Skip to main content

Die courant well 17 aug 2016 383

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 383

17 Augustus 2016

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Stowman nou speaker

Die nuwe burgemeesterspaar van die Drakenstein Munisipaliteit, Conrad en Jene Poole, by die inhuldiging gisteroggend in die Paarl-stadsaal. Poole het vroeër vanjaar reeds die leisels by advokaat Gesie van Deventer oorgeneem toe dié haar op Stellenbosch verkiesbaar gestel het.

Die waarnemende munisipale bestuurder van die Drakenstein Munisipaliteit, Jacques Carstens (regs), verwelkom Aiden Stowman as die nuwe speaker. Stowman is onlangs in die munisipale verkiesing as wyksraadslid vir wyk 11 (Van Wyksvlei en Newton) verkies. Hy volg die ervare Koos le Roux, ook van Wellington, op in dié amp.

• JUAN DE JONGH GEE DORP 'N EERSTE

Medaljes vir Wellington Wellington het twee Olimpiese medaljewenners opgelewer. Met die Suid-Afrikaanse sewes-rugbyspan se bronsmedalje-vertoning tydens die Rio 2016 Olimpiese Spele, het die geliefde Wellingtonner, Juan de Jongh, ons dorp se heel eerste Olimpiese medaljewenner geword. Hierdie medalje is opgevolg met nóg ‘n medalje toe Luvo Manyonga van Mbekweni buite Wellington ‘n silwermedalje in die verspring verower het. Die Blitzbokke, wat as deel van die Suid-Afrikaanse Olimpiese Span in Rio de Janeiro aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het, het geskiedenis gemaak toe hulle die bronsmedalje in die Rugby 7’s gewen het. Dit was die eerste medalje wat ooit in hierdie sportsoort deur ‘n Suid-Afrikaanse span gewen is en het die Blitzbokke se uitmuntende pogings in die drie dae van hierdie strawwe toernooi, beloon. Alhoewel die Suid-Afrikaanse span se pad tot by die bronsmedalje-finaal nie seepglad verloop het nie, het hulle Japan tydens hierdie belangrike wedstryd met 54-14 platgeloop. Die ag skitter-drieë wat die span tydens hierdie wedstryd gedruk het, het hulle plek op die olimpiese podium beklink. Die 28-jarige Juan Leon de Jongh is ‘n Wellingtonner in murg en been wat reeds sedert sy skooldae bobaasrugby speel. Hy was ‘n eerstespan-rugbyspeler vir sy alma mater, Hugenote Hoërskool. Na matriek het hy vir die Boland Kavaliers uitgedraf en in 2007 vir die Westelike

Provinsie begin speel. Hy het in sy rugbyloopbaan reeds 56 keer vir die WP-rugbyspan uitgedraf, 93 keer vir die Stormers en 16 keer vir die Springbokke. Juan het al bykans 170 punte op professionele provinsiale, nasionale en internasionale vlak op die rugbyveld aangeteken – en nou bring hy ‘n Olimpiese medalje huis toe. Dat hy ‘n trotse Wellingtonner is, is nie te betwyfel nie. Op sy Twitter-profiel beskryf hy homself eerstens as ‘n “proud son of Wellington” en dán as ‘n “professional Rugby player.” Hy is in 2013 deur sy alma mater, Hugenote Hoërskool, vir sy puik prestasies op die rugbyveld met ‘n eretoekenning vereer. Tydens hierdie geleentheid het hy geen geheim van sy liefde en lojaliteit teenoor die skool, sy familie en die dorp gemaak nie. Volgens ‘n eg-Wellingtonse tradisie, waar die Hugenote-leerders na hulself as “Blackies” verwys, het Juan laat hoor dat sy bloed “altyd swart sal wees – Blackies-swart”. De Jongh het in Mei nog las van ‘n dyspierbesering gehad en moes gevolglik ‘n belangrike Stormers-wedstryd teen die Blou Bulle misloop. Hy het egter mooi herstel en sou volgens berigte definitief in die Springbokgroep opgeneem word, was dit nie vir sy verbintenis tot die Blitzbokke nie. Die ander plaaslike medaljewenner, Luvo Manyonga, se pad tot op die Olimpiese podium was een van baie terugslae, deursettingsvermoë en hoop. Luvo het onder baie moeilike omstandig-

