Skip to main content

Die courant swberg 6 jul 2016 377

Page 1

c urant

Gratis • Free

33.2%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

6 Julie 2016

Bergrivier

Swartland

Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 377

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Bierfees:

Die Darling Brew op dié Swartlandse dorp was Saterdag gasheer vir ‘n bierfees waar sewe verskillende brouerye hul produkte uitgestal het. Besoekers het aan biere van Mountain Brewing Company, Berg River Brewery, RIOT Beer, Garagista Beer Co en Flagship Brew geproe. Heel links is Owen Ingarfield en Shaun Bristow van Flagship Brew. Links tap Marlin Passens van Darling Brew 'n glas vol bier. Regs maak Jolene Bredell 'n glas vol.

• VERHOOGDE SEKURITEIT AANGEBRING

Hospitaal opgeknap Die Swartland Hospitaal is besig om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan. Dié opknapping sal oor 'n periode van 18 maande plaasvind, met vier verskillende fases. Met dié konstruksiewerk, word die pasiënte na verskillende sale geskuif. Die eerste fase van die proses nader nou voltooiing. Die kindersaal en tandheelkunde-gebou se verfraaiing was deel van die eerste fase. Tesame met die hospitaal se opknapping word die verpleegsterswoning ook op die perseel in vier aparte fases opgeknap. Die kindersaal se pasiënte word nou in die algemene Saal B gehuisves, wat beteken dat verskeie beddens vir algemene pasiënte tydelik opgegee moes word. Swartland Hospitaal bestuur egter die beperkte beddens wat weens die bouwerk veroorsaak word en waar nodig kan pasiënte na die Radie Kotze Hospitaal op Piketberg of LAPA Munnik Hospitaal op Porterville opgeneem word. Die tweede fase van die verfraaiingsprojek sal beteken dat die kraamsaal tydelik na die huidige Saal B verskuif, terwyl opknappingswerk daar plaasvind. Dit sal gevolg word deur die opknapping van Saal A, die X-straaleenheid, kombuis, teater en ook Saal B en die loopweg wat

Onder: Gaven Waneburg, assistent direkteur menslike hulpbronbestuur, Sr Loren Julius, assistent verpleegsbestuurder en Leensie Streicher, kommunikasie beampte, Weskus Distrik, Wes-Kaapse Regering Gesondheid in die kindersaal.

Bo: Die verpleegsterswoning word in vier verskillende fases opgeknap. die aparte geboue met mekaar verbind. Die totale projek is in sewe fases verdeel, wat terselfdertyd saamloop met die vier fases van die opknapping van die verpleegsterswoning. Die Swartland Hospitaal se terrein word verder omhein met hoë kwaliteit heinings en hekke by die verskillende ingange wat sekuriteit op die terrein sal verbeter.

Dit sluit die perseel, die Weskus-distrikskantoor, forensiese patologie-eenheid en die ambulansstasie. Pasiënte en lede van die publiek word gevra om begrip vir die huidige ongerief te hê,wat met die tydelike verskuiwing van sale gepaard gaan. Die projek sal volgens beplanning tot September 2017 duur.

NUUS • NEWS

6 Julie 2016


NUUS • NEWS

2

• REKORDHOUER VIR VINNIGSTE UITKLOPHOU

6 Julie 2016

Paul bult sy spiere vir liggaamsbou Paul Terblanche mag dalk soos ‘n doodgewone man en pa van twee seuns voorkom, maar hy is inderwaarheid ook 'n voormalige gevegkunskampioen. Terblanche wat vir die afgelope drie en ‘n half jaar saam met sy veearts-vrou, Rouxlene Sheridan, op Moorreesburg woon, is as liggaamsboukampioen by die Battle of the Titans-kompetisie gekroon. Terblanche, wat in sommige kringe as Paul “The Terror” Terblanche bekend staan, was as seun een van Jeane-Claude van Damme se grootste aanhangers. Hy spog met titels soos die Cape Classic-kampioen in die swaargewigafdeling in 2003 en het ‘n brons medalje by die All Africa Spele (swaargewig 2003) in liggaamsbou verower. Hy hou die ekstreme gevegkampioenskap-rekord vir die vinnigste uitklophou binne agt sekondes in die eerste rondte in Afrika. Die gogga vir gevegkuns het Terblanche vroeg gebyt. Hy het judo en karate op skool gedoen, maar vir hom was dit nie genoeg nie. Hy het sy laerskoolloopbaan by die Laerskool Swartland voltooi en aan die Weskusskool gematrikuleer. Hy is 'n gekwalifiseerde ambagsman, maar het vinnig besef sy hande is beter in boks as

