c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
4 Oktober 2017
26.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 440
4 Oktober 2017
Fietsryers trap deur die nag
Die jaarlikse Darling ttufietsuitdaag het die afgelope naweek by !Khwa ttu buite Yzerfontein plaasgevind. Hier moet die kranige fietsryers oor 'n periode van 24 uur deelneem. Die fietsryers het deur die nag getrap aan die 10km-roete en die enkel-afdeling vir mans is deur Andrew Reaper gewen. In totaal het hy 31 rondtes voltooi, dus 310km. Dit ewenaar die uitslae van die wenner van 2016. Die finale uitslae sal vandeesweek op die www.darlingttu.co.za geplaas word.
•INWONERS EN POLISIE SPAN KRAGTE SAAM
Dis ons werk - kapt. Saam kan ons 'n verskil maak. Só het die polisiebevelvoerder van die Riebeekvallei, kaptein Fanie Majiedt, verlede week tydens 'n informele gespreksessie met die vallei se Gemeenskapspolisieforum (GPF) en ander rolspelers gesê. Die voorsitter van die Riebeekvallei GPF, Erwin Law, het gesê "ons moet ons jeug beskerm as ons hoop vir die toekoms wil help skep. Ons het by die GPF weer gesien dit neem tyd om mense te laat glo ons wil net help en dat daar geen by-motiewe is nie." Hy het vertel van die eerste 17 vrywilligers uit die gemeenskap wat hulle verlede week geregistreer het om behulpsaam te wees met patrollies en ander ondersteuning. "Die polisie kan nie elke oomblik van die dag na elkeen kyk nie. Dit was nog nooit so nie en is ook nêrens so nie." Hy het bygevoeg dat dié patrolliewerk eers van mense se huise sal werk, omdat daar nie plek in die bestaande polisiestasies is nie. Law het ook vertel van die hommeltuigtegnologie wat deesdae in die streek gebruik word om die rol van patrollies oor te neem. Die instandhouding, en waar nodig ook die herstel, van die verhouding tussen die polisie en die gemeenskap is een van die belangrikste rolle van die Gemeenskapspolisieforum het Shaun Hewitt gesê. Daar is baie mense wat agter die skerms waardevolle werk doen met 'n positiewe en opbouende gevolg. "Ons onderskat die dinge wat wel werk en ons moet meer moeite doen om daardie dinge
uit te lig." Majiedt het meer vertel oor sy eerste pleeg word en hy het die groot bydrae wat maatskaplike omstandighede en alkoholgebruik jaar as stasiebevelvoerder. Hy het vertel van sy 44 personeellede en oor in dié misdade speel, uitgelig. Oor die onlangse die suksesse asook uitdagings wat hom en sy dood van 'n jong kind, sê Majiedt, die rol wat die gemeenskap gespeel het om die span in die gesig staar. polisie met die saak en ondersoek "Daar is heelwat uitdagings, te help, was verblydend. "Ons het maar dit is lekker. Ek het die polisie gesien daar is 'n algemene gevoel as beroep gekies. Daarom moet ek van jou kind is ook my kind. Mense beskikbaar wees vir my gemeenis nou moeg vir misdaad." skap. Wanneer ek op bystand is, Oor ander misdade het hy bygestaan my familie 'n bietjie terug. voeg dat mense in die vallei dikwels "Ek het in 1984 hier begin en ek so op hul gemak is dat hulle nie hul is nooit spyt dat ek teruggekeer het huise sluit nie of hul voertuie en nie. Dit was altyd my droom om dit ruite oop los. Dit lei dan tot inbrake wat ek geleer het, terug te ploeg Kaptein Fanie Majiedt en verlies van eiendom. in die gemeenskap. Die mense in Op die vergadering is die die gemeenskap vra dikwels klein moontlike samewerking met sekuriteitsmaatgoedjies. Dis ons werk. Ons moet dit doen." Majiedt sê hy probeer met die min beskik- skappye wat strate patrolleer ook bespreek om bare mannekrag die diens lewer en ook die lede saam 'n verskil te help maak. Majiedt het die rol wat sport kan speel in die maatskaplike opbou gelukkig hou. "Dit is ons beplanning om elke drie maande beklemtoon. Raadslid Nicolene Smit het gesê sport is met raadslede en ander rolspelers te vergader. geïdentifiseer om die jeug besig te hou en daarSaam kan ons 'n verskil maak." Hy het verwys na die sigbare leemte wat die voor sal sportfasiliteite opgegradeer moet word. "Ons is besig met 'n sportforum en ook om sluiting van die polisiestasie op Riebeek-Kasteel meer fondse te bekom." laat. Die vordering van die rugbyklub en netbalMajiedt het gesê daar is 'n behoefte vir vraghouers om as satellietpunte op Riebeek-Kasteel klub na 'n hoër liga kan ook 'n kardinale rol speel in die verhoogde belangstelling in die sport.* en Hermon te dien. *Majiedt het vertel van 'n dankseggingsdiens Hy het ook vertel van die statistiek wat spesifiek wys dat daar 'n toename is in aanrandings wat hulle op 19 November gaan hou en die lede (gewoon) waarvan talle met gesinsake verband van die hele Milnertonpolisiestreek nooi om dit hou. Dit is veral naweke wat dié misdade ge- by te woon.
