c urant
Gratis • Free
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
61%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
7 Desember 2016
Uitgawe 399
Tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Jo Dolphin nou oop
Jo Dolphin het Saterdag met groot opgewondenheid amptelik hul deure oopgemaak. Die nuwe sentrum in Albaniestraat op Malmesbury is die produk van jare se harde werk en sweet. Marina van der Merwe het die lint na die gebou geknip en Fanie Malherbe omhels van vreugde en opgewondenheid.
•'JARE SE HARDE WERK BETAAL UITEINDELIK'
Sukses vir speurder
Felicity Green, speursersant van die Moorreesburg polisiekantoor se speurtak, is onlangs aangewys as die Speurder van die Jaar. Haar harde werk wat met baie kritiek, spanning en ondankbaarheid gepaard gaan, werp uiteindelik vrugte af. Dit was haar eerste groot toekenning in haar loopbaan. “Jy verwag dit nie altyd nie, maar vandag kan ek met trots sê, ek het dit verdien.” Om ‘n speurder te wees, was egter glad nie deel van haar aanvanklike toekomsplanne nie. Green het haar skoolloopbaan op haar geboortedorp, Moorreesburg, afgeskop, terwyl sy aan die Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury matrikuleer het. Haar tersiêre opleiding is by die ou Paarl Kollege voortgesit waar sy regssekretarieël studeer het. Sy het kort daarna by ‘n plaaslike regsfirma as administratiewe klerk en datatikster gewerk. “Nie in my wildste drome het ek gedink dat my aansoek suksesvol sou wees toe ek uit nuuskierigheid op ‘n advertensie vir aansoeke by die SAPD gereageer het nie,” vertel Green. Op 13 Februarie 2004 word sy ingesweer en aangestel as 'n studente konstabel. Haar polisieopleiding is by die polisie-kollege op Oudsthoorn voltooi. Sy is ses maande later as ‘n konstabel aangestel en het by die polisiestasie op Moorreesburg vir diens as ondersoekbeampte aangemeld. Sy vertel hoe kritiek aan die begin haar voor-
Sers. Felicity Green, ‘n speuder by Moorreesburg polisiestasie, is onlangs as die die Speurder van die Jaar aangewys. Hier staan sy met dié gesogte toekenning. land was. “Ek moes gedurig van die publiek hoor dat ek my beter hou as ander.” Dít het haar egter aangespoor om haar beste te gee en die publiek verkeerd te bewys. Sy is tot vandag toe steeds nie baie gewild onder inwoners nie, omdat sy nie plesier met haar werk
meng nie. “En ook nie ‘boetie-boetie’ is nie.” Sy is in 2013 na sersant bevorder en streef steeds om elke dag haar beste te lewer en haar werk doelgerig te doen. Volgens Green, sal sy die dag nooit vergeet nie. “Ek was in ekstase, want jare se harde werk het uiteindelik betaal,” voeg sy by. Sy het ook geleer dat sy nie almal tevrede kan stel nie. Green vertel van baie skuldigbevindings en goeie vonnisse wat gelewer is vir sake wat sy ondersoek het. Sy het onder meer ‘n moordsaak binne vyf maande afgehandel, waartydens die beskuldigdes vir 20 jaar gevonnis is. Volgens haar, het sy haar speurvernuf en ondervinding by wonderlike en baie goeie leermeesters opgedoen en noem hulle graag op hul name, naamlik wyle A/O IA Engelbrecht (Lucky Luke), Kaptein Bokkie van der Ross en haar takbevelvoerder, Kaptein Ricky van Schalkwyk. Haar filosofie waarvolgens sy werk, is eenvoudig. “As God vir jou is wie kan teen jou wees.” Sy is vandag ewig dankbaar vir haar ouers wat haar deur haar loopbaan bygestaan en ondersteun het. Hulle sit graag hand by wanneer dit by haar twee kinders kom. “Dan kom al die lof en prys ons Hemelse Vader toe dat Hy my sover deur gedra het in ‘n beroep wat met soveel spanning, kritiek en ondankbaarheid gepaard gaan.”
NUUS • NEWS
7 Desember 2016
2
NUUS • NEWS
7 Desember 2016
Dae van ouds: Op Moorreesburg is daar teruggekeer na vroeër jare, toe tegnolo-
gie nog nie die mensdom se lewens in sekere aspekte vergemaklik het nie. Hier is daar weer geploeg soos in die dae van ouds by vanjaar se Veterane Oesdag, wat deur die Koringbedryfmuseum aangebied is. Dié museum is ook uniek, aangesien dit een van slegs drie museums van sy soort ter wêreld is. Dit dokumenteer die geskiedenis van graan en die manier hoe dit geplant en geoes is. Foto's: Ghida Visser
•INSPIREER BY SONDEZA
Philander help bou aan jeug
By die opening van die Sondeza-jeugkamp was Johnny Philander, Haraan Abrahams, Raadslid Maude Goliath (onderburgemeester) en fasiliteerder Ilse Loock. Die jaarlikse Sondeza Jeug Leierskap- voorbereid, maar sal ook altyd gereed kamp het die afgelope Vrydagaand op en operasioneel in die toekoms wees. Ganzekraal vakansieoord naby Yzerfon- “Brawe leiers betaal ‘n duur prys.” Hy verduidelik dat hulle meestal nie verstaan tein afgeskop. Die inisiatief wat reeds in 2004 deur word nie, kritiek ontvang en as mal afgedie Swartland Munisipaliteit van stapel skryf word. “Welkom by die plek van malgestuur is, sluit vanjaar ‘n afvaardiging heid, innovasie en kreatiwiteit. Ons noem vanuit Duitsland, Namibië, Engeland en dit leierskap.” Brawe leiers praat ook volgens hom in 60 kinders vanuit die Weskus in. Johnny Philander, eienaar van die ontwikkelings- ‘n ander taal. In die wêreld van verlooragentskap, Climb X, het met die leerders ders, word daar beskuldigings rondgeslinger, blaam uitgedeel en gekla. Brawe kom gesels oor brawe leierskap. Hy het sy toespraak begin deur om leiers praat met die regte gesindheid, glo Steve Jobs, voormalige uitvoerende hoof in hul taak of missie en kan besluite op van Apple-rekenaars aan te haal, wat vol- grond van hul waardes neem. “Jy is in begens hom een van die braafste leiers was heer van jou gesindheid en waarin jy glo is wat die wêreld nog gesien het. “Smashing in lyn met die keuses wat jy maak.” Hy sê expectations and blowing minds is the brawe leiers het tot ‘n spesiale dieet. “Vir bare minimum.” Volgens hom is leierskap die laaste jaar het ons navorsing gedoen in sy mees eenvoudige vorm, om mense in die gedrag van bye as sosiale insekte. te lei na waar hulle wil wees mét hul Ons het geleer dat alle bye in die eerste toestemming. “Hulle besluit waar en ons drie dae van hul lewens koninklike jelly gaan sáám daarheen.” Brawe leierskap, eet. Slegs die koningin eet koninklike jelly is om dieselfde ding te doen, maar terwyl vir die res van haar lewe. So is die dieet jy bang is en die moed bymekaar moet van ‘n brawe leier, koninklike jellie. Wat skraap om te kan lei. Hy het sy boodskap jy lees, wat jy sien, wat jy hoor en wie jy vergelyk met die afskiet van ‘n vuurpyl in in jou lewe toelaat, is deel van jou dieet,” verduidelik Philander. Die kamp duur vandie toekoms in. Volgens hom is brawe leiers vandag jaar tot 11 Desember.
NUUS • NEWS
3
7 Desember 2016
Kersmark: Die Malmesbury Kersligmark is Vrydagaand weer op dié dorp gehou en het met die aanskakel van die Kersversierings gepaard gegaan. Markgangers het gesnuffel tussen die interessanthede van die verskillende stalletjies, opsoek na 'n unieke geskenk vir 'n geliefde.
•GEEN GEHEIME RESEP - SCHOLTZ
SM behaal rekord met skoon oudit
Die Swartland Munisipaliteit het onlangs ‘n sesde skoon oudit van die kantoor van die ouditeur-generaal ontvang en hou nou die rekord vir 'n munisipaliteit met die meeste agtereenvolgende skoon oudits in die land. “Die sesde opeenvolgende skoon oudit, bring ons by ‘n besonderse mylpaal, deurdat Swartland Munisipaliteit die eerste plaaslike munisipaliteit in Suid Afrika is wat ses opeenvolgende skoon oudits kon kry,” sê die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz. Die vorige vyf agtereenvolgendes het hulle met Steve Thswete Munisipaliteit in Mpumalanga gedeel. Nou is die Swartland alleen rekordhouer van die prestasie. Saam met hulle, is die Weskus Distriksmunisipaliteit die eerste distriksmunisipaliteit wat ses opeenvolgende skoon oudits ontvang het. Volgens Scholtz, het alle Wes-Kaapse munisipaliteite baie verbeter sedert ses jaar gelede toe net Swartland Munisipaliteit en die Weskus Distriksmunisipaliteit skoon oudits ontvang het. Verlede jaar was daar 17 munisipaliteite wat die prestasie gedeel het. Vanjaar is daar na bewering al soveel as 20. Hy meen daar is geen geheime resep wat die Swartland Munisipaliteit gevolg het om nóg ‘n skoon oudit te ontvang nie, maar sê hulle was wel die pioniers en voorloper van goeie regeringspraktyke. Dit was veral lekker om ander Wes-Kaapse owerhede te kon bystaan, saam met provinsie, voeg Scholtz by. Vir nou, is die uitdagings om standaarde wat daar gestel is, te bly handhaaf. “Ons doen maar net wat van ons verwag word om te doen, synde goeie en skoon regering.” Hy verduidelik die verkryging van ‘n skoon oudit verslag, nie die resultaat van ‘n enkeling was nie, maar ‘n spanpoging. “Uiteraard is daar ook ongelukkig die wat destruktief bydrae”, voeg hy by. Van die grootste uitdagings wat oorbrug is, was die voldoening aan wetlike voorskrifte in ‘n gereguleerde omgewing. "Die munisipaliteit was boonop vir die hele finansiële jaar sonder ‘n direkteur van finansies. Hy sê dat hoewel dit dinge bemoeilik het, dit ook gedui het op die kapasiteit wat hulle intern geskep het. In die jaar onder oudit (2015/2016),
is korrupsie en bedrog ontdek met aankope ten bedrae van ongeveer R400 000. Hy voeg egter by dat die gebeure 'n teken is van die feit dat korrupsie ook by die SM kan plaasvind en dat kontroles moes verbeter. Die amptenaar wat hom hieraan skuldig gemaak het, werk nie meer by die SM nie. Bo en behalwe die kriminele klagtes wat gelê was, was hulle suksesvol om deur middel van ‘n hofbevel, beslag op sy pensioen te lê ten einde hul skade te verhaal. Scholtz bedank alle personeel en raadslede wat tot die prestasie bygedra het. Sy leuse lui steeds: “trust is good but control is better”. Hy sê verder dat hulle nie kan bekostig om tevrede of oorgerus te wees en in ‘n gerieflike omgewing te funksioneer nie. “Baie dankie vir elkeen se bedrae. In die omgewing waarin ons funksioneer gaan dit nie makliker word nie,” voeg hy by. Vir Mark Bolton, direkteur van finansiële dienste by die SM, beteken die sesde skoon oudit dat munispale amptenare deel is van die verantwoordelikhede om skoon administrasie te bevorder. “ Dit is vir my ‘n absolute voorreg om die publiek van Swartland van diens te wees en reflekteer die skoon oudit ons attitude teenoor ons werk. Ons is nie bereid om vir enigiets anders as ‘n skoon administrasie en oudit te gaan lê nie.” Hy sê verder die bestuur waardeer die onselfsugtige pogings en lojaliteit van die personeel teenoor die munisipaliteit en publiek opreg. Hy sê die suksesse wat die behaal is, kan gekoppel word aan ‘n stabiele raad, ‘n ingeligte uitvoerende burgemeesterskomitee en ‘n gekapasiteerde burgemeester wat sy rol effektief vervul, plaaslike regering verstaan en die lewens gehalte van alle inwoners wil verbeter. Hy sê verder dat die strategiese leierskap -en bestuursvaardighede van die munisipale bestuurder en sy span ‘n groot aandeel daarin het. Effektiewe bestuursverantwoordelikeid en verantwoordbaarheid, die kultuur en pogings van die personeel wat op alle vlakke elke keer die regte ding doen, effektiewe kontroles en prosesse wat gevestig is, asook die regte personeel in sleutelposisies, het ook tot ‘n skoon oudit bygedra.
