Skip to main content

Die courant swberg 7 sept 2016 386

Page 1

c urant

Gratis • Free

65.8%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

7 September 2016

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Uitgawe 386

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

7 tot 10 September Swartland Skou 7 tot 10 September •GESELS OOR SY PASSIE EN 'LEKKER WERK'

Scholtz stuur SM vir nog 5 jaar 'n Passie vir plaaslike regering maak dat ek "elke dag geniet wat ek werk toe kom. Al is daar soms groot uitdagings, is dit vir my lekker." Só gesels die Swartland se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, wie se diens verlede week deur die stadsraad eenparig met vyf jaar verleng is. Scholtz, 'n oud-Matie wat sedert 1997 hier werk, sê die eenparige besluit (ook gesteun deur die ANCraadslede) is vir hom 'n veertjie in die hoed. "Dit het my verwagtinge oortref, want ek moet dikwels ongewilde besluite neem, omdat gewilde besluite nie altyd reg is nie en regte besluite nie altyd gewild is nie." Al verstryk sy huidige kontrak eers aanstaande jaar, is nog vyf jaar nou bekragtig. Hy wil nie die name van ander owerhede wat hom genader het bevestig nie, maar raadslede het aan dié courant bevestig dat minstens Stellenbosch en Mosselbaai en selfs 'n provinsiale department graag Scholtz se dienste wou bekom. Hierop sê Scholtz: "Die feit bly staan dat ek gelukkig is in die Swartland en ek is en bly 'n lojale Swartlander." "Die Swartland Munisipaliteit was nog net goed vir my. Ek wil maar net iets probeer teruggee," vertel Scholtz vandeesweek aan dié courant. Hy is sedert 1 Augustus 2006 in die pos en praat met trots oor die afgelope vyf jaar waarin Swartland onder sy leierskap die enigste plaaslike munisipaliteit was wat vyf agtereenvolgende skoon oudits kon kry. Ook die SM se gradering vir finansiële volhoubaarheid (volgens Ratings Africa se jongste opnames) toon dat dié owerheid sedert 2012 van 58% tot 73% verbeter het. Hy het in dié stoel "geduld, deursettingsvermoë en dankbaarheid geleer. Dit is 'n ongelooflike voorreg om die munisipale bestuurder van die toonaangewende owerheid soos Swartland Munisipaliteit te wees. "Ek weet ons kan nie almal altyd tevrede stel nie en sommige mense waarskynlik nooit tevrede stel nie, maar ons poog voordurend om die basiese goed reg te doen en ook aandag te gee aan die klein goedjies. Dit is inderdaad die klein jakkalsies wat die

wingerd bedreig." Scholtz sê hy word dikwels as iemand met 'n toe-beursie-beleid beskryf, maar hy glo nie dit is nodig om uitspattig te wees nie en met die beperkte begrotings kan daar steeds met innovering baie vermag word. "Dit is met hierdie beleid en die ongelooflike groei wat die streek die afgelope jare beleef het, dat ons nou finansieel soveel meer volhoubaar kan wees." Hy beskryf ook die munisipaliteit se 97,2% gemiddelde spandering van sy kapitaalbegroting oor dié laaste 5 jaar as een van die groot suksesse en daarmee saam die 101% vordering van begrote inkomste. Ook die groot vordering wat gemaak is met die rompslompvermindering in effektiwiteit van bouplangoedkeuring, is vir hom 'n belangrike sukses. "Ons suksesse moet ons egter nie arrogant maak nie, want gister se sukses waarborg ongelukkig nie môre s'n nie." Oor die beleid van 0%-prestasiebonusse, sê Scholtz: "Ons word mos reeds betaal om te presteer." Daar is natuurlik ook teleurstellings. Hy beskou die manier waarop die publiek dikwels ná ure met munisipale personeel praat as een van hierdie aanhoudende teleurstellings. "Die na-ure-diens wat ons van 17:00-08:00 lewer is iets spesiaal, maar wanbetalers laat ons onder hulle skerp tonge deurloop, ongeag die feit dat húlle rekeninge nie betaal is nie." Hy verwys ook na die teleurstellings wanneer korrupsie, diefstal en oneerlikheid van werknemers aan die lig kom. Al het ons 'n beleid dat ons hierdie praktyke nie sal duld nie, is dit ongelukkig ook by ons teenwoordig. Ek waarborg egter dat dit net 'n kwessie van tyd is voor sodanige oortreders uitgevang word en ons sal die korrekte prosedures volg wat waarskynlik tot ontslag sal lei." Oor homself sê Scholtz van sy beste eienskappe is dat jy kry wat jy sien en dat hy dankbaar is. Aan die ander kant lê ongeduld en té taakgedrewe ("waaraan ek probeer werk"). "As iemand vinniger werk as ek, is dit wonderlik, maar ek het nie altyd begrip vir iemand wat stadiger werk nie."

Joggie Scholtz, is vir derde termyn aangestel deur Swartland Munisipaliteit.

Gepols oor eksterne fondse sê die munisipale bestuurder dat hy met 'n redelike mate van sukses eksterne fondse bekom vir projekte in die Swartland. Die skoon oudits en reputasie van goeie plaaslike regering, verduidelik hy, maak hierdie verkrygings aansienlik makliker. Daar is 'n paar goed op sy lysie van voorsiene uitdagings vir die volgende vyf jaar. "Ek wens dit was binne ons vermoë om die Voëlvleidam vol te hou. Ons moet met beperkte hulpbronne bestaande infrastruktuur in stand hou en nuwe infrastruktuur skep; finansieel volhoubaar bly met bekostigbare dienste en ook ons wykskomitees en kommunikasiestelsel aanpas om met die nuutste tegnologie by te hou. Ons moet die opgradering van die N7 (die grootste enkele ekonomiese inspuiting tot nog vir die streek) optimaal benut en nie alleen die positiewe nie, maar ook die negatiewe aspekte daarvan bestuur. Die SM sal 'n meer aktiewe rol moet speel in die vestiging van 'n geïntegreerde misdaadvoorkomingsplan. As ons misdaad nie kollektief aanspreek nie, kan ons nie die klimaat skep waar die ekonomie kan groei nie." Scholtz sal graag die voltooide N7-projek en 'n opgegradeerde paaie-netwerk wil sien voor hy eendag die stoel van munisipale bestuurder verlaat. Sien nog 'n berig op bl 2.

NUUS • NEWS

7 September 2016


NUUS • NEWS

2

7 September 2016

•STRYDOM, SWARTS IN TRIO

Swartland Skou se mooistes

Cleophas vat weer voor by WKDM

Van links staan Roelof Strydom wat as die Weskus Distriksmunisipaliteit se onder-burgemeester verkies is. Harold Cleophas (middel) is herverkies as uitvoerende burgemeester en Randall Swarts (regs) is die nuwe speaker.

Die Weskus Distriksmunisipaliteit het Donderdag die nuwe raadslede ingehuldig. Die nuwe speaker, die onder-burgemeester en die uitvoerende burgemeester van Weskus Distriksmunisipaliteit is ook verkies. Harold Cleophas is vir ‘n tweede termyn as uitvoerende burgemeester verkies, Roelof Strydom as onder-burgemeester en Randall Swarts as die nuwe speaker. Cleophas het dit as ‘n voorreg beskryf om weer na vyf jaar as die uitvoerende burgemeester herkies te word. Hy het raadslede gevra om nou te fokus op hul doelstellings, om die politiek op sy te sit en ‘n voorbeeld van ware leierskap te wees. Cleophas het tydens sy toespraak sekere

uitdagings uitgesonder waarvan die distrik se paaie nou prioriteit is. Hulle is dankbaar vir geteerde paaie wat oorgebou word, maar sê onderhoudskostes op grondpaaie is net te hoog. Hy het verder gesê die maatskaplike welstand van inwoners gaan ook baie aandag geniet. Volgens hom is daar net te veel skoolverlaters wat rondloop. “Ons moet ‘n manier vind om hulle terug in die skole te kry.” ‘n Veiligheid -en misdaad spitsberaad word ook beplan, nadat misdaad drasties oor die afgelope paar jaar toegeneem het. Etes by raadsvergaderings gaan ook hersien word. “As ons werknemers wat minder as ons verdien, toebroodjies werk toe kan bring, kan ons ook.”