sweis. Hy het ná skool met Muay Thai (Thai-boks) begin. Terblanche het na skool gekwalifiseer as ‘n professionele fiksheidsinstrukteur waar hy sy diploma by die Universiteit Stellenbosch verwerf het. Fiksheid en ‘n gesonde leefstyl was van kindsbeen

vir hom belangrik. Terblache het ook vir die o. 21 Boland-rugbyspan uitgedraf, maar is weens ‘n kniebesering aangeraai om sy stewels op te hang. Sy laaste gevegkuns-kompetisie was in April 2013.

Unieke gallery vir Vallei

Solo Studios bied die heel eerste Mense Galery (Peoples Gallery) op Riebeek-Kasteel aan. Die galery in samewerking met Riebeek Vallei Toerisme, word vanaf 29 Julie tot 31 Julie by die plaaslike toerismekantoor ten toon gestel. Die galery is ‘n platform vir opkomende

kunstenaars vanuit die vallei. Die inisiatief wat deur Klaus Piprek geloods is, streef daarna om veral kunstenaars vanuit minder bevoorregte gemeenskappe te ondersteun. Almal word uitgenooi om hul kunswerke in

2015 aan ‘n fiksheidskompetisie deelgeneem en besef ek het nog baie om te leer.” Hy het daarna ‘n goeie mentor, Shaye Best, gekry en vanjaar aan twee kompetisies deelgeneem. “Ek het in April vanjaar aan Shameen Classic in die Men’s Physique-afdeling deelgeneem. Ek het egter besef

my liggaamsbou is meer geskik vir die 'spier model'-afdeling." Twee weke gelede het hy aan die Battle of the Titans IV deelgeneem en goud in dié afdeling gewen. Terblanche is nou 'n persoonlike fiksheidsinstrukteur en gee dieët- en fiksheidsraad op sy webblad. Hy is ook ‘n Herbal Life-bemarker. Hy staan elke oggend 03:00 op om kardio-oefeninge op ‘n leë maag tussen 04:00 en 05:00 te doen. Daarna eet hy ontbyt. Hy gee soggens klas van 05:00 tot 11:00. Tussendeur versorg hy sy seun Henro (1) tot 14:00. Vandaar volg gewigsoefeninge waar hy weer sy lyf instrukteur hou van 15:00 tot 18:00. Terblanche eet geen lekkers, skyfies, sout of souse nie, maar kroek so een keer per week met ‘n stewige 1kg ribbetjie. Hy is nou weer druk aan't oefen vir 'n liggaamsboukompetisie in September.

te gee, wat op hul beurt deur kurators beoordeel sal word om ‘n uitstalling van uitstaande kwaliteit aan voornemende besoekers te verseker. Die voorwaardes om aan die galery deel te neem, sluit die volgende in: Inskrywings is beperk tot inwoners van Riebeek-Wes- en Kasteel. Daar mag tot drie kunswerke ingehandig word wat nie ouer as ses maande is nie.

Alle kunswerke sal vooraf deur kurators goedgekeur word en inskrywings vereis ‘n kort biografie. ‘n E-pos kan voor 8 Julie aan tourism@riebeekvalley.info gestuur word, waarna kunswerke voor 22 Julie by die plaaslike toerismekantoor afgegee moet word. Besoek gerus www.solostudios.co.za vir meer inligting.

“Toe Rouxlene swanger raak met Henro, wou ek meer tyd by die huis deurbring,” voeg hy by. Hy het nuwe mikpunte en uitdagings gesoek na sy uittrede en bergfietsry aangevat. Hy het voorheen aan liggaamsboukompetisies deelgeneem en besluit om dit weer te probeer. "Ek het in


NUUS • NEWS

3

6 Julie 2016

Koor:

Die jeugkoor van die Hoërskool Linden het ‘n toer na die Swartland onderneem in die skoolvakansie en die gehore van kerke in dié streek met hul stemme vermaak. Bo is hulle in die NG Kerk op Piketberg. Foto: Marietha Goosen

