Skip to main content

Die courant well 16 nov 2016 396

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

16 November 2016

Uitgawe 396

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

As die maanlig...: Johan

Dempers van Wellington het met Maandag se super-maan die naglug oor dié dorp dopgehou om die perfekte skoot te kry. Om dit te doen, moes hy van dubbele beligting gebruik maak om sodoende die helder maan vas te vang, maar steeds die detail in die donker berg te behou. Hy het dié foto oor die randjies van die Hawekwabergreeks geneem. Foto: Johan Dempers www.fotokursus.com

•JONG WELLINGTONNER OP WÊRELD SE RAKKE

Boek vertel suksesstorie •Jaomi Zeeman

Wanneer ‘n mens die Wellingtonse tiener, Hillary Geslin, op Google se soekenjin intik, verskyn dit op ‘n verskeidenheid internasionale platforms naas dié van die wêreld se bekendste skrywers. Hillary, ‘n 17-jarige leerder by Wellington Sekondêre Skool, het haar eie boek, “Success comes with effort”, geskryf en dit is deur Patridge, ‘n Amerikaanse uitgewersmaatskappy, opgeraap en gepubliseer. Volgens Hillary is sy nog ‘n bietjie oorbluf oor hierdie prestasie. “Dit voel vir my onwerklik om te dink dat ek, Hillary Geslin van Wellington wat uit agtergeblewe omstandighede kom, so iets kon regkry,” vertel sy. Hierdie vasberade jong meisie se deursettingsvermoë en positiewe gesindheid teenoor die uitdagings op haar pad, het haar egter nooit laat moed opgee nie. Hillary vertel dat sy, as die dogter van ‘n enkelouer, nie altyd in haarself geglo en hard gewerk het nie. “As ‘n mens met moedeloosheid, werkloosheid, dwelmmisbruik, armoede, ongeletterdheid en tienerswangerskappe rondom jou grootword, dink jy later dat dit maar jou realiteit ook sal wees,” vertel sy. Volgens haar het sy egter aan die einde van graad 9 wakkergeskrik toe sy die jaar gedruip het. “My ouers suster het nooit klaargemaak met skool nie. Toe ek in 2014 uitvind dat ek die jaar druip, moes ek moeilike gesprekke met myself voer,” sê Hillary.

“Ek moes vir myself vra of ek tevrede is met hoe hard ek werk en met waarheen ek op pad is. Ek was nie. Ek het besef dat ek iets beters met my lewe wil doen as om na graad 9 uit die skool uit te gaan. Ek het drome en ek het besef dat hulle nie vanself gaan waar word nie,” vertel sy. Hillary het daar en dan besluit dat sy vir haarself doelwitte gaan stel en haar drome gaan najaag. “My eerste doelwit was om harder aan my akademie te werk. ‘n Mens kan nêrens in die lewe kom as jy nie geleerdheid het nie. My tweede doelwit of droom was om ‘n skrywer te word. Die enigste manier om dit reg te kry, is te begin skryf,” sê sy. En dit is presies wat sy begin doen het. Sy het elke middag van die skool af gekom, haar skoolwerk gedoen en studeer en dan agter haar skryfwerk ingeskuif waar sy tot laataand gewerk het. “My ma het later gekla dat ek te veel skryf!” lag sy. “Ek kon nie wag om elke dag verder te skryf nie. Ek het gesien hoe my eie lewe kon rigting kry en ek het gedink dat dit iets is wat ek aan ander jongmense wil oordra: motivering en hoop. Daarom is die titel van my boek ook ‘Success comes with effort’,” verduidelik sy. Volgens Hillary is daar baie jongmense wat in soortgelyke omstandighede as syself grootword. Hillary het van 2014 tot 2016 elke dag geskryf en haar boek eers in Afrikaans voltooi. “Die boek se naam was eers ‘Die lewe van ‘n jongmens’”, vertel sy. Sy het op die internet begin soek na uitgewers

waarheen sy haar manuskrip kon stuur en eers by Publishing World SA vir hulp aangeklop. Hulle het haar die kontakbesonderhede van ander uitgewers gegee en sy het uiteindelik met die maatskappy Patridge Africa in Amerika kontak gemaak. “Die volgende ding wat gebeur, is dat ‘n vrou my al die pad uit Amerika bel en sê dat hulle my manuskrip ontvang het en daarin belangstel om dit te publiseer. Ek kan nie beskryf hoe ek daardie dag gevoel het nie,” vertel Hillary. Patridge in Amerika het haar boek geredigeer, laat druk en uitgegee en dit is tans op die VSA se Amazon webtuiste, Kroasië se Superbookshop webtuiste, Engeland se Foyles webtuiste, Australië se Picclick webtuiste en Mumbai se Justdial webtuiste te koop. Dit sal eersdaag ook in SuidAfrika beskikbaar wees. “Kyk waar kom ek vandaan en kyk waarheen is ek op pad. Ek sou nooit in my wildste drome kon dink dat ek my eie boek in my hande sou hou nie. Ek wil nooit ophou skryf nie en ek wil nooit ophou om ander mense te inspireer en hoop te gee nie,” sê sy oor haar toekomsplanne. Alhoewel “Success comes with effort” reeds internasionaal uitgegee is, is die amptelike plaaslike bekendstelling van die boek vir 30 November by Wellington Sekondêr geskeduleer. Hillary is ook genooi om in April 2017 na Amerika te reis om ander skrywers te ontmoet. “Ek is klaar besig met my tweede boek. Ek glo regtig in die boodskap en titel van my eerste boek: jy kan net sukses behaal deur harde werk,” sê Hillary.

