c urant
Gratis • Free
Bergrivier
Weskus se 1ste keuse
dié
1
24.4%
22 Junie 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 375
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Watervlakke styg
Die vlakke van damme in die Wes-Kaap het ná die afgelope week se reënbuie met sowat 5% gestyg. Die Voëvleidam, die Swartland se hoofbron van water, staan nou volgens die departement van waterwese se syfers op 24.4% in vergelyking met verlede week se 20%. By Sonkwasdrift, wat sowat 6km vanaf die Voëlvleidam vloei, het die watervlak ook aansienlik gestyg en oor die laagwaterbrug gespoel. Die inlas links is verlede jaar op dieselfde plek gedurende die Berg Kano-marathon geneem.
• ERASMUS dien riebeek laer vir 20 JAAR
Hoof groet vallei Dis werk, werk en nogmaals werk, sedert ek by Laerskool Riebeek-Kasteel begin het, maar om met kinders te werk is my passie, my stokperdjie. Só vertel Iain Erasmus, beter bekend as Rassie, oor die 20 jaar as hoof van dié skool. Hy groet die onderwys ná byna 43 jaar. Vir Erasmus het ‘n paar drome in sy leeftyd egter waar geword. Hy wou nog altyd in die Boland skoolhou en hy verlaat die Vallei om die afgetrede lewe op Stilbaai en sy warm water te gaan geniet. Erasmus vertel hy het van ‘n vroeë ouderdom ‘n passie vir die ontwikkeling van kinders gehad en homself by Bloemfontein se Onderwys Kollege bekwaam ná hy in 1970 aan die Hoërskool Adamantia op Kimberley gematrikuleer het. Hoewel hy opleiding in senior primêre laerskool ontvang het, was sy eerste pos as ‘n houtwerkonderwyser aan die Hoërskool Hentie Cilliers op Virginia in die Vrystaat. Erasmus was op skool en selfs ná skool, ‘n kranige rugby- en krieketspeler. Dit was by dié hoërskool waar hy homself in die sportwêreld as afrigter kon bekwaam en as die eerste departementshoof van buitemuurse aktiwiteite geword het. “Daar het nooit voorheen so iets bestaan nie, maar die skoolhoof het ‘n ongelooflike visie gehad.” Erasmus het noodgedwonge ‘n vierdejaar kwalifikasie in Pretoria bekom om by ‘n hoërskool te kon werk. Hy het die voorreg gehad om met atlete en krieketspelers op nasionale vlak te werk, asook met rugbyspelers in die destydse Hoërskole Cravenweekspan. Die oud-Springbok rugbyspeler,
Jannie de Beer, was onder meer een van die leerders wat hy afgerig het. Vir hom was dit veral lekker om met kinders te werk, sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Hy het hierna na Laerskool Virginia geskuif en 'n pas as departementshoof aanvaar. Hy het nog altyd gehunker na 'n pos as skoolhoof. Min het hy toe geweet dat dit nog harder werk en langer ure op kantoor is. Dié droom is bewaarheid toe hy in 1991 as skoolhoof op Gouda aangestel is. Ná ‘n goeie leerskool van sowat vyf jaar, stap hy as skoolhoof by Laerskool Riebeek-Kasteel in. Vandag is dit presies 20 jaar later. Erasmus meen dit is nou tyd om te groet. Sy leuse wat hy tot vandag aan sy leerders voorhou, is om na die sterre te reik. “Ek sê nog daagliks dat sukses nie sonder harde werk kom nie.” Hy glo aan ‘n balans op skool. “Jou akademie moet net so sterk wees soos jou buitemuurse aktiwiteite.” Volgens hom het dit baie harde werk gekos om die skool uit te bou en te versterk tot die vlak waar dit vandag is. Opofferings was daar baie, met min verlof en baie ure wat in die skool geploeg is. Hy sê weer: “Werk kom eerste, dan sukses.”
Erasmus het altyd gedink hy doen dinge op sy manier, maar weet nou dit was die Here se manier. Hy is nie net ‘n skoolhoof nie, maar ‘n pa van dogter Corné en seun Iain Jnr, asook ‘n oupa van drie kleinkinders. Albei sy kinders is getroud en doen sendingwerk in die buiteland. Hy en sy vrou Santie, ‘n voormalige polisievrou, sien baie uit na die volgende fase van hul lewens. “Ek gaan die mense van die Vallei mis, maar sien nou baie daarna uit om te rus,” voeg hy by. Erasmus en sy vrou wil nou die res van die land gaan verken, toer en afskakel. Hy is nie heeltemal oortuig dat hy klaar is met onderwys nie, en mag dalk aanklop by die laerskool op Stilbaai, maar dit kan wag tot in die nuwe jaar. ‘n Les wat hy saam met hom sal neem, is mensekennis. Die boodskap aan sy kollegas en opvolgers wat hy self getrou sal nakom, is om op jou knieë te bly. • Kringbestuurder van die Weskus- en Wynlandstreek, Johannes Mouton, sê die departement van onderwys is in die proses om 'n nuwe skoolhoof aan te stel. Hy kon nie bevestig wie die waarnemende hoof sal wees nie.
