Skip to main content

Die courant swberg 3 aug 2016 381

Page 1

c urant

Gratis • Free

50.5%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

3 Augustus 2016

Uitgawe 381

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Kruisies vandag getrek Die toekomstige raadslede van die onderskeie munisipaliteite in die land, word vandag beslis. Beamptes van die onafhanklike verkiesingskommissie het gister en Maandag sie spesiale stemme ingewin. Links berei Chris Wessels en Joey Loots van die Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury voor om hul kruisies te trek, terwyl Susan Cilliers en Monique Toerien van die OVK toekyk.

• TENDERS VIR ONTWIKKELING OP MALMESBURY

Bron kry nuwe lewe?

Die minerale waterbron op Malmesbury wat reeds jare in onbruik is, kan moontlik weer lewe kry. Die Swartland Munisipale-raad het Donderdag op ‘n spesiale raadsvergadering goedkeuring gegee dat tenders met gebruiks- en of ontwikkelingsvoorstelle aan voornemende ontwikkelaars of gebruikers, ingewin kan word. Dít kom nadat die munisipaliteit onlangs weer genader is oor die moontlikheid dat die ontwikkelingsregte op die bronwater verleen word. Die De Bron-winkelsentrum is 16 jaar gelede op die plek gebou waar die warm water uit die grond ontspring. Die warm mineraalwater-bron, waarvan die plaaslike munisipaliteit sedert 1930 eienaar is, is ‘n standhoudende fontein wat volgens historici reeds ontdek was voordat die dorp in 1827 gestig is. Daar word beweer dat die water helende

eienskappe het. Die water se gehalte word vergelyk met van die wêreld se beste gesondheidsoorde soos die van Praag. Volgens wyle prof. Bun Booyens se boek, “Bronwaters van Genesing” was die bad teen die einde van die 19de eeu gewild onder boere wat daarheen gegaan het vir die verligting van kwale soos rumatiek, neuralgie, velaandoenings en jig. ‘n Homeopaat het volgens inwoners vanuit ‘n Victoriaanse huis, geleë waar die winkelsentrum se parkeerplek vandag is, gepraktiseer. Die dokter het dikwels waterbehandeling voorgeskryf. Vandag word die water volgens die munisipaliteit nie vir enige bepaalde doel benut nie. Talle pogings om die warmwaterbron tot voordeel van die gemeenskap te ontwikkel, het egter oor die jare misluk. Van die redes vir die mislukking, was onder meer finansiering.

Volgens die munisipaliteit het die raad gedurende 2001 goedkeuring vir ontwikkelingsvoorstelle deur voornemende ontwikkelaars gegee om die mineraal water te benut. Ontwikkelaarsregte is aan ‘n plaaslike inwoner toegeken vir die ontwikkeling van ‘n spa. Die spa het egter nooit gerealiseer nie. Die raad het goedkeuring gegee dat die water afkomstig van die minerale warmwaterbron, asook die oortollige behandelde rioolafloop van die nuwe Riebeek-Kasteel Rioolwerke by wyse van ‘n openbare mededingsproses aan voornemende ontwikkelaars beskikbaar gestel word vir ‘n doel wat vir die munisipaliteit aanvaarbaar is. Suksesvolle ontwikkelaars sal egter aanspreeklik wees vir onder andere die infrastruktuur, soos pypleidings en pomptoerusting wat nodig sal wees om die water na hul persele te lei.

NUUS • NEWS

3 Augustus 2016


NUUS • NEWS

2

Kwarantyn nie nodig vir virale siekte nou in skole

Die virale siekte, die Hand-, Mond- en Voetsiekte is onlangs by van die kleuterskole op Malmesbury aangemeld. Volgens die medici by die Tuinstraat Mediesesentrum op Malmesbury is dit nie nodig om jou kinders nou onder kwarantyn te plaas of by die huis te laat uit vrees dat hulle dit moontlik mag kry nie. Hierdie is egter ‘n virale siekte wat aansteeklik is en word deur die ‘n enterovirus-familie veroorsaak. Die simptome is koors, keelseer (amper

soos koorsblare) en ‘n uitslag wat op die hande en voete voorkom. Die uitslag kan blasies veroorsaak en verwar word met waterpokkies. Dit word deur druppel-verspreiding en hand tot mond kontak versprei. Die infeksie kan ses tot nege dae neem om te presenteer ná blootstelling. Kinders wat met die siekte aangesteek word, moet vir ‘n tydperk van sowat ‘n week rus en baie vloeistowwe inneem. Die kinders moet ook nie skool toe gaan nie. Wanneer pasiënte se eetlus verbeter en koors verdwyn, beteken dit dat hulle gesond word.

3 Augustus 2016

• NUWE UITBREIDINGS KOM

Nywerheid in BM groei vinnig Die Bergrivier Munisipaliteit se nywerheidsarea op Piketberg het in die afgelope jaar so gegroei dat hulle nou genoodsaak word om uit te brei. Om dit te doen het die munisipaliteit nou ‘n aansoek ingedien om die plaas Groote Fontein te onderverdeel en te hersoneer. Die aansoek dui op die verdeling van die plaas in drie verskillende gedeeltes en om ongeveer vier hektaar vanaf ‘n Landbousone 1 na ‘n Nywerheidsone 2 en om nog ‘n gedeelte vanaf landbousone 1 na Vervoersone 2 te hersoneer. Volgens munisipale bestuurder, advokaat Hanlie Linde, is die Bergrivier Munisipaliteit ernstig oor plaaslike ekonomiese ontwikkeling. “Ons werk baie hard om ‘n omgewing te skep waar besighede veilig voel om te belê. Ons doen dit deur goeie deursigtige bestuur, billike tariewe

en pragtige skoon en gesonde dorpe met goeie infrastruktuur. “Hierdie strategie werp vrugte af en ons word oorval deur ‘n aanvraag vir ekstra ligte nywerheid geleenthede. Daarom het die Mun hierdie gedeelte langs die N7 ge-oormerk vir uitbreiding van ons ligte nywerheidsgebied in lyn met ons Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk,” verduidelik Linde. Die aansoek is oop vir inspeksie op weeksdae tussen 07:30 en 16:30 van Maandag tot Donderdag en tussen 07:30 en 15:30 op Vrydag by die munisipaliteit se afdeling vir Beplanning en Ontwikkeling in Kerkstraat 13, Piketberg. Skriftelike kommentaar moet die munisipaliteit voor of op 22 Augustus bereik. Kontak 022 913 6000 met navrae.

