Skip to main content

dié courant swartland en bergrivier 458

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

21 Februarie 2018

15.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 458

28 Februarie 2018

•VEELSYDIGE SPORTSTER LAAT HOM NIE ONDERKRY

Furlo mik na Spele Ek gaan nog na die Paralimpiese Spele toe, al is ek 70. Sport is in my bloed. Só vertel ‘n inspirerende Furlo Theron (30) van Malmesbury, ‘n talentvolle plaaslike sportman wie se drome op 2 Julie 2016 op ys geplaas is ná ‘n besering op die rugbyveld. Furlo is sedert 2016 vanaf sy borskas verlam gelaat, ná ‘n ernstige nek- en rugwerwelbesering in die eerste helfte van ’n rugbywedstryd teen St. Helenabaai. Hy het as flank vir Abbotsdale-rugbyklub se eerstespan uitgedraf. Hy het op daardie stadium reeds 'n dekade die Lillie-trui oor sy kop getrek. Furlo was bekend vir sy passie vir die spel, sy lojaliteit teenoor die span en sy opgewektheid. Kort voor sy besering was hy besig om groot hoogtes te bereik in die sportwêreld. Nie net op die rugbyveld nie, maar ook op die krieketveld. Hy het boonop ook ontelbare ure op die gholfbaan deurgebring om sy tegniek te verbeter, vertel Tori Gardner van Players Fund, ‘n organisasie wat die genesing en herstel van ernstig beseerde rugbyspelers regoor Suid-Afrika ondersteun en veiliger rugby bevorder. Hy kon aanvanklik net sy nek beweeg. Dit was nie ongewoon om sy bewussyn te verloor wanneer hy van die bed na die rolstoel geskuif is, weens sy bloeddruk wat daal nie. Na ‘n jaar en ‘n half het hy baie vordering getoon. Sy bolyf is aansienlik sterker en hy kan sy arms beweeg. Hoewel hy nog nie sy vingers kan gebruik nie, kan Furlo sy gesig was en sy eie tande borsel. Hy vertel opgewonde oor die gevoel wat hy in sy duim en wysvinger begin voel. Hy is ‘n flink werker op die rekenaar met ‘n aangepaste sleutelbord en muis vir sy behoeftes by die Jo Dolphin-sorgsentrum waar hy as skakelbeampte werk. “Ek is soos die ontvangsdame hier,” skerts hy. Furlo was voorheen by Nedbank werksaam. Hy kan homself ook al met die rolstoel help. Hy wil uiteindelik ontslae raak van die elektriese rolstoel. Nou ry die kinders by Jo Dolphin op sy skoot rond. Danksy die hulp en ondersteuning van sy familie, sy neef, vriende én die Players Fund, lyk die pad vorentoe, nie so donker nie. Die span van die stigting loop sedert 1980 saam met meer as 500 voormalige rugbyspelers en hul families. Die

Melktert: Gis-

ter is internasionale melktertdag gevier. Hierdie lekkerny wat sy oorsprong in SuidAfrika het, het gister in die kollig geskitter. Op Moorreesburg het die baksters behoorlik bontgestaan om hul beste baksel voor te sit in dié dorp se melktert-kompetisie. Ná 'n streng beoordelingsessie, het Nemesia Clarence as die oorwinnaar uit die stryd getree en spog as Moorreesburg se melktertkoningin. Raadslid Marlene van Zyl het aan die beoordeling deelgeneem en het Anél King (Moorreesburg en Koringberg-toerisme) 'n bietjie van die melktert laat proe.

stigting het Furlo onder meer toegerus met die nodige mobiele toerusting en sy huis is ook verander en ingerig om die lewe vir hom so gemaklik as moontlik te maak. Furlo het ‘n noodsaaklike rehabilitasieprogram van drie maande ná sy besering voltooi, om so goed as moontlik op sy eie te kan funksioneer. Hy het nie gehuiwer om in te stem toe hy onlangs genader is om deel te raak van die Walking with Brandon neurologiese- en rehabilitasieprogramme nie. Daarvan het hy nog twee weke van ‘n intensiewe agt weke lange oefenprogram by die Sportwetenskap Instituut van Suid-Afrika by Nuweland oor. Dit is daarop gemik om sy krag en uithouvermoë saam met die span te bevorder. Sy persoonlike en fisiese doelwitte is om hom-

self van die rolstoel na die bed te kry met behulp van ‘n plank. Hy is ook vasbeslote om sy balanstyd wanneer hy sit, te verbeter en om uiteindelik met ‘n aangepaste voertuig vir gestremde persone self te kan bestuur, vertel Gardner. “My korttermyndoelwit is om my bo-lyfspiere te versterk. Rolbal is ook in die pyplyn. Sport is deel van my. Ek mis dit en wonderwerke gebeur,” voeg hy by. Springbok- en Stormer rugbyspeler, Eben Etzebeth, het Furlo verlede week tydens een van die oefensessies besoek, ter ondersteuning van sy medespeler. Eben wat self met rehabilitasie weens ‘n besering besig is, sê die ontmoeting met Furlo het hom diep geraak en vir ‘n nuwe perspektief oor sy lewe gesorg. “As die amptelike gekose liefdadigheidsorganisasie van die Springbokke, is die fonds dankbaar vir die waardes wat die spelers op die veld handhaaf en oordra aan dié van die veld wat se lewens weens juis die sport verewig verander het,” sê Gardner.