Vordering in Pretorius-sage Die kurators in die Herman Pretorius-beleggingsaak “is van voorneme” om voor die einde van September die eerste likwidasie- en distribusierekening by die hof in te dien. Rynette Pieters het by navraag aan dié courant gesê hulle sal dan "bekragtiging van die Meester afwag alvorens enige betalings aan krediteure/beleggers gemaak kan word". Op 'n vraag na die randwaarde van bates/ fondse wat tot datum bekom kon word, het Pieters gesê die “uiteindelike netto batewaardes tot en met datum van die Insolvente boedel RVAF Trust sal aangetoon word in ‘n Likwidasie en Distribusierekening”. Ook die uitgawes en kostes “sal in ‘n finale

likwidasie- en distribusierekening aangetoon word. Daar is natuurlik uitgawes aangegaan in diverse boedels en moet daar ook voorsiening gemaak word vir verdere regskostes, aangesien talle aksies verdedig moet word en ander aksies nog ook ingestel word,” het sy bygevoeg. “Verskeie dagvaardigings word nog daagliks uitgereik en ons is nog deurentyd besig met die vordering van gelde. Verskeie regsaksies word verdedig en moet nog deur die howe aangehoor word.” Pieters het ook bevestig dat die spanne op Malmesbury by Chris de Jager van De Jager Boshoff en Charl Bezuidenhout by FODB die enigste ouditeure is wat dié enorme taak help verrig.

By die jaarlikse skoudans wat Vrydag op Moorreesburg gehou is, is Hendrien Smit (regs) as vanjaar se Swartland Skou-koningin gekroon. Tine Kitshoff is aangewys as die eerste prinses. Dié skou skop vandag amptelik af en sal tot Saterdag duur. Foto: Ghida Visser

Motoriste kan versperrings by Darlingweg-brug verwag

Versperrings gaan volgende week in die middelman onder die bestaande brug bo-oor Darlingweg geplaas word. So verduidelik Grant White, ‘n senior beampte van Power Construction wat vir die verdubbeling van die N7 in die omgewing van Malmesbury verantwoordelik is. Twee versperrings gaan eersdaags in die middelman van Darlingweg onder die bestaande brug geplaas word, omdat die nuwe brug bo-oor die bestaande brug gebou moet word. Dus moet versterkings onder die bestaande brug geplaas word, terwyl daar aan die nuwe brug gebou word, verduidelik White. Die hoof rede hiervoor, is om almal se veiligheid te verseker. Daar is reeds aan die eenkant van die brug soos wat daar in die rigting van Darling gery word, versterkings geplaas. Die voetgangerspad is weggebreek om die pad te verbreed vir meer spasie. Dus gaan die verkeer wat in dié rigting ry, baie na aan die bestaande brugstruktuur beweeg. ‘n Heining gaan egter aan die kant waar verkeer in die rigting van Malmesbury ry, geplaas word om voetgangers te akkommodeer. Van volgende week af sal die baanwydtes dus

tussen Bokomoweg en Darlingweg vernou word, hoewel die spasie steeds swaer en ligte voertuie sal kan akkommodeer. Tydelike spoedwalle sal weerskante van die brug geplaas word om ‘n stadiger spoed te verseker. White verduidelik verder dat pale ook weerskante van die brug opgerig sal word om voertuie te waarsku wanneer hul vrag te breed vir die bane is. Onnodige ongelukke sal dus vroegtydig vermy kan word wanneer dié waarskuwingspale getref word. Ingenieurs vra motoriste om vir sowat ‘n maand geduldig te wees en stadiger onder deur die brug te ry. Die eerste dek van die brug is reeds gegooi. Die tweede deklaag moet nou bo-oor die bestaande brug kom. Konstruksie aan dié fase van die verdubbeling van die snelweg vorder goed, hoewel reënweer bouwerk soms ‘n paar dae stuit. Die eerste brug behoort teen die einde van die jaar voltooi te wees mits alles volgens plan verloop. Bouwerk aan die tweede brug begin direk daarna. Konstruksie aan die brûe sal heel moontlik tot einde 2017 duur, voeg White by.

Rangasamy, Van Essen oor Scholtz *“Hy ís net 'n goeie bestuurder,” sê die Swartland Munisipaliteit se nuwe speaker, Michael Rangasamy, oor die besluit oor Scholtz verlede week wat ná 'n stemming in die raad met 22 stemme eenparig bekragtig is. Een raadslid was afwesig. Rangasamy se mening is deur burgemeester, Tijmen van Essen, ondersteun: “Ek het gesê ek

sal nog vyf jaar dien as Joggie dit saam met my doen. Joggie het soveel goed hier opgebou. "Alles begin nou in plek val en ons is baie bly hy kan die goeie werk vir nóg 'n termyn voortsit. “Ons sal graag die N7 wil klaar hê, probeer om soveel moontlik paaie geteer te kry binne die volgende vyf jaar en graag ook die toekomstige verbypad sien om Malmesbury.”

Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep. Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap Agri ’n verskeidenheid produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, -besighede en die algemene publiek insluit. Ons beskik oor die volgende vakature by ons Moorreesburg Expressmark:

Bestuurder: Brandstof & Gerief Die ideale persoon beskik oor ’n toepaslike kleinhandelkwalifikasie of Graad 12 met 3 – 5 jaar bewese ervaring in kleinhandelverkope in ’n toesighoudende posisie. Bestuursvernuf en die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf is verdere vereistes. Ondervinding in die brandstofbedryf sal u aansoek versterk. Spesifieke fokusareas sluit in kontroles, flinke kliëntediens, die handhawing van dissipline, veiligheid en netheid van die Expressmark en rybaan. Hierdie persoon sal volle verantwoordelikheid aanvaar vir bogenoemde winssentrum. Verantwoordelikhede behels die volgende: • verkope-, bemarking- en personeelbestuur • voorraadbestuur (voorraadbestellings vir rybaan en Expressmark), voorraadtellings, kontrolering van voorraad (ontvang van voorraad, pryse en regte voorraad ontvang, diplesings, brandstofrekonsiliasies) • verantwoordelik vir daaglikse bankings • laai van geld in die ATM-masjien • verantwoordelik vir daaglikse brandstrofrekonsiliasies • hantering van personeelaangeleenthede (administrasie, asook personeel van rybaan en Expressmark) • bestuur van alle verkope en kliëntediens in die algemeen • huishouding (netheid van Expressmark en rybaan) • veiligheid en sekuriteit • administrasie en ad hoc take wat met die voorafgaande verband hou. Om aansoek te doen stuur asseblief ’n volledige CV aan die Uitvoerende Bestuurder: Menslike Hulpbronbestuur, me Samantha Zass by faks na 086 582 0419 of via e-pos na samantha.zass@kaapagri.co.za Sluitingsdatum: Woensdag, 14 September 2016

Van der Rheede by Skogdag

Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Kandidate wat dus nie binne vier weke ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Kaap Agri onderskryf die beginsels van Gelyke Indiensneming en behou die reg voor om nie ’n pos te vul nie.

www.kaapagri.co.za

AGRI-

AGRILOG FINANSIERINGSDIENSTE PAKMARK

Wenners:

Die o.17-sewesrugbyspan van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag die plaatkompetisie by die Overberg Agri Bredasdorp se sewestoernooi gewen.

WESGRAAN

MEGANISASIE

128544 www.ayandambanga.co.za

Die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep bied Donderdag hul jaarlikse boeredag op die Langgewens navorsingsplaas van die WesKaapse department van landbou aan waartydens proefbesigtiging weer sal plaasvind. Christo van der Rheede, die adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA is vanjaar die

hoofspreker wat kom gesels oor die veranderde regulatoriese omgewing en die impak daarvan op die landbou en voedselsekuriteit in Suid-Afrika. Die dag skop om 07:30 die oggend af. Vir meer inligting, kan Gert Conradie by 022 433 2370 gebel word.


