c urant
Gratis • Free
20.4%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
8 Junie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 373
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Swartland Hoër, Laer het ryk rugby-oes
Die Hoër- en Laerskool Swartland op Malmesbury spog vanjaar met hul rykste Cravenweek-oes nóg. Die Boland se o.18 en o.13 Cravenweek- en Akademieweekspanne, asook die o.16 Grant Khomo-span sluit nie minder nie as 16 spelers uit dié twee skole in. Agter staan die o.16-spelers CJ Scott, Marinus de Jager en JP Groenewald saam met die o.18-spanlede Dewald Vrey, Jan-Ernst Terblanche, Anton du Toit, Charles Gerber, Wihan Burger en Niel Burger. (Afwesig: Keagan Johannes). Voor is die afrigter van die laerskool se o.13A-span en adjunkhoof, Jannie Paterson, saam met dié skool se SJ Kotze, Johan Dϋrr, Nathan Swart (o.13 Boland XV-tal), Adriaan Janse van Rensburg, Romeal Swartz en Dillon Oppelt (onderkaptein van o.13 Cravenweekspan). By hulle is die afrigters van die hoërskool William Koch, Johann Spies en Martin Dyason.
• Kinders tel 200 TON op VIR FONDSE
Rommel vir Dress
Die plaaslike organisasie, Darling Recycling Swop Shop (Dress) se winkel spog nou met ‘n nuwe baadjie in die vorm van ‘n skeepsvraghouer, danksy die radiostasie Heart FM. Sowat 200 000 kg se herwinbare items is vanaf 2013 deur kinders ingesamel en hier besorg. Heart FM het Donderdag as deel van hul 16Daysforyouth-inisiatief regstreeks vanaf Evita se Perron op Darling uitgesaai. Die inisiatief wat op die 1ste Junie op Vredenburg afgeskop het, bestaan uit die radiostasie wat hul uitsaaiateljee in Groenpunt tydelik vir 16 dae gesluit het om jeug-geïnspireerde projekte vir 16 dae lank op verskeie dorpe tydens Jeugmaand te besoek. Dress, die plaaslike herwinningsprojek, was een van die gelukkige organisasies wat tydens dié inisiatief uitgesonder is. Die projek is sowat drie jaar gelede deur direkteure David Botha en Corrie Windt van stapel gestuur om die jeug van dié omgewing by dié gemeenskap te betrek. Dié nie-winsgewende organisasie moedig kinders tussen die ouderdomme van vier en 14 jaar aan om herwin-agente te word en dus die omgewing skoon te hou en herwinbare items soos papier, glas, plastiek en geblikte materiaal bymekaar te maak en na die inruil-winkel te neem om geweeg te word. Volgens Botha is Dress een van ‘n paar soortgelyke winkels wat onstaan het uit die inisiatief wat deur Marilyn de Villiers van Hermanus begin is. “Ek het ‘n konferensie in 2011 bygewoon waar
sy van hul werk op Hermanus vertel het. Ek het gedurende 2012 vir Corrie Windt, wat herwinning op Darling behartig, genader wat dadelik baie entoesiasties was,” vertel hy. Hul eerste inruil-winkel, oftewel die Swop Shop, is op 27 Februarie 2013 deur 251 kinders bygewoon. Die winkel word nou elke Donderdag deur 115 kinders ondersteun. Hulle word met punte eerder as geld vergoed, vertel die fasiliteerder van die skeepsvraghouer-projek, Con Meyer van Darling. “Die kinders kry nie geld nie, maar punte wat geldwaarde het,” voeg Meyer by. Dié geld word gebruik om benodigdhede soos kos, toiletware en skoolbehoeftes vir die DReSS -winkel aan te koop. “Die kinders kan met hul punte weer iets by die winkel koop. Hy sê verder
hoe klere en speelgoed ook danksy bydraes vanuit die gemeenskap, aangekoop kan word. Kinders wat herwinbare materiaal by die winkel afgee, kry gewoonlik ook sop of ‘n toebroodjie. “Die projek wys die kinders daar is waarde aan die werk wat hulle insit,” sê Meyer. Die huidige Dress-gebou is vervalle. Meyer vertel hoe hulle aanvanklik besluit het om die gebou te verf. Hy het vinnig besef dit gaan nie voldoende wees nie. Hy het vir Denver Apollis by Heart FM oor Dress se behoefte aan ‘n 12m lange skeepsvraghouer genader. Apollis, die radiostasie se programbestuurder, kom toe terug en sê hulle kom ‘n ses meter lange vraghouer op 2 Junie aflewer. Die vraghouer wat die afgelope Donderdag by die Dressperseel aangekom het, is ook deur die Heart FMpersoneel geverf. Apollis het Meyer ook belowe dat nóg ‘n ses meter lange vraghouer binnekort sal kom.” Die plaaslike raadslid, Michael Rangasamy het tydens die geleentheid die organiseerders verder verras met ‘n R10 000-skenking deur die Swartland Munisipaliteit. *Heart FM het Riebeek-Kasteel op 3 Junie besoek en vanaf die Kasteelberg Country Inn & Bistro se perseel uitgesaai. Die radiostasie het tydens hul besoek ook ontbyt voorraad, lepels en bakkies aan die Riebeeck-Vallei Spesiale Skool (RVSS) se koshuis oorhandig.
