Skip to main content

Die courant well 12 okt 2016 391

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

12 Oktober 2016

Uitgawe 391

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

Skoolklok lui vir matrieks

Wellington se matrikulante maak nou gereed vir hul laaste skooldag wat Vrydag aanbreek. Die opwinding is tasbaar, met 'n ekstra skop stres oor die komende eindeksamen wat op 26 Oktober begin. O'Neal Williams, Ashwin Franse, Nicholas Davids, Xolisa Dyonta, Caitlin Appolis, Brogan Williams, Bianca Rudolf, Lolitha van Rooyen, Stephanie Willemse, Isherine van Rooyen, Micheala de Vries en Lyndon Bezuidenhout van Bergrivier Sekondêr is baie opgewonde oor die laaste bult van hul skoolloopbaan wat hulle nou moet aanpak.

•REYNIERSE OOR TROOSKOSSE MET ‘N TWIST

Van strokies tot kos

•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Iné Reynierse het groot opslae met haar eerste boek, Low Carb is Lekker, gemaak. Hierdie boek, wat deur Struik Uitgewers uitgegee is, was vir maande die top-verkoper in Suid-Afrikaanse boekwinkels. Iné het pas ‘n opvolgboek voltooi. Hierdie nuwe boek, met die titel “Die Maklike Laekoolhidraat-Hoëvet-Leefstylkookboek”, sal in Afrikaans en Engels vrygestel word en in Januarie 2017 op die winkelrakke beskikbaar wees. Volgens Iné, ‘n ma van vier en oorspronklik van Vrystaatse afkoms, sou sy haarself ‘n paar jaar gelede glad nie as die skrywer van kosboeke voorstel nie. “Ek kan myself eintlik die heel beste as ‘n entoesiastiese konsep-ontwikkelaar en ‘n entoesiastiese ontginner van potensiaal beskryf,” sê sy. “Mense dra ‘n rykdom van talent en potensiaal in hulle rond en dis lekker om te sien hoe mense, konsepte en idees kan ontwikkel. Ek is op my gelukkigste as ek tien nuwe idees in ‘n dag kan uitdink,” vertel sy. Voordat sy aan “Low Carb is Lekker” begin werk het, was Iné ‘n drama-juffrou, stemkunstenaar en regisseur. “My laaste projek was met Riaan Cruywagen en wyle Verna Vels. Ek is gevra om vir hierdie twee legendes nuwe kinderkarakters te ontwikkel en het toe die teks en regie van die CD-produksie ‘Prof Ontplof’ hanteer,” sê sy.

Volgens haar was dit ‘n hoogtepunt. Sy het ook al verskeie kinderreekse vir RSG geskryf, Afrikaanse musiek geskryf, oorspronklike verhoogproduksies vir skole geskryf en radio-advertensies vir korporatiewe kliënte gedoen. “Ek skryf ook vir die lekker gedigte en sing graag jazz,” voeg sy by. Hoe het dit dan gebeur dat ‘n mamma, drama-juffrou en kreatiewe siel ‘n topverkoperkosboek geskryf het? “Low Carb is Lekker is per ongeluk gebore nadat ek baie navorsing begin doen het om my man, ‘n pre-diabeet, en my seun wat op die outisme-spektrum is, te help met ‘n beter voedingsregime. Ek glo vas dat voeding ons eerste bron van medisyne kan wees. Dit was voor die ‘Banting’-dieet gewild geraak het en my missie was om ‘n vorm van normale gesinskos in graanvrye, glutenvrye en suikervrye formaat op my tafel te kry,” verduidelik Iné. Mense het spoedig die positiewe invloed van hierdie benadering in haar gesin raakgesien en gevra dat sy haar resepte met hulle deel. “Ek het letterlik ‘n paar resepte vir ‘n paar vriende op Facebook geplaas in ‘n blad wat ek sommer tong-in-die-kies ‘Low Carb is Lekker’ genoem het,” vertel sy. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis. “Ek was die een dag nog in die ateljee en die volgende dag kon ek nie voor my rekenaar wegskuif soos wat die vrae ingestroom het nie,” sê Iné. “Dit is nou vier jaar en twee boeke later en ek

was nog nie weer terug in die ateljee nie. Wie sou kon raai?” sê sy oor hierdie opwindende reis. Die proses was egter nie altyd sonder struikelblokke nie. “Dit was ‘n heerlike maar intense proses wat baie vinnig ‘n lewe van sy eie aangeneem het. Ek is beslis nie ‘n sjef nie en moes my voete baie vinnig in ‘n wêreld van kosrubrieke en demonstrasies vind. Ek moes ook leer hoe om van teks-skrywer na kos-blogger te verander,” onthou sy. Volgens haar was die tweede boek ‘n ongelooflike groot uitdaging, veral omdat hul gesin oornag amper verdubbel het die koms van hul laatlam-tweelingdogtertjies. “Dit was twee boeke en ‘n tweeling in minder as twee jaar!” vertel sy. Die tweede boek fokus steeds daarop om “normale” trooskosse sonder graan of suiker op die tafel te sit, maar dit gee meer van ‘n internasionale flair. “Dit sluit my baie unieke resep vir ag deegsoorte waarmee jy amper alles kan bak in. Ek fokus ook op leefstyl, kortpaaie en bekostigbaarheid,” sê sy. “Dit is so ‘n ongelooflike voorreg. Ek hoop ek kon die leefstyl vir mense bietjie makliker maak,” sê sy. Haar wens is dat haar boeke regtig ‘n praktiese hulpmiddel word. “Ek hoop dat tussen my twee boeke dit die ‘Kook en Geniet’ van ‘n lae-koolhidraat leefstyl sal wees wat die essensie van die Suid-Afrikaaanse koskultuur op ‘n gesonde manier omvat,” sê sy.

