Skip to main content

Die courant swberg 28 sept 2016 389

Page 1

c urant

Gratis • Free

69.2%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 389

28 September 2016

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Druiwetrossie vier Erfenisdag

Die Druiwetrossie Voorskool en Nasorgsentum op De Hoop plaas, naby Porterville het die afgelope Saterdag Erfenisdag behoorlik gevier. Die skool se nuwe nasorggebou is ook bekendgestel met kleurvolle en kultuurryke feesvieringe. Die ouers en kinders van Druiwetrossie was ingedeel in vier groepe, naamlik die Kaapse Klopse, Mama Afrika, Disco Jive en die Rieldansers. Elke groep was verantwoordelik vir sy eie stalletjie se versiering, geregte en verversings. Elke groep het ook ‘n dansitem uitgevoer, gepas vir die groep se tema. Die Rieldansers het egter gewys hulle kan dans en met die beker weggestap.

•SWAARVOERTUIE OM MALMESBURY HERLEI

Nuwe R45-pad kom Swaarvoertuie sal voortaan van 'n ompad gebruik maak om vanaf die N7 buite Malmesbury toegang tot die Paarl-pad te verkry. Omgewingsmagtiging is onlangs aan die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke toegestaan vir die voltooiing van die plaaslike roete R45 korridor tussen die N7-snelweg en die R46 (Riebeek-Kasteel-pad) buite Malmesbury. Die finale omgewingsimpakevalueringsverslag is verlede Woensdag deur die department van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur. Dié projek behels die roetebepaling en konstruksie van ‘n nuwe pad van ongeveer ses tot agt km lank tussen die R45/N7- kruising en die R45/R46-kruising in die omgewing van Malmesbury. Die projek vorm egter deel van ‘n groter vervoer-infrastruktuursprojek vir ‘n vragroete wat die Weskusstreek en veral die Saldanha industriële-gebied, met die Wes-Kaap se belangrikste vervoerroetes verbind. Ses alternatiewe roetes is oorspronklik geïdentifiseer en oorweeg, waarvan die tweede alternatiewe roete uitgesonder is vir die R45 korridor. (Sien grafiese voorstelling). Die projekgebied bestaan egter uit landbou-

grond en ‘n aantal plaaseiendomme word direk deur die voltooiing van die R45 korridor geraak. Die eiendomme word amper uitsluitlik gebruik vir landbou-doeleindes, wat wingerdbou, koringproduksie en veeteelt insluit. Sewe plase sal volgens die verslag deur die ontwikkelingsprojek geraak word. Volgens Louw Venter van AECOM South Africa, wat deur die Wes-Kaapse regering as die raadgewende ingenieurs aangestel is, word daar nou geleentheid gegee om teen die besluit te appelleer. Indien beswaar aangeteken word, sal dit

eers aangespreek moet word. Louw sê daar sal heelwaarskynlik in November deur hul kliënt, die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, aan hulle opdrag gegee word om met die ontwerp van die pad te begin. Louw kon egter nie sê wanneer daar moontlik met die bou van die pad begin sal word nie. Die publiek het tot 11 Oktober geleentheid om ‘n beswaar in te dien, indien daar teen die besluit áppel aangeteken wil word. Indien meer inligting rakende die appèl proses verlang word, kan Jaap de Villiers by Jaap.DeVilliers@westerncape.gov.za genader word.

NUUS • NEWS

28 September 2016


NUUS • NEWS

2

28 September 2016

Spiesgooi: Die voormalige Amerikaanse spiesgooi-kampioen, Tom Petranof, is tans

met afrigtingsklinieke in die Swartland besig. Petranof is 'n voormalige wêreldrekordhouer met 'n afstand van 99.72m. Sy dogter, Leigh, is ook 'n nasionale spiesgooier. Die vlak 1-kliniek vir beginners vind Donderdag by die Hoërskool Swartland op Malmesbury plaas en vlak 2 vir gevorderde atlete word op môre en Vrydag op Stellenbosch gehou. Kontak 084 517 4692 met navrae.

Multigrade hou sportdag Die multigraad landelike skole in die Swartland het Saterdag 'n suksesvolle sportdag op Malmesbury aangebied om so die ontwikkeling van sport en kultuur onder die leerders te ontwikkel. Die voorsitter van dié organisasie is Alan Felix, hoof van Ruststasie Primêr. Die spanne van Ruststasie, Bloemendal, Goedehoop, Anne Pienaar, Welgemeend, Weltevrede en Koranrug het kragte gemeet.

Konsert:

Die Laerskool Swartland op Malmesbury se grondslagfase-konsert is Maandag, gister en vanaand te sien in dié skool se saal. Hier bring hulle Disney na die Swartland. Bo is Nashli Adriaanse HB du Plessis en Kaydene Lategan in hul uittreksel van die film, Rio.

•OPEDAG GEHOU

Wettige gebruik van water bekyk

Die departement van waterwese en sanitasie het op 23 September ‘n opedag op Malmesbury rakende die Validasie en Verifikasie -projek om bestaande wettige watergebruike te bepaal, aangebied. Dít kom nadat die projek om bestaande wettige watergebruike te bepaal, in Maart vanjaar deur die departement (DWS) in die Berg-Olifants Waterbestuursgebied in die Wes-Kaap van stapel gestuur. Talle inwoners en grondeienaars in die Swartland het Donderdag die opedag in die stadsaal besoek. Die projek is landswyd van stapel gestuur om die wettigheid van watergebruik te bepaal, sê Ashia Petersen, waarnemende uitvoerende hoof van Berg-Olifants Proto-CM. Die Validasie is die tegniese proses waartydens die hoeveelheid water wat elke gebruiker tydens die kwalifiserende periode vir besproeiing gebruik het, bepaal en bevestig word. Die Verifikasieproses wettig en sertifiseer die huidige wettige watergebruik. Die projek maak volgens die departement, voorsiening vir die bewys van wettige watergebruik vir verskeie transaksies, bv. verandering in eienaarskap (eiendomsoordragte), asook bankfinansiering en kontraktuele onderhandelinge

met kliënte. Die projek bied onder meer ook bystand in die begrip van die verband tussen die werklike watergebruik en rekeninge ontvang vir waterbestuurheffings en gee die versekering dat watergebruikers stroomaf nie onwettig die waterbron uitput nie. Sedert die Nasionale Waterwet geïmplementeer is, is alle watergebruikers versoek om hulle watergebruik te registreer om DWS by te staan ten einde inligting ten opsigte van landswye watergebruik te versamel. Die proses alleen kan egter nie die toekoms van gesonde waterbestuur verseker nie. Die registrasie van water is slegs die begin hiervan. Die departement is tans besig om te verseker dat watergebruikers se kontakinligting korrek is, en dat alle watergebruik wettig is. Ongewettigde watergebruik bedreig die billike verdeling en volhoubare bestuur van ons waterbronne. Gegewe die huidige uitdagings in waterbestuur wat die land ondervind, sal validasie en verifikasie help met die uitskakeling van onwettige gebruik van water en potensieel beskikbare water vir nuwe watertoekennings moontlik maak sonder om huidige watergebruikers se toekennings te verminder.

Dürr vertel Sakekamer meer van rooivleis-industrie

John Dürr, voormalige voorsitter van die Rooivleis Produsenteorganisasie (RPO) het gedurende vandeesmaand se Sakekamer-byeenkoms op Malmesbury, besoekers en lede meer kom vertel oor die rooivleis-industrie. dié courant het in die uitgawe wat op 21 September verskyn het, verkeerdelik berig dat die pluimvee se getalle in die land op 24 miljoen staan. Dit is egter die kleinvee se getalle wat tans op 24 miljoen staan. Daar kom sowat 10% van die land se kleinvee

in die Wes-Kaap alleen voor. Volgens Dürr, betaal die produsente wat aan die RPO behoort, statutêre heffings wat gehef word om hoofsaaklik navorsing, verbruikersopvoeding of die opkomende sektor te bevorder. Hy sê dit is onwettig om die diere op die plaas te slag en direk aan die verbruiker te verkoop. Daardie produk voldoen nie aan alle gesondheidsvereistes nie. Dürr sê verder vleispryse kan nog styg, aangesien die vraag na rooivleis styg.


