courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
15 Junie 2016
Uitgawe 374
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• Werksetiek sy wenresep
Dr. dig nog ná 90 jaar Jaomi Zeeman
“Ek het nog altyd ‘n baie sterk werkvermoë gehad.” Só gesels die Wellingtonner Dr. Dirk Hattingh, wat op 90-jarige ouderdom besig is om aan sy vyfde digbundel te werk. Dit is heel waarskynlik juis hierdie sterk werkvermoë wat hom ‘n lang lys lofwaardige prestasies deur sy lewe laat behaal het - iets wat vandag vir talle mense as inspirasie dien. Diederik Johannes Hattingh is in 1926, dieselfde jaar as Winnie the Pooh, in die Vrystaat gebore. “Ek het arm grootgeword. Ek was ‘n plaaskind, maar ek het as skoolseun al ‘n groot liefde vir lees gehad,” vertel dr. Hattingh. Volgens hom het talle onderwysers deur sy skoolloopbaan hierdie liefde vir woorde en die literatuur versterk. Hy skryf sy eerste reeks kortverhale reeds as hoërskoolseun in 1942. Dit word in die Landbouweekblad gepubliseer en die destydse redakteur, C.R. Kotzé, skryf in reaksie op sy een verhaal, Stryd, dat dit “aangrypende werk deur ‘n jong, opkomende skrywer” is. “Ek het in 1944 matriek geskryf en toe is ek vir sewe jaar Stellenbosch toe,” sê dr. Hattingh. Hier het hy klassieke tale, Afrikaans-Nederlands en Filosofie bestudeer. Hy begin ook met teologie-studies en behaal later sy doktorsgraad in filosofie. Dr. Hattingh was vir 40 jaar lank ‘n predikant. Hy was ook die Moderator van die Kaapse Sinode van die NG-Kerk en het ‘n sterk belangstelling in kerkreg gehad. “Ek is selfs by geleentheid gevra om as assessor in hofsake op te tree,” vertel dr. Hattingh. Sy sukses en kundigheid in finansiële bestuur en beplanning het hom ook die taak van aktuarius besorg. Hy voel dat die uiteenlopende aard van sy belangstellings en pligte nooit met mekaar gebots het nie.
“Daar was nooit konflik tussen die streng struktuur van die kerkreg of die Sinode en my filosofiese manier van dink nie. Die filosofie het my oopkop gemaak. "Jy word nooit ‘n kuddedier nie – ek het my nooit in ‘n hoek laat druk deur strukture nie. ‘n Mens moet getrou bly aan wie jy is en wat jy glo, maar nooit dink jy weet alles nie – óópkop wees.” Nadat dr. Hattingh op 65 as predikant afgetree het, het ‘n finansiële beleggingsmaatskappy hom genader om vir hulle te kom werk. Hier het hy 17 jaar vertoef. “Ek was 82 toe ek besluit het om daar klaar te maak,” vertel hy. Op 85-jarige ouderdom het hy ‘n Wellingtonner geword. “Ek wou by my kinders wees. My dogter is ‘n sielkundige op die dorp en my seun is ‘n dosent by die CPUT. En ek het só lief geword vir hierdie plek,” vertel hy. Dit is ook vandat hy op Wellington woon dat hy begin dig het. Wanneer ‘n mens wonder waarom hy eers op 85 begin gedigte skryf het, antwoord hy filosofies. “Ek dink dit is as gevolg van my sterk werkvermoë. Ek het tot op 82 vir 12 tot 14 uur per dag gewerk. "Nadat ek ophou werk het, het iets in my begin wakker word. Die onderbewussyn is ‘n skatkamer van gegewens wat soos die diepsee altyd verrassings boontoe beur.” Dr. Hattingh voel dat die uitstaande kenmerk van sy lewe sy rol as luisteraar en waarnemer was. “Selfs in dinge soos kerkreg en geldsake
Bo: Dr. Dirk Hattingh werk nou op die ouderdom van 90 aan sy vyfde digbundel. staan die menslike aspek altyd voorop. Dit gaan altyd om mense. Dit gaan altyd om emosies.” Dit is waarskynlik hierdie fyn waarneming en luistervermoë wat uiteindelik tot sy digkuns gelei het. “Behalwe vir die gedissiplineerde bou van my destydse preke en miskien die poëtiese styl wat daarmee saamgaan, is daar géén ooreenkoms tussen ‘n preek en ‘n gedig nie. "‘n Gedig moet nooit ‘n gekondenseerde prekie of sede-lessie wees nie. Gedigte het met emosies te doen. Emosie is ‘n gemene deler by alle mense. As ‘n gedig ‘n emosie by die leser of hoorder kan ontlok, dan het daardie persoon die gedig ontvang.” Dr. Hattingh is een van die handjievol gekeurde sprekers wat in Augustus by die Poësiefees in McGregor gaan optree. Intussen werk hy ook aan gedigte vir sy vyfde digbundel. Wat is die belangrikste ding wat hierdie nederige, stil, wyse, sterk man in sy vol lewe geleer het? “Die beste dinge leer ons op die eenvoudigste plekke. Ek het geen erg aan vertoon nie.”
