c urant
Gratis • Free
27.6%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
29 Junie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 376
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• KIESERS STEM OP 3 AUGUSTUS
Kandidate bekend
Swartland
Bergrivier
Die aanloop na die 2016 munisipale verkiesing oor 35 dae op 3 Augustus, het gister die volgende fase betree toe die Onafhanklike Verkiesingskommissie die kandidaatlyste gepubliseer het. In die Swartland en Bergrivier is daar onderskeidelik 4 en 5 partye wat sake gaan uitspook, terwyl daar ook onafhanklike kandidate is. Naas die African National Congress (ANC),
die Demokratiese Alliansie (DA) en die Economic Freedom Fighters (EFF) wat op 1 na (EFF in Bergrivier wyk 6) verskillende kandidate in al 19 wyke in dié streek gestel het, is daar die Kaapse Party wat net in die Swartland deelneem, terwyl The Peoples Independent Civic Organisation (TPICO) en die VryheidSfront Plus (VF Plus) in die Bergrivier meeding. Die nommer een-kandidate op elke party se
proporsionele lys is (Swartland) ANC: Desmond Philander; Cape/Kaapse Party: Carlo Viljoen; DA: Tijmen van Essen (huidige burgemeester) en EFF: Lisolomzi Mfutwana en (Bergrivier) ANC: Sammy Claassen, DA: Evert Manuel (huidige burgemeester); EFF: Johannes Lewies; TPICO: Leandro Filander en VF Plus: Andreas de Witt. Sien volledige lyste hiernaas.
NUUS • NEWS
29 Junie 2016
NUUS • NEWS
2
29 Junie 2016
• 'SISTEEM NODIG'
Plaas-veiligheid nou bespreek Fondse vir sport:
Die Swartland Munisipaliteit het Donderdag 'n tjek van R54 000 van minister Anroux Marais (sport en kultuursake) ontvang vir die opknap van netbalbane in Rosenhof op Moorreesburg en Malmesbury-Wes. Sowat R14.9 miljoen is ook bewillig om sport op Chatsworth te bevorder. Hier sal sportgronde vir rugby, sokker, netbal en krieket gebou word. Bo is Samantha May, Marlene van Zyl, Clive Papers, Anroux Marais, Basjan Bezuidenhout, Tijmen van Essen, Letizia Shepherd. Agter is At Botha en Joggie Scholtz.
Die Malmesbury Polisie hoop om sou gou moontlik in gesprek te tree met betrokkenes en veral inwoners op plase en buitewyke oor hul veiligheid en stappe om dit te verseker. Só het woordvoerder, konstabel Hennie Du Randt, aan dié courant gesê na aanleiding van ‘n plaasvoorval die afgelope naweek. “Dit is nodig om weer ‘n sisteem in plek te sit om die polisie se mandaat (volgens die grondwet) dat elke burger die reg het om beskerm te word, na te kom. “Ons is geruime tyd al bekommerd oor dié aspek. Onthou, die destydse kommando’s het hier ‘n groot
rol gespeel en ons moet nou iets kry om daardie rol te vervul.” Du Randt het gesê die inwonertal groei voortdurend en die polisiemag neem nie gelykmatig toe nie en raak dit daarom al moeiliker vir die polisie om die taak alleen te verrig. “Gesprekke in dié verband is nou hoë prioriteit en ons moet onthou ons is ook in ‘n politieke tyd wat sekere misdade kan aanwakker. “Ons wil ook met die plaasboere praat oor vuurwapens en nuwe regulasies en wat hul prakties te doen staan in noodsituasies,” het hy bygevoeg.
Stoepstories: Die plaaslike komediant, Pietman Geldenhuys, het Woensdag saam met Andries Vermeulen dié nuwe reeks, Op die Stoep, bekendgestel. Bo is hy saam met sy vrou, Arné, Hildegard en Jaco Geldenhuys en Saretha en Lodiaan Fouche by die bekendstelling.
Potte:
Die Moorreesburg Rugbyklub het die potte laat prut by hul onlangse familiedag. Klublede en hul families het heerlik saamgekuier en gesmul Links is Dave Cornelius, Essie Symons en Heini Maritz agter die swartpot.
Pannekoek:
Die ACVV Riebeek-Kasteel het Vrydag pannekoeke gebak om fondse in te samel vir 'n 3-jarige kankerlyer van Tzaneen.
NUUS • NEWS
3
29 Junie 2016
• 167.5MM REËN AANGETEKEN
Voëlvlei kan uitbrei danksy Bergrivier Die kapasiteit van die Voëlvleidam, die Swartland se hoofbron van water, kan in die toekoms aansienlik vermeerder as die planne om ‘n keerwal in die Bergrivier te bou en dié water na die dam oor te pomp, realiseer. Volgens die provinsiale departement van waterwese word die moontlikheid sterk oorweeg, om sodoende die water wat van die Bergrivier, sowat 6km vanaf die Voëlvleidam, in die see loop, by dié dam te laat inloop. Die Wes-Kaap Rekonsiliasie-studies het getoon dat daar ‘n behoefte is in die aanpassing van die Wes-Kaap watervoorsieningsisteem. Daar is reeds in Julie 2008 besluit om ondersoek in te stel oor die moontlike uitbouing van die kapasiteit van oppervlak, oftewel damme, se water. Twee opsies het hier ter sprake gekom, naamlik die Bergrivier-Voëlvlei-skema en die Breede-Berg (Michell’s Pass) waterskema.