NUUS • NEWS
8 Junie 2016
NUUS • NEWS
2
Veterane trekkers en enjins brul weer by Môreson Trekkerliefhebbers kan uitsien na die Wes-Kaap Veteraan trekker- en enjinklub se ekspo wat van 5 tot 7 Augustus op die Môreson-plaas buite Malmesbury gehou sal word. Hier sal besoekers kan kyk na trekkers van vergange dae en ook sien hoe hulle gewerk het. Bring die hele gesin en kom proe aan die lekkernye en leef die dae van ouds met demonstrasies. Indien jy jou voertuig wil uitstal, kontak Mariëtte Krige
8 Junie 2016
by 082 670 7637 of stuur ‘n epos na p.krige@absamail. co.za. Toegangskaartjies kan reeds by Computicket gekoop word. Saam met die ekspo is daar ook ‘n gemeenskapsprojek wat na die gemeenskap sal uitreik met ‘n warm kombers of ses met Japie se Bersie. Hier word blokkies gehekel of gebrei, geskenk en die kundige hande van die personeel van Badisa sal dit aanmekaar sit vir ‘n heerlike bietjie warmte.
Wen kaartjies na Country Opskop vir Aandskemering Twee gelukkige lesers staan die kans om elk 'n kaartjie na die Boeremusiek Opskop ten bate van die Aandskemering tehuis vir Bejaardes op 10 Junie. Sms OPSKOP, jou naam en van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor môre 12:00 om in aanmerking hiervoor te kom.
Vraag: Wie tree by die Country Opskop by Allesverloren op?
Om 19:00 is daar 'n Boeremusiek Opskop met Greg Fisher by Allesverloren, Riebeek-Wes. R200pp met ligte ete ingesluit. Kontak Elrika - 083 414 7023 / countrykitchen7@gmail. com. Wees deel van die aksie en kom kuier saam ten bate van die Aandskemering tehuis vir Bejaardes op Malmesbury. Kom skoffel en laat die voete oor die dansvloer gly!
Nuut by dié courant:
Charlotte Lesch is nuut op dié publikasie se redaksie. Sy is 'n bekende gesig in gemeenskapsjoernalistiek en was voorheen by die gedrukte media betrokke. Sy sien haarself as 'n boervrou wat haar plek in die gemeenskap kan volstaan. Sy het ook twee seuns, wat haar hart se punt is. Kontak haar met jou nuuswenke by 022 487 3221 of stuur 'n epos na charlotte@diecourant.co.za.
Wen kaartjies na Gouda en Neil Diamond Johan Liebenberg wat bekend is vir sy Neil Diamond Huldeblyk gaan op 10 Junie by die Upstairs Theatre by die Gouda Hotel optree. Kaartjies beloop R120 per persoon. Kontak 023 232 0212 met navrae of besprekings. Twee gelukkige lesers kan elk ‘n enkelkaartjie na dié vertoning wen. Sms jou GOUDA, antwoord op die onderstaande vraag, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor môre 12:00.
VRAAG: Wie is die kunstenaar wat Vrydag in die Gouda Hotel optree?
Regstelling:
In verlede week se uitgawe van dié courant is die landlynnommers van Gunn Track op Malmesbury foutief. Kontak Aldo Opperman of Francine Hoffman by 022 482 3411 met enige navrae.
NUUS • NEWS
3
8 Junie 2016
• spesiale wynreeks bekendgestel
‘n Oesland Cabernet vir NG Kerk Die NG Moedergemeente op Malmesbury se eie wynreeks is uiteindelik hier om te geniet. Die eerste reeks van Oesland Cabernet 2015 is Donderdag by Hofstraat Kelder op Malmesbury bekendgestel. Dit kom nadat Wim Smit, eienaar van Hofstraat Kelder, die kerk sowat twee jaar gelede genader het met die gedagte om wyn te maak as ‘n poging om fondse vir die gemeente in te samel. “Ek is nou nie iemand wat koeke bak nie, maar ek kan wyn maak,” skerts Smit. Hennie Rossouw, eienaar van die plaas Fairview buite Malmesbury, het dadelik ingestem om ‘n halfton Cabernet-druiwe te skenk om die wyn
te maak. Bea Jonker, ook van Malmesbury het die etiket ontwerp wat vandag op die bottels verskyn. Daar is altesaam sowat 250 bottels gebottel. Die bottels, waarvan daar nog sowat 220 oor is, is teen R200 elk beskikbaar by Hofstraat Kelder en by die NG kerkkantoor. Regs: Ds. Jacobus Snyders wat die dryfkrag agter die projek was, Hennie Rossouw van die plaas Fairview met die Oesland Cabernet etiket, Jack de Clercq, Jerry Finley met die 3l Oesland Cabernet en Wim Smit, eienaar van Hofstraat Kelder tydens die bekendstelling van Oesland Cabernet 2015.
