c urant
Gratis • Free
Amarider:
Waterwese-syfer:
17.1%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
18 Mei 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 370
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Dié naweek sal die fietsryentoesiaste op Malmesbury saamkom vir die jaarlikse Amarider 100miler-ren. Vanjaar is die eerste jaar wat die Malmesbury Fietsryklub ook by dié fietsrybyeenkoms betrokke is. Die eerste deelnemers sal om 07:30 vanaf die Malmesbury Skougronde vertrek.
• nuwe vulstasies OP N7 OORWEEG
Verkeerslig beplan Links: ‘n Lugfoto wys duidelik hoe die N7 verbou en opgegradeer word. Foto: Bertie Brits Onder: 'n Skematiese voorstelling van die beoogde vulstasies.
Motoriste in en rondom Malmesbury sal vir ‘n ruk nog moet voorsiening maak vir die ekstra reistyd weens die opgradering aan die N7 en Bokomoweg wat nou ook effe vertraag is. Volgens Johan du Toit van Meropa Communications, woordvoerder van SANRAL, verloop die opgradering van die nasionale pad by Malmesbury goed, maar is hulle sowat ‘n maand agter skedule. “Fase 2 (vanaf Philladelphia) is toegeken aan Triamic. Hierdie fase het in Januarie aanvang geneem en loop oor ‘n kontrakperiode van 42 maande,” sê Du Toit. Konstruksiewerk van Malmesbury tot die Hopefield-N7-aansluiting word beoog om in Januarie 2017 ‘n aanvang te neem. Om die verkeersvloei in en rondom Malmesbury te vergemaklik, word ‘n verkeerslig oorweeg vir die aansluiting in Malmesbury-Wes van die
nuwe N7-afrit met Darlingweg en Abattoirweg. “Die ontwerp hiervoor moet nog gefinaliseer word, maar die installering sal onder die huidige kontrak hanteer word. Dieselfde geld vir die deurgang onder die N7 vanaf die industriële-gebied na Malmesbury-Wes. “Die Darling-/Bokomoweg word opgegradeer tot ‘n dubbelpad. Die verkeerskapasiteit word dus bykans verdubbel en die draaibewegings word ‘n beskermende lane gehanteer wat die padveiligheid aansienlik verbeter. Aan die oostekant (Bokomo-weg) stop die verbetering waar die N7-padreserwe ophou. Die bestaande Bokomoweg word nie opgegradeer nie en sal later deur die Swartland Munisipaliteit hanteer moet word,” verduidelik Du Toit. Die totale veranderings by Malmesbury beloop ongeveer R120 miljoen. • Planne om ‘n vulstasieskompleks aan weers-
kante van die N7 te bou by die huidige ingang na die vliegveld en Mother City Skydiving sowat 9,5 km noord van Malmesbury, is in die staatskoerant gepubliseer vir kommentaar op hersonering. Rista Investments doen aansoek vir die hersonering van ‘n deel van gedeelte 1 van plaas Diepkloof no. 599 vanaf landbousone 1 na sakesone 4. Die aansoek om hersonering om die “petroport” te bedryf, is ontvang, ingevolge artikel 15(2) (a) van Swartland Munisipaliteit se Verordenning op Munisipale Grondgebruiksbeplanning (PG 7420 van 3 Julie 2015). Die beplande vulstasies sal die enigste op die N7 wees op die sowat 90km tussen Winkelshoek by Piketberg en die Swartland 1Stop naby Philadelphia, wat tans slegs vir verkeer in ‘n noordelike rigting toeganklik is.
NUUS • NEWS
18 Mei 2016
NUUS • NEWS
2
Werker van die Jaar gesoek Dis weer tyd vir die boere om te spog met hul beste werkers en die Santam Swartland Wynen Olyfroete nooi hul produsente om deel te neem aan die Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings. Inskrywings sluit 1 Julie. Kontak Jolene Janse van Rensburg by 022 487 1133 met navrae of stuur ‘n epos na swartlandinfo@westc.co.za.
