Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
Wellington
courant
dié
1
4 Mei 2016
Uitgawe 368
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Krisante vier 100 jaar
'n Ryke geskiedenis en 'n volle 100 jaar van blommeprag en blommekultuur. Só kan die eeufeesvieringe van die oudste krisanteklub in die land, die Wellington Horticultural Society, die afgelope naweek beskryf word. Met bekende Wellington-families wat soos 'n goue draad deur dié klub se geskiedenis vleg, was vanjaar weer ‘n skouspel van kleur en sorgsaam opgepaste blomme. Die heel eerste krisanteskou in Suid Afrika is in 1917 op Wellington gehou. Nie minder nie as 440 blomme van 10 kwekers is Saterdag uitgestal. Die kampioenblom en kampioen-spinnekop is ingeskryf deur Marcall Rhode. Die ander pryswenners in die blomme-afdelings was Anthony Cavernelis, Japie Willemse en Jeffrey Smith. In die huisvlyt-afdeling was Venetia Bosman die algehele wenner. Volgens Anthony Cavernelis het 150 besoekers die uitstalling besigtig. Hier is raadslid Christephine Kearns by van die prag-blomme.
• SUNELLE glo net goed is nie genoeg
Barnard Bok vir Rio
Sunelle Barnard is 'n vrou wat nie bang is om op die rugbyveld platgeduik te word nie. Sy is immers 'n lid van Suid-Afrika se die vroue Blitsbok-span. Dié oud-leerkrag by Hugenote Hoërskool het in Cradock grootgeword en aan Paarl Gimnasium matrikuleer. Eers was sy 'n fors om mee rekening te hou op die netbalbaan en het vir Perth, Australië, gespeel. Hierna het sy Sportwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ook haar onderwysgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Sy was twee jaar by Hugenote voor sy vir die Blitsbokke in die HSBC Wêreld Sewesreeks begin speel het. "Vrouerugby is nog baie nuut en rou in SuidAfrika en daar word baie gesukkel om die talent wat ons tans het te ontgin met die beperkte hulpbronne wat beskikbaar is. Daar word wel baie toernooie en ontwikkelingsklinieke gehou om ons vroue ‘n kans te gee om die hoogste sport te bereik. Veral vir dié wat nie al die hulpbronne het nie," sê Sunelle, tans bestuurder en kondisioneringsafrigter by Fit-Mac Gym in die Paarl. Lang ure in die gimnasium en op die veld is deel van haar daaglikse bestaan. "Ons vroue in Suid-Afrika word nie groot soos die mans met geleenthede wat kruis en dwars oor hul pad kom nie. As daar wel geleenthede ontgin word, is daar net een kans om dit aan te
gryp en dit te gebruik tot jou voordeel." Om in die sewespan opgeneem te word, moes sy 15kg afgeskud en haar onderwyspos laat vaar om haar droom om Suid-Afrika by die Rio Olimpiese Spele te verteenwoordig, te bewaarheid. "Ek glo in balans. Elke bietjie kondisionering en oefening wat jy in enige sport doen, help weer met die volgende uitdaging. Ek glo dat as
jy elke geleentheid wat oor jou pad kom in elke sportsoort gebruik, daaruit leer en voortbou op jou talente en baie hard werk, sal jy sukses bereik," sê Sunelle, wat lank gedroom het om SuidAfrika op nasionale vlak te verteenwoordig. "Ek wil ‘n verskil in mense se lewens maak. Ek het ook ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in binnehuise roei opgestel en lê nou sesde in die wêreld. "My grootste uidaging is om altyd uitnemendheid te probeer nastreef. Om nie tevrede te wees met net goed genoeg nie. Om die doelwitte neer te skryf en my ten volle te verbind tot my doel is ‘n groot uitdaging en dan om natuurlik met ‘n program voor ‘n dag te kom tussendeur die afrigting sodat ek daardie doelwitte kan bereik, is nog moeiliker." Oor vrouerugby se toekoms, is sy baie positief. "Vroue het die afgelope jaar goeie talent geopenbaar en ek is baie opgewonde oor ons toekoms." Sunelle se gunsteling-rugbyspeler is Werner Kok, wat vir die Suid-Afrikaanse Blitsbokke speel. "Sy werksetiek op en van die veld, asook op die bal is een groot inspirasie. Ek het die voorreg gehad om daagliks langs hulle te oefen. Dit is indrukwekkend om te sien hoe hard hy oefen op die veld en ook as niemand kyk nie."