Altwee hierdie steun op die benutting van die bestaande stoorkapasiteit van die Voëlvleidam asook die bestaande kapasiteit van die Stad Kaapstad se pyplyding vanaf hul waterwerksisteem by die dam tot die Plattekloof-reservour in Kaapstad. Om hierdie egter te verwesenlik, moet die Voëlvleidam se walle gelig word. Die voorgestelde skema behels die uitpomp van water van die Bergrivier in die winter, wanneer die ekologiese watervereistes bereik is. Die Voëlvleidam het ‘n kapasiteit van 158.6 miljoen kubieke meter en is in 1952 opgerig. Dié dam se watervlak staan tans op 27.6% in vergelyking met verlede week se 24.4&. Volgens Wesgraan se syfers, het Riebeek-Wes van die 10de Junie tot die 27de Junie 167.5mm reën ontvang met Piketberg se 137mm, Porterville se 114mm, Darling se 92mm en Malmesbury se 87.5mm.
Snoek en Patat:
Vanjaar se Snoek- en Patatfees op Goedverwacht het weer feesgangers heerlik laat smul aan dié lekkertes. Dié fees is vanjaar vir die 16de keer aangebied, met Christo van der Rheede as beskermheer. Links is Victoria Serjon en Malie Hoffman.
Liplek-lekker nuwe roete vir Porterville-produkte
Die toerismekantoor op Porterville het pas 'n nuwe roete vir dié omgewing bekendgestel. En dit is ‘n mond vol. Die roete, naamlik Proudly Porterville Produce Route, is nie net mooi op die oog nie, maar liplek-lekker ook. Van bier tot proteas kan op dié roete gevind word. Evette Odendal, bestuurder by die Bergrivier Munisipaliteit se toerismekantoor, het met die inisiatief tevore gekom om die plaaslike produsente ‘n hupstoot te gee, maar ook om ‘n bietjie te spog met hul plaaslike produkte. Die roete sluit olywe van die plaas Wêreldsgeluk Landgoed van Willie Duminy in waar die Adanté ekstra verfynde olyfolie geproduseer word. Karin en Hanro Knoetzen se vye onder die handelsmerk Figfun van die plaas Eikenhof, is ‘n moet op enige besoekerslys. Die roete sluit ook die proe van ‘n unieke bierreeks, die Indie Ale van Bernard en Susan Kruger in wat ‘n mikro brouery van hul plaas
Kleineliefde bestuur. Steve Botha se groeiende mikro groente en kruietuin, naamlik Magic Micro Greens bied ‘n insiggewende toer oor die voordele en geheime van die produkte in sy tuin. Fan Olivier van Houdconstant plaas hou ‘n verskeidenheid produkte van sitrus, druiwe en groente in wat nie misgeloop moet word nie. Besoekers sal ook die geleentheid kry om die omgewing se unieke flora te verken. Berghoff Proteas gee ‘n blik op proteas, waar eienaars Marius en Margot Huysamer al sedert 2009 met die blomme boer. En laastens bied die toer ‘n besoek aan die Groot Winterhoek Wildernis area in waar nie net die Wes-Kaap se besonderse fynbos voor kom nie, maar ook die pragtige Disa-blom wat van nader besigtig kan word. Al die produkte op die roete is ook by die plaaslike winkel, Delicious, beskikbaar wat deel uit maak van die roete. ‘n Kaart van die roete, soos bo aangedui, kan van die plaaslike toerismekantoor verkry word.
NUUS • NEWS
courant Jou reg en verantwoordelikheid
29 Junie 2016
dié
4
om te stem
Klank: Die Klankkarnallies van Minet-
Vir soveel jare is daar geveg om die reg om te mag stem. Mense het in opstand gekom, geveg vir wat hulle glo reg is. Nou het ons dit. Ons is almal gelyk en almal het die reg om te stem. Die tafel is gedek. Die speelveld is gelykgemaak. Nou is dit jou verantwoordelikheid om jou reg uit te oefen en te gebruik, nie te misbruik nie. Om te stem is van kardinale belang. Jy mag nie na die tyd ongelukkig wees of kla oor die uiteinde van 'n stemmery, as jy nie jou kruisie getrek het nie. Dan het jy die besluit geneem om stil te bly en moet jy deurentyd daarby hou en die uitslag aanvaar. As jy nie stem nie, mag jy nie kla nie. So, trek jou kruisie op die 3de Augustu
te du Toit-Pearce en Wilana Henn het Donderdag besoek afgeleê by die Laerskool Swartland op Malmesbury met hul Roer jou Litte-produksie. Dié twee is kenners in musiekopvoedkunde en was betrokke by die Universiteit van Stellenbosch se musiekdepartement. Hulle leer die jongklomp op 'n speelse manier van musiekkennis. Ná hul onlangse deelname aan die KKNK, het hul dagboekinskrywings vir besoeke aansienlik gegroei.