NUUS • NEWS

3

7 September 2016

•LEGENDE IN DIE GESKIEDENIS VAN STREEK

Trevor deel sy skatkis van gister Die moontlikheid dat die naam Trevor Rinkwest nie ‘n klokkie lui nie, is maar skraal. Indien jy al van die legende gehoor het, maar nie presies weet wie hy is nie, is dit beslis die moeite werd om uit te vind. Die 63-jarige boorling van Malmesbury het al met die jare bekendheid verwerf vir sy liefde vir en die versameling van oudhede wat van kleins af begin het. En dit was nie iets spesifiek nie. Hy kan nie eens onthou wat sy eerste antieke stuk was nie. Dit is vir hom meer as bloot ‘n stokperdjie. Van die oudste stukke in sy huis is ‘n kas wat uit die 1600’s dateer. Rinkwest, die tweede oudste van vyf broers en twee susters, het as ‘n jong man in sy pa Arnold se winkels op Malmesbury gewerk. Sy pa het verskeie besighede reg oor die streek gehad. Hy was al die jare ‘n inwoner van Malmesbury tot hy onlangs na die grond tussen Abbotsdale en Malmesbury met die afsterwe van sy tant Sienie, of te wel Fransiena van Harte, getrek het nadat hy die grond in 2000 gekoop het. Sy tante se huis is egter nie oorgeneem nie. Nee, haar huisie wat uit 1860 dateer, staan vandag nog net soos sy dit gelaat het, kompleet met sy palmiet- en kleidak. Die eetkamertafel is tot gedek met eetgerei wat vandag as versamelstukke beskou word. ‘n Besoek aan die huisie kan vergelyk word met een van jou eerste uitstappies as ‘n gr. 1-leerling aan ‘n museum. Kerse wat uit die ou Smuts en Koch-winkel kom voordat dit in die 40’s afgebrand het, is tot daar te vind. As ‘n legende van Malmesbury, besef min

Kramer in die Royal Hotel:

Die legendariese musikant en sanger, David Kramer het Sondag by die Royal Hotel op Riebeek-Kasteel ingeloer. Die personeel het Kramer, wat onder andere bekend is vir die liedjie, Hier sit die manne in die Royal Hotel, byna gemis. Gelukkig is hy raakgesien vanwaar die sanger met sy rooi vellies moes reg staan vir al wat ‘n kamera is in die hotel se kroeg. Die personeel het sy besoek beskryf as ‘n groot verrassing en voorreg. Foto: Lisa Faro, assistant diensbestuurder by die Royal Hotel.

waarmee hy homself werklik elke dag omring, en tog hoort dit ook so. Elke versamelstuk in sy huis, het sy eie stories of staaltjie om te verklap. Jy sal dae lank om kan sit en luister. Sy huis is nie net vol oud meubels nie. Hy spog graag met foto’s van sy familielede wat teen die mure pronk. Die einste kierie met sy uitgekerfde wolfkop wat jy nou net in die hand van ‘n ou familielid op ‘n gesinsfoto gesien het, lê slegs ‘n entjie verder op ‘n tafel in sy huis. Dit is om aan ‘n stukkie geskiedenis te raak. Van die land en sy geskiedenis kan jy hom ook niks vertel nie. Trevor wat nie kind of kraai het nie, bestuur vandag ‘n winkel vanuit sy waenhuis wat met oudhede vol gestop is. Hy kry gereeld besoekers wat die bordjies “Antiques” vanaf die N7-snelweg raaksien en afdraai om dié oudhede te kom besigtig en te koop. Die waardevolste items is in sy en sy tante se huis te sien. Dié is egter nie te koop nie. Dit gaan nie vir hom oor die geldwaarde nie, maar die liefde daarvan. Baie van die oudhede kom vanuit die buiteland, hoewel hy alles plaaslik aangeskaf het. Trevor was self nog nooit uit Suid-Afrika nie. Hy besoek gedurig veilings om die oudhede uit te snuffel en vertel hoe oudhede in die verlede vir ‘n appel en ‘n ei opgeraap is. Vandag moet jy jou hand diep in die sak steek om dit te bekom. Inwoners van Malmesbury en elders bel hom ook gereeld om ‘n antieke meubelstuk te kom bekyk en weg te neem. So doen jouself ‘n guns en draai die volgende keer by ‘n bordjie met die woord “Antiques” af. Jy mag dalk net op ‘n paar skatte afkom.

Bo: Trevor Rinkwest het sy skatkis oopgemaak en met dié courant gedeel. Bo is hy in sy huis wat duisende geskiedkundige artefakte huisves. Links: Die kamer van sy oorlede tante wat net so behoue gebly het.


courant

NUUS • NEWS

7 September 2016

dié

4

Gewigoptel:

Die Phillipsgesin maak 'n gedugte span in die wêreld van gewigoptel. Anrich en sy suster, Seralize Phillips, het die naweek aan die Senior WP-kampioenskappe deelgeneem en goue medaljes huis toe gebring. Anrich het in die 56kg-afdeling deelgeneem en 95kg gelig in die opraap en hurk-sit, en 120kg in die opraap en uitstoot. Seralize het in die 48kg-afdeling deelgeneem en 35kg gelig in die opraap en hurk-sit en 45kg in die opraap en uitstoot. Hulle word deur hul pa, Willem (middel), afgerig en sal eersdaags aan die SA-kampioenskappe deelneem.

Alles kom altyd ook tot 'n einde

Die lewe loop wye draaie met 'n mens. Gewoonlik in sirkels. Lekker wye sirkels, maar tog kom die begin en die einde gewoonlik bymekaar uit. As jy 'n kind is, wil jy groot word, sodat jy alles kan doen wat so lekker lyk. As jy op laerskool is, wil jy hoërskool toe, want daar gaan dinge darem lekker. In die hoërskool wil jy weer net universiteit toe gaan, want dan begin jou lewe mos nou eintlik. Op universiteit wil jy jou studies voltooi sodat jy tog net kan begin werk en jou eie geld begin maak. Staan jy in jou loopbaan, dan swoeg en sweet jy van dag tot dag, van maand tot maand, van jaar tot jaar. Jy slaan oor na outomaties en stoom maar net voort. So gaan jou lewe stukkie vir stukkie by jou verby. So mis jy soveel geleenthede en soveel lekkertes van die lewe. As ons altyd na iets in die toekoms mik, gaan daardie toekoms altyd net in die toekoms bly. Matrikulante begin nou gereedmaak vir hulle finale eksamens. Skooljare word gegroet. Op laerskool is die Graad 7's besig om hul laaste wintersport vir die skool te speel en groet hulle ook hul maats van die afgelope sewe jaar. So draai die wiel en hy hou net aan met draai. Hy kry vinnig momentum en hy rol vinnig onder jou uit. Moenie hoop vir môre nie, benut elke dag en leef dit voluit.

Loslitdag

Swartlanders het vanjaar weer hul volle ondersteuning aan Loslitdag gegee.

Onder is die span van HCT op Moorreesburg, uitgevat in hul beste kostuums.

Bo: Pioneer Foods op Malmesbury het hul sportiewe-kant gewys.