NUUS • NEWS
courant
dié
4
7 Desember 2016
Harde werk en standpunt word beloon
Om 'n blou uniform daagliks aan te trek, is sekerlik een van die uitdagendste dinge wat jy vir jouself kan eien. In 'n land waar misdaad hoogty vier, is die manne en vroue in blou nie aldag seker of hulle vanaand weer die huis gaan sien nie. Vir hulle om dan daagliks hul take en pligte uit te voer, moet ons as die publiek juis meer respek hê en dit ook toon. As ons in die nood is, wend ons onsself tot hulle, maar ons is ook so geneig om iets snedig oor hierdie mense te sê as dinge nie gaan soos ons dit wil hê nie. Ons staan buite. Ons besef nie die verantwoordelikhede en uitdagings waarmee hierdie mense daagliks sit nie. Ons besef nie aldag hoe moeilik dit vir hulle is om hulle werk te doen as ons self so steeks is nie. As ons hulle die agting en respek gee wat hulle verdien, sal ons hulle taak verlig. As kinders het ons geleer om respek te hê vir die polisie en ander wetstoepassers. Om hulle almal nou oor dieselfde kam te skeer is nie regverdig nie. Ja, daar is vrot appels, maar is daar nie maar in elke onderneming so 'n swartskaap nie? Met harde werk en toegewydheid is enigiets moontlik. Neem Sersant Green en Jo Dolphin hier as die perfekte voorbeeld.
It’s Good News
Beekman by bierbrouery:
Die borrels het gebars by Saterdag se Kersmark by Darling Brew. Die gewilde sangeres, Lize Beekman, het ook aan die verskillende drankies geproe. Regs: Johan en Marinda Shafer van Durbanville kuier die naweek gesellig om 'n bierproe en ete by Darling Brew se Kersmark.
Kleuters: Dié kleuters van Esterhof se kleuterskool het hul dae by dié skool gegroet en is nou reg vir die "groot dr. Mark Blackwell Snr
Words of Grace From Psalm 31 In Thee, O LORD, I place my trust. Be Thou, dear Father, near. Matthew 6:1-8 “But you, when you pray, go into your room, and when you have shut your door, pray to your Father who is in the secret place; and your Father who sees in secret will reward you openly. And when you pray, do not use vain repetitions as the heathen do. For they think that they will be heard for their many words. Therefore do not be like them. For your Father knows the things you have need of before you ask Him.” Jesus Himself set the supreme example. Matthew writes, And when (Jesus) had sent the multitudes away, He went up on the mountain by Himself to pray. Now when evening came, He was alone there.” Matthew 14:23 We must ask ourselves some hard questions, the answers to which require calm reflection and honesty. What do my acts of practical righteousness and my prayer life say about my intimacy with God? Our joy in the Lord reflects our intimacy with Him as we seek to meet the needs of others in His name, as we intercede in prayer before the throne of grace. Our personal spiritual walk with God is inseparable from our consistent devotion to His Word and dependency upon His Spirit. Lord, your marvellous kindness has always appeared when I felt most adrift.
skool" toe hulle onlangs hul gradeplegtigheid gehou het.
Brink neem leisels oor by Lazarus Ewalt Brink is onlangs as die nuwe handelaarshoof by Ford Lazarus aangestel. Hy het in die noordelike voorstede grootgeword en beskryf homself as ‘n groot Stormer- en WPondersteuner. Brink het reeds in 1991 in die motorbedryf as verkoopsman by die destydse Opel begin werk. Hy het oor die jare verskeie posisies by onder andere Delta, Nissan , Hyundai en Toyota beklee. Hy was vir die afgelope ses jaar verkoopsbestuurder by ‘n groot Ford-handelaar, Mekor Ford in die Kaap. Baie sal sy naam onthou as gereelde besoeker op Bokradio. Na 25 jaar in die motorbedryf, sluit hy aan by Ford Lazarus. Hy het die geleentheid as handelaarshoof met ope arms verwelkom en beskou dit as ‘n groot voorreg om deel van Lazarus Ford te wees. Brink is gaande oor die motorbedryf. Hy erken dat elke dag sy eie uitdagings bring, maar geniet dit verskriklik baie om met mense te werk. Sy visie vir Ford Lazarus, is om die handelaar die beste, vriedelikste en mees behulpsaamste Ford handelaar op Malmesbury en Moorreesburg te maak. “Die mense moet weet van ons en moet hierheen wil kom,” voeg hy by.
Hy sien die meeste daarna uit om die vriendelike mense van Malmesbury en die res van die Swartland te ontmoet. Brink streef daarna om gelukkige kliënte te hê wat weet dat sy deur altyd vir almal oopstaan. Hy hoop om hul kliënte vriende te maak en dus deel van die Lazarus-familie. Brink wens vir almal ‘n geseënde Kerstyd en veilige reis oor die feesseisoen toe.
NUUS • NEWS
5
7 Desember 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
GREAT PRICES FOR THE BEST ONE YET Not just ay for Sund PnP Beef Potjiekos Bone in
PnP Prime Rib Roast Bone in
R
R
56
79
Per kg
Per kg
Equates to R35 Each
SAVE R9.80
BUY 2 FOR
Saldanha Pilchards in Tomato or Hot Chilli Sauce 400g Each
Rama Original 60% Fat Spread 1kg Tub
R
70
R
13
Danone Ultra Mel Custard Assorted 1 Litre Each
Coca-Cola Regular, Light, Zero or Tab 2 Litre Each
WAS R16.49
50
R
12
WAS R24.99
90
R
22
90
no nameTM Macaroni or Spaghetti 500g
BUY ANY 2 R FOR
16
90
Choose your favourite
Simba Potato Chips Assorted 125g
BUY ANY 3 FOR R
23
BUY ANY 3 FOR
90
SAVE R21.09
SAVE R13.09
Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g
Bakers Snacktime Assorted Crackers 800g + 66g FREE
Bakers Choice Assorted Biscuits 1kg Each
PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
R
R
R
R
32
90
Plus earn
PRICE PER NAPPY – – – – –
BONUS STIKEEZ
R1.93 R2.21 R2.55 R2.91 R2.91
when you buy selected products
FREE APP
SAVE R22
SAVE R20.09
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Per Pack
Omo Auto Washing Powder 3kg, Liquid Detergent 900ml or Capsules 21s Each
R
127
90
R
59
90
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville, Camps Bay and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 8 - 11 DECEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS1019
74
GET 1 FREE FOR EVERY R150 YOU SPEND
Equates to R39.95 for 2kg
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
69
90
90
41
90
Download
‘Little Drummer Boy’ by Ladysmith Black Mambazo on iTunes or Apple Music, Deezer or Google Play and a donation will be made to The Children’s Hospital Trust on your behalf.
STIKEEZ ARE RECYCLABLE
Visit www.picknpay.co.za for more details
Find out more at www.picknpay.co.za
NUUS • NEWS
6
Promosie • Promotion
Pulpit Rock vergroot tot 4000 ton
7 Desember 2016
Pulpit Rock het talle veranderinge en uitbreidings aan hul bestaande kelder gebring. Pulpit Rock Wynkelder, geleë aan die voet van Kasteelberg, het pas hul kelder se kapasiteit tot 4000 ton opgradeer. Die Brinks was een van die eerste vroeë boerefamilies wat hulself in die Riebeek-Vallei kom vestig het, nadat Pieter Cruythoff dié skatkis in die 1600’s ontdek het. Die vernuf en talente om goeie wyn te kan maak, dateer egter terug tot in 1918 toe Ernst Brink se oupa deur Groot Constantia raakgesien en genader is om hul wynmaker te word. Sy oupa het wel daardie aanbod van die hand gewys, maar die hunkering om eendag hul eie wyne te produseer, het gebly. Dit was uiteindelik Ernst wat die bal aan die rol gesit het toe die idee van hul eie wynkelder in 2003 gestaltes aanneem. Hul deure is Oktober 2004 vir die eerste keer vir die publiek geopen. Ernst glo daaraan om waarde tot sy produk toe te voeg. Volgens hom sou die boerdery nie sommer oorleef het, as dit nie vir die oprig van die kelder was nie. Die kelder het intussen die kapasiteit van ‘n 400 ton tot 4000 ton in 2016 verhoog. Volgens hom hoop hulle om die kapasiteit tot 4500 ton in 2018 uit te brei. Met navraag oor wie die baas van die plaas
is, skerts Ernst dat hy soms dink dit sy blondekop vrou is. Brink en sy twee seuns Haumann en Van der Byl staan egter aan die stuur van sake by Pulpit Rock. Ernst behartig die algemene bestuur en finansies van die wynkelder, terwyl Haumann en Van der Byl die plase bestuur, asook die verbouing van wyndruiwe. Daar is tans sowat 475 hektaar onder wingerd. Die druiwe is afkomstig van twee plase in die Brinks se stal, naamlik De Nuwegift en Panorama in die vallei. Haumann wat ‘n suksesvolle varkboerdery het, het keldertegnologie by Elsenburg studeer en is ook ‘n wynmaker. Van der Byl boer met tafeldruiwe en sy eie wyndruiwe. Die klimaat en grond teen Kasteelberg dra veral by tot die vruggedrewe produk. Só ook die Swartland se nat en koue winters, gevolg deur warm en droë somers, wat sorg vir die druiwe se uitstaande kwaliteit. Die kultivars wat aangeplant is, bestaan uit Chenin en Chardonnay, asook Pinotage, Cabernet Shiraz en Merlot. Die nis-kultivars wat hulle verbou sluit onder meer Rousanna, Tanat, Pinot Gris, Petit Verdoux en Malbec in.
Daar is ook ‘n gevestigde blok Roobernet van 40ha. Die enigste kultivar wat hulle nie aangeplant het nie, is Sauvignon Blanc. Vandag lewer die Brinks altesaam 50% van hul druiwe aan Wellington Wyne en die res word vir hul eie wyn ontgin. Die kelder kompleks beskik oor twee verouderingskelders van 600 ton elk. Hulle verkies Franse en Amerikaanse eikehout. Die kombinasie van die jongste tegnologie en die tradisionele metodes en toerusting dra by tot die produsering van wêreldklas wyne. Dewald Huisamen (bo) is onlangs as die nuwe jong wynmaker aangestel.