Groet: Sertifikate is die afgelope Donderdag by hul laaste raadsvergadering voor die mu-

nisipale verkiesing vandag aan uittredende raadslede oorhandig. Sommige raadslede waar onder Maude Goliath en Ben Geel, is onder meer ook bedank vir hul verdienstelikheid van oor die 13 jaar as raadslid.

Vervoer van perde moontlik Die uitvoer van perde vanuit die Wes-Kaap is sedert verlede week hervat. Dít kom nadat die Afrika Perdesiekte vroeër vanjaar in dié provinsie voorgekom het en genoodsaak was om sekere areas onder kwarantyn te plaas. Volgens Alan Winde, plaaslike minister van ekonomiese geleenthede, sal 82 perde gedurende vandeesmaand na ander provinsies uitgevoer word. Die eerste 29 perde het verlede Maandag Kaapstad Internasionale lughawe verlaat, waarvan die volgende 53 perde aan die einde van die maand sal vertrek. Die proses is deur die uitvoeragente van Hobday Equestrian Enterprises, in samewerking met die plaaslike provinsiale veeartse georganiseer. “Die perde sal vir ‘n drie maande kwarantynperiode in Mauritius bly. "Die meerderheid van die perde is uithourit-perde wat na die Verenigde Arabiese Emirate vervoer sal word waar Suid-

Afrikaanse perde hoog in aanvraag is.” In Maart vanjaar het 35 perde na Mauritius vertrek, wat verlede week in die VAE en Europa gearriveer het. Dít kom nadat Winde afgevaardigdes verlede jaar na Doebai gestuur het om die handeldryf van perde te bevorder. Dit was die eerste uitvoere wat plaasvind sedert gevalle van die siekte in die Boland in April aangemeld is. Gekontrolleerde vervoer van perde binne die area wat deur die virus geaffekteer was, het gedurende Junie tot ‘n einde gekom. Altesaam 21 perde van onder meer agt eienaars is positief vir die virus getoets. Vier perde het weens die siekte gesterf. Winde meen die uitvoer van perde speel ‘n groot rol binne die plaaslike ekonomie. Die industrie dra sowat R200 miljoen by tot die nasionale ekonomie wat potensieel kan groei tot R1 biljoen.


NUUS • NEWS

3

3 Augustus 2016

• NOU HOOF VAN MONTANA

38 Jaar:

Rdh Klasie Rust wat as voorsitter opgetree het, het tydens die afgelope spesiale raadsvergadering ook ‘n sertifikaat vir sy 38 jaar as raadslid ontvang. Hy het ‘n spesiale oorhandiging ontvang ter ere van sy rol wat hy sedert 1979 binne die Swartland Munisipaliteit vervul het.

Hoof van Dirkie Uys lê tuig neer Dawie Diedericks het die afgelope Vrydag die tuig na drie en ‘n half jaar as skoolhoof van Hoërskool Dirkie Uys neergelê. Diedericks is op pad na Worcester waar hy die pos as skoolhoof van Hoërskool Montana sal vervul. Hy sien uit na die nuwe uitdaging van ‘n groter skool, maar bieg hy gaan Dirkie Uys geweldig baie mis. “Ek hou nie van wind nie, en hulle sê die wind word op Worcester gemaak,” skerts hy. Diedericks wat sy eerste pos in die onderwys as departementshoof by Hoërskool Waterkloof in 1986 bekleë het, sê die kinders het diep onder sy vel ingekruip. Hy gaan die leerders en die personeel mis, maar groet met ‘n warm hart. Volgens Diedericks het hy Desember 2012 in die Swartland aangekom, terwyl dit droog en dor, en taamlik lelik was. Nou groet hy die streek terwyl alles welig en groen is en meen hy gaan op die regte tyd weg. “Lente het vir Dirkie Uys aangebreek. Die skool het die afgelope paar jaar

hoogtepunte in sport en op akademiese vlak behaal.” Sy boodskap aan sy opvolger is, om sy eie stempel af te druk en nie Diedericks se manier van bestuur na te boots nie. “Solank hy net altyd doen wat in die skool se beste belang is.”

Die Voortrekkers vier die volgende twee maande regoor Suid-Afrika en Namibië hulle 85ste bestaansjaar. Verskeie projekte word as deel van die feesjaar geloods: Die onderskeie feeste begin 7 Augustus te Kerkenberg waar 400 Voortrekkers met vier kakebeenwaens op die oorspronklike spore van die Trekkerleier, Pieter Retief, oor die Drakensberg trek. Dit is die grootste trek sedert die Groot Trek in 1837 oor die Drakensberge. Twee monumente word tydens die geleentheid onthul. Jak de Priester is by van die feeste te sien waar hy die “Sporelied” sal sing wat hy vir vanjaar se feesvieringe geskryf het. Die Voortrekkers Kook-resepteboek word ook by elke fees bekendgestel. Die unieke resepteboek bevat al die lekkerste resepte van spankampe, veldkampe en gebiedskampe.

’n Voortrekkerkind-beeld word op Erfenisdag, 24 September, by die Voortrekkermonument onthul. Dit is ontwerp en gebou deur ’n Namibiese beeldhouer, Duif Keyser. ’n Dokumentêr, getiteld Voortrekkerspore, wat handel oor vandag se Voortrekkers se doen en late vertoon Sondae, 18 en 25 September om 14:30 op kykNET. Volgens dr. Danie Langner, hoofleier van Die Voortrekkers, is Die Voortrekkers ’n kombinasie en balans tussen kultuur, avontuur en natuur. “Die goue reël binne Die Voortrekkers is om niks vir jeuglede te doen wat hulle nie self kan doen nie. Hierdeur leer hulle om waardes en vaardighede in hulle konteks prakties toe te pas.” Die plaaslike gemeenskap word uitgenooi om saam met Die Voortrekkers fees te vier op 27 Augustus by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl van 14:30 tot 18:00.

Voortrekkers vier fees

110:

Ouma Miena Fortuin van Wesbank het die afgelope naweek haar 110de verjaarsdag gevier. Teenwoordigers wat die feesvieringe bygewoon het, sê Ouma Miena soos sy bekend staan, geniet nog elke dag die lewe en het selfs hande geklap toe musiek begin speel.

Waterbeperkings geld steeds

Die Voëlvleidam se vlak staan tans op 50.5%, maar die waterbeperkings wat die Swartland Munisipaliteit ingestel het, geld steeds. Dit beteken dat geen tuinslange gebruik mag word om oppervlaktes af te spuit nie, dat geen tuinslange gebruik mag word vir die natlei van tuine of die was van voertuie nie. Dié beperkings sal opgehef word as die damvlakke aansienlik verbeter het. Oor die afgelope paar weke het die watervlak van die hoofbron van water van die Swartland weekliks met sowat 4% gemiddeld gestyg.