NUUS • NEWS

12 Oktober 2016


NUUS • NEWS

2

12 Oktober 2016

•ONGEBRUIKTE SITKAMER OMSKEP VIR KREATIWITEIT

Doepiehoekie bring hulde aan inwoner Daar is ‘n baie spesiale hoekie in een van Silwerkruin se gange ingewy. Hierdie hoekie, wat baie gepas die “Doepiehoekie” heet, is nie net ter nagedagtenis van die geliefde tannie Doepie nie, maar ook ‘n teken van die produktiwiteit, nut en menswaardigheid van elke inwoner by Silwerkruin. Volgens Maritha van der Spuy wat tydens die mooi geleentheid gepraat het, het die idee vir ‘n bruikbare ruimte waar inwoners kreatief en produktief kan sit en saamkuier en werk, ontstaan toe hulle toestemming gekry het dat ‘n ou, ongebruikte sitkamer vir hierdie doel omskep kon word. “Tannie Doepie het nie gras onder haar voete laat groei nie en voor ons ons oë kon uitvee was daar ‘n lekker werkstafel met ‘n gemaklike werkoppervlak in die vertrek. "Tannie Doepie het die ruimte so mooi ingerig sodat dit regtig ‘n gesellige bymekaarkomplek vir die mense in ons gang begin word het,” vertel sy. “Dit is maar hoe Doepie was. Sy het so mooi tuin gemaak en die plek verfraai – sy het die wêreld vir almal ‘n mooi plek gemaak,” sê Van der Spuy. “Hierdie hoekie is nou ‘n baken van haar

werk en ter nagedagtenis aan iemand wat ‘n visie gehad het wat nou vorm aanneem hier by Silwerkruin,” verduidelik sy verder. Die inisiatief om die ruimte in ‘n bruikbare plek vir inwoners te omskep, was egter ‘n spanpoging. Roné Sills wat soms met die inwoners se wondversorging help, het van die idee te hore gekom. Sy het die ATKV genader en vandag spog die ruimte met splinternuwe gordyne te danke aan hul skenking. Stephan Kuhn van Kuhn Houtwerke het aangebied om ‘n pragtige raam vir die montering van die ruimte se nuwe naam te skenk en hy het ook al die rakke en houtwerk in die ruimte geskenk. Sedertdien is hierdie hoekie ‘n bedrywige een. Hier word saamgekuier, gesels, blokkiesraaisels ingevul, plantjies versorg, borduurwerk en laslapwerk gedoen, kaartjies gemaak en plakboekwerk gedoen. “Die vertrek het ‘n bindende faktor in ons gang geword,” sê Van der Spuy. “Dit pas ook perfek by die benadering van die Eden inisiatief wat tans in Silwerkruin toegepas word. Dit beveg eensaamheid en verveeldheid en gee selfwaarde. Jy voel jy is nog belangrik,” sê sy.

Abigail Booysen (versorger in die gang), Roné Sills (ATKV), Maritha van der Spuy (spreker), Sr. Magrieta Smit, Juanita Hougarth (gang-skoonmaker) en Herbert Sills (ATKV).

Hugenote Hoërskool se koor hou gala-aand Die skoolkoor van Hugenote Hoërskool onder leiding van Johann Enslin het onlangs ‘n onvergeetlike Galakonsert voor die stampvol kerksaal van die Moedergemeente aangebied. Die gehoor kon tydens hierdie vertoning na ‘n verskeidenheid werke uit die koor se uitgebreide repertoire luister. Uitstekende vertolkings van verskeie gewyde liedere, tradisionele musiek, Afrikaanse- en poptreffers het die gehoor meegesleur. Onder die gunstelinge was uittreksels uit die Beauty and the Beast musiekblyspel, Namakwaland van Coenie de Villiers, Nearer my God to thee, Queen se Bohemian Rhapsody en die tradisionele isiXhosa lied, Indodana, wat die koor

ook met die skrywer Winnie Rust se begrafnis gesing het. ‘n Groot verrassing was die optrede deur die gaskunstenaar – niemand minder nie as Zanne (Stapelberg) De Lange - wat met haar internasionaal-bekroonde stem ekstra luister aan die geleentheid verleen het. Die aand is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe die koor, gaskunstenaar, soliste en gehoor interaktief die geliefde “Piano Man” van Billy Joel saamgesing het. Met hierdie vertoning het Johann Enslin en sy koor nie net die harte van die gehoor verower nie, maar ook die genot en toeganklikheid van koormusiek bevorder.

Pienk vir borskanker Dit is slegs in uiters uitsonderlike omstandighede wat enige publikasie aan sy mashoof torring. Hierdie week spog dié courant met 'n pienk mashoof en dit alles vir die bewusmaking van borskanker in die maand wat spesifiek daaraan gewy is. Kansa-takke regoor die land is nou besig met 'n aggressiewe bewusmaking rondom kanker, wat vroue en mans in sy greep kan kry. Verminderde Risiko Die oorhoofse doel van KANSA se veldtog is om die gesondheid en welsyn van vroue te verbeter. Om dit te doen, moedig KANSA vroue aan om ingeligte besluite te neem oor hoe hulle hul

risiko van kanker kan verminder. KANSA se veldtog is daarop gemik om kennis en inligting beskikbaar te stel vir vroue – inligting wat mense in staat stel om keuses te maak oor hoe om ‘n gesonde leefwyse te beoefen. KANSA moedig ook siftingstoetse en vroeë opsporing aan. Gedurende Oktober sal KANSA inligting beskikbaar stel deur die media, praatjies oor gesondheid en ‘n gesonde leefwyse, projekte om fondse in te samel, gebeure rondom kanker en kankeroorwinnaars, soos die borskanker stapveldtogte. Siftingstoetse by KANSA SorgKlinieke en Mobiele Gesondheideenhede sal ook aangebied word.

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!