NUUS • NEWS
7
Promosie • Promotion
7 Desember 2016
40 jaar se mylpaal word gevier by Sadie Rekenmeesters Op 1 Desember 1976 stap Riana Basson vir die eerste keer by die geoktrooieerde rekenmeestersfirma van stigter Bill Sadie en sy destydse vennoot Gerhard Coetzee op Malmesbury in. Dit is nou 40 jaar later en Riana is steeds getrou op haar pos by dieselfde firma, wat vandag bekend staan as Johann en Wilhelm Sadie GR’s, deel van die BVSA groep. Die Karoo is in haar bloed. Sy het immers op Sutherland grootgeword. Haar werk is egter haar lewe. Sy is na al die jare steeds versot daarop. Dit is nie ongewoon om ‘n halwe beker yskoue tee links van haar skootrekenaar aan te tref nie. Daar is eenvoudig net nie genoeg tyd in die dag om ‘n hele beker af te sluk nie. Sy gee 100% aan haar kliënte. Die dag wat sy weet dit nie die geval was nie, word ‘n oproep al teen 06:00 die volgende oggend gemaak om verskoning te vra en haar volle aandag aan haar kliënt te gee. Riana, wat ‘n BRek-graad aan die Stellenbosch Universiteit verwerf het, erken haar werk is haar
passie. “Ek is ‘n careerwoman.” Die ma van vier moet bieg en sê ‘n loopbaan as huisvrou was nooit vir haar beskore nie. Sy is tot vandag toe ewig dankbaar aan Ella en Elsie wat haar kinders help grootmaak het. Bill, Johann Sadie se pa wat haar destyds aangestel het, was baie goed vir haar. Daar was ‘n tydperk wat sy van die huis af kon werk om ma te wees en tog ‘n werkende vrou wat net nie kon wegbly van die balansstate nie. Sy beskryf die kantoor as nederig. Hoe dan anders met ‘n stoorkamer as haar eie kantoor. Leêrs van jare oue kliënte lê oral opgestapel. Sy is nou nog rekenmeester vir kliënte waarmee sy 40 jaar terug begin het. Sy werk vandag saam met die derde generasie Sadie, Wilhelm. Sy pa, Johann het sowat drie jaar ná haar by die firma begin werk. Dieselfde kan gesê word van haar eerste kliënte wie se kinders se kinders nou haar kliënte is. Sy het nooit daaraan gedink om te loop nie. “Jy raak geheg aan jou kliënte. My kliënte is lief-
Van links staan Johann Sadie, Henriëtte Terblanche, Riana Basson en Wilhelm Sadie. Johann Sadie is kort op Basson se hakke met byna 40 jaar se diens by dieselfde firma wat sy pa, Bill gestig het. Terblanche vier vanjaar haar 25ste jaar in diens by Johann & Wilhelm Sadie GR’s.
devol. Hulle stel belang in my as mens en ek stel belang in hulle lewe.” Sy voeg by, haar premie is nogal groot wat vertroulikheid betref. Kliënte kom nie net met dokumente daarin nie, maar soms ‘n stukkende hart. “Jy sou ook verwag dat sommige kliënte by ‘n spoggerige kantoor met ‘n koffiemasjien wil instap, maar hulle wil regtig na jou toe kom oor die diens wat jy gee. Dit gaan baie oor die gesindheid waarmee jy hulle bedien.” Sy diens die kliënte van A-Z in maklike en moeilike tye. Riana is ook ‘n mentor vir die klerke wat daar werk. Hulle leer vaardighede by haar, maar veral hoe om met mense en kliënte te werk en hoe hulle hanteer moet word. Daar was vanjaar nie tyd vir verlof nie. Wanneer sy wel ‘n blaaskans kry, reis sy graag en gaan byna elke jaar oorsee. “En nie die fancy soort reise nie, maar rugsaktoere,” vertel sy. Sy is ook baie lief vir lees en om kunsfilms te kyk, wat nog een van haar stokperdjies is.
Riana verklap nie sommer haar ouderdom nie, maar wat dit ookal mag wees, is nie ‘n groot genoeg rede om haar van haar gunsteling stokperdjie, haar werk weg te hou nie. Wilhem, kleinkind van oupa Bill, het Riana reeds voor skool geken. Vandag spreek sy pa én hy hul dankbaarheid teenoor Riana uit en beskryf dit as ‘n voorreg om haar steeds in die kantoor te hê. Hulle is veral dankbaar vir haar toegewydheid en lojaliteit tot haar werk, die firma en hul kliënte. Volgens Wilhelm, het Riana die vermoë om persfektief te behou wanneer dit by die werk en die lewe kom. Vandag is jy oorlaai met werk, maar môre is nog ‘n dag soos sy altyd sal sê. Sy is toeganklik en gemaklik met ‘n oop-deur beleid. Haar harde werk, haar vaardighede en die stabiele kliëntebasis wat sy oor die jare opgebou het, het bygedra tot die besigheid se sukses. Die Sadie’s en personeel wens haar geluk met dié mylpaal én prestasie van 40 jaar se diens.
Personeel van Johann & Wilhelm Sadie GR’s. Agter staan AJ Swart, Pierre du Toit, Dawida Swart, Yolanda Botha, Roxanne Harker, Johan Potgieter en Daniel van Rooyen. Heel voor sit Wilhelm Sadie, Johann Sadie, Riana Basson en Henriëtte Terblanche.
NUUS • NEWS
8
7 Desember 2016
Wat jy moet weet vir dié Komitee gee erkenning kreefseisoen se vangste aan inwoners
Die 2016-’17 kreefseisoen is amptelik op 26 November deur die departement van bosbou en vissery oopgemaak. Sportvissers het vanjaar weer 21 dae om kreef uit te haal. Vissers binne die kleinskaalse sektor sal gesamentlik 235,30 ton mag vang, terwyl sportvissers altesaam 69,20 ton kreef kan uithaal. Die dae waarop kreef gevang mag word, is: 26 tot 27 November, 10 Desember tot 11 Desember, 16 Desember tot 18 Desember, 24 Desember tot 27 Desember, 31 Desember tot 2 Januarie, 7 Januarie tot 8 Januarie en 14 Januarie tot 15 Januarie. Daarna kan kreef weer vanaf 15 April tot 17 April 2017 uitgehaal word. Permitte kos R94 per persoon, wat geldig is
vir vier krewe per dag per permit. Aansoekers moet minstens 12 jaar oud wees om ’n permit uit te neem. Kreef mag net tussen 08:00 en 16:00 uitgehaal word. Die doplengte is steeds 80 mm van die kop tot by die begin van die stert. ’n Maksimum van 20 krewe mag per dag vervoer word, mits almal wat permitte het, in die voertuig teenwoordig is. Kommersiële en kleinskaalse vissers met tussentydse verligting kon reeds vanaf 16 November Weskus-kreef in super-gebied 1 en 2 vang, wat geld tot 30 April 2017. Vanaf 16 November tot 30 Junie 2017 in super-gebied 3, 4 en 5 asook 6 en 7 (dit geld slegs vir diegene met tussentydse verligting), 8 en 11 en gebiede 12, 13 en 14.
Ami Smuts oorhandig Ludwig de Jong, Maureen Engelbrecht en Dr. Anel Coetzee se toekennings by die vierde Entrepreneursaand van die Yzerfontein Feeskomitee. Die vierde Entrepreneursaand van Yzerfontein se Feeskomitee, is onlangs op dié kusdorp aangebied. Die toekenningsgeleentheid waartydens ‘n toekenning vir diensuitnemendheid oorhandig word, bied vir plaaslike entrepreneurs die geleentheid om bymekaar te kom, te netwerk en erkenning te kry. Die Yzerfontein Feeskomitee wat uit vrywilligers bestaan, het op 30 Novemeber plaaslike entrepreneurs en inwoners by die Strandkombuis Restaurant vir hul bydrae tot die dorp en sy gemeenskap vereer. Volgens die feeskomitee, het hulle besluit dat dit belangrik is om ‘n geleentheid te skep waartydens erkenning aan mense wat ‘n positiewe impak op hul gemeenskap het en ‘n verskil binne die gemeenskap maak, te gee. Die Diensuitnemendheid-toekennings is daarom deur die komitee van stapel gestuur om juis aan die individue wat uitnemende diens lewer, vrywillig hul tyd aan die gemeenskap wei en onbaatsugtige bydrae tot die dorp en sy inwoners maak, dankie te sê. Die publiek is die geleentheid gegun om kandidate vir dié toekennings te nomineer, wat in
WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY
WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT
NOTICE 88TH GENERAL COUNCIL MEETING: WEDNESDAY, 7 DECEMBER 2016 Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the 88th General Council Meeting will be held on Wednesday, 7 December 2016 at 11h00 in the Council Chambers of the West Coast District Municipality, 58 Long Street, Moorreesburg.
die Rooi Feesposbusse op die dorp gegooi kon word. Daar is drie kategorieë, naamlik: “Ek werk op Yzerfontein” wat aan ‘n werknemer op die dorp toegeken word wat ‘n ekstra myl stap en ‘n besonderse diens lewer; “Ek is ‘n vrywilliger in Yzerfontein”, is die tweede kategorie wat toegeken is aan iemand wat onbaatsugtig en vrywilliglik ‘n verskil binne die gemeenskap maak. Die derde kategorie, “Ek maak Yzerfontein mooi” is toegeken aan ‘n individu wat die dorp verfraai. Die wenner van die eerste kategorie, is aan Maureen Engelbrecht toegeken wat by die plaaslike veearts werk. Haar warm hart vir die kliënte se diere straal na buite, sy is boonop ook ‘n uitstekende werknemer wat trots is op wat sy doen. Dr. Anel Coetzee, ‘n veearts op die dorp is, is in die tweede kategorie uitgewys. Sy is bekend vir haar goeie hart wat gereeld wilde diere op haar eie onkostes red, behandel, versorg en suksesvol terug in de natuur gerehabiliteer. Ludwig de Jongh, wat al vir jare lank die tuine in Andries Dreyer-singel mooi maak en onderhou, het in die derde kategorie uitgeblink.
KENNISGEWING 88
STE
ALGEMENE RAADSVERGADERING: WOENSDAG, 7 DESEMBER 2016
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 19 van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet, Wet 32 van 2000 dat die 88ste Algemene Raadsvergadering plaasvind op Woensdag, 07 Desember 2016 om 11h00 in die Raadsaal van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Langstraat 58, Moorreesburg.
For any enquiries in this regard please contact Ms V. Cloete during office hours at 022 433 8400.
Vir enige verdere navrae in hierdie verband kontak me V. Cloete gedurende kantoor-ure by 022 433 8400.
Municipal Manager, West Coast District Municipality, P.O. Box 242, Moorreesburg, 7310. Tel. 022 433 8400. Fax: 086 692 6113.
Munisipale Bestuurder, Weskus Distriksmunisipaliteit, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Tel. 022 433 8400. Faks: 086 692 6113.
Reference: 13/1/B
Verwysing: 13/1/B
www.ursonline.co.za
Wees altyd op die voorpunt van gebeure en raak deel van ons Facebook-blad by @diecourant.
