c urant
Gratis • Free
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
21.5%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
25 Mei 2016
Uitgawe 371
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Glans by ArtHSS
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se Mnr en Mej HSS is Donderdagaand tydens die jaarlikse ArtHSS aangewys. Links is Jacques van Zyl (eerste prins), Lebo Masinga (eerste prinses), Rese Neethling (Mej HSS), Anton du Toit (Mnr HSS), Reinette SNYMAN (tweede prinses) en Stéphan Hamman (tweede prins). Sien nog foto's op ons Facebook-blad.
• draaiboek wen New York-toekenning
Lowen mik na teaters Sy is alombekend vir die gesogte gerbera’s wat hulle kweek by Lowensvlei, maar min mense weet dat Cilla Lowen eintlik ‘n skrywer is. Een wat pas die New York Socially Relevant Film-toekenning vir die beste draaiboek vir A Mother's Legacy. Sy is wel die gesig van Lowensvlei, want hier het sy die reklame van haar man, se onderneming hanteer. Lowen was destyds ‘n kommunikasie-lektor aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie. Haar eerste gepubliseerde werk het in ‘n menslike hulpbronne-tydskrif verskyn. Dit het gehandel oor die invloed wat taal op onderwys het. “Kinders word in die vroeë skooljare in hul moedertaal onderrig, maar ná graad drie het die voertaal na meestal Afrikaans oorgeslaan. Dit het ‘n reuse-impak op die slaagsyfer en die aantal skoolverlaters gehad,” sê Lowen. Sy het nog altyd ‘n aanleg vir die aanleer van tale gehad en was op universiteit die enigste student van haar jaargroep wat Xhosa as ‘n eerstetaal studeer het. “Dit is makliker as om Afrikaans te leer, maar dit is nie soos fietsry nie. As jy nie gereelde oefening kry nie, verleer jy om die taal te praat,” verduidelik sy. Ná haar jare as lektor het Lowen haar eie onderneming gestig, met groot maatskappye soos Transnet en Pick ‘n Pay as kliënte. Sy het onder andere die multimedia-voorstellings van Transnet se Phelophepa-trein hanteer en uitgedink. Hiervoor het sy ag videos geskryf en saamgestel. Die Hoërskool Swartland het ook al in haar wer-
ke geskitter en het sy van die skool gebruik gemaak in haar Vigs-dokumentêr “A new war in Africa”. Hiervoor het sy die SA Televisie Goue-toekenning gewen en was dit ook ‘n Avante-finalis. Dit is ook intussen in ses verskillende tale vertaal. Sy het ook na Israel gereis vir haar kliënt, Pick 'n Pay. “Ek moes hier die storie vertel van hoe ‘n vrou dit ervaar om alleen deur Israel te reis. Dit is in hul ‘Consumer Watch’-tydskrif gebruik. Hier het ek geleer om vriende oor kultuurgrense heen te maak,” sê sy. Hierdie werke van haar is ook as verwysing gebruik in een van oud-president Nelson Mandela se skrywes, Tales of Mandela. “Dit het my ongelooflik goed en trots laat voel,” vertel sy met ‘n breë glimlag. Lowen is passievol oor mense en hul gesondheid en welstand. Dit is duidelik sigbaar uit die manier hoe sy haarself verdiep in die onderwerp. A Mother's Legacy is ‘n historiese drama. Dit handel oor die groot impak wat Fetale Alkohol Sindroom op nie net Suid-Afrika het nie, maar op die hele wêreld. In die storie probeer ‘n vrou wat ‘n FAS-broer het, wat deur kriminele misbruik en uitgebuit word, haar familie en broer red. “Hierdie kinders is teikens. Hulle het nie goeie geheue nie en word deur kriminele misbruik. Hulle sal nie eens onthou dat hulle misbruik is nie. Of hulle met ‘n R5 of ‘n R50 betaal word, maak nie ‘n verskil nie, want hulle kan nie die waarde van die geld besef nie,” verduidelik Lowen. “Wat skok-
kend is, is dat FAS regoor die wêreld voorkom. Van Australië tot Amerika, maar daar word nie so maklik daaroor gepraat soos ander siektes nie. “Verder is Wellington en De Doorns die ‘hotspot’ van FAS,” sê Lowen. “Ek wil die gemeenskappe van al die lande opvoed oor hierdie sindroom. Mense moet kennis neem hiervan en besef hoe dit die wêreld af takel. Op Saldanha is daar ‘n skool waar 6% van die leerders Fetale Alkohol-sindroom lyers is. Waar gaan hierdie kinders eendag in die samelewing inpas as daar nie ingegryp en gehelp word nie?” Haar groot droom is om hierdie draaiboek op die silwerskerm te sien. Die verspreiders van Downton Abbey het reeds kontak met haar gemaak om by die projek betrokke te raak. Lowen raak maklik baie moeilike onderwerpe aan. Doen navorsing daaroor en laat die woorde uit haar skrywerspen vloei. Net so maklik kan sy oorslaan na ‘n komedie. Haar komedie Harry’s Harvest is ‘n mengsel van Boer soek ‘n Vrou en The Batchelor “gone horribly wrong,” lag Lowen opgewek. Dit was ook ‘n semi-finalis vir ‘n kompetisie in Miami en het met net ‘n halwe punt nie die finaal gehaal nie. “Ek is mal oor komedies. Alles wat ek skryf het ‘n plaaslewe ondertoon. Dit is waar ek my bevind en dit is waaroor ek skryf,” sê sy. “God het my na die platteland van Malmesbury gestuur met ‘n rede. Hier moes ek myself kom vind en met die aarde kennis maak,” sê sy.
NUUS • NEWS
25 Mei 2016