18 Mei 2016
Marais tree uit as hoof van Swartland Die voorsitter van die Hoërskool Swartland se beheerliggaam, Vanya Botha, het dié courant daarop gewys dat die skoolhoof, Dirk Marais, nie bedank het nie. Dit blyk dat hy kennis gegee het met ‘n versoek om voor die ouderdom van 60 (die ouderdom waarop onderwyspersoneel nie meer op hul pensioengeld gepenaliseer word) uit diens te tree. Dié versoek is toegestaan. Onderwyspersoneel kan van die ouderdom 50 vra vir pensioen en vir elke maand voor hul 60ste verjaarsdag word hul met 0.33% op hul
pensioengeld gepenaliseer. Wanneer die onderwyser onderrig gee in ‘n vak waarvoor dit moeilik is om personeel op die platteland te bekom, moet daar in só ‘n geval spesiale departementele toestemming verkry word. In Marais se geval tree hy uit op 59 jaar en 3 maande. Volgens ‘n bron verbeur onderwysers hul voordele as hul sou bedank. “Daarom vermy mense in die staatsdiens dit om die woord bedank te gebruik”.
Hy het aan dié courant gesê die gebeure en hofsake die afgelope 18 maande het hul tol geëis, ook op sy vrou se gesondheid. “Sy het in die hospitaal beland met fibromialgi,” het hy verduidelik en gesê hy word wel gepenaliseer vir vroeë uittrede. Hy het ook gesê hulle verhuis na SomersetWes waar hul eiendom gekoop het. “Ek sal die laaste ses maande van die jaar van daar pendel en sommige aande in die koshuis oorslaap as ek vergaderings het,” het Marais bygevoeg.
Botha 'n 'ware gemeenskapsmens' Die ervare joernalis Susan Botha (60), lid van dié courant se redaksie en deurwinterde skrywer, is Vrydag skielik oorlede. Botha, wat die afgelope twee jaar deel van dié publikasie se redaksie was, se heengaan laat 'n groot leemte. Botha het op Sabie saam met haar twee broers en suster grootgeword. As dogter van 'n bosbouer, het sy haar kinderjare op die plantasies deurgebring en van vroeg af 'n liefde vir mense en Afrikaans gehad. In matriek het sy die Sanlam-prys vir die beste leerder in Afrikaans ontvang en daarna aan die Universiteit van Potchefstroom studeer en haar honneursgraad in kommunikasiekunde verwerf. Sy het ook militêre diensplig gedoen en nog altyd 'n droom gehad om valskerm te spring en het haar liefde vir mense by die destydse landelike stigting uitgeleef. Botha was jare deel van die Paarl Post se redaksie. Van hier is sy na die Bolander om weer 'n paar jaar later haar pad te vind na die gemeenskapskoerant, die Swartlander op Malmesbury waar sy redakteur was. Botha het talle kortverhale en digbun-
dels geskryf saam met haar lewensmaat, Leonard Koza, wat in 2010 in 'n motorongeluk oorlede is. Nie net het sy haar slag met die pen gewys en haar hierin uitgeleef nie, maar sy het haar beywer vir sosiale regverdigheid en die opbou van die gemeenskap. Sy het op verskeie rade gedien, soos die Malmesbury GPF en dié van Huis van Heerde-kinderhuis op Moorreesburg. "Susan was 'n uitstekende joernalis met soveel ervaring nóú vermeng met haar hart vir die breër gemeenskap. "Haar dood is 'n groot skok en nog groter verlies waarvan ons die omvang waarskynlik eers hierna sal besef," só het die uitgewer van dié courant, Johan Viljoen, gesê. "My eerste kennismaking met Susan was in die laat tagtigs toe ek as aflosjoernalis vir Eikestadnuus haar by Paarl Post ontmoet het. Daarna het ons ook saam by Paarl Post gewerk. "Haar soort passie vir die gemeenskap en haar ondervinding is juis dit wat die verskil maak by 'n gemeenskapskoerant. Ons is dankbaar vir die verskil wat