NUUS • NEWS

3

28 September 2016

Nominasies oop vir wykskomitees Die mandaat van Swartland Munisipaliteit vereis dat daar vir elk van die twaalf wyke in die munisipale gebied ‘n wykskomitee ingestel moet word. Die wykskomiteenominasies sluit op Donderdag 29 September. Alle nominasiesvorms moet voor 17:00 by die Munisipale kantore op Malmesbury ingedien

Inspeksie: Op nasionale inspeksiedag het verskillende owerhede in die land saamge-

span om misdaad te bekamp deur groot padblokkades te hou. Op Malmesbury het die verkeer en wetstoepassers, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, departement van binnelandse sake en meer saamgespan om hiervan 'n sukses te maak.

•WAT BRING BESOEKERS TERUG?

Toerisme kry half miljoen se navorsing

Die Swartland gaan eersdaags baie aandag geniet ná ‘n navorsingstudie binne dié streek se toerisme industrie vandeesmaand afgeskop het. Die Swartland se toerismestreek is as die fokus-area vir ‘n navorsingstudie van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gekies. Anchen Ludick toerismebeampte op Malmesbury sê hulle is baie opgewonde oor die projek. “Dit gaan baie beteken vir die streek se toerisme. Ons is baie bevoorreg.” Ludick sê daar is reeds ‘n volledige opname met sowat 300 potensiële besoekers vanuit Kaapstad gedoen wat ‘n breedvoerige vraelys oor die Swartland moes invul. Volgens haar sal dit die gedagtegang van inwoners buite die Swartland teenoor die streek as handelsmerk help bepaal. Die opname sal as ‘n riglyn dien om vas te stel hoe besoekers die Swartland as ‘n toerismebestemming sien en wat hulle sal teruglok na die streek. Die projek wat deur dr. Norbet Haydam van die departement van bemarking by KSUT bestuur word, sal voorlopig oor ses tot nege maande strek. Ludick voeg by dat die navorsingsprojek ten volle deur die KSUT geborg word en na raming sowat R500 000 sal beloop. Die Swartland is onder meer gekies omdat dit die naaste streek buite Kaapstad is. “Kapenaars kan met 'n dagbesoek die Swartland verken,” voeg sy by. Haydam sê verder dat die Swartland ‘n relatiewe onbekende toerismestreek is, wat dit ideaal maak om die diens handelsmerk raamwerk toe te pas. “Met ander woorde, die navorsing sal vasstel wat gekommunikeer moet word aan potensiële besoekers vanuit Kaapstad om die streek net so gewild soos sy kompeterende handelsmerke, naamlik Stellenbosch of die Paarl te maak waar-

heen daar vir ‘n naweek of ‘n dag weg te kan breek.” Hy sê ook die streek sal die meeste voordeel uit die navorsing geniet weens sy onbekendheid. “Ons hoop dat daar met slim bemarking, baie bereik sal word. Dr Pieter Steenkamp, ook van die departement van bemarking, se handelsmerk-model, beter bekend as die servBRAND – raamwerk, gaan onder meer gebruik word om die handelsmerk van die Swartland as toerismebestemming te meet. Daar is onder meer gister begin met groepbesprekings met die komitee van die Swartland Bestemming Bemarkingsorganisasie op Yzerfontein. Soortgelyke besprekings sal op Darling, Riebeek-Kasteel, Malmesbury, Moorreesburg en op Riebeek-Wes volg. Daarna sal dit inwoners van die Swartland se beurt wees waartydens ‘n plaaslike inwonersopname met sowat 200 inwoners gedurende November gedoen sal word. Vrae soos “Hoe sien jy die streek”, “Waarvoor staan dit,” of “ Wat maak dit uniek,” sal byvoorbeeld gevrae word. Sowat 20 toerismebesighede binne die Swartland sal ook binne die nuwe jaar ondervrae word om uit te vind hoe hulle die Swartland handelsmerk beskou. Die navorsingstudie sal afsluit met ongeïdentifiseerde besoekers vanuit Kaapstad wat hul ervaring sal vaslê. Die studie sal luidens ‘n verklaring bepaal presies hoe dit is om die Swartland te besoek. Daar word beplan om voorstelle aan rolspelers wat spruit uit die resultate van die opnames, voor te lê om die toekoms van die handelsmerk “Swartland” te bepaal. “Aan die einde van die dag is die doel van die studies om groter toerisme verkeer van Kaapstad na die Swartland te bring,” sê Haydam.

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!

word. Vir meer inligting kan Nicolette Brand of Samantha Kulsen by 022 487 9400 gekontak word. Besoek gerus ook hul webwerf by www. swartland.org.za vir meer inlitging rakende die reël en prosedures wat die wykskomiteenominasies betref.


courant Toerisme bring die konfyt

dié

4

NUUS • NEWS

28 September 2016

Vriende van Aandskemering reik uit

Die Vriende van Aandskemering-komitee funksioneer op hul eie by Aandskemering. Die doel van die komitee is om die inwoners te bederf en aandag te gee aan hul behoeftes. Die komitee het sedert Augustus weer herlewe en is sedertdien baie bedrywig. Inwoners was gedurende September met 'n luukse bus op uitstappie na Postberg en Langebaan. Vanoggend het 'n groepie vroue van die komitee die inwoners bederf met 'n heerlike tweegang-ontbyt met pragtige gedekte tafels. Die volgende funksie is die opedag waar die komitee ook betrokke is met van die reëlings en dan in November word daar vir inwoners ‘n “High Tea” aangebied en in Desember ‘n familiedag met 'n Kerstema en warm ete. Hierdie groepie dames verteenwoordig al die vriende van Aandskemering en maak staat op ondersteuning en samewerking uit die gemeenskap. VVA samel hul eie fondse in om al hierdie aktiwiteite aan te bied. Vir navrae skakel Mareta Stodart 082 574 0696 (Voorsitter van VVA).

na die brood en botter

Uit 'n vliegtuig hoog in die lug spring die skaduminister van toerisme, James Vos, met 'n slagspreuk op sy hand. #TourismforAll Daar word nou in die Swartland ook R500 000 spandeer om navorsing te doen oor hierdie onderwerp. Daar word nou gesoek na redes hoekom besoekers sal terugkeer na die Swartland. Hoekom sal hulle weer die area besoek en hul geld hier spandeer? Wel, diegene van ons wat hier woon, is steeds hier en kyk nie meer met 'n objektiewe oog na dit wat die area bied nie, al is daar tog so baie uniekhede rondom ons. As jy vandag 'n onderneming het, weet jy dat daar broekskeur-maande is. Dat tye taai is en dat jy alles in jou mag doen om brood en botter na die tafel te bring. Jy kan altyd die konfyt ook kry, dis nou indien jy bietjie buite die boks dink en vir die groeiende mark van toeriste ook voorsiening maak. Toeriste bring die ekstra. Dit waarop jy nie begroot het nie, dit wat jy nie "verwag" of beplan het nie. Dit is die lekker ekstras wat die beursie voller kan maak. Sonder toerisme sal die streek net ineenkrimp en geisoleer word van die res van die wêreld. Hoe lekker is dit nie vir ons om altyd na die ander lande te kyk en te droom om daardie sand onder ons voete te voel nie. Het jy al jou eie streek deurkruis en die reuk van die renosterbos in jou neusvleuels gehad? Lok toerisme hierheen. Bring die voete na ons stukkie paradys, dit kan vir jou en my net voordelig wees. Sorg net dat jy self elke stukkie van die streek verken en ervaar het, soos dit bedoel is om geniet te word.

