c urant
Gratis • Free
38%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
13 Julie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 378
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Minister besoek kliniek
Bo: Dr Nomafrench Mbombo, WesKaapse minister van gesondheid, het gister op Malmesbury besoek afgelê. Die Malmesbury Dagkliniek het gister ‘n spesiale besoek van die Wes-Kaapse minister van gesondheid, Dr Nomafrench Mbombo, ontvang as deel van ‘n inligtingsdag rondom die bewusmaking van geestesgesondheid. Die dag is moontlik gemaak deur die plaaslike regering vir gesondheid wat gefokus het op psigiatriese siektes, hoe om hulp te soek en die stigma rondom die siekte te bekamp. Swartland Hospitaal beskik tans oor ‘n 72-uur observasiediens vir geestesgesondheidspasiënte (‘high secure room’). Na afloop van die opknapping en verbetering van die hospitaaldienste, sal die hospitaal oor ‘n 4-bed saal beskik, spesifiek vir geestesgesondheidspasiënte. Daar is ook dienste beskikbaar op primêre gesondheidsorgvlak deur middel van uitreikdienste vir psigiatrie na die Malmesbury CDC, klinieke en satelliet-klinieke in die Swartland sub-distrik. Hier is daar verder twee ondersteuningsgroepe vir persone met geestesgesteldhede. In die 2015/16 finansiële jaar is daar op primêre gesondheidsorgvlak 3893 volwassenes en 218 kinders onder 18 jaar vir geestesgesondheid behandel in die Swartland sub-distrik. Swartland Hospitaal het 64 volwassenes en 13 kinders onder agtien behandel waarvan 24 hertoelatings was. Die minister het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om pasiënte met geestesgesondheidsiektes met respek te hanteer .
• VERKEERSIRKEL BIED MOONTLIKE VERLIGTING
Rivierbrug verbreed Die opgradering en verbreding van die Dieprivier-brug op Malmesbury gaan sorg vir groot verkeersverligting in dié deel van die dorp. Die opgradering vorm deel van ‘n groter projek om die verkeersvloei tussen die Rozenburgstraat en Voortrekkerweg-kruising en die Voortrekker- en Bokomoweg-kruising aansienlik te verbeter. Die projek behels ook die moontlike opgradering van die Rozenburgstraat en Voortrekkerweg-kruising deur dit na ‘n verkeersirkel te verander. Die beplande verbreding van die brug sal aan die westekant (stroom af) van die brug plaasvind.
Daar word beplan om vier langwerpige brugkolomme en twee brughowe met vyf meter aan die westekant (stroom af) te verleng en die brugdek met min of meer ses meter te verbreed om ‘n addisionele noordwaartse laan te skep. Deur die brugdek te verbreed, word spasie toegelaat vir ‘n twee meter breë voetgangersypaadjie aan weerskante van die brug. Volgens At Botha, direkteur siviele dienste, is die omgewingimpakstudie in die finale stadium. ‘n Erfenis-impakontleding is tans ook onderweg om die moontlike argeologiese en visuele impak van die projek te ondersoek.
Die onlangse werk in die Dieprivier het deel uitgemaak van die geotegniese-ondersoek wat gedoen is om te bepaal hoe diep die Kaapse graniet is, waarop die brug se fondasies staan. Ingenieurs is besig met die finale ontwerp van die voorgestelde sirkel by Rozenburgstraat en die opgradering van die Bokomo- en Voortrekkerweg-kruising. Die projek sal voorlopig teen November 2016 op tender uitgaan, sodat opgradering vroeg in Maart 2017 kan begin en gedurende 2018 afgehandel kan word. Die totale projek sal na raming sowat R19 miljoen beloop.
NUUS • NEWS
13 Julie 2016
NUUS • NEWS
2
13 Julie 2016
Vlieg hoog:
Flota Smit (links), 'n matriekleerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury se "klippie" Strydom Burger (graad 8) het hom die naweek vir 'n "flip" geneem. Burger vlieg al 'n geruime tyd en het reeds baie vliegmyle agter die rug. Volgens Strydom was Flota redelik bewerig voor hulle opgestyg het vanaf Fisantekraal, maar vol lof vir Strydom se vaardighede as vlieënier nadat hulle veilig geland het by Strydom se vliegskool, IAACSA. Links is die twee by die Cherokee 140 net voor hulle opgestyg het.
• KOMPETISIE NOU OOP
Gee hospitaal ‘n nuwe naam
Voorkamerfest uitgestel Die jaarlikse Darling Voorkamerfest 2016 word uitgestel tot 2017. Volgens Charles Withington van die feeskomitee, het die huidige ekonomiese klimaat ‘n demper op hul finansiële steun geplaas en dat die
tekort aan borgskappe hulle genoop het om die fees vir vanjaar af te stel. Die komitee is in volle vertroue dat die Voorkamerfest weer volgende jaar in sy volle glorie hervat sal word.