NUUS • NEWS
15 Junie 2016
NUUS • NEWS
2
15 Junie 2016
• Ontdek area se uniekheid
Wynskrywers verken Wellington Dié skrywers het die terroir van Wellington verken. In die boonste ry is Clifford Roberts, Sam Linsell, Duncan Dogherty en Anthony Sharpe. Tweede ry: Annelize Stroebel, Francine van Niekerk en Maryke Roberts. Derde ry: Yolandi de Wet, Dawn Arendse, Trudy Oosthuizen, Xania van der Merwe, Tshepang Molisano en Sarah-Claire Picton. Voor: Gielie Beukes, Nontando Mposo, Marko Roux en Ingrid Graham. ‘n Uitgelese groep van 10 wynskrywers het die afgelope week twee dae op Wellington deurgebring. Hierdie groep skrywers het verskeie publikasies en platvorms verteenwoordig en joernaliste van nasionale tydskrifte, vryskutskrywers, wynbloggers en spesialis-wynjoernaliste ingesluit. Die Mutual & Federal Wellington Wynroete is die jongste wynroete in die land en is slegs die afgelope vier jaar lank ‘n erkende, onafhanklike wynstreek. Die besoek van die wynskrywers was ‘n inisiatief om hierdie jong wynroete plaaslik, nasionaal en internasionaal bekend te stel en ‘n bietjie te spog met wat alles in die Wellington-omgewing aan toeriste en wynliefhebbers gebied word. Die wynskrywers is in die Kaapse Waterfront opgelaai en op ‘n besigtingstoer en wynproe deur die vallei geneem.
Hulle het tuisgegaan in akkommodasie op die plaaslike wynplase en is getrakteer op uitstappies na Wellington se beste besienswaardighede. Elkeen was ook baie opgewonde oor die WOW-bokse (Wonders of Wellington) vol plaaslike produkte wat hulle as geskenk ontvang het. Hierdie skrywers se positiewe reaksie op die produkte van Wellington se unieke terroir, was oorweldigend. Hulle het talle lofsange oor plaaslike wyne via hul twiets en blog-inskrywings gesing. Wellington het hierdeur nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal aandag getrek. Al die skrywers was dit eens dat die Wellington Wynroete se wyne nie alleen eerlik aangebied word en die wynplase nie oor-gekommersialiseerd is nie, maar dat dit ook uiters goeie waarde vir geld is – iets wat die karakter van die hele dorp weerspieël.
Weltevrede Senior Sekondêr se matrieks het oahul Matriekulante-ontbyt in die Wellington stadsaal gehou. Andre Semmery en klasonderwyser, Herman Maurice by die groep leerders met die sakkies wat deur Wellington se ATKV-tak geborg is.
Bo: Die oud-studente van Weltevrede Senior Sekondêr het ook saamgekuier.
Regs: Rhencia Valentine, Nicole Valentine (hoofmeisie van Weltevrede) en Thelma Marthinus by die geleentheid.