Promosie
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Wie sy oortredinge bely Ons wil almal graag vergewe word vir foute en oortredinge. Ons mag selfs dink dat dit nou nie so erg was wat ons fout mee gemaak het nie. In Spreuke hoofstuk agt en twintig vers dertien skryf Salomo dat wie sy sonde wegsteek, moet niks goed te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Jakobus skryf in hoofstuk vyf dat ons ons sondes aan mekaar moet bely en mekaar moet vergewe. Met ander woorde ons sal die sondes of oortreding teenoor die ander party moet bekend maak by die naam, en iets spesifiek bely. Jesus noem in die gebed van Matteus hoofstuk ses, dat ons vergewe word na dieselfde mate waarmee ons ander vergewe. As ons dus nie ander kan vergewe nie kan ons ook nie vergewe word nie. En die vrag van skuld maak ons oneffektief en siek, volgens Jakobus, hoofstuk vyf. Die profeet Jesaja skryf in hoofstuk nege en vyftig dat ons sondes ‘n muur tussen ons en God vorm. Dit sal nie help om te bid dat die Here die muur verwyder nie, ons moet ons sondes bely en daarmee breek, of daarvan afsien sodat ons God se genade kan ontvang en lewe.
Elkana: Die Elkana Kindersorgsentrum
op Malmesbury het Vrydag hul jeugvieringe gehou met sak- en aartappelresies en allerhande lekkernye. Bo wys Shanice van Wyk haar danspassies.
Wenners: RSAM op Malmesbury is aangewys as Santam se Landbou Makelaar van die
jaar vir die Wes-Kaap. Dis die tweede keer in drie jaar dat RSAM hierdie toekenning ontvang. Bo is Ericka Visser en Thys Cronjé met hul toekenning.
NUUS • NEWS
5
29 Junie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
BIRTHDAY PARTY Also at HYPERMARKETS
PnP Lamb Forequarter Pack
79
R
49
Per kg
R PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
PnP Bulk Oukraal Wors Per kg
39
R
49
WHILE STOCKS LAST
BIRT R
E R O T S 38 N I S L A I C E P S F O S D E R D N U H H T I W 90
PnP Uncooked Beef Potjiekos Bone in Per kg
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
Kellogg’s Corn Flakes 750g Value Pack
8890
WAS 40.89
28 NOW
WAS 13.79 NOW 9.90 PnP NO NAMETM Shredded Tuna in Salt Water 170g
20
90
Flora Fat Spread Assorted 500g Tub Each
3890
28
90
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
PnP White Sugar 2.5kg
90
164
R
Bell’s Extra Special Blended Scotch Whisky 750ml
Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g or Regular 250g Refill (Excluding Decaf) Each
184
R
Castle Lite Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml Per Case
Get Double Points PRICE PER NAPPY
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
SAVE R23
– – – – –
BUY ANY 3 FOR
R1.93 R2.19 R2.54 R2.89 R2.89
126
90
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
WAS 64.99 NOW 47.90 Twinsaver 1 Ply White Toilet Tissue 15s
33
R
Cadbury Chocolate Slab Assorted 80g (Excluding Bubbly)
12
90
Coca-Cola Regular, Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Come and enjoy Pick n Pay’s LOW-PRICE PARTY. PLUS stand a chance to WIN A FREE GIFT, just for being a Smart Shopper. Simply swipe your card on payment & check the bottom of your till slip. Valid 23 May – 3 July 2016 Terms and conditions apply. View www.picknpay.co.za E&OE
PRICES VALID 30 JUNE - 3 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. ALWCAL68
NUUS • NEWS
6
29 Junie 2016 Dagboek • Diary • Dagboek • Dagboek • Diary • Dagboek • Dagboek • Diary • Dagboek• Dagboek • Diary • Dagboek • Dagboek • Diary • Dagboek Moorreesburg 12 - 15 Julie - Bergrivier Kanoemarathon 16 Julie - HDU Motorfiets "Fun-duro Navrae : Kontak : 022 433 1072 Youth Summit 29 Junie - Swartland Munisipaliteit in samewerking met verskeie rolspelers. Werklose jeug welkom. Vanaf 10:00 - 15:00 by die Wesbank Gemeenskapsaal. Darling 01 Jul - Linden Youth Choir - 13h00 @ Darling Presbyterian Church, 16 Pastorie Street 09 Jul - Darling Music Experience - 18h00 @ NG Kerk
16 Jul - Celtic Dinner & Dance - 18h30 for 19h00 @ Darling Club 21 Jul - SPCA AGM 2016 at Chicory Cheese at 18h00
Brewery, 48 Caledon Street Enquiries : 021 286 1099
Gouda Hotel 2 Julie - Saarkie Band om 20h00 @ R50 pp. Navrae : 023 232 0212
Celtic Dinner & Dance 16 July - Darling Club - Live Irish music by Shenanigans- 18h30 for 19h00 - Fantastic 3 course Dinner - Tickets R225/person Contact : Dianne 022 492 3361
Riebeek Valley 2 July - Village Market day from 09h00 - 13h00 @ DIY Depot Contact : Cynthia 082 492 8381 / Linda 076 803 7399
Hoërskool Dirkie Uys 22 & 23 Julie -Skoolverjaardagsviering Saterdagaand - buffet en dans @ R180 per persoon Besprekings : Elizna 083 236 3900 / Tossie 083 612 5610
Darling Winter Beer Festival 2 July - Seven Breweries - all locals craft beers, live music and food stores: From 10:00 am to 6pm @ R75,00 at Darling
Malmesbury Distrikte Duiwe-unie 30 Julie - Piekniek Dans met Frontline Dance Band - 19h00 tot laat - Koste is R60,00 (own xyz) by die Wesbank Gemeenskapsaal Navrae kontak : Brian by 072 334 7845 / Larry 074 601 5745
River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914.
Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249.
AGS Corpus Christi, Malmesbury 03 Julie - Sondag oggenddiens om 09:30 met prediker Roderick Onverwacht. Geen aanddiens tydens skoolvakansie Navrae: 073 447 2902.
PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.
Royal Impact Temple Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812
Nissan launches GT-R Drone a special race tuned configuration and low-drag canopy to reach 100kph from a standstill in just 1.3 seconds. To show off the talents of both machines, the GT-R Drone took on the road-going supercar around the challenging Silverstone circuit. Both machines use incredible technology and engineering to extract the maximum performance, both in a straight line and through corners. The
Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za.
Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 3 Julie om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017.
Nissan recently unveiled the GT-R Drone – one of the fastest accelerating FPV (First Person View) racing drones in the world. Built to be able to keep up with the new 2017 Nissan GT-R while filming on the track, the drone features the very latest in performance-enhancing technology, just like its automotive equivalent. Custom designed by World Drone Prix Champions, Tornado XBlades Racing, the GT-R Drone uses
Shofar 26 Junie - Benjamin Sellé (engelse diens) preek om 09:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640.
GT-R car transfers power from its twin-turbocharged 3.8-liter 24-valve V6 to all four wheels; the GT-R Drone delivers incredible acceleration via four propellers mated with 2000kV XNova motors and race specification SkyHero quadcopter frame. The race saw Nissan NISMO driver Ricardo Sanchez take the wheel of the new GT-R with James Bowles, the 2015 British National Drone Racing champion, piloting the GT-R Drone around a purpose-built 1.2-mile course at Silverstone. The new 2017 GT-R represents the most significant changes to the car since the R35 model was
Amarok:
Die span van Rola Volkswagen Malmesbury het Donderdag besoek ontvang van Jaco Steenekamp (hoof uitvoerende beampte van kommersiële voertuie VW), By hom is handelaarshoof Adriaan Vlok (middel) en Marius Claasen (hoof uitvoerende beampte Rola).
House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past. Ken Pattison, 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 aan izelle@ diecourant.co.za gestuur word vir plasing.
first introduced in 2007. Unlike the drone, the GT-R features new aerodynamic features, which are designed to keep it firmly on the ground. While the drone can out accelerate the car, wheels soon catch up with rotors: The GT-R Drone has a top speed of approximately 185kph, versus 315kph for the European model car. Even the incredible four-wheel-drive system of the GT-R can’t match the ultimate agilty of the drone, which is has a turning circle of just 0.3 meters. Its custom setup allows it to perform heartstopping maneuvers with incredible precision and agility.
NUUS • NEWS 29 Junie 2016
7
NUUS • NEWS
8
29 Junie 2016
Klipvlei se blok kraai
Van links staan wingerdboukundige van Leeuwenkuil Claude Uren, bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyfroete Joline Janse van Rensburg, wynmakers van Riebeek Kelder Tarien Hansen en Eric Saayman, eienaar van Panorama-wingerdboerdery op Riebeek-Wes, Van der Byl Brink en boer van Knolfontein buite RiebeekWes Pieter du Toit.
Beste wingerblok gekroon Dit was vanjaar Chenin Blanc se beurt om gevier en natuurlik ook geproe te word by die 2016 VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie se prysuitdeling. Vanjaar se tema was Chenin Blanc-blokke wat vir die vars en vrugtige bottelwynsegment voorberei is. “Hierdie is ’n uitdagende kategorie, aangesien goeie produksie en kwaliteit behaal moet word om volhoubaar te wees,” vertel Hanno van Schalkwyk, VinPro-wingerdboukundige vir dié Swartland en Paarl-streek. Die standaard van al die inskrywings was vanjaar baie hoog met slegs ‘n paar punte verskil. Dit is egter Nicolaas Geldenhuys van Klipvlei buite die Paarl se Chenin-blok wat vanjaar koning gekraai het. Die naaswenner was Jacques de Villiers van Cedar-plaas, Paarl, met Van der Byl Brink van Panorama-wingerdboerdery op Riebeek-Wes in die derde plek. “Die deelnemers het deur innovasie, geskoei op wetenskaplike beginsels, gedemonstreer dat Chenin Blanc suksesvol vir dié doelwit verbou
Van links staan die drie uitblinkers van vanjaar se Vinpro/Winetech Wingerd Blokkompetisie 2016 Van der Byl Brink (derde) van Panorama Wingerdboerdery op Riebeek-Wes, Nicolaas Geldenhuys van Klipvlei wat as die wenner bekroon is en Jacques de Villiers van Ceder-plaas buite die Paarl (2de).