NUUS • NEWS
7 Desember 2016
9
NUUS • NEWS
10
7 Desember 2016
Promosie • Promotion
Old Dalby drie jaar jonk
Bo: Gaste vanuit die vallei het heerlik saamgekuier. Regs: Jaco Slabber en Roelof Vlieland klink 'n glasie op Old Dalby se derde verjaarsdag. Die Old Dalby-restaurant op Riebeek-Wes van eienaars Jaco Slabber en Roelof Vlieland (Vielies), vier vanjaar hul derde bestaansjaar. Jaco het vir 15 jaar ‘n restaurant, die Olifantshuis Restaurant op Clanwilliam besit en bestuur. Vielies was ‘n sameloper van die besigheid. Die restaurant het onder inwoners as die Pizzahuis bekend gestaan, want daar is “killerpizzas” gemaak. Wickus van der Merwe het tot ‘n liedjie geskryf en gesing waar die “Pizzahuis” genoem word. Vandaar het die lewe ingetree en hulle is sak en pak Riebeek-Wes toe. Die naam Old Dalby is oorgeërf. Hulle het met die eerste oogopslag op die gebou verlief geraak kort nadat hulle in die vallei aangekom het en besluit om te bly. Die gedagte om weer ‘n restaurant oop te maak, het vinnig gestalte aangeneem. Die gebou wat vir jare toegestaan het, is daarna skoon en leefbaar gemaak. Hulle het aan nuuskierige inwoners vertel van die idee om ‘n restaurant oorkant die motorhuis, langs die ouetehuis oop te maak. Hulle het eenvoudig met die “Old Dalby” gereageer. Gedurende die skoonmaak-proses, is daar op die ou stempels van die vorige eienaars van die Wine Merchant afgekom. Hulle het besluit om die etiket en naam oor te neem, nadat dit sin gemaak het om die plek
te vernoem waarmee die inwoners vertroud is. Die Old Dalby het sy deure amptelik op 2 Desember 2013 vir die publiek oopgemaak. Jaco is ‘n gerekende 'cordon blue' sjef met jare se ondervinding. Hy het sy opleiding by die Silwood Kitchen afgeskop en daarna by verskeie plekke in die Kaap, Bloemfontein en Clanwilliam gewerk. Vielies kan net “lek, roer en skil” en ‘n glasie wyn saam met die gaste geniet. Dit was onder meer een van die hoogtepunte gewees om te sien hoe die besigheid homself oor die afgelope drie jaar gevestig en gegroei het. Volgens die eienaars was dit lekker om al die mense en hul karakters te leer ken en die wel en wee van elkeen te snap en dit reg kry om almal gelukkig en tevrede te hou. Dit was beslis ook ‘n hoogtepunt om elke keer die lekker te ervaar wanneer gaste wat die eerste keer daar eet (veral van die Vallei) vir jou sê: “Ons het nie geweet daar is so 'n pragtige restaurant met sulke goeie kos teen so ‘n bekostigbare prys in Riebeek-Wes nie,’ vertel Vielies. Kliënte en inwoners kan egter binnekort uitsien na hul treffer pizza’s nadat ‘n pizza-oond ingebou is. Hulle spesialiseer nie in spesifieke disse nie, maar fokus op lekker bekende disse wat op ‘n treffende wyse voorgesit word. Hulle is egter al gewild vir hul “nibbles” voor etenstyd. “Dit is ons kenmerkende 'skille' saam met varsgebakte brood wat self gebak is,” vertel hulle. Die skille kom van die aartappels wat Jaco gebruik vir hul handgesnyde en altyd vars skyfies en blis aartappels saam met van die geregte, wat gediep braai word. Kliënte keur keer op keer terug vir Jaco se lekker kos. Die lamsnek is ‘n groot treffer, asook die Pork Belly-gereg. Dit kan ook wees vir Vielies se vermaaklike geselskap, skerts hulle. Van die uitdagings wat Vielies en Jaco oor ‘n geruime tyd oorbrug het, was dat almal saam moet werk. Daar moet ook onthou word dat elkeen ‘n kenner en meester op sy eie gebied is. Van die sleutels tot sukses volgens dié eienaars aanhou, bek hou en uithou en dat hulle môre weer by vers 1 kan begin. Vir hulle, is dit belangrik om lang ure in hul besigheid te bestee en meen dit is absoluut die moeite werd. “Gaste of mense is interessant, moeilik, alwetend, Goron Ramsey op sy beste, maar tog die rede hoekom ons daar is en hoekom ons suksesvol kan wees,” vertel Vielies. Hulle nooi almal uit om hul restaurant te besoek en ‘n kans te gee. “Ek sê altyd ons kan die plek maak staan. Jaco kan die wonderlikste kos voorsit, maar ek kan jou nie aan jou oor vat en trek om by ons te kom eet nie,”voeg hy by. “Die gebou is ook ons huis, so die motto is “Welkom by ons Huis-Restaurant!”
Veiligheid in feesseisoen met padblokkade
Vanjaar se feesseisoen het onlangs met ‘n geïntegreerde padblokkade afgeskop waartydens R34 200 se boetes reeds uitgereik is. Roman Steyn, hoof van Swartland Munisipaliteit se verkeer en wetstoepassingsdienste sê die oorhoofse doel van vanjaar se feesprogram, is om padsterftes met 5% op die Wes-Kaapse paaie af te bring. Die padblokkade wat op 1 Desember by die weegbrug op die N7-snelweg naby Moorreesburg plaasgevind het, was maar net die begin van baie wat gedurende die feesseisoen sal volg om die bewusmaking van padveiligheid te bevorder. Beamptes van onder meer die provinsiale verkeersdienste, asook dié van die Swartland, Saldanha en Vredenburg, saam met departemente van binnelandse sake, korrektiewe dienste, vissery en die polisie was teenwoordig. Daar is altesaam 383 voertuie deur die padblokkade. Twee onwettige immigrante, wat deur die departement van binnelandse sake vasge-
trek is, is in hegtenis geneem. Vier voertuie was oorlaai, twee voertuie se lisensies is weens onpadwaardigheid opgeskort en talle motoriste en voertuie is gevisenteer. Steyn voeg by dat sigbaarheid ook op die streek se paaie verhoog sal word. Hulle is ook gereed vir vakansiegangers op Yzerfontein, waartydens beamptes vanjaar weer op fietse patrollies sal doen en op die strande self teenwoordig sal wees.
Wenner:
Nolan Adams van Riebeek-Wes is die gelukkige wenner van die krieketspeler AB de Villiers se outobiografie wat deur dié courant en PNA Malmesbury in 'n kompetisie weggegee is. Hier oorhandig Chrizaan Witbooi van dié courant sy prys aan hom.
NUUS • NEWS
7 Desember 2016
11
NUUS • NEWS
12
7 Desember 2016
Dagboek • Calender Alcoholics Anonymous Every Wednesday 8pm at the Malmesbury Methodist Church, St Thomas Road Contact: Billy at 0731476758 or Kallie 0799665956 Yzerfontein Bowling Club 7 December: Come and join us at the Yzerfontein Bowling Club for a afternoon of fun bowls and a braai afterwards. R15 for the game. R50 for the braai. Contact Gary or Carol at 072 905 4155 Yzerfontein Sport and Recreation Club 8 December: Thursday Fun with Bingo evening. 6 Games @ R35. Your host will be Peter Killick Contact 022 451 2819 for any further enquiries Yzerfontein Sport and Recreation Club 10 December: Come and join us for a Weskus Boerejol. Free Entrance. From 10:00 to late. With live music, water balls, swimming pool and jumping castle. Contact Karin for any enquiries at 022 451 2819 Yzerfontein Tourism Crayfish season offically re-opened in Yzerfontein. 1011; 16-18; 24-27 and 31 December and 1-2; 7-8; 14-15 January 2017 as well as 15-17 April. Apply for your permit at a local Post Office Refentse 16 Desember: Refentse by die NG Kerksaal in Yzerfontein. Vertoning begin om 19:00. Kostes beloop R125 vir volwassenes en kinders R65. Besoek www.quicket.co.za VI-A-Side Tournament 16 December: Come and enjoy VI-A-Side Tournament at the Dieprivier Sportgrounds, Free entry and the action starts at 9:00 strictly. R800 per entry fee per team Contact Gregory Claassen at 060 319 0376 for info. Goedverwacht 16-17 Desember: Kom geniet saam met die Goedverwacht gemeenskap "Jazz in the Valley" Vir verdere navrae kontak Sheena Julius by 078 316 3988 Yzerfontein Sport and Recreation Club 16-17 December: Come and join us for a Snoek Classic Contact Theuns Kruger for any enquiries at 083 306 5510
Kerke • Churches
AGS Corpus Christi, Malmesbury 11 Desember - Past Piet Smit is die prediker tydens die diens om 09:30 met die titel : Oupa Grootjie vind die Here. Geen aanddiens Navrae: 073 447 2902. Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm
Evita se perron 17 Desember: Evita se perron bied aan Voël innie hand: Pierre van Pletzen in sy eerste solo-vertoning om 19:00 (vertoning begin om 20:00 - Duur vir 1 en 'n kwart uur). Kostes is R100 per persoon Vir besprekings kontak 022 492 3930 of bookings@ evita.co.za Weskus Padstal 20 Desember: Kom geniet die gasvryheid van die Weskus mense met hulle "Sunset" Kersmark wat begin om 15:00 tot 21:00 Flying Eagles 23 Desember: Kom wees deel van die Flying Eagles se jaareindfunksie en prysuitdeling by die Ilingelethu Saal. Kostes is R60 per persoon en begin om 17:00 tot laat. Vir enige verdere navrae kontak mnr A Huyster by 073 711 6099 Cricket Derby 26 December: Annual cricket derby between Riebeek Kasteel en West at RPC ground in Riebeek Wes. Contact Kyle Ovens for West at 084 688 1024 or David Wickham for Kasteel at 082 898 9663 Yzerfontein Sport and Recreation Club 28 December: Come and join us for a Potjiekos Competition. Entry fee is R100 a pot. Every pot entry will receive a bottle of Darling Cellers red and white wine. Contact Karin for any enquiries at 022 451 2819 OK Minimark / Castle Rugby 7's 29-30 Januarie 2017: Dit is weer die tyd van die jaar vir die OK Minimark / Castle Rugby 7's. R28000 se pryse te wen Riebeek Valley Olive Festival 6-7 May 2017: Save the date for the Riebeek Valley Olive Festival For further information: www.riebeekvalleyolivefestival.co.za Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar)
Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar 4 Desember : De Waal Esterhuizen preek om 9:30, Voortrekkerweg 48. Malmesbury Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury 11 Desember is laaste diens vir 2016 om 09:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit - Dienste word hervat op 8 Januarie 2017 Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233.
Inligtingsdag vir kelders in nuwejaar gehou Hoe kan kelders die waarde én volume van hul wynverkope laat toeneem? Hoe lyk die Suid-Afrikaanse wynbedryf se huidige ekonomiese realiteite in vergelyking met die groter prentjie? Die Nedbank VinPro Inligtingsdag gaan maniere verken waarop die wynbedryf groter waarde kan ontgin vir volhoubare groei vorentoe. Die Inligtingsdag word 19 Januarie 2017 van 09:00 tot 13:30 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) gehou. ’n Oorsig oor die wynbedryf-landskap sal die volgende insluit: • Internasionale en plaaslike ekonomiese tendense – Nicky Weimar, Nedbank • Lang siklusse in die Suid-Afrikaanse wynbedryf – Prof Nick Vink, US • Wat gebeur in die wingerd? – Francois Viljoen, VinPro ʼn Paneelbespreking sal besin oor maniere waarop aspekte soos innovasie en plaaslike en internasionale markontwikkeling ingespan kan word om waarde van die wingerd tot die rak te laat toeneem. Die Ontgin Waarde-paneel sal die volgende persone insluit: • Michael Fridjhon, wynkritikus en -skrywer • Rico Basson, VinPro • Denise Stubbs, Thokozani Wyne • Johann Krige, Kanonkop Wynlandgoed • Neville Carew, Origin Wyne
• Richard Rushton, Distell • Gavin Dittmar, Meridian Wyne Gebruik ons die regte taal wanneer ons met die gemiddelde Suid-Afrikaanse verbruiker praat? Lebo Motshegoa van die navorsingsmaatskappy Foshizi sal ʼn perspektief gee oor hoe kliënte benader en behou kan word. Nedbank Besigheidsbanksake is in 2017 vir die 11de agtereenvolgende jaar die hoofborg. Old Mutual en Mutual & Federal is vir die tweede jaar as medeborge betrokke. Daneel Rossouw, Nedbank afdelingsbestuurder van landbou in die Wes-Kaap, sê: “Nedbank het ʼn groot waardering vir die wynbedryf se bydrae tot die ekonomie en werkskepping in die Wes-Kaap en Suid-Afrika. “Die borgskap is belyn met ons strategiese fokus daarop om vennootskappe met klein, medium en groot besighede in die landbou- en ander sektore te vestig vir ʼn beter Suid-Afrika. Die dag bied waardevolle netwerkgeleenthede vir besigheidseienaars en aspirant entrepreneurs, asook ʼn platform waartydens innoverende oplossings vir sommige van die bedryf se uitdagings ook hier gedeel word. VinPro-lede registreer teen R550* per persoon en nie-lede teen R850 per persoon. (*Afslag beperk tot twee kaartjies per lid) Bespreek aanlyn by www.vinpro.co.za, skakel 021 276 0429 of e-pos info@vinpro.co.za. Registrasie sluit 9 Januarie 2017.
Skryf nou in vir 2017 se blokkompetisie
Wyndruifprodusente in die Swartland en Paarl kan nou inskryf vir Vinpro en Winetech se jaarlikse blokkompetisie. Vanjaar se tema is Premium Pinotage. ’n Blok wat reeds die kompetisie gewen het, mag nie weer ingeskryf word nie. Die reëls sluit onder meer die volgende in: ’n Blok moet reeds ten minste drie oeste gelewer het; ‘n profielgat (1m x 1m x 1m) moet tussen twee stokke, een dag voor die beoordeling ge-
grawe word; ’n duidelike kaart tot by die plaas en blok moet voorsien word. Inskrywingsvorms kan by Hanno van Schalkwyk gekry word. Stuur ‘n e-pos na hanno@vinpro.co.za vir inskrywingsvorms. Die sluitingsdatum is op 6 Desember, wat min tyd laat vir inskrywings. Die beoordelingsdatum vind op 12 Januarie 2017 plaas. Kontak Van Schalkwyk by 083 4555 192 vir enige navrae.