NUUS • NEWS
3
15 Junie 2016
Goue jare by Fyngoud Dienssentrum gevier Daar is baie waarheid in die spreekwoord “oud, maar nog nie koud nie” – veral as ‘n mens na die energieke mense by die Fyngoud Dienssentrum kyk. Volgens die Dienssentrum se bestuurder, Janet Myburgh, is die hoofdoel van dié sentrum om ouer persone op Wellington te bemagtig om hul lewenstandaard te verhoog en hul lewenskwaliteit te verbeter. Kyk ‘n mens na hulle weeklikse program, kom jy gou agter dat hier omtrent nooit stilgesit word nie. Die Dienssentrum bied weeklikse kunslesse aan en het gesellige naaldwerksessies. Daar is ook kaart- en bordspeletjies, liggaamlike oefenklasse, ‘n voetversorgingsdiens, ‘n koor en ge-
Herwin vir ‘n vale
reelde opvoedkundige uitstappies. Verder het hulle weeklikse gesellige byeenkomste waar ‘n spreker optree en elke Vrydag word daar heerlike tuisgebak en vars groente en vrugte verkoop. Hulle bied ook maandelikse uitstappies na die Paarl Mall en verskaf daagliks etes aan lede teen billike pryse. Enige inwoner van die dorp bo die ouderdom van 60 kan ‘n lid word van hierdie sentrum en word uitgenooi om Vrydae 09:30 ‘n koppie tee by die sentrum te kom drink en na ‘n interessante praatjie te luister. Belangstellendes kan die Dienssentrum kontak by 021 873 4682 of die bestuurder, Janet Myburgh, by 082 850 1197 skakel.
Piekniek by Wellington Wyne op Jeugdag Wellingtonners kan uitsien na ‘n luilekker, gratis kuier en piekniek op Jeugdag. Wellington Wyne stel Donderdag hul Stokeryweg-perseel van 09:00 tot 14:00 beskikbaar vir hierdie geleentheid. Dit is die ideale geleentheid om die skolelangnaweek mee af te skop en sommer ook
• voor-groenberg en rommel
Jeugdag te vier. Toegang is gratis en mense kan hul eie piekniekmandjies saambring. Geen alkohol mag op die perseel ingebring word nie, maar die proelokaal sal vir wynverkope oop wees. Dit beloof om ‘n genotvolle dag in eg Bolandse styl te wees.
Laat ons weet van JOU nuus! Kontak Jaomi Zeeman by 083 482 3889 of stuur ‘n epos na zeemans@telkomsa.net. Ons wil van jou hoor!
Gr.3-leerders by Voor-Groenberg Primêr met van die tegnologieprojekte wat hulle uit rommel gemaak het. Jaomi Zeeman Leerders by die Voor-Groenberg Primêre skool is besig om speel-speel te leer - met die hulp van niks anders as rommel nie. Hierdie kreatiewe idee het aanvanklik as ‘n opruimingsinisiatief begin. Die skool se hoofdoelwit was om ‘n skoonmaakprojek tussen die plase in die Voor-Groenberg-omgewing te loods. “Ons onderwysers het opgemerk dat daar baie rommel langs die paaie en tussen die huise in die area rondlê,” sê Hanlie du Plessis, ‘n gr. 2 en 3-onderwyseres by dié skool. “Ons het gedink dat dit ‘n goeie idee sal wees om die kinders in groepe te deel en die opruiming op ‘n kompetisie-basis tussen die groepe te doen. Die groep met die meeste bottels, blikkies en ander herwinbare rommel, sal dan weekliks ‘n prys wen,” verduidelik sy. Dit blyk dat die inisiatief vinnig ‘n lewe van sy eie ontwikkel het. Die hoeveelheid herwinbare produkte waarmee die kinders by die skool aangekom het, het alle verwagtinge oortref. Daar is weekliks maklik amper 4000 bottels bymekaargemaak. Die logistieke uitdagings wat hieruit gespruit het, is deur baie kreatiewe onderwysers te
bowe gekom deurdat hulle dit as nóg ‘n leergeleentheid vir die leerders benut het. “Ons sou die rommel in hopies van 10 laat pak. Die kinders moes dit dan self uittel en bereken hoeveel bottels hulle het. "Hulle het geleer om dit daagliks op tabelle in te vul en hulle het geplus en geminus dat die stof staan! Ons het ook ander vakke by die inisiatief geïntegreer. Al hulle tegnologie-projekte word natuurlik ook uit die rommel gemaak,” vertel Du Plessis. Die herwinbare produkte word na depot’s aangery en verkoop. Die geld wat hulle so verdien, word teruggeploeg in die skool deur broodnodige apparate aan te koop. Du Plessis is baie entoesiasties oor die projek. “Dit is so wonderlik dat die kinders en gemeenskap nie net help met skoonmaak en leer van bewaring en van die omgewing nie, maar dat dit sommer ook ‘n geldjie inbring en nuwe leergeleenthede skep. "Die kinders gaan juis nou weer baie oulike Vadersdaggeskenke uit die rommel maak. “Maar die heel beste is seker dat hulle leer dat daar waarde en potensiaal in alles, en elkeen, is - dit maak nie saak hoe eenvoudig of onbenullig dit mag lyk nie.”
