c urant
Gratis • Free
21.6%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
11 Mei 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 369
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• groot derby tussen bulspanne wag
Spairs, WB slaags Tuiskoms in The Grey se kaleidoskoop van note
Musieknote: Oud-Porterviller, Ellani de Jager (agter), tree eersdaags saam met Donné de Kock (viool) en Eric Gerber (klavier) op op Ellani se Swartlandse tuisdorp. Dié drie is oud-Maties wat klassieke musiek met hedendaagse musiek vermeng het om dit 'n meer moderne kleur te gee. Gerber hanteer al die musiekverwerkings. Saam het hulle al aan verskeie groot vertonings deelgeneem en in talle simfonie-orkeste gespeel. The Grey, soos hulle bekend staan, sal op 28 Mei om 20:00 in die Porterville NG Kerksaal optree. Die kaartjies (R100 vir volwassenes en R50 vir kinders) is vooraf by die kerkkantoor en by die deur te koop.
Binne... 1ste kandidaatlyste bekend Reën laat damvlakke styg
Op Malmesbury word die vredespyp weer eenkant gesit vir die week wanneer gemoedere hoog loop tussen vriende, familie, kennisse en kollegas. Dit het alles te make met een van die grootste Derby-wedstryde op die Boland-kalender wanneer Never Despair RVK gasheer speel vir Wesbank RVK. Dié kragmetings lewer tradisioneel hope opwinding vir inwoners en ondersteuners van dié twee bulklubs. Albei spanne spog met jong talent asook gesoute hardebaarde wat 'n groot opskudding nie te vergesog maak nie. Never Despair het verlede Saterdag hul eerste nederlaag van die seisoen gely, toe hulle vasgeval het teen die gedugte Saldanha. Wesbank, op sy beurt, het die terugkeer van staatmakerkaptein Emgee Fredericks gevier met 'n bonuspunt-wen teen Mamre ná twee agtereenvolgende nederlae. Wesbank lyk weer honger vir rugby en sal die Tier sommer vinnig terug in sy hok wil sit. Om 'n voorspelling te waag, is moeilik, maar Wesbank kan op papier die knoop net-net deurhak met 'n oorwinning van minder as sewe punte. *Vredenburg speel gasheer vir Abbotsdale wat weer stadig besig is om sy ritme te vind. Die gasheer het die afgelope naweek 'n oomblik van briljantheid benodig toe hulle met sekondes oor op die horlosie, 'n drie gedruk het, wat reeds bestempel word deur rugbykenners as die drie van die seisoen. Hul speler het regoor die veld genael vir 'n drie wat Hopefield se aanslag laat skipbreuk ly het. Die afgelope tyd se reën het weer die Lillies in Abbotsdale laat blom en die span van Jacques Fry het hierdie naweek uit die relegasie-sone geklim met 'n goeie sege oor Piketberg. Abbotsdale behoort hierdie wedstryd straks naelskraap te wen.
*Ná twee nederlae op die pad, speel die span van Moorreesburg gasheer vir 'n wisselvallige St Helenabaai, wat soos 'n gefrustreerde beer met 'n seer poot sal opdaag vir die wedstryd nadat hy verlede week op verrassende wyse vasgeval het teen die span van Velddrif. Moorreesburg sal egter wil opmaak vir sy nederlaag teen Darling en die span van Earl Scheepers is 'n harde neut om te kraak op sy tuisveld. Wedstryde tussen Moorreesburg en St Helenabaai sorg gewoonlik vir groot drama en die tuisspan sal ook sy tuisvoordeel wil gebruik om die seemanne stil-stil terug na die Weskus te stuur in 'n wedstryd waar 'n voorspelling eweneens moeilik is. Die tuisspan is wel 'n kortkop voor. *Nog 'n groot wedstryd word op Velddrif beslis, wanneer twee spanne wat tans hoog vlieg ná 'n paar sterk vertonings, mekaar die stryd aansê. Velddrif en Darling kom van twee goeie oorwinnings en albei sal hul lippe wil aflek vir 'n driekuns van oorwinnings. Darling speel nou voortreflike rugby en Velddrif met Ambrose Barends se goue voet, sal hul storie moet ken as hulle die swart golf wil stuit. Darling behoort te veel skietgoed vir Velddrif te hê en kan Velddrif hierdie keer troef. *Mamre wat weer vanjaar goeie rugby speel ná die terugkeer van staatmaker-losskakel Angelo van Niekerk, speel gasheer vir 'n sukkelende Piketberg wat nog nie aan die wenkant was die seisoen nie. Piketberg verbeter egter elke week en kort voor lank kan hulle hul eerste oorwinning proe. Dis moeilik om te voorsien dat dié oorwinning hierdie naweek op Mamre sal kom, aangesien Mamre wil opmaak vir sy nederlaag teen Wesbank verlede naweek waar hulle nog voor was met rustyd. Abri Adonis
NUUS • NEWS
11 Mei 2016
NUUS • NEWS
2
11 Mei 2016
Olyffees 2016 lok 8000 na Riebeekvallei Die afgelope naweek se Olyffees in die Riebeekvallei het na raming sowat 8000 besoekers getrek. Volgens die voorsitter van die organiseringskomitee, Pieter Smuts, is daar in die omgewing van 5500 kaartjies verkoop.
“Volgens die voorlopige syfers was die verkope omtrent ‘n 1000 minder as verlede jaar. "As jy in ag neem daar was verlede naweek ‘n kaasfees en ook ander geleenthede, dink ek nie dit is te sleg nie. Daar is se-
ker ‘n 1000 of 2000 mense wat nie kaartjies gekoop het nie en ook nog ‘n hele klompie kinders. “Die projeksie was dat ons ons uitgawes moes dek met 4500 kaartjies, wat ons beslis gedoen het,” het Smuts bygevoeg. Desmond Wells, Waldo Lotz en Christo en Cobus Snyman saam by Allesverloren.
Johan Vlok van Het Vlock Casteel by hul olyfolies.
Hollandse lekkernye het groot Pieter du Toit (agter) van Kloovenburg saam met gas- aftrek gekry by Allesverloren te.
By Riebeek Cellars het die feesgangers heerlik saamgekuier.
