c urant
Gratis • Free
20.4%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
4 Mei 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 368
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Alpaka in skaapsklere Mia Louw van die plaas Rondomskrik buite Malmesbury spog met ‘n ietwat anderste “waghond” vir hul skape: ‘n Alpaka. Hierdie “langnek-skaap” soos hulle hom gedoop het, wei tussen die skaaptroppe en hou die jakkalse en rooikatte op ‘n afstand. "Hy is vreeslik nuuskierig en kom sommer nadergestap as hy beweging opmerk," sê Louw. Sy vertel ook van boere wat radio's gebruik om die jagdiere te verwilder. "Sommige laat die skape na RSG luister, ander weer na Radio 2000," sê sy.
•beskerming nodig - van der rheede
Boere moet voorsien Die landbouindustrie moet die bestaande boere beskerm en 'n nuwe generasie van boere bemagtig en laat groei, anders gaan dit ineenstort. Só het dr. Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, by die jaarvergadering van die Malmesbury Landbouvereniging gesê. Hy het die fokus laat val op boere as 'n strategiese Suid-Afrikaanse bron wat opgepas en ontwikkel moet word vir toekomstige geslagte. "Suid-Afrika en die res van die wêreld ervaar nou 'n ongelooflike bevolkingsgroei. "Demograwe dui aan dat die groei in SuidAfrika so ekstreem sal wees, dat ons die kerf van 70 miljoen inwoners teen 2035 sal verbysteek. "Teen 2050 sal daar sowat nege biljoen mense op aarde wees, " het hy bygevoeg. "Die groot vraag is egter: Wie gaan verantwoordelik wees om hierdie mense, waarvan ongeveer 80% in megastede gaan woon, te voed? Die boere natuurlik."
Woef en kie kraai koning
Van der Rheede het die toekennings van die Suid-Afrikaanse landbousektor voorgehou in terme van jaarlikse produksie wat by R221 biljoen in 2015 draai. Hy het ook daarop gewys dat primêre landbou in dié jaar sowat 900 000 werkers van werk voorsien het. "Nog 'n uitnemendheid is die feit dat SuidAfrika 41ste op die wêreldranglys is in terme van bekostigbare, beskikbare, kwaliteit en veilige kos. "Ons primêre landbousektor dien ook as 'n belangrike enjin in die groei weens die verskeie skakels tussen die sektore. Dit verskaf werk aan sowat agt miljoen mense." "Daar is naas ongeveer 20 verskillende wetgewings wat die volhoubaarheid en kompeterendheid van die industrie beïnvloed, ook plaasaanvalle, trae grondhervorming asook die tekort aan staatsondersteuning aan opkomende boere. "Hierdie is uitdagings wat beslis daadwerklik aangespreek moet word," sê hy. "Die klein begroting wat daar beskikbaar is
Vallei reg vir Olyffees
vir grondhervorming en die regering wat die staatsondersteunde agri-projekte herkapitaliseer, gee ook aanleiding tot disfunksionele gemeenskaplike eiendom. "Die laaste statistieke deur die direktoraat van gemeenskapsontwikkeling en grondhervorming dui aan dat slegs 284 Verenigings vir Gemeenskaplike Eiendom uit 1144 funksionerend is. Dit is grotendeels weens die konflik tussen die verenigings se lede wat sentraal is in die regeringskwessies soos aanspreeklikheid, finansiële wanbestuur, deursigtigheid en die gebrek aan die onderwerping aan die reëls en regulasies van die verenigings se konstitusie," sê hy. Hy het verder beklemtoon dat die landbousektor baie meer moet doen om die boere as 'n strategiese bron te bemark. "Die industrie moet die bestaande boere beskerm en 'n nuwe generasie van boere bemagtig en laat groei. "Sonder boere wat voedsel produseer, sal die hele industrie ineenstort," sê hy.