courant
NUUS • NEWS
15 Junie 2016
dié
4
Ouderdom is net 'n nommer
Hulle sê jy is net so oud soos jy voel. Of jy nou 80 of 30 is. Sommige van ons voel op 'n jong ouderdom al soos 'n "ou siel". Hoekom? Die antwoord hierop is maklik - Omdat jy dit toelaat. Die lewe is kort en jy het net een van hom. Moenie dink dat jy nog 'n kans gaan kry om te doen wat jy nooit gedoen het nie. Gryp die lewe aan. Doen alles met oorgawe. As jy op 90 nog 'n digbundel kan uitgee, hoekom dan nie? Moenie toelaat dat 'n nommer in jou pad staan nie. Moenie toelaat dat dit jou keer om jou lewe te leef soos 'n legende nie. Moenie terugstaan nie. Doen jou ding. Doen dit voluit. Doen dit goed en doen dit ordentlik. Doen jouself 'n guns en gaan kyk bietjie na mense. Regtig kyk... Nou nie kyk dat jy vreemd terug aangegluur word nie. Maar let 'n bietjie op. Kyk na hoe mense verouder. Kyk na die ingesteldheid van elkeen van hulle. Sommige is op 'n hoë ouderdom nog springlewendig en aan die gang. Woeker nog elke dag met hul talente. Dit is die positiewe mense. Aan die ander kant van die munt is daar diegene wat vroeg-vroeg al reeds lewensoud is. Wat altyd die glas as halfleeg sien. Sommige sien nie eens die glas nie. Wees positief en verouder met styl.
Slimkop:
Francesca Strydom van die Hugenote Hoërskool is genooi as een van die top-presteerders (top100 uit 30661 deelnemers) na die Wetenskapweek (SAASTA Wetenskapolimpiade) wat vanaf 20 Junie tot 1 Julie in Pretoria gehou word.
Karate:
Werner Botha van die Laerskool Hugo Rust is opgeneem in die Wes-Kaap Guju Ryu Karate-span wat aan die SA’s gaan deelneem.
Netbal:
Nikki Botha van die Laerskool Hugo Rust is opgeneem in die Wynland o.12-netbalspan wat aan die Wes-Kaap Interdistriktoernooi in Riversdal gaan deelneem.
Hokkie:
Nina Moggee en Elri Kemp van die Laerskool Hugo Rust is opgeneem in die Boland IPT-span wat die vakansie in Potchefstroom gaan deelneem. Nina is ook as die kaptein van die span aangewys. Jani du Plessis is opgeneem in die Boland Shiraz streekspan wat die vakansie in George gaan deelneem. Hier is Nina Moggee, Elri Kemp en Jani du Plessis.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Koning Joshia Koning Josia was agt jaar oud toe hy sy vader Amon as koning oor Juda opgevolg het. Sy vader Amon het afgewyk om die Here te dien en het die volk verlei om afgode te dien. Interessant is dat die konings se moeder se name genoem word, wie hulle was en vanwaar hulle gekom het. Josia se moeder was Jedida. Haar naam beteken geliefde. Al was sy met die goddelose koning Amon getroud het haar opvoeding die verskil in Josia se lewe gemaak. Josia het gedoen wat reg was in die oë van die Here, en geheel gewandel in die weg van sy voorvader Dawid en nie links of regs afgewyk daarvan nie. Die tempel is skoongemaak en alle afgode se verfoeisels is verwyder, en in die proses is die wetboek van die Here gevind. Josia het ‘n verbond met God gesluit en ook die volk van Juda gelei om saam met hom ‘n verbond met God aan te gaan. Hulle het teruggedraai na die Here en Hom voluit gedien. Josia se vader Amon het vir twee jaar geregeer en Josia het vir een en dertig jaar geregeer oor Juda. Die invloed van ons as ouers moet tot eer van God wees teenoor ons kinders, sodat hulle mag deel in die seën van die Here.
