c urant
Gratis • Free
69.2%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 389
28 September 2016
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Druiwetrossie vier Erfenisdag
Die Druiwetrossie Voorskool en Nasorgsentum op De Hoop plaas, naby Porterville het die afgelope Saterdag Erfenisdag behoorlik gevier. Die skool se nuwe nasorggebou is ook bekendgestel met kleurvolle en kultuurryke feesvieringe. Die ouers en kinders van Druiwetrossie was ingedeel in vier groepe, naamlik die Kaapse Klopse, Mama Afrika, Disco Jive en die Rieldansers. Elke groep was verantwoordelik vir sy eie stalletjie se versiering, geregte en verversings. Elke groep het ook ‘n dansitem uitgevoer, gepas vir die groep se tema. Die Rieldansers het egter gewys hulle kan dans en met die beker weggestap.
•SWAARVOERTUIE OM MALMESBURY HERLEI
Nuwe R45-pad kom Swaarvoertuie sal voortaan van 'n ompad gebruik maak om vanaf die N7 buite Malmesbury toegang tot die Paarl-pad te verkry. Omgewingsmagtiging is onlangs aan die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke toegestaan vir die voltooiing van die plaaslike roete R45 korridor tussen die N7-snelweg en die R46 (Riebeek-Kasteel-pad) buite Malmesbury. Die finale omgewingsimpakevalueringsverslag is verlede Woensdag deur die department van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur. Dié projek behels die roetebepaling en konstruksie van ‘n nuwe pad van ongeveer ses tot agt km lank tussen die R45/N7- kruising en die R45/R46-kruising in die omgewing van Malmesbury. Die projek vorm egter deel van ‘n groter vervoer-infrastruktuursprojek vir ‘n vragroete wat die Weskusstreek en veral die Saldanha industriële-gebied, met die Wes-Kaap se belangrikste vervoerroetes verbind. Ses alternatiewe roetes is oorspronklik geïdentifiseer en oorweeg, waarvan die tweede alternatiewe roete uitgesonder is vir die R45 korridor. (Sien grafiese voorstelling). Die projekgebied bestaan egter uit landbou-
grond en ‘n aantal plaaseiendomme word direk deur die voltooiing van die R45 korridor geraak. Die eiendomme word amper uitsluitlik gebruik vir landbou-doeleindes, wat wingerdbou, koringproduksie en veeteelt insluit. Sewe plase sal volgens die verslag deur die ontwikkelingsprojek geraak word. Volgens Louw Venter van AECOM South Africa, wat deur die Wes-Kaapse regering as die raadgewende ingenieurs aangestel is, word daar nou geleentheid gegee om teen die besluit te appelleer. Indien beswaar aangeteken word, sal dit
eers aangespreek moet word. Louw sê daar sal heelwaarskynlik in November deur hul kliënt, die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, aan hulle opdrag gegee word om met die ontwerp van die pad te begin. Louw kon egter nie sê wanneer daar moontlik met die bou van die pad begin sal word nie. Die publiek het tot 11 Oktober geleentheid om ‘n beswaar in te dien, indien daar teen die besluit áppel aangeteken wil word. Indien meer inligting rakende die appèl proses verlang word, kan Jaap de Villiers by Jaap.DeVilliers@westerncape.gov.za genader word.
NUUS • NEWS
28 September 2016