NUUS • NEWS
22 Junie 2016
NUUS • NEWS
2
• Building on history
22 Junie 2016
#99 for Darling Wildflower Show Die verkeersdepartement van die Swartland het Woensdag saam met die bekende Daantjie Kat na die jeug van Darling uitgereik en die jongklomp bewus gemaak van padveiligheid. Bo is raadslid Herold Cleophas, Philip Humpreys, Neville Matthys, Roman Steyn (verkeershoof), Cornell Solomons, Neale Africa en raadslid Michael Rangasamy.
Sakekamer:
Die Malmesbury Sakekamer het by hul ledevergadering vir die maand besoek van Tommy Moolman en Laurie Terblanche van Tomis Country Butchery ontvang. ERC, 'n nuwe sekuriteitsmaatskappy op Malmesbury, was die borg van die aand. Bo is Laurie Terblanche, Charl Kleynhans (ERC), Erik Louw, Theuns Duvenhage, Tommy Moolman, Wimpie van der Merwe en Preston Perumal (ERC).
The Darling Wildflower Society has been around now for more than a century and the Society’s Show takes place annually over the third weekend in September. This year it celebrates the 99th show on the weekend of 16 to 18 September. It celebrates an integral part of the Cape Fynbos Kingdom comprising of Renosterveld, Rietveld, Sandveld, and Strandveld where more than 1200 different species of flowers can be found. This year’s show will be the 99th, building towards the Centenary Show next year. The theme this year is ‘The Weather & The Wildflowers’ to demonstrate to visitors the impact which weather has on our flora, especially in the Darling region. The Flower Show will be offering a variety of activities to entertain young and old, and on Friday, 18th September, entrance for pensioners will be only R30! Your ticket includes entry to the Landscaped Hall depicting the flowers of the area in their natural habitat; a free ride on a tractor-drawn wagon to see the pristine wetland at Oude Post which is not normally accessible to the public and may only be visited during the
Show; a Craft & Gourmet Food Market; Veteran Tractor/Car Display; an Entertainment Tent featuring live music from the famous Swartland band, Klassik and other local acts, with safe and secure parking for vehicles. With more than 100 food and craft stalls, everyone’s taste buds and shopping needs will be catered for! Kids will have a weekend of fun in the playpark area with entertainment ranging from face-painting to rides, whilst adults can relax in the Mini Wine Route & Beer Tent. In addition there will be a shuttle driving through Darling, and stopping at places of interest. Your entrance fee to the Darling Wildflower Show will help to conserve our endangered floral kingdom for future generations. Tickets Can be purchased online via www. quicket.co.za - Group Specials on Application. Ticket Prices Adults: R50 / Scholars: R30 / Kids 13 years & younger: Free / Pensioners: R30 (Friday only). For more information, contact Michelle Linder on 072 178 5744 or 084 916 1111 or send an email to darlingwildflowers@gmail.com. Alternatively, visit www.darlingwildflowers.co.za.
Die jeugkoor van die Hoërskool Linden in Johannesburg besoek die Boland, Swartland en Weskus vanjaar gedurende die Julie-vakansie met optredes van Worcester tot Darling en Piketberg. Die Lindenkoor bestaan reeds 23 jaar en het in die tyd talle gehore in Suid-Afrika en die buiteland in vervoering gehad. Die koor onderneem elke jaar ‘n toer in die Julie-vakansie en vanjaar sien die koorlede daarna uit om in die historiese NG Kerke van Wellington, Paarl, Riebeek-Kasteel, Piketberg, Malmesbury en in die Presbeteriaanse Kerk op Darling op te tree.