Bo: Die leerders by Hugenote Laerskool is baie opgewonde oor hul groot, nuwe kunsklas. Die groter klas spog met splinternuwe wasbakke wat gratis deur Dirk Hattingh van Eco Flow Plumbing geïnstalleer is. Bain’s Nursery het ook vetplante vir die klas geskenk – iets wat sommer as visuele stimulus dien en die klas opvrolik. Regs: Die leerders van Hugenote Laerskool samel een keer per maand kos, komberse en ander benodigdhede vir die diere by die Wellington DBV in. Hulle lewer dit persoonlik af en help ook as vrywilligers by die diere deur hulle te bad, met hulle te gaan stap en met die algemene versorging bystand te bied.
NUUS • NEWS
5
15 Junie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
BIRTHDAY PARTY Also at HYPERMARKETS
AS SEEN ON TV
20
90
Flora Fat Spread Assorted 500g Tub Each
39
995
90
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Thighs and Drumsticks Per kg
Sparletta Carbonated Soft Drinks Assorted 2 Litre Each
2690
E R O T S R R N I 129 S L A I C E P S F O S D E R D N U 169 H H 90 WIT 38 PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg
98
PnP All Grain White Large Eggs 18s
BIRT
BRM Pork Loin Rib 1kg
Skip Intelligent Auto Washing Powder 2kg
90
WAS 68.99
AS SEEN ON TV
BUY ANY 2 FOR
WAS 28.49 NOW 20.90 Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
BUY ANY 2 FOR
40
R
Parmalat Medium Fat Smooth or Fabulite Fat Free Yoghurt Assorted 1kg PnP Bulk Pork Braai Chops Per kg
49
R
WAS 39.99
37 NOW
15
80
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet
Jungle Oats 1kg
SAVE R10
90
PnP Bulk Country Classic Boerewors Per kg
34
56
PnP Bulk Lamb Braai Chops Per kg
89
R
359
WAS 56.99 NOW 42.90
90
Bokomo Weet-Bix 900g
R
NOW
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
R
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Econo-Heat Wall Panel Heater
110 295 94
R
R
Richelieu Brandy 750ml
R
Johnnie Walker Black Label Scotch Whisky 750ml
Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml
Get Double Points
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Come and enjoy Pick n Pay’s LOW-PRICE PARTY. PLUS stand a chance to WIN A FREE GIFT, just for being a Smart Shopper. Simply swipe your card on payment & check the bottom of your till slip. Valid 23 May – 3 July 2016 Terms and conditions apply. View www.picknpay.co.za E&OE
PRICES VALID UNTIL 19 JUNE 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
ALWCAL52
Accounts NOW OPEN
NUUS • NEWS
6
15 Junie 2016
Naelbytstryd tussen Hillcrest en Newtons
Saterdag het die spanne van Newtons en Hillcrest United mekaar die stryd aangesĂŞ. In 'n naelbyt-wedstryd het Newtons die knoop deurgehak en Hillcrest met 18-17 geklop. Marshall Afrika stut van Hillcrest beur voort met die balen word ondersteun deur Percaville Koopman en Justin Willemse.
Jacquin Ruthford van Newton probreer die bal wegkry.
Raymiro Fortuin, skrumskakel van Hillcrest gee die bal aan na Chad Meyer.
Clinton Festus tweede span heelagter van Hillcrest bars deur die verdediging van Newton.
Charl September (losskakel van die tweedespan) van Dylan Beukes van Newton word vasgevat deur Adam Arendse en Emile Booysen van Hillcrest. Newton vesprei die bal.