Lees binne • Silinders afgeskakel • Op 'n Stasiefees in beeld • Inskrywings oop vir Amarider
NUUS • NEWS
2
4 Mei 2016
• W'ton Wines presteer
2014-oesjaar bring medaljes na La Cave
Pikkieland: Matrone Alida Hamman ontvang Pikkieland se groot geskenkboks vol klere vir die kindertjies by Pediatrie in die Paarl Hospitaal.
Maak só met pasiëntesorg Op 12 Mei vier gesondheidswerkers Internasionale Verpleegsterdag om die verjaardag van een van die mees bekende verpleegsters, Florence Nightingale, te herdenk. Dit is ‘n dag waarop verpleegsters wêreldwyd bedank word vir alles wat hulle doen vir diegene wat siek en verswak is. Saam met die wêreldwyefokus op gesonde lewens en welstand vir almal, ongeag ouderdom, geslag en sosiale status, het die Departement van Gesondheid ook ‘n welstandfokus vir 2016/2017 aangeneem. Wanneer daar na verpleegsters verwys word, dink baie mense aan hospitaalpersoneel, terwyl daar baie organisasies is wat verpleegsters, assistent-verpleegsters, versorgers en tuisversorgers in diens neem om gesondheidsdienste aan mense in nood te bied. Badisa, ‘n nie-winsgewende, maatskaplike dienste-organisasie, lewer dienste in die WesNoord- en Oos-Kaap en het 330 verpleegpersoneel wat dienste aan 6 091 individue lewer. Ida Nel, Koördineerder: Bejaardesorg by Badisa, het die volgende raad aan die publiek oor tuisversorging: • Gesinne moet vooruit beplan en belangrike besluite neem vóór tuisversorging benodig word. Die persoon wat versorg gaan word, moet weet wie finansiële en mediese besluite namens
hom/haar sal neem, watter prosedures aanvaarbaar sal wees en wie as naasbestaande sal optree in belangrike besluite oor die pasiënt se gesondheidstatus. • Dit is belangrik om te onthou dat die pasiënt steeds ’n stem het en dus die reg het om geken te word in besluite wat hulle sorg en lewenswyse raak. Dit is byvoorbeeld belangrik dat die pasiënt steeds, waar moontlik, hul bestaande diensverskaffers soos dokters, kerke, aptekers en haarkappers gebruik, omdat hulle hierdie mense ken en vertrou. • Luister altyd na die pasiënt, nie net wat hulle sê nie, maar ook na wat hulle nie sê nie. • Respekteer die pasiënt se privaatheid; die versorger het nie nodig om teenwoordig te wees vir elke besoek en telefoonoproep nie. • Die versorger het nodig om die familie ingelig te hou, maar moet ook die pasiënt se wense respekteer indien hulle sekere inligting vertroulik wil hou. • Naasbestaandes moet geduldig met die pasiënt wees en die versorger asook hulself toerus met die nodige kennis oor die siektetoestand wat behandel word.