NUUS • NEWS
13
7 Desember 2016
Rondeheuwel:
The Department of Agriculture runs a competition called Junior LandCare to the local schools. This program aims to educate the learners ( grade 5 and 6) about the environmental issues and taking care of their land. We give lessons in topics such as Soil, water and plants. Their involvement is assessed throughout the year and a winner is selected in each district at the end of the year. The winner receives a certificate and a small party to celebrate. Rondeheuwel Primary school in Hermon is winner this year, in the category of the Best Junior LandCare school in the Stellenbosch Municipality.
AEL kry akkreditasie
Die Academy for Environmental Leadership Suid-Afrika (AEL) het suksesvol aansoek gedoen om hoër sertifikaat status vir hul een jaar kursus te ontvang. AEL was in September in kennis gestel, deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, dat die Raad op Hoër Onderwys (RHO) hul aansoek goedgekeur het. “Daar is net twee formaliteite wat nog oorbly, maar die effek van hierdie akkreditasie is dat dit AEL volle erkenning gee op ’n tersiêre vlak vir ons unieke en heel eerste omgewing en leierskap kurrikulum. Ons het nou die vryheid om ’n kursus wat ten volle geakkrediteer is by ons unieke instelling in sy unieke omgewing te adverteer,” sê Gys Botha, hoof uitvoerende beampte en direkteur van AEL. Die kwalifikasie, ’n hoër sertifikaat in Bewaringsekologie, NKR Vlak 5, sal in werking tree tydens die eerste kwartaal van 2017, sodra verdere goedkeuring ontvang is deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO), waarna die sertifikaat op die Nasionale Leerdersrekordsdatabasis gepubliseer sal word. “Die akkreditasie en erkenning van AEL as ’n hoër opvoedkundige fasiliteit is ’n groot prestasie. Uiteindelik, as ons dit versigtig beplan en bestuur, mag ons in die toekoms besluit om ’n
een jaar kursus vir ’n hoër sertifikaat, ’n twee jaar kursus vir ’n diploma en ’n drie jaar kursus vir ’n graad aan te bied,” sê Advokaat Fef le Roux, voorsitter, direkteur en stigter van die Akademie. Die idee vir ’n keer-terug-na-ons-grondbeginsels opvoedkundige program was voorgestel deur Le Roux en onderskryf deur die beroemde omgewingspesialis, Dave Pepler. Saam het hulle die nuut-geakredditeerde kurrikulum wat AEL bekend voor is, ontwerp. Vir skoolverlaters wat belangstel in ’n oorbruggingsjaar, sal die Academy for Environmental Leadership die perfekte opsie wees. Die doel van die instelling is om skoolverlaters wat besluit het om ’n omgewingsverwante beroep te volg of die wat nog onseker is oor hul toekoms, te lei en te ondersteun. Hier ontwikkel ons hulle lewensvaardighede, kennis, selfvertroue en leierskapeienskappe as deel van ’n aangename en onvergeetlike ondervinding, terwyl ons hulle terselfdertyd toerus met ’n tersiêre kwalifikasie. As hierdie kwalifikasie bereik word, sal dit die studente in staat stel om ’n verskeidenheid loopbaangeleenthede in omgewingverwante velde van die alternatiewe energie-industrie, landbou, bewaring, toerisme, navorsing en impakstudies, ens. te volg.
Nuwe leiers in Vinpro Die wynbedryfliggaam VinPro se direksie is onder nuwe leierskap. Anton Smuts, eienaar van die plaas Lucerne in Robertson is deur die direksie as voorsitter verkies en Phillip Retief, hoof uitvoerende beampte van Van Loveren Familiewingerde in Robertson dien voortaan as ondervoorsitter. Smuts neem die leisels by Abrie Botha oor, wat vanaf einde 2003 as voorsitter gedien het, en Retief neem die plek van Johann Krige in, wat sedert die stigting van VinPro in Januarie 2003 as ondervoorsitter gedien het. Beide die voormalige leiers bly op die direksie aan. Die nuwe voorsitter is reeds sedert 2004 VinPro-streeksdirekteur vir die Robertson-streek
en dien onder andere op die direksie van Bonnievale Kelder en die rade van Winetech en die Instituut vir Wingerd- en Wynwetenskappe. Retief is in 2014 aangestel om as kelderdirekteur vir die Robertson/Klein Karoo-streek op die VinPro-direksie te dien. Die verkiesing is tydens ʼn spesiale direksievergadering na afloop van VinPro se algemene jaarvergadering in die Paarl op 16 November 2016 gehou. VinPro verteenwoordig nagenoeg 3 500 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders in gesprekke met die regering en relevante bedryfsforums en lewer gespesialiseerde dienste. NAVRAE: Annalize de Klerk, tel 021 276 0460, e-pos info@vinpro.co.za.
14
NUUS • NEWS
7 Desember 2016
NUUS • NEWS
STERFGEVALLE / OBITUARY
7 Desember 2016 BEDANKING SPECIAL THANKS
Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2017 aan al my huidige en voornemende kliënte DUPPIE’S TUINDIENSTE 083 533 4554 #3292 -----Graag wil ons net baie baie dankie se aan ons Familie, vriende en kollegas vir al jule bydrae, donasies en ondersteuning met ons seuntjie JOEDEN se fondsinsameling ten bate van sy gehoorapparate. Rumours Pub en Lounge wil ons ook bedank vir hule bydrae. Alle seëninge vir jule almal wat deel was van die fondsinsameling. Joseph en Denielle Damonse #3314 ----------------------------DIENSTE SERVICES ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393 ----DUPPIES TUINDIENSTE – 083 533 4554. Ook vir tuine skoonmaak en verwydering van tuinvullis. Gratis kwotasies. #3291 ----------------------------GESOEK WANTED AANDAG!!!!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie tweedehandse meubels, breekgoed, potte, panne, linne, ensovoorts. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528 #2005 ----------------------------TE HUUR TO LET Bachelor woonstel (Malmesbury). Beskikbaar 1 Desember @ R2200 p/m. Water ingesluit. Geen diere. Sentraal geleë. Kontak 083 234 7319 k/u #3290 ----Twee gekwalifiseerde haarkapsters gesoek om sentrale perseel te deel vanaf 1 Februarie 2017. Skakel 060 459 2338 #3295 ----Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/55 ----Tuinwoonstel - 1 slaapkamer. Onmiddellik beskikbaar. Ingeboude kaste, oopplan kombuis. Veilige parkering, naby hospitaal. Water en ligte ingesluit. Enkelpersoon met sober gewoontes. R3000 p/m. Kontak 072 133 3273 #3296 ------------------------------TE KOOP FOR SALE GROENBONE te koop. Riebeek-Kasteel. R60 vir 6 kg. Kontak – Jacobus 082 523 9804 #3294 ----Stokvis Fillette @ R200/ boks; Stokvis porsies @ R150/boks; Stokvis @R55/kg asook Snoek. Visvingers en Viskoekies @ R45/kg. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #2871 -----------------------------
TROETELDIERE PETS Dwerg konyn GRATIS. Grys en wit mannetjie. Baie mak. Kontak : 083 234 6615 #3322 ----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
TRISTON - Baie geluk met jou tweede verjaarsdag. Liefies jou baie. Van: Oupa, Ouma, Mamma en Jumaine #3297 -----------------------------
CHRISSEÉ – Baie geluk met jou sewende verjaardag op 7 Desember. Alles wat mooi is – Baie liefde - Jou Pa Kevin #3298 -----------------------------
FREDDY ROBERTSON Baie geluk met Pa se verjaardag op 5 Desember. Geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar word u toegewens – Liefde: Zenobia #3299 -----------------------------
AMY LE FLEUR - Geluk met jou verjaarsdag 09 Desember 2016. Alle voorspoed en geluk vorentoe. Baie liefies vir jou "Snack a Tack"Mammie, Pappie,Gerdwill en Gershwin #3319 -----------------------------
SKYLER TITUS : Geluk ons blompotjie met jou verjaarsdag. Van die Titus en Pietersen familie #3300 -----------------------------
HAYDEN WILSON - Baie geluk met jou derde verjaarsdag. Jy is die lig in my lewe. Tonne liefde jou Mammie #3321 -----------------------------
CHANÉDIA - Veels geluk met jou vierde verjaardag. Al God se seëninge. Baie lief vir jou - Mammie, Pappie, Ouma, Ouma-grootjie & Henry #3313 -----------------------------
RAAI WIE WORD 57 op 9 Desember. Baie geluk DENNIS, my man - Van: Vrou, kinders en kleinkinders #3312 -----------------------------
21 op 10 Desember 2016. Jy is 'n geskenk van God, jy's 'n wonderlike mens. Baie geluk met jou mondigwording. Ma, Pa & kinders #3326 -----My liewe vriendin/suster my verjaarsdagwens vir jou is geluk, lag en baie liefde.Van jou skoonsus, broer & kinders #3327 -----------------------------
KELLY - Happy seventh birthday on 10 December. With you all the love, joy and blessings. Love - Mommy and Daddy #3328 ----Lekker verjaar - Van: Ouma, Oupa, Carlton & Barbie #3329 -----------------------------
KYK WIE IS 50 op 10 Desember 2016. Baie geluk met jou verjaarsdag. Dankie vir alle liefde. Nikkie, Bronwen, Brody en Lizaan #3315 ----------------------------------
Geluk my dogter met jou verjaarsdag op 13 Desember. Ons is baie lief vir jou geniet jou daggie. Liefde Mammie, Daddy en Kayle #3322 -----Happy birthday to my loving fiance EUNICE AUGUST. Lots of love from your fiancee Roswill Balie and our son Ezra #3323 -----------------------------
GRIET AFRIKA - Geluk aan suster, ma, ouma met u verjaardag op 10 Desember. Hoop u geniet die dag. Van: susters, kinders, kleinkinders #3320 -----------------------------
Mammie, baie geluk. Baie dankie vir wat u vir ons doen en beteken. Steunpilaar. Liefde Sameul, Ohlbam, Cassidy en Reagan #3324 ------Ouma Sysie. Baie dankie dat Oumie so alles vir my doen. Baie lief vir Ouma. Van jou kleinkind Briane Zilke Skippers #3325 -----------------------------
RENATA NERO - Baie geluk met jou mondigwording. Alles van die die beste en God se seëninge oor jou. Ma, Pa en susters #3335 ----God se rykste seëninge op jou pad vorentoe. Stel God eerste. Lekker verjaar - Solomons en Le Fleur familie #3336 -----------------------------
IRENE EN RENATA - Baie geluk met Ouma en kleindogter se verjaardag. Vele mooi dae en goeie gesondheid - Kinders en kleinkinders #3337 -----------------------------
Geluk Pappa met jou 70ste verjaarsdag. God se rykste seën, op hierdie dag 10 Desember. Van Mamma en Petersen gesin #3338 ----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
GERALD PETRUS TITUS Jou tweede verjaardag weg van ons. Nooit sal ek jou vergeet. Van jou Pa, Pieter Stuurman #3305 -----------------------------
