Skip to main content

Die courant swberg 20 jul 2016 379

Page 1

c urant

Gratis • Free

39.5%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

20 Julie 2016

Bergrivier

Swartland

Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 379

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Dirkie Uys vier eeufees

Die Hoërskool Dirkie Uys vier Vrydag en Saterdag sy 100ste bestaansjaar met ‘n opwindende program. Vrydag kan besoekers uitsien na ‘n heerlike gholfdag by Moorreesburg se plaaslike gholfbaan. Saterdag gaan daar ‘n kuiertent spesiaal vir die verjaarsdagvieringe by die Gene Louw Sportkompleks op Moorreesburg opgeslaan word. Besoekers en ouers gaan saam langs die sportvelde verjaarsdag vier wanneer netbal- en rugbyspanne van Hoërskool Dirkie Uys teen Hoërskool Porterville sal meeding. Hokkiewedstryde sal tussen HDU en HTS Drostdy plaasvind. Die vieringe sluit af met ‘n informele, maar netjiese dinee wat ‘n buffet-ete by “Die Stoor” insluit. Kaartjies kos R180 per persoon. Vir meer inligting en besprekings, kan Elizna by 083 2363 900 gebel word, of Tossie by 082 6125 610. Saterdag het die enjins gedreun by die jaarlikse "funduro" wat buite dié dorp gehou is. Foto: Ghida Visser

•SEKURITEIT OP PLASE AANGESPREEK

Beveilig jouself - genl Die polisie het dieselfde verantwoordelikheid teenoor die boere om hul plase te beveilig as om die inwoners op die dorp én hul huise te beveilig. Só sê die plaaslike polisie na afloop van Maandag se vergadering oor plaasveiligheid. Tydens dié vergadering tussen sommige plaaseienaars, die polisie en die Swartland Munisipaliteit plaasgevind het, is strategieë bespreek om die afgelope vlaag inbrake op plase aan te spreek. Wedersydse samewerking tussen die polisie, die landbou en die plaaslike munisipaliteit is weer versterk, sê Uys van der Westhuijzen van Malmesbury Landbouvereniging. Genl. Aneeqha Jordaan van die Milnertongroep waaronder polisiekantore van Darling, Malmesbury en Moorreesburg val, het ook die vergadering bygewoon. Van der Westhuijzen sê dit was ‘n konstruktiewe bespreking waar doelwitte ter tafel gelê is. Plaasveiligheid is op nasionale vlak prioriteit. Die polisie beaam egter dat dít plaaslik ook ‘n

prioriteit behoort te wees. Veiligheid op plase in die Swartland is egter nog ‘n probleem. Genl Jordaan sê van die grootste struikelblokke wat die polisie veral op die platteland in die gesig staar, is voldoende polisiëring. Sy het in ‘n eksklusiewe onderhoud gesê dat daar altyd te min polisiemanne en voertuie sal wees. Jordaan het ook klem gelê op sekuriteit. “‘n Misdadiger gaan twee keer dink voordat hy by ‘n huis inbreek met elektriese heinings, diefwering, kameras en alarms. Veiligheid begin by jouself. Beveilig jouself,” voeg sy by. Jordaan sê verder dit is baie belangrik dat die polisie en die boere saamwerk. “Ons sal hulle help om sekuriteitsopnames te doen." Sy sê verder daar moet gekyk word na die moontlike implimentering van plot- en plaaswagte. ‘n Oorsiglys van doelwitte en strukture wat nodig is om plase op ‘n volhoubare basis te beveilig, sal tydens ‘n volgende vergadering tussen

die polisie en plaaseienaars daargestel word. Jordaan het tydens ‘n onderhoud verder gesê dat hulle ook kennis dra van die vlaag inbrake in woonbuurte en dat misdaadvoorkomingtaakspanne wel op die geteikende areas fokus. “Die groot probleem is, as hulle nie ‘n arrestasie maak nie, gaan dit nie ophou nie. "Daar moet mense wat verdag is, voorgekeer word en ondersoek word of hulle nie gesteelde goedere by hulle het nie. "Mense wat steel beskou dit as hulle werk om weer daardie goedere te verkoop om geld te maak, so ons moet ook die mense arresteer wat ‘n mark skep vir die gesteelde goedere.” Sy lê egter klem op die feit dat daar nooit genoeg polisielede en voertuie is nie. “Daarom is gemeenskapspolisieforums en buurtwagte nodig om saam met die polisie te werk. "Ons sê nie inwoners moet die gereg in hul eie hande neem nie, maar die polisie dadelik skakel as daar onraad vermoed word.”

NUUS • NEWS

20 Julie 2016


NUUS • NEWS

2

20 Julie 2016

Sonskyn Radio amptelik op die lug Die nuwe plaaslike radiostasie, Sonskyn Radio, het verlede week die laaste verstellings en toetse gedoen om vandeesweek op die lug te kan gaan. Danksy suksesvolle toetsuitsendings gedu-

Speelkasteel op die kassie

rende die afgelope naweek, het omroepers, Ziaan Siems, Joani Allen, Niekie van den Berg, Allan Barnard en Christo en Gawie amptelik Maandagoggend vanaf 06:00 regstreeks vanuit hul ateljee begin uitsaai.

