Die courant swartland 22 jun 2016 375

Page 1

c urant

Gratis • Free

Bergrivier

Weskus se 1ste keuse

dié

1

24.4%

22 Junie 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 375

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Watervlakke styg

Die vlakke van damme in die Wes-Kaap het ná die afgelope week se reënbuie met sowat 5% gestyg. Die Voëvleidam, die Swartland se hoofbron van water, staan nou volgens die departement van waterwese se syfers op 24.4% in vergelyking met verlede week se 20%. By Sonkwasdrift, wat sowat 6km vanaf die Voëlvleidam vloei, het die watervlak ook aansienlik gestyg en oor die laagwaterbrug gespoel. Die inlas links is verlede jaar op dieselfde plek gedurende die Berg Kano-marathon geneem.

• ERASMUS dien riebeek laer vir 20 JAAR

Hoof groet vallei Dis werk, werk en nogmaals werk, sedert ek by Laerskool Riebeek-Kasteel begin het, maar om met kinders te werk is my passie, my stokperdjie. Só vertel Iain Erasmus, beter bekend as Rassie, oor die 20 jaar as hoof van dié skool. Hy groet die onderwys ná byna 43 jaar. Vir Erasmus het ‘n paar drome in sy leeftyd egter waar geword. Hy wou nog altyd in die Boland skoolhou en hy verlaat die Vallei om die afgetrede lewe op Stilbaai en sy warm water te gaan geniet. Erasmus vertel hy het van ‘n vroeë ouderdom ‘n passie vir die ontwikkeling van kinders gehad en homself by Bloemfontein se Onderwys Kollege bekwaam ná hy in 1970 aan die Hoërskool Adamantia op Kimberley gematrikuleer het. Hoewel hy opleiding in senior primêre laerskool ontvang het, was sy eerste pos as ‘n houtwerkonderwyser aan die Hoërskool Hentie Cilliers op Virginia in die Vrystaat. Erasmus was op skool en selfs ná skool, ‘n kranige rugby- en krieketspeler. Dit was by dié hoërskool waar hy homself in die sportwêreld as afrigter kon bekwaam en as die eerste departementshoof van buitemuurse aktiwiteite geword het. “Daar het nooit voorheen so iets bestaan nie, maar die skoolhoof het ‘n ongelooflike visie gehad.” Erasmus het noodgedwonge ‘n vierdejaar kwalifikasie in Pretoria bekom om by ‘n hoërskool te kon werk. Hy het die voorreg gehad om met atlete en krieketspelers op nasionale vlak te werk, asook met rugbyspelers in die destydse Hoërskole Cravenweekspan. Die oud-Springbok rugbyspeler,

Jannie de Beer, was onder meer een van die leerders wat hy afgerig het. Vir hom was dit veral lekker om met kinders te werk, sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Hy het hierna na Laerskool Virginia geskuif en 'n pas as departementshoof aanvaar. Hy het nog altyd gehunker na 'n pos as skoolhoof. Min het hy toe geweet dat dit nog harder werk en langer ure op kantoor is. Dié droom is bewaarheid toe hy in 1991 as skoolhoof op Gouda aangestel is. Ná ‘n goeie leerskool van sowat vyf jaar, stap hy as skoolhoof by Laerskool Riebeek-Kasteel in. Vandag is dit presies 20 jaar later. Erasmus meen dit is nou tyd om te groet. Sy leuse wat hy tot vandag aan sy leerders voorhou, is om na die sterre te reik. “Ek sê nog daagliks dat sukses nie sonder harde werk kom nie.” Hy glo aan ‘n balans op skool. “Jou akademie moet net so sterk wees soos jou buitemuurse aktiwiteite.” Volgens hom het dit baie harde werk gekos om die skool uit te bou en te versterk tot die vlak waar dit vandag is. Opofferings was daar baie, met min verlof en baie ure wat in die skool geploeg is. Hy sê weer: “Werk kom eerste, dan sukses.”

Erasmus het altyd gedink hy doen dinge op sy manier, maar weet nou dit was die Here se manier. Hy is nie net ‘n skoolhoof nie, maar ‘n pa van dogter Corné en seun Iain Jnr, asook ‘n oupa van drie kleinkinders. Albei sy kinders is getroud en doen sendingwerk in die buiteland. Hy en sy vrou Santie, ‘n voormalige polisievrou, sien baie uit na die volgende fase van hul lewens. “Ek gaan die mense van die Vallei mis, maar sien nou baie daarna uit om te rus,” voeg hy by. Erasmus en sy vrou wil nou die res van die land gaan verken, toer en afskakel. Hy is nie heeltemal oortuig dat hy klaar is met onderwys nie, en mag dalk aanklop by die laerskool op Stilbaai, maar dit kan wag tot in die nuwe jaar. ‘n Les wat hy saam met hom sal neem, is mensekennis. Die boodskap aan sy kollegas en opvolgers wat hy self getrou sal nakom, is om op jou knieë te bly. • Kringbestuurder van die Weskus- en Wynlandstreek, Johannes Mouton, sê die departement van onderwys is in die proses om 'n nuwe skoolhoof aan te stel. Hy kon nie bevestig wie die waarnemende hoof sal wees nie.

NUUS • NEWS

22 Junie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.