Sakekamer vergader met Tomis en ERC Die Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdag om 18:30 vir 19:00 by die OLOKsaal. Die sprekers van die aand is Tomis Abattoir se Tommy Moolman en die nuwe ERC Holdings, ‘n sekuriteitsmaatskappy op Malmesbury. Kaartjies beloop R100 per persoon vir lede en R140 vir nie-lede. Bevestig bywoning teen Vrydag om 16:00 by Helene Nel by 076 921 1163. • Let wel dat die vergadering se tyd vervroeg het, weens die vroeë wintersaande.
ACVV vier kinderbeskermingsweek saam met jeug Die ACVV Malmesbury het verlede week Kinderbeskermingsweek saam met die jonger inwoners van dié dorp gevier. Vanjaar se tema is "You can be part of changing the world for a child". Die groep het gefokus op bewusmaking en het die Weskus Distriksmunisipaliteit se brandweerdienste hierby betrek. Die leerders van Morningstar Primêr het geleer wat om in 'n noodsituasie te doen en eerstehandse kennis van "stop, drop and roll" opgedoen. Paramedici van die Swartland-distrik het die leerders van Goedehoop Primêr bietjie meer van noodhulp geleer. Die leerders van Wilskutsvlei op Darling is met 'n poppekasvertoning verras. Die organiseerders het selfs die winterkoue kaalvoet aangedruf en so 'n paar skoene elk aan 'n kind geskenk. Verskeie borge en donateurs het ook ingespring om dié week suksesvol te maak.
Die ACVV Malmesbury het kinderbeskermingsweek gevier. By Morningstar Primêr het die leerders kennis gemaak met die brandweermanne en by Goedehoop Primêr het hulle kennis van noodhulp opgedoen. Die leerders van Wilskutsvlei op Darling het met 'n poppekasvertoning meer oor hul regte geleer.
courant
It’s Good News
dié
4
Gemeenskappe belê in hulself en inwoners
Die Darling DReSS is nou 'n slim en oulike inisiatief om dorpe en gemeenskappe op te hef en in hulself te belê. Hier word rommel ingewin en weer gebruik. Diegene wat die rommel ingee, kry 'n koepon om weer geld in die gemeenskap te spandeer. So bly die dorp se geld binne die dorp! Slim en oulik. Wat dit wonderlik maak, is dat daar mense is wat die tyd afstaan en die moeite doen om hierdie idees te ondersoek en te implementeer. Hulle hoef dit nie te gedoen het nie, maar hulle het. So het hulle 'n groot rol in 'n groot aantal mense se lewens gespeel. Kyk net van hoeveel onbenullighede word ons almal daagliks ontslae. Ons gooi goed weg sonder om twee keer daaroor te dink. Sommige van ons is maar net eenvoudig nie kreatief genoeg om dalk die groter prentjie te sien nie, maar iemand anders kan weer 'n meesterstuk maak van jou rommel en weggooi-goed. Daar is soveel geleenthede daarbuite. Ons moet soms net 'n bietjie verder kyk. Ja, in vandag se ekonomie is dit nie maklik om 'n nuwe perd op te saal nie, maar ons kan altyd probeer. Soos daar altyd gesê word: "Probeer is die beste geweer." Om suksesvol te wees in enigiets, moet ons eers 'n hele paar keer ons koppe stamp en met die bloukolle spog. Staan maar net op, stof jouself af en probeer weer.
NUUS • NEWS
8 Junie 2016
Dr. Marc Blackwell Snr
Anxiety and worries
Just living life itself is hard! Life has so many complex relationships such as marriage, children, finances, jobs, and accepting the injustices of life’s many perplexing situations. In addition, our own wrong choices can add more stress. These added personal pressures often lead to our becoming aggravated and negative - even losing all hope. Many Christians further complicate life by remaining “stuck in the old ruts” of the wrong choices and attitudes of their past. Grow and change by faith in Christ Jesus. Think first and make truly sound Biblical choices. The Bible tells us to live by faith. But honestly, how many believers do that? A useful definition of living by faith is to “think and then trust God with each life choice or instance.” From one act of faith to the next act … we must learn to make our life decisions (mentally and verbally) according to God’s Word. We must choose to rejoice in God’s faithful involvement in our lives: Psalm 37:4 “Delight thyself also in the Lord; and he shall give thee the desires of thine heart.” We must choose to submit our body, our mind and our will to Him. We must choose to serve (or sacrifice) our interests to do His will & live His way. Romans 12:1 “… present your bodies a living sacrifice, holy, acceptable unto God, which is your reasonable service.” Choose to do right by trusting the Lord. Proverbs 16:3 “Commit your works unto the Lord, and your thoughts shall be established.” Jeremiah 17:7, “Blessed is the man that trusts in the Lord and whose hope the Lord is.” Psalm 55:22 “Cast your burden upon the Lord, and he shall sustain you.” Choose life with humble gratitude and commit your fears or anxieties to God through … prayer … with thanksgiving. We must bring our requests or needs to God. “And the peace of God which passes all understanding, shall keep your heart and minds through Christ Jesus.” (Philippians 4:6-7) Choose to avoid being selfish. Hebrews 13:5 “Let your lifestyle be without covetousness; and be content with such things as you have.” Christ “will never leave you or forsake you.” God loves you but you must make right choices!
Hokkie: Tiaan Steyn van
die Malmesbury Hokkieklub stuur ‘n bal in die rigting van die doelhok in die klub se wedstryd teen die span van Milnerton Malmesbury het met 4-0 gewen.
