c urant
Gratis • Free
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
71.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
12 Oktober 2016
Uitgawe 391
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
tel: 022 487 3221
Skoolklok lui vir matrieks
Matrikulante regoor Suid-Afrika groet Vrydag vir oulaas die skoolbanke waaraan hulle oor die afgelope 12 jaar so gewoond geraak het. Die eindeksamen begin op 20 Oktober en die laaste vakke word op 28 November geskryf. Hierdie groep leerders van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is baie opgewonde om die nuwe fase van hul lewe aan te pak. Foto: Ghida Visser
•'BILLIKER BEDELING' AL IS VLAKKE NOG LAAG
Waterperke verslap
Die Swartland Munisipaliteit het Donderdag gedurende 'n raadsvergadering die huidige vlak-2 waterbeperking van die Swartland verslap. Inwoners word egter steeds gemaan om 20% se water te spaar. Dit kom ná ‘n aanbeveling verlede Woensdag by ‘n portefeuljekomiteevergadering aan die uitvoerende burgemeesterskomitee (UBK) gemaak is om die bestaande waterbeperkingsmaatreëls, soos geïmplimenteer op 15 Februarie 2016, te herroep en goedkeuring te verleen vir die verslapping van die vlak-2 maatreëls. Die watervoorraad van die Swartland is steeds kwaai onder druk. Die gesamentlike daminhoud van die WesKaapse waterstelsel is bykans 34% laer as die gemiddelde daminhoud van die afgelope vier jaar (2012-2015) wat op 94.4% gestaan het. Die gemiddelde gestoorde water oor dié vier jaar was 847 838 MI (mega liter), terwyl die gestoorde water van 2016 alleen slegs 556 626 MI
is.
Dit is 'n verskil van altesaam 291 212 MI. Volgens Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit, het die inwoners van die Swartland saamgewerk en meer water gespaar as die vereiste 20%. 'n Besparing van tussen 32% en 37% is in hierdie tydperk bewerkstellig . Hy sê waar die Swartland se streng vlak-2 waterbeperkings die gebruik van onder meer ‘n tuinslang of die natlei van tuine totaal verban het, word ander munisipaliteite se inwoners toegelaat om op sekere dae en tye hul tuine onder dieselfde vlak-2 waterbeperkings nat te maak. Die publiek het ook toegang tot openbare swembaddens by ander munisipaliteite buite die Swartland. Alle inwoners in die Wes-Kaap is egter afhanklik van dieselfde geïntegreerde waterbron wat steeds onder groot druk is. Die departement waterwese het eers op 16
September vanjaar vlak-2 waterbeperkings ingestel. “Om ‘n billiker bedeling vir inwoners te bewerkstellig wat meer in lyn is met dié wat by ander owerhede geld, word aan die hand gedoen dat verslapping van huidige waterbeperkingsmaatreëls oorweeg word,” sê Scholtz. Daar word tans gepoog om norme en standaarde in samewerking met die departement van waterwese en sanitasie of ander owerhede in die Weskus, insluitend Stad Kaapstad, vir waterbeperkings daar te stel, wat vir almal geld. Alhoewel die Voëlvleidam tans nagenoeg 71.7% vol is, is die Theewaterskloofdam, wat water aan Kaapstad voorsien, tans slegs 52.8% vol in vergelyking met verlede jaar se 76.8%. Die Theewaterskloof se damvlak het op 3 Oktober op 53.2% gestaan. Stad Kaapstad het toegang tot 92% van die Voëlvleidam se water, terwyl die Swartland 6% van die water kan gebruik.
NUUS • NEWS
12 Oktober 2016