NUUS • NEWS

3

12 Oktober 2016

•HONS. IN BESIGHEIDSBESTUUR

Galand vang graad in Engeland Die Wellingtonner Lewis Galand het onlangs dié dorp se naam hoog gehou toe hy as enigste Suid-Afrikaner ‘n Honneursgraad in Besigheidsbestuur aan die Universiteit van Lincoln in Engeland verwerf het. Wat Lewis se prestasie nog meer uitsonderlik maak, is sy reis tot by hierdie hoogtepunt en die feit dat hy reeds 50 jaar oud is. Lewis Christoffel Galand is in 1962 as die enigste seun van ses kinders gebore. Hy het op die proefplaas Laborie et Picardie grootgeword (tans ‘n proefplaas naby Paarl Mall). Sy pa was ‘n plaasarbeider en sy ma ‘n huishulp. “Dit was moeilike tye. Weens die oproer en onluste van 1979 het ek die skool in standerd 8 (graad 10) verlaat, omdat my ouers nie verder my opleiding kon bekostig nie,” vertel hy. “Ek begin werk as ‘n masjienoperateur by Bakke Industries in die Paarl en begin daarna my loopbaan in die sekuriteitsbedryf by die KWV Wynkelders,” sê hy. Gedurende die tyd wat hy by die KWV gewerk het, voltooi hy sy matriek en doen ook ‘n drie jaar nasionale diploma in sekuriteitsbestuur waarvoor hy ‘n 100% beurs van dié maatskappy ontvang. Ná hy 15 jaar in die sekuriteit- en veiligheidsbedryf gewerk het, verander hy van beroep en aanvaar die pos as takbestuurder by Real People Finansiële Dienste in Somerset-Wes. “Hier voltooi ek onderskeie kort kursusse in die mikroleen-bedryf en ek aanvaar daarna die pos as takbestuurder by Finbond Mutual Bank in die Paarl,” vertel hy. Na drie jaar in hierdie posisie word hy tot die pos van areabestuurder bevorder en hier behaal hy groot sukses binne die maatskappy. “Aangesien daar voortgesette groei in die maatskappy was, bied hulle my na sewe jaar diens die geleentheid as die Streekbestuurder vir die Wes-Kaap aan waar ek vir die suksesvolle bestuur van 67 takke verantwoordelik is,” sê hy. “Hierdie posisie het my die geleentheid gebied om myself voor te berei vir ‘n senior posisie in die besigheid en om my verder te bekwaam,” vertel hy verder. Volgens Lewis het hy aan homself talle doelwitte gestel. Hy wou graag eendag ‘n senior bestuurder wees in ‘n maatskappy, hy wou graag ‘n akademiese graad verwerf en hy wou graag die buiteland besoek. Hy het hierdie doelwitte sy fokus gemaak en alles in sy vermoë gedoen om dit te bereik. “Nadat ek reeds ‘n senior bestuurspos beklee het, het na geskikte instellings om my graadkursus te voltooi, begin soek,” sê Lewis. “Ek het geweet dat dit op die ouderdom van 50 nie maklik gaan wees nie. Ek het ‘n kursus by Stellenbosch Universiteit se Besigheidskool voltooi en my SMDP (Senior Management Development Programme Course)-kwalifikasie

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za met jou nuuswenke!

Lewis Galand het pas sy honneursgraad in besigheidsbestuur ontvang. daar in 2013 voltooi. Die voltooiing van die kursus het aan my die krediete en ondervinding gebied om ‘n BA Hons Bus. Management aan die Universiteit van Lincoln in Engeland te verwerf,” vertel hy verder. Lewis was baie gelukkig dat sy werkgewer aan hom ‘n studiebeurs toegestaan het om die kursus te voltooi. Die graadkursus was vir Lewis ‘n reuse-aanpassing, omdat hy slegs toegang tot ‘n tutor per e-pos kon verkry. “Die kursus het baie naslaan- en leeswerk van my geverg en ek moes die uiterste dissipline aan die dag lê om by my vooropgestelde leerprogram te hou,” vertel Lewis. “Met my besige werkskedule moes ek baie aande tot na twaalfuur en naweke besig wees om my take te voltooi. Daar was gedurende die twee jaar studietydperk maar min tyd vir ontspanning en gesinsdinge,” sê hy. Met sy fokus op sy doelwit en die ondersteuning van sy familie en vriende het hy egter die een vak na die ander binne die toegelate tyd suksesvol voltooi. Hy het amper teen die einde van verlede jaar moed verloor toe hy skielik twee familielede aan die dood moes afstaan, maar het gelukkig daarin geslaag om ook suksesvol oor die laaste hekkie te kom. Lewis kon uiteindelik ‘n regmerk agter al sy doelwitte maak toe hy onlangs sy honneursgraad in die skilderagtige stad Lincoln in Engeland ontvang het. “Wat ‘n groot geskenk was dit nie. Ek wens elkeen wil besef dat die geleentheid om kwalifikasie te verwerf binne jou bereik is as jy deursettingsvermoë het en bereid is om hard te werk. Die resep is deursettingsvermoë en persoonlike dissipline – nie noodwendig ‘n bevoorregte posisie in die samelewing nie,” sê hy.

Talle redes vir feesvieringe by Gemoedsrus

Die drie oudste vroue by die dienssentrum is almal al ouer as 90 jaar. Regs is Christine Lee (90), Maria Bird (98) en Spasie Julies (91). Die Gemoedsrus Dienssentrum het onlangs talle redes gehad om fees te vier. Hierdie sentrum, wat ‘n dienssentrum vir bejaardes is, het op Donderdag 6 Oktober hul 35ste bestaansjaar gevier. Hiermee saam het hulle ook die verjaardae en goeie gesondheid van al die bejaardes in hulle sorg, maar veral die drie dames wat reeds ouer as 90 jaar is, gevier. Volgens Hedy Fredericks, koördineerder en bestuurder van die sentrum, is dit nie bejaardes wat daarheen kom nie, maar “recycled teenagers”. “Ons is elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag met die mense werksaam en dis vir my regtig ‘n voorreg en ‘n eer om met hulle te werk,” sê sy. “Daar is soveel wysheid in bejaarde mense opgesluit en ons kan soveel by hulle leer. En hulle het almal nog ‘n lekker humorsin en is aan die gang. Hulle is regtig ‘n inspirasie – ek wens ons jongmense wil meer tyd saam met hulle spandeer en by hulle leer,” vertel Fredericks. By die Dienssentrum kan die bejaardes saam lag, gesels, huil en rondloop. “Ons probeer om een keer ‘n maand ‘n uitstappie vir die mense te reël. Ons kan dit egter nie sonder die hulp en omgee van die gemeenskap doen nie – ons fondse is maar beperk,” verduidelik Fredericks. Behalwe ‘n baie klein subsidie wat hulle van die Departement Welsyn ontvang, is hulle op hul eie inkomste aangewese. “Ons is al die afgelope drie jaar sonder ekstra befondsing. "Ons hou maar funksies en probeer ons eie fondse insamel,” sê sy. Die bejaardes ontvang drie dae per week ‘n middagete by die sentrum en daar word ook vir hul algemene gesondheidsorg voorsiening

