c urant
Gratis • Free
64.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
31 Augustus 2016
Uitgawe 385
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•NUWE TOETSE BEVESTIG MINERALE-INHOUD
M’bury-bron ís beste
Toe goewerneur Sir Lowry Cole in 1829 die warmbron besoek het, het hy die plek na sy skoonvader Sir James Harris, die graaf van Malmesbury in Engeland, vernoem en só het dié dorp sy ontstaan gehad. Die NG Kerk het reeds in 1745 ontstaan toe 24 mense wat naby die bron gewoon het (die eerste huise is in ongeveer 1742 hier gebou), die plaas van die weduwee van Piet van der Westhuizen vir 2500 Kaapse Gulde gekoop het. Water uit dié bron, waarvan die oog by die De Bron-winkelsentrum is, is oor die jare verskeie keer getoets. Daar is herhaaldelik bevind dat die helder warm water die hoogste minerale-inhoud vir genesing in die Wes-Kaap bevat. Wyle prof. Paul Daniel Hahn, opvoedkundige chemiese analitikus en professor in skeikunde aan die destydse SA Kollege (nou UK), het bevind dat dié water in dieselfde kategorie val as dié van die water van Aachen in Duitsland, een van die wêreld
bekend as E-coli)-groei in die water is nie, maar die uitslag van die heterotrofiese plaattelling (mikro-organismes wat ’n sigbare kolonie of populasie vorm) en die fekale koliformtoets het aangetoon dat die water nie só onbehandel vir drinkwater geskik is nie. Die Swartland Munisipaliteit het onlangs besluit dat ondernemers kan tender om die reg op dié water. Dié tender sal binnekort geadverteer word. Die perseel by die oog het vroeër (rondom 1750) die kerk se groentetuin gehuisves. Argeologiese toetse op die perseel in 1995 het 500mm diep oorblyfsels van 'n inheems-gemaakte kleipot ontdek wat daarop kan dui dat die inheemse bevolking ook eeue gelede die waterbron besoek het. Die Malmesbury-bron was van die vroegste tye bekend vir die genesing van rumatiek, neuralgie, jig, lumbago en etlike ander velkwale. Dié bron se genesende waarde lê in die alka-
'n Leser van Malmesbury, Maretha Basson, het dié uitknipsel uit Die Landstem (1952) gebring van haar pa Luigi Casaleggio (links) en Dr. Volschenk wat hom met Malmesbury se bronwater behandel het. Die onderskrif lui: Mnr. Casaleggio wat hier met Dr. Volschenk staan en praat, kon 'n paar dae gelede nie loop nie. "Nou het ek die krukke weggegooi," sê hy. Sy familie is die enigste in die land wat die van Casaleggio dra.
Landstem verskyn het. Casaleggio is met sukses hier behandel. Swaelwaterstofgas, wat soos gekookte eier ruik, ontsnap uit die water en verdwyn vinnig as die water staan. Prof. Hahn het destyds in sy ondersoek gesê die gas borrel vrylik op uit die water. Die water, waarvan die pH by 25°C tans 7,86 is, vloei nog standhoudend in die stormwaterstelsel tot in die Dieprivier. Van die vernaamste elemente daarin is stikstof 12 mg/l; litium 0.28 mg/l; silikoon 26 mg/l; boor 0.18 mg/l; kalium 11.57 mg/l; natrium 385.75 mg/l; kalsium 53.42 mg/l; magnesium 3.34 mg/l; swael 18.68 Die ou badhuis op die perseel waar die warmwater-bron se oog is. Verskeie dokters het hier pasiënte mg/l; fluoried 3.4 mg/l en chloried 530 behandel. mg/l. Daar is ook vroeër klein hoeveelhede chroom, kobalt, mangaan, fosfor, liese sulfiede en swaelwaterstofgas wat dit bevat. se bekendste swael-warmwaterbronne. rubidium en strontium in die water aangeteken. Daar was 'n badhuis wat in die middel 1900's Hahn het gesê die water spruit voort uit 'n skeur Mark Boekstein skryf in sy doktorale tesis oor tussen die ondergrondse metamorfiese lei en gra- opgerig is. Dit is later deur die kerk vir 'n tydperk toerisme-bestuur en die potensiaal van warmvan 50 jaar aan 'n Garibaldi Toucher verhuur. nietlae. Die perseel het ook meer as een pastorie ge- bronne in die Wes-Kaap, dat Malmesbury se Die temperatuur van 32°C klassifiseer die bron as warm-louwarm, terwyl die vroeëre studies reeds huisves waarvan die laaste een later 'n losieshuis soutwaterbron naby genoeg is aan Kaapstad vir getoon het dat Malmesbury se bronwater die enig- geword het. 'n Vroeëre pastorie was moontlik daguitstappies. Met sy inhoud behoort die vestiste in die provinsie is waarvan die minerale-inhoud geleë op 'n gedeelte van die huidige Laerskool ging van 'n dermatologiekliniek, ondersoek te word, aldus Boekstein. Hy stel 'n kliniek met enkele meer as 1000mg/l is om volgens Europese stan- Swartland-terrein. Meer as een dokter het vroeër hier pasiënte sowel as meerdaagse behandelings voor. daarde as 'n mineralebron geklassifiseer te word. Sodanige fasiliteit, sê hy, sal bydra tot die vestiDié inhoud word in Europa as die maatstaf beskou met die bron se water behandel. Dr. Francois ging van meer gastehuise en restaurante en die vir 'n erkende medisinale/genesende warmbron. Biccard het in 1867 fasiliteite gebou om pasiënte Ander ontwikkelde bronne in die Wes-Kaap het 'n te behandel. Daar is aanduidings dat die bron se bevordering van toerisme in die algemeen. Naas die warmbron by Citrusdal waarvan die water verder verwarm is vir terapeutise gebruik. telling van so laag as 46mg/l. Dr. Barend du Plessis ('n fisioterapeut en chi- water 43°C en die minerale-inhoud baie laag is, Onlangse toetse het vorige bevindings bevestig dat die water, wat tans nie vir enige doel aange- ropraktisyn) het kort na die Tweede Wêreld-oorlog word dié van Malmesbury as die Weskus se enigste ander noemenswaardige warmbron beskou. wend word nie, hoog is in minerale wat bekend is spreekkamers by die destydse badhuis gehad. *Die water by die meeste ander warmbronne Die homeopaat, dr. Volschenk, het ook pasiënte vir hul terapeutiese en genesende eienskappe. Mikrobiologiesie laboratoriumtoetse het nou hier behandel. Sien knipsel saam met Paarliet Luigi in die Wes-Kaap is warmer as dié van Malmesbury. Sien gebruike vir bronwater op bladsy 3. ook gewys dat daar geen Escherichia coli (beter Casaleggio wat op 8 Maart 1952 in die koerant Die
NUUS • NEWS
31 Augustus 2016
NUUS • NEWS
2
31 Augustus 2016
Basaar:
Die NG Moedergemeente op Malmesbury het die naweek hul jaarlikse steakbraai en basaar gehou. Links is Truter de Kock voor die kole. By hom is Kebe Horne en Henry O'Callaghan. Bo is Damian Brennan en Martie Olivier.
• OPEN EERSDAAGS
Nuwe biblioteek vir Abbotsdale se lesers Die ontwikkeling van die biblioteek op Abbotsdale vorder fluks, sê die Swartland Munisipaliteit. Die konstruksie aan die biblioteek het in Maart vanjaar afgeskop danksy ‘n toelaag van R5 miljoen van die departement van kultuursake en sport wat oor twee finansiële jare plaasvind. Die bouwerk sal na verwagting teen 31 Oktober vanjaar voltooi wees. Die boek gaan deur die Provinsiale Biblioteekdiens aan Abbotsdale se biblioteek voorsien word en die amptelike opening sal plaasvind kort nadat die biblioteek ten volle toegerus is, sê die bestuurder van openbare betrekkinge, biblioteke en toerisme van die Swartland, Ilse Loock. Die dak is reeds opgerig en die kontrakteur begin nou met die volgende fase van die gebou se konstruksie.