sy by ons kon maak." Haar kollegas onthou: "My mentor, my vriendin, my ander ma. Jy het my van soveel meer as net joernalistiek geleer. "Ek is vandag 'n wyser mens as gevolg van jou." - Izélle Garcia "Susan, as ek werk toe ry en teen Langstraat se bult op kyk, besef ek jy is weg vir ewig. "Dankie vir wat jy vir my die afgelope dekade beteken het. Gaan jou mis." - Karin Neethling "Jou opgewondenheid oor die nuwe Wellington-projek was aansteeklik. Jy het jou hart gevolg, jou instinkte vertrou." - Marietjie Nel "Susan was my luister-maatjie. Altyd met raad en daad bygestaan." - Chrizaan Witbooi. " Gaan ons diep en ligte topics mis. Dankie vir al die raad, hulp en bystand." Schalk Eygelaar. "Susan het altyd 'n ongelooflike liefde vir mense en die gemeenskap gehad. Daarvoor sal ek haar altyd onthou." - Desiré Kriel. "Ons het saam nog so baie beplan vir de moZáik. Jou sagte lag sal my altyd bybly. Ek koester elke herinnering." - JB Paterson. 'n Gedenkdiens word môre (Donderdag) middag om 15:00 gehou in die Betel PPK Gemeente in St Thomasstraat, Malmesbury.
NUUS • NEWS
3
18 Mei 2016
Piketberg maak skoonskip in Classic Clashes
Saterdag het die eerste rugby- en netbalspan van Piketberg skoonskip gemaak toe hulle die spanne van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury in albei wedstryde geklop het. Die eerste netbalspan van Piketberg het met 27-23 geseëvier en die eerste rugbyspan met 20-15.
• 3434 spoedvrate beboet
Renne 'n uitdaging • Die Swartland Munisipaliteit het by Eskom aansoek gedoen vir ‘n groter toevoerkapasiteit na Yzerfontein. Roelof du Toit, direkteur van elektriese dienste, het verlede week verduidelik dat die nuwe datasentrum en ‘n nuwe residensiële ontwikkeling dié verhoging genoodsaak het. Die munisipaliteit het gevolglik vir Eskom gevra om die toevoer van ‘n 2.5kVA-lyn na ‘n 3.5 kVA-lyn te vergroot. • Raadslid Basil Stanley het gevra dat Eskom weer genader word om die dooie straatligte in Chatsworth te herstel, omdat daar ‘n misdaadkwessie bestaan. • Die aantal ongelukke (20) in die Swartland waar diere betrokke was, was in Maart “die hoogte in jare en die winter lê nog voor”, aldus
Vier museumdag op Riebeek Vier internasionale museumdag Saterdag by die RiebeekKasteel Museum in Kerkstraat van 09:00 tot 14:00 . Hier kan jy heerlik kuier met ‘n winterpiekniek, kos, foto-uitstalling, kinder-groepspeletjies, wyn en vele meer. Kontak die museum by 022 448 1584 met navrae.
Phillip Humphreys, direkteur van beskermingsdienste. Rondloperdiere veral op die N7 is ‘n gevaar vir motoriste en voetgangers, lui die department se verslag vir Maart. Volgens hom het die departement drie beeste, 3 perde, en twee donkies geskut en het die eienaars van sewe honde vrywillig hul diere oorhandig. • The dicing of motor vehicles over weekends in the Swartland is one of the challenges for traffic and law enforcement services of the municipality, director Phillip Humphreys pointed out in his monthly report. He also reported on 3434 speeding cases recorded in March by three fixed and two mobile cameras. An additional 776 speeding cases were recorded by the Average Speed cameras on the R27 West Coast Road.