BRAIN VAN BOOM. Die 12de is dit een jaar. Mis Dadda vreeslik. Rus sag . Kinders - Andre, Glenys, Andre, Janine, Leachim, Chantal, Bianca #3316 ----Verlange is groot. Ons mis jou elke dag meer en meer - jou vrou Sharon, Goliath, Blom en Verwey familie #3317 ----12/12/15-12/12/16 Ons mis Pa baie veral die gespeel saam jou. Van jou kleinkinders Kyle, Andrew, Joel, Kady, Andre, Leacim, Keisha #3318 -----------------------------
ADAM SEPTEMBER (IVAN) – 9 Desember, ‘n jaar dat jy weg is. Ons mis jou. Ons “guardian”engel. Liefde – Jana, Lorraine, Boeta en Ivaan #3301 -----------------------------
STEFANUS BRANDER – Op 8 Desember jou eerste verjaardag in die hemel. Ek mis jou baie – wens ek kan ‘n laaste drukkie gee - jou vrou, Christina #3302 ----Derra, jou eerste verjaardag by Jesus. Mis jou – Kinders, skoonseun, skoondogter en kleinkinders #3303 ----Ons sal altyd jou grappe en snaakse goed onthou. Ons mis jou verskriklik baie – Van jou vrou en kinders #3304 ----------------------------------
STEPHEN SYLVESTER ROEMS (Seppie). 5 Desember sou jy 60 wees. Mis jou nog altyd. Sal jou nooit vergeet. Vrou, drie kinders en agt kleinkinders #3330 -----------------------------
JOHN EDAS - 7 Desember is jou tweede verjaardag weg van ons. Mis jou. Jou vrou Sarah, Monique, Jamie-Lee en gesin #3331 ---------------------------------
RAGEL WARRIES Gebore – 25:12:1928 Sterf – 30:11:2016 Troosdiens : Woensdag om 19:00 by St Thomas skoolsaal. Begrafnis : Sondag, 11 Desember by St Thomas Skoolsaal – Begin om 12:00 #3306 ----OUMA RAGEL – Sag heengegaan sonder ‘n groet of totsiens op 30 November 2016. Die hartseer en verlange na Ouma is klaar daar. Ons mis ouma alreeds, maar Ouma is veilig by Jesus. Van : Ashley, Lezane, Ashleen en Maria #3293 ----Stil het mamma ons verlaat sonder afskeid. Rus in vrede. Mis u alreeds – U dogter Christine en kinders #3307 ----Dankie vir die mooi herinneringe wat nagelaat is. Mis u, maar gun u die ewige rus. John, Marthina en kinders #3308 ----U is verlos van alle pyn. Gun u die ewige rus. Dankie vir die mooi herinneringe – Jane, Basil en kinders #3309 ----Ons berus ons by God se planne. Rus in vrede. James, Ilocinda, kinders en Jacobus familie #3310 -----------------------------
JEANETTE ENGELBRECHT (Ouma Stammetjie) Troosdiens, Woensdag 7 Desember om 19:00 by VGK, Malmesbury. Begrafnisdiens: Besigtiging – Saterdag, 10 Desember om 08:30 en die diens neem aanvang om 09:00 by die VGK Kerk, Malmesbury #3311 ---------------------------------
MOLLIE FARMER... Totsiens aan 'n liefdevol en waardevolle vrou ons Ma, Ouma en Oumagrootjie. Ons gaan Ma baie mis. Samsodien en Langford families #3332 ----Ons geliefde Ouma en Oumagrootjie sag heengegaan. Ons berus ons dat U in die Hande van Onse Hemelse Vader is. Donnie, Desiree & Micheala #3333 ----Liefste Ouma dit is so hartseer om totsiens te se, ons gaan Ouma baie mis, rus sag. Amanda en gesin #3334 -----------------------------
15
courant
dié
16
SWARTLAND SPORT
Tel: 022 487 3221
by die OGKK (Okinawa Goju Ryu Karate-do Kyokai) organisasie is. Steyn is ook dankbaar dat sy die vrugte kan pluk van haar harde werk. Sy is tans instrukteur vir 151 karatestudente op Malmesbury en Moorreesburg. “Die toekenning is slegs ’n klein dankerkenning wat nie moontlik kan aandui wat haar bydrae tot ons organisasie of die gemeenskap van Swartland is nie. "Haar hantering van al die
aspekte van tegniese oordra van kennis, tot die daaglikse uitdagings van administrasie en logistiek, terwyl sy self moet sorg dat sy aan die voorpunt van haar sport moet bly, is sonder twyfel sonder vergelyking. "Sensei Steyn se toewyding en professionele hantering van haar karateskole en die welstand van haar lede en hul families is voorwaar ’n voorbeeld aan almal,” sê haar sensei, Lilian Kattan, die hoof uitvoerendebeampte van die OGKK.
Koringberg: Koringberg RVK het hul jaarlikse toe-
kenningsaand gehou, waar spelers van Koringberg RVK toekennings en bekers ontvang het vir die rugby wat hulle die jaar gespeel het. Daar was verskeie kategorieë waarin die spelers toekennings ontvang het. Die volgende spelers was die wenners in die verskeie kategorieë: B-Span – Unieke Speler: Grasam Swarts; B-Span – Beste Vordering: Lyle Adams; B-Span – Meeste Punte: Bernard Swarts; B-Span – Meeste Driee: Juan Dampies; B-Span – Veelsydige Agterspeler: Julie Cloete; B-Span – Veelsydige Voorspeler: Llewellyn Antonie; B-Span – Beste Agterspeler: Alfredo Mentoor; B-Span – Beste Voorspeler: Lawrence Faroa; A-Span – Unieke Speler: David Beukes; A-Span – Unieke Speler: Christopher Pasens, Chester Fortuin, Florico Fielies, Arno Fortuin, Edwayne van Wyk, Ashwon Frans, Winston-Lee van Wyk, Jandre de Wee, Morne Klaaste, Eugene Markus, Ashwon Frans, Elzin Alexander en Robin Jagers.
•INSKRYWINGS STROOM IN
Plekke min vir 10de sewes-toernooi Die 10de OK Minimark Castle 7's-toer is om die draai en plekke is min. ‘n Makro getal van 36 klubs sal weer vanjaar aan dié toernooi deelneem vanaf Vrydag 27 tot Saterdag 28 Januarie 2017 op die Wesbank Sportgronde op Malmesbury. Dit sal die 10de jaar wees wat hierdie toernooi plaasvind en daar gaan ook na afloop ‘n OK MinMark 'dream team' saamgestel word. Daar word ook hard agter die skerms gewerk, sodat toeskouers met groot pryse kan wegloop gedurende die toernooi. Daar is slegs vier plekke oop in die premierkompetisie van 2017, waar die volgende klubs sal deelneem: Wesbank, Never Despair, Hamlets, H/Hearts, ST Georges, Worcester Villagers, Moorreesburg, Ceres, St Helenabaai, Newtons, Tulbagh, Grabouw, Elsiesrivier United, Notherns, Hillcrest United, Wistling Wheels en Young Peoples.
Indien daar nog klubs is wat wil deelneem, kan Eduann Howburg kontak word by 083 458 9313 of ehowburg@capetown.gov.za Die Swartland-uitdaag groei ook jaarliks en daar sal volgende jaar R5000 op die spel geplaas word vir die deelnemers en presteerders van kompetisie. Die wenners van die Vrydagaand se verskillende afdelings, sal die Saterdag meeding in die semi- en finale rondes. Klubs in hierdie afdeling betaal geen inskrywing nie en deelname is gratis. Die volgende spanne sal mekaar die stryd aansê: Wesbank (Renegades); Koringberg; Dassenberg (Young Eagles); Flying Eagles; Korrektiewe Dienste; Nexius Riebeek-Wes; Y/lions Calvinia; Riebeek United; Windmeul United en Goedverwacht. Klubs kan Howburg kontak indien hulle nog wil inskryf vir die Swartland Uitdaag-kompetisie.
7 Desember 2016
7 Desember 2016
Steyn is instrukteur van die jaar Jeanne Steyn van Malmesbury het onlangs ‘n gesogte toekenning in karatekringe ontvang. Sy beskou die Sliibu Cho-toekenning vir die 2016 OGKK Instrukteur van die Jaar as die grootste toekenning van haar lewe. “Dit was ‘n groot verrassing. Ek het dit nooit verwag nie,” het Steyn opgewonde vertel. Sy beskryf die erkenning as ‘n groot eer, veral omdat sy weet wat die standaard van die instrukteurs
NUUS • NEWS
Sportuitslae Sports results
Gholf MALMESBURY Vierbal-samespel : D Sass, A Marcus, F Martiens en C Boois 100; N Smith, R Shaw, L Carstens en P Jackson 98; D Coetzee, D Visser, R van Wyk en F Moses 97; J Basson, F van der Merwe, C Du Plessis en M Kotze 95; H Els, B Els, B Herman en H Swanepoel 94; J Esterhuizen, F de Beer, J de Beer en T Esterhuizen 94; T Theron, J Ackerman, A Theron en A Louw 94; C de Jongh, K Myburgh, J Viviers en H Agenbach 93; S Destroo, F Destroo, H Odendaal en C van der Westhuizen 92; R Nel, I Kellerman, J Neethling en J Conradie 91; D Malan, F Stander, B de Beer en M Erasmus 91, P Prinsloo, J Rheeder, J Wahl en H Rabie 90; J van Zyl, K van Zyl, W du Toit en P du Toit 90; D van Zyl, I van Zyl, M Neethling en S Neethling 89 MOORREESBURG (72) Enkel-stableford: M Carr 39, M Wiese 35, H de Kock 30, P Joubert 29, J Nieuwoudt 28, C Nieuwoudt 28 Malmesbury Fietsryklub MSCT 97km 4/12/2016: Marius de Kock 2:39:49; Kobus Duminy 2:46:50; Fietie Rotcher 2:47 Karen Duminy 3:11:44 Piketberg Krieket Piketberg 2 teen Saron KK Wedstryd - Beste Kolwers: W. Solomo 44 lopies, M. Booyse 44 lopies Beste Boulers: R. Maarman 3/31, T. Kok 2/20 J. Goliath 2/19 Piketberg 2 wen met 4 paaltjies. • Dié naweek begin die T20-kompetisie. Die spanne van Malmesbury en Piketberg pak mekaar op Moorreesburg onderskeidelik om 10:00 en 13:00.
Slaan 'n ses met Malmesbury Krieketklub Die Malmesbury Krieketklub vier aanstaande jaar sy 30ste bestaansjaar en dié klub is met mening besig om aan hul spel en bemarking te werk. Hulle spog ook deesdae met nog oefennette en kry eersdaags in splinternuwe kolfblad. Hierdie opgradering is deel van die Swartland Munisipaliteit se groter plan wat die opgradering van die verskillende sportfasiliteite van sportkodes in die area behels. Dié klub, oftewel MKK, is in 1987 gestig weens die groot behoefte aan 'n klub wat in ligas kan deelneem. Oor die jare het die klub al baie terugslae, maar ook talle positiewe hoogtes bereik en geniet. Een van die hoogtepunte was toe die klub verlede jaar hul liga gewen het en na 'n hoër en meer uitdagende een opgeskuif het. Vanjaar kon hulle egter nie op hul tuisgronde speel nie, aangesien die buiteveld en
kolfblad nie geskik was nie. Dit het veroorsaak dat dié 11-tal weekliks na Moorreesburg, Darling of hul teenstaanders se velde moes reis om mee te ding. Die Swartland Munisipaliteit het onlangs twee nuwe oefennette opgerig waar die kolwers hul houe vir die naweek se wedstryde oefen. Die nette bied egter die optimum omstandighede en is nie realisties vergelykbaar met 'n krieketblad wat aan die natuurelemente blootgestel is, met krake wat vorm en 'n invloed op die hop van die bal het en sal die nuwe kolfblad wat eersdaag gelê sal word die kolwers soos die spreekwoordelike handskoen pas. As deel van die krieket-bewusmaking hou dié klub op 16 Desember 'n ses-aan-'n-kanttoernooi en nooi hulle sakelui om 'n span in te skryf en deel van die aksie te wees. Vir inskrywings, kontak die voorsitter, Gregory Claassen by 060 319 0376.