NUUS • NEWS
2
4 Oktober 2017
dié courant
NUUS • NEWS
•ONDERHOU DEMONSTRASIETUIN Bewaar erfenis van bron
Dis tyd om 'n beroep te doen op elke liewe siel direk of bietjie minder direk betrokke, om tog hieroor 'n vinger te verroer tot 'n bydrae om Malmesbury en omgewing 'n nóg beter plek vir almal te maak. Malmesbury het, as ek die geskiedenis aan ons voorgehou moet glo en dit is tog immers al verwysing wat ek het, sy ontstaan gehad toe ene Sir Lowry Cole dit wat met sy besoek reeds hier was, na sy skoonpa, die graaf van Malmesbury, vernoem het. Cole het gekom agter die warmwaterbron aan. Die water het glo genesende waarde gehad. Sedertdien is daar dikwels geskryf oor die water se waarde en dat dit onder meer die beste in die hele Wes-Kaap is. 'n Jaar of wat gelede het ons die water laat toets en die laboratorium het bevestig dit het inderdaad die minerale inhoud soos voorheen voorgehou. Praktisyns het ook vir jare die water as genesende middel gebruik om pasiënte te behandel in geboue op en rondom die perseel van die destydse warmbron. Maar die bron is nooit ontwikkel nie en daaraan kan mens weinig doen. Daar is 'n handelsentrum op die perseel opgerig, wat die moontlikheid vir 'n spa-ontwikkeling verder verklein het. Daaraan kan mens ook seker weinig doen. Intussen word die handelsentrum nou verder vergroot rondom die oop ruimte, om die destydse oog van die warmbron verder te verklein. Ook daaraan kan mens seker nou weinig doen. Daar is egter wel iets wat ons kan doen. Ons kan ook vra dat die erfenisstigting die oorblywende oop ruimte tot erfenisterrein verklaar. Dit is immers inklusief die bron van Malmesbury se ontstaan. Ons kan ook vra, soos voorgestel deur die erfeniskenner Chris Murphy, dat die eienaars van die betrokke oop ruimte (en ek is onseker of dit die handelsentrum of die Swartland Munisipaliteit is) op daardie oop ruimte kennisgewings en inligtingsborde aanbring wat die geskiedenis uitbeeld. Ook kan die oog van die bron (en ek is bewus dat winkeleienaars dikwels 'n onaangename swawelreuk daar ervaar) straks oopgemaak en met 'n reukdigte koepel of iets soortgelyk bedek word, om juis dié erfenis vir ons nageslagte, maar baie spesifiek ook vir toerisme, te bewaar. Opgesom dus. Geen kritiek. Gister is verby en water onder die brug, maar ons kan steeds die storie vertel en op 'n konstruktiewe manier bewaar. Dié erfenis is immers gedeelde erfenis en geskiedenis, veel eerder as ander verdelende geskiedenis waarmee die gemeenskap sit. • Die Swartland Munisipaliteit ondersoek steeds die moontlikheid van ‘n tender om die water na elders te herlei en wel vir ‘n spa te gebruik. JV
Tuinier se seder val Een van die grootste weldoeners van Yzerfontein se seder het geval op die ouderdom van 75 jaar. Lofty la Cock, sy vrou Cathy, 'n ewe groot omgewingsaktivis, het saam met Ralph Tyson in 2001 op 'n verwaarloosde munisipale erf 'n demonstrasietuin aangelê. Dit het hy gedoen in samewerking met die Swartland Munisipaliteit onder die beskerming van die Yzerfontein Bewarea. In die tuin met sy endemiese en inheemse plante kan tuiniers wat vir die omgewing omgee, vasstel watter plante ideaal vir 'n Weskus-tuin is. Soos almal weet is enigiets wat werk behels baie makliker om te begin as om mee vol te hou, maar La Cock het sy taak deurgevoor en die tuin vir 16 jaar, tot die dag voor sy dood, versorg en uitgebou. In 2013 het die bewarea ere-lidmaatskap aan hom en Cathy toegeken vir die skep van die demonstrasietuin en vir die feit dat hy mense geïnspireer het om sy voorbeeld te volg. La Cock se begrafnisdiens vind Saterdag vanuit die NG-kerk op Yzerfontein plaas. - Hennie Richter
Mighty Men:
'n Groot skare mans het die afgelope naweek by die Môresonplaas buite Malmesbury saamgetrek vir die jaarlikse Mighty Men-konferensie. Hierdie groep het vanaf Robertson die pad te perd afgelê. Radie Heyns (heel links) het die laaste 35km die groep vergesel.
Regstelling: In
verlede week se uitgawe van dié courant is daar verkeerdelik op die agterblad verwys na die span van Wesbankrugbyklub wat aan die sewestoernooi deelgeneem het. Dit is egter die motorhandelaarspan wat in die truie van die Wesbank-rugbyklub gespeel het.
Volg ons Facebook-blad by @ diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant. co.za.
NUUS • NEWS
3
4 Oktober 2017
•BRONNE MOET VERKLAAR WORD
Watersensus van boorgate gehou
Tradisie: Pieter Loubser (links) van Malmesbury het Saterdag op die Tulbagh-skou
die Loubsers se wentradisie van meer as 30 jaar op dié skou voortgesit toe hy die Friesperd Dubbeltuigkampioenskap gewen het met die twee perde Imhoff Thor en Vlakfontein Lorenz.