Eties:
Die groep van Onbeskaamd Eties, oftewel Unashamedly Ethical, het Maandag besoek op Malmesbury afgelê. Hier is skoolhoofde Kallie Rautenbach (Laerskool Swartland), Dirk Marais (Hoërskool Swartland), Janine Adonis (Liebenberg Primêr), Marcel Versfeld, Johannes Mouton (kringbestuurder) en Hennie Klaase (waarnemende skoolhoof Wesbank Sekondêr).
Trap: Die Mal-
mesbury-tak van die Round Table het Vrydagaand fiets getrap vir fondse vir dié tak se liefdadigheidsprojekte. Bo trap Kwas du Toit, Wilhelm Buhr, Charl Bezuidenhout en Jannie Nelson dat die kuitspiere bult.
Fair Cape se plase produseer 90 kiloliter Regop is nie altyd die regte hoek nie...
Die bekende Fair Capegroep het onlangs sy UHTmelkaanleg in Malmesbury in gebruik geneem. Dié melk se rakleeftyd is bykans ‘n jaar en daar word beplan om die aanleg se kapasiteit in die nabye toekoms aansienlik te verhoog vanaf die huidige tussen 60 000 en 80 000 liter per dag. Die hoof uitvoerendebeampte, Melt Loubser, het by die opening die belangrikheid van die landbouverwerkingsektor vir elke mens se bestaan uitgelig. Fair Cape se melkplase produseer tans 90 000 liter per dag. *In verlede week se beriggewing het ‘n syferfout ingesluip. Loubser het gesê Suid-Afrika se bevolking groei jaarliks met 1%. Dit is 550 000 mense per jaar.
NUUS • NEWS
5
8 Junie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
BIRTHDAY PARTY 38 Also at HYPERMARKETS
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s
38
90
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
90
Per kg
Equates to 38.66 for 2kg
12990
WAS 39.99 NOW 25.90
E R O T S N I R S L A I 58 C E P S 19 F O S D E R D N U H WITH BUY 2 FOR
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 1.5kg
BRM Pork Loin Rib 1kg
Stork Country Spread 50% Fat Spread 1kg
BIRT 90
Danone Ultra Mel Flavoured Custard Assorted 1 Litre Each
WAS 46.89 46 89 9 NOW 34.90
Bokomo Weet-Bix 900g
16990
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
WAS 64.99 NOW 38.90
1350
Ariel Auto Washing Powder with/without Downy 2kg, Liquid Detergent with/ without Downy 1.5 Litre or Capsules 14/15s Each
PnP Bulk Oukraal Wors Per kg
49
R
PnP Bulk Tenderised Steak Per kg
49
R
PnP Bulk Pork Braai Chops Per kg
R
Klipdrift Premium Brandy 750ml
Coca-Cola Regular, Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml
64
WAS 194.99
Get Double Points
R
67
PnP Bulk T-bone and Club Steak Mixed Pack Per kg
Simply swipe your card on payment & check the bottom of your till slip. Valid 23 May – 3 July 2016 Terms and conditions apply. View www.picknpay.co.za E&OE
PRICES VALID 9 - 12 JUNE 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
NOW
170
R
Come and enjoy Pick n Pay’s LOW-PRICE PARTY. PLUS stand a chance to WIN A FREE GIFT, just for being a Smart Shopper.
1504954_38 X 262/1
140
R
Per Case
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Improved PnP App Now with the easiest way to keep your shopping list
NEW
FEATURES
NUUS • NEWS
6
8 Junie 2016
Swartlander skitter in
Hoërskool Swartland
Jan-Ernst Terblanche
JP Groenewald
Dewald Vrey
Wihan Burger
Anton du Toit
Charlie Gerber
Nathan Swart
Dillon Opelt (onderkaptein o.13)
Adriaan Janse van Rensburg
SJ Kotze
Johan Dürr
Romeal Swartz
CJ Scott
Niel Burger
Marinus de Jager
Laerskool Swartland
NUUS • NEWS
7
8 Junie 2016
Cravenweek
Darling College
Josh Pentz van die Darling College.
Bederf vir Pa op Vadersdag Wenke vir bederfies
Hoërskool Dirkie Uys
* Indien jy nog nie weet hoe om jou pa vir daardie een dag spesiaal te laat voel nie, is hier ‘n paar wenke: Bederf jou pa met ‘n ontbyt in die bed wat ‘n spesiale beker met ‘n boodskap van jou daarop, insluit. Jy kan ook op die dag vir jou pa braai. Maak ook seker al jou pa se gunsteling bykosse is op die tafel. Met die rugbyseisoen wat nog aan die gang is, is biltong en droëwors altyd ‘n wenner. Hou ook ‘n braaitang, ‘n mini-manikuurstel of selfs sy gunsteling naskeermiddel in gedagte.
Gerrit Bester Hoërskool Dirkie Uys
Piketberg Hoërskool
Damian Markus van Piketberg.
