courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
13 Julie 2016
Uitgawe 378
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Wegspring: Die Bergrivier Kanomarathon spring vandag in die Paarl weg. Hank McGregor (bo) is ‘n laat-inskrywing. Die Australiese kano-marathon kampioen Josh Kippin, die 2015 top 10-presteerder Brendan Rice en die Tsjeg Petr Petr Mojzisek tel onder die kano-elite wat almal Woensdag by die wegspringpunt sal wees. Die verdedigende kampioen, Bianca Beavitt, kan waarskynlik sterk kompetisie van die 2013-kampioen, Jenna Ward, verwag.
• TOP-ROEIERS DING MEE IN KANO-MARATHON
Kampioene by Berg • Jaomi Zeeman
Groot name in die kano-wêreld kom dié week weer byeen vir die jaarlikse Bergrivier Kanomarathon. Die marathon skop vandag om 09:00 by die Markstraat Brug in die Paarl af. Hierdie jaar se kompetisie beloof baie opwinding met ‘n paar groot name onder die ingeskrewe deelnemers. In die mansafdeling is die verdedigende kampioen van die afgelope 10 jaar, Hank McGregor, die gunsteling. Daar is egter ‘n paar uiters kompeterende roeiers wat hom hierdie jaar uit die kussings gaan probeer lig. Onder hulle is die huidige K2 Wêreld Marathon-kampioen, Adrian Boros van Hongarye, en die vorige Bergrivier medaljewenner Graeme Solomon, asook ‘n hele groep internasionale en plaaslike sterre. Die Australiese kanomarathon-kampioen Josh Kippin, die 2015 top 10-presteerder Brendan Rice en die Tsjeg Petr Petr Mojzisek tel onder die kano-elite wat almal Woensdag by die
wegspringpunt sal wees. In die vroue-afdeling lyk die deelnemers en kompetisie net so straf. Die verdedigende kampioen, Bianca Beavitt, kan waarskynlik sterk kompetisie van die 2013-kampioen, Jenna Ward, verwag. Ander vroue-roeiers van wie daar hoë verwagtinge gekoester word, is Kyeta Purchase en Nikki Russel. Daar is 24 onder/23-inskrywings in die mansafdeling, waaronder Luke Stowman waarskynlik die gunsteling is. Die roeiers sal in die eerste skof van die Paarl tot by Zonquasdrift roei (62km). Tydens die tweede skof sal hulle 46km tot by Bridgetown aflê. Op die derde dag roei die deelnemers ‘n volle 75km tot by Zoutkloof, vanwaar hulle die laaste skof (60km) tot in Velddrif aandurf. Die verrigtinge by die eindpunt Saterdag in Velddrif beloof om, soos elke ander jaar, ‘n belewenis te wees met talle stalletjies en egte Weskus-gasvryheid. Volgens die organiseerders lyk die toestande vir die marathon baie gunstig, veral in vergelyking met verlede jaar wat die wegspringpunt as
gevolg van die lae watervlakke verskuif moes word. Die onlangse winterreëns het die grondwatervlakke laat styg, wat die voeding van goeie watervloei in die Bergrivier verseker. Die weervoorspelling vir die res van die week lyk soos volg: Woensdag: Ligte wind, gedeeltelik bewolk. Minimum 13°C, Maksimum 21°C Donderdag: Ligte wind, bewolk. Minimum 13°C, Maksimum 18°C Vrydag: Ligte wind. ±8mm reën. Minimum 8°C, Maksimum 11°C Saterdag: Ligte bries, sonskyn. Minimum 4°C, Maksimum 12°C • Interessantheidshalwe: Watervlakke tans van Wes-Kaapse damme: Damme 2015 2016 Wemmershoek 52% 58% Steenbras Laer 55% 42% Steenbras Hoër 66% 82% Voëlvlei 40% 38% Theewaterskloof 55% 40% Bergrivier 60% 46%
NUUS • NEWS
13 Julie 2016
NUUS • NEWS
2
13 Julie 2016
• KONTRASTERENDE WÊRELDE HIER BYEEN
Terug na verlede met Ouma Granny Een van die onontdekte skatte van Wellington se kultuurerfenis is sekerlik die “Ouma Granny’s House” in Fonteinstraat. Hierdie geskiedkundige gebou is ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid en dit huisves ‘n versameling kosbare gebruiksartikels en artefakte uit ‘n vergange era. Die huis is ‘n pragtige voorbeeld van die unieke “Wellington”-styl Victoriaanse burgerlike argitektuur en is in besit van die Drakenstein Munisipaliteit. Die inhoud van die huis is die Joyce Hoogenhout-Morse versameling en behoort aan Christine Siebrits en Daphne Hoogenhout, wat ook die bestuur van die huis behartig. Christine en Daphne is die dogters van Joyce Hoogenhout-Morse en die agterkleinkinders van C.P. Hoogenhout, een van die grondleggers van die Afrikaanse taal. Die interessante, wye verskeidenheid items wat in die verskillende kamers van die huis ten toon gestel word, reflekteer en bring hulde aan die leefwyse van ‘n vergange era. “My ouers het albei ‘n liefde vir oudhede gehad en my ma het graag ou gebruiksgoedere gehou en versamel.