Die Swartland Munisipaliteit is tans besig om na alternatiewe waterbronne te soek en onderneem nou 'n hidrologiese sensus. "Ons streek beleef tans 'n droogte waarvan die duurte en felheid owerhede genoop het om die Wes-Kaap tot 'n rampgebied te verklaar. Die Swartland Munisipaliteit is heeltemal afhanklik van die Voëlvlei-skema vir water en die dam se vlak is tans op 'n rekord-laagte," sê Madelaine Terblanche, direkteur korporatiewe dienste van die munisipaliteit. In hul soeke na alternatiewe bronne is die gebruik van grondwater geïdentifiseer. "Om ons in hierdie poging by te staan, het die munisipaliteit raadgewers, wat spesialiseer in geo-hidrologie, aangestel vir die plekaanwysing van geskikte boorgat-plasings," verduidelik Terblanche. Hierdie ondersoek behels dat die munisipaliteit 'n watersensus onderneem en hierin het
Matriekafskeid:
Die matrikulante van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Donderdag hul jaarlikse matriekafskeid gehou en so vaarwel geroep aan hul dae op die skoolbanke.
Wesbank: Dié groep matrikulante van Wesbank Sekondêr op
Malmesbury, het in helder kleure uitgetof vir dié skool se jaarlikse matriekafskeid wat in die saal van St Thomas Primêr op die Malmesbury gehou is. Bo is Ledine Fredericks, Monique Koordom, Veronique Koordom, Linda Mngese en Michaela Coetzee. Sien nog foto's op ons Facebook-blad by @diecourant. Foto: David Howburg
Sakekamer vergader met Sanral, SM Die Malmesbury se volgende lede-vergadering word op Maandag, 16 Oktober in die OLOK-saal van die Hoërskool Swartland gehou. Die sprekers van die aand is Sanral
oor die N7-projek en burgemeester Tijmen van Essen rakende die watersituasie en die wetgewing rondom dit. Besprekings moet teen 12 Oktober by info@sakekamer.co.za of 022 487
1919 (Elaine) gedoen word. Die nominasies vir die Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie sluit op 15 Oktober. Besoek www.sakekamer.co.za om jou nomniasie te laat tel.
Die Lionsklub op Moorreesburg vier Saterdag hul 20ste bestaansjaar met 'n "langtafel" in dié Swartlandse dorp. Volgens Helena Jordaan, organiseer van die geleentheid, het hulle talle uitdagings in die gesig gestaar weens die watersituasie en was die kaartjieverkope direk hierdeur beïnvloed. "Baie mense het vir ons gesê: Ja, ons wil graag ‘n kaartjie hê, maar kom ons kyk eers wat maak die oes! Kom ons kyk net wat doen die reën, dan sal ons kaartjies koop! Wel, die reën het nooit gekom
nie," sê Jordaan. Ten spyte van die uitdagings is 200 plekke langs die langtafel verkoop. "Vandag heers hier ‘n atmosfeer van afwagting. "Die ete in die park, onder die sterrehemel, sigbaar vir almal wat Langstraat gebruik, bring ‘n inspuiting van hoop, vestig mense se aandag daarop dat daar altyd iets is om in te glo, iets is om voor te werk, dat daar Iemand is op Wie ons kan vertrou," sê Jordaan. As jy reeds ‘n kaartjie vir die Langtafel
het, moet jy sorg dat jy teen 19:30 jou sitplek ingeneem het, want die spyseniers staan reg om elkeen op ‘n mallemeule van uitnemendheid te neem en tradisionele disse gaan in Masterchef-styl voorgesit word. Wynand en Cheree sal sorg vir die musiek. Kaartjies is nog beskikbaar by Helena Jordaan (083 317 5536). Die Langtefel-ete word ten bate van Huis van Heerde aangebied. Indien dit gure weer sal wees, sal die tafel na die stoor op Ebenhaezer skuif.
MRB Lions hou eerste langtafel
die owerheid die samewerking van die publiek nodig. Dié sensus behels die opteken van boorgate, in munisipale asook privaat besit, en ook die lewering van hierdie boorgate. Die doel van die inligting wat hieruit bekom word is die identifisering van 'n watersoom wat die munisipaliteit in staat sal stel om nuwe boorgate optimaal te posisioneer en ook die bepaling van huishoudings wat tot 'n mate onafhanklik is van munisipale water en in 'n mindere of meerdere mate in hul eie waterbehoeftes kan voorsien. Die munisipaliteit doen 'n ernstige beroep op alle inwoners met boorgate op privaat-erwe om dit by hulle aan te meld. "Die openbaring van hierdie inligting sal geensins 'n beperking op u gebruikreg van die boorgat plaas nie," sê Terblanche. Vir aanmelding en/of navrae, skakel Esmari Steenkamp by 022 487 9400.
4
It’s Good News
NUUS • NEWS
4 Oktober 2017
Dr. Marc Blackwell Snr
God offers you courage and confidence
“God is our refuge and strength, a very present help in trouble.” Psalm 46:1 is a positive statement about the help of the God of this universe for every soul and particularly His comfort to the heart of every believer. THE PROTECTION OF GOD IS PROMISED “God is our refuge.” The place of safety and security is found in the loving care of God, Who has promised to be with His own (Isaiah 43:2), to go before His own (Isaiah 45:2), and to be the refuge for His own (Psalm 91:2). GOD upheld Joseph in Pharaoh's palace, protected Daniel in the den of lions, the Hebrew children in the fiery furnace, and supported Paul in trials, troubles, and perils of life during his fruitful ministry. He is our refuge, as well! THE POWER OF GOD IS PLEDGED “God is our...strength.” God has all power in heaven and earth, and He offers His power to His people (Acts 1:8; Philippians 4:13). God gave Noah power to build the ark of safety, and Joseph power to overcome evil. He gave Moses power to deliver the children of Israel from Egyptian bondage, David the power to overcome Goliath, and Elijah the power of fire to consume the offering. The power of the Lord is unlimited and He is your strength! God is “… a very present help in trouble!”