Vadersdag meer as ‘n eeu oud Vadersdag is om die draai. Die dag word beskou as een van daardie lekker dae waarop pa’s bederf word om vir hom te wys net hoe spesiaal hy regtig is. Dit is egter nie alombekend waar Vadersdag nou eintlik sy bestaan vandaan kry nie. Vadersdag word vanjaar op 19 Junie in SuidAfrika gevier. Volgens “Die eerste Vadersdag: Die Joernaal”, het die eerste Vadersdagvieringe op 19 Junie 1910 in Spokane, Washington plaasgevind. Die vieringe is deur Sonora Smart Dodd, dogter van die Burgeroorlogsveteraan, William Jackson Smart georganiseer. Haar pa was ‘n enkelouer van ses kinders. Nadat sy gehoor het van Moedersdagvieringe wat in 1909 plaasgevind het, het sy hul pastoor genader en gevra of daar nie ‘n soortgelyke dag ingestel kan word waar pa’s gevier word nie. Sy wou dit aanvanklik op haar pa se verjaarsdag van 5 Junie hou, maar die pastoor het nie genoeg tyd gehad om sy preek voor te berei nie. Hy stel toe voor dat die Vadersdagdiens op 19 Junie, die derde Sondag van daardie maand sou plaasvind. In 1966 het president Lyndon B. Johnson van Amerika die eerste presidentiële proklamasie om pa’s te eer op die derde Sondag van Juniemaand, vrygestel. Ses jaar later het die dag ‘n permanente instelling geword nadat president Richard Nixon dit in die wet van 1972 gekryf het. In Brasilië word Vadersdag op die tweede Sondag in Augustus gevier en in Australië en Nieu-Seeland op die eerste Sondag in September. In Thailand is 5 Desember nie net ’n nasionale vakansiedag waar die koning se verjaarsdag gevier word nie, maar hulle vier ook Vadersdag.
8
NUUS • NEWS
Promosie
Geslagte gewortel in OK Foods Porterville
8 Junie 2016
Kalender • Diary
Boeremusiek Opskop 10 Junie - Om 19:00 is daar ‘n Boeremusiek Opskop met Greg Fisher ten bate van Aandskemering Tehuis vir Bejaardes by Allesverloren, Riebeek-Wes. R200pp met ligte ete ingesluit. Nooi jou vriende - 10 per tafel. As jy nie dans nie, kom luister en kuier saam. Kontantkroeg. Kontak Elrika - 083 414 7023 / countrykitchen7@gmail.com “Neil Diamond Tribute” 10 Junie - Johan Liebenberg tree op by Upstairsteater, Gouda Hotel, Hoofstraat, Gouda om 20:00. Kaartjies @ R120 p.p Besprekings: Maurene (023) 232 0212 / 082 576 3874 Lollos Skaterlag 11 Junie - Kinderland Kleuterskool bied aan Lollos Skaterlag by Hugenote Laerskool - R80 pp Kaartjies te koop by Kinderland se kantoor of 079 243 0335
OK Foods Porterville is met styl en swier geopen. Links is Chester Williams, oud-Springbokrugbyspeler, saam met eienaar Marius Cronje en sy gesin.
Yzerfontein Cycle Experience 12 June 2016 - 73km route - R250; 47km route - R200 Flat and fast non-technical route. Gourmet food, craft stalls, kids activities, live music. Join us for a day of family fun. Contact 022 451 2202 for further information Enter online at www.pedalpower.org.za
Regs bo is Johan Visser, Erick Nagel, Marius Cronje en Nico Olivier.
Die middedorp van Porterville het tot stilstand gekom met die opening en die trompoppies het bygedra tot die feestelike atmosfeer. OK Foods Porterville is 'n onderneming wat van krag tot krag gaan en met sy splinternuwe gesig, maak dit sake net soveel makliker. In 1988 het Basie en Rika Cronje besluit om 'n besigheid te begin met die naam Porterville Kafee. Later het die eerste kommersiële bakkery op Porterville daar geopen en is die naam verander na Porterville Kafee en Bakkery Bk. Mnr. Cronje was aan die stuur van die Winterhoek Drankwinkel en Mev Cronje, tesame met ander bestuur, het die kafee aan die gang gehou. Gou is daar gesien dat die bestaande gebou waarin die besigheid was, te klein is en het
Malmesbury Museum 14 Junie - om 18:30 - Chilli en Chocolate saam met Hannes Steyn en om 19:00 - Reis saam met Leanie Louw om die wereld - Koste is R60/ persoon Bespreek by 022 482 2332 / 082 961 6181 hulle die besigheid oorgeskuif na die huidige gebou waarin dit vandag nog is. Die onderneming het gegroei en die egpaar het besluit om by die groter SENTRA-groep in te skakel. Later is dié franchise deur Shoprite oorgeneem, asook die O.K.-groep. Die winkel is in 2001 opgekikker en die naam is na O.K. Grocer Porterville verander. Daarna volg 'n paar moeilike jare en die destydse bestuurder bedank en koop sy eie besigheid.Basie en Rika Cronje se seun neem toe oor as tydelike bestuurder van die besigheid.