Konferensie vir vroue gehou Die Women of Substance SA hou eersdaags hul sesde jaarlikse konferensie. Cynthia Garrett, Errol Naidoo en Theresa Hannie sal die sprekers wees. Die konferensie word op 20 Augustus in die Bridgeways konferensiesentrum by Ratanga Jun-

ction aangebied. Deelnemers kan kies tussen twee sessies. Sessie een vind plaas vanaf 10:00 tot 13:30. Die tweede begin om 15:00 en duur tot 18:30. Kostes beloop R300 per persoon. Vir meer inligting, kontak 074 153 0519.

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@ diecourant. co.za. Besoek ons webtuiste by www. diecourant. co.za om altyd ingelig te wees!

dié courant se susterspublikasie, de moZáik, is vars van die drukpers af en is hierdie week op die rakke beskikbaar. Kry jou gratis kopie en raak verlore in al die nuus en gebeure van die Swartland en Weskus.

Die ACVV Speelkasteel Kleuterskool op Malmesbury kry eersdaags ‘n besoek van kykNET. Ouers, personeel en kleuters is baie opgewonde hieroor. Volgens die kleuterskool sal kykNET die skool op 11 Augustus besoek vir hul program Kleuter Zone. Televisieopnames sal binne die verskeie klasse plaasvind, waar onderhoude met kinders én personeel gevoer sal word. Die dag skop met ‘n kameraspan af, maar eindig met ‘n genotvolle konsert vir almal om te aanskou. Almal is welkom om die geleentheid by te woon. Kaartjies kos R60 per volwassene en R30 vir leerders tussen Gr. 1 tot Gr.12. Ete-kaartjies kan vooraf teen slegs R20 gekoop word. Kaartjies is reeds beskikbaar. Bespreek jou plek by Suzanne (022 482 3742), per e-pos by speelkasteelck@webmail.co.za of besoek gerus die skool in Lowry Colestraat. Die skool spog ook nou met hul eie webblad, http://www.speelkasteelck.co.za. Speelkasteel hoop om baie besoekers te verwelkom en ‘n opwindende dag met ‘n konsert en geselligheid vanuit die boonste rakke met almal af te sluit.

Op die plaas Renosterbos van Alwyn Hanekom staan die kanolalande goudgeel in blom.

• KANOLA BEGIN BLOM

Swartland is in groen en goud getooi Kanola in die Swartland het begin blom en lyk redelik goed. Só sê Luan van der Walt van Graan SA. Volgens Van der Walt wil dit voorkom of daar vanjaar minder hektare aangeplant is. Die mees onlangse oesskattings toon dat daar in totaal sowat 78 000ha oor die hele land aangeplant is. Van der Walt sê die koue weerstoestande en reën is baie gunstig vir kanolaproduksie. “Die reën wat elke week bietjie val, hou die grondvog gunstig vir die plante,” voeg hy by. Verdere reën in Julie, Augustus, asook vroeg in September sal gunstig wees vir die Swartland, sê hy. Izane Leygonie, landboukundige by Soill wat

die Swartland-streek verteenwoordig, sê daar is vanjaar gemengde gevoelens wat kanola betref. Volgens haar het verlede jaar se swak oeste weens droogtetoestande, 'n demper op vanjaar se aanplantings geplaas. "Weens die groot risiko verbonde aan kanola, het boere vanjaar heelwat minder aangeplant teenoor verlede jaar." Kanolaboere in die omgewing van Eendekuil het vanjaar reeds baie skade weens die droogte gely, terwyl boere se kanolalande in die Klipheuwel-omgewing weer goed lyk danksy goeie reënval. Leygonie sê die oesskatting vir die hele Swartland is sowat 1.6 t/ha.


NUUS • NEWS

3

20 Julie 2016

Minister by Elkana:

Die plaaslike minister van onderwys, Debbie Schäfer, het Vrydag talle naskoolse fasiliteite in die omgewing van Malmesbury besoek. Volgens Schäfer is naskoolse- en vakansieprogramme baie belangrik om leerders tydens die vakansietye besig te hou, maar ook uit die kwaad te hou. “Ons hoofdoel is om seker te maak dat leerders hul volle skoolloopbaan voltooi en nie vroeër skool verlaat weens dwelms, bende aktiwiteite of vroeë swangerskappe nie,” voeg sy by. Schäfer het onder meer Elkana Kindersorg- en nasorgsentrum besoek wat leerders tydens die vakansie lekker besig gehou het. Van links staan Patricia Solomons, Tania Botha (voorsitter van Elkana se direksie), Debbie Schäfer, Roché Afrikaner, Hillary Baley en Valerie Brown met Senobia van Schalkwyk en Elizma Titus heel voor.

• VEILIGHEID EERSTE

Jaers, alkohol en boetes vasgevat Moenie dat agterstallige boetes jou in die tronk laat slaap nie. Só sê Roman Steyn, hoof van die Swartland Munisipaliteit se wetstoepassers. Steyn verwys na verkeersboetes wat agterweë gebly het. "Daar was onlangs 'n slenter wat die rondte gedoen het wat inwoners gevang het. Hier is mense per sms gewaarsku om 'n uitstaande boete te betaal of die nagevolge te dra. Dit was 'n skelm spul," sê hy. Die wetstoepassers is egter hard besig om agterstallige boetes in te vorder en indien daar 'n lasbrief vir 'n motoris se inhegtenisname is, sal daar aan hul deur geklop word. "Moenie dat dit met jou gebeur nie. Dit is 'n ernstige oortreding en ons doen 'n beroep op die gemeenskap hieroor. Kontak ons en vind uit of daar 'n uitstaande boete is. Moenie in die slaggat trap nie," versoek Steyn. Steyn doen ook 'n beroep op inwoners van Malmesbury om hulle by te staan met die vastrek van diegene wat van die paaie in en rondom die dorp, 'n renbaan maak.