Wellington Wines het die pryse ingepalm by die onlangse Nasionale Wyn-uitdaag Top-100 Wyne. Twee wyne uit die La Cavereeks is met dubbel-platinum bekroon. La Cave Cabernet Sauvignon en La Cave Shiraz is albei vanuit die 2014 oesjaar. Wynmaker Chris Smit het die toekennings namens Wellington Wines ontvang. Ander toekennings sluit in ‘n dubbele goud vir die La Cave Chenin Blanc, en dubbele silwer, vir die La Cave Cape Blend. Smit is reeds meer as 10 jaar wynmaker by Wellington Wines, en beskou die 2014 parsseisoen as een met ideale omstandighede. "Dit was n besondere jaar en het ook besondere wyne opgelewer." La Cave wyne word ekslusief gemaak met volumes so laag as 300 kiste. "Die wyne word gemaak van druiwe wat van vroeg reeds aan die wingerdstok spesiale sorg en aandag geniet." Druiwe word met die hand uitgesoek en gepars waarna die wyne in 100% nuwe Franse en Amerikaanse vate verouder word. Dit gee die wyne in die La Cave reeks 'n uitstekende verouderingspotensiaal - tot en met 10 jaar. Die wyne is nie algemeen beskikbaar in die handel nie, maar kan by enige van die Welling-
ton Wines se persele in Stokeryweg en by Bovlei aangekoop word. Aanlynbestellings kan gedoen word www. wellingtonwines.com. Bestellings kan ook per e-pos aan marketing@wellingtonwines.com gerig word.
NUUS • NEWS
3
4 Mei 2016
Wengeld vir Wagter se hok... 'n Hond se dag is gemaak toe hy 'n nuwe warm hok vir die winter gekry het. Die twee gelukkige wenners van dié courant se welkom-weggee het Donderdag hul pryse ontvang. Peter Boock (links) het dadelik besluit om sy wengeld ten goede aan te wend en vir die hond van die inwoners van die ACVV Huis Silwerkruin 'n nuwe hok te koop. Links is hy saam met Ronel van der Heever en dié courant-bemarker Marietjie Nel. Regs is dié courant-bemarker Desiré Kriel saam met Zenobé Idas.
• tye vervroeg vir winter
Watersilinders se skedule aangepas Met winter om die draai en die dalende temperature, verander elektrisiteitsgebruikpatrone. Daarom pas ESKOM weer die tye aan wanneer warmwatersilinders, wat deel is van die Energie Aanvraag-projek, afgeskakel gaan word. Vanaf 1 Junie 2016, verander die tydgleuf van somer na wintertye. Warmwatersilinders sal dan afgeskakel word van 17:00 tot 19:00 daagliks. Hierdie skedule sal geld tot die einde van Augustus. Daarna sal die tydgleuf weer terugskuif na 18:00 tot 20:00 vir die lente en die somermaande.
As deel van die Energie Aanvraag-projek, het die munisipaliteit tydtoestelle regoor Drakenstein geïnstalleer. Gedurende die tydgleuf wanneer die elektrisiteitsaanvraag hoog is, skakel die tydtoestel die warmwatersilinder af om die druk op die elektrisiteitsnetwerk te verlig. Inwoners word aan die verandering herinner en word versoek om hul gebruik dienooreenkomstig aan te pas. Al voorspel ESKOM geen beurtkrag nie, is dit steeds nodig dat elektrisiteit spaarsamig gebruik word om onnodige druk op die netwerk te voorkom.
Die Hugenote Hoërskool, in samewerking met Dalro (Pty) Ltd, bied van 17 tot 20 Mei die gewilde musiekblyspel Beauty and the Beast op Wellington aan. In die hoofrolle is Babette - Adri Louw; Beast - Zenon Erasmus; Belle - Clarina Solomons; Chip - Zanlie Visser; Cogsworth - Curtley Brown; Gaston - Stephan Lombaard; Lefou - Ben Crous; Lumiere- Martin du Plessis; Madame de la Grande Bouche- Megan de Waal; Maurice - Jan Olivier; Monsieur d’Arque - Danré de Beer; Mrs. Potts -Wina Smit en die verteller is Benjamin Visser. Die ensemble bestaan uit Wina Smit, Anja Smith, Paula Zeeman, Karla van der Westhuizen, Kelsey Fredericks, Ansoné van Eeden, Jeanie Laubscher, Mari van der Watt, Jana Malan, Sara-
Mari Burger, Nicola Ferreira, Arista Tarr, Hanel Thesnaar, Mischke September, Loucharl Marais, Abia Stander, Madell Vlok, Nadia Malan, JeanMari Blignaut, Alicia van Staden, Senzo Nkabinde, Tegan Kuhn, Dirk Hofmeyr en Anlo Samuels Die tegniese span is: Vervaardiger: Hugenote Hoërskool; Regisseur: Amanda Swart; Verhoogbestuurder: Leandé Strombeck; Choreograaf: Nikki During; Musikale Reggiseur: Winand Grundling; Dirigent: Johann Enslin; Tegniese Ontwerp: TechX & TechiTeam; Ontwerp: Ilze Lubbe, Amanda Swart en Johann Enslin. Kaartjies beloop R50 vir skoliere en R80 vir volwassenes en is by die skool beskikbaar.