gemaak. Hulle neem aan verskeie aktiwiteite deel en doen saam handwerk, oefening en musiekwaardering. Die sentrum het ook ‘n haarkapper wat die bejaardes se hare versorg. Buiten die byeenkomste by die sentrum, bedien hulle nege bejaardes wat op hul eie in ‘n huis woon, asook vier bejaarde paartjies wat in woonstelle bly. Die sentrum het ook ‘n tuisversorgingsdiens vir verswakte persone. Gemoedsrus Dienssentrum is baie trots op drie van hul senior dames wat almal al oor die negentig jaar oud is en nog steeds voluit aan al die aktiwiteite deelneem. Christine Lee is 90 jaar oud en hekel en lees nog sonder ‘n bril. “’n Mens moet net elke oggend iets hê om voor op te staan,” verklap sy haar geheim. Spasie Julies is 91 jaar oud en is baie trots daarop dat sy nog ‘n bydrae in haar familie kan lewer en met hul versorging kan help. Die oudste lid by die Dienssentrum is Maria Bird wat ‘n rype 98 jaar oud is. Sy neem nog aan al die aktiwiteite deel en haar verstand is glashelder. Haar ondeunde laggie getuig van ‘n onuitblusbare gees en liefde vir die lewe. Met hul 35ste bestaansjaar vier die Gemoedsrus Dienssentrum nie net hul eie verjaardag nie, maar bring hulle ook hulde aan al die bejaardes in die gemeenskap en gedenk hulle die beginsel van diensbaarheid. “Elke mens verdien rustigheid en waardigheid in hul laaste jare. Dit gee jou energie en krag om saam met jou eie generasie sosiaal te verkeer. As jy voel dat jy waarde het, is die lewe die moeite werd en dis wat ons hier by Gemoedsrus probeer doen,” sê Fredericks. Vir enige navrae, belangstelling, donasies of skenkings, skakel Sr. Davey by 082 897 8524 of Fredericks by 074 706 8386.


NUUS • NEWS

courant

12 Oktober 2016

dié

4

Laaste skooldae met groot eksamen wat wag

Die laaste skooldag van 'n hele klomp graad 12-leerders het aangebreek. Vrydag groet hierdie groep, wat 12 jaar gelede nog bang haasbekkies was, die skoolbanke en moet hulle hul voete in die grootmenslewe gaan vind. Vir sommige sal dit maklik wees, ander sal effe daarmee sukkel, maar tog hul pad vind. Met al die verwikkelinge en onderstrominge wat op die land se kampusse heers, is baie ouers nou bekommerd oor hul spruite en wat nou moet gebeur. Dit is 'n era wat tot 'n einde kom. 'n Boek wat toegemaak word en net later so af en toe weer na geloer sal word. Hierdie jare het hulle gevorm. Gemaak wie hulle vandag is. Van hier af vorentoe is hulle op hul eie. Die beskerming wat die skoolomgewing vir al die jare gebied het, word nou weggeneem. Nou moet hulle onthou wat hulle geleer het en moet hulle die ondervinding wat hulle opgedoen het, nou begin toepas. Sommige is baie gelukkig om hierdie deel toe te maak en af te sluit. Sommige begin eers blom na die skool se deure agter hulle toegemaak het. Vir ander gaan dit 'n hartseerdag wees. Een waar hulle 'n leeftyd moet groet en die groot aanpassings vol in die oë moet staar en aandurf. Dit alles, met die vangnet van hul ouers wat wag om te vang as hulle dalk sou val.

Dagboek • Calender Wellington CLC Matriek aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat in Wellington. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Buitelug Film 13 Oktober: Kom geniet saam met ons die Buitelug film - Verskietende ster by die Bordienghuis om 18:00 tot 22:00. Toegang is gratis. Besprekings nodig by 083 415 0002 / galery@breytenbachsentrum.co.za Robertson Wine Valley 14 - 16 October: Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (Saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free entrance. Tickets at the gate Contact : 023 626 3167 / wineonriver. com

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.

Dr Marc Blackwell Snr

Words of grace

I Peter 1:3 “Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, who according to His abundant mercy has begotten us again to a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead, to an inheritance incorruptible and undefiled and that does not fade away, reserved in heaven for you, who are kept by the power of God through faith for salvation ready to be revealed in the last time.” Are you one who trusts in Christ? Are you spiritually anchored in God’s faithfulness? Paul, the Apostle was convinced that: “He who has begun a good work in us will complete it until the day of Jesus Christ’s” return. Do you agree with Paul? What about the promises of Christ Himself? Do you remember that He said, “And this is the will of Him who sent Me, that everyone who sees the Son and believes in Him may have everlasting life; and I will raise him up at the last day.” Did you come to Christ by faith? Are you one, of so many, who received Christ by faith? Are you entrusting your soul to Christ by faith? Are circumstances making you feel insecure or somehow distant or separated from your Lord? Paul wrote the Romans: “Who shall separate us from the love of Christ? Shall tribulation, or distress, or persecution, or famine, or nakedness, or peril, or sword? … Yet in all these things we are more than conquerors through Him who loved us. For I am persuaded that neither death nor life, nor angels nor principalities nor powers, nor things present nor things to come, nor height nor depth, nor any other created thing, shall be able to separate us from the love of God which is in Christ Jesus our Lord.” What a wonderful Lord and Savior - you have!