hede by sy ma, ‘n huishulp van Mbekweni, en ouer broer en suster grootgeword. Mario Luvo het uitstekend begin presteer en in 2009 ‘n derdeplek by die Afrika Junior Kampioenskappe behaal. In 2012 stort Luvo se atletiekloopbaan in duie toe hy positief toets vir verbode middels. Dit kom aan die lig dat hy ‘n dwelmprobleem het en hy word vir 18 maande uit atletiek geskors. Boonop sterf sy afrigter, Mario Smith, tragies in ‘n motorongeluk. Luvo draai byna by die dood om a.g.v. sy tikverslawing. Die volgehoue positiewe insette en ingryping van mense soos die afrigter John McGrath, die voorsitter van die Olimpiese Komitee Gideon Sam en die Olimpiese swemmer Ryk Neethling, help Luvo om bo sy omstandighede uit te styg. Die Olimpiese Komitee gee hom permanente verblyf by die Hoë Prestasie Sentrum in Pretoria en in die middel van 2015 begin Luvo weer voltyds oefen. Vandag is Luvo Manyonga die trotse silwermedaljewenner in die verspring by die Olimpiese Spele in Rio – iets wat hy met vasberadenheid en deursettingsvermoë reggekry het. Volgens De Jongh was dit ‘n “fantastiese reis saam met die Suid-Afrikaanse span” in Rio. Luvo se eerste reaksie nadat hy die podium in Rio bestyg het, was dat hy die goeie nuus heel eerste met sy ma en seuntjie in Mbekweni wil deel. “Ek het my duiwels oorwin – dit wat my teruggehou het, het ek agtergelaat. Kyk waar is ek nou,” het hy gesê.

NUUS • NEWS

17 Augustus 2016


courant Goeie sportmangees is

dié

2

altyd die wenner

Met interskole-koors wat nou 'n brandende hoogtepunt bereik het, is dit belangrik om altyd die doel voor oë te hou. Dit is maklik om opgesweep te word in die vurige stryd tot oorwinning, maar dit is nie altyd die eindpunt van die hoogtepunt is nie. Die reis tot daardie oomblik is die pad van maak of breek. Al die ure se swoeg en sweet wat vooraf ingesit is, beteken niks as daar na die tyd vinger gewys word en jy gebrandmerk word as 'n swak sportman nie. Ja dit is normaal om emosioneel te wees. Dit is ook reg so. Moedig aan. Die heeltyd. Skree so hard soos jy kan, maar met die nodige respek. Opbouende kritiek, eerder as afbrekende opmerkings, is nodig van die kantlyn af, want hier word 'n wedstryd ook gewen of verloor. Almal op die dag is ewe belangrik. Of jy nou vir die jongste span speel en of jy nou vir die glorieryke eerste 15-tal uitdraf. Jy trek immers jou skool se wapen oor jou kop en hy kom lê op jou bors. Die dag en die oomblik is groter as jy. Om goeie gees te behou, is nie altyd maklik nie. Veral as jy verloor. Maar styg uit bo dit. As jy aan die verloorkant is, wens jou teenstaanders geluk. Gee hulle 'n klop op die skouer en die erkenning wat hulle toekom. Hulle het net so hard soos jy gewerk om hierdie dag suksesvol te maak. Volgende jaar draai die wiel en is jy aan die ontvangkant van die gelukwensings. Laat goeie sportmangees seëvier. Geniet elke oomblik van elke wedstryd. Op of langs die baan. Moedig mekaar aan, want die samesyn is deel van die groot lekkerte.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

As julle julle tot die Here bekeer Die Israeliete, al twaalf stamme, word deur koning Jehiskia uitgenooi om die pasga in Jerusalem by te woon. Hy het briewe uitgestuur deur die hele Israel en Juda want hulle het nie meer die pasga gehou soos voorgeskrewe was nie. Dit was reg in die oë van die koning en sy volk. In die brief het gestaan dat die Israeliete hulle moes bekeer tot die Here die God van Abraham, Isak en Israel en dat die Here Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die hand van die koning van Assirië. Hulle moet nie soos hulle voorvaders en broers wees wat ontrou teenoor die Here gehandel het nie. Koning Jehiskia noem aan die volk dat as hulle hulle tot die Here bekeer, Hy hulle broers en kinders genadig en barmhartig sal wees sodat hulle weer na hulle land kan terugkeer. Hulle God is ‘n vergewende God wat nie Sy aangesig van hulle sal wegdraai nie. ‘n Groot menigte het na Jerusalem gekom en die afgodsaltare afgebreek en die pasga tot eer van die Here gehou. Hulle het hulle harte daarop gerig om die Here te soek en Hy het Jehiskia verhoor en die volk genees.

NUUS • NEWS

17 Augustus 2016

Koorfees laat note weergalm Op Donderdag 15 September hou Wellington ‘n Koorfees wat die ryk koortradisie van ons dorp herdenk. Dié Koorfees, wat na Charlotte Cupido, ‘n voormalige benoemde vir “Wellingtonner van die Jaar” en bekende in musiekkringe vernoem is, gaan dorpenaars met koorsang van ons dorp se voorste kore vermaak. Die fees, wat in die dorp se stadsaal plaasvind, sal om 19:30 afskop en beloof

Die Herfsvreugde koor van die NG-Kerk Wellington-Oos, die koor van die VGK Van Wyksvlei, die VGK Wellington Koor, die HJ Legolie AME Kerkkoor, die VGK Wellington Bergrivier Koor en die Nuwe Apostoliese Kerkkoor sal o.a. ook by die geleentheid optree. Alle dorpenaars en musiekliefhebbers word na hierdie wonderlike geleentheid uitgenooi.