Nuwe hoof vir Hoërskool Swartland Die beheerliggaam van Hoërskool Swartland op Malmesbury moet vanjaar ‘n nuwe hoof aanstel om in Januarie 2017 dies te aanvaar. Die vakature het ontstaan met die bedanking van die skoolhoof Dirk Marais. Hy het in 2008 na Malmesbury verhuis toe hy die pos as hoof hier aanvaar het ná Gary Jordaan. Vanya Botha, beheerliggaamvoorsitter, het
bevestig dat hulle begin het met die proses om die vakature te vul. “Die Beheerliggaam is reeds in die proses om die kriteria op te stel en volg al die prosesse binne die Wetlike raamwerk soos voorgeskryf. Die beheerliggaam sal alles in ons vermoë doen om die aanstelling teen 1 Januarie te verseker binne die riglyne,” het Botha aan dié courant gesê.
Die burgemeesterskomitee van die Swartland Munisipaliteit sal waarskynlik vandag die beoogde uitbreidings by Malmesbury Superspar goedkeur. Volgens die beplanning sal die winkel wat algehele opknapping insluit met uitbreidings aan die oostekant ook ‘n groter koffiewinkel, nuwe bakkery en warm kos-afdeling (als aan die oostekant) huisves. Dit sal groter winkelruimte skep. Daar is by die munisipaliteit aangeklop om vergunning aangesien die nuwe planne ‘n loop-
gang en windportaal insluit wat gedeeltelik die erfgrens van erf 10013 oor erf 327 oorskry. Hierdie beplande oorskryding is die gevolg van die hoogteverskil tussen die parkeerarea en die winkelvloer. In die nuwe planne word voorsiening gemaak om ses meer parkeerruimtes skep. Daar word ook voorsiening gemaak vir nuwe kliënte-badkamer-, asook nuwe werkersgeriewe. Die gebou behoort aan die Swartland Koöperatiewe Handelshuis Beleggings Beperk.
Uitbreidings vir handelaar beplan
NUUS • NEWS
3
11 Mei 2016
• damvlakke styg/daal
SM onderhandel oor alternatiewe water
heroorweeg kan word as die dam se vlak in November by 63% kom. Die ANC-raadslid Nelie Fortuin het haar tevredenheid uitgespreek dat, ná ‘n vroeëre versoek, daar nou duidelik op munisipale rekenings aangedui word hoeveel elke huishouding se voorgestelde verbruik is. * Volgens die jongste beskikbare syfer van die Stad Kaapstad het die watervlak van die Voëlvleidam die afgelope week tot Maandag van 20.4% gestyg tot 21.6%. Die Departement Waterwese se jongste syfer dui op 'n daling van 22.2% tot 21.9%. * Dit blyk dat Swartlanders in Maart die watertekort ter harte geneem het en die Swartland Munisipale gebied se verbruik het ‘n wesenlike afname getoon. Die totale verbruik was 442 410 kiloliter teenoor die 545 621 kiloliter in Maart 2015 en 536 013 kiloliter in Maart 2014. Die verbruik vir Januarie en Februarie vanjaar was onderskeidelik 590 857 kiloliter en 564 358 kiloliter.
Die droogte waarin die streek vasgevang is en gepaardgaande waterbesparingsmaatreëls, het, soos verwag, die volume rou riool wat by rioolaanlegte in die Swartland ontvang word, laat afneem. By die aanleg in Malmesbury is daar in Maart 9.7% minder ontvang - 128 754 kubieke kiloliter teenoor die 142 520 kiloliter in die ooreenstem-
mende maand van 2015 en 141 276 kiloliter in 2014. Die afname op Moorreesburg was 24,2% van 33 405 kiloliter in 2015 na 25 317 in Maart vanjaar. Die syfer in 2014 was 32 276 kiloliter. Op Darling het die syfer met 18.4% gedaal tot 25 718 kiloliter. Die Riebeekvallei se nuwe rioolaanleg het in Maart 18 612 kiloliter hanteer.
Sakekamer vergader Die Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdag in die Malmesbury Stadsaal. Die Swartland Munisipaliteit, wat as gasheer vir die aand optree, beoog om op dié vergadering terugvoer te gee oor die persepsie-opname wat hulle onlangs voltooi het. John Lawson sal ook gesels oor die “Local Economic Development (LED) Matuarity Assesment” in die Swartland. Kaartjies beloop R100 vir lede en R140 vir nielede. Besprekings moet stiptelik voor Vrydag 15:30 gedoen word by Heléne Nel by 076 921 1163.
OKLB 113334/27/A
Die Swartland Munisipaliteit onderhandel met kontrakteurs by konstruksieprojekte om van die gesuiwerde rioolwater te gebruik as deel van die waterbesparingsmaatreëls. Só het die direkteur van siviele ingenieursdienste, At Botha, op die komiteevergadering verlede week geantwoord op ‘n vraag na die bouers se waterverbruik. Botha het gesê die rioolwater word aanbeveel in algemene konstruksie en padbouwerk, maar dat hulle versigtig is vir moontlike chemiese reaksies in betonmengsels. Botha het ook gepraat oor die Paardenbergdam waarvan die vlak baie laag is. Hy het verduidelik dat daar ‘n kontraktuele verpligting is ten opsigte van drie boere in die omgewing en dat hul reeds met dié landbouers in gesprek was om te help water bespaar. Botha het gesê die bestendige vlak van die Voëlvleidam die vorige twee weke was verblydend, maar dat daar "nog ‘n steil bult voorlê". Hy het ook vertel dat daar nou met nuwe berekeninge bepaal is dat waterbeperkings eers
Rou riool daal met droogte
GROOT GEUR. KLEIN PRYS. Kry ’n enkel Jalapeñoof Boerieburger, skyfies en koeldrank vir slegs
Cooper tree uit:
Die Swartland Munisipaliteit het verlede week afskeid geneem van sy direkteur belas met finansiële dienste, Kenny Cooper (middel links), wat aan die einde van Maart uitgetree het. Cooper het sedert 1994 by die munisipaliteit gewerk. Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz (regs), het hom geloof vir die innoverende wyse waarop Cooper dikwels onder moeilike ekonomiese omstandighede binne wetgewende riglyne oplossings kon vind. Saam met hulle is die onderburgemeester, raadsheer Maude Goliath. Die munisipaliteit het Mark Bolton (regs bo) as waarnemende direkteur van finansies aangestel tot die pos geadverteer en gevul is. Bolton, wat voorheen by Swartland werksaam was, was ook hoof van finansies by die Stellenbosch en Matzikama munisipaliteite.