Jongooi se evaluering om die draai Die Skaapstudiegroep van Malmesbury Landbouvereniging se 36ste Jongooi Kudde-evalueringsdag vind vanjaar op 29 Julie plaas. Die suksesvolle geleentheid, wat jaarliks by die plaaslike skougronde plaasvind, sluit die betrokkenheid van plaaslike skole, asook plaaswerkers in wat bydrae tot die dag, maar ook opleiding ontvang. Daar vind vanjaar weer ‘n honde-demonstrasie én‘n skaapras-uitstalling plaas. Daar sal vanjaar ook weer ‘n lamkarkas-veiling gehou word waar die publiek ‘n lamkarkas kan koop en laat opsaag na sy behoefte. Enige bydrae sal verwelkom word. Die name van alle individue en maatskappye wat ‘n bydrae gemaak het, sal deur die dag op ‘n PowerPointskyfievertoning verskyn. Vir enige bydrae van R600 of meer kan reklamemateriaal op die terrein binne of buite die saal opgesit of uitgestal word. Borge kry ook ete-kaartjies vir die dag. (R400-1 Ete-kaartjie, R600- twee ete-kaartjies, R1200 en meer - drie ete-kaartjies . Stuur ‘n e-pos aan Wilhelm Relihan by w.r@vodamail.co.za voor 20 Junie vir meer inligting indien jy ‘n bydrae wil maak.
Die Aansteeklike Siekte-hospitaal op Malmesbury is 'n tydelike werklikheid vir baie pasiënte en soek nou 'n nuwe, opbeurende naam. Tuberkulose (TB) in die Weskus Distrik is ‘n werklikheid vir talle pasiënte wat behandeling daarvoor ontvang. In 2013 was TB die top-oorsaak van premature mortaliteit in die Weskus distrik met 11.2% van sterftes wat daaraan toegeskryf word. Die stigma rondom TB is egter ‘n verdere werklikheid waarmee pasiënte daagliks gekonfronteer word en in 2016 was die tema van Wêreld TB-dag juis daarop gefokus om die stigma rondom die siekte te ontmasker. Met hierdie agtergrond in gedagte het die Wes-Kaapse Regering Gesondheid in die Weskus besluit om die naam van een van die TB hospitale in die distrik te verander. Malmesbury Aansteeklike Siektes-hospitaal in Schoonspruitweg hoop om binnekort met ‘n nuwe naam te spog wat ‘n boodskap van hoop en genesing aan die gemeenskap wat dit bedien, te bied. Lede van die publiek word genooi om voorstelle vir ‘n gepaste naam vir die Malmesbury ID-hospitaal, soos dit tans algemeen bekend staan, in te dien vir oorweging. Die Wes-Kaapse Regering Gesondheid het hande gevat met dié courant om ‘n kompetisie van stapel te stuur waar lesers van dié courant hul voorstelle vir ‘n nuwe naam vir die fasiliteit kan voorstel. “Ons wil graag ‘n naam met ‘n positiewe boodskap vir die fasiliteit gee, met die publiek se insae sodat hulle ook eienaarskap van die fasiliteit kan neem”, verduidelik Dr Jacques Cronje, hoof van die Weskus TB-kompleks. “Die TB-kompleks bestaan uit twee fasiliteite naamlik die huidige Malmesbury ID-hospitaal en Sonstraal Hospitaal in die Paarl. "Sonstraal Hospitaal is ‘n naam van hoop en positiwiteit en ons sal ook graag ‘n naam in daardie konteks vir Malmesbury se fasiliteit wil gee.” Albei hospitale in die TB-kompleks huisves langtermyn pasiënte wat behandeling vir TB en Middelweerstandige TB ontvang. Pasiënte wat tans daar behandeling ontvang, sal ook die geleentheid gegee word om name te nomineer. Lesers van dié courant kan hul voorstelle vir name stuur na dié courant se SMS lyn by 084 8333 813 voor 27 Julie om 09:00. Begin ‘n sms met die sleutelwoord NAAM, jou eie naam en van en tuisdorp, gevolg deur jou voorgestelde naam vir die hospitaal. Die naam kan in enige van die Wes-Kaapse Regering Gesondheid se drie amptelike tale wees (Afrikaans, Engels of IsiXhosa). Die Weskus Distrik Gesondheid se uitvoerende bestuur sal dan ‘n gepaste naam uit die voorstelle kies wat ook by die visie en beeld van die gesondheidsdepartement pas en die wenner sal in dié courant bekend gemaak word. Daar is ook ‘n prys op die spel vir die persoon wat die wennaam voorstel.
NUUS • NEWS
3
13 Julie 2016
Cravenweek: Dié leerders
van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die naweek na Durban vertrek om aan die jaarlikse Cravenweek deel te neem. Die Bolandspan het Maandag teen die WP vasgeval. Die o.18-Akademiespan het gister teen die Vrystaat gespeel en hulle met 20-14 geklop. Links is Anton du Toit, Dillon Oppelt, Charlie Gerber en Jan-Ernst Terblanche.
• ORGANISASIES BAAT
WKDM reik uit met R280 000-bydrae Links: Hier ontvang Denzil Farmer, Charne Jansen (Nuwe Graskoue Trappers), Madelein Horn (Weskus Netbal), Hester Smit (Kansa) en Dr Danie Schoeman hul donasies van burgemeester Harold Cleophas (Weskus Distriksmunisipaliteit).
