c urant
dié
1 Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
21 Desember 2016
58.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 401
21 Desember 2016
See, son en sand Die kusdorp van die Swartland, Yzerfontein, is 'n miernes van bedrywigheid met die vakansiegangers wat op dié dorp toegesak het om hul batterye te herlaai ná 'n besige jaar. Daar is allerlei vermaaklikhede om te geniet. Dié naweek is die jaarlikse Snoek Classic gehou wat ook baie ondersteuning geniet het. Hier kom 'n boot terug met vangste uit die diepsee met Meeurots in die agtergrond.
•MUSEUM BY !KHWA TTU 'N EERSTE
San-stories bewaar
Die geskiedenis en lewe van die San-kultuur sal voortaan bewaar en aan die publiek ten toon gestel word by die nuwe museum by !Khwa ttu buite Yzerfontein. Voorbereiding vir die voornemende ontwikkeling het reeds begin. Die beplande museum was van die begin deel van kultuursentrum, !Khwa ttu se omvattende inisiatief en doelwitte wat dit vir die San sal moontlik maak om hul eie storie in hul eie woorde en taal te vertel. Die museum sal een van !Khwa ttu se primêre doelwitte verwesenlik deur die kultuur van die San te herstel, vertel die algemene bestuurder, Michael Daiber. Dr. Chris Low van die Oxford Universiteit is aangestel as die museum se nuwe kurator. Low beskik oor uitgebreide kennis van die genesing- en gesondheidspraktyke van die Khoekhoe- en Boesman volke van Suider-Afrika. Hy is nou besig om inligting in te samel en idees vir uitstallings bymekaar te maak. Die museum word beplan vanaf voorbeelde van inheemse museums en kultuursentrums en !Khwa ttu hoop om so daarin te slaag om dit wat spesiaal aan die San is, akkuraat uit te beeld.
“Die !Khwa ttu-museum sal ‘n plek wees waar besoekers ingelig en inspireer sal word. "Die museum sal nie net die storie van die San vertel nie, maar sal ook mense bekendstel aan ‘n spesifieke leefwyse wat verband hou met omgewingsopvoeding en dreigende globale kwessies rakende volhoubaarheid,” voeg hy by. Volgens Low is daar slegs ‘n paar nasionale-, privaat- of universiteitsmuseums wat ‘n afdeling spesifiek oor die San en hul geskiedenis insluit. Dit sal die eerste museum wees wat spesifiek op die San fokus. ‘n Diverse span van verskillende San-groepe het oor ses maande nou saamgewerk met die museum se ontwikkelingspan om sodoende vas te stel wat nodig is om die museum se doelwitte te verwesenlik. Volgens Low sal hulle voortgaan om noue samewerking tussen die verskillende groepe te bewerkstellig. “Persoonlik is dit ‘n groot voorreg om deel van so ‘n dinamiese groep te wees en ek glo werklik ons is op die regte pad na iets baie spesiaal.” Low en Stef Ndumba, ‘n jong !Xun-man, wat sy skoolloopbaan en opleiding by !Khwa ttu vol-
tooi het en nou ‘n kelner by die restaurant is, het vroeër in Oktober ‘n toer na die Noord-Kaap en Botswana onderneem. "Die toer is deel van !Khwa ttu se uitreikingsplanne vir die ontwikkeling van die museum deur die verhoudings met die San-gemeenskappe te vestig en te koester,” vertel Daiber. Ndumba se nuwe rol by !Khwa ttu behels die verfilming en versamel van stories. Die gedugte span sal ook die visie van die museum onder gemeenskappe deel. Daar is ‘n moontlikheid om satellietuitsendings te gebruik om ook so meer inligting te deel. Stories en films vir die museum is onder verskillende San-groepe oor ‘n afstand van 8000 km versamel. “Om kulturele restitusie na te streef, moet ons verhoudinge bou en konneksies maak. Ons glo vas daarin om op verskillende maniere wat ook relevant tot die groep mense wat ons ondersteun, terug te gee. "Dit herinner ons dat daar ‘n groot verantwoordelikheid saam met die ontwikkeling van die museum kom,” voeg hy by. Hulle hoop om die ontwikkeling teen September 2018 te voltooi.
NUUS • NEWS