Op Sondag, 26 Junie kan die koor by die 09:00 erediens in die NG Moederkerk op Wellington gehoor word. Maandag 27 Junie verken die koor Wellington en omliggende besienswaardighede en sluit die dag om 18:00 met ‘n skemeruurkonsert in die NGK Wellington-Noord, Maccronestraat af. Woensdag, 29 Junie, tree hulle om 13:00 in die NG Kerk Riebeek-Kasteel op. Darling kom Vrydag 1 Julie aan die beurt as die koor om 13:00 ‘n etensuurkonsert in die plaaslike Presbeteriaanse Kerk hou. Saterdag, 2 Julie besoek die koor Piketberg en kan daar om 13:00 in die plaaslike NG Kerk gehoor word. Die koor sluit hul optredes af met ‘n optrede in die NG Moedergemeente op Malmesbury op Sondag, 3 Julie om 9:30, tydens hulle erediens. Tans bestaan die koor uit 118 lede, waarvan meer as die helfte seuns is! Hul staan onder die bekwame leiding van Duncan Fourie en word deur Gert Potgieter begelei. Oor die afgelope 23 jaar het die koor vele gesogte nasionale pryse gewen en ook in die buiteland hul staal gewys. In 2012 het die koor Italië besoek en in Preveza, Griekeland aan ‘n koorkompetisie deelgeneem waar hul ‘n goud, silwer en bronsmedalje teen universiteits- en volwassekore verower het. Hul musiektalent was al te sien op televisieprogramme soos Geraas, Villa Rosa en die gewilde joernaalprogram, Pasella. Voorts het die koor reeds 15 CD’s opgeneem.
Linden-koor sing in Swartland
Gesels met die Swartland, gesels met ons. Deel jou nuus en stories. Kontak ons by 022 487 3221.
NUUS • NEWS
3
22 Junie 2016
Ploeg: Die
Swartland Veterane-klub het Saterdag weer die grond van Klein Amoskuil buite Abbotsdale omgedolwe met die jaarlikse ploegdag.
• Damme voller ná reën
Voëlvlei nog 15% laer as in 2015
Reën tot sowat 30mm het verlede week plekplek in die Swartland en Bergrivier geval. By Sonkwasdrift, wat sowat 6.5km van die Voëlvleidam vloei, het die water tot oor die laagwaterbrug gestyg. Die vlakke van die damme in die Wes-Kaap het gemiddeld met 5% geklim. Die Wemmershoekdam staan nou op 49.1% in vergelyking met verlede jaar se 51.4. Die Laer-Steenbrasdam het in 2015 op 52.6% gestaan, maar haal nou die 35.7% merk. Die Bo-Steenbrasdam het in 2014 oorgeloop en op 102.7% gestaan.
In 2015 het die dam se vlak op 57.4% gestaan en vanjaar lê die merk op 61.4%. Voëlvlei staan nou op 24.4% in vergelyking met 2015 se 39.2% en 2014 se 78.6%. Die Theewaterskloofdam is 32.6% vol, terwyl hy verlede jaar 53.2% vol was. Die Bergrivierdam se vlak het Maandag op 37.1% gestaan. Verlede jaar het dié dam op 58% gelê. Geen reën word vir die res van die week voorspel nie, maar koue weer is hier om te bly. Vannag is dit amptelik die langste nag van die jaar en sal die donker ure nou begin verkort.
Borrel en bruis van bier Borrel en bruis. So sal dit gaan by Darling Brew se komende Beerfest. Dié fees van biere vind op 2 Julie vanaf 10:00 by dié bierbrouery plaas. Mountain Brewing Company, Berg River Brewery, RIOT Beer, Garagista Beer Co en Flagship Brew vorm almal deel van dié fees. Kostes beloop R75 per persoon of bespreek ‘n tafel vir agt teen R500. Bespreek jou plek by 021 286 1099 of stuur ‘n epos na tasteroom@ darlingbrew.co.za
NUUS • NEWS
courant
22 Junie 2016
dié
4
Reën bring nuwe hoop vir talle
Nood leer bid. Ons gaan op ons knieë, ons vra, ons smeek, ons maak beloftes. Die afgelope paar weke het inwoners en landbouers na die hemel gekyk en gewonder wanneer die reën gaan kom. Gaan dit ooit kom? Plante het begin verlep en vrek. Die koppies het moedeloos gehang, net soos dié van hul planters. Verlede week het die hemel oopgemaak en het die reën gekom. Neergestort. Ons het gekry waarvoor ons gevra het. En nou? Gaan ons nou dankie sê? Gaan ons nou hou by die beloftes wat ons in ons uur van nood gemaak het? Ons knieë is nerfaf, ons enkels seer van dans in die reën. Net so vinnig soos dit gekom het, kan dit weer weggeneem word. Wees dankbaar vir dit wat ons nou ontvang het. Hou op kla oor die koue, die plasse water waardeur ons moet loop, die modder wat ons voertuie en skoene vuilmaak en wees dankbaar vir dit wat ons onverdiend ontvang het.