"Sy wou altyd hê dat dit behoue bly vir die nageslag, sodat jongmense kan sien waar dinge vandaan kom en dat dinge nie altyd gewerk het soos dit vandag werk nie,” verduidelik Christine. Daphne voeg by dat haar ma eintlik haar tyd ver vooruit was. “Sy (Joyce Hoogenhout-Morse) was eintlik ‘n rou Engelse meisie wat met ‘n Afrikaanse boer getrou het, nogal in die tyd van die Boere-oorlog. Haar versameling gaan oor meer as net ‘n klomp artefakte, sy het altyd geglo in inklusiwiteit – ook in die oorlogsjare. "Hierdie versameling is as’t ware ‘n samekoms van eens botsende kulture: my ma se Engelse agtergrond en my pa se Afrikaanse wortels – daar is iets van alles hier. Dit is ook waarom die huis ‘Ouma Granny’s House’ heet, dit is ‘n mengsel uit die geskiedenis van Afrikaans en Engels in ons dorp.” Die meubels, klere, breekgoed, speelgoed en kunswerke wat in Ouma Granny’s House te siene is, tower ‘n geskiedkundige wonderwêreld op en is beslis ‘n besoek werd. Die huis is Vrydae van 08:30 tot 12:00 oop vir besoekers.
Entries for the Western Cape’s most prestigious agriculture competition will close this month. Alan Winde, Minister of Economic Opportunities, called on agriculture workers to enter the 2016 Western Cape Prestige Agri Awards. The initiative, previously known as the Farmworker of the Year competition, honours excellence in the province’s agriculture sector. “I’d like to encourage our agriculture workers to enter the competition. Through you, we generate economic growth and create jobs for residents. We need to celebrate the men and women who help take our agriculture sector forward,” said Minister Winde. This initiative is co-sponsored by the Western Cape Department of Agriculture and the Shop-
rite Group. Shoprite has been involved with this initiative for the last five years. As Africa’s largest retailer, Shoprite goes directly to farmers, through Freshmark, the group’s fruit and vegetable procurement and distribution arm, to bring customers freshness at the lowest price. Shoprite is proud to partner with the Western Cape Prestige Agri Awards as it honours farmworkers making a significant contribution to South Africa’s economy. The first of 15 regional competitions is set to take place in the Witzenberg region on 28 July 2016. A winner, runner-up and second runner-up will be selected in each of the following 11 categories:
Chistine Siebrits en Daphne Hoogenhout is die agterkleindogters van C.P. Hoogenhout. Hulle behartig die bestuur van die Ouma Granny’s House, wat ‘n versameling artefakte en gebruiksartikels van hul ma, wyle Joyce Hoogenhout-Morse, huisves.
Searching for the best farmworker of 2016 • General Worker • Tractor Driver • Administrative Personnel • Animal Production • Technical Operator • Irrigation Specialist • Social Development • Agri-processing • Foreman • Junior Management • Middle Management The winner in each category and the overall winner in each region will go through to the provincial competition. The Western Cape’s top agricultural worker will be announced during a gala ceremony on
Saturday, 5 November 2016. The overall winner receives a cash prize, Shoprite vouchers and an overseas trip. As part of the judging process, entrants are scored on their overall knowledge of the agriculture sector and finance issues in the country and on-farm, including budgeting and costing. Entrants are assessed on topics such as Black Economic Empowerment and the export chain. Experience and agricultural skills are also key criteria. Over 6000 agriculture employees have entered the competition since 2002. In 2015, 1 247 residents participated in the competition, a 20% increase from the previous year.