Malmesbury Skou lok weer talle

Die Malmesbury Skou het die afgelope naweek weer duisende besoekers gelok. Skoupresident Koos O'Kennedy het almal wat tot die sukses bygedra het, bedank. "Ons is tevrede met 'n skou waarvan besoekertalle en syfers gewis nóg beter is as dié van verlede jaar." Right: Mother City Skydiving and the Agricultural Show took James Vos (DA shadow minister for tourism) on his first tandem skydive to view Malmesbury from above. Vos described his jump with instructor Frederik Potgieter as "absolutely incredible. To leap through the sky is the most liberating thing you can do." Bo: Waldo Lotz het gaste by die Damesoggend vermaak met 'n verskeidenheid van gewilde musiek. Links: Marion Holm (links) het by die Damesoggend opgetree. Saam met haar is Madelein Viljoen (organiseerder) en Nelia Kirsch (Pick n Pay borg)

It’s Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Did you know that God knows you? Exodus 33:17-23 “So the LORD said to Moses, ‘I will also do this thing that you have spoken; for you have found grace in My sight, and I know you by name.’ And he said, ‘Please, show me Your glory.’ The glory of God involves the unique and amazing excellence of all that He is! Isaiah explained that God is: “the High and Lofty One Who inhabits eternity, whose name is Holy.” Jeremiah: “Inasmuch as there is none like You, O LORD (You are great, and Your name is great in might), who would not fear You, O King of the nations? For this is Your rightful due. For among all the wise men of the nations, and in all their kingdoms, there is none like You….” Nehemiah “Blessed be Your glorious name, Which is exalted above all blessing and praise! You alone are the LORD; You have made heaven, The heaven of heavens, with all their host, the earth and everything on it, the seas and all that is in them, and You preserve them all. The host of heaven worships You.” Worship the Lord, He is near and listens to your every prayer! If you do not know Him personally - he still knows you! Call upon the Lord and ask for His salvation, forgiveness and blessing. He hears and cares - for YOU!

Regs: Die streekjeugskou is Donderdag gehou. Hier is die wolskaapwenners Elen Dippenaar (junior) en Suzanne Kotze (senior), albei van Swartland, saam met die borg, Rodney Barkhuizen van Corba Vervoer. Onder: JB's Nissan het die prys vir beste motorstalletjie ontvang. Hier is Sienie Koch saam met skoupresident, Koos O'Kennedy.

Bo: Frannie Langenhoven op Natasha van die Desuhanté Vlaamperd-stoet van die eienaar Patat Basson in die Beste Showhack-afdeling. Hierdie was 'n gewilde afdeling en 17 deelnemers het meegeding.

Bo: By die gewilde biefstuk-aand met die orkes Pluk was Marleze de Klerk van Malmesbury Superspar, Andrew Smuts (Skouondervoorsitter) en Hennisie Swanepoel.

Bo: As deel van erfenisdagvieringe is 'n Henk's Vleismark Kekkel en Kraai-braaikompetisie gehou. By die kampioenbraaispan, Maryke Smit en Anet Lambrechts, is Tijmen van Essen (Swartland burgemeester), James Vos (die DA se skaduminister van toerisme) en Koos O'Kennedy (skoupresident). Links: Tossie Weber (regs) van Afgri ontvang die prys vir hul wenuitstalling van skoupresident Koos O'Kennedy en Lappies Labuschagne (uitstalsameroeper). Onder: Wynand Hofmeyr laat loop in die bergfietsprettrap wat deur Malmesbury Fietsryklub aangebied is

Fanie Basson (regs) het die Malmesbury Museum se klei-oskompetisie beoordeel. Saam met hom is Christine van Zyl van die museum. Die wenosse in elke van die drie kategorieë is ingeskryf deur Jalmerou Cloete van Goedehoop Primêr (Graad 1-3), Enwill Baadjies van St Thomas Primêr (Graad 4-5) en Jemidra Jacobs van Riverlands Primêr (Gr 6-7).


NUUS • NEWS

5

28 September 2016

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

WEEKEND SAVINGS 13% OFF 15% OFF

PnP Half Lamb

R

County Fair Fresh Chicken Braaipack 5s or 10s or Chicken Party Braaipack

79

R

Per kg

BUY 3 FOR

38

90

no name Frozen Chicken Braaipack 2kg

R

Per kg

39

R

34% OFF

30% OFF

30% OFF

Rama Original Margarine 500g Brick

Dairymaid Country Fresh Ice Cream Assorted 1.5/1.8 Litre

Rhodes Baked Beans in Tomato Sauce 410g Each

no name Parboiled Rice 2kg

R

R

R

49

BUY ANY 2 FOR R

70

6

15% OFF

90

Blue Ribbon Toaster White Bread 700g Each

TM

TM

16

90

11

30

PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES Get 300 Points

25% OFF

30% OFF Bokomo Weet-Bix 1.35kg Family Pack

R

47

50

Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each

R

14

90

22% OFF

24% OFF

BUY ANY 2 FOR

30% OFF

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre

Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre Each

R

R

25

26

90

90

18% OFF

R

30% OFF Pampers Disposable Nappy Pants Jumbo Pack Assorted Per Pack

R

129

Gordon’s London Dry Gin 750ml

177

R

Castle Lite Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case

90

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

R

42

90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

PRICES VALID 29 SEPTEMBER - 2 OCTOBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

SAVE R30

R

Get Double Points

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

MMWCHS327

41 184 90

21% OFF

22% OFF Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

R

Sunlight or Surf Auto Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Assorted Each


NUUS • NEWS

6

28 September 2016

Weskus Kollege - hartklop van hoër onderwys Fase 2 van nuwe kampus vorder fluks Promosie

Die splinternuwe kampus van die Weskus Kollege op Malmesbury, se tweede fase is nou feitlik voltooi. In wat die grootste projek van die Weskus Kollege bestempel word waar miljoene rande spandeer word om klaskamers en later koshuise, ‘n kafeteria en diensopleidingsgeleenthede op een terrein te bou, vorder fluks. Die WKK op Malmesbury maak tans geskiedenis met die bou van ‘n sentrale kampus vir die hele Kollege. Dit is die eerste keer vir Malmesbury Kollege om al sy geriewe op een terrein te hê, terwyl dit jare lank tussen vyf geboue verspreid was. Volgens Lungisa Mbulawa, adjunk-hoof van korperatiewe dienste by Weskus Kollege, vorder die ontwikkeling aan die kollege fluks en voeg by dat bouwerk op datum is. Die eerste agt klaskamers is reeds betrek, terwyl die ander agt klaskamers tans in aanbou is. Konstruksie aan dié klaskamers met ablusiefasiliteite is 85% voltooi, terwyl konstruksie aan

die gasvryheidskool tans oor die 50% is. “Die klaskamers sal heel moontlik aan die einde van Oktober vanjaar voltooi wees en die gasvryheidskool sal aan die einde van Januarie 2017 klaar wees.” Mbulawa sê verder die gasvryheidskool sal oor twee opleidingskombuise beskik, naamlik die industriële kombuis en ‘n normale opleidingskombuis, met stoorkamers, kantore en ablusiefasiliteite. Die volgende fase van die ontwikkeling, is die administratiewe kantoorblok van die Malmesbury Kampus. Hy voeg by dat binne die toekomsplanne vir die kollege is, maar alle ontwikkeling egter van beskikbare befondsing sal afhang. Koshuise is ook vir die toekoms in dié kampus in die pyplyn. Die nuwe kollege sal uiteindelik sowat 1000 studente kan huisves. Die Weskus Kollege het in 2002 op Malmesbury geopen en brei die laaste vyf jaar geweldig vining uit. Mbulawa voeg by dat dit ‘n voortgesette ontwikkelingsprojek is.