Skoonlief en die Ondier eersdaags op die planke
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
courant
dié
4
Deursettingsvermoë, harde werk en baie sweet
Om jou drome te verwesenlik, is nie iets wat sommer in jou skoot val nie. Dit neem baie werk, baie deursettingsvermoë en baie toegewydheid. Nog meer as dit 'n vrou is wat besluit sy gaan rugby speel. Sunelle Barnard is daardie vrou. Sy staan nie terug vir 'n skrum, duik of laagvat nie. Sy vat hom soos hy kom en glimlag na die tyd. Om jou man te staan in 'n wêreld wat nie so oop is vir vroue nie, is 'n groot uitdaging. Ysbaddens, seer spiere, baie ure se oefening in die gymnasium... Dit alles doen sy met 'n glimlag, want dit is die middel tot die doel. Is dit nie dan makliker vir ons om dan ook 'n bietjie meer in te sit en harder te werk nie om ons drome te verwesenlik nie. 'n Droom sal net 'n droom bly, tot jy daadwerklik 'n poging aanwend en dit verwesenlik. Of dit op die sportveld is, op skool, universiteit of in jou loopbaan, is dit belangrik om vir jouself doelwitte te stel en jou bes te doen om daarby uit te kom. Meet jouself teen ander en leer uit dit wat hulle regkry wat jy dalk nie kan nie. Moenie net terugsit en tevrede wees met dit wat jy het nie, want jy kan altyd beter. So, doen bietjie meer en gaan haal jou sukses.
It’s Good News
Dr. Mark Blackwell Snr
Jesus said Mary
Tracing the events after the Lord died on the cross. The women prepared the spices and very early on the Sunday morning, before daybreak, came to the tomb prepared to anoint the Lord’s body. Mary Magdalene, Mary the mother of James and Joses, Salome the wife of Zebedee, and Joanna whose husband was Herod’s steward (Luke 24:1,10; 8:10; Matt 28:1; Mark 15:40; John 20:1). They said among themselves, “Who shall roll away the stone from the door of the sepulchre? (Mark 16:3). However, they found that the stone had already been rolled away (Mark 16:4). The women were unaware that an angel had rolled the stone aside and that the guards fell like dead men before fleeing the scene. (Matt.28:2-4). Mary Magdalene saw the stone rolled away and ran into the city to tell the disciples! After Mary Magdalene had departed the other women entered the tomb and saw an angel sitting beside where the Lord had lain. The first angel told them to go and tell Peter and the other disciples that the Lord would see them in Galilee (Matt.28:7; Mark16:7). Meanwhile, Mary Magdalene had found Peter and John and told them the tomb was empty. John arrived first and entered the tomb and Peter followed. Finding the tomb was empty they left and returned to the city but Mary Magdalene lingered in the garden. As Mary stood weeping outside the door of the tomb she stooped down and looked inside and saw the same two angels that had spoken to the women; one was sitting at the head and the other at the feet of the place where the Lord had lain. Mary didn’t enter the tomb but one of the angels said, “Woman, why weepest thou?” She said, “Because they have taken away my LORD, and I know not where they have laid him” (John 20:13). Just then Mary turned and saw Jesus standing nearby but didn’t recognise Him. Through her tear-filled eyes in the early morning light she thought Jesus was the gardener. Jesus said, “Woman, why weepest thou, whom seekest thou?” Mary said, “Sir, if thou hast borne him hence, tell me where thou hast laid him and I will take him away” (John 20:15). Jesus said, “Mary,” and instantly she recognized the Lord. Mary was told to go and tell the disciples that she had seen the Lord. Have you recognise Him?