• NUWE VELDE GEBOU

Miljoene vir sport op Chatsworth

‘n Voorstelling van die nuwe klubhuis op Chatsworth. Chatsworth, wat nog nooit oor enige munisipale sportfasiliteite beskik nie, kan nou uitsien na ‘n splinternuwe sokkerveld, ‘n rugbyveld, ‘n krieketblad en netbalbaan. Die ontwikkelingplan wat onlangs deur alle betrokke sportforums in die gebied goedgekeur is, is moontlik gemaak deur die provinsiale regering se munisipale infrastruktuurtoelae (MIG)-program. Volgens die munisipaliteit, sluit die ontwikkeling van die dorp se sportgronde ook ‘n opsigterswoning, een pawiljoen met spelersgeriewe, ‘n klubhuis, 'n blok ablusiegeriewe, ‘n parkeerterrein en ‘n toegangshokkie in. Die sportgronde gaan ook omheining en verligting geniet . Die fondse vir die ontwikkeling, verkry van die die MIG-program, word deur die Swartland Munisipaliteit spandeer, beheer en bestuur, sê At Botha van die munisipaliteit. “Die fondse wat goedgekeur is, is vir alle sportontwikkeling vir die totale Swartland Munisipaliteit en nie net vir Chatsworth nie. Die dorp is egter hoog op die prioriteitslys van die munisipaliteit , aangesien die gemeenskap oor geen munisipale sportfasiliteite beskik nie,” voeg hy by.

Die ontwikkeling sal in fases gedoen word en sal ook afhang van die toekenning van MIGfondse op ‘n jaarlikse grondslag, asook van die tenderpryse van die onderskeie diensverkaffers wat by die konstruksie betrokke gaan wees . Die planne, spesifikasies en hoeveelheidslyste is reeds saamgstel en die Swartland Munisipaliteit is gereed om uit te gaan op tender . Daar word egter nog gewag vir omgewingsgoedkeuring vanaf die provinsiale regering voordat daar formeel op tender uitgegaan kan word. Die munisipaliteit se werkskedule maak egter voorsiening om in die 2016 / 2017 finansiële jaar met die projek af te skop. Die goedgekeurde MIG-toekenning vir die totale Swartland Munisipaliteit vir die 2016/2017 boekjaar is R 9 502 800.


NUUS • NEWS

4

dié

courant

Moed en durf met gesondheid Gesondheidsdienste is een van daardie dienste wat 'n mens nie te gereeld gebruik nie, maar as jy dit wel benodig, verwag jy die beste. Dis maar so. Of jy nou in 'n staatshospitaal jouself bevind, of in 'n privaathospitaal. Jy verwag die beste - dis immers jou gesondheid op die spel. Dit is verblydend om te sien dat die plaaslike Swartland Hospitaal nou opgeknap en verfraai word. As jy in die hospitaal opgeneem word, is dit beslis nie omdat jy daar wil wees nie. Dis omdat jy gedwing word om daar te wees. Wat dan help, is die feit dat dit 'n aangename omgewing is. Ons besef nie aldag onder watter geweldige druk hierdie personeel werk nie, so 'n bietjie dankbaarheid sal 'n ver pad gaan. Gesondheid is ook iets wat vir Paul Terblanche baie belangrik is. Om soggens op te staan as dit nog donker is en te gaan oefen, wys die deursettingsvermoë wat hierdie sportman het. Die meeste van ons sal eerder nog 'n uiltjie knip of 'n ekstra koppie koffie drink as wat ons uit die warm bed sal spring en gaan draf. Waar 'n wil is, is 'n weg. Om pa te wees, man te wees, instrukteur te wees en nog tyd maak vir jouself en jou sport, wil gedoen wees! Wat nog te sê van in die kruit klim saam met 'n man wat net reg staan om jou katswink te slaan in die eerste paar sekondes. Net die gedagte daaraan laat die uwe sommer in die rondte hardloop net om uit die pad te kom! Moed en durf is iets wat hy baie van het!