Plaaslike arbeid is ook sover moontlik vir die ontwikkeling gebruik. Sekere veranderinge is egter intussen aangebring om die projek meer gepas te maak vir die omgewing, asook die terrein nadat die hellings van die erf sommige uitdagings gebied het. Daar is ook baie water tydens die projek se bouproses bespaar danksy die gebruik van ‘n plaaslike put, voeg Loock by. Sy sê verder die plaaslike jeug gaan ook betrek word. Die jeug gaan eersdaags ‘n mosaiekwerkswinkel bywoon. ‘n Kunstenaar sal dan van die kunswerke wat deur die jeug gemaak is, gebruik en ‘n mosaiek- uitbeelding daarvan op die voorkant van die gebou aanbring. Die deelnemende jeug se kunswerke gaan só verewig word, voeg sy by.
Sing: Die laerskool-koor van Piketberg
Hoërskool het Maandagaand in die Kunstekaap-teater opgetree. Hulle staan onder leiding van Komien van der Westhuizen.
NUUS • NEWS
3
31 Augustus 2016
Koningin:
By Donderdagaand se Presidentsaand van die Malmesbury Skou is vanjaar se Mej Malmesbury Skou gekroon. Bo is Koos O'Kennedy (skoupresident), Hendrik Spies (Old Mutual en borg van die aand), Sanél Simon (derde), Janeez van Wyk (Mej Malmesbury Skou), Danelle Dippenaar (tweede) en Stephan Basson.
•TENDER VIR WATERREGTE EERSDAAGS OOP
Bron se minerale kan genees
Bo: Die warm water is kristalhelder. Mense praat van die water en die wonderlike inhoud, maar dit is tot vandag steeds nie vir toerisme aangewend nie. Toe besluit die uwe om maar sommer weer 'n paar toetse te laat doen en seker te maak of dit regtig so is. Met 'n termometer en drie warmflesse het ons hier afgesit na die mangat by die De Bron-sentrum om 'n monster van dié bron se water te neem. Die sentrum is daar gebou, maar die warmbron is met 'n serwituut uitgehou. As 'n inkommer op Malmesbury ná die dae wat daar nog ou geboue, swembaddens, palmbome en 'n oop oog was, wou die uwe graag die water van hierdie 'helende' bron sien. Moet sê, het darem al van tyd tot tyd die swawel-klankie gekry as ek daar beweeg en die weer en klimaat reg was. Onder die deksel kom 'n paar pype bymekaar met glashelder warm water wat uit die een vloei reguit na die klein stormwatertonnel wat uiteindelik in die Dieprivier uitloop. Dadelik die temperatuur gemeet (dié is later deur die laboratorium as 32°C bevestig) gou-gou met die water, wat ligweg die reuk van gerasperde gekookte eier dra, weg na die laboratorium. En Bingo!!! Die water is inderdaad hoog in genesende stowwe. Dit het 'n hoë soutinhoud.
Van die vernaamste elemente daarin en hul helende waarde (volgens Mark Boekstein) is: Natrium - (volgens Mark Boekstein) – speel saam met ander elektroliete soos kalium 'n rol in die regulering van osmotiese druk en die waterbalans in die liggaam. Dit help ook om die pH-balans te handhaaf, bevorder die werking van senuDie kwik van die terimpulse en die ontmostaat het op 32°C spanning van spiere. gedui. Magnesium is belangrik vir verskeie ensieme wat die liggaamsfunksies soos proteïenen energievervaardiging beheer, die funksionering van die senustelsel en spiere soos die hart en is ook noodsaaklik vir die vorming van been en tande. Dit help ook die verharding van are voorkom. Kalium help met die oordra van senu-impulse, asook die regulering van die balans van minerale en bloeddruk. Kalsium is noodsaaklik in die vorming van been en tande, dit speel 'n rol in lewerfunksie en die deurlaatbaarheid van selmembrane. Kalsiumryke water word ook aanbeveel vir groeiende kinders, swanger vroue, ouer mense en die bekamping van osteoporose. Onlangse studies verbind kalsium ook met bloeddrukbeheer. Dit help ook saam met magnesium in die vervaardiging van impuls-geleiers en kan gebruik word in die behandeling van depressie. Chloried help om die liggaamsvloeistowwe binne en buite selle te reguleer, speel 'n rol in spysvertering en die opname van voedingstowwe. Dit help ook in die versending van impulse na en van die brein. Fluoried is belangrik in die vorming van tandemalje en in 'n klein mate ook in die vertraging van tandverval asook die instandhouding van beenstruktuur. Sulfate in badwater dien as 'n vel-stimulant. Die waarde van die sulfate hang nou saam met die teenwoordig-
heid van ander elemente soos natriumsulfaat (stimuleer galafskeiding en help met ander lewer- en galkwale); magnesiumsulfaat (epsomsout) versag en krimp vel en help die vel om sy vog te behou. 'n Bad in alkaliese water dra by tot bloedsirkulasie veral dié in ledemate en word aanbeveel vir mense met hoë bloeddruk en matige aterosklerose/verharding van die are. Boor help reguleer die liggaam se opname van kalsium, fosfor, en magnesium. Dit word aangedui as 'n element vir die behandeling van rumatoïede artritis en osteoprose omdat dit effektiewe klasiumintegrasie aanhelp. Boor dra ook by tot breinfunksie, kognitiewe prestasie en hand-oogkoördinasie, konsentrasie en korttermyn-geheue. Silikon is 'n belangrike bestanddeel van kollageen, die stof wat selle bind, is noodsaaklik vir die elastisiteit van die vel en vir gesonder hare en naels. In sy boek The thermal waters of the Union of South Africa (1949) skryf Leslie Errol Kent dat Malesbury se water ook 'n hoë radio-aktiewe inhoud (986 Bq/l) het. Becquerel (vernoem na die Nobelpryswenner Henri Becquerel) is die eenheid om radio-aktiwiteit te meet.
Ekonoom deel sy kennis Dawie Maree, ekonoom van FNB, sal op 13 September sy kennis en insig oor die ekonomiese toestand van die land met die lede van die Malmesbury Sakekamer deel. Dié vergadering word om 18:30 by die Oloksaal van die Hoërskool Swartland gehou. • Intussen stroom die nominasies vir die Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie reeds in. Besoek www.sakekamer.co.za om jou nominasie te laat geld.
courant Goeie sportmangees is
dié
4
altyd die wenner
Daardie reuk... Die onmiskenbare reuk van die water van Malmesbury se warmbron. Die reuk steek vas in jou geheue as jou neusvleuels eers daarmee kennis gemaak het. Vir jare is daar gewonder en bespiegel, kopgekrap oor die waarde van die water wat onder die dorp vloei. Nou is dit swart op wit. Hierdie water is die beste in die Wes-Kaap. Helende kwaliteite. Lank gelede het kenners in die mediese wêreld hul behandelings hierop gebaseer. Vandag is dit iets wat so af en toe onthou word. Af en toe oor gepraat word. In die kantoor van die courant het daar 'n groot opgewondenheid geheers toe die monsters geneem is. Nog groter was die opgewondenheid toe Maretha Basson by ons kom inloer met 'n koerantknipsel van toenterjare van haar oorlede pa wat met die einste water behandel en genees is. Die hoogtepunt was egter toe die uitslae kom... Nou wat gaan ons nou doen? Wel, dit is nou in die ontwikkelaars se hande en wat hulle kan doen, maar iets moet sekerlik gedoen word. Op ander plekke, selfs oorsee, het dorpe rondom hierdie minerale bronne ontstaan. Dink net watter ekonomiese inspuiting sal dit vir die gemeenskap inhou. Dit kan ons help bou aan die identiteit waarna ons so soek. Die warm, helder water van die warmbron sluimer, maar hy slaap nooit. Hy wag net om ontwikkel te word en die tyd het nou aangebreek.