kan word,” sê Van Schalkwyk. Van Schalkwyk sê verder daar is byvoorbeeld gebruik gemaak van verskillende prieelstelsels soos die Smart-Dyson-, vryloot- en heiningstelsels na gelang van omstandighede. Korttermynpraktyke soos snoei, suier en die top van lote is ook aangepas na gelang van die uiteindelike wyndoelwit. Wetenskaplike beginsels is nie nagelaat nie, en besproeiing en bemesting word volgens ontledings gedoen en aanpassings gemaak volgens goeie oordeel om winsgewendheid te verhoog. Braham Oberholzer, ‘n geoloog van Nulandis het onder meer by die prysuitdeling gesê Geldenheys se grond is baie goed versorg en voorberei. Hy het wynprodusente aangemoedig om minder stikstof in die grond te sit vir nog beter hoë kwaliteit druiwe. Die VinPro/Winetech wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel.
NUUS • NEWS
9
29 Junie 2016
koning in Vinpro/Wintech Wingerdblokkompetisie Kultivar groei Dit word al hoe meer bekend dat Suid-Afrika se Chenin Blanc wyn onder van die wêreld se beste pronk. Vanjaar was dit dié kultivar se beurt om as tema vir die Vinpro/Winetech Blokkompetisie te dien. Danie Marais, keldermeester by Windmeul Kelder wat ook by die Chenin Blanc Assosiasie van Suid-Afrika betrokke is, het Woensdag tydens die kompetisie se jaarlikse prysuitdeling op die plaas Klipvlei vertel dat die gebottelde Chenin Blanc wyn met ‘n ongelooflike 48% oor ‘n paar jaar gegroei het. Volgens die Suid-Afrikaanse wynbedryf- en inligtingstelsels (Sawis), is ‘n totaal van sowat 4.3 miljoen Chenin Blanc in 2015 gebottel teenoor 2.9 miljoen in 2010. “Die groei die afgelope vyf jaar is van ‘n lae basis teenoor die Sauvignon en Chardonnay, maar ons baie dankbaar daaroor,” sê Ina Smith van die assosiasie. Marais sê dit is goeie nuus, maar belangriker om in prys te groei eerder as volume. Hy moedig wyndruifprodusente en produsentekelders aan om hoë kwaliteit Chenin Blanc apart te hou van die gemiddelde Chenin Blanc. “Julle moet markte soek en handelsmerke vir die hoër kwaliteit wyn kry vir beter pryse,” sê hy. Hy het by die prysuitdelingsgeleentheid gaste laat proe aan ‘n hoër kwaliteit Chenin Blanc teenoor ‘n gemiddelde kwaliteit en meen daar kan onderskei word. Marais het spesifiek verwys na die hoë protensiaal Chenin Blanc-blokke wat ‘n vars en geurvolle styl, asook ‘n voller, ryp en gehoute styl na vore bring teenoor die gemiddelde wyn wat in volumes voorberei word. “Produsente moet betrokke raak by die waardeketting en die voordeel van die hoë potensiaal wyn aangryp vir beter geleenthede en hoer pryse.”
Braham Oberholzer, geoloog van Nulandis, bespreek die grondgehalte aan besoekers.
NUUS • NEWS
10
Plant jou eie groentetuin
Somtyds kan al die groot woorde wat tuin kenners gebruik nogal oorweldigend wees. Veral as jy al die moets en moenies hoor, en dan besluit ons sommer, nee wat “ek kan nie”. As jy hierdie somer graag ‘n kombuistuintjie wil hê is hierdie ‘n beginpunt vir jou: 1) Kies ‘n stukkie grond waar die honde nie by kan uitkom nie en wat in volson is. Onthou hoe meer son hoe beter. 2) Jy kan ook ‘n pot, ‘n leë emmer of selfs ‘n ou bababadjie gebruik om in te plant as jy nie genoeg tuin spasie het nie. 3) Die grond moet verkieslik gelyk wees (indien moontlik), want so kry al die plantjies ewe veel water. 4) Maak die grond skoon van onkruid en dan besoek jy jou naaste kwekery. 5) Koop saailinge (klein plantjies) van groente waarvan jul hou. Die kwekery sal in voorraad hê presies die soort groente wat nou goed groei en wat werk in jou area, so jy hoef nie eens veel daaroor te wonder nie. 6) Koop ‘n paar Marigold blomplantjies en plant hulle sommer so oral oor in jou tuintjie. Hulle lyk vrolik en hou die goggas weg. 7) Kry ook ‘n paar pietersielie of ander kruieplantjies volgens jou smaak en wat jy sal gebruik. 8) Plant die hele klomp in jou tuin. Jy kan die groente soort by soort hou en die
kruie sommer so oor en weer tussen in plant. 9) Gee genoeg en gereeld water. Aan die begin definitief een keer per dag of elke tweede dag (afhangende van hoe nat jou grond is.) 10) Kry ‘n botteltjie Seagrow en spuit die groente gereeld volgens die brosure daarmee om dit mooi te laat groei. Nou daar het jy dit in 10 reëltjies. Dis maklik. Ja mense gaan vir jou sê sekere plante groei beter as hul by sekere ander plante geplant word, maar weet jy as jy ‘n beginner tuinier is, hou dit vir jouself maklik. Jy gaan buitendien mooi sien wat groei goed in jou tuin en dan sal jy weet vir volgende jaar. Hou net in gedagte dat as jy ‘n klein spasie het, moet jy nie plantjies koop soos pampoen wat sommer ‘n groot deel sal toe rank nie. Hou dan eerder by plantjies soos tamatie, uie, greenpepper en mielies. As jy twyfel vra die kwekery, hulle sal jou ook mooi kan raad gee. Nog ietsie wat ons met jul deel: Jy kan selfs tamatiesaadjies uit die tamaties haal wat jy koop en dit in die grond gooi. Dis regtig nie so moeilik en so wetenskaplik as wat almal voorgee nie. Voorspoed met jou eerste kombuis-tuintjie.