NUUS • NEWS


2

21 Februarie 2018

NUUS • NEWS

•PLAASLIKE KENNERS GEE RAAD

Pret met Eisteddfod

Die lewe is nou makliker vir onderwysers, ouers en kinders met die publisering van Eisteddfod Pret, vertel Gloudine Kellerman van Riebeek-Kasteel, medeskrywer en samesteller van dié nuwe boek. Kellerman en Jonelle du Toit van Fynbosskrywers het aan die eisteddfod-digbundel begin werk nádat daar ‘n behoefte vir ‘n handleiding onder onderwysers raakgesien is wanneer dit by eisteddfod kom. Kellerman het in 2007 ‘n skryfkursus deur Monica Brand bygewoon. Brand het hulle gehelp om vinniger ‘n boek te publiseer en Fynbosskrywers gestig wat uit 16 lede bestaan wat die kursus bygewoon het. “Ons almal is lief vir skryf, maar het nie altyd die tyd daarvoor nie.” As ‘n groep, was dit baie makliker en lekkerder om die stokperdjie en verborge talent te beoefen. Hulle het heel eerste twee CD’s met kinderstories die lig laat sien wat self deur hulle gefinansier is. Die groep het kort daarna vir NB-Uitgewers genader en gevra wat hulle soek. “Hulle het spookstories gesoek en Middernag is gepubliseer. Kort daarna is verwerkte sprokies gesoek.” Nie net is Liefde is ‘n sprokie uitgegee nie, maar die boek het in 2016 ‘n Veertjie ontvang

vir sy gewildheid onder kinders. Kellerman was ‘n onderwyserres en was ook betrokke by die Wes-Boland Eisteddfod. Eisteddfod Pret bestaan uit gedigte, monoloë en samesprake wat gemik is op die laerskool. Die boek het aanvanklik bestaan uit slegs gedigte, totdat Henk Viljoen, bemarker van NB-Uitgewers gesien het die behoefte strek baie verder as net gedigte. “Ons het nie ‘n idee gehad waar om te begin nie, totdat ons vir Louise Lachenicht ontmoet het wat ‘n dramaskool bestuur en eisteddfod beoordeel het.” Lachenicht het eisteddfod-wenke vir die boek gegee en ook die boek geredigeer. Maja Sereda was verantwoordelik vir die illustrasies. Die amptelike bekendstelling van Eisteddfod Pret vind op 17 Maart by die Breytenbach-sentrum op Wellington plaas. Kellerman kan gekontak word, indien daar belangstellendes is wat die geleentheid wil bywoon. Die boek wat reeds in boekwinkels beskikbaar is, kan ook by haar bestel word by 084 291 5088. Indien jy ‘n kans wil staan om ‘n kopie van die boek te wen, stuur ‘n SMS met jou antwoord na 084 833 3313 op die volgende vraag: Vir wie maak Eisteddfod Pret die lewe makliker?

Hoërskool Porterville (HSP) het onlangs hul interskole wedstryd teen Piketberg Hoërskool gespeel. Hoërskool Porterville het eerste gekolf en het 150 lopies aangeteken (almal uit) in 39 boulbeurte. HSP het die span van Piketberg uitgeboul vir 48 lopies in 17 boulbeurte. HSP wen dus met 102 lopies. HSP se beste kolwers was: Rohan Knoetzen met 52 lopies en Queron Nasson met 12 lopies. HSP se beste boulers was: Theun Burger: 5 beurte, 11 lopies en 4 paaltjies, Armand Erasmus: 7 beurte, 9 lopies en 3 paaltjies, Rohan Knoetzen: 3 Beurte, 10 lopies en 2 paaltjies en Damian Isaacs: 4 beurte, 17 lopies en 1 paaltjie.