Fiks:
Drie plaaslike fiksheid-entoesiaste het aan die NABBA en Wêreld Fiksheidfederasie se WP-uitdunne in Kampsbaai deelgeneem. Alexander Kriel (heelregs) het 'n derde plek in die Bermudamodel o.24-afdeling ingepalm. Elreza Smit (heellinks) het 'n derde plek behaal in die strand-bikini oor 1.63m-afdeling en Stephan Elsbury (middel) het ook 'n derde plek beklink in die Bermudamodel oor 1.72m-afdeling. Die drie is in die WP-span opgeneem wat die naweek aan die SA-kampioenskappe in Pretoria deelneem.
Smuts en Claassen skitter by koringstudiedag
Bo: Michiel Smuts van Grasrug, by wie die proewedag aangebied is, bekyk die gewasse van nader.
Die koringstudiegroep van Agri Malmesbury het die afgelope Woensdag hul proewedag aangebied te midde van ‘n droër reënvalseisoen. Volgens een van die beoordelaars, Hardus van Vuuren van Wenkem, was dit weereens ‘n moeilike taak om die kampe wat ingeskryf het vir die WKG-kampkompetisie vir 2017, te beoordeel. Altesaam 12 kampe het vanjaar meegeding. “Ek het gedink dit gaan vanjaar makliker wees. Die resultate is elke jaar verbasend,” voeg hy by. Talle plaaslike produsente en lede het vanjaar die proewedag op Grasrug van Michiel Smuts bygewoon, waartydens die studiegroep se jaarlikse prysuitdeling ook plaasgevind het. Volgens Van Vuuren is onder meer gekyk na die biomasse (t/ha), biomassa van stikstof/kg/ ha en massa per vierkante meter. Die beoordelaars het ook na die algemene gesondheid van die koring, algemene onkruidbeheer en algemene fisiese indruk van die kampe wat ingeskryf is gekyk, gegewe die groeistadium met die areas en reënval wat verskil. Al die studiegroeplede het deelgeneem aan die Maksimum Ekonomiese Opbrengs (MEO)kompetisie deur ‘n kamp in te skryf wat hulle dink die beste sal presteer oor ‘n vyf jaar tydperk. Nuwe kampe is in 2016 gekies vir die volgende vyf jaar termyn tot 2020, verduidelik landbou-ekonoom van Kaap Agri, Pieter Burger wat die koringstudiegroep se data met lede en Links: Neels Welman, van WKG én sektretaris van die koringstudiegroep, het vanjaar die WKG-wisseltrofee aan Johan Smuts oorhandig. Regs: Marais Liebenberg van Yara het die Yara-wisseltrofee aan die wenner van die beste bruto marge per ton vir 2016 aan Gert Claasen oorgandig.
besoekers gedeel het. Twee wisseltrofees is toegeken volgens die data van die eerste jaar van die kampe wat ingeskryf het, naamlik die Yara Wisseltrofee vir die beste bruto marge per ton in 2016, wat slegs die ontleding van die gekose MEO-kamp van die lede insluit en nie hul koring as ‘n geheel nie. Dit verwys na die winsgewendste koring per ton geproduseer vir 2016. Vanjaar se wenner van die Yara-wisseltrofee is vir die beste bruto marge per ton vir 2016, is Gert Claassen met die hoogste bruto marge van R2153/ton. Janneman Louw van Kiesenbosch het tweede gekom met Truter de Kock van De Grendel kort op sy hakke. Die wenner van die Nitrophoska-wisseltrofee vir die beste bruto marge per hektaar, volgens die ontleding van die gekose MEO-kamp, is vanjaar toegeken aan Johan Smuts van Kersfontein met die hoogste bruto marge per hektaar van R11 000/ha. In die tweede plek, was Gert Claassen met Janneman Louw in die derde plek. Vanjaar is die wenner van die WKG-wisseltrofee aan Johan Smuts toegeken vir die WKGkamp kompetisie. Volgens Van Vuuren speel die algemene fisiese indruk van die kamp ‘n groot rol in die kompetisie. Eben Schellink van Driefontein het tweede gekom met Dirk Lesch van Elim in derde plek.Dolfie Walters is vanjaar ook aangewys as die studiegroeplid wat vanjaar die meeste bygedrae het tot ‘n suksesvolle proewedag.