Sakekamer-nominasies nou oop Die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie het amptelik afgeskop en nominasies vir

uitsonderlike diens gelewer word nou ingewag. Besoek dié sakekamer se webblad by

www.sakekamer.co.za. Gaan sluit ook aan by hul Facebookblad.


courant Alles behalwe net

dié

4

'n bron van water

Die uwe het op Malmesbury grootgeword. Hier gebore, skoolgegaan en gesien hoe die dorp oor die jare verander. Een van die bekendes uit my kinderdae was die reuk wat oor die dorp gehang het. Nie oor nie, sommer binne-in, regdeur tot binne jou neusvleuels. Dit was die onmiskenbare swawelreuk van die warmwaterbron. Destyds was daar 'n poeletjie agter die Swartland Laerskool waar die leerders op die aangrensende veld pouses gespeel het. Dit was die dae toe die dorp se swembad nog daar was en so ook die destydse Boland Meubels. By dié einste swembad het ek die dag in die "klein" swembad my moses teëgekom met 'n naaldekoker... Ek kon op daardie stadium nog nie swem nie, maar het myself baie vinnig uit daardie gedrog se gesigsveld verwyder. Nooit weer het ek teruggekeer nie en koes vandag nog vir die vlieënde ding met die groot oë. Die dorp was bekend vir daardie reuk. Dit was deel van sy identiteit. Oor die jare het daar ondernemings hier verrys. Daar waar my kleintyd-herinneringe gemaak is. Die bron se reuk het verdwyn... Hierdie water is 'n bron van nie net helende water nie, maar ook 'n klein geld-fonteintjie as dit reg ontwikkel word. Die uwe hou die tenderproses van die bron se mineraalwater, wat nou deur die Swartland Munisipaliteit uitgegee is, fyn dop, met die hoop dat die ou identiteit van die dorp weer herstel word.

NUUS • NEWS

Toer deur Darling te perd Kom geniet ‘n toer deur Darling se plase te perd of per wa. Die Darling Perdetoer (Ou Waterkloof Trip) word op 3 September ten bate van Groendeweide Ouetehuis op Darling gehou. Bring jou eie perd en sommer die hele gesin. Die wat nie ‘n perd het of ry nie, kan die toer saam per wa geniet wat deur trekkers getrek sal word. Koeldrank en worsrolletjies sal teen die middag te koop wees. Daar sal baie kampe vir die perde

beskikbaar wees, bring net jul eie water, voerbakke en ‘n tou of ketting om jul kampies toe te maak. Almal is welkom om al die Vrydag op die klub se gronde te kom kamp. Stortgeriewe is beskikbaar by die klub. Daar sal ook ‘n wegneemete - winkel wees wat vroeg Saterdagoggend koffie en ontbyt beskikbaar sal hê. Die hek sal vanaf 12:00 Vrydag oop wees vir belangstellendes. Kostes per volwassenes is R150 en R80 vir kinders onder 10 indien inskrywings

Dr Marc Blackwell Snr

How does the spirit of God use the bible? Titus 3: 4 “But when the kindness of God our Savior and His love for mankind appeared, 5 He saved us, not on the basis of deeds which we have done in righteousness, but according to His mercy, by the washing of regeneration and renewing by the Holy Spirit, 6 whom He poured out upon us richly through Jesus Christ our Saviour, 7 so that being justified by His grace we would be made heirs according to the hope of eternal life. Believers need to rediscover the real ministry of the Holy Spirit, which is to activate His power in us through His Word, so that we can truly conquer sin and bring glory to Christ, be blessings to His church, and be consistent witnesses of God’s love to those who are lost and without a saving knowledge of Christ.” The true work of the Holy Spirit focuses on the Spirit’s role and His unique identity and involvement in and through the Scriptures. Because the Holy Spirit is the God of truth, His Word is infallible. Because He cannot lie, His Word is inerrant. Because He is the King of kings, His Word is absolute and supreme. 2 Timothy 3:16 “All Scripture is inspired by God and profitable for teaching, for reproof, for correction, for training in righteousness; 17 so that the man of God may be adequate, equipped for every good work.” A Biblical understanding of the Holy Spirit and the Word of God: the Bible should discourage us from following any personal impressions or subjective feelings as if they were potentially “a revelation” from God. A sound understanding of the Word of God should remove any of our mistaken beliefs in the “revelations” of others. Our knowledge of the involvement of the Holy Spirit in the Bible should cause us to question the legitimacy of someone’s supposed revelations from God.

voor die 1ste September ontvang word. Toegang by die hek sal R 170 per volwassenes wees en R 90 per kind onder 10 jaar. Die inskrywings sluit aandete in. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar. Vir alternatiewe verblyf kan Darling Toerisme gekontak by 022 4923361 of info@darlingtourism.co.za. Navrae oor die perdetoer kan by Alicia by 084 593 2745; Jenny by 084 6703954 of Leigh by 082 6109959 gemaak word. E-pos vir jennyloedolff@gmail.com vir ‘n inskrywingvorm.

Byeenkoms stel plaasveiligheid in kollig

Hokkie: Tydens die afgelope Boland hokkietoernooi het hokkiespelers

It’s Good News

3 Augustus 2016

van die Hoërskool Swartland op Malmesbury as volg presteer: Janco Meyer is die enigste Bolander wat verkies was vir die Wes-Kaap o.14 seunshokkiespan. Hy is ook aangewys as die top-doelskieter by die toernooi. Die Wes-Kaapspan het die tweede plek by die landswye kompetisie behaal. ‘n Verdere goeie prestasie is dat Beyers Strydom tot die o.18 IPTBspan verkies is. Die volgende spelers is almal tot Boland Barlinka-spanne verkies: o.18: Gerrit Calitz, Elouise Coetzee, Joshua Cullum, Fabian de Wet, Inalise du Plooy, Stefan Hamman, Anri Joubert, Carla Symington, Regert van Staden en Gary-John Walsh. o.16: Lize Roux, en o.14: Bertus Brits. Hier is Elouise Coetzee, Fabian de Wet, Joshua Cullum, Stefan Hamman, Inalise du Plooy. Middel van links: Janco Meyer, Gerrit Calitz, Anri Joubert, Carla Symington, Lize Roux. Voor van links: Beyers Strydom, Regert van Staden, Gary-John Walsh en Bertus Brits.