R19.90.*
Porterville kry straks eie whiskey-distilleerdery As alles volgens plan verloop, spog Porterville eersdaags met sy eie whiskey distilleer-onderneming . Die distilleerdery word beplan vir die plaas Gelukwaards tussen Gouda en Porterville en sal uit ‘n bestaande gebou bedryf word. Die aanleg sal die heel jaar in produksie wees om al die fases van whiskey brou te hanteer. Die graan wat in die proses verbruik word, word op die plaas self aangeplant en indien daar ekstra graan nodig is, sal dit van die omliggende
plase aangekoop word. Met dié beplanning word daar voorsiening gemaak vir drie ekstra werksgeleenthede. Tussen 50 000 en 70 000 liter whiskey sal per jaar geproduseer en aan plaaslike winkels verskaf word. Die eienaars beoog ook om 'n gedeelte vir die vir die uitvoermark te bottel. Die aanleg sal sowat 2700 liter water per dag gebruik. Om hierin te voorsien, sal die fontein wat op die plaas tussen die berge is, ingespan word. Dit sal as die hoofbron dien.
*Aanbod geld vir ’n beperkte tydperk. Solank voorraad hou. Aanbevole prys vir ’n klein ete alleenlik. Coca-Cola® is ’n handelsmerk van die Coca-Cola© -maatskappy 2016.
NUUS • NEWS
courant
11 Mei 2016
Kompetisie is goed, mits dit gesond is
Kompetisie is 'n goeie ding. Dit help jou om jou te meet teen die beste van die bestes. Goeie, gesonde kompetisie kan ons almal help om 'n bietjie harder te werk. 'n Bietjie meer in te sit. 'n Bietjie harder te oefen. Om in 'n gemaksone te verval, is 'n groot fout en kan baie negatiewe invloede op baie aspekte van jou lewe hê. Saam met die goeie kompetisie, is dit ook belangrik dat goeie sportmangees moet heers. Om mekaar bloedneus te slaan op die veld, 'n teenstaander te pootjie sonder dat iemand jou sien maak nie van jou 'n goeie sportman of -vrou nie en nog minder 'n goeie mens. Op die veld en van die veld moet jy jou gedra volgens die kodes van jou klub en sport. Jy moet jou teenstaander respekteer, net soos jy verwag hulle jou moet respekteer. Dit werk altwee kante toe. Hierdie naweek is 'n groot naweek vir plaaslike sporte. Die FNB Classic Clashes tussen Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury en die Hoërskool Piketberg sal weer vir harde kompetisie sorg. Met die derby tussen Wesbank en Never Despair sal die spelers hul man moet staan, murg in hul pype hê en baie yspakke langs die veld hou vir die aanslae wat hulle op mekaar gaan uitoefen om as die oorwinnaars uit die stryd te tree. Sterkte aan al die spanne en mag sportmangees die wenner van die dag wees.
It’s Good News
Dr. Mark Blackwell Snr
Eerste kandidate vir verkiesing bekend Met minder as drie maande oor voor die volgende munisipale verkiesings op 3 Augustus, is die eerste salvo’s verlede week gevuur toe die name van die eerste kandidate bekendgemaak is. Die DA het hul kandidate aangewys en in die Swartland is daar vier van die bestaande DA-raadslede wat nie weer vir die komende verkiesing beskikbaar is nie. Raadsheer Klasie Rust lê die tuig neer ná ‘n ononderbroke 35 jaar op die raad, terwyl Ben Geel verhuis het en Lionel Traut en Willem Wilskut tree uit. Die samestelling van die nuwe kandidatelys beteken dat indien die DA in die Swartland met dieselfde aantal
Swartland
dié
Rh Tijmen van Essen
lede as tans (15) sou regeer, daar heelwat meer vroue op die raad sou wees. Daar is nog tyd vir appèl alvorens die lyste bekragtig sal word. Die party het ook verlede week die huidige uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, weer as sy burgemeesterskandidaat aangewys. Die DA se 12 wykskandidate is soos volg: Wyk 1 - Marlene van Zyl (Huidige raadslid vir wyk 1); Wyk 2 - Clive Papers (huidige raadslid vir wyk 2); Wyk 3 - Nicolene Smit; Wyk 4 - Basil Stanley - (Huidige raadslid vir wyk 4); Wyk 5 Michael Rangasamy - (Huidige raadslid vir wyk 6); Wyk 6 - Estelle Maart; Wyk 7 - Valerie McQuire; Wyk 8 - Jeanetta (Anet) de Beer; Wyk 9 - Monde Stemele - (huidige proporsionele raadslid);
Rh Maude Goliath
Monde Stemele
Wyk 10 - Reggie van der Westhuizen (huidige proporsionele raadslid); Wyk 11 - Colin Daniels en Wyk 12 - Desiree Bess. Die DA se eerste tien kandidate op sy proporsionele lys, is 1 - Tijmen van Essen (Huidige burgemeester); 2 Maude Golitath (Huidige onderburgemeester); 3 - Monde Stemele - (Huidige proporsionele raadslid); 4 - Patricia Solomons; 5 - Cormac Fortuin; 6 - Rico Kruger; 7 - Allan Williams; 8- Zain Abrahams (Huidige raadslid vir wyk 3); 9 Sarel Heynse en 10 - John Loxton. Die Swartland se drie kandidate vir die Weskus Distriksmunisipaliteit (WKDM) is 1 - Harold Cleophas (Huidige burgemeester van die WKDM); 2 Jan Hoop en 3 - Rico Kruger.