c urant
dié
7 Desember 2016
Gratis • Free
keuse
Bergrivier
NUUS • NEWS Weskus se 1ste
61%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 399
7 Desember 2016
Tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•VIND SY TOEKOMS OP PLATTELAND
Porterville hou mesmaker skerp Jerald Blaber en sy vrou Debbie, het 18 maande gelede besluit om na Porterville te trek. Vandag beskou hy dit as die grootste voorreg om op die plattelandse dorp te bly. Die besluit om van hul tuiste in Durbanville waar hy gebore en skoolgegaan het, weg te trek, was egter nie ‘n vinnige of maklike een nie. Blaber, bekend vir sy vernuf om messe te maak, het ‘n paar jaar gelede misdaad reguit in die oë gekyk. Hy is in ‘n gewapende rooftog in ‘n restaurant in Durbanville, raakgeskiet. Die traumatiese ervaring het vir hom ‘n hele nuwe uitkyk op die lewe gegee. Blaber vertel hoe hy van kindsbeen af ‘n passie vir messe gehad het. Hy is gedurig in die motorhuis met een of ander mes-projek besig. Blaber het uiteindelik ‘n meswinkel en “speelgoedwinkel” vir mans op Durbanville oopgemaak. Ná die gewapende rooftog en met die ekonomie wat wipplank gery het saam met sy onsekerheid oor wat die toekoms vir sy besigheid inhou, was hy gedwing om besluite te maak wat sy lewe drasties sou verander. “Dit was altyd ‘n droom van ons om na die platteland te trek en ons het besluit dat dit die regte tyd was om daardie besluit te neem,” vertel hy. Sy vrou het dit haar missie gemaak om ‘n dorp te kry waar hulle albei sal aanklank vind en hy kan doen waarvoor hy die meeste lief is. Messe maak. Dit is nou oor ‘n jaar en ‘n half later en die
Blabers is nog nie een dag spyt oor hul besluit nie. “Ek is lief vir die dorp en die vriendelikheid van die inwoners, die rustigheid en die beeldskone omgewing wat ons omring,” voeg hy by. Blaber maak heel week lank messe. Naweke vat hulle die pad na die res van die Boland en Kaapstad waar hy sy messe by verskeie markte bemark en verkoop. Die 'Knife Dealer', soos hy bekend staan, sal onder meer by plaasmarkte op Franschhoek, “Slow markets” op Stellenbosch en familiemarkte by Oude Libertas, Blaauklippen en Val de Vie-wynlandgoed aangetref word. “My passion is in old school carbon steel knives,” vertel Blaber. Hy maak ‘n reeks jag –en buitelug messe, asook ‘n reeks kombuis, kaas en patee-messe wat elkeen uit herwinde staal gemaak is. Baie van sy handvatsels is van herwinde wynvate of een of ander eksotiese houtsoorte
Die 17de Kersfeesfunksie vir behoeftige kinders in die omgewing van Piketberg, vind vanjaar wéér op die 17de Desember plaas. Die geleentheid poog om dié feesseisoen vir 1200 geïdentifiseerde kinders spesiaal te maak en hulle met Kersgeskenke en pakkies vol lekkernye te bederf. Daar word vanjaar ‘n beroep op inwoners gedoen om by die projek betrokke te raak en geskenke of lekkergoedpakkies vir die kinders tussen die ouderdomme van twee en 13 jaar oud te borg. Kinders se name saam met hul wense aan Kersvader, kan op die Kersfeesbome by Boland
Superspar en Shoprite gevind word. Haal die naam af, koop die item, draai die geskenk toe, en plaas dit weer onder die boom. Geskenke, lekkers, skyfies en koeldranke kan ook gekoop word. Hou ook dié kinders se gesiggies ingedagte wanneer jy volgende keer jou huis of waenhuis skoonmaak en uitsorteer. Die geleentheid vind vanjaar weer in Rhinopark in Loopstraat op Piketberg plaas. Geskenke kan by Calendulastraat 23 of by Bergrivier Munisipaliteit afgegee word. Skakel Ray van Rooy by 022 913 6054 of 083 657 9615 vir meer inligting oor dié Kersprojek vir kinders.
gemaak. Hy beskryf die transformasie van die stad na die platteland as ongelooflik, terwyl hy steeds kan doen waarvoor hy lief is. “Dit is ‘n voorreg. Nie baie mense kry die geleentheid om op Porterville te bly nie. "Dit is die beste skuif wat ons nóg gemaak het.” Bo: Jerald Blaber, die mesmaker van Porterville. Foto: Lizelle Wentzel
Kersboomwense vir kinders
17
NUUS • NEWS
188
7 Desember 2016
Speurvernuf van Green nou Wat jy moet weet vir dié beloon kreefseisoen se vangste Felicity Green, speursersant by die Moorreesburg polisiestasie se speurtak, is onlangs aangewys as die Speurder van die Jaar. Haar harde werk wat met baie kritiek, spanning en ondankbaarheid gepaard gaan, werp uiteindelik vrugte af. Dit was haar eerste groot toekening in haar loopbaan. “‘n Mens verwag dit nie altyd nie, maar vandag kan ek met trots sê, ek het dit verdien.” Om ‘n speurder te wees, was egter glad nie deel van haar aanvanklike toekomsplanne nie. Green het haar skoolloopbaan op haar geboortedorp, Moorreesburg afgeskop, terwyl sy aan Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury gematrikuleer het. Haar tersiêre opleiding, is by die ou Paarl Kollege voortgesit waar sy regssekretarieël studeer het. Sy het kort daarna by ‘n plaaslike regsfirma as administratiewe klerk en datatikster gewerk. “Nie in my wildste drome het ek gedink dat my aansoek suksesvol sou wees toe ek uit nuuskierigheid op ‘n advertensie vir aansoeke by die SAPD gereageer het nie,” vertel Green. Op 13 Februarie 2004 word sy ingesweer en aangestel as student konstabel. Haar polisieopleiding is by die polisie Kollege op Oudsthoorn voltooi. Sy is ses maande later as ‘n konstabel aangestel en by die polisiestasie op Moorreeburg vir diens as ondersoekbeampte aangemeld. Sy vertel hoe kritiek aan die begin haar voorland was. “Ek moes gedurig van die publiek hoor dat ek my beter hou as ander.” Sy is in 2013 na sersant bevorder en streef
Die 2016-’17 kreefseisoen is amptelik op 26 November deur die departement van bosbou en vissery oopgemaak. Sportvissers het vanjaar weer 21 dae om kreef uit te haal. Vissers binne die kleinskaalse sektor sal gesamentlik 235,30 ton mag vang, terwyl sportvissers altesaam 69,20 ton kreef kan uithaal. Die dae waarop kreef gevang mag word, is: 26 tot 27 November , 10 Desember tot 11 Desember, 16 Desember tot 18 Desember, 24 Desember tot 27 Desember, 31 Desember tot 2 Januarie, 7 Januarie tot 8 Januarie en 14 Januarie tot 15 Januarie. Daarna kan kreef weer vanaf 15 April tot 17 April 2017 uitgehaal word. Permitte kos R94 per
persoon, wat geldig is vir vier krewe per dag per permit. Aansoekers moet minstens 12 jaar oud wees om ’n permit uit te neem. Kreef mag net tussen 08:00 en 16:00 uitgehaal word. Die doplengte is steeds 80 mm van die kop tot by die begin van die stert. ’n Maksimum van 20 krewe mag per dag vervoer word, mits almal wat permitte het, in die voertuig teenwoordig is. Kommersiële en kleinskaalse vissers met tussentydse verligting kon reeds vanaf 16 November Weskus-kreef in super-gebied 1 en 2 vang, wat geld tot 30 April 2017. En vanaf 16 November tot 30 Junie 2017 in super-gebied 3, 4 en 5 asook 6 en 7 (dit geld slegs vir diegene met tussentydse verligting), 8 en 11 en gebiede 12, 13 en 14.
Komitee gee erkenning aan inwoners steeds om elke dag haar beste te lewer en haar werk doelgerig te doen. Volgens Green, sal sy die dag nooit vergeet nie. “Ek was in ekstase, want jare se harde werk het uiteindelik afbetaal,” voeg sy by.Sy het ook geleer dat sy nie almal tevrede kan stel nie. Green vertel van baie skuldigbevindings en goeie vonnisse wat gelewer is vir sake wat sy ondersoek het. Sy het onder meer ‘n moordsaak binne vyf maande afgehandel, waartydens die beskuldigdes vir 20 jaar gevonnis is. Volgens haar, het sy haar speurvernuf en ondervinding by wonderlike en baie goeie leermeesters opgedoen en noem hulle graag op hul name, naamlik wyle A/O IA Engelbrecht (Lucky Luke), Kaptein Bokkie van der Ros en haar takbevelvoerder, Kaptein Ricky van Schalkwyk. Haar filosofie waarvolgens sy werk, is eenvoudig. “As God vir jou is wie kan teen jou wees.”
Ami Smuts oorhandig Ludwig de Jong, Maureen Engelbrecht en Dr. Anel Coetzee se toekennings by die vierde Entrepreneursaand van die Yzerfontein Feeskomitee. Die vierde Entrepreneursaand van Yzerfontein se Feeskomitee, is onlangs op dié kusdorp aangebied. Die toekenningsgeleentheid waartydens ‘n toekenning vir diensuitnemendheid oorhandig word, bied vir plaaslike entrepreneurs die geleentheid om by mekaar te kom, te netwerk en erkenning te kry. Die Yzerfontein Feeskomitee wat uit vrywilligers bestaan, het op 30 Novemeber plaaslike entrepreneurs en inwoners by die Strandkombuis Restaurant vir hul bydrae tot die dorp en sy gemeenskap vereer. Volgens die feeskomitee, het hulle besluit dat dit belangrik is om ‘n geleentheid te skep waartydens erkenning aan mense wat ‘n positiewe impak op hul gemeenskap het en ‘n verskil binne die gemeenskap maak, te gee. Die Diensuitnemendheid-toekennings is daarom deur die komitee van stapel gestuur om juis aan die individue wat uitnemende diens lewer, vrywillig hul tyd aan die gemeenskap wei en onbaatsigtige bydrae tot die dorp en sy inwoners maak, dankie te sê. Die publiek is die geleentheid gegun om kandidate vir dié toekennings te nomineer, wat in
die Rooi Feesposbusse op die dorp gegooi kon word. Daar is drie kategorieë, naamlik: “Ek werk op Yzerfontein” wat aan ‘n werknemer op die dorp toegeken word wat ‘n ekstra myl stap en ‘n besonderse diens lewer; “Ek is ‘n vrywilliger in Yzerfontein”, is die tweede kategorie wat toegeken is aan iemand wat onbaatsugtig en vrywilliglik ‘n verskil binne die gemeenskap maak. Die derde kategorie, “Ek maak Yzerfontein mooi” is toegeken aan ‘n individu wat die dorp verfraai. Die wenner van die eerste kategorie, is aan Maureen Engelbrecht toegeken wat by die plaaslike veearts werk. Haar warm hart vir die kliënte se diere straal na buite, sy is boonop ook ‘n uistekende werknemer wat trots is op wat sy doen. Dr. Anel Coetzee, ‘n veearts op die dorp is, is in die tweede kategorie uitgewys. Sy is bekend vir haar goeie hart wat gereeld wilde diere op haar eie onkostes red, behandel, versorg en suksesvol terug in de natuur gerehabiliteer. Ludwig de Jongh wat al vir jare lank die tuine in Andries Dreyer Singel mooi maak en onderhou, het in die derde kategorie uitgeblink.
NUUS • NEWS
199
7 Desember 2016
Goedverwacht kry nog 'n fees Inwoners van die Morawiese Sendingstasie van Goedverwacht buite Piketberg, kan binnekort uitsien na ‘n splinternuwe fees. Danksy die inwoners van Goedverwacht en die Universiteit van die Wes-Kaap se alumna, Merle Dietrich (49), vind daar vanjaar ‘n tweede fees plaas in ‘n poging om ‘n volhoubare inkomste vir die gemeenskap te skep. Dietrich hoop om die doelwit te bewerkstellig deur vars produkte aan ‘n groter mark gedurende die vakansie te verkoop. Die Smooth Jazz Innie Vallei-fees, is om die draai en vind op 16 en 17 Desember plaas. Die fees sal nie net vir ‘n baie nodige inkomste sorg nie, maar sal terselfde tyd wyer dekking aan die inheemse jazzmusikante van die omgewing van Goedverwacht bied. “Ons wil die lewensstandaard van die mense van Goedverwacht verbeter,” sê Dietrich. Sy is reeds bekend vir haar suksesvolle en gewilde “Snoek en Patat Fees” wat elke jaar in Junie plaasvind. Die fees is egter nie suksesvol genoeg vir ‘n volhoubare inkomste vir die gemeenskap nie. ‘n Tweede fees is egter van stapel
gestuur om in hul doelwit te slaag. Volgens Dietrich, kom die inisiatief en die wil om ‘n gemeenskap te bemagtig en entrepreneurseienskappe te leer, van die hart. “Ek gee terug aan die gemeenskap, omdat ek al so baie van hulle ontvang het,” sê die voormalige entrepreneurstudent van UWK. Die planne vir die fees is gefinaliseer. Daar is agt musiekorkeste en sangers wat optree, insluitend, The Pedestrians, wenners van die onlangse Battle of the Bands-kompetisie by die restaurant Quay Four, die Belhar Music Collective, opera-sanger James Bhemgee, Abe Landsberg van Somerset Wes en die Mamela Music School van Athlone. Van die ander kunstenaars, is die plaaslike jazzgroep, die Public Attention en Point of View van Vredenburg, asook Simply Smooth van Riversdal. “Dit is ideaal vir vakansiegangers om plaaslike jazz-musikante van die streek op een verhoog aan te tref,” voeg sy by. Die gemeenskap het nie slegs somerprodukte, wat wissel van tamaties, waatlemoen, rooi uie en ‘n verskeidenheid van blaarslaaie geproduseer nie.