Die Weskus Distriksmunisipaliteit het Vrydag hier ‘n oorhandiging van nagenoeg R280 000 aan verskillende organisasies in hul bedieningsgebied gemaak. Jaarliks word organisasie geïdentifiseer deur die Uitvoerende Burgemeester en sy Uitvoerende Burgemeesters Komitee, aan wie donasie gemaak kan word. Hierdie jaar het Kansa, Weskus Netbal, ‘n Jeugorkes op Vredenburg en die Nuwe Graskoue Trappers, skenkings ontvang. Hester Smith van Kansa het tydens die ontvangs van die sweetpakke, rugsakke en ander benodighede vir die 37 kinders van die organisasie, haar dank uitgespreek vir die skenking. Uitvoerende burgemeester Harold Cleophas het gesê dat hy gewoonlik deur die jaar talle funksies moet bywoon en dat hy maar sy oë en ore oophou vir organisasies waar die munisipaliteit moontlik ‘n hand kan uitsteek om hulp te verleen. “Ons het nie baie geld nie en ons ontvang ook nie baie geld nie, maar ons is bewus van organisasies daarbuite wat baie insit om die lewe van ons inwoners en veral ons kinders te vergemaklik,” het hy gesê. Bertie Sass, een van die orkeslede van die Nuwe Graskoue Trappers op Wupperthal het ook hulle dank uitgespreek vir die skenking wat hulle ontvang het. Dr. Danie Schoeman van die departement Gesondheid, het die jong dansers geloof en hulle aangemoedig om met hulle gesonde leefstyl voort te gaan. Maddelein Horn, president van die Weskus
Netbal Unie het vertel dat lede van Doringbaai Netbalklub elke naweek na Moorreesburg reis om deel te neem aan hulle wedstryde. “Die skenking van sportapparaat sal vir sulke klubs ‘n groot hupstoot wees.” Die munisipaliteit het ook drie trompette aan ‘n jeugorkes op Vredenburg geskenk.
NUUS • NEWS
13 Julie 2016
courant Veranderinge, uitbreidings
dié
4
As jy vandag kyk na die dorp wat Malmesbury is, is dit nogal moeilik om te dink dat dit eens op 'n tyd 'n totale ander prentjie was. Dat die dorp uitbrei, is 'n feit. Dat hy dit teen rasse skrede doen, nog meer van 'n groot feit. Om te dink dat hierdie "dorpie" van ons lank gelede net 'n paar huisies gehad het. Perdekarre wat in die strate op en af klikklak soos die hoewe die grond tref. 'n Vragmotor wat eens op 'n tyd in Voortrekkerweg sy remme verloor het en deur die straat gebars het, sonder dat iemand beseer is. Vandag is dit 'n mengelmoes van mense. Ontwikkelings is besig om links en regs en oral op te skiet. Groot planne word gemaak vir die toekoms van dié plattelandse dorp wat ook lankal nie meer so plattelands is nie. Kyk net hoe vinnig verander die omgewing rondom die konstruksie van die N7. Daagliks is daar grondverskuiwings. Daagliks spring daar iets nuuts op wat gister nie daar was nie. Die dorp soos ons dit geken het, is lankal dood en begrawe. Sy mense is egter nog dieselfde. Malmesbury sal altyd die plattelandse gevoel hê, want sy mense sal sorg dat dit so bly. Al die nuwe gesigte wat instroom, moet net aanpas by hierdie manier van doen en dink. So bly ons identiteit behoue en sal ons verander, maak ook tog standvastig in ons tradisies bly.
Wenners:
Die Kaap Agri Meganisasie-tak op Malmesbury is dubbel-wenners. ’n Landswye Total-kompetisie is gehou vanaf 21 April tot 7 Mei om te sien watter Kaap Agri-span die meeste Total-olies kan verkoop, asook wie die beste uitstalling het. Daar is ook ’n gelukkige trekking gehou waar ’n olie-koper ’n splinternuwe Toyota Hilux kon wen. Isaiah Liedeman van Malmesbury is die wenner van ’n spoggerige nuwe bloedrooi Hilux. Die Malmesbury Agri-span het ook die meeste olie verkoop. Links is die span met die R15 000 tjek wat hulle gewen het.
Vergadering met GPF, generaal oor veiligheid
Die Malmesbury Gemeenskap Polisiëringsforum hou volgende Donderdag ‘n “Leer mekaar ken”-byeenkoms waar hulle Generaal Anneqah Jordaan, hoof van die Milnerton-groep waarvan Malmesbury deel vorm, aan rolspelers in die gemeenskap gaan bekendstel.
“Ons moet saamwerk om die veiligheid van die gemeenskap en ons besighede te verseker. "Ons kan nie dit aan ander oorlaat nie. Ons moet self inspring en mekaar leer ken, juis sodat ons na mekaar se belange kan omsien.
"Misdaad raak ‘n ieder en elk. Dit ken nie grense nie. Ons moet saamstaan en dit hokslaan,” sê Julianna le Roux. Die vergadering word op 21 Julie in die Wesbank Gemeenskapsaal om 09:30 gehou. Bevestig bywoning voor of op 14 Julie by Julianna le Roux by 060 399 5100.
GAPSA, valskermbataljon saam oor veiligheid Veiligheid op plase is hoog op die prioriteitslys van talle inwoners en ondernemings van die Swartland en GAPS-SA (Guardian Angels for Police Stations) beplan volstoom aan ‘n groot byeenkoms hieroor. GAPSA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat druk besig is met werk, veral by die Malmesbury Polisiekantoor. Hul streef daarna om ‘n helpende hand
It’s Good News
na polisiekantore oor Suid-Afrika uit te reik en hulle geestelik te ondersteun en te bemagtig. Hulle spits hulself nou toe op plaasveiligheid en sal op 9 Augustus ‘n byeenkoms by die Malmesbury Landbou-gronde aanbied om boere van die gemeenskap meer paraat te maak hieroor. Afriforum se Thomas van Darlen, die plaaslike landbouvereniging en sekuri-
teitsmaatskappye sal deel vorm van die dag. Die veteraan valskermbataljon gaan ook ‘n skynaanval loods om ‘n realistiese prentjie te skets. Die dag sal ook as ‘n geselligheid dien, met stalletjies en kindervermaak. Stalletjiebesprekings kan nog by 073 575 0530 gemaak word.