Eerste kandidate bekend Met minder as drie maande oor voor die volgende munisipale verkiesings op 3 Augustus is die eerste salvo’s verlede week gevuur toe die name van die eerste kandidate bekendgemaak is. Die DA het hul kandidate aangewys en dit is nou ‘n uitgemaakte saak dat Drakenstein ‘n nuwe burgemeester gaan kry nadat adv. Gesie van Deventer as die DA se burgemeesterskandidaat vir Stellenbosch aangewys is. Ander party se kandidate was met druktyd nog nie bekend nie. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Drakenstein is Conrad Poole. In Wellington het die party in twee van sy wyke nuwe kandidate aangewys. Wyk 2: Hentas Kotze. (Huidige raadslid is Johan Rademeyer – DA)
Wyk 29: Lorraine Williams (Huidige raadslid is dr. Thys Smith – DA) Wyk 18: Albertus Buckle. Hy is ook die huidige raadslid. Wyk 31: Gerald Ford. (Huidige raadslid is Jerome McHalem – ANC) Wyk 10: Christephene Kearns. Sy is ook die huidige raadslid. Wyk 7: Ruth Arnolds. . Sy is ook die huidige raadslid. Wyk 11: Aidan Stowman. . Hy is ook die huidige raadslid. Op die DA se proporsionele lys vir die Drakenstein lê die huidige speaker Koos le Roux tans vierde en Rean Smuts in die 11de posisie. Op die DA se lys vir regstreeks verkose lede tot die Wynland Distriksmunisipaliteit is Elna von Schlicht in die tweede plek.
Eeufees-wenners blom
Marcell Rhode (Kampioenblom en Kampioen Spinnekop), Anthony Cavernelis (Beste Intermediate A en B Blom en Beste Reflex Decs), Die Wes-Kaapse Minister van Kultuur en Sport, Anroux Marais, Jeffrey Smith (Beste Incurve A blom) en Japie Willemse (Beste Ligte blom, Beste Incurve B Blom en Beste Anemone). Afwesig: M. Abrahams (Beste Donker Blom).
100 years of the Wellington Horticultural Society
In 1916, five men met in Front Street, Wellington and decided to form a society for the purpose of stimulating interest in the cultivation of flowers, especially chrysanthemums. These men were elected to office and were CP Adams of Park Street (Chair), JD Pietersen of Front Street (Vice), JJ Isaacs of Short Street (Assistant Secretary), NC Brink of Park Street (treasurer) and AV Maurice of Front Street (Secretary). The small society hold its first chrysanthemum show on Saturday 26 April 1916 in the Dutch Reformed Mission school, now known as Pauw Gedenk School. The membership have increased to seventeen. The show was declared open by senator Dan Retief, who was also elected the first president. After his death, Mr R Marais was elected president and hold office for more than 20 years. Other presidents of the Society were messers Frank Brink, Pieter Abrahams and Freddie Cyster. All held office until they passed away. The cur-
rent president is Michael Joseph Le Cordeur A number of very dedicated men have won the Champion Bloom the past 92 years but none were more impressive than Bokkie Small claiming the Champion Trophy a record seven times. The late Mr F Small were supreme in the fifties (four times) and the sixties (three times). The record was bettered by another outstanding grower, the late Mr Isaac Maurice who won the champion trophy for a record 8th time. The late Frank Brink (four times), the late Mr Sammy de Vries and Mr Moos Booysen ( both three times) competed in good spirit. The best grower in modern times is Japie Willemse (Four times). The Wellington Society for years also maintained a very strong presence of women who competed in Home industries such as Needlework, Decorations and Baking. Some of the outstanding women are Mrs Sylvia le Cordeur (who won the crown for
8 times between 1989 and 1998), Mrs P Cavernelis ( 6 times champion between 1987 and 2008), Mrs R Williams ( 5 times in the late seventies) and Mrs F April (Nurse) who won the title four times. Recently Mrs Venitia Bosman was victorious on four occasions since 2000. For ten years in succession the Society also held a Spring Dahlia Show but later it was decided to concentrate on the Autumn Show. Since then the Chrysanthemum Flower Show on the first Saturday in May became a standing feature on the Wellington calendar. Not even in the days of World War 2 did the Society miss a show. Since the establishment of the National Chrysanthemum Society in 2005 the playing field changed somewhat. Our members were exposed to a wider community of chrysanthemum growers. The WHS hosted the National show of 2006 which was won by Mr. H. Booysen and we participated in the NCS ever since.