NUUS • NEWS
4 Oktober 2017
5
6
4 Oktober 2017
NUUS • NEWS
Plaaslike kelders palm toekennings in by Michelangelo Die gesogte Michelangelo-toekennings is Vrydagaand gehou en talle plaaslike wynkelders spog met trofeë en medaljes. Dié toekennings het in 1997 ontstaan en vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar. Toe was dit die enigste internasionale wynkompetisie in SuidAfrika. Die kompetisie is uniek in Suid-Afrika, aangesien al die beoordelaars almal uitgesoekte wynkenners is, wat al sewe kontinente oor die aarde verteenwoordig. Sedert die begin het meer as 165 beoordelaars van 42 lande op die panele gedien. Die Michelangelo Internasionale-wyntoekennings van Suid-Afrika is ‘n onafhanklike kompetisie en is selfonderhoudend. Hul hooffokus is om plaaslike wynmakers wat die internasionale mark betree, te ondersteun deur hulle wyne aan internasionale beoordelaars bekend te stel en dan te toets hoe dit op die oorsese markte verwelkom sal word. Tans is daar 21 geborgde trofeë op die spel. Hofstraat Kelder van Malmesbury het vanjaar
vir die sesde keer die Garagiste-trofee ingepalm met hul Cape Vintage 2010. Vanjaar het die Swartlandse kelders soos volg presteer: •Hofstraat Kelder - Garagiste van die Jaar-trofee met hul Cape Vintage 2010 •Babylon’s Peak - Platinum vir hul 2016 SMG •Blake Family Wines - Goud vir hul Tourmaline 2016 en dubbelgoud vir hul Amethyst 2015 •Hofstraat Kelder het 'n goue medalje gewen vir hul Mogge Troffe Pinotage 2016 •Pulpit Rock - Die Trane Cape Blend-trofeë vir hul Pulpit Rock Louisa 2013 •Swartland Wynkelder - Trofeë-wenner vir hul Swartland Limited Release Mourvedre 2016 •Darling Cellars - Goud vir hul Rooi versnit 2015 •Groote Post - Goud vir hul Kapokberg Pinot Noir 2014, asook hul ongehoute chardonnay 2017 •Org de Rac - Goud vir hul Reserve Merlot 2015, Die Waghuis White-blend 2016 en hul Org de Rac Reserve Cabernet Sauvignon 2015 •Pulpit Rock - Goud vir hul Shiraz Reserve 2013 •Riebeek Cellars - Goud vir hul Shiraz 2016 •Swartland Winery - Goud vir hul Limited Release Carignon 2015, asook hul Bush Vine Cabernet Sauvignon 2015 •Babylon’s Peak - Silwer vir hul Pinotage 2015 •Groote Post - Silwer vir hul Sauvignon Blanc
2017 •Hofstraat Kelder - Silwer vir hul Renosterbos Merlot 2014 •Kloovenburg - Silwer vir hul Eight Feet White Blend 2016 •Org de Rac - Silwer vir hul merlot 2015 en hul Reserve Shiraz 2015 •Ormonde - Silwer vir hul Ondine Sauvignon Blanc 2015, asook hul Vernon Basson Red Blend 2013 •Pulpit Rock - Silwer vir hul Swartland Stories Rosé 2017 •Riebeek Cellars - Silwer vir hul Pieter Cruythoff Brut Wellington se wyne het uitstekend tussen die beste wyne in die land presteer deur verskeie toekennings in te palm. Onder die Wellington-wyne wat silwer toekennings ontvang het, is Diemersfontein se 10 Year old Pot Still, Dunstone Wines se Dunstone Merlot 2015, Imbuko se Pomüla Spritzer Passion Fruit, Pomüla Moscato Spumante en Du Plevaux Collection Chenin Blanc Viognier 2017, asook Welbedacht Wine Estate se Welbedacht Cabernet Sauvignon 2015 en Welbedacht Cricket Pitch Red Blend 2013 en Wellington Wines se Sauvignon Blanc 2017. Die plaaslike wenners van goue Michelan-
gelo-toekennings was Diemersfontein Wines se Dieu Donne Merlot 2015, Welbedacht se Schalk Burger and Sons Mon René MCC en Welbedacht Bohemian Syrah 2015, asook Wellington Wines se La Cave Chenin Blanc 2015, Linton Park se Linton Park Estate Cabernet Sauvignon 2016, Imbuko se Pomüla Spritzer Pomegranate Marula, Van Zijl Family Vintners Shiraz Mourvedre 2015, Pomüla Spritzer Berry Vanilla, Du Plevaux Private Collection Shiraz 2015 en Du Plevaux Private Collection Pinotage 2015. Dubbelgoud is aan Welbedacht Pinotage 2009, Welbedacht Barrel Fermented Chardonnay 2014, Wellington Wines se La Cave Blend 2015, Linton Park Estate Chardonnay 2016 en Imbuko Chenin Blanc 2017 toegeken. Twee Wellingtonse wyne het uitstaande presteer deur platinum toekennings los te slaan. Hulle is Welbedacht se Patriot Red Blend 2014 en Wellington Wines se La Cave Chenin Blanc 2016. Die Nelson Wine Estate net buite Wellington het ook die Multi Color Corporation Grand Prix Trophy vir hul Lisha Nelson Cabernet Franc 2014 verower. Met ‘n hele handvol van die beste wyne in die land hier reg uit die kontrei, kan plaaslike wingerdboere en wynmakers met reg trots wees.
NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES ABC Partytjies - Huur van kinderpartytjie-dekor, springkastele. Druk van versiersuiker-papier. Kontak 078 544 2038/ www.abcpartytjies.co.za/ elsa@abcpartytjies.co.za #3463 -----Kontantlenings 1-6 maande. Kontak: 073 942 6121 063 499 7232 062 850 6823 073 460 5503 071 977 1550 ----DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 ----TYD is kosbaar. Waarom in rye staan? Motorvoertuig-registrasies, lisensies, padvaardigheidstoetse, ens. Kontak my, x-verkeersbeampte - 081 270 9730 --------------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!!WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005 -----------------------------TE HUUR TO LET 4 Slaapkamer, 2 badkamer, ingeboude kaste, omhein, kombuis met gasstoof en oond, alarmstelsel, 800m buite Malmesbury. Beskikbaar vanaf 1 November. Kontak 083 455 1112 #4572 ---TITUS EIENDOMME: WESBANK: *R7500. Splinternuut 3 slaapkamer met baie ekstras. *R6500 - 2 slaapkamer huis met baie ekstras. Kontak: 082 780 1380 #4574 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Harlequin Great Dane hondjies te koop. Agt weke oud. Reeds by veearts ontwurm en inspuiting gekry. Kontak: Petro 0832832018 Woonagtig in Worcester Prys R4500 #4573 --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
Kroonverjaardag op 6 Oktober. JO-DREW . Geniet jou dag. Lief vir jou - Mammie, Daddy, Ricka en Lauren-Lee ---------------------------------
AL-GURSTEN ARENDSE. Geluk met jou geboortedag vieringe my sonstraaltjie. Van jou Mammie, Arendse en Damoen-gesin. ---------------------------------
CODY SAMEUL SOLOMONS. Happy fifth birthday. May God grant you many more. From: Mom and Kyle. We love you lots. ---------------------------------
MARENDA ARENDSE. Veels geluk aan 'n wonderlike vriendin. Dankie dat jy altyd daar is vir my, waardeer dit opreg. Baie Liefde. Janny & Renti ---------------------------------
Here jou nog baie jare deurdra. Ma is baie lief vir jou - Mammie ---------------------------------
Veels geluk Mammie met u verjaarsdag op 4 Oktober. Mag die Here u ryklik seën. Van u kinders, Allan, Yolene, Janice, Erin, Amy en Sherneill ---------------------------------
ERIN JANE. 7 October. Happy third birthday my baby. Hope you enjoy your day. From your sister, Daddy and Mommy. We love you. ---------------------------------
OLIVIA THYSE. 3 Oktober 2017. Baie geluk met Aunty Livy se verjaarsdag. Van : Jade, Gaylin en Sterling jnr. ---------------------------------
60 vandag. Geluk met Ouma (ma) se geboortedag. Dankie vir dit wat jy vir ons beteken. Geniet jou dag. Liefde - Leachim, Chantal, Leacim en Liam ---------------------------------
Geseënde verjaardag JOSLIN. Hoop jy geniet jou dag en alles wat mooi is vorentoe. Van: Nykiie en Nicole. Lief vir jou. ---------------------------------
GABRIEL DUDLEY. Baie geluk met jou verjaarsdag op 3 Oktober. God se rykste seen word jou toegewens. Liefde - Vrou, kinders en Papier familie ---------------------------------
MINNIE FORTUIN. Baie geluk met jou 60ste verjaarsdag op 6 Oktober. Mag jy jou dag geniet en bly die mens wat jy is. Liefde - Papier en Dudley familie ---------------------------------
DURAN COETZEE. Boeta baie geluk groot seun met jou 12de verjaardag op 4 Oktober. Alle seëninge. Lief vir jou - Mammie, Pappie, Zeenith en Zia -----Gelukkige verjaardag. Mag jy jou dag geniet. Van: Pieters en Coetzee familie --------------------------------Baie geluk LANDIE met jou verjaardag op 6 Oktober. Mag jy die liefde van God ervaar. Bly die engel wat jy is. Geniet die dag. ---------------------------------
MARLIN BARENDSE. Geluk met jou verjaarsdag op 6 Oktober. Geniet jou dag. Van Pa Edmondo. ---------------------------------
7
4 Oktober 2017
"Sweet Sixteen". 5 Oktober. MATTHEW FARO. Baie geluk met jou verjaardag. Ons is baie lief vir jou. Jou ouers: André, Helen, Hedron en Abigail Faro. ---------------------------------
ZOË TITUS. Baie geluk met jou agtste verjaarsdag. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde en genade. Lekker verjaar. Helen, André en kinders. ---------------------------------
Geluk CAMMY met jou verjaarsdag op 5 Oktober. Van: Mammie, oom Keppies, susters en Em-Jay. ---------------------------------
HANNELIE. 50 Jaar op 8 Oktober. Geluk met jou geboortedag-vieringe. Geniet jou dag. Niesa, Keppies en kinders ----Geluk my vrou met jou verjaardag. Mag daar nog vele jare met jou wees. Liefde. Jou man, Joubert ---------------------------------
KANA. Geluk met Mammie se verjaarsdag op 8 Oktober. Van: Niesa, Keppies, Hannelie & Joubert ----Geluk Ouma met jou verjaarsdag. Van al jou kleinkinders. ---------------------------------
JAMES MATTHEE. Baie geluk met Pappa se verjaarsdag. (Onthou baie in hoofletters). Van jou gunsteling. ---------------------------------