Malmesbury Sakekamer en beheerliggaam vergader
Dr Marc Blackwell Snr
Prayer - Sense Or Nonsense Have you wondered if it really makes any sense to pray? Have you already decided prayer is just a lot of “non-sense!” On the other hand - maybe you, like me, find prayer as something truly sensible but complicated. These following thoughts may make things simpler. DELIGHT YOURSELF IN THE LORD Psalm 37:4 “Delight yourself in the Lord; and He shall give you the desire of thine heart.” Psalm 66:18 “ If I regard iniquity in my heart, the Lord will not hear me.” SEEK HIS KINGDOM AND RIGHTEOUSNESS Matthew 6:33 “But seek first the kingdom of God, and His righteousness; and all of these things shall be added unto you.” Matthew 21:22 “And all things, whatsoever you shall ask in prayer, believing ye shall receive.” THE SPIRIT OF GOD HELPS OUR PRAYERS Romans 8:26-27 “Likewise the Spirit also helps our infirmities: for we know not what we should pray for as we ought: but the Spirit Himself taketh intercession for us … according to the will of God.” James 4:3 “You ask, and receive not, because you ask amiss, that you may consume it upon your lusts.” ASK ACCORDING TO HIS WILL & HE WILL HEAR 1 John 5:14-15 “This is the confidence that we have in Him, that, if we ask anything according to His will, he hears us: and if we know that He hears us, whatsoever we ask, we know that we have the petitions that we desired of Him.”
Die Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdagaand om 18:30 vir 19:00 by die Hoërskool Swartland se OLOK-saal. Dié skool se beheerliggaam asook Verifier (wat deur MSS Sekuriteit gereël word) sal as sprekers optree.
Kaartjies beloop R100 per persoon vir lede en R140 vir nielede. Besprekings moet teen Vrydag om 16:00 by Helene Nel op 076 921 1163 gemaak word. Let op na die veranderde wintertye.
Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Dagboek • Diary Moorreesburg 12 - 15 Julie - Bergrivier Kanomarathon 16 Julie - HDU Motorfiets "Fun-duro Navrae : Kontak : 022 433 1072 Darling 16 Jul - Celtic Dinner & Dance - 18h30 for 19h00 @ Darling Club 21 Jul - SPCA AGM 2016 at Chicory Cheese at 18h00 Celtic Dinner & Dance 16 July - Darling Club - Live Irish music by Shenanigans18h30 for 19h00 - Fantastic 3 course Dinner - Tickets R225/person Contact : Dianne 022 492 3361 Malmesbury Aglow 16 July - at 3 p.m at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. We have a powerful speaker. Refreshments will be served. Everyone is welcome Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636 Franschhoek Village Market 16 Julie : 9 vm - 5nm 17 Julie : 10:30 vm - 4 nm Huguenote weg 29, Franschhoek (Ook elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie) R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar) Malmesbury Volwasse Onderrig (MAVOS)
18 Julie - Graad 12 inskrywings tussen 09:00 en 15:00 by die Mavos-kantoor, by Schoonspruit Sekondêr. Vereistes: afskrif van ID-dokument. Moorreesburg Sakekamer 21 Julie - Moorreesburg Sakekamer bied sy eerste werkswinkel vir Entrepreneurs aan. Plek: Jan Basson Sentrum, Moorreesburg Tyd: 18:30 Kontak: Babsie Horn by 022 433 8380 of epos: babsieh@overbergagri.co.za vir meer inligting. Hoërskool Dirkie Uys 22 & 23 Julie: Skoolverjaardagsviering Saterdagaand: buffet en dans @ R180 per persoon Besprekings : Elizna 083 236 3900 / Tossie 083 612 5610 Interkerklike Vroue-byeenkoms 26 Julie om 19:00 by AGS Wesbank (Malmesbury). Almal welkom Malmesbury Distrikte Duiwe-unie 30 Julie - Piekniekdans met Frontline Dance Band - 19:00 tot laat - Koste is R60. Wesbank Gemeenskapsaal Navrae kontak : Brian by 072 334 7845 / Larry 074 601 5745 Old School Kick Back 6 August - Wesbank Civic Centre. Doors open 18h30. R80 per person / R140 per couple. Dress code 80's and 90's - Karaoke competition- Old school DJ. Free Snack
Platter and wine on arrival. Bring own xyz. Platters welcome. Guest Perfomance : The Rockets Enquiries : 078 141 7459 / info@genieousmanagement. com Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars o.a. Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse koor van die universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw & Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 / gwenhoney@ telkomsa.net Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church.
NUUS • NEWS
5
13 Julie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS only pay R
95
R
opper Smart Sh ers custom ount disc get a R5 is swiped rd when cath l. at e til
100
49
PnP Uncooked Bulk Stewing Beef Bone in Per kg
R
54
R
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg
PnP Uncooked Bulk Beef Mince Per kg
WAS
38
1999
NOW
90
Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each
14
50
64
SAVE 18.98
18
R
45
R
Ouma Rusks Assorted 450/500g
95 NOWR254 R 199 WAS
Wellington VO Brandy 750ml
Windhoek Draught Cans or Non-returnable Bottles 24 x 440ml Per Case
PnP All Grain Eggs Large 18s
PnP NO NAMETM Fresh Whole Chicken Per kg
BUY ANY 4 FOR
10
R
19
WAS
2699
90 Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP Packet Soup Assorted 50-85g
% 25 OFF ALL
38
NOW
18
90
90
Domestos Thick Bleach Assorted 750ml Each
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
EXCLUSIVE TO SMART SHOPPERS
STATIONERY
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
29
Danone Ultra Mel Long Life Vanilla Flavoured Custard Assorted 1 Litre
BUY ANY 2 FOR
Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg
40
33
90
90
90
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s Per kg
R
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
90
38
BUY ANY 2 FOR
90
SAVE R11
Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack
Valid from 14 – 26 July 2016 Terms & Conditions apply. s. Excluding office paper, Aramex envelopes and stamps.