“Quest for the Best” vereer beste Wellington se beste wyne Wellington se tien beste wyne is tydens Quest for the Best 2016 vereer. Die sewende jaarlikse Mutual & Federal Agri Wellington Wynroete Quest for the Best is Vrydag 29 Julie, tydens ‘n spogmiddagete by Douglas Green in Wellington aangebied. Quest for the Best is ‘n unieke inisiatief wat ontwikkel is met die uitsluitlike doel om die besondere kwaliteit en diversiteit van Wyne met ‘n Wellington-oorsprong te vier en aan die publiek ten toon te stel. Die beoordeling het op 21 Julie 2016 plaasgevind toe ‘n groep van ses gesoute beoordelaars ‘n rekordgetal van 92 wyne vanaf 16 Wellington produsente blind geproe en volgens ‘n beproefde puntestelsel beoordeel het. Die beoordelaars was Bennie Howard (Kaapse Wynmeester & Ondervoorsitter SANWSA), Samarie Smith (Redakteur, Die Burger Versnit bylae), Sandile Mkhwanazi (Joernalis by WineLand tydskrif), Johann Fourie, (Hoof-wynmaker by KWV), Danielle le Roux (Wynmaker by Asara) en Kris Snyman, (Cybercellar). Volgens Kaapse Wynmeester en Ondervoorsitter van die SANWSA, Bennie

Howard, was die jaar se uitstaande kategorieë Chenin Blanc, Pinotage en Shiraz. “Die Chenin Blancs het ‘n goeie, ryp vrug gehad en die style was uiteenlopend - van vars en vrugtig tot mooi gehoute wyne. Beide Pinotage en Shiraz-klasse het uitgeblink met mooi swartbessie-geure en goeie tannien strukture met netjiese gebruik van hout,” was Howard se kommentaar. Die 2016 Quest for the Best top 10 wyne van Wellington is: Bosman Family Vineyards – Bosman Cabernet Sauvignon 2008 Doolhof Wine Estate – Lady in White 2010 Wellington Wines – La Cave Pinotage 2015 Wellington Wines – La Cave Shiraz 2014 Mont du Toit - Les Coteaux Cabernet Franc 2012 Andreas Wine – Adreas Shiraz 2013 Diemersfontein Wines – Diemersfontein Carpe Diem Viognier 2015 Diemersfontein Wines – Woolworths Reserve Collection Pinotage 2014 Douglas Green – Douglas Green Chenin Blanc 2016

Wat is die 'Doemsa'? Elke leerder van Hugenote Hoërskool is ‘n Blackie en elke Blackie weet van die Doemsa. Wanneer graad 8’s hulle oriërenteringseksamen slaag, word hulle met ‘n lapelwapen waarop die Doemsa-kenteken verskyn, beloon. Tydens die Interskole seisoen is die Doemsa-teken oral te sien en die Blackie-kreet begin met die woorde: “Doemsa, Doemsa, Doemsa-sa!”

Maar wat is die Doemsa regtig en waar kom dit vandaan? Volgens Hennie Cronjé, adjunk-hoof van Hugenote Hoërskool, het die Doemsa sy oorsprong in 1975 gehad toe die skool vir die eerste keer interskole teen Hoërskool Swartland gespeel het. “Die destydse Wellington Onderwyskollege het vir hulle Inter-Kollege teen die Paarl Onder-

Dames 18 vier 55 jaar Wellington spog met ‘n spesiale Damesklub wat vanjaar reeds 55 jaar lank bestaan. Die geskiedenis rondom hierdie klub is baie interessant en een van die oorspronklike stigterslede is sowaar nog steeds ‘n aktiewe lid van hierdie groep. Dosente van die destydse Wellington Onderwyserskollege (WOK) en ‘n aantal ander Wellington-sakemanne het in die vroeë sestigerjare by die Heere XVII Klub aangesluit en hul eie Wellington Heere XVII groep gestig. Dit het veroorsaak dat die mans gereeld saans vergader het terwyl hul vrouens by die huis moes bly. In 1961 het dié dames besluit om hul eie klub te stig. Die oorspronklike damesklub het ‘n ledetal van 18 gehad en daarom het hulle hulself toe sommer die Dames 18 genoem. Die meeste van die lede was aan die destydse WOK verbonde – as dosente of as die vroue van dosente. Onder die eerste lede was o.a. dames soos Jeanette Lochner, Chrissie Truter, Adrienne Joubert en Maggie Wagenaar. Die meeste van hierdie dames is reeds oorlede, maar Maggie Wagenaar is die enigste oorlewende stigterslid wat steeds ‘n lid van die Dames 18 is. Volgens Christine Siebrits, voorsitter van die Dames 18, is hierdie groep in 2016 nog springlewendig, relevant en lewensverrykend.

om ‘n belewenis te wees. Toegang is gratis, maar vrywillige donasies sal by die deure gevra word om basiese onkostes te dek. Oorblywende fondse sal vir ‘n Kersete vir minderbevoorregte mense aangewend word. Van die kore wat gaan optree sluit die kore van VGK Newton en VGK Wagenmakersvallei in.