6 Julie 2016

Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Youth Summit 29 Junie - Swartland Munisipaliteit in samewerking met verskeie rolspelers. Werklose jeug welkom. Vanaf 10:00 - 15:00 by die Wesbank Gemeenskapsaal. Rhyno Park Piketberg 9 July - Kavaliers vs WP (Kick off : 15:00) 10:00 - Swartland vs Saldanha Streek; 11:30 Bergrivier vs Cederberg; 13:00 Porterville HS vs Steynville Sekonder R30 Adults and R10 for scholars Celtic Dinner & Dance 16 July - Darling Club - Live Irish music by Shenanigans- 18h30 for 19h00 - Fantastic 3 course Dinner - Tickets R225/person Contact : Dianne 022 492 3361 Malmesbury Aglow 16 July - at 3 p.m at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. We have a powerful speaker. Refreshments will be served. Everyone is welcome Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636 Hoërskool Dirkie Uys 22 & 23 Julie -Skoolverjaardagsviering Saterdagaand - buffet en dans @ R180 per persoon Besprekings : Elizna 083 236 3900 / Tossie 083 612 5610 Malmesbury Distrikte Duiweunie 30 Julie - Piekniekdans met Frontline Dance Band - 19h00 tot laat - Koste is R60,00 (own xyz) by die Wesbank Gemeenskapsaal Navrae kontak : Brian by 072 334 7845 / Larry 074 601 5745 Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodis-

te kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812 Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship

Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 3 Julie om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 03 Julie - Sondag-oggenddiens om 09:30 met prediker Roderick Onverwacht. Geen aanddiens tydens skoolvakansie Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past. Ken Pattison, 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 aan izelle@diecourant.co.za gestuur word vir plasing.

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur jou nuuswenke na izelle@ diecourant. co.za.


NUUS • NEWS

5

6 Julie 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

PnP Bulk Thick Cut Matured Vacuum-packed Rump or Porterhouse Steak Per kg

89

R

38

90

49

County Fair Chicken Party Braaipack Per kg

35

R

49

R

PnP Bulk Farmhouse Wors Per kg

90

12

90

18

90

PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s Per kg

9

90

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each

SAVE PnP NO NAMETM Shredded Tuna in Salt Water 170g

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 1.8kg

27

90

WAS 33.99 NOW 24.90

Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g

64

BUY ANY 4 FOR

90

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

PnP White Sugar 2.5kg

Kellogg’s All-Bran Flakes 500g

79

90

Red Heart Caribbean Rum 750ml

148

R

Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g or Regular 250g Refill (Excluding Decaf) Each

19

90

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

167

90

Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

Knorr Packet Soup Assorted 50/54g

WAS 47.99 NOW 34.90 Sunlight 2in1 Hand Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Assorted Each

48

90

14

R

Savanna Light, Dry or Dark Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case

WAS R269 NOW R234

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Twinsaver White 1 Ply Toilet Tissue 15s

NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH

MMWCHS46

PRICES VALID 7 - 10 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.


NUUS • NEWS

6

6 Julie 2016

Landboukursus kry nuwe moderne baadjie Nuwe studieprogram in landbou wat grond-plantvee-ekonomie dimensies kombineer vanaf 2017 by Universiteit Stellenbosch ingestel. “Het jy nie daar vir my ‘n weidingskundige wat oor meer as net saad sal kan praat nie, maar darem ook weet van grondkunde, veevoeding en oor wat alles besigheidsin maak?” Dìs die soort oproepe en versoeke wat dosente gereeld van voornemende werkgewers kry wat op soek is na jongmense wat poste in hul agribesighede kan vul, en sodoende hulle kan help om hul dienste aan die landboubedryf uit te brei en te verdiep. In antwoord op hierdie behoefte vanuit die industrie kan eerstejaars aan die Universiteit Stellenbosch vanaf 2017 inskryf vir ‘n nuwe BScAgricopsie wat deur die Fakulteit AgriWetenskappe aangebied word. Daardeur word Agronomie nou gekombineer met Veekunde, Landbou-ekonomie en Grondkunde binne die oorkoepelende Gewasproduksiefokusarea van die bestaande Plant- en Grondwetenskapprogram. “Die nuwe kombinasie bring die grond-plantvee-ekonomie dimensies netjies byeen,” vertel prof Theo Kleynhans, landbou-ekonomie dosent van die Universiteit Stellenbosch, en dryfveer agter die instelling van die Fakulteit AgriWetenskappe se nuwe program. Dit is gerig op die opleiding van primêre produsente (dus voornemende boere en plaasbestuurders) wat vir die tegniese en finansieel-ekonomiese produksiebeplanning van ‘n gemengde boerderystelsel sal moet sorg. Dis ook ideaal vir tegniese adviseurs aan die inset- en uitsetkant van landboubedrywighede wat kennis oor verskillende komponente van ‘n boerdery nodig het. “Mens besef gereeld hoe groot die behoefte in die plaaslike landboubedryf is na kundiges wat ’n baie deeglike onderbou het van ‘n breë reeks