Daar sal ook gebakte brood en vis wees, gebraaide vleis-lekkernye en talle vermaak vir die kleinspan. Harde werk is ingespan om die kampterrein skoon te maak en toegang tot die rivier in warm weerstoestande te vergemaklik. Die aanvanklike idee vir ‘n tweede fees, kom van Dietrich se vriende by SBF Consulting in Kuilsrivier wat hulle vroeër vanjaar by die Snoek en Patat Fees uitgehelp het. “Hulle was opgewonde oor die idee om ‘n inkomste vir die gemeenskap te genereer.” Hulle hoop om 5000 mense na die fees te lok. Kaartjies is by Computicket teen R80 per dag vir volwassenes en R30 per kind beskikbaar. ‘n Volle nakweek se toegang is R120. Toegangsfooi vir die danspartytjie gedurende die aand is R40 per persoon. Feesgangers wat wil kamp, sal ‘n bedrag van R300 moet betaal. Dit sluit die toegangsfooi uit. Vir meer inligting, kan tourism@ goedverwacht.com gekontak word, of Sheena Julius by 078 316 3988 en Merle Dietrich by 083 252 7538.
Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!
WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY
WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT
NOTICE
KENNISGEWING
88TH GENERAL COUNCIL MEETING: WEDNESDAY, 7 DECEMBER 2016
88 STE ALGEMENE RAADSVERGADERING: WOENSDAG, 7 DESEMBER 2016
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the 88th General Council Meeting will be held on Wednesday, 7 December 2016 at 11h00 in the Council Chambers of the West Coast District Municipality, 58 Long Street, Moorreesburg.
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 19 van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet, Wet 32 van 2000 dat die 88ste Algemene Raadsvergadering plaasvind op Woensdag, 07 Desember 2016 om 11h00 in die Raadsaal van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Langstraat 58, Moorreesburg.
For any enquiries in this regard please contact Ms V. Cloete during office hours at 022 433 8400.
Vir enige verdere navrae in hierdie verband kontak me V. Cloete gedurende kantoor-ure by 022 433 8400.
Municipal Manager, West Coast District Municipality, P.O. Box 242, Moorreesburg, 7310. Tel. 022 433 8400. Fax: 086 692 6113.
Munisipale Bestuurder, Weskus Distriksmunisipaliteit, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Tel. 022 433 8400. Faks: 086 692 6113.
Reference: 13/1/B
Verwysing: 13/1/B
www.ursonline.co.za
courant BERGRIVIER SPORT
dié
20
Tel: 022 487 3221
Sportuitslae Sports results
kenningsaand gehou, waar spelers van Koringberg RVK toekennings en bekers ontvang het vir die rugby wat hulle die jaar gespeel het. Daar was verskeie kategorieë waarin die spelers toekennings ontvang het. Die volgende spelers was die wenners in die verskeie kategorieë: B-Span – Unieke Speler: Grasam Swarts; B-Span – Beste Vordering: Lyle Adams; B-Span – Meeste Punte: Bernard Swarts; B-Span – Meeste Driee: Juan Dampies; B-Span – Veelsydige Agterspeler: Julie Cloete; B-Span – Veelsydige Voorspeler: Llewellyn Antonie; B-Span – Beste Agterspeler: Alfredo Mentoor; B-Span – Beste Voorspeler: Lawrence Faroa; A-Span – Unieke Speler: David Beukes; A-Span – Unieke Speler: Christopher Pasens, Chester Fortuin, Florico Fielies, Arno Fortuin, Edwayne van Wyk, Ashwon Frans, Winston-Lee van Wyk, Jandre de Wee, Morne Klaaste, Eugene Markus, Ashwon Frans, Elzin Alexander en Robin Jagers.
Steyn is instrukteur van die jaar by die OGKK (Okinawa Goju Ryu Karate-do Kyokai) organisasie is. Steyn is ook dankbaar dat sy die vrugte kan pluk van haar harde werk. Sy is tans instrukteur vir 151 karatestudente op Malmesbury en Moorreesburg. “Die toekenning is slegs ’n klein dankerkenning wat nie moontlik kan aandui wat haar bydrae tot ons organisasie of die gemeenskap van Swartland is nie. "Haar hantering van al die
aspekte van tegniese oordra van kennis, tot die daaglikse uitdagings van administrasie en logistiek, terwyl sy self moet sorg dat sy aan die voorpunt van haar sport moet bly, is sonder twyfel sonder vergelyking. "Sensei Steyn se toewyding en professionele hantering van haar karateskole en die welstand van haar lede en hul families is voorwaar ’n voorbeeld aan almal,” sê haar sensei, Lilian Kattan, die hoof uitvoerendebeampte van die OGKK.
•INSKRYWINGS STROOM IN
Plekke min vir 10de sewes-toernooi Die 10de OK Minimark Castle 7's-toer is om die draai en plekke is min. ‘n Makro getal van 36 klubs sal weer vanjaar aan dié toernooi deelneem vanaf Vrydag 27 tot Saterdag 28 Januarie 2017 op die Wesbank Sportgronde op Malmesbury. Dit sal die 10de jaar wees wat hierdie toernooi plaasvind en daar gaan ook na afloop ‘n OK MinMark 'dream team' saamgestel word. Daar word ook hard agter die skerms gewerk, sodat toeskouers met groot pryse kan wegloop gedurende die toernooi. Daar is slegs vier plekke oop in die premierkompetisie van 2017, waar die volgende klubs sal deelneem: Wesbank, Never Despair, Hamlets, H/Hearts, ST Georges, Worcester Villagers, Moorreesburg, Ceres, St Helenabaai, Newtons, Tulbagh, Grabouw, Elsiesrivier United, Notherns, Hillcrest United, Wistling Wheels en Young Peoples.
7 Desember 2016
7 Desember 2016
Koringberg: Koringberg RVK het hul jaarlikse toe-
Jeanne Steyn van Malmesbury het onlangs ‘n gesogte toekenning in karatekringe ontvang. Sy beskou die Sliibu Cho-toekenning vir die 2016 OGKK Instrukteur van die Jaar as die grootste toekenning van haar lewe. “Dit was ‘n groot verrassing. Ek het dit nooit verwag nie,” het Steyn opgewonde vertel. Sy beskryf die erkenning as ‘n groot eer, veral omdat sy weet wat die standaard van die instrukteurs
NUUS • NEWS
Indien daar nog klubs is wat wil deelneem, kan Eduann Howburg kontak word by 083 458 9313 of ehowburg@capetown.gov.za Die Swartland-uitdaag groei ook jaarliks en daar sal volgende jaar R5000 op die spel geplaas word vir die deelnemers en presteerders van kompetisie. Die wenners van die Vrydagaand se verskillende afdelings, sal die Saterdag meeding in die semi- en finale rondes. Klubs in hierdie afdeling betaal geen inskrywing nie en deelname is gratis. Die volgende spanne sal mekaar die stryd aansê: Wesbank (Renegades); Koringberg; Dassenberg (Young Eagles); Flying Eagles; Korrektiewe Dienste; Nexius Riebeek-Wes; Y/lions Calvinia; Riebeek United; Windmeul United en Goedverwacht. Klubs kan Howburg kontak indien hulle nog wil inskryf vir die Swartland Uitdaag-kompetisie.
Gholf MALMESBURY Vierbal-samespel : D Sass, A Marcus, F Martiens en C Boois 100; N Smith, R Shaw, L Carstens en P Jackson 98; D Coetzee, D Visser, R van Wyk en F Moses 97; J Basson, F van der Merwe, C Du Plessis en M Kotze 95; H Els, B Els, B Herman en H Swanepoel 94; J Esterhuizen, F de Beer, J de Beer en T Esterhuizen 94; T Theron, J Ackerman, A Theron en A Louw 94; C de Jongh, K Myburgh, J Viviers en H Agenbach 93; S Destroo, F Destroo, H Odendaal en C van der Westhuizen 92; R Nel, I Kellerman, J Neethling en J Conradie 91; D Malan, F Stander, B de Beer en M Erasmus 91, P Prinsloo, J Rheeder, J Wahl en H Rabie 90; J van Zyl, K van Zyl, W du Toit en P du Toit 90; D van Zyl, I van Zyl, M Neethling en S Neethling 89 MOORREESBURG (72) Enkel-stableford: M Carr 39, M Wiese 35, H de Kock 30, P Joubert 29, J Nieuwoudt 28, C Nieuwoudt 28 Malmesbury Fietsryklub MSCT 97km 4/12/2016: Marius de Kock 2:39:49; Kobus Duminy 2:46:50; Fietie Rotcher 2:47 Karen Duminy 3:11:44 Piketberg Krieket Piketberg 2 teen Saron KK Wedstryd - Beste Kolwers: W. Solomo 44 lopies, M. Booyse 44 lopies Beste Boulers: R. Maarman 3/31, T. Kok 2/20 J. Goliath 2/19 Piketberg 2 wen met 4 paaltjies. • Dié naweek begin die T20-kompetisie. Die spanne van Malmesbury en Piketberg pak mekaar op Moorreesburg onderskeidelik om 10:00 en 13:00.
Slaan 'n ses met Malmesbury Krieketklub Die Malmesbury Krieketklub vier aanstaande jaar sy 30ste bestaansjaar en dié klub is met mening besig om aan hul spel en bemarking te werk. Hulle spog ook deesdae met nog oefennette en kry eersdaags in splinternuwe kolfblad. Hierdie opgradering is deel van die Swartland Munisipaliteit se groter plan wat die opgradering van die verskillende sportfasiliteite van sportkodes in die area behels. Dié klub, oftewel MKK, is in 1987 gestig weens die groot behoefte aan 'n klub wat in ligas kan deelneem. Oor die jare het die klub al baie terugslae, maar ook talle positiewe hoogtes bereik en geniet. Een van die hoogtepunte was toe die klub verlede jaar hul liga gewen het en na 'n hoër en meer uitdagende een opgeskuif het. Vanjaar kon hulle egter nie op hul tuisgronde speel nie, aangesien die buiteveld en
kolfblad nie geskik was nie. Dit het veroorsaak dat dié 11-tal weekliks na Moorreesburg, Darling of hul teenstaanders se velde moes reis om mee te ding. Die Swartland Munisipaliteit het onlangs twee nuwe oefennette opgerig waar die kolwers hul houe vir die naweek se wedstryde oefen. Die nette bied egter die optimum omstandighede en is nie realisties vergelykbaar met 'n krieketblad wat aan die natuurelemente blootgestel is, met krake wat vorm en 'n invloed op die hop van die bal het en sal die nuwe kolfblad wat eersdaag gelê sal word die kolwers soos die spreekwoordelike handskoen pas. As deel van die krieket-bewusmaking hou dié klub op 16 Desember 'n ses-aan-'n-kanttoernooi en nooi hulle sakelui om 'n span in te skryf en deel van die aksie te wees. Vir inskrywings, kontak die voorsitter, Gregory Claassen by 060 319 0376.