GAP-SA, wat hulself beskou as die brug tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die gemeenskap, wil plaasveiligheid in die kollig stel. Die organisasie (Guardian Angels for Police Stations), ‘n nie-winsgewende organisasie wat druk besig is met werk, veral by die Malmesbury Polisiekantoor, wil nou boere aanspreek oor die beveiliging van hul plase. Dit is onder meer die tema van ‘n byeenkoms waar plaasveiligheid hoog op die prioriteitslys is. Die byeenkoms vind op 9 Augustus by die Malmesbury Landbougronde plaas om boere van die gemeenskap meer paraat te maak hieroor. Hul streef onder meer daarna om ‘n helpende hand na polisiekantore oor Suid-Afrika uit te reik en hulle geestelik te ondersteun en te bemagtig. Afriforum se Thomas van Dalen, die plaaslike landbouvereniging en sekuriteitsmaatskappye sal deel vorm van die dag. Die byeenkoms skop met ‘n vlagparade af en die veteraan valskermbataljon gaan ook ‘n skynaanval loods om ‘n realistiese prentjie te skets. Daar kan ook uitgesien word na ‘n kranslegging deur veterane wat diens tydens grensoorlog gedoen het. Die dag sal ook as ‘n geselligheid dien, met stalletjies en kindervermaak. Moet dit nie misloop nie.

Nuwe saal: Die

Laerskool Swartland op Malmesbury sal eersdaags met 'n bouprojek by die skool se grondslagfase begin. Dié projek is daargestel om in die behoeftes van die leerders te voorsien. Die skool se getalle het die afgelope paar jaar gegroei en beplan hulle nou 'n kleiner saal vir die grondslagfase wat gebruik sal word vir saalbyeenkomste, liggaamlike opvoeding, oefenlokaal vir konserte, sanglokaal en 'n moontlike nasorgsentrum vir sportleerders. Die gebou sal ook 'n klaskamer vir 'n remediërende onderwyser huisves. Die skool is opsoek na borge om te help met befondsing. Kontak die projekkoördineerder, Jannie Paterson, by 083 461 8231 met navrae.


NUUS • NEWS

5

3 Augustus 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

R

34

R

49

PnP Uncooked Bulk Stewing Beef Bone in Per kg

38 90

SAVE PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg

PnP NO NAME Frozen Chicken Braaipack 1.8kg

Equates to R27 each

TM

R

54

PnP Bulk Farmhouse Wors Per kg

10kg

BUY 2 FOR SAVE R10

SAVE R24

R

54

38 90

Humpty Dumpty Large Eggs 30s

R

100

42

18 90

Parmalat Medium Fat or Fabulite Fat Free Yoghurt Assorted 1kg

Stork Country Spread 50% Fat Spread 1kg Tub

Amarula Cream Liqueur 750ml

R

BUY ANY 2 FOR

8 45

WAS 13.79 NOW 9.90

PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each

39

WAS 92.99 NOW 78.90

90

Dinu Rose 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

PnP Super Maize Meal 10kg

PnP NO NAMETM Shredded Tuna in Salt Water 170g Equates to R18 per unit

Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml SAVE R20

R

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg Each

94

Get Double Points

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICE PER NAPPY

Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s

BUY ANY 2 FOR

R

36

Sunlight Dishwashing Liquid Assorted 750ml

38

90

Sunlight or Surf Auto Washing Powder 2kg or Laundry Liquid 1.5 Litre Assorted Each

54

90

Tresemmé Shampoo, Conditioner or Styling Assorted 200-900ml Each

– – – – –

R1.94 R2.21 R2.56 R2.91 R2.91

WAS 149.90 NOW 127.90 Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

PRICES VALID 2 - 9 AUGUST 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. MMWCHS110

NEW BUYING MONTH STARTS ON THE 6TH


NUUS • NEWS

6

3 Augustus 2016

Claassen weer gekies as Agri Wes-Kaap se vise-president Die voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging, Koot Claassen, is pas weer tot visepresident van Agri Wes-Kaap verkies. “Die komende produksieseisoen gaan beslis nié business as usual wees nie, al is ons besig om stelselmatig te herstel van die skade wat El-Niño ons berokken het. "Die landbou het ‘n nuwe sakeplan nodig, een wat 'n nuwe visie vir die landbousektor daar stel, maar ook 'n plan wat die klimaat gaan skep om deure oop te maak en beleggers na die sektor gaan lok. "Niemand wil belê in 'n bedryf wat nie duidelik kan uitspel wat sy toekomsplanne is nie,” het Cornie Swart, president van Agri WesKaap, tydens Agri Wes-Kaap se 2016-Jaarkongres gesê wat op 28 Julie buite Worcester aangebied is. AJ van Wyk, 'n eerstejaar B.Agric-student aan die Elsenburg Landboukollege op Stellenbosch, was die eerste spreker by die konges. “Ons kan nie oor die toekoms van landbou praat as ons net mét die toekoms van landbou praat nie. Daarom het ons vir AJ genooi om sy visie vir

'n toekoms in die landbou met ons te kom deel,” het Swart gesê. “Die nuwe, jong toetreders tot die landbou moet egter besef dat hulle eers die ou konsep van boerdery en boer moet optimaliseer, verstaan en erken voordat hulle nuwe konsepte van tegnologie kan implementeer. "Ek is egter 'n jong laaitie wat nog nie eintlik veel blootgestel is aan al die faktore en uitdagings wat ‘n ervare landbouer al beleef het nie. "Ek het nog nie eintlik veel van ‘n bydra tot die breër landbouprentjie van Suid-Afrika gelewer nie, maar wat ek wel het, is ‘n brandende liefde en passie vir landbou,” het dié oud-hoofseun van die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal gesê. In sy toespraak het dr Edwin Hertzog, voorsitter van Mediclinic en wat landboubelange in die Suid-Kaap het, 'n betekenisvolle oorsig gegee van hoe uitdagings binne die sakewêreld en die landbou oorvleuel. Die Wes-Kaap se Minister van Landbou, Alan Winde, het in sy toespraak ook na tegnologie verwys en gesê die landbou moet besin oor hoe die wêreld se volgende biljoen mense gevoed gaan word binne die raamwerk en konteks van

die vierde industriële revolusie. Die gerekende landbou-ekonoom, dr Roelof Botha, het gesê vir die volhoubaarheid van landbou is dit noodsaaklik om die bedingingsvermoë van organisasies wat landbou se belange en die grondwet beskerm, te versterk. Hy het die landbousektor aangemoedig om navorsing te doen wat die strategiese belangrikheid van landbou te midde van private eiendomsreg uitlig, om die debat te verskuif na die verhoging van voedselsekerheid in Afrika, om internasionale donateurs te betrek wat finansiële en logistieke bystand vir ontwikkelingsprojekte kan verleen en om alternatiewe en pragmatiese oplossings vir grondhervorming aan te bied.