Nuwe Hilux wys sy staal
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
courant
NUUS • NEWS
• Talle besoekers verwag
dié
2
Landbou vir die toekoms
Met die astronomiese syfers wat Dr. Christo van der Rheede by die Malmesbury Landbouvereniging voorgehou het, is dit nie moeilik om te sit en sommetjies maak nie. Eersdaags gaan ons aardbol so vol wees, dat 'n tuiste op 'n ander planeet na 'n welkome oplossing sal lyk (daar is reeds sprake hiervan...). Daar word so maklik klippe gegooi na landbouers. So maklik word daar verkleinerend oor hulle gesels, selfs in gesprekke waar hulle teenwoordig is, maar ons vergeet soms dat ons direk van hulle afhanklik is vir ons kos. Daardie lekker brood val nie sommer uit die lug nie. Die stukkie steak op jou bord, is nie gekloon vir jou gebruik nie. Ons vergeet dat hierdie hardwerkende mense van die natuur afhanklik is. Dat hulle baie dae 'n bietjie langer op hul knieë bly as die reën nie kom nie, of die wind die vog wegwaai. Laatnag, vroeg oggend is hulle besig op die lande. Dan kan ons maklik iets snedigs kwytraak van 'n koffiebreuk wat geneem word, of 'n vakansie wat geniet word. Wil jy 'n landbouer wees? Wil jy werk tot die eelte op jou hande wys of jou vel oopbars van die son, wind en weer? Wil jy onderhewig wees aan al hierdie stelsels wat nou vir hulle wil voorskryf hoe hulle moet boer? Om te boer is iets wat in jou bloed is. Jy raak nie net 'n boer nie. Jy is 'n boer. So gebore en grootgemaak. Sonder hulle is ons honger.
Dis Goeie Nuus
4 Mei 2016
Vallei reg vir Olyffees Dié naweek sal daar weer heerlik gesmul word aan die olywe en wyne van die Riebeekvallei. Die vallei sal sy winterslaap vir hierdie spesiale geleentheid so bietjie versteur en sy deure wyd oopgooi aan besoekers van heinde en verre. Gee jou smaaksensasie ‘n lekker kielie en maak skoon jou palet, want hier gaan daar aan heerlike olywe, olyfprodukte en wyne uniek aan die vallei geproe word. Sommige van vanjaar se deelnemers is Kloovenburg, Riebeek Cellars, Het Vlock Casteel, Allesverloren, Olive Boutique en Pulpit Rock. Proe aan die verskillende olyfolies en wyne wat die unieke streek bied. Hier weet hulle wat hulle doen, aangesien die vallei oor twee Italiaans-opgeleide olyfolie-gradeerders beskik wat sorg dat die produk altyd die beste graad en kwaliteit is.
Om deel te wees van hierdie ervaring, is dit wys om ‘n olyf-paspoort vir die naweek aan te skaf. Dit is beskikbaar by www.webtickets.co.za en beloop R125 per persoon en gee die paspoorthouer toegang tot al agt deelnemende punte.
Bingo: Die legendariese Ron Sheridan van Mal- Mooiste: Kelly-Ann Braaf van Chatsworth is geDr. Andrew Bosman
mesbury het onlangs sy laaste Bingo-aand by die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op dié dorp aangebied. Sheridan is Donderdag oorlede. Hy was bekend op die rolbalbaan en het ook met woorde gespeel toe hy kinders se sê-goed geboekstaaf het. By hom is sy vrou Annerie.
kroon as Miss Pre-Teen South Africa se eerste prinses in ‘n landswye kompetisie. Sy is Vrydag bietjie bederf en het Malmesbury verken in ‘n spoggerige 1956 Rover Today van Danie van Rooyen. Sakelui soos OK Minimark en die Sabino Canyon Spur het ook bygedra om dié prinses se dag te maak.
Harte wat traag is om te glo Produsenteprys van skaap- en beesvleis daal
Die twee manne wat op pad was na die dorpie Emmaüs het met mekaar gepraat oor die afgelope gebeure in Jerusalem. Terwyl hulle praat het Jesus by hulle aangesluit en gevra waaroor hulle met mekaar praat, en waarom hulle bedroef is. Hulle het Hom nie herken nie, en vra of Hy dan die enigste vreemdeling in Jerusalem is om niks van die afgelope tyd se gebeure te weet nie. Toe Jesus vra watter gebeure hulle na verwys was, het hulle geantwoord die dinge aangaande Jesus, die Nasarener, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; en hoe die owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. Hulle vertel dat hulle gehoop het dat dit Hy sou wees wat Israel sou verlos, maar dat dit al die derde dag is na al die gebeure wat plaasgevind het. Wat verder ontstel is dat sekere vroue sê dat hulle by die graf was en ‘n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy opgestaan het en lewe. Toe het Jesus aan hulle gesê : O, Onverstandiges met harte wat traag is om te glo wat deur die profete gespreek is. En Hy het begin om van Moses om die Skrifte uit te lê het oor wat op Hom betrekking het.