It’s Good News

Kuier en wen met Lollos Dr Marc Blackwell Snr

Spiritually anchored in God's faithfulness

I Peter 1:3 “Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, who according to His abundant mercy has begotten us again to a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead, to an inheritance incorruptible and undefiled and that does not fade away, reserved in heaven for you, who are kept by the power of God through faith for salvation ready to be revealed in the last time.” Are you one who trusts in Christ? Are you spiritually anchored in God’s faithfulness? Paul, the Apostle was convinced that: “He who has begun a good work in us will complete it until the day of Jesus Christ’s” return. Do you agree with Paul? What about the promises of Christ Himself? Do you remember that He said, “And this is the will of Him who sent Me, that everyone who sees the Son and believes in Him may have everlasting life; and I will raise him up at the last day.” Did you come to Christ by faith? Are you one, of so many, who received Christ by faith? Are you entrusting your soul to Christ by faith? Are circumstances making you feel insecure or somehow distant or separated from your Lord? Paul wrote the Romans: “Who shall separate us from the love of Christ? Shall tribulation, or distress, or persecution, or famine, or nakedness, or peril, or sword? … Yet in all these things we are more than conquerors through Him who loved us. For I am persuaded that neither death nor life, nor angels nor principalities nor powers, nor things present nor things to come, nor height nor depth, nor any other created thing, shall be able to separate us from the love of God which is in Christ Jesus our Lord.” What a wonderful Lord and Saviour - you have!

Die gewilde kinderreeks-figuur, Lollos, besoek eersdaags die Swartland en sal sy lag op Malmesbury kom soek in sy vertoning vir Skaterlag 8. Saam met hom is Lettie, Disco en Karla. Lollos het sy lag verloor. Ewe skielik wil sy vlerkies nie meer klap om te kan vlieg nie, nie eers as die kindertjies lag nie! Dit maak vir Lollos baie mismoedig. Lettie en Disco moet gou ‘n plan beraam om weer Lollos se lag terug te kry. Hulle vra vir Karla om saam met hulle ‘n kompetisie te hou om iemand te vind wat weer Lollos se lagsnare sal kan kielie. Intussen skaterlag die gehoor op die ritme van skreeusnaakse nuwe Lollos-liedjies en hulle kan beslis ook weer die ou bekendes verwag in ‘n opgewekte vertoning met lekker gehoordeelname. Sal Lollos weer sy lag vind? Kom help hom asb soek! Lollos sal op 17 September om 10:00 na sy lag soek in die De Bron-teater op Malmesbury. Vir meer inligting, kontak info@lomatrio.co.za of skakel 082 410 7682. Bietjie meer oor Lollos 8 – Skaterlag: • dié courant gee saam met die organiseerders twee splinternuwe Lollos 8-CD's weg. Staan ook 'n kans om 'n dubbelkaartjie na die vertoning te wen! Beantwoord die onderstaande vraag en stuur die antwoord saam met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Maandag 12 September om 12:00.

Vraag: Wat het Lollos verloor?


NUUS • NEWS

5

7 September 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS Onderwysers: Twee onderwysers

van Piketberg Hoërskool het verlede Woensdag elk met ‘n toekenning by vanjaar se Nasionale Onderwystoekennings weggestap. Jo-Anne Lubbe was die wenner in die kategorie vir Uitnemendheid in Sekonêre Skoolonderrig in die Weskus, met Bernard Pieters as naaswenner. Die toekenningsgeleentheid word vir die 16de jaar deur die Department vir Basiese Onderwys aangebied.

58

R 26% OFF

39

29% OFF

90

PnP Tenderised Steak Per kg

PnP Uncooked Lean Beef Mince Per kg

69

R

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Thighs and Drumsticks Per kg

34

Eggs for Africa Medium Eggs 18s

30% OFF

20

R Spel: Rikus van Dyk (graad 4) van Laer-

90

SAVE

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 1.8kg

skool Dirkie Uys op Moorreesburg, het Vrydag by die Sanlam WOW-spelkompetisie se distriksronde 'n eerste plek behaal. Hy was ook die wenner van die kringkompetisie wat vroeër by Laurie Hugo Primêr plaasgevind het. Rikus dring deur na die provinsiale ronde wat Saterdag by die Universiteit van Stellenbosch gehou word.

30% OFF

19

90

20% OFF

BUY 2 FOR 30% OFF

38

R

Jungle Oats 1kg

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

87

90

5990

Fair Cape Eco-Fresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g or Regular 250/300g Refill (Excluding Decaf) Each

24% OFF

VALUE PACK PRICE PER NAPPY R2.63 R2.22 R2.31 R2.41 R2.63

– – – – –

23% OFF

Cadbury Dairy Milk Chocolate Slab Assorted 150g (Including Bubbly)

115

90

Cuddlers Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

38% OFF

2280 38

Lifebuoy Soap Assorted 175g

15% OFF

118

R

BUY ANY 3 FOR

30% OFF

Ariel Auto Washing Powder 2kg Assorted, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 15s Each

Carling Black Label Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case 13% OFF

179

R

Get Double Points

90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICES VALID 8 - 11 SEPTEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. MMWCHS324

37

90

BUY ANY 2 FOR

Three Ships Select Whisky 750ml

Size 2 44s Size 3 52s Size 4 50s Size 4+ 48s Size 5 44s

20% OFF


NUUS • NEWS

6

7 September 2016

Laaste dae:

Dié matrikulante van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het hul laaste paar dae van skool behoorlik gevier en soos allerlei karakters aangetrek. Foto: Ghida Visser

Zumba:

Die Malmesbury Kansa-kantoor het die naweek saam met ondersteuners behoorlik gesweet. Hulle het saam aan Zumbaklasse deelgeneem om fondse in te samel

Flowers in bloom for Darling Show

The Darling Wildflower Show has been presented by the Darling Wildflower Society since 1917, and the work is substantially done by volunteers. This year the show will showcase the best of what Darling has to offer from 16 to 18 September at the Darling Golf Club in Jacaranda Street. Tickets range from R50 for adults to R30 for scholars and seniors (only on Friday). The show includes a large landscaped hall of indigenous flowers, indigenous plants at bargain prices, a large market with gourmet food stalls and crafts, a Darling Wine and beer route, entertainment for the children and live music by Klassik and other local bands. For more information, visit www.darlingwildflowers.co.za. The work of the society focuses on two significant aspects of renosterveld, namely its unique character and the urgent need for its conservation. This has led to the recent founding of the Darling Wildflower Trust, and whilst continuing to support local charities, the income from the show now mainly goes towards conservation initiatives like the Darling Flora Project. The Darling district represents a diverse flora of about 1200 species.

Alexandershoek SA Vleismerinostoet vier 40 jaar Hannes Kotze van Alexandershoek se pa, Johan het hul SA-vleismerinostoet 40 jaar gelede op 25 Augustus 1976 begin. Hannes geniet tot vandag toe elke aspek van die bedryf. Teling is sy passie en hy geniet die interaksie tussen telers en hul families ook baie. Hul heel eerste produksieveiling is in 1984 gehou. Vanjaar is die 32ste produksieveiling aangebied. Alexandershoek se SA-vleismerinostoet het al baie prestasies en hoogtepunte oor die jare ingeryg. In 2007 is die hele familie saam na die nasionale kampioenskappe waar een van hul ramme as die senior kampioen-ram geteel is. Verdere prestasies by die SA’s sluit onder meer die reserwe junior kampioen ooi in 2009, die reserwe kampioen ooilam in 2011, die ligswaargewig kampioen ram in 2013, asook die reserwe kampioen ramlam.

Tydens die gesamentlike veiling van Carstens Boerdery en Alexandershoek Vleismerinos is 43 ramme verkoop teen 'n gemiddelde prys van R7325.00. Die hoogste prys behaal was R 26 000. Die veiling is deur BKB Wes-Kaap aangebied. Bo is William Immelman (BKB), verkoper Hannes Kotze (Alexandershoek), koper Gawie Carstens (Carstens Boerdery Porterville), Jeremy Cleophas (hanteerder) en afslaer Appie Maritz (BKB).

Promosie

In 2014 het Alexandershoek met die kampioen ramlam en die kampioen ooilam terug gekeer huistoe. In 2015 is een van hul ooilammers as die reserwe kampioen gekroon en in 2016 het hulle die titel, ligswaargewig kampioen ram, ingepalm. Vir hom is van die grootste uitdagings in die bedryf om voortdurend ‘n funksioneel doeltreffende skaap te teel om maksimum waarde tot sy kopers se kuddes toe te voeg. Hulle sien baie uit na die toekoms, maar vir nou fokus hy daarop om voortdurend die gehalte van sy diere te verbeter. Van sy grootse drome is om ook eendag ‘n skaap te teel wat ‘n groot invloed op die hele vleismerinobedryf sal hê. Die duurste ram wat tot dusver verkoop is, het ‘n prys van R30 000 beloop en die duurste ooi is vir ‘n allemintige R14 000 verkoop.