NUUS • NEWS

16 November 2016


NUUS • NEWS

2

• ‘ELKE KIND SPESIAAL’

HAM mik na 12de huis vir kinders Huis Andrew Murray (HAM) het tans 163 kinders in hul sorg en mik om eersdaags hul 12de huis te open. Daar word daagliks in hierdie kinders, almal tussen die ouderdomme van 6 maande tot 18 jaar, se basiese daaglikse behoeftes voorsien en is almal deur die Kinderhof in HAM se sorg geplaas. Ten einde ten volle in al hierdie kinders se geestelike, emosionele, fisiese, intellektuele, sosiale en psigologiese behoeftes te voorsien, het hierdie instelling die hulp van die gemeenskap op ‘n daaglikse basis nodig. HAM glo dat al die kinders in hul sorg spesiaal is en dat elke kind net die beste verdien, wil

hulle graag aan meer kinders die geleentheid bied om in ‘n veilige omgewing versorg te word. Die huidige 163 kinders by HAM word tans in 11 wooneenhede (6 dogters en 5 seuns) gehuisves. Hulle beoog om ‘n 12de huis of wooneenheid, Huis Karee, aan die einde van Desember 2016 te open ten einde meer kinders te huisves en benodig die gemeenskap se hulp om hierdie nuwe huis toe te rus. Die kostes sal ongeveer R146 000 per jaar beloop om hierdie nuwe wooneenheid tot stand te bring en te bedryf. Enigeen wat belangstel om by hierdie projek betrokke te raak, belangstellendes of moontlike borge kan gerus die kantoor by 021-873 3834 of info@andrewmurray.org.za kontak.

Astro-veld vir Hugenote

16 November 2016

Vlak 3-waterbeperking ingestel vir Drakenstein Inwoners van die Drakenstein Munisipale area sal binnekort hul krane stywer moet toedraai wanneer die nuwe waterbeperkings vanaf 1 Desember in werking tree. Jacques Carstens, Munisipale Bestuurder, het onlangs ‘n kennisgewing uitgereik waarvolgens inwoners van die Drakenstein-area gemaan word om op die nuwe beperkings te let. Die nuwe Vlak 3 beperkings hou verrykende gevolge vir inwoners en besighede in. Volgens die nuwe beperkings mag alle tuine, plante, sportvelde en parke nou slegs met ‘n emmer of gieter benat word en dit mag nie tussen 10:00 en 16:00 geskied nie. Tuinslange sal ontkoppel word en geen outomatiese besproeiingstelsels mag gebruik word nie. Vryskelding hiervan sal slegs in uitsonderlike verdienstelike gevalle (bv. versorgingsinstansies) en eers na ‘n amptelike aansoek by die Uitvoerende Bestuurder oorweeg word. Verbruikers wat vryskelding van Vlak 2 beperkings ontvang het, sal moet heraansoek doen om weer daarvoor te kwalifiseer. Alle benatting van plante mag ook net een keer per dag geskied en enige benatting binne 24 uur na reënval, word verbied. Fasiliteite wat

van alternatiewe waterbronne gebruik maak, sal dit duidelik moet aandui en alle boorgate en putte moet by die Drakenstein Munisipaliteit geregistreer wees. Geen buite-areas of voertuie mag met die hulp van ‘n tuinslang skoongemaak word nie – slegs emmers mag hiervoor gebruik word. Swembadeienaars sal ook die gevolge van die waterbeperkings voel. Geen swembad mag met munisipale water hervul word tensy die swembad met ‘n bedekking wat verdamping verminder, toegerus is nie en geen outomatiese hervulling word toegelaat nie. Die gebruik van opblaas-swembaddens of draagbare swembaddens en waterglybane word verbied. Mense met oulike waterfokuspunte in hul tuine sal dit ook slegs met die gebruik van herwonne huishoudelike water mag gebruik. Nie-residensiële waterverbruikers se beperkings sien baie dieselfde daaruit, maar het ‘n paar aanpassings. Gedetailleerde inligting rakende die Vlak 3 Beperkings is op die Drakenstein Munisipaliteit se webtuiste beskikbaar. Enigeen wat hierdie bepalings verontagsaam is skuldig aan ‘n oortreding en kan met ‘n bedrag van R2 500 per oortreding beboet word.

Die Hugenote Hoërskool gaan eersdaags met ‘n astro-hokkieveld spog. Dié veld is reeds die afgelope twee jaar in beplanning en na baie navorsing en oorweging raak dit nou ‘n realiteit. Die baan sal sy tuiste op die C-hokkieveld van dié skool vind, onder die Huis Andrew Murray en langs die Fonteinstraat-ingang. Die tender is toegestaan aan Synsport wat die hoofkontrakteurs sal wees, saam met Strata Civils. Die terrein is Maandag aan hulle oorhandig en die projek behoort teen 27 Maart voltooi te wees.