"Hierdie is 'n groot probleem en ons het die gemeenskap se hulp nodig. Laat weet ons as jy iets sien of hoor. Ons sal dit opvolg. Ons sal ook ten alle tye jou identiteit beskerm. Jou wenk is anoniem," gee hy die versekering. Diegene wat onder die invloed van alkohol of enige ander middel bestuur, sal ook verantwoordbaar gehou word vir hul optrede. "Ons gaan hier baie streng optree. Daar is te veel ongelukke en die verlies van onskuldige menselewens. Dit moet stop. Ons gaan alles in ons vermoë doen om dronkbestuur hok te slaan," waarsku hy. Die wetstoepassers is met 'n veldtog besig om motoriste en voetgangers te beveilig. Voetgangers word versoek om sigbare klere te dra en nie paaie op onveilige plekke oor te steek nie. So ook fietsryers. Motoriste moet ook verseker dat al hul ligte in werkende toestand is. "Moenie net met een lig ry nie. Jy het twee voor en twee agter. Sorg dat hulle werk asseblief. Dit is vir jou en die voetgangers se veiligheid belangrik," sê Steyn.

Wen naweek na Country Show ‘n Naweekpakket vir ‘n gesin na dié courant se Country Show en skaapkopete by Bushmans Cave op Clanwilliam is op die spel. Om hiervoor in aanmerking te kom moet jy die volgende doen. Sms jou naam en van en tuisdorp saam met die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 1 Augustus om 15:00.

Vraag:

Noem een van die sangers wat by dié vertoning sal optree.


NUUS • NEWS

courant

• MÔRE BY VAN GPF-VERGADERING

dié

4

Veiligheid begin by jouself

Van kleintyd leer ons dat veiligheid altyd eerste kom. Moenie met vreemdelinge praat nie. Moenie lekkers van vreemdelinge aanvaar nie. Kyk links, regs en weer links as jy oor die pad stap... Ons is altyd bewus van ons veiligheid. Ons leef in 'n samelewing waar ons mekaar nie meer vertrou nie. En dit is nie ons eie skuld nie. Dit is die era waarin ons leef. Waar mense mekaar aanval en seermaak sonder enige rede. Lewensverliese is hoog en tog so onnodig. Waar begin dit en waar hou dit op? Hoe gaan dit ophou? Wie gaan dit keer en stop? Jy kan nie altyd na ander kyk en wag dat iemand iets moet doen nie. Jy moet self ingryp en daadwerklik 'n poging aanwend. Dit is hartseer dat ons in 'n samelewing woon waar mense nie meer respek vir mekaar of lewens het nie. Waar mense nie respek vir mekaar se eiendom het nie. Ons is maar soms agterlosig en laat 'n venster oopstaan as ons nie tuis is nie. Ja, dit moenie vir ons nodig wees om ons huise in tronke te verander nie, maar ons moet na onsself kyk. Wees waaksaam. Moenie die noodlot uitlok nie. Moenie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie, maar moet hom ook nou nie innooi nie. Dis tyd dat ons begin saamstaan. Dat ons met owerhede saamwerk om ons veiligheid te verseker, want alleen gaan niemand dit regkry nie.

It’s Good News

Jordaan neem leisels oor Genl. Aneeqah Jordaan het van St. 6 (vandag Gr.8) daarvan gedroom om ‘n polisievrou te word. Ses jaar later stap sy by die Polisie Kollege in, word gekroon as Polisievrou- én Bestuurder van die Jaar in 2008 en vandag beklee sy die titel as generaal. Sy geniet haar werk nog net so baie soos die eerste dag wat sy by die polisie aangesluit het. Die Malmesbury Polisiëring Forum hou Donderdagoggend om 09:30 ‘n “Leer mekaar ken”–byeenkoms in die Wesbank Gemeenskapsaal . Genl. Jordaan is ook na die byeenkoms genooi waartydens sy bekend gestel sal word. Jordaan vertel in ‘n eksklusiewe onderhoud met dié courant dat haar ouers haar drome as polisievrou van dag een af ondersteun het. Sy moedig daagliks polisielede aan om hul eie drome na te streef, want volgens haar kan jy alleenlik met harde werk jou eie drome laat waar word. En sy het hard gewerk om te kom waar sy vandag is. Jordaan (51) het haar eerste pos as student op 12 Januarie 1983 by die Parow-polisiekantoor begin. Sy is vandaar na Goodwood waar sy as ‘n sersant ná haar opleiding begin werk het. Jordaan het haarself by die Bellville-tak binne die finansiële sy van die bedryf bekwaam net om ‘n paar jaar later as bestuurder oor die hele ondersteuningsdiens aangestel te word. Sy is kort daarna George toe gestuur waar sy sektorbevelvoerder van die ondersteuningsdienste oor nege kantore gemaak is. Dit was egter nie genoeg nie. Sy wou ‘n polisiekommissaris wees. In 2007 besluit die destydse genl. Petrus om Jordaan haar sin te gee en pos haar Oudtshoorn toe as stasiekommissaris. Sy is vandaar Paarl toe en het op 1 April verlede jaar by Milnerton