In 2008 besluit hulle om die tuig neer te lê en Marius Cronje vestig en anker homself in die besigheid. Die O.K.-groep groei toe teen 'n baie goeie tempo en in 2016 besluit hulle om die winkel na n O.K. Foods op te gradeer. Op 25 Mei is die winkel amptelik as O.K. Foods Porterville heropen en op die 27ste hou hulle groot makietie saam met Chester Williams wat ook 'n draai gemaak het. Met harde werk en toewyding van die personeel en bestuur gaan hierdie winkel steeds van krag tot krag en is dit beslis een om dop te hou.
Youth Day Celebration 16 June - St Francis De Sales Catholic Church, 27 St Francis Street, Malmesbury - 10h00 Everyone is welcome. Stalls with handsome items, eats and drinks at affordable prices. Space available for stalls Enquiries : Yusuf Ariefdien 082 878 9214 / Jackie vd Poll 072934 0789 Childhood Cancer Foundation 16 Junie - Plaas Tannie (Onbedacht) Vanaf 9h00 tot laat - verskeie aktiwiteite Vir navrae kontak 083 317 5536 / helena@onbedacht.com Evita se Perron 17 Junie - Albert Frost om 20h00 - R120 pp Besprekings : 022 492 3930 / bookings@evita. co.za Malmesbury Aglow 18 June - At the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. At 3 p.m. - Please come and hear a powerful speaker Refreshments will be served. Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636 Moorreesburg RVK 18 Junie - Familie dag / Potjiekos Kompetisie. Inskrywingsgeld R150 per pot (skegs 4 persone per pot)- Spesifieke tema en naam - Baie vermaak sal die dag verskaf word Snoek- en Patatfees 24 & 25 Junie – Die jaarlikse fees op Goedverwacht is in beplanning met patat uit die grond, snoek uit die see...
NUUS • NEWS
9
8 Junie 2016
Beat winter blues with sun
SAD is one of the many forms of depression that can create an unspoken underbelly of darkness to peoples lives. We decided to dig a bit deeper and spoke to Hannelie de Klerk, a clinical psychologist from Yzerfontein. “South Africans are less prone to the disorder than many from European countries, especially those from areas at latitudes that go through long dark winters or prolonged grey misty rain. This however, is no assurance that we are unaffected.” Here in the Cape we have a Winter rainfall pattern that can go along with people being blown away from the wet outside world and indoors to darker spaces and critically, this leads to a lack of vitamin D. “Being in direct sunlight is our best source of obtaining Vit D, and this is one of the building blocks towards mental health. Walking as close as possible to the edge of the ocean during a sunny break from the winter rain is a good way of restoring vital inner resources. In this
Give colds the boot Believe it or not, those annoying symptoms you’re experiencing are part of the natural healing process - evidence that the immune system is battling illness. For instance, a fever is your body’s way of trying to kill viruses in a hotterthan-normal environment. Also, a fever’s hot environment makes germ-killing proteins in your blood circulate more quickly and effectively. Thus, if you endure a moderate fever for a day or two, you may actually get well faster. Coughing is another productive symptom; it clears your breathing passages of thick mucus that can carry germs to your lungs and the rest of your body. Even a stuffy nose is best treated mildly or not at all. A decongestant restricts blood flow in the blood vessels in your nose and throat. But often you want the increased blood flow because it warms the infected area and helps secretions carry germs out of your body.
time when skin cancer has given the sun very bad press, it is crucial to remember that some sensible exposure to the light and beauty of our outdoors can be healing and not just harming. The Cape is often described as four seasons in one day, and even business people are known to take a break and go surfing at some point during the winter months when the waves are at their best. They may not be aware of it but this is a good anti-depressant and great for their productivity. Getting outdoors is not just healthy for the young and strong. I have seen how the Groeneweide old age home in Darling would roll people in wheelchairs out into the sunlight during the winter months just to get that healing touch of warmth that no blanket provides in quite the same way. This displays a level of insight that the staff have into caring for the inner psychological well being of their community and not just their physical existence.”
10
NUUS • NEWS
8 Junie 2016
NUUS • NEWS Betrekkings 8 Junie 2016 Vacancies
Lutea Glitz We need energetic Sales people to join Lutea Glitz. If you love people, passionate about Perfume and Jewelry, then YOU are the right candidate! Capital outlay – R350.00 Contact Thea 0833088143 / lutea@lantic.net #2477 Dankbetuigings Special Thanks
Die Familie van wyle Elizabeth Faro (Betjie) wil net die volgende persone bedank vir ondersteuning tydens haar siekbed – Antie Katie Boks, Anne Cupido, Lenie Barendse, Miriam en Quinton van Meulen. God’s rykste seen word jule toegewens. #2486 Dienste Services Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/14 Gelukwensing Congrats 07-06-2015 1 JAAR OUD!!!!