NUUS • NEWS

7

28 September 2016

Plant nou 'n boom

Boomplantweek word elke jaar in Suid-Afrika gedurende September gevier. Al is dit altyd ’n goeie tyd om ’n boom te plant, herinner hierdie nasionale week ons aan die belangrike rol wat bome in ons omgewing en gemeenskappe speel. Ons gee ’n paar wenke hieronder om u die beste bome vir u tuin te help kies, sowel as hoe om dit te plant. Kies die regte boom vir u behoeftes : Kyk eerstens na die grootte van u tuin. As u ’n kleinerige tuin het, is ’n boom wat tot 10 m hoog kan word, waarskynlik nie die beste keuse nie.

Vra ’n tuinboukundige by een van ons vyf takke hoe hoog ’n boom kan word voordat u dit koop. Waar gaan u die boom plant? As u dit langs ’n muur of plaveisel wil plant, moet u liefs ’n boom kies wat nie ’n indringende wortelstelsel het nie. Gaan u kinders naby die boom speel? In daardie geval moet u nie ’n boom met dorings plant nie. Dorings kan egter voordelig wees as bykomende sekuriteit langs ’n grensmuur. Word die boom naby ’n swembad geplant? Indien wel, moet liefs nie ’n bladwisselende boom kies nie, aangesien u die hele herfs sal swoeg om blare uit u swembad te haal. Hoe om ’n boom te plant : Spit ’n vierkantige gat van omtrent 60 x 60 cm. ’n Vierkantige gat moedig die wortels van die boom aan om sywaarts te groei, wat die boom stewiger maak. Gooi ’n graafvol kompos en ’n halfkoppie elk beenmeel en 2:3:2-kunsmis in die gat. Voeg van die grond wat u uit die gat gespit het by en meng alles goed. Vul die gat met water. Wag dat die water dreineer. Verwyder die plantsak en sit die boom in die gat, so diep soos wat dit in die sak was. Gebruik nog van die grond wat u aanvanklik uitgespit het om die boom deeglik vas te druk. Maak goed nat. Voed u nuwe boom met ’n aanwending van 2:3:2, omtrent ’n maand nadat dit geplant is.

Hoe gemaak met...

...Oktober in my tuin

Oktobermaand bly maar die mooiste maand van die jaar in ons tuine. Alle plante is vol nuwe groei en daar is weinig wat nie nou blom nie. Mooi bly maar mooi – alle eer aan ons Skepper. Onthou dat alles in jou tuin groei teen ‘n verstommende tempo. Só, jy sal af en toe die snoeiskêr moet inlê om hulle mooi vorm te behou en te keer dat jou tuin nie ‘n oerwoud word nie. Dan is dit ook nou tyd vir jou somer blombolle om in die grond te kom. Die volgende soorte is nog beskikbaar: • Gladiolus – swaardlelies, soos ons dit ken. Hul pragtige kleure, met lang ritse wat uiters geskik is vir snyblomme, kan in sarsies geplant word, want dit blom ongeveer honderd dae nadat jy dit geplant het. • Zantedeschia – dit is nou die gekleurde variëteite van ons aronskelke, is baie mooi. Onthou net die variëteite is somerblommend en wil nie so baie nat hê soos ons plaaslike wit aronskelke nie. • Ook die Dahlia- en amaryllisbolle is beskikbaar. Hier is ook ‘n mooi verskeidenheid

van soorte en kleure beskikbaar. Indien jy nuwe en bestaande beddings in jou tuin voorberei, doen dit deeglik, want dit is soos om vir ‘n nuwe gebou ‘n deeglike fondasie te lê. Verwyder alle ou plante en plantreste. Dan moet daar rúim kompos, beenmeel en superfosfaat deeglik ingewerk word. Onthou net vir jou inheemse fynbos, proteas, speldekussings en tolbosse moet jy net kompos of ons spesiale fynbos-mengsel inwerk; hulle hou nie van die fosfate in die ander produkte nie. Nou kan jy plant: druk plante stewig vas en gooi dééglik nat. Monitor die grond se voginhoud vir die daaropvolgende paar maande om plante deeglik te vestig. ONTHOU: ‘n Plant kan sogenaamd waterwys wees, maar eers drie tot ses maande nadat dit geplant is. Geen plant kan sonder water klaarkom nie. Terwyl ons oor water praat : Asseblief mense, ons watervoorraad is hopeloos te min. Spaar water waar jy kan, gebruik jou gryswater (dit is nou alle badwater, stortwater en wasmasjienwater) in jou tuin. Geniet die lente en die tuinmaak Groetnis tot 26 Oktober George Retief


NUUS • NEWS

8

28 September 2016

Dagboek • Calender

Hou dié courant se Facebookblad dop vir al jou nuus en gebeure!

ACVV Riebeek-Kasteel 28 September om 10:00 - 11:00 : Dr Johny R Elyon (Pastorale- & Opvoedkundig Sielkundige Berader) Hoe om verandering te hanteer. Verlies van iemand na aan jou, werksverlies of verandering, aftrede, verhuising, egskeiding ens. Donasie word gevra om kostes te dek. Hoërskool Piketberg Vanaf Woensdag 28 September kan pienk sokkies @ R20 aangekoop word by die skool ten bate van kanker. Sokkies kan dan vir die hele Oktober gedra word. Spiesgooi Afrigtingsklinieke Aangebied deur Tom Petranoff by Hoërskool Swartland op 29 September (Vlak 1 - Kliniek vir Beginners) - Een uur sessies word aangebied 14:00-15:00; 15:0016:00 en 16:00-17:00. Inskrywingsgeld R50 - Inskrywings tussen 13:00 en 14:00 Navrae : 084 517 4692/ 021 883 9042/ 082 8819119 Gemeenskap Polisieforum 29 September - Vergadering om 19:00 - 22:00 in die Wesbank Gemeenskapsaal Navrae : Shaheen May 061 658 6410 St Francis De Sales Catholic Church 30 September - Back to the 60's Dinner Dance with Top Five Dance Band @ R100 per person. Dress in that era's attire and stand a change to win big prizes. Bring own XYZ Contact : Father Kizito 072 832 1013 or Velucia Spogter 074 033 7960 Yzerfontein Sport Recreation Club 1 October - October Fest. From 11h00 until late. Free entrance, family fun and jumping castle for kids Enquiries : 022 451 2819

Tournament Moorreesburg 1 October - Tag Rugby. 10h30 briefing. 11h00 Start of tournament @ Gene Louw Sport Fields. Cost R500 per team of 10 players (max) Contact : 082 596 1890 / tagleagues@taggroup.co.za Malmesbury Auto Show 1 October - from 9h00 till 5 p.m. @ St Thomas Primary School. Gate fee R10; Club Display R150; Children R5; Passengers extra R10; Sound off Limbo R30; Show & Shine R50 Contact : Alex 073 905 6382 / Faizel 076 230 5923 24 hr MTB Enduro 1 October - Darling Ikhwa TTu, R27 West Coast Road, Yzerfontein, with 10 km multi lap challenge and 3 km kiddies fun road Register on www.darlingttu.co.za / 022 451 2202 NG Kerk Hopefield 1 Oktober - Basaar by Langebaan se NG Kerksaal om 11h00. Kontak : Engela by 076 696 3570 Swartland Oval Karting Race Vir Huis Andrew Murray Wellington Toiletries projek 1 Oktober by Malmesbury Skougronde - Skrutinering vanaf 14h00 tot 15h00. Races begin 16:00. Besoekerdrywers - R100. Hekgelde beloop R20 per persoon en R10 vir kinders onder 12 Abbotsdale GPF vergadering 2 Oktober om 15:00 in die gemeenskapsaal. Alle inwoners welkom Kontak: 081 834 5931 vir navrae Jo-Dolphin Algemene Jaarvergadering 6 Oktober 2016 om 18h00 by die Nuwe Sentrum te Albaniestraat Kontak : Marie by 022 486 4186 Swartland Country Market 8 October at Stone Cottages Kirstenbosch from 10 am - 4pm Contact : Malmesbury Tourism 022 487 1133 Indie Ale The Mid-month Market. Every second Saturday. Starting 8 October from 11am - 4pm. Kleine Liefde Farm R44 between Saron & Porterville Enquiries : www.indieale.co.za ACVV Riebeek-Kasteel 8 Oktober - Damesoggend by die ACVV Saal. Begin om 09:45 vir 10:00. Spreker is Retha Conradie. Koste beloop R100 pp. Navrae: Gloudine 084 291 5088 / Dalene by 022 4481424 Weskus Ou Motorklub Proud Owners Display 8 October from 09:00 - 16:00 R50 for adults and R20 for children u/12. Contact : Alfie 082 966 7166 Robertson Wine Valley 14 - 16 October - Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free enterance. Tickets at the gate

Kerke • Churches

AGS Corpus Christi, Malmesbury 2 Oktober - Sondag-oggenddiens om 09:30. Prediker: Roderick Onverwacht met die titel - Operating in the super natural. You got what it takes . Nagmaal word bedien. Geen aanddiens Navrae: 073 447 2902.