Patricia Solomons
Cormac Fortuin
Rico Kruger
Allan Williams
Zain Abrahams
Sarel Heynse
John Loxton
Jan Hoop
Marlene van Zyl
Nicolene Smit
Basil Stanley
Michael Rangasamy Estelle Maart
Valery Mcquire
Jeanetta de Beer
Reggie vd Westhuizen Colin Daniels
Desiree Bess
Harold Cleophas
Clive Papers
Jesus said Mary
Tracing the events after the Lord died on the cross. The women prepared the spices and very early on the Sunday morning, before daybreak, came to the tomb prepared to anoint the Lord’s body. Mary Magdalene, Mary the mother of James and Joses, Salome the wife of Zebedee, and Joanna whose husband was Herod’s steward (Luke 24:1,10; 8:10; Matt 28:1; Mark 15:40; John 20:1). They said among themselves, “Who shall roll away the stone from the door of the sepulchre? (Mark 16:3). However, they found that the stone had already been rolled away (Mark 16:4). The women were unaware that an angel had rolled the stone aside and that the guards fell like dead men before fleeing the scene. (Matt.28:2-4). Mary Magdalene saw the stone rolled away and ran into the city to tell the disciples! After Mary Magdalene had departed the other women entered the tomb and saw an angel sitting beside where the Lord had lain. The first angel told them to go and tell Peter and the other disciples that the Lord would see them in Galilee (Matt.28:7; Mark16:7). Meanwhile, Mary Magdalene had found Peter and John and told them the tomb was empty. John arrived first and entered the tomb and Peter followed. Finding the tomb was empty they left and returned to the city but Mary Magdalene lingered in the garden. As Mary stood weeping outside the door of the tomb she stooped down and looked inside and saw the same two angels that had spoken to the women; one was sitting at the head and the other at the feet of the place where the Lord had lain. Mary didn’t enter the tomb but one of the angels said, “Woman, why weepest thou?” She said, “Because they have taken away my LORD, and I know not where they have laid him” (John 20:13). Just then Mary turned and saw Jesus standing nearby but didn’t recognise Him. Through her tear-filled eyes in the early morning light she thought Jesus was the gardener. Jesus said, “Woman, why weepest thou, whom seekest thou?” Mary said, “Sir, if thou hast borne him hence, tell me where thou hast laid him and I will take him away” (John 20:15). Jesus said, “Mary,” and instantly she recognized the Lord. Mary was told to go and tell the disciples that she had seen the Lord. Have you recognise Him?
Bergrivier
4
Adam du Plooy
Audry Small
Boeta Josephus
Riaan de Vries
Ray van Rooy
Sandra Crafford
Koos Daniels
Evert Manuel
Die huidige burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit, Evert Manuel, sal in dié amp aanbly as die DA die komende munisipale verkiesing op 3 Augustus in dié munisipaliteit wen. Met die bekendmaking van hul kandidate vir dié verkiesing, was die DA verlede week die eerste party om dit te doen. Manuel is weer die party se burgemeesterskandidaat. Daar is nog ‘n appèltydperk alvorens die lyste finaal bekragtig en aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie voorgelê sal word vir goedkeuring. Ander partye sal mettertyd hul kandidate bekend maak. ‘n Woordvoerder van die ANC het gesê hul verwag dal dié party se kandidate voor die einde van die maand bekend sal wees. In die Bergrivier is die volgende wykskandidate deur die DA aangewys. Wyk 1 (Porterville-dorp): Jakobus (Koos) Daniels. Die huidige raadslid is raadsheer Johan Raats (DA). Wyk 2 (Porterville): Adam du Plooy. Dit is die Monte Bertha-
wyk. Raadslid Wayne Dirks (ANC) is tans die wyksraadslid. Wyk 3 (Piketberg-dorp en Eendekuil): Riaan de Vries. Die huidige raadslid is Johan Botha (DA). Raadsheer de Vries is tans ‘n proporsionele DA-raadslid. Wyk 4 (Piketberg): Ray van Rooy. Hy is ook die huidige raadslid vir dié wyk ná hy met die vorige verkiesing onder die vaandel van Cope verkies is. Wyk 5 (Wittewater en Goedverwacht): Jacob (Boeta) Josephus. Die huidige raadslid is Danny Smith (DA) Wyk 6 (Redelinghuys en Aurora): Audrey Small is die nuwe kandidaat Wyk 7 (Velddrif): Sandra Crafford. Sy is tans die raadslid in dié wyk en ook die Bergrivier se onderburgemeester. Naas Manuel is die DA kandidate op hul proporsionele lys vir Bergrivier in die volgende volgorde: Mario Wessels en Johan Botha. Die party se kandidaat vir die direk verkose lede tot die Weskus Distriksmunisipaliteit is Randall Swarts.
NUUS • NEWS
5
11 Mei 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
Also at HYPERMARKETS
LOW PRICES
TO MAKE IT YOUR
LUCKY DAY
R
FRIDAY 13 MAY
100
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 5kg
BUY ANY 2 FOR
19
80
PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each
16
90
Nola Mayonnaise Assorted 750-780g Each
R
20
39
90
24
90
Parmalat Low Fat Smooth Yoghurt Assorted 6 x 100g
PnP Super Maize Meal 5kg
39
90
38
90
Farmyard Extra Large Eggs 18s
Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each
PnP White Sugar 2.5kg
Equates to 79.90 for 200g
BUY 2 FOR
65
R
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
28
90
99
Bokomo Weet-Bix 900g
R
90
Jacobs Krönung Coffee 250g
145
Fish Eagle Natural Brandy 750ml
39
90
Omo Fast Action Hand Washing Powder 2kg or Liquid 1.5 Litre Each
54
90
R
Twinsaver 2 Ply White Luxury Toilet Tissue 12s
219
Windhoek Draught Cans or Non-returnable Bottles 24 x 440ml Per Case
PRICE PER NAPPY
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
179
2.72 3.10 3.60 4.08 4.08
1504131_38 X 262
90
Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
33
90
PnP Fresh Whole Chicken Per kg
PRICES VALID 12 - 15 MAY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products on this page have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
49
R
PnP Bulk Stewing Beef Bone in Per kg
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Checking other supermarkets’ prices.
Including specials. Terms and conditions apply, see picknpay.co.za/brandmatch for more.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
NUUS • NEWS
6
11 Mei 2016
Dagboek • Calender
Tomis Country Butchery:
Malmesbury Krieketklub 11 Mei - Algemene jaarvergadering op 11 Mei om 19:00 vir 19:30 – Wesbank Hoërskool. Kontak Sherman Faroa by 079 755 1489.
hanteer deur Lize Signs in Hugenotestraat, Malmesbury. Kontak Maresa van Lize Signs (022-482 3425) om kaartjies te koop en tafels te bespreek.
Swartland Social Development Forum
Swartbergvlei Outride 29 May – Darling. Enquiries: 084 593 2745.
12 May 2016 - meeting at the Town Hall Malmesbury from 10h00 - 13h00
Langsdiebos Mark 14 Mei - Malmesbury, 09:00-13:00; "Stap met Pote" 08:30. Kontak Marilizé Crafford, 0720526280 vir navrae. Gholfdag 14 Mei – Ten bate van Huis AJ Liebenberg, Piketberg; De Hoek-baan. Kontak Eddie Mostert, 083 644 4974.
Malmesbury Aglow High Tea On May 21st at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 3 p.m. Good fellowship and a powerful speaker - Debbie Samson -. Everyone is welcome. Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636
Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362.