NUUS • NEWS

•NUWEDAM OLD VINE

Ou wingerde kry weer nuwe lewe Dit is geen geheim dat jare oue wingerd vir goeie gehalte wyndruiwe en wêreldklas wyn sorg nie. Om weer lewe in só ‘n stokou wingerstok te blaas, sit egter nie in enigiemand se pype nie. Dit verg harde werk, geduld en baie passie. Christa Von La Chevallerie van Huis van Chevallerie in die Paardeberg het gewys dat drome wel ‘n werklikheid kan word. Die Nuwedam Old Vine Chenin Blanc 2017 het onlangs die lig gesien, gemaak met wyndruiwe van ‘n wingerdblok wat in 1974 geplant is. Dit is die eerste erfenis-gesertifiseerde bottel wyn in Suid-Afrika. Die wingerdblok is ook bestuur onder die reëls en regulasies neergelê vir ou wingerd. Altesaam 2300 bottels van dié gesogte wyn is vrygestel. Die etiket weerspieël die natuurlewe op die plaas waar daar onder meer baie aalwyne voorkom, suikerbekkies wat hulle verlustig aan die nektar daarvan en diere soos skilpaaie wat op die dag met die ontwerp van die etiket sy verskyning by die deur gemaak het. Christa het in 2005 teruggekeer plaas toe nadat sy vir ‘n paar jaar onder meer ‘n internskap in Duitsland voltooi het en wingerdbou by Fachhochschule Geisenheim in Duitsland studeer het. Sy het ook deur die jare baie ondervinding in dié rigting opgedoen en by verskeie plekke gewerk. Christa het reeds met haar terugkeer onderneem om aandag aan die sowat 19 hektaar ou wingerd op die plaas te gee wat haar pa in 1956 gekoop het. Volgens Christa was die bestuur van die wingerd moontlik gemaak deur baie hulp van die Old Vine Project, waarvan wingerdboukundige Rosa Kruger sedert 2002 aan die stuur is. Die projek se hoofdoel is om wingerd ouer as 35 jaar te bewaar deur bewusmaking van die erfenis van ou wingerd te kweek en wyn vir nog baie jare te kan produseer. Eben Sadie van die Paardeberg was een van die eerste wynmakers wat die projek ter harte

3

21 Februarie 2018

Kansa vier dekade van Relay for Life Vanjaar sal die 10de jaar wees wat KANSA Malmesbury kankeroorwinnaars se lewe vier. Oorwinnaars van die plaaslike dorp word genooi om die geleentheid as spesiale eregaste by te woon waar hulle vereer word tydens ‘n spesiale seremonie en bykomende aktiwiteite. Kankerpasiënte wat onlangs gediagnoseer is, kry ook die geleentheid om oorwinnaars wat die siekte oorkom het, te ontmoet en weer nuwe hoop te kry dat genesing moontlik is. Die Relay for Life vind op 3 en 4 Maart op die Hoërskool Swartland se sportveld plaas. Daar gaan deur die nag hope vermaak wees om deelnemers op die baan in ‘n ligte luim te hou. Hekke open Saterdag om 16:00 teen R20

vir dagbesoekers. Kinders onder 12 jaar kan teen R10 toegang geniet. Daar is ook baie kosstalletjie om van te kies en te keur. Teen gister het daar reeds 50 spanne vir die Relay for Life ingeskryf. Organiseerders vermoed dat daar nog ‘n hele paar spanne by gaan kom voor die skoot om 18:00 klap. Stappers gaan deur die nag tot 06:00 die volgende oggend stap. Oorwinnaars is ook welkom om die eerste rondte saam te stap. Hekke vir die dagbesoekers sluit reeds om 23:00 die vorige aand. Indien daar nog belangstellendes is, kan spanne steeds teen R500 ‘n span by die CANSA-kantoor in Hugenotestraat ingeskryf word.

Algemene Jaarvergadering - Swartland Skou Moorreesburg

5 Maart: Die Swartland Skoubestuur hou hul Algemene Jaarvergadering om 18:00 in die algemene saal by die skougronde. Kontak 022 433 1607 of stuur 'n epos aan info@swartlandskou.co.za met navrae.

geneem het en sy Ou Wingerd-reeks in 2006 afgeskop het, nadat hy die land se oudste Chenin Blanc van wat toe bekend was as die oudste wingerd in Stellenbosch, gemaak het. Wynmakers kan hul wyne nou met ‘Old Vine’ sertifiseer. Met dié seël, sal die publiek weet dat hulle wyn koop, afkomstig van antieke en soms vergete wingerde. Christa wat lid is, was boonop vir baie jare betrokke by die projek. Die plaas was vir jare ‘n produsent vir ander kelders, hoewel daar ook ‘n kelder op die plaas is. Die kelder word egter nie nou gebruik nie. Christa maak steeds staat op ander kelders om haar wyn op die tafel te bring. Sy is ook verantwoordelik vir die Filia Chenin Blanc Brut deur Huis van Chevallerie.


4

21 Februarie 2018

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die woorde van ons mond In die boek Numerie hoofstuk twintig, word beskryf hoe die Israeliete met Moses en Aäron getwis het. As hulle maar in Egipte gesterf het, waarom het julle die vergadering van die HERE na hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee hier moet sterwe. Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Hier is geen vye of granate of water om te drink nie! Moses en Aäron het gaan bid en die HERE het hom die opdrag gegee om die Israeliete byeen te roep en die rots aan te spreek, dan sal daar water uit die rots vloei. Psalm honderd-en-sewe word beskryf dat dit met Moses sleg gegaan het by die waters van Meriba, want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat Moses onverskillig gepraat het met sy lippe. Die Here het aan Moses en Aäron gesê dat hulle in die woestyn sal sterwe en nie die Israeliete die beloofde land sal inlei nie, want hulle het nie die eer aan die HERE gegee nie. Jesus waarsku in Matteus vyf dat elkeen wat sê : Jou dwaas! Verantwoording moet doen in die helse vuur. Paulus skryf dat ons woorde met sout besprinkel moet wees, sodat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord.