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury

022 487 1224 or 074 2497168 River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812 Shofar Geen diens by Shofar Malmesbury. Daar is wel 'n diens by Ratanga Junction as deel van jaarlikse samekoms. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 2 Oktober om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank;


NUUS • NEWS

9

28 September 2016

Skietdag: Die jaarlikse skiet-

dag, aangebied deur die Riebeek Landbouvereniging, was vanjaar weer ‘n groot sukses. Volgens een van die organiseerders, Gertjie Malan het sowat 85 skuts aan die dag by Swartdam skietbaan deelgeneem. Neels Booysen van Safari & Outdoor, was vanjaar as die beste skut gekroon, terwyl, Handré Vlok van Riebeek-Kasteel tweede plek ingepalm het. Piet Smal wat elke jaar aan die geleentheid deelneem, is die enigste deelnemer wat die teiken op ‘n afstand van 850m kon raak skiet. Die landbouvereniging wat ‘n nie-winsgewende organisasie is, sal vanjaar weer die wins wat gemaak is, aan organisasies en instansies op Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes skenk.

Tennis:

Die Gerrie Berner Dubbelstoernooi, aangebied deur Hoërskool Dirkie Uys, het onlangs op Moorreesburg plaasgevind. Ag spanne van oor die hele Wes-Kaap het deelgeneem. Hoërskool Dirkie Uys en Hoërskool Hugenote het in die finaal gespeel. Dirkie Uys het hierdie kragmeting met 15 – 12 gewen. In Dirkie Uys se ander wedstryde het hulle Hoërskool DF Malan met 23 – 4, Hoërskool Bredasdorp met 26 – 0 en Somerset College met 22 – 5 gewen. Hoërskool Durbanville het in die derde plek geëindig. Bo is Dirkie Uys se deelnemende span.

Speelkasteel brei uit Die ACVV Speelkasteel op Malmesbury gaan eersdaags ‘n voorskoolse klas eksklusief vir Engelssprekende kinders aanbied. Suzanne van der Merwe van Speelkasteel sê daar word gedurig gekyk na behoeftes en die nood binne die gemeenskap, asook hoe om dit aan te spreek. Hulle het besef daar is ‘n leemte wat Engelssprekende voorskoolse kinders betref en besluit om ‘n Engelse klas te begin. Die klas waarvoor kinders wie se moedertaal Engels is in aanmerking kom, begin 10 Oktober. Sy moedig Engelssprekende huishoudings aan om hul kinders tussen drie en vyf jaar oud vir die klas in te skryf. Van der Merwe sê dit sal

die kinders met hul voorbereiding vir Gr. 1 ‘n geweldige hupstoot gee. “Ons Engelse kinders ver-Afrikaans in die gemengde klasse, “voeg sy by. Die Engelssprekende kinders wat reeds na Speelkasteel gaan, sal dus by die klas ingeskakel word. “Akademiese ontwikkeling vir die kinders sal in die oggend plaasvind. Kinders wat vir ‘n vol dag ingeskryf is, sal in die namiddag weer by die dubbelmedium-klasse inval” . Merchia de Flamingh sal vir die klas verantwoordelik wees. Vir meer inligting, kan Speelkasteel by 022 482 3742 gebel word. Van der Merwe kan ook by speelkasteelck@webmail.co.za gekontak word.

Basaar:

Die NG Noord-gemeente op Malmesbury het die afgelope naweek weer hul jaarlikse basaar met allerhande lekkernye en pret aangebied. Bo braai gemeentelede vir die gewilde steak-aand.

Slimfoon se nuwe Barrista nou ook in jou motor Die Toyota-Motorkorporasie (TMC), die Komedamaatskappy Beperk (Komeda), en die KDDI-korporasie (KDDI) het op 20 September 2016 met ’n nuwe inisiatief begin waarin ’n slimfoon-toepassing wat as Driving Barista bekend staan, gebruik word. Dié toepassing is daarop gemik om die aantal botsings in die Aichi-prefektuur deur bestuurders wat hul slimfone in die ry gebruik, te verminder. Dit is die eerste verkeersveiligheidsinisiatief in Japan waar ’n motormaatskappy ’n slimfoontoepassing saam met ’n kommunikasie- en ’n eet- en drinkgoed-maatskappy gebruik en ontwikkel. Die Aichi-prefektuur het die afgelope 13 jaar agtereenvolgens die meeste noodlottige botsings in Japan gehad. In 2015 was daar 44 3691 botsings wat beserings of sterftes veroorsaak het. Daarbenewens was daar ook 50 1011 inhegtenisnemings weens die gebruik van slimfone

agter die stuur, terwyl die toename in hierdie soort oortreding ook die probleem vererger het. Hierdie hoë syfers dui daarop hoe belangrik dit is om die aantal botsings in die prefektuur te verminder. Die mediamaatskappye in Nagoya het in reaksie daarop begin saamwerk met die doelwit om dié omgewing se paaie onder die vaandel “AICHI: Nie meer die ergste”-projek wat op 2 Augustus afgeskop het, veiliger te maak. Toyota en KDDI is ook die borge van die projek. Die Driving Barista-slimfoontoepassing kan net binne die Aichi-prefektuur gebruik word. Die toepassing gebruik ’n girosensor om die hoek waarteen die foon gehou word te meet en die GPS om die afstand gery te bepaal, en bereken dan die afstand wat die bestuurder met die foon met die gesig na onder gery het. Wanneer die saamgestelde afstand die 100km-kerf bereik, ontvang die bestuurder ’n

koepon vir ’n gratis yskoffie by ’n Komeda-koffiewinkel. Wat dié nuwe insiatief betref, het Shuichi Murakami, die bestuurshoof van Toyota, gesê: "Toyota het in pas met sy bydrae tot die uiteindelike doel om alle padsterftes en alle padongelukke te help voorkom, voertuigveiligheidsmaatreëls as een van sy grootste voorkeure ingestel. Ons hoop om met hierdie nuwe verkeersveiligheidsopleidingsinisiatief saam met Komeda en KDDI padongelukke verder te verminder." Die besturende direkteur van Komeda, Masashi Komanba, het gesê: "Ons hoop as maatskappy wat deur die inwoners van die Aichi-prefektuur ondersteun word, om die aantal padongelukke deur ons deelname as verskaffer van heerlike koffie te verminder." “Suid-Afrika het een van die wêreld se hoogste padongeluksyfers en nagenoeg 25% van hierdie botsings word deur bestuurders veroorsaak wat hul selfone agter die stuur gebruik,” het