08 Oktober 2017: Geluk met jou verjaarsdag RAVIER LEWIS. Alles wat mooi is vir jou. Liefde: Pa, Alextin en Alex. ---------------------------------
04 Oktober 2017 JUSTIN BROWN. Geluk met jou verjaarsdag. Ek hoop jy gaan dit geniet en alles van die beste. Lief vir jou. Ma, Alexandria, Ravier en Alextin. ---------------------------------
Raai wie word 60 op 6 Oktober. Baie dankie Hemelse Vader vir ons moeder en wat sy vir ons doen. Charlene, Wendy, Ronald, man en kleinkinders ----Gelukkige verjaardag tannie MIENIE. Dankie vir alles wat u vir ons beteken - Wilbur de Klerk, Smith, Jaars, Fortuin, Pietersen, Adams en Papier gesinne ---------------------------------
2 Oktober. Baie geluk PRENISHIA met jou verjaarsdag. Baie lief vir jou - Adams en Langeveldt familie ---------------------------------
Vier op 2 Oktober. Geluk KIRSTY met jou verjaarsdag. Mag jy dit geniet. Van: Ma, broers, oupa & oom van Rondevlei ---------------------------------
KATY LEANDER. 2 Oktober. Geluk Moeder met u 97ste verjaardag. Psalm 20 vers 5. Liefde - Myrtle (dogter) & huisgesin ---Baie geluk my Ouma Katy. Mag Hy gee wat u hart begeer. Liefde - Chantal, Heinrich & Kayden ---------------------------------
WILMA NANI. Baie geluk met jou geboortedag vieringe op 6 Oktober.Mag daar nog vele pragtige jare vorentoe wees- Van die hele familie ---------------------------------
Raai wie word 15 op 6 Oktober. Baie geluk Ma se grootseun. Mag die
LESLIE en FLORENCE CHARLES. Veels geluk Ma en Pa met die 52ste huweliksherdenking. God se rykste seëninge. Liefde - Janice, Charlene en familie ---------------------------------
VALENCIA SNYDERS. 5 Oktober 2017. Geluk met jou 40ste verjaardag. Mag God jou seën. Geniet die dag - Magdalene & kinders, Janine en Allister. --------------------------------GILFRED SNYDERS. 5 Oktober. Geluk met jou verjaardag. Ons dank God vir nog 'n jaar by jou lewe - Magdalene & kinders, Janine & Allister ---------------------------------
KEZIA. 5 Oktober. Geluk my dogter met jou tiende verjaarsdag.
Van: Ma, Ouma, Myrtle, Amy en huisgesin ----Geluk Kezia en alles wat mooi is vir jou. Jy moet lekker verjaar. Van: Chantal, Heinrich & Kayden --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
DINA LATEGAN. 7 Oktober 2016 - 'n Jaar is verby en VERLANGE is steeds daar. "Those we love don't go away,they walk beside us everyday" - Liefde Lategan Familie ---------------------------------
LOUISE. 6 Oktober. Jou eerste verjaardag weg van ons. Ons mis jou ontsettend, soms met 'n traan en ook met 'n glimlag - jou verlangende suster Bettie en kinders ---------------------------------
CECILIA MAUD WHITE. 6 Oktober 2017 is dit die eerste verjaarsdag weg van ons. Ons koester
steeds die mooi herinneringe. Van: Pieter, Kinders & Kleinkinders --------------------------------DANKBETUIGINGS SPECIAL THANKS Die Mouton familie wil net baie dankie sê vir elke handdruk, bystand en blomme wat bygedra het in ons tyd van rou --------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY
FRANCIS FELIX (Sen). Roudiens: Donderdag, 5 Oktober 2017 om 19:00 (7 uur) Sewende Dag Adviniste Kerk. Begrafnis: Sondag, 8 Oktober 2017 by SDA-kerk. Besigtiging vind plaas tussen 10:30 en 11:00, waarna die diens begin ---------------------------------
CHRISTENE CLEOPHA. Gebore 4 Junie 1926. Oorlede 1 Oktober 2017 Troosdiens: Woensdag, 4 Oktober 2017 by VGK Darling. Begrafnisdiens: Saterdag, 7 Oktober. Huisdiens: 1ste laan E8 Darling 12:00. Kerkdiens VGK Darling om 13:00 --------------------------------ELLY FORTUIN (Elsie). Oorlede op 1 Oktober 2017. Huisdiens: Saterdag, 7 Oktober by Hibuskusstraat 78 om 08:00 en die kerkdiens is om 09:00 by die VGK, Malmesbury ---------------------------------
8
courant
dié
4 Oktober 2017
Tel: 022 487 3221
SPORT
4 Oktober 2017
Galjoenderby: Die
jaarlikse galjoen-derby is die naweek op Yzerfontein deur die plaaslike hengelklub aangebied. Kobus Diedericks het die onstuimige seetoestande aangedurf en probeer om 'n vis uit die blou waters te trek.
Krieket: Die
Malmesbury-krieketklub het Saterdag op hul splinternuwe kolfblad 'n vriendskaplike wedstryd teen die span van Milnerton gespeel. Regs beplan Tevern Timotheus sy tydsberekening net reg vir 'n grenshou. Die klub se eerste T20-wedstryd in die Boland-liga vind Saterdag op Malmesbury plaas teen die span van Victorians. •Die span van Piketberg kom teen die span van Coronations te staan.
Setperk gedek vir rolbaltoernooi
Die setperk is gedek vir vanjaar se kragmeting in die sakemanne-rolbaltoernooi op Malmesbury. Die kompetisie sal oor 'n tydperk van sewe dae plaasvind met drie wedstryde van ses skofte elk. Die wedstryde sal saans vanaf 18:00 tot 21:00 gespeel word. Rolbalballe is beskikbaar vir deelnemers. Die wedstyde sal vanaf 16 Oktober tot 1 November gespeel word, wanneer die finale wedstryd sal plaasvind. Deelname beloop R300 per span van vier. Vir meer inligting, kontak Dr Roux Vermeulen by 022 482 1228 of 083 478 9616.