“Die regering moet meer moeite met die SADC-lande doen as om hulle met BRICS op te hou. SADC is ons natuurlike handelsvennote. "Die regering gaan ook moet wakker skrik oor ekonomiese realiteite en behoorlike impakstudies moet doen voor hulle simpel wetgewing deur die parlement sit,” het dr Botha gesê.


NUUS • NEWS

7

3 Augustus 2016

Swartland Skou Skaapboere presteer by 36ste kuddedag 7 tot 10 September 2016

Die gewilde Kuddedag wat die afgelope Vrydag op Malmesbury se landbougronde plaasgevind het, is vanjaar vir die 36ste keer deur die plaaslike landbouvereniging se skaapstudiegroep aangebied. Die dag is goed bygewoon met goeie gehalte ooie. Die geleentheid het vanjaar meer as 150 besoekers ontvang en sowat 50 leerlinge het lesings gedurende die dag bygewoon. Elke deelnemer het weer die geleentheid gekry om homself aan sy mede-deelnemers te meet om te sien waar sy kudde verbeter kan word, wat immers die doel van die evalueringsdag is. Erika Hanekom van die plaas Rhenosterbosrug het vanjaar die trofee vir die

Kampioen Slaglam ontvang. Die lam van 27.1 kg is teen R115/kg deur Peter Naude tydens die jaarlikse slaglamveiling opgeveil. Pieter Dreyer is as die wenner van die Kampioengroepslaglam aangewys. Elandsberg Boerdery buite Hermon, het met die eerste plek onder die prestasietoetsing van merino’s uitgeblink, terwyl die eerste plek van die kudde-evaluering onder die Dohne Merino’s aan Paul Truter van Papkuilsfontein gegaan het. Pieter Dreyer se ooie het ook uitgeblink onder die SA Vleismerino’s. Wilhelm Relihan van Oakvalley het in die Dormer-kategorie eerste plek ontvang. Albertus Heroldt is as die wenner van die Jongkudde-kompetisie vir beste vordering van alle rasse aangewys.

Pieter Dreyer (links) het die trofee vir die kudde-evaluering onder die SA Vleismerino's ontvang. Frederick le Roux (middel) het tweede gekom en Janiel Boerdery het in derde plek geëindig. Dries de Villiers het die toekenning ontvang.

7 tot 10 September 2016

Pieter Naude van Kaapstad (links) het vanjaar die slaglamkampioen (27.1kg) van Erika Hanekom van Rhenosterbosrug teen R115 per kg tydens die slaglamveiling gekoop.

Paul Truter van Papkuilsfontein (links) het die trofee vir die kudde-evaluering onder die Dohne-merino's ontvang met Paul Lambrechts (middel) in tweede plek en Johan Smuts in die derde plek.

Du Toit Dürr (links) oorhandig 'n trofe aan Albertus Heroldt wat as die wenner van die Jongkudde-kompetisie vir die beste vordering van alle rasse aangewys is.

Elandsberg Boerdery (David Cloete) het met die eerste plek onder die prestasietoetsing van merino's uitgeblink met Schalk Brink van Driefontein in die tweede plek en Janneman Louw van Tweekuil in die derde plek. (Juan Louw het die toekenning ontvang).


NUUS • NEWS

8

3 Augustus 2016

7 tot 10 September 2016

Swartland Skou 7 tot 10 September 2016 Groot name by groot skou Vanjaar se Swartland Skou beloof om 'n bielie te wees. Met optredes van bekendes soos Adam Tas en die gewilde Leandi du Randt by die damesoggend die 8ste September tot Desmond Wells, Brendan Peyper, Juan Boucher, Wicus le Roux, Kurt Darren, Joe Foster, Monique, Arno Jordaan en vele meer, sal hierdie fees beslis nie tekort skiet in die vermaak-afdeling nie. Die skou is 'n jaarlikse instelling en daar word van ver gereis om hier deel te neem of om net saam te kuier op die beste manier hoe Swartlanders dit ken. Die Swartland Skou het ontstaan as ‘n klein samekoms van boere in die omgewing wat idees uitgeruil het oor saaimetodes en hoe om beter oesresultate te verseker. In die twintigerjare is die eerste skoubyeenkoms van perde in Hooikraal, noord van Moorreesburg gehou. Die terrein het later te klein geword en is in 1933 as die Moorreesburg Skouvereniging verskuif na die ou amptelike skougronde, oos van Rosenhof by die Piketbergingang. Daar was weinig geriewe en ‘n pawiljoen is opgerig met die kombuis en eetsaal daaronder. Vertoners het self sinkplaat-stalle opgerig en die pluimvee-, vark-, skaap- en beesafdelings saamgeflans. Diere wat geskenk is vir die skou was deur die mans geslag en deur die vroue verwerk. In die buite kombuis was houtstowe waarop alle kosse gaargemaak en brood en roosterkoek gebak is. Hier was dit warm en is baie hard gewerk. Die kroeg was onder die bloekombome. Die huisvlytafdeling was in ‘n klein geboutjie en die dames het destyds baie sterk teen mekaar kompeteer met ‘n hele jaar se insette. Van verskillende soorte tuisgemaakte seep tot plaasprodukte, die ligste pasteideeg en netjiesste naaldwerk- te veel om te noem. Baie dames moes hier punte verwerf vir hul beoordelaarsertifikate as gevolg van die hoë standaarde waaraan hierdie huisvlytafdeling gekoppel was. Die VLV het hierdie gesogte afdeling in samewerking met die skou aangebied. Jare gelede het Ben Mostert met 80 trekperde na die skou gekom, Koos du Toit met 30 perde en Frikkie Serdyn met twee spanne muile plus