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Dit neem alle vorme aan, soos klei onder 'n seël Die Here antwoord Job in hoofstuk ag en dertig uit 'n storm. Waar was Job toe die Here die aarde gemaak het? Wie het sy afmetings bepaal? Wie het sy fondament klippe ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? Wie het die see ingesluit en ‘n grens daarvoor daargestel? Die Here antwoord self vir Job, hierdie skepping het vorm aangeneem soos klei onder ‘n seël. Die vormlose klei het geen nut gehad totdat dit vorm aangeneem het en ‘n kontrak bekragtig het, of ‘n dokument verseël het. Ons lees ook in die boek van Ester dat koning Ahasveros sy seëlring van sy vinger afgehaal en aan Hamman gegee het. Daarmee kon Hamman in die naam van die koning briewe skryf en uitstuur. Nadat Hamman se bose planne deur koningin Ester uitgewys is, is die ring van Hamman verwyder en aan Mordegai die Jood en stiefvader van Ester gegee, waardeur hulle briewe in die naam van die koning geskryf het en die Joodse volk van ondergang gered het. In die tweede brief van Paulus aan die Korinthiërs skryf hy dat as ons in Christus is, is ons ‘n nuwe skepping, kyk dit het alles nuut geword. Soos die klei onder die seël. So het ons ook met God se teenwoordigheid waarde gekry om Sy getuies te wees.
NUUS • NEWS
Kuier en wen met Lollos
31 Augustus 2016
Die gewilde kinderreeks-figuur, Lollos, besoek eersdaags die Swartland en sal sy lag op Malmesbury kom soek in sy vertoning vir Skaterlag 8. Saam met hom is Lettie, Disco en Karla. Lollos het sy lag verloor. Ewe skielik wil sy vlerkies nie meer klap om te kan vlieg nie, nie eers as die kindertjies lag nie! Dit maak vir Lollos baie mismoedig. Lettie en Disco moet gou ‘n plan beraam om weer Lollos se lag terug te kry. Hulle vra vir Karla om saam met hulle ‘n kompetisie te hou om iemand te vind wat weer Lollos se lagsnare sal kan kielie. Intussen skaterlag die gehoor op die ritme van skreeusnaakse nuwe Lollos-liedjies en hulle kan beslis ook weer die ou bekendes verwag in ‘n opgewekte vertoning met lekker gehoordeelname. Sal Lollos weer sy lag vind? Kom help hom asb soek! Lollos sal op 17 September om 10:00 na sy lag soek in die De Bron-teater op Malmesbury. Vir meer inligting, kontak info@lomatrio.co.za of skakel 082 410 7682. Bietjie meer oor Lollos 8 – Skaterlag: • dié courant gee saam met die organiseerders twee splinternuwe Lollos 8-CD's weg. Staan ook 'n kans om 'n dubbelkaartjie na die vertoning te wen! Beantwoord die onderstaande vraag en stuur die antwoord saam met jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Maandag 12 September om 12:00.
Vraag: Wat het Lollos verloor?
Matriekafskeid:
Die Hoërskool Dié groep leerders is deur KaapAgri op 'n uitDirkie Uys op Moorreesburg het Saterdag hul matriekafskeid aangebied. Bo is vanjaar stappie na Kaapstad vergesel. Die leerders van Ruststasie Primêr, se hoofseun Stehan Visser met sy metgesel Mount Rough en die Tulbagh VGK Primêr het al die besienswaardighede noukeurig bestudeer. Francis van Heerden. Foto: Ghida Visser
Uitstappie:
Afskeid:
Die matrieks van die Hoërskool Piketberg het die naweek hul matriekafskeid in styl gevier. Links is Adam January (metgesel), Janice January (matriek), Naomi van Heerden (matriek) en William Janse van Rensburg (metgesel). Foto: Marietha Goosen
Road to Kalbaskraal closed
The Kalbaskraal railway crossing on Old Malmesbury Road will be closed this weekend between 8:00 on Saturday, 3 September until 18:00 on Sunday, 4 September 2016. This planned closure forms part of the R104 million Department of Transport and Public Works project to rehabilitate a 16 km stretch of the Old Malmesbury Road between Abbotsdale and Kalbaskraal. Repair work will also be done on bridges, culverts and side drains. While the crossing is closed, Transnet will be working on the railway line and the Department on the approach roads. Local residents will be able to travel through Kalbaskraal along a detour, and it is recommended that other motorists use the N7. Work on the project began in September 2015 and is scheduled for completion in July 2017. A total of 12% of the total value of the contract will be spent on targeted enterprises and 12 000 person-days of work will be created for people from the Swartland municipal area. The Department is aware that roadworks frustrate motorists, but takes all possible steps to minimise inconvenience. Once the project is completed, the 2 900 vehicles using this road every week will greatly benefit from improved travelling conditions.
NUUS • NEWS
5
31 Augustus 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
SPRING DAY PRICE CUTS PnP Oukraal Wors
PnP Uncooked Stewing Beef Bone in
48
54
R
38
R
90
36
R
Per kg
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
95
R
Per kg
PnP NO NAMETM Shredded Tuna in Salt Water 170g
PnP NO NAMETM Large Eggs 24s
All Gold Tomato Sauce 700ml
Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g
R
R
R
R
32
9
Per kg
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each
19
R
90
8
90
R
50
18
17
90
90
First Choice Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
65
R
90
BUY 2 FOR Coca-Cola Regular 2 Litre
25
R
Klipdrift Export Brandy 750ml WAS 125.95
104
R
SAVE 12.90 Liqui-Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each WAS 21.49
15
R
90
SAVE R45 Savanna Light, Dry or Dark Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
224
R
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
BUY ANY 3 FOR
Lay’s Potato Chips Assorted 125g
35
R
44
R
Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
44
R
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
90
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
90
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
127
90
R
THEY’RE LEAVING 31 AUGUST 2016 www.picknpay.co.za
PLEASE RECYCLE CUSTOMER CARE TOLL FREE: 0800 11 22 88 (Landline only. Cellphone rates apply)
PRICES VALID 1 - 4 SEPTEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS115
NUUS • NEWS
6
31 Augustus 2016
Kikker skadu-kolle só op Hoe gemaak met... ...bome plant in September
Dit is alweer September en tradisioneel vier ons Boomplantmaand. Vir vanjaar (2016) is die volgende bome gekies as boom van die jaar: Ficus Thonningii; Gewone Wildevy Maerua Cafra; Gewone Witbos Maerua Angolensis; Knoppiesboontjieboom Al drie hierdie spesies is skaars bome en ek weet nie of hulle so lekker in ons winterreënvalklimaat sal aard nie. Indien jy nie een van hierdie spesies kan vind nie, plant enige boom van jou keuse en wat aan jou spesifieke omstandighede en behoeftes kan voldoen. Ons moet onthou die hoofdoel van bome plant is om ‘n groen fabriek daar te skep wat die baie koolsuurgas kan omsit in suurstof en sodoende laat ons ‘n groen voetspoor na.