“Die huidige lede van die Dames 18 bring hulde aan die stigterslede wat in 1961 bymekaargekom het om hierdie kultuurorganisasie te stig. Die huidige groep strewe daarna om die vereniging lewendig te hou en vir die toekoms te behou. Dit is ‘n verrykende ervaring om te kan deel in al die verskillende fasette van ons kultuur en tradisies. Die standaard van aanbiedings is hoog, nie net deur die lede self nie, maar deur persone van buite wat aanbiedings doen. Die byeenkomste bied stimulering en verbreed horisonne,” vertel Christine. “Die lewe om ons verander, maar die hart van die vereniging het vir 55 jaar nog dieselfde gebly,” sê sy. Een van die lede, Edith Hofmeyr, vertel toe dit haar ma, Adrienne Joubert se beurt was om vir die groep as gasvrou op te tree, moes sy bontstaan om die tee te bedien en om interessante verversings voor te berei. Vandag is die lekker eetgoed en samesyn na afloop van ‘n byeenkoms steeds ‘n hoogtepunt. Die dames vergader elke tweede Woensdag van die maand, behalwe in Januarie, Julie en Desember. Elke April word stigtingsdag feestelik gevier. Met die jaarlikse afsluitingsvergadering in November word daar Kersgeskenkies uitgeruil. Maggie Wagenaar, die enigste stigterslid wat

wyskollege ‘n handjie as kenteken gehad. Hulle het hierdie handjie die ‘Fikozolo’ genoem,” sê hy. “Die skool het besluit om iets soortgelyks as ‘n interskole kenteken te kry en op ‘n voet besluit,” vertel mnr. Cronjé verder. Hulle het hierdie voet die “Doemsa” gedoop. Volgens Cronjé was die betekenis van die voet dat Hugenote hul opponente sou “plattrap”. Die naam “Doemsa” het ‘n Zoeloe-oorsprong wat op ‘n soort oorlogskreet dui. Die skool het destyds besluit om ‘n afdruk van ‘n voet op een van die ou afrolmasjiene te dupliseer sodat elke kind hierdie kenteken vir Interskole kon kry. “Hulle het blykbaar die destydse hoofmeisie, Zelda Loots, of ‘n Barnard-meisie se voet in verf laat druk om ‘n voetafdruk te maak. Hulle het honderde van hierdie

Linton Park Wines - Linton Park Merlot 2015 Die lys wenners is propvol ou gunstelinge maar het ook ‘n paar nuwelinge opgelewer. Wellington Wyne en Diemersfontein spog elk met twee wyne in die top 10 terwyl Bosman Family Vineyards se Cabernet Sauvignon 2008 die tweede agtereenvolgende jaar dié kelder se naam hoog hou. Mutual & Federal Agri is sedert September 2012 die trotse naamborg van die Wellington Wynroete. Volgens Andries Wiese, groepsbestuurder van Landbou by Mutual & Federal Agri, is die vennootskap een wat gebou is op ‘n gedeelde strewe na voortreflikheid. “Mutual & Federal Agri bied al vir bykans 185 jaar aan landbouers finansiële gemoedsrus en ons verbintenis met die Wellington Wynroete is ‘n voortsetting hiervan. "Dit is nodig om voortreflikheid te erken en ons is bevoorreg om deel van die Wellington Wynroete te wees,” meen Wiese. Vir meer inligting kontak 021 864 1378 of epos wine@wellington.co.za.

afdrukke met die afrolmasjien gemaak,” vertel mnr. Cronjé. “Eers nadat hulle al die afdrukke klaar gemaak het, het hulle agtergekom dat die afdruk van die voet net vier tone het! Die meisie wat die voetafdruk voorsien het, het waarskynlik ‘n ‘opklim’-kleintoontjie gehad wat nooit afgedruk het nie,” sê hy. “Dit is waarom die Doemsa-voet tot vandag toe net vier tone het.” Eerskomende naweek sal die Doemsakreet weer tydens Interskole teen die Drakenstein-berge weergalm. Wanneer die Blackies uit volle bors “Doemsa, Doemsa, Doemsa-sa!” en “Subeka, subeka” opgevolg deur “Soeka, soeka” skree, sal dit ‘n duidelike boodskap aan Swartland wees: Ons gaan julle trap. Ons plaas onsself op die spel. Gaan weg, gaan weg.