Jeugdag:
Die jeug van die Swartland het Jeugdag herdenk met pret en plesier. Links bo is Jackes Frey saam met ‘n groepie aan’t smul aan worsrolletjies. Regs het ‘n klompie inwoners van Malmesbury die genot van ‘n springkasteel in die reën geniet. Foto: David Howburgh
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
“What do I know - now?" Have you ever heard of the "Peanuts" cartoons? The cartoon character "Linus" had a brief conversation with one of the other characters .... Charlie Brown’s sister, "Sally." He asked her, “Wouldn’t you like to have your life to live over if you knew what you know now?” Sally look forward without expression and then turned back to Linus and said, “What do I know - now?” Have you ever pondered that question? Have you wondered which things you might do differently? You might undo a bad thing and hopefully alter a good thing? What do we know now that we didn’t know before? Could we have learned something and not even be aware of it? Could I think I’ve learned something when I really haven’t? Would I know what I know now if I went back and changed the very things that taught me what I now know? Do you ever feel that the more you know the less you might really know? I obviously don’t know what I don’t know, or do I? Thank God, He has revealed His truth to me about the love of the Lord Jesus! Paul warned Timothy, that some are “ever learning but never able to come to the knowledge of the truth”.
Usapho: Usapho, wat "familie" bete-
ken, is 'n nuwe nie-winsgewende organisasie wat op Malmesbury gestig is. Dié organisasie beywer hom vir gesondheid, jeug- en vroue-ontwikkeling, asook die uitreik van 'n helpende hand na gesinne wat in nood verkeer.
Links:
Abbotsdale Rugbyklub het Saterdag ‘n gesinsdag op dié klub se veld aangebied. Foto: David Howburgh
NUUS • NEWS
5
22 Junie 2016
Shop online at www.picknpay.co.za
BIRTHDAY PARTY Also at HYPERMARKETS
BUY ANY 2 FOR
29
R
BUY ANY 6 FOR
Danone NutriDay Low Fat Yoghurt Assorted 600g
35
BUY 2 FOR
SAVE 8.80
68
R
47
90
Bokomo Weet-Bix 900g
E R O T S N I R S L A I C E P S F O S D E R D N U R H H 33 T WI PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
90
39
WAS 28 28.99 99 NOW 22.90
PnP Fresh Whole Chicken Per kg
Helios Lite 50% Fat Spread 1kg Tub
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet
BIRT WAS 32.99 32 99 NOW 24.90
AS SEEN ON TV
BUY ANY 6 FOR
20
R
Maggi 2-Minute Noodles Assorted 73g
38
3
90
50
AS SEEN ON TV
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
Knorr Packet Soup Assorted 50g Each
PnP Bulk Stewing Beef Bone in Per kg
49
R
169
90
Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Assorted Jumbo Pack Per Pack
BUY ANY 3 FOR
Five Roses Tagless Teabags 102s
Cadbury Chocolate Slab Assorted 80g g (Excluding Bubbly)
28
90
PnP White Sugar 2.5kg
Jacobs Krönung Regular or Mild Instant Coffee 200g or Regular 250g Refill (Excluding Decaf) Each
95
R
PnP Bulk Oukraal Wors Per kg
49
R
Wellington VO Brandy 750ml
Coca-Cola Regular, Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
109
R
Carling Black Label Cans 12 x 440ml
42
90
Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Come and enjoy Pick n Pay’s LOW-PRICE PARTY. PLUS stand a chance to WIN A FREE GIFT, just for being a Smart Shopper. Simply swipe your card on payment & check the bottom of your till slip. Valid 23 May – 3 July 2016 Terms and conditions apply. View www.picknpay.co.za E&OE
PRICES VALID 21 - 27 JUNE 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. Cellphone rates apply. ALWCAL66
12
90
WAS 109.99 NOW 88.90
Improved PnP App Now with the easiest way to keep your shopping list
NEW
FEATURES
NUUS • NEWS
6
22 Junie 2016
‘Veebedryf voel ook die droogte’ - John Dürr Gesprekke rondom die huidige droogte en die impak daarvan op die plaaslike veeproduksie, was aan die orde van die dag tydens die Rooivleis Produksieorganisasie (RPO) Wes-Kaap se algemene Jaarvergadering. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap het op 9 Junie by Nelsons Creek Wynlandgoed in die Paarl gesê die huidige situasie en winterreën wat vir lank weggebly het, raak nou krities vir die graan- en die veebedryf. Volgens hom kry die landbou organisasie nog baie navrae vir voer vanuit droogte geteisterde gebiede in die Wes-Kaap en die res van die land. Die Suid-Kaap vanwaar baie voerskenkings gekom het, begin ook nou opdroog, uit vrees dat hulle self dit sal nodig kry. “Baie boere het nie aansoek gedoen vir droogtehulp nie, aangesien hulle gedink het hulle sou intussen voer bymekaar maak met die winterreën, maar die reën het weggebly.” Georganiseerde landbou het onlangs aangedui dat sowat R12 miljard nodig is om boere oor die land deur die krisis te help en as die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar word, kan boere beter bygestaan word, vertel Opperman. Hy het uitgebrei oor ‘n geslote droogtedebat op 23 en 24 Junie op Elsenburg waartydens spesifieke rolspelers, insluitend die plaaslike regering genooi is om koppe bymekaar te sit om ‘n nuwe besigheidsplan te bespreek en te ontwikkel om die droogte tromp op te loop as dit weer kom. John Dürr, uittredende voorsitter van die RPO Wes-Kaap het met sy voorsittersverslag be-
klemtoon dat hoewel die landwye droogte die afgelope jaar nie so erg in die Wes-Kaap se drie hoofproduksiestreke in dieselfde mate gevoel is nie, dit wel ‘n groot invloed gehad het in die bestuur van die veebedrywe. Verlede jaar se lae tot baie swak graanoeste het onder meer ‘n groot impak gehad op die produksie van voergewasse en ruvoer in die Swartland/Weskus gebiede wat vir ongeveer 29% van die provinsie se veeproduksie verantwoordelik is, asook die reproduksie van daardie gebiede en die Sentrale-Karoo/Ceres-gebiede wat weer vir ongeveer 21% se veeproduksie verantwoordelik is. Dürr sê die “mooi” van die droogtehulpverlening in die vorm van loopplek vir diere vanuit droogtegebiede, het ongelukkig ook siektes na die Wes-Kaap gebring. Hy het verder gesê probleemdiere bly steeds die bedryf se enkele grootste bedreiging, maar dat daar reeds drastiese stappe geneem word om die probleem in die kiem te smoor. Die veediefstalstatistiek is steeds die laagste in die Wes-Kaap. Die onwettige slag en handeldryf deur sindikate weens duurder vleispryse, kom egter meer voor. Hy maan produsente om dus by die wet te hou, diere by geboorte te merk, die nodige dokumentasie in te vul, diefstalle aan te meld en getalle gereeld dop te hou. “Lewendehawe-agente en afslaers moet ook nie diere ontvang wat nie van die geregistreerde identifikasiemerke en wettige dokumente vergesel word nie.” Dr. Pieter Prinsloo, tweede vise-voorsitter
Die RPO Wes-Kaap het die volgende belanghebbendes vereer vir hul bydrae. Agter van links staan Chris Bruyns (Tomis Abattoir), Francois Conradie (Hartman Abattoir), Ian Rabie (OVK/ CMW), Jaco van der Berg (Karroo Vleisboere), Hein Vollgraaff (BKB), Dawie Albertyn (Bredasdorp Abattoir), André Groenewald (Roux Lewendehawe), Jacque Retief (Roelcor Malmesbury) met Ters Marais (Andre Kallis afslaers), Nico Uys (Hessequa Abattoir), Henry-Louis Nelson (Roelcor George) en Vernon Adams (Weskaap Lewendehawe Agentskap) in die voorste ry. van die RPO het op nasionale vlak beklemtoon hoe die afgelope droogte ‘n effek op die getal bees- en skaapkudde landwyd gehad het. Volgens hom het voerkraalbeeste amper verdubbel weens ‘n tekort aan weiding. “Meer diere word aan voerkrale verkoop en
dan geslag,” voeg hy by. Hy sê verder dat baie C-graad vee in voerkrale, sal gehalte skaap- en beesvleis moontlik onbekostigbaar maak. Hy het produsente herinner dat verbruikers al hoe meer wil weet waar hul produk vandaan kom en hul versoek om hul produksie reg te kry.
RPO bedank lede Die RPO Wes-Kaap gee elke jaar by die algemene jaarvergadering erkenning aan instansies vir hul dienslewering, ondersteuning en goeie gesindheid wat by die invordering van vrywillige bydraes tot die organisasie betrokke is. In die Swartland-streek het André Kallis en Tomis Abattoir elk ‘n brons toekenning ontvang wat tussen R1 tot R25 000 tot die organisasie bygedrae het. In die silwer kategorie (R25 000 tot R75 000), is BKB Malmesbury en Slabbert Verster & Malherbe met toekennings vereer.
Wes-Kaap Lewende Hawe het goud ( R75000 tot R150 000) ontvang, terwyl Roelcor Malmesbury met platinum (R150 000 tot 245 000) vereer is. In die Swartlandstreek het OVK/CMW ook bydraes gevorder onder die platinum groep. Tomis Country Butchery wat beide onder Malmesbury en Wellington val, het goud gekry vir slaghuise met minder as twee kasregisters , terwyl Malmesbury Superspar platinum en Pick ‘n Pay Malmesbury goud gekry het in die afdeling vir Vleismarkte.