Die produsenteprys van lamsvleis het in die afgelope nege weke met 30 % gedaal en verbruikers moet nou die geleentheid benut om lam-en skaapvleis teen laer pryse aan te koop. Jaar-op-jaar is die produsenteprys van lamsvleis nou 5.8 % laer as in 2015. Die produsenteprys van beesvleis het oor die afgelope vier weke ook met 8 % gedaal en jaar-op-jaar is die produsenteprys van beesvleis nou 4 % hoër as in 2015. Bees- en skaapvleis produsentepryse het dus heelwat minder gestyg as die Maart jaar-op-jaar voedselinflasie indeks, wat 9.8 % was. As die produsenteprys daal, neem
dit egter `n ruk om in die kleinhandelspryse weerspieël te word. Dit behoort egter nie meer as 14 dae te wees nie. Tans word daar egter groot verskille in die kleinhandelsprys in terme van rooivleispryse waargeneem. Daarom word verbruikers aangemoedig om pryse en kwaliteit te vergelyk. Die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) wil die kleinhandelaars en kleinhandelgroepe bedank wat reeds die voordeel van die verlaagde produsenteprys aan verbruikers deurgee. Verbruikers word aangeraai om grootmaat beesvleis en heel of halwe lam- of skaapkarkasse aan te koop, wat dan volgens sy/haar behoeftes versnit
kan word. Die norm behoort te wees dat die verbruiker vir heel- of halwe lam/skaapkarkasse in die kleinhandel ongeveer 30 % meer behoort te betaal as die produsenteprys, plus BTW. Die landwye droogte word as die rede aangevoer waarom bees- en skaapvleispryse in dié stadium uitermatig hoog behoort te wees. Dit is egter tans nie die geval nie. Dit wil voorkom asof die aanbod nou die vraag oorskry - onder andere as gevolg van invoere vanaf ons buurlande. Dit word voorsien dat die Iaer produsentepryse tot ten minste in die lente kan voortduur.
NUUS • NEWS
3
4 Mei 2016
Sunshine Radio op die lug
• Lucky lucy aan lewe en liefde
Hier is woef en kie konings
Links is Richard Green, die voorsitter en regs is Anyway Chitambi, die gesig van Lucky Lucy.
‘n Nuwe radiostasie sal eersdaags die Swartland inlig van alles en nog meer. Sunshine Radio sal amptelik vanaf Yzerfontein en Riebeek-Kasteel lewendig uitsaai op 100.6 FM Radio vanaf 6 Junie. Dié radiostasie word aangevoer deur radiokenners Alan Barnard en Nickie van den Bergh.
Wes-Kaapse Provinsiale Parlement Western Cape Provincial Parliament IPalamente yePhondo leNtshona Koloni Hulle is mense se weggooidiere, se teikens vir woede en haat, maar hier is hulle die liefkinders, word hulle soos koninklikes behandel. Dit is Lucky Lucy, die reddingsentrum vir katte en honde op die N7, sowat 20km van Malmesbury af. Ons besoek begin ná ‘n oproep van dr Andries Groenewaldt van die Bergzicht-dierehospitaal op die dorp. “Julle fokus mos op goeie nuus?” val hy met het die deur in die huis. “Ek het vir jou die beste Goeie Nuus ooit en binne sekondes het hy my oortuig dat dié courant en'n draai moet gaan maak by hierdie reddingsentrum. Veral om die bestuurder en die man met die groot hart, Anyway Chitambi, beter te leer ken. Chitambi het 'n hart so groot soos 'n paleis as dit by sy viervoetige vriende kom. Hy praat nie graag oor die lyding wat hulle dikwels moet aanskou wanneer diere weggeneem word by mense nie. Hy gesels liewer oor die suksesstories oor vertrouensbande wat weer opgebou word, diere wat in sorgsame huise teruggeplaas word.
Daar is natuurlik minder aangename stories - soos die ry enkelhokke waar die resultaat van dieregevegte versorg word. "Hierdie honde sal altyd alleen moet bly, maar ons gee hulle liefde en aandag - waardigheid en respek," verduidelik Richard Green, die voorsitter van die organisasie. Luck Lucy is ‘n nie-winsgewende organisasie wat glo aan 'n kwaliteit lewe vir erg verwaarloosde diere. Green sê hulle is ook verbind aan die maatskaplike opheffing en opvoeding van verarmde kinders en volwassenes in en om Kaapstad. Hulle het hul deure in 2010 oopgemaak. Hulle fokus op sterilisasie van soveel diere moontlik. Tweedens kyk hulle na opvoeding eerder as om diere summier weg te neem. “Ons wil mense leer, wat verantwoordelikheid en aanspreeklikheid meebring. Die mense in agtergeblewe gemeenskappe het moontlik nie die kennis om na hul diere te kyk nie. Dit veroorsaak ‘n bose kringloop waar mense nie die kennis oor ste-
rilisasie, goeie voeding en versorging het nie. “Dikwels is al wat nodig is, om mense te wys daar is ‘n beter manier om met diere te werk.” Lucky Lucy steek ook ‘n helpende hand uit na gemeenskappe waar mense dikwel nie kos het vir hulself nie, wat nog te sê troeteldiere. Die sentrum versorg sowat 170 honde en net soveel katte - in troeteldier-vriendelike omstandighede wat enige dier sal laat stertkrul van lekkerte. Hulle beskik oor 'n uitgebreide webtuiste waar mense kan sien watter dierekinders beskikbaar is vir aanneeming. Prosedures vir aanneme word uitgestippel en mense moet ook onderneem om "kinders" terug te bring as hulle nie aanpas nie. Naweke kan mense die sentrum besoek en met die diere speel. Gesels ook oor maniere om hulle te ondersteun: Koop 'n resepteboek by Bergzicht Dierehospitaal, kry inligting by contact@luckylucy.org, word 'n beskermengel (guardianangel.luckylucy.org of bel Anyway, 072 779 7424.