as sektorbevelvoerder begin. Op 1 Julie word sy genl. Jordaan na 17 jaar as ‘n brigadier. Jordaan het ‘n passie vir haar werk en om die gemeenskap van Suid-Afrika te dien en te beveilig. Dit is haar nommer een prioriteit. Dit is hoekom sy ‘n polisievrou is. “Dit moet vir almal in die land veilig wees. Ons werk vir die regering van die dag. As ons as polisie die gemeenskap teleurstel, stel ons die regering van Suid-Afrika teleur.” Volgens Jordaan speel die polisie ‘n baie groter rol in die land as wat inwoners besef. As die land en sy mense onveilig is, wankel die ekonomie, en toeriste bly weg. Sy vertel van haar jonger dae as polisievrou waar hulle nog rompe en sykouse moes dra. Dit het hulle egter nie gehelp om lyf weg te steek met die was van polisiewaens of om as sekuriteitswagte in die apartheidsera op te tree nie. Vrouens is nie binne kantore weggesteek nie. Jordaan beskryf haar dae as stasiekommissaris op Oudtshoorn as van haar mees opwindendste tye, want daar is sekere dinge in plek gesit waar die stasie baie goed gedoen het met haar in die leiersposisie. Sy voeg egter by sy kon dit nie alleen doen nie. “Almal moet hier saam werk,” voeg sy by. Jordaan hou daarvan om voor te vat. Sy kan maar sê dit is haar bestuurstyl. Op navraag oor wat haar boodskap aan ander polisielede is om van korrupsie weg te bly, sê Jordaan om te leef volgens jou inkomste. “Vir my as persoon is daar ook meer waarde daarin om ‘n skoon rekord te hê.”

Sy erken daar is korrupsie in die polisie, maar dat dit glad nie geduld word nie.” Ek sal persoonlik sy balkies afsny en hom in die tronk sit,” sê sy. Sy moedig die gemeenskap aan om die polisie in te lig oor beweerde korrupsie. “Julle is ons ore en oë daar buite.” Jordaan moedig mense aan om die tolvry nommer van 18600 10 111 te bel. “En as hulle te bang is hulle word geteiken, wees anononiem.” Die generaal gee haar versekering dat elke klagte wat deurgegee word oor moontlik korrupsie deeglik opgevolg word. Sy herinner almal ook net weer om 10111 te bel wanneer gevaar wink. Nie die kantoor nie.

MRB Sakekamer hou werkswinkel

Dr Marc Blackwell Snr

Prayer - Sense Or Nonsense Have you wondered if it really makes any sense to pray? Have you already decided prayer is just a lot of “non-sense!” On the other hand - maybe you, like me, find prayer as something truly sensible but complicated. These following thoughts may make things simpler. DELIGHT YOURSELF IN THE LORD Psalm 37:4 “Delight yourself in the Lord; and He shall give you the desire of thine heart.” Psalm 66:18 “ If I regard iniquity in my heart, the Lord will not hear me.” SEEK HIS KINGDOM AND RIGHTEOUSNESS Matthew 6:33 “But seek first the kingdom of God, and His righteousness; and all of these things shall be added unto you.” Matthew 21:22 “And all things, whatsoever you shall ask in prayer, believing ye shall receive.” THE SPIRIT OF GOD HELPS OUR PRAYERS Romans 8:26-27 “Likewise the Spirit also helps our infirmities: for we know not what we should pray for as we ought: but the Spirit Himself taketh intercession for us … according to the will of God.” James 4:3 “You ask, and receive not, because you ask amiss, that you may consume it upon your lusts.” ASK ACCORDING TO HIS WILL & HE WILL HEAR 1 John 5:14-15 “This is the confidence that we have in Him, that, if we ask anything according to His will, he hears us: and if we know that He hears us, whatsoever we ask, we know that we have the petitions that we desired of Him.”

20 Julie 2016

Die Moorreesburg Sakekamer bied sy eerste werkswinkel vir entrepreneurs by die Jan Basson-sentrum op Donderdag, 21 Julie aan. Die geleentheid word beskou as ideaal vir jong sakelui, studente en skoliere wat meer wil leer oor entrepreneurskap en hul eie onderneming wil bou. Die werkswinkel open om 18:30. Bespreek jou plek by Babsie Horn by 022 433 8380 of epos haar by babsieh@overbergagri.co.za.

Klipheuwel Windplaas nie meer nodig Blomme: Die Prespeteriaanse Kerk op Darling se jaarlik-

se blomme-uitstalling word vanjaar vanaf 5 tot 7 Augustus gehou. Besoekers kan na die blommeprag tussen 10:00 en 17:00 kyk. Toegang is gratis. ‘n Spesiale diens word op 7 Augustus om 09:30 en 19:00 gehou.