SCB Smit, Maggie Wagenaar, Rida Crouse. Agter is Christine Siebrits (voorsitter), Viodie Malan, Estelle Mouton, Ita Wepener en Jurien Giliomee. nog aktief aan die Dames 18 behoort, vier vanjaar haar 91ste verjaardag. Sy was destyds ‘n dosent in musiek aan WOK en later aan die Boland Kollege. Sy was ook ‘n sanger van formaat wat gereeld opgetree het.

Die Dames 18 se Augustus-vergadering is onlangs by Ouma-Granny’s Huis museum gehou met Christine Siebrits wat as gasvrou opgetree het. Dit was ‘n viering van vrouwees, kultuur en vriendskap.


NUUS • NEWS

3

17 Augustus 2016

• STOWMAN NUWE SPEAKER

Poole lei DM vir volgende vyf jaar Die Drakenstein Munisipaliteit het tydens ‘n inhuldigingsvergadering op 16 Augustus in die Paarl Stadsaal die nuwe ampsleiers verkies en ingehuldig. Raadslede, lede van die publiek en verteenwoordigers van verskeie politieke partye het hierdie geleentheid bygewoon. Onder die gaste was die Wes-Kaapse Minister van Menslike Nedersettings, Bonginkosi Madikisela en die LP’s James Vos (ook die DA se skaduminister van Toerisme), Thandi Mpambo-Sibhukwana en Erik Marais, LP vir die Wes-Kaap. Jacques Carstens, waarnemende Munisipale Bestuurder, het die vergadering aanvanklik gelei en die stemproses rondom die verkiesing van ‘n nuwe Speaker behartig. Die ANC-raadslede het verlof gevra om eers te koukus voordat hulle ‘n nominasie vir ‘n nuwe speaker ingedien het. Die genomineerdes vir hierdie amp was Aiden Stowman van die DA en Abraham Bekeer van die ANC. Stowman is as die nuwe speaker van die Drakenstein Munisipaliteit aangewys deur 45 van die 64 stemme op hom te verenig. As nuut-verkose speaker het Stowman die vergadering verder gelei en die proses rondom die verkiesing van die nuwe burgemeester en onder-burgemeester behartig. Die DA se Conrad James Poole is as Drakenstein se nuwe Uitvoerende Burgemeester verkies toe hy die ANC se genomineerde, Mouti Richards, met 45 stemme

teenoor 17 geklop het. Poole is onder luide toejuiging deur die LP Erik Marais as burgemeester ingehuldig. Vir die amp van onder-burgemeester het die DA raadslid Gert Combrink met ‘n meerderheid stemme gewen en Riaan Smuts, ook van die DA, is as die persoon aangewys wat as waarnemende burgemeester moet optree in ‘n geval waar beide die burgemeester en onder-burgemeester nie beskikbaar sou wees nie. André Koegelenberg van die DA is as die hoofsweep aangewys. Poole het in sy hoedanigheid as nuwe uitvoerende burgemeester die nuwe burgemeesterskomitee aangewys. Hulle is: Raadslid Gert Combrink - Finansies Raadslid Patricia Mokoena – Koörperatiewe Dienste Raadslid – Rean Smuts - Sekuriteit Raadslid Johan Miller– Beplanning, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme Raadslid Koos Le Roux– Infrastruktuur Dienste Raadslid Francis Jacobs– Sosiale Dienste Raadslid Laurichia van Niekerk– Sport, Rekreasie, Kuns en Kultuur Raadslid Lorraine Willemse– Menslike Nedersettings en Eiendomsbestuur Raadslid Reinhardt van Niewenhuizen– Kommunikasie en Inter-regeringsverhoudings Raadslid Christephine Kearns – Omge-

Die deurwinterde raadslid vir Wellington, Albertus Buckle, woon gister se verrigtinge by.

Die nuwe uitvoerende onder-burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, Gert Combrink, ontvang gister sy ampsketting van Thandi Mpambo-Sibhukwana, LP vir Drakenstein.

By die inhuldiging van die Drakenstein Munisipaliteit se nuwe stadsraad gisteroggend in die Paarl-stadsaal was James Vos (DA-skaduminister van toerisme), Thandi Mpambo-Sibhukwana en Bonginkosi Madikisela wingsake, Openbare Ruimtes en Parke Raadslid Rita Andreas– Landelike Bestuur Die nuwe burgemeester, onder-burgemeester en speaker het hulself verbind tot diens aan die gemeenskap en alle raadslede aangemoedig