LAAT USELF HOOR Wes-Kaapse Wetsontwerp op Rade en Komitees vir Gesondheidsfasiliteite [W1–2016] Die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement se Staande Komitee oor Gemeenskapsontwikkeling nooi belanghebbendes en belangstellende partye uit om ʼn openbare verhoor oor die Wes-Kaapse Wetsontwerp op Rade en Komitees vir Gesondheidsfasiliteite [W1–2016] by te woon. Die doel van die Wetsontwerp is om voorsiening te maak vir die instelling, werksaamhede en prosedures van rade wat vir hospitale ingestel is en komitees wat vir primêregesondheidsorgfasiliteite ingestel is; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan. ʼn Openbare verhoor sal soos volg plaasvind: Datum: Woensdag 11 Mei 2016 Tyd: 17:00 – 19:00 Plek: Allan Boesak-gemeenskapsaal Zebrastraat Piketberg Belangstellende persone wat die openbare verhoor wil bywoon of ʼn mondelinge voorlegging wil maak, word versoek om met me. Nomonde Jamce (tel.: 021 487 1658, e-pos: njamce@wcpp.gov.za) teen Maandag 9 Mei 2016 in verbinding te tree. Uitgereik deur me. LJ Botha, Voorsitter: Staande Komitee oor Gemeenskapsontwikkeling Posbus 648, Kaapstad 8000, Suid-Afrika www.humanjobs.co.za
PO Box 648, Cape Town 8000, South Africa
PO Box 648, Ekapa 8000, Mzantsi Africa
www.wcpp.gov.za +27 21 487 1600 Human Communications (Cape) C126575
NUUS • NEWS
4
Taai soos 'n Hilux, Koos en Mike In die Namakwaland... As ‘n storie of vertelling só begin, dan wonder die uwe dikwels hoekom die arme Namakwaland altyd ingesleep moet word. Dit is soos die arme Koos van der Merwe en Mike Schutte. Maar eintlik is dit nie die ARME Namakwaland nie. Dit is juis omdat hierdie streek so RYK is aan egtheid en eerlikheid en wonderlike stories dat mense graag dáár begin. Só word vertel van die man wat op Springbok by die kantoor aangedoen het waar die motorlisensies uitgereik en hernu is.
Dit was die dae toe karre nog minder volop was en daar was nog onderskeid in lisensieprys na gelang van die aantal sitplekke wat die motors gehad het. Só byvoorbeeld was die tarief vir die two-seaters heelwat laer as dié vir die konvensionele four-seaters. Die man het pas, met groter gesin, oorgeskakel na ‘n four-seater wat hom ‘n hele klompie uit die sak gejaag het. Hy was nou nie lus om die verhoogde lisensiegeld ook nog te betaal nie. Toe die kassiere hom vra oor die aantal sitplekke, kon hy darem
ook nie die waarheid weerhou nie. “Man, dit is nou ‘n four-seater, maar hy is baie baie beknop,” het die ou toe maar probeer. Maar nou in teenstelling met daardie beknopte four-seater, het die uwe die laaste paar dae met ‘n two-seater gery wat weer baie, xtrabaie ruimte het. Malmesbury Toyota het een van hul natnuwe Toyota Hilux Xtra Cab 2.8 GD-6 RB Raiders gegee om te leer ken. En was dit nou ‘n leer ken. Eintlik ‘n ontdekkingsreis wat presies verduidelik het waarom dié immergewilde bakkie se nuwe modelle met mening terug is in die top-verkoperposisie in Suid-Afrika. Hilux het homself oor 47 jaar gevestig as taai en betroubaar. Die naweek bietjie die teerpad byster geraak... en beïndruk. Ook die krane oopgedraai op (ons streek se goeie) teerpaaie... en beïndruk. Sommer dadelik oortuig hierdie bakkie met
4 Mei 2016
Johan Viljoen sit Voet in die Hoek