Hoe gemaak ...
29 Junie 2016
... met snoeityd in my tuin?
Wanneer? Rose, vrugtebome, druiwestokke en krismisrose moet in die WINTER gesnoei word, verkieslik middel Julie tot einde Augustus. Indien jy in ‘n area woon waar dit swaar ryp, moet jy selfs nog later snoei. Waarom? Die snoei van dié plante (selfs ook die meeste ander plante) is om die plant jonk, ferm en gesond te hou. Jy verbeter ook die kwaliteit en kwantiteit van die blomme en vrugte. Verder help dit om die grootte, voorkoms en fatsoen van jou struike en bome te beheer en te verbeter. Gereedskap! Gebruik slegs kwaliteit snoeiskêre, ‘n skerp snoeisaag en ‘n paar ordentlike tuinhandskoene sal ook help. NB-NB-NB: Steriliseer jou gereedskap na élke vrugteboom of roosstruik wat jy klaar gesnoei het met kaliumpermanganaat, óf Brandspiritus, óf Dettol. Dit verhoed die verspreiding van virussiektes tussen plante. NOTA: 1 - Jong nuwe hout produseer die beste, so probeer dit behou so ver moontlik. Moenie dit verwar met waterlote of wildelote (by rose) nie. 2 - As jy te veel lote en takke op boom en struik agterlaat, sal daar wel baie blomme en vrugte wees, maar met ‘n kleiner vrug en swakker kwaliteit. 3 - Sodra klaar gesnoei, spuit dadelik met kalk-
swael (een deel per tien dele water) om sluimerende swamsiektes en ander peste te beheer. Daar is nou ook ‘n nuwe produk op die mark, by name Kumulus. 4 - Baie belangrik: Verwyder alle snoeisels, takkies, blare en lote rondom die plante om siekteverspreiding te voorkom. Hoe knip (snoei) ek? 1 - Verwyder alle dooie lote en takke, so ook alle swak en krom takke. 2 - Oorblywende lote word uitgedun en tot plus minus een derde van die oorspronklike lengte teruggeknip. 3 - Swak en minder produktiewe lote word ook verwyder. 4 - NB: Maak alle snitte ongeveer 5mm bo ‘n ogie wat na buite wys. Die snit moet skuins wees na binne, sodat water kan afloop om infeksie te voorkom (sien skets). 5 - Snoeiwonde kan verseël word met ‘tree seal’ of ‘steriseal’. 6 - Hoogstam-rose word ook net soos ‘n bosroos gesnoei.
Voorspoed met die snoeiwerk, dis is nie so moeilik nie! Indien jy nog twyfel, kom besoek ons by die kwekery dat ons vir u kan wys hoe dit gedoen word. Tuingroete George Retief
NUUS • NEWS
11
29 Junie 2016 Betrekking Vacancies
-----------------------------Nathan is 3!