Wynveiling Hoërskool Hopefield nooi almal uit na hul Wynveiling op 13 Mei by die sportklub. Fondse gaan vir opgradering van hul sportvelde. Heerlike kuieraand saam met Wicus van der Merwe as Entertainment en afslaer. Kaartjies - R150 p/p met spitbraai, bykosse en lekkerny. Looitjietrekking met pryse te wen. Kom bring jou vriende of nooi jou kliënte en bederf hulle 'n bietjie.
Boeremusiek Opskop 10 Junie - Om 19:00 is daar 'n Boeremusiek Opskop met Greg Fisher ten bate van Aandskemering Tehuis vir Bejaardes by Allesverloren, Riebeek-Wes. R200pp met ligte ete ingesluit. Nooi jou vriende - 10 per tafel. As jy nie dans nie kom luister en kuier saam. Kontantkroeg. Kontak Elrika, 083 414 7023.
Winterdans 21 Mei – Clanwilliam, met Juanita du Plessis. 083 601 6456.
St Francis De Sales Catholic Church, 27 St Francis Street, Malmesbury on 16 June 2016 at 10h00 Everyone is welcome. Stalls with handsome items, eats and drinks at affordable prices. Space available for stalls Enquiries : Yusuf Ariefdien 082 878 9214 / Jackie vd Poll 072934 0789
Kaartjies by Lisa by skool beskikbaar of Vera by 084 261 2806 of veruschka169@gmail.com
Langsdiebos Mark 28 Mei: "Boot sale", 09:00 - 13:00 en "Stap met Pote" om 08:30. Kontak Marilizé Crafford , 072-0526280. 'The Grey' hou konsert 28 Mei – The Grey bestaan uit drie talentvolle Maties wat om 20:00 in die Porterville NG Kerksaal optree. Ellani de Jager en Donné de Kock speel viool, met Eric Gerber op klavier. Kaartjies sal teen R100 volwassenes en R50 kinders vooraf en by die deur te koop wees. Die Sopdans 28 Mei - Swartland Voortrekkers bied dit aan om 19:00 vir 19:30 in die Malmesbury stadsaal. Christo Smit maak die musiek en slegs 300 kaartjies is beskikbaar. Kaartjieverkope en tafelbesprekings word
Kerke • Churches
Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Shofar 15 Mei - De Waal Esterhuizen preek om 09:30, Voor-
Youth Day Celebration
Snoek- en Patatfees 24 & 25 Junie – Die jaarlikse fees op Goedverwacht is in beplanning met patat uit die grond, snoek uit die see... Bergrivier Winterkarnaval 16 Julie – Goedverwacht. Navrae: Chevon, 022 783 1821. Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00. Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 aan izelle@diecourant.co.za gestuur word vir plasing. trekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship 19 Junie om 10:00 hervat dienste by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 8 Mei - Lisel Mouton is Sondag om 09:30 die spesiale gas by die AGS. Die aanddiens begin om 18:30. Pinksterdienste Maandag- tot Woensdagaand om 19:00, met die afsluiting op 15 Mei. Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani,
Bo: Die verpakkingspan spog trots met die Cleaver-toekennings van die groep. Tomis Country Butchery het vanjaar by die 2015 Cleaver-toekennings platinum ingepalm. Dit is die derde jaar wat dié groep met ‘n gesogte Cleaver spog. Die Tomis Groep is ‘n familiebesigheid wat uit verskillende afdelings bestaan naamlik: Tomis Skaap Abattoir, Tomis Bees Abattoir, Tomis Edel Kompos, Tomis Voerkraal, Tomis Meat Packers, Tomis Country Butchery en Tomis Afval. Tomis Abattoir is in 1994 deur Tommy en Isabelle Moolman op die plaas Vorentoe buite Hermon gestig. Die plaas is juis gekies vir sy goeie geografiese ligging ten opsigte van toegangsroetes tot die Kaap, sowel as die nabyheid van verskeie afslaersondernemings. Die Maatskappy het klein begin met ag werknemers en die doel was om vleis so goedkoop moontlik direk van die slagpale na die huisvrou te voorsien. Kwaliteit, diens en eerlikheid was nooit onderhandelbaar nie en gou het die vraag na produkte toegeneem. Met lojale ondersteuning van produsenteboere, sowel as verskeie vleisondernemings en
NUUS • NEWS
7
11 Mei 2016
Uitstekende diens. Uitstekende kwaliteit
Bo: Tomis Meat Packers se bestuurspan bestaan uit: Pierre Lloyd (tegnies en produksie bestuurder), Tommie Moolman (Besturende Direkteur), Isabelle Moolman (Direkteur), Marike Terblanche (Meat Packersbestuurder), Shaun Steyn (Finansiëlebestuurder) en Nico Meyer (Vloerbestuurder)
“
met die Tomis-handelsmerk en wees verseker dat jy net die beste smaak, snit en kwaliteit sal huistoe neem. "Ons sukses is baseer op ons Tomis-boustene wat bestaan uit: • Uitstekende beplanning • Uitstekende bestuur • Behoorlike kontrole • Etiese waardes • Top kwaliteit produkte • ‘He who walks slow, walks far” • ‘Live and let live” • GOD se Genade" "Dit is vir ons ‘n voorreg dat ons kliënte weer vir ons genomineer het vir die Cleaver-toekenning. Ons is trots op ons mense wat so hard werk om die besigheid ‘n sukses te maak. Dankie aan ieder en elk wat vir ons gestem het," sê Tommy Moolman.
“
kettingwinkels het Tomis gegroei tot ‘n onderneming wat vandag as ‘n markleier in die bedryf beskou word en het die personeel na meer as 250 (300) gegroei. Die Cleaver-toekennings wys die beste slaghuise aan in jou streek. Dit is deur Freddy Hirsch in 2005 gestig om in die verbruiker se behoeftes van hoë standaard slaghuise te voorsien. Die slaghuise is in drie verskillende afdelings beoordeel: Slaghuise met vier of meer betaalpunte, slaghuise met drie of minder betaalpunte en Supermark slaghuise. Tomis Country Butchery het die platinumtoekenning in die afdeling vir Slaghuise met tot drie betaalpunte verwerf in die Wes-Kaap By Tomis is jy altyd verseker van gehalte. Gehalte diens. Gehalte kwaliteit. Wees op die uitkyk vir sappige vleispakke
Tommy Moolman en Laurie Terblanche met die nuwe toevoeging tot hul Cleaver-toekennings.