Voortrekkers: René Ehlers het ‘n

goue voorslag toekenning ontvang. Die toekenning is die hoogste Nasionale toekenning wat vir laerskool leerlinge gegee kan word.

Toer na Israel: Two Olives Ministries onder leiding van pastoor Nico Mettler het weer ‘n toer na Israel onderneem. Hier is die groep met hul landing op David Ben Gurion-lughawe in Tel Aviv, Israel, Jean-Carol Stephanus, Chareen Volkwyn, Maureza Segelaar, Ps Nico Mettler, Elaine Cloete, Antonio Le Hoe, Ps Dechman Ranna, Regional Pretorius, Evelyn Leukes (agter), Mary Jones en Lorraine Symms. Voor sit Wendalene Leukes en Alida Goedeman.


NUUS • NEWS

3

16 November 2016

Links: Dot de Klerk (derde van regs), saam met ander finaliste by die Cake Master’s Magazine se prysuitdeling in Birmingham. Sy is daar as een van die finaliste, uit meer as 65 000 internasionale nominasies, vereer. Aan haar linkerkant is Rosie Mazumber, die redakteur van die Cake Master’s Magazine.

Regs: Dot is besig om ‘n demonstrasie by die Cake International Cake Show, die grootste koek-skou ter wêreld met meer as 30 000 besoekers, te doen.

•VIER EERSTE JAAR IN DIE BOVLEI-VALLEI

Juwele van Andreas is skitterblink

Bo: Eugenie Potter het later by die groep Newton & Co. aangesluit om die gaste te vermaak. Regs: Wynmaker Ettienne Malan, burgemeester Conrad Poole en landgoedbestuurder Eugenie Potter.

Die Andreas Wynlandgoed, net buite Wellington in die Bovlei-vallei, het Donderdag ‘n voorspoedige jaar in die Wynbedryf gevier. Hierdie landgoed, wat reeds sedert die 1600’s deel van die vallei se ryk wingerd- en wyn- geskiedenis is, is verlede jaar deur ‘n groep Britse wynentoesiaste gekoop. Hierdie groep ambisieuse aandeelhouers se visie is om die landgoed en wyn rondom die bestaande erfenis uit te bou. Volgens een van die Britse direkteure, David Croft, is dit hul doel om die bestaande kwaliteite te bevorder en aan ‘n selfs groter mark beskikbaar te stel. “Ons weet ons het hier by Anreas met ‘n juweel te doen. Ons wil dit koester en ten toon stel aan die hele wêreld. "Die kwaliteit van ons wyne is te danke aan die goeie grond en ideale klimaat rondom Wellington,” het hy gesê. Andreas word reeds sedert 2005 deur die Brits-gebore Eugenie Potter bestuur. Hierdie vrou is egter al vir 15 jaar in Suid-Afrika en is ‘n Bolander in murg en been. Haar passie vir haar werk, die Andreas handelsmerk en die grond is merkbaar. In haar vrye tyd is sy selfs ‘n lid van die plaaslike “Newton & Co” orkes.

Op die plaas span sy kragte saam met die wynmaker Ettienne Malan. Ettienne is verantwoordelik vir die heerlike kenmerkende Andreas Shiraz. Tydens sy toespraak het die direkteur David Croft aan Wellington en sy inwoners hulde gebring wat, sedert die Britse beleggers die plaas ‘n jaar gelede gekoop het, net ondersteunend, behulpsaam en gasvry teenoor hulle was. “Die hele plaaslike gemeenskap het ons net as deel van hulle aanvaar en ons probeer help,” het hy gesê. “Ons het ware broederskap tussen SuidAfrika en Engeland hier ervaar.” Die aandeelhouers is besig om, behalwe vir talle ander opknappingsprojekte op die plaas, ook die ou herehuis tot sy eertydse glorie te herstel. Hulle beoog om dit binnekort as ‘n gastehuis te bedryf. Onder die eregaste was talle plaaslike rolspelers in die wynbedryf, betrokkenes by Andreas se opknappingsprojekte en die burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole. Die voorspoedige jaar is met ‘n eg Suid-Afrikaanse spitbraai, braaibroodjies, malvapoeding en koeksusters gevier – alles natuurlik saam met Anreas se eie wyne.


NUUS • NEWS

courant

16 November 2016

dié

4

Meesters-titel wink vir spelers

Die super-maan wink vir almal

'n Super-geleentheid het Maandagnag plaasgevind. So super dat die meeste van ons met die maan gepla was - op een of ander manier. Dit is indrukwekkend en selfs ongelooflik om na dié ster te kyk en te weet daar is al menslike spore hier getrap. Ons weet eintlik nog so min van die ruimte en die posisie waar ons onsself bevind. Ons is tog so klein hier op ons eie planeet waar ons eintlik maar soveel onreg aanvang. Verskille sal daar altyd tussen ons wees, maar dit is merkwaardig om te besef dat dieselfde maan oor ons almal skyn. Ons kyk op in die hemelruim na dieselfde maan en son, al is ons kilometers van mekaar verwyder. Dan besef jy weer hoe klein die wêreld eintlik is en hoe kwesbaar ons as mens is. Die getye is rof en deurmekaar, die weerpatrone word beïnvloed, die kraakbene in die knieë word sommer ook met die maan gepla. Vreemd en eienaardig hoe dinge saamwerk en 'n uitwerking op mekaar het. Ons wys vinger na mekaar, maar ons staan saam onder een maan en son. Een hemelruim. Dalk het dit tyd geword dat ons voor ons eie deur vee, soos Jan Mentoor gemaak het toe hy sy lewe verander het. 'n Besemkenner soos min, daar op die straathoek. So min weet ons eintlik van mekaar, tot ons die moeite doen om uit te vind wat in 'n ander se lewe aangaan. Ons wil ons tog so belangrik hou, maar ons is maar net stof wat soos niet voor die son verdwyn as ons tyd kom.