dié courant

Tegnologie en melktert verbly harte

Daar word gesê dat 'n mens nie die wiel weer van vooraf moet uitvind nie. Ook dat jy nie moet karring aan 'n wenresep nie. Is dit dan nou nie goed gepas op die heerlike melktert nie? Gister is internasionale melktertdag gevier en op Moorreesburg is daar gebak en gebrou aan smullekker melkterte. Die ou wingerde van Nuwedam kry ook nou weer erkenning met 'n nuwe wynreeks, wat weer nuwe lewe in hierdie stokke sal blaas. Daar is altyd soveel vernuwing en ons karring aan dinge om dit te verbeter en meer modern te maak. Hier geniet Furlo Theron die voordeel van die vooruitgang in tegnologie. Met die wetenskap wat daagliks uitbrei en ontwikkel, het hierdie kranige sportster wat verlam is, weer 'n blink uitkyk op die lewe en sien hy uit na 'n toekoms in sport, ten spyte van sy gebrek. Dit is ook verblydend om te sien dat die leerders van die Riebeekvallei Spesiale Skool ook vooruitgang kan maak in hul splinternuwe gimnasium. Hier sal tegnologie ook hierdie groep jongmense se hand vat en hulle voorberei vir die lewe na die skoolbanke. Intussen smul ons heerlik aan 'n stukkie melktert, terwyl ons saam met ons mede-Swartlanders opgewonde is oor die vooruitgang van sy mense.

Watersessies

NUUS • NEWS

Nuwe gimnasium vir RVSS Leerders aan die Riebeeck Vallei Spesiale Skool op Riebeek-Wes is baie opgewonde om binnekort te begin oefen in hul splinternuwe gimnasium. Die gimnasium is ingerig met apparate wat voorsiening maak vir die leerders se behoeftes en geskik is om hul fisiese vermoë, fiksheid, krag en kondisionering te verbeter, vertel onderwyser Ricardo Rickett. Trapmeule is aangekoop om atlete se ontwikkeling op die atletiekbaan te bevorder. Gewigte sal vir al vir rugbyspelers doeltreffend wees wanneer dit kom by kragoefening, maar ook om hul fisiese krag te verbeter sonder om te veel op die bou van spiere te konsentreer, verduidelik Rickett. Die fietse word aangewend vir beensterkte en fiksheid tesame met die trapmeule. Talle ander apparate soos die balle en elastiese rekke is beskikbaar om vir al vir meisies te help met die ontwikkeling van hul buik, maag en rugspiere. ‘n Vasgestelde rooster sal aandui wanneer leerders mag oefen onder streng toesig, voeg hy by. Volgens die skoolhoof, Jeffery Petersen, sal die gimnasium wel elke dag oop wees. “Dit is slegs vir leerders wie se klaringsvorms deur hul ouers geteken is . "Oefentye na skool sal aan verskillende sportkodes gekommunikeer word.” “Verskillende skenkings is verkry en fondsinsamelingspogings is aangewend om meer apparate aan te koop,” voeg Petersen by. Die skool se instandhoudingspan het een van drie koshuiskombuise vergroot, opgegradeer en omskep in ‘n pragtige fasiliteit met stortgeriewe, toilette, 'n kantoor en nodige elektrisiteitskoppelings. “Die skool glo dat `n gesonde liggaam `n gesonde verstand huisves en het ten doel om die

leerders verder te ontwikkel in liggaam en gees deur gereelde oefening,” verduidelik hy. Die leerders sal van volgende week af voluit binne die gimnasium kan begin oefen. Die gimnasium is eksklusief vir leerders en personeel van Riebeeck Vallei Spesiale Skool en nie oop vir die publiek nie.

Die Swartland Munisipaliteit het talle opvolgvergaderings rakende die dreigende waterkrisis geskeduleer. Die datums is soos volg: 28 Februarie 19:00: Kalbaskraal-klubhuis 6 Maart 19:00: Abbotsdale Gemeenskapsentrum 8 Maart 15:00: Yzerfontein Gemeenskapsaal

Boeke:

Chareldine van der Merwe, Vriende van Afrikaans (VVA) Projekorganiseerder het ‘n trommel vol leesboeke geskik vir Gr. R tot grondslagfase namens die VVA en ATKV aan die skoolhoof van Liebenberg Primêr, Janine Adonis oorhandig. Volgens Van der Merwe is dit belangrik om kinders so vroeg as moontlik bloot te stel aan lees, sodat die liefde daarvoor van ‘n jong ouderdom gekweek kan word.