Dié lede is vir hul prestasie in die onlangse Cleaver-toekennings vereer. Van links staan Chris Bruyns van Tomis Country Butchery, Elsabe Hurst van Malmesbury Superspar en Nico Rosenburg van PnP Malmesbury met hul rosette van RPO Wes-Kaap.
NUUS • NEWS
7
22 Junie 2016
Betrekkings Vacancies
AVON EARNINGS OPPORTUNITY No Experience needed Contact 0795395510 for appointment #2345/9 --------------------------HEATING AND COOLING SOLUTIONS: VERKOELINGS -& LUGVERSORGINGS TEGNIKUS Ons is 'n welbekende onderneming in Malmesbury en benodig 'n gemotiveerde persoon om bogenoemde pos te vul. Die kandidaat moet beskik oor die volgende kwalifikasies. * Minstens 2 jaar ondervinding in verkoeling, foutsporing, installasies en instandhouding. * Bereidwillig-heid om bystand-diens op 'n naweek of vakansie dae te verrig teen ekstra vergoeding, sal ook 'n vereiste wees. * Sterk ondervinding ten opsigte van elektries sal in u guns tel. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort CV stuur na info@hcsolutions.co.za #2514
Dankbetuigings Special Thanks
Die familie van wyle Kaylim Janza: Wil ‘n spesiale dank aan St Thomas Primêr Hoof en personeel, Swartland Hospitaal, Charmain (bompie) Pietersen gee asook vir elke oproep, handdruk, kaartjie en blomme tydens haar afsterwe – Ons as familie waardeer dit opreg – Adams en Janza Familie #2515 --------------------------Ek, Rene (Mamma van Kaylim) wil Mabel bedank vir wat sy vir die 6 jaar vir my dogtertjie beteken het. Ek waardeer dit opreg #2516
Gelukwensing Congrats
Mag die Here jou seën en nog vele jare spaar. Dankie dat jy so baie liefde teenoor ons en jou medemens toon. Geniet jou dag met liefde. S.K.L #2519
Gesoek Wanted HAPPY BIRTHDAY MOM Thank you for your love, your kindness, your sense of humor and your compassion. I would be a lucky girl if I possess half the amounts of these qualities that you have – From the Pietersen Family #2513 ---------------------------
Veels geluk Zanda met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar. Voorspoed, sukses en volharding wens ons jou op jou nuwe lewenspad. Van: Jou man Ashraf en kinders - Daren-Lee, Kaylene en Shadley #2512
22 Junie – MAMA Susie Adams - Geluk mamma, ouma en grootouma met u verjaardag – Ons dank God vir nog ‘n jaar wat Hy by haar lewe kom voeg het. Baie geluk mamma ons is baie lief vir u. Van u 7 kinders 19 kleinkiners 13 agterkleinkiners #2517
RAAI WIE WORD 25!!! 21 Junie 2016 – Baie geluk met jou verjaarsdag.
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/47
Memorium In Memoriam
GERALD EDMUND DAVIDS
1947-06-20 †2016-03-23 Daddy se eerste Vadersdag en verjaarsdag weg van ons. Die begeerte vir feesvieringe was vervang met ‘n leemte, maar die leemte was bekroon met die wil van God. Daddy was die beste eggenoot, vader, mentor, vriend en gebedsmaat. Van: Elsa (eggenote), Jonathan, Bernadette, Trevor, Rosie, Heinrich, Elmarie, kleinkinders en agterkleinkind #2510
Te Huur To Let
Huis te Huur in Malmesbury – 3 slaapkamer, oopplan kombuisleefarea, motorhuis, klein tuin, omhein met elektroniese hek. Naby Laerskool – Beskikbaar vanaf 1 Julie 2016. Kontak Gerda 083 655 2651 #2518 --------------------------Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Onmiddellik Beskikbaar #2340/7 --------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/33 --------------------------Werkswinkel/Stoor te huur – Malmesbury - 60 m² met roldeur, en enkel ph krag. Kontak Derek Kolbe @ 0836310255 #2511