Wanneer jy ‘n boom (of selfs ‘n groot struik) moet kies om te plant, is daar ‘n paar dinge waarna jy moet kyk: Hoe groot gaan die boom word. Het ek genoeg plek? Daar is baie bome om van te kies, party groei; • dun en piramidaal, • groot en rond , • hoog met ‘n plat kroon (bv. Doringbome). Is die boom immergroen of bladwisselend want dit gaan ook bepaal of dit aan jou behoeftes sal voldoen. Indien jy skaduwee in die somer soek en son in die winter (soos bv. voor ‘n venster of skuifdeur wat noord front) dan sal ‘n bladwisselende boom perfek wees. Op ‘n grasperk is ‘n bladwisselende boom ook ‘n beter keuse, sodat dit die meeste winterson kan deurlaat, omdat die meeste grasperke nie in skaduwee suksesvol groei nie. Hoe gaan die boom se wortels die onmiddellike omgewing beïnvloed? Daar bestaan ongelukkig geen waarborg vir enige boom se wortel-groei nie. Boomwortels groei eerstens agter water aan. Begin deur die plantgat van die boom reg voor te berei, want dit is die boom se fondament (kom kry by die kwekery ‘n pamflet met al die inligting). Gee die boom genoeg water waar dit geplant is, anders gaan hy dit elders met sy wortels soek. Voorspoed met die uitsoek van jou spesiale boom, lekker tuinmaak. Tuingroete en geniet Lentedag! George Retief
Dit is nie altyd wys om onder groot bome te plant nie. Hulle is mos darem in die eerste plek daar juis vir die skaduwee wat hulle verskaf. Jy kan egter nog steeds ‘n mooi fokuspunt skep deur die verpotte plante en yl grasperk onder hulle te verwyder en dan ‘n mooi, ornamentele deklaag van boombas of klipgruis te gooi en dit netjies te omlyn met houtpale, kitsbeddingrande of selfs spoorwegstawe om die deklaag in posisie te hou. Plaas ‘n mooi tuinbankie onder jou boom en hang daar naby aan ‘n stewige tak ‘n voerbak vir die voëltjies. ‘n Paar mooi klipbakke vol water of selfs ‘n mooi voëlbadjie rond die prentjie af. Nog ‘n maklike manier om tuin onder groot bome te maak, is deur ‘n versameling plantpotte met mooi, skaduliefhebbende plante daarin onder die bome te plaas. Nou kan jy na hartelus tuinmaak met die wete dat jou plante in goeie potgrond kan groei en dat die water en voedingstowwe wat jy gaan toedien, nie deur die boom se wortels verorber sal word nie. Tussen die potte kan jy spoelklippe plaas en ook ‘n mooi, losstaande waterornament of standbeeldjie. Onthou dat skaduplante in die algemeen van baie water hou. Hoewel verdamping nie so vinnig daar plaasvind soos in ‘n sonnige bedding nie, sal dit raadsaam wees om te sorg vir ‘n besproeiingstelsel met spaghetti-pypies na elke pot. Plant potte vol azaleas (Rhododendron
Nuccio’s carnival) – die koningin van al die winterblommers – in jou potte onder skadubome. Om die donkerte van die skadu op te kikker, kan jy struike kies in ‘n bonte verskeidenheid met helder skakerings soos krismisrose vir groot balies of azaleas, katjiepierings, kamelias, Japannese louriere (Aucuba japonica) en Philodendron selloum. Wit en pienk lyk veral mooi in diep skaduwee. As bonus kan die volgende jaarplante, wat ook goed in potte aar, gebruik word: akelei, wasbegonias, feetjieprimula, cineraria, vingerhoedjies, massas impatiens en vergeet-my-nietjies (myosotis) vir ‘n bietjie blou. Blitswenke Koel, vogtige, skadutuine moedig soms ook swamsiektes en ander probleme aan, partykeer as gevolg van swak lugsirkulasie, weens plante wat te na aan mekaar groei, asook humiditeit. Wees maar op die uitkyk vir roeskolle op die blare, poeieragtige meeldou en in die warm maande rooispinnekop en kwaai besmetting van witvlieg. Mosse en alge is ook geneig om in sulke klam toestande oor te neem, veral op die oppervlakke van wandelpaadjies en plaveisel. Skrop maar glyerige gebiede skoon met ‘n kopersulfaatoplossing. Onthou dat oggendson en namiddagskaduwee die meeste plante goed pas as jy dalk onseker is oor plantkeuses vir verskillende tipes skadukolle in die tuin.
Maak jou eie kompos só Dis makliker om jou eie kompos te maak as wat jy dink. Dit is regtig ’n goedvoel-oefening – jou spaar geld en gebruik baie van die afval wat jy andersins sou weggegooi het. Doen dit so: Maak organiese materiaal uit u tuin en kombuis bymekaar. Geskikte tuinmateriaal sluit in blare, gras, onkruid, droë takke en vere van diere. Geskikte kombuismateriaal sluit in vrugte, groente, teesakkies, koffiemoer, koerantpapier, houtas en mis van diere. Kies ’n beskutte skaduplek vir u komposhoop en berei ’n “bed” voor vir die hoop deur ’n laag
takke en fyn takkies op die grond neer te sit om dreinering en lugsirkulasie toe te laat. Sny al die materiaal in klein stukkies en pak dit in lae van 20 cm op die hoop, die droë en nat materiaal om die beurt gebruik. As dit jou eerste komposhoop is, moet jy ’n komposaktiveerder op elke laag sprinkel om die verrottingsproses aan die gang te kry. As jy eers u eie kompos het, kan jy bestaande kompos gebruik om ’n nuwe hoop te aktiveer. Jou kompos behoort binne vier tot vyf maande gereed te wees, net betyds vir jou lenteen someraanplanting. - Stodels
NUUS • NEWS
31 Augustus 2016
Kunste Kaap:
Die Evita’s Darlings Graad R-klas op Darling het besoek afgelê by die Kunste Kaap in Kaapstad om ‘n vertoning van hul leesboek-karakter, Vlooi, te kyk. Minister Anton Bredell het hierdie uitstappie vir dié leerders moontlik gemaak en Estelle Maart, raadslid van wyk 6, het die leerders afgesien. Bo is raadslid Estelle Maart, Nolene Borman (skoolhoof), Nicola Azure en Klaas Philander.
Taste of Darling
The people of Darling always have a spring in their step, but come September, and the onset of Spring, their spring is even more evident, and positively infectious! Visit this town from 2 till 4 September and let get spoiled by a “Taste of Darling”. Enjoy music, food, beer, wine, arts and crafts. Visit the website on www.tasteofdarling.co.za for more info.
7
8
NUUS • NEWS
Goede Hoop Sitrus: 90 Jaar
31 Augustus 2016
Goede Hoop Sitrus: 90 jaar van sappigheid
Goedehoop Citrus Certificate_FA.pdf
1
2016/08/26
Links: Die boorde van Goede Hoop Sitrus bied allerlei lekkertes. Bo: Die produksielyn is in die beginjare 'n miernes van bedrywigheid en personeel.
2:27 PM
In die begin...
C
M
Y
CM
MY
CY
CMY
K
GOEDE HOOP SITRUS 90 JAAR
Uitvoerder van kwaliteit sitrus Capespan is trots om geassosieer te wees met Goede Hoop Sitrus.
Capespan South Africa +27 21 917 2600
www.capespan.com
Jan van Riebeeck het vroeg in 1654 ’n boot na St Helena gestuur om verskeie soorte vrugtebome daar te gaan haal. Gedurende Junie van dieselfde jaar het die boot teruggekeer met die eerste lemoen- en suurlemoenbome aan boord. Van Riebeeck het later in sy dagboek geskryf dat die eerste suurlemoene deur sy vrou op 25 Julie 1661 gepluk is. Heelwat plase is net na 1720 in die Olifantsriviervallei uitgegee en boere het volgens oorvertelling reeds vroeg sitrusbome geplant. Die Burger het in September 1933 berig dat die aanplanting van boorde vir kommersiële doeleindes omstreeks 1875 in aanvang geneem het. Gebaseer op die inhoud van ’n brief van Rudyard Kipling wat gehandel het oor die kwaliteit van die vrugte, is die eerste sitrus in 1902 na Engeland uitgevoer. Die eerste amptelike uitvoere vanaf Suid-Afrika was egter in 1907. Dit blyk te wees dat die eerste lemoene van Citrusdal in 1908 uitgevoer is. Die stigtingsvergadering van “The Good Hope Co-operative Company Limited” is op 5 Mei 1926 gehou. Op 31 Augustus 1926 is die koöperasie
amptelik kragtens die “Co-operative Societies Act” geregistreer. Gedurende 1944 het twee direkteure opdrag gekry om die oprigting van ’n sentrale pakhuis te ondersoek. Die taak is in 1945 afgehandel en nadat daar verslag gedoen is, is eenparig besluit om die pakhuis op te rig. Aansoek om finansiering is in 1946 by die Landbank ingedien. Die aansoek is ongelukkig afgekeur. Die toentertydse voorsitter, Dirk Visser (snr.) het egter ’n plan B gehad. Deur middel van ’n kontak van hom het dit bekend geword dat twee vliegtuig-skure, wat bestem was vir ’n lughawe in Indië, in Kaapstad gewag het om verskeep te word. Die skure was die eiendom van die SA Weermag. Na onderhandelinge is die twee skure by die Weermag gekoop. Die twee skure is vandag nog deel van Goede Hoop Sitrus se ultra-moderne kompleks op Citrusdal. Van die inligting hierbo weergegee kom uit die publikasie, Proe ’n Skyfie van my Lemoen, deur Frans Malherbe
NUUS • NEWS
Goede Hoop Sitrus: 90 Jaar
31 Augustus 2016
Vandag...