Veels geluk Jay… God’s rykste seëninge op jou pad en bly die lieflike engel in ons lewe. Mammie oneindig lief vir jou… Happy bornday. Liefde Mammie Lizelle &
Boeta Izaiher #2475 ----------------------------FORTUIN PERSENS 4 Junie 2016 (55)
Baie geluk pappa. Ons wou so graag vir u ‘n baie spesiale geskenk gee...maar daar, is ‘n probleem...Hoe draai mens ‘n gebed toe? Mag die Here jou seën en bewaar omdat jy baie spesiaal is vir ons. Van jou vrou, 3dogters en 4 kleinkinders. #2476 ---------------------------SONIA LOUBSER
Mammie, baie geluk met u verjaardag wat op 5 Junie plaasgevind het. Met liefde van u kinders en kleinkinders #2478 ---------------------------SELWYN HENDRIKS
Baie geluk met jou verjaardag wat op 3 Junie was – Van : Mammie, Celestine, Samantha, Jo-Lin en jou dogter – Jy moet lekker verjaar en kyk na jou #2479 -----------------------------
11 GUESS WHO’S 21 ON 12 JUNE
AMY-JANE ARENDSE Congrats on your birthday my baby. Many blessing on this special day. Remember to praise the Lord in everything – Ma Sannie, your Boeta Remo, sisters, granny and family #2480 ----------------------------LYLE LATEGAN 21 !!!!
Op 6 Junie: Geseënd is jy onder vele. Mag die Here jou behoed en bewaar. Geluk met jou 21st – Van Lategan en Arendse familie #2481 ------------------------Mag jou paaie met rose besaai wees mag jy die voorbeeldige kind bly – Baie geluk – Van : Uncle Ró & gesin #2482 ------------------------Baie geluk Lyle met jou mondigwording. Mag God jou nog vele mooi jare spaar. Lief jou altyd. Van : Nanna, uncle Lemore, antie Denise en die kinders #2483
--------------------------Baie geluk Lyle – onthou wat die woord in Spreuke sê – “ Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou”. Liefde – Die Adams gesin #2484 ---------------------------10 Junie FRANCISCUS JANZA –
Geluk my man met jou geboortedag mag God jou ryklik seën. Baie dankie vir ‘n wonderlike man en pa wat jy is. Geniet jou daggie - ons is baie lief vir jou :van jou Liefde, Quwin en Lilah #2487 --------------------------Baie geluk Pa met jou verjaarsdag mag God jou nog vele jare uitspaar en mag jy die spontane, graperige Emo vir ons bly lol - Ons is baie lief vir jou : Van jou dogters Admer, Merltine en Lineve #2488 Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/45
Sterfgevalle Obituary DANIëL GERALD FORTUIN Oorlede 31 Mei 2016 - Troosdiens is Woensdag, 8 Junie 2016 – VGK om 19h00. Begrafnisdiens : Saterdag, 11 Junie 2016 – Besigtiging om 08h00 en Kerkdiens om 09h00 by VGK Malmesbury #2485 Te Huur To Let Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/7
----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 082 899 4071 vir meer be-
sonderhede of om te besigtig. #2123/33 Te Koop For Sale Splinternuwe sitkamer /braaikamer rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse. Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378/9
courant
NUUS • NEWS
8 Junie 2016
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
8 Junie 2016
Sportuitslae Sports results Rugby
Groot Uitdaagkompetisie Swartweskus : Vredenburg 28, Velddrif 19; Saldanha 39, Abbotsdale 22 ; Wesbank 36, Hopefield 6; Piketberg 27, Never Despair 26; Moorreesburg 34, Mamre 24. Witsentraal: Roses United 33, Ceres 22; Newtons 25, Evergreen Paarl 11; Hillcrest United 39, Tulbagh 14; Hamlet 30, Bella Vista 24; Wolseley 28, Wellington 10.
Bloues:
Wade-Lee Hendricks van die Bloues Rugbyklub van Malmesbury ruk weg van 'n speler van Dennegeur in hul wedstryd Saterdag. Hy word ondersteun deur Faiz Moosa en Denver Liebenberg. Bloues se eerstespan het met 39-28 geseëvier en die tweedespan met 31-10.
Riebeek-United vs Young Blues A-span: Riebeek United 29 - 7 Young Blues B-span: Riebeek United 33 - 8 Young Blues Streek Uitdaag Sentraal: Riebeek United 36; Goodhopes 35; Saron. 35; Porterville. 33; Villagers Newtown 26; Malmesbury Bloues 23; Young Blues 14; Dennegeur 10; Voorberg. 10; Die Dorings 8 Bloues Bloues A 39: Dennegeur A 28 (3try’s) Bloues B 31: Dennegeur B 10 (1try)
• spanne sorg vir groot opwinding
Wedvlug-duiwe Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury)