It’s Good News

Die Laerskool Hugo Rust het groot pret met hul onlangse speletjiesdag gehad. Hier word skoolhoof Johann Bruwer met 'n emmer vol koue water natgegooi as deel van die pret.

Elke gholfspeler droom daarvan om ‘n Groen Meesters Baadjie te kan aantrek. Danksy die RSAM Malmesbury Meesters is dit eersdaags weer vir Malmesbury se gholfspelers moontlik om as Meesters Kampioen gekroon te word. Die RSAM Malmesbury Meesters word vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar op 19 November aangebied en het hom vinnig gevestig as een van die hoogtepunte op die gholfkalender van die Malmesbury Gholfklub. Vir spelers om te kan kwalifiseer om vir die RSAM Malmesbury Meesters-titel mee te kan ding, moes hulle in die voorafgaande 12 maande ‘n amptelike kompetisie van die klub gewen het. Die uiteindelike wenner kan homself dan met reg beskou as die “wenner van die wenners!” Die wenner van die Meesters-titel, sal nie net ‘n wisseltrofee ontvang nie, maar ook die nuwe eienaar van die groen RSAM Meesters Baadjie wees. Spelers wat nie kon kwalifiseer om deel van die RSAM Malmesbury Meesters te wees nie, kan steeds kom deel in die heerlike atmosfeer van die dag. Saam met die Meesters Kompetisie is daar ook ‘’n kompetisie vir die “Wenner van die Dag”. Enige persoon kan deelneem aan hierdie kompetisie en sal die wenner outomaties kwalifiseer om in volgende jaar se RSAM Malmesbury Meesters te kan speel. ‘n Geskenkbewys vir kruideniersware ter waarde van R90 000 by Malmesbury Superspar, is vanjaar op die spel. Hierdie kruideniersware kan oor ‘n 12-maande periode opgeneem word en sal gewen word deur die eerste volmaakte gelukhou (hole-in-one) op die 15e putjie.

Quest for gold

“We have heard of many people who trusted God too little, but have you ever heard of anyone who trusted Him too much?” [J. Hudson Taylor, 19th Century Missionary] In Luke 11: Jesus “…was praying in a certain place … one of His disciples said to Him, ‘Lord, teach us to pray …So He said to them,”When you pray, say: Our Father in heaven, Hallowed be Your name.” Jesus gave us a model prayer that begins by reminding Christians of our relationship to God and to each other— “Our Father in heaven....” Followers of Christ should be praying people just like their Savior! If you are entrusting the welfare of your eternal souls to the safekeeping of Christ by placing your faith in Him … then you are a “child of God” and share a very personal relationship with the Living God and His family. Through faith we are ‘born again’ to new life by the regenerating work of the Holy Spirit. Paul wrote these encouraging truths: “For as many as are led by the Spirit of God, these are sons of God. For you did not receive the spirit of bondage again to fear, but you received the Spirit of adoption by whom we cry out, ‘Abba, Father.’ The Spirit Himself bears witness with our spirit that we are children of God, and if children, then heirs — heirs of God and joint heirs with Christ, if indeed we suffer with Him, that we may also be glorified together. For I consider that the sufferings of this present time are not worthy to be compared with the glory which shall be revealed in us.” The New Testament teaches us that: that to “Hallow” or respect His Name: Father … we are to love all our brothers … then we love one another, edify one another, have compassion on one another, be truthful to one another and serve one another. Remembering that God is our Father, then we should love one another as the family that we are!

Wellington-Oos Gemeente het op Saterdag 5 November hul jaarlikse basaar in eg tradisionele styl gehou. Die feestelikheid het reeds op Vrydagaand met die gebruiklike gratis treinritte vir kinders en die heerlike gemeentekonsert afgeskop. Saterdagoggend het brawe gemeentelede en inwoners reeds om 07:00 weggespring vir die jaarlikse pretdraf/stap, waarna die basaar om 09:00 amptelik geopen is. Besoekers kon weglê aan heerlike eetgoed, koeke, pannekoek en jaffles terwyl die kinders weer met treinritte en ander aktiwiteite vermaak is. Die handwerk-, mark- en wit olifant-tafels het vir hope winskopies gesorg. Die Saterdagaand het almal die feestelikheid afgesluit deur heerlik saam te kuier tydens die gemeente se hoenderbraai-ete.