Goede Hoop Sitrus (Edms.) Bpk. beskik vandag oor drie pakhuise op Citrusdal, toegerus met die nuutste tegnologie. Die maatskappy het ook ’n vol-filiaal, Citrio Producers and Exporters (Pty) Ltd op Eendekuil, sowat 22 km vanaf Citrusdal. Met sy huidige infrastruktuur kan Goede Hoop Sitrus met gemak tot 115 000 ton vrugte in een seisoen hanteer. Uitvoere beloop ongeveer 4,5 miljoen 15kg kartonne per jaar en uitvoere kan ongestoord na enige land en/of vasteland plaasvind. Die maatskappy poog om aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling te bly en omhels derhalwe die nuutste tegnologie en herwinningsmetodes. Die sukses van Goede Hoop Sitrus berus op die maatskappy se passie vir twee dinge, naamlik, sy mense en sy produk. Die mens is die hartklop en die produk die siel van Goede Hoop Sitrus. Die kern van Goede Hoop Sitrus filosofie is dat ’n produk van superieure gehalte op die onderskeie markte geplaas moet word. Om dit te verseker is die maatskappy aktief betrokke by die produsente tydens die voorbereiding van die oes sowel as tydens die oes-proses. Deur optimale plukvensters te benut verseker die maatskappy ook dat die regte vrugte op die regte tyd in die regte mark is. In die verband speel Goede Hoop Sitrus se landbou-tegniese adviseurs ’n kardinale rol weens hul noue betrokkenheid by die vesti-
ging van wêreldgehalte standaarde en praktyke op plaasvlak ten einde onoortreflike kwaliteit te verseker. Met die oog op gehalte het die maatskappy ’n in-huis versnelde en gesimuleerde proses ontwikkel om die agteruitgang van vrugte na te spoor. Sodoende kan die agteruitgang van vruggehalte in die logistieke ketting voorspel word en pro-aktiewe voorkomende optrede geloods word. Die uiteindelike doel is die verbetering van die gehalte van die vrugte wat die mark bereik. Goede Hoop Sitrus is die grootste diensverskaffer in die omgewing en plaas ’n geweldige hoë premie op die ontwikkeling van mense-kapitaal. Dit is die maatskappy beskou die ontwikkeling van sy mense as ’n waardevolle belegging wat uitstekende opbrengste lewer. Die maatskappy is verteenwoordig in die totale landbou waardeketting. Vanaf primêre verbouing, die verwerking en waardetoevoeging tot verpakking en uiteindelike bemarking van sitrus. Die teenwoordigheid in die totale waardeketting vind gestalte in die maatskappy se belang in Citrus Juices (versappingsaanleg), APL Cartons (verskaffer van kartonne), Cape Fruit Coolers, (verkoelingsdienste) en Goede Hoop Vrugte (bemarking). Die betrokkenheid van Goede Hoop Sitrus het een doelwit voor oë, naamlik, die skepping van welvaart vir al sy belanghebbendes.
9
Bo: Die personeel ondergaan gereeld opleiding om aan die voorpunt van ontwikkeling te bly. Middel: Elke vrug wat die fabriek verlaat, is van hoogstaande gehalte. Regs: Die vrugte word gesorteer en geklas.
NUUS • NEWS
10 Goede Hoop Sitrus: 90 Jaar
31 Augustus 2016
Vandag word die produksielyn deur masjinerie beheer wat alles seepglad laat verloop. Foto’s: Paul Visser, Jaco Wolmarans en Goede Hoop Sitrusargiewe.
Die toekoms...
Die mylpale wat bereik is, is egter die geskiedenis en dien nou as ‘n uitstekende basis vir die toekoms. Om volhoubaarheid en mededingendheid te verseker het Goede Hoop Sitrus baie onlangs sy sogenaamde BIG projek van stapel gestuur. BIG is die akroniem vir Belegging in Groei. Deur middel van hierdie inisiatief probeer Goede Hoop Sitrus sy produsente (en nuwe produsente) aan te moedig om hul aanplantings met nuwerwetse sitruskultivars uit te brei. Dit verleen nie net hulp aan die produsent met die keuse van prima kultivars nie, maar verskaf ook bystand in enige ander vorm, van plant tot drag en daarna. Nuwe produsente is ook welkom om aan die program deel te neem.
Daar is reeds groot belangstelling en deelname van en deur produsente wat nie in tradisionele sitrus areas geleë is. Met dié projek het Goede Hoop Sitrus dit ten doel om produsente se hektare met tot 800ha van die mees gesogte kultivars aan te vul. Dit is die maatskappy se doelwit is om ten alle tye te probeer om die produsent se netto boerdery-inkomste te maksimeer. Goede Hoop Sitrus is besonder trots op die feit dat hulle in dié doelwit slaag. Die puik resultate van die afgelope paar seisoene is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Die SEB-vlak drie-maatskappy se toekoms is inderdaad rooskleurig en hulle is op koers om hul visie, “Ons Laat die Wêreld Sitrus Geniet”, uit te leef.
NUUS • NEWS
Swartland Skou 7 - 10 September
31 Augustus 2016
Die Swartland hou weer skou! 7 tot 10 September
Die Swartlandskou het sy ontstaan te danke aan ‘n handjie vol boere van die ongewing wat idees uitgeruil het oor saaimetodes en hoe om beter oesresultate te verseker. In die twintigerjare is die eerste skoubyeenkoms van perde in Hooikraal, noord van Moorreesburg gehou. Die terrein het later te klein geword en is in 1933 as die Moorreesburg Skouvereniging verskuif na die ou amptelike skougronde, oos van Rosenhof by die Piketberg-ingang. Daar was weinig geriewe en ‘n pawiljoen is opgerig met die kombuis en eetsaal daaronder. Vertoners het tot sinkplaat stalle opgerig vir die pluimvee-, vark-, skaap- en beesafdelings . Jare gelede het Ben Mostert met 80 trekperde na die skou gekom, Koos du Toit met 30 perde en Frikkie Serdyn met twee spanne muile plus nog heel wat ander deelnemers – almal plaaslik. Vandag is daar min plaaslike deelnemers. Dit was nie ongewoon om agt wa-spanne en tienwa-spanne met muile op die Moorreesburgskou te sien nie. In die vroeë dertigerjare tot die laaste vyftigerjare was trekdiere volop op plase gebruik. Die koms van meganisasie het die trekperd getalle laat afneem dat dit vandag uitsonderlik is om ‘n wa-span van agtperde op die skou te sien. ‘n Jonger generasie het oorgeneem en die skou het uitgebrei in alle fasette tot een van die grootste landbou- en landboumasjinerie platteland se skoue in die Suid- en Wes-Kaap. In die vee-afdelings is begin met die aanbied van kampioenskappe waardeur getalle en kwaliteit
verbeter is. Vandag spog Swartlandskou met talle SA Nasionale kampioenskappe wat aangebied word en met enige ander groot skou kan kompeteer. Veeveilings en karkaskompetisies is ook suksesvol en die jaarlikse SKOG-dag, die Damesdag, skooloptredes en stalletjies is tot vandag toe ‘n groot aanwins tot die algehele bywoningstal van die skou. Kom geniet dit saam met ons.