Eskom is tans besig om die Klipheuwel Windplaas buite diens te stel. Die plaas wat uit drie windturbines bestaan, is aanvanklik as ‘n navorsingsfasiliteit vir windenergie gebruik. Die eerste fase om die windplaas buite diens te stel, het Dinsdag plaasgevind. Die windturbines is in 2002 deur Eskom opgerig vir navorsing. Sedertdien het die windplaas 3MW aan Eskom se nasionale elektrisiteitsnetwerk verskaf. Volgens Eskom het die plaas ‘n groot rol in die besluitneming van ander toekomstige projekte gespeel. Die Klipheuwel Windplaas is egter nie meer nodig nadat die nodige doelwitte bereik is nie.


NUUS • NEWS

5

20 Julie 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS R

38

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg

R

89

PnP Bulk Thick Cut Matured Vacuum-packed Rump or Porterhouse Steak Per kg

PnP Uncooked Bulk Lean Beef Mince Per kg

7

R

95

56

PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each

38 90

BUY ANY 2 FOR

49 90

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg

R

County Fair Fresh Chicken Breast Fillets 4s Per kg

BUY 2 FOR

R

WAS

17 NOW

WAS

99 29 NOW

23

90

Danone Inkomazi Rich and Creamy Full Cream Maas 2kg

99

29 90

49

17 90

PnP NO NAMETM Quick Cooking Oats 1kg

29 90

PnP All Grain Eggs Large 18s

Lucky Star Pilchards Assorted 400g Each

Liqui-Fruit 100% Fruit Juice Blend 2 Litre Each

23

54

PnP Bulk Oukraal Wors Per kg

Danone NutriDay or Yo-Jelly Smooth Yoghurt Assorted 6 x 100g

Sunshine D Lite Medium Fat Spread 1kg Tub

13 90

R

29 90

PnP NO NAMETM Corn Flakes 1kg

BUY ANY 4 FOR

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

PnP White Sugar 2.5kg

R

88

Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

19 90

27 90 Russian Bear Vodka 750ml

35

90

R

10

10 90

PnP Packet Soup Assorted 50-85g

Sparletta Carbonated Soft Drink Assorted 2 Litre Each

Equates to 39.95 for 2kg

Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case

194

ALBUM

99

WAS

NOW R

R20

170 Get Double Points

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

WAS

87 NOW WAS

99 90

59

Skip Intelligent Washing Powder 3kg or Liquid Detergent 900ml Each

90 189 NOW

148

90

PRICE PER NAPPY

Size 3 72s Size 4 60s Size 4+ 54s Size 5 50s

– – – –

R15

R2.06 R2.48 R2.75 R2.97

Huggies Gold Disposable Nappies for Boys or Girls Jumbo Pack Assorted Per Pack

www.picknpay.co.za/superanimals PRICES VALID 21 - 24 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Super Animals cards are available for online shopping. Super Animals cards not available in Pharmacy, Liquor or Clothing Stores. MMWCHS49


NUUS • NEWS

6

Dagboek • Calender

20 Julie 2016

Pasio na Rio: Ashley Moolman

Pasio, ‘n voormalige inwoner van RiebeekKasteel is ingesluit in vanjaar se Suid-Afrikaanse atletiekspan van 137 wat volgende maand aan die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro sal deelneem. Sy het kort nadat die nuus aan haar gebreek is, op haar Facebook-blad geskryf dat dit ‘n eer is om die reënboognasie by vanjaar se Spele te verteenwoordig. Die Olimpiese Spele begin op 5 Augustus en sal tot die 21ste duur. Pasio kon ongelukkig nie voor druktyd bereik word nie. Sy het die afgelope Saterdag met die eerste skof van die Thuringen Rundfahrt-fietsrytoernooi in Oos-Duitsland weggespring.

Springbok in duiwe:

Cassie en Marlene Carstens het by die nasionale sierduifskou hul nasionale kleure in dié sport verwerf. Hulle het by die skou in Athlone pryse ontvang vir die meeste inskrywings vir ‘n ras en ook vir die beste administrasie. Nie net het hulle talle pryse ingepalm nie, maar is Marlene as die Sportvrou van die Jaar van die nasionale sierduif-vereniging aangewys.

Darling 21 Jul - SPCA AGM 2016 at Chicory Cheese at 18h00

met u talente en gawes Kontak: Piet Smit (073 447 2902)

Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar)

Interkerklike Vroue-byeenkoms 26 Julie om 19:00 by AGS Wesbank (Malmesbury). Almal welkom

Piketberg Krieketklub 20 Julie Algemene Jaarvergadering om 18h00 by Tollie Adams Oval se Klubhuis. Alle nuwe lede en spelers ook welkom Moorreesburg Sakekamer 21 Julie - Moorreesburg Sakekamer bied sy eerste werkswinkel vir entrepreneurs aan. Plek: Jan Basson Sentrum, Moorreesburg Tyd: 18:30 Kontak: Babsie Horn by 022 433 8380 of epos: babsieh@overbergagri.co.za vir meer inligting. Suiwelstudie AJV 21 Julie om 19:00 by Olok saal. Spreker is Hein Wagner - motiveringspreker bekend as "The blind man with true vision". Bring jou buurman saam en kom geniet die aand Hoërskool Dirkie Uys 22 & 23 Julie: Skoolverjaardagsviering Saterdagaand: buffet en dans @ R180 per persoon Besprekings : Elizna 083 236 3900 / Tossie 083 612 5610 ACVV Riebeek-Kasteel Wegneem snoek/hoenderbraai op Vrydag, 22 Julie. R60 per bord : Spyskaart : Snoek/hoenderdy, gebakte patat, brood, nagereg. Ten bate van ouer persone en kinders in nood. Bespreek Dalene : 022 448 1424 Talente-aand 24 Julie om 18:00. AGS Corpus. Kom vereer die Here

Kerke • Churches

Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.

Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812 Shofar De Waal Esterhuizen preek die Sondagoggend-diens om 09:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury.

Malmesbury Distrikte Duiwe-unie 30 Julie - Piekniekdans met Frontline Dance Band - 19:00 tot laat - Koste is R60. Wesbank Gemeenskapsaal Navrae kontak : Brian by 072 334 7845 / Larry 074 601 5745 Old School Kick Back 6 August - Wesbank Civic Centre. Doors open 18h30. R80 per person / R140 per couple. Dress code 80's and 90's - Karaoke competition- Old school DJ. Free Snack Platter and wine on arrival. Bring own xyz. Platters welcome. Guest Perfomance : The Rockets Enquiries : 078 141 7459 / info@genieousmanagement.com Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars o.a. Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse koor van die universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw & Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 / gwenhoney@telkomsa.net Village Market in Riebeek West 3 & 17 September 2016 Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste-kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00.

Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 aan izelle@diecourant.co.za gestuur word vir plasing.

Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 31 Julie om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 17 Julie - Sondag oggenddiens om 09:30 met prediker Past. Piet Smit - Nagmaal word bedien. Geen aanddiens tydens skoolvakansie Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past. Ken Pattison, 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae

Wen kaartjies na dans Twee dubbelkaartjies na die "Old School Kick Back"-dans kan hierdie week gewen word. Sms jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 om in aanmerking hiervoor te kom. Begin jou sms met die woord DANCE. Afsnytyd vir inskrywings is 1 Augustus 2016.


NUUS • NEWS

7

20 Julie 2016 Dienste Services

NUTSMAN - betroubare, eerlike, ervare nutsman vir herstel, verf, teël en restourasiewerk binne/ buite huis. Skakel Willie Human 076 634 9925 (het verwysings) – gratis kwotasies #2589 ------------------------------ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393/1

Gelukwensing Congrats

Graag wil ons as familie vir Pappa baie geluk wens met pappa se 80ste verjaarsdag. Mag God pappa se jare vervul met alles wat mooi is. Ons is bevoorreg om jou in ons lewe te hê. Baie liefde jou vrou , kinders , kleinkinders en agter -kleinkinders #2581 ------------------------------Aan oupa Klasie, Geluk met jou 80ste verjaarsdag Gods rykste seeninge op u lewe .Van Adelia , Wilnique , Bobby en gesin #2587 -------------------------------

Wonderlike Nanna Ma, Baie geluk met Nanna se verjaardag. Mag ons Hemelse Vader u nog baie jare deurdra. Ek is baie jammer oor wat ek gedoen het. Vergewe my. Baie lief vir Nanna. Van : Jayden #2582 ------------------------------Baie geluk met my ma se verjaarsdag. Mag die Onse Vader u nog baie jare deur dra. Baie dankie vir alles wat u vir my en my kind doen. Van : Sussie #2583 -------------------------------

22 Julie .Geluk met jou neënde verjaarsdag, mag Onse Hemelse Vader jou nog vele jare spaar en mag al jou wense en drome waar word. Baie lief vir jou van jou peetma Navolee #2585 -------------------------------

Cassidy Geneve Loubser Baie geluk met jou verjaarsdag op 18 Julie. God’s rykste seëninge op jou pad. Van : Mammie, Cameron, Mamma en almal in die huis #2586 -------------------------------

JOSEPH JOEY MULLER

Baie geluk Anastacia Thompson op jou mondigwording die 19 Julie 2016. Alle heil, seën, voorspoed, sukses en volharding wens ons jou op jou lewenspad. Van Vince, Nina, Anja, Anneke en Vinteau #2590 ------------------------------Baie geluk kollega met jou mondigwording.Gods rykste seën vir jou. Baie dankie vir jou vriendelikheid en liefde wat jy aan ons gee. Dis elke dag ‘n plesier om met jou te werk. Liefde Tekkietown personeel #2591 -------------------------------

Baie geluk Tania en Gavin met julle huweliksherdenking. Mag julle net jul huwelik op God bou en altyd die beloftes sal nakom. Van Tessa, Micheal en kinders #2592 ------------------------------Raai wie word 10!!! 17/07- Gustro Willemse Baie geluk met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seën en wees altyd gehoorsaam! Jou antie Tessa, Michael en kinders #2593 -------------------------------

22 Julie Geluk Wendy! Mag God jou ryklik seën geniet jou daggie! Van Sharon en kinders #2594 -------------------------------

We are so blessed to have you in our lives. You are the greatest and deserve all the happiness in the world on your special day. Happy birthday Kirsty. Love : Leon, Carmen, Naan and the boys #2595 -------------------------------