Te Koop For Sale
Telstar – 1994 model met volle diensplan. Prys – R25000,00 – Kontak mev Weideman by 082 828 7216 (Moorreesburg) #2509 --------------------------Splinternuwe sitkamer / braaikamer rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse. Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378/12 ---------------------------
Te Koop For Sale
courant
NUUS • NEWS
22 Junie 2016
SPORT
dié
8
tel 022 487 3221
22 Junie 2016
Sportuitslae Sports results
Wedvluguitslae Malmesbury Posduifklub Laingsburg JO 2 1 Bordeaux Lofts 1196.9577; 2 Bordeaux Lofts 1196.5015; 3 M Hill 1180.1783; 4 C Basson 1177.1321; 5 F Meintjes & Seuns 1173.2568; 6 M Hill 1169.6399; 7 Van Dalen 1165.5767; 8 Hayman Familie 1164.2601; 9 Hayman Familie 1163.9252; 10 G Horn 1162.9929; Laingsburg Ope 2 1 C Basson 1200.4313; 2 C Basson 1190.1181; 3 C Basson 1186.1808; 4 Hayman Familie 1181.9433; 5 J Steenkamp 1181.2744; 6 J Steenkamp 1180.0136; 7 Hayman Familie 1178.3867; 8 J Steenkamp 1160.0897; 9 F Meintjes & Seuns 1147.6742; 10 J Steenkamp 1143.1867; Moorreesburg Laingsburg Jo 2 1 Van Der Vyver Hokke 1202.0616, 2 Hmo Smit En Seun 1198.7859, 3 Hmo Smit En Seun 1198.5549, 4 Frans Jooste 1193.7575, 5 Doornkloof 1180.4991, 6 Boetie & Baron Hokke 1150.1015, 7 Yt & Tuis 1147.9067, 8 Hmo Smit En Seun 1114.1859, 9 Hmo Smit En Seun 1112.5917, 10 Hmo Smit En Seun 1101.0709 Laingsburg Ope 2 1 Hennie Bester & Johan 1191.5714, 2 Yt & Tuis 1173.7585, 3 Frikkie Bester 1166.5179, 4 Hennie Bester & Johan 1160.4570, 5 Frans Jooste 1128.4815, 6 Frans Jooste 1117.7021, 7 Frans Jooste 1115.8920, 8 Hmo Smit En Seun 1113.6872, 9 Yt & Tuis 1109.6055 10 Yt & Tuis 1109.1094 Omega Racing Pigeon Club (Malmesbury) Laingsburg 1. K. Edas 1215.080, 2. K. Edas 1187.545, 3. K. Edas 1186.314, 4. Leukes Family 1177.235, 5. Leukes Family 1176.623, 6.Stan the man 1158.841, 7. K. Edas 1155.989, 8. Leukes Family 1145.620, 9. Leukes Family 1137.615, 10. Marlon & Brian 1129.122 Riebeekvallei Wedvlugklub Laingsburg 3 1. Mentoor Hokke, 2. Mentoor Jokke, 3. Alex Fam, 4. Alex FAm, 5. Boltney Hokke, 6. Adams Hokke, 7. Janco Lofts, 8. Alex Fam, 9. Janco Lofts, 10. Alex Fam Malmesbury Gholfklub 18 Junie 2016 SANLAM KANKER GHOLFDAG Enkel Stableford 1 Nic Goosen 41, 2 George Prinsloo 40, 3 Deon Jamneck 38 B-afdeling 1 Pieter Tepper 39, 2 Koos Loubser 38, 3 Sakkie Klasen 37 C-afdeling 1 Heinrich Pieters 42, 2 Eben Lingeveldt jnr 39, 3 Marchant van Vuuren 37 Vroue B-afdeling Ilze du Toit 34, 2 Heleene Steenkamp 31 C-afdeling 1 Cherisse van den Heever 32 Sokker Swartland Sokkerliga uitslae op 11 Junie: Abbotsdale United speel 3 -3 gelykop teen Yellowbone van Illingelethu. 18 Junie: Jeugdag Sokkertoernooi Two for Joy klop Jamaica met ‘n puntetelling van 1-0. 19 Junie: Swartland Sokkerliga Liverpool van Malmesbury gee die span van Superstar, ook van Malmesbury ‘n behoorlike loesing met ‘n puntetelling van 11-0. Abbotsdale United speel 0-0 gelykop teen Young Stars
SA Atletiek: Johan Kruger of beter
bekend as JK en oudleerling van Swartland Hoërskool, is weer opgeneem in die SA Atletiek span wat vanaf 22 Junie tot 26 Junie aan die 20ste CAA AFRICA Senior Kampioenskappe in Durban gaan deelneem. Hy neem aan die hamergooi-item deel. Op 29 jarige ouderdom is hamergooi nog steeds deel van sy daaglikse roetine. Op die onlangse SA Senior Atletiek-kampioenskappe in Stellenbosch wat in April 2016 plaasgevind het, was hy weer ‘n medalje wenner.