dissiplines – van kennis oor grondklassifikasie, bemesting en besproeiing tot oor weiding en hoe dit alles ekonomies sin moet maak,” gesels hy verder. “Baie van ons studente het ‘n multidissiplinêre opleiding nodig omdat hulle hulself mettertyd in ‘n gemengde boerderymilieu bevind waar hulle graan en/of weiding produseer, en verder waarde toevoeg deur hulle vee.” Die nuwe program herinner aan die destydse BScAgric Landbouproduksie met Agronomie, Diereproduksie en Landbou-ekonomie as hoofvakke, wat in die 1970’s en 1980’s baie gewild onder USstudente én hul werkgewers was. Sedertdien bied die US verskillende BSc Agric-studieprogramme aan wat elk twee vakke kombineer, soos Agronomie saam met Veekunde, Agronomie met Landbou-ekonomie, of Landbou-ekonomie met Veekunde. Die nuwe BScAgric-program kombineer nou al drie vakke. Gegradueerdes kan as landbouwetenskaplikes by “The South African Council for Natural Scientific Professions” (SACNASP) registreer. Hulle sal egter nie as professionele veekundiges kan registreer nie, omdat diereteling modules nie in die nuwe kursus ingesluit is nie. Hoe lyk die vakkeuses? In jou eerste jaar verleen Biologie, Chemie, Ekonomie, Rekenaarvaardigheid, Renterekening, Veekunde en Wiskunde (Bio) aan jou ‘n breë basis sodat jy jou latere studies in grond-, plant- en veekunde en landbou-ekonomie beter kan verstaan. Jou tweede jaar bestaan uit Biochemie, Biometrie, Diere Anatomie en Fisiologie en inleidende modules tot Grondkunde, Dierevoedingskunde en Landbou-ekonomie. Vir meer navrae, kontak prof Theo Kleynhans by tek1@sun.ac.za of me Ghafsa Gamiet van die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch by (021) 808 4833 of ghgamiet@sun. ac.za.


NUUS • NEWS

7

6 Julie 2016 Algemeen General

Inwonende geselskapdame gesoek vir ouer dame in Malmesbury – Kontak: 082 414 2358 / andriesgroenewald@ hotmail.com #2543

verjaardag die 4de Julie – Jy moet sommer lekker verjaar. Van : Sonia Loubser en gesin #2539 -----------------------------

Betrekking Vacancies

AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/10 ----------------------------VERKOELINGS-& LUGVERSORGINGSTEGNIKUS Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die volgende is ‘n vereiste: * Minstens 2 jaar ondervinding in verkoeling, foutsporing, installasies en instandhouding * Kode 08 rybewys * Naweek-bystand diens * Sterk elektriese ondervinding sal in u guns tel. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2554 ----------------------------ALGEMENE WERKER Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die pos behels die assistering van ‘n lugversorgings- en verkoelings-tegnikus * Ondervinding in verkoeling sal in u guns tel Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@ hcsolutions.co.za #2555

Gelukwensing Congrats

XAVINEE on your special day, we just want to say how amazing you are, you are the sunshine in our lives. We can’t imagine our lives without you! May you always keep shining with success & happiness in your life. Happy Birthday our princess love you Daddy & Mammie. #2541 ----------------------------Today you should see your own reflection in the mirror and assure yourself that you are a true princess! Happy Birthday our angel, may all your wishes come true and may you always bring that sparkle to our lives. Love Simonay , Carter, Corbin & Maree family #2542 ----------------------------RONNY MYBURGH

Baie geluk met jou verjaarsdag op 9 Julie 2016 – Dit laat my so dink aan die dae toe julle legends in oom Spogter Band vir Purple Raindrops en Transkaroo bring hulle huis toe gesing het- Geniet jou dag!!! – Van jou suster : Sonia, jou broer Steven en al die ander in die huis #2538 ----------------------------RICARDO FREDERICKS Baie geluk op jou