NUUS • NEWS
courant
18 Mei 2016
dié
4
Sandkorrels van die lewe
Hierdie week is 'n moeilike een in die kantore van dié courant. Soos elke week, het hierdie ook sy uitdagings. Net meer as gewoonlik. Hierdie week is 'n stoel in die kantoor leeg. 'n Rekenaar bly onaangeraak, 'n beker koffie minder word gemaak, 'n groet minder, 'n gesig minder... Kollega Susan Botha, se sitplek in kantoorvergaderings is leeg. Ja, sy was 'n kollega, maar nie net dit nie. Sy was soveel meer. Dis vreemd hoe 'n mens se onderbewussyn 'n film maak van jou herinneringe aan 'n persoon en dit dan enige tyd, tydig of ontydig, vir jou begin speel. Snaaks hoe sekere gesprekke vandag soveel meer sin maak. Die lewe is kort. Baie kort. Met elke groet besef ons almal dit keer op keer, maar ons onthou daardie gevoel net vir 'n paar dae. Dan stoomroller ons voort met ons lewens... Die gevoel van waardering vir ander weer iets wat vergete is. Spyt kom altyd te laat. Ons vra altyd: moes ek nie meer gedoen het nie. Moes ek nie meer dankie gesê het vir die klein dingetjies nie? Vraag is, wat kan jy nou daaraan doen? Niks. Net mooi niks. Tyd vlieg verby. Die horlosie staan vir niemand stil nie. Ons almal se sandjies loop maar stelselmatig uit. Sommige het minder sand in die uurglas as ander. Juis omdat ons nie weet hoeveel sand ons het nie, juis hierom moet ons dankbaar wees vir elke korrel.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Die groot krag van God
‘n Seker towenaar met die naam van Simon het in Samaria die mense vir ‘n geruime tyd met sy towerye verbyster en hulle het hom aangehang en die groot krag van God genoem. Filippus ‘n diaken het afgekom na daardie stad en Jesus Christus aan hulle verkondig. Die skare het daarna geluister toe hulle die woorde van Filippus hoor en die tekens sien wat hy doen. Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het uit hulle uit gegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu. So het ook baie wat lam en kreupel was gesond geword. Daar was groot blydskap in daardie stad. Toe die mense van daardie stad Filippus geglo het wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus aan hulle verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue. Die apostels het gehoor dat Samaria die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Die het afgekom en vir hulle gebid dat hulle die heilige Gees mag ontvang. Die Heilige Gees het nog nie oor een van hulle gekom nie. Simon het self ook gelowig geword en het die apostels geld aangebied sodat wie hy die hande oplê, die Gees mag ontvang. Petrus het hom bestraf omdat hy gedink het hy kan die gawe van die Gees deur geld kan verkry. Simon mag die mense verbyster het met sy towerye, maar dit was in eie krag, die krag wat van God kom is deur geloof in die Seun van God en nie uit onsself nie.
NUUS • NEWS
5
18 Mei 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
36
R
WITH OUR LOW PRICES
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack or Rainbow Chicken Mixed Portions 1.8kg Each
Equates to10.90 for 6 x 100g
14
BUY ANY 2 FOR
50
15
Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack
90
28
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet
90
PnP White Sugar 2.5kg
Sunshine D Original Margarine 500g Brick
20
90
Nescafé Gold Coffee 200g
Size 2 Size 3 Size 4 Size 4+ Size 5
13
107
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
90
Farmyard Extra Large Eggs 18s
88
39
66s 58s 50s 44s 44s
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
1.63 1.86 2.15 2.45 2.45
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
Harrier Finest Matured Whisky 750ml
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
PRICE PER NAPPY
50
24
90
R
79
90
10
90
R
230
Savanna Light, Dry or Dark 24 x 330ml Non-returnable Bottles Per Case
42
90
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Celebrate
WORLD WHISKY DAY 21 May
38
90
PnP NO NAME Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
TM
56
R
PnP Bulk Farmhouse Wors Per kg
59
R
21 May 2016 only PnP Bulk Lean Beef Mince Per kg
Simply swipe your Smart Shopper card
Get 10x points on all whisky Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