NUUS • NEWS
3
13 Julie 2016
• TOERNOOI VIR KORREKTIEWE DIENSTE GEHOU
Rehabilitasie deur rugby help bou • Jaomi Zeeman Die Wes-Kaap Korrektiewe Dienste het van 4 tot 8 Julie ‘n rugbytoernooi vir gevangenes op Bolandstadion op Wellington aangebied. Daar het 354 gevangenes in 13 verskillende spanne uit 10 bestuursareas aan dié toernooi deelgeneem. Die toernooi is Maandag op luisterryke wyse met ‘n vertoning deur die Lugmag se Silwer Valke geopen. “Die rugbytoernooi is die Departement van Korrektiewe Dienste se groot afskopgeleentheid met die oog op Madiba-maand. Die Lugmag het besluit om as vennoot ‘n bydrae te lewer deur ‘n vertoning vir die opening te lewer. Dit is ook hulle manier om die rehabilitasie van ons gevangenes te ondersteun,” verduidelik Mariska Pietersen, media- en skakelbeampte van Voorberg Korrektiewe Dienste. Die toernooi is in 2015 deur die Voorberg Gevangenis begin. “Dit was ‘n inisiatief van ons om Madibamaand te vier, maar ook om sport as ‘n tuig te gebruik waarmee ons positiewe verandering in ons gevangenes se lewens kan bewerkstellig,” vertel Brian Wilson, area-kommissaris van Voorberg Gevangenis en stigter van dié toernooi. “Alhoewel mense se wenkbroue eers oor die idee gelig het, was dit só suksesvol dat Boland Rugby Unie aangebied het om ons vennoot hierin te word. Hulle doen groot en gewaardeerde werk en hulle stel hul velde en fasiliteite gratis aan ons beskikbaar. Hulle verskaf ook die skeidsregters en baljoggies en hulle help met die administratiewe bestuur van hierdie toernooi. Dit is een van die mooiste voorbeelde van hoe ‘n mens rehabilitasie na die gemeenskap kan bring,” sê Wilson. Hulle is ook baie trots daarop dat oudSpringbok, Ashwin Willemse, die beskermheer van die toernooi is. Sekuriteit by so ‘n toernooi is baie streng en al die nodige voorsorgmaatreëls word noukeurig getref. “Enige veroordeeldes kan in aanmerking kom om vir ‘n span uit te draf, maar hulle gaan eers deur ‘n uiters streng keuringsproses om hulle geskiktheid vir so ‘n aktiwiteit en die blootstelling te bepaal,” verduidelik Mittie Davids, hoof van die sekuriteit. “Dit is dus net die streng gekeurde gevangenes wat uiteindelik toegelaat word. Dit is vir hulle ‘n baie groot eer en voorreg en hulle doen alles in hulle vermoë om hierdie voordeel te behou. Daarom het ons nog nooit enige probleme met dissipline gehad nie. Daar was nog nooit ‘n negatiewe voorval nie en die manne (en vroue) benader dit baie professioneel,” vertel hy verder. Volgens hom het elke tronk se span ‘n spanbestuurder en twee ekstra sekuriteitspersone wat hulle vergesel en saam met hulle in afgebakende sitplekke op die pawiljoen sit. Hulle word ook begelei na die badkamer en veld en hulle mag geen kontak met toeskouers hê nie. “Al is rugby ‘n fisieke kontaksport het ons ook nog nooit enige probleme met dissipline op die veld gehad nie,” vertel Davids. Volgens Mariska Pietersen, die media- en skakelbeampte, word al die spanne deur lede van Korrektiewe Dienste afgerig. Hierdie mense moet hulself eers kwalifiseer deur die Boksmart -afrigtingskursus te voltooi. Die spanne oefen gemiddeld drie keer per week en amper drie ure
Bo: Die Overberg-span hou ‘n spanpraatjie tydens rustyd van die uitspeelwedstryd vir die 3de en 4de plekke. Bo: Die Pollsmoor Damespan warm op voordat hulle vir die finaal opdraf. Hulle het algeheel tweede geëindig nadat hulle teen Breederivier verloor het. Regs: Die Suid-Kaap span hou ‘n spanpraatjie tydens rustyd van die uitspeelwedstryd vir derde en vierde plekke. Hulle het uiteindelik die wedstryd gewen en algeheel derde geëindig.
Bo: Mittie Davids, die hoof van sekuriteit tydens die toernooi.
Cliffie Booysen, bestuurder van rugby-ontwikkeling by Boland Rugby Unie en vennoot in die organisasie en uitvoering van die toernooi.
