Die courant swartland en bergrivier 7 desember 2016 (399)

Page 1

c urant

Gratis • Free

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

61%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

7 Desember 2016

Uitgawe 399

Tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Jo Dolphin nou oop

Jo Dolphin het Saterdag met groot opgewondenheid amptelik hul deure oopgemaak. Die nuwe sentrum in Albaniestraat op Malmesbury is die produk van jare se harde werk en sweet. Marina van der Merwe het die lint na die gebou geknip en Fanie Malherbe omhels van vreugde en opgewondenheid.

•'JARE SE HARDE WERK BETAAL UITEINDELIK'

Sukses vir speurder

Felicity Green, speursersant van die Moorreesburg polisiekantoor se speurtak, is onlangs aangewys as die Speurder van die Jaar. Haar harde werk wat met baie kritiek, spanning en ondankbaarheid gepaard gaan, werp uiteindelik vrugte af. Dit was haar eerste groot toekenning in haar loopbaan. “Jy verwag dit nie altyd nie, maar vandag kan ek met trots sê, ek het dit verdien.” Om ‘n speurder te wees, was egter glad nie deel van haar aanvanklike toekomsplanne nie. Green het haar skoolloopbaan op haar geboortedorp, Moorreesburg, afgeskop, terwyl sy aan die Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury matrikuleer het. Haar tersiêre opleiding is by die ou Paarl Kollege voortgesit waar sy regssekretarieël studeer het. Sy het kort daarna by ‘n plaaslike regsfirma as administratiewe klerk en datatikster gewerk. “Nie in my wildste drome het ek gedink dat my aansoek suksesvol sou wees toe ek uit nuuskierigheid op ‘n advertensie vir aansoeke by die SAPD gereageer het nie,” vertel Green. Op 13 Februarie 2004 word sy ingesweer en aangestel as 'n studente konstabel. Haar polisieopleiding is by die polisie-kollege op Oudsthoorn voltooi. Sy is ses maande later as ‘n konstabel aangestel en het by die polisiestasie op Moorreesburg vir diens as ondersoekbeampte aangemeld. Sy vertel hoe kritiek aan die begin haar voor-

Sers. Felicity Green, ‘n speuder by Moorreesburg polisiestasie, is onlangs as die die Speurder van die Jaar aangewys. Hier staan sy met dié gesogte toekenning. land was. “Ek moes gedurig van die publiek hoor dat ek my beter hou as ander.” Dít het haar egter aangespoor om haar beste te gee en die publiek verkeerd te bewys. Sy is tot vandag toe steeds nie baie gewild onder inwoners nie, omdat sy nie plesier met haar werk

meng nie. “En ook nie ‘boetie-boetie’ is nie.” Sy is in 2013 na sersant bevorder en streef steeds om elke dag haar beste te lewer en haar werk doelgerig te doen. Volgens Green, sal sy die dag nooit vergeet nie. “Ek was in ekstase, want jare se harde werk het uiteindelik betaal,” voeg sy by. Sy het ook geleer dat sy nie almal tevrede kan stel nie. Green vertel van baie skuldigbevindings en goeie vonnisse wat gelewer is vir sake wat sy ondersoek het. Sy het onder meer ‘n moordsaak binne vyf maande afgehandel, waartydens die beskuldigdes vir 20 jaar gevonnis is. Volgens haar, het sy haar speurvernuf en ondervinding by wonderlike en baie goeie leermeesters opgedoen en noem hulle graag op hul name, naamlik wyle A/O IA Engelbrecht (Lucky Luke), Kaptein Bokkie van der Ross en haar takbevelvoerder, Kaptein Ricky van Schalkwyk. Haar filosofie waarvolgens sy werk, is eenvoudig. “As God vir jou is wie kan teen jou wees.” Sy is vandag ewig dankbaar vir haar ouers wat haar deur haar loopbaan bygestaan en ondersteun het. Hulle sit graag hand by wanneer dit by haar twee kinders kom. “Dan kom al die lof en prys ons Hemelse Vader toe dat Hy my sover deur gedra het in ‘n beroep wat met soveel spanning, kritiek en ondankbaarheid gepaard gaan.”

NUUS • NEWS

7 Desember 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.