Op soek na Kroeg personeel – Kontak 082 898 9757 / 081 496 5833 #2537
Dienste Services
ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393
Van oumas , Mammie en Pa #2521 -----------------------------Baie geluk CAYLEEN CLEOPAS
Gelukwensing Congrats
3 Julie –
Ons gee alle eer en dank aan God vir 80 jaar wat Hy, Mammie deurgedra en gespaar het. Met baie liefde van Marius, Desire, Shirleen, Roy, Cyril, Rochelle, Warne, Gia, Johan, Samantha, Joshua en Seth. #2528 -----------------------------Dankbare terugblik!!! Veels geluk ons antie met u verjaarsdag op 3 Julie 2016 – Op die vleuels van gebed is jy gedra tot op ‘n volle 80 jaar !! Van al die familie #2529 -----------------------------RAAI WIE RAAK 1 OP DIE 29STE
Baie geluk met jou eerste verjaardag. Jy moet lekker verjaar. Van: Ma, Pa, Ouma, Oupa, Antie’s, Ooms en Familie #2520
met jou opname in die o/16 Vroue rugby wat nou in Welkom is. Ek, Emily Cleopas, wil vir elkeen baie dankie sê vir u ondersteuning in watter vorm ookal. God seën u. #2522 -----------------------------GRACHAN ONVERWACHT – 3 Julie 2016
Baie geluk met jou kroon verjaardag meisiepop. 3 Jaar oud!! Dankie Liewe Jesus dat U ons dogtertjie nog ‘n jaar uitgespaar het. Liefde: Jamy, Graham, Alexis, ouma Ria & ouma Martha #2530 -----------------------------KYK WIE WORD 3!!! Grachan, baie geluk Tannie Lexis se poplap. Jy moet lekker verjaar – Dankie Liewe Jesus – Van: Alexis, Carlton, Amy, Tatum, Keerah, Caryss #2531 ------------------------------
Grachan, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar – Met liefde van Oppelt Familie, Jamy, Wiena, Darra, Ouma, kinders en kleinkinders #2532
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM
MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/48 -----------------------------Te Koop gevra - Klerasie , skoene, Linne, breekware, Speelgoed, komberse en handsakke Kontak : 084 702 3196 #2526
Memorium In 30 Memoriam Junie 2016 CHRISTO-
now but I wasn’t quite as ready to let go as i thought I’d be. Every day I’ve known that this would happen but the finality and reality of it is piercing and I know that death cannot kill my love for my friend...God's garden is now beautiful because He only takes the best... I thank God for your love and life until we meet again...Rest in peace my friend.... from Lizzy, Witny and Family #2525 -----------------------------Vandag ‘n jaar weg van ons, en die gemis nog netso groot. Sal jou nog steeds onthou en mis. Van jou niggie Karen Smit #2533 -----------------------------Jessica Vermaak
LENE JURIES
‘n Jaar van ons geskei op 30 Junie 2016. Die hartseer is groot en ons is gebroke, maar ons vind berusting by God. Dankie vir al die mooi herinneringe. Jou man Chris, kinders en kleinkinders #2523 -----------------------------Die gemis is daar en ons harte is nog seer, maar ons weet dis net tydelik. Rus sag tot ons weer ontmoet. Lategan Familie #2524 -----------------------------CHRISTOLENE JURIES (oumatji) today 1year ago God called your name it still feel so unreal I understand it
28 June 1995 - 18 Aug 2013 My Angel it’s been 3 years since you were taken from us. You would have been 21 today, had you stayed. We miss you more than words can ever explain. Happy Angel Birthday My sweetheart. Love from Daddy, Mommy & Kyle #2527
Te Huur To Let
MALMESBURY * Bachelor woonstel – Sentraal geleë. Koopkrag – R2150 per maand – Onmiddellik beskikbaar * Woonhuis – 4 slaapkamer, 2½ badkamer, goeie ligging – R10400 per maand – Beskikbaar middel Julie. Kontak 082 325 9330 #2536 ------------------------------
Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Onmiddellik Beskikbaar #2340/8 -----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/38
Te Koop Muller – 079 413 2520 For Sale Hoover stofsuier – R300; ¾ base met matras – R650; Dubbelbed base met matras – R950; Ronde tafel met 4 stoele – R550; Spieëlkas met stoel – R800; Pine 2-sitplek tafel – R650; 1 DVD speler (nuut) R400 Malmesbury, Rainierstraat 8E, Müller’s 079 413 2520 #2534 -----------------------------Crazy Fit Machine R1500.00 Twist Sculpt Stepper R450.00 Vibro Shape Professional Slimming Machine R250.00 (or closest offer) Contact: 072 195 4277 #2535
courant
NUUS • NEWS
29 Junie 2016
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
29 Junie 2016
Entries open for PPC Marathon
Beur: Manfred Adams van Abbotsdale Rugbyklub bars deur die verdediging van Darling
se span in Saterdag se wedstryd. Kaptein Lood Lingeveldt van Darling probeer ‘n duikslag uitvoer, terwyl Jon-Pierre Abrahams en John Samuels hand bysit. Abbotsdale het Darling getroef met 19-18. Foto: David Howburgh
Entries for the 31st PPC Riebeeck Bergmarathon officially opened this week. With over 2 500 runners – and walkers – expected to register for this thrilling test of endurance scheduled for Saturday, 6 August 2016. Set in the beautiful Boland town of Riebeek, the annual PPC Riebeeck Bergmarathon provides runners from across the country – and globe – with the ideal excuse to spend a weekend away from home enjoying true Swartland hospitality. With race distances of 42.2km and 21.1km appealing to marathon runners, the 10km run/ walk and 5km fun run will ensure that there’s a distance option for first-time and/or recreational runners too. With a number of sports and popular celebrities already signing-up, runners and walkers are encouraged to visit http://www.ppc.co.za/ sponsorships/riebeeck-bergmarathon/ to enter. “There will be a couple of familiar faces in this year’s crowd – adding an additional element of excitement to the race. We invite everyone to get their entries in early, giving them almost a full two months to get in shape and ready for the 2016 event,” Venter concludes.