Huis Andrew Murray 28 Oktober: Kom geniet saam met Huis Andrew Murray 'n Gholfdag te Wellington Gholfklub. Navrae by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za

Bordienghuis 18 Oktober: Schalk Bezuidenhout tree op om 18:00 tot 22:00 Navrae en bespreking by 083 415 0002 / galery@breytenbachsentrum.co.za

Bordienghuis 28 Oktober: Kom Gee jou oor aan die Blues saam met Gerald Clark. Navrae en bespreking by 083 415 0002 /galery@ breytenbachsentrum.co.za

Newton Rugbyklub (Bombelas) 21 Oktober: Jaarlikse bekeruitdeling van die Newton Rugbyklub met 'n spoggerige "Black Tie Event" in Wellington Stadsaal. Kaartjies beloop R120 per persoon. Rugbyspelers gaan sertifikate ontvang. Navrae kontak : Kenneth Williams by 083

Bordienghuis 29 Oktober: Marc Lottering tree op in sy vertoning Hastag Lottering om 20:00. Geen kinders. Kostes beloop R120 p/p. Navrae en bespreking by 083 415 0002 / galery@breytenbachsentrum.co.za

Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.

dagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

It’s Good News

634 9213 of Lincoln Burns by 063 231 2671

Musiek van oor die wêreld 16 Oktober: Klassieke musiek met jazz en tango-klanke as deel van die 2016 Klassieke Musiekreeks word aangebied by die Goodnow-saal in Wellington. Kaartjies beskikbaar teen R60 en R40 vir pensioentrekkers. Besprekings by 021 873 2786 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za

Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW

NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Son-

St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677. Wellington Christen Familie Kerkstraat 54. Sondagoggende om 09:00 Navrae : 082 876 7353

Slaan eksamenstres vir ‘n ses Benadering tot suksesvolle studie Voorbereiding vir die eindeksamen begin op die eerste skooldag van die jaar Ontwikkel die gesindheid dat werk ‘n plesier is. Skep tuis ‘n studie-atmosfeer: geen gekuiery in die week, stilte en erns op gesette tye van die dag (radio af, weg van geselskap, ens.) Wees gemotiveerd, werk vir ‘n doel. Deursettingsvermoë, selfdissipline, pligsbesef en die wil om suksesvol te wees, is noodsaaklik. Moenie jou werk kort-kort onderbreek nie. Stel ‘n studierooster op en bly daarby.

Leer bv. vir 45 minute en rus vir 15 minute. Bestee meer tyd aan die vakke waarin jy swakker vaar.

Werk en studeer elke werksdag. Wenke vir suksesvolle studie Ontwikkel ‘n ware belangstelling in jou werk. Sorg dat jy sukses behaal – dit werk aansteeklik. Konsentreer elke oomblik in die klas, én tuis, wanneer jy werk. Stel gedurig vrae aan jouself oor die werk. Sorg dat jy alles by jou het wat jy nodig het vir die dag, skryfbehoeftes, ens. sodat jy nie by ander hoef te leen nie. Luister in die klas met gekonsentreerde aandag en vra dadelik vrae as jy iets nie verstaan nie. Moenie net hoor nie. Werk saam en probeer jou bes om die onderwysers se vrae te beantwoord. Steek jou hand op en vat ‘n kans! Gebruik jou geheue. Leerwerk moet ingeprent word sodat dit weer teruggeroep kan word. Hersien en herhaal gereeld, dan word werk vasgelê. Werk gereeld en effektief. Organiseer jou tyd. Daar moet genoeg tyd vir werk en ontspanning wees. Doen altyd jou eie huiswerk. ‘n Beproefde studiemetode Verkry ‘n oorsig deur die werk deur te lees. Stel aan jouself vrae oor die werk en skryf hoofpunte neer. Lees nou met groot aandag en konsentrasie. Soek antwoorde op jou vrae en skryf dit neer. Skryf die belangrikste kernfeite onder die hoofpunte neer. Leer nou eers die hoofpunte en sê dit vir jouself. Leer nou elke hoofpunt met sy kernfeite en sê dit vir jouself op. Sodra jy dit kan opsê, skryf die feite neer en kontroleer of dit reg is. Kontroleer nou of jy die antwoorde op die vrae ken. Hersien die hele stuk werk weer om ‘n geheelbeeld te kry.


NUUS • NEWS

5

12 Oktober 2016

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

WEEKEND SAVINGS PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s

R

53

90

Per kg

County Fair Riverside Fresh Whole Chicken

R

34

WAS R13.79

R

9

90

90

16

90

R

39

90

Huggies Gold Disposable Nappies for Boys or Girls Jumbo Pack Assorted Per Pack

R

R

11

45

167

64

90

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

90

59

90

37

WAS R49.99

90

PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES

Simba Potato Chips Assorted 125g Each

Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml SAVE R20

R

R

8

90

94

Twinsaver 1 Ply Toilet Tissue 10s

R

35

90

PRICES VALID 13 - 16 OCTOBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS465

14

90

PnP Flavoured Ice Cream Assorted 2 Litre Each

R

Frisco Instant Coffee Assorted 750g (Excluding Decaf) Each

R

5kg

PnP Super Maize Meal 5kg

R

R

no nameTM Parboiled Rice 2kg

R

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Per kg

no nameTM Shredded Tuna in Salt Water 170g

Sasko Premium Slices White Bread 700g

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Accounts OPEN16 OCTOBER 2016


NUUS • NEWS

6

12 Oktober 2016

Verdeau-landgoed: Bekostigbare leefstyl in styl Infrastruktuur van Fase 1 bykans voltooi