NUUS • NEWS

5

21 Februarie 2018

Vyefees vol verrassings

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*

Also at

*Some deals may not be available online

PnP Bulk Oukraal Wors

PnP Beef Potjiekos Bone-in

SAVE R5

Per kg

E R O M INGS

SAVE R10

*2

SARV E R A H S O T E

7

01

no name™ Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s R

Per kg

MO

4499

dy

74

R

69

R

Re

tu

Op 17 en 18 Maart sal die plaas Uitkijk buite Wellington weer gasheer speel vir die jaarlikse XTN Vyefees. Besoekers sal op hierdie twee dae van 10:00 tot 18:00 op verskeie lekkernye, aktiwiteite, ervarings en natuurlike stroopsoet vye getrakteer word. Die hoofdoel van hierdie fees is om ‘n familiegeleentheid te skep waar daar fondse vir die XTN Stigting ingesamel kan word. Die wins van die fees sal vir die oprigting van ‘n Gemeenskapen Opleidingsentrum tot voordeel van die plaaswerkers en hul kinders benut word. Daar word beplan om ‘n kombuis, ontspanningsaal, toilette en rekenaarvertrek vir die werkers op te rig. Wen: 20 gelukkige lesers kan elk 'n kaartjie na die Vyefees wen. Sms die slagwoord VY, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Maandag 5 Maart om 12:00 om hiervoor in aanmerking te kom.

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

Per kg

SAVE R7

10kg R130 SAVE R44

36

R

99

SAVE R10

59

R Bokomo Weet-Bix 900g

33

99

R

SAVE R21

SAVE R4

Nescafé Classic 200g Jar

PnP White Sugar 2.5kg

SUNFOIL TEST SERIES

WAS R129

125

R

BUY ME & GET 2 PROTEA PLAYER CARDS FREE

59

R

90

SAVE R9

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

33

R

SAVE R16 Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

SAVE R4

29

R

99

PnP Candy Coated Chocolate Eggs 6s

51

R

36s 34s 32s 30s

– – – –

R

+

+

WAS R76

59

99

SAVE R17

Savanna Dry or Light Premium Cider 6 x 330ml Non-returnable Bottles Per Pack

Skip Intelligent Auto Washing Powder 2kg

Huggies Nappy Pants for Girls or Boys Assorted

R2.36 R2.50 R2.66 R2.83

Jägermeister Liqueur 750ml

R

47

170

PRICE PER NAPPY

SAVE R40

SAVE R17

SAVE R89 Size 3 Size 4 Size 5 Size 6

99

PnP Milk Chocolate Coated Marshmallow Eggs 36s

BUY ANY 2 FOR

R

First Watch Imported Whisky 750ml

WAS R239

199

R

PnP Potatoes 2kg, Onions 2kg and Tomatoes 1kg BUY ALL 3 FOR R

55

SAVE R15

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

AVOID DAY ZERO. SAVE WATER NOW. WATER SAVING TIP #3 Instead of hopping into the shower, do a quick once-over with a baby wipe – it will also leave you feeling fresh.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 1 - 4 MARCH 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE

picknpay.co.za/think-water

MMWCHS2110

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


6

21 Februarie 2018

NUUS • NEWS

Roosmarynsteggies in vyf Hoe gemaak met... Maart in my tuin maklike stappe Maak steggies van jou roosmarynplantjie in jou tuin. (Dit kan later oulike geskenke wees vir vriende en vriendinne. Roosmaryn is mos ietsie wat almal kan gebruik.) Hier is vyf maklike stappe om te volg. Dis so maklik enigiemand kan dit doen. Neem 'n potjie en vul met saailing grond (te kry by 'n kwekery) of riviersand. Maak met 'n potlood se agterkant gaatjies in die grond waar jy later die steggies in kan sit. (Dit sal help dat die hormoonpoeier nie afval soos jy die stukkie plantjie probeer indruk in die grond nie.) Knip die steggies roosmaryn en maak die onderste 2 cm skoon sodat daar nie blaartjies aan is nie. Druk die onderste punte in hormoonpoeier en plaas dit dan in die grond. Druk liggies vas en gee bietjie water. Hou die grond klam, maar nie sopnat nie.

Pampoene! Boerpampoen, groenpampoen, botterskorsie en skorsie – dié veelsydige groente is ’n móét in elke tuin. Dis kraaklekker peuselkos en propvol voedingswaarde. Al wat jy nodig het om jou eie pampoene tuis te kweek, is ’n stukkie grond in ’n sonnige kol. Laat die saad eers binnenshuis ontkiem – die kinders sal mal daaroor wees om elke dag te loer of daar al iets aan die gebeur is. Plantwenke • Sit ’n paar sade tussen twee lae klam kombuispapier. • Plaas die pakkie in ’n plastiekhouer en los dit in die kas. Vra die kinders om die pakkie klam te hou, maar nie deurweek nie. • Kyk elke paar dae of die sade al ontkiem het. • Plant dit dan in ’n sonnige, beskutte plek in die tuin. Berei die grond goed voor met kompos en maak seker die grond dreineer goed. • Plant die sade sowat 5 cm diep en omtrent 60 cm uitmekaar aangesien pampoenplante nogal wyd sprei.