PRICES VALID 19 - 22 MAY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products on this page have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. 1504143_380 X 262
Accounts NOW OPEN
NUUS • NEWS
6
18 Mei 2016
Bokomoweg: Slagaar vir Malmesbury se sakekern Bokomoweg op Malmesbury is die slagaar van dié Swartlandse dorp. Dit voed die hartklop van hierdie dorp se sakekern met voertuie, toeriste en besoekers vanaf die N7. Bokomoweg is een van die oudste strate van Malmesbury en in die Malmesbury Museum is foto's wat jou terugneem na jare van lank gelede in hierdie besige straat. Hier word die graansilo's van KaapAgri en
Sasko gehuisves en is dit in oestyd die saamkomplek van baie van die gemeenskap se landbouers. 'n Beter weerspieëling van wat die Swartland nou eintlik is, kan nie op 'n ander plek as hier gevind word nie. Dit is koring, koring en nogmaals koring. Die indrukwekkende silo's van Sasko is van ver af sigbaar en vertel die verhaal van koring. 'n Gewas wat so ver soos die oog kan sien,
buite die dorp op die plase aangeplant word. Vandag is Bokomoweg een van die besigste strate op Malmesbury. Veral oor naweke is dit 'n miernes van bedrywighede. Hier kan jy iets van alles vind. Van die gesogte motorhandelaars, tot graanskure, vulstasies, koswinkels, hardewarewinkels en winkels wat allerhande snuisterye verkoop, kan hier gevind word. Op die straathoeke dryf klein sakemanne handel en bied hulle weer 'n unieke mark. Hierdie straat is nou nog besiger met al die
verbouings en opgraderings aan die aansluiting na die nasionale pad. Vir baie jare was hierdie die enigste deurgang na Kaapstad en verbind dit ook die platteland met die besige stadskern. Vanaf die brug, wat nou deel van SANRAL se konstruksiewerk is, is dit duidelik sigbaar dat hierdie vier bane swaar verkeer dra. Soggens is dit 'n gewoel van motoriste wat kinders by skole wil kry, wat betyds by die werk wil kom, wat gou iets by die winkel wil kom koop. Hierdie straat kan verhale vertel van al die gebeure en mense wat al hier bestuur het.
Om hier te adverteer, kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na ads@diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
7
18 Mei 2016
Betrekking Vacancy AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/5
Dienste Services
ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393/2 ------------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/11 ------------------------------TOESTELLE HERSTEL – Mikrogolf-oonde, mengers, bore, tuimeldroërs en vele meer – Skakel JP op 082 642 0050 #2439
Gelukwensing Congrats
Guess who turned 18
Yor ousus!!Geluk met jou geboortedag mag God jou ryklik seën en mag jy net ’n goeie ma wees vir jou kinders. Baie, baie lief vir jou Van jou susters – Merltine en Lineve #2446 ------------------------------20 Mei -
Geluk antie Georgina met u verjaardag. Geniet u daggie baie liefde: Janza Familie #2447
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/44
nie. Pa leef nog elke dag voort in ons harte. Rus sag – Van : Desiree, broers, kleinkinders en agterkleinkinders #2442
Sterfgevalle Obituary
Sag neem ons afskeid van Wyle ELIZABETH DOREEN WARRIES (Anna) op Woensdag, 11 Mei 2016. Troosdiens is Woensdag, 18 Mei 2016 in St Thomas Anglikaanse Kerk om 19h00. Begrafnis is Saterdag, 21 Mei – 08h00 besigtiging by Kerk en die diens om 9h00 – Spreuke 31:10 “ ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene” #2441 ------------------------------SUSAN BOTHA
Memoriums Memoriam
Te Huur To Let
MERVYN TORIEN 22-05-1946 : 19-08-2010
on 09 May 2016. Happy birthday my lovey daughter.From: Mommy & your sister Amy #2438 ------------------------------Raai wie word 2... 21.05.2016 Carlyle Abrahams
Lekker verjaar Van: Dadda en Mammie #2443 ------------------------------Geluk met jou verjaarsdag Carlyle. Geniet jou daggie. Van: Mamma, Shaurnell en Sune #2448 ------------------------------23/05 -
Geluk my oudste - Mag God jou ryklik seën met ‘n goeie lewensjaar vorentoe! Geniet jou daggie - ons is baie lief vir jou – Ciscus, Mammie, Quwin en Lilah #2444 ------------------------------Geluk met Mammie se verjaardag - ons is baie lief vir Mammie Aduwaan en Shaskia #2445