NUUS • NEWS 4 Mei 2016
5
NUUS • NEWS
6
4 Mei 2016
Op 'n Stasiefees in beeld...
beriggier kom hier
Grootste tert: Die wêreld se grootste melktert is
os kom hier
os kom hier
Saterdag op Wellington by die jaarlikse Op ‘n Stasiefees gemaak. Dié reuse-melktert het sowat 3m in deursnee beloop en ongeveer 200liter melk is in die vulsel gebruik. Die tert is later in blokkies opgesny en verkoop om fondse vir gemeenskapsprojekte in te samel.
os kom hier
OKLB 113334/27/A
GROOT GEUR. KLEIN PRYS. Kry ’n enkel Jalapeñoof Boerieburger, skyfies en koeldrank vir slegs
R19.90.*
*Aanbod geld vir ’n beperkte tydperk. Solank voorraad hou. Aanbevole prys vir ’n klein ete alleenlik. Coca-Cola® is ’n handelsmerk van die Coca-Cola© -maatskappy 2016.
NUUS • NEWS
7
4 Mei 2016
Dagboek • Calender
Group art exhibition 13 May - 6 June – ‘Manuscripts’ is a group exhibition in the Yard, 18 Huguenot Street in Franschhoek. The overall idea originated with the idea of working with the Dewey Decimal System experienced as a scholar in school libraries. For more information visist www.artinthe yard. co.za. Gravel Travel MTB 15 May: Kleinevalleij, Wellington. Distances: 50km; 25km http://www.graveltravel.co.za Exhibition UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum.org.za. Beauty and the Beast 17-19 Mei – Dié gewilde Disney-produksie word in die saal van die Hugenote Hoërskool opgevoer. Dit begin om 19:00. Kaartjies teen R50 vir skoliere (volwassenes R80) by die skool beskikbaar. Laerskool Hugo Rust 19 Mei - 'n Ma-en-Dogteraand wat hierdie jaar ïngekorporeer word met die Vroue-aand. Ons het vir Leandie du Randt (Binnelanders se Ivanka Gouws) met Irene-Louise van Wyk as gaskunstenaar om ons op hierdie spesiale aand te vermaak. Kom en geniet hierdie heerlike aand saam met ons!! Vir meer inligting kontak 083 422 5530 Swartbergvlei Outride 29 May – Darling. Enquiries: 084 593 2745. Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362. 2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700;
Kerke • Churches
Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
Cost: R470. Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket. Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum. co.za. Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@ wordonline.co.za.
Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na susan@diecourant.co.za.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30; 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
courant
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
11 Mei 2016
Sportuitslae Sports results Hugenote Hoërskool vs Hoërskool Durbanville Dogtershokkie: O/14A: 0-1; IO/16C: 0-0; O/16B: 2-2; O/16A: 1-0; O/18C: 1-2; O/18B: 0-1; O/18A: 1-1 Seunshokkie: O/14A: 1-1; O/16B: 3-0; O/16A: 1-2; O/18B: 1-0; O/18A: 1-0 Netbal: O/15E: 9-6; O/14D: 6-10; O/14C: 5-6; O/14B: 8-10; O/14A: 4-25; O/15D: 8-10; O/15C: 16-7; O/15B: 7-12; O/15A: 5-30; O/16B: 6-17; O/16A: 6-35; O/17C: 27-4; O/17B: 6-4; O/17A: 4-15; O/18C: 2-2; O/18B: 10-16; O/18A: 17-41 Rugby: O/14A: 10-24; O/15B: 10-28; O/15A: 0-22; O/16B: 5-12; O/16A: 20-19; O/19C: 17-22; O/19B: 12-3; O/19A: 26-26
Hugenote vs Durbanville: Die
Hoërskool Hugenote op Wellington het Saterdag gasheer gespeel vir die spanne van Durbanville. Die spanne het kragte gemeet op die rugby-, hokkieen netbalvelde en mekaar behoorlik getoets.