11
12
Swartland Skou 7 - 10 September
NUUS • NEWS
31 Augustus 2016
NUUS • NEWS
Swartland Skou 7 - 10 September
31 Augustus 2016
Hoogtepunte op die skouprogram WOENSDAG – 7 SEPTEMBER 2016 07.30 – 09.00 Ontbyt - Veepos Besigting: Motor/Masjinerie en Landbounywerheid-afdelings 08.30 – 17.30 Nasionale SA Vlaam- en WesKaap Hackneyperd Streekkampioenskappe 11.00 Slaglam Beoordeling – Veilingskrale 13:00 Swartland Streek Jeugskou Kampioenskappe DONDERDAG – 8 SEPTEMBER 2016 08.30 DAMESDAG: - Wyntuin Gaskunstenaars Leandi du Randt, Irene-Louise van Wyk, Adam Tas, DIYDeon Kaartjies beskikbaar - Computicket 09.00 Besigting: Motor/Masjinerie en Landbounywerheid-afdelings 19.00 WYNTUIN: Optrede Desmond Wels & Band en Ivan van der Merwe DJ: Dirkie Gildenhuys Toegang: R30.00 p/p. Braaigeregte, hamburger en skyfies & kontantkroeg beskikbaar
Swartland Skou 7 - 10 September
VRYDAG – 9 SEPTEMBER 2016 Besigtiging: Motor- en landboumasjinerie-afdeling & binne- en buite-stalletjies; pluimvee-beoordeling: Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap hackneyperd-streekkampioenskap, WP saalperd-streekkampioenskappe, herefordstreekkampioenskap, simmentaler Wes- en Suid-Kaap-kampioenskappe, Wes-Kaapse santa gertrudis- kampioenskap; beoordeling van limousine, angus Wes- en Suid-Kaap-
streekskampioenskappe (rooi en swart), Wes-Kaap SA-vleismerino en Wes-Kaap merinokampioenskappe UITSENDING: BOK RADIO 08:30 Landbouseminaar - Wyntuin 11.00 Swartlandskou Veeveiling – Veilingskrale 11.30 Massavertoning – Laerskool Dirkie Uys Optrede Arena: Koetsperde – Piet Serdyn, skoukoningin en prinses, prysoorhandiging - stalletjie wenners; Citrusdal-trompoppies 13.00 Slaglamkarkas-veiling – Veepos 19.00 WYNTUIN: Optrede – Brendan Peyper en Juan Boucher; DJ: Wicus Smit SATERDAG – 10 SEPTEMBER 2016 10.30 WYNTUIN: Optrede Tjiff & Tjaff en kulkunstenaar PG Engelbrecht 12:00-17:30 WYNTUIN: Optredes Wicus le Roux, Kurt Darren, Demi Lee, Joe Foster, Monique, Arno Jordaan 15.00 SA vlaam wa-spanne van 8 - merries, SA vlaam wa-spanne van 8 - hingste, SA vlaam wa-spanne–kampioen 16.00 Saalperd-kampioen 3-gang plesierperd 16:15 Saalperd kampioen enkeltuig 16:30 Hackney groot kampioen siertuig 16:45 Saalperd kampioen 5-gang kinderryperd 17.00 Hackney junior kampioen enkeltuig 4-5jr 17:15 Saalperd kampioen 3-gang 17:30 Hackney groot kampioen enkeltuig (h/m/r) 17:45 Saalperd kampioen 5-gang
13
NUUS • NEWS
14 Swartland Skou 7 - 10 September
Swartlanders presteer by streek-kampioenskappe
Philip de Waal van Locheim Simmentalers buite Moorreesburg, se bul Henro het vanjaar skoonskip gemaak gedurende die Wes-Kaap simmentaler kampioenskappe by George se landbouskou. Die bul is as die penkop, junior en groot kampioen bul aangewys. Die bul is ook as die reserwe junior interras-kampioen bul gekroon. Foto: Jan van Dyk
Lodewyk Lesch van Nooiensdam Simmentalers se jong bul, Joe, het ook koppe laat draai by vanjaar se WesKaap Kampioenskappe op George. Die bul is as reserwe penkop- kampioen, die reserwe junior-kampioen, die reserwe-kampioen, asook die reserwe groot kampioen-bul aangewys. Drie plaaslike vertoners vanuit die Swartland het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap simmentaler kampioenskappe by die George Skou deelgeneem. Die skou het op 25 Augustus afgeskop.
Pieter Loubser van Van-Imhoff Simmentalers buite Malmesbury, se koei Mieke, het vanjaar beoordeelaars by die Wes-Kaap simmentaler-kampioenskappe op George beïndruk nadat sy as die reserwe superkoei, die senior kampioen-koei en die senior koei met die beste uier aangewys is. Die koei is ook as die senior kampioen-koei by die interras-kampioenskappe gekroon. Philip de Waal van Locheim Simmentalers buite Moorreesburg het met die penkop, junior en groot kampioen bul-toekkenning weggestap. Pieter Loubser van Van-Imhoff Simmentalers se koei, Mieke is as die reserwe super-koei, die senior kampioen-koei, asook die senior kampioen-koei onder die interras-kampioenskappe op 26 Augustus aangewys. Die koei het ook die toekenning vir die senior koei met die beste uier ontvang. Loubser het ‘n verdere toekenning met sy bul as blup-kampioen, ontvang. Lodewyk Lesch van Nooiensdam Simmentalers se jong bul, is ook aangewys as die reserwe penkop kampioen-bul, die reserwe junior kampioen-bul, die reserwe blup kampioen-bul, asook die reserwe groot kampioen-bul.
31 Augustus 2016
NUUS • NEWS
31 Augustus 2016 lief vir jou. Van jou Dienste vrou Bawa, Mitchell en Services Berenice ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@abcpartytjies. co.za #2393 ----------------------------BOUPLANNE opgetrek vir goedkeuring, Victoriastraat 983, Chatsworth. Skakel : 078 373 3487 of e-pos : archtdesign580@ gmail.com #2716/1 ---------------------------UITHAAL en verwydering van bye. Kontak Kobus du Plessis by 022 482 2767 / 083 722 7787 #2069/6
Gelukwensing Congrats RAAI WIE WORD SEWE OP 2 SEPTEMBER 2016
Lekker verjaar ma se babbelbekkie en lenteblom. Ma is lief vir jou. Lekker verjaar en geniet jou dag. #2734 -----------------------------Lekker verjaar ons prinses. Hoop jy geniet jou dag. Van jou, ouma Monica, broers en susters #2735 ------------------------------
CHANTELL JACOBS Baie geluk ons pragkind met jou mondigwording op 3 September 2016. God se rykste seëninge. Ons gebed vir jou is Psalm 23 en dat Jesus altyd jou Herder sal wees. Baie liefde: Pa, ma, broers en suster #2736 ------------------------------
MARIA SOSSIE, Baie geluk met Sossie se verjaardag. Mag Sossie lekker verjaar. Baie dankie vir alles wat Sossie vir ny en vir Baas doen. U is ons steunpilaar. Lekker 73 verjaardag hou. Van Theresa, Ben, kinders en Van Reenen Familie #2762 ----------------------------Baie geluk Sossie met die 73ste verjaardag. Sossie moet lekker verjaar. Liefde - Abigail, Brad, Koebal & Kinders - Ses straat se laaities #2763 ------------------------------
JAN, baie geluk met jou verjaarsdag op 2 September. Mag God jou seën en nog ‘n paar jare spaar. Jy is ‘n wonderlike man, pa en oupa. Ons is baie
#2737
CAMERON LOUBSER wat op 30 Augustus drie word. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën, en wees nog altyd so liefdevol. Van: Mammie, Cassidy, Mamma en al die ander in die huis #2738
MAMMA, Baie geluk met jou 68ste verjaardag op 4 September. Mamma is geseën met die ouderdom. Mag God jou in Sy hande toevou en strome van seëninge jou volg. Ons is lief vir Mamma. Van: Bawa, Mitchell en Berenice #2739 -----------------------------ELGAR JUNIOR JAARS
Four Years on the 4th of September 2016. Congratulations big boy as you celebrate your Crown Birthday. Lots of love, From Dad, Mom, Aidan and Mitchelen. #2740 ----------------------------ELGAR JUNIOR JAARS Kyk wie word Vier op 04 September 2016. Geluk met jou kroonverjaarsdag grootseun. Jy moet lekker verjaar. Baie liefde van Ouma Moela en Nannie. #2741 ----------------------------Geluk met jou kroon verjaarsdag op 04 September 2016. Geniet jou daggie. Liefde Maritsa, Ivan, Estelene en Eathan. #2742 ----------------------------RAAI WIE WORD DRIE!!
