Die courant swartland 23 nov 2016 397

Page 1

c urant

Gratis • Free

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

65%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

23 November 2016

Uitgawe 397

Tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

'Oorlog' in die Swartland

Die skote het geklap tussen die ruigtes van die klipkoppie wat oor Malmesbury waak in die Suid-Afrikaanse Weermag se reserwemag-opleidingsessie wat hier gehou is. Die soldate was in verskeie 'skermutselings' betrokke waar hulle nuwe laser-opleidingstegnologie gebruik het.

•MILJOENE KILOMETERS ONDER SY WIELE

Stilsit nie ‘n opsie As drywer van beroep wat sowat 3 miljoen km agter die stuur van ‘n vragmotor op die land se paaie afgelê het, is daar nie sommer iets wat Gert de Waal nie van vragmotors weet nie. De Waal (69) wat ‘n paar jaar gelede op Koringberg kom aftree het, het as ‘n jong kind al ‘n liefde vir vragmotors gehad. “In daardie dae was loopbaankeuses maar beperk tot die bank, die spoorweë of die poskantoor. Toe kies ek die spoorweë." De Waal het in 1966 as vragmotorassistent op sy geboortedorp Graafwater begin. Twee jaar later word hy toegelaat om self te bestuur tot hy 46 jaar later die leisels moes oorgee. De Waal het vir verskeie vervoermaatskappye gewerk. Daarmee saam, het hy vragmotors van verskillende modelle en groottes bestuur. “Vandag se vragmotors verskil van die oorspronklike trokke waarmee ek begin het. Ons het nog ratte gewissel dat die rook trek en alles was stram. Alles is deesdae outomaties. Jy moet nou net sorg dat jy in die pad bly.” De Waal vertel hoe hy veral met Amerikaanse vragmotors gery het. ‘n Foto van hom saam met sy eerste soort vragmotor tot sy laaste Mercedes wat hy by Corba Transport op Wellington bestuur het, pronk in sy en sy vrou, Ina, se huis. De Waal het sowat drie jaar voor hy uitgetree het, die vragmotorbestuurders bestuur. Hulle het ook van sy kennis gebruik gemaak om te bepaal of ‘n persoon wat om werk aansoek doen, regtig ‘n vragmotor kan bestuur, of ‘n kans vat net om die werk te kry. “Ek kon sommer vinnig agterkom as iemand nog nooit ‘n vragmotor bestuur het nie.” De Waal en sy vrou is reeds 43 jaar getroud.

Gert de Waal by sy model-vragmotors in sy huis op Koringberg. Regs is hy voor een van sy eerste vragmotors wat hy bestuur het. Hy kan met trots sê hy het sy figuur oor die jare maatskappye het al soveel as vyf vragmotors van verskillende modelle, wat pronk in die uitas vragmotorbestuurder behou. “Jy moet jouself oppas. Ek hou ook van Coke voerende hoof se kantoor. Hy maak alles met die soos al die vragmotorbestuurders, maar drink nie hand. Van die vragmotors kan tip en die deure kan tot oopmaak. ‘n hele 2 liter op een slag uit nie.” De Waal maak nie sommer speelgoed vragVolgens hom het hy ook baie beweeg. “Die geheim is om uit te klim en rond te stap as jy stop. motors nie . “Dit is modelle, wat baie fyn werk behels en Baie drywers bly in hul vragmotors om te rus.” Stil sit, was steeds nie ‘n opsie toe hy in 2014 maklik kan breek. Ek sal so nou en dan vir ‘n aftree nie. De Waal het al in die verlede begin kliënt se kind ‘n vragmotor maak wat wel nie kan speel met die idée om skaalmodelle te maak. breek nie.” Dit neem sowat drie weke vir hom om ‘n beNou is hy reeds twee jaar besig om skaalmodel vragmotors, wat bestaan uit hout en metaal, op stelling te voltooi, afhangende van wat verwag word. Hy maak tot vragmotor met ‘n drie-as wa. bestelling te maak. Die stokperdjie het begin posvat en byna in ‘n Die maatskappye se name vertoon ook op die voltydse werk ontaard nadat vervoermaatskap- vragmotor. Sy skaalmodelle is toegerus met alles wat ‘n regte vragmotor sou hê. Sy trots lê in die pye van sy skaalmodelle te hore gekom het. Volgens De Waal, is dit meestal vervoer- eindproduk, wanneer die model soos die ware maatskappye wat vragmotors bestel. Sommige Jakob lyk.

NUUS • NEWS

23 November 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.