Ons is trots op ons mense. - Tommy Moolman
8
NUUS • NEWS
Skoonheid & Gesondheid
11 Mei 2016
Die ABC van kindersiektes
In die winter wriemel die wêreld van allerhande nare kieme, waaronder die verkoue een. Onder watter siektes kan jou kinders nog deurloop in die winter, en hoe behandel jy dit? Of beter nog, hoe kan jy dit voorkom?
A
Kontak ons by 022 487 3221 om in ons bylaes te adverteer. Of stuur ‘n epos na admin@diecourant. co.za!
staan vir antibiotika, ongelukkig nie die antwoord op twee van die meer bekende wintersiektes naamlik verkoue en griep nie, maar wel doeltreffend as dit kom by die ernstiger simptome van dié twee siektes soos long- en mangelontsteking en brongitis. Jou dokter weet wanneer jou kind antibiotika nodig het al dan nie, so moet liefs nie op ‘n voorskrif daarvoor aandring nie. Dit is belangrik dat antibiotika net gebruik word wanneer dit regtig nodig is, omdat bakterieë gou weerstandig kan word teen antibiotika en jy jou kanse vir dié wondermedisyne om sy werk te doen, kan opgebruik. Dit is ewe belangrik om ‘n kursus antibiotika klaar te maak, want as jy dit nie doen nie, help jy net die kieme om ‘n weerstand teen die antibiotika op te bou.
B staan vir brongitis en brongiolitis.
Brongitis is inflammasie van die klein lugweë in die longe. Dit sal jou kleuter laat hoes - aanvanklik droog en later slymerig. Die siekte kom met of sonder koors voor. Om jou kind gesond te kry, sal jou dokter waarskynlik antibiotika en ‘n hoesmiddel om die slym op te los, voorskryf. Wat kan jy by die huis doen? Gee jou kind baie vloeistowwe en ligte kos. Kinders onder twee-jarige ouderdom het brongiolitis wanneer hulle hoes, hul asems jaag en dit lyk asof hulle hyg na hul asem. Jy hoef nie hul koors dop te hou nie, want hulle het gewoonlik nie ‘n vreeslike hoë koors met brongiolitis nie, maar hou sy polsslag dop –meer as 150 slae per minuut is te hoog! Kry jou kind wat enige van of al die bogenoemde simptome toon gou by ‘n dokter of ‘n hospitaal.
C staan vir vitamiene C, almal se gunsteling
winter-vitamien. Al meen sommige dat dit nie verkoue weghou nie, kan ‘n ekstra bietjie vitamien C gedurende die wintermaande beslis g’n skade doen nie. Hoë dosisse van enige vitamien is nooit raadsaam nie. As die verkoue jou kind reeds beet het, kan kos ryk aan vitamien C help om die verkoue vinniger te laat opklaar. Vars vrugte – waaronder lemoene en nartjies - is die beste bron van vitamien C. Kiwivrugte, koejawels, broccoli, aarbeie en patats is nie ver agter nie. Wenk: Bêre sitrusvrugte op ‘n koel, donker plek sodat die vitamien C daarin goed behoue kan bly.
D staan vir droë vel.
NUUS • NEWS
9
11 Mei 2016
in die winter Mooi rooi wange is gewoonlik ‘n teken van blakende gesondheid, maar in die winter kan dit vingerwys na ‘n droë vel. Verwarmers in ons huise en motors is dikwels die grootste sondebok, terwyl die laer humiditeit en laer temperature ook droër lug meebring. Hoewel droë vel selde ernstige gevolge het, kan baie droë vel tot dermatitis (inflammasie van die vel) lei. Moet dus nie jou kind se wintervel verwaarloos nie. Hou hul velle só vogtig gedurende die winter: Gooi olie in hul badwater, maar hou die badskuim uit. Moet hulle nie te lank in die bad (of stort) hou nie, en moenie die water té warm maak nie. Hoe warmer en hoe langer, hoe meer droog die vel uit. As hy uitklim, druk net sy vel droog in plaas daarvan om hom droog te vryf met die handdoek. Só kan julle nog ‘n bietjie vog bewaar. Dieetkundiges sê ook dit wat jy eet kan jou vel vogtig hou. Maak dus seker jou kind neem genoeg van die twee essensiële vetsure omega 3 en 6 in. Omega 6-vetsure kom voor in plantolie (soos margarien, olie en mayonnaise) terwyl omega 3-vetsure hoofsaaklik in vetterige vis soos sardyne, tuna en salm voorkom.
E
staan vir vitamiene E Net soos vitamiene C en sink, WAT ‘n goeie anti-oksidant is en jag maak op skadelike virusse soos die verkoue een. Hierdie kossoorte bevat almal anti-oksidante: amandels, appelkose, patat, pekanneute, sampioene, spinasie, tamatie, vis en wortel. E staan ook vir Echinacea stroop wat volgens vervaardigers en getroue gebruikers jou kind se immuniteit ‘n gawe hupstoot kan gee. Gee jou kind ‘n sopie van dié stroop om sy immuunstelsel te help veg teen die nare verkoue- en griepvirusse. Raadpleeg ‘n kenner oor hoeveel en hoe lank veilig is vir jou kind onder vierjarige ouderdom.
F
staan vir frokkie Daar MOET ‘n hele paar in jou se winterklerekas te wees. Die kledingstuk wat knus om die bolyf pas sal jou kind se borsie lekker warm hou in die winterkou’.
Spaar vir jou familie
Om te spaar vir jouself, jou familie en jou aftrede is hoog op die meeste se prioriteitslys. Die probleem is waar om te begin? Wat is wat en hoe werk dit?
Wat is 'n familie-trust?
‘n Trust is’ n fonds wat gestig is deur ‘n “Oprigter” of “Donateur”. Hy stel trustees aan wat beheer moet uitoefen oor die bates van die trust. Die trust bates moet beheer en bestuur word tot voordeel van die begunstigdes (of te wel bevoordeeldes) wat aangewys is deur die Oprigter. Die reëls van die beheer oor die trust (of fonds) word uiteengesit in ‘n dokument wat die Trustakte genoem word.
Hoekom moet ek ‘n trust hê?
Die lewe is ‘n redelike onvoorspelbare gebeurtenis. As jy ‘n sakeman is, moet jy beslis oorweeg om jou persoonlike en korporatiewe
struktuur met ‘n prokureur wat spesialiseer in korporatiewe strukturering en Trustreg, te bespreek.
Wat is die hoofdoel van ‘n trust?