sy ekstra kajuitspasie en twee agterdeure wat die inlaai agter vergemaklik, is perfek vir die boer. Al die luukse en gerief vir die teerpad, maar ook pasgemaak met goeie vryhoogte (en dit is nou nie Valentynsmaand nie). Straks by die begin begin. Onder die Hilux Xtra Cab 2.8 GD-6 RB Raider se enjinkap word daar ‘n fris 420Nm@14002600 toere en 130kW @ 3400 toere opgewek. Hierdie model het ook ‘n sleepvermoë van 2750kg. Sedert sy vorige boetie wat nou tien jaar oud is, het tegnologie in die bedryf ‘n al groter rol begin speel en hier het die vervaardigers nou die beproefde resep behou en die ‘n rits tegnologie ingespan vir ‘n meer funksionele, veiliger en geriefliker nuwe ry-ervaring. Daar is verskillende ry-opsies waar jy met die druk van ‘n knoppie oorskakel tussen ekonomies optimaal of optimale krag of die standaardmodus (i-MT). So bied die nuwe 2,8 dieselenjin (in hierdie model) meer krag as die vorige generasie, beter dieselverbruik en minder omgewingskadelike gasse. Die bakkie het ‘n splinternuwe onderstel met dikker dwarsbalke voor en dikker kantstawe. Daar is ook ‘n dikker en sterker plaat onder die pens vasgebout, sterker skokbrekers en langerbladvere. Die nuwe Hilux het meer beenruimte, ‘n fraks groter laaibak waarvan die wande van nog sterker metaal is as voorheen. Die toevoeging van die halfgrootte-deure vir die Xtra Cab is ook ‘n groot verbetering vir maklike toegang tot die agterste gedeelte van dié kajuit. Die nuwe Hilux spog met ‘n groot tabletraakskerm en dié model het ook ‘n trukamera wat op dié skerm vertoon. Die model se sesgang handrat skakel maklik oor en rygerief is werklik uitstekend. Die Hilux XC 2.8 GD-6 Raised Body Raider (R410 900) het ‘n lang lys toebehore/spesifikasies. Hier is ‘n paar: Ewenaarslot, dagligte, misligte voor, hooggeplaaste LED-remlig, trekstang, bekerhouers en volop ander pakplek, outomatiese sluit, lugreëlaar, spoedbeheer, ABS, hoogte-wegtrekbystand, cd/DVD/MP3- en bluetooth-telefoonversoenbare stelsel met 6 luidsprekers en volle beheer vanaf die stuurwiel en ook twee 12v-sokke. Taai, rateltaai net soos ‘n regte egte toffie. Gepraat van toffie. Darling Sweet maak die heerlikste toffies en het so pas drie splinternuwe toffiesmere bekendgestel. Lekkerrrr, lipleklekker en taai, Toffietaai... En as jy hom bietjie woema gee en warm maak, loop hy oop – soos stroop. Cheers, tot die wiele weer rol.
NUUS • NEWS
5
4 Mei 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
R
WITH OUR LOW PRICES BUY ANY 2 FOR
11
95
28
R
Albany Superior White Bread 700g
R
PnP Pies Assorted (Excluding Burger Pies)
38
Dairy Milk 90 Cadbury Chocolate Slab
Doritos Corn Chips Assorted 150g Each
Assorted 150g (Excluding Bubbly)
PRICE PER NAPPY
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
1.63 1.86 2.15 2.45 2.45
107
90
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
R
42 1590
Flora Fat Spread Assorted 500g Tub
BUY ANY 5 FOR
BUY ANY 2 FOR
9
BUY ANY 2 FOR
BUY ANY 3 GET 1 FREE
18
90
+
15
R
PnP NO NAME™ Frozen Chicken Braaipack 1.5kg
BUY ANY 2 FOR
SAVE R16
BUY ANY 6 FOR
R
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet
16
90
Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73-75g
Nola Mayonnaise Assorted 730-780g Each
20
58
90
Knorr Packet Soup Assorted 50/54g
Frisco Original or Granule Instant Coffee 750g Each
FREE
Sta-Soft Fabric Conditioner Concentrate Assorted 500ml Refill Each
R
38
90
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre or Capsules 14s Each
29
42
90
38
90
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
114
Richelieu Brandy 750ml Each Dinu Rose Collection 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
SAVE R30
179
R PnP Fresh Chicken Breasts 4s or 18s Per kg
38
90
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
58
R
PnP Bulk Beef Mince Per kg
59
R
PnP Bulk Stewing Beef Bone in Per kg
Get Double Points
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
PRICES VALID 5 - 8 MAY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products on this page have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH
1504119_38 X 262
53
90
Carling Black Label Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case
NUUS • NEWS
6
4 Mei 2016
Dagboek • Calender
Kunswerk:
Schoonspruit Mnr en Mej Interskole 2016 4 Mei – 19:00 in die skoolsaal. Toegang: R20. Interkerklike Hemelvaartdiens 5 Mei - NGK Moorreesburg, om 18:30. Dankoffer sal opgeneem word . Navrae by die kerkkantoor, 022 433 1105 (weeksdae 07:30 - 12:30). Op ‘n Stasiefees 5 tot 7 Mei - By Wellington Wyne. Wellington Wyne is vanjaar 110 jaar oud en die Krisantevereniging ‘n eeu. Donderdag 5 Mei is daar ‘n gholfdag. Die afslaan is om 16:00. Vrydagaand om 19:00 is daar ‘n Vroue Vrolikheid - Manne Marakas. Saterdag begin om 08:30 met ‘n sterkman-kompetisie. Daar is pret en plesier vir oud en jonk: Harley Davidsons, ou waens, sangers, stalletjies, ‘n wyntuin, uitstallings, treinritte, ‘n pretpark en nog vele meer. Kry jou stamboom en ontmoet Susan Coetzer en Jurgens Schoeman. Vir meer inligting skakel Herbert by 082 374 3416 of besoek www.op-n-stasiefees.co.za. Jongduifskou Malmesbury 7 Mei- Dié skou is van 09:30 tot 15:00 in die Malmesbury-stadsaal. Toegang is gratis. Navrae: Cassie Carstens (082 670 2228) of Marlene Carstens (082 952 9506). Malmesbury Krieketklub 11 Mei - Algemene jaarvergadering op 11 Mei om 19:00 vir 19:30 – Wesbank Hoërskool. Kontak Sherman Faroa by 079 755 1489. Olive Festival 7 & 8 May – Riebeek Valley; Saturday 09:30 to 17:00; Sunday 09:00 to 16:00. Riebeek Valley Tourism, 022 448 1545. Langsdiebos Mark 14 Mei - Malmesbury, 09:00-13:00; "Stap met Pote" 08:30. Kontak Marilizé Crafford, 0720526280 vir navrae. Gholfdag 14 Mei – Ten bate van Huis AJ Liebenberg, Piketberg; De Hoek-baan. Kontak Eddie Mostert, 083 644 4974. Winterdans 21 Mei – Clanwilliam, met Juanita du Plessis. 083 601 6456. Langsdiebos Mark
Kerke • Churches
Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury 1 Mei - Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple 1 Mei - Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Shofar 8 Mei - Gerswain Manuel preek om 09:30, Voortrekker-
28 Mei: "Boot sale", 09:00 - 13:00 en "Stap met Pote" om 08:30. Kontak Marilizé Crafford , 072-0526280. 'The Grey' hou konsert 28 Mei – The Grey bestaan uit drie talentvolle Maties wat om 20:00 in die Porterville NG Kerksaal optree. Ellani de Jager en Donné de Kock speel viool, met Eric Gerber op klavier. Kaartjies sal teen R100 volwassenes en R50 kinders vooraf en by die deur te koop wees. Die Sopdans 28 Mei - Swartland Voortrekkers bied dit aan om 19:00 vir 19:30 in die Malmesbury stadsaal. Christo Smit maak die musiek en slegs 300 kaartjies is beskikbaar. Kaartjieverkope en tafelbesprekings word hanteer deur Lize Signs in Hugenotestraat, Malmesbury. Kontak Maresa van Lize Signs (022-482 3425) om kaartjies te koop en tafels te bespreek. Swartbergvlei Outride 29 May – Darling. Enquiries: 084 593 2745. Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362. Boeremusiek Opskop 10 Junie - Om 19:00 is daar 'n Boeremusiek Opskop met Greg Fisher ten bate van Aandskemering Tehuis vir Bejaardes by Allesverloren, Riebeek-Wes. R200pp met ligte ete ingesluit. Nooi jou vriende - 10 per tafel. As jy nie dans nie kom luister en kuier saam. Kontantkroeg. Kontak Elrika, 083 414 7023. Snoek- en Patafees 24 & 25 Junie – Die jaarlikse fees op Goedverwacht is in beplanning met patat uit die grond, snoek uit die see... Bergrivier Winterkarnaval 16 Julie – Goedverwacht. Navrae: Chevon, 022 783 1821. Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00. Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 na susan@diecourant.co.za gestuur word vir plasing. weg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship 19 Junie om 10:00 hervat dienste by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 8 Mei - Lisel Mouton is Sondag om 09:30 die spesiale gas by die AGS. Die aanddiens begin om 18:30. Pinksterdienste Maandag- tot Woensdagaand om 19:00, met die afsluiting op 15 Mei. Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.