Geluk Lee-Hagon Hugo met jou kroon-verjaardag op 3 September. Mag daar nog vele verjaarsdae wees. Mag die Here jou altyd in die holte van Sy hand hou. Van : Mammie, Pappie en Johaynnen. #2743 ----------------------------Baie geluk met jou derde verjaarsdag op 3 September. Hoop jy gaan ‘n geseënde dag hê en alles wat mooi is vir jou in die toekoms. Van: Ouma, Vissie, Gino, Kaylim en Chriswin #2744
MARTHINUS HERRINGS Baie geluk pappie met
15 u 75ste verjaarsdag op 29 Augustus. Mag die seën van die Here op u rus. Pa moet lekker verjaar. Ons is lief vir pappie. Van: Doreen, John, Frederick, Theresa en Pieter #2745 ----------------------------29 Augustus Baie geluk oupa Marthinus Herrings met u 75ste verjaarsdag. God’s rykste seën vir die genade jare wat nog oor is. Van: kleinkinders en agter-kleinkinders #2746 ----------------------------Marthinus Herrings Baie geluk met oupa se 75 ste verjaardag op 29 Augustus. Mag God's rykste seën op u rus. Geniet oupa se dag en onthou ons liefde vir u sal nooit vergaan nie. Van : Theresa, Carlo, Fuzlyn, Marchale, Gerswin, Marquit en Carlin #2765 ----------------------------CHRISTOPHER VLOTMAN
Baie geluk met jou verjaarsdag op 24 Augustus. Jy is ‘n ware vriend vir my. Mag die nuwe lewensjaar baie geluk en seëninge bring. Ons is baie lief vir jou. Van: Edwina, Kevin, Chriswin en Kaylim #2747
KEVIN RINKWEST Baie geluk met jou 14de verjaarsdag op 23 Augustus. Ek wens jou alles wat mooi is vir die pad vorentoe. Mammie is baie lief vir jou en sal altyd wees. Van: Edwina Herrings #2748 -----------------------------TAYLOR TITUS
Gelukkige verjaardag ons engel. Van : Ouma en Oupa, Taneil, Dinaline & Tylin #2751
TIAAN PIETERSEN Baie geluk met jou verjaarsdag die 2de September. Mag die Here jou nog vele jare spaar en bly maar die mooi seun wat jy is. Ouma is baie trots op jou, want jy klim net altyd 'n trappie om bo uit te kom. Hou so aan - jy gaan nog eendag baie ver kom. Vertrou net op die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Van Ouma Fien en familie #2752 ----------------------------TIAAN PIETERSEN Baie geluk met jou verjaarsdag. Spreuke 3 vers 6 - "Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelykmaak". Van jou Pa, tannie Denielle,
Lauren, Shamon-Lee, Joeden en Jake #2753 -----------------------------STEFANIS DAVID LEANDER (Mossie)
KEISHA MARKUS, Baie geluk met jou prestasie. Ons is baie trots op jou en jy het ons verras met die twee medaljes wat jy huis toe gebring het. Silwer en brons. Baie liefde : Oupa en Ouma van Riebeek-Wes #2767
Lionel Sheldon, Reggie van der Westhuizen en Bona Skippers. Ons familie waardeer dit opreg en dankie vir die gebede wat julle vir hom gedoen het. Tannie Fien en familie #2759
Te Koop For Sale Passive Slimmer Skudmasjien @ R1000, Antieke Renardi Klavier @R6000. Skakel 082 939 2835 #2766
Sterfgeval Obituary Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons weet almal jy het drie verjaarsdae - een van jou ma, een van veldkonset en een van jou ID en jy word amper 80, en jy staan nie in die kliniek-lyn nie. Jou drie verjaardae in Augustus hou jou blaken gesond . Liefde: Tannie Fien en familie #2755 ----------------------------STEVE EN ANNEMARIE LEANDER - Ons wil net vir ons Hemelse Vader baie dankie sê vir die pragtige seun wat die Here vir hulle mee geseën het. Mag hy vir julle baie vreugde en geluk bring. Tannie Fien en familie #2756 ----------------------------RAAI WIE IS SES
Tannie se lente blom. Geluk met jou sesde verjaarsdag op 1 September. Van: Tannie en Hillario #2757 ----------------------------Veels geluk Ouma se poeksie met jou sesde verjaarsdag, Mag daar nog vele wees en mag die Here jou ryklik seën. Geniet jou dag. Van: Ouma Pearly #2758
HAIZEL ARENDSE Baie geluk met jou verjaarsdag. Net goedheid en guns sal jou volg al die dae van jou lewe. Hou maar altyd daardie glimlag op jou gesig. Van jou vriendin Fien, Conray en Peejay #2760 -----------------------------
MACDONALD JANTJIES 31 Augustus - Baie geluk met jou mondigwording. Ons gebed vir jou is Prediker 11 vers 9. Ons is baie lief vir jou. Van jou ma, suster, tannie, niggie en neef. Lekker verjaar ons lief. ----------------------------Kyk wie word 21!!!!
Baie geluk Leaton met jou mondigwording. God se rykste seëninge op jou pad vorentoe. Mag jy dit geniet ten volle. Van jou meisie Cleareze
Happy birthday to a wonderful girlfriend. Stay that beautiful and strong person that you are. Love you. From Timo, Zenobia, Tristan and Keagan. #2768 -----------------------------Baie geluk met Mams se verjaardag op 2 September. Mammie is 'n vrou wat kan glimlag gedurende Mammie se swaar tye. Weet in Mammie se hart dat Mammie enige iets kan deurstaan. Baie erg lief vir Mammie. Van mammie se meisiekind Zenobia Le Fleur
Memorium In Memoriam
Mamma Lussie : Nege jaar gelede, op 24 Augustus het ons Here haar kom haal. Toe ons afkyk graf toe, en ons kyk weer op toe is daar 'n stem wat sê - Ek het haar by haar naam geroep, sy is myne. Ek het mos gegaan om vir julle plek te berei. En sy is nou veilig in sy arms en sag op sy bors. Dink nog baie aan ma, soms met 'n glimlag en soms met 'n traan. Ons sal die ystervrou nooit vergeet. Sal altyd in ons harte wees. Ma se Josephine Damonse en gesin #2754 ----------------------------CHRISTINA SAULS Gebore 31:08:1942 Oorlede 18:07:2016
Ma, hoe graag sou ons jou wou gelukwens met jou 74 verjaarsdag, maar God het anders besluit. Ons mis jou meer en meer. Dis jou eerste verjaarsdag weg van ons, maar ons gun jou die ewige lewe. Ma jy sal altyd ij ons harte voortleef. Van jou geliefdes - Bets, Anna, broers, skoonsusters, skoonseuns, kleinkinders en agterkleinkinders #2749 -----------------------------CLIVE FREDERIK MAARMAN Gebore 27:08 en Oorlede : 24:08 Dit is nou 12 jaar gelede wat jy van ons weg is, en dit voel soos gister. Dankie vir die Hemelse Vader vir geestelike leiers wat jou na die Here toe gelei het - Pastoor
MA, baie geluk met ma se 67ste verjaardag in die hemel. Die verlange is nog baie groot en so ook die hartseer. Ons praat nog altyd sulke mooi goed van Ma. Baie liefde : kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2764
Te Huur To Let Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/43 Een-vertrek woonstel (bachelor) in Malmesbury te huur @ R2 150,00 per maand. Beskikbaar 1 September 2016. Kontak Monique vir aansoekvorm by 0224821101 #2750
MARGARET ADONIS (Margie) Troosdiens op Woensdag, 31 Augustus om 19:30 by AGS Wesbank en Begrafnis is Saterdag, 3 September 2016 by AGS Wesbank. Besigtiging om 9:00 en diens neem aanvang om 10:00
courant
NUUS • NEWS
31 Augustus 2016
SPORT
dié
16
tel 022 487 3221
Promosie
31 Augustus 2016
Hokkie sorg vir groot aksie
Sportuitslae
Sports results
Malmesbury Posduifklub Victoria Wes JO 1 M Hill 1340.4590; 2 G Horn 1295.4729; 3 C Basson 1294.7432; 4 C Basson 1290.4023; 5 J Steenkamp 1288.7036; 6 G Horn 1287.2700; 7 C Basson 1276.5793; 8 Van Dalen 1272.5249; 9 C Basson 1261.0360; 10 C Basson 1260.8128; Victoria Wes Ope 1 G Horn1255.6377; 2 C Basson 1253.4331; 3 F Meintjes & Seuns 1232.2255; 4 F Meintjes & Seuns 1230.9994; 5 G Horn 1226.7376; 6 C Basson 1225.7600; 7 G Horn 1203.4987; 8 C Basson 1199.0805; 9 J Steenkamp 1197.6686; 10 F Meintjes & Seuns 1192.3614; Moorreesburg Posduifklub Victoria Wes JO2 1 Frans Jooste 1263.4246; 2 Doornkloof 1258.3822; 3 Doornkloof 1214.9765; 4 Doornkloof 1210.2267; 5 Frikkie Bester 1183.9499; 6 Doornkloof 1183.8470; 7 HMO Smit en Seun 1181.4616; 8 Steenekamp Lofts 1160.6234; 9 Hennie Bester en Johan 1111.7899; 10 Frans Jooste 1099.0605 Victoria Wes Ope 2 1 KB en Seun 1239.8674; 2 Van der Vyver Hokke 1236.5788; 3 KB en Seun 1234.9227; 4 HMO Smit en Seun 1217.5037; 5 Yt en Tuis 1210.8468; 6 KB en Seun 1124.5460; 7 Frikkie Bester 1121.5792; 8 HMO Smit en Seun 1102.6104; 9 Frikkie Bester 1102.1662; 10 Doornkloof 1085.1316
Oowinning: Die eerste netbalspan van die Hoërskool Swartland op Malmes-
bury het in hul interskole-stryd teen die span van Hugenote Hoërskool op Wellington 'n reuse-oorwinning van 46-12 behaal. Volgens Maggie Smith, voormalige afrigter van verskeie spanne van dié skool, is dit 'n rekord-telling teen Hugenote. Dié span word met trots geborg deur Malmesbury Pick 'n Pay.