124
90
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
www.picknpay.co.za/superanimals PRICES VALID 14 - 17 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Super Animal cards are available for online shopping. Super Animal cards not available in Pharmacy, Liquor or Clothing Stores. MMWCHS48
Accounts OPEN16 JULY 2016
NUUS • NEWS
6
13 Julie 2016
Schoonspruitweg op Malmesbury is 'n kronkelende pad wat jou op 'n reis neem. Op hierdie reis kan jy enigiets vind... van dieselpompe, sekuriteit tot 'n vis-fabriekswinkel. Schoonspruitweg is die tuiste van besighede soos Precision Diesel, Vision Security, Atlantic Oil en Ocean Food Processors. As jy jou dieselbrandstofpompe wil herstel of instand wil hou, is Precision Diesel die besigheid vir jou. Besoek hulle vir die maak van dieselpompe, onderdele- en dieselbyvoegingbehoeftes, dieselpompkalibrering, diagnostiek, hulp en advies oor dieselbyvoeging en vele meer. Kontak hulle by 022 482 1493. As jy opsoek is na 'n sekuriteitsmaatskappy, kan jy net op die uitkyk wees vir die geel en swart borde van Vision Security. As jy hulp nodig het met die hernuwing van
jou vuurwapenlisensie, kontak Willem by 073 521 0245. Vision Security sal jou gemoedsrus gee. Hulle spesialiseer in die installering van alarmstelsels, 24 uur monitering, gewapende reaksie, BBP-veiligheid, wagte, sekuriteitsoplossings en -opleiding, asook vuurwapen opleiding. Kontak hulle by 022 482 2223 vir meer inligting. Atlantic Oil se slagspreuk is nie verniet "Diens waarop jy kan Vertrou" nie. Hier glo hulle aan die beste diens vir hul kliënte. By Atlantic Oil kan jou petrol, diesel, paraffien en olie grootmaat aankoop, berg en vervoer. Atlantic Oil se hoofkantoor is in Bellville gesetel, maar hulle het takke in Kaapstad, George, Moorreesburg, Beaufort-Wes, Swellendam, Caledon, Rawsonville, Ceres, Malmesbury, Vredendal en meer. Kontak hulle by 022 482 1967. Ocean Food Processors is 'n nuwe toevoeging tot Schoonspruitweg en geniet groot ondersteuning. Hulle bied 'n groot verskeidenheid produkte teen sakpas-pryse. Die fabriek is in 2010 geopen waar hulle vars vis verwerk en verpak. Hulle het hierdie diens ook aan ondernemings soos Sea Harvest gebied. Dié fabriek is volgens alle standaarde goedgekeur en ook geregistreer by die departement van seevisserye. Dié fabriekswinkel is in April vanjaar geopen en verskaf saam met die fabriek 48 werksgeleenthede.
NUUS • NEWS
7
13 Julie 2016 Betrekking Vacancies
VERKOELINGS-& LUGVERSORGINGSTEGNIKUS Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die volgende is ‘n vereiste: * Minstens 2 jaar ondervinding in verkoeling, foutsporing, installasies en instandhouding * Kode 08 rybewys * Naweek-bystand diens * Sterk elektriese ondervinding sal in u guns tel. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2554 -----------------------------ALGEMENE WERKER Ons benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde posisie te vul. Die pos behels die assistering van ‘n lugversorgings- en verkoelings-tegnikus * Ondervinding in verkoeling sal in u guns tel Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2555
Gelukwensing Congrats
6.07.2016... Mamma baie geluk met u geboortedag.
RAAI wie verjaar op 16 Julie.