Die hoof funksie is om jou bates te beskerm teen onvoorsiene omstandighede, insolvensie, egskeiding, boedelbelasting, ens. Om sekere of al jou bates te skei van jou persoon terwyl jy nog steeds volle beheer oor die bates het.
Die waarde van ‘n Trust
Die belangrikste waarde van ‘n trust is dat, indien daar sekere basiese regsreëls nagekom is, dan vorm die trust se bates ‘n aparte en geïsoleerde kategorie bates wat beveilig is teen die moontlike toekomstige finansiële teëspoed van die Oprigter en die trustees.
10
NUUS • NEWS
11 Mei 2016
Om hier te adverteer, kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na reception@ diecourant. co.za.
NUUS • NEWS
11
11 Mei 2016
Betrekking Vacancy AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/5 ----------------------------GESOEK ‘n gekwalifiseerde diesel werktuigkundige op vragmotors en grondverskuiwing masjinerie. Kandidaat moet ten minste 5 jaar ondervinding hê met goeie verwysings. Stuur volledige CV na info@ louwdiggers.co.za #2422
Dienste Services
Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/10
Liefste Franwin, baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag die jare wat vir jou voorle alles wat goed is inhou en mag al jou drome en hart se begeertes vervul word. Ons is baie trots op die jong man wie jy is. Lewe voluit en geniet dit!!! Al my liefde!!! Van tannie Sharon en Carl #2433 ----------------------------Happy Birthday to my first born on your 21st . May God's favor be over your life & let God be your pillar of Strength and open doors for you. From: Daddy, Aunty Una, Tarryn-Lee & Tyler-Lee. Love you staxx. #2434 ----------------------------Daren-Lee
Gelukwensing Congrats
'n Baie aantreklike knapie word 21!
Veels geluk met jou mondigwording op 17 Mei 2016. Voorspoed, sukses en volharding wens ons jou op jou nuwe lewenspad. Ons is baie Lief vir jou. Van : mamma Roos, Mammie en Mia #2424 ----------------------------Veels geluk Franwin met jou 21ste verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar. Van: Tannie Miranda, SeanLee en Kay-Lee. #2425 ----------------------------Aan Franwin: Geluk op jou mondigwording .... weet dat God 'n plan het met jou lewe. Leef voluit vir Hom om die vrugte te sien. Lief vir jou. Van: tannie Estelle en familie. #2426 ----------------------------Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur te hou met die woord van God! 17 Mei 2016 is jy 21 jaar oud. Jy betree die volwasse wêreld. Alle voorspoed op jou lewenspad vorentoe. Plaas God eerste in al jou besluite wat jy neem. Baie liefde!! Van: Uncle Les, Nanna Dene, Divan, Sheree en Simone-Rose #2427 ----------------------------Jer.29:11 For I know the PLANS I have for you, Declares the Lord. PLANS FOR HOPE AND A FUTURE! Happy 21st birthday, Franwin. Love always. From: Chris, Agnetha, Chanique and Ane. #2428 -----------------------------
Baie geluk met jou mondigwording. Alle voorspoed op jou toekomspad. Van Daddy, Mammie, Kaylene en Shadley #2429 ----------------------------Raai wie word 2?
Graydon Happy birthday boy... lekker verjaar - Baie liefies vir jou – Ma en Pa #2431 -----------------------------
RAAI wie het 16 geword op 10 Mei 2016.
Baie geluk met jou verjaarsdag. Van jou: Ma, Ousus, Ouboeta, Oupa, Ouma, Aunties, Ooms, niggies en neefs #2435
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/44 ----------------------------HERWINNING – Ruil u papier, karton (80c per kg) en alle plastiek vir kontant. Skakel Hendrik by 073 998 2365 #2412/1
Memoriums Memoriam
KATRINA ADAMS (BELLIE)
Weereens swaai die hekke van herinneringe oop en laat ons terugdink aan die 12de Mei 2015 toe jy, Bellie, verhuis het na ‘n beter woning. Mag die kring wat jy hier op aarde verbreek het, weer eenmaal volmaak bestaan.
Ons mis jou nog elke dag en dink nog aan jou. Jy het ons skielik verlaat, nie eens totsiens gesê nie, ons berus ons daarin. Liefde – Ma, Rita, Piet, Velancia, Andries, Kowa en ons kinders #2420 ----------------------------Ons mis baie vir Mammie. Het ons skielik verlaat – ons vra soveel vrae elke dag, maar ons weet u is veilig in die hemel. Liefde – Alicia, Jamy-Lee en Corné, André en Keaken #2421
Sterfgevalle Obituary
Gebore: 28 Mei 1942 Oorlede: 8 Mei 2016
Sag heengegaan op 8 Mei 2016, was ‘n ma, vrou, suster, tannie, ouma, oumagrootjie duisend. Ons gaan u baie mis – Rus in vrede Van Adams familie Kontak Jolene by 0826631831 / Bronwen 073 542 5330 (begrafnisreëlings sal op facebook aangedui word) #2430 -----------------------------
Te Huur To Let
Looking for 1 or 2 persons to share accommodation as from 1 July 2016 – Contact 072 089 5347 / 022 486 5324 #2423 ----------------------------Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/6 ----------------------------Kantoorspasie ±47 m² – geleë tussen Mr Price en Cardelli’s te Voortrekkerweg, Malmesbury. Kontak mnr Eddie Mostert by 022 482 1101 of Johan Rossouw- 083 234 6614 #2327/4 ----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/32 ----------------------------Small singleroom office with own kitchenette and bathroom in centre of town – Contact 083 991 7350 #2436
Te Koop For Sale
Muller – 079 413 2520 Dubbel base bed – R1300; Hoover stofsuier – R350; 4 eetkamer stoele – R350 elk;
2 Printed Ottomans – R380 elk; Elektriese ketel – R60; Fridge/ Freezer R1650 Malmesbury, Rainierstraat 8E, Müller’s 079 413 2520 #2432 ----------------------------Splinternuwe sitkamer / braaikamer rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse.
Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378/4
Voertuie Vehicles
DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom. #2006/17 -----------------------------
courant
NUUS • NEWS
11 Mei 2016
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
11 Mei 2016
Robbie trap fiets vir SA in Australië
Sportuitslae Sports results
Rugby Groot uitdaagkompetisie Swartweskus : Vredenburg 25 - Hopefield 22 Abbotsdale 29 - Piketberg 22 Saldanha 31 - Never Despair 24 Wesbank 37 - Mamre 26 Darling 27 - Moorreesburg 0
Robbie Rodrigues, SA-kampioen fietsryer, is op pad na Australië om Suid-Afrika daar te verteenwoordig. Robbie, wat vroeër vanjaar die SA-titel in die veterane-afdeling in die padfietskompetisie losgery het, is opgewonde oor die vooruitsig om sy medalje-telling bietjie op te stoot. As deel van sy voorbereiding, ry hy daagliks van sy huis in Tableview met sy fiets na Malmesbury waar hy deel van die kundiges by Bike Addict is. “Ek sien uit daarna om myself te toets teen die bestes ter wêreld. Dit is ‘n ekstra bonus dat my dogter, wat ek twee jaar laas gesien het, ook daar woon. Sy sal my kan toejuig en ondersteun in hierdie uitdaging,” sê hy. Om seker te maak dat hy in die beste moontlike vorm is, sluit sy oefenprogram drie ure in die saal per dag in. Ook oor naweke is daar geen ruskans nie. Darling Rugbyklub het die naweek gasOm gewoond te raak aan die vinnige spoed op internasionale heer gespeel vir die span van Samoa van Moorreesburg. Hier breek Lode- vlak, sal hy agter ‘n voertuig ry wat die pas aangee. wyk Lingeveld, kaptein van Darling, weg. Die eindtelling was 27-0 in Darling “Dit is ‘n groot uitdaging om in die winter in die donker met ligte se guns. aan te oefen. "Met die koue en reën wat ons ervaar, is dit nie maklik om voor te berei nie, maar dit is ‘n uitdaging wat ek sal moet oorkom,” sê hy. Robbie het ook nog ‘n ekstra hekkie om te oorkom. Saterdag sal die titaniese jaarlikse kragVanjaar reis Schoonspruit na Piket“Ek is besig om fondse in te samel vir die kompetisie, aangesien meting tussen Schoonspruit Sekondêr berg vir dié wedstryde. van Malmesbury en Hoërskool PiketDie o.18A netbalwedstryd vind om ons nie finansiële ondersteuning kry nie. "Die vliegtuigkaartjie, verblyf en meer is alles vir die deelnemers berg plaasvind in die FNB Classic Clas- 09:50 plaas op baan 3 en die o.19A rugse eie rekening,” sê hy. hes. byspanne pak mekaar om 13:40.
Witsentraal : Ceres 53 - Wellington 0 MALMESBURY GHOLFKLUB Nic Goosen 22 Piet Basson 18 Hein Stephan 18 Sakkie Klasen 18 Llewelyn Lloyd 17
Darling klop Samoa:
Enkel Stableford Nic Goosen 18 Freek Stander 18 Brian de Beer 18 Jeffrey vd Merwe 16
Schoonies pak Piketberg in Classic Clashes
Beterbal Stableford Jan Potgieter & Izak Rumboll 40 Natie Smith & Fritz de Beer 39 Adriaan Louw & Johann Ackerman 37 Jean Pieters & H. Thiart 36
Sportdagboek Sports diary
• ENTRIES FOR 100 & 50MILER FLOWING FAST
M’bury MTB, Amarider join forces The eighth annual Amarider 100Miler & 50Miler event, presented by Bike Hub takes place on Saturday 21 May in the Swartland, at the Malmesbury Agricultural Show grounds. With less than a month to go, the 100 Miler team is getting all the last details sorted to present a great day of racing. Only pre-entries are taken on www.amarider.co.za and entries have been flowing in fast! In a very exciting development, organisers are pleased to announce a partnership with Malmesbury Fietsryklub, that will see the locals provide support services to the race in return for financial remuneration and support with their trail expansion program. According to Meurant Botha, director of Amarider, the club has been very active in getting singletrack built in and around the town and Amarider cannot be happier for the event to support this great initiative in the host town of Malmesbury. “We are certain that having the locals on route will add a lot of spirit to the day” said Botha. Check out their activities at www.malmes-
buryfietsryklub.co.za. The 100 Miler was created to become a primary fundraiser for the organisation. Amarider is a recreational trails advocacy group focused on improving trail opportunities on the African continent and proceeds of the event are channeled directly to trail projects. The Malmesbury MTB Club will provide marshals and manage the refreshment stations that are supported by Enduren Nutrition and Powerade/Coke. 100Miler entrants get breakfast and lunch stops, while 50Miler riders will also be able to fuel up with snacks like fruit, jellies and potatoes. Of interest is the fact that the 50 Miler is currently slightly more popular, and why not. Starting at Delico Butchery at a more reasonable hour for an 80km flip around the picturesque Kasteelberg, does seem a fair bit more pleasant than going the full distance. Of course, if you have bucket list issues the full 100 is the only way to go. The route has proven itself as very achievable but with the course record on the new route at 06h02 it certainly is
not for the unprepared. In 2015 the route designer moved the finish area to the much more spacious Malmesbury Show grounds resulting in a slight bump on the route profile right at the end! The best thing about the day’s racing is the fact that friends and family can make a road trip out of it and visit regular spectator points. This not only involves the loved-ones with your tough day out, but also gives you a bit more mental comfort that help is never too far should the day become a bit too challenging for body or bike. The 160km (100Miler) route is divided into three sections of approximately 55km with two compulsory timing checkpoints. While the competition is based on solo riders completing the entire course these riders can form 4-man teams and enjoy a day out with mates on a saddle (of course)! The team results will be based on the 4th rider crossing the line thereby encouraging teamwork and camaraderie. For enquiries, contact Dirtopia Trail Centre at info@dirtopia.co.za or 0218844752.
R
CELEBRATE
MORE FOR LESS
Windhoek Draught Cans or Non-returnable 24 x 440ml
219
R
Per Case
Willowcreek/Computer Mania MTB Challenge 21 May: Wolseley; http://www.pedalpower.org.za/ events/pedal-power-association-77/ AmariderBikehub 100miler/50miler 21 May: Malmesbury; www.dirtopia.co.za Darling Brew Extreme 28 May: Darling; http://www.darlingbrew.co.za/ mtb/mtb.html Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast non-technical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter online at www.pedalpower.org.za.
69
R
Savanna Dry Premium Cider Cans 6 x 440ml
R
29
Graça White or Rosé 750ml Each
89
9250
R
34
Nederburg Lyric, Stein, Rosé or Duet 750ml Each
R
145
150 5188_100 x 260
PRICES VALID 12 - 15 MAY 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Viceroy Brandy 750ml
Olof Bergh Brandy 750ml
Fish Eagle Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505188_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/05/06 12:33 PM