Bo: Bryan Wilson, die Area-kommissaris van die Voorberg Gevangenis en stigter van die toernooi.
per oefensessie. Volgens Wilson, area-kommissaris, behels die voorbereiding van die spelers egter nie net fisiese oefening nie, maar sluit dit ook ander ontwikkelingsprogramme vir die gevangenes in. Rugby is ook nie die enigste sportsoort waaraan gevangenes blootgestel word nie. Ander sportsoorte waaraan hulle deelneem sluit sokker, krieket, veerpyltjies, gholf, varswaterhengel, vlugbal en langafstand stap in. Nadat al die spanne deur die loop van die week met mekaar meegeding het, het die spanne van Voorberg Gevangenis en Drakenstein Ge-
vangenis se 1ste span tot die finaal deurgedring. In die vroue-afdeling het Pollsmoor Gevangenis en Breederivier Gevangenis se spanne in die finaal gespeel. Die vroue-afdeling is deur Breederivier gewen en die kampioene van die mansafdeling was Voorberg Gevangenis. Boland rugbykeurders het tydens die toernooi die spanne dopgehou en uiteindelik ‘n span gekies wat vir die Boland Kavaliers ‘n voorwedstryd gaan speel met hulle volgende kragmeting teen die Leeus. Die ongelooflike tentoonstelling van dissipli-
ne, uitnemende sekuriteit en positiewe gesindhede tydens hierdie uitsonderlike rugbytoernooi het waarlik die werk van Korrektiewe dienste na die gemeenskap gebring. Dit was as’t ware ‘n werklike vertoning van rehabilitasie, potensiaal en tweede kanse. In die lig van Nelson Mandela se eie lewensbeskouing, ‘n heel gepaste afskop vir Madiba-maand. “Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people. Sport has the power to create hope where once there was only despair.” - Nelson Mandela
courant
NUUS • NEWS
dié
4
Valke, rugby saam vir rehabilitasie
Almal het 'n reg op 'n tweede kans. Om te herbou wat jy afgebreek of verbrou het. Wie is ons om te oordeel en te sê dat jy net een keer in jou lewe 'n fout mag maak en dan verdoem te word deur die wat rondom jou is. Ons het net een lewe en dit moet geleef word. Ja, ons almal maak foute. Elke liewe dag. Sommige maak net groter foute as ander. Ander se foute word gesien en hulle boet daarvoor, maar beteken dit dat hulle nooit vergewe mag word nie? Dat hulle nie 'n kans mag kry om te verbeter en beter mense te word nie? Dis hier waar rehabilitasie belangrik is. Ons ken nie mekaar se omstandighede nie. Ons weet nie hoe die ander een dalk sy lewe lank moes veg vir 'n plekkie in die son nie. Ons weet nie wat agter ander se geslote deure aangaan nie, so wie is ons om dan 'n vinger te wys en 'n klip te gooi? Help eerder om die klippe uit die weg te ruim en te help bou aan 'n nasie, 'n volk, 'n mensdom wat mekaar meer gun. 'n Tweede kans is ons almal se reg.
Dis Goeie Nuus
Fourie Rossouw
God staan nie stil vir ‘n kiekie Vir duisende jare, deur verskillende kulture en kontekste, is mense op soek na iets van God om aan vas te hou. Sommige het groot goue standbeelde opgerig tot eer van God, ander het eenvoudige klippe op mekaar gepak by plekke waar hulle glo God gesien kon word. Die bekende kerkvader Augustinus het hierdie soeke beskryf as ‘n holte in die hart, ‘n leemte wat net God kan vul. Die bekende verhaal van Moses wat op die berg saam met God was is ‘n goeie voorbeeld van hierdie eg menslike soeke. In Eksodus 33 vra Moses of hy vir God van aangesig tot aangesig kan sien. Dan gebeur ‘n merkwaardige ding. In plaas van God se aangesig, sien Moses toe vir God van agter af. Die teks verwys letterlik na God se agterkant. Hierdie verhaal nooi ons uit om vrede te maak met die feit dat ons, wanneer God die besprekingspunt is, meer dikwels die skaduweekant van God beet het. Ons word herinner om met baie meer nederigheid en openheid oor ons ervarings van God te praat. “Agterkant” kan ook verstaan word as God se onlangse teenwoordigheid. God is in beweging, God staan nie stil om te poseer vir ‘n kiekie nie. Hy talm ook nie lank op een plek nie. Teen die tyd dat die sement van die fondasies van die nuwe tempel, moskee, kerkgebou of sinagoge droog is, het God reeds aanbeweeg. Mag jy in die skaduwee God se voetspore vind. Mag God jou in beweging bring. En mag jy dan mooi loop.