NUUS • NEWS

5

16 November 2016

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

GREAT PRICES FOR THE BEST ONE YET PnP Bulk Country Classic Boerewors

R

59

WAS R119.99

R

PnP Fresh Whole Chicken

Per kg

Per kg

R

29

90

74

Per kg

no name Fresh Chicken Breasts Bone in 3s TM

Per kg

PnP Bulk Tenderised Steak

R

39

Sasko Premium Slices White Bread 700g

WAS R11.99

90

R

10

95

ething fshy Som

SAVE R10

Clover Ultra Pasteurised Full Cream or Low Fat Milk 2 Litre Each

R

22

90

BUY ANY 2 FOR

Flora Fat Spread Assorted 500g Tub

R

GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND

49

no nameTM Shredded Tuna in Salt Water 170g Each

Sea Harvest Oven Crisp Assorted 400g Each

R

R

9

90

32

90

STIKEEZ ARE RECYCLABLE

Visit www.picknpay.co.za for more details

Plus earn

BONUS STIKEEZ

when you buy selected products

SAVE R6.99

SAVE R9.09

Bokomo Weet-Bix 450g

House of Coffees Hug-in-a-Mug Hot Chocolate or Cappuccino Assorted 10s Each

R

FREE APP

19

90

R

39

90

SAVE R4.09

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

R

35

90

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

R

18

90

Equates to R39.93 for 2kg

SAVE R12.09

SAVE R23.09

Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

Ariel Auto Washing Powder Assorted 3kg or Capsules 21s Each

R

44

90

R

PnP Dishwash Liquid Assorted 750ml Each

59

R

16

90 R

WAS R254

R

214

WAS R349.99

Windhoek Draught Cans or Non-returnable Bottles 24 x 440ml Per Case

309

Johnnie Walker Black Label Blended Scotch Whisky 750ml 2 Glass Pack Per Pack

90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Accounts NOW OPEN

PRICES VALID 17 - 20 NOVEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS875

MMWCHS875_WCape_38x264.indd 2

2016/11/11 12:16 PM


NUUS • NEWS

6

La Fleur ‘n finalis vir SA se beste kelderwerker Die drie finaliste vir die 2016 SA Kelderwerker Program is op 22 September aangekondig nadat die top14 Winetech studiegroep kandidate ‘n verdere evaluasie afgelê het. Die evaluasie het ‘n teoretiese, sowel as ‘n proe toetsing ingesluit en was gebasseer op die inhoud van die 2016 Winetech studie groepe. Die finaliste vir 2016 is: • Ivan Xelelo, Lourensford, Somerset Wes • Regan Theodore, Vergenoegd Stellenbosch • Heinrich La Fleur, DGB, Wellington Drie honderd nege en sestig (369) kelderwerkers uit 9 wynstreke het vanaf Mei tot einde Augustus aan die Winetech studiegroepe deelgeneem. Die studiegroepe sluit die oordrag van teoretiese, sowel as praktiese proe kennis in. Die wenner, die 2016 SA Kelderwerker, sal by die jaarlikse inligtingsdag by Goudini Spa, Rawsonville op 28 Oktober aangekondig word. Hierdie funksie word sedert 2014 deur Nedbank geborg en alle kelderwerkers wat in 2016 aan die studiegroepe deelgeneem het, word genooi om dit by te woon. Die jaarlikse inligtingsdag program se doel is die bevordering van verdere oordag van kennis. Daar is vanjaar voortgegaan met die aanbieding van studiegroepe vir Xhosa sprekende kelderwerkers. Een van die Xhosa kelderwerkers, Ivan Xelelo van Lourensford, is onder die top 14 groep en ook ‘n finalis vir 2016. Dit is die eerste maal dat ‘n Xhosa hierdie prestasie behaal. Ons glo dat die Xhosa studiegroepe in 2017 verder sal groei, aangesien daar ‘n geweldige behoefte vir opleiding vir Xhosa sprekende kelderwerkers is. Semi-geletterde kelderwerkers word ook geakkomodeer in die studiegroepe, sodat hulle belangstelling en kennis verder ontwikkel kan word. Die onderwerpe wat in die vier studiegroepe gedurende 2016 behandel is het die volgende ingesluit:

Chenin Blanc; Sauvignon Blanc, Pinotage, Shiraz, Cultivar identifikasie, basiese wynbereidingsprosedures, wynstyle en die bereiding van soeterige wyne, sherrie, port en jerepigo; nuwe tegnieke en/of bymiddels; Die proe afdelings het gefokus op die relevante wyne volgens die inhoud/ onderwerp van die spesifieke studiegroep wat aangebied is. Na afloop van elke studie groep is die kelderwerkers evalueer in die teoretiese, sowel as proe afdeling. Hierdie evaluasie is gebruik om die top 14 kandidate te bepaal. Die SA Kelderwerker Program en Winetech studiegroepe maak sedert 2009 op ‘n innoverende wyse ‘n beduidende bydrae tot die oordrag van tegnologie aan kelderwerkers. Terselfdertyd word daar deur middel van die SA Kelderwerker Program erkenning gegee vir bydraes gelewer deur permanente kelderwerkers werksaam in die SA wynbedryf en word daar op hierdie manier ook rolmodelle gevestig. Die Winetech studiegroepe en SA Kelder werker Program is ‘n waardevolle bron van inligting vir die bedryf om rigting aan te dui in terme van die ontwikkeling van menslike kapitaal. Daar is ‘n ernstige behoefte aan opleiding wat praktiese kennis van wyn en die algemene kennis van kelderwerkers ontwikkel en terselfder tyd waarde toevoeg tot die ontwikkeling van kelderwerkers se loopbane in die bedryf. Die Winetech studiegroepe en SA Kelderwerker Program word ondersteun deur verskeie bedryfsorganisasies en poog om ontwikkeling en opleiding op ‘n holistiese en praktiese manier aan te spreek. Die doel van die program is nie net om kennis te verbreed nie, maar ook om produktiwiteit te verhoog. Die studiegroepe word moontlik gemaak deur Winetech en die VinPro Stigting befonds die SA Kelderwerker Program. Nedbank is die amptelike borg vir die jaarlikse inligtingsdag sedert 2014.