Die somer is amper verby, want 21 Maart begin die herfs amptelik. Die dae is nog baie warm en droog, maar julle sal agterkom die dae word al hoe korter. Binnekort begin dit reën en ons almal glo en vertrou dat dit vanjaar ons beurt sal wees. Terwyl ons nog spartel met min water om ons tuine aan die gang te hou, herhaal ek weer wat ons verlede maand ook oor gesels het, deklaag en nogmaals deklaag, dit beskerm die plante se wortels teen die son en dit verhoed verdamping van die kosbare voggies wat ons plante aan die lewe moet hou. Om jou plante in potte of houers te plant, help ook om met min water die mas op te kom, want jy het ‘n baie kleiner oppervlak en volume grond om nat te hou. Groente- en kruieplante in houers is net so gewild, want dit kan jy sommer hier by die kombuis kweek en dan is dit sommer lekker naby om te oes en te versorg. Aarbeiplante in houers is net so gewild, jy kry spesiale aarbei potte wat jy kan opstapel of gebruik eenvoudig net ‘n lang blombak of planttroggie om jou aarbeiplante in te vestig en siedaar, met die regte behandeling oes jy heerlike skoon aarbeie wat nie deur slakke en/of duisendpote gevreet is nie. Jy sal wel moet dophou vir voëls en duiwe, hulle hou ook van aarbeie. Daar is so baie mooi houers, potte, bakke, hangmandjies en vensterbanktroggies om van te kies, jy kan vir jou uitleef en jou plek baie mooi en plantvriendelik maak. Die ander voordeel van plante in houers, jy kan dit rondskuif soos wat jou idees verander of soos wat die plante se behoeftes dit vereis. Een van die dae is dit alweer tyd om ons blombolle vir winter- en lenteblomme in die grond te kry. Moet net nie te vroeg begin plant nie, want die grond moet eers koel word, wanneer die grond te warm is, vrot die bolle en knolle.

Hier is ‘n lys van varieteite wat eersdaags beskikbaar sal wees; anemone; freesias; ranonkels; watsonias en Hollandse irisse. So ‘n rukkie na hulle arriveer die affodille (daffodils) en leucojum (sneeuvlokkies). Lees die instruksies op die verpakkings wat sê hoe diep en hoe ver uit mekaar jy jou bolle moet plant, of dit volson, halfskadu of skaduwee wil hê. Bolle kan ook met groot genot en sukses in houers gekweek word. Moet nie die fout maak om jou bolle in houers van die begin af binnenshuis te kweek nie, hulle sal langbeen word en omval, sodra dit effens lengte kry, veral wanneer die blomme verskyn en hul koppe te swaar word. Groei dit buite in die omstandighede soos wat die verpakking voorskryf, en wanneer dit blom, kan jy dit in jou huis vir kort periodes gebruik as versiering. Om die blombolle te herwin nadat dit klaar geblom het, knip net die dooie blomsteel uit en versorg die plant nog steeds met liefde totdat die blare vanself begin doodgaan, dan kan jy dit ook afknip en die bolle in die potte droog bêre, of die bolle uithaal uit die grond uit en in ‘n lemoensakkie (of iets soortgelyks) droog bêre in jou tuinhuisie of tuingereedskap stoorplek, om volgende plantseisoen weer te plant. Onthou om terwyl die bolplante nog blare aan het, dit steeds gereeld voeding te gee, sodat die bolle kan energie opbou vir die volgende blomseisoen. Sterkte met die tuinmaak, ons gesels weer 28 Maart 2018. George Retief


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY SPEEDY MALMESBURY. Exhaust fitter & Wheel Alignment Tegnikus DRINGEND gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysings met lang diensjare. Moet onmiddellik kan begin. Kontak 082 370 9521/ 022 482 1373/4 #4601

--------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak:platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609 --------------------------------TE HUUR TO LET Malmesbury: 3 slpk, tv/ eetkamer, kantoor, 1 badkamer, 1mh naby HSS - R8 250 per maand. Beskikbaar Maart 2018. Kontak: Freddie 082 343 3372 #4619 ----Titus Eiendomme: WESBANK - R7500 pm. Splinternuwe 3 slaapkamer huis met oop sit/eet/ kombuis. Badkamer met aparte toilet. Beskikbaar vanaf 1 April 2018. Pragtige ingeboude kaste. Kontak: 082 780 1380

STERFGEVALLE OBITUARY

LINDZAY SAMANTHA BOCKS. Gebore: 09.01.1985 -Sterf: 21.02.2018. Troosdiens: Woensdag, 28 Februarie te Kanariestraat 23 en Begrafnis is Saterdag, 3 Maart 2018 om 10:00 te Kanariestraat 23, en diens daarna by die Ou Jehova Kerk te Myrtle Laan --------------------------------JAN DIEDERICKS. Ons innige meegevoel aan die familie met sy heengaan. Sterkte - Sonia Loubser en gesin --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

ADAM VAN NEEL. 28 Februarie 2018. Ons mis jou elke dag. Liefde - Vroulief, kinders en kleinkinders ---------------------------------