Kerk kyk nou terug oor 65 jaar

Leraars wat die verjaardagsdiens van die Calvyn Protestante Kerk se Newtown-gemeente bygewoon het is, ds Lionel Fredericks (voormalige moderator), ds Thomas Matthee (deeltydse leraar by CPK Wellington), ds James Fredericks wat reeds 10 jaar as eerste voltydse leraar in die gemeente werksaam is en ds Jan Cloete (huidige moderator). “Nie een enkele eer aan die mense nie, maar alle eer aan God “,was die boodskap by die 65ste verjaardagvieringe van die Calvyn Protestantse Kerk se Newton-gemeente. Die gemeente het vanaf 3 tot 7Augustus hul 65ste bestaansjaar gevier en ook op ‘n spesiale wyse hulde gebring aan die stigters van die Newton-gemeente. In sy huldeblyk het een van die langsdienende lidmate, Johannes Cloete, vertel dat die gemeente destyds deur deeltydse leraars bedien was, nadat dit tot stand gekom het. Wyle ds Lesley Carstens is in 1985 bevestig en in 1988 is die kerkgebou ingewy. Ds Carstens is in 1991 oorlede na suksesvolle jare as die eerste deeltydse leraar van die gemeente. Daarna, in 1992, het ds Lionel Frederick die gemeente vir ag jaar deeltyds bedien. Ds James Fredericks bedien reeds 10 jaar voltyds die gemeente. Tydens die feesvieringe het die gemeente dankbaar teruggekyk by hul dankseggingsdiens, waar ds Johan Cloete uit Psalm 145 bedien het. "Ons is dankbaar vir wat God deur eenvoudige mense kon doen. Ons bekwaamheid kom alleen van God af was

sy boodskap aan die gemeente." Ds Cloete as Ringsvoorsitter van die Calvyn Protestantse Kerk het destyds sy jaar prakties by die gemeente gedoen onder ds Lionel Fredericks en tans voltyds by die Paarl-gemeente. Die gemeente het oor die jare goed toegeruste predikante opgelewer uit eie lidmate o.a Dss Rionel Cloete (CPK Concordia-gemeente), Thomas Matthee (deeltyds by CPK Wellington) en Christo Presens (CPK Kommagas-gemeente). Die gemeente het ook ‘n terugblik gehad na die ontstaan van die gemeente uit 'n huis. Lesley Beukes het vertel hoe die jeug en kerkkoor destyds begin is en ds Phillip Bam, wat ook een van die deeltydse leraars was, kon ook lidmate terugneem na die moeilike beginjare toe die gemeente gestig is deur half-geskoolde leke predikers wat die evangelie letterlik geleef het. Sondagoggend is die feesvieringe afgesluit met die bediening van die Heilige Nagmaal tydens die erediens. CPK Newtown kon toe dankbaar terugkyk na 65 jare van genade en seën. - Edward Smit

om dieselfde te doen en nooit ‘n eie agenda na te jaag nie. Die visie van die Drakenstein Munisipaliteit is juis “’n Plek van Uitnemendheid” – iets waarna die nuwe ampsdraers en leiers van die gemeenskap almal gaan probeer streef.


NUUS • NEWS

4

17 Augustus 2016

Geklassifiseerd • Smalls Dienste Services ABC Partytjies: Verhuur van partytjiedekor, volledige temas, springkastele en vele meer. 078 544 2038. GELUKWENSING CONGRATS

AMBER 18 August 2016. Right from the very first time we held you in our arms, we knew you were special. Today we find ourselves really happy to see you grown up so beautifully. Happy 21st birthday. April & Korabie fam. --------------------------LEMARR DE WAAL Op 19 Augustus 4 jaar oud. Baie geluk met jou verjaarsdag my engelkind. Mag God jou seën en nog baie jare spaar. Lief vir jou. Van jou peetma, Navolee #2670 --------------------------19 Augustus - SONJA MEINTJIES. Aan 'n lieflike niggie en sommer suster. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën en nog vele jare spaar. Baie lief vir jou. Van jy weet wie. #2671 --------------------------RAAI WIE WORD 1!!!! op 17 Augustus 2016. Caleb Warries, Baie geluk Mammie se engel met jou 1ste verjaarsdag. Baie lief vir jou. Van: Mammie, Pappie, suster en broers #2672 --------------------------EZEKIEL FARANZO

MIRANDA 13 Augustus 2016 Baie geluk op jou geboortedag my Knosie. Baie lief vir jou. Van: Ma, Pa en jou broers #2673 Raai wie is sweet 16 op 21 Augustus 2016. Baie geluk SHANIA LANGEVELDT met jou verjaarsdag. God rykste seëninge op jou lewenspad. Baie lief vir jou van Mammie, uncle Andre, Racheal en Prenishia #2678 --------------------------Raai wie word 8 jr!!! Geluk met jou verjaardag op die 18de Augustus 2016. Jy moert lekker verjaar en 'n geseende dag hê, JAYDIN STRYDOM. Ouma se oogappel. Ouma is baie lief vir jou. Mag die seen van die Here op jou rus, my kleinkind. Baie liefde : Ouma Tessa en oupa Michael #2679 ------------------------JAYDIN Strydom, veels geluk met jou verjaardag, Mag jy 'n mooi dag he, Pa is baie lief vir jou. Mag die Here jou vele jare uitspaar, pa se grootseun. Van : Gurshwin (Makou), Gursh-nay en Cay'lo. #2680 ------------------------Jaydin Strydom jy moet lekker verjaar. Alles wat mooi is vir jou vorentoe. Ons is baie lief vir jou. Van : Jurie, Tess-Lee en Machay #2681 --------------------------KYK WIE WORD 17 op 17 Augustus. Baie geluk AUSTIN met jou verjaardag. God's rykste seën. Hoop jy gaan 'n geseënde dag hê. Van jou ma, Theresa, Ben, susters, broer en Van Reenen Familie