Eendag lank gelede, so lank as wat ek kan onthou. Was daar ‘n dag my liefie toe ek jou vra om te trou. En eendag lank gelede sal ek altyd wil onthou, want sonder jou my liefie kan die lewe my nie hou en sonder om te loop sal ek dink aan jou, en sonder om te slaap sal ek droom van jou. En eendag as ons oud is, en lank gelede onthou sal ek jou in my arms hou en jy weet jy kan my vertrou, sal ons dink aan lank gelede aan die dag toe ons trou en weet dat sonder jou my liefie kan die lewe my nie hou, en sonder om ‘n oog te knip sal my trane loop vir jou, en sonder om asem te haal sal my hart bly klop vir jou – B. Arendse #2548 ----------------------------12/07-Geluk DEBBIE FORTUIN

CARLO PIETERS –

Op 10 Julie vier jy jou 29ste verjaardag. Ons gee alle eer en dank aan God wat jou deurgedra het. Baie lief vir jou – Geniet jou dag – Van Mamma en jou 3 broers – Fernando, Geno en Shelton ----------------------------7 Julie, Herman –

9 jaar het God ons gespaar. Al die eer aan Hom. Dankie dat jy my lief het en dat ons nog bymekaar is – Lief jou baie – Van Vroulief

Baie geluk my jongste spruit jy is 18 en nog steeds voel jy soos my baba! Mag jy God se hand vas hou vir leiding en krag vir jou jare vorentoe en onthou ons is baie lief vir jou – Van : Mammie, Nykie en Luke #2550 ----------------------------ZUSELL ALBERTUS –

Kyk wie’s 35 op 4 Julie 2016 – Ons gee alle eer en dank aan God vir 35 jaar wat God jou deurgedra en gespaar het. Baie liefde van jou antie Fransiena, Ruben, Charlene, Jesnay, Llewellyn. Albertus gesin – Geniet jou dag!!!! #2552 ----------------------------WOW!!! Kyk wie is ‘n groot 40!!!

Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/39

Te Koop For Sale

OUDHEDE Stoele, Tafels, Side Boards, Skilderye en

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/49

Jy vier jou verjaardag met die engele - al wil ons dit so anders gehad het, maar God het jou op die naam geroep. Ons mis jou verskriklik baie en ek sal jou altyd lief hê. Van jou vrou, Sharon en kinders #2551

Te Huur To Let

GEDULD COMBRINK 9 May 1955 – 7 July 2006 Ten years ago. You gone so soon. I will never forget you. You will always be in my heart – Till we meet again. Your beloved wife – Veronica #2544 ----------------------------AAN ‘N PA DUISEND – Dankie vir die wonderlike lewe wat ons met Darra kon deel. Dankie vir die wonderlike Pa, Mentor en vriend wat Darra vir ons was. Darra sal altyd in ons gedagtes en drome voortleef. Woorde kan nie beskryf hoe ‘n wonderlike pa Darra was nie – Rus sag – Till we meet again – Rosswin & Corinne #2545

Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Onmiddellik Beskikbaar #2340/9 -----------------------------

WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT KENNISGEWING

NOTICE 1. INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) 2012/2016 REVIEW 4 2. THREE-YEAR BUDGET/MEDIUM-TERM REVENUE AND EXPENDITURE FRAMEWORK (MTREF) 2016/2019

Baie geluk BENNIE met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën!! Van al jou taxi kinders (oud en jonk – Lekker verjaar!!! #2553 -----------------------------

Portrette, Wastafel met gat in, skale, Boekrak, Brass, koper, mielie maler, Wynvate (Groot en Klein), Brass Lampe vir perdekarre, Brass beddens, Porselein en Glas. Kontak : 082 727 7433 #2540

Gesoek Wanted

Memorium In Memoriam

met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seen, Baie dankie vir die omgee en liefde ons is baie lief vir jou – Sharon en kinders #2549 ----------------------------ZAYRON SLADE -10/07