#4621

--------------------------------TE KOOP FOR SALE Stokvis/Hake fillet porsies @ R50. Snoeke vanaf R80. 5kg bokse fillete @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander. Kontak 022 4873265 of 084 250 2460 #4608 --------------------------------Titus Eiendomme: Malmesbury : WESBANK: *3 vertrek huis met fondasie vir aanbouing - R265 000,00 *2 vertrek huis met halfgeboude huis langsaan @ R260 000,00 Kontak: 082 780 1380 #4621

7

21 Februarie Februarie 2018 2018 21

THIRSA VENUS GREEN OPPERMAN. 25 Februarie 1966. Eerste verjaarsdag weg van ons. Mé se beste verjaarsdag ooit by Jesus. Liefde jou man, kinders en kleinkinders ---------------------------------

ABEL MAARMAN (Twangs) 25 Februarie. Twee jaar weg van ons. Liefde - Margie, Davy & Dyason familie ---------------------------------

susters, vrou Liesbet en kinders ---------------------------------

ISAAC JOUBERT. 27 Februarie. Pa, hoe graag wil ek net geluk sê. Ek mis pa. Liefde - Jou seun Keanen Joubert ---------------------------------

CALVYN ISAACS. 27 Februarie. Jou eerste verjaardag by ons hemelse Vader - Mamma, Dady, broers,

DORIS NERO. 1 Maart. Een jaar weg van ons en die gemis is groot. Van: Jennifer en Maggie ---------------------------------

LOHAHNO LEANDER. 25 Februarie, een jaar

wat jy so skielik uit ons lewe weggeruk is. Mis jou - Mammie, Oupa, Angie, Michaan, Lakeyshia en Jaylin ----Jaar het vinnig verby gegaan. Dankie vir jou goeie voorbeeld. Liefde Dedda (Hannes) --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

1 Maart. Gelukkige verjaardag KEANU SOLOMONS. Mag onse Vader se seën oor jou

lewe wees. Baie liefies vir jou - Mammie, Cammie, Carlo (jnr), Pa, Ma, Tieta & Boeta #4620 --------------------------------AJ KAROLUS - 4 Maart - Alles wat mooi is vir die toekoms. Lief jou - Mammie, broers en Mentoz. --------------------------------AMY ROLLISON. 28 Februarie. Geluk, ons lieflike en wonderlike dogter en suster op jou 14de verjaarsdag Van: Pa, Ma en Micaela --------------------------------4 Maart. Baie geluk CASSY met jou groot ses. Ouma is baie lief vir jou --------------------------------26 February. ADRIAN VAN DER WERF, happy anniversary, with love and thanks for 54 adventuroius years From: Dinah --------------------------------28 Februarie. STEFNAY. Baie geluk met jou verjaardag. Baie lief vir jou van Mammie, Daddy en broers --------------------------------1 Maart. Geluk met jou 21ste verjaardag BYRON. Bly hou die goeie en kyk na bo - Ma en gesin --------------------------------FRANCOIS & ZYAN. Happy birthday to my boyfriend and our son I love you. one and only Daviney --------------------------------HERALDINE PETERS. 4 Maart. Veels geluk met jou verjaarsdag. Laat die sustersband sterk tussen ons bly - Andine, man en kinders

Baie geluk met jul kroonverjaardag LEATON EN LAETON op 3 Maart 2018. Julle is sowaar 'n seën en vreugde - Ma en Pa --------------------------------MAGDALENA ISAACS.28 Februarie. Mamma 60 jaar oud - Kinders en kleinkinders --------------------------------DENVER & KHAYDENE. Geluk met jul huweliksherdenking op 1 Maart. Liefde - van Rooyen @ Adams Families --------------------------------JAYLIN PIETERS. 2 Maart is jou vyfde verjaardag. Baie geluk Poplap. Liefde - Mamma, Oupa, Tannie, Michaan en Keysa --------------------------------1 March 2018- Happy 79th birthday GRANNY FLORA. Hope you enjoy your day. We love you . From Pietersen Family ---------------------------------

EDWINA MARTHINUS. 28 Februarie. Baie geluk met jou 40ste verjaardag. Van: Sandy, Kobus en kinders


courant

NUUS • NEWS

21 Februarie 2018

SPORT

dié

8

Tel: 022 487 3221

28 Februarie 2018

•REN OPGEDRA AAN JONG KANKERLYER

Tjorre brul vir Keanu

Saterdag was ‘n besondere dag vir Swartland Oval Karting se lede. Ongeveer ‘n maand gelede het een van die lede melding, van ‘n tweejarige seuntjie wat kanker het, gemaak. Klein Keanu het intussen chemoterapie gekry wat twee groot gewasse laat krimp het, maar hy benodig verdere behandeling. Om dit te doen benodig sy ouers ‘n groot bedrag geld. SOK het besluit om Saterdag se ren aan klein Keanu op te dra. Heelwat artikels asook finansiële bydraes van die lede is ontvang. Groter artikels, soos ‘n kantsnyer, rugsakpomp, konfyt en ‘n rugbybal met die handtekeninge van die Springbok Sewespan is opgeveil. Keanu en sy ouers was teenwoordig en die klub se ondervoorsitter, Mario Gerber het met hom in sy knortjor om die baan gery. Hy was baie opgewonde en het dit geniet. Die knortjor-seisoen is oor die helfte en slegs vier rendae is nog oor. Almal probeer nou baie hard om soveel punte as moontlik te versamel. Een van die lede van ‘n ander klub wat as besoeker gery het, het beheer oor sy karretjie verloor en teen die wal vasgery waarna die karretjie omgeval en bo-op hom beland het. Die noodhulpbeampte was dadelik by en kon hom help. Hy het ongedeerd van die toneel weggestap. Die volgende byeenkoms vind op 17 Maart 2018 plaas.