Wen kaartjies na Helena Hettema Die bekroonde kabaretsangeres, aktrise en liedjieskrywer Helena Hettema vier vanjaar haar 21ste jaar in die bedryf en die vrystelling van haar 15de album Woensdagaand by die Bôrdienghuis op Wellington. Hettema sing musiek van ‘n breë musikale spektrum in Frans, Vlaams, Nederlands, Italiaans, Engels en Afrikaans en is veral bekend vir haar vertolkings van die musiek van legendes soos Jacques Brel en Edith Piaf. In haar eie musiek sin sy oor universle temas soos die omgewing, sisiale kommentaar asook die dood, die liefde en verlies. Met ‘n verskeidenheid optredes oorsee, was die verskyning in die Cadogan-saal in Londen saam met Zorada Temmingh en Elna van der Merwe in Three Blondes from Africa vir haar een van die hoogtepunte. Woensdagaand se vertoning begin om 20:00. Heerlike pizzas word vanaf 18:00 bedien en ’n kontantkroeg is beskikbaar. Kaartjies beloop R130 en is beskikbaar by die Breyntebach-sentrum op Wellington. Vir besprekings skakel 073 435 1022 of stuur

Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 20 Augustus - Valiant Swart - Mystic Nagte Kaartjies beloop R120 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 24 Augustus - Helena Hettema Kaartjies beloop R130 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za VLV Wellington 25 Augustus - Maand byeenkoms om 9:30 vm by Wellington Noord onthaalsentrum Navrae : Karen 082 448 0690 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 27 Augustus om 13:00 - Gert Vlok Nel met Schalk Joubert. Kaartjies beloop R50 per persoon. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 27 Augustus om 19:00 - Adagio : Jy is vrou. Kaartjies beloop R100 per persoon. Vir besprekings kontak Olivia Ockhuis by 021 873 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za VLV Wellington 15 September - Sirkeldag byeenkoms - om 9:30 vm - 'n vertoning deur Petro van den Heever. Almal is welkom Navrae : Karen 082 448 0690 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 16 - 18 Sept - Tuin van Digters Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 29 Oktober - Marc Lottering. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente

epos na besprekings@breytenbachsentrum. co.za *WEN: Een gelukkige leser van dié Courant kan vier kaartjies wen na die vertoning Woensdagaand. Maar om in aanmerking te kom moet jy gou spring. Stuur voor môre (Donderdag 18 Augustus) om 12:00 ‘n SMS met jou naam, jou ouderdom, jou dorp en die naam van ‘n Helena Hettema-liedjie na 084833813. Jou gewone sms-tarief geld. Ons sal die wenner môremiddag laat weet.

(pianis), Spaanse-koor van die Universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw en Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 of gwenhoney@telkomsa.net Wellington Vereniging van Bejaardes Algemene Jaarvergadering by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) op 8 September 2016 om 10h30 Navrae : Mev H Fredericks - 0747068386 Darling Wild Flower Show 16 tot 18 September - Darling Gholf Club Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.

Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.


NUUS • NEWS

5

17 Augustus 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

38

90

County Fair Fresh Chicken Party Braaipack Per kg

54

R

PnP Uncooked Lean Beef Mince Per kg

WAS 119.49 NOW R98 PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg

SAVE BUY ANY 2 FOR

BUY ANY 4 FOR

12

90

Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g Olof Bergh Brandy 750ml

WAS 109.95 NOW R90

17

90

All Gold Tomato Sauce 700ml

WAS 31.99 NOW 24.90 Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre

BUY ANY 2 FOR

25

R

42

49

R

10kg

62

R

PnP Oukraal Wors Per kg

90

Parmalat Low Fat or Fabulite Fat Free Yoghurt Assorted 1kg

Nescafé Classic 200g Dawn Jar

7790

PnP Super Maize Meal 10kg

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre

Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case

170

R

VALUE PACK PRICE PER NAPPY

Get Double Points

Size 2 44s Size 3 52s Size 4 50s Size 4+ 48s Size 5 44s

WAS 54.99 NOW 39.90 Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Dinu Rose Collection 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

WAS 64.99 NOW 40.90 Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each

– – – – –

R2.63 R2.22 R2.31 R2.41 R2.63

115

90

Cuddlers Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

PRICES VALID 17 - 21 AUGUST 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Accounts NOW OPEN

Super Animals cards are available for online shopping. Super Animals cards not available in Pharmacy, Liquor or Clothing Stores. www.picknpay.co.za/superanimals MMWCHS113


NUUS • NEWS

6

17 Augustus 2016

Hugenote Hoërskool reg vir Interskole 2016 20 Augustus

Dirigente en sjampagnenooi: Jean-Mari Blignaut, Loucharl Ma-

rais, Karishny Kearns, Anlo Samuels, Dawson Green, Caroli Burger (rosette-meisie) en Wina Smit.