Hannes Kotze het dié bottel wyn aan sy pa Johan, die stigter van die stoet, oorhandig as 'n blykie van waardering vir die jare se ondersteuning en deursettingsvermoë.


NUUS • NEWS

7 September 2016

7 Promosie

Lesch en Loubscher laat die koppe draai Twee boorlinge van Malmesbury, Lodewyk Lesch en Pieter Loubser, het skoonskip gemaak by die onlangse Wes-Kaap simmentaler-kampioenskappe op George. Pieter Loubser van Van-Imhoff Simmentalers se koei, Mieke is as die reserwe super-koei, die senior kampioen-koei, asook die senior kampioen-koei onder die interras-kampioenskappe op 26 Augustus aangewys. Die koei het ook die toekenning vir die senior koei met die beste uier ontvang. Loubser het ‘n verdere toekenning met sy bul as blup-kampioen, ontvang. Lodewyk Lesch van Nooiensdam Simmentalers se jong bul, is ook aangewys as die reserwe penkop kampioen-bul, die reserwe junior kampioen-bul, die reserwe blup kampioen-bul, asook die reserwe groot kampioen-bul. • Philip de Waal van Locheim Simmentalers buite Moorreesburg het met die penkop, junior en groot kampioen bul-toekkenning weggestap.

Pieter Loubser van Van-Imhoff Simmentalers buite Malmesbury, se koei Mieke, het vanjaar beoordeelaars by die Wes-Kaap simmentaler-kampioenskappe op George beïndruk nadat sy as die reserwe superkoei, die senior kampioen-koei en die senior koei met die beste uier aangewys is. Die koei is ook as die senior kampioen-koei by die interras-kampioenskappe gekroon.

Lodewyk Lesch van Nooiensdam Simmentalers se jong bul, Joe, het ook koppe laat draai by vanjaar se Wes-Kaap Kampioenskappe op George. Die bul is as reserwe penkop- kampioen, die reserwe junior-kampioen, die reserwe-kampioen, asook die reserwe groot kampioen-bul aangewys.


NUUS • NEWS

8

7 September 2016

Ané stoomroller oor haar uitdagings

Ané Fourie, wat pas aangewys is as 'n pryswenner in vanjaar se Wes-Boland Eisteddfod vir fotografie, sorg dat sy altyd net vorentoe gaan. Al beweeg sy “’n bietjie stadig” soos sy dit noem, kan sy langs die sportveld gemerk word waar sy blitsvinnig die aksie volg. Ané is ‘n matrikulant aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury. Haar fotografie het sy op hoërskool ontwikkel toe sy ‘n manier ontdek het om meer met ander jongmense van haar ouderdom te kommunikeer. “Soos my ouma An, is ek ‘n nuuskierige wese. Daarom kon ek nie soos gewone babas tot op 40 weke in my ma se maag bly nie. Ek het sommer op 30 weke besluit: Genoeg is genoeg, ek wil weet wat daar buite in die wêreld aangaan," vertel Ané wat by geboorte 1.43kg geweeg het. Sy het haar laerskoolloopbaan by die Christelike Privaatskool op Malmesbury begin en sien dit as ‘n groot voorreg. “Ek besef vandag dat CPM se onderwysers ‘n baie groot rol in my ontwikkeling as mens gespeel het.” Fotografie het vroeg in haar lewe reeds sy verskyning gemaak toe sy op 9-jarige ouderdom haar eerste “mik en druk” kamera as verjaarsdaggeskenk ontvang het. Dit was egter eers op hoërskool wat sy fotografie behoorlik ontdek het. “Om deel te wees van ‘n span of ‘n groep maats is vir enige kind baie belangrik en omdat ek nie aan sport kan deelneem nie, het fotografie

vir my na ‘n manier gelyk om ook deel te wees van die skool se bedrywighede en om so ook ‘n bydrae te lewer by HSS. Ek dink eintlik dit was my pa wat hierdie slim plan uitgedink het,” sê Ané. Ané gebruik haar gevoel oordeelkundig as sy deur die skerm van haar kamera ‘n raam moet vasvang. “Goeiste, ek is verseker nie baie professioneel nie, en dink nie vreeslik baie daaroor vooraf nie, ek probeer maar net om ‘n oomblik in tyd vas te vang. Ek is baie dankbaar vir die Wes-Boland Eisteddfod wat nou ook ‘n fotografie afdeling het. Daardeur het ek weer van ander fasette in fotografie geleer,” sê sy. Haar foto’s het nie net ‘n impak op diegene wat dit sien nie, maar het ook ‘n groot invloed op haar eie lewe. “Vir hierdie jaar se eisteddfod het ek ‘n 95-jarige tannie in die ouetehuis se hande gaan afneem. Haar hande was al baie oud en het baie moeilik gebuig. Dit het my laat besef dat die tyd vir ons almal aanstap en dat ‘n mens elke oomblik van jou tyd hier op aarde ten volle moet geniet,” verduidelik Ané. In haar soeke na die perfekte foto, moes sy al baie struikelblokke oorkom. Een daarvan was ‘n kiewiet wat te vriendelik wou raak. “Nog iets wat ek van my ouma An geërf het, is haar fobie vir voëls. Ek hou regtig nie baie van voëls nie, maar vir 2015 se Eisteddfod het ek Kiewiete afgeneem wat my liefste moeder mak gemaak het. Terwyl ek plat op my maag in die veld

lê, besig om in te zoom op die een kiewiet wat ‘n wurm eet, het die ander kiewiet net eenvoudig al nader en nader aan my gekom. Vinnig opspring is NIE vir my moontlik nie, so al wat oorgebly het was om paniekbevange, ‘n groot geraas te maak. Dit was moeilik, glo vir my,” vertel sy grappig. Ten spyte van Ané se uitdagings, het sy ‘n “eie persoonlike ballerina wat binne my bly en sy hou van dans en van hokkie speel”. Dus is stilstaan nie vir haar ‘n opsie nie. Ané het in haar weeklikse fisio-sessies met 'n 19-jarige seun kennis gemaak wat spasties is. Dit het haar 'n nuwe uitkyk op die lewe gegee. “Daar is ALTYD iemand wat dit moeiliker as ek en jy het. Ons almal het iets waarmee ons sukkel, party mense se moeilikheid kan mens sien, ander mense se moeilikheid is dalk by hul huis, in hulle binneste of in hulle kop," sê Ané. Haar ouers is ‘n groot inspirasie en saam is hulle ‘n driemanskap om mee rekening te hou. “Jesus het my vir twee wonderlike mense gegee wat my moes grootmaak. Vir my pa en ma, is ek die liefste in die hele wêreld en ek is hulle enigste kind. My pa is elke Saterdag my persoonlike assistent langs die sportveld en in die week is dit Mamma wat al die balle in die lug hou by die huis. Hulle het my geleer dat ek met enige moeilikheid, maak nie saak wat dit is nie, kan huis toe kom. Hulle het my ook geleer om elke dag afhanklik van Jesus te leef, omdat Hy altyd by my is en hulle nie 24/7 by my kan wees nie.” Vir Ané is die toekoms blink.

Volgende jaar sal sy die eikebome op Stellenbosch van nader kan afneem, wanneer sy haar studies in B.Com Bestuurswetenskappe aanpak. Ané is iemand wat altyd die positiewe in die lewe sien en wat groot hoogtes gaan bereik. Haar persoonlike leuse is nie verniet “I may walk slow, but I never walk backwards” nie.

Riebeekvallei verwelkom die lente met feestelikheid

Promosie

Petrus Zwane (derde in die 21.1km-afdeling) en Abé Afrika (eersteplek meesters 40 jaar en ouer 10km-afdeling) van die Swartland Atletiekklub met hul medaljes. Regs: Marietjie Botes en Dalene Smit kon nie die biltong weerstaan nie.

