Die courant swberg 28 sept 2016 389

Page 4

courant Toerisme bring die konfyt

dié

4

NUUS • NEWS

28 September 2016

Vriende van Aandskemering reik uit

Die Vriende van Aandskemering-komitee funksioneer op hul eie by Aandskemering. Die doel van die komitee is om die inwoners te bederf en aandag te gee aan hul behoeftes. Die komitee het sedert Augustus weer herlewe en is sedertdien baie bedrywig. Inwoners was gedurende September met 'n luukse bus op uitstappie na Postberg en Langebaan. Vanoggend het 'n groepie vroue van die komitee die inwoners bederf met 'n heerlike tweegang-ontbyt met pragtige gedekte tafels. Die volgende funksie is die opedag waar die komitee ook betrokke is met van die reëlings en dan in November word daar vir inwoners ‘n “High Tea” aangebied en in Desember ‘n familiedag met 'n Kerstema en warm ete. Hierdie groepie dames verteenwoordig al die vriende van Aandskemering en maak staat op ondersteuning en samewerking uit die gemeenskap. VVA samel hul eie fondse in om al hierdie aktiwiteite aan te bied. Vir navrae skakel Mareta Stodart 082 574 0696 (Voorsitter van VVA).

na die brood en botter

Uit 'n vliegtuig hoog in die lug spring die skaduminister van toerisme, James Vos, met 'n slagspreuk op sy hand. #TourismforAll Daar word nou in die Swartland ook R500 000 spandeer om navorsing te doen oor hierdie onderwerp. Daar word nou gesoek na redes hoekom besoekers sal terugkeer na die Swartland. Hoekom sal hulle weer die area besoek en hul geld hier spandeer? Wel, diegene van ons wat hier woon, is steeds hier en kyk nie meer met 'n objektiewe oog na dit wat die area bied nie, al is daar tog so baie uniekhede rondom ons. As jy vandag 'n onderneming het, weet jy dat daar broekskeur-maande is. Dat tye taai is en dat jy alles in jou mag doen om brood en botter na die tafel te bring. Jy kan altyd die konfyt ook kry, dis nou indien jy bietjie buite die boks dink en vir die groeiende mark van toeriste ook voorsiening maak. Toeriste bring die ekstra. Dit waarop jy nie begroot het nie, dit wat jy nie "verwag" of beplan het nie. Dit is die lekker ekstras wat die beursie voller kan maak. Sonder toerisme sal die streek net ineenkrimp en geisoleer word van die res van die wêreld. Hoe lekker is dit nie vir ons om altyd na die ander lande te kyk en te droom om daardie sand onder ons voete te voel nie. Het jy al jou eie streek deurkruis en die reuk van die renosterbos in jou neusvleuels gehad? Lok toerisme hierheen. Bring die voete na ons stukkie paradys, dit kan vir jou en my net voordelig wees. Sorg net dat jy self elke stukkie van die streek verken en ervaar het, soos dit bedoel is om geniet te word.

Malmesbury Skou lok weer talle

Die Malmesbury Skou het die afgelope naweek weer duisende besoekers gelok. Skoupresident Koos O'Kennedy het almal wat tot die sukses bygedra het, bedank. "Ons is tevrede met 'n skou waarvan besoekertalle en syfers gewis nóg beter is as dié van verlede jaar." Right: Mother City Skydiving and the Agricultural Show took James Vos (DA shadow minister for tourism) on his first tandem skydive to view Malmesbury from above. Vos described his jump with instructor Frederik Potgieter as "absolutely incredible. To leap through the sky is the most liberating thing you can do." Bo: Waldo Lotz het gaste by die Damesoggend vermaak met 'n verskeidenheid van gewilde musiek. Links: Marion Holm (links) het by die Damesoggend opgetree. Saam met haar is Madelein Viljoen (organiseerder) en Nelia Kirsch (Pick n Pay borg)

It’s Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Did you know that God knows you? Exodus 33:17-23 “So the LORD said to Moses, ‘I will also do this thing that you have spoken; for you have found grace in My sight, and I know you by name.’ And he said, ‘Please, show me Your glory.’ The glory of God involves the unique and amazing excellence of all that He is! Isaiah explained that God is: “the High and Lofty One Who inhabits eternity, whose name is Holy.” Jeremiah: “Inasmuch as there is none like You, O LORD (You are great, and Your name is great in might), who would not fear You, O King of the nations? For this is Your rightful due. For among all the wise men of the nations, and in all their kingdoms, there is none like You….” Nehemiah “Blessed be Your glorious name, Which is exalted above all blessing and praise! You alone are the LORD; You have made heaven, The heaven of heavens, with all their host, the earth and everything on it, the seas and all that is in them, and You preserve them all. The host of heaven worships You.” Worship the Lord, He is near and listens to your every prayer! If you do not know Him personally - he still knows you! Call upon the Lord and ask for His salvation, forgiveness and blessing. He hears and cares - for YOU!

Regs: Die streekjeugskou is Donderdag gehou. Hier is die wolskaapwenners Elen Dippenaar (junior) en Suzanne Kotze (senior), albei van Swartland, saam met die borg, Rodney Barkhuizen van Corba Vervoer. Onder: JB's Nissan het die prys vir beste motorstalletjie ontvang. Hier is Sienie Koch saam met skoupresident, Koos O'Kennedy.

Bo: Frannie Langenhoven op Natasha van die Desuhanté Vlaamperd-stoet van die eienaar Patat Basson in die Beste Showhack-afdeling. Hierdie was 'n gewilde afdeling en 17 deelnemers het meegeding.

Bo: By die gewilde biefstuk-aand met die orkes Pluk was Marleze de Klerk van Malmesbury Superspar, Andrew Smuts (Skouondervoorsitter) en Hennisie Swanepoel.

Bo: As deel van erfenisdagvieringe is 'n Henk's Vleismark Kekkel en Kraai-braaikompetisie gehou. By die kampioenbraaispan, Maryke Smit en Anet Lambrechts, is Tijmen van Essen (Swartland burgemeester), James Vos (die DA se skaduminister van toerisme) en Koos O'Kennedy (skoupresident). Links: Tossie Weber (regs) van Afgri ontvang die prys vir hul wenuitstalling van skoupresident Koos O'Kennedy en Lappies Labuschagne (uitstalsameroeper). Onder: Wynand Hofmeyr laat loop in die bergfietsprettrap wat deur Malmesbury Fietsryklub aangebied is

Fanie Basson (regs) het die Malmesbury Museum se klei-oskompetisie beoordeel. Saam met hom is Christine van Zyl van die museum. Die wenosse in elke van die drie kategorieë is ingeskryf deur Jalmerou Cloete van Goedehoop Primêr (Graad 1-3), Enwill Baadjies van St Thomas Primêr (Graad 4-5) en Jemidra Jacobs van Riverlands Primêr (Gr 6-7).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.