nog heelwat ander deelnemers – almal plaaslik. Vandag is daar min plaaslike deelnemers en die voedingsbron is meestal van buite. Die perdeafdeling was ‘n miernes van bedrywighede en die klasse is aangekondig met die klap van ‘n sweep. Dit was nie ongewoon om agt wa-spanne en tienwa-spanne met muile op die Moorreesburg Skou te sien nie. In die vroeë dertigerjare tot die laaste vyftigerjare is trekdiere volop op plase gebruik. Die koms van meganisasie het die trekperd getalle sodanig laat afneem dat dit vandag uitsonderlik is om ‘n wa-span van agtperde op die skou te sien -‘n tradisie wat met alle mag aangemoedig en vertroetel moet word. Huidige skougronde: In 1970 het Gemeenskapbou die ou skougronde te Rosenhof aangekoop vir die aanbou van ‘n skool, wat nooit gerealiseer het nie. Die huidige skougronde is aangekoop en daar is dadelik begin beplan en gebou. In die jare sewentig het die Malmesbury skou doodgeloop as gevolg van die verkoop van hul skouterrein. ‘n Afvaardiging van Moorreesburg Skou het ampsdraers van Malmesbury gaan spreek om die gemeenskappe byeen te bring en een groot skou aan te bied. Samesprekings was positief en daar is besluit om die naam Moorreesburg Skougenootskap te verander na Swartland Skou (Moorreesburg) sodat die hele Swartland later geakkommodeer kan word. Malmesbury het later egter weer begin met ‘n eie skou en die beplanning vir ‘n gesamentlike poging het deur die mat geval. Die uiteindelike groei van Swartlandskou Moorreesburg het plaasgevind in 1972 toe die nuwe skougronde, waar vandag nog geskou word, in gebruik geneem is. Die beste geriewe moontlik is geskep met ‘n pragtig uitgelegde skoukompleks. Die hele gemeenskap van Moorreesburg het van toeka tot nou saamgespan en saamgewerk om jaarliks te bou aan die sukses van die skou. ‘n Jonger generasie het oorgeneem en die skou het uitgebrei in alle fasette tot een van die grootste landbou- en landboumasjinerie platteland se skoue in die Suid- en Wes-Kaap.


NUUS • NEWS

9

3 Augustus 2016

7 tot 10 September 2016

Swartland Skou

7 tot 10 September 2016

7 tot 10 September 2016

Swartland Skou

September-maand is Moorreesburg weer duidelik gemerk op die landkaart. Dit is weer tyd om te skou. Swartlandskou Moorreesburg wat vanaf 7 tot 10 September by die plaaslike skougronde plaasvind, is die grootste landbouskou in die Wes-Kaap en spog met ‘n motor-, masjinerie- en landbounywerheid-uitstalling van hoogstaande gehalte. Verskeie kampioenskappe vind plaas met nóg ‘n groter verskeidenheid van binne- en buiteuitstallers. Daar is hope vermaak vir oud en jonk en natuurlik heerlike smulgeregte by kafee, Wyntuin, Veepos, Cattle Inn en Swartland deli/ koffiekroeg. Woensdag – 7 september 2016: Vanjaar se skou skop reeds Woensdag 7 September met ‘n groot ontbyt by Veepos af, terwyl die motor/ masjinerie en landbounywerheid-afdelings reg staan vir besigtiging vir die volle duur van die skou. Dié ontbyt is elke dag beskikbaar. Vanaf 08.30 tot 17.30 vind die Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap Hackneyperdstreekkampioenskappe plaas. Om 11.00 vind

7 tot 10 September 2016

die Slaglam Beoordeling plaas en 13:00 begin die Swartland Streek Jeugskou Kampioenskappe – Cattle Inn en Veepos: Beoordeling van hanteerder van wol- en vleisskaap, boer-, angora- en melkbok, pluimvee en vleisbeeste. Donderdag – 8 September 2016: Om 08:30 skop die jaarlikse Damesdag in die wyntuin af met gaskunstenaars Leandi du Randt, IreneLouise van Wyk, Adam Tas, DIYDeon. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Om 19:00 tree Desmond Welsh & Band en Ivan van der Merwe op teen R30 per persoon. Braaigeregte, hamburger en skyfies en 'n kontantkroeg is beskikbaar. Saterdag 10 September: Vanaf 08:30 vind die intervleisraskampioenskap plaas. Beoordeling op die dag sluit die volgende items is: Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap Hackneyperd streekkampioenskap en

WP Saalperd-streekkampioenskappe Om10:30 is daar vermaak vir die klein span met ‘n opterde deur Tjiff en Tjaff en kulkunstenaar PG Engelbrecht. Verdere optredes vanaf 12:00 sluit Wicus le Roux, Kurt Darren, Demi Lee, Joe Foster, Monique en Arno Jordaan in. Entoesiaste kan vanaf 15:00 nader staan waar ruiters hul staal gaan wys met hul perde. Dit sluit onder meer SA Vlaam wa-spanne van agt in, saalperd-kampioen enkeltuig, hackney grootkampioen-siertuig en vele meer.


10

NUUS • NEWS

3 Augustus 2016


NUUS • NEWS

3 Augustus 2016 Betrekkings Vacancies

AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed. Contact 076 122 9972 for appointment #2345/10

Dankbetuigings Special Thanks

Hiermee my opregte dank aan die Swartland Munisipale Raad en alle inwoners van Wyk 10 te Malmesbury. Dit was vir my 'n voorreg en 'n eer om op die raad te dien, en die belange van Wyk 10 te behartig. Aan my opvolger, Reggie van der Westhuizen - Jy erf die beste wyk in Swartland. Rdl Lionel Traut #2624

Dienste Services ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2393 ----------------------------Architectural Building Plans Design & Drawn Up to Approval Johan – 0740613593 #2620

Gelukwensing Congrats

Mollie #2610 -----------------------------JADENE ESAU Geluk met jou 16de verjaarsdag op 5 Augustus 2016. Van Aunt Anna, Eben, Kayla, Emile en Franklin #2615

RAAI WIE WORD 3 !!! op 3 Augustus Baie geluk met ouma se poplap se verjaarsdag. Mag die Onse Vader jou nog baie jare uitspaar en ouma is baie lief vir jou. Van : Ouma en Oupa #2616

11 uitspaar. Van Antie Tessa, Michael en kinders #2622 -----------------------------Veels geluk Jamie met jou verjaarsdag. God's rykste seëninge op jou pad. Van Makou en kinders #2623

Aan 'n wonderlike suster en tannie. Baie geluk met jou groot dag. God's rykste seëninge op jou pad. Mag God jou jare vervul met alles wat jy Hom in Sy naam vra. Van jou susters Regina, Martha en Kasu Familie #2627

Gesoek Wanted

SHéREEZ TAMREN LATEGAN Baie geluk Ouma se blou bulletjie met jou "crown" verjaardag op 4 Augustus. Baie lief vir jou van Ouma, Oupa, Mammie, Meez, Uncle Lee, Atta en Jordan #2617 -----------------------------Geluk ons engelkind met jou verjaardag. Baie lief vir jou - Uncle Ben, Yvenia en kinders #2618 -----------------------------Geluk met jou verjaarsdag Reez - Boeta Afthen, Amy en kinders. Baie lief vir jou #2619

AANDAG!! WELKOM MEUBELS : Opsoek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/ 084 794 7528 2005/51 -----------------------------Te koop gevra Klerasie, skoene, Linne, breekware, Speelgoed, komberse en handsakke. Kontak: 084 702 3196 #2526/2

Te Huur To Let Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig

#2123/40 -----------------------------Storage facilities (Malmesbury), all sizes from 20m² - 3000m². Small workshops. Office Suite to let – 290m² or portion available as serviced offices. Call Julian – office – 021 712 3782 – E-mail : accountant@qonfirst. co.za #2389 -----------------------------Malmesbury Middedorp : Ruim 2 vertrek kantoor op besige roete. 80 vkm. Bel 083 991 7350 #2625

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur jou geklassifiseerde advertensie na reception@ diecourant. co.za.