Die Verdeau-landgoed is besig om sy eerste groot mylpaal met die voltooiing van die infrastruktuur van Fase 1 te bereik. Nadat die ontwikkelaars besluit het om die eerste 170 eenhede so gou as moontlik te voltooi, het hierdie gesogte eenhede soos soetkoek begin verkoop. Groot opgewondenheid heers noudat die dubbelverdieping eenhede bykans voltooi is. Bouwerk aan die 30 dorpshuise en losstaande huise het ook alreeds begin en die landskappering is besig om gestalte te kry. Die winterreën het die watervlakke van die dam mooi laat styg en binnekort sal hierdie baken langs een van Wellington se hoof-toegansroetes ‘n algehele gedaanteverwisseling ondergaan soos wat die Landgoed sy skoene begin volstaan. Volgens Willie en Susan Wucherfennig, die twee residensiële eiendomsagente by Verdeau, is dit nie ‘n verrassing dat die eenhede so gesog is nie. “Dit is geen geheim dat behuising in die Wes-Kaap ‘n groot probleem is nie. "Dit is besig om toenemend al hoe meer onbekostigbaar te word,” sê hulle.

Verdeau vul hierdie leemte in die mark deurdat dit nie alleen ‘n toeganklike ligging het nie, maar boonop al die ander voordele van die nuutste leefstyl-landgoedere bied – alles teen uiters bekostigbare pryse en met kwaliteit en estetiese voordele as bonus. Volgens een van die ontwikkelaars, Danie Wiese, gaan Verdeau definitief groot waarde tot die dorp toevoeg. “Hierdie is ‘n baie ambisieuse projek en gaan, esteties gesproke, ‘n drastiese impak op hierdie ingang tot die dorp hê. "Boonop gaan dit ‘n merkbare positiewe invloed op die dorp se ekonomie hê,” sê hy. Een van die ander ontwikkelaars, Stephan Spies, beaam hierdie voordele. “Ons kombineer ‘n plattelandse leefstyl, veilige omgewing en moderne ontwerp met bekostigbaarheid,” sê hy. Dit maak Verdeau ‘n voorloper-voorbeeld van die nuwe bekostigbare leefstyl-konsep in Suid-Afrika. Daar is groot moeite gedoen om twee skouhuise te bou en in te rig sodat voornemende kopers ‘n voorsmakie van die moontlikhede binne hierdie eenhede kan kry. Hier kan besoekers ‘n eerstehandse ervaring


NUUS • NEWS

12 Oktober 2016

7

Skouhuis

Geklassifiseerd • Smalls Gelukwensing Congrats

‘n Stukkie paradys

Indien jy jouself kan sien woon in dié landgoed, is daar verskillende eenhede om van te kies. Besoek www.verdeau.co.za vir volledige planne en inligting.

van die kwaliteit, styl en vakmanskap waaraan Verdeau gekenmerk word, kry. Alle afwerkings, ontwerpe, keuses van materiale en uitleg getuig van uitnemende styl en kwaliteit. Daar is slegs ‘n beperkte aantal eenhede en erwe in Fase 1 van die ontwikkeling oor. Belangstellendes en voornemende kopers sal

dus moet spring om hierdie laaste paar eenhede nog teen 2016-pryse te bekom en prysverhogings te vermy. Besoek of skakel Willie en Susan Wucherfennig, die residensiële verkoopsagente by susan@ verdeau.co.za, willie@verdeau.co.za of 081 5111 250.

KYK WIE WORD 10 OP 9 OKTOBER 2016 Oupa Baba EVANGELO. Geluk jy is 'n juweeltjie in ons lewe. Van: Oupa, Ouma, Amie, Zaan, Quewin, Evangeline & Celestine #2893 ---------------------------------RAAI WIE WORD SEWE Geluk Pa se blom met jou verjaarsdag op 15 Oktober. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Bly die voorbeeldige dogtertjie wat jy is. Met baie liefde van Pa en Mammie #2894 --------------------------------Geluk ons prinsessie met jou sewende verjaarsdag. Hoop jy gaan 'n lekker dag het. Liefde: Coetzee, Cyster en Basson familie #2895 ---------------------------------RAAI WIE WORD TWEE 11 Oktober - Happy Birthday grootman. Love: Mammie, Daddy, Charlotte en Gailyn #2896 ---------------------------------RAAI WIE WORD 18 VANDAG JAYDIN FORTUIN Baie geluk my kind met jou verjaarsdag. God se rykste seëninge op jou pad vorentoe. Ons is baie trots op jou, en bly die omgee-kind wat jy is. Lief vir jou. Van: Mammie, Lu-Hein en Haig #2897 --------------------------------Geluk JADIN met jou 18de verjaarsdag op 12 Oktober 2016. Stel God eerste in jou lewe en al die ander dinge sal bygevoeg word. Geniet dit!!! Liefde: Mamma en Pa #2898 ---------------------------------Geluk Jadin. Alles wat mooi is vorentoe. Bly die persoon wat jy is. Liefde: Nanna, Ryan, Riley en Zoë #2899 ---------------------------------STEFANUS (FANIE) SYSTER Baie geluk met jou 60ste verjaarsdag op 16 Oktober 2016. Ons wense is dat Liewe Jesus u nog vele jare bewaar en die goedheid en guns van ons Hemelse Vader u altyd blybly. Mag die Here jou seën en 'n gelukkige dag gee soos u dit wil hê. Liefde van jou vrou Anna, Pietie, Mervin, René, Patricia, Raydon en Marcelino #2900 ---------------------------------Op 16 Oktober word jy 60. Groot voorreg. Wat 'n wonderlike genade deur ons Hemelse Vader. God se rykste seën oorblywende broer. Baie lief vir jou. Van jou susters, Miekie, Rachel en Syster familie #2901