Bo: Wilmien Dippenaar, Kenau Joubert, Nina de Abreu, Jana Bruwer, Marian Eksteen en Ané van Santen van Riebeek-Kasteel het aan die pretloop deelgeneem. Regs bo: Trooi Mentoor en Fiela Baron het die monde laat water met hul roosterkoeke. Regs: Organiseerders Hennie en Johan Vlok. Onder: Dié atlete het ook die langpad aangedurf. Links onder: Tilla Gagiano en Miems Loubser het die stalletjies in die kerksaal besoek.

Bo: Fanie Walters en Okkie Becker het die paaie deur die vallei te fiets verken. Onder: Ds Andre du Plessis het die atlete afgesit.


NUUS • NEWS

9

7 September 2016

Groot makietie by Skaapkopfees

Volume 18

Swartland & West Coast

Risotto with Reuben on the West Coast Trevor wys sy juwele van gister Beer art and craft: Darling to George Wyn: Kelders vier jare van sukses

Volume 19

Bo: dié courant skaapkop- en countryfees is Saterdag by een van die Weskus se mees skouspelagtige aandvenues buite Clanwillaim gehou. 'n Paar honderd mense het saamgekuier Links: dié courant se skaapkop en country-fees is weer bygewoon deur Laurie Terblanche (links) en Tommy Moolman (naasregs) van Tomi's Abattoir en Maria en Chester Williams. Regs: Draad Botha het die gaste vermaak met sy vertolking van stories van Tolla van Merwe (wat in die nabygeleë Clanwilliam gewoon het).

de moZáik:

e Fre •

tis

Z

Leefstyl • Lifestyle

1

Volume 19 van dié courant se susterspublikasie, de moZáik, is weer propvol nuus. Ons gaan proe aan 'n paar biere, kuier by Trevor Rinkwest op Abbotsdale, hou saam met die Riebeek Wynkelder partytjie en skuur skouers met die bekende Reuben Riffel. Ons voorbladgesig, Kurt Darren, maak die naweek 'n Swartlandse draai wanneer hy by die Swartland Skou op Moorreesburg optree. Volume 19 is nou op die rakke. Kry jou kopie nou!

Goedgedacht pronk by prestige toekennings Die Swartland-streek se Prestige Landboutoekennings van die Jaar het vanjaar weer werkers in die sektor met die hoogste lof geëer vir hul harde en toegewyde werk. Die toekenningsgeleentheid wat sedert 2010 sy verskyning in die Swartland gemaak het, het vanjaar by Groenrivier op Riebeek-Wes plaasgevind. Die kategorieë waarin deelnemers beoordeel was, was onder andere beste algemene werker, junior bestuur, beste trekkerdrywer, tegniese operateur, administratiewe personeel, voorman/vrou, en die landbouwerker met die beste potensiaal. Die plaas wat die beste presteer het, is ook gekroon. Volgens Charnine Sobey van die Wes-Kaapse department van landbou wat sedert 2005 by die geleentheid betrokke is, sê die Swartland het baie potensiaal. Sy moedig landbouwerkers aan om deel te neem, omdat hulle die geleentheid kry om te groei as individu, terwyl hulle erkennings as rolmodelle kry. Die kompetisie gee ook ‘n positiewe bydrae tot die persepsie rondom plaaswerkers. Jafta Hendricks van Goedgedacht is as die wenner van vanjaar se Prestige Landbouwerker van die Jaar gekroon. Hendricks sê sy werk is in sy are. Hy sien elke oggend daarna uit om te begin werk. “Ek is lief vir die grond waarmee ek werk. Jy begin ‘n ding met oefening en raak al beter.” Volgens hom is dit belangrik om lief te wees vir wat jy doen. Die 2016 kategoriewenners is Reinardt Lameyer, wenner van die Administratiewe Personeel van Goedgedacht, Salome Bokser, wenner van die Voorvrou-kategorie van Goedgedacht, Baronise Cupido, wenner van die Tegniese Operateur-kategorie van Goedgedacht, Jafta Hen-

kap dit uit by Swartland Skou Gra

Kurt

Johan Jurgens en Martine Versfeld van Malmesbury oorhandig namens die Wes-Kaapse regering 'n Sertifikaat van Waardering vir sy bevordering van Kulturele Warmte aan Erik de Melander.

Promosie

Die 2016 kategoriewenners by vanjaar se Swartland Prestige Landboutoekennings, is Reinardt Lameyer, wenner van die Administratiewe Personeel van Goedgedacht, Salome Bokser, wenner van die Voorvroukategorie van Goedgedacht, Baronise Cupido, wenner van die Tegniese Operateur-kategorie van Goedgedacht, Jafta Hendricks , Swartland streek se Prestige Landbouwerker van die Jaar , asook die wenner van die Junior Bestuurder-kategorie van Goedgedacht, Lodewyk Louw, beste Trekkerdrywer van Kloovenburg en Jerieve Lambrechts, die wenner van Algemene Werker-kategorie van Franki’s Vineyard.

dricks , Landbouwerker van die Jaar , asook die wenner van die Junior Bestuurder-kategorie van Goedgedacht, Lodewyk Louw, beste Trekkerdrywer van Kloovenburg en Jerieve Lambrechts , die wenner van Algemene Werker-kategorie van Franki’s Vineyard. Goedgedacht is verder uitgesonder as die

plaas wat die beste presteer het. Eric Mnyango van Riebeek Kelder ios aangewys as die landbouwerker met die beste potensiaal. Hendricks gaan nou op provinsiale vlak meeding met ander streekswenners. Die Gala-geleentheid vind op 5 November plaas.


10

NUUS • NEWS

7 September 2016


NUUS • NEWS

11

7 September 2016 Dienste Services BOU VAN NUWE HUISE – EPM Pty Ltd. NBRC geregistreer. 084 230 1639 ansleyehrenreich@ gmail.com. Boukoste vanaf R6000/m² #2781 ----------------------------ANGELO BESPROEIING Probleme met onkruid in u agterplaas en tussen pavement – Skakel Andy by 078 817 9476 #2769 -----------------------------

Gelukwensing Congrats

REQUEL FLINK, geluk met jou agste verjaarsdag op 9 September. Dankie vir al die vreugde en liefde wat jy bring. Lekker verjaar, mamma se liefie kind. Van : Ma, Pa, oumas, oupas en sussie #2772

SUSANNA JANUARIE (Ouma Sannie) 'n Geseënde 88 op 8 September. Baie geluk met u verjaardag. Ons is baie lief vir Ma. Lekker verjaar. Van: kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2773

LEE-SHANDRÉ ANUSCKHA ISAACS Four years on the 6th of September. Congratulations big girl as you celebrate your birthday. Happy.. happy birthday. Lots of love. From: Ritsa, Hillario & Brunic #2774

KYK WIE WORD 4 Donay, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees vir jou en jy moet jou dag geniet. Die Pietersen familie, mis jou baie. Liefde: Ouma, Tesnick, Ant Pellie, Nashwill, Gleanda, jou pa en Rolene #2775

Raai wie is 40!!! Baie geluk my lief met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele mooi jare spaar. Dankie vir jou liefde en omgee. Liefde: Rolene #2776 ------------------------------

Baie geluk my chomma met jou verjaarsdag. Hoop jy het 'n lekker dag. Denise en Sussa #2777 ----------------------------Baie geluk Lemore, hoop jy het 'n gatskop dag. Liefde : Lezil #2778

Henry, baie geluk met jou verjaarsdag op 6 September. Baie dankie dat jy so mooi na ons ma kyk. Van: Susan, Dollie en kinders #2779

Raai wie is 50 op 10 September 2016 KATRIENA APRIL, baie geluk met jou verjaardag. Mag God jou nog vele jare met ons seën. Mag Hy al sy seënwense op jo neerreën en ons hoop jy geniet die dag ten volle met ons. Baie lief vir jou. Liefde: April, Arries en Peters huisgesinne. #2780

