Die courant swartland en bergrivier 405

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

1 Februarie 2017

41.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 405

1 Februarie 2017

Tier van Moorreesburg onder die hamer

Die Tiger Oats-gebou op die hoek van Graan- en Corporationstraat op Moorreesburg sal eersdaags onder die hamer kom en opgeveil word. Dié gebou is tans in besit van Overberg Agri. Dit is in die laat 19de eeu in die Britse Industriële styl opgerig waarna aanbouings later gevolg het. Die Cereal Manufacturing Company is in 1902 gestig en in 1905 deur ene mnr. Collier oorgeneem. Hy het die naam Tiger in van sy veevoerprodukte begin gebruik en die eerste hawermout is in 1920 gelewer. Volgens oorvertelling is dit juis hier waar die Moorreesburg-tier sy naam gekry het. Foto: Ghida Visser

•R834 370 IN PORTERVILLE BELÊ

Projek ploeg terug Die Porterville Gemeenskapsvereniging help vanjaar vir die 13de agtereenvolgende jaar die “armstes van die armstes” danksy goeie harte en boonop ‘n goeie oes. Die gemeenskapsvereniging se saaiprojek maak al sedert sy ontstaan in 2003 ‘n groot verskil in die plaaslike gemeenskap. Die vereniging is as ’n liefdadigheidsorganisasie gestig om behoeftige instansies en inwoners binne die gemeenskap van Porterville by te staan. ’n Saaiprojek is in 2004 van stapel gestuur wat uiteindelik ‘n wins sou genereer om aan begunstigdes binne die gemeenskap oor te dra. Die saaiprojek het tot die verbouing van graan op ’n stuk meentgrond van 25 ha op Porterville gelei. Die grond word jaarliks gratis deur die Bergrivier Munisipaliteit voorsien. Verskeie insetverskaffers is genader om in-

Wen kaartjies na Buite Ekspo

sette soos saad, kunsmis en chemikalieë, asook dienste van onder meer krediet, boekhouding en kontrakwerk volledig of gedeeltelik te borg. Dit sou bydra dat 'n groter deel van die inkomste uit die verkope van die graan, aan die begunstigdes beskikbaar gestel kon word. Die betrokkenheid en ondersteuning van dié borge, is die kern tot die sukses van die saaiprojek, vertel landbou-ekonoom by Kaap Agri, Pieter Burger. Hulle bydrae tot die projek, het dit vanjaar moontlik gemaak om gedurende die 2016/17 produksieseisoen ’n netto inkomste van R140 000 onder die begunstigdes te verdeel. Dit was in totaal die grootste uitbetaling nóg, vertel Burger. ‘n Bedrag van R834 370 is oor die afgelope 13 jaar binne die gemeenskap van Porterville teruggeploeg. ’n Koringopbrengs van 2.973ton/ha het in

Wesbank kraai koning by sewes-toernooi

2016/17 realiseer. Daar word vir die nuwe seisoen beplan om kanola te vestig. Die netto inkomste wat die saaiprojek gegenereer het, is aan vier behoeftige instansies van die projek uitgedeel, naamlik Porterville Primêr, Hoërskool Porterville, Huis Nerina en Badisa Christelike welsynsorganisasie. Die doelwit van die projek is dat die geld binne elkeen van die instansies aan die 'armstes van armes' beskikbaar gestel word. Vir 2016, het die klem op kinders en bejaardes geval wat gelei het tot die seleksie van die begunstigdes. Die Porterville Gemeenskapsvereniging streef daarna om volhoubaar aan sy gemeenskap finansiële ondersteuning te bied en daadwerklik ‘n verskil te maak in die lewens van minderbevoorregtes, voeg hy by. Die fondsoorhandiging het gister by Kaap Agri se hoofkantoor op Porterville plaasgevind.

Nuwe besem vir toerisme

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.