Country-konsert vir Tommy Oliver gehou Die befaamde coutry-sanger, Tommy Oliver, het Wellington sedert April vanjaar sy tuiste gemaak. Sy tyd in die Boland is egter ongelukkig deur ‘n groot terugslag gekenmerk. Tommy het in April by die Gouda Upstairsteater ‘n vertoning gelewer. Die volgende dag, op pad huis toe, het hy langs die pad stilgehou en vermoedelik weens bloeddruk-medikasie wat nie met hom geakkordeer het nie, sy bewussyn verloor. Hy het baie sleg geval en sy gesonde been (sy ander been is ‘n kunsbeen) gebreek. As gevolg van sy mediese toestand het hy vyf weke in die hospitaal deurgebring voordat sy been geopereer kon word. Al sy optredes, wat sy enigste inkomste is, moes sedertdien gekanselleer word. Tommy is steeds in ‘n rolstoel en kan nie optree om ‘n inkomste te genereer nie. Sy vriende in die vermaaklikheidsbedryf het besluit om hom te ondersteun deur ‘n fondsinsamelingskonsert te hou. By hierdie geleentheid gaan bekendes in die country genre soos Dennis East, Karin Kay, The Rodeo Girls, Maritza, Fanie Velskoen, Nadine Burness en Boesman gratis optree om fondse vir
13 Julie 2016
Tommy te help insamel om sy mediese onkostes te dek. Hierdie legendariese Country-konsert vind op 24 Julie om 12:00 by die Picardie Gasteplaas in die Paarl plaas. Kaartjies is R100 vir volwassenes en R40 vir kinders. Vir besprekings en meer inligting, kontak Angulique by 081 215 1277/ 084 752 6766.
Wêreldbeker: Die “Saddle Seat” Ruiterkuns Wêreldbekerkampioenskappe is van 7 tot 9 Julie by Mastico buite Wellington gehou. Ruiters en perde van Suid-Afrika, Namibië, Kanada en die VSA het met mekaar in die 3-gang en 5-gang afdelings in spanverband meegeding. Bo is die Suid-Afrikaanse perdry-span by die openingseremonie van die Wêreldbekerkampioenskappe.
NUUS • NEWS
5
13 Julie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS only pay R
95
R
opper Smart Sh ers custom ount disc get a R5 is swiped rd when cath l. at e til
100
49
PnP Uncooked Bulk Stewing Beef Bone in Per kg
R
54
R
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg
PnP Uncooked Bulk Beef Mince Per kg
WAS
38
1999
NOW
90
Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each
14
50
64
SAVE 18.98
18
R
45
R
Ouma Rusks Assorted 450/500g
95 NOWR254 R 199 WAS
Wellington VO Brandy 750ml
Windhoek Draught Cans or Non-returnable Bottles 24 x 440ml Per Case
PnP All Grain Eggs Large 18s
PnP NO NAMETM Fresh Whole Chicken Per kg
BUY ANY 4 FOR
10
R
19
WAS
2699
90 Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP Packet Soup Assorted 50-85g
% 25 OFF ALL
38
NOW
18
90
90
Domestos Thick Bleach Assorted 750ml Each
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
EXCLUSIVE TO SMART SHOPPERS
STATIONERY
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
29
Danone Ultra Mel Long Life Vanilla Flavoured Custard Assorted 1 Litre
BUY ANY 2 FOR
Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg
40
33
90
90
90
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
R
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
90
38
BUY ANY 2 FOR
90
SAVE R11
Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack
Valid from 14 – 26 July 2016 Terms & Conditions apply. s. Excluding office paper, Aramex envelopes and stamps.
124
90
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
www.picknpay.co.za/superanimals PRICES VALID 14 - 17 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Super Animal cards are available for online shopping. Super Animal cards not available in Pharmacy, Liquor or Clothing Stores. MMWCHS48
Accounts OPEN16 JULY 2016
NUUS • NEWS
6
13 Julie 2016
Holiday Club hou jeug produktief in vakansie Links: Groepleiers wys die juigende kleuters en tieners tydens ‘n saalbyeenkoms hoe om hulself met sang en musiek uit te leef
Die Boland Kavaliers het Saterdag op Piketberg teen die span van die WP te staan gekom. Christopher Bosch (links, binnesenter) en Ryan Nel (regs, buitesenter) duik vir EW Viljoen (buitesenter) van WP. Onder: Jovelian de Koker (plaasvervanger skrumskakel) gee die bal uit.