Wil vir u baie dankie sê vir die moeder wat u is. Altyd gereed om te bedien, ons is baie trots op u en dankie vir die mooi voorbeeld wat u nog altyd is, Ons dank die Hemelse vader vir nog ‘n jaar wat Hy by u lewe gevoeg het. Liefde : Witney, Heziron, Eugene, Roneeca & Gionay #2557 -----------------------------Baie geluk vriendin met jou geboortedag. Dis n voorreg om in jou lewe te wees en ons is dankbaar vir nog n jaar wat by jou lewe gevoeg is. Van al jou kollegas in Durbanville #2558 -----------------------------Elizabeth, geluk met jou geboortedag dis n besonderse voorreg om jou te ken. Hoop om nog baie van jou te sien en te hoor. Geniet jou dag van jou geheime bewonderaar in Bellville #2559 -----------------------------Happy birthday!!! Van jou bestie : Wena #2560 -----------------------------Mag jy ‘n wonderlike daggie hê en God’s ryke seën vir jou my tannie. Ek is baie lief vir jou. Van : Karen Smit en kinders #2561 -----------------------------10/07: MAMMA SARIE
Geluk mamma, Ouma, Grootouma met u verjaarsdag. Mag God u nog ryklik seën met goeie gesondheid en krag. Baie dankie vir die lieflike mens wat u is vir ons almal! Geniet die daggie met familie. Baie liefde van al die kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders #2562 -----------------------------KYK WIE WORD 3 op 16 Julie 2016
Veels geluk Kya. God’s rykste seëninge op jou pad. Ons is oneindig lief vir jou. Van : Mammie, Daddy, Boeta’s, Juf Tanya, oumas en oupas. Die Kriel familie het die Here saamgevoeg en niemand op aarde sal hulle kan skei nie #2563 ------------------------------
Bly die mens wat jy is en dankie vir die pa wat jy vir ons seuntjie is. We love u!!! van Nonie, seuntjie, ma, pa en suster – Hope u enjoy you’re day. With lots of Love! #2564 -----------------------------RAAI WIE IS 1 op die 16de Julie
Raonich Aiden Cloete. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Vader jou blessed met baie jare wat voorlê. Mamie & Dada is baie lief vir jou. Van: Mamie, Ouma en Oupa Sanchia #2565 -----------------------------RAONICH CLOETE Baie geluk met ouma se groot seun se verjaarsdag. Ouma Ria is ontsettend lief vir jou. Lekker verjaar. Ouma Ria en Elzaan #2566 -----------------------------RAONICH Cloete. Raai wie verjaar16 Julie. Is hy nie aantreklik nie??. Jy beteken so baie vir mense. Ek weet God het mooi planne vir jou op die pad vorentoe. Lief vir jou my engel – Van : Melanie en Vern #2568 ------------------------------
RAAI wie verjaar op 14 Julie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Jy is Nanna se hart se punt. Bly die soet kind wat ons almal weet jy kan. #2567 -----------------------------JUNE ADONIS 13/07
Geluk my jare lange vriendin. Mag God jou jare vervul met ales wat jy Hom in Sy naam vra!! Bly die pragtige en liefdevol mens wat jy is teenoor almal. Geniet jou daggie. Baie lief vir jou - Merle #2569 ------------------------------
GRAWIN JOHNSON
Look how you have matured – 21 today. Today is a very special day, but then your whole journey until now has been special. Having you a part of my life has been one big blessing. I pray love and light will follow you always. Love u Ma Betta #2570 -----------------------------Congratulations – Happy, happy 21st birthday Grawin. Love and God bless you. Nana & Tietie #2571 -----------------------------Congratulations – You have reach adulthood. Have a great day. Hugs and kisses. Aunty Lisle & Children #2572 ------------------------------
Al wil ons u graag in ons midde gehad het weet ons u is in ‘n beter plek: Van al die kinders, kleinkinders en agterkleinkinders #2580 Ons mis jou baie, maar sal die mooi herinneringe altyd in ons harte koester. Arnold, Edward, Thomas, Charlene, Elaine, Sharon en kleinkinders. #2573 -----------------------------On 17th July 2016 it will be a year since you left for your Heavenly Home. Still we remember you on special days, we miss your talks,smile and laughter. We miss you, but are never far apart..for every time we think of you we know you are within our hearts. Edward & Elaine #2574 -----------------------------13/07 OUMA SUSIE Vandag is u verjaardag vieringe in die hemel tussen die koor engele.
Te Huur To Let
Een-vertrek woonstel (bachelor) in Malmesbury te huur @ R2 150,00 per maand. Beskikbaar 1 Augustus 2016. Kontak Monique vir aansoekvorm by 0224821101 #2556 -----------------------------Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Onmiddellik Beskikbaar #2340/9 -----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/39 ------------------------------
Veels geluk aan my spesiale dogter met haar mondigwording. Ons gee alle eer en dank aan God vir 21 jaar en nog vele meer. Geluk Ma se Tind. Liefde Mammie en Arnie #2575 -----------------------------Sussie, baie geluk met 21ste verjaardag en dankie vir alles wat jy vir ons doen. Ons waardeer jou baie. Liefde Alon en Jnr #2576 -----------------------------Deur dik of dun, met baie of min sal ons jou sien as deel van ons gesin. Warm of koud en al is jy hoe stout weet ons jy het ‘n hartjie van goud. Geniet jou dag en ons gaan almal saam lag. Dank God vir als wat jy sover vermag. Baie liefde van Brad, Sandy, Joanick, Mateau en Husky #2577 -----------------------------Geluk Stieka, ons staatmakertjie. Liefde van Oupa, Ouma en hele Pietersen gesin #2578
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/49
Memorium In Memoriam
Mary Marais Op 17 Julie 2015 het mamma ons skielik verlaat.
VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH MALMESBURY COMMUNITY DAY CENTRE, SWARTLAND SUB-DISTRICT
CLINICAL NURSE PRACTITIONER GRADE 1 TO 2 (PRIMARY HEALTH CARE) Remuneration: Grade 1: R317 271 (PN-B1) per annum Grade 2: R390 216 (PN-B2) per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.
