en die diens om 9h00 – Spreuke 31:10 “ ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene” #2441 ------------------------------SUSAN BOTHA Ons gaan jou vreeslik mis. Ons harte is seer en ons neem swaar afskeid, want ons is lief vir jou. Jy het vele lewens geraak met jou vriendskap, omgee, hulp en raad. Rus sag liewe suster... Baie liefde jou suster Hanli Lamprecht en kinders #2454 ------------------------------Susan, baie dankie vir die wonderlike mens wat jy vir my was. Altyd omgegee en my bygestaan deur die storms in my lewe. Gaan jou baie mis. Jy wandel nou op strate van Goud. Baie Liefde Johan Kotze (Yzerfontein) #2449 ------------------------------Susan jy het in almal se lewens 'n Ma figuur gespeel en was vir ons almal daar met raad en daad. Sal ons naweek saam by Bulshoekdam vir altyd koester. Rus sag vriendin Baie liefde Karen Hopley #2450 -------------------------------
Susan ons gaan jou so oneindig mis - jy het altyd bemoedigende woorde gehad as die pad donker was. Jy het 'n hart van goud gehad en het baie myle vir almal geloop. Baie dankie vir alles wat jy vir ons gedoen en beteken het. Liefde Marius, Aletta, Boeta en MJ. #2452 ------------------------------Ons weet daar is vrae, maar wie is ons om 'n vraagteken te plaas waar God 'n punt gesit het? Om jou aan die dood af te staan het ons die geleentheid gekry om in diep nadenke te besef dat ons lewe so vol was as wat ons dit vir mekaar kon maak en ons sou dit net so oorgedoen het sou ons nou weer die kans kry. Daarom sê ons dankie vriendin dat jy ons lewe volgemaak het en ons vertrou dat jy vol van liefde na jou ewige rusplek binne is. Ons sal jou altyd mis. Liefde Tania, Moos en kinders #2455 ------------------------------Ons is stom..so skielik is jy weggeneem. Baie dankie vir alles wat ons kon deel en die voorreg dat ons jou kon ken. Rus sag. Helen, Hansie, Igna en Jeanette Hofmeyr #2456
Te Huur To Let
Malmesbury Bachelor woonstel – baie netjies en veilig. Verkieslik ‘n manspersoon met sober gewoontes. Koopkrag – R2700,00 p/m. Skakel Theresa – 082 552 4848 #2451 ------------------------------2 Slaapkamer woonstel (Malmesbury) ± 80m² - R3 810. 1 Motorhuis – R350. 1 Maand deposito – geen kinders in blok – Skakel 022 482 3993 vir aansoekvorm #2416/1
courant
tel 022 487 3221
18 Mei 2016
18 Mei 2016
Sege: Die Boland Ka-
valiers het Vrydag op hul tuisveld sake vir die Down Touch Griffons moeilik gemaak. Die Kavaliers doen alles in hul vermoë om vir vanjaar se Currie-beker te kwalifiseer en die oorwinning oor die Griffons het die pad effens meer gelyk gemaak. Die Kavaliers het met rustyd voorgeloop met 20-10, maar in die tweedehelfte teruggekeer met nuwe moed en die eindtelling op 56-17 te staan gebring. Vir die Kavaliers het Ryan Nell, Zandre Jordaan, Danwell Demas, Nico Scheepers, Marnus Hugo, Edwin Sass en JC Genade agter die pale gekuier. Doelskoppe is deur Theuns Kotze (3) en Adriaan Carelse (3) oor die dwarslat gestuur. Kotze het ook met drie strafskoppe geslaag. Links is Wayne Wilschut wat ondersteun word deur Ferdi Horn en Ockie van Zyl. Heel regs staan Francois Hanekom ook nader.
Sportuitslae Sports results Rugby Witsentraal: Hamlet 30, Roses United 10 Delicious 29, Wellington 22 Newtons 40, Tulbach 11 Bella Vista 21, Evergreen Paarl 10 Hillcrest United 52, Wolseley 17
Sportdagboek Sports diary
Willowcreek/Computer Mania MTB Challenge 21 May: Wolseley; http://www. pedalpower.org.za/events/pedal-powerassociation-77/ AmariderBikehub 100miler/50miler 21 May: Malmesbury; www.dirtopia. co.za Darling Brew Extreme 28 May: Darling; http://www. darlingbrew.co.za/mtb/mtb.html Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast non-technical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter onlie at www. pedalpower.org.za.
• ULTRA-MARATHON TESTS ENDURANCE
Pedal to the metal in Amarider The eighth edition of The Amarider 100Miler will be presented by Bike Hub and will take place in Malmesbury this Saturday. This individual one-day mountain bike ultramarathon of 160km is affordable and a very special event. From the humbling beginnings that grew in 2009 to what is now one of the must-doevents on the mountain biking calendar. The scenery is beautiful in the Swartland during autumn and the riding is not technical. The weather conditions play a major role in testing your endurance, as mud, wind or rain do on most outdoor events. This event will start early morning just as the sun is rising, with astounding scenery that is spellbound to keep the legs going for many hours. Only pre-entries will be accepted for both distances. Entries are limited and remember
NUUS • NEWS
SPORT
dié
8
that this is a seeding event for Die Burger MTB Challenge 2016.The 160km (100Miler) route is divided into three sections of approximately 55km with two compulsory timing checkpoints. The format of the race creates perfect vantage points for spectators and support. While the competition is based on solo riders completing the entire course these riders can form 4-man teams and enjoy a day out with mates on a saddle (of course)! The team results will be based on the 4th rider crossing the line thereby encouraging teamwork and camaraderie. The shorter route option of the 50Miler (80km), starts at the halfway mark at Riebeeck Kasteel and ends with the 100Miler riders at the Malmesbury Showgrounds. This event also provides an opportunity for keen riders to taste endurance riding along with
R
CELEBRATE
MORE FOR LESS
Gravel & Grape MTB stage race 6-8 May: Breederkloof Valley; gravelandgrape.com
twist and turns against the clock. Amarider members get R50 discount on entry fee According to Meurant Botha, director of Amarider, the 100 Miler was created to become a primary fundraiser for the organisation. Amarider is a recreational trails advocacy group focused on improving trail opportunities on the African continent and proceeds of the event are channelled directly to trail projects. Amarider is focused on improving trail construction standards around the country and assist various mountain bike clubs to ensure that their trails are safe and environmentally sustainable. Finishing the Amarider 100 Miler within the allotted 10hours 30minutes cut-off time is one of the most challenging endurance tests! For further information email info@dirtopia. co.za or contact 021 884 4752
Savanna Light, Dry or Dark Premium Cider 24 x 330ml
230
r
Per Case
129
J&B Rare Scotch Whisky 750ml
R
R
169
Bell’s Extra Special Whisky 750ml
149
R
259
R
299
Johnnie Walker Black Label Whisky 750ml
R
179
150 5309_100 x 260
PRICES VALID 19 - 22 MAY 2016 AT Pick n PAy liquor STorES lAnGEBAAn, MAlMESBury, VrEDEnBurG, WEllinGTon, DurBAnVillE, WilloWBriDGE, SABlE SquArE, FrAnScHHoEk, BiG BAy AnD cErES STorES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Ballantine’s Blended Scotch Whisky 750ml
Jameson Irish Whiskey 750ml
Jim Beam American Bourbon White Label 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505309_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/05/12 1:02 PM