Regs: "Hier leer ons mekaar aanvaar en vorm." Regs gee een van die groepleiers ‘n maatjie ‘n warm drukkie tydens een van die koue dae tydens die weeklange program. • Edward Smit Om uit te sien na elke skoolvakansie is ‘n verwagting by menige tieners maar om jouself sinvol besig te hou gedurende die skoolvakansie bly maar ‘n uitdaging . Die Holiday Club wat onlangs aangebied was in Wellington is ‘n jaarlikse instelling om veral skoolgaande kinders gedurende die Julie-skoolvakansie op ‘n kreatiewe wyse besig te hou. Dominee James Fredericks, leraar van die Calvyns Protestante Kerk vertel: "Die holiday club is ‘n interkerklike uitreikprogram gemik op skoolgaande kinders om op ‘n unieke manier by ons jongmense betrokke te raak. "Jongmense met leiereienskappe word identifiseer in die gemeenskap wat ook by hul onderskeie kerke betrokke is en ondergaan ‘n intensiewe opleidingsprogram om die weeklange
holiday club aan te bied wat gestrek het vanaf 4-8 Julie by die Hephsibah-kampterrein tussen Paarl en Wellington . Dit was voorafgegaan met ‘n toewydingsdiens spesifiek vir die leiers wat die program aangebied het. Verder word ons ondersteun deur gekwalifiseerde opvoeders wat hul passie vir jongmense ook op ‘n geestelike vlak wil uitleef” Die jongmense was hoofsaaklik vanuit Newtown, Van Wyksvlei, Mbekweni en Smartie Town. Soggens het elkeen ‘n warm ontbyt gekry waarna die dag se vol program gevolg het. Godsdiens en bybelstudie was die klem, afgerond met sang, speletjies, toneelspel en natuurlik pret. Ds Fredericks wil dan ook die enkele borge bedank wat hierdie jaar by die program betrokke was, maar hoop om in die toekoms meer kerkleiers betrokke te kry.
Regs: Danwel Demas (linkervleuel) het Saterdag in sy 50ste wedstryd vir die Kavaliers uitgedraf. Hy was ook die driedrukker van die dag.
NUUS • NEWS NUUS NEWS 13 Julie • 2016
7 7
13 Julie 2016
Geklassifiseerd • Classifieds
Dagboek • Calender
Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 23 Julie - Koos van der Merwe 30 Julie - Gerald Clark en Luna Paige - The Lovermore Show 11 Aug - Lauch of Emily Hobhouse 13 Augustus - Mallies le Roux en die Besigheidsmanne 24 Augustus - Helena Hettema - R130 29 Oktober - Marc Lottering Solo Studios Art Weekend 29 - 31 July - Group exhibitions in the Riebeek Valley - Tickets for the weekend will cost R225 (includes access to studios and exhibitions, an opening cocktail party and a Saturday afternoon party) Further details from Klaus Piprek on 074 209 6838 / klaus@solostudios.co.za Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za. Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars o.a. Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse koor van die universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw & Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 / gwenhoney@telkomsa.net Darling Wild Flower Show 16 - 18 Sep - Darling Gholf Klub - Darling Gholf Klub, Jacaranda Street - Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30 (Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www. parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van
Betrekking Vacancies
18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts lightclassical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
VERKOELINGS-& LUGVERSORGINGSTEGNIKUS Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die volgende is ‘n vereiste: * Minstens 2 jaar ondervinding in verkoeling, foutsporing, installasies en instandhouding * Kode 08 rybewys * Naweek-bystand diens * Sterk elektriese ondervinding sal in u guns tel. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2554 -----------------------------ALGEMENE WERKER Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die pos behels die assistering van ‘n lugversorgings- en verkoelings-tegnikus * Ondervinding in verkoeling sal in u guns tel Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2555
Gelukwensing Congrats
6.07.2016... Mamma baie geluk met u geboortedag.
