c urant
Gratis • Free
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
60.3%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
24 Augustus 2016
Uitgawe 384
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
'n Skaap in wolklere
In die Swartland is die landbou 'n miernes van bedrywigheid. Met die komende Swartland en Malmesbury landbouskoue maak almal gereed vir groot spog. Terwyl die koring en kanola nog besig is om 'n metarmorfose te ondergaan, het die skape nou ook begin om hul woljasse te verloor. Hierdie trop skape buite Moorreesburg geniet nog 'n laaste bietjie van die hitte wat hul wolkomberse bied, voor hulle ook geskeer word. Foto: Ghida Visser
• KULTIVARS SKITTER BY TALLE SKOUE
Streek se wyne tops Plaaslike wynkelders in die Swartland het weer eens beïndruk tydens vanjaar se Swartland Jongwynskou. Die agt lede wat aan die 2016 Jongwynskou deelgeneem het, spog met 7 goue, 24 silwer en 51 brons medaljes. ‘n Verdere 21 klaswenners is aangewys vanuit die goue en silwer toekennings. Hulle staan as toonbeeld in hul onderskeie kategorieë. Die Swartland Jongwynskou, aangebied deur die Swartland en Santam Wyn- en Olyfroete, vorm deel van die plaaslike aanloop tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou, waarvan die uitslae op Saterdag, 20 Augustus 2016 tydens ‘n funksie by KIKS vrygestel is. Vanjaar se uitslae is tydens ‘n prysuitdeling by Delsma Onthaalsentrum buite Hermon gevier. Volgens Zakkie Bester beteken die Jongwynskou vir ‘n wynmaker meer as net bemarking. Hy sê die jongwynskou is tegnies van aard wat wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen dié van hul eweknieë te meet, en ook die gehalte van nuwe wyne en wynstyle op ‘n groter platform te toets.
“Die uitslag dien as ‘n goeie riglyn, veral wanneer nuwe snitte en kultivars uitgetoets word en die versekering gee of ons op die regte pad is of met die regte kultivars speel.” In die Swartland-streek kom wyne met silwer- en goue toekennings in aanmerking vir klaswenner-toekennings en die streek se onderskeie trofeë. Babylon’s Peak het omtrent onder die plaaslike trofee-wenners gepronk. Die Babylon’s Peak gehoute Carignan het die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar Trofee, die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn Trofee, asook die ABSA Groot Kampioen Trofee ingepalm. Dié kelder het ook die Kobus Basson Kampioen Pinotage Trofee vir ‘n gehoute Pinotage ingeryg. Hulle is ook as die klaswenner in klas 76: Enige ander rooi enkel kultivar, tydens die Nasionale Jongwynskou gekroon. Darling Cellars se gehoute Chenin Blanc het op sy beurt die CJP Chemicals Chenin Blanc Trofee, asook die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn Trofee gewen.
Die gehoute Chenin Blanc het ook twee goude medaljes by die afgelope naweek se nasionale jongwynskou verower, terwyl hul gehoute Pinotage ook een goud losgeslaan het.. Die Gert Kotzé Kampioen Shiraz Trofee vir ‘n gehoute Shiraz het vanjaar aan Riebeek Kelder gegaan. Hulle het ook die SAIL Kampioen Versterkte Wyn Trofee vir ‘n Cape Ruby en die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar Trofee vir ‘n ongehoute Viognier huis toe geneem. Volgens Zakkie Bester, voorsitter van die Swartland-wynskouvereniging, is die resultate van die 2016 oesjaar ‘n aanduiding van die Swartland wynmakers se deursettingsvermoë ten spyte van talle uitdagings. “Die 2016 oesjaar was besonder uitdagend as gevolg van uiterste klimaat-toestande, spesifiek met betrekking tot die min reën en warm dae en nagte. "Die wynmakers van die Swartland het egter bewys dat hulle onder enige omstandighede goeie wyn kan produseer, en dat hierdie kuns in ‘n groot mate afhang van hoe toegewyd jy is en hoe goed jy jou wingerde ken.”
NUUS • NEWS
24 Augustus 2016