Die Dahlia Vrouegroep het onlangs hul handewerk in die Wesbank Gemeenskapsaal uitgestal. Die groepie vroue beskik oor ongelooflike talent en het die besoekers verstom met hul naaldwerk, wat die maak van handsakke, kussings, tafeldoeke, kralewerk en meer insluit. Hulle ontmoet elke Woensdagoggend om 10:00 by die Dahlia-huis in Wesbank. Navrae kan by Cynthia Slingers gedoen word.
CPM:
Dié leerders van die Christelike Privaatskool op Malmesbury het hul kreatiwiteit ten toon gestel en gewys wat hulle kon doen met afvalmateriaal. Die leerders het hul hoede op die loopplank aan die gehoor vertoon.
Darling Collection: Dié
kunsuitstalling op Darling is Vrydag amptelik geopen. Hier word alle vorme van kuns tot een medium saamgevoeg. Hier is Moesha Solomons en Esther de Bruijn met van die pragtige handewerk.
NUUS • NEWS
7
4 Mei 2016 Betrekking Vacancy
AUGUS ONTONG (OKKIE) –
AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/3
Dienste Services
ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393/1 -----------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/9
Te Huur To Let Jou eerste verjaarsdag op 4 Mei in die hemel. Ons mis Pa baie – Vrou, kinders en kleinkinders #2413 -----------------------------CHRISTOLENE JURIES 06/05/1969 – 30/6/2015
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/43 -----------------------------HERWINNING – Ruil u papier, karton en alle plastiek vir kontant. Skakel Hendrik by 073 998 2365 #2412
Memoriums Memoriam
JACOB CEDRAS FORTUIN 31/08/1957 04/05/2013
Sag heengegaan - jy is nou 3 jaar van ons af weg maar dit voel nog soos gister, dankbaar is ons vir die tyd wat ons gekry het en ons weet jy is by Onse Vader, rus in vrede Japie tot weersiens van jou 4 susters en 2 broers met alle liefde in ons harte #2411 ------------------------------
away, they walk besides us every day – unseen, unheard, but always near. Still loved, still missed and very near – Love you always – Mom and family #2419
Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder? Jou eerste verjaarsdag in die hemel – die gemis is groot. Tot ons weer ontmoet – Liefde jou man Chris, kinders en kleinkinders #2414 -----------------------------CHRISTOLENE JURIES 2016/05/06 God het ons mooiste roos uit die tuin kom pluk. Hy het jou verlos van jou stryd en op ‘n beter plek geplaas. Jou eerste verjaarsdag in die hemel. Ons mis jou. Liefde jou ma, susters, broers en Lategan familie #2415 -----------------------------CHRISTIAAN ABRAHAM JOHN GYSENBERG (KITTO)
No farwell words were spoken, no time to say goodbye. You were gone before we knew it, and only God knows why. We know in our hearts that those we love don’t go
2 Slaapkamer woonstel (Malmesbury) ± 80m² - R3 810. 1 Motorhuis – R350. 1 Maand deposito – geen kinders in blok – Skakel 022 482 3993 vir aansoekvorm #2416 -----------------------------Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/5 -----------------------------Kantoorspasie ±47 m² – geleë tussen Mr Price en Cardelli’s te Voortrekkerweg, Malmesbury. Kontak mnr Eddie Mostert by 022 482 1101 of Johan Rossouw083 234 6614 #2327/3 -----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/31 -----------------------------Sakeperseel 43m² - Hoek van Bokomoweg en Albaniestraat – Lugversorger + kombuis + toilet. R3950 (BTW ingesluit) – Skakel 083 658 4996 #2417
-----------------------------Sakeperseel 196m² hoek van Bokomoweg en Albaniestraat. Lugversorger + 2 toilette, kombuis asook veiligheidshekke – R10 400 (BTW ingesluit) – Skakel 083 658 4996 #2418
Te Koop For Sale
Muller – 079 413 2520 1 Enkelbed matras – R500; Dubbelbed base set – R1300; KIC Fridge/Freezer - R1550; 2 Printed Ottomans – R450 elk; Geelhout en Imbuia jongmanskas – R2300; 6 sitplek sitkamerstel – R1750; 1 Soliede hout 4-laai kassie – R1800 Malmesbury – Rainierstraat 8E, Müller’s 079 413 2520 #2408 -----------------------------Filette (hake) –R55/kg; Visvingers - R35/kg; Viskoekies - R45/kg. Kontak 022 487 3265 / 084 250 2460 #2151/28
Voertuie Vehicles
DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 083 6000 243. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/16
courant
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
4 Mei 2016
Sportuitslae Sports results Fietsy Malmesbury Fietsryklub
Transkaroo 247km: Manus Bester 12:53:24.