Closing date: 29 July 2016
127980 COURANT ayandambanga.co.za
courant
tel 022 487 3221
Rugby spook sake uit
NUUS • NEWS
13 Julie 2016
SPORT
dié
8
13 Julie 2016
Sportuitslae
• Abri Adonis
Soos sake normaalweg in die ligas van die Groot Uitdaag-beker Swartwes-afdeling week na week verloop, is dit 'n nagmerrie om 'n gunsteling vir n wedstryd te voorspel. Saterdag is dit des te meer die geval. Wesbank speel Saterdag gasheer vir sy buurdorp, Moorreesburg RVK, en hierdie wedstryd is van sleutelbetekenis vir albei spanne om verskillende redes. Wesbank is in die stryd gewikkel vir 'n plek in die top-agt uitspeelrondes en Moorreesburg sukkel in die relegasie sone. 'n Oorwinning is dus vir beide spanne van kardinale belang. Die tuisspan is 'n harde neut om te kraak. 'n Opskudding is dus nie meer onmoontlik in 'n wedstryd wat baie kompeterend gaan wees. Met slegs 10 punte wat nommer twee en nommer sewe op die ranglys skei, is die mededinging uiters straf. Darling het die moeilikste taak wanneer hulle na Saldanha reis wat steeds onoorwonne is. Darling sal alles in hul vermoë doen om weer op die wenpad te kom. Saldanha bied hul grootste uitdaging dié seisoen en dit is moeilik om te voorsien dat Darling hierdie Weskus stoomtrein gaan stuit. Saldanha behoort hierdie wedstryd op hul tuisveld te wen. Nog 'n span wie se seisoen net nie aan die gang wil kom nie is Never Despair, wat hierdie Saterdag na Hopefield reis met niks minder as 'n oorwinning op hul agenda. Never Despair weet dat 'n nederlaag hulle in 'n moeilike posisie sal plaas en sal wil verseker dat hierdie wedstryd met mag en mening bestry word. Never Despair behoort hierdie naweek weer op die wenpad te kom ná 'n taai wedstryd. Piketberg wat steeds heel onder aan die punteleer is, reis Saterdag na 'n Velddrif-span wat nuwe woema in hul seisoen geblaas het met n paar sterk vertonings wat verseker het hul wen twee agtereenvolgende wegwedstryde en sodoende ook verseker dat hul wegbeweeg van die relegasie spook. Piketberg, inteendeel, het hierdie seisoen soms goeie rugby gespeel en was in baie wedstryde net-net ongelukkig om nie aan die wenkant te wees nie. Dit is moeilik om te voorsien dat Piketberg hierdie Saterdag die nuut aangevuurde Velddrif-span gaan stuit. Velddrif sal dus wil voortbou op hul twee oorwinnings en 'n goeie vertoning voor hul tuisskare behoort die knoop deur te haak vir nog n oorwinning. Op Abbotsdale kom twee baie wisselvallige spanne teen mekaar te staan in die vorm van die wedstryd tussen Abbotsdale en Mamre. Met die seisoen wat vinnig na sy einde beweeg, sal Abbotsdale wil verseker dat daar 'n waterskeiding kom op die punteleer. Indien Abbotsdale kophou, behoort hulle vir 'n oorwinning te sorg.
Sports results
Wedvlug-duiwe Moorreesburg Posduifklub Leeu Gamka JO 2 2 Julie 1 Hmo Smit en Seun, 2 Boetie & Baron Hokke 1476.5618, 3 Van der Vyver Hokke 1466.0784, 4 Frans Jooste 1460.1561, 5 Frans Jooste 1456.6308, 6 Van der Vyver Hokke 1452.1938, 7 Steenekamp Lofts 1442.0456, 8 Hennie Bester & Johan 1426.0392, 9 Doornkloof 1417.0378, 10 Frans Jooste 1409.9615 Leeu Gamka Ope 2 2 Julie 1 Frikkie Bester 1533.3671, 2 Frans Jooste 1529.5339, 3 Frikkie Bester 1529.2388, 4 Frans Jooste 1490.8840 5 Hmo Smit en Seun 1488.7962, 6 Frans Jooste 1479.3277, 7 Frans Jooste 1478.0417, 8 Steenekamp Lofts 1457.0715, 9 Yt & Tuis 1455.0572, 10 Yt & Tuis 1452.3432
Omega Pigeon Racing Leeu Gamka2 - 9Julie 2016 1. Leukes Familie 1576.263; 2. Leukes Familie 1575.600; 3. RC Liedeman 1566.636; 4. K. Edas 1553.019; 5. Marlon & Brian 1552.560; 6. BG Lofts 1550.906; 7. Kasu & Son 1546.173; 8. Marlon & Brian 1537.381; 9. K. Edas 1524.071; 10.D.Daniels 1523.368 Malmesbury Posduifklub Beaufort Wes JO 1 1 M Hill 1510.2828; 2 Hayman Familie 1435.0667; 3 G Williams 1425.3972; 4 Hayman Familie 1423.7354; 5 G Horn 1423.0956; 6 Bordeaux Lofts 1422.9474;7 Bordeaux Lofts 1422.7742; 8 G Horn 1422.7422 9 G Horn 1422.4774; 10 C Basson 1421.3893; Beaufort Wes Ope 1 1 C Basson 1545.9080; 2 F Meintjes & Seuns 1540.6276; 3 F Meintjes & Seuns 1540.2136; 4 F Meintjes & Seuns 1540.1102; 5 Hayman Familie 1540.0740; 6 M Hill 1539.2332; 7 F Meintjes & Seuns 1535.4688; 8 M Hill 1505.2343; 9 Hayman Familie 1503.9643; 10 F Meintjes & Seuns 1496.9718;
Kragmeting:
Die spanne van Steynville Sekondêr en die Hoërskool Porterville het Saterdag in 'n voorwedstryd vir die Boland Kavaliers teen WP hul rugbyvernuf gewys. Bo beur Denzail Douries van Porterville voort na die doellyn. Porterville het met 31-20 geseëvier.