A Dad and husband in a million that was you, nothing was too much for you. Your love was infectious as you shared it. It’s your 70th birthday… enjoy it with all the angels. We love and miss you, but you RIP – you earned your rest. From wife, children and grandchildren #2440 ------------------------------ROEMS ADAM 12-02-1935 : 16-05-2014
Vandag is dit 2 jaar wat Pa ons ontval het. Dit voel nog steeds so onwerklik om te glo dat Pa nie meer by ons is nie. Ons Liewe Vader het pa nodiger gehad as ons. Ons koester nog die mooi herinneringe wat Pa ons agtergelaat het en sal Pa nooit vergeet
het baie myle vir almal geloop. Baie dankie vir alles wat jy vir ons gedoen en beteken het. Liefde Marius, Aletta, Boeta en MJ. #2452 ------------------------------Ons weet daar is vrae, maar wie is ons om 'n vraagteken te plaas waar God 'n punt gesit het? Om jou aan die dood af te staan het ons die geleentheid gekry om in diep nadenke te besef dat ons lewe so vol was as wat ons dit vir mekaar kon maak en ons sou dit net so oorgedoen het sou ons nou weer die kans kry. Daarom sê ons dankie vriendin dat jy ons lewe volgemaak het en ons vertrou dat jy vol van liefde na jou ewige rusplek binne is. Ons sal jou altyd mis. Liefde Tania, Moos en kinders #2455 ------------------------------Ons is stom..so skielik is jy weggeneem. Baie dankie vir alles wat ons kon deel en die voorreg dat ons jou kon ken. Rus sag. Helen, Hansie, Igna en Jeanette Hofmeyr #2456
Ons gaan jou vreeslik mis. Ons harte is seer en ons neem swaar afskeid, want ons is lief vir jou. Jy het vele lewens geraak met jou vriendskap, omgee, hulp en raad. Rus sag liewe suster... Baie liefde jou suster Hanli Lamprecht en kinders #2454 ------------------------------Susan, baie dankie vir die wonderlike mens wat jy vir my was. Altyd omgegee en my bygestaan deur die storms in my lewe. Gaan jou baie mis. Jy wandel nou op strate van Goud. Baie Liefde Johan Kotze (Yzerfontein) #2449 ------------------------------Susan jy het in almal se lewens 'n Ma figuur gespeel en was vir ons almal daar met raad en daad. Sal ons naweek saam by Bulshoekdam vir altyd koester. Rus sag vriendin Baie liefde Karen Hopley #2450 ------------------------------Susan ons gaan jou so oneindig mis - jy het altyd bemoedigende woorde gehad as die pad donker was. Jy het 'n hart van goud gehad en
Malmesbury Bachelor woonstel – baie netjies en veilig. Verkieslik ‘n manspersoon met sober gewoontes. Koopkrag – R2700,00 p/m. Skakel Theresa – 082 552 4848 #2451 ------------------------------2 Slaapkamer woonstel (Malmesbury) ± 80m² - R3 810. 1 Motorhuis – R350. 1 Maand deposito – geen kinders in blok – Skakel 022 482 3993 vir aansoekvorm #2416/1
Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/6 ------------------------------Kantoorspasie ±47 m² – geleë tussen Mr Price en Cardelli’s te Voortrekkerweg, Malmesbury. Kontak mnr Eddie Mostert by 022 482 1101 of Johan Rossouw083 234 6614 #2327/4 ------------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/32 ------------------------------Sakeperseel 43m² - Hoek van Bokomoweg en Albaniestraat – Lugversorger + kombuis + toilet. R3950 (BTW ingesluit) – Skakel 083 658 4996 #2417/1 ------------------------------Sakeperseel 196m² hoek van Bokomoweg en Albaniestraat. Lugversorger + 2 toilette, kombuis asook veiligheidshekke – R10 400 (BTW ingesluit) – Skakel 083 658 4996 #2418/1
Te Koop For Sale
BESIGHEID te koop - Pizza World (RiebeekWes) – Kontak Isak Brink – 073 906 9477 #2437 ------------------------------Muller – 079 413 2520 Dubbel base bed (Cloud Nine) – R1350; Dubbel base bed – R1200; Kingsize matras – R750; Sealy dubbelbed matras – R750; Dubbelbed sponsmatras – R300; Enkelbed sponsmatras – R100;
Yster kombuistafel met 4 stoele – R650; Elektriese Frick naaimasjien – R750; Hoover stofsuier – R350; Fridge/Freezer (Phillips) – R1600 Malmesbury, Rainierstraat 8E, Müller’s 079 413 2520 #2432 ------------------------------Splinternuwe sitkamer / braaikamer rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse. Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378/5
Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/17 -------------------------------
Kontak ons by 022 487 3221 om jou geklassifiseerde advertensie te plaas.