KYK WIE WORD 12 Baie geluk met jou 12de verjaarsdag. Behou daardie glimlag en jou vriendelikheid. Van jou Ouma, Oupa, Atta Siena, Uncle en twee neefs #2902 ---------------------------------PAITYN ABRAHAMS 12 Oktober 2016 Veels geluk met jou sesde verjaarsdag. Mag jy altyd so 'n lieflike dogtertjie bly. Ons eie blompot. Baie liefde van Crystal (Tietie), Ma Betta, Liesie en Torien familie #2903 ---------------------------------RAAI WIE WORD 21 JENÉVE MAARMAN Geseënde 21 ste verjaardag op 13 Oktober. Ons is baie lief vir jou. Liefde: Ouma Annie, Tannie Zelda, jou broers en suster #2904 ---------------------------------LORDEN EMELIO DAVIDS Baie geluk met jou eerste verjaarsdag kleinboet. "PORDY". Baie lief vir jou! Van: Boeta Cornel Junior en ousus Loroné. #2905 ---------------------------------Aan ons kleinseun Lorden wat sy eerste verjaarsdag op 10 Oktober gevier het, baie geluk grootman - jy is die sonskyn in ons lewe. Liefde: Pa en Ma #2906 --------------------------------Lordy, baie geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seën word jou toegebid. Nanna, Chandrey & Johain. #2907 ---------------------------------Lorden, baie geluk met die herdenking van jou geboortedag. Jou peetouers - Edwin & Aldean #2908 ---------------------------------Kyk wie was een jaar oud. Nefie, Lordy-Pordy - Baie geluk. Sien jou Saterdag by jou BARNEY partytjie. Jou nefies: Ashton & Leigh-Haygon en niggies Abigail & Ellienah #2909 ---------------------------------Loren en Mellnecia Davids - baie geluk met jul seun se verjaarsdag. Sien jul Saterdag. Fullard & West Familie #2910 ---------------------------------KYK WIE WORD VIER 15 Oktober 2012 Baie geluk met jou geboortedag. God se rykste seëninge vir jou. Ons is baie lief vir jou BRUNAY. Van: Mamma en Pappa #2911 --------------------------------Raai wie word vier op 15 Oktober. Baie geluk met jou verjaarsdag ons prinses. Ons is baie lief vir jou en jy moet jou dag geniet. Van: twee oumas, oupa en vier boetas #2912 ----------------------------------

Geklassifiseerd • Smalls FRANIQUE LAREY Ons Poplappie is sewe op 16 Oktober 2016. Baie geluk ons kind. Jy moet mooi leer en ons is baie lief vir jou. Moet nooit vergeet ons stories op die bed.. net die langes, want anders is dit te vinnig fluit, fluit my storie is uit. Liefde: Ma Enna, Pa Ouboet en die Larey gesin #2913 ---------------------------------Baie geluk Ouma SOEKIE met Ma se 90ste verjaardag wat op 9 Oktober was. Mag God u seën. Liefde van: Rodney, Gerda, Sus, Reagan en Junior Rodney #2914 ---------------------------------RAAI WIE IS 65 OP 13 Oktober God se rykste seën met jou verjaarsdag. Dankie vir al jou liefde en geduld. Lekker verjaar. Baie lief vir jou - los die xyz. Van: Tietie #2915 ---------------------------------JENIEVA ARENDSE Baie geluk met jou 28ste verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare spaar en alle seënwense vorentoe. Jy moet lekker verjaar en geniet die dag. Liefde: Rallie, Ryan en Tiesa #2916 ---------------------------------Baie geluk met jou verjaarsdag. Ek wens vir jou alles van die beste toe. Baie liefde: Hannelie, Yulin en Grayton #2917 ---------------------------------10 October 2016 One year today & forever to go. God has blessed you to share space and time with a man that He spesifically designed just for you. Happy anniversary. Love: Nicole #2918 ---------------------------------KYK WIE HET 60 GEWORD?? Collin Fortuin, Baie geluk met die groot 60! Wens jou 'n geseënde nuwe lewensjaar toe. Van: John en Derrick #2919 ---------------------------------Geluk met die 80 ste verjaardag op 16 Oktober. Mag God Oupa nog baie jare by ons hou!!! Liefde van: kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2920

Memorium In Memoriam ASHWIN ZASS Today, 11 October 2016 you are celebrating your second birthday in heaven. Missing you a lot. From your mother, sister and Zass family #2921 ---------------------------------SARIE FAROA 15-5-1954 tot 11-102013 Aan 'n liefdevolle suster en antie wat ons so

skielik verlaat het. Ons mis jou nog elke dag, die verlange na drie jaar is nog groot maar ons berus ons daarin dat die Hemelse Vader jou meer nodig gehad het. Van jou suster, swaer en Hendricks familie #2922 ---------------------------------Aan 'n geestelike suster. Na drie jaar mis ek jou leiding en wysheid, selfs die geselsies en koppie tee, maar met blydskap weet ek Liewe Jesus het jou na hoer hoogtes geroep jou geestelike suster Stiena Geduld #2923 ----------------------------------


courant

NUUS • NEWS

12 Oktober 2016

WELLINGTON SPORT

dié

8

Tel: 022 487 3221

12 Oktober 2016

Uitslae Results WELLINGTON GHOLFKLUB Saterdag 8 Oktober 2016 2 BAL SAMESTELLING STABLEFORD Wenners: GARY KLINE & CAREL DE BRUYN met 77 punte BOLAND RUGBYUNIE GROOT UITDAAG TOP 8 UITSLAE - Saterdag 8 Oktober 2016 Robertson 39(15) vs Hillcrest 31(28) Robertson Drieë: Colin Willemse (2), Niklaas Lukas (2), Lorenzo Baardman Doelskoppe: Adriaano Conradie (4) Strafskoppe: Adriaano Conradie (2) Hillcrest Drieë: Justin Willemse, Hugh-Reece Claasen, Dylan Maart Doelskoppe: Wheeder Jooste (2) Strafskoppe: Wheeder Jooste (4)

Bo: Roses United het in hul wedstryd teen Villagers skoonskip gemaak en deurgedring tot die halfeindstryd van die Groot Uitdaag-beker. Foto: Francio Abrahams Regs is Lesley Gertse van Hillcrest United. Sien uitslae in die uitslae-kassie regs.