Veels geluk met jou geboortedag. Bly die lieflike mens wat jy is en die voorbeeldige dogter wat jy stel. God seëninge op jou pad. Liefde: Mammie, Daddy, Susters en broer #2598 ------------------------------Bella, Bella. Vandag is jy nog ‘n jaar uitgespaar. Jy is ‘n sus duisend. Dankie vir wat jy beteken in my lewe. Oneindig lief vir jou. Geniet jou b-day. Luv you lots – Lizelle #2599 -------------------------------

Veels geluk met jou verjaardag engel. Bly die sonstraal in ons lewens en mag God jou vele jare spaar. Klomp liefde van Mammie, Daddy & Lanzo #2600 ------------------------------Happy B-day Zavi. Geniet die daggie. Lief jou baie. Carolissen familie #2601

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/50 ------------------------------Te Koop gevra - Klerasie , skoene, Linne, breekware, Speelgoed, komberse en handsakke Kontak : 084 702 3196 #2526/1

Memorium In Memoriam

ADAM WILLEM VAN NEEL

Op 25 Julie sou jy jou 66ste verjaardag vier, maar vandag doen jy dit saam met die engele. Ons mis jou nog elke dag, maar koester die mooi herinneringe. Van : Jou vrou, Mina, kinders en kleinkinders #2588 -------------------------------

Op 21 Julie 2016 is dit jou 60ste verjaarsdag. Baie geluk Pappa, ons verlang nog elke dag na ‘n man, pa en oupa. Van jou vrou,kinders en kleinkinders #2597

Te Huur To Let

Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/39

Te Koop For Sale

Telefunken yskas 190 liter. Prys : R850. Kontaknommer : 022 482 1007 #2584 ------------------------------Blackberry Bold 9780; Mobizel Solo Tablet, JVC Speakers, Canon Scanner, Projekter C6 . Kontak 072 032 1809 #2596


courant

tel 022 487 3221

Uithourit: Die Darling Uithourit word

Saterdag hier gehou. Ruiter en perd sal getoets word. Inskrywings hiervoor het reeds gesluit. Deelnemers sal aan afstande tussen 40 en 120km deelneem. Die inweeg begin Vrydag om 16:00. Die veeartspaneel bestaan uit dr's Mark Walton, Louis Naude, Jennifer Deverson, Keri Lee Dobbie en William van Zyl. Links is Julia de Kock en Jean-Pierre Peens by die Darling Uithourit van 2014 toe 135 perde en hul ruiters saamgetrek het.

Kookwater-rugby beloof

minder as 10 punte. Piketberg kom tuis teen Moorreesburg te staan. Die twee spanne beklee die laaste twee plekke in die liga. Piketberg speel tans goeie rugby en is altyd moeilik om te klop hul tuisveld, waar Moorreesburg weer dringend 'n wen nodig het na vier agtereenvolgende nederlae. Die wedstryd sal dus deur beide spanne as 'n finaal beskou word. Verlede week is Moorreesburg verneder op Malmesbury en die span sal hard wil terugslaan. Piketberg weet dat 'n oorwinning hul seisoen kan omswaai en hulle so die nodige momentum en self vertroue kan bekom. Wedstryde tussen hierdie twee spanne sorg gereeld vir groot opwinding en Saterdag behoort dieselfde te wees met albei spanne wat spog met goeie voorspelers. Aangesien albei spanne tans in die relegasie sone steier, sal die span wat die oorwinning die meeste wil hê, met die louere wegstap. Moorreesburg behoort hier net 'n kort-koppie voor te wees.

R R

94

R

Flying Fish Assorted Non-Returnable Bottles 12 x 330ml

FRGTHS1034

PRICES VALID 21 - 24 JULY 2016

49

59

Alto Rouge 750ml

Sports results

Victoria-Wes Ope 1 1 M Hill 1525.3845; 2 C Basson 1525.2911; 3 M Hill 1524.9765; 4 M Hill 1524.4871; 5 Bordeaux Lofts 1516.8050; 6 C Basson 1511.5300; 7 Vrededal Hokke 1505.1755; 8 J Steenkamp 1503.3513; 9 J Steenkamp 1503.1924; 10 F Meintjes & Seuns 1499.2792; Moorreesburg Posduifklub Victoria-Wes JO1 1 BOETIE & BARON HOKKE 1499.0908; 2 FRANS JOOSTE 1492.4258; 3 FRIKKIE BESTER 1488.5112; 4 STEENEKAMP LOFTS 1487.8044; 5 FRANS JOOSTE 1480.6302; 6 FRANS JOOSTE 1433.9279; 7 STEENEKAMP LOFTS 1429.9775; 8 FRIKKIE BESTER 1429.0073; 9 HMO SMIT EN SEUN 1424.6221; 10 DOORNKLOOF 1424.0654 Victoria-Wes Ope 1 1 FRANS JOOSTE 1491.4689; 2 FRANS JOOSTE 1478.9043; 3 KB EN SEUN 1470.2453; 4 KB EN SEUN 1469.6251; 5 STEENEKAMP LOFTS 1462.9401; 6 FRANS JOOSTE 1457.2091; 7 STEENEKAMP LOFTS 1449.4991; 8 VAN DER VYVER HOKKE 1447.6378; 9 YT & TUIS 1444.5685; 10 FRANS JOOSTE 1442.5986 Riebeekvallei Wedvlugklub Beaufort-Wes 2. 1.Alex Fam; 2.Persens Hokke; 3. Adams Hokke; 4. Janco Lofts; 5. Truter Hokke; 6. Truter Hokke; 7. Adams Hokke; 8. Alex Fam; 9. Amerika Hokke; 10. Alex Fam Omega Wedvlugklub 1)K.Edas 1540.878; 2)Marlon &Brian 1518.256; 3)RC.Liedeman 1511.270; 4)Marlon &Brian 1502.809; 5)Stan The Man 1500.229; 6)S.Zimri 1499.312; 7)K.Edas 1492.034; 8)RC.Liedeman 1492.028; 9)RC Liedeman 1492.028; 10) Marlon&Brian 1491.429