Gholf Malmesbury Gholfklub
Vryheidsdag Gholf - 27 April Beterbal Stableford Multiplier Chris Visser & Braam Mouton 84; Willem Beukes & Pieter February 75; Divann Robertson & Willem Beukes 73; Piet Basson & Francois Geldenhuys 67; Werner Schreiber & Philip Faure 66. Beterbal Stableford – 30 April Fritz de Beer & Jacques Esterhuizen 47; Brendan Els & Callie Els 42; Hermanus Williams & Gary Williams 42; Nic Goosen & Cara Vlok 42; Brendan Els & Hennie Els 41.
SAD
: John Dürr, Rene, Anri, Gerrit en Mariska Joubert van die Swartland Atletiekklub het Maandagoggend douvoordag die paaie van Wellington in die jaarlikse SAD Safari Halfmarathon aangedurf en aan die 10km-wedloop deelgeneem.
Sportdagboek Sports diary Gravel Travel
‘Berg’ nou oop vir inskrywings
Inskrywings vir die 55ste Bergrivier Kanomarathon is nou oop. Verlede jaar moes die eerste skof van marathon geskuif word, as gevolg van die lae vlak van die rivier. Die wegspring is toe na die Hermon-brug verskuif. Met die afgelope paar dae se reën is roeiers positief dat dit vanjaar ‘n vinnige en vol ‘Berg’ sal wees. Die marathon begin op Woensdag 13 Julie
in die Paarl en eindig op Saterdag op Velddrif. Die wedren, wat wêreldwyd erken word as een van die taaiste, word oor 240km afgelê oor vier dae. Die roeiers, helpers en ondersteuners volg die rivier deur die Kaapse Wynland, Swartland en dan na die Kaapse Weskus. Verlede jaar was daar sterk internasionale mededinging – vyf het onder die top tien geëindig. Meer inligting op www.berg.org.za.
7 May: Wellington; http://www.graveltravel.co.za
Willowcreek/Computer Mania MTB Challenge 21 May: Wolseley; http://www.pedalpower.org.za/events/pedalpower-association-77/
AmariderBikehub 100miler/50miler
21 May: Malmesbury; www.dirtopia.co.za
Rugby:
Darling Brew Extreme
Jayden Jacobus, voormalige leerder van die St Thomas Primêr op Malmesbury en nou by Durbanville Hoërskool het in die Quteniqua Rugbyweek gespeel. Höerskool Durbanville het twee van hul drie wedstryde gewen.
28 May: Darling; http://www.darlingbrew.co.za/mtb/mtb.html
Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast nontechnical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter online at www.pedalpower.org.za. Gravel & Grape MTB stage race 6-8 May: Breederkloof Valley; gravelandgrape.com
Gravel Travel
7 May: Wellington; http://www.graveltravel.co.za
Willowcreek/Computer Mania MTB Challenge 21 May: Wolseley; http://www.pedalpower.org.za/events/pedalpower-association-77/
AmariderBikehub 100miler/50miler
21 May: Malmesbury; www.dirtopia.co.za
Darling Brew Extreme
28 May: Darling; http://www.darlingbrew.co.za/mtb/mtb.html
Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast nontechnical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter onlie at www.pedalpower.org.za.
Krieket: Die Malmesbury Krieketklub
het hul beste spelers van die jaar vereer vir hul toewyding en harde werk. Divaan Robertson (bo) is aangewys as die Speler van die Jaar. By hom is voorsitter Sherman Farao. Regs is al die medaljewenners.
R
CELEBRATE
MORE FOR LESS
Carling Black Label Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml
179
R
69
Savanna Dry Premium Cider Cans 6 x 440ml
R
Per Case
R
89
Viceroy Brandy 750ml
29
R
114
Richelieu Brandy 750ml
R
38
R
50
150 5141_100 x 260
PRICES VALID 5 - 8 MAY 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Graça White or Rosé 750ml Each
Nederburg Lyric, Stein, Rosé or Duet 750ml Each
J.C le Roux La Chanson, Le Domaine, La Fleurette or Sauvignon Blanc 750ml Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505141_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/04/28 3:43 PM