•HUGENOTE-ATLETE DING MEE OP BREDASDORP

Plaaslike atlete by top-10

Oor sowat twee weke sluit die vinnigste man ter wêreld, Usain Bolt van Jamaica in gees, aan by meer as 1200 Suid-Afrikaanse skoolatlete wat vanjaar aan die jaarlikse HSB Top 10 Atletiek-byeenkoms in Bredasdorp sal deelneem. Meer as 40 hoër- en meer as 20 laerskole se 10 beste atlete en hul naasbestes in die 2016-seisoen sê mekaar op Vrydag, 21 en Saterdag, 22 Oktober die stryd aan by die Top 10, soos die byeenkoms allerweë bekend staan. Die laerskool- (Vrydag) en hoërskool (Saterdag)-byeenkomste vind plaas by die baan en veld van Hoërskool Bredasdorp in die Overberg. Wat vanjaar se byeenkoms na ‘n heel nuwe vlak neem is direkte ondersteuning van die blitsvinnige Usain Bolt se borg, Puma. Die byeenkoms word hiermee een van net ‘n handjievol ‘School of Speed’ skolebyeenkomste in die land, wat op internasionale standaard aangebied sal word. Dit beteken dat die allernuutste lewensgrootte Usain Bolt-replika, wat na afloop van sy oorwinnings in die 100m, 200m en in die aflos by die 2016 Olimpiese Spele gemaak is, in ‘n wennersarena sal wees, waar medaljewenners hul foto’s saam met Bolt kan verewig. Boonop wag

‘n spesiale afkoel - en benerek-area op atlete. Die beste seuns- en beste dogtersatleet by elke byeenkoms ontvang geskenkpakke ter waarde van R2 500 elk. Die byeenkoms-hoogtepunte word vanjaar op video en foto’s vasgelê, wat regstreeks op die deelnemende skole se sosiale media bladsye en ander gewilde skole- en jeug sosiale media platforms gepubliseer sal word. Deelnemers en ondersteuners sal die allerjongste internasionale atletiek-, oefen- en sportklerasie tendense kan sien en aanskaf. Volgens die HSB Top 10 Atletiek-voorsitter, Deán Kleynhans sal die laerskole-byeenkoms om 12:00 Vrydag, die 21ste begin. Die byeenkoms vir hoërskole begin om 08:00 die volgende oggend. SSK en Nitrophoska gooi ook hul gewig agter vanjaar se byeenkoms in. Van die hoërskole wat verwag word sluit in: HS McLachlan, Hoër Meisieskool La Rochelle, Durbanville HS, HS Strand, HS Hermanus, HS Punt, HS Bonnievale, Hoër Meisieskool Paarl, HS Vredenburg, HS Stellenberg, HS The Settlers, HS Overberg, HS Swellendam, HS Outeniqua, HS De Kuilen, HS Bredasdorp, HS Belville, Emil Weder, Glenwood House College, HS Langenhoven, HS

Roses United 35(25) vs Worcester Villagers 32(6) Roses Drieë: JR Hofmeester, Rowen Kana, Percival Williams, Johnwen Lewis Doelskoppe: Johnwen Lewis (3) Strafskoppe: Johnwen Lewis (2) Skepdoele: Percival Williams Worcester Villagers Drieë: Cheslin Adams, Lincolin Eksteen, Gerswin Africa, Egan Uren Doelskoppe: Clayton Isaacs (3) Strafskoppe: Clayton Isaacs (2)

Montagu, Oakdale, HS Jan van Riebeeck, Albert Myburgh Sek, HS Bosmansdam, HS Hottentots Holland, HTS Drostdy, HS Hugenote, Paarl Gimnasium, Worcester Gimnasium, New Orleans Sek, HS Hopefield en Fairmont High. Laerskole wat na verwagting sal deelneem is: LS Vredenburg, De Heide Primêr , Worcester Primêr, LS Ashton, LS Stellenbosch, LS Lochnerhoff, LS Swellendam, LS Courtrai, LS Riebeek-Kasteel, LS Outeniqua, LS Bredasdorp, LS Bonnievale, LS Gansbaai, Ruêns Kollege, LS Bertie Barnard, LS George Suid, Protea Primêr, LS Bastion, Laerskool Dirkie Uys en LS Niko Brummer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 14 Oktober. Inskrywings kan gerig word aan cdvanniekerk@gmail.com of skakel Christopher van Niekerk by 082 820 1033. Van Niekerk sê daar word planne gemaak vir verblyf en dat daar vir gastehuise, hotelle of ander instansies in die streek, wat nog nie besprekings het nie, geleentheid is om betrokke te raak. Slaapplek word vir nog sowat 250 atlete gesoek. “Beide Laerskool Bredasdorp en Hoërskool Bredasdorp se koshuise en van die omliggende hotelle is reeds vol bespreek,” sê hy.

R

KRIEKET Brackenfell t Wellington Wellington 192 (Curtley Louw 60, Tiaan Cloete 42; Stephan Joubert 2/25, Jack Qwabe (2/27) Brackenfell 182/5 (Christaan Mocke 61, Stephan Joubert 50, Manrich Kotze 28, Byrone Fortuin 2/13. Brackenfell wen met 5 paaltjies volgens die Duckworth-Lewis-formule.

139

R

Scottish Leader 750ml

Castle Lager or Hansa Pilsner Cans 12 x 440ml Per Pack

R

104

Savanna Range (Excluding Loco) Nonreturnable Bottles 6 x 330ml Per Pack

FRGTHS2668

PRICES VALID 13 - 16 OCTOBER 2016

R

57

AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, SABLE SQUARE, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

www.picknpay.co.za

PLEASE RECYCLE CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (Landline only. Cellphone rates apply)

R

109

KWV 3 Year Old Brandy 750ml

179

Johnnie Walker Red Label 750ml

R R

35

Du Toitskloof Sauvignon Blanc 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

95

Smirnoff 1818 Vodka 750ml


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant well 12 okt 2016 391 by DieCourant - Issuu