NUUS • NEWS
•WIL KLUB VERDER AANSPOOR
Januarie nuwe breier van Dorings
Gerhard Januarie (40) is in September vanjaar aangestel as die nuwe breier vir Die Dorings, 'n senior rugbyklub wat bestaan uit spelers van Malmesbury en ander omliggende gebiede. Januarie is 'n boorling van Oudtshoorn, maar het in Kaapstad grootgeword, waar hy vir Tygerberg gespeel het, die SA-skolespan gehaal het en WP-kleure vir rugby verwerf het. Hy het ook sy Boland-kleure verwerf en het ook vir die Wesbank-rugbyklub uitgedraf en later by die Bloues aangesluit. Hierdie gesoute rugbykenner is tans 'n personeellid van die Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury en is be- Gerhard Januarie (middel) is Die Dorings-rugbyklub se nuwe trokke as afrigter van die o.19-rug- breier. By hom is voorsitter Klaas Maarman en sekretaris byspan. Julie September. Hy het vantevore die o.14- en 5471 of in persoon kom sien by die Wesbanko.15-rugbyspanne van die Hoërskool Swartland afgerig. Januarie se doelwit is sportgronde, waar hy as opsigter woonagtig is. Die klub se af-seisoen begin in die tweede om Die Dorings binne die volgende jaar of twee terug te kry in die top-ligas, sodat hulle weer- week van November, maar oefeninge begin weer op Maandae en Woensdae in die eerste week na eens teen die groter spanne kan presteer. Enige skoolverlaters wat belangstel om vir die somervakansie. Alle kranige rugbyspelers Die Dorings te speel, kan hom skakel by 074 655 ouer as 18 is welkom.
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 27 September: Supa Quick - Enkel Stableford: Piet Basson 22, Frans Destroo 21, Nic Goosen 18, George Prinsloo 17 Vrydag Sundowner, 29 September: Supa Quick Enkel Stableford: Gielie du Toit 20, Peter Willemse 19, Frans Destroo 18, Andre Uys 18, Johan Ackerman 18 Saterdag, 30 September: Maandelikse Houespel: Paul Hardcastle 67, Jacobus Snyders 69, Helgard Rabie 69, Ulrich Greffrath 69, Adriaan Louw 69, Doppies Coetzee 71, Michael Julies 71, John Smith 71, William Matthysen 71, Dick Ross 72 DUIWE Malmesbury Posduifklub Britstown Jaar Oud 1 LF Van Dalen 1396.3885, 2 G Horn 1396.0346, 3 J Steenkamp 1363.6609, 4 G Horn 1343.4963, 5 G Williams 1316.8494, 6 G Horn 1300.6210, 7 LF Van Dalen 1289.3885, 8 D De Villiers 1285.2697, 9 D De Villiers 1280.5393, 10 M Hill 1271.3099 Britstown Ope 1 J Steenkamp 1432.9104, 2 M Hill 1371.5559, 3 M Hill 1365.1143, 4 Kotze Familie Hokke 1348.8603, 5 G Williams 1346.9862, 6 G Horn 1320.3399, 7 LF Van Dalen 1316.1663, 8 J Steenkamp 1313.6625, 9 LF Van Dalen 1309.1868, 10 J Steenkamp 1301.1544 Abbotsdale Victoria-West 4 1 Whim Arendse, 2 Paulus Lofts, 3 Paulus Lofts, 4 Paulus Lofts, 5 Paulus Lofts, 6 Paulus Lofts, 7 Paulus Lofts, 8 Paulus Lofts, 9 Whim Arendse, 10 Paulus Lofts Kimberley uitslae 1 Ivan Persence, 2 Ivan Persence, 3 Elie Liedeman, 4 Paulus Lofts, 5 Whim Arendse, 6 Paulus Lofts, 7 Ivan Presence, 8 C Barendse & son, 9 Whim Arendse, 10 Paulus Lofts Riebeek Kimberley 1 Mentoor Hokke 1258.7846, 2 Mentoor Hokke 1254.3987, 3 Adams Hokke 1233.1106, 4 Adams Hokke 1232.3403, 5 Adams Hokke 1228.7691, 6 Alex Fam 1226.4469, 7 Alex Fam 1201.2743, 8 James Hokke 1193.9613, 9 Mentoor Hokke 1192.3464, 10 Mentoor Hokke 1175.8728 KRIEKET Saterdag: Piketberg 1 teen Coronations KK (weg) T20 wedstryd. Piketberg 2 speel teen Lambertsbaai KK (tuis) 50 beurte. Hierdie seisoen sal Piketberg 1 eerste begin met boland se T20 kompetisie en Piketberg 2 met die 50 beurte kompetisie. Saterdag: MKK vs Milnerton KK Milnerton KK kolf eerste en teken 158 aan. Beste bouler was Brandon Howburg wat VYF paaltjies geneem het. MKK teken die wenlopies in die 31ste boulbeurt en eindig op 160/3. Beste kolwers vir MKK was Tevin Timotheus 29, Sergio Rooms 21, Reuben Bouver 58* en Devon Smith met 25*.