Hokkie: Die Malmesbury Hokkieklub het Saterdag 'n ses-aan-'n-kant-toernooi op dié dorp se astroveld aangebied. Bo sit Elouise Coetzee die bal agterna, terwyl Willy-John Kriel haar probeer stuit.
•PIKETBERG VOLGENDE IN VISIER
Spairs spring relegasie vry
Never Despair het Saterdag op Moorreesburg verseker dat hulle volgende jaar weer in die Groot Uitdaag-beker speel deur die span van Moorreesburg op 'n verrassende wyse te klop. Die span van Moorreesburg het sake in die eerste helfte dikteer en was op pad na 'n broodnodige oorwinning. Never Despair het egter met 'n groot terugveg-poging gekom in die tweede helfte en met is vergoed met 'n volle vyf punte. So het die span ook wraak geneem vir hul eerste rondte nederlaag teen die Samouers. Die skeidsregter se beslissings het nie by almal ewe goed afgegaan nie. Saterdag het Never Despair 'n appeltjie te skil met Piketberg teen wie hulle ook vasgeval het in die eerste rondte. Piketberg wie reeds gerelegeer is weet dat dit weliswaar nie dieselfde tier is teen wie hulle in die eerste rondte te staan gekom het nie. Never Despair behoort hulle segetog voort te sit met 'n gemaklike oorwinning van meer as vyftien. Moorreesburg wie se lot ook reeds bepaal is, reis Saterdag na 'n Mamre-span wie baie moeilik is om te klop op hul tuisveld. Groot spanne het al
reeds harde bene gekou op Mamre. Moorreesburg weet dat 'n oorwinning baie harde werk sal kos en sal dus wil verseker dat hulle Mamre sal troef, wat hulle gemaklik in die eerste rondte geklop het. Mamre, wat verlede jaar gesukkel het, se rugby het hierdie jaar baie verbeter. Moorreesburg is steeds op soek na hulle eerste oorwinning in die tweede rondte en sal dus bietjie eer wil terugwen. Moorreesburg behoort dus hierdie wedstryd met minder as tien punte te wen. Abbotsdale wat Saterdag hul kanse verbrou het vir die uitspeelrondtes, reis Saterdag na die Groot Uitdaag-kampioen Saldanha. Saldanha wat reeds verseker is van die topposisie, het die afgelope paar wedstryde baie kwesbaar gelyk. Abbotsdale sal dus wil sorg vir Saldanha se eerste nederlaag. Saterdag se wedstryd teen Wesbank was net die regte medisyne vir Abbotsdale en behoort die Lillie-span dus vir die grootste opskudding van die seisoen te sorg en Saldanha te klop met minder as tien punte. Met Saldanha reeds die kampioen en die rele-
gasie kompetisie ook iets van die verlede sal alle oë dus op Wesbank, St Helenabaai en Vredenburg wees wie nog almal kans staan om die uitspeelrondtes te haal. Wesbank reis Saterdag na Hopefield. Hopefield het hierdie seisoen groot karakter getoon maar dis moeilik om te voorsien dat hulle enigsins die rooi en wit stoomtrein kan stuit. Wesbank speel weer deesdae voortreflike rugby en sal Saterdag hulle kanse wil lewend hou vir die uitspele deur Hopefield gemaklik te klop met meer as 15 punte. Darling reis Saterdag na St Helenabaai in 'n wedstryd wat die tuisspan ook sal wen om enigsins aanspraak te maak op n uitspeel plek. Darling sal egter hulle buurdorp Wesbank n guns wil bewys deur vir 'n opskudding te sorg aan die kant van die Weskus. Darling behoort Saterdag net-net genoeg skietgoed te hê en St Helenabaai se kanse finaal te eindig met 'n oorwinning van meer as tien punte. - Abri Adonis
Riebeek Vallei Wedvlug Klub Beaufort Wes Derby 1 Janco Lofts; 2 Alex Fam; 3 Janco Lofts; 4 Boltney Lofts; 5 Boltney Lofts; 6 James Hokke; 7 Janco Lofts; 8 Alex Fam; 9 Janco Lofts; 10 Adams Hokke Malmesbury Fietsryklub Dirty Double in Wellington 2:05 Jeanette Orchard(Fietsry 20km 1:17) en Gladys Venter(Trail run 8km 48 min) Elgin Tiletoria MTB 45km Kobus Drotschie 2:39; Marius de Kock 2:39 MALMESBURY Gholfklub Malmesbury 1 Voorgeeliga span is die 2016 Boland Kampioene! Die span (Koos Loubser – Kaptein, Piet Basson, Amos Schreuder, Johann van der Merwe, Guillaume Olivier, Wayne van Tonder en Frans Destroo) het Porterville in the Weskus streek finaal gewen en het laas Saterdag op Robertson teen die ander drie streek wenners gespeel. Malmesbury het al drie die ander spanne gewen; Stellenbosch 4 – 2, Worcester 4 – 2 en Caledon 5 – 1. Woensdag, 24 Augustus - Enkel Stableford 1 Andre Uys 21; 2 Frans Destroo 19; 3 Jacobus Snyders 18; 4 George Prinsloo 17 Vrydag, 26 Augustus - Enkel Stableford 1 George Prinsloo 22; 2 Martell van Lill 19; 3 Jacobus Snyders 19; 4 Herman Treurnich 19 20 Augustus - Beterbal Stableford 1 Lindsay Meyer & William Matthysen 61; 2 Leon Carstens & Thys Esterhuizen 63; Johann Grove & Arnold Grove 65; Ian Adams & Algy Jacobs 65 Rugby GROOT UITDAAGKOMPETISIE Swartweskus Wesbank 41, Abbotsdale 29; Darling 35, Hopefield 32; Never Despair 35, Moorreesburg 29; St Helenabaai 31, Piketberg 25; Velddrif 36, Mamre 25 Witsentraal Roses United 23, Hillcrest United 22; Tulbagh 41, Evergreen Paarl 23