• WATERTAND-SPEL OPGEDIS IN DRIE DERBY'S in wedstryde wat hulle net sowel kon gewen het, maar konsentrasie en fokus verloor het. Wesbank behoort hierdie naweek verdere sout in Darling se wonde te vryf en behoort met hul jong span gemaklik af te reken met Darling op hul tuisveld. Op Malmesbury speel Never Despair gasheer vir Abbotsdale wat skielik weer in die prentjie is vir 'n plek in die uitspeelrondes, ná 'n paar sterk vertonings. Toe die twee spanne laas ontmoet het, het gemoedere hoog geloop en albei spanne sal daardie wedstryd wil vergeet om sodoende nie fokus te verloor nie. Never Despair is nou baie wisselvallig en Abbotsdale sukkel ook. Die betrokke spanne sal hul foute wil regmaak en verseker dat hul nie momentum verloor nie. Never Despair is tans baie kwesbaar op hul tuisveld en Abbotsdale sal dit wil uitbuit en met goeie agterlynspel kan Abbotsdale sorg vir groot chaos. Never Despair sal hard terugveg maar Abbotsdale behoort hierdie wedstryd te wen met

Sportuitslae

Malmesbury Posduifklub Victoria-Wes JO 1 1 Vrededal Hokke 1497.5901; 2 Vrededal Hokke 1497.2883; 3 C Basson 1497.2276; 4 C Basson 1478.4199; 5 M Hill 1474.6436; 6 M Hill 1460.3648; 7 G Horn 1451.8972; 8 M Hill 1439.8576; 9 Vrededal Hokke 1439.0644; 10 C Basson 1431.6039

Die Moorreesburg Gholfklub bied eersdaags ‘n Boeredag-gholftoernooi aan. Die gholfdag wat op 6 Augustus plaasvind, sluit goeie pryse, ‘n halftyd broodtafel, asook aandete in. Die gholftoernooi bied ‘n 4BBB Stableford teen R380 per persoon aan. Skryf nou in om teleurstelling te voorkom. Bel vir Yolanda by 022 443 1848 of e-pos haar by moorreesburggolfclub@telkomsa.net om aan die toernooi deel te neem.

Saterdag kan toeskouers in die Swartlandstreek hulle gereed maak vir groot titaniese derby-wedstryde wat hom afspeel in die Groot Uitdaag Swartwes-afdeling. Op Darling raak die buurdorpe van Darling en Malmesbury slaags, wanneer Wesbank na Darling reis. Dié span het verlede week hul kans om Saldanha te klop, verbrou. Met Darling wat week na week wipplank ry en Wesbank wat die afgelope twee wedstryde momentum gebou het met twee goeie oorwinnings, sal hierdie wedstryd sorg vir groot opwinding. Wesbank spog tans met jong vlugvoetige talent in Enzo Goliath en Dillon Strydom wat week na week die streek aan die brand speel met hul vaardigheid en sodoende die nodige selfvertroue aan die span verskaf om weer 'n groot aanspraak te maak op 'n plek in die uitspeelrondes. Darling inteendeel se seisoen is besig om in 'n nagmerrie te ontaard na hulle week na week punte op 'n skinkbord aan hul opponent verskaf

20 Julie 2016

20 Julie 2016

Boeredag Gholftoernooi om die draai

• Abri Adonis

NUUS • NEWS

SPORT

dié

8

R

Gholf Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner - Enkel Stableford 1. Lothar Buhr 20; 2. Dirk Malan 19; 3. Johan Kotze 18; 4. Danie Rust 17: Vrydag Sundowner - Enkel Stableford 1. Cara Vlok 21; 2. De Villiers Visser 20; 3. Buhrain Herman 19; 4. Nic Goosen 18: Saterdag - Enkel Stableford - 1. Eben Lingeveldt Jnr 39; 2. Koos Loots 37; 3. Michael Julies 37; 4. Hercules Viljoen 35; 5. Peter Willemse 34; 6. Fritz de Beer 34; 7. Natie Smith 34 Rugby - Goodhopes vs Riebeek United Derde Span: Goodhopes 14-3 Riebeek United Tweede Span: Goodhopes 14-26 Riebeek United Eerste Span: Goodhopes 32 -23 Riebeek United

149

Red Heart Jamaican Rum 750ml

R

100

Amarula Cream 750ml

Tafel Lager Cans Non-Returnable Cans 6 x 440ml

R

AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks Best Customer 2013 are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. Loyalty Programme 2014 No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. three years in a row 2015

140

Klipdrift Premium Brandy 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

R

349

Hennessy Very Special Cognac 750ml


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swberg 20 jul 2016 379 by DieCourant - Issuu