Rolbal:
Die Malmesbury Rolbalklub het Donderdag hul seisoen afgesluit met die finale uitklopwedstryde. Koos Muller en Robin Deyzel is as die parespel-kampioene gekroon. Nicky van der Westhuizen, Joyce Jasson, Roux Vermeulen en Kobus Marais is vanjaar se vierspel-kampioene. Nicky van der Westhuizen is as die mans enkelspel-kampioen gekroon en Martin van Heerden die novice enkelspelkampioen. Bo rol Daniël Griebenauw die bal oor die setperk.
• WESBANK IN STRYD VIR UITSPELE
Tweede ronde vir rugby Abri Adonis Saterdag skop die tweede ronde vir die Groot Uitdaag-beker af en Wesbank sal die tweede ronde goed wil afskop. Die wedstryd tuis sal van deurslaggewende belang wees vir die span van Denna Koopman aangesien die span in 'n hewige stryd is in die wedloop om die uitspeelrondes te haal. Wesbank, tans in die derde plek, speel gasheer vir Velddrif wat tans steier in die relegasiesone. Wesbank sal dus alles in die stryd moet werp as hy sy plek tussen die voorste spanne wil vestig. Wesbank sal wil poog om met volgehoue balbesit en 'n goeie aanvalsplatvorm, 'n kliniese vertoning lewer om te verseker dat hulle voor hulle tuisskare al vyf punte vat. Wesbank is soos 'n tydbom wat enigetyd gaan ontplof en spanne sal op die uitkyk wees vir die Wessies van ouds. Mamre het Saterdag sy krag getoon, deur die hoogvlieënde Darling te klop in die enigste wedstryd wat gespeel is. Die einste Mamre se karakter sal getoets word, wanneer hulle besoek ontvang van Never Despair wat weer honger is. Mamre speel deesdae goeie rugby en is nie
maklik om op hul tuisveld te klop nie. Never Despair spog met 'n hele paar jong en talentvolle spelers en indien die ervare pak voorspelers die grondslag lê, behoort hierdie jong trop Saterdag vir 'n goeie oorwinning aan Never Despair te besorg. Die voorloper Saldanha behoort nie moeite met die sukkelende Piketberg in Saldanha te ervaar nie. Piketberg sal hard probeer terugveg, maar Saldanha is die oorweldigende gunsteling. Die oorwinnings kom deesdae natuurlik aan die kant van Saldanha waar Piketberg weer punte op 'n skinkbord aan hul teenstaanders besorg. Vredenburg, wat tans uitstekend vaar in die liga, speel Saterdag gasheer vir Moorreesburg, wat om een of ander rede sy beste rugby speel teen Vredenburg vir die afgelope jaar. Die tafel is dus gedek vir voortreflike rugby, aangesien Moorreesburg ook deesdae weer elke span propvol selfvertroue aandurf. Vredenburg weet 'n oorwinning is ononderhandelbaar as hulle in die wedloop vir die uitspeelrondes wil bly, maar sal dom wees om die span van Moorreesburg te onderskat. Moorreesburg sal weer wil domineer voor-
langs, aangesien hul voorspelers deesdae goeie rugby speel. Agterlangs spog Vredenburg met 'n paar vlugvoetige kalante en Moorreesburg sal dus sy verdediging aansienlik moet verbeter om Vredenburg agterlangs te stuit. Moorreesburg sal hierdie wedstryd wil gebruik om hul puntestand te konsolideer en behoort weereens vir 'n opskudding te sorg. Die wedstryd van die naweek speel hom af in Abbotsdale wanneer die Abbotsdale Lillies gasheer speel vir 'n Darling-span wat besig om stoom te verloor na 'n paar groot oorwinnings in die eerste rondte. Darling sal dus die wedstryd sien as 'n kans om sy tweede plek te vestig met Wesbank wat in sy nek blaas. Abbotsdale is op sy tuisveld soos 'n stoomtrein sonder remme. Die Lilies spog tans met 'n goeie rekord tuis en sal wil voortbou met 'n oorwinning teenoor Darling. Die wedstryd behoort egter baie gelykop te wees. Die tuisvoordeel behoort egter in Abbotsdale se guns te tel en sal Darling nog 'n week moet wag vir 'n oorwinning.
98
119
R
CELEBRATE
Carling Black Label Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml or 24 x 340ml
MORE FOR LESS
179
R
Per Case
4th Street Sweet Rosé or White 5 Litre Each
R
Smirnoff Vodka 1 Litre
85
145
R
R
27
R
Darling Cellars Carbernet Merlot Blend 750ml
95
R
PRICES VALID 23 - 26 JUNE 2016
FRGTHS601
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Viceroy 5-Year Old Brandy 750ml
Captain Morgan Black Jamaican Rum 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Amarula Cream Liqueur 750ml