Die courant swartland 21 sept 2016 388

Page 1

c urant

Gratis • Free

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

67.9%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 388

21 September 2016

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Klei-os bou herleef by skou

Suid-Afrika se erfenis word Saterdag wyd gevier - van braaivleisvure op braaidag (by Malmesbury Skou word 'n braaikoning gekroon) tot erfenisvieringe oor gemeenskappe heen. Die Malmesbury Museum laat klei-os bou herleef met 'n klei-oskompetisie vir die jeug. Daar is drie afdelings en inskrywings is by 082 961 6181. Hier vorm Derek Kolbe 'n klei-os terwyl die bekende prof. Erik Holm vroeër 'n os (voor) vir die museum kom maak het. Sien nog oor die skou op bl 3.

•VOËLVLEI HOËR; KAAPSE VOORRAAD LAAG

Water lê nog vlak Die Voëlvleidam is tans 67.9% vol, maar die waterbeperkings wat vroeër vanjaar in die Swartland ingestel is, is steeds van krag. Verlede jaar September het die vlak van dié dam op 49% gestaan. Die vlakke van damme wat egter deel uitmaak van die Wes-Kaapse waterskema, is steeds kommerwekkend laag, hoewel die Swartland gedurende Augustus vanjaar ‘n rekordsyfer van reënval geniet het. Tot 15.6mm reën het reeds vandeesmaand geval, terwyl die totale syfer vir verlede jaar September slegs 10.2 mm was. Die Theewaterskloof (53.3%) en Bergrivier se damme is steeds baie leeg. Volgens Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland, is die inhoud van die waterbronne as ‘n gemiddeld laer as verlede jaar. Hy verduidelik omdat Kaapstad as die grootste verbruiker, van ‘n geïntegreerde waterstelsel gebruik maak, is die beperkings nog steeds gel-

dig. Stad Kaapstad is geregtig om 92% van die Voëlvleidam se water te gebruik. Die 20% waterbeperkings bly dus in plek. Die departement van Waterwese en Sanitasie het op Vrydag 16 September ‘n 20% waterbeperking ingestel wat nou ook op Kaapstad en Drakenstein van toepassing is, aangesien hul voorsieningsbronne nou kommerwekkend laag is. Tensy die damvlakke teen November vanjaar wesenlik verbeter, word daar nie in hierdie stadium voorsien dat die waterbeperkings binnekort opgehef sal word nie. Inwoners van die Swartland word dus gemaan om steeds uiters versigtig om te gaan met hierdie beperkte hulpbron, luidens ‘n verklaring. Jaco Breunissen, bestuurder van die siviele ingenieursdienste by Bergrivier Munisipaliteit, sê alhoewel die waterbronne by hulle nie onder te veel druk is nie en aan die daaglikse aanvraag kan voorsien, het Bergrivier Munisipaliteit wel

waterbeperkings ingestel en alle inwoners skriftelik in kennis gestel. Die opgaardam op Porterville is tans 100% vol en word slegs in somermaande gebruik. Winterverbruike is vanaf die fonteine in die berg afkomstig. 90% van Piketberg se water is van die Bergrivier afkomstig, terwyl 10% daarvan van fonteine kom. Die Bergrivier is tans 71.2% vol. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerkantoor, toon huidige waarnemings ‘n neutrale El-ñino effek aan. Die voorspellings dat ‘n swakker La-ñino gedurende lente en somer sy verskynsel sal maak, begin al hoe meer onwaarskynlik voorkom. Daar word voorspel dat lente-reënval onder gemiddeld sal wees weens omstandighede wat die Indiese Oseaan teweegbring. Wat temperature betref, word daar voorspel dat die lente en somer warmer as vorige jare sal wees.

NUUS • NEWS

21 September 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.