Glenn Crompton, visepresident van bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors, gesê. “Suid-Afrika ervaar ’n toename in ongelukke wat veroorsaak word wanneer motoriste hul slimfone in die ry gebruik, wat ’n groot ekonomiese uitwerking op die land se BBP het. Toepassings soos Driving Barista kan help om padongelukke wat deur selfoongebruik veroorsaak word, aansienlik te verminder, wat ons paaie nie net veiliger sal maak nie, maar ook die uitwerking daarvan op die ekonomie sal verminder. Driving Barista is nog in die loodsfase, maar ons hoop dat soortgelyke toepassings gou hul opwagting in Suid-Afrika sal maak.” Duur van die projek: Aflaaitydperk vir die toepassing: Begin op 20 September 2016 Gebruiksperiode: 20 September tot 6 Oktober 2016 Koffiekoepon-inruilingstydperk: 20 September tot 31 Oktober 2016


NUUS • NEWS

10

28 September 2016

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY GOEDKEURING DEUR DIE RAAD VAN PROSES WAT DIE OPSTEL VAN DIE GOP VIR DIE NUWE AMPSTERMYN UITEENSIT / APPROVAL BY COUNCIL OF THE PROCESS FOR THE COMPILATION OF THE IDP FOR THE NEW TERM OF OFFICE Artikel 28(3) van die Wet op Munisipale Stelsels, wet 32 van 2000, bepaal dat die munisipaliteit die plaaslike gemeenskap kennis gee van aanvaarding van die proses (wat in die raamwerk en prosesplan vervat sal word) vir die opstel van die volgende vyfjaar-Geintegreerde Ontwikkelingsplan. Die raamwerk en prosesplan is op die amptelike webtuiste van die Weskus Distriksmunisipaliteit beskikbaar by www.westcoastdm.co.za. Indien u nie toegang tot die internet het ten einde bogenoemde plan te besigtig nie, kan u die munisipale kantoor gedurende normale kantoorure kontak. Section 28(3) of the Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) stipulates that the Municipality must give notice to the local community of the adoption of the process (which will be included within the framework and process plan) for the compilation of the next five-year Integrated Development Plan. The framework and process plan is available on the official website of the West Coast District Municipality at www.westcoastdm.co.za. If you do not have internet access to view the above plan, please contact the Municipal office during normal office hours. Munisipale Bestuurder/Municipal Manager, Weskus Distriksmunisipaliteit/West Coast District Municipality, Posbus 242/P.O. Box 242, Moorreesburg, 7310. Tel. 022 433 8400. Faks/ Fax: 086 692 6113. Verwysing/Reference: 15/16/6/4

www.ursonline.co.za

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT Weskus Distriksmunisipaliteit strewe na dinamiese en effektiewe dienslewering aan die gemeenskap van die Distriksmunisipaliteit. As ‘n Gelyke Indiensneming-werkgwer, beskik ons tans oor die onderstaande vakatures vir toepaslike gekwalifiseerde en ervare persone. Departement: Tegniese Dienste Afdeling: Paaie MEGANIES: AMBAGSMAN (WERKTUIGKUNDIGE) (2 POSTE) ●Sentrum: Vanrhynsdorp ●Salaris: R182 114 - R236 381 per jaar (TASK Gradering 10) ●Verw: MSR 21 & MSR 23 Vereistes: ●Graad 10 met NTC 2-Vaksertifikaat ●Vaktoetssertifikaat as Dieselwerktuigkundige ●Kode EC rybewys met PDP ●Toesighoueren Verslagdoeningsvaardighede ●Aandag aan uitleg ●Beplannings- en Organisatoriese vaardighede ●Meganiese instandhoudingsvaardighede ●Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede ●Vermoë om onafhanklik te werk ●Vermoë om in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer ●Goeie tegniese en berekeningsvaardighede ●1 Jaar toepaslike ervaring. Pligte: ●Koördineer en beheer die opset, onvoltooide werk en die voltooiing van gespesialiseerde take en aktiwiteite wat verband hou met die meganiese/outo-elektriese instandhouding en herstel van diesel/petrol swaarmasjinerie en –voertuie, monitering en regstelling van die produktiwiteit- en prestasieuitsette van ondersteuningspersoneel en aandag aan roetine / algemene administratiewe opnamevereistes wat bydra tot die vervulling van die afdeling se doel. SLUITINGSDATUM: 21 OKTOBER 2016 OM 14H00 Benewens die gemelde salaris vir die permanente poste en onderworpe aan sekere voorwaardes, bied die Distriks-munisipaliteit mededingende byvoordele soos ’n behuisingsubsidie, meubelvervoer, ‘n 13de tjek en lidmaatskap van ’n aftree- en mediese fonds. Die voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by me. P. S. Boer, tel. 022 433 8400 of op die webtuiste www. westcoastdm.co.za/vacancies.html Voltooide aansoekvorms, vergesel van ’n omvattende CV en gewaarmerkte afskrifte van diplomas/ sertifikate/registrasies en ‘n rybewyse moet gerig word aan: Weskus Distriksmunisipaliteit, Mensehulpbronne: Werwing en Keuring, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Let Wel: Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CV’s sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwing sal kandidate diskwalifiseer. Indien geen terugvoer binne 60 dae na die sluitingsdatum van heirdie kantoor ontvang word is nie, kan aanvaar word dat ‘n aansoek onsuksesvol was. www.ursonline.co.za

URS 20331


NUUS • NEWS

11

28 September 2016 Betrekking Vacancy Join my AVON TEAM Today. Earn money. Be your own BOSS. Work from HOME. Contact 0761229972 #2800/1 Dienste Services ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2393 ---------------------------------BOU VAN NUWE HUISE - EPM Pty Ltd 084 230 1639 ansleyehrenreich@ gmail.com - Gratis kwotasies #2781/3 Gelukwensing Congrats

27 September 2016 - Tweede Huweliksherdenking. Curt en Eldeen Green. Baie geluk met twee jaar van getroude lewe. Alle vreugde, vrede en voorspoed. Van: Abrahams familie #2826

27 September 2016 'n Dubbele verjaarsdag viering Charles & Eldeen. Baie geluk pa en dogter. Ons deel in jul vreugde want julle is baie spesiaal. Van: Abrahams familie #2827 ---------------------------------27ste van die Negende maand - CHARLES ABRAHAMS - baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën met goeie gesondheid, krag, genade en sterkte. Die wat op die Here wag, kry nuwe krag. Van jou skoonsus: Tannie Fien #2828

YOLENE SEPTEMBER - 40 op 29 September "and still FABULOUS". Baie geluk my vrou met jou verjaardag. Ons is oneindig baie lief vir jou. Lekker verjaar. Liefde: Allistair en kinders #2829

RAAI WIE WORD TWEE OP 2 Oktober 2016 MICHELLE MANUEL Geluk Nanna se liefde met jou verjaarsdag. Dankie vir die vreugde en liefde in ons lewe. Mwa. Van: Nanna (Chantelle) en André #2830 --------------------------------Geluk Mimi met jou verjaarsdag. Lekker verjaar. Van: Ouma, Oupa, Ma, Pa en Rubern #2831 --------------------------------EILEEN, geluk met jou verjaarsdag op 29 September. Hoop jy 'n wonderlike nuwe lewensjaar met baie voorspoed en geluk. Van: Carlo, Theresa en Kahrlin #2853

BRONWYN VERWEY. Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag op 27 September. Alles wat mooi is my kind en wees altyd gehoorsaam. Baie lief vir jou - Van Mamma Sarah en Pa Herman #2832

ELDEEN GREEN - 27ste van die Negende maand. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ek sê vir die Here baie dankie vir 21 jaar ry jy Kaap toe om te gaan werk, en die Here het nog al die tyd Sy kosbare bloed oor jou voertuig gehou. Baie lief vir jou. Tannie Fien en familie #2833

Veels geluk SHERNIEL met jou negende verjaarsdag op Vrydag, 30 September. Mag jy altyd die lieflike dogtertjie bly. Met baie liefde van jou Ma, mamma Yolene, Pa, Erin en Amy #2834