NUUS • NEWS
7
15 Junie 2016
Dienste Services
Dagboek • Calender
Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/15
Gelukwensing Congrats
Ceramic Matters 4 Junie om 11h00 - Kom ontmoet en gesels met Anthony Harris en Gerhard Swart en vind uit hoe hulle skeppingsproses werk. Toegang is gratis (wyn teen R10 per glas. Uitstalling duur tot 16 Junie. RSVP : Anne-Ghrett voor 2 Junie 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 galery@breytenbachsentrum.co.za
"Neil Diamond Tribute" 10 Junie - Johan Liebenberg tree op by Upstairsteater, Gouda Hotel, Hoofstraat, Gouda om 20h00 - Kaartjies @ R120 p.p Besprekings : Maurene (023) 232 0212 / 082 576 3874 Lollos 8 Skaterlag 11 Junie - Kinderland Kleuterskool bied aan Lollos 8 Skaterlag by Huguenote Laerskool R80 pp Kaartjies te koop by Kinderland kantoor of 079 243 0335 Wellington Wines
16 Junie - Piekniek van 09:00 tot 14:00 - Mag jou eie piekniekmandjie bring of een vooraf bestel @ R150 - Wyn sal te koop wees. Toegang is gratis Navrae : marketing@wellingtonwines.com Depressie- en Ondersteuningsgroep 22 Junie - Ds Fanie Kriel praat oor emosionele intelligensie - Byeenkoms vind plaas om 19:15 by die Marthasaal, Wellington - Almal welkom en aanvaar Kontak Petro Greeff by 021 873 4688 / 072 709 8000
Solo Studios Art Weekend
29 - 31 July - Group exhibitions in the Riebeek Valley - Tickets for the weekend will cost R225 (includes access to studios and exhibitions, an opening cocktail party and a Saturday afternoon party)
Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum. co.za.
Darling Wild Flower Show
More info: www.darlingwildflower.co.za
Wellington Museum 23 Junie om 09h30 - Wellington VLV en Karien Schoeman gaan almal inlig oor sandterapie vir kinders en volwassenes - Besoekers welkom Kontak : Juliana 083 264 9834
Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137).
2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700; Cost: R470.
Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@ wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training
Geluk ARETHA met jou verjaarsdag. . Hoop jy ‘n wonderlike dag. Baie lief vir jou. Van: Mammie, Ruan en Keanu #2491 -------------------------ARETHA, baie geluk met jou 16de verjaarsdag op 13 Junie. Liefde van Ouma, Pa en familie #2492 -------------------------RAAI WIE HET 16 GEWORD 06/06/2016.
16 - 18 Sep - Darling Gholf Klub - Darling Gholf Klub, Jacaranda Street - Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only)
Navrae : marketing@wellingtonwines.com
Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket.
Look who’s turning 21 on the 11th of June 2016 #2489 -------------------------Sashley, Geluk met jou MondigwordingVan: Oupa Oemie en Ouma Beaulah. #2490 -------------------------KYK WIE’S 16 op 13 Junie 2016 –
Further details from Klaus Piprek on 074 209 6838 / klaus@solostudios.co.za
Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081.
Sang en Sop aand 23 Junie - ten bate van die Wellington-museum om 18:00 in die Bovlei-gebou. Karin Kay sal die gaste vermaak. Kaartjies is R80 en sluit 'n wynproe in. Kontantkroeg ook beskikbaar
17/06/16
Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
Hoop jy gaan ‘n baie lekker dag hê en mag daar nog vele jare wees MWAHS van jou oulike BF --------------------------
RAAI WIE WORD 21!! 16 Junie 2016 Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën en nog vele jare spaar. Dankie dat jy so baie liefde teenoor ons en jou medemens toon. Jy bring baie vreugde en blydskap in ons harte. Lief vir jou. Van Mammie, Bronwyne, Brian en Chloé #2499 -------------------------RAAI WIE IS 21!! Baie geluk met jou mondigwording op 16 Junie 2016. Geniet jou dag en bly die voorbeeldige kind!!! Van jou Ouma, Rachel, Bernie, Amelia, Andrew Jnr, Andrea & Villiersdorp familie #2500 -------------------------Geluk met jou 21ste verjaarsdag Hoop jy’t ‘n wonderlike dag. Bly die persoon wat jy is. Baie lief vir jou. Turlow, Jolene, Tayla, Leriche, Shannon en Haylen #2501 -------------------------RAAI WIE IS 18
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/46
Memorium In Memoriam
JACOBIN SKIPPERS
14 Junie jou derde verjaarsdag weg van ons af. Die verlange is nog baie groot mis jou nog elke dag ...lief vir jou. Van jou Ma, Pa, Sherise, Abigail, Wellmay en Ashton #2494 -------------------------JACOBIN SKIPPERS Ja, “Kobie”of “Computer” soos ons jou altyd op jou noemnaam geroep het. Dis jou 3de verjaarsdag weg van ons – so baie on-beantwoorde vrae – ons wag nog steeds jy moet om die draai kom, jou hand in die lug steek om te groet, maar dan besef ons opnuut jy is vir ewig en altyd skielik van ons weggeruk. Jy sal altyd voortleef in ons gedagtes!! Liefde : Steven, Florencia, Abby, Elienah, Leigh-Haygon, Cornel en Lorden #2495 -------------------------GERALD EDMUND DAVIDS
Baie geluk! Ons is baie lief vir jou. --------------------------
Kontak ons met jou geklassifiseerde advertensie by 022 487 3221.