courant
NUUS • NEWS
18 Mei 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
18 Mei 2016
Sportuitslae Sports results Rugby Riebeek United A 29 - 16 Malmesbury Bloues Riebeek United B 7 - 10 Malmesbury Bloues Riebeek United C 25 - 15 Malmesbury Bloues Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner Enkel stableford Lindsay Meyer 21; Kobus Myburgh 20; Brian de Beer 20; Pieter February 19; George Prinsloo 18 Vrydag Sundowner Enkel Stableford Jaco Basson 22; George Prinsloo 20; Pieter February 20; Robert Orchard 20 Spirit Cup Enkel Stableford Michael Julies 22 Piet Basson 21 Ethan Bowers 20 Erik Jansen van Rensburg 20 Nic Goosen 19 Josef de Beer 19 Johann van der Merwe 19 Fritz de Beer 19 Langste Dryf 5 & 14: Danie Rust Naaste aan die pen 3 &12: Thys Esterhuizen Meeste "Spirit": Thys Esterhuizen Onderkaptein Kobus Myburgh se Span wen die Spirit Cup met 47 - 41 punte teen Klubkaptein Du Toit van Zyl se span.
Herfsprag:
Hierdie atlete van die Swartland Atletiekklub het Saterdag aan die Herfsprag-wedloop op De Doorns deelgeneem. Swartland Atletiekklub het die vrouespanprys gewen in die 21km-wedloop. Bo is Theresa Swart, Mariena Jordaan, Hanselie Swarts en Lise Carstens.
Kraglopie: Die derbywedstryd tussen Wesbank Rugbyklub en die span van Never Despair was vol aksie en het vir talle opwindende oomblikke gesorg. Die span van Never Despair het gebuk gegaan onder talle beserings en Wesbank het hul kanse benut. Wesbank het koning gekraai deur die wedstryd met 33 teenoor 22 te wen. Foto: David Howburgh
• SWARTWES-LIGA KRY MOMENTUM
Top-spanne slaags op veld Toeskouers sal die week hul asem ophou in aanloop tot een van die mees bespreekte wedstryde van die seisoen wanneer Wesbank RVK gasheer speel vir die top-span in die liga, Saldanha RVK. Wesbank, wat verlede naweek met sy buurspan Never Despair afgereken het, is besig om momentum te bou na twee goeie vertonings en 'n wen vir die span van Malmesbury sal die wedloop vir die eersteplek weer wawyd oopmaak. Die span van Saldanha wat steeds die enigste onoorwonne span is, ruk egter op na Malmesbury om Wesbank dodelik te probeer kwes. Die span van die Weskus het verlede naweek van sy sleutelspelers gerus teen Hopefield en het soms benoude oomblikke ervaar toe Hopefield nog met rustyd voorgeloop het. Hulle het in die tweede helfte teruggeslaan om met 'n bonus te wen. Hulle sal hierdie week meer gefokus wees, aangesien die wedstryd moontlik kan bepaal wie die septer vir die res van die seisoen kan swaai. Indien Wesbank hierdie naweek sy konsentrasie van die eerste minuut af kan handhaaf, behoort hulle die wedstryd voor hul tuisskare te wen met minder as sewe punte. In nog 'n titaniese stryd reis die span van Hilton Adonis na Darling, wat week na week voortreflike