16 November 2016

Vaalkat: Aangeheg is foto’s van Vaal-

kat (Monrico van Wyk, voorheen op die voorblad) se skerpskerts-konsert waarmee hy geld ingesamel het vir die verbetering van ‘n weeshuis in Zambië. Dit was ‘n reusesukses – die mense het vreeslik gelag vir sy skerpskertsery en selfs gehuil toe hy van die weeskinders in Zambië vertel het. Hy beplan ook ‘n reis na Duitsland waar hy deur ‘n foto-uitstalling van die weeshuis geld vir hierdie verdienstelike saak gaan probeer insamel.

Besoek ons Facebook-blad vir meer inligting en al die nuusgebeure!


NUUS • NEWS

7

16 November 2016

Dagboek • Calender

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Bôrdienghuis Teater 3 November: Joshua na die Reën. Kom luister na die nuwe album getiteld - Die wêreld binne my om 20:00. Kostes beloop R125 p/p. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Abbeyfield Vereninging 3 November: Die Abbeyfield Vereniging hou hul Algemene Jaarvergadering om 10:30 by Milnertstraat 2 A (regoor Wellington-verkeersdepartement). Vir enige navrae, kontak mev H Fredericks by 074 706 8386 Bôrdienghuis Teater 4 November: Kom luister na My woordplaneet saam met Chris van Niekerk na die mooiste gedigte om 18:00. Kostes beloop R100 p/p en R60 vir studente en pensionarisse. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Crystall Gate Outreach Ministries 4-6 November: Come and enjoy the Faith to move mountains Tent Crusade. Friday and Saturday at 19:00 and Sunday at 17:30 in Leon Street, Wellington with the Prophetess Elena Groenewald Sarah Theron

11 November: Sarah Theron is te sien in Storm in 'n D-cup. Vind plaas by Die Herberg, Jacobsbaai. Vertoning begin 18:30 vir 19:00. Kostes beloop R250 per persoon wat 'n 3-gang maaltyd insluit. Kaartjies beskikbaar by Sanet 083 633 6262 Die Ontelbare 48 10-12 & 17-19 November: Kom sien die ontelbare 48 met Wessel Pretorius by die Drostdy Teater. Vir meer inligting skakel 087 943 2459 of stuur 'n epos aan: info@drostdyteater.co.za

Opera in the Winelands 11-13 November: Come enjoy opera in the Winelands at Diemersfontein Wine and Country Estate in Wellington, with your host Marcus Desando. For information contact 0027 067 800 or for bookings at arnold@gautengopera.org AKTV - Wellington 12 November: Die AKTV bied 'n treinrit na Kalkbaai an. Kostes beloop R75 per persoon (kinders is welkom, maar al die sitplekke kos R75). Kaartjies is beskikbaar by Wellington Museum 021 873 4710 of Rone Sills by 062 053 3114 Bôrdienghuis Teater 18 November: Kom geniet groot vermaak saam met Soli Philander om 20:00. Kostes beloop R120 per persoon. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Bôrdienghuis Teater 24 November: Fliekaand onder die sterre getiteld Me before You. Roerende film gegrond op die gelyknamige boek deur Jojo Moyes om 20:00. Vertoning is gratis en besprekings is noodsaaklik. Navrae en bespreking by 073 435 1022 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za Rendezvous Werfmark 25 November: Kom loer in by die WellingtonWes-mark vanaf 9:00 tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker Kersinkope, speelgoed en nog meer. Huis Andrew Murray 25 November: Wees deel van die Huis Andrew Murray se Kersfees skoenboks-projek. Navrae by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za Drakenstein Liggiefees 26 November: Kom geniet die Liggiefees by Wellington Verdere navrae kontak 082 795 4521 of info@ tcevents.co.za

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-

-diens - Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.

NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.