Liga bly onvoorspelbaar In vorige seisoene was dit gewoonlik aan die bokant van die ranglys waar die drama hom afspeel. Met Saldanha wat weghardloop met die Ligabeker halfpad in die trofeekas, is dit onderaan die ranglys waar week ná week gekyk word wie geteister word deur die relegasie-spook wat aan die einde van die seisoen by drie spanne kom kers opsteek. Piketberg wat verlede week almal verras het deur Never Despair te klop en sodoende sy eerste oorwinning behaal het, reis hierdie naweek na Hopefield. Albei spanne is in die relegasiestryd reg onderaan die ranglys met 12 punte elk. Hierdie wedstryd sal dus soos 'n finaal aangedurf word. Piketberg het die afgelope paar weke baie goeie rugby gespeel. Hopefield is baie moeilik om op hul tuisveld te klop en sal wil opmaak vir die groot pak slae wat hul verlede week by Wesbank gekry het. Piketberg se beker loop oor van selfvetroue en hulle behoort voort te bou op hul goeie vertonings. Never Despair het 'n reuseterugslag beleef hierdie naweek toe hulle hul vyfde agtereenvolgende wedstryd verloor het. Dinge raak nog moeiliker vir die sukkelende span van Malmesbury, wanneer hulle Saterdag gasheer speel vir St Helenabaai wat verlede week die hoogvlieënde Darling geskok het met 'n goeie oorwinning. Hierdie behoort 'n klassieke stryd te wees wat tussen die voorspelers beslis sal word. Dit gaan
hard en taai wees en wie ook al voorlangs die oorhand kry, behoort die wedstryd te wen. Never Despair se selfvertroue is tans bietjie laag, maar dis moeilik om te glo dat hulle gaan bly lê en hulle behoort hierdie week met 'n groot aanslag te kom om die lojaliteit van hul toeskouers te vergoed met 'n oorwinning oor St Helenabaai. Wesbank reis Saterdag na Vredenburg wat deesdae voortreflike rugby speel. Wesbank het 'n goeie rekord op Vredenburg en hulle sal Saterdag poog om dit so te hou. Vredenburg sal 'n ander uitdaging as Hopefield bied en met Vredenburg se goed gebalanseerde span kan hulle maklik 'n knuppel in die hoenderhok gooi deur die span van Malmesbury te verras. Wesbank het nog nie vanjaar tot sy volle potensiaal gespeel nie en soos gewoonlik is dit net 'n kwessie van tyd voor die span van Malmesbury vlam vat en aan almal bewys hoekom hulle so groot aansien verdien. Met een punt wat die spanne tans skei, behoort Wesbank te sorg vir 'n oorwinning om die druk op die top-spanne te behou. Vredenburg sal egter nie sommer gaan lê nie en behoort hulle die span van Malmesbury harde bene te laat kou. Nog 'n taai stryd hierdie Saterdag is die wedstryd tussen Mamre en hul buurdorp Darling. Mamre wat verlede week 'n rugbyles geleer het by Moorreesburg, sal beslis nie die gekwesde Darling ligtelik opneem nie. Darling se wen-
Laingsburg 1 – 4 Junie 2016 K. Edas 1616.808; 2 Marlon & Brian 1555.545; Stan the man 1539.314; Stan the man 1518.235; BG Lofts 1517.623; K. Edas 1515.841; Leukes Family 1496.989; Leukes Family 1496.620; Stan the man 1486.615; J. Morris 1483.945
reeks is verlede week gestuit deur St Helenabaai en hulle sal hierdie wedstryd wil gebruik om weer op die wenpad te kom. Die span van Darling het vanjaar hul stem dik gemaak en gewys dat die span met die groot honde kan blaf. Mamre speel by tye meer voortreflike rugby, maar is wisselvallig en sal wag-en-kyk die leuse wees voor Saterdag se wedstryd. Darling behoort nie baie kopsere vanaf Mamre te kry nie en hulle behoort hierdie wedstryd te wen. 'n Wedstryd wat gewoonlik jaar na jaar vir groot opwinding sorg, is die wedstryd tussen Abbotsdale en Moorreesburg. Abbotsdale het verlede week vasgeval teen die span van Saldanha, maar is oorgehaal om die span van Moorreesburg te stuit. Alle oë gaan weer die week op Jorn Mitchell wees. Mitchell het ook voorheen vir Abbotsdale gespeel en hy sal dus oorgehaal wees om sy ou spanmaats voorlangs goed te karnuffel. Abbotsdale spog ook met goeie talentvolle spelers en sal weer op die wenpad wil kom voor sy tuisskare. Met albei spanne wat pronk met talentvolle agterspelers, sal hierdie wedstryd sorg vir goeie hardlooprugby en die span wat die meeste gebruik gaan maak van sy kanse, behoort as oorwinnaars uit die stryd te tree. Moorreesburg wat tans goed op dreef is, behoort hier die oorhand te hê en vir 'n groot opskudding te sorg. Abri Adonis
Gholf MALMESBURY (72) Samespel-stableford: H. Els en B. Els 49, D. November en S. Conrad 49, W. Beukes En P. February 48, R. Liedeman en I. Adams 47, R. de Leeuw en R. Bosman 46, W. Schreiber en B. van der Merwe 45. MOORREESBURG (70) Enkel-stableford: S. Fourie 36, A. Kriel 35, F. Mostert 3434, G. Steyn 33, L. Mouton 32. Fietsry Malmesbury Fietsryklub Ride The Vines deelgeneem: 30km: Mihan Burger- 1h20 Jaco Swart- 1h52
89
88
R
CELEBRATE
Hansa Pilsener Cans or Non-returnable Bottles Bottles 24 x 330ml
MORE FOR LESS
170
R
Per Case
Olof Bergh Brandy 750ml
R
Harrier Whisky 750ml
29
49
R
R
140
R
Klipdrift Premuim Brandy 750ml
54
R
PRICES VALID 9 - 12 JUNE 2016
FRGTHS163
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Autumn Harvest Crackling 1.5 Litre White & Rose Each
Hunters Exstreme or Extreme Bold 4 x 440ml Per Pack
Bacardi Breezer Assorted 6x275ml Per Pack
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. FRGTHS163_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/06/06 9:18 AM