Sportdagboek Sports diary
Willowcreek/Computer Mania MTB Challenge 21 May: Wolseley; http://www.pedalpower.org.za/ events/pedal-power-association-77/ AmariderBikehub 100miler/50miler 21 May: Malmesbury; www.dirtopia.co.za
• Entries for 100 & 50miler flowing fast
Pedal power in Amarider The eighth annual Amarider 100Miler & 50Miler event, presented by Bike Hub takes place on Saturday 21 May 2016 in the Swartland, at the Malmesbury Festival grounds. With less than a month to go, the 100 Miler team is getting all the last details sorted to present a great day of racing. Only pre-entries are taken on www.amarider.co.za and entries have been flowing in fast! In a very exciting development, organisers are pleased to announce a partnership with Malmesbury Fietsryklub, that will see the locals provide support services to the race in return for financial remuneration and support with their trail expansion program. According to Meurant Botha, director of Amarider, the club has been very active in getting singletrack built in and around the town and Amarider cannot be happier for the event to support this great initiative in the host town of Malmesbury. “We are certain that having the locals on route will add a lot of spirit to the day” said Botha. Check out their activities at www.malmes-
buryfietsryklub.co.za The 100 Miler was created to become a primary fundraiser for the organisation. Amarider is a recreational trails advocacy group focused on improving trail opportunities on the African continent and proceeds of the event are channeled directly to trail projects. The Malmesbury MTB Club will provide marshals and manage the refreshment stations that are supported by Enduren Nutrition and Powerade/Coke. 100Miler entrants get breakfast and lunch stops, while 50Miler riders will also be able to fuel up with snacks like fruit, jellies and potatoes. Of interest is the fact that the 50 Miler is currently slightly more popular, and why not. Starting at Delico Butchery at a more reasonable hour for an 80km flip around the picturesque Kasteelberg, does seem a fair bit more pleasant than going the full distance. Of course, if you have bucket list issues the full 100 is the only way to go. The route has proven itself as very achievable but with the course record on the new route at 06h02 it certainly is
MORE FOR LESS
Windhoek Draught Cans or Non-returnable 24 x 440ml
219
R
Per Case
Darling Brew Extreme 28 May: Darling; http://www.darlingbrew.co.za/ mtb/mtb.html Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast non-technical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter onlie at www. pedalpower.org.za.
not for the unprepared. In 2015 the route designer moved the finish area to the much more spacious Malmesbury Showgrounds resulting in a slight bump on the route profile right at the end! The best thing about the day’s racing is the fact that friends and family can make a road trip out of it and visit regular spectator points. This not only involves the loved-ones with your tough day out, but also gives you a bit more mental comfort that help is never too far should the day become a bit much on either body or bike. The 160km (100Miler) route is divided into three sections of approximately 55km with two compulsory timing checkpoints. While the competition is based on solo riders completing the entire course these riders can form 4-man teams and enjoy a day out with mates on a saddle (of course)! The team results will be based on the 4th rider crossing the line thereby encouraging teamwork and camaraderie. For enquiries, contact Dirtopia Trail Centre at info@dirtopia.co.za or 0218844752.
R
CELEBRATE
Gravel & Grape MTB stage race 6-8 May: Breederkloof Valley; gravelandgrape.com
69
R
Savanna Dry Premium Cider Cans 6 x 440ml
R
29
Graça White or Rosé 750ml Each
89
9250
R
34
Nederburg Lyric, Stein, Rosé or Duet 750ml Each
R
145
150 5188_100 x 260
PRICES VALID 12 - 15 MAY 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Viceroy Brandy 750ml
Olof Bergh Brandy 750ml
Fish Eagle Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505188_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/05/06 12:33 PM