Geklassifiseerd • Smalls GELUKWENSINGS CONGRATS

BRANWILL MAIET - Raai wie word 9 op 21 November -Baie geluk op jou geboortedag en mag die Here jou baie jare uitspaar. Lief vir jou - Mammie, Pa, Keanen Joubert en Keisha #3161 --------------------------------Baie geluk met jou verjaarsdag op 10.11.16. Ons hoop jy het ‘n pragtige daggie ADELLYLE en alles wat mooi is – Liefde Ma Adellaide #3132 ------------------------------Baie geluk met jou tweede verjaarsdag. Mag jy nog vele jare gespaar word. Baie lief vir jou – Mamma en Ouma Gieta #3133 ------------------------------Baie geluk Adellyle met jou verjaarsdag – Novan, Leeo, Gino en Zoe en April familie #3134 ------------------------------Lekker verjaar van Klaas en Ob #3135 --------------------------------Happy birthday my Angel on 11 November - Mommy and Daddy loves you may God protect you always. From Skontya family #3136 ------------------------------ABSALON SKIPPERS (Boetie) Baie geluk my kind. Ons sê dankie vir nog ‘n jaar – dis genade. Lekker dag. Van Mammie, Hendriena Skippers en jou kleinsus Kayla #3137 --------------------------------CHAREEZ LUKAS Sewe op 3 November. Jy het so gou grootgeword. Baie geluk met jou verjaardag. Van: Mammie, Pappa, Rowan, tannie Desnay, uncle Chris, ouma Clara, oumagrootjie, Marius en Jacqueline #3138 ------------------------------RAYMOND - Baie geluk met oupa RAYMOND se verjaarsdag. Mag daar baie geseënde jare wees. Ek is baie lief vir Oupa. Van: Kahrlin #3139

------------------------------My man dit is ‘n voorreg om jou in my lewe te hê. Geluk met jou geboortedag. Ek kyk op na jou. Liefde jou vrou Saphry #3140 --------------------------------RAAI WIE WORD 4? LOHAN BASSON (13 November). Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jy gaan jou dag geniet - Mammie, Ouma, Lucian en Basson familie #3141 ------------------------------MARIA SOFATH – Baie geluk met Ma se verjaardag op 10 November. Mag Ma ‘n geseënde nuwe jaar hê. Baie liefde u dogter, skoonseun, kleinkinders en agter-kleinkinders #3142 -------------------------------JOHNNIC NELL Geluk my kind met jou geboortedag. Geseënde nuwe lewensjaar. Baie lief vir jou – Mammie en oupa Herman #3143 ------------------------------Geluk met jou verjaardag. Vreugde, geluk, seëninge en vet pret wens ons jou toe. Liefde – Tannie, Timo, Zenobia, Tristan en Keagan #3144 -----------------------------CHRISTOPHER FARAO Baie geluk my babatjie met jou verjaardag. Wens vir jou seën en baie geluk toe. Baie liefde – Mammie en uncle Herman #3144 -----------------------------Veels geluk Boeta. Dankie vir die pa figuur wat Boeta is. Liefde – Tristan en Keagan #3145 ------------------------------Veels geluk my oom, alles wat mooi is vorentoe. “May God bless en keep you”. Lekker verjaar - Johnnic ------------------------------KEANO KLAASE – Sewe op 12 November. Ek hoop en bid dat jy ‘n geseënde dag sal hê. Atta is baie lief vir jou. Mavis en huisgesin #3147 ------------------------------JOHAN SEPTEMBER. 32 op 12 November. Alle voorspoed en ek hoop dat jy ‘n gelukkige dag sal hê. Mavis en huisgesin #3148 ------------------------------Baie geluk DYLAN met jou tweede verjaarsdag . Mag God jou nog vele jare uitspaar. Hoop jy gaan ‘n lieflike dag hê. Baie liefde – Mammie

Geklassifiseerd • Smalls en Pa #3149 ------------------------------JANINE FIKSTER. Geluk met jou verjaarsdag op 16 November. God se rykste seën vergesel jou vandag en altyd Geniet die spesiale dag - jou medewerkers by Plating #3150 ------------------------------Agt op 18 November DAYLIN SKIPPERS baie geluk met jou verjaardag. Mag daar nog vele jare wees. Van Tannies, ooms, Marne, Lezandra, Marqurite en Nicolin #3151 ------------------------------Baie geluk ouma en oupa se grootseun. Ons is baie lief vir jou Daylin - wees altyd soet. Ouma Sendra en Oupa Bona #3152 ------------------------------DAYLIN SKIPPERS – Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is. Bly hou daai glimlaggie wat jy het. Lekker verjaar. Ouma Tessa en kinders -----------------------------Baie geluk met jou verjaardag Daylin. Mag jy ‘n geseënde en wonderlike verjaardag geniet. Van: Tannie Linda #3154 -----------------------------Baie geluk met jou verjaardag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Baie lief vir jou, Boeta Jaydin, Cay’lo, Gursh-nay & Kaylin ---------------------------------HENDRIENA SKIPPERS – Baie geluk met u verjaardag. Dis genade wat u deurgedra het. Geniet jou dag. Van: Buurvrou Mariehet en Cairah #3156 -------------------------------RAAI WIE WORD 70??? Baie geluk Mamma. Ons is baie lief vir jou – van al jou kinders #3157 ------------------------------