Moorreesburg Posduifklub Beaufort Wes Jo 1 1 Doornkloof 1461.6756; 2 HMO Smit En Seun 1449.7620; 3 Frans Jooste 1447.3354; 4 HMO Smit En Seun 1432.3543; 5 Hennie Bester & Johan 1427.8042; 6 Van Der Vyver Hokke 1419.5707; 7 HMO Smit En Seun 1417.6493; 8 Kb En Seun 1408.8321; 9 Steenekamp Lofts 1406.4588; 10 HMO Smit En Seun 1400.8275 Beaufort Wes Ope 1 1 Frans Jooste 1494.9777; 2 Frikkie Bester 1440.6143; 3 Hmo Smit En Seun 1436.2368; 4 Frikkie Bester Wbu 14 0784 Bbar C 13:09:36 0 00:10:28 1435.8050; 5 Frikkie Bester 1434.3594; 6 Van Der Vyver Hokke 1430.0101; 7 Boetie & Baron Hokke 1424.9493; 8 Hmo Smit En Seun 1423.7618; 9 Doornkloof 1415.3745; 10 Doornkloof 1415.1980
• BERGMARATHON BEGIN VANDAG
Karnaval vir kano’s Deelnemers aan die 55ste Bergrivier Kanomarathon spring vandag amptelik om 09:00 by die Markstraatbrug weg. Die kanomarathon van 240km vanaf die Paarl na Velddrif sorg vanjaar vir strawwe kompetisie, maar ook groot opwinding onder entoesiaste nadat negemalige-kampioen Henk McGregor, asook 2013 se vrouekampioen Jenna Ward hul deelname in die resies bekend gemaak het. Verdere goeie nuus is dat watervlakke gedurende vanjaar se resies aansienlik hoër is danksy goeie reën. Dié hoogs kompeterende resies is verlede jaar vir die volle duur van die marathon met taai omstandighede begroet weens lae watervlakke en die stadige vloei van die rivier. Die Bergrivierdam is tans 46.2% vol danksy onlangse reën teenoor verlede jaar dieselfde tyd waar dit 60.1% vol was. Verlede jaar is die wegspringplek ook geskuif weens die lae vlakke van die rivier, maar dit is nie vanjaar nodig nie. Hoewel daar ligte reënbuie gedurende die resies voorspel word, waarsku die weerdiens dat koue omstandighede egter moontlik voorlê. Nog ‘n pluspunt wat glo vreemd is vir die
Berg, is dat deelnemers nie meer hul kano hoef te verlaat tussen die Paarl en Hermon nie, nadat daar aansienlik baie uitheemse bome in die afgelope jaar afgekap is. Vanjaar se kanomarathon kom 16 Julie op Velddrif tot ‘n einde en word begroet met die Bergrivier Winter Karnaval. Die wenners word teen 12:00 by die Carinusbrug verwag. Die karnaval sluit onder meer ‘n mini-pret kanovaart, ‘n openingseremonie deur die Velddrif Blaasorkes, vermaak deur bekende kunstenaars, asook die gewilde bokkom skil- en- eet kompetisie. Maak ook seker jy mis nie uit op ‘n Skeppie Weskus se tradisionele Weskus- en Sandveld disse nie. Daar sal ook talle ander kosstalletjies en plaaslike restaurante met gratis vermaak wees. Ouers hoef nie bekommerd te wees nie, want daar is ook hope vermaak vir die kleinspan. Selfs die Weskus Veteraan motor- en motorfietsklub kom weer spog met hulle speelgoed. Besoek gerus die Velddrif Toerisme-blad vir meer inligting oor die program.
Riebeekvallei Wedvlugklub Leeu Gamka 2 1.Alex Fam; 2.Persens Hokke; 3.James Hokke; 4.Amerika Hokke; 5. James Hokke; 6. Alex Fam; 7. Janco Lofts; 8. Mentoor Hokke; 9. Mentoor Hokke; 10. Mentoor Hokke Sokker Swartland Sokkerliga 3 Julie: Abbotsdale United vs Superstars: 2 -0 Kasteel Superstars vs Basic United: 0-2 Liverpool vs Yellow Bone: 2-2 Samoa United vs Swallows: 1-4 10 Julie: Basic United vs Abbotsdale: 0-0; Liverpool vs Kasteel Superstars: 2-0; Medium A vs Yellow Bones: 2-1; Superstars vs Samoa: 0-2; Swallows vs Young Stars: 8-3 Gholf MALMESBURY (72) Vierbal-samespel: B. Hansen, J.B. Slabber, D. Eksteen en P. Slabber 127, P. February, W. Beukes, J. Jozephs en M. Cloete 122, A. Katzeff, N Katzeff, N. Buberedt en A. Katzeff 111, B. Karolus, T.Eyden, R. van Wyk en J Venter 110, J. de Ber, F. de Beer, N. Smith en J. de Beer 108 MOORREESBURG (72) Enkel-syferplus: T. Genade +6, A. Kriel -1, J. Niewoudt -1, H. April -2, H. de Kock -2, M. Carr-4, E. Pretorius -4, M. Wiese -4, J. Joubert -6 DARLING (72) Houespel: N. Arendse 68, A. Versfeld 68, G. Duckitt 68, K. de Jongh 70, A. Basson 71, J. Engelbrecht 72, J. Duckitt 73
199
R
79
R
Robertson Winery Slimline Sweet Red 3 Litre
FRGTHS853
PRICES VALID 14 - 17 JULY 2016
64
25
R
R
KWV Roodeberg 750ml
Sedgwick’s Old Brown Sherry 750ml
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks Best Customer 2013 are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. Loyalty Programme 2014 No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. three years in a row 2015
Windhoek Draught Cans or Non-Returnable Bottles 24 x 440ml Per Case
89
89
95
R
R
R
Muirhead’s Whisky 750ml
Viceroy Brandy 750ml
Wellington VO Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.