Op Woensdag, 7 September word jy 'n volle 10 jaar oud. Mag jy 'n lekker verjaarsdag hê my kind. Ons gebed vir jou is dat jy baie seëninge van Jesus sal ontvang. Bly getrou en gehoorsaam. Veels geluk. Baie liefde van Mammie, Pa, Damien en Kaywin #2780 ----------------------------Chante word 10 op 7 September 2016. Mag jy 'n wonderlike dag hê Chante. Wees en bly gehoorsaam. Ek weet jy smile weer baie vandag. Mag Liewe Jesus al jou wense wat jy het, en wat in Sy wil is verwesenlik. Vandag word nog 'n jaar by jou lewe gevoeg en wees dankbaar vir alles wat jy het. Geniet jou daggie. Met baie liefde van jou Boeta #2783

Aan 'n wonderlike skoonma en Ouma. Baie geluk met u verjaarsdag. Mag u 'n wonderlike daggie hê. Van: Tania, Gavin en kinders #2782

Raai word ses op 08 September. Baie geluk

Anneke van Reenen met jou geboortedag. God se rykste seën en ek hoop jy geniet jou dag. Liefde Mammie, Pa, Anja en Vinteau #2784 ----------------------------Baie geluk op jou sesde verjaardag. Van Ouma Sussie, Maxwell, Casey-Lee ---------------------------Baie geluk met jou verjaardag, Anneke. Van : Ouma Kelly en tannies

06 September 2016 We feel so proud to see how much you has grown to become such a fine young lady. On your birthday, we wish that more love and blessings will come on your way. Happy Birthday! From Brendon,Brenda and sisters #2787 -----------------------------NIKLAAS SMITH Baie geluk op jou verjaardag. God se rykste seen. Liefdegroete: Jenine en Vincent, Antie Kelly en die res van die familie

Raai wie word vyf jaar oud op 11 September. Baie geluk babbelbekkie, besige mensie. Baie lief vir jou. God se ryke seën op jou pad vir altyd Van:Tannie Suus, Jaydon, Shaun & Marlon #2788

Kyk wie is 21 Op 13 September 2016 is dit jou mondigwording. Baie geluk want jy is ons uitblinker in die lewe. Hou so aan Boeta, ons is baie lief vir jou. Van jou Noel tannies, neefs en niggies #2789

ZIA-LEE SOLOMONS Lekker verjaar ouma se babbelbekkie. Baie lief vir jou. Van: Mamma en Boetas ----------------------------Lekker verjaar, my baba. Van Mammie Nina #2790

Gesoek Wanted

AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS : Op soek na goeie tweede-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak

022 487 1547 / 084 794 7528 #2005/53

Memoriums In Memoriam

MARIA SAMSON – 4 September Ma, baie geluk met Ma se 90ste verjaardag in die hemel. Dink nog elke dag met liefde en verlange aan ons moeder. Sal altyd in ons harte voortleef. Van : Goliath gesin #2781

STEFANUS CAREL DYASON – 1 September 2012. Dit is nou 4 jaar gelede wat jy van ons weg is, en dit voel soos gister. Ek as oudste dogter , Elizabeth Solomons, verlang baie na pa #2782

TROVAUGHN EDWARD PETERS 9 September 2001 was jy skielik uit ons lewens geruk. Alreeds 15 jaar. Dink nog steeds aan jou, soms met 'n glimlag, soms met 'n traan. Mis jou oneindig. Verlangende ouers, Pearly en Herbert en susters #2783 ----------------------------TROVAUGHN EDWARD PETERS (Tata). Op 9 September is jy 15 jaar uit ons lewens geruk. Die pyn is nog seer, maar vandag doen jy dit saam met die engele. Ons mis jou oneindig baie, maar koester die mooi herinneringe. Van jou suster, Maritza #2784 -----------------------------

ROSINA CHRISTINA BOLTNEY Mamma (ouma) Rosie - 4 jaar gelede op 9 September het ons Here haar kom haal. Toe ons afkyk graf toe, en ons kyk weer op toe is daar 'n stem wat sê:"Ek het haar by haar naam geroep, sy is myne. Ek het mos gegaan om 'n plek voor te berei. Sy is veilig in Jesus arms en lê sag op sy bors. Dink nog baie aan Mamma. Van: Pearly en gesin #2785 ----------------------------ROSINA CHRISTINA BOLTNEY (19.02.1934 - 09.09.2012) Op 9 September dink ons terug aan hoe skielik ma van

ons weggeneem is. Verlange bring baie seer, maar ons koester die herinneringe wat Ma vir ons nagelaat het. Ons mis en verlang nog elke dag, maar weet Mamma is op n beter plek by Liewe Jesus. Mis jou elke dag van jou seun Wilfred en dogter Liana #2786 ----------------------------'n Ouma wat soveel vir ons beteken het, en wat ons op die hande gedra het, maar op 9 September 2012 sien Jesus dat ouma baie moeg was en Hy neem ouma na Sy ewige blomtuin. Ouma ons praat elke dag van jou - soms met diepe verlange, maar weet dat ouma veilig by Liewe Jesus is. Bly steeds lief vir ouma - van: kleinkinders, Marizelle; Levern, Nikita en agterkleinkind Vincenzo #2787 -----------------------------CONSTANCE BOLTNEY (Antie Joy) 9 September. Antie Joy - 4 jaar gelede het jy ons skielik verlaat. Ons harte is nog seer, maar berus ons by ons Hemelse Vader dat jy veilig is in sy arms. Ons sal jou grappies nooit vergeet nie. Mis jopu baie. Van: Pearly en gesin #2788 -----------------------------

LOURENCE VAN REENEN 11.09.1965 - 31.10.2010 Op 11 September sou jy jou 52 ste verjaardag gevier het. Vandag doen jy dit saam met die engele. Ons sal jou altyd onthou - Liefde : Van Reenen familie, broers en susters #2785 ----------------------------Lourence jy sal vir altyd in ons harte voortleef. Mis jou nog elke dag, maar gun jou die rus. Baie liefde: Maria Manuel en familie #2786

Anna Wagenstroom. Gebore: 8 September 1958 Gesterf: 11 Desember 2015 Mammie jy is alreeds 8 maande weg van ons en dit is jou eerste verjaarsdag in die Hemel. Vandag het ons wakker geword met "dit is nie regverdig " wolk oor ons koppe. Ons het geweet Mammie se verjaarsdag is om die draai en ons het ons voorberei daarop, maar dit maak dit nie makliker nie, seker omdat ons Mammie se graf moes voorberei vir die

verjaarsdag in plaas van die huis. God het beter planne gehad met Mammie se lewe en miskien eendag sal ons verstaan, maar tot dan gaan ons nog baie dae van "dit is nie regverdig" het. Toe ons besef Mammie gaan nie terugkom nie het ons n keuse gehad om in ons trane te verdrink of om God te vertrou, en Mammie het by God bly staan omdat Hy groter is as ons en ons moet aanvaar dat ons die lewe moet ingaan sonder Mammie. Die huis is stil sonder Mammie. Liefde: Nathalie, Bianca en Pat #2791

Freddy, die 8ste is dit jou 72ste verjaarsdag en op 17 Oktober sal dit vier jaar wees wat jy van ons geskei is. Hoe graag wou ons vir jou geluk sê, maar God het anders besluit. Jy sal altyd in ons harte bly. Van jou vrou, kinders, kleinkinders en skoondogter #2789

Te Huur To Let

MALMESBURY Baie gerieflike 3 slaapkamer huis in veiligheidskompleks. 2 Badkamers, dubbel motorhuis, binne- en buite braai. Beskikbaar vanaf 1 Oktober 2016 @ R9500 p.m. Kontak : S Kotze 022 482 1870 of 082 897 5321 #2770 -----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/44

Te Koop For Sale

Gekomposteerde mis te koop tot einde November, 50kg sakke, R40/sak, aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768 ----------------------------WISPECO oprol deur in goeie toestand (tweedehandse) @ R800,00. Kontak 083 234 1509 (Malmesbury) #2771


courant SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

7 September 2016

Kampioene: Die

gholfspelers van Malmesbury Gholfklub is vanjaar die Boland se Voorgeeliga-kampioene. Hier is Amos Schreuder, Piet Basson, Frans Destroo, Johann van der Merwe, Koos Loubser (Kaptein), Guillaume Olivier na afloop van die finaal op Robertson. Afwesig: Wayne van Tonder en Thinus Theron.