rugby opdis. Darling se goeie spel is te danke aan hul span se sterk pak voorspelers wat die dryfkrag is. Albei spanne het die seisoen gewys dat hul ervaring, tesame met hul jong spelers, handig te pas kom. Never Despair spog ook met 'n paar talentvolle jong agterspelers. Met Dual Erasmus aan die spits, behoort hulle vir groot opwinding te sorg hierdie week. Darling sal rekening moet hou met spelers soos Sherwin Dyson en Stallone Scott wat op enige dag jakkelsdraaie kan hardloop om hul teenstaanders. Never Despair behoort hierdie wedstryd naelskraap te wen met minder as vyf punte. Moorreesburg RVK reis na Hopefield vir 'n wedstryd wat reeds beskou word as 'n relegasiestryd, aangesien die spanne onderskeidelik in tiende en elfde plekke steier. Vir albei spanne is 'n wen ononderhandelbaar. Moorreesburg weet 'n wen vir Hopefield sal beteken dat Moorreesburg skuif na die elfde plek en sal dus wil verseker dat hulle met 'n oorwinning terugkeer. Hopefield, met sy jong span, sal sy storie moet ken teen Moorreesburg, wat tot op hierdie stadium soms briljante rugby gespeel het, net om in dieselfde wedstryd weer op grootskaal droog te maak.
John Bader sal dus sy span se baldra-kapasiteit versterk met die terugkeur van Jovan Willemse en Arthur Adonis wat op enige dag groot amok kan maak met hul kraglopies. Moorreesburg toon groot verbetering en het verlede naweek gelykop gespeel teen St Helenabaai in 'n wedstryd wat hul net sowel kon gewen het. Hulle sal dus hierdie week wil verseker dat hulle 'n stappie verder gaan met 'n oorwinning met minder as sewe. Abbotsdale RVK, wat verlede naweek netnet teen Vredenburg verloor het, speel gasheer vir die span van Velddrift. 'n Loesing vir die span van Abbotsdale kan hul veldtog in 'n nagmerrie laat verander. Hulle sal dus wil verseker dat hulle nie weer in die relegasie-sone val nie. Velddrif is egter 'n goed-gebalanseerde span wat krioel van manne met ervaring. Abbotsdale lyk vasbelote om hul seisoen om te keer na 'n stadige begin. Die wedstryd tussen hierdie twee spanne behoort te wys watter span is besig om momentum te bou en, aan die ander kant, watter spanne is besig om stoom te verloor. Abbotsdale met sy tuisvoordeel behoort egter die knoop deur te hak met 'n oorwinning met minder as 10. - Abri Adonis
R
CELEBRATE
MORE FOR LESS
Savanna Light, Dry or Dark Premium Cider 24 x 330ml
230
r
Per Case
129
J&B Rare Scotch Whisky 750ml
R
Fietsry Gravel & Grape Kobus Drotschie en Fietie Rocher van die Malmesbury Fietsryklub het die driedag Gravel & Grape-wedren voltooi met 'n tyd van 11:15:16. Hulle het 'n 28ste plek behaal en 'n eerste in die Buffalo-afdeling. Elishia & Nadene ook van die klub het ook die Gravel & Grape Lite voltooi. Dié ren is oor twee dae gehou. Hulle het 'n derde plek vir vroue met 'n tyd van 5:53:24 behaal.
R
169
Bell’s Extra Special Whisky 750ml
149
R
259
R
299
Johnnie Walker Black Label Whisky 750ml
R
179
1505309_100 x 260
PRICES VALID 19 - 22 MAY 2016 AT Pick n PAy liquor STorES lAnGEBAAn, MAlMESBury, VrEDEnBurG, WEllinGTon, DurBAnVillE, WilloWBriDGE, SABlE SquArE, FrAnScHHoEk, BiG BAy AnD cErES STorES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Ballantine’s Blended Scotch Whisky 750ml
Jameson Irish Whiskey 750ml
Jim Beam American Bourbon White Label 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505309_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/05/12 1:02 PM