courant

dié

8

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

•MEISIES WYS HUL SLAG

Tweeling slaan Boland vir ‘n ses

‘n Plaaslike Gr.7-tweeling, Michaela en Christen Hanekom, het geskiedenis gemaak deur beide in die Boland Meisies-krieketspan opgeneem te word. Michaela en Christen, wat albei al sedert Graad 1 krieket speel, is baie opgewonde oor hierdie prestasie. “Ons altwee is nog van altyd af baie lief vir sport en ons speel al van jongs af saam met die seuns krieket,” vertel hulle. “Hierdie prestasie is vir ons ‘n lekker hoogtepunt.” Die twee, wat in Hugenote Laerskool was, het in Graad 1 saam met die seuns begin krieket speel en ook die krieketoefeninge vir seuns begin bywoon. Hulle het vir baie van hul seunsmaats ore aangesit op die krieketveld en is in die skool se seunspanne opgeneem. “Ons het tot in Graad 7 saam met die seuns krieket gespeel en was vir ons hele laerskoolloopbaan deel van die skool se seunspanne wat teen ander skole deelgeneem het,” sê hulle. In hul eerste jaar as hoërskoolleerders in Hugenote Hoërskool het hulle saam met die ander Gr. 8-seuns vir die skool se o/14-span geoefen. “Ons is deur mnr. Barnard by die skool afgerig en het baie by hom geleer,” vertel hulle. Omdat hulle ook kranige atlete en hokkiespelers is, het hul ouers gevoel dat hulle slegs een somersport en een wintersport moes kies omdat hul programme te vol geword het. “Ons het toe maar besluit om liewer atletiek in die somer te doen omdat daar nie regtig vreeslik baie groot vooruitsigte vir dogterskrieketspelers in ‘n sport wat deur seuns gedomineer word, is nie. "Ons het hierdie jaar dus meer op ons atletiek gefokus, maar die krieket vreeslik baie gemis,” sê hulle. Michaela en Christen het steeds voortgegaan om in hul vrye tyd aan “Action Krieket” deel te neem en dit is juis by hierdie geleenthede waar hul talent raakgesien is. “Ons is maar gereeld by die ‘Action Cricket’ arena en die Boland Krieket mense het ons eendag na ‘n wedstryd daar genader. Hulle het gevra of ons sou belangstel om vir die Boland Meisiespan in aanmerking te kom,” vertel die twee.

Die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Christen en Michaela het aan die nodige proewe deelgeneem en hul plek tot binne-in die Boland Krieket Dogterspan met vlieënde vaandels oopgespeel. Hulle is beide vir die provinsiale span verkies en oefen tans elke Saterdag saam met die ander dogters in die span. “Ons word deur Sunette Loubscher afgerig en oefen elke week saam met ons spanmaats wat van regoor die Boland kom. Daar is spelers van die Paarl, Stellenbosch, die Strand en Swellendam. Die oefeninge is baie lekker en ons leer baie. Ons speel gereeld teen die Maties se Dameskrieketspan om ons gereed te maak vir die Nasionale Toernooi. Ons is ‘n lekker klomp bymekaar,” sê hulle. Christen en Michaela gaan saam met die Bolandspan in Desember aan die Nasionale Toernooi in Pretoria deelneem. “Ons sien baie daarna uit,” sê hierdie twee energieke dogters.

NUUS • NEWS

16 November 2016

16 November 2016

Jukskeiers ding mee

Die Kaapse Wynland Jukskei bied jaarliks aan die einde van Oktober ‘n Inter-distrik Jukskei Toernooi aan. By hierdie geleentheid neem die Kaapse Wynland, Westelike Provinsie, Eden Distrik en die Overberg distrik teen mekaar deel. Vanjaar het daar 37 spanne en 148 spelers van die onderskeie distrikte aan hierdie toernooi deelgeneem. Die doel van die Toernooi is om ‘n geleentheid te skep waar distrikte ‘n kans kry om teen ander distrikte deel te neem en sodoende ‘n platform te skep waar krag teen krag kan speel. Die toernooi het voorheen slegs tussen die Westelike Provinsie en Boland op Riebeeck-Wes plaasgevind, maar met die tot-niet-gaan van die bane en die klub daar, het die toernooi na Wellington verskuif. Vir die afgelope drie jaar is al die distrikte in die Wes-Kaap genooi om by hierdie geleentheid te kom deelneem. Die plaaslike Kaapse Wynland Distrik het as wenner by hierdie toernooi uit die stryd getree. Die wenners per afdeling by hierdie toernooi was as volg: A-Afdeling: WP1 B-Afdeling: Kaapse Wynland 1 C-Afdeling: Kaapse Wynland 1 D-Afdeling: Kaapse Wynland 2 Algeheel: Kaapse Wynland

Uitslae en Gebeure Results and Events Hillcrest United-bekeruitdeling Hillcrest United hou op 11 November 2016 hul jaarlikse bekeruitdeling in die Wellington-stadsaal. Die geleentheid begin 19:30 en kaartjies beloop R80. Kaartjies is beskikbaar by die bestuur en spelers. Vir meer inligting, kontak Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com

Newton Summer Bash Die Newton (Bombela Old Boys) hou op 2 Desember 2016 hul jaarlikse ‘Summer Bash’ by Newton Primêre skool en dit beloof om ‘n genotvolle aand te wees. Kaartjies beloop R60. Kaartjies is beskikbaar by die "Old Boys" asook by die sekretaris (Moula Pietersen) 0786740553, of die kassier (Mervin Petersen) 0767760702.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant well 16 nov 2016 396 by DieCourant - Issuu