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH WESFLEUR HOSPITAL

PROFESSIONAL NURSE GRADE 1 TO 2 (SPECIALTY: THEATRE) Remuneration: Grade 1: R317 271 (PN-B1) per annum Grade 2: R390 216 (PN-B2) per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 19 August 2016

128171 COURANT ayandambanga.co.za

RAAI WIE WORD 21 OP 5 Augustus 2016 Vandag wil ons jou gelukwens op die mylpaal wat jy behaal het. Ons is trots op jou, en wens jou alle voorspoed toe vir die toekoms. Liefde: Pappie, Mammie, Gershwin en Amy #2612 -----------------------------Baie geluk Gerdwill Le Fleur met jou mondigwording die 5de Augustus. Jy betree nou die grootmens wêreld. Alle heil, seën en voorspoed op jou lewenspad. Van : Marlene, Lize, Claereze, Mella en familie #2613

RAAI WIE WORD 7!! 6 Augustus MIGAILLE & MICKELLE WILLEMSE Baie geluk 2ling met jul verjaarsdag. Mag jule 'n wonderlike dag hê. Van Mammie en Pappie #2626 -----------------------------Veels geluk julle twee en alles wat mooi is vorentoe vir julle - Baie liefde. Van Julle peetma, Tessa #2621 -----------------------------JAMIE STRYDOM Veels geluk Jamie, met jou verjaardag. Mag die Here jou vele jare

Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep. Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap Agri ’n verskeidenheid produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, -besighede en die algemene publiek insluit. Die volgende pos bestaan tans by ons Meganisasie Divisie in Malmesbury:

Werktuigkundige Hierdie pos is ideaal geskik vir ’n vriendelike, toegewyde en onafhanklike persoon wat oor ’n trekkerwerktuigkundige kwalifikasie en goeie rekenaarvaardighede beskik. Aansoekers moet aan die volgende vereistes voldoen: • sterk elektries-hidrouliese agtergrondkennis • ondervinding van ratkas- en enjinherstelwerk • goeie kommunikasievaardighede • die vermoë om onder druk te werk en bereidwilligheid om na ure te werk. Tegniese ondervinding van BRAUD-druiwe-oesmasjiene sal u aansoek versterk. Die aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir die instandhouding en versiening van New Holland-produkte. Belangstellendes is welkom om die Senior Bestuurder: Werkwinkels & Onderdele, mnr Gielie Mocke, by 022 482 8101 vir meer besonderhede te skakel. Om aansoek te doen, stuur asseblief ’n volledige CV per faks na 086 297 9756 of per e-pos na gielie.mocke@kaapagri.co.za Sluitingsdatum: Woensdag,10 Augustus 2016.

Tien jaar oud... God's rykste seëninge op jou lewe... Jy is so 'n woelwater in ons lewe en vul dit elke dag met liefde. Bly die lieflike seun. Lief jou... Van : Mamie Marcha, Nanna en Ouma

Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Kandidate wat dus nie binne vier weke ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Kaap Agri onderskryf die beginsels van Gelyke Indiensneming en behou die reg voor om nie ’n pos te vul nie.

www.kaapagri.co.za

AGRIMARK

AGRILOG FINANSIERINGSDIENSTE PAKMARK

WESGRAAN

MEGANISASIE

128199 www.ayandambanga.co.za


courant

tel 022 487 3221

Koppe stamp: Die wintersportspanne van die Hoërskool Dirkie Uys en Piketberg

Hoërskool het die naweek kragte gemeet. Dirkie Uys het in die o.19A-rugbywedstryd koning gekraai met 29-17. Bo is Aljoe Beziek en Christiaan Bester van Dirkie Uys op die verdediging. Foto: Ghida Visser

Die Derde been van die Weskus Tennis Winter-liga is Saterdag op Malmesbury gespeel. Malmesbury se A- en B-spanne het kragte gemeet teen Drakenstein, Moorreesburg en Vredenburg. Die Winter Liga is 'n verkorte weergawe van “gewone tennis” wat ontwerp is deur Andre Pretorius van Vredenburg. Daar word onder andere net vier potte per wedstryd gespeel en tydens n wedstryd mag n speler vervang word en moet binne 70 minute afgehandel word. Malmesbury se B-span het met een pot teen Moorreesburg se A-span verloor. Die laaste reeks wedstryde van hierdie liga word op Moorreesburg gespeel op 20 Augustus 2016. Bo is Sigrum Sixt in aksie.

• WESBANK KLOP GEDUGTE ST HELENABAAI

Spanne bou momentum Wesbank het Saterdag bewys dat hulle amptelik terug is, ná 'n wisselvallige begin, deur die gedugte St Helenabaai op Malmesbury te klop. Hiermee het die Swartland-span ook wraak geneem vir hul nederlaag in die eerste rondte teen die Weskussers. Van meet af het Wesbank die wedstryd dikteer en gedurende rustyd was dit duidelik dat Wesbank 'n oorwinning op hul agenda het. Wesbank het ook hiermee sy wurggreep vir die tweede plek in die liga bewerkstellig. Saterdag reis Wesbank na Mamre en sal die besoekers hul momentum wil behou. Snaaks genoeg speel Wesbank elke week teen 'n span wat die vorige week teen Saldanha kragte gemeet het. Spanne lyk dus goed teen Saldanha, maar dit wil blyk dat hulle geen woema meer het as hulle teen Wesbank te staan kom nie. Wesbank behoort dus sy goeie tweede rondte voort te sit met 'n gemaklike oorwinning van meer as tien. Moorreesburg speel Saterdag gasheer vir Darling en die tuisspan sal weet dat nog 'n

3 Augustus 2016

3 Augustus 2016

'T20'-tennis:

• Abri Adonis

NUUS • NEWS

SPORT

dié

12

nederlaag hulle lot sal bepaal in die Groot Uitdaag-beker. Moorreesburg sal wil verseker dat hulle die swart mamba se gif vry sal spring in 'n taai westryd. Na ses agtereenvolgende nederlae, het Darling Saterdag weer op die wenpad gekom deur die span van Piketberg gemaklik op hul tuisveld te klop. Darling sukkel tans en weet dat dit meer gaan neem om Moorreesburg op hul tuisveld te troef. Moorreesburg het Saterdag nuwe lewe gekry teen Velddrif. Met die telling op 27-0 in die guns van Velddrif, het toeskouers gedink die koeël is deur die kerk vir die tuisspan. Die gevaarlike agterspelers het egter ander planne gehad toe Flippie Jacobs, Ruan van Rooy en Jehann Bonn met voortreflike rugby vorendag gekom het. Die tuisspan het vier pragdrieë gedruk, maar het steeds vasgeval teen Velddrif wat hul voorsprong behou het. Moorreesburg sal wil bou op die goeie spel en behoort Saterdag dit verder te voer met 'n oorwinning van minder as sewe punte. Never Despair kry Saterdag besoek van 'n Saldanha-span wat grootliks verantwoordelik is vir hul swak seisoen. Toe die spanne in die eerste

rondte ontmoet het, was Never Despair nog goed op dreef. Die nederlaag teen Saldanha was egter die keerpunt van die tier se seisoen. Never Despair het Saterdag na Vredenburg gereis en met 'n nederlaag teruggekeer, terwyl Saldanha gemaklik met Mamre afgereken het. Dis moeilik om 'n opskudding te voorsien met die besoekers wat steeds onoorwonne is. Saldanha behoort weer gemaklik met Never Despair af te reken met meer as 15 punte. Abbotsdale ontvang Saterdag besoek van Piketberg. Piketberg kan nie momentum kry nie en het slegs twee oorwinnings die hele seisoen behaal. Abbotsdale speel baie goeie rugby op hul tuisveld en het al klaargespeel met 'n paar groot kanonne. Abbotsdale sal die wedstryd met groot selfvertroue aanpak om seker te maak hulle bly in 'n gemaklike posisie om volgende jaar in die liga te bly. Piketberg weet dat dit moeilik gaan wees, maar speel steeds soos 'n span met hoop. Abbotsdale behoort die wedstryd gemaklik met meer as tien punte te wen.

R

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka JO 3 1 G Horn 1739.2755; 2 Vrededal Hokke 1735.1072; 3 Bordeaux Lofts 1720.0305; 4 Bordeaux Lofts 1690.1525; 5 Vrededal Hokke 1688.2949; 6 F Meintjes & Seuns 1681.0767; 7 J Steenkamp 1677.2232; 8 C Basson 1675.6071; 9 C Basson 1674.8594; 10 G Horn 1654.3016; Leeu Gamka Ope 3 1 M Hill 1677.9884; 2 C Basson 1664.0184; 3 G Horn 1647.1710; 4 J Steenkamp 1642.3790; 5 J Steenkamp 1629.0983; 6 G Horn 1625.0143; 7 G Horn 1624.5914; 8 F Meintjes & Seuns 1619.7458; 9 G Horn 1619.3929; 10 Bordeaux Lofts 1615.9181; Moorreesburg Posduifklub Leeu Gamka JO 3 1 Boetie & Baron Hokke 1673.5977; 2 Frand Jooste 1646.9831; 3 Frans Jooste 1645.5340; 4 Doornkloof 1642.3111; 5 HMO & Seun 1615.4940; 6 Van der Vyfer Hokke 1600.6811; 7 Boetie & Baron Hokke 1587.7822; 8 Doornkloof 1579.7018; 9 Frikkie Bester 1578.4320; 10 Frikkie Bester 1572.4732 Leeu Gamka Ope 3 1 Yt & Huis 1627.3883; 2 Frikkie Bester 1600.3996; 3 Van der Vyfer Hokke 1597.8100; 4 Frans Jooste 1590.1326, 5 Boetie & Baron Hokke 1576.0453; 6 Doornkloof 1568.4078; 7 Doornkloof 1567.8803; 8 Frans Jooste 1540.4942; 9 Van der Vyfer Hokke 1528.6125; 10 Boetie & Baron Hokke 1511.4533 Riebeek Vallei Wedvlug Klub Beaufort Wes 3 1 Janco Lofts; 2 Alex Fam; 3 Persens Hokke; 4 Mentoor Hokke; 5 James Hokke; 6 Truter Hokke; 7 Boltney Hokke; 8 Janco Lofts; 9 Adams Hokke; 10 Adams Hokke ORPC Duiwe Uitslag : Beaufort Wes 1 Marlon & Brian 1751.607; 2 Mr Zimri 1749.727; 3 Sheldon Bros 1732.145; 4 BG Lofts 1723.532; 5 Kasu & Sons 1688.841; 6 K Edas 1659.515; 7 J Morris 1646.267; 8 D Daniels & Son 1642.999; 9 Stan The Man 1641.915; 10 K Edas 1636.43 Malmesbury Fietsryklub BURGER BERGFIETSUITDAGING 31 JULIE 2016 30km: Christo Fuhri:1h30; Heinrich van Zyl:1h37 50km: Carl Malherbe:2h27(14de); Loch Nel:2h31; Fietie Rotcher:2h31; Thom Orchard:2h50; Jean Coetzee:3h13 60km: Marius de Kock 3h25 Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner – Enkel Stableford George Prinsloo 18; Erich Liebenberg 18; Lindsay Meyer 17; William Matthysen 17 Vrydag Sundowner – Enkel Stableford Frans Destroo 23; George Prinsloo 18; Louis Herman 18; Gielie du Toit 18; Jeffrey van der Merwe 18 Rugby Swartweskus Wesbank 30, St Helenabaai 7; Saldanha 43, Mamre 35; Vredenburg 37, Never Despair 16; Abbotsdale 24, Hopefield 22; Darling 39, Piketberg 29; Velddrif 34, Moorreesburg 27 Witsentraal: Hillcrest United 20, Delicious 10; Roses United 8, Evergreen Paarl 15; Wolseley 19, Newtons 15

109

R

KWV 3 Year Old brandy 750ml

149

Flight of the Fish Eagle Brandy 750ml

R

135

Hunters Dry or Gold Non-returnable Bottles or Cans 12 x 440ml Per Pack

FRWCHS399

PRICES VALID 04 - 07 AUGUST 2016

R

170

Hansa Pilsner Non-returnable Bottles or Cans 24 x 330ml Per Pack

AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks Best Customer 2013 are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. Loyalty Programme 2014 No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. three years in a row 2015

NEW

R

109

Strawberry Lips Strawberry Cream Liqueur 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

R

149 87

Bacardi Carta Blanca or Carta Negra 750ml

R

Count Pushkin Premium Vodka 750ml


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swberg 3 aug 2016 381 by DieCourant - Issuu