Blessed aerth DY Llewellyn – May Jah give you many years. Heart of Love – Van Mammie, 2 sussies en broer Ruben – Jay Love #2508
20 Junie 2016 Dit is jou eerste verjaarsdag weg. Jy sou vandag 69 jaar gewees het, maar ek weet jy is veilig by God, jou maker. Ek mis jou vreeslik baie, maar berus my by God se wil. Ek is baie lief vir jou en sal altyd wees. Van jou
vrou, Elsa. #2496 -------------------------Dit is Daddy se eerste verjaarsdag weg van ons. Die verlange is groot. Sou graag vir Daddy by ons wil gehad het om ‘n drukkie gee, maar God het Daddy meer nodig gehad. Ons weet Daddy is veilig by God. Jou verlangende dogter Bernadette (Nimpie), Heinrich en Bernelee #2497 -------------------------My oupa was my beste oupa. Jy is nou 69 jaar en nou is oupa nie meer daar nie. Oupa, ek, Matthew, Zuriël en Ilai gaan vir oupa eendag weer in die hemel sien. Die jaar is nog nie om nie, maar ons mis al klaar vir oupa – Boodskap kom van O’Neal, Zuriël, Matthew, Ilai en Shaan #2498
Sterfgevalle Obituary
KAYLIM JANZE
1Oktober 200914 Junie 2016 Kaylim jy sal altyd en vir ewig in ons hart wees. Ons gaan jou geselsies, drukkies, soentjies en jou sêgoedjies baie mis, jy was ons babbelbekkie wat stil kom word het. Woorde is onbeskryflik hoe ons voel, maar berus ons in GOD se werk. Sal altyd lief wees vir jou: Mammie Mabel #2502 -------------------------My dogtertjie my alles - Hoe gan ek jou ooit kan vergeet – jy was my alles. My enigste dogtertjie, ek berus my aan God se wil. Jy is nou ‘n engeltjie – sal altyd lief wees vir jou. R.I.P Kaylim – Pa Elkirsten #2503 -------------------------My hart is vanoggend stukkend - jy was Ouma se sonstraal. Jou stem is stil in die huis, ons gaan jou verskriklik mis – Ouma Susie #2504
courant
NUUS • NEWS
15 Junie 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
15 Junie 2016
Sportuitslae Sports results
Naelbyt-sege vir Newtons
Gholf WELLINGTON (72) Samespel-stableford: A, Laubuschagne en D. van Rensburg 48, J. Carstens en A. Bester 47, J. Davids en M. Solomon 47
Die wedstryd tussen Hillcrest United en Newtons het vir baie opwinding gesorg. Die eindfluitjie-telling het op Newtons 18, Hillcrest United 17 te staan gekom. Links breek Geoffrey Allies van Hillcrest weg van die skrum. Alhoewel die spanne harde bene gekou het, het hulle na afloop van die wedstryd goeie sportmangees gewys en saamgekom in gebed.