Raai wie word Agt op 28 September 2016 CARLEIGH NOVEMBER - Baie geluk met jou verjaarsdag. God rykste seën. Mag jy 'n mooi daggie hê. Van: Ant Tessa, oom Michael, Chaykie, Tess-Lee, Jurie en Makou #2835

Raai wie is een jaar oud DONVINO HENDRICKS. Geluk met ons kind se eerste verjaarsdag. Mag ons Liewe HERE jou nog vele jare vir ons spaar. Ons is baie lief vir jou. Van jou Pa, Ma jou suster Mellissa en broer Joshua lekker verjaar #2836 ---------------------------------Donvino Hendricks, Nanna wens jou 'n geseënde eerste verjaarsdag toe op 29 September. Met baie liefde van Charlene Hendricks #2837

Aan Sussie Kana - ons wense is dat Liewe Jesus u nog sommer vele jare bewaar en die goedheid en guns van Onse Hemelse Vader u altyd bybly. Silwer en goud het ons nie, maar wat ons het is Jesus en mag Hy Sussie Kana nog stywer onder Sy boesem bewaar ons is baie lief vir u. Geniet die dag terdeë. Liefies van die Hendricks, Farao en Koordom Familie en u peetkind Donvino #2838

BEAUNAY SEDEMAN Baie geluk ons pragtige dogter met jou Derde verjaardag op 1 Oktober. Lekker verjaar van jou Ma, Pa en twee sussies #2839 ---------------------------------Beunay Sedeman! Baie geluk met jou derde verjaarsdag op 1 Oktober. Mag jy 'n geseënde dag hê en mag die liewe Vader jou nog baie mooi jare uitspaar. God het jou deurgedra en Hy het nog baie groot dinge vir jou instoor omdat jy een van sy spesiale engeltjies is. Lief jou baie. Van Ouma, Amaroh, Boy Fuad en Atiyya #2840 --------------------------------Beaunay, baie geluk met jou verjaardag op 1 Oktober. Alles wat mooi is en ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Van : Nanna, uncle Solly, Antie Sheena, Shameez, Shereez, Atta en Jordan #2865 ---------------------------------Baie geluk ons prinses met jou verjaardag. Mag jy 'n wonderlike verjaardag hê en baie dankie vir al die vreugde wat jy in ons lewe bring. Baie liefde: Antie Amy,Mianay,matteo,marquin,afthen en boeta ----------------------------------

Geluk met Pa se verjaardag, mag die dag met seëninge besaai word. Mag die gesondheid met Pa wees. Gods rykste seën op Pa se lewe van Alexander #2841 ---------------------------------Geluk Dessie met jou verjaardag. Mag die Here jou seën en 'n gelukkige dag gee soos jy dit wil hê. Ons tyd op aarde is min, maar dankie dat ons dit nog met jou kan deel met Liefde van Poppie en Juhayden #2842 --------------------------------Happy Birthday uncle Desmond. Hope your day is as special as you want it to be. Have a blessed day today 26/09/16. From: Ashwin, Kiara, Ischke and Jenevia #2843

17 September 2016 Geluk met jou verjaarsdag AMY (Mamma se blompot). Mag jy jou dag terdeë geniet. Van: Mamma Daphline, Boeta Eben en uncle Gideon #2844 ---------------------------------Veels geluk Amy met jou tiende verjaarsdag. Mag die Here jou nog baie jare spaar. Hoop jy het jou dag geniet. Van: jou niggies en nefies #2845 --------------------------------Mamma se lenteblom. Geluk met jou verjaarsdag op die 27ste September. Van: Mammie, Daddy en Noah #2846

GUESS WHO TURN SEVEN !!!! 29 September - Mamma's little Angel. Only believe that you are precious in God's

eyes. Believe that you were created to be. Believe that all things are possible. We will always love you. From: Mamma, Pa, Boeta en Sussa #2847 ---------------------------------Happy Birthday Sweetheart. God bless and enjoy your birthday. From: Ma Anie en Pa Jerry #2848 ---------------------------------Happy Birthday Dadda's girl. God bless. From: Dadda, Manda & Baby #2849 ----------------------------------

RAAI WIE IS DRIE op 29 September. Geluk KAHRLIN met jou verjaarsdag. Mag die Here jou vele jare spaar. Jy is die wonderwerkie wat met ons gebeur het. Mammie en Daddy is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Van: Mammie en Daddy #2850 ---------------------------------Geluk ons liefie-kind met jou verjaardag. Mag jy 'n geseënde en wonderlike verjaardag geniet. Ons is vreeslik baie lief vir jou. Van: Fuzlyn, Duvan en Duray #2851 ---------------------------------Dit is jou verjaardag en ons sê baie geluk. Jy is die beste sussie in die hele wêreld en ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar. Van: Machalé, Gerswin, Marquit en Juan Paul #2852 ----------------------------------

RAAI WIE WORD EEN op 1 Oktober. Net Ma se blompot. Baie geluk met jou kroonverjaarsdag Mammie en Pappie se blom. Liefde: Ma, Pa, Ouma en Tannies #2854

ADELLAIDE APRIL Baie geluk Tikeling met jou geboortedag op 27 September 2016. Mag God jou nog vele jare spaar. Ons hoop jy geniet jou dag. Baie liefde: Ma, Donavan, Stasha, Adonise en Boys. #2855 --------------------------------Baie, baie geluk Adellaide met jou verjaarsdag. Ons hoop dit is 'n geseënde dag en ons hoop vir jou alle voorspoed vorentoe. Jou broers : Hein-Gotties, Boetie, Pan en Oubie #2856 ------------------------------Baie geluk Tikeling met jou verjaarsdag op 27 September. "Just enjoy itLove you lots. Klaas, Nina en Mad-Buddies #2857

Aan my lieflike man GAVIN WILLEMSE, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n wonderlike daggie hê. Van jou vrou, kinders en skoonma. #

Memorium In Memoriam

MARTHINUS SAUL 12/01/1938 – 27/09/2012. Dinsdag was dit jou vierde jaar weg van ons. Liefdevolle herinneringe sal ons altyd bybly. Van: Jane, kinders en kleinkinders #2859

ABRAHAM (ABE) GOLIATH - Op 30 September is dit jou sewende jaar weg van ons, maar Jesus het anders besluit. Ons mis jou nog baie. Af en toe val daar nog 'n traan. Jy sal altyd in ons harte voortleef. Van jou verlangende vrou, drie kinders, twee kleinkinders en twee skoondogters #2858

Pieter Smith (Boetie Boel) Op 27 September is jy al nege jaar weg van ons. Ek berus my in die mooi herinneringe wat jy vir ons nagelaat het. Ek mis jou elke dag my man. Van jou vrou Kelly #2860 ---------------------------------Pieter Smith, vandag nege jaar terug het Derra ons verlaat. Ek mis Derra se raad en plan wat Derra so gegee het. R.I.P tot ons weer ontmoet. Liefde Jenine, Vincent en kinders #2861 ---------------------------------Vandag is Derra nege jaar weg van ons af. Dink nog elke dag met liefde en verlange aan jou. Derra sal altyd in ons harte wees.Van jou verlangende kinders #2862 Te Huur To Let Malmesbury - Bachelor woonstel te huur. Met private ingang. In dorp geleë. Water en elektrisiteit ingesluit. Geen diere en kinders. Beskikbaar vanaf 1 Oktober 2016. R3 500 per maand + deposito. Skakel 078 398 6721. #2864 --------------------------------Theresa's Eiendomme Eenslaapkamer woonstel te huur. R4 800 per maand. Privaat, veilige parkering, water ingesluit, koopkrag. Onmiddellik beskikbaar. Theresa 082 552 4848 #2863 ---------------------------------

Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/47 Te Koop For Sale Gekomposteerde mis te koop tot einde November. 50kg sakke, R40/sak, aflewering ingesluit minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768


courant

dié

12

tel 022 487 3221

SPORT

28 September 2016

Leerders van Darling na Nuweland

Vir Furlo:

Rugbyspanne van die Swartland het Saterdag op Malmesbury kragte gemeet in 'n toernooi ter ere aan Furlo Theron, rugby- en krieketspeler van formaat, wat tydens 'n rugbywedstryd in Julie vanjaar beseer en gedeeltelik verlam gelaat is. Wesbank, Never Despair, Samoa en Abbotsdale het saamgekom vir dié doel. Bo laat loop Johan September van Wesbank met die bal, terwyl Chemandré van Schalkwyk van Abbotsdale die pas byhou. Foto: David Howburg

‘n 100 Kaartjies is Vrydag vir leerders van Darling by die WP Rugby-president, Thelo Wacfield, gekry om die wedstryd die afgelope Saterdag tussen die WP en die Pumas te gaan kyk. Dié laerskoolleerders het nog nooit die binnekant van Nuweland Rugbystadion gesien nie. En nóg minder ‘n provinsiale wedstryd. Sowat 90 leerders van Vooruitsig Primêr en Koranrug Primêr van Darling, is uitgenooi om die kragmeting tussen die WP en die Pumas te gaan kyk. Tien onderwysers is ook saam om die geleentheid te deel, vertel Preston Lewis van On Da Spot. Hulle het die geleentheid in samewerking met WP Rugby, plaaslike raadslid Felicia Humphreys en Sports Implementation Organization met Samuel Theron moontlik gemaak. Preston het gister aan die courant gesê die leerders het ‘n fantastiese tyd gehad en hulself gate uit geniet. “Dit was ‘n groot voorreg om deel van die uitstappie te wees.”

•SPANNE DING MEE OM GROOT UITDAAG-BEKER

Titaniese stryde in uitspele •Abri Adonis

Volgende Saterdag lei alle paaie na Boland Stadion op Wellington waar die Boland Klubrugby se Top-ag-spanne in die Groot Uitdaag-beker mekaar die stryd sal aansê vir 'n plek in die halfeindstryd. Al ag spanne het hierdie jaar voortreflike rugby gespeel en dus sal hierdie dag vir groot opwinding sorg. Daar is nie baie wat die top-ag-spanne skei nie met veral Saldanha wat hierdie jaar groot opslae gemaak het met 'n onoorwonne reeks in die Swartwes-afdeling van die Groot Uitdaag. Slegs n gelykop uitslag teen Hopefield het voorkom dat hulle al 22 hul wedstryde wen. Dus egter n verrassing dat die Swartweskampioen die dag sal afskop met 'n wedstryd teen Caledon om 11:30 op die A-veld. Caledon het ook hierdie jaar gewys dat hy met die groot honde kan saam gesels deur

vriend en vyand te verras met sy hardlooprugby. Saldanha, wie nog nie voorheen teen Caledon gespeel het nie, sal nie hierdie wedstryd ligtelik opneem nie aangesien hulle ook verlede jaar in die eerste ronde van die Top 8 vasgeval het. Hierdie jaar toon Saldanha egter groot verbetering en met die selfvertroue wat tans heers in die Dr Tsunami-kamp behoort hulle Caledon te klop met meer as tien punte. Nog 'n wedstryd wat groot belangstelling sal toon is die wedstryd tussen Hawston RVK en Wesbank RVK om 14:30 op die A-veld. Hawston het hierdie jaar baie bestendig vertoon en maak gereed vir 'n klipharde stryd teen 'n Wesbank span wie hierdie jaar wisselvallig voorgekom het maar op die regte tyd begin momentum bou en dus verseker dat hul die uitspeelronde haal. Wesbank doen gewoonlik baie goed in uitkloprondes met hul onvoorspelbare spel wat

NUUS • NEWS

28 September 2016

enige span se wind uit hul seile kan ruk. Hawston sal dus met 'n groot aanslag moet kom indien hulle die rooi en wit stoomtrein wil klop. Wesbank wat hierdie jaar tweede viool gespeel het in die Swartwes-afdeling sal dus wil wys dit was net 'n klein rugby resessie en sy reputasie as een van die beste klubs in die land regverdig met n goeie oorwinning oor Hawston met minder as tien punte. In ander wedstryde speel Robertson teen Hillcrest om 12:00 op die A-veld en in die hoofwedstryd van die dag speel Worcester Villagers teen Roses United om 16:00 op die A-veld. Die wenner van die wedstryd tussen Saldanha en Caledon sal die wenner van Worcester en Roses aandurf op 15 Oktober te Boland Stadion en die wenner tussen Hawston en Wesbank sal die wenner tussen Robertson en Hillcrest aandurf. Die finaal word op 22 Oktober beslis ook op Boland-stadion.

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Britstown JO 1 Van Dalen 1178.2121; 2 G Horn 1166.8488; 3 G Williams 1164.5112; 4 F Meintjes & Seuns 1161.7442; 5 C Basson 1154.5271; 6 Vrededal Hokke 1154.3275; 7 Vrededal Hokke 1150.6041; 8 Vrededal Hokke 1150.3336; 9 G Williams 1124.1059; 10 Hayman Familie 1115.3696; Britstown Ope 1 F Meintjes & Seuns 1197.6255; 2 J Steenkamp 1193.4370; 3 J Steenkamp 1161.8642; 4 C Basson 1161.4132; 5 G Williams 1146.6285; 6 Hayman Familie 1146.2940; 7 C Basson 1132.1386; 8 M Hill 1127.2085; 9 Hayman Familie 1115.3696; 10 C Basson 1111.4222; Moorreesburg Posduifklub Britstown JO 3 1 Frans Jooste 1254.0137; 2 Frans Jooste 1238.6324; 3 Frans Jooste 1232.6790; 4 HMO Smit & Seun 1225.5574; 5 Frans Jooste 1198.5713; 6 Frans Jooste 1197.9048; 7 Yt en Tuis 1189.0796; 8 HMO Smit & Seun 1169.7797; 9 Frikkie Bester 1156.4159; 10 Frans Jooste 1155.9949 Britstown Ope 3 1 Hennie Bester & Johan 1180.2859; 2 Hennie Bester & Johan 1162.8573; 3 Frans Jooste 1154.9619; 4 HMO Smit & Seun 1123.5234; 5 KB & Seun 1119.8223; 6 KB & Seun 1118.8125; 7 HMO Smit & Seun 1112.7359; 8 Hennie Bester & Johan 1110.5555; 9 HMO Smit & Seun 1105.5074; 10 Frans Jooste 1104.3223 Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - 24 September : Enkel Stableford Gerhard Spangenberg 22, Sakkie Klasen 20, Ewald Liedeman 20, Tommy Louw 19, Gerdus Carstens 19 Vrydag Sundowner- 27 September : Vierball Stableford Samespel L Meyer, W Matthysen, G Spangenberg, E Matthysen 129; T Theron, W van Tonder, A Ackerman, W van Niekerk 118; E Lingeveldt, S Klasen, B Howberg, T Louw 111; P Hardcastle, J Ackerman, C Koch, P Hardcastle 109 GEBEURE/EVENTS 2016 Sakemanne Rolbal Toernooi Malmesbury Rolbal Klub - Skryf in vir enige van die 6 dae of vir meer as een van die dae : Maandag 17 & 24 Oktober ; Woensdag 19 & 26 Oktober; Donderdag 20 & 27 Oktober 18H00-21H00. Finaal - Maandag 31 Oktober R200.00 per span van 4 lede 3 Wedstryde van 6 skofte elk Enige sportdrag met plathak tekkies. Kontantkroeg en verversings deurlopend beskikbaar. Besighede/skole/kerke/sportklubs welkom. Skryf in per e-pos : drrvermeulen@exact-net.com of erinamyburgh@gmail.com Kontak besonderhede : Roux Vermeulen 0224821228 / 0834789616 Altus Myburgh 0224823560 / 0766674305 André Halvorsen 0832617573


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swberg 28 sept 2016 389 by DieCourant - Issuu