Sportuitslae
Sports results
Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka JO 1 1 Vrededal Hokke 1308.3436; 2 Vrededal Hokke 1308.1737; 3 Vrededal Hokke 1245.8143; 4 J Steenkamp 1242.2928; 5 Hayman Familie 1237.0711; 6 Bordeaux Lofts 1231.4031; 7 Bordeaux Lofts 1214.6265; 8 Vrededal Hokke 1213.9896; 9 F Meintjes & Seuns 1206.7242; 10 G Horn 1204.0278; Leeu Gamka Ope 1 1 F Meintjes & Seuns 1247.1277; 2 M Hill 1243.6750; 3 Bordeaux Lofts 1237.9243; 4 Bordeaux Lofts 1235.2120; 5 Vrededal Hokke 1234.9718; 6 F Meintjes & Seuns 1233.4979; 7 F Meintjes & Seuns 1232.8486; 8 G Horn 1229.5647; 9 C Basson 1229.0785; 10 Van Dalen 1226.4862; Omega Racing Pigeon Club Leeu Gamka 1 – 25 Junie 2016 1. Leukes Family 1282.492; 2. Marlon & Brian 1258.911; 3. Sheldon Bros 1246.818; 4. Leukes Family 1246.144; 5. Leukes Family 1245.647; 6. Marlon & Brian 1240.293; 7. K. Edas 1238.143; 8. D. Daniels 1234.753; 9. Marlon & Brian 1233.160; 10.Leukes Family 1232.613 Moorreesburg Wedvlugklub Leeu Gamka JO 1 1 HMO Smit En Seun 1183.5323; 2 Frans Jooste 1180.6047; 3 Frikkie Bester 1180.4938; 4 Frans Jooste 1180.1577; 5 Yt & Tuis 1175.9675; 6 Yt & Tuis 1170.2236; 7 Boetie & Baron Hokke 1149.5704; 8 Frans Jooste 1117.1389; 9 Doornkloof 1111.5827; 10 Steenekamp Lofts 1110.0018 Leeu Gamka Ope 1 1 Frans Jooste Wbu 1293.8872; 2 Frans Jooste 1285.4392; 3 Doornkloof 1282.8013; 4 Doornkloof 1279.2810; 5 Van Der Vyver Hokke 1275.7201; 6 Frans Jooste 1249.8757; 7 Doornkloof 1248.6139; 8 Yt & Tuis 1244.5754; 9 Boetie & Baron Hokke 1230.7938; 10 Doornkloof 1209.3391 Riebeekvallei Wedvlug-klub Leeu Gamka 1 1. Alex Fam; 2. James Hokke; 3. Alex Fam; 4. Alex Fam; 5. Persens Hokke; 6.Alex FAm; 7. Alex Fam; 8. Mentoor Hokke; 9. Truter Hokke; 10. Alex Fam; Malmesbury Gholf Malmesbury Gholfklub WOENSDAG SUNDOWNER Enkel Stableford Piet Basson 21; Herman Treurnich 20; George Prinsloo 17; Lindsay Meyer 17 VRYDAG SUNDOWNER- Gielie du Toit 20; Kwas du Toit 17; Ewald Liedeman 17; George Prinsloo 16; Piet Basson 16 Saterdag - Beterbal Houespel - Piet Basson & Natie Smith 64; Rosco Liedeman & Ian Adams 66; Lindsay Meyer & Oubaas Kroese 67; Johann Ackerman & Paul Hardcastle 67; Gerhard Spangenberg & Oubaas Kroese 68
Boland:
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury is hierdie week gasheer vir die provinsiale o.14 hokkie-toernooi wat op die astro-veld aangebied word. Links is die span van Boland in aksie. Oud-Swartlander, George Sabaggha, is die organiseerder vir Boland.
Moorreesburg Gholfklub (70) Houespel: I. Coutts 68, M. Carr 68, E. Pretorius 70, M. Wiese 70, S. Fourie 74 Rugby SWARTWES GROOTUIDAAG Swartweskus : Vredenburg 51, Samoa 15; Mamre 32, Never DeSpairs 37; Saldanha 29 Piketberg 23; Hopefield 14, St Helena 20; Abbotsdale 19, Darling 18; Wesbank 22, Velddrif 25 Riebeek United A- Villagers Newtown 18-30 Riebeek United B- Villagers Newtown 19-14 Riebeek United
Hamer: Johan Kruger (JK) het ‘n vier-
de plek behaal in die hamergooi item by die 20ste CAA AFRICA Senior Kampioenskappe in Durban met ‘n afstand van 63.04 meter. Die hamer weeg 7.25 kg. As ‘n “nie voltydse atleet” is hy baie tevrede met sy afstand, aangesien hy deelgeneem het teen voltydse atlete. Slegs vyf meter het die eerste vier deelnemers geskei.
Gimkana:
Die eerste Boland Trade Centre Gimkana is Saterdag op Moorreesburg gehou. Geld wat op dié dag ingesamel is, is ten bate van Huis van Heerde-kinderhuis. Foto: Ghida Visser
95
89
R
CELEBRATE
Flying Fish Assorted Non-Returnable Bottles 12 x 330ml
MORE FOR LESS
94
R
Per Pack
Klipdrift Export Brandy 750ml
R
Oelof Bergh Brandy 750ml
164
KWV 5-Year Old Brandy 750ml
128
R
139
R
R
27
R
PRICES VALID 30 JUNE - 1 JULY 2016
FRGTHS648
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Bell’s Extra Special Whisky 750ml
Captain Morgan Spiced Gold Rum 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Sunninghill Old Brown Sherry 750ml