Wil vir u baie dankie sê vir die moeder wat u is. Altyd gereed om te bedien, ons is baie trots op u en dankie vir die mooi voorbeeld wat u nog altyd is, Ons dank die Hemelse vader vir nog ‘n jaar wat Hy by u lewe gevoeg het. Liefde : Witney, Heziron, Eugene, Roneeca & Gionay #2557 -----------------------------Baie geluk vriendin met jou geboortedag. Dis n voorreg om in jou lewe te wees en ons is dankbaar vir nog n jaar wat by jou lewe gevoeg is. Van al jou kollegas in Durbanville #2558 -----------------------------Elizabeth, geluk met jou geboortedag dis n besonderse voorreg om jou te ken. Hoop om nog baie van jou te sien en te hoor. Geniet jou dag van jou geheime bewonderaar in Bellville #2559 -----------------------------Happy birthday!!! Van jou bestie : Wena #2560 -----------------------------Mag jy ‘n wonderlike daggie hê en God’s ryke seën vir jou my tannie. Ek is baie lief vir jou. Van : Karen Smit en kinders #2561 -----------------------------10/07: MAMMA SARIE
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Geluk mamma, Ouma, Grootouma met u verjaarsdag. Mag God u nog ryklik seën met goeie gesondheid en krag. Baie dankie vir die lieflike mens wat u is vir ons almal! Geniet die daggie met familie. Baie liefde van al die kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2562 -----------------------------KYK WIE WORD 3 op 16 Julie 2016
Veels geluk Kya. God’s rykste seëninge op jou pad. Ons is oneindig lief vir jou. Van : Mammie, Daddy, Boeta’s, Juf Tanya, oumas en oupas. Die Kriel familie het die Here saamgevoeg
en niemand op aarde sal hulle kan skei nie #2563 -----------------------------RAAI wie verjaar op 16 Julie.
Bly die mens wat jy is en dankie vir die pa wat jy vir ons seuntjie is. We love u!!! van Nonie, seuntjie, ma, pa en suster – Hope u enjoy you’re day. With lots of Love! #2564 -----------------------------RAAI WIE IS 1 op die 16de Julie
Raonich Aiden Cloete. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Vader jou blessed met baie jare wat voorlê. Mamie & Dada is baie lief vir jou. Van: Mamie, Ouma en Oupa Sanchia #2565 -----------------------------RAONICH CLOETE Baie geluk met ouma se groot seun se verjaarsdag. Ouma Ria is ontsettend lief vir jou. Lekker verjaar. Ouma Ria en Elzaan #2566 -----------------------------RAONICH Cloete. Raai wie verjaar16 Julie. Is hy nie aantreklik nie??. Jy beteken so baie vir mense. Ek weet God het mooi planne vir jou op die pad vorentoe. Lief vir jou my engel – Van : Melanie en Vern #2568 ------------------------------
RAAI wie verjaar op 14 Julie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Jy is Nanna se hart se punt. Bly die soet kind wat ons almal weet jy kan. #2567 -----------------------------JUNE ADONIS 13/07
Geluk my jare lange vriendin. Mag God jou jare vervul met ales wat jy Hom in Sy naam vra!! Bly die pragtige en liefdevol mens wat jy is teenoor almal. Geniet jou daggie. Baie lief vir jou - Merle #2569 ------------------------------
Memorium In Memoriam
CAROL PETERSEN 2 November 1926 – 4 Julie 2016 Ons gaan die pragtige, borrelende, sprakelende stylvolle, vriendelike vriendin en buurvrou se plekkie mis, maar sy sal altyd in ons gedagtes wees. Tannie Anna, Dana en Jane #2579 ------------------------------
courant
NUUS • NEWS
13 Julie 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
13 Julie 2016
Sportuitslae Sports results Gholf
Wellington Houespel: C. Groenewald 68, F. van der Merwe 68, L. Martin 69, S. Mouton 69, F. Steenkamp 70
SWARTWES GROOTUITDAAG (BOLAND)
Swartweskus: Wesbank 37, Piketberg 5; Saldanha 36, Moorreesburg 13; Vredenburg 31, Darling 22; St Helenabaai 28, Abbotsdale 21, Mamre 36, Hopefield 25; Velddrif 31, Never Despair 20. Witsentraal: Hillcrest United 32, Hamlet 24: Wellington 24, Evergreen Paarl 23; Newtons 41 Ceres 28; Roses United 39, Bella Vista 24.
McGregor joins Berg battle Ten time Berg River Canoe Marathon winner, Hank McGregor has confirmed his entry for this year’s race from Paarl to Velddrif which takes place from 13-16 July. The six time Marathon World Champion has dominated the event since the turn of the new millennium and is easily the race’s most successful competitor, almost doubling Robbie Herreveld and Stefan Hugo’s six and five Berg titles race victories, with every prospect that the Euro Steel/Kayak Centre star will extend his record to eleven titles next Saturday. “After my win in my surfski at the Mauritius Ocean Classic last weekend, I’m feeling refreshed and ready to race!” confirms an upbeat McGregor. “Everyone always says it but this year is genuinely going to be one of the most competitive Bergs ever and I’m super excited to see how it all pans out. “I did a lot of miles leading up to Mauritius and then I did some mega miles when we were there too, so I’m fit and feeling great.” While McGregor’s fellow KZN paddler and last year’s runner-up, Andy Birkett (Euro Steel) won’t be on this year’s start line, a strong Western Cape contingent consisting of Graeme Solomon (Bamboo Warehouse/Knysna Racing), Simon van Gysen, Stu Maclaren (Euro Steel) and Louw van Riet (AQRate) will hope to get themselves into podium contention.