----------------------------DARRA - Dis 10 jaar terug op 7 Julie wat jy weggeneem was. Dankie vir die wonderlike herinneringe wat jy agtergelaat het. Jy sal altyd in ons drome en gedagtes voortleef. Jy sal altyd ons ware held, Pa en vriend bly. Dankie wat ons vandag is – als te danke aan jou. Jy was ‘n perfekte pa. Ons salueer jou. Dankie dat ek jou kon sien in ons kinders. Liefde : Willmore (Snr), Shahieda #2546 ----------------------------To our GRANDFATHER – GEDULD “DARRA” COMBRINK – We did not have the priviledge to know you or that you could hold us. But if what we hear – you were a loving and caring person. You our guardian angel watching over us and protecting us. From : Xavier, Willmore (Jnr), Brooklyn and Warnall #2547 ----------------------------DEON SLADE:13/07-

1. GEΪNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2012/2016 4de HERSIENING 2. DRIE-JAAR BEGROTING/MEDIUMTERMYN INKOMSTE EN UITGAWES RAAMWERK (MTIUR) 2016/2019 – FINANSIËLE JAAR

Notice is hereby given in terms of Section 75 (A) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Integrated Development Plan 2012/2016 Review 4 and the Operating and Capital Budget 2016/2019 was approved and adopted by the Municipality on 25 May 2016.

Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 75(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir 2012/2016 4de hersiening asook die Bedryfs- & Kapitaal-begroting vir die 2016/2019-finansiële jaar, deur die Munisipaliteit goedgekeur en aanvaar is op 25 Mei 2016.

The new rates will be implemented from 01 July 2014.

Die nuwe tariewe sal vanaf 1 Julie 2016 geïmplementeer word.

The approved budget and associated new rates (water, electricity, sewage, garbage, property tax, etc.) are available for review from Monday to Thursday during office hours (07h45 to 16h30) and Friday (07h45 to 15h15) at the Municipal Office in Moorreesburg.

Die goedgekeurde begroting en gepaardgaande nuwe tariewe (water, elektrisiteit, riool, vullis, eiendombelasting, ens.) is vanaf Maandag tot Donderdag gedurende normale kantoorure (07:45-16:30) en Vrydag (07:45-15:15) beskikbaar by die Munisipale Kantoor op Moorreesburg ter besigtiging.

Municipal Manager, West Coast District Municipality, P.O. Box 242, Moorreesburg, 7310. Tel. 022 433 8400. Fax: 086 692 6113. Reference: 15/16/6/4; 4/2/1

Munisipale Bestuurder, Weskus Distriksmunisipaliteit, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Tel. 022 433 8400. Faks: 086 692 6113. Verwysing: 15/16/6/4; 4/2/1

www.ursonline.co.za


courant

tel 022 487 3221

Swartland se amateurspan gekies

Sports results

Leeu Gamka Ope 2 1 C BASSON 1554.9590; 2 F MEINTJES & SEUNS 1536.2086; 3 F MEINTJES & SEUNS 1533.5680; 4 J STEENKAMP 1531.9918; 5 J STEENKAMP 1531.8666; 6 M HILL 1521.5484; 7 M HILL 1495.1247; 8 C BASSON 1488.8378; 9 BORDEAUX LOFTS 1479.3563; 10 VAN DALEN 1477.6137; Riebeekvallei Wedvlugklub 1. Mentoor Hokke, 2. James Hokke, 3. Mentoor Hokke, 4. Mentoor Hokke, 5. Alex Fam, 6. Alex Fam, 7. Alex FAm, 8. Amerika Hokke, 9. Boltney Hokke, 10. James Hokke Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Beaufort West 1 – 2 Julie 2016 1. Leukes Family 1574.311, 2. K. Edas 1567.250, 3. K. Edas 1563.849, 4. Leukes Family 1563.695, 5. Leukes Family 1545.863, 6. K. Edas 1538.808, 7. S. Zimri 1504.630, 8. S. Zimri 1503.549, 9. D. Daniels 1496.693, 10.BG Lofts 1496.602

Storm: Andrew Jacobs van Never Despair stamp ‘n speler van Velddrif van hom af weg in sy aanloop tot die doellyn. Velddrif het die wedstryd met 31-20 gewen. Foto: David Howburg