•RUGBYLIGA NADER NOU EINDSTREEP

Wesbank deur na uitklop Wesbank Rugbyklub het Saterdag sy plek in die uitklopronde van die Groot Uitdaag-beker verseker toe hy 'n begeesterde Hopefield op sy agterplaas geklop het. Hopefield het sterk teruggeveg, maar kon nie die stoomroller van die span stuit nie. Wesbank speel deesdae weer kookwater rugby en sal Saterdag verdere momentum bou, wanneer hulle gasheer speel vir Vredenburg wat ook hierdie seisoen bewys het hulle kan saam met die groot honde blaf. In die eerste ronde kon die telbord nie hierdie spanne skei nie en moes elk met 'n gelykop uitslag tevrede wees. Albei spanne sal dus wil seker maak hulle wen dié wedstryd. Hierdie wedstryd sal ook beslis die wedstryd van die naweek wees. Wesbank op sy tuisveld sal Vredenburg se seisoen op 'n suur noot afsluit met 'n goeie oorwinning van meer as tien punte. St Helena speel tuis teen Never Despair wat week na week wipplank ry met wisselvallige rugby. Never Despair weet dat die vissermanne hoog gefrustreerd sal wees, ná hulle net-net 'n plek in die uitspeelrondes gemis het. Spairs sal egter met 'n groot plan vorendag moet kom om hierdie Weskussers te stuit in albei se laaste wedstryd van die seisoen. Altwee spanne sal ook hul seisoen goed wil afsluit. Die vissermanne is egter goed op dreef en sal net te sterk wees en Never Despairs terug huis toe stuur met 'n nederlaag. St Helenabaai behoort hierdie wedstryd met minder as tien punte te wen. 'n Groot derby-wedstryd speel hom hierdie naweek af op Darling, wanneer Mamre besoek aflé in 'n laaste kragmeting vir die spanne. Toe

hierdie spanne in die eerste ronde ontmoet het, was Darling die groot gunsteling en ook goed op dreef. Mamre het vriend en vyand verras om Darling gemaklik te klop. Darling sal wil wraak neem vir hierdie nederlaag en sal ook hul seisoen wil eindig op hoë noot. Mamre het vanjaar gewys hulle hoort in die liga, aangesien baie groot spanne gesukkel het teen Mamre. Darling sal op sy tuisveld seker wil maak Mamre geniet nie die “bragging rights” van 'n uit en tuis oorwinning oor Darling nie en sal met hul beste vertoning van die tweede ronde vorendag wil kom om Mamre met meer as tien punte te klop. Abbotsdale reis Saterdag na Moorreesburg om die Samouers aan te durf.

NUUS • NEWS

7 September 2016

Hierdie wedstryd beloof ook om vol opwinding te wees aangesien dit ook albei spanne se laaste wedstryd van die seisoen sal wees en ook Moorreesburg se laaste wedstryd in die Groot Uitdaag-beker vir eers. Moorreesburg, wie niks meer het om te verloor nie, sal hul ondersteuners wil terugbetaal vir hul volgehoue ondersteuning deur hul beste wedstryd van die seisoen te speel en ook op 'n hoë noot te eindig. Abbotsdale sal ook hard terug veg, maar Moorreesburg sal aangevuur word deur hul ondersteuners en die wedstryd met minder as tien punte wen. - Abri Adonis

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Kimberley JO 1 Hayman Familie 1270.1755; 2 G Horn 1239.5303; 3 G Horn 1235.4233; 4 J Steenkamp 1228.9780; 5 F Meintjes & Seuns 1226.3486; 6 J Steenkamp 1217.6673; 7 G Horn 1215.2898; 8 F Meintjes & Seuns 1210.3521; 9 Hayman Familie 1206.4527; 10 J Steenkamp 1162.0660; Kimberley Ope 1 J Steenkamp 1267.6135; 2 F Meintjes & Seuns 1247.7673; 3 J Steenkamp 1246.5771; 4 G Horn 1243.1672; 5 G Horn 1202.7763; 6 G Horn 1162.7477; 7 G Horn 1161.9651; 8 F Meintjes & Seuns 1141.9844; 9 G Horn 1136.5485; 10 Hayman Familie 1133.8974; Moorreesbury Posduifklub Kimberley JO 1 Frikkie Bester 1245.5355; 2 HMO Smit & Seun;3 Frans Jooste 1217.6663; 4 Boetie & Baron Hokke 1199.9969, 5 Yt en Tuis 1189.5346; 6 Boetie & Baron Hokke 1182.0134; 7 Frikkie Bester 1180.2236; 8 Steenekamp Lofts 1178.4751; 9 Frikkie Bester 1172.6663; 10 Frikkie Bester 1172.1237 Kimberley Ope 1 Frans Jooste 1250.2791; 2 HMO Smit & Seun 1241.0244; 3 Hennie Bester & Johan 1228.1735; 4 Frikkie Bester 1214.0655; 5 HMO Smit & Seun 1213.4336; 6 Yt en Tuis 1211.2604; 7 KB en Seun 1211.0880; 8 HMO Smit & Seun 1190.4848; 9 Van der Vyfer Hokke 1186.4413; 10 Frans Jooste 1170.0116 Riebeek Vallei Wedvlug Klub Bloemfontein 1.Janco Lofts, 2 Adams Hokke, 3 James Hokke; 4 Truter Hokke; 5 Alex Fam; 6 Janco Lofts; 7 Janco Lofts; 8 Persens Hokke; 9 Alex Fam; 10 Adams Hokke Theunissen 1 Truter Hokke; 2 Mentoor Hokke, 3 James Hokke; 4 James Hokke, 5 Persens Hokke; 6 Truter Hokke, 7 Alex Fam, 8 Mentoor Hokke, 9 Alex Fam; 10 Janco Lofts Malmesbury Gholfklub Vrydag, 2 September : Enkel Stableford: 1 Kwas du Toit 20; 2 Peter Willemse 19; 3 Freek Stander 19; 4 Gary Jordaan 18 Saterdag, 3 September : Beterbal Stableford 1 Natie Smith & Josef de Beer 46; 2 Waldo Spies & D Basson 44; 3 Tony Goosen & Appie van der Merwe 44; 4 Leon Carstens & Fritz de Beer 43 DARLING 72: Houespel : A Retief 72; A Versfeld 73; J Duckitt 73; C Kirsten 74; G Steyn 74; D Kirsten 75; R de Jongh 75 MALMESBURY (72) Samespel-stableford : N Smith en J de Beer 46; W Spies en D Basson 44; T Goosen en A van der Merwe 44; L Carstens en F de Beer 43 MOORREESBURG 72; Houespel : A Kriel 64, D Sass 68; A Marcus 73; M Carr 73; F Linder 74 RUGBY; Swartweskus Vredenburg 18, Velddrif 11; Saldanha 26, Abootsdale 15; Wesbank 45, Hopefield 34; Never Despair 22, Piketberg 22; Mamre 26, Moorreesburg 24; St Helenabaai 16, Darling 10 Witsentraal Roses United 29, Ceres 10; Newtons 44, Evergreen Paarl 26; Hillcrest United 29, Tulbach 5 FIETSRY KLUB: Riebeek Valley MTB 60km:Johan Loubser 2:27 Tip Trans 110km - Kobus Drotsche 5:08; Emile Boshoff 5:08; Reinhardt Visser 5:08; Kobus Duminy 6:02, Karen Duminy 6:02, Elishia Drotschie 6:49, Nadene Marais 6:49


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swberg 7 sept 2016 386 by DieCourant - Issuu