McGregor however also points to the four international paddlers in the field – Hungary’s Adrian Boros, Australia’s Josh Kippin and Brendon Rice as well as Czech Republic’s Petr Mojzisek as major threats as well. While McGregor’s love of the Berg continues to draw him back, the Western Cape major also forms a key part of his annual calendar. “When you cross the finish line at Berg, you feel like you’ve achieved something, regardless of whether you can first, fifth, twentieth or one hundredth. The 2016 Berg is set to be a McGregor family affair after McGregor’s father, Lee, also recently confirmed his participation after a comical exchange with his son, Hank, two months ago with the 64 year-old great grand master eyeing a remarkable third Berg top ten finish since his 60th birthday. “My son was born on the first day of the Berg two years ago and now there will be three McGregor generations at this year’s Berg with my son celebrating his birthday when the race finishes on Saturday. “He’ll get to see both his dad and grandfather racing on his birthday and who knows, perhaps in fifteen years or so we may see him choosing to do a Berg of his own? I’ll let him decide about that in time though.” The 2016 Berg River Canoe Marathon starts in Paarl on 13 July and ends at Velddrif on 16 July.
Kavaliers vs WP:
Die Boland Kavaliers moes Saterdag op Piketberg die knie buig vir die besoekende span van die WP in dié Curriebeker-wedstryd. Die eindfluitjie het geblaas met die telbord wat op 14-25 gestaan het. Sien nog foto’s binne. Hier soek Basil Short (vaskopstut) ondersteuning. Foto: Cor Cronje
• DEMAS DRAF UIT VIR 50STE
WP troef Boland in stryd op Piketberg Die Boland Kavaliers het Saterdag met 14-25 die onderspit gedelf teen die Westelike Provinsie, in ‘n Curriebeker-wedstryd op Rhino Park, Piketberg. Die rustydtelling was 7-15 in die guns van die besoekers. Vir Kavaliers het die vleuel Danwell Demas, in sy 50ste wedstryd vir Boland, asook die binnesenter Christopher Bosch, drieë behaal, terwyl die heelagter Nico Scheepers albei drieë verdoel het. WP se punte was aangeteken deur Robert du Preez, Chad Solomon en EW Viljoen. Du Preez was ook in die kol met twee doelskoppe en twee strafdoele. BOLAND O.20: In ‘n wedstryd wat op die Barnard-stadion te Kempton Park beslis was, het Boland se o.20span gemaklik afgereken met die Valke. Dié jong
Bolandspan het elf drieë ingepalm (insluitend sewe doelskoppe) om met met 69-21 te wen. Boland o.20 se puntemakers was André Manuel (twee drieë en twee doelskoppe), Hendrik Carstens (een drie en vyf doelskoppe), Michaine Fick (twee drieë), Caleb Louw, Colin April, Enzo Foutie, Eugene Grootboom, Heinrich Basson, Carstens en Kurt-Lee Carstens (een drie elk). BEPALINGS: BOLAND KAVALIERS: Eerskomende Saterdag 16 Julie 2016 meet die Boland Kavaliers kragte teen die Vrystaat, op die Vrystaat-stadion te Bloemfontein om 16:15. Dié wedstryd word regstreeks uitgesaai op Supersport. BOLAND O.20: Boland se o.20-span speel Saterdag 16 Julie teen Limpopo op die Peter Mokaba-stadion, Polokwane om 15:00
199
R
79
R
Robertson Winery Slimline Sweet Red 3 Litre
FRGTHS853
PRICES VALID 14 - 17 JULY 2016
64
25
R
R
KWV Roodeberg 750ml
Sedgwick’s Old Brown Sherry 750ml
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks Best Customer 2013 are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. Loyalty Programme 2014 No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. three years in a row 2015
Windhoek Draught Cans or Non-Returnable Bottles 24 x 440ml Per Case
89
89
95
R
R
R
Muirhead’s Whisky 750ml
Viceroy Brandy 750ml
Wellington VO Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.