Gholf MALMESBURY (72) Enkel-stableford: J Niewoudt 37, A Kriel 36, T Genade 34 Enkel-stableford (Woensdag Sundowner): P Basson 20, N Goosen 19, F Destroo 19 B Howburg 18 Enkel Stableford (Saterdag) A Steyn 38, D Stannard 37 W van Tonder 36, F de Beer 36, G Spangenberg 36, T Esterhuizen 36, P Basson 35, L Meyer 35, J Ackerman 35 W Matthysen 35 PORTERVILLE (70) Enkel-stableford: P. Otto 39, C. Mouton 38, A. van der Merwe 35, P. Viljoen 34 Rugby Riebeek United DERDE SPAN RIEBEEK UNITED 19 - SARON 8 TWEEDE SPAN RIEBEEK UNITED 3 - SARON 8 EERSTE SPAN RIEBEEK UNITED 27 - SARON 26 Sokker Liverpool vs Swallows 1-1; Samoa vs Medium A 1-2; Basic United vs Liverpool 1-4; Yellow Bomb vs Mighty Stars 4-2; Swallows vs Abbotsdale 3-0, Riebeek-Kasteel vs Saron 0-2

Beur:

Moorreesburg Rugbyklub het Saterdag op hul tuisveld teen die span van Saldanha kragte gemeet. Bo word Gresswill Markus deur Jaco Koopman ondersteun. Foto: Ghida Visser

25

108

R

CELEBRATE

Hunters Dry, Gold Export or Hard Lemon 6 x 330ml Per Pack

MORE FOR LESS

52

R

Sedgwick’s Old Brown Sherry 750ml

R

Three Ships Whisky 750ml

59

89

R

Olof Bergh Brandy 750ml

100

R

Per Pack

R

65

R

BUY ANY 4 FOR

PRICES VALID 7 - 10 JULY 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. FRGTHS711

Sportuitslae

Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka JO 2 1 M HILL 1476.8886; 2 C BASSON 1419.3617; 3 G HORN 1408.1095; 4 HAYMAN FAMILIE 1397.7813; 5 C BASSON 1396.6510; 6 C BASSON 1395.4049; 7 HAYMAN FAMILIE 1395.0716; 8 C BASSON 1394.6790; 9 F MEINTJES & SEUNS 1393.7068; 10 F MEINTJES & SEUNS 1383.7223;

Na die Boland Kavaliers se indrukwekkende 3526 bonuspunt-oorwinning oor die Blou Bulle op Loftus Versfeld die pas-afgelope naweek, lei alle paaie nou na Piketberg vir nóg ‘n titaniese stryd teen die Westelike Provinsie. Met slegs drie wedstryde oor in die Curriebeker kwalifiserende rondtes, het beide Boland en WP steeds ‘n realistiese kans om bo-aan die algehele punteleer te eindig. Die Kavaliers beklee tans die derde posisie met 45-punte, terwyl WP tweede lê met 47 punte. As deel van Boland Rugby se poging om provinsiale wedstryde na sy ondersteuners toe te neem, is Piketberg ‘n ideale ligging vir passievolle ondersteuners vanuit die streek om die Kavaliers in aksie te sien. In onlange jare het die Kavaliers altyd goeie ondersteuning geniet tydens gemeenskapswedstryde en eerskomende Saterdag behoort geen uitsondering te wees nie. Die program vir die dag is soos volg: 10:00 – Swartland Streek vs Saldanha Streek 11:30 – Bergrivier Streek vs Cederberg / Matsikhama Streek 13:00 – Porterville Hoërskool vs Steynville Sekondêr 15:00 – Boland Kavaliers vs Westelike Provinsie Toegang beloop R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere.

6 Julie 2016

6 Julie 2016

Die Boland Rugby Unie het onlangs amateurspanne uit elke streek gekies om uiteindelik teen mekaar mee te ding vir ‘n plek in die Boland Amateurspan. Die Boland Amateurspan sal later vanjaar aan die SARU Nasionale Amateurtoernooi deel neem. Die BRU Swartlandstreeksuitdunne het op 29 Junie op Moorreesburg plaasgevind waartydens ‘n amateurspan vir die streek gekies is. Die span sal binnekort aan proewe-wedstryde deelneem. Dit is volgens die BRU ‘n nuwe benadering tot die kies van hul amateurspan.

Boland pak WP op Piketberg

NUUS • NEWS

SPORT

dié

8

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Alto Rouge 750ml Each

Namaqua Cabernet Sauvignon Blanc, Merlot, Pinotage or Shiraz 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Robortson Slimline Sweet Rose 3 Litre


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swberg 6 jul 2016 377 by DieCourant - Issuu