Gholfspan:

Emiel Spamer, Hezron Frieselaar en EJ Naude, Frans-Pieter Badenhorst, Wernich Harms en Francois Marais (k).

o.19A-meisiehokkie:

Elsa Visser, Lizé-Mare du Plessis, Tamaryn-Lin Baxter, Elzaan le Roux, Suzaan Janse van Vuuren en Karishny Kearns, Ashleigh Parsons, Francesca Strydom, Elzet Groenewald, Elzette Versluis, Marie-Louisa Koegelenberg en Alexandra Gerber.

o19A-seunshokkie: Damian Adendorff, Emiel Spamer, Benjamin Crous,

Antonio van der Westhuizen, Dylan Swart, Tristen Fox, Karel van Niekerk en Arrie van der Schyf (k), Willie Rossouw, Manny da Silva, Le Ras Breedt, Francois Marais, Reinard Reitsma, Martin du Plessis en Alton Cuff.

Skaak:

Tristan Thompson, Anzo van Wyk, Kyle Olsen en Shamiel Moosa, Keshen Thevan, Tiaan Moosa, Ian de Jong en Christan Channing.

o.19A-netbalspan: Kelly Cupi-

do, Ewan-Nize Gerber (k), Andrea Pretorius, Hanél Loubser en Hlumisa Ntshamba, Juanet du Toit, Anemien Smith, Nina Perold, Michelle Smuts en Wina Smit.


NUUS • NEWS

17 Augustus 2016

7


courant SPORT

dié

8

tel 022 487 3221

NUUS • NEWS

17 Augustus 2016

17 Augustus 2016

Hillcrest:

Die blou trein beweeg sterk vorentoe. Die span van Hillcrest het Wolseley omgekrap toe hulle die tuisspan ore aangesit het. Die span van Wellington het al drie wedstryde gewen. Die derde span wen 12-6, die tweede span 28-0 en die eerste span 32-19. Hillcrest pak Saterdag 20 Augustus 2016, Bella Vista op Pelikaan Park. Hekke maak 13:00 oop met die hoofwedstryd wat 16h00 afskop. Vir meer inligting kontak Jovan-re Cupido, 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com.

Koue:

Hugo Rust het die koue Ceres trotseer toe hulle aan ‘n sportdag teen Laerskool Gericke deelgeneem het.

• CLOSE VICTORY FOR CAVALIERS

First win for Boland in Currie Cup

Spele: In die gees van die Olimpiese Spele het die onderwysers van Hugo Rust Laerskool

die kinders vermaak deur op prettige wyse aan verskillende “olimpiese” aktiwiteite deel te neem. Agter van links na regs :Bertie Schreuder, Beanca Coetzee, Jean-Mari Wium, Charl de Villiers. Voor van links na regs: Johan Bruwer, Marinette van Staden, Emmerentia Marais en Janus Heysteck.

THE Boland Cavaliers secured their first win of the 2016 Currie Cup Premier Division after beating Eastern Province 28-10 at the Nelson Mandela Bay Stadium in Port Elizabeth on Friday. There wasn’t much that separated the two teams after the first 40 minutes, with the visitors taking a narrow 7-3 lead at the break. The speedster Sergio Torrens scored the only try of the first half. A man-of-the-match performance by veteran loose-forward Zandré Jordaan sparked a onesided performance in the second half, as the Cavaliers scored another three tries in claiming a well-deserved four-try bonus point victory. Fullback Nico Scheepers was in sublime form once-again as he converted all four tries for Boland. SCORERS: EP Kings: (Try) Johann Tromp; (Conversion) Lungelo Gosa; (Penalty) Kobus Marais

Boland Cavaliers: (Tries) Sergio Torrens, Zandré Jordaan, Christopher Bosch, Kenan Cronje; (Conversions) Nico Scheepers (4) NEXT EVENT: The Boland Cavaliers will face the Sharks on Friday 19 August at the Boland Stadium in Wellington. BOLAND U.20 vs BORDER U.20: Boland’s u.20 side got back to winning ways this past Friday as they cruised to a 53-10 victory over Border at the Boland Stadium. SCORERS: Boland U.20: (Tries) André Manuel (2), Colin April, Eugene Grootboom, Keagan Fortune, Michaine Fick, Steven Stallenberg; (Conversions) Hendrik Carstens (6); (Penalties) Carstens (2) NEXT EVENT: Boland’s U.20 side will face the Pumas U.20’s on Friday 19 August in Witbank at 17:00.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant well 17 aug 2016 383 by DieCourant - Issuu