Atleet:

Atlete van die Swartland het Saterdag op Moorreesburg aan die Wes-Boland-atletiekbyeenkoms vir hoërskole deelgeneem. Selma du Preez van Hoërskool Swartland (HSS) het die 800m vir meisies 0.15 gewen gevolg deur Marissa Cotter ook van HSS.

Juan Liebenberg S12 het die afgelope naweek aan die LS Boland Atletiekkampioenskappe deelgeneem in die Paarl. Hy het 'n silwermedalje in gewigstoot en goue medalje in diskus verwerf. Hy neem op 3 Maart vir Boland aan die LS Wes-Kaap Atletiek in Oudtshoorn deel.

Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 21 Februarie - Supa Quick - Enkel Stableford : Lothar Buhr 20, Lindsay Meyer 19, Appie van der Merwe 19, Ewald Liedeman 17 Vrydag Sundowner, 23 Februarie - Supa Quick - Enkel Stableford : Andre Uys 21, Sakkie Klasen 21, Frans Destroo 20, Peter Willemse 19, Billy Howberg 19 Saterdag, 24 Februarie - C Afdeling & Dames Kampioenskappe: Mans C Afdeling - Corne Kriek 41, Thys Esterhuizen 41, Johandre Theron 38, Edmund Petersen 35 Dames Afdeling - Izelle van Tonder 32, Ilze van Zyl 30, Elmarie Vosloo 28 Saterdag Komp : Enkel Stableford - Peter Willemse 42, Ronnie Shaw 36, Adriaan Louw 36 TENNIS MANS: Malmesbury A verloor teen Strand 5 wedstryde teen 1 : Dmitri Marais v Jurgen De Jager 0/6;0/6; Braam Isaacs v JP Joubert 3/6;1/6; Kristoff Isaacs v Milton Kirsten 4/6;4/6; Divan Robertson v Sakkie Burger 4/6;4/6; Dmitri Marais & Divan Robertson v Jurgen De Jager & Sakkie Burger 0/6;3/6; Braam Isaacs & Kristoff Isaacs k JP Joubert & Milton Kirsten 6/3;6/7;10/8 Malmesbury B wen Strand B 4 wedstryde teen 1 Dirk Lategan v Floris Ter Haar 6/7;7/5;4/10; Willem Coetzee k Ben Bekker 6/2;6/0; Marius Willemse & Irwan Turner k Jaco Westraat & Hennie Westraat 6/2;6/1; Dirk Lategan & Willem Coetzee k Jaco Westraat & Hennie Westraat 6/2;6/2; Marius Willemse & Irwan Turner k Floris Ter Haar & Ben Bekker 6/3;6/1 Malmesbury C wen Paarl Hugenote 3 wedstryde teen 2: Daryl Blom k Ryno Cedras 6/3;6/0; Alec Viljoen k Dino Driver 6/3;7/5; Hennie Blom & Johan Burger v G Hefre & Fredall Plaatjies 1/6;4/6; Daryl Blom & Alec Viljoen k G. Herfre & Fredall Plaatjies 6/3;4/6;10/4; Hennie Blom & Johan Burger MANS: Malmesbury A verloor teen Strand 5 wedstryde teen 1: Dmitri Marais v Jurgen De Jager 0/6;0/6; Braam Isaacs v JP Joubert 3/6;1/6; Kristoff Isaacs v Milton Kirsten 4/6;4/6; Divan Robertson v Sakkie Burger 4/6;4/6; Dmitri Marais & Divan Robertson v Jurgen De Jager & Sakkie Burger 0/6;3/6; Braam Isaacs & Kristoff Isaacs k JP Joubert & Milton Kirsten 6/3;6/7;10/8 Malmesbury B wen Strand B 4 wedstryde teen 1

Water is a shared resource. Don’t use more than your share. Our province is dealing with the worst drought in a century. The Western Cape Government is helping municipalities to secure their water supply. Residents need to save as much water as possible. We can avoid running out of water, but only if we work together. For tips on how to save water, visit www.h2ohero.co.za #SAVEWATER REUSE GREY WATER collected from your shower, bath or washing machine. TAKE A SHALLOW BATH or switch to having a quick shower. REDUCE WATER CONSUMPTION in bathrooms and kitchens by fitting low-flow tap aerators.

YOUR MUNICIPALITY IS ENFORCING WATER RESTRICTIONS IN YOUR AREA.

Save water BETTER TOGETHER.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
dié courant swartland en bergrivier 458 by DieCourant - Issuu