Rugby KLUBKOMPETISIES (BOLAND) Witsentraal: Roses United 32, Delicious 24; Newtons 18, Hillcrest United 17; Ceres 10, Wolseley 3; Bella Vista 38, Wellington 20; Tulbagh 27, Hamlet 22 SKOLERUGBY Huguenote 26 (5) D.F. Malan 29 (5) : D.F. MALAN – Drieë: Daniël Luise (slot), NJ Sidloyi, Carlo Geyer (senters), Paul Andringa (plaasv.) Wihan Nimb (vleuel). Doelskoppe: Tiann de Klerk (skrumskakel, 2). HUGUENOTE – Drieë: Zenon Erasmus (stut), Stephen Philander (losskakel), Jaydan Fransman (senter), ‘n strafdrie. Doelskoppe: Philander (3). * In verlede week se uitgawe is op bladsy 2 vermeld dat Hugenote Hoërskool teen die span van Labori te staan gekom het. Dit was inderdaad 'n kragmeting teen HTS Drostdy.
• set to better personal best
Paddling Pietersen pursues Berg
Jermaine Pietersen is aiming to achieve a maiden top ten finish at this year’s Berg River Canoe Marathon when he tackles the four day challenge from Paarl to Velddrif from 13 to 16 July, the pinnacle event of his annual canoeing calendar. “I’ve been training for this year’s Berg since October last year because 240 kilometres is a very long way and so you need to prepare well if you are going to achieve your goals,” explains Pietersen. “While many South African paddlers train for the Dusi, the Berg is the big event I train for each year; the Berg is my Dusi and so I need to make sure I give it my best! “I finished eighteenth last year but if you take out the five international guys – as most won’t be here this year – then I was thirteenth so I definitely want to push for a top ten at this year’s race,” he adds. With his focus fixed on his preparations for his ninth assault on the grueling race in a few weeks’ time, Pietersen’s introduction to pad-
dling seems a long time ago. The impact of the sport on the 30 year-old’s life remains no less significant though with the enthusiastic competitor now keenly blooding the next generation of Berg top ten hopefuls through his involvement in the Paarl Canoe Development Programme. “I come from the location in Paarl East and one day Moses Africa introduced me to paddling and I fell in love with the sport straight away. “A couple of us friends from back then are still paddling today; some of the others are sprinters but I’m into marathons. “The sport has changed my life; I have an afternoon coaching job now and I got my license. Without paddling who knows how my life would have turned out? Between Pietersen and the programme’s head coach, Mzamo ‘Wayne’ August, the paddling programme caters for over fifty Under-8 to Under-23 youngsters who are separated into training groups and alternate under the two mentors’ care.
“We split the groups and one day I’ll take the guppies and Wayne the K1s and the next day we’ll swap. “Most of our paddlers come from the same location I grew up in and this year three of our paddlers did incredibly well at SA Schools Sprints Champs, winning 20 medals between them – the most by any development programme in the country! “These fifty children have become like my own children; they listen to what I say and show me such respect – this has been another aspect of paddling that has changed my life and given me perspective,” says Pietersen. While thriving on the opportunity to shape and mould tomorrow’s stars in his role as the programme’s assistant coach, Pietersen also remains determined to perform as a competitor, this despite the dramatic effects of the drought that currently ravages much of South Africa. “The section of river that we train on has been quite tough to paddle because every time you put your paddle in, you hit the sand on the
bottom. “Luckily the weir just below where we train has been raised so the water level is higher now and at least we’ve got a little bit of water to train on. “During my training I’ve been preparing for a very low Berg this year though and every Berg I’ve done has been either medium/low or low so I’m quite used to these conditions and I’ll try use that experience to help me during the race.” While conditions are far from ideal, Pietersen draws inspiration from life’s hardships that he’s experienced as well as the lessons learned during his time with Paarl Canoe Development Programme and remains positive his maiden top ten pursuit. “Training, especially in the winter weather, can be tough! “Sometimes in life you have to make sacrifices to achieve what you really want to achieve though, and I really want to get a top ten at this year’s Berg!”
69
94
R
CELEBRATE
Hunters Dry, Gold or Export Returnable Bottles 12 x 660ml
MORE FOR LESS
155
R
Per Case
Savanna Dry Cans 6x440ml
R
Castle Lite Non-Returnable Bottles 12 x 340ml Per Pack
110
99
R
R
99
R BUY ANY 2 FOR
Bavaria Non-Alcholic NonReturnable Bottles Assorted 6 x 330ml Per Pack
95
R
PRICES VALID 16 - 19 JUNE 2016
FRGTHS163
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Richelieu Brandy 750ml
Klipdrift Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Muirheads Whisky 750ml